Welcome to Scribd, the world's digital library. Read, publish, and share books and documents. See more
Download
Standard view
Full view
of .
Look up keyword
Like this
3Activity
0 of .
Results for:
No results containing your search query
P. 1
Amanirenas die kryger koningin van Kash

Amanirenas die kryger koningin van Kash

Ratings: (0)|Views: 51 |Likes:
Published by Pieter Uys
Na die neerlaag van Markus Antonius en Cleopatra VII by die seeslag van Actium in 31 VC, het Octavianus die heerser van die Romeinse Ryk geword, en as Augustus Caesar (31 VC-14), die eerste keiser. Egipte het ‘n provinsie van die Ryk geword.

Koning Teriteqas was toe die heerser van Kash. Sy vrou was Kandak Amanirenas wat hom opgevolg het na sy dood. Amanirenas (ook Amanirena gespel) was een van die beroemdste kryger koninginne van Kash. Haar volle naam en titel was Amnirense qore li kdwe li ("Ameniras, Qore en Kandak"). Sy het van ongeveer 40 tot 10 VC geheers. Hulle seuns was Kharapkhael en Akinidad.
Na die neerlaag van Markus Antonius en Cleopatra VII by die seeslag van Actium in 31 VC, het Octavianus die heerser van die Romeinse Ryk geword, en as Augustus Caesar (31 VC-14), die eerste keiser. Egipte het ‘n provinsie van die Ryk geword.

Koning Teriteqas was toe die heerser van Kash. Sy vrou was Kandak Amanirenas wat hom opgevolg het na sy dood. Amanirenas (ook Amanirena gespel) was een van die beroemdste kryger koninginne van Kash. Haar volle naam en titel was Amnirense qore li kdwe li ("Ameniras, Qore en Kandak"). Sy het van ongeveer 40 tot 10 VC geheers. Hulle seuns was Kharapkhael en Akinidad.

More info:

Categories:Types, Research, History
Published by: Pieter Uys on Aug 07, 2012
Copyright:Attribution Non-commercial

Availability:

Read on Scribd mobile: iPhone, iPad and Android.
download as DOCX, PDF, TXT or read online from Scribd
See more
See less

12/03/2012

pdf

text

original

 
1
 Amanirenas die kryger koningin van Kash
deur Pieter Uys
Die gebied suid van Aswan in Egipte staan as Nubië bekend. LaerNubië is tussen die eerste en tweede katarak van die Nyl geleëterwyl Bo-Nubië en Suid-Nubië die gebied in die teenswoordigeSudan tussen die tweede en sesde katarakte uitmaak.Die oudste Egiptiese benamings vir die gebied suid van die eerstekatarak was
Tanehsu
en
Wawat
. Die gebied tussen die tweede enderde karakte is
Medja
genoem. Later het die hele land suid vanAswan as
Ta-Seti
(Land van die Boog) bekend gestaan en die mensedaar is deur die Egiptenare
Nobat
genoem.
 
2
Van die vroegste tye af het Egipte „n kulturele invloed op die gebied uitgeoefen
en tydens sekere fases van die geskiedenis was Laer Nubië deel van Egipte.Tydens die Nuwe Koninkryk-
periode was Nubië „n Egiptiese kolonie met die
naam Kash (Kasj).
Rondom 1070 voor die huidige era het Kash „n onafhanklike koninkryk geword.
Nubië het van die begin af deel uitgemaak van die Koninkryk van Kash, wategter meer as uit net Nubië bestaan het.In antieke geskrifte en moderne vertalings van antieke geskrifte en die bybelword daar verkeerdelik na Kash
as “Ethiopië” verwys. Die Koninkryk van Kash
het absoluut niks te doen met Ethiopië wat baie ver daarvandaan na diesuidooste geleë is nie.
 
3
Koning Kashta (Ni-Maat-Re) se hoofstad wasNapata,400 km noord van waarKhartoemnou is. Rondom 750 V
C het hierdie heerser reeds „n sterk invloed
oorsuidelike Egipte uitgeoefen. Sy dogterAmenirdis I
het „n hoë prie
sterlike ampinThebesbeklee. Aswan het beslis op daardie stadium aan Kashta behoort enhy word beskou as die stigter van die 25ste (Nubiese) dinastie van Egipte.
700vC
Koninkryk van Kash.
Sy opvolger was Farao Piye Usimare Sneferre wat die hele Egipte regeer het. In727 VC hetPiyeEgipte tot sover as die Nyldelta verower. Die 25ste dinastie vanEgipte sou tot ongeveer 653 VC duur.Na Piye het Farao Shabaka (of Shabataka) Neferkare geheers, toe ShebitkuDjedkare en later Taharka (wat in die Bybel
Tirhaka
genoem word) enveldtogte in Israel teen die Assiriërs onderneem het. Die laaste koning van die25ste dinastie was Tanut-Amon (Tantamani) wat Egipte aan Assirië afgestaanhet.Die Koninkryk van Kash het egter nog 900 jaar daarna bestaan tot omtrent diejaar 350 van ons era. In ongeveer 592 VC het Koning Aspelta Neferkha Merikaredie hoofstad verskuif van Napata na Medewi /Merowe, tussen die uitmondingsvan die Blou Nyl en die Atbara Rivier in die Nyl, naby die hedendaagse dorpShendi omtrent 200km noordoos van Khartoem.

Activity (3)

You've already reviewed this. Edit your review.
1 hundred reads
Pieter Uys liked this
Pieter Uys liked this

You're Reading a Free Preview

Download
scribd
/*********** DO NOT ALTER ANYTHING BELOW THIS LINE ! ************/ var s_code=s.t();if(s_code)document.write(s_code)//-->