3
Sondaghaas
Neef Abrie was nog jonk toe sy pa hom en sy broers en susters ontval het. Abriese ma is die oorlede ou dominee se tweede vrou, en daarom was Abrie heelwat jonger as sy pa.Maar ouderdomsverskil ten spyt, was daar ‘n baie hegte band.Vertel Abrie van die geleentheid, lank-lank gelede, toe sy pa predikant by op ‘ndorpie doer in die Bosveld van die huidige Noordwes was.Eintlik uitgestrekte plaaswêreld. Daarom het die Boerematriek ook nog soos indie ou dae plaasgevind.Hier teen die einde van die jaar, word daar een naweek behoorlik gekerk. Vanvroeg Vrydag af trek die karre en waentjies langs die rivier in, en meld die jongklomp hulle vir die Boerematriek aan. Die hele Saterdag deur woel diedominee en ouderlinge met die klomp, en die wat genoeg van die Bybel weet,word die Saterdagaand aangeneem.Sondagoggend is dit voorstelling, doop (vir die kleingoed) en daarna Nagmaal. ‘nLang diens.Met so ‘n lang diens staan die katkisante toe die Sondag in hul kispakke ennetjiese rokke en mooiste hoede mooi voor die preekstoel in gelid, om aan diegemeente voorgestel te word.Buite die kerk sit al wat dorpsbrak is vir hul mense en wag. Met so ‘n naweek hetdie hondegeledere gewoonlik ook heelwat plaasversterkings bygekry. Sommigessit kiertsregop voor die deur waar hul huismense in verdwyn het, en wag dathulle moet uitkom. As daar iets in die kerk gebeur, soos dat gesing word, word
Leave a Comment