You are on page 1of 1

4

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 30 November 2012

Skool het roemryke geskiedenis


Lewer die meeste nasionale sportmanne in SuidAfrika
GREY-KOLLEGE, die oudste skool noord van die Oranjerivier en die derde oudste skool in SuidAfrika, spog met n lang en ryke geskiedenis. Die destydse goewerneur van die Kaapkolonie, sir George Grey, het op besoek aan die nuwe Republiek van die Oranje-Vrystaat op 13 Oktober 1855 n bedrag geld vir die oprigting van n inrigting vir hor onderwys bewillig. Die skool is op 17 Januarie 1859 met ds. Andrew Murray as die eerste skoolhoof geopen. Die model-republiek, Bloemfontein en Grey-kollege het saam gegroei en ontwikkel. Die skool het onder leiding van skoolhoofde soos dr. Johannes Brill, James Lyle, Jock Meiring, J.M.B. Faure, A.K. Volsteedt, J.L. Cronj en dr. M.G. Heyns vooruitgegaan. Johan Volsteedt was sedert 1993 die skoolhoof. Van die beskeie begin in 1855 het Grey in n suksesvolle skool ontwikkel en gedy dit steeds. Hier word leerlinge in Afrikaans of Engels in afsonderlike klasse onderrig. Afrikaans- en Engelssprekendes neem saam aan buitemuurse aktiwiteite deel en verkeer saam op die skoolterrein, in die koshuise en in saalperiodes. Nuwe skoolgeboue en gerestoureerde koshuise het op die terrein verrys en Grey het in n prag-kompleks met n ryke tradisie ontwikkel. Grey word oor die jaar heen gereeld deur toeriste van die buiteland besoek. In 1950 is die primre deel van die skool geskei. Grey-kollege is een van die bekendste skole in die land en sy oudleerlinge word in alle vertakkings van die samelewing aangetref; nie net in Suid-Afrika nie, maar selfs in die buiteland. Op sportgebied is Grey-kollege seker die skool met die meeste leerlinge wat Suid-Afrika nog op sportgebied verteenwoordig het. Grey spog met ongeveer 191 oudleerlinge nog wat Suid-Afrika op die een of ander wyse op sportgebied verteenwoordig het. Dr. Johannes Brill, die eerste rektor van Grey, het reeds in 1873 voorgestel dat sporttoerusting aangekoop word om veral die koshuisseuns besig te hou. Verder het hy gemeen dit sou die gees onder die leerlinge versterk. Die heel eerste rugbywedstryd is op 4 Junie 1881 teen St. Andrew gespeel. Die wedstryd, wat Grey met een doel teenoor nul gewen het, is volgens die sogenaamde Winchesterrels gespeel. Grey is oor die afgelope jare een van die voorste rugby-, krieket-, hokkie- en tennisskole in die land. Op rugbyvlak spog Grey met talle Cravenweek-spelers en Springbokke en bekendes soos Morn du Plessis, Theuns Stofberg, Robbie Blair, Dawie Snyman en Helgardt Mller om net n paar te noem kom uit die Grey-stal. Grey het ook verskeie nasionale krieketspelers opgelewer, van wie die bekendste seker Hansie Cronj, Kepler Wessels, Victor Mpitsang, Nicky Boj en Boeta Dippenaar is. Van die oud-Greys wat meer onwesrugby (Blitsbokke), Ryan McLaren krieket (Proteas), William Small-Smith sewesrugby (Blitsbokke), Flip van der Merwe rugby (Springbokke), Adriaan Strauss rugby (Springbokke), Wian du Preez rugby (Springbokke), Bismarck du Plessis rugby (Springbokke) en Tiaan Liebenberg rugby (Springbokke). Die leerlinge se trots en lojaliteit teenoor hul skool en die tradisies en goeie naam van die instansie bly die magtige saambindende faktor wat elkeen van hulle inspireer om selfs meer as sy beste te lewer. Hulle glo dat die parallelmediumbeleid die oplossing vir baie van die land se probleme bied, veral aangesien elke taalgroep sy eie kultuurgoedere behou, maar tog ook deur die ander verryk word. Dit is hul strewe om elke Greyseun in n gelukkige en beskermde skoolomgewing op te voed sodat hy sukses kan ervaar en gereed sal wees om n verantwoordelike bydrae in n multikulturele Suid-Afrika te kan lewer.

Grey se geskiedkundige hoofge bou. Foto: VERSKAF langs uitgeblink het, is onder andere Coenie Oosthuizen rugby (Springbokke), Paul Jordaan se-

Talle bekendes was hier op skool

n Foto van Greykollege se personeel en die matrieks in 1930. Fotos: VERSKAF

Museum hul trots


GREY-KOLLEGE is een van die min skole wat spog met sy eie museum. Daar is heelwat fotos, klere, artifakte en dokumente wat in die museumargief opgeneem is. Die instandhouding en opknapping van die museum, asook die Ou Gimsaal en Reniesaal, word gedoen en al die versamelings word teen UV-bestraling beskerm. Die kurator van die museum is Estie Rossouw en haar kantoor is in die Renie-kompleks bokant die koffiewinkel. Gustav Fichardt is die voorsitter van Grey-renie. Deur Greyrenie word die belange van die skool deur al sy oudleerlinge op die hart gedra.

Boek bring hulde

Die Greymuseum met die ope ning in 2005.

Op die skool se 150ste verjaardag in 2005 het Johan Volsteedt, Greykollege (sekondr) se skool hoof die afgelope 20 jaar, die pragtige boek oor Greykollege en die talle bekendes wat hier skool gegaan het, saamgestel.

You might also like