• Embed Doc
  • Readcast
  • Collections
  • CommentGo Back
Download
 
 
 
Voorwoord
Die bundeltjie is ‘n versameling van veral humoristiese verhaaltjies wat veral indie jongste verlede in verskeie publikasies opgeneem is. Daar is egter ook ‘npaar ouer verhaaltjies by.Die gedagte is nie dat die verhaaltjies ‘n geheel moet vorm nie, maar is juisuiteenlopend om afwisseling in die somervakansie te bied.
Pumba en die donders
Kersfees en Nuwejaar wanneer die meeste mense feesvier, is vir Pumba ‘nnagmerrietyd, want dan word daar klappers geskiet. Sikke bomme.Selfs die kalmeerstroop wat vroulief vir Pumba ingejaag het, het nie gehelp nie.Maar dis nie al wanneer die arme boerboel se senuwees op hol raak nie.Dit was nou al ‘n ruk droog in die Vrystaat, en toe begin dit reën.Baie reën, en na ‘n dag of twee toe is daar uit die groute skielik ‘n hardedonderslag.Een, twee...nog voor die uwe en vroulief tot drie kon tel toe blaf Puma benoud indie gang, en ‘n paar oomblikke later kom sy stompstertjie tussen die bene in diekamer ingedraf.Al keer wat sy banger was vir harde slae was die keer toe sy agteroor diesitkamer ingeval het, en dit geblyk het kleinman het sy duikbril en paddavoeteaangepas vir die komende seevakansie, en was in die gang op pad om te komwys.En toe sien Pumba dié spektakel in die gang afkom!Oupa en ouma Meyer het Engelse bure gehad, en die Engelse tante het gereeldgekla oor die ander bure reën kry, maar hulle net die donders.Pumba is bang vir die donders, dis nou maar gewis.Maar Pumba staan in die diereryk nie alleen oor vrees vir die donders nie.Jare gelede het Jors Troelie se pa in Amerika navorsing gedoen. Die gesin issaam, en dit was ‘n heerlike jaar. Niks pak by die skool nie, sneeu in die tweehalwe winters en sleery op die gholfbaan agter die huise oorkant die straat, en indie somers veld toe sonder giftige slange.Pa Jan het embriologienavorsing gedoen. In sy klas was ‘n student, eneGoldstein, wat ‘n groot Afro-stylharedos gehad het. Soms het van diehoendereiers waarop geopereer is, muf gekry, en Pa Jan merk by geleentheidhardop op dat dié eiers met die mufkoppe vir hom so baie na Goldstein lyk.Van toe af, hoor hy, die studente praat van eiers wat ge-Goldstein het.Maar soms broei van eiers uit, en dan was daar die fraaiste kuikens. Van die uweonthou, had die Toeriens altoos troetelkuikens in die huis.En so gebeur dit toe ook dat die Toeriens in Amerika twee identiesetroetelkuikens ryker word.Identies, behalwe as die donders kom.As die eerste donderslag sy maak gemaak het, gaan kruip die een kuiken onder ‘n hangkas weg. Sy maat bly kordaat deur die huis loop. Cock of the walk, as’tware, al was dit nou maar ‘n piepklein cock.Met yslike Pumba wat so deur die bewerasies oorval word as die donderstoeslaan, is vroulief se baster skipper, Snoetie, min gespin. Nie eens ‘n ooglid
 
word geknip nie, en as sy ‘n uiltjie knip, sal ‘n donder haar ook nie sommer opgejaag kry nie.Pa se ma, ouma Toerien, het swaar gebyt aan ons trekkery uit die BolandVrystaat toe. Alles waarvoor sy ‘n fobie gehad het, was in die Vrystaat, en vreesvir die donders was een.Slaan die donderweer tydens ‘n kuier, storm sy vreesbevange uit die huis uit.Skaars buite, slaan die donder weer, soos gebeur as die huis tussen tweeysterklipkoppies staan, en dan storm sy die huis in.Dis ook sy, wat na ‘n liederlike donderstorm, gesien het die bruin pot bo-op dielang skoorsteen is windskeef geslaan. En sy was in die huis toe daai slag getref het!Ouma Toerien is al lankal saliger, maar nou is Pumba haar vaandeldraer. ‘nWaardige vaandeldraer as dit by vrees vir die donders kom.
Renosterstories
Neef Ferdie is ‘n wildboer, en renosters is sy ding.Ferdie is nie sy regte naam nie, maar die leser sal teen die einde besef hoekom‘n
nom de arnoster 
aangewese is.Boonop verkies neef Ferdie swart renosters. Dit het glo niks met kleur te makenie, maar eerder met die humeur. Die swart renoster, so verstaan dié stadsjapie,is effens kleiner as die wit renoster, maar die swart humeur van die swartrenoster het ‘n paar opspraakwekkende historiese aantekeninge tot gevolggehad.Soos die ene wat kort na die Engelse ‘n spoorlyn Kenia se binneland ingebouhet, besluit het hy soek net niks sulke raserige indringers nie en die lokomotief bestorm het. Die slag was so hard dat die lokomotief onklaar bly stoom afblaashet, terwyl renoster se kind sy kop ‘n slag of wat geskud,m en weggestrompelhet.Neef Ferdie se gunsteling renoster het ook sy naam gekry. Ferdie die renoster was naderhand half mak vir neef Ferdie, maar versigtigheid is nooit oorboordgegooi nie. Soos dié slag wat neef Ferdie skielik gesê het: “Laat waai!” Ons laatwaai.Veilig in die trok verduidelik neef Ferdie: “As daai renoster sy ore begin wikkel ensy stert swiep...”Kort hierna is Ferdie saam met ‘n paar ander renosters verkoop. Die laaiery isnie al te maklik nie, veral nie as dit swart renosters is nie. Hulle moet verdoof word en dan is dit ‘n liederlike stuk bedremmelde gewig om te laai.Neef Ferdie kyk die storie so. Ferdie die renoster wei nog heel rustig te middevan die rumoer en neef Ferdie wonder of soveel drama regtig nodig is.Ferdie die renoster was legendaries bekend hoeveel hy van lemoene hou. Meer as een keer het die wildsheining dit ontgeld as ‘n lorrie met ‘n vrag lemoeneverbyry mark toe, want Ferdie kan iets vreesliks ruik. Veral lemoene.Neef Ferdie gaan haal ‘n paar lemoene, en a la Hansie en Grietjie word lemoenetot agter in die trok ente uit mekaar gesit. Ferdie vat die buit, en stap al loemsop-spuitend heel rustig tot agter op die bak. Toe word gespring, en die troktoegemaak.
of 00

Leave a Comment

You must be to leave a comment.
Submit
Characters: ...
You must be to leave a comment.
Submit
Characters: ...