word geknip nie, en as sy ‘n uiltjie knip, sal ‘n donder haar ook nie sommer opgejaag kry nie.Pa se ma, ouma Toerien, het swaar gebyt aan ons trekkery uit die BolandVrystaat toe. Alles waarvoor sy ‘n fobie gehad het, was in die Vrystaat, en vreesvir die donders was een.Slaan die donderweer tydens ‘n kuier, storm sy vreesbevange uit die huis uit.Skaars buite, slaan die donder weer, soos gebeur as die huis tussen tweeysterklipkoppies staan, en dan storm sy die huis in.Dis ook sy, wat na ‘n liederlike donderstorm, gesien het die bruin pot bo-op dielang skoorsteen is windskeef geslaan. En sy was in die huis toe daai slag getref het!Ouma Toerien is al lankal saliger, maar nou is Pumba haar vaandeldraer. ‘nWaardige vaandeldraer as dit by vrees vir die donders kom.
Renosterstories
Neef Ferdie is ‘n wildboer, en renosters is sy ding.Ferdie is nie sy regte naam nie, maar die leser sal teen die einde besef hoekom‘n
nom de arnoster
aangewese is.Boonop verkies neef Ferdie swart renosters. Dit het glo niks met kleur te makenie, maar eerder met die humeur. Die swart renoster, so verstaan dié stadsjapie,is effens kleiner as die wit renoster, maar die swart humeur van die swartrenoster het ‘n paar opspraakwekkende historiese aantekeninge tot gevolggehad.Soos die ene wat kort na die Engelse ‘n spoorlyn Kenia se binneland ingebouhet, besluit het hy soek net niks sulke raserige indringers nie en die lokomotief bestorm het. Die slag was so hard dat die lokomotief onklaar bly stoom afblaashet, terwyl renoster se kind sy kop ‘n slag of wat geskud,m en weggestrompelhet.Neef Ferdie se gunsteling renoster het ook sy naam gekry. Ferdie die renoster was naderhand half mak vir neef Ferdie, maar versigtigheid is nooit oorboordgegooi nie. Soos dié slag wat neef Ferdie skielik gesê het: “Laat waai!” Ons laatwaai.Veilig in die trok verduidelik neef Ferdie: “As daai renoster sy ore begin wikkel ensy stert swiep...”Kort hierna is Ferdie saam met ‘n paar ander renosters verkoop. Die laaiery isnie al te maklik nie, veral nie as dit swart renosters is nie. Hulle moet verdoof word en dan is dit ‘n liederlike stuk bedremmelde gewig om te laai.Neef Ferdie kyk die storie so. Ferdie die renoster wei nog heel rustig te middevan die rumoer en neef Ferdie wonder of soveel drama regtig nodig is.Ferdie die renoster was legendaries bekend hoeveel hy van lemoene hou. Meer as een keer het die wildsheining dit ontgeld as ‘n lorrie met ‘n vrag lemoeneverbyry mark toe, want Ferdie kan iets vreesliks ruik. Veral lemoene.Neef Ferdie gaan haal ‘n paar lemoene, en a la Hansie en Grietjie word lemoenetot agter in die trok ente uit mekaar gesit. Ferdie vat die buit, en stap al loemsop-spuitend heel rustig tot agter op die bak. Toe word gespring, en die troktoegemaak.
Leave a Comment