You are on page 1of 1

2

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 30 November 2012

n Legende groet
Johan Volsteedt, die afgelope 20 jaar skoolhoof van Greykollege (sekon dr). Foto: CHARL DEVENISH

n Lewe lank by Grey en sy mense


Volsteedt groet as skoolhoof
DIT is min dat iemand letterlik sy lewe lank by n organisasie betrokke is. Johan Volsteedt, Grey-kollege (sekondr) se skoolhoof wat einde van die jaar aftree, is sedert sy geboorte op een of ander wyse aan Grey gebonde. Aanvanklik as seun van n onderwyser (A.K. Volsteedt, onderwyser en later skoolhoof van Grey), daarna as leerling, onderwyser, adjunkhoof en uiteindelik vir die afgelope 20 jaar as skoolhoof. Hy s dit is met gemengde gevoelens van hartseer en opgewondenheid oor nuwe moontlikhede, maar veral dankbaarheid oor die afgelope 60 wonderjare by Grey, waarop hy die toekoms tegemoet gaan. Dit was n voorreg en n vreugde om met duisende mense in aanraking te kom en baie beroemde oud-Greys, sportmanne en ikone soos Nelson Mandela en Desmond Tutu aan die seuns tydens saalperiodes voor te stel, s Volsteedt oor sy jare by Grey. Elke dag en elke ondervinding en elke ontmoeting was vir my n hoogtepunt. Ek het nooit gevoel dat ek iets anders moes gedoen het of dat ek eerder op n ander plek sou wou wees nie. Hy sal van volgende jaar af steeds betrokke wees by Grey-kollege, hoofsaaklik as fondsinsamelaar vir die Jock Meiring-trust. Geld uit die trust word jaarliks in belang van onderwys en opvoeding aangewend. Hy gaan ook deel wees van n projek van die Universiteit van die Vrystaat wat by voorheen benadeelde skole betrokke is. Ek hoop om steeds by krieketafrigting betrokke te bly en sal graag meer gereeld wil oefen, lees, gholf speel en met my kleinkinders speel, s hy oor die toekoms. My voorgangers het blywende fondamente gelaat en ek glo dat Grey die afgelope 20 jaar daarop voortgebou het. Ek is veral dankbaar dat kultuuraktiwitei-

Drie geslagte saam in 1975 almal met n sterk verbintenis met Grey kollege. Links is Johan Volsteedt en by hom sy seun Andr. Regs is Johan se pa, A.K. Volsteedt, wat van 1960 tot 1969 Greykollege se skoolhoof was. Foto: VERSKAF te gegroei het, soos die musiekfees wat nou n jaarlikse instelling is. Die gemaklike oorgang na n skool vir alle bevolkingsgroepe in 1993 is steeds vir my n riem onder die hart dit kan veral aan Grey se parallelmedium-stelsel en die gematigde lewensopvatting van al die skool se belanghebbendes toegeskryf word. Volsteedt s hy het nog baie drome vir Grey wat hy graag verwesenlik sou wou sien, soos n kerkie in die Fischertuin, n ouditorium, meer klaskamers en n binnenshuise sportsentrum. Miskien sal al hierdie drome nog bewaarheid word as die geldinsameling n sukses is, s hy. Volsteedt s hy sal alles waarby hy by die skool betrokke was, mis, maar hy is deeglik bewus van die noodsaaklikheid en vernuwende krag van verandering. Deon Scheepers, n oudleerling en voormalige onderwyser van Grey-kollege, sal by Volsteedt die leisels oorneem. Deon het n passie vir die onderwys en jong mense. Ek glo hy sal voortbou op Grey se fondamente en op die Grey-familie se lojaliteit staatmaak. Ek weet dat hy die Grey-familie en spesifiek die Grey-gentlemen altyd sal kan vertrou. Mag hy elke dag die vreugde en opgewondenheid van die Grey-gees beleef. Volsteedt s Grey as instelling is groter as enige individu en verg van elkeen grootsheid van denke, positiewe samewerking en saamleef. Grey-seuns het n natuurlike leef-en-laat-leef-gesindheid wat niemand ooit mag onderskat nie. W.A. de Klerk, n oud-Grey en skrywer wat in 1934 aan di skool gematrikuleer het, het soos volg oor Grey geskryf: Ons taak is nie om blakender, blatanter in die kalklig te staan nie. Ons taak is om op eie voete regop te loop in die vrese van God en die vreugde van Sy skepping n goeie skool, n groot skool, moet die soort atmosfeer skep waar uiterste lewenshoudings geen plek het nie; toeheid; die gedagte dat net jy of jou groep of jou wreldjie met die toekoms toevertrou kan word; dat die belangrikste in die lewe jou eie prestasie is, die onmiddellike lewe. Dit beteken dat ons steeds met n skeptiese kalmte teenoor onsself moet staan; dat ons steeds bereid moet wees om weer te dink en die nog uitnemender weg te vind. So vind ook ons ons eie outentieke weerbaarheid. Lien tjie Mentz

You might also like