Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Skemer oor Aasvoëlkop
Skemer oor Aasvoëlkop
Skemer oor Aasvoëlkop
Ebook254 pages4 hours

Skemer oor Aasvoëlkop

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Jong meisie wat op 'n plaas in die Waterberge groot geword het ontvang 'n onverwagse telefoon oproep! Haar oupa se buurman vra dat sy dringend terugkom plaas toe. Martie Linde het 'n ongewone kinderlewe gehad met 'n verborge vrees dat almal vir wie sy lief word, haar gaan verlaat. In die stad probeer sy hard om 'n “normale lewe” te lei en sluit by die Bergklimklub aan om vriende te ontmoet. Die motorrit plaas toe, neem haar verby soveel bekende landmerke en voer haar gedagtes vêr terug na gebeure uit haar kinderjare. Die naam Werner Grové kom telkens in haar gedagtes op, hy is die buurman wat gebel het, die nuwe eienaar van die buurplaas. Sy wonder wat se tipe man hy is en hoekom sy stem vir haar so bekend klink. Die bietjie opwinding oor haar ontmoeting met die nuwe buurman word telkens vertroebel deur haar grootste vrees wat moontlik binnekort bewaarheid gaan word.

'n Onskuldige en goedbedoelde uitstappie na Aasvoëlkop saam met die nuwe buurman loop liederlik skeef en binne sekondes vind Martie dat haar lewe letterlik aan 'n draadjie hang. Die reddingspoging word 'n wedren teen tyd soos die son agter die reuse kop verdwyn en die grillerige vingers van die duisternis stadig nader kruip na haar toe. Almal op die twee plase span saam in die reddingspoging teen tyd. Gaan Aasvoëlkop nog 'n slagoffer eis of gaan Martie terugveg en bly lewe? Die gebeure van die dag kring weier uit in die Waterberge en kort voor lank beland die saak in 'n hofsaal in Warmbad. 'n Klein plaasgemeenskap word forseer om ernstig na hulleself te kyk en besluite word gemaak wat vir geslagte lank nog 'n invloed sal hê op die mense rondom Aasvoëlkop.

LanguageAfrikaans
Release dateMay 3, 2012
ISBN9781476149387
Skemer oor Aasvoëlkop
Author

Makkie de Beer

My name is Makkie de Beer, a 76 year old widow with a love of poetry rhyme and a passion for writing stories. My home is the southern foothills of the mysterious Zoutpansberg in the Limpopo Province of South Africa. I grew up at Kareepoort near Brits, my father was a farmer, Carel van Wyk and my mother Lettie hails from the diamond fields. I married my farmer / writer husband Bertus de Beer in 1953 and went on to assist him on the farm De Kroon, downstream of the Hartebeespoort Dam. On this farm along the Crocodile River, we farmed, dreamed and brought up four busy sons. They are Jaco, Karel, Bertie and Buks. (I live with my youngest son Buks and his wife Adri in Louis Trichardt). In our retirement we first stayed at Kosmos along the Western side of the Dam and later moved to Hoedspruit where my husband passed away. From there my life made a few other twists before I ended up here in Louis Trichardt. I love poetry and writing and this, my first "farm novel", is now available with the name "Gees van die Labrador”, meaning Spirit of the Labrador". The story concerns the fortunes of a few families in the "Riem Land" or Thong Country. This is a gripping story of the farming community around Rietfontein in the Eastern Free State. Unusual events that affected the lives of ordinary people, drastically changing their world and their lives. Join these families and enjoy their healthy innocent lifestyle, the lifestyles of our ancestors.

Read more from Makkie De Beer

Related to Skemer oor Aasvoëlkop

Related ebooks

Related articles

Reviews for Skemer oor Aasvoëlkop

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Skemer oor Aasvoëlkop - Makkie de Beer

    Voorwoord

    Twee van my vriendinne het 'n groot invloed gehad op hoe ek hierdie storie vertel. Ons het in die koshuis gewerk op Potgietersrus en saam na die 'koshuisbrakke' se welstand omgesien. Danksy julle vriendskap, Marie en Loeloe en die ondersteuning wat ons vir mekaar gegee het, was dit 'n wonderlike tyd van my lewe. Ek het elke dag geniet en dit was 'n voorreg om in julle span te wees en die kinders voor ons te sien grootword.

    Hier is ons drie saam in die koshuis, 'n bietjie jonger en met minder grys hare. Ons senior, Marie Meyer sit links op die bank saam met Louise Wood en die uwe aan die regterkant van die foto. Dames ek wil baie graag vir julle groot dankie sê vir wat julle alles vir my gedoen het.

    Makkie

    Inhoud

    Voorwoord

    Deel 1

    Deel 2

    Naskrif

    Deel 1: Skemer oor Aasvoëlkop

    Hoofstuk 1

    Martie Linde sit die telefoon stadig terug op die mikkie. Sy gaan staan voor haar kantoorvenster op die vyfde vloer en kyk uit oor die stad. Haar oë staar oor die dakke van die geboue na die bosbegroeide koppies teen die noordelike horison. Sy voel hoe iets in haar binneste ruk. Haar keel wil toetrek en sy weet sy moet dadelik iets doen voor die vet warm trane deur haar ooglede bars.

    Martie praat 'n paar woorde met haar kollega, wat instemmend knik en stap dan vinnig met die gang af na haar baas se kantoor toe. Die netjiese duifgrys pakkie met die stywerige rompie keer dat sy haar treë nog langer rek. Die hakke van haar swart skoene basuin die vasberadenheid uit waarmee sy in die gang afstap. Die baas kyk vriendelik op toe sy by die deur instap maar verstar toe hy sien hoe bleek sy is. Vogtigheid blink in haar groot bruin oë en laat haar hartseer en weerloos lyk.

    Wat is fout Martie?

    My oupa se buurman het gebel, hy sê Oupa is ernstig siek en ek moet so gou moontlik plaas toe kom.

    Ek is baie jammer om dit te hoor.

    Erna sien kans om solank my werk oor te neem as meneer my verlof sal toestaan.

    Dis reg so, maak seker sy is op hoogte met die belangrikste take, dan kan jy maar ry.

    Baie dankie meneer, ek sal meneer laat weet hoe dit met my oupa gaan.

    Ek hoop jou oupa word gou gesond. Maak seker dat jy voor donker op die plaas is!

    Dankie meneer, totsiens meneer.

    Die blou Fordjie wat Oupa twee jaar gelede met haar 21ste verjaarsdag vir haar gekoop het, vat die pad Noorde toe. Sy bereken soos soveel kere tevore hoe laat sy op Rietkuil sal aankom. Gou lê die buitewyke van die stad agter haar en sy voel nou meer gerus in die wete dat sy voor sononder op die plaas sal wees.

    Met haar oë stip op die pad ry sy so vinnig as wat dit veilig is, die kilometers af – huistoe. Haar gedagtes gaan vêr terug, toe sy 10 jaar oud was. Dit was net 'n paar dae na die geweldige skok van haar pa se dood dat sy en haar ma so op pad was om by Oupa op die plaas te gaan bly. Ouma Malie is oorlede nog voor sy skool toe is en Oupa was alleen op die plaas. Sy onthou nog hoe alles voor haar oë in die trane geswem het en wonder nog steeds hoe haar ma kon sien waar sy ry. Sy onthou dat hulle baie keer van die pad afgetrek het want haar ma se skouers het so geruk dat sy nie die motor op die pad kon hou nie. Dan het hulle saam gehuil tot al die sakdoeke en hulle rokpante pap-nat was van die trane.

    Op die plaas het sy later elke oggend met haar fiets skooltoe gery en die middag na sport weer huistoe. Sy onthou die warm somerson op haar rug in die middag en hoe lekker dit was om onder die koeltebome op die werf in te ry. Dit was wonderlike jare, sy het baie goed korfbal gespeel, doelgooier en later kaptein van die tweede span. In standerd 5 was sy kaptein van die plaasskooltjie se eerste span. Haar oupa en ma, Wilma, het elke keer as hulle wedstryd speel vir haar kom ondersteun. Sy glimlag, sy sien in haar geestesoog, Oupa se pyp wat vergete in sy mondhoek hang, sy oë het elke beweging van haar spel dopgehou, met elke doel het hy die pyp bokant sy kop rond geswaai en haar luidrugtig aangemoedig.

    Na standerd 5 was dit koshuis toe op Warmbad. Elke Maandag môre is sy en die bure se seun koshuis toe geneem. Vrydag middag het Oupa of ma Wilma hulle by die koshuis kom oplaai en terug geneem plaas toe. Hennie was so twee jaar ouer as sy en na matriek is hy Landbou Kollege toe en moes sy toe alleen koshuis toe gaan. Vakansie tyd het sy en Hennie gaan swem by die waterval in die berg, die water was altyd helder en yskoud. Sy het gegil met die inspring-slag en hulle het resies geswem totdat hulle lywe gewoond was aan die koue. Hennie het altyd gewen, sy het hom belowe, wag net tot ek groot is, dan swem ek jou vêr weg. Sy wonder nogal wat van Hennie geword het en of hy al getroud is of nie. Sy moet tog vir haar oupa vra of hy weet.

    In haar matriek jaar, is haar ma na ’n kort siekbed oorlede, sy en Oupa het alleen agtergebly. Soos al die ander belangrike mense in haar lewe, was sy ook nou weg. Oupa en Ouma aan Pappa se kant is dood nog voor ek gebore is, so gelukkig het ek hulle nooit geken nie. My boetie waarna ek so uitgesien het, het nooit huistoe gekom van die hospitaal af nie, daarom het ek hom ook nie geken nie. Ouma-plaas is dood nog voor ek skool toe is en eintlik ken ek haar maar net van 'n paar foto's en die baie stories wat Ma en Oupa van haar vertel het. Sy het my eintlik nooit geken nie. Die grootste skok was toe Pappa dood is, daar was nog soveel vrae wat ek vir hom wou vra. Was hy nie gelukkig by ons nie? Hoekom wou hy nie nog langer lewe nie – sou hy nie graag eendag sy kleinkinders wou sien nie? Sy voel hoe haar keel begin toetrek en dink liewer aan haar oupa, liewe Oupa wat na al die jare nog steeds by haar is. Hoe lank sal hy nog kan uithou vir haar?

    Oupa wat haar ondersteun het na Mamma se dood, dit terwyl hy pas sy liefling dogter begrawe het. Hoe sterk moet sy geloof nie wees nie? Daardie groot hande en dik vingers wat gesukkel het om die dun bladsye van die Bybel om te blaai. Hy was so besorg oor haar toe sy nie wou teruggaan koshuis toe nie. Hoe hy sy belofte nagekom en elke Woensdagmiddag vir haar by die koshuis kom kuier het. Sy kan hom nog sien staan langs sy bakkie met die mandjie eetgoed wat Mina vir haar gestuur het. Baie Woensdae het sy aan hom gekarring om haar na die Griek se kafee toe te neem vir 'n pie & gravy en agterna 'n cream soda of in die somer 'n bananna split. Terwyl sy deur Warmbad ry, wonder sy of mense nog bananna split by die kafee bestel...

    Naweke op die plaas was die lekkerste, sy het gevoel soos die koningin van die berge. Soms het van haar vriendinne saam gekom plaas toe maar meeste ouers wou nie hê hulle dogters moet alleen op 'n plaas gaan kuier as daar nie 'n vrou daar is nie. Oupa was lief vir stap en dan het hy vir haar geleer van al die diertjies en voëls wat daar voorgekom het. Hy het vir haar allerhande stories vertel oor die diere en plante en die Boesmans wat vroeër jare hier in die berge gebly het. In die somermaande het hy vir haar erdwurms aan 'n hoek gesit en dan het hulle visgevang in die dam. Wanneer die vis nie wil byt nie het ek ingespring om hulle bietjie wakker te maak en hy het lekker gelag oor al die toertjies wat ek kon doen in die water. Hy wou nooit swem nie, die water was te koud vir hom het hy gesê. Sy kyk na die Waterberge rondom haar en dink aan die kristal helder water wat uit hierdie berge vloei.

    In my matriek jaar was Oupa nog op en wakker, nogtans was ek verbaas toe hy my aanbod om by hom op die plaas te kom bly, van die hand gewys het. Die woorde wat toe diep seergemaak het kan ek soos gister onthou:

    My kind, ek is nog gesond en Mina sorg al jare lank goed vir my. Gaan kry vir jou 'n werk in die stad, ek wil hê jy moet jou lewe bietjie geniet, hier op die plase is geen jong mense meer oor nie. Onthou jy is altyd meer as welkom om te kom kuier en as ek jou regtig nodig het kan ek mos net bel.

    Tog het hy nooit gebel om te sê dat hy my nou nodig het nie. Sondag aande wanneer ek met hom oor die foon gepraat het, het hy altyd gesê dit gaan goed en alles is klop-disselboom op die plaas. Meeste van die tyd het hy mý uitgevra oor die werk en my vriende. Hy was saam met my opgewonde oor 'n nuwe boy friend en hy moes weer die stukke optel as dié my hart aan flarde geskeur het. Hoekom het hy nie gesê dat hy siek is nie? Hoekom het hy nie gebel om te sê dat hy my nou nodig het nie? Hoekom moes die buurman my bel om te sê ek moet kom? Is Oupa dalk so siek dat hy nie eens tot by die telefoon kan loop nie? Het die dag aangebreek dat ek die laaste persoon gaan verloor wat nog altyd vir my omgegee het? Sy voel die dowwe pyn in haar bors en die beklemming om haar nek. Sy forseer haar gedagtes na buite en kan nie help om te glimlag vir 'n kalfie langs die pad wat uitbundig om sy mamma hardloop nie. Hierdie is bees wêreld.

    Hennie se Pa het ’n jaar gelede hulle plaas verkoop aan ’n jong man, Werner Grove, sy ouers kom nou en dan vir hom kuier, hulle bly op Waaikraal, sy Pa boer met beeste, sy ouer broer Frans help sy pa op die plaas, het oupa haar ingelig.

    Sy het nog nie die buurman ontmoet nie, die paar dae wat sy so ses maande gelede by haar oupa gekuier het, was hy op kursus. Oupa het net lof vir die jongman, hy kom gereeld vir oupa kuier, bring sy pos van die dorp af, ook dinge wat oupa nodig het, bring hy saam.

    Martie het voorspoedig gery, sy draai van die teerpad af op die gruispad wat die plase teen die rivier met mekaar verbind.

    Die Son sak agter Aasvoëlkop in, die wolkies is pragtig, die wind waai dit seker in sulke lang strepe, sy bepaal haar aandag op die Pad, daar is Koedoes in die omgewing, almal is bedag op die gevaar, daar het al vreemde mense op die Pad verongeluk, so sy is op haar hoede.

    Dis al skemer toe sy die paadjie Rietkuil toe neem, tussen die bosveld bome af ry na oupa se huis.

    Daar staan ’n Jeep onder die Platkruinpapierbas boom voor die huis.

    Sy hou voor die hoë stoep stil. Ou Wagter kom hinke-pinke na haar aangedraf. Ou Waggie is jy bly om my te sien? Wagter gaan sit voor haar, hou sy regterpoot uit, Martie voel haar oë vul met trane, sy het Wagter as jong hondjie gekry en hom ’n hele paar dinge geleer, onder andere om haar met sy regterpoot te groet. Sy vryf oor sy kop. Kom my honne ons gaan groet vir oupa.

    Die voordeur staan oop, daar skyn lig uit die gang, sy hoor ’n manstem wat in haar oupa se kamer praat.

    Wagter draf voor haar uit, gaan lê voor oupa se bed. ’n Forsgeboude jongman met ligte krulhare staan op uit die stoel voor oupa se bed.

    Oom Hannes kyk net wie het vir jou kom kuier.... Oupa wat sê gebedlêery is dit hier as ek kom kuier? Sy soen oupa op sy voorkop. Martie my kind, jou oupa is sommer lui, môre vroeg ry ons twee met Vonk en Bles af waterval toe, jy kan lekker swem, terwyl ek die Aasvoëls met die verkyker beskou.

    Nou praat oupa my taal. Martie draai na Werner. Aangename kennis Werner, ek is bly om jou te ontmoet.

    Ek mag jou mos Martie noen? Jou oupa het my al so baie van jou vertel, ek ken jou al goed.

    Julle moet nie van my skinder nie. Werner trek die stoel voor oupa se bed vir haar reg. Kom sit, ek glo julle het baie om oor te gesels.

    Oom Hannes, ek kry julle môre by die swemgat onder die Waterval, oom moet lekker slaap. Martie nou gaan jou oupa sommer gesond word met jou vriendelike geselsies.

    Totsiens ou seun. Martie stap saam met Werner op die stoep uit. Dankie dat jy my gebel het, ek gaan oupa mooi versorg tot hy gesond is.

    Jou oupa is baie lief vir jou Martie, hy verlang na jou, Lekker kuier, ek sien jou môre. Totsiens Werner.

    Ou Wagter het saam met haar uitgekom stoep toe, sy vryf oor sy nek.

    Naand nonnie Martie, ek is bly jy het kom kuier. Naand Mina, dankie dat jy so mooi na oupa kyk. Die nonnie moet terugkom Rietkuil toe, die ou meneer kan nie meer na alles kyk nie.

    Ja Mina, ek kan sien oupa het my nodig. Nonna daar is koffie en kos gemaak, die nonna moet vir die ou meneer kom inskep. Reg ek is oor ’n rukkie by jou in die kombuis.

    Terug by oupa, sit sy voor hom op die stoel, streel sy arm wat bo die kombers lê. Hoekom het oupa nie gebel en gesê oupa is siek nie?

    Ag my kind, jy het jou werk en vriende in die stad, ek wou nie lastig wees nie. Oupa het my met baie liefde groot gemaak, ek kom terug Rietkuil toe, ons sal die boerdery gou bywerk.

    Dankie my kind, ek sal nou gesond word. So moet my oupa praat. Ek gaan oupa se kos haal, Mina het dit reg.

    Wagter draf voor haar uit kombuis toe, Martie sien die mank stappie, die grys hare oor die kop en nek, ja my honne jy het my ook nodig, ek sal jou ook versorg, ons kom ’n lang pad saam..

    In die kombuis staan Kiewiet, Mina se man saam met haar voor die Agastoof.

    Naand nonnie Martie. Naand Kiewiet, dankie dat julle so mooi na oupa kyk, ek sal sodra moontlik terug kom Rietkuil toe.

    Dankie Nonna, gee die kar se sleutels dat ek Nonna se tasse aflaai.

    Kom ek stap saam met jou.

    Kiewiet vat Martie se tasse na haar kamer.

    Mina het die skinkbord vir oupa gedek. Martie skep die saggekookte skaapvleis met aartappels en ’n bietjie groenboontjies in oupa se bord, tel die skinkbord op, sê vir Mina. Skep vir my ’n bordjie kos uit, sit dit in die louoond, dan neem jy die res vir jou en Kiewiet huis toe.

    Dankie Nonna, ons is bly die nonna het gekom. Dankie Mina, sien jou môre.

    Oupa Hannes lê met geslote oë toe Martie in kom, hy kyk op en glimlag vir haar.

    My kind ek is so bly om jou hier by my te hê. Dis vir my net so aangenaam om hier by oupa te wees, kom ek help oupa om regop te sit, Mina het heerlike kos gekook.

    Martie help oupa se voete van die bed af dat hy regop kan sit, sit die skinkbord met pootjies voor hom neer, dan die bord kos met ’n furk. Martie trek haar stoel nader om hom te help.

    Die kos is lekker my kind, nou sal ek gesond word. oupa eet stadig. Dankie my kind, die kos is lekker maar te veel vir my. Reg oupa, kan ek vir oupa ’n glas melk bring?

    Asseblief my kind, dit sal lekker wees.

    Martie neem die bord kombuis toe. Kiewiet wag op haar. Nonna ek was die ou meneer laat middag en trek hom skoon aan, ek gaan hom nou help om in die badkamer tande te borsel, dan vat ek hom weer bed toe.

    Ag dankie Kiewiet, vat ’n glas melk vir oupa, ek eet solank, sal teruggaan as jy klaar is met oupa.

    Kiewiet kom terug. Nag Nonna, lekker slaap. Reg Kiewiet julle ook.

    Martie stap eetkamer toe, vat die familie Bybel waar dit al die jare byderhand is vir aand godsdiens. Oupa het al die jare saans na ete iets voorgelees, dan moet sy sê wat het sy onthou, party kere onthou sy regtig, ander kere is haar gedagtes by haar poppe of iets, dan sê sy maar sy het van Moses vanthou. Oupa het so skuins na mamma gekyk, dan help mamma en sê Oupa het van Simson gelees. Ag, toe sy groter word kon sy beter onthou.

    Kiewiet het oupa gemaklik in die bed gehelp.

    Oupa het altyd vir my en mamma gelees, later net vir my, nou kan ek vir oupa iets lees.

    Martie kies Spreuke van Salomo, hoe waar is elke paragraaf, hoe pragtig beskryf hy dinge, hoe waar vertolk hy wat die lewe is.

    Sy sit die Bybel op die bedkassie, neem oupa se hand. In haar gebed vra sy die Here moet oupa gesond maak en nog lank vir haar en almal wat hom lief het spaar... Amen.

    Baie dankie my kind, so ’n mooi gebed sal die Here verhoor.

    Hoofstuk 2

    Die volgende môre word Martie wakker van die swart haan se gekraai in die hoender kampie, sy staan op, skuif die gordyne oop, in die ooste skyn die rooidag, soos die ou mense dit noem, sy luister oral by die werkers se huise kraai die hane lustig.

    Daar is ‘n ligte windjie wat vars en koel by haar venster in waai. Martie staan in vervoering na die wolkies en kyk, wat rooie word, oor ’n paar munite sal die son oor die berg kom, ’n nuwe dag het begin, die voëltjies en duiwe het ontwaak, hulle soek kos daar voor die stoep waar Mina die krummels uit skud.

    BUKS: Die morestond het goud in die mond.

    Dis so anders as in die stad, waar daar nooit regtig stilte is nie.

    Op haar kaal voete loop sy saggies om te gaan kyk of oupa nog slaap, die deur kraak liggies toe sy dit verder oopstoot.

    Môre my kind, hoekom is jy so vroeg al op? Ek het die hane hoor kraai en onthou, Oupa het altyd met die eerste hanekraai op gestaan om ’n bietjie antrasiet in die stoof te gooi, die ketel met water op te sit vir koffie.

    Ja my kind solank ek wag vir die water om te kook, het ek op die agterstoep gaan sit om die plaasgeluide te geniet, een van die dae is ek weer gesond, dan bring ek vir jou koffie in die bed. Dit sal wonderlik wees, ons moet oupa gou gesond kry. Ek gaan gou die kole ingooi en buite op die agterstoep wag dat die water kook.

    Sy skep ’n grafie kole, gooi dit in die stoof, sit die ketel op die plaat. Sy maak die agterdeur oop, ou Wagter staan van sy kussing op waar hy snags slaap, hy kom sit voor haar, gee sy regtepoot vir haar,

    Môre Waggie het jy lekker geslaap? Gaan groet vir oupa, hy is al wakker. Asof hy werklik verstaan, draf hy mank na oupa se kamer.

    Die oggend windjie is koel en vars, die voëltjies in die groot ou Papierbasboom sjip vrolik die duiwe koer te pragtig. Dit word al ligter, die ooste verkleur vinnig in blink

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1