You are on page 1of 458

ELLEN LOUW MAGHRIET BEUKES LEE VAN WYK

GRAAD

LEERDERBOEK

CAPS

VISUELE KUNSTE 12
GRAAD

VO
Voorlopige afskrif
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Future Managers 2013 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier, hetsy elektronies, meganies, fotokopiring, of andersins, sonder skriftelike toestemming vooraf van die kopiereghouers. Om n afrskrif te maak van enige gedeelte van hierdie publikasie, moet n versoek gerig word aan DALRO vir inligting en outeursreg toestemming. Ongemagtigde kopiring is strafbaar en mag lei tot n siviele geding en/ of strafmaatrels.

Telefoon: 086 12 DALRO (in Suid Afrika); +27 (0)11 712-8000 Faks: +27 (0)11 403-9094 Adres: Posbus 31627, Braamfontein, 2017, Suid Afrika www.dalro.co.za Eerste Uitgawe 2013 ISBN 978-1-77581-009-4

Let asseblief daarop dat hierdie slegsn voorlopige afskrif is en nogfinale redigering moet ondergaan. Kontak Future Managers vir meer besonderhede oor wanneer die finale afskrifte bestel kan word of tik like op ons Facebook-bladsy om die jongste nuus te ontvang.

FutureManagers
Uitgegee deur Future Managers Edms. Bpk. Posbus 13194, Mowbray, 7705 Tel 021 462 3572 Faks 021 462 3681 Epos: info@futuremanagers.net Web: www.futuremanagers.net

iii

INHOUD Inleiding tot Visuele Kunste Graad 12 b. 1 b. 15 b. 55 b. 99 b. 143

HOOFSTUK 2


HOOFSTUK 3

EL

Suid-Afrikaanse kunstenaars benvloed deur Afrika en/of inheemse kunsvorms


HOOFSTUK 4

HOOFSTUK 5

VO

OR

Kuns, handwerk en spirituele werke hoofsaaklik uit landelike Suid-Afrika Multimedia en Nuwe Media alternatiewe, kontemporre en gewilde kunsvorms in Suid-Afrika

BE

Sosio-politieke kuns insluitend Weerstandkuns van die 1970s en 1980s

HOOFSTUK 1

Die stem van ontluikende kunstenaars

b. 185

HOOFSTUK 6

Post-demokratiese identiteit in Suid-Afrika b. 243 Geslagskwessies b. 287 Argitektuur in Suid-Afrika b. 325 Praktiese Assesseringstake b. 365 b. 407 b. 425

HOOFSTUK 7 HOOFSTUK 8 HOOFSTUK 9

Voorbeeld Vraestelle Woordelys

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

iv

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Inleiding tot Visuele Kunste Graad 12

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Inleiding tot Visuele Kunste Graad 12

Dit moedig jou ook aan om n individuele visuele taal en geletterdheid te ontwikkel, wat ingelig en gevorm word deur die studie van visuele kultuur, in die verlede en hede.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Die vak Visuele Kunste handel oor selfuitdrukking en bied n manier om betekenisvol betrokke te raak by die wreld en om daarop te reageer. Dit bied geleenthede om jou intellek te stimuleer en te ontwikkel, om jou kreatiewe verbeelding te gebruik deur visuele en tasbare ondervindings, en die innoverende gebruik van materiale en tegnologie om jou idees te verwesenlik.

BE

EL

Visuele Kunste dek n bre veld van kreatiewe praktyk wat die hand, die oog, die intellek en die verbeelding insluit om tweedimensionele en driedimensionele kunswerke, voorwerpe en omgewings te konsepsualiseer en te skep wat die estetiese, konsepsuele en ekspressiewe besorgdhede van individuele of groepe weerspiel.

Onderwerpe in Visuele Kunste

In jou Graad 12 Visuele Kunste studies gaan jy: 1. Konsepsualiseer deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees in jou bronboek (ONDERWERP 1). Hierdie bronboek is NIE n formele, netjiese notaboek nie, maar is n ekspressiewe, persoonlike boek van idees en stimuli wat jou eie styl, belangstellings en persoonlikheid weerspiel. Dit moet n volledige, opwindende en bruikbare bron van idees en beelde wees tydens praktiese opdragte. Die bronboek bied insig in die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het en ander prosesse wat tot die fnale werk lei. Die bronboek moet duidelik al jou gedagteprosesse oordra wat tot die maak van hierdie kunswerke gelei het. Teen Graad 12 behoort jy te weet hoe om die bronboek te gebruik. 2. Die maak en aanbied van kreatiewe kunswerke (ONDERWERP 2).

VO

3. Kunswerke bestudeer om die historiese, politieke, sosiale en/of ekonomiese agtergrond of samelewings/style/bewegings en individuele kunstenaars in Visuele Kultuurstudies te verduidelik (ONDERWERP 3).
Aktiwiteite vir die Visuele Kultuurwerkboek sal aangedui word as:

OR

In hierdie teksboek, spreek Hoofstuk 9 Onderwerpe 1 en 2 aan deur spesifieke praktiese assesseringstake en riglyne te bied. Jou onderwyser sal hierdie take kies en lei.

BE

Praktiese assesseringstake is meer oop tot interpretasie wat jou toelaat om die materiale, soorte gereedskap, tegnieke, temas en prosesse te kies wat die beste daarby pas om jou individuele behoeftes uit te druk. Onthou dat die finale retrospektiewe uitstalling n samehangende liggaam van werk moet voorstel en dat n gespesialiseerde fokusveld aanbeveel word.

EL

Voltooi in jou VKS-werkboek.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Sharp Sharp

Sharp sharp is n informele Suid-Afrikaanse gesegde wat goedkeuring, aanvaarding of ooreenkoms uitdruk en dit word gebruik as n manier om ander mense te groet wanneer julle ontmoet of afskeid neem. In Graad 12 keer jy terug huis toe tydens jou visuele kultuurstudies na al jou reise deur die wreld van internasionale kuns en s jy sharp sharp vir Suid-Afrikaanse kuns! Die inhoud word in agt bre temas verdeel wat spesifieke kwessies lig wat verwant is aan die SuidAfrikaanse samelewing en kuns. Dit is nie n kronologiese studie van Suid-Afrikaanse kuns nie, maar het ten doel om gesprekke aan te moedig deur die temas te bestudeer. Die doel van hierdie boek is om n bre oorsig te bied oor die verskillende temas. Elke hoofstuk begin deur die tema bekend te stel deur te verwys na kontekstuele faktore, soos geskiedkundige gebeurtenisse. Dit sluit dan n reeks internasionale en Suid-Afrikaanse kunswerke in wat verband hou met die tema. In elke tema word drie Suid-Afrikaanse kunstenaars in detail bespreek. Spesifieke kunswerke deur hierdie kunstenaars word in diepte bespreek. Die doel van hierdie hoofstukke is om jou bloot te stel aan n wye reeks voorbeelde uit elke tema om die groter omvang van die spesifieke tema te illustreer. Die boek poog ook om kunstenaars te gebruik wat verteenwoordigend is van die uiteenlopende kulturele tradisies van Suid-Afrika.

VO
Paul Emsley, Nelson Mandela, 2010. Houtskool en cont. 125 x 97 cm. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Jy moet enige SES temas bestudeer. n Minimum van twee kunstenaars en twee werke vir elke tema moet in diepte bestudeer word. Dit is egter belangrik om die dinamiese, inter-verwante aard van kuns te verstaan deur te kyk na ander verwante werke en invloede van internasionale style in ons kuns te sien. Jou kunsonderwyser sal hierdie proses lei deur die keuse van kunstenaars en kunswerke te kies wat jy gaan bestudeer. Daar word gehoop dat jy sal besef local is lekker tydens die bestudering van Visuele Kultuurstudies!

OR

BE
Die agt temas is: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

EL

Die stem van ontluikende kunstenaars Suid-Afrikaanse kunstenaars benvloed deur Afrika en/of inheemse kunsvorms Sosio-politieke kuns insluitend Weerstandkuns van die 1970s en 1980s Kuns, handwerk en spirituele werke hoofsaaklik uit landelike Suid-Afrika Multimedia en Nuwe Media alternatiewe kontemporre kunsvorms in Suid-Afrika Post-demokratiese identiteit in Suid-Afrika Geslagskwessies: manlikheid en vroulikheid Argitektuur in Suid-Afrika

Gids om kunswerke te bespreek

Die klem in Visuele Kultuurstudies is op kunswerke en visuele geletterdheid gefokus. Dit word sterk aanbeveel dat jy na Hoofstuk 1 in die Graad 10-boek verwys vir basiese inligting oor die formele elemente, komposisie, style, onderwerpe, ens.

VO

Dit is belangrik om die inligting te h om kunswerke te bespreek. In Graad 10 is n gids (resep) verskaf oor hoe n mens n kunswerk kan bespreek. Die hoofbestanddele is: A. ETIKET-INLIGTING B. BESKRYWING C. BESPREKING (Analise) D. INTERPRETASIE, BETEKENIS EN BOODSKAP

OR
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

6 Die volgende is n aanduiding van hoe n mens n kunswerk in meer diepte kan bespreek

a. ETIKET-INLIGTING
Kunstenaar, titel van werk, medium, datum, grootte. Wanneer jy sogenaamde ongesiende werke bespreek, word hierdie inligting verskaf en tree dit op as n leidraad tot die styl/periode. In werke wat jy bestudeer het, moet jy die van van die kunstenaar en titels van kunswerke voorsien. Verskaf ook die medium jy kan oor die algemeen noem of dit n skildery of n tekening is, maar indien dit n nuwe/ander medium is, moet jy meer spesifiek wees.

VO
TEGNIEK STYL
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

c. BESPREKING (ANALISE)

OR

Identifiseer goed wat jy kan sien. Noem hulle en beskryf hulle. Maak seker dat jou beskrywing n evaluering is van, of uitgesproke of interpreterend is oor die dinge wat jy kan sien. Beskryf die hoofvoorwerpe in die skildery en hul posisie in vergelyking met mekaar, byvoorbeeld die koei is onder die boom. Noem slegs wat jy met jou o sien asof jy die werk aan n blinde persoon beskryf. Onderwerp: Is dit n stillewe, landskap, portretstudie, ens.? Geskiedenis: Behoort die werk aan n spesifieke kunsbeweging?

Dit verwys nie na die medium nie, maar hoe dit geskep is in die spesifieke medium, byvoorbeeld is die kwaswerk egalig (soos n foto se oppervlak), impasto, gestippel of linir?

Styl verwys na naturalisme, figuratief, ekspressionisme, abstraksie, dekoratiewe werke, stilasie, ens. Wees versigtig vir die verkeerde gebruik van abstrak. Indien daar geen verwysings na die werklikheid is nie, is iets abstrak. n Werk kan abstrakte kenmerke h met n neiging tot abstrakte vorms, maar is steeds figuratief indien daar n verwysing na beelde is.

BE

EL

b. BESKRYWING

7 Die formele elemente in kuns is aspekte en dinge wat in n kunswerk bestaan.

Lyn
Wanneer jy lyn in n kunswerk bespreek, oorweeg die volgende: Tipe (gedraai, reguit, ens.) Rigting (horisontaal, vertikaal, diagonaal) Funksie (kontoerlyne, dekoratiewe lyne, lyne gevorm deur voorwerpe in n skildery, ens.)

BE

Wanneer jy vorm bespreek, kan jy praat oor: Positiewe vorms die werklike positiewe beeld waarop die oog aanvanklik fokus. Negatiewe vorms hierdie is die ruimte of vorms tussen in die positiewe vorms. Organiese vorms hierdie is natuurlik en kromlynig en hul lyk ontspanne. Geometriese vorms hierdie is mensgemaak en hulle lyk formeel. n Beeldhouwerk het vorm, is driedimensioneel en het massa. Die omliggende ruimte is die negatiewe vorm. Kyk na die vorm van die werk. Dring dit ruimte in of is dit n geslote vorm?

Tekstuur

Wanneer jy tekstuur bespreek, kan jy praat oor: Tasbare tekstuur is tekstuur wat eintlik gevoel kan word, soos die impasto-verf wat deur Van Gogh gebruik is of die werklike tekstuur van n beeldhouwerk. Gempliseerde tekstuur lyk of dit tekstuur het, byvoorbeeld die hond in Jan van Eyck se Arnolfini wedding kom harig voor, maar in werklikheid is dit baie egalig geskilder. Baie skilderye gebruik hierdie tegniek om ons van die werklikheid te oortuig. Die uiterste punt in die uitbeelding van visuele tekstuur word trompe loeil genoem, die Franse term wat beteken om die oog te flous, byvoorbeeld n muurskildery wat lyk of dit n landskap is.

VO

OR

EL
Dumile Feni, Fear, 1996. Houtskool. Andries Gouws, Feet I, 2007. Olie op doek. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Vorm

Ruimte

Wanneer jy ruimte bespreek, kan jy praat oor: Werklike ruimte wat rondom vorms bestaan en wat werklik is. Kunstenaars gebruik werklike ruimte in die ontwerp en skepping van driedimensionele kunswerke. Werklike ruimte word in driedimensionele werke gebruik, soos beeldhouwerk en installasies. Werklike ruimte word gebruik in die ruimte Gerard Sekotos, Yellow Houses, Sophia Town, 1940. Olie op doek. tussen verskillende dele van n beeldhouwerk/installasie om n deel van die werk te vorm. Tweedimensionele werke word op n plat oppervlak geskep, dit wil s illusie-ruimte. Om 3D-voorwerpe op n 2D-oppervlak uit te beeld, gebruik kunstenaars illusie. Dit word gedoen deur die korrekte perspektief (lyn en/of lug) te gebruik sodat n voorwerp lyk of dit bestaan in die prent. In moderne kunswerke word die platheid van die doek dikwels beklemtoon en ruimte word verplat, byvoorbeeld Pollock se werke.

Skakering

Wanneer jy skakering bespreek, kan jy praat oor: Tonale waardes wat die ligte en donker areas van die inhoud aandui. Wanneer kunstenaars variasias van skakering en skerp kontraste gebruik om n ligbron in beelde aan te dui, word dit chiaroscuro genoem, byvoorbeeld Rembrandt. Wanneer kunstenaars n atmosfeer skep, byvoorbeeld dramaties met sterk kontraste, of sag wanneer hoofsaaklik ligte skakerings gebruik word. Skakering help om atmosfeer en gevoel in n kunswerk te skep. Skakering skep fokusareas deur kontraste. In skilderwerk speel verskillende kleure skakerings n belangrike rol.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
William Kentridge, Deluge, 1990. Houtskool en pastel op papier.

BE

EL

Kleur
(Maak seker dat jy basiese kleurteorie verstaan.) Wanneer jy kleur bespreek, kan jy praat oor: Om te kyk vir die dominante kleur in n skildery. Gebruik die korrekte terminologie, byvoorbeeld dit is hoofsaaklik geskilder in monochromatiese bloue wat n koel gevoel skep. Gebruik van primre en sekondre kleure. Gebruik van komplimentre kleure (rooi en groen, blou en oranje, geel en pers) om helderheid te skep. Gebruik van tinte, skakerings, kleurintensiteit, ens. Sielkundige effek van warm en koel kleure. Ook hoe kleure ruimte skep, byvoorbeeld blou wat in n skildery terugtrek. Hoe kleur help om betekenis oor te dra. Kleur kan dus emosie oordra, simboliese betekenis h, byvoorbeeld swart om rou voor te stel of om n atmosfeer oor te dra of om sekere areas te beklemtoon.

VO

Komposisie

Die kunswerk kan beplan word op n horisontale, vertikale of vierkantige formaat. Waar is die fokuspunt (hoofarea van aantrekking) en waarom is dit die fokuspunt, byvoorbeeld al die lyne in die werk lei na; dit is die helderste of dofste deel van die prent, ens. Kies die hoof geometriese groeperings wat in die werk aangetref word. Dikwels skep die voorwerpe n driehoekige komposisie. Die komposisie kan ook rond of vierkantig wees dit word gesien deur die hooflyne en groepering in die werk. Is die prent gebalanseerd (dit is gewoonlik). Indien dit is, is dit simmetries of assimetries? Bespreek hoe verskillende voorwerpe mekaar uitbalanseer, byvoorbeeld die groot boom aan die linkerkant word gebalanseer deur die twee klein koeie aan die regterkant.

OR

Wanneer jy patroon bespreek, kan jy praat oor: Die herhaling van elemente wat patroon skep, byvoorbeeld die sinkdakke in Sekoto se werk. Die funksie van patroon, byvoorbeeld versiering, skep n atmosfeer.

BE

Patroon

EL

D
Irma Stern, Malay WeddinG, 1957. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

10

Ontwerpsbeginsels

Micheal Petit, Fans and nasturtiums, 1976.,

Klem, kontras en fokuspunte

Skaal en proporsie verwys albei na grootte. n Werk kan op n groot skaal wees, byvoorbeeld installasies, aardkuns of dit kan baie klein wees, soos Vermeer se Lace maker. In n kunswerk kan die skaal van voorwerpe soms teenstrydig wees omdat die kunstenaar nie n logiese ruimte wou skep nie. Proporsie verwys na die relatiewe groote van voorwerpe, byvoorbeeld die dele van die menslike liggaam. Kunstenaars verwring soms proporsies met opset om emosionele stellings te maak. Proporsie kan n skildery bederf indien dit voorkom of die proporsies foutief is vanwe die onbekwaamheid van die kunstenaar. Aan die ander kant, kan proporsie kwaliteite van skok, verrassing en humor byvoeg wanneer dit met vaardigheid gebruik word.

VO
BALANS
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Balans is die eweredige verspreiding van motiewe of ontwerpselemente. Die werk moet visueel gebalanseerd wees. Wat skep die balans in die komposisie? Is die balans assimetries wanneer iets presies dieselfde lyk aan een kant van n vertikale as soos aan die ander kant. Simmetriese balans word meer dikwels in argitektuur en beeldhouwerk gebruik as in skilderwerk.

OR

Skaal en proporsie

BE

Klem word deur kontras en isolasie geskep. Kontras word geskep deur die kontras tussen ontwerpselemente vir byvoorbeeld n kontras in skakering of kleur of vorm. Is daar kontraste in kleur soos dof helder, koel warm, donker lig? Is daar kontraste van vorm, tekstuur, beweging, grootte, kompleksiteit eenvoud? Die fokuspunt is waar jou oog finaal op vestig. Verduidelik waarom n sekere element die fokuspunt is, byvoorbeeld gebruik van perspektiewe lyne, ens.

EL

11 Is die balans assimetries balans word bereik met uiteenlopende voorwerpe wat gelyke visuele gewig het of deur gelyke visuele aantrekking. Wanbalans kan deur kunstenaars vir effek gebruik word deur n gevoel van onrus of selfs beweging te skep.

Ritme
Hierdie konsep verwys na die beweging van die kyker se oog oor die oppervlak van n beeld, die bewuswording van wat die inherente herhaling in die idee van ritme verskaf. Ritme word deur herhaling geskep en skep n gevoel van beweging.

(Onthou om op die hoofelemente en beginsels in n kunswerk te konsentreer.)

Deur die bespreking van al die punte hierbo, bereik die kyker n duideliker begrip van n kunswerk. Die kyker is egter nie die kunstenaar nie en mag nooit die bedoeling van die kunstenaar heeltemal verstaan nie, maar ons vorm ons eie ingeligde opinie indien daardie opinie gestaaf kan word.

VO

Inhoud handel oor die dieper betekenis van die kunswerk of die boodskap van die werk. Konteksuele faktore; die konteks van die werk speel n groot rol om betekenis te bepaal. Die bio-

grafie van die kunstenaar, politieke en sosiale omstandighede, geskiedkundige faktore en/of fisiese plek, byvoorbeeld werk wat geskep is tydens Apartheid in Suid-Afrika, kan n rol speel. Gebruik die inligting wat uit jou BESKRYWING en BESPREKING (ANALSIE) ingesamel is om jou te help om die INHOUD van werke uit te druk (wat die kunswerk oor die menslike ondervinding s). Dit het te make met die BOODSKAP van die werk. Verdedig jou hipotese met bewyse van ander bronne, soos kunsgeskiedenis, ervarings uit die verlede waaraan die werk jou herinner of vermoedelike doeleindes, byvoorbeeld om te prys, kritiseer, om gebeure te voorspel, om n gebeurtenis aan te teken, om n politieke of sosiale stelling te maak, bespotting, ens. Kyk na die simboliese betekenisse indien moontlik, byvoorbeeld n duif beteken vrede. Daar word gehoop dat jy baie geleenthede sal kry om jou vaardigheid om kunswerke te analiseer te beoefen op kunswerke wat jy gemaak het, kunswerke wat deur jou klasmaats gemaak is, die wat jy in uitstallings sien en die wat jy bestudeer.

OR

D. INTERPRETASIE, BETEKENIS EN inhoud

BE

EL

Watter gevoel skep die werk, byvoorbeeld is dit warm en vol, of leeg en depressief? Atmosfeer word oorgedra deur hoe die elemente, soos kleur, gebruik word.

Atmosfeer

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

12

Wanneer werke van n meer konsepsuele aard, soos multimediawerk, bespreek word, kan die volgende as riglyne gebruik word:

Beskryf die werk in detail.

Jan van der Merwe, Guests, 2002. Installasie.

n Kunstenaar word gewoonlik bespreek deur te verwys na:

Biografiese inligting: Dit is altyd interessant

om die storie van enige kunstenaar te ken. Gebruik dit spaarsaming in navorsingsprojekte. Verwys SLEGS in toetse en eksamens daarna indien dit die werk van die kunstenaar direk benvloed, soos in die geval van Van Gogh. Bronne, inspirasies en invloede deur ander kunstenaars se werk en kontekstuele faktore soos politiek. Stilistiese kenmerke verwys na die temas, onderwerp, formele elemente, styl, tegniek, ens. Dit verwys ook na die betekenis wat deur die kunstenaar self aan die werk gegee word of hoe ander mense die werk genterpreteer het deur kontekstuele faktore en die werk self te interpreteer. Spesifieke voorbeelde wat die bostaande aspekte uitbeeld.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Dieselfde formaat kan met kunsbewegings gebruik word, maar die biografiese inligting sal vervang word deur die oorsprong en doel van n beweging.

OR

BE

EL

Dit is noodsaaklik om al die hoofelemente van die werk oor te dra. Verwys duidelik na die media, byvoorbeeld of dit n opvoering was wat deur video opgeneem is, of dit n installasie was, ens. Die betekenis van hierdie werke speel n belangrike rol en jy moet uitbrei oor die kunstenaar se bedoeling met die werk.

13

5 Toetse en eksamens in Visuele Kultuurstudies



Vrae bestaan gewoonlik uit twee dele: 1. Ongesiende kunswerke waar jy jou visuele geletterdheidsvaardighede moet gebruik. 2. Kunstenaars en kunswerke wat jy bestudeer het. Wenke om vrae oor ongesiende werke te beantwoord: Bestudeer die onderskrifte. n Onderskrif verskaf die naam van die kunstenaar, titel van die werk, datum en medium. Hierdie is alles wenke wat jy kan gebruik. Die medium is belangrik. Is dit n beeldhouwerk, skildery of tekening? Jy gaan nie die agtergrond van n beeldhouwerk bespreek nie. Indien dit n skildery is, kan jy skryf oor die styl, kwashale, ens. Oorweeg versigtig wat jy moet bespreek en maak seker dat jy oor elkeen van die vereisde faktore skryf. Dit is nie voldoende om slegs kleur te bespreek en komposisie te ignoreer nie (afhangend van die vraag). Jy moet gewoonlik belangrike aspekte van die werk bespreek. Moenie onduidelik wees nie. n Klein vertikale lyn in die agtergrond stel nie krag of mag voor nie. Fokus op die hoofelemente Betekenis/interpretasie pasop vir ongeregverdigde stories wat glad nie aan die kunswerk verwant is nie. Die tema van die vraag is daar om jou te help, byvoorbeeld indien dit n voorbeeld van Impressionisme is, gebruik jy jou kennis van hierdie styl ten opsigte van die ongesiende werk. Wees versigtig om nie preke te lewer oor sosiale kwessies of godsdiens wat nie op die werk van toepassing is nie.

VO

OR

BE
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

14

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

Algemene inligting Gebruik volsinne en paragrawe. Wanneer jy oor die werk skryf, word opsommings nie toegelaat nie. Moenie informele taal en slng gebruik nie. Gebruik KORT, goed gestruktureerde sinne. Tien punte word gewoonlik per bladsy toegeken, maar skryf eerder te veel as te min. Wees egter bewus van hoeveel tyd vir elke vraag en antwoord beskikbaar is. Hoe moet jy die vraag benader? Bevestig of jy gaan Bespreek, Vergelyk of Analiseer en maak seker dat jy hou by hierdie instruksies. Gebruik die woordelys om die betekens van die instruksie te verstaan. Vergelyk beteken om gelyktydig na albei werke te verwys. Om te Analiseer beteken dat jy die kwessie/werk in groot detail moet bespreek en dit in klein komponente moet verdeel. Wat is die hooftema van die vraag? Byvoorbeeld politiek ten opsigte van kuns. Hoe word jy beperk? Hoeveel moet jy beantwoord? Is dit twee spesifieke werke van n kunstenaar? Is dit ten minste twee? Onderstreep hierdie instruksies op die vraestel. Wees oplettend oor spesifieke kwessies van die vrae wat jy nie kan bestudeer nie en berei voor vir vrae wat insig, opinie en interpretasie verg. Gebruik n basiese opstelformaat in jou vraag. Verskaf n kort inleiding wat die gegewe vraag aanspreek, en verskaf dan die liggaam in paragrawe en kom tot n gevolgtrekking. Wees spesifiek en moenie persoonlike oordele maak wat nie geregverdig kan word met redes nie. Sorg dat jy werklik die formele elemente en ontwerpsbeginsels ken en wend hulle aan. Gebruik die korrekte terminologie.

EL

x 15

Die stem van ontluikende kunstenaars

1.1 1.2 1.3 1.4 1.5

Inleiding: Kuns in Suid-Afrika tydens die vroe dae

Gerard Sekoto

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Peter Clarke

George Pemba

BE

Oorsig van ontluikende Suid-Afrikaanse kunstenaars en internasionale invloede wat hul benvloed het

EL

INDEKS

Hoofstuk

16

Die stem van ontluikende kunstenaars

INLEIDING: Kuns in Suid-Afrika tydens die vroe dae


Hierdie hoofstuk handel oor die begin van Suid-Afrikaanse kuns en vestig die aandag op invloede van Europese kuns op vroe kunstenaars. Dit word ook duidelik gedurende die bespreking van die kunstenaars se ontwikkeling en werk dat meeste kunstenaars, insluitend wit kunstenaars, gesukkel het om n ordentlike kunsopvoeding in Suid-Afrika aan die begin van die 20ste eeu te kry. Indien kunstenaars in staat was om Europa toe te gaan, het hulle n vorm van kunsopvoeding gekry en was hulle blootgestel aan internasionale kuns, maar het hulle hul eie styl en benadering tot die skep van kuns ontwikkel.

Die geskiedkundige konteks van verwesterse kuns in Suid-Afrika het lank begin nadat die eerste Europers na Suid-Afrika in 1652 gekom het. Totdat die eerste kunsskool in Kaapstad in 1864 gestig is en die stigting van die SA Skone Kunste-vereniging as ondersteuner van kunsaktiwiteite in 1871 die lig gesien het, het meeste Europese inwoners afgele pioenierslewensbestane in landelike omgewings gehad. Hulle het nie belangstelling getoon in die inheemse kulture of in die ontwikkeling van n kunstradisie nie. Die belangrikste deel van hul lewens was daaglikse oorlewing. Kunswerke wat in Kaapstad uitgestal is, was werke wat behoort het aan ryk Europese versamelaars of werke deur reisigers en amateur kunstenaars. Africana-kunstenaars, Thomas Bowler en Thomas Baines het die lewe in die kolonie uitgebeeld, wat die Maleisiese
Thomas Bowler. Prince Alfred inaugurating the breakwater. 1860. WaterVERF. Bowler het n landskapuitsig uitgebeeld met Tafelberg wat die toneel oorheers. Die skildery is n dokumentasie van Prince Alfred wat die eerste sooi gespit het vir die bou van n keerwal in Tafelbaai in 1860.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Tot laat in die 19de eeu het meeste swart Afrikane in suidelike Afrika in onafhanklike stamgroepe gebly wat etnies verdeel was en hulle was afhanklik van die land vir hul oorlewing. Die invloed van kolonisasie en die gevolglike industrialisasie het die lewens van inheemse mense radikaal verander. Dit is veral die ontdekking van minerale wat n impak op mense gehad het omdat hulle daarin gelok is om hul arbied te verkoop deur in myngebiede te werk wat vinnig in stedelike omgewings ontaard het. Dit het tradisionele woonomstandighede verander en het begin om die gebruik van kulturele tradisies, asook die sosiale strukture wat bestaan het, te benvloed. Die aktiwiteit van die skep van kuns was verbind aan en onder die beheer van die Westerse kapitalistiese samelewing. Vroe swart kunstenaars was dus afhanklik van die ondersteuning van die wit middelklas.

BE

EL
George French Angas. Nazea, wife of Karel, a Malay priest. 1846-7.WaterVERF. Tydens die middel van die 19de eeu het Angas, soos Bowler en Baines, deur SuidAfrika gereis en illustrasies gedoen van die inwoners van suidelike Afrika wat hy in n bygaande boek gepubliseer het met gepaardgaande kommentaar oor die mense. Sy idee was dat die boek n bydrae sou maak tot etnologie, die studie van die mensdom. Baie van die illustrasies beeld mense as tipes eerder as individue uit.

17
Edward Roworth. Mosterts Mill, kaapstad. 1907. OlIE oP DOEK. Roworth se invloedryke posisies in die Kaapse kunswreld het hom die mag gegee om sy idees, wat baie konserwatief was, uit te oefen. Sy uitgesproke reaksies tot moderne kuns was baie opspraakwekkend. In hierdie skildery is die invloed van Romantiese realisme duidelik sigbaar, vanwe sy opleiding by die Slade Kunsskool in Brittanje.

VO
Anton van Wouw. Bad news. 1910. Brons.

Die vroegste professionele kunstenaars is in Brittanje opgelei volgens die konserwatiewe naturalistiese style van die 19de eeu in Europa. Hulle het in die akademiese tradisie van landskappe, portrette en narratiewe werke gespesialiseer. Die inspirerende Suid-Afrikaanse landskap het n uitdaging aan hierdie kunstenaars gebied. Hulle het op hierdie uitdaging reageer deur die rels van Britse akademiese skilderwerk op hul waarneming van die Suid-Afrikaanse landskap te gebruik. Edward Roworth was n oorheersende figuur in die Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis. As voorsitter van die SA Vereniging van Kunstenaars, professor in kuns aan Michaelis en Direkteur van die Nasionale Galery, het hy die rigting wat Suid-Afrikaanse kuns ingeneem het, bepaal. Die Britse naturalistiese tradisie is dus verkies as die styl van die 20ste eeu, en die beweging het die dekadente ontwikeling van moderne Europese kuns verwerp. Die ontwikkeling van kunstalent in Suid-Afrika was geleidelik en beperkte geleenthede vir kunsopleiding in Suid-Afrika het baie kunstenaars forseer om oorsee te studeer. Professionele kunstenaars het vanaf die begin van die 20ste eeu begin ontluik. J.E.A. Volschenk, Frans Oerder, Anton van Wouw en Pieter Wenning is voorbeelde van kunstenaars wat bekend geraak het as Suid-Afrikaanse kunstenaars. Hoewel hul nog gewerk het volgens dit wat hul van die Europese tradisie geleer het, is die begin van n verkenning van n nasionale Suid-Afrikaanse identiteit sigbaar in sommige van hul werke.
Van Wouw is nog n kunstenaar van Nederlandse afkoms wat in SuidAfrika gewoon en gewerk het. Baie van sy realistiese beeldhouwerke is aanduidend van sy ondersteuning vir die Boere-republieke tydens hulle stryd vir vryheid van Britse oorheersing. In hierdie werk word twee Boerevegters uitgebeeld net nadat hulle verneem het dat Brittanje die oorlog teen hulle gewen het.

OR

BE

EL

D
Thomas Baines. Crossing a drift, Natal. 1874. OlIE oP DOEK. Baines was n reisiger wat noukeurig die plekke wat hy besoek het in vinnige sketse gedokumenteer het wat hy later as skilderye verwerk het. Hy het verskeie tonele regdeur Afrika vasgel waarin die daaglikse beproewings van n reisende lewenstyl gesien kan word. Hy het die prag van Afrikalandskappe en van die natuur met tegniese meersterlikheid en gevoel uitgebeeld. JEA Volschenk. Mountains, Riversdale. 1915. Olie op doek. Volschenk se vermo om die asemrowende tonele van die SuidWestelike Kaap voor te stel, is deur baie mense bewonder vir die werkmanksap en die feit dat sy werk maklik verstaanbaar was. Sy weergawes van die ongerepte natuur is toeganklik en nie bedreigend nie. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

gemeenskap in Kaapstad en sommige verteenwoordigers van die Khoi-, San- en Bantoe-sprekende groepe mense ingesluit het. Hulle primre onderwerpe was landskapskilderye met verskillende fauna en flora. Hulle het hoofsaaklik waterverf gebruik om hul doel te bereik om te werk aan akkurate voorstellings van dit wat hul waargeneem het.

18

Frans Oerder. Still-life reflections. Ongedateer. Olie op doek. Hierdie kunstenaar van Nederlandse afkoms het die studie van uitbeeldings op n tipiese Nederlandse manier uitgebeeld. Hierdie realistiese voorstelling is n intieme blik op die tonale variasies van die stillewe. Die klem op die teksture en skynsel op die voorwerpe en omliggende oppervlaktes kan na 17de eeuse Nederlandse kuns teruggevoer word.

Pieter Wenning. Bishops Court. Ongedateer. Olie op doek Hierdie onopgeleide kunstenaar het as n volwassene vanaf Nederland na Suid-Afrika emigreer. Hy het regdeur Suid-Afrika gereis. Baie van sy skilderye beeld ou opstalle op plase uit, geboue in die stad en in Distrik Ses. Sy sterk impasto- kwashale en beheersde gebruik van kleure in groot vereenvoudigde massas is kenmerkend van sy skilderstyl.

OR

In Suid-Afrika was die funksionele en rituele voorwerpe wat deur swart landelike vakmanne geskep is oorspronklik as onbelangrik in die lug van skone kuns beskou, maar eerder as voorwerpe wat bestudeer moes word vanwe hul etnografiese belang. Later is die werk as handwerk beskou, maar is dit steeds minder belangrik geag as kunsvorms soos skilder, teken en beeldhouwerk. Die kuns van Afrika het egter n belangrike rol begin speel op die invloed van die ontwikkeling van die modernistiese beweging in kontras met tradisionele naturalisme. Die Suid-Afrikaanse kunstenaars het begin om erkenning te gee aan die invloed van tradisionele Afrikakuns op hulle werk.

BE
Matte word op hierdie dekoratiewe rakke bewaar wanneer hulle nie gebruik word nie. Die rakke is oorspronklik uitgekerf, maar in die moderne tyd word verf en spiels gebruik om die geometriese patrone te skep. As deel van die Zoeloe-kultuur, word kleipotte wat met geometriese patrone versier word steeds gemaak om tradisionele bier uit te drink. Hierdie goue renoster is in 1933 in n begraafplaas by Mapungubwe gevind. Dit was in die koninklike graf aangetref waar dit 700 jaar gelede saam met ander goue artefakte begrawe is. Die versierde Zoeloe-kopstut is n funksionele voorwerp wat ook simboliese eienskappe het. Dit is hoofsaaklik deur die hoof van die familie as ondersteuning vir sy nek gebruik terwyl hy geslaap het en kinders is nie toegelaat om dit te gebruik nie. Die patrone verwys na die stam waaruit die persoon afkomstig was. n Bruid sou n kopstut as deel van haar bruidskat gee en dit kon ook beskou word as n verbinding met haar voorgeslagte. Die kralewerk van die Ndebele-mense het die ontwerpe van hulle dekoratiewe muurskilderye benvloed.

VO
n Versameling van vyf kleikoppe is in 1957 in die Lydenburg-area ontdek. Radiokoolstofdatering het bewys dat die hoede na ongeveer 490 v.C. terugdateer. Dit is deur mense uit die Vroe Yster tydperk geskep. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

19

1.1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Die volgende ses werke deur Thomas Baines verteenwoordig n deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Bespreek die volgende aspekte in elke werk: Wat gebeur in die kunswerk? Wat is die ligging van die kunswerk? Is die ligging n belangrike aspek vir die interpretasie van die kunswerk? Waar is die kunstenaar in verhouding tot die toneel? Is hy deel van die toneel of is hy n toeskouer? Beskryf die komposisie, gebruik van kleur en tonale waardes. Wat vertel die toneel wat Baines uitgebeeld het die kyker oor die Suid-Afrika van daardie tyd? Dink jy Baines se werke kan as die waarheid beskou word? Gee redes vir jou antwoord. Wat was Baines se bedoeling toe hy hierdie kunswerke geskep het? Dink jy hy het dit geskep met n spesifieke gehoor in gedagte? Gee redes vir jou antwoord.

OR
Thomas Baines. Sir Henry Bottinger landing the steamer Haddington 27 January 1847. 1847. Olie

VO

Thomas Baines. The landing of the British Settlers in Algoa Bay in the year 1820. 1852. OlIE oP DOEK.

Thomas Baines. Fingo village Fort Beaufort 1848. 1848. OlIE.

BE
Thomas Baines. Klaas Smits River wagon broke down, crossing the drift. 1852. LitogrAaF. Thomas Baines. Wagons on Market Square, Grahamstown. 1850. OlIE. Thomas Baines. The 74th Highlanders with Beaufort and Port Elizabeth levies storming the stronghold of the rebel chief Sandili in the Amatola mountains, June 1851. 1854. OlIE oP DOEK. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

20

Oorsig van ontluikende Suid-Afrikaanse kunstenaars en internasionale kunstenaars wat hul benvloed het
Daar kan verwag word dat Europese kunsbewegings, Impressionisme, Neo-Impressionisme, PostImpressionisme, Fauvisme, Kubisme en Duitse Ekspressionisme n uitwerking sou h op vroe Suid-Afrikaanse kunstenaars, aangesien baie van hulle kuns daar studeer het of dit as deel van hul kunsopvoeding beskou het om Europa te besoek en om die jongste ontwikkelings in kuns aan die begin van die 20ste eeu waar te neem [verwys na Graad 11-boek].

Monet. Bathing at La Grenouillre. 1869. Olie op doek.

OR VO
Schmidt-Rottluff. Walking on the beach. ongedateer. Olie op doek. Schmidt-Rottluff se werke is tipies van die Duitse Ekspressionistiese groep, Die Brcke. Hulle het n algemene styl ontwikkel waarin hulle sterk konstrasterende kleur, emosionele spanning en gewelddadige beelde gekombineer het om hul teenkanting van die dominerende middelklas se manier van leef en dink uit te druk. VISUELE KUNSTE GRAAD 12 Picasso. Factory at Horta de Ebro. 1909. Olie op doek. In hierdie Kubistiese werk van Picasso, was n bleek landskap die bron van Picasso se eksperimentasie van die vermindering van visuele werklikheid tot geometriese elemente. Die gebruik van monotoonkleure dra by tot die effek van vereenvoudiging.

BE
Gauguin. Maternity (Women on the seashore). 1899. Olie op doek. Gauguin het die beelde wat hy geskilder het, verklein tot areas van suiwer kleur wat geskei is deur swaar swart buitelyne. Hy het min aandag gegee aan die klassieke perspektief en was glad nie genteresseerd in die tradisionele metode om tonale waardes te skilder nie. Gevolglik het hy weggebreek van die basiese rels van kuns soos gevestig na die Renaissance.

In hierdie Impressionistiese werk het Monet die baie kontemporre onderwerp van die gewilde swemplek en restaurant naby aan Parys gebruik. Die effek van lig en kleur is n sentrale aspek in hierdie werk.

EL
Seurat. Detail of Circus sideshow. 1889. Olie op doek. Die Neo-Impressionis Seurat het verder met die effekte van kleur en lig in sy Pointillistiese werke eksperimenteer.

As een van die Fauviste, het Matisse begin om helder, intense en ongemoduleerde kleur te gebruik. Sterk gedefinieerde buitelyne en vorms is aangewend om skilderye te skep waarin komposisies beplan is volgens hulle dekoratiewe effekte.

D
Van Gogh. The Langlois Bridge at Arles with Women Washing. 1888. Olie op doek. As n Post-Impressionis het Van Gogh sy eie meer ekspressiewe skilderstyl gebruik. Hy het nogtans steeds die onderwerpe gebruik wat hy in die daaglikse lewe waargeneem het en die omgewing soos hy dit tydens daardie tyd ervaar het in sy skildery te verteenwoordig. Matisse. Algerian woman. 1909. Olie op doek. Czanne. La Montagne Sainte-Victoire. 1885-1895. Olie op doek. Czanne was genteresseerd in die vereenvouding van vorms na hul geometriese essensie, soos wat hul natuurlik voorgekom het. Hy wou ook die waarheid van persepsie vasl. Dit het daartoe gelei dat hy binokulre visie grafies verken het. Hy het direk vanaf die landskap gewerk en het probeer voorstel wat hy gesien het deur dit uit te beeld in akkurate, eenvoudige vorms en kleurvlakke.

21 Die Afrika-landskap kan beskou word as een van die kragtigste invloede op die kuns wat in Suid-Afrika geskep is. Die interpretasie van die Suid-Afrikaanse landskap het al baie vorms aangeneem. Hugo Naud (1869-1941) [verwys na Hoofstuk 2 van die Graad 11 boek] is goed bekend vir sy weergawes waarin ons die invloed van die Impressioniste kan sien in die sin dat hy plein-aire geskilder het, deur los, spontane kwashale, impasto-verfaanwendig en sterk kleurkonstraste te gebruik het. Hoewel hy in n meer konserwatiewe naturalistiese styl van skilderwerk by die Slade kunsskool in Londen opgelei is, het hy daarvan weggebreek soos sy selfvertroue toegeneem het. Hy het nie opsetlik die Impressioniste se styl van skilderwerk gevolg nie. Sy bedoeling was eerder om direk op doek vas te l wat hy gesien het en hierdie waarnemende styl het daartoe gelei dat hy tegnieke begin gebruik het wat die karakter van die omgewing oorgedra het. Sy skilderstyl word beskou as een van die eerste wat by die karakter van die Suid-Afrikaanse landskap aangepas het, en dit het die grootste invloed op sy werk gehad. In n werk soos Western Province landscape with yellow flowers skep sy sensitiewe gebruik van kleurkonstraste en kwaswerk n gevoel van ruimheid. Naud gebruik opsetlik skildertegnieke soos die verhewe horison met lyne wat die o na berge in die afstand lei terwyl die gebruik van koeler kleure geleidelik die agtergrond verdof. Ten spyte van die ooreenkomste met die Impressioniste, het hy nie die uitwerking van optiese sensasies, wat n sleutelaspek van Impressionisme was, verken nie. Pierneef (1886-1957) [sien Hoofstuk 2 in die Graad 11 Boek] en sy familie het tydens die Anglo-Boereoorlog Europa toe gegaan aangesien sy pa Nederlands was. Hy het regdeur sy kinderdae tekenlesse ontvang. In Nederland het hy voortgegaan met tekenklasse en is hy blootgestel aan die kunswerke van die ou meesters. Terug in Suid-Afrika het hy ook aanmoediging ontvang van kunstenaars soos Frans Oerder en Anton van Wouw. Lesse in linosnee en etswerk het sy persoonlike styl verder ontwikkel. Hy het ook begin aandag gee aan die unieke karakter van die Suid-Afrikaanse landskap in vergelyking met die Europese landskappe waar vorms meer konstant uitgedruk word weens die onderdrukte lig. Hy het bewus geword van die skerp sonlig en groot verskeidenheid kleurskemas wat in een landskap gedurende een dag waargeneem kon word. Die effek van die skerp sonlig op vorms in die landskap skep plat vlakke in silhoet met sterk konstraste. Die oorheersende Impressionistiese styl van die tyd het nie by die Suid-Afrikaanse landskap gepas nie. Pierneef het begin om n onmiskenbare styl te ontwikkel as gevolg van sy sensitiweit ten opsigte van die karakter van die Suid-Afrikaanse landskap.

Hugo Naud. On the farm. Ongedateer. Olie op doek.

VO

OR

BE

EL

D
Hugo Naud. Western Province landscape with yellow flowers. Ongedateer. Olie op hardebord. Pierneef. Kloof, Rustenburg. 1935. Olie op doek. Pierneef. Ntabeni, Soutpansberg. 1930. Olie op doek. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

22 Die teorie van n Hollandse kunstenaar, Willem van Konijnenburg, het die idee van die skep van kuns bevorder gebaseer op wiskundige harmonie en dit het Pierneef gepas. Sy opleiding het hom in die rigting gestuur van n presiese en grafiese styl van skilder. Hy het begin om meer met kleur te eksperimenteer en het geometriese vorms vereenvoudig wat sigbaar in die natuurlike omgewing rondom hom was. Sy skilderstyl het baie egalig geword. Dit het geen kwashale getoon nie en hy het begin om vorms te omlyn. Hoewel sommige van sy werke ooreenstem met Kubistiese skilderye, het hy n totaal verskillende benadering gevolg. Hy was nie daarmee begaan om verskeie sigspunte gelyktydig uit te beeld nie. Hy het ook nie n integrasie van die onderwerp met die ruimte wat dit beklee het, weergegee nie. Pierneef het gesinspeel op sy kontak met moderne Europese kuns in sy skilderye, maar hy het sy eie unieke styl ontwikkel. In die werk Ntabeni, Soutpansberg is Pierneef se kenmerkende skilderstyl duidelik. Sy keuse van onderwerp is n kenmerkende eienskap omdat hy die growwe bergkante van die voormalige Transvaal gekies het asook die stil isolasie van die oop velde. In hierdie aansig van n landskap in die voormalige Noord-Transvaal (Limpopo) skep hy die indruk dat hy die struktuur van die landskap wou oordra. Hy het die landskap geanaliseer en genterpreteer volgens n geformaliseerde plan. Elke element in die landskap het n deel geword van n tipe skilder-argitektuur. Hierdie gestruktureerde formele benadering om na iets te kyk en dit te interpreteer, het gelei tot n effek van enorme orde. Alles in Pierneef se landskappe vorm n deel uit van sy eie visie van die natuur. Maggie Laubser (1886-1973) [sien Hoofstuk 2 in die Graad 11-boek] en Irma Stern word beskou as die twee kunstenaars wat daarvoor verantwoordelik was om Ekspressionisme aan Suid-Afrika bekend te stel. Laubser het Europa besoek en daar het sy aan haar skilderye in n kunstenaarskolonie in Nederland gewerk en het sy aan die Slade-kunsskool in Engeland studeer. Sy het Itali, Belgi en Duitsland ook besoek waar sy in kontak gekom het met die Duitse Ekspressioniste se werk. Haar ontwikkeling as n meer ekspressiewe kunstenaar is aangemoedig deur haar ondervinding van die kunstoneel in Berlyn eerder as deur die konserwatiewe benadering van die Sladekunsskool.

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Sy het na Suid-Afrika teruggekeer omdat haar liefde vir die natuurlike landelike Suid-Afrikaanse omgewing haar passie in die lewe was.

Sommige aspekte van die konserwatiewe opleiding by die Slade-kunsskool waarteen sy gerebelleer het, was die gebruik van kleur volgens spesifieke formules en die idee dat daar direk van die model of stillewe geskilder moes word. Laubser het geglo dat dit onaanvaarbaar was om rels in kuns te moet volg. In Berlyn het die kontak met die Ekspressioniste se werk daartoe gelei dat sy n meer intense palet en n persoonlike interpretasie van die onderwerp gebruik het. Sy het driedimensionele vorms vereenvoudig deur n sterk sigbare buitelyn in komposisies te gebruik Maggie Laubser. Prostitute, Berlin. 1924. waar die interaksie van kleure bygedra het tot die effek Olie op papier. van driedimensionaliteit. Haar weergawe van werklikheid was individueel en nie n nabootsing van die visuele bron nie. Haar werk het ondervinding getoon en ook empatie met haar onderwerp. Hierdie benadering was aanvanklik vreemd vir die konserwatiewe Suid-Afrikaanse publiek wat kuns besigtig het en, soos in die geval van Irma Stern se werk, is Laubser se werk verag.

BE
Maggie Laubser. Harvesters in Belgium. 1922. Olie op doek.

EL

23 Baanbreker swart kunstenaars het hoofsaaklik inheemse Afrikalewe en -gebruike uitgebeeld wat gewild was onder wit kopers. Landskapskilder was ook n herhalende tema in hul werke. Die eerste beskikbare verslag van deelname aan n professionele uitstalling deur n swart kunstenaar was Moses Tladi (1903 59) wat deelgeneem het aan n uistalling in 1930. Dit was in die hoedanigheid van Spesiale Uitstalling deur Inheemse Kunstenaar. John Koenakeefe Mohl (1903 1985) was nog n stedelike swart kunstenaar wat na Duitsland toe gereis het en daar kuns studeer het. In Suid-Afrika het hy bekend geword as n suksesvolle professionele kunstenaar wat sy omgewing in Sophiatown en ander landelike areas verken het. Hy was ook n mentor vir baie ander swart kunstenaars en het Swart mense aangemoedig om sy werke te koop.

John Koenakeefe Mohl. Moeng College. 1954. Olie op bord.

Gerard Bhengu (1910 1990) was n kunstenaar vanaf KwaZulu-Natal wat baie bekend is vir sy realistiese uitbeeldings van die inheemse kultuur en lewe van die AmaBhacas en AmaZoeloes. Soos baie swart kunstenaars van sy era is hy as kind aangemoedig om sy natuurlike vaardighede in kuns te ontwikkel, maar het hy gesukkel om in kuns te studeer weens die gebrek aan geleenthede as gevolg van die Apartheidstelsel. Die kanse wat hy wel gehad het, is geskep deur n aantal mense wat per toeval paaie met hom gekruis het. Hy het vir sy TB-behandelings met sy kunswerke betaal en is gevolglik in diens geneem deur dr. Max Kohler om die dokter se sosiologiese en etnografiese navorsing van die plaaslike isiNguni-taalgemeenskap, soos die AmaBhaca, te illustreer. Bhengu het uiteindelik die geleentheid gekry om klasse in Engels en in Kuns by te woon by die Edenvale Beroepskollege, met die bystand van eerwaarde Nichols van die Lutheraanse Kerk in Georgetown. Sy werk is erken deur die insluiting daarvan in n aantal uitstallings wat na 1936 gehou is. Bhengu se onderwerpe was voorgeskrewe werke aangesien hy baie boeke se illustrasies gedoen het. Hy het soms hierdie temas

VO

OR

BE
Gerard Bhengu. Portrait of a umZulu man. Ongedateer. Waterverf.

EL
Moses Tladi. Crown mines. c. 1929-30. Olie op doekbord.

herhaal met effense wysigings daarvan vanwe die aanvraag daarna deur wit kopers. Hy het waterverf as medium die meeste gebruik en het sy kleurgebruik tot sepia (swartbruin) beperk omdat hy dit nie kon bekostig om ander kleure te koop nie. Sy tegniek word beskou as n konserwatiewe naturalisme, maar die unieke aspek van sy werk kan in sy onderwerpe bespeur word. Sy werke het kommentaar gelewer oor die veranderende lewenstyle van stedelike Swart mense wat hul gedwing het tot n aanhoudende soeke na hul identiteit.

John Koenakeefe Mohl. Ploughing. 1956. Olie op bord.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

24
Gerard Bhengu. Homeward bound. 1941. Waterverf.

Die droomagtige en eenvoudige interpretasies van haar wreld wat in haar skilderye uitgebeeld word, het daartoe gelei dat mense haar werk vergelyk het met Europese kunstenaars soos Henri Rousseau en Marc Chagall. Mgudlandlu het vanuit haar verbeelding gewerk wat bygedra het tot haar primitivistiese styl van skilder. Haar skilderstyl word beskryf as direk en sy het onverdunde kleure gebruik. Haar herinneringe aan die Oos-Kaap en die isiXhosa-volkstories wat haar ouma haar vertel het, het as inspirasie vir haar skilderye gedien. Sy het baie landskappe, wilde plante en bome asook tonele uit die alledaagse lewe geskilder. In Landscape, 1961, het Mgudlandlu haar herinneringe van die landskap van Peddie in die Oos-Kaap herskep. Daar is geen teken van menslike inmenging in di landskap nie. Lewensprosesse soos groei, bloeityd en agteruitgang is alles sentraal tot hierdie emblematiese landskap. Haar droom van die plek wat sy agtergelaat het, word vergestalt

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

As kunstenaar was sy grootliks selfopgelei. Hoewel sy nie n spesifieke kunstradisie gevolg het nie, het haar werk duidelike ekspressionistiese eienskappe bevat. Die los kwashale en gebruik van helder kontrasterende kleure in haar skilderye het haar verbeeldingryke benadering tot haar onderwerpe versterk.

BE

EL

Gladys Mgudlandlu (1925 1979) was een van die eerste swart vroue om haar skilderye in n gallery in Suid-Afrika uit te stal. Sy is in die Oos-Kaap gebore waar sy as n onderwyser gekwalifiseer het. Nadat sy haar opleiding as n verpleegster voltooi het, het sy saam met haar ouers Kaapstad toe getrek. Sy het as n onderwyser gewerk terwyl sy kunswerke vir haarself by die huis in Nyanga geskep het.

Hoewel sy daarvan beskuldig is dat sy nie polities genoeg in haar kunswerke was nie, vestig sy die aandag op die lewensomstandighede deur stedelike tonele in swart townships uit te beeld. Sy het botsende geel-bruine en blou-perse in Houses in the hills, 1971, gebruik wat haar weergawe is van n groep laekoste huise. Die blou lug kontrasteer skerp met die dor heuwels. Die huise is baie eenvoudig uitgebeeld. Die reghoekige blokke met twee vensters aan elke kant van die deur in die middel word deur Marion Arnold beskryf as Lelik en onderdrukkend soos n reeks vyandige gesigte wat beskuldigend na die kyker gluur.

in n werk soos hierdie wat verteenwoordigend is van die ondervinding van baie ander ontwortelde mense in Suid-Afrika.

Gladys Mgudlandlu. Landscape. 1961. Oil on canvas.

Gladys Mgudlandlu. Houses in the hills. 1971.

25 Michael Zondi (1926 2008) het as n kabinetmaker gekwalifiseer. Na n kort tydperk waarin hy n entrepreneur was deur sy vaardighede as n kabinetmaker te gebruik, is hy aangestel as n houtwerkinstrukteur by die Dundee handelskool en later by die Edenvale beroepskollege. Hier is hy deur een van sy kollegas genspireer om klein beeldhouwerke te maak. Hy het ook sy matriek voltooi deur privaatstudie en het sy sertifikate in bou- en konstruksie verkry. In sy figuratiewe houtbeeldhouwerke was sy Zoeloe-erfenis n inspirasie vir sy narratiewe werke. Sommige van sy werke beeld ook sy Christelike oortuigings uit omdat hy figure geskep het wat deur die Bybel genspireer is. Deur sommige van hierdie werke het hy gesinspeel op die situasie waarin Swart mense hul bevind het en hulle onderdrukking deur wit mense. Deur Moses in Moses (Leader of his people), 1959, uit te beeld as n swart man het die interpretasie van die storie n politieke betekenis aangeneem.

VO
Ezrom Legae. Waiting. 1989. BronS. Michael Zondi. Moses (Leader of his people). 1959. HOUT. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

Nadat sy werke aanvanklik n meer realistiese styl uitgebeeld het, het Zondi se kuns ontwikkel soos hy begin het om die vorm en tekstuur van sy hout te gebruik as inspirasie vir sy figuratiewe werk. Die figure het langer geword en die oppervlaktes van sy werke het meer ekspressiewe bytelmerke getoon. Hy het ook met die idee van Kubisme geksperimenteer deur gefasseteerde vorms binne die menslike figuur te gebruik. Zondi is bekend vir sy interaksie met ander kulture terwyl hy die Afrika-tradisie gehandhaaf het. Dit is duidelik in een van sy opmerkings: Proe die kulture van ander lande, maar moet hulle nooit naboots nie.

EL

D
Sydney Kumalo. Two Bulls. c. 1974. BroNS.

26 Die fenomeen van Township kuns het ontwikkel uit die invloed van die Polly Street kunssentrum in Johannesburg wat tussen 1949 en 1975 in werking was. Aanvanklik was die kunsklasse wat by die Sentrum aangebied is informeel van aard. Nadat Cecil Skotnes in 1952 as ontspanningsbeampte aangestel is, het hy die Kunssentrum as n toevlugsoord begin bestuur vir jong mans wat daarin genteresseerd was om verskeie vaardighede op te doen deur n basiese opleidingsprogram te ondergaan. Die ontwikkeling van n tipies Afrika-kunsvorm was Skotnes se doel, maar die studente was daarin genteresseerd om opleiding te ontvang in Westerse Europese kuns en die verteenwoordigende vaardighede wat daarmee gepaard gegaan het. Ten spyte van n gebrek aan hulpbronne het die sentrum floreer en die loopbane van baie swart kunstenaars benvloed, waarvan Sydney Kumalo, Ezrom Legae, Ephraim Ngatane, Durant Sihlali, Lucky Sibiya en Louis Maqhubela enkeles was. Die ondervinding van stedelike lewe in swart townships was uniek Suid-Afrikaans. Di kunstenaars het die lewe binne hierdie veragterde situasie uitgebeeld waarin die interaksie van mense met mekaar en met hulle omgewing die sentrale temas was. Die invloed op Modernisme met die klem op Kubisme, Ekspressionisme en die invloed van Wes-Afrika kuns kan gesien word in die werke van Kumalo en Legae. Ngatane en Sihlali het op n verteenwoordigende manier gewerk deur die lewe te dokumenteer en het gevolglik kommentaar gelewer op die omstandighede wat mense daagliks in die gesig gestaar het.

Durant Sihlali. Dawn in Soweto. c.1978. Mono-AFDRUK.

OR VO
Lucky Sibiya. Abstract. Ongedateer. Gekerfde, ingekeepte en geverfde houtpaneel. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Ephraim Ngatane. After a hard week. Ongedateer. Waterverf. Louis Maqhubela. Township scene. 1961. Olie op bord.

Dit is duidelik dat swart kunstenaars wat tydens die vroe 20ste eeu te voorskyn gekom het n agterstand gehad het en baie probleme gehad het weens n gebrek aan hulpbronne, geld en geleenthede vir kunsopleiding. n Uitstalling by die Johannesburg-kunsgalery met Steven Sack as kurator in 1989, The Neglected Tradition: towards a new history of South African art (1930-1988), was n belangrike keerpunt. Deur die blootstelling van hul kuns en die dokumentasie van die katalogus wat deur Sack saamgestel is, het swart kunstenaars begin om groter erkenning vir hul werk te kry deur meer deel te kon neem aan gereelde uitstallings.

EL

27

Nog voorbeelde van ontluikende Suid-Afrikaanse Kunstenaars

Bertha Everard. View towards Swaziland. Ongedateer. Olie. Die werk toon die invloed van Divisionisme se gebruik van kleur en kragtige ritimiese kwashale. Die Suid-Afrikaanse landskap is op n onkonvensionele manier deur hierdie kunstenaar herinterpreteer.

OR

BE VO
Florence Zerfi. Holiday time, Stilbaai strand. 1941. Olie op bord. In hierdie plein air-werk toon Zerfi die invloed van Impressionisme en Post-Impressionisme soos sy die gebruik van sterk ligeffekte en ekspressiewe kwashale ontwikkel het as deel van haar skilderstyl.

EL
Dorothy Kay. Annie Matavata. 1956. Olie op doek. Dorothy Kay het realisme gekombineer met n unieke sin van die interpretasie van haar onderwerp. Haar werke is nie stereotipiese uitbeeldings nie en daag die kyker uit om die subtiele simbole daarvan te interpreteer. Maud Sumner. Fat lady. 1933. Olie. Sumner is benvloed deur Franse kunstenaars soos Manet, Degas, Bonnard en Renoir. In baie van haar werke het sy nie-geidealiseerde weergawes van vroue uitgebeeld waarin die skilderverteenwoordiging van die vlees n sensuele effek geskep het. Strat Caldecott. Government Avenue, Cape Town. c. 1926. Olie op hout. Caldecott het die invloed van Impressionisme en Post-Impressionisme op n unieke manier ontwikkel omdat hy die effekte van lig en die onderwerp van alledaagse tonele in die lewe gebruik het, maar sterk gedifineerde spasies geskilder het deur donkerder omlyning te gebruik. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

28

Andrew Motjuoadi. Flute players. Ongedateer. Pen op papier.

Motjuoadi bied die kyker n intieme blik op die lewe in die townships in sy reaslistiese tekenstyl. Hierdie is n gedetailleerde uitbeelding van die daaglikse lewe gekombineer met n uitstekende gebruik van lyn, patrone en teksture.

Wolf Kibel. Interior. c. 1935. Olie op doek. Kibel se ekspressiewe skilderystyl is n weerspieling van sy onrustige lewe. Dit hou verband met Europese kunstenaars soos Soutine en Chagall, terwyl die samestelling sterk herinner aan Die Van Gogh se skildery van n soortgelyke onderwerp.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL
Dumile Feni. Father teach me how to pray. 1957. Cont-kryt op papier. Feni se ekspressiewe vermo is uniek en kragtig. Hy was daartoe in staat om sy onmiddellike omstandighede te oorkom deur uit te beeld wat hy ondervind het op n universeel verstaanbare wyse wat sy begrip van menslike lyding uitbeeld.

29

GEORGE PEMBA
George Pemba (1912 - 2001) is in Korsten gebore, n dorp naby Port Elizabeth in die Oos-Kaap. Nadat hy sy sekondre skoolopvoeding voltooi het, het hy n Onderwysdiploma aan die Lovedale opleidingskollege in die Oos-Kaap verwerf. Pemba het by die Lovedale-drukpers gewerk, hy was n onderwyser in King Williams Town en het later by n administrasiedepartement vir die regering gewerk. As kind is hy deur sy familie en onderwysers aangemoedig om te skilder en te verf. Hy was nooit daartoe in staat om toegang te verkry tot voltydse formele kunsopleiding nie, maar het n mate van opleiding ontvang deur kort periodes van interaksie met n verskeidenheid kunstenaars en leraars.

My doel is om die gevoel van my mense te interpreteer.

George Pemba

In 1931 het Ethel Smythe, wat kuns by die Universiteitskollege van Fort Hare doseer het, vir Pemba aan waterverf bekend gestel en vir hom n bietjie opleiding in tekenkuns gegee. In 1936 kon Pemba vyf maande se klasse deur Professor Austin Winter Moore by Rhodes Universiteit bywoon. Hy het ook saam met die kunstenaar Dorothy Kay geskilder en het kunsklasse bygewoon in Maurice van Esche se ateljee in Kaapstad. Gedurende hierdie tyd het hy ook vir Gerard Sekoto en later Koenakeefe Mohl ontmoet, wat albei hom aangemoedig het om n voltydse kunstenaar te word en om meer aandag te gee aan sy onmiddellike omgewing as onderwerp.

Hy het in 1952 uit sy werk bedank om n professionele kunstenaar te word, maar het voortdurend finansieel swaargekry omdat die Apartheidstelsel n uitwerking gehad het op die geleenthede om uitstallings te hou en ook n effek gehad het op die belangstelling van kunskopers. Hy en sy vrou het n spaza-winkel gehad om n lewe te kon maak. Pemba het nie openlik by die stryd teen Apartheid aangesluit nie, maar moes sy broer se familie en ander familie se kinders onderhou weens hulle deelname aan die stryd. Deur sy kuns het hy die omstandighede wat Swart mense moes verduur, sigbaar gemaak.
George Pemba. Korsten. 1961. Olie. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

OR

BE

EL

30 Eienskappe Invloede: Pemba se werke word dikwels na verwys as soortgelyk aan di van Realisme [sien Graad 10 Teksboek] omdat hy die toestande van die armes in townships op n naturalistiese manier uitgebeeld het. Hy het die werk van Millet bewonder en het n afdruk van The gleaners in sy ateljee gehad. Sy skilderstyl verwys na Impressionisme deur sy gebruik van sterk ligbronne en sy keuses van onderwerpe wat verwant is aan die vlietende oomblike van die daaglikse lewe. Die invloed van Ekspressionisme is ook sigbaar deur sy uitbeelding van verstedeliking op mense, sy gebruik van subjektiewe kleur en soms sy gebruik van die verwringing van vorms. Pemba se interaksie met n verskeidenheid wit akademici het sy kennis en ook uiteindelik sy styl van skilder benvloed. Die narratiewe aspek van Britse akademiese skilderkuns is aan hom oorgedra en is n belangrike deel van sy werke.

Millet. The gleaners. 1857. Olie op doek.

BE

Sekoto en Mohl het hom albei benvloed om sy onmiddellike omgewing in die landskap of stedelike landskap uit te beeld terwyl hy geskilder het. Sekoto het Pemba ook aangemoedig om olieverf te gebruik in plaas van die meer delikate en sagte waterverfmedium. Dit het tot n meer kragtige karakter in sy werke gelei wat sigbaar was in sy gebruik van los impasto-kwashale.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

George Pemba. Harvesters. 1976. Olie.

OR
George Pemba. The audience. 1960. Olie.

Onderwerp: Pemba se onderwerpe het portretskildery van individue en groepe, landskappe, verwysings na godsdienstige onderwerpe en kommentaar op politieke en sosiale omstandighde ingesluit. Hy het daarop gekonsentreer om mense en hul lewens in New Brighton uit te beeld, waar hy die grootste deel van sy lewe deurgebring het. Die manier waarop hy sy onderwerp deur sy skilderwerk benader het, is kenmerkend. Sy skilderye is nie eenvoudig dokumentasies van mense en omgewings nie, maar bestaan uit die onsekerhede en teenstrydighede wat deel was van die lewe in Suid-Afrika gedurende daardie tyd. Baie van sy werke het onderliggende temas, soos vrees, vreugde, verlies, die ondervindings van die daaglikse lewe, kulturele tradisies, menseregte, politiek en godsdienstige kommentaar. In sommige van sy werke het hy geskilder wat hy waargeneem het, terwyl sy ander werke narratief van aard was. Aangesien hy baie van rolprente gehou het, toon baie van sy werke n filmiese kwaliteit. Sommige van sy werke lyk soos stiltonele uit n rolprent.

EL
George Pemba. Clean up. 1960. Olie op bord.

31 Sy voorstelling van lewe in die township word beskryf as onpretensieus en eerlik en dat dit n begrip van menslikheid uitbeeld. Skilderstyl: Pemba het aanvanklik in waterverf geskilder wat n goedkoop medium was om in te werk. Toe hy met olieverf begin skilder het, het sy styl verander. In sy water- en olieverfskilderye het hy n sterk aanvoeling vir vorm getoon. Hy het vorms geskep wat solied verteenwoordig is deur die gebruik van vereenvoudigde vlakke en massas. Deur hierdie beskrywende uitbeelding van vorms het sy werke n gevoel van monumentaliteit verkry en toon dit soms n mate van ekspressionistiese verwringing. Hy het die verf in n relatief egalige tekstuur aangewend en het kwasmerke gebruik om rondheid in die vorms te skep. In sommige van sy olieskilderye het sy gebruik van impasto-verf tot lewendige kwaswerk gelei. Pemba se kleurgebruik in sy waterverfskilderye is subtiel en beskrywend. In sy latere werke het hy driedimensionaliteit uitgebeeld deur baie sterk kontraste tussen die lig en gekleurde areas te skep. Hy het ook helder kontrasterende kleure gebruik, en het primre en sekondre kleure gekombineer met wit areas. Dit het bygedra tot die gevoel van soliditeit en eenvoud in sy skilderye.

VO

George Pemba. Eviction mother and child. 1992. Olie op bord.

OR
George Pemba. Portrait of a young umXhosa woman. 1946. Waterverf.

New Brighton, Port Elizabeth In hierdie skildery bied Pemba ons n uitsig van n besige straat in die township waar hy vir meeste van sy lewe gewoon het. Die karakter van die gemeenskap deur Pemba se o word deur hierdie skildery onthul. Pemba het na hierdie stedelike landskap gekyk vanaf n posisie in die middel van n straat, op wat voorkom soos n eiland wat n sirkel aandui om die verkeer aan te wys. Sy posisie as n toesighouer is vanaf binne die gemeenskap. Aan albei kante van die geteerde pad is klein, netjiese huise met sinkdakke en gevestigde tuine. Hierdie aspek s reeds vir die kyker dat die mense al vir n geruime tyd hier bly en dat hul genoeg vir hul onmiddellike omgewing omgee om bome te plant en om heinings te groei.

BE
Al die huise het skoorstene en rook borrel vanuit sommige wonings. Aangesien daar geen elektrisiteitslyne sigbaar is nie, kan n mens aanneem dat die inwoners vuur moes gebruik om te kook. Hoewel alles baie netjies en skoon lyk, is die sypaadjies nie plavei nie en is daar geen straatligte nie. In die straat, wat sentraal tot die komposisie is, is daar baie mense wat rondbeweeg. Aan die linkerkant is daar n donkiekar. Daar is geen karre wat rondry of wat langsaan die huise parkeer is nie. In die voorgrond aan die linkerkant sit drie jong mans of seuns aan die kant van die sirkel. Een jong man staan saam met hulle met sy hande in sy sakke. Aan die regterkant sit n ouer man kromgetrek en rook terwyl n netjies aangetrekte vrou voor hom staan. Net agter hierdie
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

32 twee groepe mense in die voorgrond lyk dit of twee mans n klein bal in die straat rondskop. Net agter hulle is die donkiekar waarop twee mans en n seuntjie sit. Verder af in die straat loop mans en vroue rond. Een van die vroue het n baba wat aan haar rug vasgemaak is. Verder af aan die einde van die straat kan n mens die skoorstene van maatskappye en ho geboue sien.

In hierdie stedelike landskap dra die kontras van warm en koue kleure by tot die lewendige gevoel van die gemeenskap. Die grootste deel van die komposisie beeld die pad uit wat n ligte blouerige grys is met die ligte blou lug as agtergrond. Pemba strooi oranje-rooi en geel op die mense se klere. Die oranje-rooi word herhaal in die aardse kleur van die grond van die sypaadjie en in die kleure van al die huise. Die wit hemde van die mans wat in die voorgrond sit, verleen n fris gevoel aan die toneel. Die groen van die heinings en bome breek die oorweldiging van die aardse rooi-bruin. Die mense word in sterk, konstrasterende, tonale waardes van n koue bruin geskilder. Deur wit as n ligpunt te gebruik, het hy n duidelike ligbron van die regterkant af geskep. Hierdie ligeffek is ook sigbaar op die geel van die blare. In hierdie skildery het Pemba nie ekspressiewe of bewegende kwashale gebruik nie, maar die rigting van die sigbare kwashale dra by tot die driedimensionaiteit van vorms, soos die bome, bosse en figure. Al die vorms het n gevoel van soliditeit weens Pemba se skilderstyl. Hoewel die gevoel van soliditeit n positiewe aspek is, skep dit ook n gevoel van stramheid in sommige van die figure. Die werk is in n naturalistiese styl geskilder, maar wanneer dit van naby bekyk word, kan n mens sien dat Pemba die groter prentjie wou wys eerder as om te veel tyd aan fyner detail te wy. Die skakel met Impressionsime kan gesien word in hierdie aspek, aangesien Pemba in sy skilderye opgesom het wat hy gesien en ondervind het.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Pemba se komposisie plaas ons as kykers binne-in die middel van die gemeenskap, maar hy het al die mense geskilder asof hul voortgegaan het met hul daaglikse lewe, onbewus van die toeskouer. Nie een van die mense in die skildery kyk in die rigting van die kyker/kunstenaar nie. Die komposisie begin naby aan die kunstenaar en strek tot ver in die horison. Die grootste deel van die komposisie bestaan uit die straat, huise en mense wat die naaste aan die kyker is, in die voorgrond. Pemba het n strook ligbloulug ingesluit wat die oog na die stad in die afstand toe trek.

EL

Pemba wys dat daar baie mense in die gemeenskap is wat tuis is en ons kry n voorstelling van n verskeidenheid mense wat daar woon. Hulle het nie werk nie. Die gemeenskap kom besig en lewendig voor, maar daar is dinge wat ontbreek.

BE

D
George Pemba. New Brighton, Port Elizabeth. 1977. Olie op doek.

33 Terror In Terror konfronteer Pemba die kyker met die brutale gevolge van die Apartheidstelsel op die lewens van Swart mense. Die komposisie van hierdie skildery het ooreenkomste met New Brighton, Port Elizabeth. Die vloer van die kompartement neem die plek van die straat in, die geronde plafon neem die plek van die lug in en die vensters is in die posisie van die huise. Mense hardloop koorsagtig om weg te kom van die twee gewapende mans en sommige l of sit op die vloer. Die toneel het n gevoel van chaotiese beweging as gevolg van die posisies van die mense in die geslote spasie van die treinkompartement. Twee mans en n vrou hardloop in die kyker se rigting wat dus hul verskrikte gesigsuitdrukkings kan sien. Hulle arms sprei wyd in hul poging om vinniger weg te beweeg. Die man wat in die middel hardloop, is geskiet aangesien bloed aan die kant van sy wit hemp af stroom. In die malle gejaag, vlieg sy hoed van sy kop af. Mense l rondgestrooi oor die vloer. stewels ingedruk is. Dit lyk soos die uniforms wat deur die polisie gedra is toe hulle betogers of verdagtes in townships gekonfronteer het. Reg agter die gewonde man is die been en arm van n persoon sigbaar wat nie weggehardloop het van die aanvallers nie, maar wat hul direk met n stok aanval. Die spelonkagtige binnekant van die treinkompartement dra by tot die gevoel van terreur omdat dit voorkom of die mense vasgekeer is in hierdie kloustrofobiese spasie. In kontras met die donkerder inerieur is daar stukkies blou lug en geboue wat sigbaar is deur die vensters. Pemba het nie baie aandag geskenk aan die fyner detail in hierdie skildery nie. Die sitplekke aan die kante van die kompartement en die vensterrame is baie vereenvoudig. Die impak van hierdie skildery is in die sterk ligbron wat dramatiese ligeffekte skep en die verskeidenheid van liggaamlike posisies van die mense wat uitgebeeld word. Pemba was daarmee bemoei om die storie van n gebeurtenis wat plaasgevind het te vertel eerder as met die tegniese aspekte van skilder. Hoewel hy nie bekend is as n versetkunstenaar nie, het hy die gevolge van die Apartheidstelsel op die daaglikse lewens van mense uitgebeeld en het hy dus die aandag getrek na die ongeregtighede.

Drie van hulle lyk of hulle dood of bewusteloos is. Die tas wat langs die een figuur l, dra by tot die chaos. n Vrou sit op die vloer en roep uit in sielsangs en in die middel van die voorgrond, kniel n man met sy kop na onder. Aan die linkerkant, net agter die vrou wat hardloop, sit n man met sy arms wat langs sy lyf hang, asof hy verlam is deur die skok. Die aanvallers is aan die agterkant van die kompartement en is verbloem in skaduwees, maar is duidelik besig om te mik met hul groot gewere. Hulle dra donkerblou hemde en -broeke wat in hulle

VO
George Pemba. Terror. 1991. Olie op bord.

OR

BE

EL

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

34 How long must I suffer? Pemba is baie bekend vir sy portretstudies. Hulle kontrasteer met sy groepportrette en narratiewe werke waarin hy minder aandag gegee het aan fyner, realistiese detail. In meeste van sy portrette was hy in staat om die kern van die sitter se persoonlikheid weer te gee. Hy het ook deur hierdie werke inligting oor die veranderende tye uitgebeeld en ook sy ondervinding om deel te wees van n wisselende kulturele agtergrond. In die werk How long must I suffer?, 1975, het hy n gestremde man uitgebeeld wat deur sy familie verwerp is. Die man was n gereelde besoeker by Pemba se spaza-winkel waar die kunstenaar vir die man kos gegee het in ruil daarvoor om hom as n model in sy werk te gebruik. Soos die titel duidelik s, verteenwoordig die skildery die lyding van hierdie man. Pemba het die man in profiel geskilder, wat gevolglik een helfte van sy gesig verbloem het. Die man kyk dus nie direk na die kyker nie. Hierdie aspek dra by tot die gevoelens van skande en depressie wat met hierdie persoon geassosieer word. Hy beskerm homself ook met sy een hand wat sy kakebeen verbloem. Deur die man te verf terwyl hy in die afstand in staar, versoek Pemba die kyker op om hom/haar in die man se posisie te plaas. Sonder die titel sou n mens gewonder het wat die man dink. Deur die antwoord in die titel te verskaf, begin n mens wonder wat met hom gaan gebeur. Die figuur is in die voorgrond en domineer die komposisie. Die agtergrond word gevul deur n deel van die eenvoudige vuurhoutjiebokshuis en n metaaldrom voor te stel. Die figuur is in donker kleure geskilder wat kontrasteer met die geel en stukke rooi in die agtergrond. Pemba gebruik dik kwashale en sterk, donker buitelyne vir die figuur. Die gebruik van kontrasterende tonale waardes, asook warm en koue kleure in kombinasie met die ekspressiewe styl van hierdie skildery, dra gevoelens oor van neerslagtigheid en depressie. Deur te kies om n portret soos hierdie een te skilder, wys Pemba dat hy sensitief was teenoor hierdie soort haglike omstandighede. Die feit dat Pemba persoonlik gesukkel het met alkoholisme tot laat in sy lewe het hom n insig gegee in depressie en die gevoelens van verwerping waarmee hierdie man sukkel. In vergelyking met hierdie portret, is werke soos Portrait of the artists mother en Portrait of a man in traditional isiXhosa dress, nie so ekspressief nie. Hoewel albei die werke die karakter en waardigheid van die twee mense oordra, is die gevoel van hierdie skilderye meer terughoudend in vergelyking met How long must I suffer?

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

The outcast is n werk wat n soortgelyke tema uitbeeld. Pemba gebruik n komposisie wat baie dieselfde is as How long must I suffer? waarin die verwerping en depressie wat deur die man ondervind word, beklemtoon word omdat hy nie na die kyker kyk nie. Die gebruik van n monotoon kleurskema dra ook by tot die gevoel van verwaarlosing en armoede wat in hierdie werk uitgebeeld word.
George Pemba. How long must I suffer? 1975. Olie.

OR

BE

EL

35

George Pemba. Portrait of the artists mother. 1948. Olie.

George Pemba. Portrait of a man in traditional isiXhosa dress. 1950. Waterverf.

George Pemba. The outcast. 1945. Olie op bord.

VO
George Pemba. Purple dancing lady. 1974. Olie. George Pemba. ANC funeral in the Red Location, Port Elizabeth. 1965. Olie. George Pemba. The return of the prodigal son. 1960. Waterverf. George Pemba. Police raid. 1987. Olie op bord. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Bespreek die temas en kwessies wat George Pemba in die volgende skilderye geopper het deur die volgende vrae te beantwoord: Watter gebeurtenis word in elke werk voorgestel? Vind dit in n publieke spasie of in n privaat ruimte plaas? Is die kunstenaar/kyker deel van elke toneel? Beskryf die mense in elk van die werke. Wie is hulle? Word die mense in elke skildery in dieselfde realistiese styl uitgebeeld? Gee redes vir jou antwoord. Maak enige van hierdie werke n politieke stelling? Gee redes vir jou antwoorde. Watter ander kwessies word deur Pemba in hierdie werke aangespreek?

BE

EL

1.2

Voltooi in jou VKS-werkboek.

36

GERARD SEKOTO
Sekoto (1913 - 1993) is in die Duitse Lutheraanse Sendingstasie in Botshabelo, Mpumalanga gebore. Toe Sekoto vyf jaar oud was, het sy gesin Middelburg toe getrek toe sy pa n pos by n sendelingskool op n plaas gekry het. Daar het hy grootgeword in n landelike omgewing waar hy gelukkig was hoewel hy nie toegang gehad het tot luukses soos kunsmateriale nie. Hy het besef dat hy teken geniet het toe hy agt jaar oud was. Nadat hy skool voltooi het, het hy opleiding in onderwys ontvang by die Anglikaanse Onderwysersopleidingskollege in Middelburg waar onderwysers verskeie vaardighede geleer het. Een van die tegnieke wat verwant aan onderwys was, was om op die swart bord te skryf en te teken sodat die tekort aan teksboeke deur onderwysers aangevul kon word deur inligting op die swart bord weer te gee. Dit was in werklikheid Sekoto se eerste formele lesse in teken. Dit het die teken van reghoekige en ronde voorwerpe ingesluit asook patroonmaak deur verskeie vorms te gebruik. Hierdie tekenlesse kan beskou word as n invloedryke invloed op sy ontwerpagtige benadering tot die rangskikking van vorms in n komposisie.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Gerard Sekoto. Lutheran chapel, Botshabelo. c. 1938. Waterverf op papier.

Sekoto het na Sophiatown in Johannesburg getrek waar hy saam met sy neefs en niggies in Gertystraat geloseer het. Tydens hierdie jare was Sekoto baie produktief. Die lewendige omgewing van Sophiatown, wat n gemengde gebied was, het hom genspireer om die goed te skilder wat hy rondom hom ondervind het. Dit was ook n tyd van eksperimentasie in sy kunswerke en dus het sy werk ontwikkeling getoon. Hy het gevolglik opgehou onderwys gee. Hy is deur een van sy neefs voorgestel aan eerwaarde Roger Castle van die St. Peterskool in Rosetenville wat deeltydse klasse in sy kamer by die skool vir genteresseerde swart studente

OR

BE

EL

aangebied het. Dit was die enigste formele kunsopleiding wat Sekoto as kunstenaar ontvang het. Met die aanmoediging van n vriend het Sekoto een van sy werke vir n uitstalling ingeskryf wat georganiseer is deur die Suid-Afrikaanse Akademie. Sy werk is aanvaar, wat n ongewone geleentheid vir n swart kunstenaar was. Hy het aan uitstallings begin deelneem en sy werke het begin verkoop. Yellow Houses Sophiatown is deur die Johannesburg kunsgalery gekoop wat hom die eerste swart kunstenaar gemaak het wie se werk deel van n museumversameling geword het.

Hy was vir n paar jaar n onderwyser. Gedurende hierdie tyd het hy na skoolure kunswerke geskep en vir n kompetisie ingeskryf wat deur die Universiteit van Fort Hare georganiseer is. Sekoto het die tweede prys gewen en George Pemba het die eerste prys gewen. In 1938 het Sekoto besluit om n voltydse kunstenaar te word. Dit was ook gedurende hierdie tyd dat hy vriende geword het met die beeldhouer Ernest Mancoba, met wie hy kuns bespreek het. Mancoba het hom voorgestel aan die werke van Van Gogh en het Sekoto genooi om by hom aan te sluit toe hy Frankryk toe gegaan het met n beurs.

37 In 1942 het hy na Distrik Ses in Kaapstad getrek waar hy by die Manuel-familie gewoon het. Hier het hy die mense en omgewing geskilder en het hy kunstenaars soos Gregoire Boonzaier en Lippy Lipschitz ontmoet. Hy het ook saam met die New Group in Kaapstad uitgestal. In 1945 het hy na Eastwood in Pretoria getrek waar hy saam met sy familie gewoon het en van sy beste en mees volwasse werke gelewer het. In 1947 het Sekoto per boot Parys toe vertrek. Dit wil voorkom of hy gegaan het om sy artistieke ondervinding uit te brei, eerder as om n politieke banneling te word, hoewel die onregte van die rassesituasie wel n rol gespeel het. Sekoto het nooit na Suid-Afrika toe teruggekeer nie, hoewel sy verblyf in Parys nie altyd gelukkig was nie. Die werke wat hy vir die res van sy lewe in Parys geskep het, was gestileerd en herhalend. Hy het vanaf geheue gewerk deur vorige onderwerpe te herwerk en dus het hierdie werke minder lewendig voorgekom, was hulle meer veralgemeen en sonder die eerlikheid waaroor sy Suid-Afrikaanse werke beskik het.

Voorbeelde van Sekoto se werk wat hy gemaak het in terwyl hy in Parys gebly het:

Eienskappe

VO

Invloede: Sekoto se kontak met die beeldhouer Ernest Mancoba het n groot invloed op sy kuns gehad omdat Mancoba kunskwessies met hom bespreek het en hom aan Van Gogh se werke bekend gestel het. Van Gogh, wie se lewe van swaarkry en sy ekspressiewe benadering om sy gevoelens deel van sy skilderye te maak, was n inspirasie vir Sekoto.

Mense wat n rol in Sekoto se artistieke loopbaan gespeel het, is Broer Roger Castle wat vir hom kos en inwoning gegee het en Sekoto in staat gestel het om kunsklasse by te woon by die St. Peter Anglikaanse Sekondre Skool, terwyl hy ingestaan het vir n onderwyser wat op siekteverlof was. Castle het Sekoto ook voorgestel aan Judith Gluckman, n kunstenaar wat Sekoto geleer het hoe om kleure te meng en om met olieverf op doek te skilder sonder dat sy sy skilderstyl probeer benvloed het. Dit wil voorkom of Sekoto se werke verbind is aan die PostImpressioniste deur sy intutiewe gebruik van kleur, maar hy het altyd ontken dat hy deur ander kunstenaars benvloed is.

OR

Gerard Sekoto. Sixpence a door. 1946. Olie op doekbord. Sy onderwerpe was hoofsaaklik Suid-Afrikaans en gewortel in sy daaglikse ondervinding van townshiplewe. Sophiatown, Distrik Ses, Eastwood was die plekke wat Sekoto se werke gevorm is. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Gerard Sekoto. Woman with a patterned headscarf. 1975. Olie. Van Gogh. Village Street and Stairs with Figures. 1890. Olie op doek.

EL

Gerard Sekoto. Township Gossip. 1963. Gouache op papier.

38 Onderwerpe: Die tonele van die alledaagse lewe in townships het vir Sekoto n eindelose verskeidenheid onderwerpe gebied. Die straattonele het klaarblyklik onbelangrike gebeure ingesluit, soos vroue wat skinder of die wasgoed doen, werkers wat pendel, en biersale en kinders wat buite speel. Sy weergawe van wat hy gesien het, was nie n nabootsing van die werklikheid nie, maar eerder n persoonlike benadering daarvan. Hy het die volgende ges: Die kwessie om in Sophiatown te wees het my nie in die minste gepla nie, inteendeel, die lewenskrag van die area was n groot aansporing. Dit was n teatrale toneel om al hierdie verskillende mense te kon sien. Hoewel die effek van die politieke situasie in Suid-Afrika sigbaar in sy werke is, het hy nie met opset politieke werke geskep nie. Die empatie van sy visie het gelei tot waardige voorstellings van sy onmiddellike omgewing. Skilderstyl: Sekoto was bemoei met die verkenning van formele aspekte, soos vorm, kleur, perspektief en ruimtelike verhoudings in sy skilderye en gevolglik beeld sy skilderye nie altyd die harde werklikheid van die lewe in die townships ten volle uit nie. Vir sommige mense kom sy werk voor as n gedealiseerde weergawe van die werklikheid, maar sy begrip en simpatie vir sy onderwerpe en hul omstandighede is sigbaar in sy skilderye.

Gerard Sekoto. Houses District Six. c. 1943. Olie op doek.

OR VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12 Gerard Sekoto. Three figures with bicycle, Sophiatown. c. 1939. Olie op doekbord.

BE
Trevor Mancoba. LAnctre. c. 1969-71. Olie op doek. Gerard Sekoto. Title will be added later!!

Sekoto se hantering van vorms is breed en beskik oor soliditeit. Die gevolg hiervan is dat sy vroere figure as lomp beskryf kan word en dat hulle nie in proporsie is nie, maar dat hul wel n bekoorlike naewiteit toon wat sy onpretensieuse houding in skilder uitbeeld. Uiteindelik het hy met opset vorms verwring om dit in die komposisie te laat pas. Sekoto se werksmetode om voorbereidingstekeninge te maak van die toneel en dit dan in die ateljee te skilder, het hom benvloed om oordrewe en verwronge driedimensionele vorms uit te beeld. Vorms is n belangrike deel van baie van Sekoto se skilderye omdat hy genteresseerd was in die herhalende gebruik van patrone in sy komposisies. Hy het ook vorms gebruik om die algehele ontwerpe van sy komposisies te versterk.

EL

39 In baie van sy werke dra die onkonvensionele voorstelling van driedimensionele perspektief by tot die effek van verwringing. Dit is as gevolg van sy gebrek aan opleiding. Sekoto het die uitleg van sy komposisies, tonale waardes en kleure gebruik om die gevoel van diepte in sy skilderye te versterk. Hy het ook kwasmerke gebruik in die geleidelike uitbeelding van tonale waardes om by te dra tot die driedimensionalteit van sy komposisies. In baie van sy werke het hy dowwe vorms met sagte kante gebruik wat soortgelyk is aan die effek van n foto wat uit fokus is. Sekoto was hoofsaaklik genteresseerd in die uitbeelding van kleur en lig. Sy tonele is weergegee in sterk, ekspressionistiese kleure. Die emosionele impak van sy werke is die gevolg van sy gebruik van hoogs subjektiewe kleure. Die plat areas van kleure wys dat hy bedoel het om iets meer oor te dra as die eenvoudige voorstelling van visuele werklikheid. Dit het ook bygedra tot die uitleg van sy komposisies, wat n gevoel van soliditeit en eenheid gebied het. Die nie-naturalistiese kleure, sterk patrone en tekeninge wat nie heeltemal realisties is nie en sy ruimtelike verhoudings verbind hom aan moderne bewegings soos die Post-Impressioniste, Fauvisme en Ekspressionisme, maar daar is nie n direkte verbintenis tussen hom en kunstenaars wat in Europa gewerk het nie.

VO
Gerard Sekoto. Street scene. Ongedateer. Olie op hardebord. Gerard Sekoto. Self portrait.1946-47. Olie op doekbord. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL
Gerard Sekoto. The wine drinker. c. 1943. Olie op doek.

40 Yellow Houses Sophiatown area trek aandag, aangesien dit uitstaan teen die warm kleure wat in die res van die landskap gebruik word. Hy het n sin van eenheid geskep deur die gebruik van n groot strook blou in die lug en kleiner areas blou in die vensters en een muur van die huise, asook in die een paal van die heining in die voorgrond.

My pogings, toe ek in Sophiatown was, was om die bewustheid in ons mense aan te wakker oor die aaklige omstandighede waarin hulle gebly het. So n ontwaking sou mag en gewig skep om aan te dring op die reg en kennis om in staat te wees om soos almal anders in die land te kon leef.
Hierdie is die aansig van die straat vanaf Sekoto se neef se huis in Gertystraat. In een van sy stellings het Sekoto die ondervinding om na mense te kyk wat werk toe gaan en terugkeer, wat saamgedrom het en na werk gedrink het, die vroue wat hul wasgoed gedoen het, wat in die son gesit en die kinders wat in en rondom die huise gespeel, beskryf. Hy het gevolglik n intieme kennis gehad van die omgewing vanwe die tyd wat hy spandeer het om daarna te kyk.

Die effek van die helder sonlig op die kleure in die stedelike landskap is iets wat Sekoto se verbeelding aangegryp het. Die voorgrond van die komposisie bestaan uit n driehoek van n hoek van n erf. Dit is omhein en daar is n klein hekkie wat oophang waardeur n mens kan stap en n deel van n groter hek is sigbaar in die linkerkantste hoek. Daar is stukkies groen wat n kontras vorm met n sterk rooibruin wat wys dat iets besig is om in die erf te groei, maar dit lyk nie soos n georganiseerde tuin nie. Die pad buite die heining is geskilder in n uitgewasde ligte kleur en die donkerder spatsels van bruin gee die indruk van n gruispad met baie klippe aan die kante. Daar is drie figure wat in die straat beweeg. Van die regterkant het n seun net by n deur van n huis op die hoek uitgeloop. Die gebou gooi n lang skaduwee en Sekoto het dit daarom in n koel blou geskilder. Hy het dieselfde gedoen met die figuur van n seun wat n groot pakkie of iets soortgelyk dra wat hy voor sy bors moet hou. Hierdie blou

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL
Gerard Sekoto. Yellow Houses Sophiatown. 1940. Olie op bord.

Aan die linkerkant is n jong meisie op pad na die geel huise toe terwyl sy iets op haar kop dra. Haar figuur gooi ook n sterk skaduwee wat die helderheid van die sonlig beklemtoon en die harde en verlate gevoel van die onversorgde straat benadruk. In die verte, bo die seun en naby aan die horison, sien die kyker hoe n man op n fiets in die straat af ry. n Mens kan die ouderdom en die algemene houding van die drie figure sien, maar nie individuele eienskappe in detail onderskei nie. Hulle word tipes voorstellings van mense wat in n straat af beweeg. Die drie geel symure van die groep losliggende huise beslaan n groot area van die komposisie. Die rooi sinkdak vorm n helder kontras met die geel mure en verbind die uitgewasde rooibruin van die gruisstraat en die driehoekige tuin in die voorgrond. Sekoto het die drie geel symure in n verskeidenheid tonale waardes geskilder. Die ligste muur is die verste weg en die donkerste is naaste aan die kyker. Daar is iemand wat rondbeweeg op die voorstoep in die skadu van die huis wat naaste aan die

41 kyker is. Buite die derde ry van geel huise is n wasgoedlyn wat in die wind waai. Al hierdie elemente dra by tot die gevoel van beweging en die feit dat die huise bewoon word, hoewel hierdie toneel nie n besige tydperk van die dag uitbeeld nie. Langs die fietsryer is nog n sterk vorm wat lyk of dit n hoop gemors is wat langs die symuur van een van die geel huise l. Dit is nog n teken van die deurmekaarheid van die straat. Die toneel lei na twee huise verder af in die straat wat aansluit by die verdwyningspunt van die landskap. Sekoto se klem op die herhalende vertikale en horisontale lyne in die argitektuur, en op die heining in die voorgrond, word gekontrasteer met die organiese vorms van die klippe in die straat, die ongelyke/kollerige tuin en die uitgewasde blou van die bewolkte lug.
Gerard Sekoto. Yellow houses in Sophiatown. c. 1939. Gouache op papier.

The song of the pick

OR VO
Gerard Sekoto. The song of the pick (1946 47). Olie op doekbord. Hierdie foto, wat Sekoto regdeur sy lewe in sy besit gehad het, was die inspirasie vir sy skildery, Song of the pick.

BE

Die bewaarder, met sy hande in sy sakke terwyl hy sy pyp rook, wat dink dat hy die mag het terwyl hy oorweldig word deur Song of the pick, met die sterk ritme wat hy duidelik hoor, laat sy dun bene in die niet in verdwyn.
Sekoto se eie beskrywing som Song of the pick met gevoel op. Die politieke kommentaar in hierdie skildery is een van die mees uitgesproke wat in al sy werke gesien kan word. Hy het die komposisie gebaseer op n waterverfskildery wat genspireer is deur n swart-en-wit foto waarvan hy regdeur sy lewe n afdruk gehou het. Hierdie weergawe van die skildery is gemaak terwyl hy in Eastwood gebly het en op sy produktiefste was. Hy het die komposisie verander, soos gesien kan word in die skildery, deur die ritmiese arbeid van die kragtige swart werkers uit te beeld in kontras met die wit opsigter. Die nege mans het almal die pikke in hul hande bo hul koppe gelig. Hulle staan op die punt om die pikke in die grond in te slaan. Daar is n gevoel van eenheid en krag in die herhaling van die vorms en die uitgestrekte regterbene en opgeligde arms wat die pikke vashou. Die pikke is nie almal sigbaar nie, aangesien die pikke in die hande van die eerste drie mans naaste aan ons deur die raam afgesny word. Dit fokus die kyker se aandag op hul kragtige hande, arms en liggame. Hoewel die figure almal voorgestel

EL

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

42 word in dieselfde houding, word n bietjie individualiteit getoon deur die verskeidenheid van vorms en deur die kleure van hulle kopdrag en die kleure van hulle hemde en broeke. Die opsigter kontrasteer met die ritme van hulle beweging en liedjie. Sy klein figuur is regop in die regtermiddelgrond van die skildery en lyk swak in vergelyking met die van die werkers. Hy is n wit man wat staan en kyk na die arbeiders met sy hande in sy sakke en n pyp in sy mond. Hy is aangetrek in n wit hemp en ligkleurige baadjie, broek en hoed. In vergelyking met die arbeiders is sy figuur klein en pateties, ten spyte van die gesag wat hy oordra deur die manier waarop hy staan.

n Houtskooltekening deur Sekoto wys die beginstadiums van die finale weergawe van Song of the pick.

In Distrik Ses het Sekoto saam met Mevrou Manuel gebly in n huis wat n uitsig gehad het oor die tronk in Roelandstraat wat inspirasie vir sy werk gegee het. n Groep gevangenes loop onder beheer van n tronkbewaarder. Die figure vul die doek en daar is slegs aan die regterkant n sweempie van n landskap met n berg. In hierdie werk verken Sekoto die sielkundige verskil tussen die gevangenes en die bewaarder. Die gevangenes is saamgedruk met hul arms na aan hul liggame, terwyl die bewaarder groot tre met oop bene gee. Alles oor die gevangenes is gevange hul houding, klere en die naby groep wat hulle vorm in kontras met die vryheid en oopheid van die bewaarder. Diagonale lyne skep die komposisie met die gevangenes en die reling aan die regterkant van die skildery.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

n Vroer werk, Prison yard, het stilistiese ooreenkomste met Song of the pick. Die gebruik van herhalende vereenvoudigde vorms, sterk konstrasterende tonale waardes en n beperkte verskeidenheid kleure kan in albei werke gesien word.

BE

Sekoto het n dinamiese komposisie geskep deur die figure van die werkers in n sterk diagonale lyn te plaas. Die komposisie is assimetries met die groot groep werkers aan die linkerkant wat gebalanseer word deur die klein figuur van die bewaarder aan die regterkant. Sekoto vereenvoudig vorms en het rondheid geskep deur die sterk kontraste tussen lig en donker. Deur die bokant af te sny en nie al die pikke uit te beeld nie, het hy die kyker in die middel van die aksie geplaas. Ritme is een van die sterkste eienskappe van hierdie werk. Ritme word geskep deur die herhaling van vorms en kleure. Hoewel dit nie gehoor kan word nie, ontlok die titel van die werk n lied wat verwant is aan die geluid van pikke wat die grond tref.

EL

Gerard Sekoto. Prison yard. 1944. Olie op doek.

43 Portrait of Anna, the artists mother

My ma was n baie rustige dame. Sy sou nie net oor enigiets skree nie. Sy het maklik geglimlag, maar het altyd haar innerlike gedagtes vir haarself gehou. Dit is hoe ek haar vanuit die diepte van my hart voorstel.
Gerard Sekoto Hierdie skildery deur Sekoto is belangrik omdat hy dit geskep het kort voor hy van Suid-Afrika na Frankryk vertrek het. Hy toon n persoonlike blik van sy ma. Die introspektiewe houding wys dat sy verlore is in haar gedagtes terwyl sy naaldwerk doen. Sy kyk nie na die kyker nie. Hy beeld haar as n sterk, moederlike figuur uit. Die feit dat sy op n houtbankie sit, die eenvoudige agtergrond, haar klerestyl en haar taak om naaldwerk met die hand te doen, dra alles by tot die beeld wat eerlikheid en beskeidenheid uitdruk. Sekoto het gekies om n vollengte figuur uit te beeld wat dus meer inligting insluit. Die vooraansig van die portret is suggererend van die argetipiese simbole van moederlikheid wat gesien word in beelde van vrugbaarheidsgodinne en in uitbeeldings van Christelike Madonnas. Die vertikale figuur word gebalanseer deur die sterk horisontale lyne van die bank aan die linkerkant en die herhalende vertikale lyne van die deur aan die regterkant. Die sagte organiese vorms van die figuur en die skaduwees wat dit gooi, kontrasteer met die geometriese lyne van die bank, deur en vloer.

Deur tonale waardes te gebruik wat in skerp kontras is, het Sekoto n dramaties afwagtende bui geskep wat geassosieer word met die lig van die laatmiddag. Die kontras in tonale waardes op die gesig en die skaduwees wat gegooi word, trek die meeste aandag. Hy het ook die beeldhouagtige vorm van die figuur beklemtoon en gevolglik n gevoel van monumentaliteit en vertroostende permanensie daaraan verleen. Sy gebruik van n beperkte palet van swart, blou, bruin, geel en wit regdeur die skildery dra by tot die gevoel van eenheid. Die volgende twee portrette is gedurende die tyd gemaak toe Sekoto saam met sy familie in Eastwood gebly het. Dit gee die kyker n persoonlike insig in Sekoto se lewe en sy empatiese houding teenoor sy familie.

OR
Gerard Sekoto. The artists mother and stepfather. c.1946. Olie op doekbord.

Die skilderstyl is nie los en ekspressief nie, maar Sekoto het die sigbare rigting van kwashale gebruik om die rondheid of platheid van vorms uit te beeld.

BE
Gerard Sekoto. The proud father. c. 1947. Olie op doekbord. Manakedi op Bernard Sekoto se knie. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

EL

Sekoto. Portrait of Anna, the artists mother. 1946-47

44 Sekoto se skilderstyl het merkbaar verander nadat hy Suid-Afrika verlaat het, soos gesien kan word in die twee portrette met soortgelyke temas.

Gerard Sekoto. Portrait of a young man reading. c. 1946. Olie op doekbord.

Gerard Sekoto. Annie Pernet. 1973. Olie op doek.

Voltooi in jou VKS-werkboek.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Gerard Sekoto. Portrait of Cape Coloured School Teacher Omar. 1942-1945. Olie.

Bespreek die drie gellustreerde portrette deur na die volgende aspekte te verwys: Formele aspekte: Komposisie Gebruik van lyn Gebruik van kleur Tonale waardes Verwringing en/of stilering

Die visuele impak van elke portret: Wat is die eerste ding wat jy van hierdie persoon raaksien? Wat vertel die gesigsuitdrukking ons van hom of haar? Sy of haar houding? Sy of haar gebare? Sy of haar kleredrag? Die ligging? Wat dink jy kan elkeen van hierdie mense se werke in die lewe wees? Wat dink jy wou die sitter h sy of haar portret moes oordra? Wat sien jy wat jou die bostaande stelling laat maak?

BE

Gerard Sekoto het as jong seun besef dat hy daarin belang gestel het om mense te teken. Hy was daarin genteresseerd dat mense hul gevoelens in hul uitdrukkings gewys het en dat hy dit naturalisties in sy tekeninge kon uitbeeld.

EL
Gerard Sekoto. Portrait of a young Malay man. c. 1943. Olie op bord.

1.3

D
Gerard Sekoto. Mary Dikeledi Sekoto. 1946-1947. Olie op doek.

45

Sekoto wou nie enige invloede van ander kunstenaars erken nie, maar daar is aspekte van sy werk, Hotela Bantu, wat vergelykbaar is met Van Gogh se The potato eaters. Skryf n vergelykende analise van die twee werke waarin jy die volgende bespreek: Die komposisie-tegnieke wat deur elke kunstenaar gebruik is. Die gebruik van lyn en hoe dit in elke skildery werk. Die gebruik van tonale waardes in elke kunswerk en die bui wat dit skep. Die keuse van kleure en watter impak hulle op die kyker het. Die gebruik van driedimensionele ruimte. Die mense wat in die skilderye uitgebeeld word. Die omliggende omgewing.

Vincent van Gogh. The Potato Eaters. 1885. Olie op doek.

PETER CLARKE

My kuns is oor mense en die teenwoordigheid van mense. Die humanistiese beeld interesseer my. Ek geniet dit om oor mense en hul aktiwiteite te besin, hul emosies, wat (alles) gebeure in hul daaglikse lewens kan wees. Maar verder as dit praat ek via my simbole van aktiwiteite op n groter skaal wat alle grense oortref. Met tye is dit die verwondering wat my aanraak. Hoe wonderlik om n mens te wees, om nou en hier lewendig te wees op die oppervlak van hierdie planeet. So ek wil en ek druk myself en my gevoelens van teerheid, frustrasie en vasberadenheid uit op die manier waarop ek dit doen; asook my besorgdheid, via die mense wat in my werk verskyn. Deur hulle praat ek oor n erfenis van algemene menslikheid.
Peter Clarke (1929 - ) is in Simonstad in Kaapstad gebore waar hy sy kinderjare deurgebring het. In 1973 is hy en sy familie geforseer om weg te trek van Simonstad af omdat dit as n wit gebied verklaar is deur die Apartheidregering. Hy en sy familie moes na Oceans View toe trek. Nadat hy op die ouderdom van 15 skool verlaat het, het hy in 1944 as n skeepsverwer by die Simonstad-skeepwerf gewerk. n Artikel oor Gerard Sekoto het Clarke genspireer om in homself te glo en om n professionele kunstenaar te word. Hy het besluit om in 1956 te bedank uit sy werk by die skeepsdokke en om voltyds n kunstenaar en skrywer te word.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

OR

BE

EL
Gerard Sekoto. Hotela Bantu. c. 1939. Olie op bord.

46 Clarke se vroegste ontwikkeling in sy artistieke loopbaan het deur sy eie werk begin. Hoewel hy verskeie soorte kunsopleiding ontvang het, was hy hoofsaaklik selfgeleer uit boeke en tydskrifte. Tydens sy leeftyd het Clarke toegang gehad tot formele en informele kunsopleiding. Die lesse van die kunsonderwyser by die Horskool Livingstone wat Clarke bygewoon het, Hendrik Esterhuizen, het die basis gevorm vir Clarke se belangstelling daarin om n kunstenaar te word. In 1947 het hy kunslesse by die St. Philips-skool in Distrik Ses bygewoon en later in sy lewe het hy vir drie maande aan die Michaelis Skool van Kuns by die Universiteit van Kaapstad gestudeer, afdrukmaak by die Rijksakademie van Skone Kunste in Amsterdam geneem en etstegnieke by die Atelier Nord in Oslo, Noorwe aangeleer. Clarke se eerste solo-uitstalling is in 1957 georganiseer deur die bystand van sy lewenslange vriend, James Matthews, in die nuuskamer van die koerant, The Golden City Post. Clarke het dit as n deurbraak beskou: Voor (my uitstalling) was ek net nog n gekleurde man. Ons mense het dit as vanselfsprekend aanvaar dat slegs wit mense sulke goed kon doen. Nou word mense bewus van die feit dat hulle ook hierdie dinge kan doen, dat hulle ook mense is.

VO
Eienskappe
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Afgesien van sy deelname in baie uitstallings sedertdien, was Clarke ook betrokke by die Gemeenskap van Kunste Projek in Kaapstad, het hy die Kultuur en Weerstand fees in Gaberone, Botswana in 1982 bygewoon en vanwe dit betrokke geraak by Valakisa, om artistieke ontwikkeling in sy eie gemeenskap te bevorder. Hy het vir dertien jaar kuns gegee by die Ocean View Biblioteek en was aaneenlopend daarby betrokke om kulturele geleenthede te organiseer en om met jong kuntenaars te skakel om hul te help ontwikkel.

OR

Invloede: Clarke het hoofsaaklik blootstelling aan Britse kuns ontvang deur die kunstydskrifte wat die kunsonderwyser, mnr. Esterhuizen, in sy klaskamer by die skool gehou het. Hy het nie net bewus geword van internasionale kuns deur hierdie tydskrifte nie, maar hy het ook geleer van n verskeidenheid mediums en tegnieke. Clarke het uiteindelik vir sommige van die joernale ingeteken nadat hy besluit het om n voltydse skrywer te word. Die gebruik van

BE

EL
Peter Clarke. Twenty Steps, Rectory Lane, Simons Town. 1971. Kleurreduksie-linosnee. Clarke se weergawe van die nou gange tussen die huise van Simonstad waar hy grootgeword het.

D
kleur en tonale waardes in waterverflandskapskilderye deur Britse kunstenaars, waarvan hy voorbeelde in die tydskrifte gesien het, het hom genspireer. Hy was ook n gereelde besoeker aan ID Booksellers in Kaapstad waar daar n klein galery was en waar hy rustig deur kunsboeke kon lees. Hy het dit as een van sy grootste invloede beskou omdat hy nie in staat was om gereeld uitstallings by te woon nie omdat hy in Simonstad gewoon het. Vanwe sy belangstelling in boeke en joernale, is hy blootgestel aan moderne kunsbewegings soos Fauvisme en Duitse Ekspressionisme. Die uitstallings wat Clarke by die Suid-Afrikaanse Nasionale Galery gesien het, was uitstallings van vyftiende en sestiende eeuse Duitse afdrukke, n afdrukuitstalling van werke deur Edvard Munch, n Japanese afdrukuitstalling en twintigste eeuse Duitse afdrukke asook afdrukke deur Rembrandt en Goya. Die Duitse Ekspressionistiese relifhoutsneeafdrukke het die grootste indruk op Clarke gemaak. Al die bekende Duitse Ekspressioniste is in die uitstalling

47 uitgebeeld wat gepaard gegaan het met n boek wat Clarke aangeskaf het. Deur sy aanhoudende blootstelling aan die werke in die boek het hy waardevolle lesse geleer oor hoe om n verskeidenheid kleure in sy afdrukke te gebruik, en oor die verskillende tegnieke om merke te maak in die werke van n kunstenaar soos Feininger wat Clarke gebruik het in sy houtsnee- en stilistiese effekte. Die stilasie en verwringing van vorms en die sterk uitdrukking van sosiale omstandighede in hierdie kunstenaars se werke het Clarke aangetrek. Die ekspressionistiese kwaliteite in die werke van die Noorweegse kunstenaar Edvard Munch was ook n belangrike invloed op Clarke se werk. Munch se meer organiese gebruik van lyne en voorstelling van diep perspektief kan in sommige van Clarke se werke gesien word. Clarke het ook erken dat die sterk emosionele voorstellings van trauma en pyn in die werke van Kathe Kollwitz en Albrecth Drer n groot indruk op hom gemaak het.

Kathe Kollwitz. Visit to the hospital. 1928. Houtsnee.

VO

Die sosiale boodskap wat mense ingelig het oor die ongeregtighede en ander sosiale kwessies wat gesien kan word in die werke van Meksikaanse kunstenaars soos Orozco en Riviera was n belangrike bron van inspirasie vir Clarke. Hierdie aspek is sigbaar in baie van sy werke wat wys dat sy primre inspirasie, soortgelyk aan dit van Sekoto, die voorstelling van die lewensomstandighede van mense in die stelsel van Apartheid was. Veral die lyding en swaarkry van die gekleurde gemeenskap in die Kaapstad-area waar Clarke gewoon het, was n integrale deel van sy werk. Hoewel sy werke nie openlike stellings was nie, trek hy aandag na sosiale kwessies deur aan te dui hoe mense moes leef weens Apartheid. Diego Riviera. Sugar cane. 1931. Fresko.
Hokusai. South Wind, Clear Sky. circa 1830. Kleurafdruk op houtblok.

OR

Die gebruik van kleur in die Japanese houtsnee-afdrukke was n belangrike bron van inspirasie, asook hul houding tot afdrukmakery om kuns meer toeganklik tot die hele gemeenskap te maak.

BE

EL
Edvard Munch The Scream. 1895. Litograaf. Jos Clemente Orozco. The Clowns of War Arguing in Hell. 1944. Fresko. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

48 Onderwerp: Die menslike figuur in die landskap of interieure spasie is die fokus van Clarke se vroe werke. In sy skilderye vorm die daaglikse lewensomstandighede van gewone mense die sentrale fokuspunt. Die disintegrasie van die gemeenskap word gewys deur hul daaglikse swaarkry, terwyl hy waardigheid aan die figure gegee het. Hy het die stedelike omgewing uitgebeeld deur argitekturele landskappe asook landelike gebiede, met geen geboue daarop nie, voor te stel. Baie van sy werke het n narratiewe aspek wat ons inlig oor die oorlewing van gemeenskappe wat in diegebied van die Kaapse Vlakte bly.

OR
Peter Clarke. Homage to the poet Langston Hughes. 1984. Kleurreduksielinosnee. Peter Clarke. Eroded landscape with black goats. 1970. Kleurreduksie-linosnee.

In sy meer onlangse werke het hy begin om onderwerpe te gebruik wat minder sosiaal betrokke is en wat verwys na n groot hoeveelheid mense wat Clarke deur sy leeftyd inspirerend gevind het.

BE
Peter Clarke. Schwitters fan. 1994-2004. Waaierreeks: gevoude papier met collage en ingeskrewe teks.

Hy het dikwels gebruik gemaak van universele simbole, soos die duif as n simbool van vrede.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

Peter Clarke. The wood gatherers. 1957.Olie op masoniet.

49 Mediums en Styl: Clarke is meestal bekend vir sy afdrukke wat hy geskep het uit linosne en houtsneewerke, maar hy het ook n groot hoeveelheid skilderye gemaak. In 1944 het hy begin om meer eksperimenteel te werk deur die tegniek van collage te gebruik. Clarke se werke kan meestal as figuratief beskryf word. Hy het nie in n naturalistiese styl gewerk nie omdat hy dit wat hy gesien het, genterpreteer het deur die gebruik van verwringing, vereenvoudiging en stilasie, wat dus baie van sy werke ekspressief gemaak het. In sy latere werke het hy ook begin om abstrak te werk. Die hoekige en gestileerde vereenvoudiging van vorms in Clarke se werke herinner sterk aan die Duitse Ekspressionisme. Hierdie aspek van Clark se werke het ook gelei tot die feit dat sommige van sy komposisies n georderde, ontwerpagtige organisasie van vorms en formate binne die werk het.

Wind blowing on the Cape Flats

Die fisiese effek van die Groepsgebiedewet op die lewe van mense word in hierdie gouache-skildery gewys. Mense is verplaas vanaf plekke soos Simonstad en Distrik Ses, wat nou as wit gebiede deur die regering verklaar is. Hulle is geskuif na nuwe ontwikkelings op die Kaapse Vlakte soos Atlantis, Bonteheuwel, Lavender Hill en Ocean View. Die nuwe plekke was gele in sanderige gebiede sonder ordentlike paaie en was ver van werke en dorpsentrums. Hierdie is deel van die lyding wat veroorsaak is deur die verplasing van gemeenskappe wat vroer baie heg was.

VO

Clarke het die ondervinding van mense wat terug moes loop na hul afgele huise op sandduine terwyl hul gesukkel het teen die sterk Kaapse Dokter (suid-oosterlike wind) waarvoor die Peninsula bekend is. Drie mense, n jong vrou met n sak en n man met n kind loop na drie armsalige sinkhuise toe. Met hul re na die kyker, lyk dit of die toeskouer in hul voetstappe volg. Alles leun na regs, die yl gras op die duine, die rimpels op die sand, die bome en die figure. Daar

OR

BE

Clarke se gebruik van kleur, in vergelyking met kunstenaars Peter Clarke. The wake. 1970. Kleurreduksie-linosnee. soos Pemba en Sekoto, is meer subtiel. Sy bewustheid van die kuns van ander lande was instrumenteel daarin om hom te leer hoe om kleur doeltreffend te gebruik as deel van sy ekspressiewe styl, terwyl dit ook bygedra het tot die krag van sy komposisies. is vereenvoudiging en hoekigheid in die vorms wat n ekspressionistiese invloed toon. Alles word tot basiese vorms gestroop sonder baie detail.

EL

D
Peter Clarke. Wind blowing on the Cape Flats. 1960. Gouache. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

50

Die kleur is subtiel, meestal wit, room, bruin, grys en blou wat akkuraat die uitgewasde kleur van die Kaapse Vlaktes op n winderige dag weergee. Die donker bruine word regdeur die komposisie in die lang skaduwees, die gras, die boom op die horison, die skaduwees op die dogtertije en die man en in die meisie se hare en rok wat in die wind waai, voorgestel. Die bewolkte lug is skematies uitgebeeld. Die sandduine word ook vereenvoudig deur hul as hoekige vorms voor te stel. Hierdie hoekigheid word herhaal in die sterk gedefinieerde vorm van die meisie se rok en die meer skilderagtige rimpeloppervlak van die sandduine. Clarke se vermo om n gestileerde, geometriese ritme regdeur die hele komposisie te skep, word in hierdie skildery uitgebeeld. Die geel huis aan die bokant verleen n bietjie warmte aan die toneel en kan simbolies wees na die stryd teen die wind bied die eenvoudige huisie ten minste beskerming teen die elemente en moeilike sosiale omstandighede. Die fokuspunt is die meisie met die sak. Sy is nie slegs die grootste figuur in die werk nie, maar die lyne van die sandduine lei na haar toe. Die huise toon lynperspektief. Die gebruik van lugperspektief het gelei tot ligter kleure en minder definieerde skaduwees op die kleiner figure en sandduine in die middelgrond. Clarke se gebruik van stilasie en geometriese patrone is ook teenwoordig in die volgende drie werke waarin figure deur hul daaglikse omgewing beweeg.

OR
Peter Clarke. On the dunes. 1960. Olie op doek.

BE VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12 Peter Clarke. The washerwoman. 1960. Olie op bord. Peter Clarke. Coming and going. 1960. Olie.

Family fleeing from fire In hierdie dramatiese toneel sien ons hoe n familie uit hul brandende pondok vlug. Die nagevolge van tonele soos hierdie is steeds deel van die lewe in Suid-Afrika. Daar is baie mense wat steeds in pondokke sonder elektrisiteit woon. Kerse of parafienbeligting word gebruik en kos word voorberei op oop vure of op primusstowe wat gereeld brande veroorsaak wat baie vinnig tussen die dig geboude tydelike huise versprei. Clarke lewer kommentaar oor mense wat op die Kaapse Vlakte woon, maar sy kommentaar is nie beperk tot hierdie area nie en kan toegepas word op die lewensomstandighede van benadeelde mense wreldwyd.

EL

Peter Clarke. Family fleeing from fire. 1962. Gekleurde houtsnee op linosnee.

51 Clarke wys ons die gevaar en vrees wat ondervind word tydens n situasie waar n mens jou waardevolste besittings, indien moontlik, moet neem en van jou huis af moet weghardloop. Die fokus is op die man en vrou wat hardloop. Die man is lank en sterk en hou n beskermende arm rondom die vrou se skouer. Sy ander arm is uitgestrek tydens die aksie van hardloop en dit lyk of hy gil of na sy asem snak. Dit lyk of die vrou huil terwyl sy beskermend aan iets in haar arms klou. Dit kan n baba of waardevolle besittings wees. Die figure wat hardloop, skep sterk diagonale lyne in die reghoekige komposisie. Die wilde, brandende vlamme lyk of hul besig is om die mense in te haal. Die organiese vorms van die vlamme en die mense is in kontras met die die sterk definieerde gekantelde lyne van die vloerplanke en die muur aan die linkerkant. Clarke se gebruik van n verskeidenheid kleure en merke in verskillende rigtings skep kontras en beweging in die komposisie wat bydra tot die drama en gevoel van disorintasie. Die vorms in die komposisie word vereenvoudig deur die gebruik van die verskeidenheid warm, rooi en geel areas in kontras met wit areas en swart buitelyne, wat n gevoel van soliditeit in die figure en hul omgewing skep en verleen. In hierdie driekleurige afdruk gebruik Clarke hout- en linosnee. Die geel en rooi is met lino gedruk. Die swart is vanaf n houtsnee gedruk wat die oorspronklike beeld was waarin hy die kleurafdruk gemaak het waarna hy weer die swart houtsnee daaroor gedruk het.

VO

Haunted Landscape is n triptiek waarvan die drie panele verbind word deur die lyn van die horison en die lug. Die tonele in elk van hierdie drie panele word nie duidelik oorgedra nie. Dit lyk of Clarke dalk n storie in drie installasies vertel. Die paneel aan die linkerkant is gevul met n ingeslote erf, die sentrale paneel met n oop heuwelkant en die paneel aan die regterkant met n pad wat in die horison in verdwyn. In die paneel aan die linkerkant is die verlate agterplaas met voorwerpe bestrooi. Op die heining kan n maer, swart kat beskou word as n teken van onheil of gesien word as n dreigement vir die akkedis wat in die middel van die komposisie hardloop. Die gebreekte driewiel en verlate stootwaentjie lyk of hul herinneringe van kinderdae oproep wat veronderstel was om gelukkig te wees. Volgens Clarke stel hulle die jeug voor vir wie die toekoms droewig en onwelkom is. Die driewiel het nie wiele nie, wat volgens Clarke verwys na n reis wat nie onderneem kan word nie. Nog n teken van verwaarloosde verlating, is

OR

BE
Peter Clarke. Haunted Landscape.1975.Akriel op doek.

EL
die gemors wat uit die asblik vloei. Die sonneblom aan die regterkant van hierdie paneel draai sy kop weg vanaf die son en bo dit stry twee vols, wat gewoonlik simbolies van positiwiteit is. Saam met die donker skakerings van die kleure en die bewegingskwashale skep die toneel die gevoel van n onheilspellende vullishoop. In die sentrale paneel staan die drie kinders baie naby aan mekaar. Hulle lyk of hul deur die swart hond bedreig word. Die hond is in silhoet met n helder groen buitelyn geskiler en blaf vir die kinders. Hulle staan en beduie met opgeligde arms in die rigting van die hond. Clarke herinner ons dat honde gebruik is om nie-Europese mense te bedreig, maar die kinders kan ook besig wees om die hond te terg. Clarke s dat hul wel as kinders polisiehonde geterg het. Die toneel is dus dubbelsinnig. Op die heuwel vertoon n afgele, donker pondok verlate en onheilspellend. Dit bied nie welkome beskutting vir die kinders nie. Die een boom en
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

52 die paal agter die huis wys dat iemand daarin gebly het, maar daar is nie tekens van lewe oor nie. Die insluiting van die skerp diagonale lyn van die doringdraadheining en die paal is nog n element wat bydra tot die gevoel dat hierdie n onbewoonbare toneel is. Die lug is effens warmer vol sonlig, maar die blou wolke is in n baie ekspressiewe en dro styl geskilder. In die laaste paneel stap n man, wie se bekommerde gesig n verhaal van swaarkry vertel, na die kyker toe met sy kop na onder gebuig en n stok in sy hand. Hy loop op n plat rooi pad wat diagonaal oor die onderste helfte van die komposisie strek. Twee figure in silhoet, wat soos n man en vrou lyk, loop in die teenoorgestelde rigting as die man in die voorgrond. Die wye pad lei na die horison in die afstand. Die diepte van die driedimensionele perspektief word beklemtoon deur die strak, swart pale wat die elektrisiteitsdrade verbind soos dit die pad in die afstand in volg. Die donkerblou stormwolke drom saam in n vurige, oranje lug. Die botsing van die komplimentre kleure (blou en oranje) druk die woede van die lug uit teen hierdie ongeregtighede. Die algehele effek van hierdie landskap herinner aan die sielsangs wat in The scream deur Edvard Munch uitgedruk is. Hoewel Clarke s dat dit nie n bedoelde verwysing is nie, erken hy dat hy nog altyd hierdie werk deur Munch bewonder het. Hobbs en Rankin haal Clarke aan wat sy werk as n landskap van die brein beskryf. Die simbole in die werk is intutief geskep en is dus nie sterk gedefinieer nie. Met verloop van tyd het verskillende mense ooreenstemming bereik oor die algemene interpretasie van hierdie werk. Dit kan beskou word as n apokaliptiese visie wat die afbreek van die opvoedingstelsel in SuidAfrikaanse townships voorspel en die gevolglike trauma waaraan die betrokke kinders sou ly. Clarke se gebruik van n ekspressiewe, growwe skilderstyl, in kombinasie met die kleure en verwronge hoekige vorms regdeur die drie panele, beklemtoon die ongemak van die situasie. Clarke het hierdie werk geskep terwyl hy nie in Suid-Afrika was nie, maar tydens n besoek aan Amerika. Dit is asof, terwyl hy terug gekyk het na sy tuisland vanaf n afstand, hierdie reeks vereenvoudigde beelde uit hom getrek is en gelei het tot n ingewikkelde simboliese narratief oor die ongeregtighede van Apartheid.

VO
1.4
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Peter Clarke. Sketch for the central panel of Haunted landscape. 1975. Pen en ink en waterverf.

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Peter Clarke is bekend as n veelsydige kunstenaar wat nooit opgehou het om te improviseer nie. Skilder, teken en afdrukmakery is die prosesse waarvoor hy die bekendste is. Die volgende twee voorbeelde van n skildery en n linosnee-afdruk bied n insig in die lewens van jong mense in Suid-Afrika, maar is ook universeel toepaslik op die lewens van benadeelde mense. Bespreek die twee werke deur die volgende vrae te beantwoord: Beskryf kortliks die tonele in die twee werke. Bespreek die komposisies. Bespreek die gebruik van tekstuur en patroon.

BE

EL

53

Hoe sou jy die styl van elk van hierdie werke beskryf? Wat is die invloede van die medium van die style van hierdie werke? Waarom is die kleure so beperk? Wat is die boodskap/bedoeling van hierdie werke? Dink jy die werke is steeds vandag relevant? Gee redes vir jou antwoord.

Peter Clarke. The Blue bird. 1959. Olie op bord.

VO
Gerard Sekoto. The Song of the pick. 1946-1947. Olie op doekbord. Peter Clarke. Workers in the sun. 1960. Gouache. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Vergelyk die twee werke deur na die volgende te verwys: Komposisie Gebruik van kleur Vorms Die boodskap/interpretasie van hierdie twee werke

BE

Peter Clarke en Gerard Sekoto was albei geraak deur die bekende teenwoordigheid van rye arbeiders. Deur hulle interpretasies van die onderwerp het hul hulle kommer oor sosiale kwessies gewys, hoewel nie een van hulle openlike politieke stellings gemaak het nie.

EL

Peter Clarke. For some the pathway to education lies between thorns. 1993. Gekleurde linosnee.

54

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

x 55

Suid-Afrikaanse kunstenaars benvloed deur Afrika en/of inheemse kunsvorms INDEKS

2.1 Die Invloed van Tradisionele Afrika-Kuns op Europese Kuns 2.2 Inheemse Afrika-Beeldhouwerke en Maskers 2.3 San-Rotskuns

2.4 Ndebele-Muurskilderye

2.5 Oorsig van Suid-Afrikaanse Kunstenaars 2.6 Irma Stern

2.7 Walter Battiss

VO
VISUeLe kunste GRAAD 12

2.8 Andries Botha

OR

BE

EL

Hoofstuk

56

Die invloed van tradisionele Afrika-kuns op Europese kuns

Die invloed van verskillende kulture op, of buite die hoofstroomkultuur van kunstenaars van Westelike Europa is n belangrike deel van die ontwikkeling van moderne kuns. n Modieuse filosofie wat in die 17de eeu in Europa ontstaan het, het die barbaar en later die goeie barbaar as n skande vir die Europese samelewing beskou. Die effekte van industrialiasie het tot korrupsie gelei en mense is as verontreinig beskou terwyl die romantiseerde beskrywing van primitief of barbaar na mense verwys het wat nie deur die samelewing bederf is nie en wie se morele standaarde nog steeds hoog was in vergelyking met die van die Europers. Hierdie filosofie het die opvatting ondersteun dat alle kulture buite westelike Europa in kontras daarmee was en dus nie modern, beskaafd, geindustrialiseerd, hoog opgevoed en geletterd was nie.

BE

OR

Die beskrywende woord wat kulture as primitief gekategoriseer het, is n neerhalende term wat die meerderwaardigheid van die Weste impliseer en wat naby geassosieer word met die uitbuiting en kolonisasie van nie-Westerse mense deur westelike Europers. Die primitiewe is met die instinktiewe geassosieer. In die westelike Europese samelewing is die stereotipiese beeld van die primitiewe ook in groepe soos plattelanders, kinders, mense met geestesiektes en selfs vroue gedentifiseer. Die gebrek aan organisasie en tegnologiese prestasie is ook beskou as tekens van ongekunstelheid, en ook om nader aan die natuurlike wese van menslikheid te wees. In kuns het hierdie verskil gempliseer dat primitiewe kulture nie aan westelike Europese rels en geskiedenis verbonde was nie. In vergelyking met die idealisasie wat deur die Klassieke Grieke gebruik is en verbind is aan persepsuele werklikheid, het Afrikakunstenaars figure geskep wat konsepsueel of simbolies in vorm was. Die invloed van die primitiewe was dus as revolusionr beskou en het n rol daarin gespeel om die kunstenaars te laat wegbreek van beperkte Westerse kunstradisies. [Verwys terug na Hoofstuk 2 van die Graad 11-boek vir die definisie van PRIMITIVISME.]

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL
Paul Gauguin. Breton Girls Dancing, Pont-Aven. 1888. Olie op doek. In werke soos hierdie was dit nie Gauguin se doel om vir die kyker n realistiese dokumentasie van die lewe in Britagne te bied nie. Die stadige en ritualistiese kwaliteit van die meisies se dans suggereer dubbelsinnigheid. Hulle grootte binne die omgewing en hul isolasie tussen die klein hopies graan lyk oordrewe. Die sigsagkakel wat deur hul arms gevorm word, skep die idee van omheinde spasie. Hulle donker rokke, wit krae en die helderrooi papawers wat aan hul rokke vasgemaak is, kontrasteer sterk met die geel-groen hooi rondom hulle.

57 Gauguin (1848 1903) se lewe en kuns verpersoonlik hierdie hunkering na n suiwer en natuurlike lewenstyl [verwys na Hoofstuk 2 van die Graad 11-boek]. Hoewel hy nie benvloed is deur Afrika-kuns nie, was sy belangstelling in ander kulture buite die oorheersende Westelike bestaan, invloedryk as vir die inspirasie van ander kunstenaars om ander kulture te ondersoek. Sy belangstelling is reeds sigbaar in sy uitbeelding van die inwoners van Britanje in Frankryk. Die invloede is sigbaar ten opsigte van die keuses van sy onderwerpe asook sy skilderstyl en -tegniek. Gauguin ontwikkel sy fassinasie verder tydens sy verblyf op die Suid-See Eilande. Die skilderye wat onstaan het vanwe sy interaksie met die mense van die eilande is simboliese uitbeeldings van Gauguin se interpretasie van hul lewens en oortuigings. Hierdie werke is genspireer deur hul leefstyl, maar is idealiseerde en romantiese interpretasies deur n buitestaander wat van n Westerse tradisie afkomstig is. Hierdie werke het n sterk sin van verkwikking bevat en n terugkeer uitgebeeld na die ongekunstelde, natuurlike toestand wat die mensdom aan die begin van sy ontstaan gehad het. Gauguin het hierdie opvatting deur sy kuns oorgedra, maar het ook n persoonlike begeerte gehad na sy eie wortels as gevolg van sy Peruviaanse afkoms aan sy ma se kant. Die invoer en uitvoer van voorwerpe wat in die kolonies versamel is, het baie Europese kunstenaars tydens die 19de en vroe 20ste eeue benvloed. Veral die uitstallings van Afrika- en Oseaniese beeldhouwerke en maskers het baie aandag getrek. In Parys was die Etnografiese Museum van die Trocadro n belangrike bron van inspirasie vir die Fauviste en Kubiste terwyl die Duitse Ekspressioniste die Etnologiese Versamelings in Dresden besoek het.

VO

OR

BE
Uitstallings by die Trocadro Etnografiese Museum in 1895

EL
Paul Gauguin. Aha oe Feii? (What, are you jealous?). 1892. Olie op doek. Deur vir sy reeds opspraakwekkende skilderye hierdie soort titels te gee, het Gauguin Europese idees uitgedaag oor tradisionele inboorling oortuigings wat nie die Christelike konsep van sonde bevat het nie, veral in sake van seksuele en materiele besit. Fang-masker gebruik vir die ngil-seremonie, n inkwisisie-soektog na towenaars. Hout, Gaboen, 19de eeu. VISUeLe kunste GRAAD 12

58 Die Fauviste, n woord wat wilde diere beteken, impliseer reeds n assosiasie met die primitiewe. Hulle werk is hoofsaaklik genspireer deur die dekoratiewe kenmerke van tradisionele Afrika en Oseaniese kuns. Soortgelyk aan Gauguin, is hul inspirasie vir hierdie kunswerke gekoppel aan n behoefte vir n nuwe houding ten opsigte van uitbeelding wat Westerse tradisie omverwerp. Die stileerde vereenvoudiging van vorms en die verontagsaming van realistiese proporsies is sommige aspekte wat sigbaar was in die Afrika- en Oseaniese kuns wat die Fuaviste toegepas het. Die dekoratiewe eienskappe en die belangrikheid van oppervlakontwerp is ook beduidende eienskappe sigbaar in Afrika- en Islamitiese kuns wat baie belangrik was tydens Matisse se ontwikkeling. Baie van Matisse se uitbeeldings van kaal vroulike figure, soos gesien in Luxe Calme et Volupte (Luuksheid, Kalmte en Plesier) (1904), is voorstellings van die eenheid met die natuur wat verwys na Gauguin se uitbeeldings van vroue in hul natuurlike toestand.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Henri Matisse. Luxe Calme et Volupte (Luuksheid, Kalmte en Plesier). 1904. Olie op doek.

OR
Henri Matisse. Odalisque with a Turkish Chair. 1928. Olie op doek.

In hul soeke om teen die onderdrukkende middelklaswaardes te rebelleer wat oorheersend was van die gendustrialiseerde stedelike omgewing in Duitsland, het die Ekspressioniste Afrika-, Oseaniese- en Middeleeuse beeldhouwerke en maskers as ware en onbemmidelde uitrukkings beskou wat mag en emosie bevat het [verwys na Hoofstuk 3 van Graad 11-boek]. Die fassinasie wat die Duitse Ekspressioniste met Afrika-kunswerke gehad het, is uitgebeeld in hul

BE

EL

onderwerpe asook hul style van uitdrukking in skilder, houtsnee en beeldhouwerke. Ten opsigte van die ekspressiewe styl van hul kunswerke het hul n soortgelyke vereenvoudiging en verwringing van vorms gebruik. Deur hierdie soort styl het hul emosionele en fisiese betrokkenheid getoon tydens die proses van uitdrukking. Dit was ook n manier waarop hul die tradisioneel aanvaarde styl van naturalisme verwerp het waarin die kunstenaar se bevoegdheid belangriker beskou is

D
Henri Matisse. Madras Rouge (Die rooi Madraskopdoek). 1907. Olie op doek. In albei van hierdie voorbeelde van Matisse se werke kan die invloed van Algeri en Morokko, wat hy onderskeidelik in 1906 en 1910 besoek het, gesien word. Die dekoratiwiteit en kleure van Oosterse styltekstiele en binnenshuise versiering is duidelik. Die invloed van Afrika-kuns soos maskers kan gesien word in die vereenvoudiging van die gesigskenmerke in albei figure.

59 as sy of haar emosionele uitdrukking. Die Duitse Ekspressioniste het die kunswerke van ander kulture beskou as verwysings na die teenstand van die natuur en kultuur. Dit het n kragtige invloed gehad op die manier waarop hul hul onderwerpe genterpreteer het. Die voorstelling van naaktheid en veral die van die vroulike naakfiguur was n simboliese verwysing na die natuur as die teenoorgestelde van kultuur. Kultuur is as die negatiewe aspek van die moderne kontemporre lewe genterpreteer, soos gesien kan word in die kommersieel gendustrialiseerde stede en beperkende bourgeois samelewing in Duitsland.

VO
Schmidt-Rottluff. Three Kings. 1917 Houtsnee.

OR

BE
Kirchner. Seated woman with wooden sculpture. 1912. Olie op doek. Kirchner kontrasteer die natuur en kultuur in hierdie skildery wat n afrikaniseerde beeldhouwerk voorstel wat langs sy meisie Erna geplaas is. Erna lyk soos n moderne stedelike tipe met haar sigaret. Haar modieuse uitrusting is in kontras met die naaktheid van die beeldhouwerk, maar albei het dieselfde maskeragtige gesigte. Die dekoratiewe patrone in die agtergrond was deel van Kirchner se ateljee waar n eksotiese omgewing bygedra het tot die boheemse atmosfeer wat vereis was om as n ekspressionistiese kunstenaar te kon werk. ang Reliquary Figuur. Gabon. Hout. VISUeLe kunste GRAAD 12

Max Pechstein. Summer in Nidden. 1919-1920. Olie op doek.

EL

60 Picasso het sterk reageer op sy ervaring van sy ondervindings van Afrika-beeldhouwerke en -maskers. In sy belangrike werk, wat die invloed van nie-Westerse kulture uitbeeld, Les Demoiselles DAvignon, het Picasso op n radikale manier van Westerlike naturalisme weggebreek. Hierdie werk skok sy portuurgroep en die publiek. Sy voorstelling van kaal, vroulike prosititute beeld hul as sterk figure uit, en as uitdagend en byna onmenslik. Daar is duidelike verwysings na Iberiese beeldhouwerke in die figure aan die linkerkant en na Afrika-maskers in die figure aan die regterkant, terwyl die hoekige vereenvoudiging van die figure verwys na die voorkoms van figure wat in Afrika-beeldhouwerke gesien kan word. Hierdie skildery het vir Picasso n ekspressiewe reaksie op seksualiteit voorgestel in kombinasie met sy ondervinding van Afrika-beeldhouwerke en -maskers:

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Songye Kifebwemasker van die Bukhishisamelewing in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Vroulike figuur in Dogon-styl. Mali.

Die maskers was nie net soos enige ander dele van beeldhouwerk nie. Glad nie. Hulle was toweragtig. Hulle was teen alles teen onbekende, bedreigende geeste. Ek glo ook dat daar n vyand vir allles is! Alles! Ek verstaan waarvoor die Negers hul beeldhouwerke gebruik het. Hulle was wapens. Om mense te help om nie weer onder die invloed van geeste te raak nie, om hul te help om onafhankilk te raak. Geeste, die onbewuste, emosie dit was alles dieselfde ding. Ek het verstaan waarom ek n kunstenaar was. Heeltemal alleen in daardie aaklige museum met maskers, poppe met rooi velle, stowwerige mannekynne, Les Demoiselles DAvignon moes daardie dag na my toe kom, dit was my eerste eksorsisme skildery ja, definitief.

BE

EL
Standbeeld van Pre-Romeinse Iberi (die Spaanse en Portugese skiereiland) in die vroe 1900s. Picasso is deur hierdie beeldhouwerke wat uitgestal was in die Louvre-museum benvloed. Iberiese beeldhouwerke is op hul beurt benvloed deur die Griekse en Fonesiese kulture. Picasso Kop van n vrou. 1909. Brons. Hierdie is Picasso se eerste Kubistiese beeldhouwerk. Soos sy vroe Kubistiese skilderye, word die vorm van die beeldhouwerk se kop in kleiner eenhede fassetteer. Hierdie tegiek van vereenvoudiging van naturalistiese vorms was baie belangrik tydens die modernistiese revolusie wat die beweging is wat wegbeweeg het vanaf tradisionele, realistiese voorstellings.

Picasso. Les Demoiselles DAvignon. 1907. Olie op doek.

61 Georges Braque was een van die kunstenaars wat in met afgryse vervul was oor Picasso se Les Demoiselles DAvignon. Nietemin het hy op die uitdaging van verandering reageer deur n minder skokkende, maar ook ekspressiewe, voorstelling van n vroulike naakfiguur te maak waarin hy ook growwe kwashale gebruik het wat die vorm van die figuur afgeplat het. Hy het Afrikagenspireerde geometriese vorms gebruik in kombinasie met die invloed van Czannes se plat, vierkantige kwashale as metode om driedimensionele vorms te analiseer en te fragmenteer. Dit het ontwikkel tot die eksperimentering van die gebruik van driedimensionele visie op n plat tweedimensionele oppervlak, soos gesien kan word in Analitiese Kubisme.
Georges Braque. Big Nude. 1908. Olie op doek.

OR

Inheemse Afrika-beeldhouwerke en maskers van verskeie dele van Afrika is deur Europese kolonialiste versamel en regdeur Europa uitgestal. Die voorwerpe is gewoonlik vertoon as deel van Etnografiese museums se versamelings. Die funksie, krag en betekenis van die voorwerpe het egter verdwyn toe hul uit hul oorspronklike konteks geneem is en as gevolg daarvan het hulle voorwerpe geword wat kommersile waarde gehad het en wat deur sommige Westerse mense vir hul estetiese waarde bewonder is. [Sien Hoofstuk 2 van die Graad 10-boek.]

VO

Die soeke na die vernuwing van die beperkende estetika van die Weste het duidelik geword deur die belangstelling wat getoon is in Afrika-kuns deur kunstenaars in die laat 1800s en vroee 1900s.

Die Fang het in klein bosgemeenskappe gewoon en was gefokus op baie naby familieverhoudings en afkomsstelsels asook die aanbidding van voorvaders deur die gebruik van figuratiewe beelde. Wanneer hulle nie gebruik is nie, is die beeldhoufigure oor die algemeen weggesteek.

BE
Die Mwana Pwo (jong vrou) masker van die Demokratiese Republiek van die Kongo stel die vroulike voorvader van die Chokwe-mense voor. Dit versinnebeeld ideale vroulike skoonheid en is n AANDUIDING van die tradisionele gesigsinsnydingspatrone van die Chokwe. Die Mwana Pwomakser word altyd deur n man gedra wat soos n vrou vermom is met n kleefpak, vals borste en n katoenromp. Tydens danse wat vir die heerser en die hele gemeenskap uitgevoer word, word die Mwana Pwo-masker soms saam met die manlike voorvader se masker, Cihongo, gedra. Cihongo simboliseer gesag en rykdom; Mwana Pwo simboliseer mag wat oor geslagte oorgedra word. Gedurende die uitvoering, boots die Mwana Pwo-danser die mannerismes van jong Chokwe-vroue na en OORBEKLEMTOOn hierdie gebare ook. Fang-voorouer figuur van Suid-Kameroen. Songye Kifebwe-maskers is deel van die regalia van die magtige Bukishi-samelewing in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die mag van die maskers is gemik op kwessies soos sosiale beheer, geregtigheid en die volhouding van die gevestigde politieke hirargie. Die danse waarin die maskers voorkom, word gekenmerk deur vreemde geluide en lewendige bewegings. Kifebwe-genisieerdes leer die verskeie versteekte name van elke deel van die masker, soos die neus waarna verwys kan word as die deure na n oond. Manlike en vroulike maskers, wat almal deur mans gedra word, word deur vorm en kleur van mekaar onderskei. Fang-voorouer figure van NoordGaboen/Gaboen. VISUeLe kunste GRAAD 12

EL

Inheemse Afrika-beeldhouwerke en maskers

62

San-rotskuns

Die piktograwe en pektrogliewe in die rotskuns van die San in suidelike Afrika, asook ander groepe rondom die wreld, stel die eerste kuns voor wat deur mense geskep is [verwys na Hoofstuk 2 van die Graad 10-boek.] Vanwe die uitwissing van meeste van die nomadiese San-mense deur die Europers wat na suidelike Afrika gemmigreer het, is die ketting van die mondelinge tradisie om kennis oor te dra oor die San se kultuur en hul rotskunswerke, gebreek. Dit het die interpretasie van die skilderye en graverings baie moeilik gemaak. Deur die ondersoeke wat gelei is deur mense soos Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd, wat aantekeninge van die taal van die San-mans wat gevange gehou is tydens die 1860s tot die 1870s, is sommige van die stories wat die agtergrond tot die Sankultuur bevat het, bewaar.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Terwyl mense altyd uitgebeeld is as vereenvoudigde, verlengde vorms wat in silhoeet voorgestel is sonder unieke identiteite, is die diere, meer spesifiek die eland en die bok, beklemtoon deur realistiese voorstellings. Mense is in n wye verskeidenheid houdings uitgebeeld wat aktiwiteite aandui soos jag, om plante en wortels in te samel en wat n verskeidenheid rituele wys soos handeklap, dans en die proses om in n beswyming in te gaan. Die rituele word meestal geassosieer met n suksesvolle jagtog, om ren te maak of om n siekte te genees. Op sommige liggings is daar oorvleuelende lae van verskillende skilderye. Hierdie palimpsesse wys dat sekere plekke spesifieke belang vir die nomadiese San-mense gehad het.

OR

BE

EL

Die superponering van skilderye in lae kan gesien word in n verskeidenheid rotsskilderyliggings. In sommige gevalle lyk dit of die kunstenaars hul skilderye gekombineer het met daardie wat reeds op die rotsgesig was. In ander gevalle lyk dit of die ligging waar die skilderye gemaak is van groot belang vir die kunstenaars was.

D
Hierdie rotsskildery van n groep figure en n sterwende eland is in die Game Pass in die Drakensberge in KwaZulu-Natal. Die toneel wat in hierdie deel van die skildery uitgebeeld word, onthul sommige van die metafore wat met die San se geestelike oortuigings geassosieer word. Die eland staan met sy kop gebuig. Een van sy voorbene knak onder die dier se gewig en sy twee agterbene is oor mekaar gevou. Die hare op sy nek staan regop. Dit is nie sigbaar in die foto nie, maar word deur kort lyne uitgebeeld. Hierdie is alles tekens dat die dier besig is om dood te gaan. Reg agter die eland is n mensefiguur wat aan die dier se stert raak. Die figuur is antropomorfies en is besig om in n bok te verander. Die vorm van die mens se gesig is reeds getransformeer. Op sy liggaam is daar klein kolletjies wat aandui dat sy hare regop staan, soos die van die eland sn. Sy bene is ook gekruis en sy voete het in hoewe verander. Hierdie veranderende man is n sjaman / spirituele leier wat besig is om in n beswyming in te gaan. Deur die visuele vergelyking in die skildery word die metafoor van om dood te gaan en om in n kragtige eland te verander, geassosieer met die proses van om in n beswyming in te gaan om dan met die spirituele ryk te kommunikeer.

63

Ndebele-muurskilderye

Soos gesien kan word in die veranderings in kralewerk deur die bekendstelling van gekleurde glaskrale vanaf Europa, is Ndebele-muurskilder ook n nuwe tradisie. Volgens historiese rekords is die gebruik om huise in helderkleurige kontrasterende kleure te versier eers in die 1940s opgemerk. Muurversiering was hoofsaaklik deur die Sotho-mense beoefen wat modder-en mishuise gebou het voor die Ndebelemense daarmee begin het, aangesien laasgenoemde eers in grashutte gebly het. Die oorspronklike versierings het ontwikkel uit patrone en teksture wat geskep is deur vingerskilder en die gebruik van natuurlike pigmente. Die suidelike Ndebelemense, bekend as die Ndzundza, het muurskilderyversiering as n manier gebruik om hul kultuur en identiteit te versterk na hul verplaas is deur koloniale inval. Die Ndzunza is die grootste beoefenaars van hierdie helderkleurige, dekoratiewe styl wat baie kunstenaars en ontwerpers in en buite Suid-Arika genspireer het. Oorspronklik is die versiering van n huis een maal n jaar gedoen as die jong man van n gesin die huis verlaat het om aan rituele inisiasie deel te neem. Die vroue, wat die bewaarders van die huis en tradisies was, sou dan die buitemure van hul huise oorpleister en weer versier.

VO

Vroue het die mure met hul hande gepleister en sou patrone in die nat klei met hul vingers aftrek. Dro pigmente wat oorspronklik gemaak is deur sekere klippe fyn te druk, is met water gemeng en met vingers of sagte stokkies aangewend en later ook met tandeborsels of verfkwasse aan die mure aangebring. Uiteindelik is kommersile pigmente en later sintetiese verwe gebruik, wat gevolglik die gereeldheid van die versiering benvloed het. Omdat die kommersile verwe meer duursaam is, het die jaarlikse herversiering van die huise onnodig geword. Die ontwerpe van die patrone wat in muurskilderye gebruik is, is nou verwant aan die patrone wat gebruik is in die kenmerkende Ndebele-styl kralewerk. Chevronsteke, geruite-, skeermeslem-, kruise, driehoeke en trapvormige motiewe is in eindelose variasies herhaal. Kontemporre kralewerk het uiteindelik ook n versierende funksie aangeneem soos oortuigings en hirargiese stelsels verander het. In onlangse tye, is stedelike beelde soos vliegtuie en kloktorings ingesluit in die dekoratiewe patrone op die muurskilderye, asook in die kralewerk.
Die kralevoorskoot word seremonieel deur Ndebele-vroue gedra en is n teken dat die vroue getroud is en kinders het. Die dekoratiewe patrone is soortgelyk aan die wat in muurskilderye gebruik word en is n moderne toevoeging aangesien dit in die 1930s en 1940s minder versier is. VISUeLe kunste GRAAD 12

OR

BE

EL
Die kleurvolle simbole van Ndebele-muurskilderye stel n taal voor wat persoonlike gebede, self-identifikasie, waardes en die huwelik oordra.

64

2 .1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Die volgende woorde verskyn in die inleiding van hierdie hoofstuk: PRIMITIEF SAMELEWING KOLONIALISME

BARBAAR

OR
IDENTITEIT

BE
AANWENDING TRADISIE

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

DIE ANDER

EL
VERSKIL KULTUUR ETNOGRAFIES RITUEEL

65

Hierdie konsepte vorm die agtergrond van die onderwerp vir hierdie hoofstuk. Bespreek die betekenis van die woorde in die klas. Verwys na die beelde tydens julle bespreking en dui aan of die oorspronklike betekenis aangepas is. Skryf die definisie neer van elkeen van die woorde wat in hierdie hoofstuk gebruik is. Watter van die woorde kan omstrede wees? Verduidelik waarom. Dink jy die Fauviste, die Duitse Ekspressioniste en die Kubiste was bewus van die opspraakwekkende kwessies? Noem die aspekte in Afrika-kuns wat hierdie kunstenaars se aandag getrek het. MEER VOORBEELDE VAN KUNS MET KENMERKE VERWANT AAN TRADISIONELE AFRIKA-KUNS

VO
Modigliani. Jeanne Hebuterne with Hat and Necklace 1917. Olie op doek.

OR
Brancusi. Mademoiselle Pogany. 1912-1913. Terracotta. Paul Klee. Comedians Handbill. 1938. Gouache op koerant-afdruk. Marino Marini. Little Rider. Ongedateer. Brons. Henry Moore. Reclining Woman. 1930. Hornton-klip. Keith Haring. Untitled. 1982. Graffiti. Basquiat. Selfportrait. 1982. Akriel en gemengde media op doek. VISUeLe kunste GRAAD 12

BE

Vergelyk enige DRIE van die volgende voorbeelde van kunswerke met tradisionele Afrika-kunswerke. (Gebruik die voorbeelde van kunswerke in Afdelings 2.2 2.4) deur na die volgende te verwys: Gebruik van beelde Gebruik van medium en tegniek Formele elemente van kuns Stilasie Enige ander aspekte van die kunswerke

EL

66

Oorsig van Suid-Afrikaanse kunstenaars

ALEXIS PRELLER (1911-1975) Regdeur sy leeftyd het Preller n wreldreisiger gebly en verskeie kere na Europa toe teruggekeer, en ook plekke soos Zanzibar, die Seychelleeilande, Egipte en Griekeland besoek. In suidelike Afrika het hy gereeld die tradisionele blyplekke van die Ndebele-mense besoek en homself vertroud gemaak met die kulture en kuns van die Zoeloes en Swazis deur die plekke waar hul gewoon het te besoek. Preller is uiters benvloed deur die tradisionele Afrika-rituele met die beeldhouwerke en kralewerk wat daarmee gepaard gegaan het.

Preller se belangstelling in die werke van die Italiaanse kunstenaar, Piero Della Francesca, uit die auattrocento (15de eeu), het uiteindelik die voortou geneem in sy skildertegniek. Dit kan gesien word in sy gebruik van kleure, komposisies en klem en driedimensionaliteit. In kombinasie met sy gebruik van beelde wat gelyk het of dit nie in die werklikheid voorgekom het nie, kom Preller se styl voor soos n weergawe van Surrealisme of magiese realisme. Hy het n nuwe manier geskep om na tradisionele Afrika te kyk. Sy werk was gemaak vanuit die perspektief van n Europese buitestaander wat gefassineer was met sy intense, direkte interaksie met tradisionele kultuur. Hy het hierdie opvatting gekombineer met sy agtergrond as n kunstenaar wat ook benvloed is deur die tradisies van Europese kunsgeskiedenis. Werke soos The Kraal II (1948) en sy reeks Grand Mapogga (1951 57) wys sy potiese interpretasie van die Ndebele-lewe en -kultuur. Die kombinasie en persoonlike gekose simboliese beelde met weelderige juweelagtige kleure en n soms stileerde herhaling van vorms, het n onkonvensionele kunsvorm in Preller se tyd geskep. Die invloed van kulture buite suidelike Afrika kan gesien word in werke soos Christ head (1952) en Adam and Eve (1955) [sien Hoofstuk 5 van die Graad 10-boek en Hoofstuk 4 van die Graad 11-boek].

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Sy vroe kunswerke is duidelik benvloed deur sy belangstelling in Van Gogh en Gauguin se werke asook in di van Irma Stern. Dit toon n romantiseerde beeld van die lewe in Afrika soos gesien kan word in Gauguin se weergawes van Tahiti. Deur Preller se meer intensiewe blootstelling aan n hoeveelheid verskillende tradisionele kulture, insluitend die van Egipte en Griekeland, het hy n nuwe skilderstyl ontwikkel. Dit was veral tydens sy besoeke aan die Ndebele-mense wat hy benvloed is deur hul gebruik van kleur, vereenvoudigde geometriese patrone en vorms, asook hul sterk gebruik van kleur en unieke simbolisme. Gevolglik is hierdie aspekte in sy persoonlike visuele taal opgeneem.

BE

EL

Fotos wat deur Constance Stuart Larabee in die 1950s geneem is, was n bron van inspirasie vir Preller. In hierdie foto dra n Ndebele-vrou n uitrusting wat in elke aspek as tradisioneel beskou kan word.

Alexis Preller. Grand Mapogga II. 1957.Olie op doek. Die ooreenkoms van die algemene vorm van die vrou in Preller se skildery met die van die vrou in Larabee se foto is opvallend. Preller het progressief die figuur van die Mapoggavrou gestileer van hy begin het om skilderye van hulle te maak. Dit is nie slegs die vorm nie, maar ook die liggaamshouding wat n simbool van Preller se skilderye geword het. Die weergawes van die vroue wat hy uitgebeeld het, stel n ikoniese simbool van die NdebEle-kultuur voor. Van al sy weergawes van die Grand Mapogga is hierdie een die kleurvolste. In die omliggende omgewing van n opstal, neem hierdie figuur die status van n Moedergodin aan. Die mure is versier in die tradisionele Ndebele-styl. n Wit kleed is oor die boom in die agtergrond gedrapeer. Dit stel voor dat die jong mans van die familie na die rituele inisiasie toe gegaan het wat na die somerren plaasvind. As n trotse aanduiding dat n lid van hul huishouding afwesig is tydens inisiasieseremonies, maak die gesin n wit kleed aan die paal langsaan die huis vas. Preller sluit ook n persoonlike interpretasie in van die belangrikheid van die seremonile periode wat ingegaan word deur die insluiting van n drietandige banier wat uit dun takke agter die vrou is.

67
DAlexis Preller. Seated Couple. 16de tot 19de eeu. Hout en metaal. Mali.

EgungunmaskER. Yoruba. Nigeria.

Alexis Preller. Christ Head. Helmmasker. 1952. Alexis Preller. Adam and Eve. 1955. Olie op doek.

CECIL SKOTNES (1926-2009) As n student is Skotnes benvloed deur die groot belangstelling in Afrika-kuns onder die leiding van die kunsgeskiedenisleraar, dr. Maria Stein-Lessing, aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy belangstelling is verder ontwikkel toe hy Egon Guenther ontmoet het, n versamelaar van tradisionele Wes- en NoordAfrika kuns wat hom bekend gestel het aan die maak van houtsnee-afdrukke. Die parallelle verbonde aan die tegniek om in hout te graveer het Afrika-kuns nie slegs in die algemeen met ander kuns verbind nie, maar ook aan Gauguin en die invloedryke Duitse Ekspressioniste se werk.

VO

Na Skotnes met tradisionele houtsnee-afdrukke begin het, het hy die verdere potensiaal besef om blokke as kunswerke te gebruik. Hy het eerste sy gravering gedruk en dan sou hy die uitgesnyde areas invul met marmerpoeier en gekleurde oksiedes. Die verhefte oppervlaktes is dan met n laag swart ink bedek wat n gebrandskilderde glaseffek veroorsaak het. Hierdie tegniek is verder ontwikkel soos Skotnes begin het om die reliftegniek om in hout te graveer, wat beeldhouagtig, linir en teksturueel is met olieskilder te kombineer. Die kenmerke van sy werke verwys oor die algemeen na Afrika-kuns in die sin dat figure vereenvoudig, antropomorfies en soms abstrak is en gesigte uitbeeld wat maskeragtig is en wat geen verwysings na spesifieke individue het nie. Sy gebruik van enorme, organiese vorms, sterk grafiese lyne en natuurlike aardse kleure word ook beskou dat dit deur Afrika benvloed is. Skotnes het ook verwys na invloede deur Picasso en

OR

BE
Cecil Skotnes. Captive. 1964. Skildery op ingesnyde paneel. Cecil Skotnes. KING. 1964. Skildery op ingesnyde paneel. VISUeLe kunste GRAAD 12

EL

68 Henry Moore in sy werk, wat ook verwant is aan die sterk verbinding met Afrika. Sy werke word deur Harmsen, n SuidAfrikaanse kunskenner, beskryf as die ontlokking van die beliggaming van argaese Afrika en stel primitiewe vorms voor. Berman het ges dat Skotnes die gees van Afrika ingedring het wat gevorm is deur antropomorfiese oortuigings, voorouerkultusse en die sielkundige onmiddellikheid van spirituele teenwoordighede. Skotnes se styl en temas is duidelik gewortel in Afrika en spreek n verskeidenheid aspekte aan. Sy voorstelling van landskap as n eksistensile ondervinding is sigbaar in baie van die wye landskappe uitgebeeld sonder mense, diere of bome. Skotnes se bewustheid van spiritualiteit deur sy gebruik van universele simbole kan gesien word in werke soos Figures in a metaphysical landscape, 1985. Sy analise van menslikheid, om na magstrukture te kyk en gevolglik die politieke stryd in Suid-Afrika te impliseer, is duidelik in werke soos King, 1964, The citizens, 1969, The censors, Martyr en Captive. Hy het ook na historiese gebeure verwys in werke soos The assassination of Shaka, 1973, Visit to a battle site, 1974 1975 en 1820 Settlers, 1984 1986, waarin politieke kwessies ook algemeen voorkom. Skotnes se invloed op Suid-Afrikaanse kunsgeskiedenis is verreikend, aangesien hy belangrik was om Polly Street as n kunssentrum te vestig gedurende n tyd toe daar min ander geleenthede vir verdere opvoeding vir Swart mense was. Hy was ook n stigterslid van die Amadlozigroep, n groep kunstenaars wie se werk hul belangstelling daarin gewys het om Europese en Afrika-tradisies te kombineer.
Cecil Skotnes. Figures in a Metaphysical Landscape. 1985.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Cecil Skotnes. The Assassination of Shaka. 1973. Reeks van 43 kleurhoutsnee-afdrukke. In hierdie reeks was Skotnes bemoei met een van die magtigste narratiewe in Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die storie agter die moord op die groot Zoeloe-koning Shaka in 1928 was taamlik onbekend onder nie-Zoeloesprekende SuidAfrikaners. SKOTNES het Shaka uitgebeeld as n heldhaftige figuur. Die werk het n bydra gelewer tot die verskuiwing in publieke houdings en kennis oor hierdie historiese figuur. n Swart-en-wit houtsnee-afdruk wat deel is van The assassination of Shaka-reeks.

BE

EL

69 EDUARDO VILLA (1915-2011) Villa is in Itali gebore en het later daar opleiding as n beeldhouer ontvang. Na hy as n oorlogsgevangene in SuidAfrika aangehou is, het hy besluit om hier te bly. Sy werk weerspiel dus n sterk Europese agtergrond wat hy tydens sy opleiding ontvang het, asook die invloed wat dit op hom gehad het om in Suid-Afrika te woon gedurende n tyd toe kunstenaars gretig was om die impak van Europa en Afrika in hul werke te verbind. Wanneer die ontwikkeling van Villa se werke oorweeg word, lyk dit of die invloed van Afrika verwant is aan die inspirasie wat hy geput het uit Picasso se Kubistiese werke, Henry Moore se vereenvoudigde en emblematiese voorstellings van menslikheid en die abstrakte werke van David Smith. Sy vroe werke is relatiewe konvensionele eksperimente met Eduardo Villa. Head. 1964. BronS. abstraksie. Die verandering in Villa se benadering het in die Die invloed van Afrika-kuns en Kubisme deur fragmentasie en vereenvoudiging van die 1950s n aanvang geneem toe hy begin het om staal-afvalstukke die menslike gesig, is sigbaar in Villa se geometriese met snyvlakke wat aan sy vroe werke saam te swys. Hierdie ontwikkeling het nuwe wrelde vir Villa styl herinner. tot gevolg gehad omdat hy nou in nog n tegniek gewerk het wat die teenoorgestelde van tradisionele beeldhoutegniek wat substraktief is was. Die gebruik van staal en yster as mediums was ook revolusionr en is beskou as n belangrike medium tot progressiewe beeldhouwerk in die Westerse wreld. Villa se werke toon duidelik Afrika-invloede in sy gebruik van linire en geometries gefaseteerde strukture. In Mapogga woman (1964) wat die invloed van fragmentasie wat in Kubistiese werke gesien word voorstel, beeld hy ook die stileerde konsep van Afrika-identiteit uit wat ook deel is van Alexis Preller se werke. Die figuur se dominante vorm is soos n kolom. Dit is nouer aan die bokant met die liggaamsdele wat tot n reeks vorms vereenvoudig is. n Sfeer stel die kop en mond voor met n reghoekige verdeling wat die neus en mond voorstel. Die ornamentele versiering rondom die nek het geometriese vorms geword en die borste is oneweredig gespasieerde halwe bolle. Die kombers oor die skouers is ook vereenvoudig tot n basiese geometriese vorm. Villa bied die kyker n abstrakte indruk van n persoon. Die idee is nie om persoonlike inligting te wys nie, maar eerder om n simboliese interpretasie oor te dra. n Latere werk, Confrontation (1978), is selfs meer van n abstraksie, maar soos meeste van Villa se werke is dit nooit heeltemal verteenwoordigend nie. Die kombinasie van modulre buise, halfsilinders en reghoeke in verskillende groottes en hoogtes word gerangskik om n gevoel van beweging voor te stel binne die struktuur wat onstabiliteit voorstel. Vanwe die titel suggereer hierdie vertikale vorms n groep mense. Die vorms wat die koppe voorstel, verwys ook na die titel omdat sommige van hulle teen n hoek staan en dit die kyker herinner aan n verbale argument. Die verskeie figure word almal teen verskillende afstande van mekaar af gerangskik, wat bydra tot die gevoel van friksie tussen die figure. Aangesien die werke kort na die 1976-oproere geskep is, is dit een van Villa se persoonlike reaksies op die situasie in die land. Al is die stelling versigtig, is dit n bewys van die kunstenaar se betrokkenheid in die land.
VISUeLe kunste GRAAD 12

VO

OR

BE
Eduardo Villa. Mapogga Woman. 1964. BronS.

EL

70
Eduardo Villa. Confrontation. 1978. StAAl. Die twee installasieaansigte van hierdie beeldhouwerk toon die belangrikheid daarvan om rondom n driedimensionele werk te beweeg om die totale effek wat deur die beeldhouwerker bedoel is te ondervind.

SYDNEY KUMALO (1935-1988) In 1952 het Kumalo kunsklasse by die Polly Street kunssentrum bygewoon en was hy een van die eerste studente wat in beeldhouwerk gespesialiseer het. Skotnes en Guenther het vir hom die tradisionele beeldhouwerke van Wes-, Noord- en Sentraal-Afrika gewys. Tesame met die blootstelling aan Westerse kunstenaars soos Matisse, Picasso, Henry Moore en Lyn Chadwick, het dit alles n groot invloed op sy werk gehad. Na hy aanvanklik in klei gewerk het, is hy aan beeldhoukuns in metaal bekend gestel deur Eduardo Villa, saam met wie hy vir n ruk studeer het. Villa het Kumalo aangemoedig om die invloed van tradisionele Afrika-beeldhouwerk te gebruik.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

In sy vroe werke het hy slegs met terracotta-klei gewerk wat dan in n oond gebak is. Hy het begin om n beeldhouwerk te konstrueer deur dit in die vorm wat hy wou gehad het te modelleer. Hy sou dit dan laat droog word en dan in die klei, wat so hard soos leer was, begin kerf. Dit het aan sy werke die tekstuur van houtkerfwerk gegee wat verband hou met die invloed van tradisionele Afrika-beeldhouwerke wat slegs van hout gemaak is. Toe sy werke later in brons gegiet is, is hierdie ooreenkoms met hout versterk deur die kleur van die medium wat hy gebruik het. Regdeur sy loopbaan het hy n beheptheid daarmee gehad om mense en diere as basiese vorms uit te beeld. Sy keuses van onderwerpe het n universele verwysingsraamwerk getoon, aangesien dit deur n wye reeks bronne benvloed

is. Oorheersende idees van die mensdom en diere, en die verhouding tussen die twee onderwerpe, word as simboliese interpretasies uitgebeeld wat hy in soliede, kompakte figure en vereenvoudigde vorms voorgestel het. Sy werke het n enorme kwaliteit aan hulle, selfs al is hulle nie groot nie. Die stilasie van die mens- en dierevorms toon die invloede van abstraksie soos oor die algemeen gesien kan word in tradisionele Afrikabeeldhouwerke wat ook Westerse kunstenaars benvloed het om die modernistiese tradisie, soos gesien in Kubisme, te ontwikkel. Afgesien van hierdie invloed van Europese modernisme, kan sy werke ook genterpreteer word as n soeke vir sy Afrika-wortels en identiteit. As n man wat van n stedelike omgewing afkomstig was, is sy onderwerpmateriaal ook genterpreteer as n verklaring dat hy nie die spirituele erfenis van sy mense vergeet het nie.
Sydney Kumalo. Dancing Woman. Ongedateer. Brons. Kumalo se belangstelling in Afrika en Westerse beeldhouwerk is sigbaar in n werk soos hierdie een. Die dansende figuur staan op n teenaanstellende manier, n houding wat integraal is van Westerse beeldhouwerk, maar wat selde in Afrikabeeldhouwerk gesien word waarin n figuur gewoonlik gesien sou word as simmetries in die vooraansig. Die kontrasterende behandeling van die abstrakte regterbeen en gedefinieerde bors, en die meer naturalistiese linkerbeen en abstrakte arm, weerspiel Kumalo se eie worsteling met die dinamiese interaksie tussen die verteenwoordigende en abstrakte behandeling van vorm in Afrika- en Westerse beeldhouwerk. Die ritme en beweging van die dansende figuur word beklemtoon deur die duidelik hangskouers en verskillende vorms van die bene, terwyl die gesig, wat na bo gedraai is, gefokus is en op iets konsentreer, dalk veraf musiek. Hierdie beeldhouwerk het n yslikheid wat sy hoogte van 72 cm weerspreek, waarskynlik vir redes verwant aan die volgende waarneming deur Kumalo, Die Afrika-mense is swaar mense en ek het nog altyd hierdie swaarheid (van hulle) bewonder.

OR

BE

EL

Eduardo Villa. Confrontation. 1978. StAAl.

71

Sydney Kumalo. Madala. 1979. Brons.

Sydney Kumalo. Head. 1965. Brons.

HELEN SEBIDI (1943-)

VO

Sebidi se vroe werke is naturalistiese voorstellings van landelike tonele wat die daaglikse take van vroue uitbeeld, aook die van skaapwagters en werkers in die velde. Hierdie konvensionele werke is utopiese uitbeeldings van die tradisionele, landelike lewe van Swart mense. Dit word as utopies beskou, omdat dit hul daaglikse lewens toon sonder die probleme wat ondervind word in hul vernederende samelewing wat deur Apartheid veroorsaak is nie. Die werke is ook deel van haar proses van groei as n kunstenaar en toon haar beheptheid daarmee om haar tegniese vaardighede as n kunstenaar te ontwikkel. Dit is haar latere werke, wat vanaf die 1980s geskep is toe sy die Alexandra kunssentrum bygewoon het, wat bewys is van haar eksperimentele ekspressiewe houding.

OR

Haar ekspressiewe tekeninge is gemengde media collages wat die intense ondervindings van townshiplewe in die 80s voorstel. Sy het hierdie beelde gekombineer met die agtergrond van die temas en simbolisme van die tradisionele lewe. Deur nie volgens n realisteise tradisie te werk nie, het sy haarself bevry en was sy in staat om die prente-oppervlak te verfyn deur dit te vul met figure, ledemate, diere en voorwerpe sonder om driedimensionele ruimte in ag te neem. Sy het baie tekeninge herwerk deur stukke uit te skeur en om fragmente van ander tekeninge daarop te collage. Die komposisies is verwant aan ondervindings van verplasing, verwarring en oorbevolkte plekke. Deur die visuele effekte en titels van haar werk, het Sebedi n persoonlike reaksie tot haar werk geskep wat n mengsel is van haar tradisionele Setswana agtergrond en die

BE
Helen Sebidi. Rural Scene. 1981. Olie op bord. In hierdie naturalistiese weergawe van vroue in n landelike omgewing trek Sebedi aandag na die ondervinding van die oop landskap. Die drie figure word eweredig gespasieer wat n diagonale lyn van die regterkant van die komposisie af vorm. Dit word teengewerk deur die lyn van die heuwel wat inbeur van die linkerkant af. Die voue in hul klere weerspiel ook die voue in die landskap. Hierdie tradisionele toneel trek die aandag na die daaglikse lewe van die vroue en nie na hul individuele identiteite nie. Die klem is op die rol van die vrou wat kinders grootmaak en op huishoudelike take, soos om water te gaan haal. Die feit dat die water in kleipotte gedra word, beklemtoon verder hul tradisionele afkoms. VISUeLe kunste GRAAD 12

Sebidi se kinderjare is gevorm deur die kombinasie van Setswana-tradisies en Christelike oortuigings. Sy is deur haar ouma in landelike Marapyane, noord van Pretoria, grootgemaak. Hoewel dit nie n tipiese Tswana-kunstradisie is nie, was haar ouma bekend as n muurskilderykunstenaar, wat gevolglik Sebidi se eerste artistieke invloed was.

EL

Sydney Kumalo. Ecstatic woman. 1965. Brons.

72 radikale veranderings wat deur verstedeliking en Apartheid veroorsaak is. In die werk The childs mother holds the sharp side of the knife, verduidelik Sebidi dit soos volg: Ek sien n vrou wat vasgeketting is, wat haar tradisie agter haar trek. In ons taal s hulle altyd joune is joune. Jy moet dit hanteer, jy moet so wees, moenie laat gaan nie In Afrika-tradisie s hulle dat dit dit die vrou is wat die skerp kant van die mes vashou. Hier hou die vrou die mes op hierdie manier vas en sy s dit is wat ek moet doen, en dit is my manier. Haar werke is nie slegs kommentaar oor die verwoesting van sosiale verandering op Swart mense in die algemeen nie. Sy beklemtoon die rol van vroue wat op hul eie die verantwoordelikheid geneem het om vir hul kinders te sorg in die verwaarloosde omgewing van Apartheid-townships.
Helen Sebidi. Where is my home? The mischief of the township. 1988. Pastel en kollage op papier. Verplasing en verwarring is die newe-effekte van verstedeliking. Die verliese van tradisionele oortuigings en waardes het die gevoel geskep dat mense nrens behoort het nie. Sebedi se werk is n ekspressiewe uitbeelding van dit wat sy eerstehands ondervind het.

WALTER OLTMANN (1960-) Nadat hy besluit het om eerder met draad te werk in plaas van die duur medium van staal, het Oltman kunswerke uit gewone, maar onkonvensionele materiale geskep. Dit het die weg gebaan vir die ontwikkeling van verdere geweefde werke waarin gewone voorwerpe omskep is. Die tegniek van weef met draad is uiters arbeidsintensief, maar baie doeltreffend in terme van die transformatiewe kwaliteite van die medium. Hoewel Oltman nie spesifiek bewus was van die gebruik van tradisionele Suid-Afrikaanse mandjieweef as n invloed op sy keuse van tegniek op daardie tyd nie, onthou hy dat hy gesien het hoe mense mandjies in KwaZulu-Natal vleg en na n mark toe gegaan het waar hierdie geweefde produkte wat in n informele handvlytskool gemaak is, verkoop is. Toe hy begin het om die draadweeftegniek te gebruik, het sy onderwerpe verband gehou met die modernistiese ondersoek van abstrakte vorms, soos gesien in die werke van kunstenaars soos Robert Smithson en Richard Long. Oltmann se ontwikkeling van sy vermo om die tegniek ten volle te gebruik, het moontlikhede laat ontstaan om aspekte te verken soos die dekoratiewe en teksturele kwaliteite van draad. Uiteindelik het hy n belangstelling ontwikkel in meer figuratiewe werk. Aangesien Oltman bewus geraak het van die implikasies om draadweef as n tegniek te gebruik, het dit beteken dat hy ook begin het om die idee te verken om die medium as deel van die boodskap te gebruik. Hy sou

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE
Helen Sebidi. The childs mother holds the sharp side of the knife. 1988 1989. Pastel op papier. Walter Oltmann. Shoring. 2007. Aliminiumdraad en rotse. Skoring/stutwerk is n algemene term wat in konstruksie gebruik word om die proses te beskryf om n struktuur te ondersteun om te voorkom dat dit inmekaar tuimel sodat die konstruksie kan voortgaan. Binne die beperkings van die sterk, ronde formaat van die werk lyk dit of die algehele en chaotiese kombinasie van natuurlike vorms gekeer moet word om uit te val. Die hande, wat nie aan die liggaam verbind is nie, lyk of hulle alles bymekaar hou. Die verskeidenheid van ingewikkelde teksture en vorms wat geskep is deur die tydrowende weeftegniek, gekombineer met die effek van die kleur van die medium, gee die werk n gevoel van onvernietigbaarheid en dat dit gevolglik uiters simbolies is.

EL

73 voorwerpe skep wat nie in ooreenstemming was met die tekstuur en interpretasie van die tegniek nie, soos ingewikkelde draadkantwerk wat gebruik word om n geweer te vorm. Hoewel die tegniek van mandjieweef vrouewerk geword het, is draadweef steeds n praktyk wat ook deur mans gebruik word. Soortgelyk aan mandjieweef, is daar n proses betrokke wat draaiwerk en omstiksel insluit. Oltman het sy belangstelling in die uitruiling tussen kulture in die keuse van die tegniek erken, wat gesien word as handwerk wat beoefen word deur die amaZoeloe, amaXhosa en baSotho wat inheems aan suidelike Afrika is, terwyl sy onderwerpe benvloed is deur sy studie van Westerse kunshistoriese kwessies. Volgens Oltmann: Ek het industrile materiale op so n manier gemanipuleer dat dit hulle voorafvervaardigde aard weerspreek deur die handgemaakte proses te beklemtoon. Dus gebruik ek die linire kwaliteite van hierdie materiale om verskeie vorms en oppervlaktes te skep deur tegnieke wat parallel is aan handwerk. Ek het baie genteresseerd begin word in die uitruiling tussen kulture in Suid-Afrika en my beeldhouwerke en tekeninge is dikwels n voorstelling en erkenning van die (verskillende soorte) handwerk van Afrika. Hy behandel kwessies soos skaal, ellende, gevoelens van fobia, Bybelse temas en die transformasie van voorwerpe in sy werk. Saam met dit kombineer hy dit wat tradisioneel as kuns en handwerk beskou kan word, en skep hy uiteindelik n soort spanning in sy werk vanwe die teenstellende interpretasies van die twee kwessies. Hy beskou ook die gebruik van die metaalagtige glans van die draad as beduidend deur media te kies soos aliminium, koper, geelkoper en brons om n ikoniese gevoel in alledaagse voorwerpe te skep.

IRMA STERN

VO

Ek het soekend deur die wreld geswerf om op te daag by die oorsprong by skoonheid by waarheid weg van die leuens van elke dag en my begeerte was vuurwarm toe het die donkerte verdwyn en ek het gestaan by die bron van die Begin Paradys.
Irma Stern (1894 - 1966) is in Schweizer-Reneke gebore. Haar ouers was Duitse Jode. Hulle het gereeld tussen Duitsland en Suid-Afrika gereis. Na sy by n spesiale klas vir vroue by die Weimar Akademie in 1913 begin skep het, het sy by n skilderateljee in 1916 aangesluit waar sy onder leiding van die kunstenaar Martin Brandenburg gewerk het. Hy het haar benvloed om in olie te begin skilder, om sterk kleure te gebruik en het haar aan meer kontemporre kunstenaars voorgestel. Gedurende 1916 het sy die Duitse Ekspressionis Max Pechstein ontmoet wat haar aangemoedig het en wat haar eerste solo-uitstalling in 1919 gerel het. In 1933 het sy in Kaapstad gaan bly en dit gebruik as n basis van waar sy na Afrika en Europa gereis het. Haar reise na plekke soos die Transkei, KwaZulu-Natal, Swaziland, Mosambiek, die Kongo, Senegal, Dakar en Zanzibar spreek van haar selfversekerde karakter en intense belangstelling in die verskeidenheid kulture in Afrika. Sy is in 1966 in Kaapstad oorlede.
VISUeLe kunste GRAAD 12

OR

BE

EL

Walter Oltmann. Caterpillar Suit I and III. 2007.

Die menslike vorm van hierdie pakke wat na larwes verwys, is n metafoor van persoonlike veranderings wat spiritueel of fisies kan wees. Die gebruik van verskillend gekleurde mediums suggereer verandering, net soos die verskil in teksture en vorms ook op verandering dui.

74

Die begin van Stern se Ekspressionistiese skilderstyl


Hoewel Stern haar skilderloopbaan in n Impressionistiese styl begin het, het sy verveeld geraak met hierdie manier van skilder toe sy besluit het dat sy voltyds n kunstenaar wou word. Die eerste skildery wat duidelik sigbare veranderinge in haar tegniek toon, is die beroemde werk, The eternal child. Hierdie skildery is nie n tipiese Ekspressionistiese werk in die Duitse sin van die woord nie, maar dit bevat sigbare elemente van verandering in vergelyking met haar vroere skilderstyl. Nadat Stern die meisie op n trein gesien het terwyl sy in Duitsland gereis het, het sy hierdie skildery uit haar geheue geskep en in n meer vereenvoudigde manier uitgebeeld. Dit is sigbaar in hierdie skildery dat sy vry gevoel het om die werklikheid op haar eie manier te interpreteer. Die broosheid van die kind word duidelik uitgebeeld deur die vergrote kop en klein liggaam van die figuur. Haar wye, starende o is direk op die kyker gerig. Hoewel daar n glinstering in haar o is, is haar uitdrukking ingeto en versigtig. Haar beenagtige hande hou n klein bos blomme vas wat haar broosheid verder beklemtoon. Stern dra haar sensitiwiteit oor die skade wat deur die oorlog aangerig is deur die weersloosheid van die brose kind te kontrasteer met die jeugdige lig in haar o en die hoopvolle simbool van lewe in die bos blomme. Hoewel The eternal child nie sterk vorms en helder kleure het soos ander ekspressionistiese werke bevat nie, ontlok dit n sterk reaksie. Die bekende ekspressionis, Max Pechstein het die werk geloof aangesien hy die begin van n persoonlike visuele taal in Stern se skilderstyl waargeneem het.

BE
n Brief vanaf Pechstein aan Stern met grof getekende versiering.

Op daardie stadium was Pechstein n gerespekteerde kunstenaar en n lid van Die Brcke. Hy het ook n ekspidisie na die Palau-eilande onderneem op soek na primitivisme. Sy werk is ook sterk benvloed deur Matisse se kleurteorie en idees oor die eenheid van ontwerp en komposisie in skilderye. Hierdie aspekte is ook oorgedra aan Irma Stern en het gevolglik haar kuns baie benvloed. Haar verbintenis tot en sterk belangstelling in Afrika is versterk deur Pechstein se idee dat hy op soek was na die ideaal van menslikheid in harmonie met die natuur. n Ander invloed op haar styl was dat sy minder staatgemaak het op studies van die werklikheid en eerder van geheue gewerk het. Dit het toegelaat dat haar verbeelding n sterker invloed op haar werk gehad het.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

EL
Irma Stern. Nude Study. 1916. Olie op doek. In hierdie naturalistiese figuurstudie lyk die natuurlike omgewing soos n soort paradys en dus kan die werk verwys na Eva wat die verbode vrugte pluk. Irma Stern. Eternal Child. 1916. Olie op doek.

75
Max Pechstein. African wood sculptures. 1919. Olie op doek. Die gebruik van die helder kontrasterende kleure rooi, groen, geel, blou, pienk, pers, swart en wit in grof aangewende kwashale en plat kleuroppervlaktes is kenmerkend van die Duitse Eksressionistiese styl. Die gebruik van Afrika-beeldhouwerke as onderwerpe is bewys van die direkte invloed van Afrika-kuns op Pechstein se werk.

VO

En ek het vanuit n brandende Europe gevlug na die land van skaars kleure; Ek is op die pad na die interieur van die Belgiese Kongo. Die Kongo is nog altyd vir my die simbool van Afrika, die ware hart van Afrika. Die geluid Kongo laat my bloed dans met die vreugde van opwinding; dit lei my na veraf inheemse dromme en swaar tropiese riviere wat vloei, die water daarin is borrelende mistiese dieptes;

OR
Irma Stern. Rest. 1927. Olie op doek.

ONDERWERPE / TEMAS IN STERN SE KUNSWERKE: Hoewel Stern se agtergrond en opleiding Europees was, en haar grootste stilistiese invloed die Duitse Ekspressioniste was, is haar onderwerpe meestal aan Afrika verbind. Haar reise in Afrika het haar genoeg materiaal gegee om haar aan die skilder te hou gedurende die hoogtepunt van haar loopbaan. Sy het ook artefakte van Afrika versamel wat in baie van haar werke voorkom. In haar visuele dagboek, wat in haar huis gekry is na haar dood, is daar baie waterverfskilderye en allegoriese geskrifte wat haar diepste gevoelens oordra. Die volgende uittreksels toon haar gevoelens oor Europa en Afrika, asook haar ervarings as n moderne kunstenaar:

BE
Irma Stern. Mother and child. 1947. Olie op doek. Stern het n kennis gebruik om te poseer vir haar weergawe van n Christelike onderwerp, die Maagd Maria en Jesus. VISUeLe kunste GRAAD 12

Hoe vreemd is dit dat ek n wit vel gehad het hoe vreemd dat ek met klere bedek was, hoe vreemd dat ek ontroer is deur n duisend inheemse mense, maar sonder grense, slegs met my verlange, wat n mate van n tuiste gevind het; Ek het al hierdie skoonheid huis toe na Europa toe geneem na die arm en sonverhongerde mense en hul het my daarvoor bedank, maar hartseer en liefde het my siel siek gemaak.

Die groot skildery is tipies van Stern se visie van Afrika as n idilliese paradys wat Gauguin se voorstellings van Tahiti oproep. Die figure se houdings is soortgelyk aan die odaliks-skilderye in die Westerse tradisie wat die beliggaming/verpersoonliking van die westerse idee van Skoonheid was.

EL

Bladsye uit Irma Stern se joernaal. In Duits geskryf: En ek het vanuit n brandende Europa gevlug na die land van skaars kleure.

76 Temas en onderwerpe wat herhalend in Stern se werke voorkom, is vroue, vrugbaarheid, rituele, moeders en kinders, oestyd, arbeiders en stilleefskilderye waarin n gevoel van oorvloed sigbaar beklemtoon word. Haar gebruik van ryk en helder kleure en teksture kan ook gesien word as n onderliggende tema wat sy as deel van Afrika gedentifiseer het. Stern se visuele verbeelding en sielkundige karakter het haar ondervinding van die wreld benvloed. Sy het nooit die wreld rondom haar direk weergegee nie, maar het eerder haar indruk daarvan voorgestel deur die taal van skilder. Stern se indrukke van Afrika en die mense wat op die kontinent gebly het, is kenmerkend van die siening wat deur n buitestaander oorgedra word. Sy het nie probeer om die spirituele wese of die persoonlike karakter van die mense te ondersoek nie, maar eerder, volgens Berman, het sy die waarheid gesien as die lewe en skoonheid wat sy aangetref het in die visuele oorvloed van kleure, patrone en figure van Afrika. Hoewel sy gekritiseer kan word vir hierdie eenkantige opvatting wat sy voorgestel het, was sy ook passievol oor die onderwerpe wat sy besluit het om te skilder en het Stern nooit mense op n neerhalende manier uitgebeeld nie. ALGEMENE EIENSKAPPE VAN STERN SE WERK

Irma Stern. Malay Wedding. 1957. Olie op doek. Hierdie is een van n verskeidenheid skilderye waarin Stern huweliksrituele as onderwerpe gebruik het. Hierdie uiters stileerde voorstelling gee n idee van die erns van die geleentheid.

Marion Arnold se beskrywing van Stern se werkproses bied insig in Stern se sukses om vry en spontane eindprodukte te lewer: (in haar werke wat gedurende die die laat 40s en vroe 50s geskep is). Sy het verf met n mes aangewend en die pigmente op die bord gesmeer en het laasgenoemde lig gekleur of die natuurlike kleur van die hout het bygedra tot die verskillende grade van kleur wat deurskyn Sy het eers met verf geteken en het n voorkeur vir verdunde blou kleure gehad gewoonlik kobaltblou en soms ultramaryn. Naby inspeksie van haar skilderye onthul hierdie blou onderlaag (in baie van haar werke). Stern se vroe Ekspressionistiese metode van skilder het dik impasto-lae van verf ingesluit, wat sy n 1960 laat vaar het toe sy in dun kwashale begin verf het. Sy het groot areas helder, kontrasterende kleure aangewend. Die tekstuur van haar aanwending van verf en die vibrerende kleure het n sterk, optiese gevoel aan haar skilderye gegee. Die sigbaarheid van aparte kwashale het bygedra tot die bewegingskwaliteite in haar skilderwerk.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE
(Links) Irma Stern. Swahili Woman. 1939. Houtskool. (Bo) Irma Stern. Arabian Man. Dakar. 1938. Houtskool. Stern se oorvloed van portrettekeninge spreek van haar konstante belangstelling in mense se voorkoms. Die tekeninge toon haar selfversekerde tegniek en haar vermo om die wese van individuele kenmerke vas te vang.

EL

77

Deur haar begrip van die mag wat in die uitdrukking van kleur is, het sy die illusie van ruimte op n plat oppervlak geskep deur kontrasterende kleure langs mekaar te plaas. Sy het ook baie aandag aan die komposisie gegee deur vorms en kleure op n dekoratiewe manier op die prentoppervlak te kombineer. Dit het haar gebruik van sterk, donker buitelyne in haar komposisies versterk. Die fyn afgewerkte rame wat Stern vir sommige van haar skilderye gebruik het, kan gesien word in die twee gellustreerde voorbeelde. Stern is een van die min kunstenaars wie se werk nie oorweldig word deur hierdie ingewikkelde ornamentele rame nie. Sy het hulle onverbiddelik geskep deur deure wat in hout gekerf was en wat van Zanzibar afkomstig was, uitmekaar te haal. As deel van die erfenis van Zanzibar, is dit vandag selfs onwettig om hierdie deure uit te voer. Ten spyte daarvan, dra die oordadige rame by tot die idee dat Stern se werk beskou kan word as n samesmelting van Afrika- en Arabiese visuele kultuur.

OR

Irma Stern. Bibi Azziza Biata Jaffer. Courtesan of the Sultana of Zanzibar. 1939. Olie op doek.

VO

Hierdie is een van baie skilderye waarin Stern haar fassinasie met Oostelike invloede uitdruk, van dit wat sy gesien het tydens haar reise in Afrika. Hierdie portret idealiseer en verteenwoordig die karakter van die vrou wat in beheer is van die Sultan se harem. Sy beeld die selfversekerde, indrukwekkende vrou uit wat droomverlore is. Die posisie van die figuur wat sentraal is tot die Oostelike argitektuur agter Stern se onderwerp, is n sprekende voorstelling van haar posisie as n vrou binne hierdie kultuur.

VOORBEELDE VAN STERN SE WERKE Pondo Woman (1929) Stern het baie portrette in haar leeftyd geskep. In die werke waarin sy mense van ander kulture uitbeeld, was sy meer daarin genteresseerd om die mense se kultuur uit te beeld, eerder as die mense as individue. Die mens se visuele voorkoms was belangrik vir Stern en dus stel baie van haar portrette tipes mense voor. Meeste van haar werke se titels is n weerspieling van die etniese groep waaruit die persoon afkomstig is eerder as hul name. Dit is bewys van die weerstand wat Stern gehad het om die individu se persoonlikheid verder te ondersoek. Die werk Pondo woman (1929) is n voorbeeld van n figuurstudie waar die vereenvoudigde gesigskenmerke, haarstyl, dekoratiewe kralewerke en tradisionele klere die

BE

EL
Irma Stern. Congo Landscape. 1945. Olie op doek. Hoewel Stern nie so bekend is vir haar landskapskilerye nie, het sy baie van hulle deur haar loopbaan geskep. Hierdie werke is n aantekening van haar uitgebreide reise en is dus benvoed deur haar opvattings oor die plekke waarheen sy gereis het. Die ekspressiewe reaksie tot die digte en ongesteurde aard van die Kongo is sigbaar in haar werk, Congo landscape (1945). In hierdie werk word die oorvloed van blare en kleure van die ondeurdringbare oerwoud oorgedra deur n kombinasie van groot en klein kwashale met langer snysels van kleur. Irma Stern. Pondo Woman. 1929. Olie op doek. VISUeLe kunste GRAAD 12

78 voorstelling van die vrou domineer. Stern het die skoonheid van dit wat sy waargeneem het weergegee in die gesigskenmerke van hierdie tradisionele Pondo-vrou deur die ekspressiewe vergroting van haar o, neus, mond en die vorm van haar gesig voor te stel. Deur die houding wat Stern gebruik, is die vrou na binne gedraai. Sy is peinsend, asof sy rustend is of besig is om te dagdroom. Die feit dat die vrou afkyk, lei tot n versperring tussen haar en die kyker wat haar persoonlikheid verberg en gevolglik bydraend is tot die stereotipiese uitbeelding van die vrou. Soos met meeste van haar portret- en figuurstudies, het Stern die onderwerp sentraal in die komposisie geplaas, soortgelyk aan tradisionele Westelike portrette. Agter die figuur plaas die donker blare, vervlegte klimplante en boomstompe rondom haar, haar in n oerwoudagtige omgewing wat nie aan enige spesifieke plek verbind kan word nie. Die skilderstyl is ekspressief en sy het sterk gedefineerde donkerder buitelyne en los kwashale gebruik wat duidelik sigbaar is. Die tonale waardes is ook duidelik gedefinieer aangesien Stern sterk kontrasterende kleure gebruik het om die driedimensionaliteit van die figuur, blare en bome te beklemtoon. Die warm rooi, bruine en geel van die figuur is in kontras met die koel kleure wat in die agtergrond gebruik word. Wanneer hierdie werk met n realistiese skildery vergelyk word, is die skildery duidelik ekspressief in terme van die skilderstyl wat gebruik is. Dit is die kombinasie van hierdie verontagsaming vir realistiese detail, soos gesien in die uitbeelding van die hande van die vrou, en die feit dat sy gekies het om tradisionele Swart mense as haar onderwerpe uit te beeld, wat die kritici en die publiek briesend gemaak het toe sy gedurende die 1920s in Kaapstad en Johannesburg uitgestal het. Die polisie is gebel om kwessies van onsedelikheid te ondersoek en die opskrifte in n Johannesburgse koerant het haar uitstalling Irma Stern se Kamer van Afgryse genoem. Terwyl die konserwatiewe Suid-Afrikaanse publiek negatief reageer het, is sy in Europa geloof omdat sy die eksotiese lewens en omgewing van Afrika-mense voorgestel het. Baie jare later sou haar ongergdheid waarmee sy die ware werklikhede van die daaglikse lewe uitgebeeld het, juis die kwessie wees wat kritiek ontlok het. Ramadan (1945) Stern se fassinasie met Afrika het die groot Arabiese samelewing aan die Ooskus van Afrika ingesluit. Sy was net so bekoor met Zanzibar as met die Kongo. In n werk soos Ramadan, 1945, wat deur Esm Berman beskryf as n sleutelwerk in Stern se loopbaan, het Stern nie slegs haar ondervinding van visuele skoonheid uitgebeeld nie. In Zanzibar was Stern omring met n oorvloed kleure en dekoratiewe patrone. Gedurende een van haar verkennings in die Arabiese basaar, het sy bewus geraak van n ou man. Hy het stil gesit, weg van die geraas en die beweging, en hy was besig om te bid terwyl hy sy krale getel het. Vir Stern was hierdie toneel n openbaring, aangesien die toegewyde Islamitiese man n simbool van spiritualiteit voorgestel het. Omdat hy die godsdiensige gebedsritueel binne die chaos van n basaar uitgeoefen het sonder om daardeur gepla te wees, het Stern sy vermo beklemtoon om homself te kon isoleer. Deur werke soos hierdie een het Stern wegbeweeg daarvan om eenvoudig eksterne skoonheid uit te beeld. Die werk dra haar

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Irma Stern. Ramadan. 1945.Olie op doek.

79 begrip oor van die visuele elemente as n manier van uitdrukking om n peinsende gevoel van spiritualiteit te skep. Die figuur van die biddende man in n lang, wit hemp en met n wit tulband op sy kop, met die krale wat deur sy hande beweeg, vul die grootste area van die vertikale komposisie. Hy sit met gekromde skouers en kyk weg van die kyker en Stern se voorstelling gee die indruk dat hy n ou man is. Agter hom staan nog n ou man in n geelbruin hemp en wat n groen tulband dra. Ver in die agtergrond beweeg n skare mense in en uit die deurweg. Hierdie mense word voorgestel as anonieme vorms wat n woelige skare suggereer. Stern se gebruik van sterk buitelyne, vereenvoudigde tonale waardes en dunner, los geskilderde kwasmerke wat lyk of sy dit vinnig geskilder het, dui die ekspressiewe aard van die skildery aan. In kontras met sommige van haar ander werke, is haar keuse van kleure meer onderdruk. Die effek van die kleurskema kan verwant wees aan haar interpretasie van die spiritualiteit wat sy ondervind het deur te kyk na die gebruik van die Islamitiese geloof tydens die bedrywigheid van daaglikse lewe in Zanzibar. In die internasionaal gekonstrueerde komposisies van haar stillewes, het Irma Stern die kombinasie van vorms, kleure en teksture beheer. Wanneer daar na haar hele reeks stillewes gekyk word, is haar belangstelling om energieke weergawes van n samestelling van lewelose voorwerpe te skep duidelik. Sy het nie probeer om realistiese, geanaliseerde nabootsings vanaf n objektiewe afstand te skep nie. Haar komposisies is gewoonlik gevul met n oorvloed van natuurlike en mensgemaakte voorwerpe. Die openlike kontras van vorms en kleure is die manier waarop sy haar vaardighede ten toon gestel het en hoe sy driedimensionele diepte geskep het. Deur die kontras van kleure, tonale waardes, bewegende kwashale en die aangrensing van n verskeidenheid vorms het sy ook die waarde van haar gebruik van Ekspressionisme as n skilderstyl uitgedruk.

Still life with mask and Mask (Mau Mau) (1953)

Die invloed van n verskeidenheid kulture kan gesien word in Stern se stillewes van die verskeie voorwerpe wat sy deur haar leeftyd versamel het. Hierdie werke sluit in Oostelike, Afrika en Europese voorwerpe en tekstiele wat sy vir hul estetiese waarde gekies het. Haar gebruik van blomme, vrugte en groente was ook deel van die keuses wat sy gemaak het ten opsigte van die ekspressiewe en dekoratiewe gebruik van kleure en vorms, asook die algemene effek van oorvloed wat in haar werke uitgebeeld is. Op haar reise het Stern n indrukwekkende versameling inheemse Afrika-kunswerke opgebou. Op hierdie stadium was Europers nog nie oortuig van die estetiese waarde van hierdie voorwerpe nie. Sy het n groot versameling Afrika-maskers gehad en het sommige van hulle in haar baie stillewes gebruik. Die manier waarop hulle in die komposisies geplaas word, spreek tot Stern se weersprekende houdings teenoor Afrika. In werke soos Still life with mask and Mask (Mau Mau) is die kontras tussen die natuurlike voorwerpe en die mensgemaakte maskers treffend. Die vorms van die maskers en Irma Stern. Still life with mask and Mask (Mau Mau).1953. Olie op doek. die onheilspellende donkerheid van die skaduwees rondom hulle, is in sterk kontras met die groen vrugte en blare. Haar algehele gebruik van kleur in hierdie werk is koud en donker in vergelyking met sommige van haar ander stillewes.

VO

OR

BE

EL

VISUeLe kunste GRAAD 12

80

Irma Stern. Still Life with masks. 1954. Olie op doek.

Afrika-kunswerke uit Stern se versameling.

Een van die waardevolste voorbeelde van haar versameling, is die Kongolese houtbeeldhouwerk wat bekend staan as die Buli-stoel. Hierdie stoel is afkomstig van die dorp Buli, wat bekend geword het as n plek vanwaar n reeks beeldhouwerke van n ho kwaliteit gekom het. Hulle is vanaf ongeveer 1890 tot 1910 deur n meester gemaak. Die werk bestaan uit n vroulike steunbeeld wat waarskynlik n voorouer voorstel. Sy is verteenwoordigend van die belangrikheid van vroue in die Luba-gemeenskap omdat sy die hoofman op haar kop dra. Haar haarstyl en die merke op haar gesig is tekens van n belangrike sosiale posisie en die vergrote kop is n teken van intelligensie en dus mag. Stern het hierdie werk in n aantal van haar stillewes gebruik. In Buli stool with fruit beeld sy die stoel uit as n funksionele voorwerp, aangesien dit vrugte dra. Sy sluit nie die tradisionele simboliese waarde in as ondersteuning van die koning in hierdie weergawe van die beeld in nie, maar die belangrikheid daarvan verminder nie aangesien dit die oorheersende vorm in hierdie komposisie is. Dit toring uit bo die vrugte en kalbasse. Die fokus van die werk is die donker figuur van die Buli-stoel in silhoeet, omring deur die versameling vrugte en kalbasse. Die tafel se oppervlak aan die onderkant van die reghoekige formaat van die skildery is in kontras met die wit materiaal met die dekoratiewe afdrukke. Die idee van vroulike vrugbaarheid is deel van die simbolisme in hierdie stillewe, aangesien die vroulike standbeeld n hele vrug dra en omdat sy omring word deur die ronde, baarmoederagtige vorms van die kalbasse en die suggestiewe vorm van die halwe papaja.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Irma Stern. Buli Stool with fruit. 1952. Olie op doek.

81

Irma Stern. Still Life with Buli stool. 1940. Olie op doek.

2.2

Voltooi in jou VKS-werkboek.

VO

OR
n Kuise siening stel die visuele skoonheid sonder die armoede en swaarkry voor Benita Munitz Jy kan kyk maar jy mag nie daaraan raak nie! Ons sal nooit weet of dit die opdrag was wat Mama Stern aan haar dogter Irma gegee het nie. Maar dit lyk of dit die geval is as jy die prentebewyse van haar besoeke na Afrika beskou. Stern se intimiderende, dikwels knorrige persoonlikheid was in skrille kontras met haar alterego passievol en met onversadigbare aptyte.

LEES DIE VOLGENDE KONTEMPORRE KRITIEK VAN IRMA STERN SE WERK EN VOLTOOI DIE OPDRAGTE. Onderstreep enige woorde wat jy nie verstaan nie terwyl jy besig is om deur die stuk te lees. Slaan die betekenis in n woordeboek na en maak n nota van elkeen. Som elke paragraaf in jou eie woorde op. Verduidelik die skrywer se opinie oor Stern se werk oor die algemeen in 1 tot 2 sinne. Stem jy saam met die skrywer? Ondersteun jou antwoord deur redes te verskaf.

IRMA STERN SE ROMANSE MET AFRIKA


Afrika was so aanloklik vir Stern soos n tafel met n oorvloed kos, en eksotiese liggings het haar honger na sensuele vorms, helder kleure en misterieuse vorms gevoed. Sy het die geld gehad om te reis en sy het die energie en die passie gehad om na eksotiese onderwerpe te gaan soek. Sy het die temparementele neiging gehad om te pas by die take wat sy vir haarself gestel het en sy het gekry waarna sy gesoek het in Zanzibar, Swaziland en die Kongo. Maar hoewel die meer kleurvolle aspekte haar duidelik verlei het, dui haar verhouding met Afrika dit van n Engelse vrou uit wat die romanse geniet terwyl sy haar bene gevou gehou het. Om dit op n ander manier te stel, die Afrika wat Stern beskryf is
VISUeLe kunste GRAAD 12

BE

EL

Irma Stern. Arum Lilies. 1951. Olie op doek.

82

kuis geen armoede, geen vuilheid, geen verminkte bedelaars nie en geen sweet nie. Maar die kleure! Ons kan haar byna enigiets vergewe wanneer sy ons nooi om haar in visie van romantiese Arabiese Nagte te deel, deels gevorm deur Ekspressionistiese invloede wat soms vir Delacroix meer dikwels oproep as vir Pechstein. Tyd kan ons perspepsies verander en ons bewustheid aanpas, en deur na kuns te kyk, kan ons die verlede deur ander o sien. Stern se kuns, byvoorbeeld. In haar benadering en houdings van haar onderwerpe, onthul sy n kunstenaar wat stewig gevestig is in die koloniale vorm. En soos ons na hierdie werke kyk kan ons nou vrae vra oor hoe sy gebruik het wat sy gesien het, en hoe sy die visuele skoonheid van Afrika voorgestel het. In haar eie joernaal s sy: Ek het al hierdie skoonheid huis toe na Europa geneem Hierdie nuwe beperkte uitgawe van haar portefeulje bestaan uit 10 herproduksies van skilderye en tekeninge wat geleenthede bied om na Stern se werk te kyk sonder dat n mens se o glasig word as gevolg van haar legendariese status en sonder die prysetiket van R200 000 (di herproduksies kos n skamele R150 elk). Tegnies wil dit voorkom of hierdie afdrukke die ho standaarde het wat gestel is deur vorige uitgawes wat nou, blykbaar, versamelstukke is. Sonder die oorspronklike werke, was dit voorheen moeilik om die nabyheid van haar kleurpassing te bepaal, maar Stern se veelkleurige palet, sterk kwashale en selfversekerde lynwerk in hierdie werke word sterk oorgedra. Daar is ook die

OR VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Maar aan die ander kant van die skaal is daar n uitstekende semi-figuratiewe komposisie van 1955 wat in ryk, diep kleure gemaak is. Deur ekspressionisme in die Roualt-styl te gebruik, integreer Stern n verskeidenheid vorms wat deur haar eie Afrika-versameling genspireer is. Tussen hierdie twee uiterstes is daar n aantal prente wat beslis die guns sal wen tussen hulle is daar n landskap met minarette in die agtergrond, figuurstudies, groepstonele en portrette. Met Stern kry jy wat jy sien en haar fokus op die gehalte van prente, asook n bewegingsbenadering wat baie minder delikaat as meeste van haar tydgenote is, het haar baie ondersteuners gewen. Die bui van hierdie keuse is glad nie so uitbundig en spandabelrig soos Stern se bekende olieverfskilderye nie, maar hierdie goeie herproduksies staan met volmag as aandenkings van n oorheersende figuur in Suid-Afrikaanse kuns teen n tyd toe ons kuns, hoe goed ookal, nie in baie lande buite ons grense verwelkom is nie.

DIE VOLGENDE 3 SKILDERYE VAN PONDO-VROUE IS OOR n LANG TYDPERK DEUR IRMA STERN GESKEP. VERGELYK DIE 3 SKILDERYE DEUR DIE VOLGENDE ASPEKTE VAN HULLE TE BESPREEK: Gebruik van formele elemente soos kleur, lyn, vorm, tonale waardes, komposisie. Skilderstyl Bespreek die verskillende maniere waarop Stern die individuele vrou uitgebeeld het. Het sy elke persoon se karakter uitgebeeld of slegs die visuele effekte van hul voormkoms? Bespreek elke werk afsonderlik.

BE

EL

sin van n virtuele werklikheid beeld as gevolg van die besluit om Stern se gouaches en tekeninge (werke op papier) eerder as haar olieskilderye te herproduseer. Stern het altyd iets van die wonder van die toeris in transito behou en het soms vrolike vakansiesketse gemaak eerder as werke wat as kuns bestempel kan word. In n figuurstudie van 1913, onderskei niks die individualiteit van n vrou met ontblote borste nie. n Kort romp en die oppervlakkinge figuurkontoere beskryf n jong vrou wat dalk uit n Sarafina-dansgroep is of n advertensie wat eksotiese Afrika illustreer. n Verrassende keuse vir n portefeulje het ek gedink.

83

Irma Stern. Portrait of a Pondo woman. 1929. Olie op doek.

Irma Stern. Pondo Woman. 1952. Olie op doek.

Irma Stern. Pondo woman.1959. Olie op doek.

VO

Irma Stern. Swazi Youth. 1929. Olie op doek.

OR
The Water carriers. 1935. Olie op doek.

BE
Irma Stern. Arab. 1939. Olie op doek. Irma Stern. Watussi queen. 1945. Olie op doek. VISUeLe kunste GRAAD 12

EL

BESPREEK IN DIE KLAS: Kyk na die volgende 4 voorbeelde van Stern se skilderye van Afrika-mense gedurende haar lewe, bespreek die indruk wat jy kry van wat sy probeer voorstel het. Wat is die boodskap wat jy kry van hierdie keuse van skilderye?

84

WALTER BATTISS
Toe ek van die berg van inisisasie afgekom het was ek welsprekend en vry. Omdat ek gesprekke gevoer het met die wit rotse en seringbome, die rooikat en die ribbok. Ek was ook in gesprek met die ou mans van Afrika wat met my gepraat het deur hul prentegeskrifte op die mure van hul krummelende rotsbeskuttings. Die kronkelende riviere en die eindelose veld het vertel van lewendige en lewelose ruimte. Al hierdie (dinge) was my spesifieke ontdekking, maar ek het geen begeerte gehad om n staaltjie oor hul te skilder nie, maar eerder om prente van hulle op so n manier te maak dat ek die vrolike verandering kan ontbloot wat hul deur my laat werk het. Ja, ek het prente gemaak en wil prente maak wat n kleuretaal is van die toevallige ondervindings van my Afrika-bestaan. Hierdie prente noem ek fragmente van Afrika, maar hulle is ook fragmente van myself. Battiss (1906 - 1982) is op 6 Januarie in 1906 in Somerset-Oos gebore as die oudste van drie kinders. As n kind is hy benvloed deur sy omgewing en dus het die natuur n baie sterk invloed op hom gehad. In 1917 het die familie na Koffiefontein in die Vrystaat getrek waar Batiss bekend gestel is aan rotskuns vanwe sy vriendskap met n plaaslike ingenieur, William Fowler, wat vir Battiss sommige van die beste voorbeelde van fynlyngraverings gewys het. Battiss het eers later die waarde en invloed van hierdie antieke kunswerke besef. Sy intense belangstelling in San-rotskuns het ontwikkel toe hy rotsskilderye as n volwassene gesien het. Hy het dit uitvoerig bestudeer en het vyf boeke oor die onderwerp publiseer. N hy n onderwysgraad behaal het, het hy in 1940 n graad in Skone Kunste gekry. Hy was ook behulpsaam met die stigting van The New Group en het later in sy lewe die denkbeeldige Fook Island geskep. Hy het deurlopend deur sy lewe gereis en het bestemmings soos Europa, die Namib-woestyn, Turyn, Itali, Parys, Rhodesi (Zimbabwe), Mosambiek, Tanzani en die Middel Ooste, die Bajun-eilande, Oos-Afrika, Saudi-Arabi en Jordani, Griekeland, die Griekse eilande, Duitsland, Spanje, die Seychelle-eilande, Amerika, Engeland en Turkye, Fiji, Samoa, die Hawaiise eilande en Australi, Tahiti en Wes-Duitsland besoek. Tydens sy reise het hy nie net blootstelling aan n groot verskeidenheid kulture gekry nie, maar ook aan kunsvorms wat gestrek het van pre-Islamitiese kalligrafie en Ndebele-muurskilderye tot die werke van Picasso en Pop-kuns. Soos n mens in sy kunswerke kan sien, was hy altyd soekend en nooit staties nie. Hierdie feit het te doen met sy energieke persoonlikheid en die plesier wat hy daaruit geput het om kuns te skep. Hy word ook beskryf as iemand wat diep omgegee het vir ander en wat simpatie vir ander mense gehad het, veral vir kunstenaars. As n onderwyser het hy baie jong mense genspireer om kunstenaars te word.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Walter Battiss. Barrow Hill, Ladybrand, Vrystaat Afdruk van rotstekening.

85

Walter Battiss. ongetiteld. Ongedateer. Waterverf.

Walter Battiss. Icarus. 1981. Waterverf..

VO

Soos hy ontwikkel het en meer San-rotskunswerke gesien het, het hy die invloed van hul styl op sy werke aanvaar. Tydens sy besoeke aan die rotskunsliggings, het hy afdrukke van die werke gemaak en hul nagetrek as dokumentasie van di skilderye. Hierdie natrekwerk was meer betroubaar as fotos om die werke te behou wat aanhoudend agteruitgaan weens blootstelling aan natuurelemente en die inmenging van mense. Dit het beslis n invloed op sy werk gehad, hoewel hy nie die werke om daardie rede nagetrek het nie. Battiss se empatie met die onbekende San-kunstenaars was sigbaar in sy werke waar die voorstelling daarvan n nuwe skilderagtige vorm word en n moderne interpretasie van rotskuns is. Die kriptiese boodskappe wat deur die San gelaat is, die simboliese vereenvoudiging van hul wreld en die bonatuurlike atmosfeer van hul kunswerke is alles aspekte wat Battiss genspireer het. Die feit dat hy n mistieke beskouing van die rotskunswerke bevorder het en omdat hy die San bewonder het as ons primre kulturele voorvaders, het bygedra tot die konsep van rotskuns as n teken van Afrikaheid en dus n beweging gebied het na n oorspronklike Suid-Afrikaanse identiteit.

OR

BE
Die vorms van n groep manlike jagters in silhoeet is n voorbeeld van die soort beelde wat Battiss genspireer het om sy eie moderne weergawe van San-rotskuns te skep. Walter Battiss. The early men. 1938. Olie op papier. Volgens Battiss: Dit is die eerste skildery waarin ek weggebreek het van Impressionistiese kuns. VISUeLe kunste GRAAD 12

ALGEMENE KENMERKE VAN SY WERK: Battiss se werke was oorspronklik Impressionisties en het meestal uit landskappe bestaan. Later het sy styl wegbeweeg van realisme na n meer abstrakte simbolistiese karakter wat verwys het na die antieke kultuur en godsdienstige oortuigings van die San wat sy Suid-Afrikaanse erfenis weerspiel het. Hy het in olies en waterkleure gewerk, en ook in houtblok en syskermafdrukke. Deur homself bloot te stel aan n groot verskeidenheid kuns van verskillende kulture, het hy kalligrafiese vorms, diere en menslike abstrakte kunswerke geskep wat in sy werke verskyn het as deel van n poging om n nuwe visuele taal te skep.

EL

86 Sy werke sluit die idee in dat die San hul kuns beskou het as n manier om met die bonatuurlike in hul godsdiens te kommunikeer, asook die Westerse idee van kuns as n intellektuele spel waarin idees, beelde, vorms en kleure belangrik is. Deur sy belangstelling en verbinding met rotskuns het Battiss sy kunswerke geskep as n manier van soeke na die betekenis agter die rotskunswerke.

Walter Battiss. Mantis Dance. Ongedateer. Skermdruk.

Daar is ander sigbare invloede van rotskuns in Battiss se kunswerke. Hy het n soortgelyke tweedimensionele skilderstyl gebruik waarin detail oortollig is. Hy het ook die gebruik van n driedimensionele agtergrond uitgesluit en het eerder groot, plat oppervlaktes kleur gebruik. Sy uitbeelding van figure wys dat hy, soos die rotskunstenaars, spesifieke aandag gegee het aan die houdings en beweging van figure. Hy het ook verlengde figure gebruik wat in n silhoeetstyl geskilder is wat soortgelyk is aan die figure in rotskuns. Die figure en vorms wat Battiss gebruik het, soos die van die San, is vereenvoudig en is PIKTOGRAWE (beskrywende simbole wat nie maklik herkenbaar is nie). Die gebruik van sagte, natuurlike organiese vorms, wat nie geometries is nie, is ook n invloed wat in rotskuns gesien kan word. Nog n invloed op sy werk is die feit dat die San lae skilderye boop mekaar gemaak het asof die spesifieke ligging op n rots n belangrike plek vir hul was om hulle skilderye op te maak. Hierdie metode om merke bo-op mekaar in lae te rangskik (soortgelyk aan moderne graffiti) word PALIMPSES genoem. Battiss het dit op sy eie manier in olieverf genterpreteer deur n donker onderlaag van verf te skilder. Nadat dit drooggeword het, het hy n impasto-laag van wit verf geskilder waarin hy met n paletmes of die agterkant van n borsel sou krap sodat die donker verf weer sigbaar sou word. Dit staan ook bekend as die sgraffito-tegniek. Battiss se uitgebreide kontak met Europese kuns veral die invloed van Picasso, Matisse en die Pop-kunstenaars, het gelei tot kunswerke wat n mengsel van Europese en Afrika-kuns getoon het. Ander invloede op sy werk sluit die kleurvolle, dekoratiewe effek van Ndebele-kralewerk in. Hy het ook die Midde-Ooste in 1961 besoek en het pre-Islamitiese kalligrafie bestudeer. Die vloeibare grafiese vorms Walter Battiss. The living bush. 1963. Olie op doek.. wat van die natuur afgelei is, wat hy gesien het, het Battiss gefassineer.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Walter Battiss. Palimpsest IV / Flames of Africa. 1966. Olie op doek.

Palimpsest IV en The living bush is voorbeelde van Battiss se herinterpretasie van die idee van lae van skilderye soos gesien in baie San-rotsskilderye. Deur die sgraffito-metode te gebruik, het Battiss sy persoonlike simbole in dik lae verf op sy skilderye gekrap.

87 VOORBEELDE VAN BATTISS SE WERKE Fishermen Drawing Nets In Fishermen Drawing Nets het Battiss n naturalistiese toneel geskilder wat die daaglikse taak van n groep Afrika-mense uitbeeld. Dit is waarskynlik n toneel wat hy gesien het en in n ekspressiewe styl herskep het. Hierdie werk is verwant aan die van die Fauviste in die sin dat hy helder, kontrasterende kleure en los kwashale gebruik het. Die Fauviste se dekoratiewe komposisie kan ook gesien word in die ritmiese verspreiding van figure in kombinasie met die diagonaal gekromde vorms van die visvangnette. Die liggaamshoudings van die vereenvoudigde figure weerspiel die beweging van hul werk. Die mense word voorgestel as anonieme silhoeette wat herinner aan die figure wat deur die San in hul rotsskilderye voorgestel word. Hoewel die figure vereenvoudig is, kom Battiss se interpretasie van hul aksies naturalisties voor en is dit op ondervinding gebaseer.

VO

Die swartheid van die figure is in sterk kontras met die agtergrond waarin die los kwashale die beweging van water skep en die oorvloed visse wat in die nette gevang is. Linire effekte van kalligrafiese merke kan gesien word in sy hantering van die kriewelende visse. Die kontrasterende rooie en oranjes wat vir die nette gebruik word, in kombinasie met die bloue wat gebruik is om die water uit te beeld, skep n gevoel van driedimensionele diepte.

Selfs al word die toneel vanaf n afstand waargeneem, het Battiss gekies om die formaat te vul met die besige gebeurtenis sonder om die omringende agtergrond bloot te stel. Hierdie is nog n aspek wat soortgelyk aan die San-rotsskilderye is. Hoewel hul geen agtergronde in hul skilderye getoon het nie, het hulle gebeure geskilder sonder agting vir die begin of einde van die formaat omdat hulle op rotse geskilder het. Soos hulle het Battiss hierdie toneel geskilder asof dit kon voortgaan verby die raam van die formaat. Battiss se keuse van onderwerpe is verwant aan sy belangstelling in kulture anders as sy eie, soos gesien kan word in baie van sy meer realistiese werke. Sy weergawe van wat hy gesien het, fokus ons aandag op die verantwoordelikhede van die daaglikse lewe en soos die San beeld dit die groter prent van die gemeenskap uit, vanaf n afstand.

OR

BE

EL
Walter Battiss. Fishermen drawing nets. 1955. Olie op doek. Walter Battiss. Wild pomegranates. Ongedateer. Houtgravering. VISUeLe kunste GRAAD 12

88 Symbols of Life In baie van Battiss se latere werke is die verbinding met San-rotskuns die mees opvallende. Symbols of life is n voorbeeld van so n werk. Simboliese motiewe in silhoeet word oor die hele wit prentoppervlak versprei. Die rangskikking van hierdie vorms is baie beheersd, wat n gelyke afstand tussen die prente laat. n Kwart vanaf die onderkant van die doek af is daar n sterk horisontale organiese vorm wat die eweredig gerangskikte simbole in twee teenstellende kante verdeel. Wanneer die netjiese, egalige afronding en die gebrek aan tonale waardes in ag geneem word, kan n mens jou voorstel dat hierdie werk bloot n abstrakte ontwerp is. Dit is wanneer jy begin om elke vorm te bepeins dat Battiss se idee van prentskrif of piktograwe duidelik word. Elke vorm stel n organiese weergawe van een of ander lewende wese voor: mense, jakkalse, olifante, insekte, skoenlappers en bokke is sommige van die wesens wat die maklikste herken kan word. Soortgelyk aan die piktograwe van die San-rotsskilderye, het Battiss sy eie versameling natuurlike simbole geskep.

Die verdeling in die skildery dra by tot die werk se geheimsinnigheid. Dit is nie duidelik wat die donker horisontale vorm in die skildery voorstel nie, maar as gevolg van die vorm daarvan, kan dit rotse wees wat n bergreeks voorstel. Dit kan ook moontlik n rivier wees wat lewe gee. Die titel van die werk vertel die storie agter die skildery. Hierdie is n voorbeeld van een van Battiss se konsepsuele interpretasies wat hy uit rotskuns geleer het. In dit het Battiss nie rotskuns nagemaak nie, maar het hy n verpersoonlike simboliese stelsel geskep wat spreek oor sy idees van lewe en spiritualiteit. Die dekoratiwiteit van die komposisie l in die rangskikking van die vorms regoor die doek en dit is soortgelyk aan n tekstielontwerp, maar die uitleg is nie heeltemal gestruktueer nie. Die werk het n organiese gevoel vanwe die feit dat dit nie geometries geplaas is nie, wat n soortgelyke aspek in rotsskilderye is. Sy gebruik van aardse kleure versterk die verbinding van sy werk met die van rotskuns. Die skildery, Mantis, is nog n werk waarin Battiss sy verpersoonlike interpretasie van die simboliese vorms van rotskuns gebruik om die mitiese figuur van n bidsprinkaan saam te stel.

OR

BE
Walter Battiss. Symbols of Life. Undated (1967). Olie op doek.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

89

Sy houding ten opsige van die aanwending van simbole en die verskeidenheid van tegniese prosesse van kunsmaak wat deur hom gebruik is, is sprekend van sy eksperimentele en spelerige benadering tot kuns. Hierdie skildery verteenwoordig n verandering in Battiss se skilderstyl wat benvloed is deur die durf van Pop-kuns, maar hy verken steeds die onderwerp van die bidsprinkaan wat sentraal is tot die San se spirituele oortuigings. Battiss was een van die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaars om die syskermproses as deel van sy reeks mediums te gebruik. Hierdie medium is gewild gemaak deur die Pop-kunstneaars wat opsetlik tegnieke gebruik het wat uit die massamedia gespruit het [sien Hoofstuk 6 van die Graad 11-boek]. Die gebruik van sterk kleure en vorms wat geassosieer word met syskermafdruk is deur Battiss se skilderstyl benvloed. Hy het die ondersoek van mitiese simbole volgehou deur sy gebruik van die bidsprinkaan as onderwerp, maar die verskeidenheid van fyn vorms wat in vorige skilderye gebruik is, lei nou na n naby aansig van piktograwe wat in sommige areas oorvleuel. Die organiese vorms lyk of dit menslike figure, gesigte, natuurlike vorms soos plante, rotse en grotte en simboliese lyne en vorms voorstel wat daardeur verbind word. Aan die regterkant van die skildery is die onmiskenbare uitbeelding van die bidsprinkaan se kop die verbindende mag van die skildery. Hierdie bidsprinkaan lyk of dit in die proses is om in n mens te verander, of andersom.

OR

VO

BE

EL
Walter Battiss. Mantis Man. 1970. Olie en akriel op papier.

Mantis Man

Reg langs die figuur van die bidsprinkaan is n baarmoederagtige figuur wat verwys na die idee van geboorte in wat weer verbind word aan n verskeidenheid menslike figure aan die bokant en onderkant asook reg links daarvan. Hierdie vorms in die middel van die doek is abstrak en lyk of dit n proses van vereniging en splitsing impliseer deur die lyn wat dit verdeel. Dit is gekoppel aan die tradisionele idee wat uit San-stories geneem van die bidsprinkaan as n onbetroubare figuur. Die bidsprinkaan kan dus transformeer en die rol van n bedrier speel wat n mens op die regte of verkeerde pad kan lei. Battiss se gebruik van baie helder, kontrasterende kleure is n moderne aspek wat in sy verkenning van hierdie onderwerp ingesluit is. Die kleure verbind sy gebruik van groot, plat oppervlaktes wat lyk of hul in sommige areas oorvleuel en daar is verdelings tussen vorms in ander areas. Hierdie dubbelsinnigheid laat die vraag vir die kyker om uit te pluis watter dele van die skildery veronderstel is om solied te wees en watter veronderstel is om leemtes te wees.
VISUeLe kunste GRAAD 12

Walter Battiss. Mantis. Ongedateer. Olie op doek.

90

2.3

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Bespreek die invloede van San-rotsskilderye, Ndebele-muurskilderye, pre-Islamitiese kalligrafie en Pop-kuns soos gesien in die volgende 3 werke deur Battiss. Bespreek die verskille tussen Battiss se werke en San-rotskuns in die algemeen.

Walter Battis. Red rock. 1949. Olie op doek.

VO
Ndebele-muurskildery Andy Warhol. Mickey Mouse.1981. Skermafdruk. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Walter Battiss. Flying angels. Ongedateer. Skermafdruk. n Voorbeeld van n San-rotsskildery wat n beswymingsdans uitbeeld. In dit stel metafore van swem, n neus wat bloei en gebo posture die proses uit om in n beswyming in te gaan. Die vroue staan en klap. Persiese kalligrafe

BE

EL
Walter Battiss. 8000 buck or more. 1967. Olie op doek.

91

ANDRIES BOTHA (1952-)

Ons het almal dinge wat by ons spook as gevolg van die aangebore weersprekings wat in ons bestaan, ons streef om lig en donker te balanseer, krag en saggeaardheid, rus en aksie Ons verlede woon in ons hede en ons toekoms word gevange gehou deur herinneringe. Daar is geen manier om ons aangebore brutaliteit te ontsnap nie. Ek vind dit aaneenlopend tragies. Die tragedie van ons interseksie met die verlede en die hede is n geskikte metafoor wat die ontnugterende konteks vir die toekoms skep
Botha se kinderdae is gekenmerk deur trekkery omdat sy ouers geskei is toe hy n jong seun was. Tydens sy horskoolloopbaan by n tegniese skool het hy per toeval die werke van Michaelangelo in n boek in die biblioteek ontdek. Dit het die gedagte genspireer om n beeldhouer te word. Sonder veel ondersteuning van sy familie, wat geglo het dat dit moeilik sou wees om n lewe uit beeldhoukuns te maak, het Botha vir sy eie studies betaal aan die Universiteit van Natal deur op die dokke te werk en ook as n treinkondukteur geld te verdien. Die ondersteuning van sy leraars, Gavin Younge en Lukas Van Vuuren, het daartoe bygedra dat hy die selfvertroue gekry het om voort te gaan as n professionele kunstenaar. Vanaf vroeg in sy studentejare het Botha bewus geword van die ongeregtighede in Suid-Afrika. Sy kritieke houding teenoor hierdie omstandighede het sy ondervinding van die problematiese situasie onuithoudbaar gemaak. Hy het besluit om die land te verlaat, maar het gevoel dat om weg van Suid-Afrika te wees nie veel gedoen het om sy gevoelens te verander nie. Na sy terugkeer, het hy hom daartoe verbind om op n positiewe manier tot die gemeenska by te dra. As iemand wat persoonlike lyding verstaan het, het Botha besluit om deel te wees van die Durban gemeenskapsprojek om n bydra te lewer deur voornemende studente uit agtergeblewe gemeenskappe te onderrig. Afgesien daarvan dat hy n professionele kunstenaar is, is Botha sedert 1982 n lektor aan die Universiteit van Tegnologie en Beeldhouwerk in Durban. ONTWIKKELING EN ALGEMENE KENMERKE VAN SY WERK As n student het Botha glasveselbeeldhouwerke gemaak wat uit verskillende strukture bestaan het. Hierdie werke was ekspressief en het verwysings bevat na die politieke situasie in die land vanwe die voorstelling van gemartelde en verwringe liggaamsdele. Na dit het hy in n meer abstrakte styl begin werk deur weg te beweeg van politieke inhoud, maar terwyl hy steeds verwys het na daaglikse ondervindings van harde werk soos gesien in Sweettoring (Sweat Tower), 1981. Sy blootstelling aan die weef van grashutte, matte en mandjies deur Zoeloe-mense tydens n besoek aan die Drakensberge het om genspireer om hul tegnieke aan te leer en dit te gebruik as deel van sy soektog na nuwe rigtings in sy beeldhouwerke. Gedurende Botha se kinderjare het hy baie tyd saam met sy ooms deurgebring terwyl hulle aan hul motorenjins gewerk het. Sy tegniese opleiding in
VISUeLe kunste GRAAD 12 Andries Botha. Man in chair. 1981. Harpuis, doek, hout, gevinde voorwerpe, leer.

VO

OR

BE

EL

92 elektriese ingenieurswese kan ook beskou word as n invloed op sy keuse van materiale en sy vermo om met verskillende soorte materiale te werk. Sy vroe werke is groot, hol strukture wat Botha Human Structures genoem het. Stilisties is dit baie soortgelyk aan Zoeloe-mandjies wat as filtreerders gebruik word wanneer tradisionele bier gemaak word. Hy het hierdie werke beskryf as beskermende bekleding of omhulsels vir menslike liggame, soortgelyk aan doodskiste. Sy belangstelling in teenstrydighede, soos die lewe en die dood, genesis en die apokalips, wat deel is van die lewe, begin in hierdie werke te voorskyn kom. Die vorms is groot, nog n kenmerk wat regdeur sy loopbaan sou voorkom. Dit is ook duidelik dat meeste van sy werke baie lank geneem het om te voltooi, as gevolg van hul grootte. Dus is die kreatiewe proses om te besluit wat om te maak en hoe om dit te maak n tydrowende aangeleentheid. Botha het aanvanklik die hulp van sy onderwysers, Myna en Agnes Ntshalishali, tydens die weefproses gehad, maar later het hy assistente in sy ateljee aangestel. Hoewel Botha die idees van sy kunswerke skep, deel hy gereeld die kreatiewe proses met ander mense, wat dit n interaktiewe groepprojek maak. Sedert die middel tagtigerjare het Botha se werk selfs meer gevul geword met persoonlike assosiasies waarvan die interpretasie nie heeltemal duidelik is nie. Dit word aan die kyker oorgelaat om assosiasies te maak met die visuele inligting en titel wat tot sy of haar beskikking is. Botha het sy kunswerke beskryf as dokumente van reise waardeur hy na n identiteit soek en een probeer formuleer.

Sy gebruik van Afrikaanse titels dra by tot die narratiewe trant van baie van sy werke. Deur figuratiewe vorms wat van n reeks bronne soos die geskiedenis, die Bybel en die politiek geneem is, het hy n ingewikkelde stelsel metafore geskep wat nie eenvoudig beskrywend of op die werklikheid gebaseer is nie. Hy het sy belangstelling in teenstrydighede in hierdie latere beeldhouwerke ontwikkel deur teenoorgesteldes in te sluit, soos manlik/vroulik, geboorte/dood, interne/eksterne en tradisionele/ industrile.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE
Andries Botha. Sweet toring. 1981. Metal, wax, sand, wood. Andries Botha. Force of victory I. 1985. Rietgras (inheemsesuid-afrikaanse gras wat gebruik word om tradisionele afrika huise te bou) wattel (eksotiese suid afrikaanse hout) Andries Botha. Dwase Drome van Boesmans en Ministers. (Stupid dreams about bushmen and ministers). 1991. wattel, rietgras, plastiek, metaalweerkaatsers

EL

Andries Botha. Familiar Memories. 1985. Strooigras, metaal, hout.

93 Sy keuse van materiale is ook deel van sy stelsel van metafore. Die gebruik van gras, hout, draad en wiele is doelbewuste verwysings na die teenoorgesteldes van die natuur en kultuur, die tradisionele en industrile, die handgemaakte en masjiengemaakte. Daardeur lewer hy ook kommentaar op die hergebruik van afvalmateriale in n uitspattige samelewing. Die teenstrydige ondervinding om van Afrikaanse afkoms te wees, maar om n inheemse Afrikategniek vir sy beeldhouwerke te gebruik, is ook n beduidende aspek van sy werke oor die algemeen. In terme van sy tegniek, het hy gekies om weef te gebruik wat gewoonlik deur vroue gedoen word om Zoeloe-hutte te skep, wat die teenstrydige aspek in werke verder neem. Weef is altyd as handwerk beskou, n mindere vorm van kuns. Deur dit as n beeldhoukundige tegniek te gebruik, het Botha begin om die aandag te trek na die tyd en moeite wat nodig is om die geweefde stukke te skep. Volgens hom is sy werke oor die soeke na balans en na oplossings vir konflikte.

In hierdie fotos is die konstruksieproses van Nomkhubulwane gedokumenteer. Dit toon die tydrowende proses wat nodig is om hierdie werke te skep deur die weeftegniek te gebruik wat tradisioneel is aan baie inheemse groepe in Afrika.

VO

DROMMEDARIS DONDER... EN ANDER DOM DINGE

Die titel van hierdie werk verwys na een van die skepe wat Jan van Riebeeck Kaap toe gebring het, maar in die beeldhouwerk is daar geen teken van n skip nie. Die idee agter die naam van hierdie skip in die titel is dat dit simbolies is vir die Europers en alles wat hul saam met hulle gebring het. Die res van die titel is ook kripties, maar dit kan soos volg genterpreteer word: Donder kan donderweer beteken of dit word gebruik as n neerhalende Andries Botha. Drommedaris Donder en ander dom verwysing na n persoon wat gewoonlik in woede dinge.1988. Rubber, ligte staal, wattelboom (eksotiese Suidgebruik word. Dit is soortgelyk daaraan om Afrikaanse hout), brons, gegalvaniseerde draad. iemand n vark te noem. Die res van die titel kan verwys na al die ander dinge wat gebeur het nadat die Europers in suidelike Afrika aangekom het. Die beeldhouwerk bestaan uit vier enorme strukture binne n groot spasie. Dit vereis dus van die kyker om vanaf n afstand daarna te kyk om die hele toneel in te neem en om dan nader daarna te kyk om die fyner detail te sien. Die werk het n dramatiese, narratiewe gevoel.
VISUeLe kunste GRAAD 12

OR

BE

EL

94 Elk van die strukture is uit verskillende mediums gemaak. Aan die voorkant lyk dit of n vergrote figuur n optog lei. Dit lyk soos n namaaksel van n San-man van n rotsskildery wat paradeer deur n staf voor hom in twee hande te hou. Op sy rug is n misvormde skepsel wat lyk of dit dalk die vorm van n kind is. Die figuur is sterk en fors. Die figuur se kop, die kreatuur op sy rug en sy penis skep n skaduwee, maar die res van sy liggaam is ligkleuring aangesien slegs die buitelyne van draad gemaak is en dit deurskynend is. Die draadstruktuur gee buitelyne aan die figuur, maar daar is geen innerlike kern nie. Dit lyk of hy n optog lei en hy is waarskynlik belangrik, maar kom ook spookagtig voor. Agter hierdie struktuur, is n donker, vreemdvormige monster wat twee bene met hoewe het. Die monster lyk of hy sukkel om te beweeg en hy lyk baie swaar omdat die figuur gemaak is uit stroke rubberwiele wat geweef is om die diggevormde dier te skep. Direk agter hierdie gehalveerde dier is n groot menslike figuur wat styf teen dit gedruk is. Hierdie mens is gemaak uit wattelstokke wat styf geweef is om die vorm daarvan te skep. Tussen die sleutelbene van die mens en die nek van die dier steek daar n groot, blink voorwerp uit wat van koper gemaak is. Hierdie voorwerp lyk soos n enorme angel van n insek aan die punt van n lang paal. Die kombinasie van hierdie drie vorms maak nie onmiddellik sin nie. As ons hou by die idee wat die titel suggereer, wat die inname van suidelike Afrika deur Europers is, lyk dit of die donker monster emblematies van donker Afrika is. Die menslike figuur met die blink, uitstaan-angel stel die invallers voor wat lyk of hulle besig is om die dier te molesteer. Die blink angelagtige voorwerp is n groot kanon of n falliese simbool, wat die inname van Afrika voorstel wat vergemaklik is deur tegnologiese vorderings van wapens soos gewere. In sy eie beskrywing van die werk, verwys Botha na die tyd toe dit gemaak is tydens die hoogtepunt van die gewelddadige Apartheidregime. Die effek van die institusionaliseerde geweld op die inwoners van die land was verbysterend en het n allesomvattende waansin onder almal geskep. Die idee van n optog of n ritueel is daar om n mate van sosiale orde te skep, maar dit is binne die boosheid van die samelewing sigbaar.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die verskeidenheid van media wat gebruik is vir die weeftegniek dra by tot die metaforiese sinspeling deur die verskille in kleure, teksture en gewig. Deur die gebruik van die Afrikaanse titel het Botha dit in n spesifieke konteks geplaas wat na Afrikaanssprekende mense verwys. Hierdie titel bied ons meer inligting oor die kunstenaar se bedoelings, maar dra ook by tot die raaisel tydens die bespreking van die betekenis van die werk.

OR

BE

EL

D
Andries Botha. Sondebokke, Sluipmoordenaars, Seges en Slagoffers. 1991. Hardekoolhout, was, metaal, wattel. Soortgelyk aan Drommedaris Donder en ander dom dinge is hierdie werk gemaak in reaksie op die uitwerking van die Apartheidregime. Deur te verwys na historiese en godsdienstige metafore en ikone, het Botha die feit blootgestel dat angs, oortreding en staatsonderdrukking n herhalende historiese tendens is wat nie toegelaat moet word om die norm te word nie.

95 GENESIS, GENESIS, JESUS Die titel verwys na die skepping van die aarde en die latere reddende teenwoordigheid van Jesus, die seun van die skepper in die Bybel. In Genesis, Genesis, Jesus word ons gekonfronteer met n kombinasie van natuurlike materiale in vergelyking met die oorheersende gebruik van gendustrialiseerde materiale wat Botha in die vorige werk aangewend het. Die gebruik van strooigras wat deur n metaalstruktuur in een van die figure gevorm word en hardekoolhout wat vasgepen is rondom n metaalstruktuur in die gebruik van die ander figuur toon n duidelike onderskeid. Die duikende figuur is lig in kleur en gewig en fyn in tekstuur. Die figuur op die grond is grof, donker en kom swaar voor.

VO

Botha se voorstelling van die skepper ontwrig die tradisionele beskouing deur dit in n akrobatiese vroulike vorm te herskep. Die figuur waarmee sy interaksie het, is nie die klassieke, skraal Adam nie, maar n sinistre statiese vorm wat halfmens, halfmonster is. Hierdie kruipende en weerlose figuur ontlok manlike en vroulike eienskappe en is dus dubbelsinnig sonder n duidelike aanduiding van geslag. Die vorm is rond en vroulik terwyl die tekstuur grof, donker en swaar is, wat n manlike aardgebonde krag suggereer. Die akrobatiese, duikende figuur is ook in transformasie aangesien haar bene verenig is in n vorm wat n visstert suggereer. Teenoorgesteldes speel n belangrike rol in hierdie werk wat aan die begin n aanduiding is van die mees sigbare, die vorm, die kleur en die tekstuur wat dan ontwikkel in meer abstrakte konsepte van manlik en vroulik en orde en chaos. Botha wissel die assosiasie wat gemaak word af en hou nie by stereotipiese weergawes van konsepte nie.

OR

Andries Botha. Installasie aansig van Ungayithenga inhlizyo nomongo wami (Afrika-kunsvoorwerpe) by De Panne-strand, Belgi. Somer, 2006.

BE

Die twee figure lyk of dit n konsep van die kuns van skepping voorstel. Die idee van skepping kan genterpreteer word as die aksie van die lig en donker figure wat een word, asof hulle op die punt is om in iets anders te transformeer. Die figuur wat neerswiep op die donker, aardgebonde figuur herinner ook aan die voorstelling van God as die skepper in die Bybel en na die verteenwoordiging van God wat neerbuig om sy daad van skepping uit te voer, soos gesien in die Renaissance-kunswerke.

EL

Die invloed van die inheemse Zoeloe-strooimedium en -tegniek word weer gekombineer en voortgesit deur die gebruik van hout. Botha se materiale is konstante herinnerings aan die plek waar hy vandaan kom, KwaZulu-Natal, en die effek wat dit op sy lewe as n kunstenaar gehad het.

Andries Botha. Genesis, Genesis, Jesus. 1990. Hardekoolhout, strooigras en metaal.

Andries Botha. Installasie-aansig van Ungayithenga inhlizyo nomongo wami (Afrika-kunsvoorwerpe) in Brussels. VISUeLe kunste GRAAD 12

96 Ungayithenga inhlizyo nomongo wami (Afrika-kunsvoorwerpe) Hierdie werk wat uit nege lewensgrootte olifante bestaan, is in 2006 voltooi en is deel van n reeks waaraan Botha sedertdien voortdurend werk. Wanneer vertaal, lees die eerste deel van die Zoeloe-titel, Jy kan my hart en siel koop en dit word gevolg deur n verwysing na die voorwerpe waarop Botha kommentaar lewer, naamlik Afrika-kunsvoorwerpe. Die titel is direk en dit vertel ons beslis iets van die kunstenaar se idee oor die uitwerking van kommersialisasie soos ook duidelik oorgedra word in Botha se opmerking oor die werk: In Afrika-mitologie renkarneer die olifant deur die siel van n vermoorde God te dra. Dit is dus n verpersoonliking van die transmigrasie van siele. Dit is ook die metafoor vir die wreld se beheptheid met Afrika as n eksotiese bestemming. Die olifant versinnebeeld dus die wreld se romantisisme met Afrika. Gedeeltelik is dit die Kolonialistiese wondermiddel: wildheid kan beheer word, beskaaf word en dan teruggeneem word na die danssale van die Eerste Wreld as n trofee.
Andries Botha. Installasieaansig van Ungayithenga inhlizyo nomongo wami - (Afrika-kunswerke by De Panne-strand, Belgi. Somer, 2006.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die familie olifante is gemaak van 14 verskillende soorte hout wat in KwaZulu-Natal gekry is van dooie bome of bome wat omgeval het. Stukke van die hout is gekerf om te pas en is vasgeskroef aan die metaalstruktuur deur n span werkers. Die kyker word deur n verskeidenheid kwessies gekonfronteer wanneer hy of sy hierdie indrukwekkende groep olifantfigure ondervind. Die gevolge van kolonialisme op Afrika is sentraal tot die interpretasie van hierdie werk. Die instelling van kapitalisme het gelei tot die kommersialisasie van alles tradisionele kulture, die natuurlike omgewing en die diere wat daarin bly. Die olifant, n dier wat n aspek soos onthou (herinneringe) voorstel n olifant vergeet nooit nie het die grootste soogdier op land simbolies geword van die uitwerking van die mens se oorheersing oor die natuur. Olifante was altyd die trofees van groot dierejagters en het meer onlangs deel van die toerismehandel geword sodat mense ingeslote stukke grond kan besoek om die wilde, natuurlike Afrika te sien. Die feit dat groot en magtige diere bedreig word deur die gevolge van mense op die natuur lewer kommentaar op die toekoms van die aarde as n lewende organisme.

OR

BE

Botha stal hierdie groep groot beeldhouwerke uit in verskeie lande uit met die bedoeling om die idee van vreedsame bestaan te bevorder deur die skoonheid en kreatiwiteit wat ondervind kan word deur hierdie werk te sien. Die groep olifante word nie noodwendig in museums of galerye uitgestal nie, maar eerder in publieke ruimtes en gewoonlik buite, wat dit toeganklik maak vir enige iemand wat verby dit beweeg. Op hierdie wyse brei dit die gevolge van die werk op die gedagtes van die kykers uit. Die proses is verder geneem deur die skepping van Nomkhubulwane. Die idee om bewustheid te skep oor die bedreigde ekologie van die aarde deur die uitstalling van Nomkhubulwane word bevorder deur die Human Elephant Foundation. Botha se doelwitte is soos volg: Wat sal ons doen om te verander hoe ons leef? Wat sal ons verbintenis versnel om n meer onderhoubare wreld te skep? Hoe kan olifante hierdie gesprek kataliseer en n uitgebreide verbintenis veroorsaak? Ek hoop dat hulle baie meer mense sal inspireer om hierdie vrae te vra en (hierdie voorstelle) aan te spreek.

EL
Andries Botha. Nomkhubulwane. 2009. Herwinne bande, metaal. Die naam Nomkhubulwane, wat afgelei is uit die Zoeloekultuur, verwys na n mitiese bewaarder van die aarde wat in baie verskillende dierevorms kan verander. Sy verteenwoordig die matriargiese figuur wat die organiserende beleide oor geheue, sosiale en kulturele strukture versinnebeeld.

97

2 .4

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Kyk na die volgende inligting oor tradisionele Zoeloe-prosesse en vergelyk die konstruksieprosesse en funksies met Andries Botha se werke deur n lys te maak van OOREENKOMSTE en VERSKILLE. Bespreek die invloede van die tradisionele weefprosesse en produkte in die twee gellustreerde voorbeelde van Botha se werke, Final Journey en Alleenspraak in die Paradys. Bespreek die metafore wat jy in hierdie werke kan identifiseer en verwys na die invloed van sy gebruik van materiale.

Die proses om n amaZoeloehut te bou, sluit eers die skep van n struktuur in met buigsame, jong boompies. Hierdie deel van die proses word tradisioneel deur mans gedoen. Strooiwerk met gras word gewoonlik deur vroue gedoen.

VO
Plekmat

inheemse amaZoeloe-mandjies, soos in die illustrasie hierbo, word gemaak van gras of die palmblare van die ilalaboom. Die weefproses sluit n kromtrekking in, wat die struktuur van die mandjie of die mat is. Die dwarsdraad word dan geweef en selfs in die kromtrekking vervleg. Mandjieweef is n proses wat groot konsentrasie verg en een mens is gewoonlik daarby betrokke.

inheemse mandjies is funksioneel. Sommige word gemaak om tradisionele sorgumbier deur te giet of om die bier vir sermoniele geleenthede in te stoor. Ander mandjies is gemaak om water of graan te stoor, en groter mandjies word gebruik om graanstronke mee te vervoer. Tradisionele mandjies is hoofsaaklik funksioneel, hoewel hulle ook estetiese kwaiteite het. Tradisisionele mandjiemakers het begin om hierdie kwaliteite te gebruik sodat hul mandjies kon maak om te verkoop. Sommige mense het baie bekend daarvoor geraak om dekoratiewe mandjies te maak, soos Rueben Ndwandwe en Beauty Nxqonga. Moderne materiale soos kleurvolle telefoondraad het n nuwe aspek tot mandjies in Suid-Afrika gevoeg.

OR

BE
Naby-aansig van n bierfiltreerder wat met gras geweef is. Nabyskoot van bierfiltreerder wat met ilala- palmblare geweef is. VISUeLe kunste GRAAD 12

EL

98

Dekoratiewe mandjieweef met telefoondraad

Andries Botha. Final Journey. 1984. Strooigras (inheemse Suid-Afrikaanse gras gebruik vir die bou van tradisionele Afrikahuise), wattel (eksotiese Suid-Afrikaanse hout).

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Andries Botha. Alleenspraak in die Paradys. (Monologue in Paradise). 1991. Rubber, hout, metaal, neon.

BE

EL

x 99

Sosio-politieke kuns insluitend Weerstandkuns van die 1970s en 1980s

3.2 3.3 3.4 3.5 3.6 3.7

Oorsig van sosio-politieke kuns

Oorsig van Weerstandkuns in Suid-Afrika Jane Alexander Willie Bester

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Manfred Zylla

BE

Agtergrond Apartheid Suid-Afrika

EL

3.1

Inleiding kuns en politiek

INDEKS

Hoofstuk

100

Inleiding Kuns en Politiek

Daar bestaan nog altyd n sterk verband tussen kuns en politiek. Van die vroegste tye is kuns deur heersers tot hul voordeel gebruik. Khafre enthroned en Augustus Primaporta, wys onderskeidelik heersers van antieke Egitpe en Antieke Rome. Albei hierdie heersers is geidealiseer om hul absolute mag te wys. Kuns word dikwels gebruik as n manier van proganda om n heerser en/of politieke stelsel te bevorder. Propoganda is wanneer inligting wat bevooroordeel of misleidend is, gebruik word om n spesifieke politieke saak of uitgangspunt te bevorder. Hierdie opvatting kan gesien word in die plakkaat van Hitler waar hy uitgebeeld word as n figuur wat Duitsland lei na n nuwe toekoms onder die Nazibewind. Die Sosialistiese Realistiese kuns van die Sowjet-Unie het dieselfde doel gehad om kommunisme te bevorder. In Roses for Stalin, word Joseph Stalin voorgestel as n goeie vader vir die jeug van Rusland.

BE

VO
Boris Vladimirski, Roses for Stalin, 1949. Olie op doek. Long live Germany, Nazi-plakkaat, c. 1930s. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

EL
Egipte, Khafre enthroned, c. 2 520 2 494 VHJ. Dioriet. Romeins, Augustus Primaporta, 1ste eeu. Marmer.

101

Aan die ander kant is kuns ook n magtige wapen om teenstand teen politieke stelsels voor te stel. Kuns het dus n belangrike funksie as sosiale protes en om mense bewus te maak van die onregverdighede in die samelewing, soos in die 1954-plakkaat deur Erni Hans wat die gevaar van kernkrag uitbeeld.

Sosiale Realisme beskryf die kuns wat in Mexiko tydens die 1920s en 1930s deur Diego Rivera, Jos Clemente Orozco en David Siqueiros geskep is. Hulle het almal geglo aan linkse idees tydens n politieke onstabiele tydperk in Mexiko en het realisme gebruik om kommentaar op sosiale kwessies te lewer. Hulle grootskaalse muurskilderye op openbare geboue is geskilder om die kunstenaars se sosiale en politieke boodskappe aan die publiek oor te dra. Diego Rivera was n aktiewe lid van die Mexikaanse kommunistiese party en in The arsenal spreek hy die lot aan van plaaswerkers, wat vir hul regte moet baklei en wat uitgebuit word. Hy wys hoe sy vriende gewere aan die werkers uitdeel sodat hulle magtig kan word en die regering omverwerp. Die doelwit van hierdie gebeurtenis is om die werkers se land aan hulle terug te gee en om n sterk beweging ten gunste van kommunisme te handhaaf. In die middel is Riviera se derde vrou, Frida Kahlo, wat gewere aan die werkers uitdeel. In die agtergrond verteenwoordig die rooi hammer en die waaiende vlag met die sekel van kommunisme en revolusie. Riviera stel n manlike uitbeelding van Kahlo voor wat n broek en n rooi hemp met n klein rooi ster op haar bors aanhet. Haar hare is styf agtertoe getrek. Sy is ernstig oor haar taak om die werkers te bevry ten gunste van kommunisme en revolusie en om hulle by te staan in die dra van wapens. Hierdie beeld van Kahlo is in strak kontras met die van die Italiaanse fotograaf, Tina Modotti. Sy staan aan die regterkant van die muurskildery en word vroulik uitgebeeld. Sy het n romp aan en haar krulle omraam haar delikate gesig. Aangesien Realisme die styl van hierdie skildery is, is die betekenis van die werk maklik verstaanbaar.

VO

OR

BE
Diego Rivera, The Arsenal (The distribution of arms), 1928. Fresko. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

102

3 .1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Jy het reeds die vier kunswerke bestudeer wat op hierdie bladsy voorkom. Hierdie is sommige van die mees beroemde kunswerke wat politieke kwessies uitdruk. Bespreek die volgende oor elke werk: Die historiese inhoud Beskrywing van die toneel wat uitgebeeld word Gebruik van formele elemente van komposisie Betekenis en boodskap

David, The oath of the Horatii, 1784. Olie op doek.

VO
Pablo Picasso, Guernica. 1937. Olie op doek. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Delacroix, Liberty leading the people, 1830. Olie op doek.

BE

EL
Goya, The Third of May 1808, 1815. Olie op doek.

103

Oorsig van sosio-politieke kuns


Die verwoesting van die baie oorlo en konflikte tydens die 20ste eeu het n verskeidenheid kunstige uitdrukkings tot gevolg gehad. Sommige van hierdie sluit die volgende in:

OR

BE
Otto Dix, Der Krieg (die oorlog), 1929 - 1932. Olie en tempera op hout.

Otto Dix (1891 1969) was deel van Die Nuwe Objektiwiteit (Neue Sachlichkeit) in Duitsland na die Eerste Wreldoorlog. Hierdie beweging het die korrupsie en algemene demoralisering van Duitsland na sy nederlaag in die Eerste Wreldoorlog gekritiseer. Der Krieg het uit Dix se eie ondervindings van die gruwels van oorlog ontstaan. Hy het vir vrywillige diens in die weermag aangemeld en het as n masjiengeweerskut aan die westerfront geveg. Hy is verskeie kere gewond, een maal amper noodlottig. Oorlog het hom geweldig benvloed as n mens en as n kunstenaar en hy het van elke geleentheid gebruik gemaak, tydens sy aktiewe diens en daarna, om sy ondervindings aan te teken. Die formaat van sy werk is gebaseer op Grnewald se Isenheim altarpiece, wat een van die wreedste en roerendste uitbeeldings van Christus se kruisiging is. In hierdie werk, toon die linkerpaneel gewapende soldate wat in uniform in die afstand wegmarsjeer. In die middel- en regterpanele wys Dix die verskriklike gevolge van die oorlog deur verminkte liggame, waarvan baie koelwonde het, wat rondgestrooi l in n apokaliptiese omgewing. Die sentrale paneel wys dat slegs een soldaat oorleef het wat n gasmasker aanhet in die loopgraaf wat in duie gestort het. Rondom hierdie soldaat is lyke wat in die laaste stadiums van ontbindig is en n geraamte hang vanaf n boom. Dix het homself in die regterpaneel geskilder as die spookagtige, maar vasbeslote soldaat wat n maat na veiligheid toe trek. Die onderste paneel lyk soos n kis met soldate wat slaap of dood is. Die hele werk is geskilder met geweldig baie realistiese detail. In hierdie werk word die wreedheid van oorlog voorgestel deur die uitbeelding van verrottende vlees, wurms en gangreen. Die baie gepunte, vertikale lyne help om n gevoel van verwoesting oor te dra en selfs die lug vol warrelwolke is toonaangewend van die katastrofe wat oor die land neergedaal het.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

EL

104 Max Beckmann (1884 1950) het tydens die Eerste Wreldoorlog vrywillig aangemeld as n hospitaalsoldaat en sy traumatiese ondervindings tydens hierdie oorlog het sy werk in 1920 gevorm toe hy geassosieer is met Die Nuwe Objektiwiteit (Neue Sachlichkeit) in Duitsland. In The night beklemtoon hy hoe die afgryse van oorlog n samelewing tot gevolg gehad het wat in waansin verval het en waar wreedheid en geweld deel van die huishouding geword het. Drie indringers het met geweld die beknopte vertrek van n familie ingeval. Die vasgebinde vrou aan die voorkant is waarskynlik verkrag.

OR
Kthe Kollwitz, Die Freiwilligen (Die vrywilligers), 1923. Houtsnee.

In die agtergrond probeer n vrou wegkruip. Aan die regterkant vlug die derde indringer met die kind. Beckman het n persoonlike verwysing ingesluit deur homself, sy vrou en seun as die modelle vir die drie familielede te gebruik. Die onnatuurlike hoekigheid van die figure en die grofheid van die skilderoppervlak dra by tot die ontstellende voorkoms van die werk. Figure en voorwerpe lyk of hul ontwrig en verdraai is in n verwronge en onlogiese ruimte. Die kleure lyk verbleik en is beperk tot vuil wit, bruin, grys, ens., met spatsels rooi om kontras te skep. Wat hierdie werk so doeltreffend maak, is dat dit n gevoel van die sinneloosheid van oorlog en geweld uitbeeld deur die insluiting van gewone mense.
Max Beckmann, The Night, 1929. Olie op doek.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

Kthe Kollwitz (1867 1945) het in 1919 n reeks houtsneewerke begin maak wat Krieg (Oorlog) genoem is in reaksie op wat sy daardie onbeskryflike moeilike jare van die Eerste Wreldoorlog en die nadraai daarvan in Duitsland genoem het. Die sewe houtsneewerke in die reeks fokus op die verdriet van daardie wat agtergelaat is, soos die mas, weduwees en kinders. Slegs een afdruk, The volunteers, beeld die soldate uit. In hierdie werk, neem Kollwitz se jonger seun, Peter, sy plek in langs die Dood, wat die troepe in n salige optog na oorlog lei. Peter is slegs twee maande nadat hierdie houtsnee voltooi is, op die slagveld dood. In hierdie werke het Kollwitz verwysings na spesifieke tyd en plek verwyder, sodat die werke universele stellings geword het oor die lyding en verlies wat tydens oorlog en ander tye van krisis ervaar word. Sy maak baie doeltreffend gebruik van haar medium in die strak kontras tussen swart en wit, asook die sterk lyne wat geskep is deur haar gesnede merke.

105

Kthe Kollwitz, The Mothers, 1923. Houtsnee.

Leon Golub (1922 2004) was n Amerikaanse skilder wie se werk gevorm is deur burgeroorlo, revolusie en wreldwye onderdrukking. Hy het na universele eerder as spesifieke historiese verduidelikings van oorlog, wreedheid en onderdrukking gesoek. Golub het kwessies van mag aangespreek waar bendes manlike figure, aangetrek in n verskeidenheid verskillende uniforms of slegs generiese gevegskorfeedrag, gewoonlik een vasgebinde slagoffer se mond toestop, hom verder vasbind, trek, skiet of slaan. Die skildery, The interrogation II, is n eenvoudige komposisie met vier figure (die ondervraers) wat agter n gemaskerde, kaal figuur staan wat op n stoel sit. Agter hulle is een of ander folterbank. Die ondervraers is ontspanne, een se hande is in sy sakke terwyl n ander een n sigaret rook. Hulle is seker van hulself en glimlag. Die oop ruimtes in hierdie werk herinner n mens aan bloed. Die slagoffer word n stuk vleis wat gemartel gaan word. Die kyker word met afgryse vervul as gevolg van die marteling waardeur die slagoffer moet gaan en deur die selfvoldane houding van die ondervraers. Golub maak n mens bewus van onmenslike gebruike en marteling in konfliksituasies deur te fokus op hierdie aaklike martelings wat in baie samelewings plaasvind. In Interrogation III is die totale weerloosheid baie sigbaar van die kaal vrou wat geblinddoek is en aan haar polse vasgemaak is, terwyl sy deur twee polisiemanne/soldate gemartel word. Golub het sy skilderye gemaak op ongerekte doek wat op mure gehang is, soos baniere. Sy skildertegniek self het die aard van ontbloting aangeneem, aangesien hy in lae oor die figure geskilder het en dan sommige lae met oplosmiddels gestroop het en dan geskraap het om hul weer te onthul, wat gelei het tot die skepping van n gevlekte voorkoms van vel en klere.

VO

OR

BE

EL

Kthe Kollwitz, The sacrifice, 1923. Houtsnee.

Leon Golub, The Interrogation II, 1981. Akriel op linne. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

106
Leon Golub, The Interrogation III, 1981. Akriel op linne.

Martha Rosler (1943 - ) maak dikwels gebruik van fotomontages waar sy die huishoudelike lewe met oorlog, onderdrukking en politiek kontrasteer. In Gladiators word n moderne woongebied met n silwerskoon bank ingeval deur twee Amerikaanse soldate in volledige oorlogdrag. Hulle word gevolg deur die twee figure aan die linkerkant van die bank en die buitetoneel deur die venster. In die woonarea van die ruim huis wat voorgestel word, hang n geraamde kunswerk: n foto Martha Rosler. Gladiators (From the series, Bringing the War Home), 2004. van bebloede Irakkeese burgers fotomontage. wat in n hoop opgestapel is, n absolute aanduiding dat ons saamleef met die oorlog in ons daaglikse lewens sonder om dit werklik te sien. Die stilte van die ryk woning word verpletter deur n polisie-offisier, wat onskynlik n lid van die gesin arresteer terwyl swaargewapende Amerikaanse soldate n soek-en-verwoes-misie deur die woonplek aanvoer. Mense wat na Gladiators kyk, mag verwar word deur die chaotiese panorama wat gesien kan word deur die huis se yslike komvensters. Dit is gedeeltelik duidelik n ontstellende Irakkeese straattoneel waar rook van n motorbom wat ontplof het verby palmbome dryf, maar wie is die vreemde mans wat in die rigting van die huis hardloop en knuppels swaai? Hulle is in Romeinse drag aangetrek en is skynbaar n ongerymdheid in hierdie moderne toneel. (Die foto wat hulle uitbeeld is nie n maklik identifiseerbare beeld nie, selfs al is dit n foto van Associated Press wat wye blootstelling op die internet gekry het.) Die beeld dokumenteer Amerikaanse seesoldate van die 1ste Divisie in Irak

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

107 wat soos swaardvegters aangetrek is en, soos in n toneel uit die rolprent, Ben Hur, strydwaresies gehou het met gesteelde Irakkeese perde. Hierdie vreemde voorval het plaasgevind by n militre basis vir seesoldate buite die verdoemde stad, Fallujah, op 6 November 2004. (Dit was dieselfde aand waarop die seesoldaat-aanval die rebelle-vesting van 300 000 burgers sou vernietig). Hierdie beeld gee n letterlike betekenis aan die term woonkameroorlog aangesien die nuus op TV beelde van oorlog in die woongebied bring. Rosler het n sorgvuldige collage-tegniek gebruik en het die tegnologie van rekenaargrafieke verwerp. Sy sny fisies die beelde uit en plak hul dan weer saam. Dit skep n onnatuurlike sin van skaal tot die perspektief. Die blink oppervlak van die beelde help om n moderne gevoel, soos die van n tydskrif aan die werk te gee. Die feit dat een van die soldate sy outomatiese wapen op die kyker rig, is n ontstellende herinnering dat die oorlog werklik tuisgekom het.

Banksy is die skuilnaam van n Engelse graffiti-kunstenaar. Sy politieke en sosiale kommentaar het al wreldwyd op strate, mure en bre verskyn. Hy het in 2005 en weer in 2007 beelde op die Palestynse kant van die muur geskilder. Volgens Banksy transformeer die muur die Palestynse kant in die wreld se grootste oop tronk. Die segregasiemuur is n skande Die moontlikheid wat vir my opwindend is, is dat n mens die wreld se mees invallende en vernederende struktuur kan verander in die wreld se langste galery van vryheid van spraak en swak kuns.

VO

OR

Die Isrealies-Palestynse konflik, of Arabiese-Israeliese konflik, is een van die voortdurende en onopgeloste konflikte in die wreld. In 2002 het die Israeliese regering begin om n yslike muur tussen Israel en Palestini te bou. Volgens die Isrealiete, is die grens nodig om Isrealietiese burgers van Palestynse terroristeaktiwiteite te beskerm, soos selfmoordbomaanvalle. Hierdie is n opspraakwekkende kwessie aangesien die muur Palestyne inperk wat naby bly, veral ten opsigte van hul vermo om vrylik in die Wesoewer te reis en dit hul beperk om toegang tot werk in Israel te verkry. Die Palestyne verwys na die muur as n heining van rassesegregasie en in Engels word dit dikwels na n Apartheidsmuur verwys deur teenstanders van die muur, terwyl die Isrealiete daarna verwys as n sekuriteitsheining. Graffiti op die Palestynse kant van die muur is een van die vorms van protes teen die bestaan daarvan.

BE
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

108

3.2

Voltooi in jou VKS-werboek.

Bestudeer die beelde wat Banksy in Palestini gemaak het en debatteer die volgende: Sy keuse van beelde in die konteks van die muur. Moontlike betekenisse van hierdie beelde. Graffiti as n manier om mense bewus te maak van sosio-politieke kwessies. Is graffiti vandalisme of is dit kuns wat vir alle mense toeganklik is?

VO
Robert Capa, Falling Soldier, Spanish Civil War, 1936. Foto.

OR
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

n Foto is n duisend woorde werd. Sedert fotografie uitgevind is, het dit n belangrike medium geword om sosiopolitieke kwessies te dokumenteer. Fotos is gebruik om die publiek in te lig oor wreldwye sosiale ongeregtighede. Dit is ook al gebruik as propganda om nasionale trots en patriotisme te bevorder. Fotografie is voorgestel as die primre uitbeelding van werklikheid. Dit was nie altyd die geval nie, aangesien fotografie manipulasie kan wees en opgestel kan word en omdat dit dikwels moeilik is om die geldigheid van n foto te bepaal. (Die bekendste geval van fotos wat verander is, was van kommunistiese Rusland, waar die sogenaamde vyande van die mense, soos Leon Trotsky, uit die fotos verwyder is en sodoende is die verlede verander.

Hierdie foto waarin n soldaat geskiet word en hy byna in stadige aksie grond toe val, is een van die treffendste en opspraakwekkendste fotos van mense in konfliksituasies. Die geldigheid van hierdie foto is bevraagteken en sommige mense is van mening dat dit opgestel was.

BE

EL

Hierdie foto is van dr. Fritz Klein, die kampdokter, wat in n massagraf by die Bergen-Belsen konsentrasiekamp staan. Dit wys die afgryse van die Nazikonsentrasiekampe waar die liggame van die mense wat dood is in die gaskamers in massagrafte begrawe is.

109

Eddie Adams Murder of a Vietcong by Saigon Police Chief, 1968. foto.

Kevin Carter, Vulture and child in Sudan, 1993. foto.

VO

In 1948 het die Nasionale Party onder leiding van D.F. Malan aan bewind gekom. Die regerende party die bestaande stelsel van rassediskriminasie en die verwerping van menslike regte geformaliseer in die wettige Apartheidstelsel. Apartheid was n stelsel van rassesegregasie wat bekragtig is deur wetgewing deur die verskeie regerings van die Nasionale Party. Die regte van die meerderheid swart inwoners is beperk en wit oppergesag is gehandhaaf. Baie wette is goedgekeur om die beleid van aparte ontwikkeling van die rasse te bekragtig. Een van die eerste wette was die Bevolkingsregistrasiewet van 1950 wat rasseklassifikasie as wit, Indir, gekleur of swart geformaliseer het.

Dit is gevolg deur die Groepsgebiedewet van 1950 waarvolgens n eie gebied aan elke ras toegeken is. Dit het gelei tot die geforseerde verwydering van baie gemeenskappe, byvoorbeeld in Sophiatown en Distrik Ses. Die Wet op Verbod op Gemengde Huwelike het die huwelik tussen mense van verskillende rasse verbied, en die Immoraliteitswet het bepaal dat seksuele verhoudings met n persoon van n verskillende ras n kriminele oortreding was. Die Wet op Aanwysing van Aparte Geriewe in 1953, het tot meer aparte strande, busse, hospitale, skole en universiteite gelei. Uithangborde waarop daar slegs blankes geskryf was, is by openbare areas, insluitend parkbanke, aangebring. Swart mense het
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Agtergrond - Apartheid Suid-Afrika

BE

Adam se foto van n offisier wat n gevangene in boeie trompop in die kop skiet, het aan hom die Pulitzerprys in 1969 besorg, maar het ook tot gevolg gehad dat Amerikaners verbitter geword het oor die oorlog in Vitnam. Die foto onthul egter nie dat die man wat geskiet word die kaptein van n Vitkong-wraakspan was wat dosyne ongewapende burgers vroer dieselfde dag om die lewe gebring het nie.

Die Suid-Afrikaans gebore nuusfotograaf, Kevin Carter, se foto oor n droogte in Soedan is in 1993 in die New York Times gepubliseer. Die volgende jaar het hy die toonaangewende Pulitzerprys vir fotografie vir hierdie foto gewen. Carter het baie kritiek ontvang vanwe sy skynbare gebrek om hulp aan die sterwende dogtertjie te verleen. Die kritiek was een van die redes wat tot sy selfmoord in 1994 gelei het.

EL

110 diens gekry wat grootliks minderwaardig was aan die van blankes, en tot n mindere mate, was die diens wat Swart mense ontvang het ook swakker as die wat aan Indiese en kleurlinge verskaf is. Opvoeding is ook segregeer en die Wet op Bantoe-onderwys 1953 is ontwerp om Swart mense vir die arbeidersklas voor te berei. As deel van die beleid om aparte ontwikkeling aan te moedig, is onafhanklike tuislande geskep vir Swart mense, soos die Transkei, Ciskei, ens. Die Wet op Bantoe-owerhede in 1970 het die status verander van Swart mense wat in Suid-Afrika gewoon het, sodat hul nie meer burgers van Suid-Afrika was nie, maar het hulle burgers van hierdie 10 tuislande geword. Die doel was om n demografiese meerderheid van wit mense in Suid-Afrika te verseker deur te sorg dat al 10 tuislande hul volle onafhanklikheid kon bereik. Hierdie doel was nooit ekonomies haalbaar nie en het gelei tot die disintegrasie van baie families omdat mans stede toe moes gaan vir werk en hul vrouens en kinders by die huis gelos het. Die regering het die bestaande paswette versterk wat vereis het dat swart Suid-Afrikaners ten alle tye hul identiteitsdokumente (dompas) by hulle moes h. Op 9 Augustus 1956, het 20 000 vroue n optog na Pretoria gehou om n petisie aan die regering te lewer teen die dra van passe deur vroue. Die Apartheidstelsel het beduidende interne weerstand ontlont. In 1949, het die jeugafdelingsvleuel van die African National Congress (ANC) beheer van die organisasie geneem en het hulle begin om n radikale swart nasionalistiese program te verkondig. Die nuwe jong leiers het voorgestel dat die wit outoriteit slegs omvergewerp kon word deur massaveldtogte wat gelei het tot stakings, boikotte en burgerlike opstandighede optrede. Hierdie gedrag het dikwels gelei tot geweldadige botsings met die owerhede wat op sy beurt gelei tot meer plaaslike ondersteuning vir die gewapende weerstandstryd. Die regering het reageer met verdere wette soos die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme wat die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party verban het. Wanordelike byeenomste is ook verban, soos sekere organisasies wat as n bedreiging tot die regering beskou is. In 1959 is die Pan Africanist Congress (PAC) gevorm en hulle het op 21 Maart 1960 betoog teen pasboeke georganiseer. Die demonstrasie in Sharpeville het gelei tot die dood van 69 mense en 178 is deur die polisie gewond. N die Sharpeville-voorval, het die regering n noodtoestand verklaar. Hulle het die ANC en PAC verban, asook hul leiers en het meer as 18 000 mense gearresteer.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die weerstand teen Apartheid het ondergrond gegaan, met sommige leiers wat in ballingskap oorsee gaan woon het terwyl ander verwikkel was in veldtogte van binnelandse sabotasie en terrorisme. Die ANC het toe besluit om n gewapende stryd van stapel te stuur deur n nuut gevormde militre vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK), wat strategiese staatstrukture sou saboteer. In 1963, is 10 leiers van die ANC by Liliesleaf Farm in Rivonia gearresteer en aangekla van dade van sabotasie om die Apartheidsregering omver te werp. Na die Rivonia-verhoor, is Nelson Mandela, Walter Sisulu, Govan Mbeki en ander in die tronk gesit vir terrorisme en verraad. Die verhoor is deur die Verenigde Nasies se Sekuriteitsraad en deur lande wreldwyd verdoem wat gelei het tot die instelling van sanksies teen die Suid-Afrikaanse regering.

OR

BE

EL

111

n Skerp verskuiwingslyn sny deur Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit is n jaar, 1976, die jaar wat die kinders van Soweto besluit het om in opstand te kom oor hul onderdrukking. Vreedsame protes was begroet deur polisie geweerskut en binne n kort tydperk was Soweto in vlamme. Die woedende vonke het die res van die land aan die brand gesteek; honderde is dood, duisende het gevlug. Binne n paar maande, het dinge in Suid-Afrika vir altyd verander. Sue Williamson, Resistance Art
In 1976, het sekondre leerders van Soweto tydens die Soweto-opstand geprotesteer teen die gehalte van Bantoe-opvoeding en die verpligte onderrig in Afrikaans. Op 16 Junie, het die polisie op leerders begin skiet tydens wat veronderstel was om n vreedsame betoging te wees. Volgens amptelike verslae is 23 mense dood, maar nuusagentskappe het geraam dat ongeveer 600 mense dood is en nog 4 000 beseer is. Die geweld het landwyd versprei en baie mense is dood en ander het uit die land gevlug. In die daaropvolgende jare, is verskeie studenteorganisasies gevorm met die doel om teen Apartheid te betoog. Die arbeidersunies en werkers het ook n belangrike rol gespeel in die stryd teen Apartheid, en het die leemte gevul wat gelaat is deur die verbanning van politieke partye.

Hierdie bekende koerantfoto deur Sam Nzima van jeugdiges wat die liggaam van Hector Pieterson gedra het, het skokgolwe deur die wreld gestuur.

OR

BE

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

EL

112 Die 1980s was n gewelddadige dekade, veral vir swart gemeenskappe. Daar was n geweldige toename in die protes of weerstand teen die Nasionalistiese regering en hierdie protes-aksies is deur die internasionale gemeenskap ondersteun. Die regering het reageer deur byvoorbeeld noodtoestande te verklaar. In 1983 is die United Democratic Front (UDF) in Kaapstad gestig. Die party het n beleid van nie-radikalisme gehad en mense van alle rasse het n rol gespeel in hierdie opposisiegroep. In 1985 is Cosatu (Congress of South African Trade Unions) gestig om die toenemende hoeveelheid unies te kordineer. Die swart werkersklas het meer gepolitiseer geraak in sy opposisie teen die regering. Teen 1986, het die toenemende druk, beide plaaslik en internasionaal (sanksies) daartoe gelei dat baie van die beperkende wette soos die Paswet geskrap is. Op 2 Februarie 1990, het President F.W. de Klerk die ontbanning van die African National Congress en van die Pan African Congress aangekondig, asook die vrylating van Nelson Mandela. Van 26 tot 29 April 1994, het die Suid-Afrikaanse bevolking in die eerste verkiesing vir alle Suid-Afrikaners gestem en Nelson Mandela het die eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika geword. Die Waarheid- en Versoeningskommissie is in 1995 onder leidingskap van Aartsbiskop Desmond Tutu gestig om die misdade wat tydens Apartheid gepleeg is, aan die publiek te stel. Die kommissie het baie stories van wreedheid en ongeregtigheid van alle kante aangehoor en het n mate van genesing gebied vir mense en gemeenskappe wat vernietig is deur hul ondervindings in die verlede. Die Kommissie was werksaam deur slagoffers toe te laat om hul verhale te vertel en om plegers van wandade toe te laat om hul skuld te erken. Amnestie is aan die mense gebied wat n volledige skuldbekenning gemaak het. Individue wat verkies het om nie voor die kommissie te verskyn nie, sou kriminele vervolging in die gesig staar indien die owerhede hul skuld kon bewys. Terwyl sommige soldate, polisielede en gewone burgers egter hul skuld erken het, het min individue wat die bevele gegee het of opdragte vir die polisie gegee het, voor die kommissie verskyn.

OR

BE

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Oorsig van Weerstandkuns in Suid-Afrika

EL

Die rol van n kunstenaar is om sonder ophou te soek vir maniere om vryheid te bekom. Kuns kan nie n regering omverwerp nie, maar dit kan verandering inspireer. Thami Mnyele

Paul Grendon, Ons vir jou Suid-Afrika, 1985. Olie op hout. 240 x 12000cm.

113 Ek is daarin genteresseerd om grootskaalse skilderye te maak wat in openbare plekke met beelde gebruik kan word wat heeltemal toeganklik vir almal is. Hierdie yslike werk was n vervoerbare muurskildery wat by massavergaderings uitgestal is. Dit is benvloed deur die Mexikaanse muurskilders en beeld die onderdrukkende en verdeelde SuidAfrikaanse geskiedenis uit vanaf die kolonisasie van die Hollanders in 1652, die Groot Trek en tot en met die uitbuiting van die land en mineraalhulpbronne deur kapitalistiese belange. Die titel verwys na die laaste rel van die nasionale volkslied, Die Stem. Grendon werp hierdie boodskap omver deur te wys hoe koloniserende magte die meerderheid Suid-Afrikaners uitgebuit het. Geraamtes wat in die werk gewys word, is die gewers en ontvangers van die dood.

VO

Voor 1976 was Suid-Afrikaanse kuns hoofsaaklik nie-polities. Die Soweto-opstand van 1976 het tot n nuwe verbintenis deur baie kunstenaars gelei tot morele en politieke verantwoordelikheid met die oortuiging dat kuns n bewuste rol gehad het in omstandighede van onderdrukking in Suid-Afrika. n Toenemende hoeveelheid kunstenaars, swart sowel as wit, het kuns begin beskou as n manier om hul sienings oor die ongeregtighede in die Suid-Afrikaanse samelewing uit te druk. Hierdie kunstenaars het kuns as n manier beskou om mense te benvloed en om te help om verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.

OR

Tydens die The State of the Nation-konferensie in 1979 by die Universiteit van Kaapstad is die sosiale verantwoordelikheid van kunstenaars bespreek. By hierdie konferensie het kunstenaars soos Sue Williamson, Paul Stopforth en Gavin Younge n verbintenis geteken om nie deel te neem aan enige uitstalling wat deur die staat befonds is tot universiteite vir alle rasse oopgestel is nie. In 1982, is n konferensie getiteld Culture and Resistance: Art towards Social Development and Change in South Africa (Kultuur en Weerstand: Kuns vir Sosiale Ontwikkeling en Verandering in SuidAfrika) in Gaborone in Botswana gehou. Die rol van die kunstenaar in die samelewing is bespreek en daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die daad van kuns n daad van stryd was. Kunstenaars

BE

EL

moes met die massa identifiseer en kuns vervaardig wat gepoog het om houdings te verander. Kuns moet dus nie slegs beperk word tot galerye nie, maar moet n deel van die alledaagse lewe wees. Weerstandkuns was n ernstige poging om politieke verandering te bevorder en ook om sosiale ongeregtighede wat daarmee geassosieer is aan te spreek. Weerstandkuns het op die wonde in die Suid-Afrikaanse samelewing gefokus. Die 1980s was n spesifieke gewelddadige dekade met n groot toename in betogings en weerstand teen die Nasionalistiese regering. Hierdie dekade is gekarakteriseer deur n konstante siklus van onrus, beperkings, verbannings, polisie-skietery, sterftes in aanhouding, noodtoestande, nuussensorskap en brandende motorbandhalssnoere (necklacing). Weerstandkuns was toe op sy sterkste met kunstenaars wat hul sosiale verantwoordelikheid getoon het in n ontploffing van politieke gemotiveerde visuele beelde. Hierdie beelde het gelei tot die gemeenskapsondervinding, wat onderdrukking en lyding weerspiel het. SuidAfrikaanse kuns van die 1980s was gevul met beelde van slange, krokodille, dierasies wat wapenrusting gedra het, motorbande en kannabalistiese plante wat simbole geword het van die weerstand. (Sien Sue Williamson, Resistance Art in South Africa).

D
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

114

Gewilde Weerstand
Kunstenaars wat verbind was tot politieke weerstand moes die idee van die kunstenaar as n individu wat van die breer gemeenskap gesoleer was, heroorweeg. Baie van hierdie kunstenaars het die term kulturele werker eerder as kunstenaar verkies. Kuns moes meer demokraties wees en nie slegs vir n gekose paar geskep word nie, maar eerder vir die hele gemeenskap. In die visuele kunste, het hierdie gewilde weerstand gemanifesteer deur plakkate, T-hemde, baniere, logos en muurskilderye. Die boodskap in al hierdie werke was belangrik om almal te bereik met boodskappe oor demokrasie en menseregte.

Cape Youth Congress Banner, Cape Town, 1985. Akriel op materiaal. Yslike baniere is geskilder wat tydens massavergaderings gebruik is.

VO
Die T-hemp het n belangrike manier geword om n politieke stelling te maak en toon verbintenis tot n organisasie. Baie van hierdie T-hemde is verban en indien mense hulle gedra het, kon hulle in die tronk beland.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die Medu Kuns Ensemble is laat in 1978 in Gaborone in Botswana deur Suid-Afrikaners in ballingskap gevorm. Die groep het n belangrike rol gespeel om politieke plakkate te skep. Funksie het vir hierdie kulturele werkers voorgeskryf watter vorm die plakkate sou aanneem. Mense moet beelde sien en onthou en hulle gebruik oor en oor. Op 14 Junie 1985 het die Suid-Afrikaanse Weermag Gaborone ingeval en 12 mense, insluitend die kunstenaar Thami Mnyele, doodgemaak. Medu het oornag ophou bestaan.

OR

Ongeveer 5 000 weerstandplakkate is tussen 1975 en 1995 geskep. Hierdie plakkate is nooit bedoel as permanente kunswerke as kuns op n muur nie, maar het n funksie gehad om mense in te lig oor vergaderings, gebeurtenisse en ongeregtighede. Bowenal is die plakkate gebruik om mense te mobiliseer om voort te gaan in die stryd vir n demokratiese Suid-Afrika. Syskerm-afdrukkery was redelik goedkoop en die tegniek kon gebruik word vir massahervervaardiging en openbare vertonings. Visuele beelde moes kragtig en maklik identifiseerbaar vir die mense wees. n Gebalde vuis, kettings en verwerkings van Sam Nzima se foto van die dooie Hector Pieterson was gewilde visuele beelde. Baie mense het gevoel dat hierdie herhalende beelde gehelp het om n sterk identiteit vir hierdie plakkate te skep, terwyl ander gesien het dat die plakkate afgesaag en stereotipies geword het en nie kreatiewe verbeelding uitgedruk het nie.

BE

EL
Unity unions: Workers Day Rally: Launch of the New Federation, 1985. Litograafplakkaat. Sarmcol Workers Cooperative: The Long March, 1987. Syskermplakkaat.

115 Graffiti was n manier om die boodskap van weerstand oor te dra en die mure het kennisgewingborde vir die mense geword. Die Free Mandela-grafitti was een van die gereelde stellings. Die skrif op die muur het verpligte lees oor die toestand van die stryd geword.

Kunswerke genspireer deur spesifieke gebeurtenisse


Steve Biko was die jong leier van die Swart Bewyssynsbeweging wat baie van die stedelike swart bevolking bemagtig en gemobiliseer het. Hy was bemagtig deur sy stellings soos man, jy is reg nes jy is, begin om jouself as n mens te sien. Hy is in 1977 in polisie-aanhouding geneem en is tydens aanhouding dood. Sedert sy dood, het Biko as n martelaar vir die anti-Apartheid beweging bekend gestaan en sy lewe en dood was en is die onderwerp van baie kunswerke. n Elegie is n gedig of liedjie wat spesifiek as n treurlied vir n mens wat doodgegaan het, gekomponeer is. Stopforth het n reeks werke gemaak wat Elegy genoem is as n huldeblyk vir sy vriend, Steve Biko en om sy hartseer na Biko se dood uit te druk. In hierdie werk word die liggaam van die dooie Biko gewys waar dit op n laai in die lykshuis l. Die liggaam lyk jeugdig, sterk en jonk, wat dit meer skokkend maak dat hy dood is. Die hele liggaam word uitgebeeld in al sy weerloosheid, met slegs die kop wat gedraai is om hom n bietjie privaatheid te gee. Die skaduwees en buitelyne word vertoon in lig eerder as donker, soos in n X-straal of fotonegatief.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO
Paul Stopforth, Elegy for Steve Biko, 1981, Gemengde media.

OR

CAP was waarskynlik die gemeenskapskunssentrum wat die meeste aktief daarin was om die drukkuns te gebruik as n manier van sosiale transformasie deur die druk van plakkate en T-hemde vir politieke groepe wat Apartheid beveg het. Dit het n belangrike rol gespeel om die visuele kunsvaardighede van werkers van arbeidersunies en politieke organisasies te ontwikkel om sodoende die doelwitte van die bevrydingsbeweging te bevorder. Dit het ook die loopbane van baie andersins gemarginaliseerde swart kunstenaars, soos Billy Mandini en Willie Bester, van stapel gestuur.

BE

Die Gemeenskapskuns-projek (CAP) is in 1977 in Kaapstad gestig. Dit het begin as n organisasie wat daarop gemik was om mense van verskillende ekonomiese en rasse-agtergronde bymekaar te bring om kuns te maak en om teatergebeurtenisse op te voer.

EL

116 Die figuur word van n afstand beskou en ook effens van bo af wat bydra tot die weerloosheid daarvan wat ondersoek word. Die oorweldigende rooi van die agtergrond laat die figuur uitstaan en verwys na geweld en bloed. Die posisie waarin die figuur is, is soos n horisontale kruisiging en Biko word dus verteenwoordig as n martelaar wat gesterf het vir sy politieke oortuigings. Nhlengethwa se collage is selfs strakker en dit wys die weerloosheid van Biko se liggaam en die vernietiging daarvan tydens die marteling wat hy ondergaan het. Die titel verwys na die stelling van Jimmy Kruger, die minister van justisie op daardie stadium, dat Biko se dood my koud gelaat het. Biko word gewys waar hy dood en kaal l in n vertrek wat soos n polisiesel lyk. Die collage-tegniek is baie effektief om veelvoudige perspektiewe te skep. Die uitgensyde kop wat buite proporsie is, is veral roerend as n simbool van die wrede aanranding van Biko. Die le stoel en die liggaam van Biko in hierdie neerdrukkende monochroomvertrek skep n ysingwekkende atmosfeer. Die kyker wonder wat presies gebeur het voor hierdie toneel deur die oop deur gesien is.

Sam Nhlengethwa, It left him cold - the death of Steve Biko, 1990. Collage, potlood en houtkryt.

Sien ook Paul Stopforth se The interogators (p.21 ) and Willie Bester se Homage to Steve Biko. Op 21 Maart 1985 het n begrafnisoptog van n paar duisend mense in die klein dorpie van Uitenhage in die Oostelike Kaap in n skandelike slagting ontaard toe die polisie op die mense begin skiet het. Groot begrafnisse is deur die polisie verban in terme van die Interne Sekuriteitswet, maar die mense het besluit om in elk geval n optog te hou. Gevolglik is 20 mense dood en nog 27 beseer. Meeste van die mense wat doodgemaak of gewond is, is van agter geskiet, en die skare was reeds besig om te ontbind terwyl mense weggehardloop het toe meeste van die skote afgevuur is.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Kevin Brand, 19 Boys Running, 1988. Beeldhou-installasie van hout, polistereen, papier en verf.

Brand beeld hierdie voorval uit in hierdie installasie wat 19 figure wys met verskrikte, verwronge uitdrukkings op hul gesigte terwyl hul probeer ontsnap. Hul bene is vervang deur eenvoudige dennebokse. Elke seun word soos n eksemplaar in n lykshuis genommer. Die figure is gemaak van effens gevormde polistereen wat bedek is in bruin papier en geverf is. Hulle is amper tweedimensionele beelde, wat lyk of hulle eerder op n voorbladfoto hoort as om werklike mense voor te stel. Daar is n ironie in die titel wat verklaar dat hulle hardloop, want hul liggame is by hul middels afgesny en hulle bene is klaar verander in goedkoop dennekiste.

BE

EL

117

Die Onderdrukkers
Tydens die Apartheidregime het die meeste Suid-Afrikaners die regering as die onderdrukker beskou. Albie Sachs het ges dat

dit is asof ons heersers elke bladsy bekruip en by elke prent spook: alles het n obsessie met die onderdrukkers en die trauma wat hul uitgeoefen het.

Baie kunstenaars het die onderdrukkers uitgebeeld wat die Apartheidstelsel voorgehou het. Stopforth se The interrogators, is n triptiek waarin drie van die nege polisiemanne wat betrokke was in die geregtelike doodondersoek na Steve Biko se moord in aanhouding voorstel. Stopforth het gebruik gemaak van persfotos van hierdie figure en vir die eerste keer is die werklike gesigte van die plegers van geweld tydens Apartheid gebruik. Stopforth het gepraat van die gewoonheid van die drie mans wat na bewering Biko so erg geslaan het dat hy gesterf het. Die kyker word konfronteer met drie gesigte van naderby in

VO
Gary van Wyk, State of Emergency Series, 1985. Olie op doek. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

n staalagtige grys. Hulle lyk spookagtig en onheilspellend, veral die een wat agter sy sonbril skuil. Die nederige materiale wat gebruik word, is deel van die mag van hierdie werk. n Laag vloerwas is op n bord gesmelt met n laag grafietpoeier wat in lae bo-op die warm was gebruik is. Toe dit afgekoel het, is n etsnaald gebruik om die donker grys laag weg te skraap, deur bleek wasserige hoogtepunte te onthul. Die agtergrond is platgemaak deur die eenvormige laag swart verf wat die spookagtige beeld van n stoel voorstel om die drie beelde te verenig. Die skaduwee van die stoel is n lewelose voorwerp wat n simbool van onderliggende vrees word in Biko se stryd met sy gevangenemers.

BE

EL

D
Paul Stopforth, The Interrogators, 1979. Grafiet en vloerwas.

118 Van Wyk het hierdie werke gebaseer op pers- en televisiebeelde. Dit toon die onderdrukking en misbruik van mag deur die polisie tydens die Apartheidstelsel. Die figure is in swart geskilder op n onvoorbereide doek met soliede rooi agtergronde. Duidelike kwashale is sigbaar in die swart en wit klere. Rooi, die kleur van gevaar, woede en bloedvergieting, help om n spesifieke boodskap van die gevaar en mag van hierdie mense oor te dra. Hulle liggaamstaal, soos die gepunte vinger, help om n spesifieke boodskap van die gevaar en mag van hierdie mense oor te dra. Die figure maak nie oogkontak met die kyker nie en is arrogant en selfbelangrik. Hoewel hierdie figure magtig was en vrees ingeboesem het, is hulle ook pateties en komies in n sekere opsig, asof hulle slegs marionette was wat aaklige dade moes doen om die stelsel te handhaaf. Die onderdrukkers is dikwels op n komiese en satiriese wyse voorgestel. Die yslike stewels in Murray se Policeman lyk aanvanklik snaaks, maar lewer ysingwekkende kommentaar oor die mag van so n figuur. Daar was dikwels ook n mengsel van menslike en diere kenmerke om kommentaar te lewer op die dierlike aktiwiteite van die onderdrukkers.

Norman Catherine, Carnivores (detail), 1988. Dro naald.

Die hooffiguur in hierdie werk is n mengsel van mens en dier. Dit wys n polisieman met sy pet. Die gesagsfiguur skep n toneel van verwoesting met liggame wat heeltemal rondom dit is. Hierdie basterfiguur wys hoe die owerheidsfigure as honde tydens die Apartheid-era beskou is. Sy tong word as n slang uitgebeeld. Sy tande is vlymskerp en sy kloue kan ook seermaak. Daar is n duidelike kontras tussen die donker figuur van die hooffiguur en die ligter agtergrond. Die vorms is verwring en vereenvoudig (die tande, oog, ens.). Daar is baie verskillende teksture in die werk, byvoorbeeld, die pels op die liggaam, patrone en die maak van merke in die agtergrond.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Norman Catherine, Dog of war, 1988. Ets. Brett Murray, Policeman, 1985. Veselglas en olieverf.

BE

EL

119 Hierdie is een van n reeks werke wat Hodgins gebaseer het op Ubu, die moreel korrupte karakter in die verhoogstuk deur Alfred Jarry. Ubu dra die mantel en ketting van n burgemeester en is dus n gesagsfiguur. Hy kyk af en effens kant toe, en vermy ons blik skelm. Sy neus is platgemaak en het afgegly op sy gesig en sy mond is n smerige grynslag. Die varkagtige kwaliteit van sy gesig weerspiel sy interne verrotting en word die verpersoonliking van n gierige en moreel korrupte samelewing. Hy is n bose, korrupte onderdrukker, maar is ook komies in sy boosheid. Dit is n baie skilderagtige portret met sterk kwaswerk. Die vorms in die gesig is verwring om dieragtig voor te kom. Die figuur domineer die prentoppervlak en die agtergrond is n plat en donker area wat klem op die figuur plaas. Kleure is meestal variasies van wit, pienk en rooi. Dit is veral duidelik in die gesig met sy kontraste van die wit middelste gedeelte en die rooi/pienk vlesige dele van die kante.

BE

Robert Hodgins, Ubu the Official Portrait, 1931, tempera en gipsmengsel op bord.

VO
Baie kunstenaars het die onderdrukkers uitgebeeld, die figure wat die Apartheidregering moes handhaaf. Dit word gesien in Jane Alexander se Butcher boys (bl.32) en Manfred Zylla se Deathtrap (bl.50). Die toestand van die Apartheidregering is ook in hierdie werke voorgestel. David Brown, in sy Voyagesreeks van beeldhouwerke, stel Suid-Afrika voor as n skip van gekke op pad na n ramp. Die barbaarse bemanning kom onmenslik voor, terwyl die swaaiende slagoffers in hokke lenig en rats is.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

EL
David Brown, Voyage 1 & II, 1988. Gesnyde en vlekvrye staal, brons, koper en gietyster.

120 Norman Catherine het dikwels satire gebruik om kommentaar te lewer op Apartheid in Suid-Afrika. Op sy manier het hy die kyker geforseer om die onsmaaklike werklikheid van Apartheid te konfronteer of te beleef. In Intensive care beeld hy Suid-Afrika uit as die pasint wat wag vir dreigende straf en die dood. Die hospitaalpasint gaan binnekort in twee gesny word deur n ronde saaglem wat nader na sy bed toe kom. Daar is n muisval by die pasint se keel. Die 1948 aan die voet van sy bed verwys na die jaar wat die Nasionale Party aan bewind gekom het. Hy is vasgevang in n bed wat met lemmetjiesdraad vasgemaak is. Die gesigte wat soos maskers lyk, kyk met wye o en ontblote tande na die dreigende ramp. Die enigste kleur is spatsels rooi op die pasint se mond en op die bloederige saaglem. Die tas is ook met lemmetjiesdraad vasgemaak wat ontsnapping onmoontlik maak. Catherine het definitiewe merke gebruik om n krapperige gevoel in die werk te skep en om te wys dat dit nie n aangename toneel is om te aanskou nie.

Onderdrukking is die uitoefening van mag op n lastige, wrede of onregverdige manier, soos in Apartheid Suid-Afrika. Daar is baie ander kunswerke wat die swaarkry en ongeregtighede wys wat die onderdruktes moes deurmaak.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Ka-Mkame het hierdie werk Letters to God genoem, aangesien hy God versoek het om die gruweldade wat in Suid-Afrika plaasgevind het, waar te neem. Hy het oliepastelle gebruik om baie klein tonele te teken, soos n begrafnis, n meisie in n ligblou rok wat hardloop met bloed wat haar bors vlek, kinders in uniform wat protesplakkate swaai, n vrou wat alleen by haar eetkamertafel sit. Saam vorm hierdie klein tonele n lappieskombers van angs. Hoewel die kleure helder is, is die algehele gevoel somber. Hy het n sgraffito-tegniek gebruik waar kleure in lae gebruik word en dan gekrap word sodat stukke van die kleur onder die oppervlak ontbloot word. Vogens Ka-Mkame is hierdie tonele presies wat ek sien wanneer ek wakker word in die oggend. Die werk toon n teer, bidagtige mengsel van strydsbeelde. Dit is n voorstelling van sommige van die primre beelde van die stryd toyi toyi, traangas, plakkate, ens. Die tipe beelde in hierdie beeld word dikwels in die kunswreld van die 1980s aangetref.

OR

Die onderdruktes

BE

Bothas baby: Die titel verwys na P.W. Botha wat eerste minister was toe hierdie stuk gemaak is. Die beeldhouwerk is n tipiese ho stoel wat vir n baba gebruik word. Die voerbord van die stoel het n uitkeping vir n geweer. Op hierdie manier maak die werk n wrang opmerking oor die geweld wat gebruik is om die Apartheidstelsel te handhaaf.

EL
Gavin Younge, Bothas Baby, 1981. Gietyster en gesweisde staal. Sfiso Ka-Mkame, Letters to God (detail), 1988. Oliepastel op papier.

Norman Catherine, Intensive care, Houtskool en pastel. 1988.

121 The Childs mother holds the sharp edge of the knife Hierdie werk lyk soos n flitsbeeld van n voortdurende toneel en die komposisie is propvol beelde. Die vrou met die ketting vanaf haar bors is die fokuspunt. Sy word tegnies baie ligter as die res van die figure voorgestel. Sy is die moeder en uit haar bors kom n ketting te voorskyn wat beskou kan word as n skakel met die verlede en die tradisies van hierdie tydperk. Sebedie bied haar persoonlike interpretasie van lewe in die Suid-Afrikaanse township uit met sy oorweldigende gebrek aan spasie en gevoel van chaos. Die figure en diere is opeengehoop en probeer om hul eie ruimte te kry. Die Helen Sebidi, The Childs mother holds the sharp edge of the knife, 1988. Pastel op papier. skildery lewer ook kommentaar op die manier waarop die lewenstyl in die townships besig was om verwoes te word. Haar werk illustreer die stryd van swartes wat nie vry was om te kom en gaan soos hulle wou nie en wat gely het weens die ongeregtighede van Apartheid wat hulle geforseer het om te leef volgens regeringsbevele in stampvol townships. Sebidi se gebruik van collage in hierdie werk lei tot gefragmenteerde figure. Die gesigte is verwant aan Afrika-maskers. Dit is figuratief en ekspressionisties in die manier waarop vorms verwring word. Daar is baie merkmakery in haar gebruik van pastelle. Die gebruik van lyn word duidelik gesien in Sebedi se tegniek om sekere dele te lewer en te omlyn. Die arms vorm duidelike, direksionele lyne wat die oog opwaards en afwaarts lei. Die vorms is vereenvoudig, verwronge en gefragmenteer. Die kleure is ryk en helder in die vlak ruimte.

3.3

Voltooi in jou VKS-werkboek.

VO

OR
Bespreek hoe die drie kunstenaars van hierdie werke hul verfkwaste gebruik om deel van die stryd te wees. Gebruik die volgende aanwysers: Spesifieke onderwerp Gebruik van formele elemente Styl en tegniek Moontlike betekenisse en boodskappe
Alfred Thoba, 1976 Riots, 1977. Olie op bord.

Ek gebruik die kwas om deel van die stryd te wees. My ander broers gebruik AK 47s, het Mandla Emmanuel Sibande ges.

BE

EL

Mandla Emmanuel Sibande, Zabalaza, 1987. Olie op bord.

Thomas Nkuna, Amandla ilizwe I Africa, 1989. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

122

Jane Alexander (1959 - )


Jane Alexander is in 1959 in Johannesburg gebore. Sy het Skone Kuns aan die Universiteit van die Witwatersrand gestudeer, waar sy haar meestersgraad in Skone Kunste in 1988 behaal het. Sy is in 1995 gekies as Standard Bank se Jong Kunstenaar van die Jaar. Alexander het al verskeie toekennings vir haar werke ontvang. Sy woon in Kaapstad en gee klas aan die Michaelis Skool van Skone Kunste in Kaapstad. Invloede

Deel van die rede waarom ek dinge realisties maak, is omdat ek nie regtig my werk wil verduidelik nie. Wat ek wil kommunikeer word mees geredelik gedoen, dink ek, deur hierdie soort realisme. Mense kan hul eie interpretasie vorm en indien dit van my idee verskil, maak dit nie saak nie.

Kenmerke

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

My werk is nog altyd benvloed deur die politieke en sosiale karakter van Suid-Afrika. My temas word genspireer deur die verhouding van individue ten opsigte van hierargie en die teenwoordigheid van aggressie, geweld, viktimisasie, mag en onderdanigheid. Terwyl Alexander op universiteit was, is sy blootgestel aan inligting oor die onregverdige politieke situasie in Suid-Afrika deur studente se ondergrondse organisasies en aktiwiteite. Dit het n geweldige invloed op haar gehad aangesien sy op die Suid-Afrikaanse situasie in haar werk gereageer het. Hoewel Alexander haarself nog nooit n politieke kunstenaar genoem het nie, omdat sy proteskuns as te spesifiek beskou, het sy sommige van die mees blywende beelde van Weerstandkuns geskep, soos The butcher boys. In Alexander se vroe werke in die 1980s het sy geweld in die menslike samelewing ondersoek. Hierdie werke het die uiters gewelddadige tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis in die 1980s weerspiel. Haar werk is oor die plegers en geweld. Sy werk uit n persoonlike perspektief om n blanke vrou in Suid-Afrika te wees en gee nie voor om die lyding van politieke slagoffers te verstaan nie.

OR

BE
Edward Kienholz, The state Hospital, 1966. Installasie. Jane Alexander, Ongetiteld, 1982.

Alexander is benvloed deur die werk van Edward Kienholz, n Amerikaanse kunstenaar wat installasie-omgewings geskep het. The state hospital wys twee figure wat op n kajuitbed l. Hulle is albei aan die bed vasgemaak. Die armsalige, jammerlike liggaam op die laer deel word voorgestel as iemand wat slegs droom van die identiese ellende van die pasint bo die figuur. Die droom word voorgestel deur n spraakborrel. In elkeen van die glasborrelkoppe swem n swart vis. Die figure is geplaas in n konstruksie van n sel wat gevul is met die tipiese eterreuk wat in hospitale aangetref word. Die kyker ondervind die volskaalse omgewing en die tragedie van die sielsieke pasinte.

EL

123 Haar werk is nie n dokumentasie van ons verlede of hede nie, maar eerder n allegoriese beeld van lyding en geweld. Sy werk dikwels met die tema van vervreemding, van mense wat nie heeltemal in die samelewing hoort nie. Alexander is van mening dat haar werk geen spesifieke storie het nie, behalwe die een wat die kyker self skep. Haar werk is verder gebaseer op persoonlike ondervinding, persepsie en media-inligting.
Jane Alexander, Dog, 1984 - 1985. Pleister, hare, been, kreosoot en olieverf.

VO
Jane Alexander, African Adventure, 1999 2002. Installasie.

OR

Jane Alexander, Street Cadets with harbinger: wish, walk/Loop, Long, 1997 -1998. Gemengde media.

BE

EL

Alexander is hoofsaaklik n beeldhouer wie se werk figuratief is en altyd verwant is aan die menslike figuur, aangesien sy genteresseerd is in anatomie as n vorm van uitdrukking. Die figure is dikwels lewensgroot en dra n sterk teenwoordigheid en n gevoel van drama oor. Alexander is op soek om die manier te identifiseeer waarin geweld, aggressie, wreedheid en lyding oorgedra word deur die menslike figuur en wat ook daarin bevat word. Haar werk spreek van die instinktiewe drange in menslikheid soos die begeerte vir mag, die gewoontes van geweld, viktimisasie en onderdrukking. Haar beeldhouwerke toon n bontspul van karakters. Sy skep dikwels basters deur menslike liggame te kombineer met die koppe van bobbejane, jakkalse, ibisse en ander gediertes. Op hierdie manier kry menslike figure dieragtige kenmerke en sy stel die menslike vorm dierlik voor. In hierdie mengelmoes van mense en diere, forseer Alexander die kyker om mensike gedrag te heroorweeg. Dubbelsinnigheid is n konstante tema in haar werk, veral die dubbelsinnige aard van geweld. Die teenoorgestelde van geweld is weerloosheid. Wanneer n samelewing onveilig voel, is mense dikwels slagoffers en aggressors. In haar werk ontbloot Alexander dit wat sy moes verbloem het. Hoewel haar werk naturalisteis is, is dit ook onwerklik en onheilspellend. Vir die kyker is die ondervinding om tussen die werke te loop soos om tussen spoke te loop. Die gevoel is n grusame en spokerige skoonheid in hierdie gedemtpe figure. Alexander verduidelik die binre teenoorgesteldes van die werklike en onwerklike in werke wat handel oor visuele verandering en metamorfose. Ruimte speel n belangrike rol in haar werk. Deur hierdie figure in spesifieke geskepte omgewings of in verhouding tot mekaar te plaas, skep sy gevoelens van vervreemding en eensaamheid. Die lewensgrootte figure beset die kyker se werklike ruimte. Die werke het n ontstellende teenwoordigheid en breek die verdeling tussen kuns en lewe.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

124

As ek n stuk gaan maak, kies ek mense wat fisies geskik is en dan giet ek hulle, sny die gietwerke uit en herwerk hulle. Ek maak die basiese struktuur van die draad en verband, en bou die pleister oor dit. Ek het n basiese skedelvorm wat ek gebruik vir die gietwerk. Hande, voete, gesigte en koppe word nie gegiet nie, maar gemodelleer.
Haar beeldhouwerke word van die menslike vorm gemodelleer, maar sy gebruik ook gietwerke direk van die menslike liggaam. Na die gietwerk voltooi is, manipuleer sy die vorm deur dit te modelleer en deur baie teksturele moontlikhede te skep. Alexander se hoofverwysing is die menslike anatomie. Sy het n uitgebreide kennis daarvan aangesien sy op n stadium anatomie bestudeer het. Die pragtige detail van been, spier en postuur boei die kyker. Tydens die kreatiewe proses word vreemde materiale en gevonde voorwerpe soos been, horings, ens., bekendgestel. Sy gebruik n verskeidenheid materiale soos pleister, been, horings, hout, was en verf.

Fotomontages: Alexander skep ook fotomontages. Hierdie werke laat haar toe om beelde op te sny en om hulle saam in n collage te gebruik en om dan n nuwe foto te skep. Dit sou andersins onmoontlik gewees het, vanwe die grootte van die beeldhouwerke en as gevolg van die gekose omgewings. Hierdie werke is atmosferies, greinserig in swart en wit en die ontstellende montage ontlok herinnerings van nuusfotos. Ons is bewus daarvan dat hierdie beelde gemanipuleer is en hulle skep vrae oor die geldigheid van fotografiese dokumentasie.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Jane Alexander, African adventure centre, 2000. fotomontage.

Die afgelope jare het Alexander baie liggingspesifieke installasies wreldwyd geskep. Tydens elke geleentheid word een of meer karakters ingesluit en bekend gestel. Die spesifieke ligging voorsien n teatrale agtergrond vir haar beeldhouwerke. Sy installeer hulle self en die werk spreek voortdurend van weerloosheid, neurose en ontworteling.
Jane Alexander, Security (detail), 2006. Installasie.

BE
Jane Alexander, Verity, Faith and Justice (detail), 2006. Installasie.

EL

125

Voorbeelde van Jane Alexander se werk:

VO

The butcher boys is Alexander se bekendste stuk en het n ikoniese werk van die weerstandstryd in Suid-Afrika geword. Die temas van verminking, geweld en dubbelsinnigheid kan gesien word in hierdie belangrike werk in haar loopbaan. Dit het ontstaan vanwe n gevoel van afgryse oor die toenemende onderdrukkende en wrede maatrels wat deur die Apartheidsregering gebruik is om die geweld van die 1980s in die Suid-Afrikaanse samelewing te onderdruk. Hierdie werk het n simbool van genstitusionaliseerde geweld geword, soos die Sekuriteitspolisie wat betrokke was by die dood van Steve Biko, die leier van die Swart Bewussynbeweging. Die titel (Butcher boys) s dat hulle teregstellers of gewelddadige moordenaars is. Hoe het hierdie persone wat eers menslik was in monsters verander?

OR

BE
Jane Alexander, Butcher Boys, 1985 1986. Pleister, verf, been, horings en houtbank.

EL
Drie lewensgrootte en lewensgetroue pleisterfigure, naak behalwe vir bedekkings oor hul genitalie, sit op n houtbank. Hulle is van pleistergietings gemaak wat van mense geneem is, maar hulle is verwerk tot meer as net dit. Die figure kom magtig voor, maar hul liggame is deurdring en is beskadig. Hoewel hulle baie manlik is, is hul geslag onbekend omdat hul genitalie bedek (of gesel) is deur n soort beskerming wat krieketspelers dra. In hierdie geval word die bedekkings egter in die vlees versmelt. Been is in die vlees geplaas en die vlees is weggeskraap om die been te onthul. Hulle koppe is net half menslik. Horings groei uit die kopbene; die gesigte is verwronge en platgedruk in snoete wat nie monde vorm nie. Hulle kan, heel letterlik, nie die onbeskryflike uiter nie of met die stem van rede kommunikeer nie.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Jane Alexander, Bird, Harbinger with protective boots and Lamb with stolen boots (detail), 2002 2004. Gemenge media.

Jane Alexander, Harbinger with Barge and Imperial Landscape (North Sea), 2006. Installasie

126 Hulle gehoor is ook aangetas aangesien hul ore net gate is. Hulle is dalk mutante, die slagoffers van n aaklige ramp. Hulle het hul sintuie verloor en toon geen sensitiwiteit vir die wreld nie en reageer nie op enige stimulasie nie. Die feit dat hulle sit, toon dat hul passief is en dit is byna of hul vir iets wag. Hulle kom terselfdertyd angstig en selfbewus voor. Maar hulle is ook vreesaanjaend boosaardig, die plegers van aaklige geweld. Hierdie is beelde van wreedheid. Wat het hierdie persone wat eens mense was in monsters verander? Hulle o is donker en glasering, hol en spokering. Die tema van hierdie werk is die simboliese verhouding tussen onderdrukker en slagoffer. Alexander poog om die manier te identifiseer waarin geweld, aggressie, wreedheid en lyding oorgedra word deur die menslike figuur.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Hierdie figure het n onheilspellende teenwoordigheid en soos die skrywer, Andr P. Brink, opgemerk het, stuur dit koue rillings langs jou ruggraat af . Hoewel die figure geskep is in n spesifieke onderdrukkende SuidAfrikaanse historiese tydperk, het hulle dit oorbrug en miskien is hul mag te bespeur in die feit dat hul ons menslikheid diep aanraak. Sou ons ook soos hulle word indien ons geforseer is om dade van geweld en mishandeling te pleeg?

BE

Die gewelddadige, aggressiewe en kragtige karaktereienskappe word in dieselfde liggaam vertoon wat hulpeloosheid onthul. Alexander het al ges dat die alter ego van aggressie weerloosheid is. Sy het ook ges dat mense wat seker van hulself is en nie bedreig voel nie, nie nodig het om ander te boelie nie, maar wanneer n samelewing onseker is, word al die lede aggressors sowel as slagoffers. Die assosiasie met die dood is geskep deur die gebruik van bene en kopbene. Op hierdie wyse is hierdie figure, wat onbeskryflike dade van geweld gepleeg het, ook dikwels slagoffers van geweld. As slagterseuns is die figure in staat tot slagting, maar as naakte vorms is hulle die ekwivalent van vleis in n slaghuis.

EL

127 Integration programme: Man with wrapped feet beeld n swart man uit wat afklim of afhang van die muuroppervlak in n semi-fetale posisie met sy voete in n swart sak toegedraai en sy kop wat met n goue disk geraam is. Die grond waarop hy l is n briljante blou kleur. Hierdie stuk is werklik sowel as onwerklik. Dit is van lewe gegiet, maar die man hang onderstebo op die muur en is geraam asof hy n skildery is. Lyding is in sy liggaam geets. Hierdie gevoel word versterk in die vasgebinde voete sodat die figuur nie kan ontsnap nie. Hy het ook skerwe goue glas in sy hare wat veroorsaak kan wees deur die geweld wat op hom gemik is. n Spirituele verbinding word aan die werk verleen deur die goue sirkel rondom sy kop wat as n stralekrans dien. Hy word n heilige vanwe al sy lyding. Die werk kan verwys na die wreedheid en marteling wat baie politieke gevangenes deurgegaan het, maar op n groter vlak na jong swart mans wat na Apartheid probeer om deel te word van n nuwe Suid-Afrikaanse samelewing. Die werk is uiters naturalisties en skep n spookagtige teenwoordigheid wat met die stilte daarvan geassosieer word.

VO

Jane Alexander, Integration Programme: Man with TV, 1995. Pleister, klere, plastiektas, kabinet, televisiestel, stoel, videofilm, houtbasis.

Op die skerm kyk n wit man na homself in n spiel terwyl hy in n straat staan. Hy is besig om sy das reguit te maak. Hy draai amper weg van die spiel, maar let op dat iets nie reg is nie; hy draai terug na die spiel toe, maak sy das weer reguit en begin van vooraf. En so gaan die film voort. Dit skep n gevoel van spanning, aangesien albei mans rusteloos is en wag, maar ons is nie seker waarvoor hulle wag nie. Hierdie werk verwys ook na die onbekende persoonlike verhouding tussen swart en wit en hoe moeilik dit is om aan te pas by die splinternuwe rolle wat twee verskillende kulture in n demokratiese SuidAfrika moet vervul. Die term integrasie in die titel verwys na rasse-integrasie wat gepoog het om die sistematiese diskriminasie te beendig wat gebaseer is op n mens se rasse-identiteit om gelyke geleenthede vir elke burger te skep. In die boek, Working Life: Factories, Townships, and Popular Culture on the Rand, 1886 1940 deur Luli Callinicos, is daar n ou foto van n swart man wat n soortgelyke pak dra soos die een in die kunswerk. Daar is ook n uittreksel van n brief wat aan die koerant, The Star, in 1911 gestuur is.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL
Jane Alexander, Integration programme: Man with wrapped feet, 1994. Pleisterkleed, olieverf, fyngemaakte glas, hout.

In Man with TV, het n man wat duidelik afkomstig is van n landelike gebied en wat stad toe gekom het op soek na n beter lewe. Hy is ongemaklik aangetrek in klere wat soos sy kerkklere lyk. Hy is senuweeagtig en is n wanaangepaste in die vinnige kultuur van die stad. Dit maak hom n slagoffer as gevolg van sy armoede en sy swak voorbereiding vir die stadslewe en hy kan ook n slagoffer word van die geweld van die lewe in die townships. Hy staar afgetrokke na n televisieskerm waarop n reeks beelde oor en oor vertoon word.

128 Die brief s, Geen inheemse inboorlinge moet toegelaat word om gewone Europese drag tydens werksure te dra nie en werkgewers moet saamwerk om hierdie gebruik tot n einde te bring. Europese kleredrag gee vir hulle n oordrewe sin van belangrikheid en gelykheid. In hierdie werk is daar n hartseer, melancholiese atmosfeer ten opsigte van die swart man wat na al die jare van sukkel nou moet probeer aanpas in n samelewing waarvoor hy nie voorberei is nie. Hierdie is n multimedia-kunswerk waar werklike voorwerpe soos die tas en TV deel van die kunswerk is. Die kyker kan in die ruimte tussen hierdie voorwerpe rondloop.

OR

Die Bom boys bestaan uit nege lewensgroot standbeelde van jong seuns. Hulle is gerangskik op n rooster van n skaakbord waarin elke seun totaal geskei is van die ander kinders, selfs al staan die baie figure slegs sentimeters van mekaar af. Elke kind lyk verlore en verwilder wat n ontstellende beeld van n wreld skep sonder interpersoonlike skakeling. Die figure staan regop met hul voete effens apart, hul arms wat liggies uitgestrek is langs hul sye en met hul palms wat na buite gedraai is in n nie-dreigende liggaamstaal wat, saam met hul klein voorkomste, voorstel dat hulle omgee.

Afgesien daarvan dat die figure uit dieselfde vorm gegiet is, word die vorms van mekaar onderskei deur verskillende stadiums wat aantrek of uittrek voorstel: een is heeltemal kaal behalwe, vreemd genoeg, vir sy gepoleerde swart skoene, terwyl n ander seun nie n hemp dra nie maar n kortbroek aan het. Al die figure se gesigte is in verskeie grade verbloem deur n onheilspellende dieremasker (haas, vol en kat), n blinddoek of n stuk materiaal. Hierdie installasie kry n meer somber toon wanneer die kyker besef dat die weerlose figure nie lukraak gegroepeer is nie, maar eerder deel is van n spel, soos skaak. Hulle bleek, grys kleur laat hulle soos spoke lyk.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Die werk is deur straatkinders genspireer en gee aanleiding tot baie vrae deur die kyker. Is hulle kinders by n maskerade of is hulle nege klein mans wat fisies as seuns gearresteer is? Is hulle weerloos en innemend, of is hulle voornemende bendelede? Ons is bewus van die desperate situasie van straatkinders en het medelye met hulle stryd. Terselfdertyd is hulle ook sterk en aggressief, wat hul dreigend maak. Het die bababroers van die Butcher boys, beskadig, gemasker en mutasie oorleef om die straatburgers van Suid-Afrika te word? Daar is dubbelsinnigheid in die uitdrukking van hierdie klein kinders. Hulle is selfversekerd, is effens windmakering en verwys tog na die magtelose sosiale posisie van n kind op straat. Dit is n vreesaanjaende beeld van straatkinders, hul stryd om oorlewing en die meganismes wat hul moet gebruik om soos rondloperdiere te oorleef in n gevaarlike, stedelike omgewing. Die askleur is suggererend van die dood van hul kinderdae en ook hul onsigbaarheid in die samelewing.

EL

129

Jane Alexander, Bom Boys, 1998. Veselglas, klere, olieverf, hout, sintetiese klei.

VO
Jane Alexander, African Adventures, 1999. Fotomontages waarin die Bom boys voorkom. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

130

3.4

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Basters is gewoonlik mitologiese kreature wat liggaamsdele van meer as een spesie kombineer. Hulle kan geklassifiseer word as gedeeltelike menslike basters (soos meerminne en perdmense), en nie-menslike basters wat twee of meer dierespesies kombineer (soos die griffioen/grypvol). Die Antieke Egiptiese god, Anubis, is gewoonlik uitgebeeld as n half-mens, half-jakkals. Anubis is geassosieer met die mummifisering en beskerming van die dooies vir hul reis in die hiernamaals.

OR
Ancient Egypt, Anubis, Fresko.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Beantwoord die volgende vrae oor hierdie drie werke:

Hoekom dink jy het die antieke Egiptenare basters as hul gode gebruik? Wat is die
verhouding tussen Anubis wat n jakkalskop het en sy rol in die hiernamaals? Beskryf Jane Alexander se West Coast angel. Wat probeer sy s deur dit n engel te noem? Wat is die rol van die fiets? Hoewel taksidermie self nie n nuwe gebruik is nie, meng De Molina dele van verskillende diere om n heeltemal nuwe een, n nuwe spesie, te skep. Sommige mense sal na die resultaat as kuns verwys, terwyl ander dit eenvoudig as ontstellend kan ervaar. Wat is jou opinie van hierdie werk? Verduidelik waarom sommige mense dit as oneties sal beskou.

BE
Jane Alexander, West Coast Angel, 1985 1986, pleister, been, gansvere, flaminkskedels, olieverf, gevonde fiets en hout. Enrique Gomez de Molina, Warrior, 2010. Opgestopte dieredele.

EL

Enrique Gomez De Molina is n Amerkiaanse kunstenaar wat beeldhouwerke skep deur opgestopte dele van dooie diere te gebruik.

131

Willie Bester (1956 - )


Ek is my hele lewe soort van gebreinspoel om te glo dat ek minder is as ander mense en ek het gedink dat kuns n mens se trots kan herstel. Wanneer jy nie met iets saamstem nie, is kuns so sterk dat jou opinie sal uitkom en s dat jy ook hier is, jy is iemand en jy is soos almal anders. Willie Bester is in Montagu gebore. Hy was ses maande oud toe sy ouers getroud is, wat beteken het dat hy sy ma se voorregte as n gekleurde mens ontvang het, eerder as die van sy swart pa. Gedurende die Apartheidstelsel is gekleurde mense beter as Swart mense beskou. Sy ma het n sjebeen in hul agterplaas gehad en is dikwels gearresteer vir die onwettige verkoop van alkohol. In 1966 moes die gesin na die township buite die dorp trek weens die Groepsgebiedewet. Bester het vir n jaar by die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit en het nog n jaar in n militre kamp vir werklose swart jeugdiges deurgebring. Hierdie ondervindings van rassisme, asook die oorlog, was belangrike invloede op sy kuns. Tot 1991 het hy as tandarts-assistent gewerk. Bester is hoofsaaklik n selfopgeleide kunstenaar. In 1986 het hy deeltyds vir een jaar by die Gemeenskapskunsprojek (CAP) in Kaapstad gestudeer. Hy leef en werk in Kuilsrivier in Kaapstad waar sy ongelooflike huis n uitdrukking is van sy individualisme en kunstige flair. Invloede

Bester se kuns het ontwikkel vanwe sy persoonlike, bitter ondervindings tydens Apartheid. Die gevoel om vasgevang te wees en om van basiese menseregte ontneem te word, het sy kunstige uitdrukking gevorm. Hy gebruik kuns om kommentaar te lewer oor sosiale en politieke ongeregtighede in Suid-Afrika. Soos baie ander swart kinders wat nie speelgoed kon koop nie, het hy sy eie draadkar en speelgoed as n kind gemaak. In sy kunswerk gaan hy voort met hierdie gebruik om materiale te transformeer. Bester se kuns, met die oorvloedige gebruik van gevonde voorwerpe gaan voort met die tradisie van collages en samestellings van kunstenaars soos Kurt Schwitters en Robert Rauschenberg.

VO

OR

BE
Willie Bester, Open door policy, 1990. Gemengde media. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

132 Stilistiese kenmerke Ek is soms lus om op te hou, om see toe te gaan en mooi dinge te skilder. Ek wil nie deel wees van n vreedsame gemeenskap nie; ek wil deel wees van die totstandkoming daarvan. Bester beskou homself as n kulturele werker eerder as n kunstenaar omdat hy homself sien as n mondstuk om die waarhede in die Suid-Afrikaanse samelewing te onthul en te bevraagteken. Hy beskou elke kunswerk as n sosiale dokument om gebeure wat plaasgevind het te herroep en om daardeur mense se gewetes te verander. Bester kan beskou word as n kunstenaar van bevryding. Hy s dat sedert 1994 hy die herinnering aan onderdrukking lewendig in sy werke hou. Dit is nie om mense neerslagtig te maak nie, maar om mense bewus te hou van sosiale en politieke ongeregtighede. Hy verwys na sy werk as slegte medisyne. Om Bester se werk as gemengde media collages en samestellings te beskryf, is nie voldoende nie. Die wye reeks materiale skep baie vlakke van betekenis in sy werk. Die eerste indruk wanneer sy werk gesien word, is een van skel oorbevolking. Bester kombineer die genres van skilder, beeldhouwerk en fotografie in sy gemengde media werke. Hy skep ook grootskaalse beeldhouwerke van gevonde voorwerpe. Sy buitengewone vermo om met lae betekenis en materiale te werk, maak hom n belangrike kunstenaar.

Sy werke inkorporeer dikwels fotos wat hy self neem, asook prente en hoofopskrite uit die nuusmedia en gevonde voorwerpe soos blikkanne, stukke motorwiele, ens. Sy gebruik van olieverf verenig al die verskillende materiale.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Bester se manier van werk kan vergelyk word met di van n argeoloog. Hy rekonstrueer dikwels n toneel deur gevonde voorwerpe van die plek te gebruik. Hy soek gevonde voorwerpe in skrootwerwe, hardeware winkels, hospitale, kragstasies, ens. Elke voorwerp en materiaal is noodsaaklik om betekenis oor te dra.

Hy gebruik olieverf om naturalistiese beelde in sy werke te gebruik. Daar is dikwels verskillende style van skilder in sy werk, wat strek van naturalisme tot ekspressionisme. Abstrakte druplyste word dikwels gebruik om sy werk te verenig. Woorde is ook n belangrike deel van sy werk om betekenis oor te dra. Sy werk is gewoonlik narratief van aard. Sommige van sy meer onlangse skilderye is klein oliestudies wat die daaglikse aktiwiteite van informele nedersettings voorstel wat geraam word deur stukke ou metaal, ou grawe, ens. Hierdie werke toon die waardigheid van hierdie mense om jare van ekonomiese swaarkry en rasse-uitbuiting te kon oorleef.
Willie Bester, Boy playing, 2003. Olie op doek op bord in metaal.

OR

BE

EL
Willie Bester, Challenges facing the new South Africa, 1990. Gemengde media.

133 Bester maak breedvoering gebruik van simbole in sy werk. Syfers en letters wat met n sjabloon (stensel) aangebring word, verwys na metodes van rasseklassifikasie en die dra van passe wat individue se status negatief benvloed het. In Hambla Kahme (Gaan sagkens) wys hy die vermoorde ANC-leier Chris Hani wat deur n fietswiel omsirkel word. In hierdie konteks verwys die fietswiel na necklacing en was dit die vervoermetode van townshipmense, maar dit dien ook as n lourierkrans rondom Hani. Die wit duif, as n simbool van vrede, is ook in die werk te sien.
Willie Bester, Hamba Kahle, 1993. Gemengde media.

VO

Tydens Apartheid, het Bester kommentaar gelewer op die wreedheid van die samelewing. Hy het ges dat hy geglo het dat dinge werklik n 1994 sou verander, maar merk baie dinge op wat onregverdig is en het aangehou om gierigheid, armoede en korrupsie in die samelewing bloot te stel. Hy glo ook dat die herinnering aan Apartheid lewendig gehou moet word om die herhaling van sulke onverdraagsaamheid te voorkom. Bester doen altyd n beroep op regverdigheid en geregtigheid. Hy s dat hy nie stil kan bly as hy verkeerde dade sien nie, want n mens kan nie beskostig om jou menslikheid en waardigheid te verloor nie. Sy kuns, hoewel diep gewortel in Suid-Afrika, is n universele uitdrukking van menslike lyding onder onregverdige omstandighede. Hy is n aktivis in sy kuns en streef na die reg van almal om waardigheid te h.

OR

Willie Bester, Head North, 1995. Gemengde media.

BE
Willie Bester, Trojan Horse II, 1994. Gemengde media samestelling.

Mense het n weerstand opgebou teen enigiets wat die psige van die mensdom of mense self aanspreek. Ek glo dat ons moet protesteer teen dit wat verkeerd is. Daar is geen vorm van ontsnapping nie; om apolities te bly, is n luuksheid wat Suid-Afrikaners eenvoudig nie kan bekostig nie.
Head north: Hierdie yslike skrootmetaal samestelling beeld n metaal-os uit met n geweer wat op sy rug gemonteer is en wat lemmetjiesdraad uitskei soos hy voortbeweeg. Agter die os, waar sy ontlastings gewoonlik sal val, is n lang spoor van lemmetjiesdraad en klein doodskiste met rooi kruise wat op hul deksels geteken is. Dit verwys na die Voortrekkers se migrasie (die Groot Trek) en kolonialisme wat gevolglik onskuldige Afrikane hul lewens gekos het.

EL

Wat ek probeer bestempel, is waarom dit so moeilik vir mense is om hul ou manier van leef te verander. Dit het nie uitgewerk op die manier wat ek myself voorgestel het nie. Mense wat voorheen gedink het dat hul beter as ander is, het nie werklik verander nie. Deur geskiedenis te bestudeer, probeer ek uitvind wat mense die reg gee om op daardie manier te dink. Ek probeer n oplossing vind, om nie teleurgestel te word nie, om te kan verstaan.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

134

Willie Bester, 1913 Land Act, 1995. Gemengde media.

Willie Bester, Crossroads, 1991. Gemengde media.

Voorbeelde van Bester se werk: Crossroads: Bester beeld die Crossroads-township in Kaapstad in hierdie werk uit. Townships met hul vuurhoutjiebokshuise en pandokke was simbole van onderdrukking tydens Apartheid. Die sentrale beeld in hierdie werk is n ou trok wat in n spaza-winkel getransformeer is. n Vrou koop iets by die informele winkel, terwyl kinders rondom die gemors speel. Met eerste oog opslag is dit n uitbeelding van die alledaagse lewe in die township. Dan sien n mens die koerantopskrifte oor die toneel wat Death Threat (Doodsdreigement) en Endless Pain (Eindelose Pyn) verkondig en die toneel verander dan en word polities gelaai.

Die werk word geraam deur n verskeidenheid gevonde voorwerpe soos n ou saag, n deurhandvatsel en lemmetjiesdraad. Verfrommelde koeldrankblikkies is getransformeer in gesigte wat n raam rondom die werk vorm. Aan die regterkant is die grimmige gesigte van twee polisiemanne wat verwant is aan die koerantopskrifte en die gempliseerde geweld in hierdie werk. Tussen die twee polisiemanne is twee gesigte agter n draadstruktuur wat soos n tronksel lyk. Die ander gesigte is voorstellings van die mense van die township met die klem op hul starende o en ontblote tande. Hul gesigte wys geweldige woede. In hierdie werk is dit of die township geraam is deur die voorwerpe en die beelde van geweld. Hoewel die mense in die middel voortgaan met hul daaglikse lewens en die kinders speel, kan hul

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

nie die politieke situasie ontsnap en die armoede wat daarmee saamgekom het nie. Op n manier word hul gevange gehou deur die raam in hierdie werk. Die deurhandvatsel aan die onderkant kan die toemaak of oopmaak van hierdie toestand (die tronksel) voorstel. Bester het n verskeidenheid mediums in hierdie werk gebruik. In die middelste toneel, is fotos wat hy van Crossroads geneem het. Hy brei dan die tonele in die fotos uit met n naturalistiese skildertegniek, sodat n mens naby aan die skildery moet gaan om te onderskei tussen fotos en geskilderde dele. Die buitekant bestaan uit baie gevonde voorwerpe. Sy styl strek van naturalisme in sy skildertegniek tot byna maskeragtige gesigte op die blikkies. Die dominante sagte blou kleure in die middeltoneel word gekontrasteer met die helderder, botsende kleure aan die kante.

Willie Bester: Migrant Labourer, 1993. Mixed media.

135 Die tuislande wat deur die Apartheidregerings geskep is, het oor die algemeen min hulpbronne gehad, wat baie swart mans geforseer het om in Suid-Afrika te werk. Hulle is as trekarbeiders beskou, omdat hul burgers van hul tuislande was. Die werklikheid vir hierdie mans was dat hulle vir karige lone moes werk, in enkelgeslaghostelle moes bly en nie hul gesinne vir lang tye gesien het nie. In hierdie werk spreek Bester die omstandighede van trekarbeiders aan wat geforseer is om in Suid-Afrika te woon en na baie jare van diens het hul glad nie n pensioen ontvang nie. Bester vertel die verhaal van een so n trekarbeider, Semekazi, maar sy storie was van toepassing op baie arbeiders in Suid-Afrika. Semekazi was n afgetrede konstruksiewerker wat steeds in die Crossroads-township gewoon het en probeer het om sy vrou en vier kinders in die Transkei (n tuisland) te onderhou. Hy het nie sy eie huis besit nie, en het teen R6 n maand n bed in n hostel gehuur. Toe hy vir n pensioen aansoek gedoen het by die konstruksiefirma waar hy vir baie jare gewerk het, is hy vertel dat hy as dood aangemeld is en dat hy dus nie in aanmerking kon kom vir n pensioen nie. Semekazi het n maandelikse staatspensioen van R60,74 ontvang en gevolglik het hy skrootmateriaal in die township bymekaargemaak en verkoop vir ekstra inkomste. Hy is ses maande na Bester hierdie herdenking van sy lewe voltooi het, deur ses bendelede vermoor. In hierdie multimedia werk word Semekazi se lewe uitgebeeld deur twee- en driedimensionele voorwerpe wat in townships aangetref word. Die fokuspunt in die middel is Semekazi se bed wat Bester in n tronk verander het waaruit Semekazi staar. Daar is n slot en n sleutel wat die bed aan n Bybel verbind. Die Bybel verwys na Semekazi se sterk geloofsoortuigings, maar ook na die feit dat Suid-Afrikaners in magsposisies aangevoer het dat hulle Christene was. Dit is ironies dat Semekazi se pasboek naby die Bybel is. Semekazi het sy pasboek by hom gehou, selfs na die Paswette in die laat 1980s afgeskaf is omdat hy bang was vir vervolging en om deur die polisie geteister te word. Semekazi se vrou word bo die pasboek uitgebeeld, terwyl sy vier kinders aan die linkerkant gewys word. n Mens kan net dink hoe graag hy sy familie by hom in Crossroads wou gehad het. Die landelike lewe word aan die bokant van die werk uitgebeeld. n Ry genommerde koppies is prominent in die werk. Hierdie koppies verwys na die mense wat slegs n nommer gedurende Apartheid was. Die insluiting van n stempelkussing en roller vir vingerafdrukke versterk hierdie idee. Semekazi het in twee wrelde gewoon die landelike lewe in die Transkei saam met sy familie en die stedelike Kaapstad waar hy gewerk het. Hierdie twee wrelde word in hierdie werk gekontrasteer. Die insluiting van horings en skaapbene verwys na die landelike lewe. Die stedelike lewe word verteenwoordig deur skaretonele en n industriele landskap met skoorstene en gewere. Meganiese klampe het boeie geword en Bester wys hoe Semekazi n gevangene was van n ekonomiese stelsel tydens Apartheid omdat hy nooit die moontlikheid gehad het vir n veilige aftrede saam met sy familie in die Transkei nie.

VO

OR
Willie Bester, Who Let the Dogs Out? 2001. Beeldhou-installasie.

BE

EL

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

136

Hoewel die werk die spesifieke verhaal van Semekazi vertel, was dit ook die hartseer waarheid van baie Swart mense in Suid-Afrika. Die werk is propvol beelde en gevonde voorwerpe wat Bester verenig het deur sy gebruik van kleur en verf. Who let the dogs out? is genspireer deur die nuusvideo wat die wreld geskok het. Die beeldmateriaal het gewys hoe die plaaslike Suid-Afrikaanse Polisiediens hul wolfhonde opgelei het deur hulle los te laat op onwettige immigrante van Mosambiek. Die honde het drie mans aangeval en waarskynlik een van hulle doodgemaak. Hierdie voorval is n wrede herinnering aan hoeveel rassisme steeds deel is van Suid-Afrika. Dit is ook onststellend dat n lid van die honde-eenheid hierdie voorval in detail verfilm het met nabyskote van die wonde wat deur die honde veroorsaak is. Die werk is n installasie van n reeks lewensgrootte beeldhouwerke, deels verteenwoordig en deels gekonstrueer deur gevonde voorwerpe. n Slagoffer l in pyn terwyl n hond hom aanval, terwyl n polisieman toekyk en n ander polisieman n video van die toneel maak. Die twee polisiemanne is yslike figure wat hul aandag op die slagoffer vestig. Een van die polisiemanne hou n ketting vas agter n muilband vir n hond. Die twee polisiemanne is skrikwekkende figure. Die installasie word vergesel deur n klankbaan van die honde wat blaf, die gille van die slagoffers en die kru taal van die polisiemanne. Die werklike video van die voorval kan deur n loergat aanskou word. Die figure en die hond is saamgeswys deur enjindele en ander skrootmateriaal. Hulle het almal n glinsterende, silwer bedekking wat die figure visueel verenig. Die figure is dreigend met hul vasgeboute gewrigte en beeld brute krag uit. Hulle herinner ons aan die bose, meganiese dierasies van wetenskapfiksierolprente. Die werk is n grusame herinnering aan die mens se onmenslike optrede teenoor mekaar. Hoewel dit skokkend is dat die voorval wat hierdie werk genspireer het n Apartheid gebeur het, is dit toonaangewend van hoe geweld ingewortel is in Suid-Afrikaners, as n nalatenskap van Apartheid. Bester is n kunstenaar wat hierdie geweld op n eksplisiete manier gekonfronteer het. Die titel van die werk is ironies genoeg dieselfde as n popliedjie tydens daardie tyd. In hierdie werk herinner Bester kykers dat die honde al te dikwels in ons samelewing uitgelaat word en dat daar steeds baie is om te doen om n regverdige samelewing te verseker.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

Willie Bester, Who Let the Dogs Out? 2001. Beeldhou-installasie.

137

3 .5

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Jane Alexander en Willie Bester het albei beeldhouwerke van honde gemaak. Hulle is egter nie oulike troeteldiere nie, maar word gebruik om sterk sosio-politieke stellings te maak. Vergelyk die twee werke deur na die volgende te verwys: Die visuele voorkoms van elkeen Gebruik van materiale Styl Boodskappe wat hulle wil oordra

VO
Willie Bester, Dog of War, 2001. Galvanised metal. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Jane Alexander, Dog, 1984 - 1985. pleister, hare, bene, kreosoot en olieverf.

BE

EL

138

Manfred Zylla (1939-)


Manfred Zylla is in 1939 in Augsburg in Duitsland gebore. As kind het hy deur die verwoesting van die Tweede Wreldoorlog en die nadraai daarvan geleef. Na skool het hy n vakleerlingskap by n drukkery voltooi. Hy het in 1970 Suid-Afrika toe gekom en het met sy tweede vrou, Aziza Allie, n Moslemvrou getrou. Toe was dit onwettig dat n wit man met n gekleurde vrou trou en dit het hom insig gegee oor die sosiale klimaat in Suid-Afrika. Hy was n leraar en organiseerder by die Gemeenskapskunsprojek (CAP) in Woodstock en was baie betrokke in die Weerstandstryd. Zylla woon gedeeltelik in Duitsland en gedeeltelik in Kaapstad.

Ek gebruik kuns as n instrument om die werklikheid te konfronteer. Ek gebruik kuns as n instrument om die wreld waarin ek woon te leer ken. En ek gebruik kuns as n instrument om my eie werklikheid te ervaar in die wreld waarin ek woon.

VO
Manfred Zylla, Freedom in SA, 1982, Kryt op karton. Manfred Zylla, Even the children have guns, 1987. Gemengde media op bruin papier.

Baie van sy werke se tema is die uitwerking wat dit op die jeug het om in n wrede samelewing te woon. Zylla het ges dat hy bang was vir die veiligheid van sy eie twee dogters, omdat daar so baie geweld was/ is teen kinders. Zylla wil nie mooi prentjies skep nie, maar wil mense bewus maak van die bewussyn van die tekortkominge en ongeregtighede in die samelewing. Zylla het nooit formeel kuns bestudeer nie. Hy is in Duitsland in litografie opgelei wat sy noukeurige presisie en sorg in sy werk benvloed het.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Zylla se vroegste herinneringe van Nazi-Duitsland en die Tweede Wreldoorlog met die gevolglike vrees en bomaanvalle, het sy bewussyn van ongeregtighede gevorm. In Suid-Afrika was hy uiters krities oor Apartheid in sy Weerstandwerke. Sy kuns het sy instrument geword om die ongelykhede en die gruweldade wat deur mense ondervind is wat onder die gevolge van Apartheid gewoon het. Zylla lewer sterk sosiale kommentaar op die Apartheidsomstandighede in Suid-Afrika. Hy is nog altyd daartoe verbind om kuns as n instrument vir verandering te gebruik en glo dat kunstenaars ongeregtighede moet beveg.

BE

EL

Kenmerke Ek skilder oor dit wat my bangmaak weens die dinge wat ek sien. Die beelde is goed wat ek wil aanval. Dit is die manier waarop ek dit doen. Sommige mense gebruik wapens. Ek dink nie ek sal iemand kan skiet nie. Ek is bang vir n geweer.

139 Hy is ook benvloed deur die Duitse nalatenskap van grafiese en satiriese vaardighede in die werke van kunstenaars soos George Grosz, Max Beckman en Otto Dix. Zylla is waarskynlik die bekendste vir sy werk wat hy in adrukmaak en teken doen. Die gevoel van sy tekeninge herinner ons dikwels aan koerantfotos. As iemand wat verbind is tot sosialisme, is Zylla nog altyd n kunstenaar wat polities en sosiaal bewus was. Vanaf 1994 het hy kwessies soos globalisasie, besoedeling, globale verhitting, kapitalisme, misdaad, dwelms, vlugtelinge, alternatiewe energie en vervoer aangespreek. Hy is uiters bekommerd oor die lot van die mens en die toekoms van die planeet. Vir hom is kuns n instrument vir sosiale verandering en gaan dit nie slegs oor mooi prentjies nie.

Voorbeelde van Zylla se werk:

VO
Manfred Zylla, Bullets and Sweets, 1985.Potlood en waterverf. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

D
Manfred Zylla, History Now 5, 1990. Gemengde media op papier. Manfred Zylla, Pieta, 2009. Gemengde media op papier.

140 Die Apartheidregering het die Suid-Afrikaanse Weermag in die townships gebruik om weerstand te onderdruk. Die skietery, slanery en arrestasie van weerstandsvegters wat onder verdenking was, het daartoe gelei dat die weermag gevrees is in die townships. Die leiers van die weermag wou egter h dat die townshipkinders van hulle moes hou, ten spyte van die weermag se gebruiklike, monsteragtige optrede teenoor hulle. Met tye sou die weermag soldate in die townships instuur wat pamflette sou versprei wat vir die mense ges het dat hierdie soldate hul vriende was. Hulle sou ook lekkers uitdeel en sokker saam met die kinders speel. Die pers is gewoonlik uitgenooi om verslag te lewer oor hierdie gebeure in die volgende dag se koerante. Zylla het hierdie gebeure gebruik om n kragtige diptiek te skep. Die regterpaneel word oorheers deur n gespierde soldaat met n halwe glimlag op sy gesig. Hy word van onder aanskou en is n yslike teenwoordigheid omdat hy in n geweerloop afkyk. Die ry koels kom te vore uit sy kruis. In sy sak lyk dit of n Kaaps-Hollandse opstal en n wors op die vurk n verwysing na sy oorsprong is. Die soldaat skiet egter nie koels nie, maar eerder lekkers wat aan die voete van n klein groep townshipkinders l. Hierdie kinders in die linkerpaneel is vreesbevange en verwilder deur hierdie onheilspellende teenwoordigheid van die soldaat en hul ignoreer die lekkers. Hulle skerm hulself teen die verwagte houe en is reg om weg te hardloop. n Ry weermagvoertuie word bo regs gesien. Die soldaat in hierdie werk beeld n gevoel van afsydigheid uit terwyl hy sy pligte uitvoer, in vergelyking met die baie ekspressiewe gesigte van die skoolkinders. Daar is n taamlike natuurlike uitbeelding van figure, maar met n verwronge uitgangspunt, veral soos gesien in die figuur van die soldaat. Daar is n sterk kontras van monochromatiese tone. Die gebruik van die diptiek impliseer ook dat die soldaat en die kinders afkomstig is uit twee verskillende wrelde wat slegs verbind word deur die hartseer werklikheid van die geweer. Die oorweldigende effek is soortgelyk aan n koerantfoto wat versterk word deur die gebruik van die teks. In Oktober 1985, het verhoogde spanning tussen anti-Apartheidsdemonstreerders en die polisie n kritieke punt bereik in Athlone, n woonbuurt in Manfred Zylla, Death Trap, 1985. Potlood op papier. Kaapstad. Elf dae na die regering n noodtoestand afgekondig het in ander dele van die land, het polisielede agter in n vragmotor weggekruip. Hulle het geweet dat die voertuig met klippe bestook sou word. Soos die eerste klippe die trok getref het, het die polisie direk in n skare van ongeveer 100 mense geskiet. Drie seuns is dood en 13 ander is beseer. Weens die manier waarop die polisie in kratte op die trok weggekruip het, het die insident bekend gestaan as die Trojan Horse Massacre. Die jongste seun wat dood is, was Michael Miranda, n 11-jarige gesinslid van Zylla se vrou. Die seun en sy vriende was op pad winkels toe toe hierdie voorval plaasgevind het. Zylla het hierdie potloodiptiek gemaak om sy siening oor die gebeurtenis weer te gee. In die boonste helfte is die trok met n verwronge boks vol skietende polisiemanne. Hierdie figure word binne-in die beperkte spasie ingedruk. Hulle lag tevrede en grynslag en toon geen berou oor hul aksies nie. In die onderste
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

OR

BE

EL

141 helfte wys dit hoe die wiele van die trok oor beelde van menslike skaduwees ry. Hierdie skaduwees stel die mense voor wat op die dag dood is en ook die wat beseer is. n Vierkantige beeld word onder die trok bo-op die swart figure gellustreer. Die geblokte beeld is n tekening van Michael Miranda waarop slegs sy kop sigbaar is. Die tekening is gemaak deur fotos te gebruik wat Zylla by die begrafnis geneem het. Hy het die diptiekformaat gebruik om n onderskeid te tref tussen die plegers aan die bokant en die slagoffers onderaan. Die krapperige merkmakery van sy potlood help om n gevoel van ongerief in die kyker te veroorsaak.

OR

In hierdie werk het Zylla n ingewikkelde rolverdeling van karakters gebruik om die storie van Suid-Afrika in 1985 te vertel. Vier jong swart seuns ontspan op sandduine in die middel van hierdie werk. Dan besef die kyker dat hulle agter n veerpyltjiebord is terwyl veerpyltjies na hulle gegooi word. In die boonste linkerkantste hoek kondig die tellingbord aan dat die speletjie moordenaar (killer) genoem word. Hierdie onheilspellende gevoel word versterk deur die klomp figure wat rondom die seuns staan. Daar is baie militre figure wat die seuns aanval. Hierdie figure is gebaseer op modelsoldate en sluit Romeinse soldate en ridders in blink wapenrusting in. Aan die linkerkant kyk parlimentre afgevaardigdes na die speletjies. Hulle lessenaars is yslike banknote. Die twee groter, laggende figure is vorige ministers van finansie en hul o het banknote as oogklappe. Daar is ook wolkekrabbers wat van hope

VO

BE
Manfred Zylla, Games, 1985. Akrielverf op goiing.

EL
banknote gemaak is en n groot paar hande druk meer geld onder die weermag in wat die vier seuns aanval. Aan die regterkant is daar karre geparkeer sodat die mense aan die binnekant hierdie spel kan besigtig. Aan die bokant van n technikleurige pienk lug met wasige blou wolke is die vuurhoutjiehuise van Khayelitsha. Khayelitsha is die yslike swart township wat vir swartes ongeveer 30 km uit Kaapstad geskep is. Ironies genoeg beteken Khayelitsha nuwe huis. In hierdie werk wys Zylla hoe geld n groot rol gespeel het om die Apartheidstelsel aan die gang te hou. Diegene wat in magsposisies was, wou hul finansile mag behou en het die yslike poel goedkoop swart arbeid nodig gehad om uit te buit. Om hul mag te behou, sal diegene met voorregte enigiets doen om hul politieke en ekonomiese mag te handhaaf. Dit word alles n spel wanneer mense se basiese regte en lewens op die spel is.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

142 Zylla het vir agt maande aan n reeks groot tekeninge gewerk wat in potlood op bruin papier geskep is. Hierdie tekeninge het Suid-Afrikaners in magsposisies, soos die militre generale, bespot. Nog n tekening wys twee lywige mans wat grynslag om n braai. Hulle het gewere in die sakke van hul voorskote en die kookpot bestaan uit ammunisie. Op n Saterdag in Junie 1982 het Zylla hierdie tekeninge op die mure van die Gemeenskapskunsprojek (GKP) geplak, in n ou Anglikaanse kerk wat staande gebly het na die verwoesting van Distrik Ses in Kaapstad. Hy het mense uitgenooi om op enige manier beelde tot die tekeninge te voeg. Meer as 200 mense het opgedaag en het op die kunswerke geverf terwyl hulle op die maat van reggae gedans het en geet het. Volgens een kyker was dit ontstellend om hierdie yslike magsfigure te sien, omdat dit die werklikheid uitgebeeld het wat mense daagliks moes verduur. Terwyl meeste kuns vir bepeinsing geskep word, het Zylla verf en kwaste vir die kykers gegee. Hierdie het die wapens geword wat gebruik is om die mense in hierdie tekeninge aan te val. Zylla het dus sy kuns vir die mense aange-bied en het daarin geslaag om die grense tussen kunstenaar en gemeenskap te verskuif om vrye uitdrukking te bevorder. Na die gebeurtenis, het Zylla n boek laat publiseer van die tekeninge voor en na die deelnemers op hulle geverf het en wat ook kommentaar deur die deelnemers ingesluit het. Die boek is verban.
Manfred Zylla, Inter-Action, 1982.

3.6

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Verwys na die volgende in jou antwoord: Die houding van die figure Die insluiting van fopspene vir babas Die gebruik van materiale Styl Betekenis en boodskap

Voltooi in jou VKS-werboek.

Tydens Apartheid het Suid-Afrika n stelsel gehad van twee jaar van verpligte diensplig na skool vir wit mans. Hierdie mans moes die Apartheidstelsel in Suid-Afrika handhaaf en moes in die Angolese Bos-oorlog (die Suid-Afrikaanse Grensoorlog) veg tussen SuidAfrika en die Angolese regering, Swapo en hulle bondgenote. Daar word geraam dat 250 000 kinders wreldwyd in oorlo veg. Hulle word geforseer om deel van die weermag te word of hulle word aangelok deur vals beloftes om uit hul armoede te ontsnap. Lees die uitreksel hierbo en bespreek hoe Zylla en Bester onderskeidelik soldate uitgebeeld het om kommentaar te lewer oor die Grensoorlog en kindersoldate. `

BE

EL
Wilie Bester, Child Soldier, 2008. Galvaniseerde metaal en verf.

Manfred Zylla, The Boys from the Border, 1985, Deel van n reeks potloodtekeninge.

x 143

Kuns, handwerk en spirituele werke hoofsaaklik uit landelike Suid-Afrika INDEKS


4.1 Inleiding 4.2 Oorsig van kunstenaars 4.3 John Muafangejo

4.4 Jackson Hlungwani 4.5 Noria Mabasa

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

HOOFSTUK

144

Inleiding
Die insluiting van landelike kunstenaars van Suid-Afrika as deel van die gevestigde kunswreld het in 1985 met die Tributariesuitstalling in Johannesburg begin. Ricky Burnett is opdrag gegee om die kurator van hierdie opspraakwekkende uitstalling te wees waarin hy die werke van plaaslike, landelike kunstenaars uitgebeeld het langs die werke van gevestigde swart en wit stedelike kunstenaars in die fyne kunste. Tot op daardie stadium is die kunswerke wat deur landelike kunstenaars geskep is oor die algemeen van formele kunsuitstallings uitgesluit omdat dit as handwerk gekategoriseer was en dus as minderwaardig in vergelyking met fyn kuns beskou is.

Tsonga kopstut. kunstenaar onbekend. 19de eeu. Hout. Hierdie kopstut toon die beeldsnyer se vermo om n ingewikkelde ontwerp te maak wat uniek is en wat bewys is van die waarde wat Tsonga-gemeemskappe op die verpersoonliking van handgemaakte voorwerpe soos hierdie geplaas het.

n Voorwerp wat as fyn kuns geklassifiseer is volgens Westerse estetiese teorie is uniek, onderteken deur die kunstenaar en is uitgestal vir waardering vir sy of haar voorstelling van verbeeldingryke en intellektuele ontwikkeling. Dit is beskou as bewys van die gevorderde samelewing waaruit dit sy oorsprong gehad het. Hierdie konsep van kuns het Suid-Afrikaanse kuns tot onlangs oorheers. Werke wat deur landelike swart kunstenaars geskep is, wat gewoonlik nie formele kunsopleiding of enige formele kwalifikasie gehad het nie, is beskryf as funksionele dekoratiewe voorwerpe en is dus as handwerk geklassifiseer. Toe werke soos gesnede beeldhouwerke, kopstutte, stawwe en stokke, medisynehouers, kralewerk, kleipotte en mandjies uitgestal is, was dit in n etnologiese museum of versameling, wat dit uitsluitlik verbind het aan die kulturele erfenis van die skepper en die estetiese waarde daarvan ontken het. Dit het die perspepsie by die kunskykende publiek laat ontstaan dat kuns wat deur swart SuidAfrikaners geskep is te ongesofistikeerd en primitief was om na te kyk in die konteks van n kunsmuseum of galery. Binne die kontekstuele konteks, het navorsers, versamelaars of die museums nie die moeite gedoen om die identiteite van die skeppers van die werke te bepaal nie en het dit gevolglik die

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

indruk geskep dat hulle kuns onbelangrik was. Hierdie gebrek aan individuele erkenning het die idee bevorder van handwerk wat beskryf word as massa vervaardigde versierde voorwerpe wat slegs vir ekonomiese redes gemaak word en waarvan die individuele skepper nie erken is nie, aangesien baie mense dieselfde voorwerp as deel van n produksielyn kan skep. Landelike kunstenaars in Suid-Afrika is gewoonlik deur ouer familielede opgelei om hul vaardighede te ontwikkel. Anders as die indruk wat deur Westerse versamelaars oor tradisionele Afrika-kunswerke geskep is, is landelike kunstenaars bekend vir hul vaardighede in hul onderskeie gemeenskappe. Die tradisionele voorwerpe wat deur hulle geskep is, is nog altyd funksioneel. Sommige van die voorwerpe word vir rituele doeleindes geskep en dus is hulle belangrikheid verwant aan die godsdienstige en spirituele gebruike van hulle skeppers. Baie van

Dr Mhlongo. Groot Tsonga-medisynehouer. Middel tot laat 20ste eeu. Kalbas, glaskrale en ander media. Medisynehouers is deur verskeie groepe mense deur die tradisionele genesers of waarseers gebruik as deel van hul genesingspraktyk. Die houers is gewoonlik gemaak uit kalbasse, horings of bottels. Dit het medisyneproppe wat spesiaal gesnee is vir elke houer en dien as etikette om die medisyne te identifiseer. Die medisyne is kragtige mengsels van speserye en heuning en word ook muti genoem. Baie van die proppe is gesnee in die vorm van n stok wat ook gebruik kan word om die medisyne te meng en op die pasient aan te wend.

145 die voorwerpe is nie deel van spirituele gebruike nie, maar is gemaak as deel van die tradisionele gebruike van spesifieke kulture. Die sin van die spirituele, asook verbindings met die tradisionele kultuur wat teenwoordig is in landelike kunstenaars se werke, lei tot die sterk narratiewe en simboliese gebruik van beelde, patrone en kleure. Die kategorisering van kunswerke as spiritueel beteken dat dit aan godsdiens verbind kan wees, maar dat dit ook ander wreldse kwessies en aangeleenthede kan dek. Die funksies van voorwerpe wat vir kulturele gebruike gemaak is, is gekoppel aan aspekte soos die sosiale status, ouderdomsgroep en die geslag van die persoon wat dit gebruik. Die gebruik van tradisionele kultuur deur rituele wat geassosieer word met verskillende stadiums van die lewe soos geboorte, inisiasie, huwelik en om geboorte te gee, en die verbindings met die voorouers wat onderhou word as n vorm van kommunikasie met hor spirituele magte, is sentrale aspekte wat betekenis gee aan voorwerpe wat as deel van die kultuur geskep word. Die rol van spirituele kunswerke is dat dit kon dien as n vorm van leiding of as voorwerpe van onderrig. Dit kon ook gebruik word as n fokuspunt om op te mediteer of fokus tydens gebed. Baie landelike swart Suid-Afrikaners is benvloed deur Christenskap wat gekombineer is met tradisionele spirituele oortuigings en gebruike. Die verwydering van hierdie voorwerpe uit hul oorspronklike konteks, soos deur Westerse versamelaars gedoen is, lei daartoe dat die voorwerpe hul funksie verloor. Gevolglik verminder die belangrikheid van hierdie voorwerpe ook. In die algemeen is die mediums wat deur landelike kunstenaars gebruik is maklik bekombare natuurlike materiale soos hout, steen, klei en gras. Landelike kunstenaars het invloede van buite maklik aanvaar en dus is glaskrale, emaljeverf, metaal en plastiekbedekte telefoondraad alles genkorporeer om hierdie kunswerke te skep. Die gebruik van sneewerk as n tradisionele tegniek kan ook verwant wees aan die maklike inkorporering van linosnee-afdrukmakery deur sommige landelike kunstenaars. Die algemene styl van landelike Suid-Afrikaanse kunstenaars is beskryf as dekoratief met die gebruik van vereenvoudigde vorms. Figure is vereenvoudig en sekere elemente soos o, neuse en monde is vergroot. Die bre interpretasie van hierdie styl is om dit te beskryf as naef of verwant aan Art Brut. Albei hierdie beskrywings is ook gekritiseer as verkleinerend en minagtend.
Suidelike Afrika. Staf met n gesnede slang rondom dit gedraai. Daar word geglo dat n slang n teken van die teenwoordigheid van die voorouers is wat n magtige invloed op die lewendes het aangesien hulle tussengangers is van die Opperwese of God.

Mphephu Ngobeni. Tsonga-stapstok. Laat 20ste eeu. Hout, glaskrale, garing en plantmateriaal. Aan sommige van hierdie stokke is daar sakkies wat geheg waarin medisyne (muti) gebre is.

VO

Motiewe en metaforiese verwysings na beeste word gesien in verskeie voorwerpe en toon die belangrikheid verbonde aan die bees as n simbool van voorspoed. Die kerwer van hierdie kopstut het nie probeer om die vorm van n bul op n realistiese manier na te maak nie. Ten spyte van dit dra die vorm van die gepunte kop en die plasing van die horings by tot die bedoeling van die beeldsnyer om n bul uit te beeld.

OR
Tsonga-kopstut. Hout. 19de eeu.

BE
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

146 Die invloed van Afrika-kuns op Westerse kuns word verduidelik in die bespreking van die ontwikkeling van Kubisme en Ekspressionisme (Sien Graad 11-boek, Hoofstuk 3). Die houtsneewerke wat deur die Duitse Ekspressioniste gemaak is, wys selfs n nouer verbintenis met Afrika-kuns. Die klem op persoonlike uitdrukking deur die gebruik van vereenvoudigde en verwronge vorms en oordrewe kleur is verder ontwikkel toe hulle afdrukmaak as n gunstelingmedium begin gebruik het. Die platheid en vereenvoudigde vorms het bygedra tot hul reduksie-skilderstyl. Die invloed van Afrika-kuns is duidelik sigbaar in hulle gebruik van skerp en hoekige vorms asook hul belangstelling in spiritualiteit. Hulle het beelde van profete en waarsers, hergeboorte, skepping en transformasie gemaak as n uitdrukking van hul oortuiging dat hul in n eeu van apokaliptiese transformasie geleef het.

Karl Schmidt-Rottluff. The miraculous draught of fishes. 1918. Houtsnee.

n Tipiese uitstalling deur n straatverkoper waarin voorwerpe wat aan tradisionele kunsvorms verwant is, uitgestal word. Handel met toeriste is die hoofdoel van die kunsvoorwerpmark.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die kuns versus handwerk-debat is weer geopper as deel van die bespreking van Afrika-kunsvoorwerpe. Vanwe die invloed van die moderne lewe, is deel van die klassifikasie van voorwerpe as handwerk verwant aan die kwantiteit van die werk wat gemaak word. In vergelyking met die moeite wat n kunstenaar doen om n werk te skep wat deurdring is met spesifieke simboliese betekenisse of emosies, word die massavervaardigde werke wat by kunsvoorwerpwinkels of die stalletjies van straatverkopers van die hand gesit word, eenvoudig kommersile dekoratiewe voorwerpe sonder enige dieper betekenis wat daaraan verwant is. Meer aspekte in die kuns versus handwerk-debat handel oor die bedoeling van die kunstenaar, dat die werk enig in sy soort is en die betekenis wat van die vervaardigde werk afgelei kan word.

Die sogenaamde ontdekking van landelike kunstenaars wat in die 1980s plaasgevind het, het gelei tot die Tribuaries-uitstalling wat roem gebring het vir n groot groep beeldhouwerkers van Gazankulu en Venda. Die blootstelling wat deur hierdie uitstalling gebied is, het gelei tot n bewustheid van die bestaan van huidige, inheemse kunsvorms wat onafhanklik is en nie bemiddel word deur wit onderwysers en die wit kunsmark nie. Aangesien hierdie werke skielik gewild geword het, het galerye die geleenheid aangegryp om toegang te verkry tot n nuwe kunsvorm en is die werke geweldig bemark. Akademiese teoretici het die behoefte gesien om die kunstenaars te klassifiseer en het na hul werke as oorgangskuns verwys. Hierdie term het gempliseer dat die kunstenaars in n toestand van oorgang van een kulturele konteks na n ander was. Die idee van kruisbestuiwing tussen tradisionele Afrika- en Europese kulture is deur hierdie klassifikasie tot stand gebring. Hoewel dit geklink het soos n duidelike gedefinieerde klassifikasie, is dit onmiddellik
Nelson Mukhuba. Christ on the cross. 1973. hout.

OR

BE

EL

Verwestering en verstedeliking het gelei tot veranderinge in die manier waarop tradisionele kuns geskep is. Die insluiting van nuwe materiale en die gebruik van moderne beelde is aspekte van die visuele voorstelling wat verander het. Die eise van mense om hierdie voorwerpe te koop, en die behoefte om geld te genereer as deel van die moderne lewe, het die maak van gewilde voorwerpe benvloed. Die kommersialisie van Afrika-kunsvoorwerpe het gelei tot massaproduksie en die oorstroming van die mark is opvallend in sekere galerye, kunsvoorwerpwinkels en straatverkopers.

147 bevraagteken deur die akademiese gemeenskap. Kunstenaars soos Nelson Mukhuba, Jackson Hlungwani en Noria Mabasa is gesien waar hulle in hul gemeenskappe gewerk het om beeldhouwerke en gereedskap te skep wat deel is van hulle tradisionele spirituele en kulturele gebruike. Deur hierdie verbinding met hul gemeenskappe, het hulle die verhouding tussen kuns en hulle tradisionele ervaring bewaar. Gevolglik het hulle dit vermy om verwesterse kunstenaars te word wat slegs kuns vir die Westerse wreld geskep het wat oorheers is deur estetiese en konsepsuele teorie. Van die laat 1980s, het die term oorgangskuns in onbruik verval en is n nuwe kategorie, gemeenskapskuns gebruik om die groot versameling werke te klassifiseer wat deur informeel opgeleide swart kunstenaars geskep is. Kwessies soos spiritualiteit, tradisionele kultuur, landelike kunstenaars, die insluiting van tradisionele Afrika-kunsvoorwerpe binne die Westerse kunsmark, kommersialisasie, die klassifikasie van voorwerpe as kuns of handwerk, die beskrywing van kuns as oordragskuns of nie en Europese invloede is alles deel van die ingewikkelde multikulturele Suid-Afrikaanse konteks wat verduidelik word deur die bestudering van die groot verskeidenheid kunswerke in hierdie hoofstuk.

VO
kunstenaar onbekend. Ndebele womans apron Liphotho. . Ongedateer. Tekstiel, krale, geelkoerringe, pels.

Die volgende vyf onderwerpe is in Suid-Afrika deur kunstenaars van landelike gebiede geskep en hulle het almal tradisionele en moderne/kontemporre invloede wat duidelik sigbaar is. Maak notas oor die volgende kwessies met verwysing na die gellustreerde werke in jou VKS-werkboek en bespreek dit in die klas. Is hierdie voorwerpe funksioneel? Identifiseer en beskryf die tradisionele aspekte in elk van hierdie voorwerpe. Identifiseer en beskryf die moderne/ kontemporre aspekte in elk van hierdie voorwerpe. Waarom dink jy het hierdie veranderinge in tradisie plaasgevind met verwysing na hierdie voorwerpe? Verskaf redes vir jou Venus Makhubele. The Lord is my Shepherd verduidelikings. Nceka kralekleed wat deur TsongaShangaanvroue gedra is. Ongedateer. Tekstiel, Is dit kuns of handwerk? Hoe sou jy die glaskrale, garing. voorwerpe klassifiseer? Verskaf redes vir jou antwoorde.

OR
ONDER: Bheki Dlamini. Umemulo. 2002. Izimbenge (basket). Plastiekbedekte elektriese draad.

BE
Top: Muriel Ntuli. Aids. 2002. Izimbenge (basket). Plastiekbedekte elektriese draad.

EL

4.1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Esther Mahlangu. BMW Art Car. 1991. Emaljeverf op motor. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

D
Johannes Maswanganyi. Jesus is walking on the water. 1994. Hout, verf, doringdraad, dierehare.

148

Oorsig van kunstenaars

In sy skilderye, het Trevor Makhoba die tradisionele isiZulu-kultuur dekonstrueer deur kwessies te opper soos bygelowigheid, towerkuns, godsdienstige oortuigings en ondervindings van die daaglikse lewe. Deur sy donker sin vir humor en sy helderkleurige skilderstyl, het hy aandag getrek na die kwessies waaroor meeste mense te hoflik is om op kommentaar te lewer. Makhoba (1956 2003) was n selfopgeleide kunstenaar wat in Mhumbane an Umlazi grootgeword het. Sy ma, wat n onderwyser was, het hom aangemoedig om te teken en om kleifigure te maak. Makhoba het begin om professioneel te skilder nadat hy afgedank is. Jo Thorpe by die Afrikakunssentrum het n groot rol daarin gespeel dat sy werke uitgestal geword het by die Vulamehlo (Open Eye) uitstalling in 1990 wat deur die Durban-kunsgalery georganiseer is. In 1991 is sy werke by die Afrika-kunssentrum uitgestal.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Sy ongewone interpretasie van die lewe van die gemeenskap rondom hom word uitgebeeld deur kleurvolle, naturalistiese narratiewe skilderye wat surrealistiese ondertone het. Hierdie hardwerkende kunstenaar het kommentaar gelewer op die sosiale en politieke veranderings wat rondom hom plaasgevind het. Sy werke kommunikeer sy persoonlike onrus en angs oor opspraakwekkende kwessies wat die morele agteruitgang van mense in die kontemporre lewe uitbeeld en spesifiek die veranderings aan die Zoeloeerfenis wat in hierdie nuwe samelewing plaasvind. Hy verwys na spirituele kwessies deur aspekte van tradisionele kultuur in die huidige konteks uit te beeld. Die invloed van Christenskap is ook n belangrike onderwerp in sy skilderye.

OR

In die werk The Naked Truth beeld Makhoba die onderdrukking en lyding van Swart mense onder die diskriminerende regering van die wit mense uit. Die resultate van sosiale marginalisasie en die ontneming van regte word in hierdie skildery uitgebeeld. Die figure word gewys waar hulle soos osse in n harnas gehou word terwyl die gillende wit boer die ploeg vashou wat hul veronderstel is om te trek. Die vroue in die harnas is karig aangetrek in tradisionele voorskote en die mans dra broeke sonder hemde. Van die kant af slaan n swart arm die groep mense wat in die harnas is met n sweep. Die man en vrou wat voor is, het geval en hul verhoed die hele groep om vorentoe te beweeg.

BE
Trevor Makhoba. Pain in the mountains. 1999. Olie op bord. In hierdie werk beeld Makhoba n toneel uit wat tradisioneel nie gesien word nie, maar deur die openlike realistiese beeld voor te stel van wat gebeur tydens die inisiasie van jong mans in SuidAfrika, ontbloot hy ook die vrees en gevare wat kan plaasvind weens die manier waarop hierdie praktyk voortgesit word. Hoewel besnyding ook beskou word as n manier om die verspreiding van MIV en VIGS te voorkom, het die prosedure, wat op die tradisionele manier gedoen word, al baie ingewydes doodgegaan of vermink. Trevor Makhoba. The Naked truth. 1983.Olie op bord

EL

D
Trevor Makhoba. Wild laughter. 1993. Olie op masoniet.

149 Die grond wat hulle moet ploeg, lyk soos n soliede getelde pad wat die goue stawe voorstel wat hulle oes. Die figure van hierdie groep mense in n harnas is n visuele verwysing na Christus wat die kruis dra op die Via Dolorosa (Stap van Smart) waartydens hy verneder en gemartel is voor hy aan die kruis vasgespyker is. Die sweepmerke op die rug van die vrou wat voor in die groep is, is nog n verwysing na die lyding wat Jesus deurgemaak het en wat Hy dus in gemeen het met die Swart mense in Suid-Afrika. Die wit man het n kakiebroek aan, maar hy dra nie n hemp nie. Hy het n groot hoed op sy kop en het lang kouse aan. Hy het swart handskoene aan wat dit laat lyk of sy hande swart is. Agter hom is n vergulde raam wat die beeld van die see en n skip daarop het. Dit lyk asof hy nou net uit die geskiedenis gestap het gedurende die tydperk toe die blankes uit Europa in Suid-Afrika aangekom om n slawedrywer te wees. Net onder die wit man l n oop Bybel. Dit is n verwysing na die bekendstelling van Christenskap aan SuidAfrika asook na die wit mense se regverdiging van hul gedrag as uitbuiters van die Swart mense. Langs die Bybel lyk die groep ronde voorwerpe soos grondboontjies waarvan die doppe nie verwyder is nie. Dit kan dalk verwys na die idee dat die mense in die harnas vir peanuts (niks) werk. Onder die Bybel en die grondboontjies is daar n Hollandse vlag wat verwys na die oorsprong van die wit heersers van die land. Uit die grond aan die linkerkant kom n groot groep ou swart mans wat in swart hemde aangetrek is, te voorskyn. Hulle kyk met afgryse na mekaar oor die toneel wat hulle aanskou. Hulle verteenwoordig die voorouers wat veronderstel is om die huidige generasie lewendige mense te verdedig, maar hulle is hulpeloos. Agter hulle is netjiese rye pondokke wat die huidige lewenstyl van Swart mense wat in stede woon, voorstel. Agter die pondokke is daar die landelike heuwels, berge en n lug vol wolke wat n voorstelling is van die tradisionele lewe wat hulle altyd gehad het. Die idee van vryheid is in kontras met die mense in harnasse. Agter die pondokke, stel n gruispad ook die landelike lewe voor terwyl n geteerde pad aan die regterkant, langs die figuur van die swart man, na n afgele stad toe lei. Makhoba se gebruik van helder kleure en sterk kontras in die wit lig wat op die figure van die linkerkant af val, dra by tot die onaardse atmosfeer van die werk. Die titel lig ons in oor Makhoba se opvatting oor die situasie in SuidAfrika. Hy is openlik in sy uitbeelding daarvan. Terwyl hy n politieke stelling maak, verwys hy ook na die agteruitgang van tradisionele kultuur vanwe die bekendstelling van Europese idees. Sy kritiek is ook gerig op tradisionele kultuur in die vorm van voorouers wat nou hulpeloos is om hul jong mense teen uitbuiting te beskerm.

Credo Mutwa (1921 ) is n Zoeloe-waarser wat drome as n belangrike deel van sy godsdienstige oortuigings gebruik. Hy is in KwaZulu-Natal gebore. Sy pa was n Katoliek en sy ma was afkomstig van n familie van streng tradisionalistiese toordokters wat geglo het dat Zoeloe-gebruike ten alle koste gevolg moes word. Na sy ma geweier het om tot bekering gebring te word, is sy ouers uitmekaar en is Mutwa deur sy pa grootgemaak. As n jong seun het hy steeds kontak gehad met sy oupa, aan sy ma se kant, wat n waarser was. Mutwa het oor die gebruike begin leer deur sy oupa se sakke vir Credo Mutwa. NkuluNkulu, God the father, the of creation and Nokhubuwana, God the hom te dra. Later in sy lewe het hy na sy ma se familie chief mother and children. 1974-1986. Kleibeeldhouwerke. teruggekeer en het hy Christenskap verwerp. Hy het n suiweringseremonie ondergaan en is ingewy deur opleiding te ontvang as n waarser en geneser volgens Zoeloe-gebruike. Mutwa se lewenslange kunswerk is die Credo Mutwa Village in Jabavu, Soweto. Dit verteenwoordig n uitstorting van Mutwa se kreatiewe en spirituele visie vanaf 1974 tot 1986. Na Mutwa skielik sy skeppende werk gestaak het, het die beeldhoupark begin agteruitgaan. Die dorp bestaan uit n verskeidenheid geboue wat in verskillende Afrika-style gemaak is. In verskeie areas is daar versamelings van meer as lewensgroot beeldhouwerke wat verteenwoordigend is van Mutwa se godsdienstige oortuigings. Die groot, geverfde beeldhouwerke van menslike en dierfigure het n
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

OR

BE

EL

150 mitiese en, in sommige gevalle, skrikwekkende kwaliteit, wat Afrika-kultuur en volksoorlewering uitbeeld. Die dorp is omring deur tuine inheemse plante en bome wat gebruik word vir tradisionele Afrika-medisyne. Een van die belangrike groepe beeldhouwerke bestaan uit die oorgrootte figuur van NkuluNkulu, God the father, the chief of creation and Nokhubuwana, God the mother en drie kleiner, kinderlike figure. NkuluNkulu het vier gesigte wat n Afrikaan, n San-mens, n Chinees en n Europer uitbeeld. Langs die beeld is die Songod van Afrika wat voorgestel word met n treffende arendsgesig. Al hierdie figure, wat uit sement gemaak is, is geverf in n donker jadegroen. Hierdie groep figure word omring deur n muur wat een meter hoog is wat beskerm word deur twee borsfigure by die ingang. Die witgewasde borsfigure is verteenwoordigend van Shaka, die Zoeloekoning en Hoofman Ngungunyani, die Tsongaleier. Mutwa se kulturele dorpie dokumenteer Afrikakuns, -kultuur, volksoorlewing en argitektuur. Mutwa is een van Afrika se voorste sangomas (tradisionele genesers).

Credo Mutwa. Shaka, the AmaZulu king and Chief Ngungunyani, the VaTsonga leader. 19741986. Kleibeeldhouwerke.

Bonnie Ntshalishali (1967 1999) is in landelike KwaZulu-Natal gebore. Na sy as kind aan polio gely het, was dit moeilik vir haar om skool te gaan. Sy het ophou skool gaan na sy Graad 10 voltooi het en toe het sy op n plaas begin werk. Sy was in handwerk genteresseerd en het begin leer hoe om naaldwerk te doen en om te stik. Toe Fe Halstead-Berning en haar man die plaas waarop Ntshalishali gewerk het, gekoop het, was die kunstenaar besig om te studeer en het sy keramiek en skilder gekombineer. HalsteadBerning het Bonnie ontmoet deur haar huishoudelike assistent wat Ntshalishali se ma was. Halstead-Berning het Bonnie geleer om klei-beeldhouwerke te maak en hoe om hulle te versier. Dit was Bonnie Ntshalishali. The plague. 1990. Geverfde erdeware. die begin van die nou wreldbekende Ardmore ateljee waar mense in die omgewing geleer word om oorspronklike keramiekwerk van n ho gehalte te skep. Na sy die basiese vaardighede bemeester het, het Ntshalitshali begin om groot beeldhouwerke te maak en om met onderwerpe te eksperimenteer. Meeste van haar beeldhouwerke is narratief van aard en in baie werke het sy Bybelstories uitgebeeld. Tradisionele kultuur en haar persoonlike ondervindings was ook onderwerpe wat sy in haar werke verken het. The plague is een van die werke wat die Bybelstorie uitbeeld waarin die Egiptenare die plaag kry deur oorval te word met paddas en sprinkane. Hierdie narratiewe, beeldhoutablo is n kleurvolle weergawe van hierdie storie van hoe die toediening van die 10 plae veronderstel was om die Egiptenare te oortuig om die onderdrukte Israeliete uit slawerny te bevry. Drie Egiptenare word uitgebeeld waar hulle op n voetstuk staan wat omring word deur dreigende, maar kleurvolle sprinkane en paddas. Die mans het almal ontstelde uitdrukkings op hul gesigte, maar hulle lyk nie of hul bang is vir die plaag nie. Die mans se klere en die kleure van die sprinkane en paddas

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL
Credo Mutwa. Vooraansig van die ingang na die omheinde deel wat NkuluNkulu, God the father, the chief of creation and Nokhubuwana, God the mother and children huisves.

151 is met helder patrone gevul. Ntshalitshali se uitbeeldings van die mense, paddas en sprinkane is vereenvoudig en naturalisties. Dit is n mooi werk vanwe die kleurvolle, eenvoudige eerlikheid waarmee sy die storie vertel. In ander voorstellings van Bybelstories, soos The last supper, is daar kontemporre elemente en ook n mengsel van Afrika- en Westerse kulture te bespeur. Op die tafel sluit die fees Coke, bier, springmielies en n bok se kop in. Sy het ook nie vurke in die werk ingesluit nie omdat sy ges het dat Swart mense nie met vurke eet nie. Die insluiting van diere rondom die onderkant van die voetstuk waarop die Laaste Avondmaal plaasvind, is n element wat n verwysing na Afrika kan wees aangesien dit nie deel is van die oorspronklike Christelike voorstellings van die Laaste Avondmaal nie. Ander weergawes van tradisionele isiZoeloe-kultuur wat sy op daardie tydstip in haar werke gebruik het, sluit in Lobola, Traditional isiZulu wedding en Sangoma reading white mans fortune. Hierdie werke is ook n verwysing na spiritualiteit wat verwant is aan inheemse gebruike en oortuigings.

Die potte wat deur Nesta Nala (1940 2005) geskep is, is deel van die tradisionele isiZoeloe-kultuur en n uitbeelding van die veranderings wat plaasgevind het as gevolg van die invloede van die moderne lewe. Sy het haar potte op die tradisionele manier geskep wat haar ma haar leer maak het toe Nala op 12-jarige ouderdom begin potte skep het. Sy het klei uit gebiede naby haar huis versamel. Sy het rooi en grys klei gebruik wat sy laat uitdroog het en dan fyngemaak het met n tradisionele maalklip en wat sy na hierdie proses gesif het. Hierna het sy die klei in n drom halfvol water geplaas en het sy dit gelaat om te ryp te word. Daarna is dit in balle gerol en uitgedruk. Potte is geskep deur die spoelmetode te gebruik. n Bal klei word eerstens platgemaak om die basis van die pot te vorm. Die ronde grasbuis, die inkatha, waarop die pot geplaas word, staan die pottebakker by om die pot te draai terwyl hy of sy spoele byvoeg of in die spoele werk. Die kunstenaar maak die pot egalig deur n kalbasskerf of n metaallepel te gebruik en poets dit dan met n rivierklippie. Die versiering van die potte behels die insnyding van geometriese patrone of om vraatjies klei by die potte te voeg wat amansumpa genoem word. Klein balle sagte klei word met n skuiflas aan die pot vasgeheg. Dit word dan egalig gemaak in die muur van die pot.

VO

OR

BE
Nesta Nala. Ukhamba. Ongedateer. Erdeware. Nesta Nala. Uphiso. Ongedateer. Erdeware. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Potte word gelaat om natuurlik droog te word. n Paar kole word onder die potte geplaas voor hulle gebak word. Dan word n groep potte in putte geplaas. Nala het uitgedroogde aalwynblare gebruik tydens haar bakprosesse wat drie ure geduur het. Sy het die potte n tweede keer gebak om hulle swart te maak. Die groot pot waarin tradisionele bier gebrou word, word n imbiza genoem.

EL

D
Bonnie Ntshalishali. Lobola. 1998. geverfde erdeware.

152 Bier word in groot potte bedien wat ukhamba genoem word. Dit word in n pot met n geklokte nek, wat uphiso genoem word, vervoer om te voorkom dat dit mors. Die bediening van bier is n belangrike deel van die Zoeloe-lewe en gevolglik het Nala se potte bygedra tot die bewaring en gebruik van tradisionele gebruike. Nala het Len van Scalkwyk, n argeoloog, in 1983 ontmoet. Hy het vir haar sommige van die skerwe gewys wat hy opgegrawe het. Nala is hierdeur genspireer om patrone te gebruik wat gebaseer was op tradisonele patrone soos sy gesien het op uitbeeldings van potsskerwe uit die Vroe Ystereeu.

Nesta Nala Nesta Nala . Black Izinkhumbo. Ongedateer. Erdeware.

Rebecca Matibe.Snake pot. C.1993. Erdeware.

OR
Rebecca Matibe. monkey. Ongedateer Erdeware.

BE VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12 Rebecca Matibe. Vessel with birds and flower. Ongedateer. Erdeware met emaljeverf. Rebecca Matibe. Flower vessel. Ongedateer. Erdeware met emaljeverf.

Sy het die ontwerpe vereenvoudig en het groot ingesnyde relifvorms gemaak wat die een kant van n pot van bo na onder bedek. Sy het met tradisionele potte begin en haar eie interpretasie oor die maak van hulle ontwikkel. Na sy die effekte gesien het wat verkry is deur die gebruik van kleurvolle emaljeverf, het sy begin om die res van die formele kenmerke wat met emaljeverf geassosieer is te verwerp. Die houers wat sy begin skep het, was meer dekoratief as funksioneel. In die vorms wat sy begin skep het, het sy beeldhouagtige skeppings soos vols en blomme ingesluit wat sy in rooi, groen, wit en swart versier het. Hierdie sterk kontrasterende kleure is nou kenmerkend van haar werke. In haar verwysings na blommevorms beeld Matibe die idees van transformasie en groei uit. Sy het ook minder houers begin maak. In plaas van houers het sy verskeie beeldhoukundige dierevorms geskep deur die spoelmetode aan te wend wat vir potte gebruik is. In hierdie werke het sy die vorms en die maniere waarop die diere staan, vereenoudig. Op hierdie wyse het sy die kern van hierdie beelde se gedrag vasgevang en het sy telkens die humoristiese kant van hul voorkoms gewys soos gesien kan word in haar interpretasie van die ondeunde gesigsuitdrukkings van ape, wat bekend is daarvoor dat hulle chaos in mielielande veroorsaak.

EL

Rebecca Matibe is n Venda-pottebakker wat weggebreek het van die tradisionele manier van die vorms en versierings ten opsigte van die houers wat sy skep. Sy is nie verwant aan n familie van pottebakkers nie en is deur haar man se eerste vrou geleer hoe om potte te maak. Die inheemse mvuvhelo (n tradisionele bierpot) en dzikhali (n inheemse kookpot), wat geometriese grafietversierings daarop het, is deur Matibe herinterpreteer.

153 Johannes Segogela is n selfopgeleide kunstenaar wat begin het om beeldhouwerke vir n lewe te maak nadat hy vir n paar jaar as n ketelmaker gewerk het. Hy is in 1936 in die Noordelike provinsie, wat ook as Sekhukhuneland bekend staan, gebore. Sy werke is oorspronklik as Inheemse Kuns gekategoriseer en beskou as werke wat tussen die kategorie van toerisme- en fynkuns geval het. Hierdie etiket is nie meer van toepassing nie aangesien sy werke, soos baie ander landelike kunstenaars se werke, in belangrikheid toegeneem het vanwe die invloed daarvan op Suid-Afrikaanse kuns in die algemeen. Segogela se beeldhouwerke is vereenvoudig en naturalisties. Hy het begin om houtbeeldhouwerke te maak wat in hul natuurlike kleur gelaat is. Later het hy begin om die figure in helder emaljekleure te verf. Hierdie kleure is gekies as deel van die simboliese interpretasies wat verwant is aan die figure wat hy voorstel. Hy plaas sommige van die figure in omgewings wat geskep is uit n verskeidenheid voorwerpe wat uit gemengde media bestaan. Die kombinasies van die figure in die tablo is allegorie wat kommentaar lewer op die daaglikse lewe in die Suid-Afrikaanse samelewing. Deur die skepping van hierdie tonele, het hy soos n teaterregisseur van n opvoering geword aangesien die tonele wat hy bymekaar gesit het, n strewe is na dramatiese effek. Hy verbind nie die figure aan n vaste basis nie en dus kan die figure gemanipuleer word na hy hulle bymekaar gevoeg het. Sy houtbeeldhouwerke sluit menslike figure en diere in wat gekombineer word in narratiewe tablos wat almal n waarskuwing is van die lyding wat op die bose wag. In n werk soos Satans fresh meat market word n beeld voorgestel van wat met diegene gaan gebeur wat nie die regverdige pad volg nie. Hy stel hoofsaaklik belang in morele temas wat gebaseer is op Bybelse verhale of Christelike waardes. Baie van sy werke fokus op die stryd tussen goed en sleg. Hy kombineer figure wat lyk of hulle Bybelse illustrasies is in kombinasie met aspekte van die moderne lewe soos kameras. Die kameras kan gesien word as Johannes Segogela. Apartheids funeral. God se alsiende oog wat alle dade, goed of sleg, 1994. Gesnede en geverfde hout. waarneem. Die duiwel word soms gebruik as n beeld wat Apartheid verteenwoordig. Hierdie aspekte word op n manier gekombineer om allegoriese stories te vertel waarin die moderne elemente gewoonlik n metaforiese rol speel.

VO

OR

BE
Johannes Segogela. Satans fresh meat market. 1993. Gesnede en geverfde hout, metaal. Johannes Segogela. Satans fresh meat market. 1993. Gesnede en geverfde hout.

EL

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

154 Baie landelike kunstenaars is by die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum opgelei. Die sentrum is in noordelike KwaZulu-Natal gele. Die idee om dit te begin, is in 1961 van stapel gestuur deur die Sweedse Lutherse Kerk wat n sendelingplaas daar bestuur het. Peder en Ulla Gowenius, n paartjie wat opgelei was in n verskeidenheid kunstige vaardighede, is aangestel om met pasinte wat besig was om van TB te herstel in die Ceza sendelinghospitaal in 1962 te werk. In 1963 is die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum in die Rorkes Drift sendelinggeboue gestig. Die idee was dat die vaardighede wat by die kunssentrum onderrig is, die ontwikkelende gemeenskap moes help om afsetplekke te kry om hul goedere te verkoop en om die lewenstandaard van Swart mense wat in die gebied gewoon het te verbeter deur n gereelde inkomste te genereer. Hulle doel was ook om die kunstige erfenis van Afrika uit te brei deur die mense nuwe vaardighede te leer waardeur hierdie erfenis verteenwoordig kon word as deel van n veranderende samelewing. Die Gowenius-paartjie het weefwerk, keramiekmaak en afdrukmaak gevestig as die tegnieke wat in werkwinkels onderrig sou word. Hulle het hierdie vaardighede onderrig met die doel om kennis van n ho standaard oor te dra, maar het die studente toegelaat om hul eie ontwerpe te ontwikkel. Weef het die vlagskip van die sentrum geword omdat dit die meeste geld genereer het wat bygedra het to die befondsing van die sentrum. Die skool het uiteindelik in 1982 gesluit.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Daar is n aantal bekende kunstenaars wat verder ontwikkel het na hul hulle studies aan Rorkes Drift. Allina Ndebele is n bekende wewer wat aanhou kuns skep het na sy weg is by die kunssentrum. Dinah Molefe en Elizabeth Mbatha is baie bekend vir hul keramiekwerke. Azaria Mbatha, John Muafangejo, Cyprian Shilakoe en Vuminkosi Zulu is almal kunstenaars wat geer word vir hul bydraes tot afdrukmaak in Suid-Afrika. Die kunstenaars wat hier genoem word, is deel van n groot groep swart kunstenaars wat die geleentheid gebruik het om hul kunstige vaardighede te ontwikkel.

OR

Cyprian Shilakoe. Ongetiteld (Slag van Rorkes Drift). Ongedateer. Dronaaldets.

BE
Emma Damane. Houer. 1998. Erdeware. Ephraim Ziqubu. Ongetitelde houer c.1972. Erdeware. Bongi Dlomo. Tower of Babel. 1978. Linosnee.

EL

Allina Ndebele help studente met hul spinwerk gedurende die vroee 1960s by die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum.

155 Een van die kunstenaars wat by die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum opgelei is, is Allina Ndebele (1939 ) wat by die Ekuhlengeni sendingstasie naby Vryheid in KwaZulu-Natal gebore is. Sy het die Gowenius-paartjie by die Ceza Sendelingshospitaal ontmoet waar sy opgelei is as n verpleegster. Vanwe hierdie ontmoeting het sy in die arbeidsterapie-departement begin werk waar sy eers geleer is hoe om te weef. Daarna het sy vir die pasinte wat besig was om te herstel eenvoudige weeftegnieke geleer. In 1964 het sy n beurs ontvang om in Swede as n weefonderwyser opleiding te ontvang. Na sy teruggekeer het na die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum, wat nou na die sendinggeboue verskuif is, het sy aangehou om haar weefvaardighede te ontwikkel sodat sy n meesterwewer kon word. Sy was nou n sentrale figuur in die onderwysproses by die sentrum. Teen 1977 het sy beperk gevoel deur die gedwongenheid van die werk en die vereistes van die Christelike ideologie wat deur die sending aangemoedig is en het sy teruggekeer na haar pa se kraal in Swart Umfolosi. Hier het sy haar eie werkswinkel begin waar sy vry gevoel het om haar eie persoonlike idees en stories sonder perke uit te druk, aan wewers of aan die organisasie van die kunssentrum.

Allina Ndebele. Nqamatshe and his muti magics. 1998-1999. Tapisserie van karakoel, krale en garing.

OR

Baie van haar ontwerpe is op daardie stadium genspireer deur die stories wat haar ouma haar vertel het en het gevolglik op die Zoeloe-kultuur en -tradisies gefokus. Om die beelde wat haar stories weerspiel en om haar ouma te eer, het Ndebele n klein tradisionele hut, n uguqa, van modder en gras gebou. In die werke wat sy later gemaak het, kan n mens die ontwikkeling van n groter individualiteit in haar ontwerpe sien. Hulle is ook meer ingewikkeld as di wat sy by die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum geskep het. Een van hierdie werke is yslik en het 11 maande geneem om te voltooi. Die titel van hierdie werk is Nqamatshe and his muti magics. Sy het hierdie mitologiese storie in n ingewikkelde narratiewe ontwerp uitgebeeld. Dit bestaan uit helder kontraste en vereenvoudigde vorms om die gebeure duidelik uit te beeld. Die komposisie van die werk is baie vol en stel verskillende dele van die storie uit in die enkelformaat waarin dit uitgebeeld word. Die storie handel oor n magtige tradisionele geneser en waarser wat ver weg van die res van die gemeenskap af gebly het. Hy het naby n groot rivier gewoon waar hy n enorme slang aangehou het om hom by te staan tydens sy gebruike. Die man was n suksesvolle geneser en gevolglik het baie mense hom besoek. Sommige van die vroue wat hom besoek het was nie siek nie, maar hulle wou n spesiale towerdrankie by hom kry om die liefde van hul mans of voornemende mans aan te wakker. Toe drie pragtige vroue na hom toe gekom het vir hierdie towerdrankies, het hy besluit dat hy so verlief op hulle was dat hy vir hulle towerdrankies sou gee wat hulle op hom verlief sou maak. Na hy dit gedoen het, het hulle by hom gebly. Hierdie nuus is aan hulle mans oorgedra. Hulle was baie kwaad en het vertrek om Nqamatshe se kraal aan te val en om hom dood te maak. Intussen het iemand hom oor die mans gewaarsku en het hy die slang bevel gegee om hulle almal te eet. Toe hulle n groep wit eiervormige
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

BE
Allina Ndebele. Animal meeting. Apartheid among animals. Ongedateer. Tapisserie.

EL

156 voorwerpe by die rivieroewer sien, het Nzamatshe gevra wat dit dit is. Daar is aan hom ges dat die voorwerpe die mans se koppe was. Intussen het die slang woedend op en af geswem. Daarna het n baie harde stem vir Nqamatshe ges dat hy sy towerkragte misbruik het en dat hulle van hom weggeneem sou word. Hierdie narratiewe werk beeld spesifieke morele kwessies uit soos gierigheid en die misbruik van mag wat van toepassing is op ander situasies in die lewe. Dit dien dus as n waarskuwing vir enigiemand wat beplan om op n soortgelyke manier op te tree. Azaria Mbatha is nog n kunstenaar wat betrokke was by die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum as n student en n onderwyser. Hoewel hy grootgeword het in n tradisionele Zoeloe-omgewing, was sy familie Christene en het dit sy lewe en kuns benvloed. Mbatha (1941 ) het in Mhlabatini in KwaZulu-Natal grootgeword. Hoewel hy in n tradisionele Zoeloeomgewing grootgeword het, was sy familie Christene en dit het sy lewe en kuns benvloed. As n pasint wat besig was om van TB te herstel, was hy die eerste student aan die Lutherse Kuns en Handwerk-ateljee by Rorkes Drift. Sy belangstelling in kuns is aangewakker deur sy vriendskap met Peder en Ulla Gowenius en hy het daarna sy studies met hulle voortgesit. Hy het in 1965 n beurs ontvang om muurskildery- en emaljeskilder in Swede te studeer.

Hy het na Rorkes Drift teruggekeer om onderrig te gee vanaf 1967 tot 1968, waarna hy besluit het om Suid-Afrika te verlaat om in Swede te gaan woon. Daar het hy sosiale wetenskappe studeer en het hy n doktersgraad behaal in die filosofie van Historiese AfrikaSimbolisme. Hy woon nog steeds in Swede, hoewel hy na Suid-Afrika teruggekeer het om deel te neem aan n verskeidenheid uitstallings. Mbatha het in afdrukmakery gespesialiseer. Hy is veral bekend vir sy treffende linosnee-afdrukke. Baie van sy werke is illustrasies van Bybelse verhale. Hy het ook die tradisionele Zoeloelewe en -gebruike uitgebeeld, sy opvattings van die moderne lewe en sy interpretasie van die proses van integrasie tussen die rasse in SuidAfrika en in die wreld.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

Die krag van sy linosnee is opmerklik in die verskeidenheid tegnieke wat hy gebruik het. Sy vroe werke is besiger met baie fyn detail in die verskeidenheid lyne en patrone wat hy gebruik het asook sy aanwending van sy kenmerkende gebruik van die kontras tussen swart en wit. Die werke wat hy later geskep het, is meer vereenvoudig met minder dekoratiewe oppervlaktes terwyl sy mees onlangse werke soos n kombinasie van die twee style lyk. Soos in meeste van sy weergawes van godsdienstige stories,

EL
Azaria Mbatha. Carrying firewood. Linosnee. Azaria Mbatha. Adam and Eve. Linosnee`.

157 het Mbatha die karakters in die linosnee Adam and Eve as Swart mense voorgestel. Dit was politieke kommentaar omdat alle gellustreerde Bybels die karakters daarin as wit mense uitbeeld. In hierdie linosnee het Mbatha die val van Adam en Eva voorgestel hul verbanning uit die Tuin van Eden in een komposisie uitgebeeld. Die idee van tyd wat verbygaan, word uitgebeeld deur n sekelmaan aan die linkerkant, n groot son in die middel en n ster; en daar is nie n maan aan die regterkant nie. Hierdie effek vorm ook deel van die balans wat hy in die algehele komposisie geskep het deur die gebruik van die dekoratiewe vorms van die heuwels aan albei kante van die ingang tot Eden wat geraam word met n dekoratiewe wingerd as spielbeeld. Hulle word omring deur bome wat vol blare is en die omgewing lyk oorvloedig. Adam en Eva is waarskynlik kaal, maar Mbatha beeld dit nie duidelik uit nie aangesien hulle tussen blare staan. In die middel word hul duidelik bedek met klere en bo hulle is n engel met n swaard wat hulle uit die Tuin van Eden jaag. Aan die regterkant is hulle op hulle eie tussen bome wat lyk of hul dood is en nie so oorvloedig soos in Eden groei nie. Die landskappe van die twee halwes verskil ook ten opsige van die dekoratiewe merke wat Mbatha gebruik het om dit mee te vul. Die sterk gebruik van kontras tussen swart en wit word beklemtoon deur sy gebruik van baie dekoratiewe merke in die landskap in teenstelling met die lug en die agtergrond van die toneel waar Adam en Eva verban word. Die buitelyne is wit omdat die positiewe figure van die mense swart is. Spiritualiteit het ook n groot invloed op die werk van kunstenaars wat nie van landelike gebiede afkomstig is nie. Judith Mason is nie n landelike kunstenaar wat met tradisionele kultuur werk nie, maar die onderwerpe van haar skilderye handel oor n verskeidenheid spirituele en godsdienstige kwessies. Na sy n graad in Skone Kunste aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal het, het sy daar onderrig gegee, asook by die Michaelis-kunsskool (Universiteit van Kaapstad) en by die Universiteit van Pretoria. Sy het ook onderrig gegee aan die Scuola Lorenzo de Medici in Florence, Itali. As n jong kunstenaar is haar werk benvloed deur Francis Bacon se ekspressiewe styl. Haar primre mediums is olieverf en potlood, maar sy is ook besig om n verskeidenheid afdruktegnieke te verken. Sy gebruik ook gevinde voorwerpe as deel van haar werke.

VO

Mason het ook al n aantal kunstenaarsboeke geskep. Haar onderwerpe handel hoofsaaklik oor die mitologiese en simboliese interpretasie van landskappe, figure en portrette. Dit is dikwels n reaksie op huidige gebeure in die nuus, op politieke gebeure Judith Mason. Judas. 1966. Olie op doek. of oor inligting wat sy gelees het oor invloedryke historiese gebeure asook gedigte waarin die ondervinding van menslikheid deel is van n simboliese konteks. Sy het n ryk simboliese taal geskep deur haar ekspressiewe voorstellings van mense- en dierevorms. Baie van haar werk is ook deur godsdiens genspireer, en dit strek vanaf Christenskap tot Oosterse godsdienste, asook mitologiese temas. Herhalende beelde in haar werk is vlerke, die vroulike bors, vlegsels, tou wat n marionet uitbeeld wat of vasgemaak is of in die lug hang, hoenderdraad, klere soos onderbaadjies, stukke materiaal, die kunstenaar se vingerafdrukke en talle verwysings na verskillende diere. Sommige van die beelde is simbole wat sy self gemaak het, terwyl ander van verskillende kulture geneem is.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

158 In baie van haar werke kom die wisselwerking tussen skoonheid en onaansienlikheid voor deur die metamorfose van n figuur van die een na die ander. Haar vraende houding oor godsdiens en spiritualiteit kan gesien word in n vroe werk soos Judas. Sy vra in haar werk of Judas Jesus uit vrye wil verraai het en of hy slegs deel van God se plan was. In hierdie werk beeld sy Judas as n baie eenvoudige figuur uit wat simpatie verdien en wat nie onmiddellik veroordeel moet word nie. Haar verwysing na sy selfmoord word gesuggereer in n opgehande, vasgemaakte stuk materiaal. Die selfmoord wat sy in haar werk voorstel, verwys ook na die naderende gebeurtenis van Jesus se kruisiging. Die skildery het byna n deurskynende gevoel, soos n x-straal-foto. Dit wil voorkom of die kop die teenwoordigheid van n kopbeen onder dit voorstel, wat net die aanduiding van die inkepings van die holtes vir die o in tonale waardes van gele en bruine toon. n Gedetailleerde voorstelling van n vlieg suggereer die idee van agteruitgang en om bevlek te word. In die keelarea is n rooi vorm wat lyk of dit n liggaamsdeel is wat ook die geweld van Judith Mason. Judith Mason. die selfmoord voorstel, asook die teenwoordigheid van sonde Reaching for Paradise. Reaching for Paradise. 2008. Olie op supahout. omdat Christus verraai is. Hierdie is nie n illustrasie van die 2008. Olie op supahout. storie van Judas nie, maar eerder n kombinasie van simbole wat die idee van menslikheid uitbeeld. Die stuk materiaal wat aan die skildery vasgemaak is, suggereer die skuiflus waarmee Judas homself gaan hang, asook die idee van n helpende hand vir bevryding van die skuld wat op aarde gely is. In n reeks meer gekompliseerde werke wat sy later gemaak het en wat as n installasie voorgestel word, word Walking with and away from Dante genoem. Daarin het sy twee enorme skilderye geskep het met totemvorms rondom dit as n ondersoek van die epiese Christelike verhaal deur Dante, The Commedia. Die verskeie fases om deur Hel, Vaevuur (Purgatory) en die Paradys te reis, word in n simboliese interpretasie voorgestel.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

My temas, ek stel drome voor, ek is bewus van wat om my aangaan en ek lees die koerant Wanneer ek droom, droom ek iets (in besonder) en begin onmiddellik in die oggend voor ek (daarvan) vergeet. Dit is wat ek bedoel ek droom party prente (wat ek maak).
John Muafangejo het in landelike suidelike Angola in n tradisionele omgewing grootgeword. Sy pa was n Kwanyama-hoofman en hul familie het in n kraal, wat soos n klein dorpie gefunksioneer het, gewoon. Die Kwanyamas was een van die grootste groepe Ovambos wat sedert ongeveer 1550 in suidelike Angola en noordelike Namibi gewoon het. Na Muafangejo se pa oorlede is, was sy ma wat een van agt van sy pa se vrouens was behoeftig, aangesien sy volgens die tradisionele wet niks geerf het nie. Sy het besluit om Namibi toe te gaan waar sy by die Anglikaanse Sendingstasie op Epinga gaan bly het en haar tot Christenskap bekeer het. Die 12-jarige John was baie ontsteld om die kraal te verlaat waar hy grootgeword het, maar aan die ander kant wou hy ook by sy ma bly. Na n jaar het hy by haar op Epinga aangesluit waar hy skool gegaan het.

OR

John Ndevasia Muafangejo (1943-1987)

BE

EL

159 Sy talent vir teken is raakgesien en n oom van hom, Stephen Paulus, het hom aangemoedig om alledaagse lewensondervindings te teken en om sy eie styl te ontwikkel. n Amerikaanse priester, John Mallory, het voorgestel dat Muafangejo verder in kuns moet studeer. Mallory het aansoek gedoen sodat die jong kunstenaar by die Rorkes Drift Kuns- en Handwerksentrum kon studeer. Muafangejo is vanaf 1968 tot 1969 daar opgelei. Onder Azaria Mbatha se invloed, het Muafangejo sy kunstige vermons ontwikkel, asook sy voorkeur vir linosnee as medium. Mufangejo se ondervinding van die lewe by die kunssentrum was baie intens. Aangesien hy nie Zoeloe of Sotho kon praat nie, en omdat Engels sy derde taal was, het hy afgesonder gevoel en aan ernstige depressie gely. In 1970 het hy na Namibi teruggekeer waar hy as n kunstenaar gewerk het. In 1974 het hy teruggegaan na Rorkes Drift as n praktiserende kunstenaar. Hy was uiteindelik daar-toe in staat om vir homself n huis te bou in Katatura naby Windhoek vanwe sy sukses as n kunstenaar. Vanaf 1969 tot sy ontydige dood in 1986 het hy aan baie uitstallings in Suid-Afrika en in die res van die wreld deelgeneem.

John Muafangejo. Angola and South West Africa. 1976. Linosnee.

OR VO

Algemene kenmerke van Muafangejo se kunswerke

Mufangejo se natuurlike aanleg om linosnee feitlik uitsluitlik as n medium te gebruik, is verwant aan die vaardighede wat hy as n jong seun geleer het. In die tradisionele omgewing van die Kwanyama-kraal, waarvan sy pa die hoof was, is daar van mans verwag om jagters en voorsieners te wees, maar hulle moes ook skeppend wees. Gevolglik het hulle huishoudelike gebruiksmiddels uit hout, dromme, leeruitrustings, pottebakkery en mandjies geskep en het hulle ook wapens soos spiese en knopkieries gemaak. Op baie van die houtvoorwerpe het hulle ontwerpselemente gevoeg deur pokerwerk of pirografie te gebruik. Die medium van linosnee is n relifafdruktegniek waarin die wit areas van die ontwerp weggesny word uit die linoblok. Die areas wat oorbly word met ink bedek en dan gedruk om die beeld te skep. Muafangejo het gewoonlik met sy kunswerk begin deur die ontwerp op die linoblok te teken, hoewel hy soms n aparte tekening voor die tyd op papier gemaak het. Daarna sou hy die areas wat hy wit wou laat, begin uitsny. Hy het nie noodwendig die buitelyne van sy tekeninge gevolg nie en het dit dus nie altyd uitgekerf nie aangesien hy die buitelyne dikwels swart gelaat het.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
John Muafangejo. Our school 1980. 1980. Linosnee. Relief pokerwerk geskep deur n onbekende kunstenaar vir die toerismehandel 1930s. Die tradisionele vaardigheid van houtkerf en die versiering van hout deur n stuk yster te gebruik wat in die vuur warm gemaak is, is verwant aan die tegniek van linosnee waarin positiewe en negatiewe spasies n belangrike deel vorm tydens die skep van n suksesvolle komposisie.

EL

160

John Muafangejo. Kudu friends, 1979. 1979. Linosnee.

Die gebruik van swart en wit dra die idee oor van n spaarsamige benadering, aangesien die gebruik van kleure te uitspattig sou wees in Muafangejo se styl van uitdrukking wat hy as, n onderrigstyl beskryf het wat nie die o moeg maak nie. Dit kan ook beskou word as kommentaar op die rassepolarisasie van Namibi en ook van die Suid-Afrikaanse samelewing op daardie tydstip toe velkeur n direkte oorsaak was vir die rigting wat mense se lewens sou volg. Sommige mense wat kommentaar op sy werk gelewer het, verbind die gebruik van swart en wit as soortgelyk aan di van kunstenaars soos Goya en Daumier. In hul werk is die duidelikheid en direktheid van hul kommentaar oor sosiale en politieke kwessies verryk deur die gebruik van swart en wit. As Muafangejo se onderwerpe geanaliseer word, kan die gebruik van swart en wit ook verwys na die dubbelsinningheid wat deel is van die lewe oor die algemeen en wat onderliggend is aan alle menslike aktiwiteite en gebeure. Deur teks te voorsien in die komposisies van baie van sy afdrukke, beskryf en verduidelik Muafangejo sommige van sy beelde aan sy gehoor en lewer hy ook kommentaar op die werke. Die teks word ingesluit op n soortgelyke manier waarop gellustreerde strokiesboekstories teks langs elke raampie bevat.

OR

Die styl waarin Muafangejo gewerk het, het gelei tot n vereenvoudiging van vorms wat beskryf kan word as n ekspressiewe weergawe van die werklikheid wat n dieper insig in die lewe onthul soos Muafangejo dit beleef en ondervind het. In kombinasie met die ekspressiewe manier waarop hy ondervindings vasgevang het, het hy ook n hoogs dekoratiewe styl geskep in sy linosneewerk as gevolg van die herhaling van lyne en vorms wat dan gelei het tot n styl wat aan patrone herinner. Deur hierdie dekoratiewe styl het hy n sterk ritmiese effek geskep deur die kontras van plat, swart areas of lyne en plat, wit areas of lyne asook positiewe en negatiewe vorms. Hy het nie driedimensionele spasies as deel van sy komposisies gebruik nie en dit het gelei tot die tweedimensionele dekoratiewe agtergronde in die meeste van sy werke.

BE
John Muafangejo. Lonely Man, Man of man. 1974. Linosnee. John Muafangejo. He is thinking about art? 1974. Linosnee.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

John Muafangejo. Disadvantage for fighting men. 1974. Linosnee.

161 Baie van die teks is in Engels en is op wit kykers gemik. In hierdie Engelse tekste is hy meer verduidelikend en didakties. Hy het ook werke geskep waarin hy sy eerste taal, Oshikwanyama, gebruik het. Hierdie tekste is gewoonlik korter en lewer eerder kommentaar as wat dit verduidelikings en beskrywings is. Die gebruik van swart en wit, die kleure waarin teks gewoonlik gebruik word, is dus van groter belang in Muafangejo se afdrukke. Die teks is n finale voltooiing van die beelde wat hy geskep het en is ook n bevestiging dat sy werke dokumentasies is van werklike gebeure en voorvalle eerder as anekdotes. Die volgende opmerking deur Muafangejo oor sy werk verduidelik sy bedoelings duidelik: Ek is besig om te preek. Ek dra n boodskap oor na die eienaar van daardie prent, aan wie ons dit gaan verkoop om dit te koop, daar is n boodskap in die werk. Sy werke het n verskeidenheid onderwerpe ingesluit. Dit het sy gemoedstoestand en sy daaglikse ondervinding weerspiel soos n dagboek. Dit het die volgende kategorie ingesluit: stamlewe, dierelewe, waarnemings oor sosiale omstandighede, historiese gebeure, kerklewe, Bybelse verhale en sy persoonlike lewe.

John Muafangejo. A Kuanyama wedding. The two brides hold a fan made of hairly part. 1972. Linosnee.

VO

OR
John Muafangejo. The Royal Wedding. 1982. Linosnee. John Muafangejo. Kuanjama wedding. 1970. Linosnee.

Voorbeelde van Muafangejo se werke

Kuanyama Wedding Vanaf n vroe ouderdom het Muafangejo deelgeneem aan die antieke tradisisies van sy stam, die Kwanyamas. Sy kunswerke oor hierdie onderwerp weerspiel sy bewustheid van die ingewikkeldheid van stamlewe, sosiale verantwoordelikhede, sosiale verhoudings en hierargie. Hy het die onderwerp van tradisionele huwelike in meer as een werk uitgebeeld en dus die belangrikheid getoon van hierdie gebeurtenis binne die tradisionele omgewing. Twee van hierdie werke word Kuanyama wedding genoem en in albei het hy bruide uitgebeeld wat deelneem aan die rituele en ook die dromspelers wat n belangrike deel van die seremonie is. In die groter werk van die twee, het hy twee bruide, die bruidegomme en n dromspeler voorgestel. Die komposisie word met vyf figure gevul. Aan die linkerkant staan die twee bruide met hul re na die kyker toe.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

162 Muafangejo beskryf die toneel duidelik in die opskrif bo aan die komposisie: (n Kuanyama-troue. Die twee bruide hou n waaier vas wat van die harige deel van perdesterte gemaak is terwyl hulle dans. Hulle dra die gelooide velle en hul belde wat met ivoor versier is. Die twee bruidegomme hou hul hoedens vas terwyl hulle kyk hoe hulle bruide dans en hul waaiers waai. Die goed opgeleide mans speel die dromme terwyl die dansery aanhou.) Die tradisionele klere van die bruide is belangrik in hierdie afdruk. Daar is tradisioneel van Kwanyamameisies vereis om n streng inisiasieproses te volg wanneer hulle oud genoeg was om in die huwelik te tree. Hierdie seremonie is terselfdertyd n puberteitsrite en n groepshuwelikseremonie waarna die meisies baie uitgesien het. Dit sou slegs elke drie tot vier jaar plaasvind wanneer daar genoeg meisies was om daaraan deel te neem. Die seremonies het oor vier dae gestrek en was veronderstel om die meisies voor te berei vir die harde lewe wat op hul gewag het. Voortdurende dans op die maat van dromme wat deur die mans gespeel is, was deel van die seremonie. Daarna moes die meisies n veldskool van agt weke bywoon waartydens hul geforseer is om vir hulself te sorg. As voorbereiding vir die veldskool moes hulle n spesiale hooftooisel skep om hul uithouvermo te toets aangesien hulle dit in die skroeiende son moes maak. Die omhatela-hooftooisel word deur vyf horingagtige punte gekenmerk, waarvan die voorste drie n bul simboliseer, terwyl die twee horings wat aan die agterkant is, die vorm van n koei voorstel. Aan die einde van hulle veldskool is die wit as wat hulle liggame bedek het tydens die inisiasierites by die skool van hulle afgewas en is hul bruidegomme toegelaat om toegang n Kwanyama meisie met die tot hulle te verkry. omhatela-hooftooisel. As n teken dat hulle getroude status bereik het, het die jong vroue voortgegaan om die omhatela-hooftooisel te dra. As dit met verloop van tyd onaansienlik geword het, is dit vervang met n nuwe een of eenvoudig weggeggooi. Indien n weduwee of n geskeide vrou weer getroud is, het sy ook die omhatela gedra wat gekenmerk is deur twee agterhorings wat deur n horisontale staaf verbind is. Sy hoef dan nie meer aan seremonile verpligtinge deelgeneem het nie. Muafangejo het die voorkoms van die vroue beklemtoon omdat hulle groter as die mans voorgestel word en aangesien die dekoratiwiteit van hulle tradisionele klere en juwele die kyker se aandag trek. Kwanyama-vroue het omhatela-hooftooisels gedra, lang rompe van beesvel, korsette van donkerblouglaskrale en ivoorknope wat vasgeheg was aan leerbande wat hul oor hul re gedra het, asook halssnoere en beenringe wat van koper gemaak is. Die dansende vroue word regop en staties uitgebeeld met hul regterarms wat opgelig word terwyl hulle vlieklappe waai, n teken van hulle nuwe belangrikheid in die gemeenskap. Hulle het nie dieselfde ekspressiewe bewegings soos in die voorstelling van die dromspeler gesien kan word nie. Die man lyk ouer as die twee bruidegomme aangesien hy n lang baard het. Hy is gebuig oor die lang, tradisionele drom, wat hy ferm tussen sy bene hou. Muafangejo se uitbeelding van die detail van die dromspeler se hande beklemtoon die aksie wat die man uitvoer terwyl hy op die dromme speel. Die twee bruidegomme lig hul arms met hul hoedens in een hand op in erkenning van hul bruide se uitvoerings. Die dromspeler en een van die bruidegomme dra Kwanyama-messe wat te groot lyk vir hulle houtskedes. Muafangejo het die buitelyne van die figure geskep deur hierdie buitelyne uit te sny en deur die positiewe areas van die figure swart te laat. Die ligter agtergrond vorm n sterk kontras met die figure in silhoeet omdat hy herhalende lyne van verskeie diktes en in verskillende ritmes gebruik het om die pols en beweging van die dans en die natuurlike omgewing van hierdie seremonie te impliseer.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

163 Die figure word in n vereenvoudigde styl, waarvoor Muafangejo bekend is, uitgebeeld. Hy het nie fyner details soos tonale waardes op die figure uitgebeeld nie, maar trek eerder die kyker se aandag na verskillende teksture, soos die hare en ook die versierings op die rompe wat die vroue en mans aanhet. Die figure van die vroue staan met hul re na die kyker toe, maar hul voete word uitgebeeld asof die vroue sywaarts staan, wat n profielaansig van hul gesigte bied. Muafangejo dra die belangrikheid oor wat verbind is aan die inisiasie van die meisies en die daaropvolgende huwelikseremonie in tradisionele Kwanyama-kultuur en hou die herinneringe daarvan lewendig deur die kunswerk. In n wreld waar tradisionele kulture bedreig word omdat mense Westerse tradisies volg as gevolg van hul bekering tot Christenskap, is hierdie werk waardevol as n herinnering aan daardie kultuur. New Archbishop Desmond Tutu enthroned Muafangejo het sy oortuigings en ondervindings van die kerk breedvoering gedokumenteer. Die kerk het n vaderlike rol in sy lewe gespeel omdat die stelsel waarvan dit deel was hom ondersteun het tydens sy ontwikkeling as n kunstenaar, toe hy siek was, toe hy sy werk bevorder het en omdat dit die bron van sy naaste vriende was. Hy het ook sy opvattings oor politieke kwessies uitgebeeld deur die voorstelling van die mense wat kerk bywoon in swart en wit. Die werke wat hy geskep het wat sy ondervindings van kerksake voorstel, is ook dokumentasies van belangrike gebeure. n Linosnee van die onvergeetlike gebeurtenis vir Suid-Afrikaners is New Archbishop Desmond Tutu enthroned. Die werk bestaan uit twee stroke beelde met onderskrifte onderaan elkeen. Die strook aan die bokant van die komposisie is die voorstelling van die Nuwe Aartsbiskop Desmond Tutu. Hy word in n strokiesprentagtige styl uitgebeeld aangesien die vorm van sy kop oordrewe is en sy blink bril beklemtoon word. Muafangejo het die kern van Biskop Tutu se portret in hierdie werk vasgel. Rondom Biskop Tutu se nek hang n ketting met n groot kruis en hy dra n ligte baadjie met n donker hemp onder dit. Hierdie voorstelling van Biskop Tutu dra by tot die beklemtoning van die posisie wat hy aangeneem het. Sy gesigsuitdrukking is ernstig en hy hou die gepunte vinger van sy regterhand na die kruis van Jesus toe om die mense daaraan te herinner dat hulle nie moet vergeet waarom hulle hier is nie. n Wit vol, wat n duif kan wees, vlieg van links af in die komposisie in. Dit simboliseer die Heilige Gees wat in Biskop Tutu ingaan. Die kruis met Jesus is in swart en wit areas uitgebeeld wat openlik gekontrasteer is. Die liggaam van Christus is wit met die swart kruis agter dit in een helfte van die uitbeelding daarvan, terwyl die teenoorgestelde kontrasterende kleure aan die ander

OR

VO

BE
John Muafangejo. New archbishop Desmond Tutu Enthroned. 1986. Linocut.

EL
kant gebruik word. Aan die regterkant, langs die kruis, is twee gevoude hande, een wit en een swart, n simbool van gebed. Volgens Muafangejo het hy die swart en wit areas as kleurkontraste gebruik en nie noodwendig as verwysings na veelrassigheid nie. Indien al sy werke egter bestudeer word, wil dit voorkom of hy swart en wit met opset as n uitbeelding van velkleur in baie van sy ander werke gebruik het. In die strook aan die onderkant word n kerk voorgestel wat vol mense is wat hierdie geleentheid bywoon. Muafangejo het nie oop spasies in die werk gelaat nie. Hy het ook met opset die mense as een swart persoon en een wit persoon uitgebeeld wat eweredig regdeur
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

164 die reghoek versprei is. Die mense word in Muafangejo se kenmerkende vereenvoudigde styl uitgebeeld en meeste van hulle word in profiel gewys. Hulle gesigsuitdrukkings lyk vriendelik en in die ry mense aan die bokant, strek n wit en n swart man hul arms uit om mekaar se hande te vat, en gevolglik omsluit hulle ook drie ander mense. Hierdie gebeurtenis was belangrik vir die kerk, aangesien n nuwe leier aangewys is, maar dit was belangriker vir Suid-Afrika as n land wat vasgevang was in die finale stadiums van die segregasie van rasse wat deur Apartheid veroorsaak is. Dit is n duidelike teken van die integrasie van hierdie kerk in opstand teen die wette van die land. Muafangejo se onderskrif som die toneel en situasie duidelik op: Nuwe Aartsbiskop ingehuldig in St Georges Katedraal in Kaapstad op 7-9-1986 Ons Namibi Ons het gebid en voortgegaan vir ons Nuwe Aartsbiskop Desmond Tu Tutu van Kaapstad Vader hoor ons gebede, Sen hom en hou hom in ons gedagtes, Hoop en wees sterk, Vreedsaam, Goedheid Aartsbiskop in moeilike tyd sal God hom help. 1986 John Muafangejo. Hierdie sening is n bewys van Muafangejo se ondersteuning van die veranderinge wat in Suid-Afrika begin plaasvind het en ook van sy sterk Christelike oortuigings.

Muafangejo het grootgeword in n kultuur waarin stories vertel is en dus het Bybelverhale n groot indruk op hom gemaak. Die onderwerp van Bybelverhale en die stamlewe is twee onderwerpe wat hy verkies het om uit te beeld. In sy voorstelling van Bybelverhale is sekere temas ook sigbaar. Die stryd tussen goed en kwaad en die tema van heiligheid is twee temas wat gereeld in sy werke aangespreek word. Soos hy ges het, wou hy n boodskap oordra wat n les vir die kyker sou h en dit is duidelik te sien in sy keuses van Bybelverhale. Muafangejo sou ook die storie wat hy voorgestel het meer relevant gemaak het deur sekere kontemporre aspekte as deel van die storie te gebruik of om die karakters as Swart mense uit te beeld en om simbole te gebruik wat van die tradisionele Kwanyama-kultuur afgelei is. Deur aan hierdie stories wat hy gebruik het n persoonlike interpretasie te gee, het die beelde wat hy geskep het voorstellings geword van sy persoonlike lewe en godsdiens. In die narratiewe werk, Judas Iscariot betrayed our Lord Jesus for R3.00, trek sy titel reeds aandag aangesien hy die Suid-Afrikaanse geldeenheid daarin gebruik het. In die Bybel staan daar dat Judas Jesus vir 30 stukke silwer verraai het. Toe Muafangejo die werk gemaak het, was R3.00 meer werd as wat dit nou is, maar dit was nie werklik baie geld nie. Deur dit impliseer hy dat Judas enigiets vir enige bedrag sou doen. Hy plaas ook die toneel binne die huidige ondervinding van kykers in Suid-Afrika.

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL
John Muafangejo. Judas Iscariot betrayed our Lord Jesus for R3.00. 1973. Linocut.

In die komposisie van die linosnee beeld hy die storie van regs na links uit. In die blok aan die regterkant het hy die toneel uitgebeeld waar Judas vir Jesus in n dramatiese omhelsing soen. Judas word ekspressief in n posisie uitgebeeld wat lyk soos n slang wat om Jesus draai. Die patroon op Judas se lang rok is sterk, wit strepe wat aandag trek en wat soos die skubbe van n slang lyk. Dit kan die idee simboliseer dat Judas op daardie stadium deur die duiwel besete was, wat een van die interpretasies is waarom hy Jesus verraai het. Jesus word staande en in n vooraansig uitgebeeld. Sy gesigsuitdrukking is neutraal en sy regterarm is opgelig asof hy op die punt is om Judas te omhels. Agter sy kop is n vierkantige vorm met n duidelike wit kruis binne-in dit wat Jesus se heiligheid uitbeeld. Jesus se uitrusting bevat fyn lyne as n dekoratiewe patroon en vorm n duidelike kontras met Judas se rok wat helder patrone daarop het. Jesus se voete word in n vooraansig uitgebeeld, iets wat Muafangejo baie

Judas Iscariot betrayed our Lord Jesus for R3.00

165 min in sy werke gebruik het. Die effek wat verkry word deur die voorstelling van die voete is dat Jesus lyk of Hy nie aan die grond raak nie, maar dat hy sweef. Dit kan ook n simbool van Sy heiligheid wees. Aan die regterkant staan twee mans met lang, vloeiende hare en baarde en kyk na die toneel. Die mans is dalk voorstellings van Jesus se dissipels wat op daardie tydstip saam met hom was, maar hulle is gewapen met swaarde wat aan hul middels vasgemaak is en die een het n knopkierie en n uitgestrekte swaard, terwyl die ander een n byl in sy hand het. Gevolglik lyk dit of hulle soldate is wat op pad is om Jesus te arresteer. Die beskrywing van hierdie toneel is bo-aan die werk en dit s: Judas het vooruit gegaan en het nader aan Jesus beweeg om hom te soen maar Jesus het vir hom ges Judas, verraai jy die seun van die mens met n soen? Hierdie toneel word met n swart lyn van die volgende toneel geskei. Aan die linkerkant beeld Muafangejo die skokkende toneel van Judas se selfmoord uit waar hy homself gehang het uit na hy die erns van sy daad besef het. Muafangejo beeld die boom met groot, vereenvoudigde blare uit wat lyk of hulle in die vorm van messe of swaarde is. Die kunstenaar het ook die drie enkel eenrandnote uitgebeeld wat nutteloos op die grond gestrooi is. Die herhalende lyne, fyn lyne vir die grond en dikker lyne vir die lug, skep n ligter agtergrond vir die figure wat die hangende Judas en die boom in silhoeet uitbeeld. Muafangejo se onderskrif is dramaties en informatief en dit dra die moraal van hierdie storie oor: Judas Iskariot het onse Here Jesus vir R3.00 verraai sonder om homself af te vra wat hy met hierdie geld sou koop. Na dit het hy homself gehang en geval en gebars. Julle mense, wees versigtig vir geld, omdat dit die wortel van alle kwaad is.

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Bespreek die metodes wat Muafangejo gebruik het om die kyker se aandag te trek na kwessies van identiteit, tradisionele gebruike en die veranderinge wat plaasgevind het soos uitgebeeld in die drie linosnee wat hieronder gellustreer word. Oorweeg die volgende aspekte: Keuse van beelde beskryf wat hy uitgebeeld het Gebruik van teks en titels Komposisie

VO

OR
John Muafangejo. The Ancient People. 1973. Linosnee.

Identifiseer en maak n lys van al die voorwerpe en kwessies wat geassosieer word met die tradisionele Kwanyama-lewe in hierdie linosnee deur John Mufangejo. Bespreek die boodskap van hierdie kunswerk met verwysing na die lys wat jy gemaak het. Ondersteun jou interpretasie deur stellings te maak wat dit verduidelik.

BE
John Muafangejo. Men are working in town. They are working in mine. 1981. Linosnee. John Muafangejo. He is killing the ox to collect the corn. 1987. Linosnee. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

4.2

John Muafangejo. Muafangejos kraal. 1979. Linosnee.

EL

166

John Muafangejo en die Duitse Ekspressionis, Karl Schmidt-Rottluff, het albei afdrukmaaktegnieke gebruik om hul persoonlike gevoelens oor te dra. Analiseer en vergelyk die twee gellustreerde werke deur na die volgende te verwys: Gebruik van formele kunselemente Komposisie Styl en tegniek Verskille en ooreenkomste tussen die kunswerke Interpretasie van die onderwerpe en die gevoelens wat hulle oordra

John Muafangejo. Disadvantage for fighting men. 1974. Linosnee.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Jackson Hlungwani se biografiese inligting is n belangrike deel van sy kunswerke. Dit verduidelik die godsdienstige agtergrond waaruit hy kom en verskaf die nodige inligting om sy werke te verstaan. Die agtergrondinligting oor hom is dus meer uitgebrei in vergelyking met die ander kunstenaars wat bespreek word. Daar is verskeie weergawes van Hlungwani se lewensverhaal, maar hierdie weergawe is n opsomming van die basiese inligting wat beskikbaar is. Jackson Hlungwani is in n Tsonga-familie in die Noordelike Provinsie in 1923, n week na sy oupa se dood, gebore. As n pasgebore baba het Hlungwani geweier om geborsvoed te word. Op daardie tydstip was dit n definitiewe teken dat sy ma ontrou aan sy pa was. Om haar naam in ere te herstel, het Hlungwani se ma n tradisionele geneser gaan sien wat bevind het dat sy nie skuldig aan egbreuk was nie en dat die kind geweier het om geborsvoed te word omdat sy oupa deur die baba hergebore is. Op hierdie stadium het Hlungwani sy eerste naam ontvang, Bandi Pavalala, vito ra swikembu, sy oupa se naam en n heilige naam volgens die Tsonga-tradisie. Voor ek gebore is, onthou ek dat my oupa aan my verskyn het om my in te lig dat ek n profeet uit die hemel was wat gestuur is om met ons mense te werk, het Hlungwani bevestig. Hy het sy hele lewe daaraan gewy om hierdie opdrag vanaf God te eer. Hlungwani het op dieselfde manier as ander Tsonga-seuns grootgeword en dit was uiters bruiksaam toe hy later godsdienstige idees begin formuleer het en kunswerke begin maak het. As n oppasser vir sy pa se beeste, was hy in die perfekte omgewing en het hy genoeg tyd gehad om die riviere, die bewegings van visse, plante, diere, die klimaat en die heelal te bestudeer. Sy pa het hom ook geleer hoe om gebruiksvoorwerpe uit hout en metaal te maak.

OR

BE

Jackson Mbhazima Hlungwani (1923-2010)

EL

D
Karl Schmidt-Rottluff. A Conversation from the dead. 1914. Houtsnee.

167 Na hy sy inisiasie voltooi het en besny is, het hy homself die naam gegee wat hom as n volwasse jong man onderskei het. Jackson is n Westerse naam wat hy vir homself gegee het as gevolg van praktiese redes vir sy identiteitsdokument en dit het geen simboliese betekenis nie. Soos ander jong mans vanaf landelike gebiede is hy ook stad toe gestuur om werk te kry toe hy mondig geword het. Hy het verskeie poste gehad. Hy is afgedank en het by die huis herstel na hy een van sy vingers in n werkverwante ongeluk verloor het. Hy het met n vrou van sy dorpie getrou en het 12 kinders gehad van wie sewe oorleef het. Op hierdie stadium het hy by die Afrika Sionistiese Kerk aangesluit n kerk wat die Christelike leerstellings volg, maar wat gekombineer word met tradisionele waardes en gebruike, soos om die voorouers te eer. Hy is in 1946 as n predikant ingesen, maar hy het kort daarna die kerk verlaat om sy eie sekte te begin, Yesu Geleliya One Apostol in Sayoni, Alt and Omega, in Mbhokota, sy geboorteplek. Die leerstellings van Hlungwani se kerk het bestaan uit n kombinasie van tradisionele Tsonga-Shangaan godsdienstige elemente wat deel was van die Pinkster-aspekte wat Hlungwani in die Afrika Sionistiese Kerk ervaar het.

Op n heuwel, wat n antieke gebied was waar Venda-sprekende mense meer as n duisend jaar gelede n nedersetting gehad het, het Hlungwani en sy familie begin om die area te verbeter deur n doolhof van dro gepakte steenmure, wat aan Groot Zimbabwe herinner, te skep. Hy het hierdie kerk Die Nuwe Jerusalem genoem. Hierdie plek is beskou as n pelgrimsroete wat deel is van die idee dat die sterflike lewe deel van n reis is. Hlungwani se houding het selfs meer verander toe hy betrokke geraak het in n konflik met die duiwel wat hom tot op die rand van selfmoord gedryf het voor Jesus hom gered het. Ek het Satan met my eie o gesien en hy het pyle deur my been geskiet. Ek het dit reggekry om een van hierdie pyle af te skud, maar die ander een het in my vlees agtergebly. Dit het heeltemal in my liggaam in verdwyn en het in n slang verander. Die volgende oggend het ek n etterende abses op een van my bene gesien. Die ander been was opgeswel en droog, maar dit het gejeuk. Uiteindelik het hierdie abses gebars en dit het n groot wond geword en al hoe erger geraak. Ek het verskriklik sleg geruik. Die lewe ruik soet, maar ek het die reuk van die dood geruik, soos die blomme en vrugte van die muhatambaboom wat sleg ruik. Ek het beplan om selfmoord te pleeg omdat ek dit nie meer kon verduur nie. Ek het besluit om te wag vir sonsopkoms die volgende dag voor ek my plan sou uitvoer. Die nag het aangebreek en ek het gel en dink aan die komende dag en wat ek besluit het om te doen, toe Jesus skielik verskyn het. Daar was in werklikheid drie mense. Hulle het vanaf die noordelike horison gekom, van die Kalanga-land. Ek het op my rug gel en opgekyk na hulle met my kop op dieselfde hoogte as hulle voete soos hulle stadig nadergekom het; en toe het hulle my bereik.

VO

OR

BE
Jackson Hlungwani. Gods leg with eggs. 1984. Hout. In hierdie beeldhouwerk kom dit voor of Hlungwani se verwysing na eiers die geheimsinnige bron van die lewe is asook die kwessie van pyn aanspreek soos hy dit ervaar het weens die sere op sy eie bene en omdat hy dus die moontlikheid van die dood in die gesig gestaar het. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Jesus het aan die een kant gestaan en Sy metgeselle het my onder my arms geneem en my laat regop sit. Jesus het Sy regterarm uitgestrek en my hand geneem. Terwyl Hy gepraat het, het Hy Sy woorde beklemtoon deur met Sy linkerhand na my te wys. nommer een, het Hy ges.

EL

Jackson Hlungwani

168 Jy sien, vandag is jy genees, jy sal nie sterf nie. Toe, nommer twee: Jy sal God jou hele lewe dien. Nommer drie, het Hy ges, Jy sal God Self sien. Kyk daar. Hy het in die rigting gewys vanwaar hulle gekom het. Ek het nie God se hele figuur gesien nie. Ek het slegs sy bene gesien, van die knie ondertoe. Ek het gekyk hoe die bene verbyloop, in die rigting van KwaZulu-Natal. Die ander twee mans het opgehou om my aan albei kante vas te hou. Hulle het begin om weg te beweeg en hulle het finaal oor die horison verdwyn. Toe hulle weg is, het ek in n sittende posisie op die vloer gebly. Ek was helder wakker. Ek het al hierdie gebeure met my eie o gesien. Ek het vaak geword en het vir n ruk geslaap. Ewe skielik het ek wakker geword en so hoog soos die dak van die hut gespring. Toe ek terugval, het ek regop op my twee bene gestaan. Hierdie ekstatiese godsdienstige en genesende ondervinding het Hlungwani met ontsettend baie energie gevul wat hy in sy daaglikse lewe uitgeoefen het deur sy kerk te ontwikkel, te preek en te genees. Vanaf 1979 tot 1980, na die lewensveranderende ervaring met sy bene, het Hlungwani begin om figuratiewe beeldhouwerke op n gereelde basis te skep. Die proses waardeur hy gegaan het, kan vergelyk word met die roeping wat ondervind word deur igquirra of sangomas. Dit vind gewoonlik plaas as n aanhoudende siekte wat as n boodskap dien om gereed te wees vir n veranderende ondervinding. Na hierdie ervaring het Hlungwani van sy Rastalokke afgesny en het hy begin om homself Xidonkani te noem. Dit beteken klein donkie, en impliseer sy nederige status in diens van God. Tesame met sy rol as preker en geneser, het Hlungwani aanhoudend beeldhouwerke geskep wat gedien het as altaarstukke en as verduidelikings vir die teologie in sy kerk vir sy godsdiensige volgelinge. Hy het godsdienstige aanbidding vertaal in n ondervinding van kuns in meeste van sy werke, soos deur die voorstelling van figure, stoele, kruise, stapstokke en ingewikkelde bakke.

VO
Jackson Hlungwani. Son of Adam. 1990. Hout. Jackson Hlungwani. Crucifix (II). 1972. Hout, woltoue. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

169 Algemene kenmerke van Hlungwani se kunswerke Onderwerpe Hlungwani se keuse van onderwerpe is deur sy spirituele oortuigings genspireer. Die werke wat hy geskep het, is tydens sy preke gebruik en is aangewend om die idees wat aan spiritualiteit verwant is te verduidelik. Hy het sy beeldhouwerke beskryf as die kommunikasie van Christus en ook van die voorouers wat deur Hlungwani plaasgevind het. Sy weergawe van Christenskap was nie n konvensionele interpretasie nie. Die filosofie wat sy spiritualiteit se grondslag gevorm het, was gebaseer op sy akkurate kennis van die Bybel en die aanbidding van God en Christus in kombinasie met die rol van die voorouers in die lewens van die mense. Laasgenoemde is n belangrike deel van tradisionele Afrika-oortuigings. Die idee van beeldhouwerk as deel van die opelugkerk was nie n gebruik van die Afrika Sionistiese Kerk nie, hoewel baie kerke hul dienste in die buitelug hou. Hlungwani se insluiting van beeldhouwerke kan verwant wees aan die gebruik om beeldhouwerke aan te wend as deel van die Tsonga se manlike inisiasieseremonies waartydens beeldhouwerke n didaktiese doel verrig. Baie van sy vroe werke was deel van die opelugkerk wat hy naby sy huis geskep het en was nie gemaak om as kunswerke in galerye uit te stal nie. In sy verduidelikings oor sy werke word die algemene teenstand van tweetallige simptome aanhoudend gebruik en dit vorm dus n belangrike deel van die onderwerpe van sy werke. Teenoorgesteldes soos goed/ kwaad, manlik/vroulik, op/af, swart/wit, Christus/ Satan, Kan/Abel, nuwe wreld/ou wreld is deel van sy interpretasie van die wreld en spiritualiteit. Die mensevorms wat hy voorgestel het, is Bybelse figure, selfportrette en kombinasies van menslike en dierefigure wat verteenwoordigings is van tradisionele figure soos tokoloshes of bose geeste. Hy het ook diere soos visse, hoenders, honde en bokke voorgestel. Ander simboliese vorms wat hy geskep het, is kruise, trone, rituele houers en simboliese liggaamsdele, soos hande en bene.

VO

OR

BE
Jackson Hlungwani. Detail of Cain. 1970-1980. Hout. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

D
Rosheim beeldhouwerk in die Romaanse styl. Twee mans hou mekaar aan hulle baarde vas. 1300s. Die vereenvoudiging van gelaatstrekke in hierdie beeldhouwerk kom ooreen met Hlungwani se styl, wat hieronder in Kain se gesig uitgedruk word.

Shangaan marionet wat stories vertel /waarsery marionet. 1970s. Hout.

170 Styl en werkmetode Hlungwani het die ekspressiewe kwaliteite van hout ten volle gebruik. Hy was genteresseerd in die groot vorm van die hele beeldhouwerk asook die insluiting van fyner detail waar nodig. Hy het die natuurlike vorm en vlam van hout in baie van sy werke gebruik. Sy uitkerftegnieke toon dat hy selfvertroue gehad het en presies was in die uitvoering van sy bedoelings. In sy voorstelling van mense se gesigte het hy die kenmerke tot vergrote vorms vereenvoudig. Die styl is soortgelyk aan gesigskenmerke wat in ouer vorms van Tsongaanse- en Shangaanse beeldhouagtige werke gesien word wat voorgestel word in stawwe, bakke en Shangaanstorievertelmarionette. Die gesigte is duidelik afgebeeld om die vorms van o, neuse, monde, wange, kenne en ore voor te stel. Die afbeelding is geskep deur linire insnydings in die hout te maak. Die individuele vorms van die gesigskenmerke is anders tussen die verskillende beeldhouwerke en dra iets oor van die persoonlikheid en simbolisme van die figuur wat voorgestel word. Hierdie kenmerke kan ook vergelyk word met beeldhouwerke in die Romaanse styl in Europa. Hlungwani het nie die realistiese proporsies van die mense of diere gebruik wat hy voorgestel het nie. Die skep van n figuur was verwant aan die vorm en grootte van die stuk hout wat beskikbaar was, asook aan die karakter van die figuur wat hy wou uitbeeld. Die ekspressiewe kwaliteite van sy werke, in kombinasie met sy lewendige beskrywings van die simbolisme van die betekenis van sy werke, is die definieerde kenmerke wat wit galery-eienaars aangetrek het om sy werke as kuns te koop en uit te stal. Dit het gelei tot die verwydering van die beelde van die beoogde omgewing binne die opelug kerk bygewoon deur die plaaslike gemeenskap. Deur die verandering van die konteks van hierdie werk sy funksie verander en die betekenis daarvan is versteur. Hlungwani het hout van inheemse bome gebruik wat as gevolg van ouderdom of storms omgeval het. Sommige van sy gereedskap is tuisgemaak van afvalmateriale en hy het gebruik gemaak van tradisionele dissels van verskillende groottes. Hlungwani het nie op n bankie gewerk nie, maar hy het op die grond gesit met die beeldhouwerk tussen sy bene en hy het die dissel met een hand beheer. Hierdie metode het bygedra tot die growwe energie van sy beeldhouwerke. Die kerfproses is beskryf as om af te skil, n proses om die vorm te ontbloot. Hy het nie die stukkies hout van die oppervlak af forseer nie, maar het dit gevorm deur n ritmiese en konstante proses te gebruik om te kap op die figure wat deur die dissel gevorm is.

VO
Voorbeelde van Hlungwani se werke
Jackson Hlungwani. Altar of God. 1970-1980.

Die altare Jackson Hlungwani se werke is vir die kerk, New Jerusalem, geskep, wat hy en sy seuns by Mbhokota opgerig het. Hierdie kerk is op n antieke ligging gebou. Hlungwani se keuse om n kerk op n antieke terrein te skep is toepaslik vanwe die magtige voorouerteenwoordigheid by die plek. Hy is ook genspireer deur fotos en prente van ander antieke murasies en ronde geboue wat hy in n plakboek versamel het. New Jerusalem was op n skerp heuwel wat oor Mbhokota uitgekyk het, gele. Om die belangrike deel van die kerk te bereik, die kapel met twee altare, moes n mens n hele ent loop en verby verskeie vertrekke
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

171 stap wat genesingsvertrekke ingesluit het, n spasie wat Christus se kantoor genoem is waarin n mens kon kyk, die Hlungwani-familie se woonplek en n doolhof. Die proses om in hierdie kerk in te stap, word beskryf as n soort pelgrimstog deur diegene wat dit ondervind het. Dit word beskryf as n proses om die alledaagse lewe agter te laat en om geleidelik in n spasie in te gaan waarin n mens n gevoel van spiritualiteit ervaar het wat verwant was aan die teenwoordigheid van voorouers. Hulle teenwoordigheid is verteenwoordig deur die rangskikking van antieke klippe en die magtige verwysings na Hlungwani se Christelike oortuigings wat deur die beeldhouwerke beliggaam word. Die twee altare word Altar of God en Altar of Christ genoem. Die Altar of God is deur vroue gebruik en Hlungwani se vrou het toesig daaroor gehou. Die Altar of Christ is vir die gebruik van die mans gereserveer. Elke altaar is gele in n ronde area wat met klippe gemerk is. Elkeen het n versameling van verskeie beeldhouwerke gehad wat deur Hlungwani daar geplaas is. Die plasing van die beeldhouwerke kon verander word en is nie as n vaste rangskikking beskou nie. Albei Jackson Hlungwani. Altar of God soos dit op die oomblik uitgestal word in die Wits-Kunsmuseum. hierdie altare is in 1989 deur Hlungwani verkoop. Op daardie stadium het hy geglo dat die installasie van hierdie werke in die omgewing van n kunsgalery meer mense sou bereik. Die oorpronklike rangskikking van die beeldhouwerke is egter verander en die effek van die steriele omgewings van galerye en die rangskikking van die beeldhouwerke, klippe en ander gekombineerde beeldhouagtige voorwerpe is nie noodwendig positief nie of wat Hlungwani in gedagte gehad het nie. Altar of God Die langste element in hierdie altaar is die Aerial of God. Dit bestaan uit n telefoonpaal wat silwer geverf is en het ses horisontale stawe wat op verskillende hoogtes daaraan vasgemaak is. In die oorspronklike ligging in Mbhokota het dit die teenwoordigheid van die son aangekondig wat op die geweldige lugdraad weerkaats het. n Ovaaldraad is aan die mees prominente horisontale staaf vasgeheg en daar is n verskeidenheid aanhegsels soos n klein houtkruis, die hoofligte van n motor en ander klein beeldhouwerke soos n klein figuur van Abel, die vader van die wit mense. Deur n moderne voorwerp soos n lugdraad in te sluit, plaas Hlungwani die idee van kommunikasie met God binne n 20ste eeuse begrip van kommunikasie, en stel hy voor dat God bereik kan word deur in te skakel op spesifieke frekwensies. Die twee grootste figure in die altaar is die van Christus en Kan. Die figuur van Christus het n ploegskare as n stralekrans en een uitgeholde oog wat die hele toneel oorheers en wat beskou word as die middel van die altaar en dus van die heelal. Sy liggaam lyk of dit bedek is met vloeiende kledingstukke wat ook opgerolde vlerke suggereer. Die figuur kom sterk en stabiel voor wat verwys na die belangrikheid wat Hlungwani vir Christus, wat hom van selfmoord gered het, gehad het. Naby Christus is die figuur van Kan wat n skild vashou en die rol van n Afrika-kryger aanneem. Hy is in direkte kontras met die klein figuur van Abel, wat aan die lugdraad vasgemaak is. Die uitbeelding van Kan en Abel is belangrik vir Hlungwani omdat Kan die oorspronklike voorvader van Swart mense is en Abel die oorspronklike voorvader van wit mense is.

VO

OR

BE

EL

Jackson Hlungwani. Christ, part of Altar of God. 19701980. Hout en ploeg.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

172 Deur hierdie aspek word die uitwerking van rassehaat in Suid-Afrika uitgebeeld as deel van godsdienstige gebruik. Kan se vorm is geskep uit die oorspronklike boomstomp waaruit hy gemaak is. Die stam het die vorm van die bolyf verleen en twee takke het die bene voorgestel. Hy is uitgekerf met n rok aan en n sak wat van sy skouer hang en dit is soortgelyk aan die tradisionele drag van Tsonga-Shangaan mans. Sandale is op sy groot voete uitgekerf. Daar is ooreenkomste tussen Kan en die Shangaan-krygsfigure wat in Altar of Christ ingesluit is. Dit is simbolies van die onrus wat n konstante teenwoordigheid is waar mans aanhoudend baklei. Dit kan ook beskou word as simbole van die mag van voorouers in die tradisionele Tsonga-Shangaan kultuur. Die aartsengel Gabril is in hierdie altaar asook in die Altar of Christ teenwoordig, maar hy word verskillend uitgebeeld. In Altar of God word hy voorgestel as n magtige en konfronterende figuur sonder vlerke. Hierdie figuur word gesien in teenstelling met die vreedsame, stabiele figuur van Christus, wat ook uitgebeeld word terwyl Hy sokker speel in n ander beeldhouwerk wat deel is van Altar of Christ. Die insluiting van visse in albei altare verwys na Hlungwani se persoonlike interpretasie van visse as simbole van vrede en as figure wat nie geweld uitbeeld nie. Die lang, kanoagtige vorm van Cains aeroplane gee Kan die krag om te vlieg wat hom toegang tot spirituele wesens sou gee. Dit is nog n skakel met die moderne lewe. Relifpanele is ook n deel van die altaar as kaarte wat die huise van God en Christus voorstel. Altar of Christ Die Altar of Christ het uit minder beeldhouwerke in die oorspronklike ligging bestaan. Die visse in hierdie altaar stel Jona se vis voor. Christ playing football is deel van die installasie en daar is beeldhouwerke wat God en die aartsengel Gabril voorstel. Die algehele gebied van Altar of Christ is deur n boog oorheers wat deur n groot tak geskep is. Dit het die pad van die son voorgestel het. n Metaalkruis is in die middel van hierdie boog geplaas.

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Jackson Hlungwani. Altar of Christ. 1970-1980. Gemengde media. Jackson Hlungwani. Archangel Gabriel Part of Altar for God.1970-1980. Hout. Jackson Hlungwani. The First Gabriel. Hout.

Jackson Hlungwani. Christ playing football. 1983. Hout.

EL

D
Jackson Hlungwani. Cain, part of Altar of God. Hout.

173 Leaping fish Hlungwani het 22 visstandbeelde in sy loopbaan gemaak en dit is dus n prominente kenmerk van sy versameling kunswerke. Die beeld van die vis is n erkende Christelike simbool aangesien dit verteenwoordig word deur die Griekse woord Ichtus, wat in Engels n akroniem is vir Jesus Christ, Gods Son, Saviour (Jesus Christus, God se Seun, Redder). Regdeur die wreld is daar ander interpretasies van visse wat aspekte aandui soos vrugbaarheid, vryheid, aanpasbaarheid, transformasie of verandering. Christus word ook as die visser van mense beskryf, wat hul tot n lewe van Christenskap bekeer. Dit is ook belangrik dat die vistotem geassosieer word met stamme in sekere dele van Limpopo. Daar is ook Tsongaspreekwoorde wat visse insluit. Die simbool van die vis is dus ingewikkeld. In terme van Christenskap kan dit ook verwant wees aan die proses om gedoop te word deur onderdompeling of wegsinking in water, soos gedoen word deur kerke, soos die Afrika Sionisitiese Kerk. Hierdie is n rituele reinigingsproses waardeur die persoon simbolies tot n nuwe lewe hergebore word. Die belangrikheid van die vis is uniek deur Hlungwani genterpreteer as voorstellings van vrede en kalmte. Hy het hierdie kwaliteite as n voorbeeld beskou waarna mense moet streef. Een van Hlungwani se opmerkings oor visbeeldhouwerke is verwant aan sy interpretasie van die tyd van oorgang in Suid-Afrika en die manier waarop mense dit moet hanteer: In die nuwe land moet ons leer om soos visse te swem. In Leaping fish kan n mens baie van die kenmerke van Hlungwani se ander visstandbeelde sien. In hierdie beeldhouwerk het hy in n ekspressiewe styl gewerk deur die vloeibare, natuurlike vorm van die hout te beklemtoon. Die natuurlike vorm van die hout is gebruik om die kurwende vorm van die springende vis te skep, terwyl die vlam van die hout bydra tot die visuele effek van vloeibaarheid wat met visse geassosieer word. Die titel van hierdie beeldhouwerk ontlok die energie wat dit uitstraal. Die vis word uitgebeeld soos dit deur die water gly. Dit het n duidelik gevurkte stert wat bydra tot die gevoel van beweging. Die vinne aan die kante van die vis is reghoekig en die tekstuur daarvan word aangedui met lyne wat diep ingekerf is. Die vinne op die vis se rug en aan die onderkant van die lyf kom gladder voor en is naby aan die lyf gekerf. Die vis se gesig het n menslike gevoel aangesien die eenvoudige lyn wat die vis se mond aandui dit laat lyk of dit glimlag en die twee ronde holtes wat die o aandui, laat dit lyk of hulle opwaarts kyk. Die oppervlak van hierdie vis is met sand afgeskuur om dit n egalige tekstuur te gee. Skubbe word op n vereenvoudigde manier voorgestel as klein merke wat eweredig oor die liggaam van die vis

Jackson Hlungwani. Fish. 1988. Hout.

BE

VO

OR

EL

Jackson Hlungwani. Jonahs fish from the Altar of Christ. 1983. Hout.

Jackson Hlungwani. Tiger fish III. 1987. Hout.

Jackson Hlungwani. Leaping Fish. 1980s. Hout.

versprei is. Tiger fish III is een van Hlungwani se yslike visbeeldhouwerke en die oorspronklike vorm van die hout is skaars verander. Daar is merke op die hout wat wys dat Hlungwani daaraan gewerk het, maar hierdie stuk hout wat 3.5 m lank is, het nie baie realistiese detail nie. Die stert en vinne is die enigste realistiese vorms op die hout. Die kurwe van die hout herinner n mens aan n vis wat duik. Die feit dat hy hierdie stuk hout gekies het, wysig die beeldhouwerk en het aan die werk sy titel verskaf as deel van Hlungwani se skerp oog vir die ekspressiewe waarde van vorms.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

174 Large crucifix and star Hierdie beeldhouwerk is n wisselwerking van baie van die simbole wat Hlungwani in ander beeldhouwerke gebruik het. Die algehele yslike vorm van die kruis is uit een boomstomp geskep. Die vorm van die boomstomp is steeds duidelik sigbaar en is dus nog deel van die algemene indruk wat deur die beeldhouwerk geskep word. Die effek is dat n boom besig is om in n kruis te verander, wat die idee oordra dat dit n integrale deel van die natuur is. Baie van Hlungwani se beeldhouwerke is effense wysigings van die natuurlike vorms van die stukke hout wat aan sy werke n natuurlike indruk gee. Dit stimuleer die kyker se verbeelding sodat die figuratiewe vorm van wat voorgestel word en die natuurlike vorms en teksture verenig word om die werk te interpreteer. Hoewel die vorm van die boomstomp duidelik sigbaar is, het Hlungwani die oppervlak van hierdie stuk hout heeltemal verander. Christus se figuur is sentraal, Hy staan regop met Sy arms oopgesprei. Die kruisboog van die kruis is nie horisontaal soos die kruis tradisioneel uitgebeeld word nie, maar volg twee takke wat reguit uit die sentrale stomp groei. Hierdie postuur kan verwys na die ondervinding van vreugde, om n mens se arms in die lug in te strek, of dit kan Christus se oomblik van alleenheid en marteling uitbeeld wat gesimboliseer word deur Sy onvermo om Sy arms weg te beweeg van waar hulle aan die kruis vasgespyker is. Onder Christus se voete is n podium wat deur n aparte stuk hout geskep is. Die podium transformeer in wat soos die wortels van die boom voorkom. Dit skep die simboliese indruk van die heuwel van Golgota en dit word bo die aarde gehang aangesien die beeldhouwerk nie op die vloer staan nie. Vanaf een van Christus se arms word daar n driedimensionele houtvorm gehang wat n ster voorstel. Dit verteenwoordig n vol of n soort vliende gedierte. Dit bestaan uit n plat Jackson Hlungwani. Large Crucifix and star. 1990-1992. Hout, potlood en houtskool. vorm wat twee segmente het. Die boonste deel stel die visvorms voor wat Hlungwani voorheen geskep het en die onderste deel stel is n reeks herhalende ronde vorms wat die eiers voorstel wat hy in baie van sy werke ingesluit het. Nader aan die voorkant van hierdie beeld skep vierpuntige vorms die idee van n ster wat skyn. Die verskillende kleure van die verskeie dele van die ster skep die indruk dat dit van verskillende soorte hout gemaak is. Hlungwani het die figuur van Christus as sterk en solied uitgebeeld, soos in sy ander voorstellings van Hom. Christus het n enorme gesig wat bestaan uit vergrote yslike o wat lyk of hul streng afwaarts staar. Tussen die wenkbroue stel n diep keep die simbool van die kruis voor. Die vorms van die o is deur inkepe geskep wat die buitelyne van die wenkbroue, ooglede, irisse en pupille voorstel. Die voorstelling van die irisse van Christus se o is ongewoon omdat Hlungwani sterk herhalende lyne gebruik het wat straal uit die opgeligte, donker vorm van die pupil. Die neus en wange is in proporsie met die o. Die vorm van die gesig raak dunner in die rigting van die mond, ken en lang, vertikale baard. Die vorm van

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

175 die mond word deur n dun, reguit lyn aangedui wat bydra tot die figuur se ernstige voorkoms. Aan albei kante van die gesig is twee vergrote yslike ore wat uit ronde relifvorms geskep is. Die bolyf en bene is klein in vergelyking met die kop, maar skep steeds die indruk van soliedheid aangesien dit bestaan uit geronde dele wat die verskillende segmente aandui. Christus se arms en hande kom direk uit die kante van Sy kop uit, langs die ore. Hlungwani het meer simboliese vorms om die arms ingesluit. Aan die een kant is n vis, die simbool van vrede en rustigheid en aan die ander kant is n vorm wat lyk of dit n versierde plat tablet is waarop n kruis met twee kruishare is, wat die Christelike simbool van die patriargale kruis is. Daar is nog simboliese vorms op die wortels wat uitstraal vanaf die podium waarop die kruis staan. Herhalende eiervorms is sigbaar op die een tak. Die simbolisme kan weer verwys na die idee om ander mense met sorg te hanteer, asof hul breekbaar is. Dit kan ook n metaforiese verwysing wees na die sere wat Hlungwani op sy bene gehad het wat ook weerspiel word deur die eiervorms in ander werke soos Gods leg with eggs.

VO

OR
Jackson Hlungwani. God and Christ.1990. Gesnede en gevlekte hout.

In die twee gellustreerde beeldhouwerke het Hlungwani figure verenig wat godsdienstige en spirituele belang het. Bespreek die twee werke deur na die volgende te verwys: Medium en tegniek Styl van beeldhoukundige voorstelling Simboliese aspekte Moontlike redes om die figure in elkeen van die werke te vermeng.

BE

In die gellustreerde selfportret deur Jackson Hlungwani het hy homself ook in n drom verander, wat n belangrike gebruiksvoowerp is. Beskryf en analiseer die beeldhouwerk deur na die volgende te verwys: Medium en tegniek Styl van beeldhoukundige voorstelling Simboliese aspekte Die moontlike spirituele belangrikheid van hierdie werk ten opsigte van Hlungwani se interpretasie van godsdiens?

EL

4.3

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Jackson Hlungwani. Adam and the birth of Eve. 1989. Ntoma-hout. (Verwys na Hoofstuk 3 in Graad 10-teksboek.) VISUELE KUNSTE GRAAD 12

D
Jackson Hlungwani. Selfportret. Hout, diervel.

176

Noria Mabasa (1938-)


Noria Muelewa (wat om te onthou beteken) Luvhimbi is op 10 Mei mense wat ges het dat 1938 in Tshigalo Village in Limpopo gebore, wat toe as die noorde my voorouers my sou straf van die Transvaal bekend gestaan het. Sy was die derde kind en het twee ouer susters en n jonger broer gehad. omdat ek teen tradisie As n jong kind het Mabasa reeds gegaan het. Ek was nie geslagstereotipes oortree. Aangesien bekommerd nie omdat my sy in n familie gebore is wat min seuns voorouers my geleer het gehad het, was een van haar pligte om hoe om te kerf. na die familie se diere om te sien n werk wat gewoonlik aan die seuns oorgelaat is. Volgense mense wat kommentaar op haar werk gelewer het, is geslagstereotipes n patroon wat sy deur haar lewe herhaal het. Noria Mabasa se pa was n ryk man, nie in finansile terme nie, maar ten opsigte van diere en oeste. Hy was baie ouer as Mabasa se ma en het 18 vrouens gehad, waarvan elkeen tussen drie en vier kinders gehad het. Die kinders sou groepe van ongeveer 10 elk vorm om saam te eet. Mabasa s dat hul geforseer was om vinnig te eet om seker te maak dat hulle kos gekry het voor die ander kinders dit van hul weggeneem het. Toe sy 14 jaar oud was, het sy in Johannesburg gaan woon saam met een van haar broers wie se vrou blind geword het nadat sy geboorte geskenk het. Noria Mabasa het vir die kind gesorg en het gehelp om na die huishouding om te sien. N n ruk het haar broer se vrou herstel en het Mabasa saam met n broerskind in Alexandra in Johannesburg gaan woon. Gedurende hierdie tyd het sy begin om ontstellende drome te kry. Na sy haar man, Jim Mabasa, n Shangaan ontmoet het, het sy met hom getrou en Venda toe getrek. Hier het sy Venda begin praat na sy as n Shangaan-sprekende grootgemaak is, hoewel sy van Venda-afkoms was. n

Daar was sommige

OR

Die ontstellende drome het haar hele lewe voortgeduur. Sy het uiters vreesaanjaende dinge in haar drome gesien en was so omgekrap deur die verantwoordelikhede wat gevolglik onstaan het. Sy het byvoorbeeld gesien dat een van haar bure se tweeling sou sterf. In n ander droom het n bejaarde vrou vir haar ges om met klei te begin werk. Op daardie tydstip het sy nie enige vroue geken wat beeldhouwerk met klei gedoen het nie, en het sy die visioen gegnoreer. Mabasa het geleidelik siek begin word. Haar hele lyf was seer en sy het die hele tyd swak gevoel. Geen dokter kon vir haar s wat fout was nie en soos haar drome voortgeduur het, het sy al swakker geword. Haar man het haar en haar kinders onterf en haar terug na haar familie toe gestuur. Daar het sy en haar kinders n plek gekry om te bly, maar die res van die familie het nie vir hulle kos gegee nie. Sy het uiteindelik so swak geword dat haar ma en

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL
Noria Mabasa. Seated figure. Ongedateer. Erdeware.

haar suster haar en haar kinders versorg het. Die drome het steeds voortgeduur en haar familie, in n poging om haar te help, het na die inyanga (tradisionele geneser) toe gegaan. Mabasa het aangehou om van die ouer vrou te droom, maar in haar drome was die vrou nou vermink deur melaatsheid. Haar hande was baie beskadig en sy het min vingers oorgehad, haar neus was af en dele van haar mond was vermis. Sy het diervelle gedra, haar vel was baie swart, haar hare was kort, haar hangende borste was ontbloot en sy was baie oud en verplooi. Mabasa was vreesbevange vir hierdie vrou en kon weens hierdie drome nie slaap nie. Een dag het die bejaarde vrou die volgende vir Mabasa ges: Jy verstaan nie, ek leer jou en jy luister nie. Toe Mabasa wakker geword het, het haar tong uitgehang en kon sy dit nie in haar mond terugtrek nie. Sy het begin huil en haar ma het n stuk

177 materiaal om haar gesig gedraai. Hulle het saam na die inyanga toe gegaan. Die inyanga het n lem geneem en het n paar snye naby Mabasa se wang en oor gemaak en het medisyne in haar oor gesit, maar niks het gehelp nie. Haar ma het Mabasa daarna na hulle kerk toe geneem waar daar n dromseremonie vir die voorouers gehou sou word. By die kerk het n man wat van Johannesburg gekom het genesende kragte gehad. Hy het die kleed van Mabasa se gesig verwyder en vir haar ma ges om as by die vuur te gaan kry. Hy het toe die as in n koppie water gesit en het begin bid en aan Mabasa se kop geraak. Dit het haar toestand verbeter, maar sy kon steeds nie behoorlik asemhaal nie. Die man het haar beveel om van die gebottelde aswater huis toe te neem en om dit gereeld te drink. Sy het elke aand in die kerk gaan bid en binne n week het sy herstel. Na dit het sy nog n droom gehad waarin haar pa haar beveel het om na die vrou te luister wat iets vir haar in haar drome wou leer. Hoewel haar pa en die vrou albei uit haar drome Noria Mabasa. Installasie-aansig van Mabasa se verdwyn het, het Mabasa onbedaarlik gebewe. Dit het vir n uitstalling by die Goodman-galery. week voortgeduur. Haar pa het toe teruggekeer na haar drome Johannesburg. 1986. Geverfde erdeware figure. toe en vir haar ges om vir die voorouers te bid. Haar vrees het verdwyn en na sy vir haar suster ges het dat sy vir die voorouers moes bid, het hulle na haar broer se huis toe gegaan waar die plant van hul voorouers gegroei het. Hulle het die plant water gegee en Mabasa het opgehou bewe. Die volgende dag het hulle klei by die rivier gaan haal en n vuur in die huis gemaak. Mabasa het begin om by die lig van die vuur beeldhouwerk te doen. Die eerste figure wat sy gemaak het, was klein. Na sy een van die figure laat val het, het sy aan die slaap geraak en die vrou het na haar drome toe teruggekeer om vir haar te wys hoe om groter figure te maak. Aan die begin het sy haar klein figure vir 50c elk verkoop, en n groter figuur aan die kommissaris van polisie in die gebied vir R10 verkoop. n Medekunstenaar, Avhashoni Mainganye, het Mabasa in 1976 besoek en vir haar n uitstalling by die Venda Sun Hotel aangebied waar al haar werke verkoop is. Hy het ook fotos van haar werk vir die Goodman Galery (n gevestigde en bekende galery) in Johannesburg geneem. In die tussentyd het Mabasa werke vir n handwerkwinkel in Venda geskep. Sy het n brief van die Goodman Galery ontvang met n bestelling vir figure van polisie en soldate. Sy het 200 figure gemaak en die galery het al die figure geneem om te verkoop. Dit was die begin van haar loopbaan. Na haar werk ook ingesluit was in die Tributaries- uitstalling (Hlungwani se werk is ook daar uitgestal) in 1985 en na n solo-uitstalling by die Goodman Galery het die aanvraag na haar werk dramaties toegeneem. Algemene kenmerke van Mabasa se kunswerke Mediums: klei en hout Noria Mabasa besig om Mabasa het haar loopbaan in beeldhouwerk begin deur klein, keramiekstukke in n vlak put te bak. menslike figure uit klei te skep. Die gebruik van hierdie medium was nie ongewoon nie, aangesien vroue in die inheemse suidelike Afrikaanse kultuur met klei werk. Mabasa gebruik klei wat tydens n spesiale ritueel by die rivierbeddings naby haar huis versamel word. Sy gebruik nie moderne keramiektoerusting of -gereedskap nie, maar werk op die tradisionele manier deur baie van die beeldhouwerke deur die spoelmetode te skep wat ook gebruik word om potte te maak. Na sy die bou en vorming van die beeldhouwerke voltooi, word hulle onder plastiekbedekking gelaat om stadig droog te word. Tydens die droogproses vlek sy soms die werke met rooi okergrond of grafiet.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

OR

BE

EL

178 Die bak van die beeldhouwerke en beeldhouwerkpotte wat sy geskep het, is n groot geleentheid. Gewoonlik word n groot hoeveelheid figure gemaak voor hulle gebak word. n Groot, plat gat word in die grond gegrawe. Die oppervlak aan die binnekant word met een laag stene en dan n met n laag hout gepak. Bo-op dit word die beeldhouwerke en potte versigtig gerangskik. Dit word bedek met n dik laag strooiagtige gras wat dan aan die brand gesteek word. Staal word op die kante geplaas om die hitte binne die vuurput te hou en binne toe te weerkaats. Hierdie vuur word vir ten minste n dag aan die brand gehou om die bak van hierdie werke te voltooi. In n deel van een van haar drome het Mabasa gesien dat daar n groot stuk hout in die rivier naby haar huis vasgevang was. Toe sy na die rivier gegaan het, was die stuk hout daar. Sy het dit na haar huis toe geneem, maar het nie die gereedskap gehad om daaraan te werk nie en het aangehou om met klei te werk. n Bejaarde man het vir haar n byl gegee en met hierdie enkele stuk gereedskap het sy n houtfiguur geskep. Dit was n vrou se figuur. Lank na hierdie eerste beeldhouwerk het sy weer probeer om beeldsnywerk te doen, maar hierdie keer het sy n bytel gehad om mee te werk. Sy het egter nie baie van die beeldsnywerke gehou nie en het dit buite in die ren laat staan. Met die aanmoediging van Mainganye, die beeldhouer, het Mabasa begin om realistiese pryse vir haar houtbeeldhouwerke te vra. Sy is die eerste swart vrou om beeldhouwerke uit hout te kerf, aangesien hierdie werksmetode tradisioneel as n manlike gebruik beskou word. Die houtkerfwerk het haar goed gepas omdat sy baie groter werke kon maak en omdat hierdie beeldhouwerke nie so bros was nie. Die feit dat sy hierdie tradisionele manlike rol aangeneem het, het sommige van haar gemeenskapslede kwaad gemaak en van die mense het vir haar gelag. Sy is nie deur hulle van stryk gebring nie aangesien sy aanvoer dat die voorouers vir haar ges het om te kerf en dat sy dit geniet om dit te doen. Daar is twee belangrike aspekte wanneer n mens na Mabasa se werk kyk: die feit dat sy n Venda is en dat sy n vrou is. Nog n belangrike feit is dat sy op n onkonvensionele manier opgetree het vir n landelike vrou wat ondersteuning gekry het van die drome wat sy gehad het.

OR

BE

VO

Onderwerpe Haar kleiwerk is afkomstig van die tradisionele Venda-vroue se tradisie van handwerk waar klei gebruik word vir kook en ashouers asook as figure tydens vroulike inisiasieseremonies. Die kleibeeldhouwerke is ook terapeuties in n sin en verteenwoordig haar plek in vergelyking met plaaslike sosiale stelsels. Baie van haar werke beeld vroue uit wat in tradisionele klere aangetrek is en die details van die styl van aantrek, die kralewerk en ander versierings is kenmerkend van die Venda-kultuur. Sy verteenwoordig ook tradisionele rituele en ook aspekte van daaglikse gesondheidsorg vir mense wat aanhou om n tradisionele leefstyl te volg. Die mans wat Mabasa uitbeeld, dra gewoonlik westerse klere in n verskeidenheid style. Hulle word gekenmerk deur dit wat hulle aantrek en wys dat hulle benvloed is deur hul ondervindings in die

EL

D
Noria Mabasa kap n stuk hout wat vir n beeldhouwerk gebruik gaan word. Noria Mabasa met n beeldhouwerk. ` Noria Mabasa. Brown suited man. 1980s. Klei en emaljeverf. Noria Mabasa. SAP 1986. 1986. Klei en emaljeverf.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

179 stede. Daar is n paar figure wat sy skep wat ook westerse klere aanhet en hulle is gewoonlik buite die tradisionele, landelike wreld bedrywig verpleegsters, prostitute, wit vroue. Meeste van hierdie figure is generies en is nie portrette van spesifieke mense nie. Die simbolisme agter Mabasa se houtstandbeelde verskil van di van haar kleiwerke. Hierdie werke is groot, ingewikkeld en narratief. Hulle het veelvoudige bronne wat gevestig is in die nuusmedia, mitologie en geskiedenis, maar nie in drome nie. Die groot stukke hout behou hul voorkoms as gevinde voorwerpe en vestig die terme en beperkings van die samestellings. Mabasa verander nie die vorm of kleur radikaal nie. Sy gebruik die gevinde vorm van die hout as n oorheersende struktuur en sy kerf die figuur daarin wat die stories vertel wat sy wil oordra. Daar is geen agtergronde en geen addisionele of onnodige detail nie. Alles word op die oppervlak in n soort relifbeeldhouwerk geskep wat rondom die oorspronklike vorm funksioneer. Die gate in die hout is natuurlik en Mabasa los dit daar om as oop vorms te funksioneer. Voorbeelde van Mabasa se werke

Mukhali Hierdie klein gedenkbeeldjie van Mabasa se ouma, Muhkhali, is n verteenwoordiging van Mabasa se eerbied vir haar voorouer, n simbool van die stabiliteit en krag wat met vroue geassosieer word asook met die Venda-kultuur en -tradisies. Die titel, haar ouma se naam, beteken gids of mentor. Mabasa het n herinnering van haar ouma uitgebeeld wat sy nie fisiek voorgestel het as n jong ingewyde deur die Vendatradisies van dekoratiewe kralewerk en kleredrag te gebruik nie. Die versierde shedo-voorskoot en kralewerk rondom die bene, arms, nek, kop en gesig word in klei voorgestel deur herhaalde buitelyne, en kolle wat fyn in die oppervlak van die klei ingeskrewe is. Die verskeidenheid getekstureerde effekte van die kleredrag en die haarstyl kontrasteer met die egalige beeldhouagtige vorms van die figuur. Mabasa het haar ouma as n jong, maar selfstandige ingewyde uitgebeeld en die algehele effek van die houding en vorm van die figuur verleen aan dit n individualiteit wat Mabasa nie gereeld in haar werke gebruik nie. Die figuur van hierdie meisie is sterk en regop. Die gesigskenmerke en ingewikkelde haarstyl word in n verfynde en sensitiewe styl voorgestel. Die amandelvormige o en realisties gevormde neus, mond en ore dra n gevoel oor van tydlose waardigheid wanneer die werk van alle kante beskou word. Die beeldhouwerk kan vergelyk word met die Egiptiese voorstelling van Nefertiti waarin skoonheid en adelikheid geassosieer is met die fyngevormde profiel van die portretbeeldhouwerk. Mabasa het klei vir hierdie beeldhouwerk gebruik. Dit is die medium waarmee sy die meeste vertroud was en waarmee sy beeldhouwerk begin doen het soos van haar vereis is deur die ontstellende drome wat sy gehad het. Noria Mabasa. Mukhali. Twee aansigte van die

VO

OR

BE

EL

Noria Mabasa. Seated figure pot. Ongedateer. Erdeware.

beeldhouwerk. 1996. Klei. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

180 Klei is die medium wat tradisioneel deur vroue bemeester is tydens hul taak om spoelpotte te maak wat in putte gebak is vir die huishouding. Mabasa was ervare in en bekend met hierdie gebruik. In vergelyking met haar ander kleifigure en baie van die figure wat in haar houtbeeldhouwerke voorgestel word waarin sy veralgemeende soorte mense as dele van gebeure en stories uitgebeeld het, is hierdie beeldhouwerk die gevolg van haar vermo om n meer fyn afgewerkte realistiese voorstelling van n individu weer te gee. Dit is ook groter as haar ander kleifigure waaraan sy kleurvolle emaljeverf gewend het om hul rolle in die moderne samelewing te beklemtoon. In n werk soos hierdie een en ander voorstellings van jong vroulike ingewydes wat die damba uitvoer, asook vroue wat verskeie daaglikse take doen, fokus Mabasa die kyker se aandag op die tradisionele Venda-kultuur en oortuigings. Klein houtbeeldhouwerke van manlike en vroulike figure asook ander belangrike simboliese figure soos n luislang, krokodille, akkedisse, luiperds en modelhutte word as deel van die dombaseremonie gebruik om die ingewydes te leer oor die belangrikheid van die huwelik, hulle rolle as vroue in die huwelik en hoe om geboorte te beplan en te hanteer. Vir Mabasa is die rol van die vrou in die Vendasamelewing duidelik gedefinieer en word dit tydens die inisiasieskool aan jong meisies geleer. Dit is die enigste vorm van opleiding wat Mabasa as n jong meisie ontvang het. Toe sy haar inisisasieskool bygewoon het, is die opleidingstydperk reeds verkort vanaf die aanvanklike ses maande omdat sommige meisies staatskole bygewoon het. Die drie belangrike inisiasieskole wat meisies voor die huwelik moes bywoon, was die vhusha wat tydens puberteit plaasvind en aspekte leer soos vroulikheid in afsondering van die buitewreld, die tshikanda wat die lesse versterk het wat by die vhusha en die domba, n voorhuwelikse skool, geleer is. By die inisiasieskole is die ingewydes geleer oor wat om te verwag en hoe om op te tree gedurende elke stadium van ontwikkeling in hul lewens. Hulle word ook in staat gestel om weg te breek van die foute van die verlede en om die ondersteuning van hul voorouers op te roep. Hoewel die proses verkort is, word die domba beskou as die hoogtepunt van die inisiasieproses. Hierdie ritueel of seremonie begin wanneer iemand op

Noria Mabasa. Domba dancers. 1989. Klei en emaljeverf.

n Pedi-inisiasiefiguur soortgelyk aan die figure wat gebruik is vir onderrig tydens die Venda-inisasieproses.

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL
Die domba-dans word deur n groot groep ingewydes uitgevoer.

n koedoehoring blaas. n Heilige vuur word by die koning se dorp aan die brand gehou tydens die duur van die domba. Ingewydes word dan met spesiale rituele medisyne behandel om die invloed van bose geeste te verhoed. Daarna word hul finaal afgerig om alles te weet oor die aspekte van die huwelik asook die waardes en gebruike van die Venda-kultuur. Die Vendas beskou die domba as n belangrike nasionale gebeurtenis. Afgesien daarvan dat Mabasa die tradisionele kleredrag uitgebeeld het soos in Mhukahli, het sy ook die domba-dans uitgebeeld wat n belangrike deel van die seremonie is. Hierdie dans word deur al die ingewydes rondom die heilige vuur gedoen terwyl die ngoma- en mirumba-dromme deur die vroue geslaan word. Die meisies staan in enkelgelid styf teenaan die persoon voor hulle en hou aan haar elmboog vas. Die ry meisies vorm n lang ketting en tydens hulle dans beweeg hulle ritmies rondom die domba-vuur. Die dans simboliseer n slang wat n heilige simbool is wat met vrugbaarheid geassosieer word.

181

Noria Mabasa. Ngoma Lungundu I. 1999. Wilde vyhout.

Mabasa het die legende soos volg verduidelik: Toe die Singo-mense suid vanaf Zimbabwe migreer het na wat nou bekend staan as Venda, het hulle hierdie drom gedra. Die drom was yslik en moes deur baie mans gedra word. Dit mag nie aan die grond geraak het nie, want daar is geglo dat dit met medisyne gevul was en dat dit towerkragte gehad het wat die mense teen hul vyande beskerm het. Menslike arms is as dromstokke gebruik om op die bedekking te slaan, wat van mensvel gemaak is. Volgens tradisie, indien hierdie drom aanhoudend geslaan is tydens tye van bedreiging, sou dit help om die vyand te oorwin en om die mense te beskerm. Die drom het soveel vrees in die siele van die vyande aangewakker dat hul in afgryse gevlug het, flou geval het asof hul dood was of werklik doodgegaan het. As hulle opgehou het om die drom te slaan of dit toegelaat het om aan die grond te raak, sou die Singo verslaan word. Daar word ges dat dit die krag van die drom is wat die Singo in staat gestel het om hul reis aan te

VO

OR

BE

EL

Ngoma Lungundu Mabasa het twee werke geskep met die titel Ngoma Lugundu wat die Towerdrom van Donderweer, Drom van die Dood of Drom van Mwari is.

pak en om die grond suid van die Limpopo-rivier in te neem en te behou. Met tye was die mag van die drom so oorweldigend dat dit voorgekom het asof hy homself gespeel het. Hoewel Mabasa nie hierdie beeldhouwerke vir rituele doeleindes gemaak het nie, het sy die volledige vorm van die tradisionele rituele drom uitgekerf, die Ngoma, as deel van die beeldhouwerke. Afgesien van die legendariese agtergrond van hierdie groot potvormige dromme, is hulle kragtige simbole van die mag en wettigheid van die hoofmanskap. Dit simboliseer die poel van skepping waarin die hoofman weerspiel word as die krokodil wat oorheersend in hierdie poel is. Die dromme is steeds simbolies van die mag van die hoofmanskap en dit word nog gebruik as deel van inwydingseremonies. Vanwe hierdie aspekte het die drom n simbool van Venda-identiteit geword. In albei die werke is die visuele effek di van beweging en swaarkry. Die plasing van die figure, wat moet keer dat die drom aan die grond raak, stel die swaar vrag voor wat hulle moet verduur terwyl hulle die Limpopo-rivier oorsteek. Dit is ook moontlik dat hulle oorkom kon word deur die mag van die drom. Die werk, Ngoma Lungundu I, bestaan uit die drom wat deur twee groot manlike figure regop gehou word. Hulle hou die drom tussen hulle vas deur dit op hul skouers te balanseer met n paal wat aan die kant van die drom vasgemaak is. Dit kom voor of hul net-net in staat is om die drom bo die grond te hou omdat hul albei gebuk is, asof hul geforseer word om in hierdie ongemaklike posisie te beweeg.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Noria Mabasa. Ngoma Lungundu I. 1999.Wilde vyhout.

182 Die figure is ligter van kleur as die drom wat n soliede rooibruinkleur is. Dit is n werklike drom waarop gespeel kan word, dit is bedek met diervel en daar is n dromstok by wat in die vorm van n hand of arm gekerf is, met verwysing na die legende. Mabasa het ook groot borste in relifstyl aan die kant van die drom gekerf. Hierdie kragtige vroulike simbool pas by die feit dat Mabasa dit geskep het. Hoewel sy die tradisionele Venda-kultuur respekteer en volg, is haar lewensverhaal en prestasies belangrike verwysings na vroulike mag. Die fisieke posisies van elkeen van hierdie figure is ekspressief. Hulle bolywe is gedraai soos die een man in die teenoorgestelde rigting as die ander een kyk, asof hul op die uitkyk is vir gevaar. Hul gesigte het sterk, gedefinieerde kenmerke, maar toon nie emosie nie. Oor die algemeen is die figure naturalisties, maar vereenvoudig. Kenmerke soos die o, neus, mond, ore en vorms van die gesig en kop is op n algemene en ekspressiewe styl uitgekerf. Die voorstelling van die algehele onderwerp is belangriker as die uitbeelding van fyner realistiese besonderhede in Mabasa se werke. Die tekstuur van die hout is herwerk tot n egalige, fyn afgewerkte oppervlak en die pateen van die hout is verander van die natuurlike grofheid daarvan wat bydra tot die beeldhouagtige gevoel van Mabasa se werke. Die hele beeldhouwerk lyk of dit uit een stomp gekerf is en as gevolg daarvan het dit n egalige eenvormige gevoel. Ngoma Lungundu II bestaan uit n groot groep mense en stel die stryd en chaos voor wanneer die mense die rivier oorsteek. Die lewendige posture en gesigsuitdrukkings van die mense, in kombinasie met die algehele vloeibare gevoel van die beeldhouwerk, is n uitdrukking van die dramatiese toneel wat hierdie legende uitbeeld.

OR VO
Noria Mabasa. Union Buildings. 1999. Hout en diervel. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Noria Mabasa. Ngoma Lungundu II. 1995. Hout.

Union Buildings Mabasa het hierdie werk uit n stuk van n yslike vyeboom geskep wat in 1999 in die Levuvhu-rivier opgewas het. Dit is moontlik dat Mabasa benvloed is deur die brosjure vir die kompetisie wat in 1999 gehou is vir n vrouemonument by die Uniegeboue, n ingewikkelde reeks geboue wat die uitvoerende tak van die regering in Pretoria huisves, om die mars van vroue in 1956 daarheen te herdenk. Dit het haar nege maande geneem om die werk uit te kerf en vyf maande om dit af te skuur en sy was dus te laat om die werk vir die kompetisie in te skryf. Ten spyte daarvan het sy die werk geneem waarheen die inskrywings vir die kompetisie afgelewer moes word en omdat dit so n kragtige stuk werk is, het die Suid-Afrikaanse regering dit gekoop en dit voor die Uniegeboue geplaas. In hierdie groot ronde beeldhouwerk het sy n historiese gebeurtenis uitgebeeld wat in 1956 plaasgevind het toe duisende vroue in opstand gekom het omdat hulle pasboeke moes h. Die dompas of pasboek was n identifikasiedokument wat alle Swart mense ten alle tye by hulle moes hou hulle is gearresteer indien hulle daarsonder gevang is. Dit was een van die Apartheidregering

EL

183 se metodes om die beweging van Swart mense in Suid-Afrika te beheer. Die duisende vroue wat daarteen geprotesteer het, het van verskeie gebiede in Suid-Afrika na Pretoria toe gereis waar hulle op die grasperke voor die Uniegeboue bymekaar gekom het. Hierdie opmars was een van die grootste protesaksies deur vroue teen Apartheidsbeleide. Die oomblik wat Mabasa uitgebeeld het, is toe eerste minister Strijdom gevlug het nadat hy geweier het om die duisende protesbriewe te aanvaar wat die vroue saam met hulle gebring het. Mabasa het die massa vroue simbolies voorgestel deur die figure van 14 vroue wat storm terwyl dit voorkom of hulle dans en sing of skree. Hulle jaag ook n man wat vlug van hierdie groep oorweldigende vroue. Volgens Mabasa is die man n werknemer van die regering en beeld hy die krag en brutaliteit uit van die onderdrukkende Apartheidstaat wat op daardie tydstip in die Uniegeboue gehuisves is.

Noria Mabasa, Union Buildings. 1999. Hout en diervel.

Die mense wat in hierdie groep voorgestel word, word almal uitgebeeld as vereenvoudigde soorte mense en nie spesifieke individue nie. Mabasa toon n duidelike onderskeid tussen die wit manlike regeringsamptenaar en die vroue, omdat hy egalige hare het wat aangedui word deur lyne wat ingesny is in die tipiese kort haarstyl asook die tipiese snor wat baie wit mans in magsposisies gedurende daardie tyd gehad het. Sommige van die vroue wat in die beeldhouwerk voorgestel word, het tradisionele Venda-klere en kralewerke aan en haarstyle. Sommige van die vroue word uitgebeeld waar hulle hul pasboeke swaai vir die regeringsamptenaar wat weghardloop. Mabasa beskou hierdie werk as n viering van vroue wat hul regte uitoefen. Dit kan ook genterpreteer word as n verwysing na haar persoonlike emansipasie as n vrou wat op n vroer ouderdom van haar lewe onder onderdrukkende omstandighede geleef het en armoede en mishandeling beleef het.

VO

OR

Die vloeinde ronde vorm van die groep figure en dromme skep n gevoel van beweging. By die hoogste punt maak twee groot ngoma-dromme deel uit van die groeiende groep protesterende vroue. Die dromme is verteenwoordigend van die vroue se oortuigings en erfenis en dus vorm dit die kern van die groep. Die dromme is simbole van hulle mag as n groep vroue wat verenig is in hul stryd teen die onregverdige behandeling wat gemik was op hul oorsprong as Swart mense. Die groep vroue word uitgebeeld as n verenigde massa wat almal aan mekaar verbind word deur die oorheersende vorm van die stuk hout wat vir die beeldhouwerk gebruik is.

BE

EL

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

184

4.4

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Werke soos die gellustreerde beelde The Flood en Carnage is geskep as reaksie op inligting wat Mabasa op die nuus gehoor het. Bespreek hierdie twee werke deur na die volgende te verwys: Medium en tegniek Styl van beeldhoukundige voorstelling Simboliese aspekte Verduidelik die verwysings na tradisionele Vendakultuur en gebruike in hierdie twee werke.

OR VO
Noria Mabasa. Clay pot. Ongedateer. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Noria Mabasa. The Flood. 1994. Maroela-hout.

Mabasa se eerste beeldhouwerke is uit klei gemaak. Bespreek die verskille tussen die klei- en houtbeeldhouwerke deur te verwys na Carnage II en The flood en die kleibeeldhouwerke soos hieronder gellustreer.

BE
Noria Mabasa. The Flood. 1994. Maroela-hout. Noria Mabasa. Homestead III. Ongedateer. Klei. Noria Mabasa. Man smoking. 1986. Kleifiguur geverf met emalje.

EL

D
Noria Mabasa. Carnage II. 1988. Vyeboomhout.

x 185

Multimedia en Nuwe Media alternatiewe, kontemporre en gewilde kunsvorms in Suid-Afrika

5.1 Inleiding 5.2 Invloede

5.3 Oorsig van kunstenaars 5.4 William Kentridge 5.5 Willem Boshoff

5.6 Jan van der Merwe

VO
VISUeLe kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

INDEKS

H OOFSTUK

186

Inleiding

Wat is multimedia-kuns? Multimedia werke is dikwels n kombinasie van visuele kunste met elemente uit literatuur, drama, dans, film en musiek. Tradisionele kunswerke handel oor sig, terwyl die ander sintuie ook nou in visuele kunste ingesluit word, soos gehoor, reuk en tas. Hierdie werke kan soms met verloop van tyd beweeg of ontwikkel om n proses uit te beeld. Kunswerke maak dikwels gebruik van gevorderde tegnologie soos elektronika of rekenaartegnologie. Dit sluit klank, video, animasie en interaktiewe media in.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Tradisionele genres soos opera en film bestaan uit verskillende dissiplines en sluit musiek, dans, drama, kostuums, literatuur en visuele kunste in, maar hierdie kunsvorms word nie as multimedia beskou nie, aangesien n multimedia-kunswerk: - gewoonlik op n kleiner skaal as opera of film is - nie verbind tot tradisie is nie - gewoonlik deur een mens geskep word - deur iemand met n formele opvoeding in visuele kunste geskep word - geskep word om in n galery of museum uitgestal te word waar dit beskou word as n verbreding van visuele kunste. Multimedia-kuns het ontwikkel as gevolg van die bydrae van Marcel Duchamp en sy klaargemaakte werke.

Dit kan as deel van Konsepsuele Kuns geklassifiseer word vanwe die gebruik van alternatiewe media en die klem wat daarop geplaas word om idees uit te druk en oor te dra. Mutlimedia-kuns gebruik dikwels nuwe media soos videos, ditale media en ander media wat nie noodwendig as kunsmedia beskou word nie enigiets kan gebruik word, soos brood, bloed, ens.

OR

BE

EL

Rook Floro. Shadow. 2012. Opvoering en beeldhouwerk gietvorm van vloeistof/speelklei. Die kunstenaar sit op n stoel met n geverfde skaduwee en n beeldhoukundige voorstelling van sy versteekte begeertes in die vorm van die gieting van homself.

Die onderskeid tussen multimedia en gemengde media is dat gemengde media na n kunswerk verwys wat verskillende soorte kunsmedia in een werk kombineer, byvoorbeeld verf, ink, potlood, ens. Hoewel n multimedia werk ook gebruik kan maak van gemengde media en die twee terme kan oorvleuel, verwys n multimedia werk eerder na die verskeidenheid media wat deur kontemporre kunstenaars gebruik word wat verskil van die tradisionele/konvensionele media, soos olieskilderye en bronsstandbeelde. Die doel is om die kyker op n ander manier as deur middel van konvensionele kuns aan te raak.

Beili Liu. TThe mending project. 2011. Installasie en opvoering met Chinese skre wat bo die opvoerder hang wat besig is om materiaal heel te maak.

187

5.1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Wanneer jy na n kunswerk kyk wat as multimedia- of nuwe kuns bekend staan, moet jy n groot verskeidenheid aspekte oorweeg wat nie deel was van die proses om kunswerke in die tradisionele media te analiseer of te skep nie. Oorweeg die volgende vrae in n bespreking van die gellustreerde voorbeelde of jou eie multi-media of nuwe media-kunswerk. Speel woorde n rol in die kunswerk? Verduidelik hoe en waarom. Is die kunstenaar teenwoordig in die kunswerk? Wat doen hy of sy as deel van die kunswerk? Maak hy of sy n konsepsuele gebaar deur in die kunswerk te wees? Is daar klaargemaakte / gevonde voorwerpe in die kunswerk? Noem die voorwerpe. Is die voowerpe verander / aangepas? Is die voorwerpe op n spesifieke manier gerangskik om by te dra tot die betekenis van die kunswerk? Jeff Koons. Balloon Dog. 1994. staal. Uitgestal in die Het die kunstenaar n nuwe idee / konsep vir die gekose Vlekvrye Chateau de Versailles in 2008. voorwerpe / woorde geskep? Verduidelik hoe dit bereik is. Is die spasie of plek waar die kunswerk uitgestal word belangrik vir die interpretasie van die kunswerk? Verduidelik waarom, indien dit belangrik is. Is die kunswerk permanent of kortstondig? Wat is die bedoeling van dit op die betekenis van die werk? Is daar enige tradisionele, formele elemente wat aangewend kan word tot die kunswerk? Bespreek hierdie elemente en verskaf redes vir hul belangrikheid. Bespreek die betekenis van die titel van die kunswerk. Is die titel van die werk belangrik vir die interpretasie van die werk?

VO
Jim Riswold. Make Believe Damien Hirst For the Love of God. 2007. Argiefpigmentpapier. Annette Messager. Remains II (Family II). 2000. Materiaal, stuk van sagte speelgoed, le sagte speelgoed, tou.

OR

BE
Jenny Holzer. Truisms. 1977-1979. Projeksie op die Fleet-biblioteek, Rhode Island, VSA Oktober 2010.

EL
Tracey Emin. To meet my past. 2002. Gemengde mediainstallasie wat bestaan uit n hemelbed, matras en linne en gordyne waarop appliekwerk gedoen is.

Ana Mendieta 1. Earth Body. 1973. Gedokumenteerde opvoering 2. Ongetiteld (Silueta-reeks). 1977. Fotografiese dokumentasie van aarde kunsinstallasie.

VISUeLe kunste GRAaD 12

188

Invloede

VO
VISUele kunste GRAaD 12

In onlangse jare, het konsepsuele kuns aangehou om kunstenaars te benvloed, maar die ontwikkeling van die sogenaamde Prentegenerasie het verander na wat Kuns behoort te wees ten opsigte van kuns wat enige materiaal aanvaar op die basis van kuns; en die taal van visuele kultuur. Sedert die 1980s is die werke van baie kunstenaars steeds aangemoedig deur die konsep en die idee daaragter. Hierdie kunstenaars sal nie na hulself as Konsepsuele kunstenaars verwys nie, maar hulle word oor die algemeen as NeoKonsepsuele kunstenaars geklassifiseer.

OR

Installasiekuns behels n spasie wat gebruik word om n kunswerk te skep deur die rangskikking van voorwerpe. Dit kan of spesifiek vir die spasie gemaak word of nie. Dit kan binne- of buitemuurs wees. Installasiekuns kan permanent of tydelik wees. Dit word gewoonlik deur fotografie gedokumenteer indien dit tydelik is. Installasiekuns oorvleuel onvermydelik met ander kunsvorms soos konsepsuele, video- of digitale kuns, landskapkuns en selfs tradisionele mediums soos skilder en beeldhouwerk.

BE

Konsepsuele kuns het in die 1960s ontstaan en is steeds n invloedryke beweging. In hierdie beweging word die konvensies van vakmanskap, formele aspekte en styl omseil en n hernieude konteks is op inhoud geplaas, soos verduidelik in Hoofstuk 7 van die Graad 11-teksboek. Die beweging het tydens n tyd van sosiale onrus ontstaan. Gevolglik is die sentrale doel van Konsepsuele kuns, naamlik dat die idee kardinaal is, maklik gebruik deur kunstenaars wat aandag wou trek na uiteenlopende sosiale kwessies. Konsepsuele kuns is gebaseer op die uitgangspunt van die idee self wat die kunswerk word. Die idee of voorstel word deur n geskrewe teks voorgestel, wat dus nie die tradisie van die kunstenaar om fisiek betrokke te raak by materiale soos verf of klei erken nie, om n kunsproduk te maak wat gekoop en verkoop kan word. Woorde word dikwels vergesel deur fotos of woorde self soos boeke, koerante en kaarte wat gebruik word om Konsepsuele kunsstukke te vorm. Alledaagse en ongewone materiale is n reaksie teen die kommersile gebruik van kuns. Kuns kan nie meer maklik aangeskaf word nie.

EL

D
Doris Salcedo. 1600 Chairs stacked in gap between two buildings. 2003. As deel van die Istanboel Binnale wou Salcedo, n Kolumbiaanse kunstenaar, n topografie van oorlog skep. Die werk is verwant aan n spesifieke gebeurtenis waarvan sy weet maar sy verkies om dit nie te verbind aan die betekenis van die werk nie, wat dit meer universeel maak as n stelling oor afwesigheid, onderdrukking en die gaping tussen die ontmagtigtes en die magtiges.

Piero Manzoni. Artists Breath. 1960. Ballon vasgemaak aan n houtbasis met ingeskrewe gedenkplaat, Piero Manzoni Artists breath. Piero Manzoni is die beste bekend vir sy ironiese konsepsuele kunswerke waarin hy die aard van die voorwerp bevraagteken deur onkonvensionele materiale te gebruik waarin die wreld se obsessie met permanensie en die kunstenaar se obsessie met fisikaliteit beklemtoon word.

Piero Manzoni. Artists Shit. 1961.30 gram geselde blik met n gedrukte etiket op in Italiaans, Engels, Frans en Duits, gedentifiseer as Artists Shit, inhoud 30 gram netto, vars gepreserveer, vervaardig en geblik in Mei 1961. Die inhoud het n betwiste enigma gebly, maar deur hierdie werk, wat uit 90 blikke bestaan het, het Manzoni kommentaar gelewer op verbruikerswese in die kunsmark aangesien die blikke geprys is volgens die waarde van hulle gewig in goud.

Barbara Kruger. Untitled (We dont need another hero). 1987. Fotografiese syskerm op vinel. Hierdie werk lewer kommentaar op die sosiale konstruksie van geslag deur die stereotipiese rolle toegeskryf aan seuns en meisies / mans en vroue. Kruger het n Norman Rockwell-illustrasie by n Saturday Evening Post-koerant verkry en dit gevoeg by die advertensiestylletters om die werk te skep. Die woorde is ook geneem van Tina Turner se temaliedjie vir n Mad Max-rolprent wat afspeel in n barbaarse, post-kern toekoms vol menseslagting.

189 Landskapkuns of aardekuns is n kunswerk waarin die landskap en die werk heeltemal verbind is. Die formele elemente van baie landskapkunswerke is belangrik. Fotografie is ook n noodsaaklike stuk gereedskap vir die kunstenaars, aangesien baie landskapkunswerke tydelik is en deur middel van fotos gedokumenteer word. Baie landskapkunswerke word beplan vir die ligging waarin hulle genstalleer gaan word.
Patrick Dougherty. Running in circles. 1996. Esdoring en wilgerboompies genstalleer in Tickon-beeldhoupark, Denemarke.

VO

Gillian Wearing. 60 minutes silence.1996. Videoinstallasie. In hierdie werk het Wearing 26 Britse polisieamptenare bymekaargemaak om vir n formele portret te poseer. Hoewel die lewensgrootte werk op die eerste oogopslag soos n foto lyk wat van agter verlig word, besef die kyker vinnig dat dit n video is met spanning en stremming opbou tydens die uur wat hulle probeer om heeltemal stil te staan. Die mag word omgekeer tussen die kyker en die waarna daar gekyk word omdat die outoriteit wat gewoonlik aan die offisiere gegee word, gestroop word aangesien hulle gevange gehou word deur die situasie wat soos n fotoportret lyk.

Videokuns is n term wat gebruik word om kuns te beskryf wat televisie en video as deel van die skep en uitbeelding daarvan gebruik. Die kwessie wat deur kunstenaars aangespreek word, is verwant aan Konsepsuele Kuns. Meer onlangs het videokuns n vorm van digitale kuns geword vanwe nuwe tegnologie in die vorm van rekenaars, digitale kameras en selfone. Sien Hoofstuk 7 van die Graad 11-teksboek vir meer inligting oor al die bostaande bewegings.
VISUeLe kunste GRAaD 12

OR
Mark Hansen en Ben Rubin. Listening Post. 2001. In hierdie installasie word teksfragmente in ware tyd uitgedun deur duisende onbeperkte internet-kletskamers, bulletinborde en ander publieke forums. Die tekste word gelees of gesing deur n stemsintetiseerder en gelyktydig vertoon op n rooster wat hang en bestaan uit meer as 200 klein elektroniese skerms.

Digital kuns is n kunsvorm waarin die kunstenaar gebruik maak van digitale media soos die internet, selfone of rekenaars.

BE

Marina Abramovic voer die The artist is present op by die Museum van Moderne Kuns, New York. 14 Maart 31 Mei 2010.

Opvoeringskuns Hierdie kunsvorm is ook verwant aan Konsepsuele Kuns. Dit is deur die Dadaste benvloed wat probeer het om alle tradisionele estitikarels te verbreek en opvoeringskuns het glad nie rels nie. Die kunstenaar verkondig dat n opvoering kuns is en gevolglik is dit kuns. Dit kan nie as n handelsartikel verkoop word nie. Dit is soortgelyk aan die teater, maar is konsepsueel ten opsigte van die keuse van onderwerpe en hoef dus nie noodwendig n storielyn te h nie. Dit is lewendig en eksperimenteel. Liggaamskuns is n uitvloeisel van vertoningskuns aangesien die kunstenaar sy of haar eie liggaam gebruik of vrywiligers leiding gee om hul liggame as n sentrale element van die kunswerk te gebruik.

EL

190

Oorsig van Suid-Afrikaanse kunstenaars

Kendell Geers (1968-) is n kunstenaar wat werke in n verskeidenheid soorte media skep en vertonings hou. Hy het internasionale berugtheid verwerf toe hy in Duchamp se werk, Fountain, urineer het. Hy gebruik en ondermyn bekende beelde en tekens uit kunsgeskiedenis en gewilde kultuur. Hy glo: Om die kykers te respekteer, vereis nie dat ek hulle met pragtige terloopse opmerkings amuseer nie. My begrip van respek begin met die aanname dat die kyker intelligent is. Ek probeer kunswerke skep wat ontstellend is sodat die kykers bewus kan word van hul eie konstruksie, ideologies en moreel, sodat hulle kan begin dink oor die uitvinding van moraliteit wat hul beliggaam. Baie van Geers se werke is reaksies op die Suid-Afrikaanse konteks en lewer kritiek op die mag en geweld wat deur politiek uitgeoefen word.

Kendall Geers. The Terrorists apprentice. 2002. Vuurhoutjie.

VO
Kendall Geers. Terrorealism. 2003. I. Installasieaansig. Hierdie werk is geskep vir die spasie by die Migrosmuseum. n Sel, tronk of tempel is opgerig om n buitenste faade van bakstene met gebreekte stukke glas wat uit die oppervlak steek te skep. Aan die binnekant van hierdie kamer vorm drie neonbuise die woorde BORDER, DANGER en TERROR. n Kortsluiting veroorsaak dat die eerste letter in elke woord uitgaan wat die woorde orden in n nuwe woordkonstellasie van ORDER, ANGER en ERROR. Kendall Geers. Akropolis Redux (The directors Cut). 2004. Installasie van doringdraad op metaalrakke. In hierdie verkleinde weergawe van die Parthenon het Geers rolle van sekuriteitsdraadmateriaal gebruik wat in Suid-Afrika gepatenteer is en uitgevoer is Griekeland toe. Hy gebruik hierdie draad om die marmerkolomme as n globale kulturele simbool te vervang. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Hierdie werk bestaan uit een vuurhoutjie wat in n spasie op sy eie uitgestal word. Geers maak n verwysing na n aanhaling deur Winnie Mandela, Nelson Mandela se eksvrou, wat ges het: Ons het nie gewere nie ons het net klippe, bokse vuurhoutjies, petrol. Saam, hand aan hand, met ons bokse vuurhoutjies en ons necklaces sal ons hierdie land bevry. Hierdie is n ironiese stelling wat deur die uitstalling gemaak word van n veiligheidsvuurhoutjie wat eindelose verwoesting kan veroorsaak.

BE

EL
Kendall Geers. Waiting for the barbarians. 2001. Installasie-aansig. Permanente installasie in Duitsland. Hierdie doolhof van heinings en doringdraad is genstalleer in die Teutoburgerwoud, n simboliese ligging waar die Germaanse stamme Tiberius in 9 AE verslaan het. Dit bied geen verligting en geen ontsnapping nie en verwys na die novelle met dieselfde titel wat deur J.M. Coetzee geksryf is waarin die gewelddadige konflik van Apartheid Suid-Afrika simbolies voorgestel word. Die werk herinner die kyker dat niemand hul verantwoordelikheid om die status quo te bevraagteken, kan ontsnap nie.

191 Clive van den Berg (1956-) is gefassineer met die definisie van manlikheid in sy werk wat installasies, beeldhouinstallasies, landskapkuns, videokuns en skilderye insluit. Hy daag die stereotipes uit wat deur die samelewing se eng oortuigings geskep word deur persoonlike en openbare beelde te kombineer. Deur sy werke weerspiel hy n viering van liefde tussen mans en het hierdeur probeer om die vooroordele wat ontstaan het weens die beperkende wette van Apartheid, asook homofobie en Vigs, n nekslag toe te dien. In 1994, tydens die Johannesburgse Binnale, het Van den Berg deelgeneem aan die Mine Dump Project. Deur middel van hierdie projek wou hy meer aandag trek na die problematiese oorblyfsels van mynwese en wou hy openbare kunswerke skep. Die idee om mynhope te gebruik, het deel gevorm van die konsep van sy werke, aangesien hulle vir meeste mense deel geword het van die landskap, hoewel myhope nie erken word as n manifestasie van die land se geskiedenis nie. Die werk wat hy geskep het, sal dus die idee van die herinnering insluit van hoe Johannesburg ontstaan het. Hy het beelde geskep aan die kante van mynhope deur die gebruik van oksiedes, vlae en witkalk wat die onaangetekende herinneringe van mynwerkers suggereer. Snags is die beelde aan die brand gesteek deur plaaslike vuurpanne te gebruik, wat bestaan het uit n drom wat geporfereer is en gevul is met brandende kole. Hulle is langs die buitelyne van die beelde geplaas. Hierdie beelde is deur baie mense gesien wat in en uit Johannesburg gependel het gedurende die halfuur wat hulle gebrand het. Die idee om vuur te gebruik kan as n verbygaande medium beskou word, maar dit kan ook beskou word as n manier om iets te brandmerk, as n daad om in die geheue in te brand.

n Ander gedenkteken is die installasie Men loving wat hy in 1996 gemaak het vir die Faultlines Project met Jane Taylor as kurator. Hierdie uitstalling is by die Kasteel in Kaapstad genstalleer, wat die oudste gebou in die land is. Van den Berg se werk het bestaan uit n skuins slagveld waarop hy die buitelyne van n dubbelbed en n graf geskep het. Aan die bokant van die bed het hy twee gegote koppe en n hoop wit stene geplaas, wat gebruik is om grafte in die veld af te baken. Op die gras het daar n oop tas gel met wit klippe langs dit gestrooi wat gelyk het of dit uit die tas geval het. Die gras in die veld het aanhou groei en het na n paar weke verlate begin lyk. Die volgende teks het met die installasie gepaardgegaan: In 1735, is twee mans na die baai buite Kaapstad geneem. Toe die skip naby Robbeneiland was, is hul geforseer om die plank te loop terwyl hulle aan mekaar vasgeketting was. Hulle het mekaar liefgehad. Op Vrydag, 8 Mei 1996, het ons n nuwe grondwet aangeneem wat diskriminasie op grond van seksuele voorkeur verbied het. Dalk sal dit nou makliker wees om lief te h.

VO

OR

BE

EL
Clive van den Berg. Mine Dump Project. 1994. Installasie-aansig. Clive van den Berg. Men Loving. 1996. . Installasie-aansig. VISUeLe kunste GRAaD 12

192 Afdrukmaak is Fritha Langerman (1970 ) se spesialisasieveld wat sy altyd kombineer met ander media en voorwerpe in verskeie van haar uitstallings. Deur haar loopbaan het sy n belangstelling getoon in kuratorskop, monumente en herdenking in die Suid-Arikaanse geskiedenis, die wetenskaplike voorstelling van die liggaam en die uitbeelding en ordening van inligting. Dit is duidelik in n onlangse uitstalling, Subtle thresholds: The representational taxonomies of disease, wat sy oor n tydperk van twee jaar saamgestel het. Die uitstalling is hoofsaaklik gemoeid met die visuele voorstelling van siekte. Sy het n groot hoeveelheid artefakte gebruik van die versamelings van die Iziko Suid-Afrikaanse Museum, die Universiteit van Kaapstad en die Wits Adler-museum, asook nuwe werke wat sy geskep het. Die uitstalling is in die Iziko Suid-Afrikaanse Museum gehou tussen die uitstallings van sosiale- en natuurlike geskiedenis. Deur middel van hierdie plasing het die uitstalling gepoog om n konsepsuele brug te skep tussen die dierkundige, menslike en mikrobiese wrelde. Langerman het duisende elemente in hierdie installasie voorgestel.

VO
Fritha Langerman. installasie-aansig van Subtle Thresholds: The representational taxonomies of disease. 2009. Lys van voorwerpe: 16 vierblaaie en drieblaaie van beelde van n Skanderingselektronmikroskoop van diere-uitwerpsel, 10 chroomstaalplate van bakterie en parasiete, 1 posduif, 1 resepteringskaal, 10 verroeste staalplate van bakterie en parasiete, 4 perkussiehamers, 63 meter kordonansieliniaal, 5 vlermuise, 24 kordinaatplate, 2 optalmometers, 4 rotgeraamtes, 40 geraamde mitologiese indekskaarte, 220 m skaduskilderye, 1 jakkalspels, 1 farmaseutiese voorskrifboek, 2 rolle verband, 220 m skematiese roosters, 25 kalktekste, 4 sebrahoewe, 10 virale ligbokse, 4 otoskope, 512 geners se hande, 1 fisant, 22 wasgietplate, 488 mikrobiese toetsbuise, 1 papegaai, 6 heilige plaagdiere, 7 optalmoskope, 7 verroeste sinonieme, 1 kokketiel, 2 medisynekabinette, 6 outoklawe, 1 rooikatpels, 9 steriliseerders, 40 meter geleidingsmateriaal, 3 pneumotorakse apparate, 2 video-projekteerders, 3 koproliete, 1 marmot, 1 jakkals, 21 tandartsafdrukhouers, 1 patrys, 1 vul, 4 gehoortoestelle, 1 varkfetus, 5 slange, 14 bottels, 7 silindriese staanders, 1 slangbytstel, 50 klein vols, 30 spuitnaalde, 14 doodsoorsaak-reageermiddelbottels, 25 tandartsgietings, 9 leeukloue, 21 narkosemaskers, 1 skaapskedel, 20 sjirurgiese skre, 50 ampules, 2 UV-ligte, 3 proeflenshouers, 10 stetoskope, 1 sebrafetus, 40 spuitnaalde, 1 brandsiektemodel gemaak van was, 15 bloedlatingstoestelle, 2 muise, 1 bobbejaanpels, 2 suurstofmaskers, 3 aapskedels, 22 glasskyfies vir mikroskope en 5 pare horings. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Fritha Langerman. Subtle Thresholds: The representational taxonomies of disease. 2009. Installasie.

193 Sy het historiese mediese toerusting, n tydlyn van 68 meter wat n Bybelse konkordonansie van siekte insluit met n aaneenlopende lys van duisende soorte spesies, ligbokse met virale beelde wat gemaak is van farmakologiese laboratoriumplastiek, tekenborde met GPS-kordinate van die uitbreek van siektes, Fritha Langerman. 512 lasergensyde Fritha Langerman. Skerm geskep elektronmikroskoopbeelde van hande afgelei van beelde van van die negatiewe spasies van die genesing: 2500 v.C. 2000 n.C. 2009. genesers se hande. 2009. diere-ontlasting, staalsilhoete van bakterie en 512 uitgesnyde hande wat gemaak is van silhoete van kunshistoriese en gewilde beelde van genesers se hande. Deur hierdie hande te gebruik om engelagtige vlerke te skep, wat ook genterpreteer kon word as n skematiese voorstelling van n boom of n stel longe, het Langerman godsdienstige persepsies van siekte ontlok. Die invloed van godsdiens op die menslike interpretasie van siekte het siekte en genesing geassosieer met verdoeming en redding. In verhouding tot hierdie werk het sy n altaaragtige groepering van voorwerpe genstalleer. Die negatiewe vorm van die hande word gebruik om die ses verbinde, opgestopte diere te beskerm wat die surrogaat plaagheiliges deur die uitgangspunt van die kyker voorstel. Binne hierdie ingewikkelde installasie het Langerman n ingewikkelde web van konsepsuele en visuele kruisverwysings Fritha Langerman. Vier van die ses heilige plaagdiere wat in verbande uitsgestal is, 2009. geskep. Sy fokus die aandag op die manier hoe beelde van siekte gesien word of nie gesien word nie en verstaan word of nie verstaan word nie deur n groot verskeidenheid toestelle te gebruik wat visie verbeter het, insluitend teleskope, lig, weerkaatsing en projeksies. Gevreesde items word voorgestel as voorwerpe wat interessant en mooi is. Sy het probeer om die idee dat spesies heeltemal verskillend en apart van mekaar is nietig te verlaar deur alles met mekaar te verbind deur lae en die herhaling van vorms te gebruik in die uitleg van beelde, tekste en voorwerpe. Die wetenskaplike aspek van die uitstalling word teengestaan deur die estetiese verbindings tussen die idee van iets en wat die voorkoms daarvan is. Uiteindelik word n mens bewus van die klein deel wat mense speel in hierdie ingewikkelde biologiese stelsel, soos Fritha Langerman. n Jakkals en n haas met ventilasiemaskers. 2009. voorgestel in hierdie installasie.

VO
Fritha Langerman. Die verroeste uitsnysels is vergrote siektevorms en bevolk met silhoete van demoniese beelde.

OR

BE
Fritha Langerman. Een van die 10 ligbokse wat voorstellings bevat in farmakologiese laboratoriumware van 10 virale vorms wat bekend is om siekte te veroorsaak, 2009.

EL

Fritha Langerman. Installasie-aansig van Subtle Thresholds: The representational taxonomies of disease. 2009. VISUeLe kunste GRAaD 12

194 Kay Hassan (1956-) het bekendheid verwerf vir sy grootskaalse collages wat hy geskep het uit herwinde advertensieborde en ander materiale wat hy in die stadstrate versamel het. Hy het geleidelik voowerpe begin insluit in kombinasie met sy ekspressiewe collages waarin die lewe in die township en die stad die hoofonderwerp is. Mense wat vir die eerste keer stem, skinder, swaarkry om kos te kry en tyd by die sjebeen deurbring, is sommige van die tonele waarmee die kyker gekonfronteer word op n skaal wat meer as lewensgroot is.

VO
Kay Hassan. Shebeen 1997. Installasieaansig. VISUele kunste GRAaD 12

Hassan se ondervindings van die stadslewe word die beste voorgestel in installasies waar hy fotografie, video en akoestiese materiale in kombinasie met versamelde voorwerpe soos sakke en tasse gebruik het. Die lewe op straat in die dag word voorgestel as helder, lewendig en raserig, terwyl die lewe op die strate snags meer somber en gedemp voorkom. In die werke, Johannesburg by day en Johannesburg by night word sy daaglikse waarnemings lewend gemaak vir die galerybesoeker.

OR

BE

In sommige van sy werke is die herkontekstualisasie van gevonde voowerpe sy hoofdoel. Soos Duchamp het hy n nuwe konteks en denke oor die voorwerpe gekry. Die implikasies van die spesifieke voorwerpe wat hy gekies het, is steeds verbind aan die sosiale en politieke agtergrond wat Hassan self ervaar het. Die groot installasie, Gloves, stel die hande die arbeid van baie werkers voor, alhoewel die werk visuele trefkrag het ten opsigte van kleure, tekstuur en die rangskikking van die handskoene in hierdie komposisie.

EL
Kay Hassan. Gloves 1999. Handskoene en skoene op hout. Kay Hassan. Johannesburg by day. 19992000. Installasie-aansig.

Kay Hassan. The Flight. 1995-6. Installasie, Papierkonstruksie en fiets.

195

VO
Robin Rhode. Car on bricks. 2008. Muurtekeninge en twee hope bakstene. Robin Rhode. Ongetiteld (Yo Yo). 2005. Fotos van opvoering. VISUeLe kunste GRAaD 12

OR

Robin Rhodes (1976-) se werke is kombinasies van opvoerings, tekeninge, animasie en beeldhouwerk. Hy het fisiese interaksie met elkeen van die lewensgrootte muurskilderye wat dan gedokumenteer word deur fotografie of video om n storie te vertel. Sy mediums, seep, steenkool, verf en kalk is eenvoudig en efemeries. Die jeugkultuur in Suid-Afrikaanse townships, sosio-ekonomiese kwessies en kolonialisme is alles deel van sy onderwerpmateriaal. Deur op die mure in die strate te werk, verkry sy werke n sanderige estetika wat geassosieer word met graffit en hip-hop kultuur. Sy werke herinner ook aan vroe stilprente, stop-begin animasie, flip-boeke en Eadweard Muybridge se bewegingstudies van die 1880s. Sy eenvoudige narratiewe is speelvolle parodie van artistieke gebare, daaglikse vermaak, verbruikersbegeertes en klein misdade.

BE

Robin Rhode. Stone Flag. 2004. Fotos van opvoering. In hierdie werk lyk dit of die beeldhouvlag wat van rooi kleibakstene gemaak is buig in die wind terwyl dit geswaai word ter viering van die nuwe Suid-Afrikaanse demokrasie.

EL

196 Minette Vari (1968-) skep aanhoudend fotografiese en videowerke wat kommentaar lewer op haar posisie in die samelewing. In haar werke besin sy oor haar reaksies teenoor spesifieke aspekte wat sy as steurend of noemenswaardig genoeg gedentifiseer het om oor kommentaar te lewer. Sy gebruik haar liggaam as die sentrale figuur, maar transformeer dit heeltemal volgens die stelling wat sy in haar werk maak. Haar gebruik van videowerk laat haar toe om herkenbare vorms te verwring en te omskep. Die titels van haar videowerke, waarvoor sy baie bekend is, is kort, ongekompliseerde eenwoordbeskrywings wat historiese en soms mitologiese lae tot haar werk voeg. Baie van haar werke lewer direk kommentaar op die Suid-Afrikaanse samelewing en die gevolge van die land se geskiedenis en die kontemporre omgewing. Ten spyte van al hierdie kenmerke, kan haar werke ook in n universele sin beskou word. n Vroe grootskaalse projeksie, Oracle, verwys na die figure in Griekse mitologie wat die toekoms voorspel. In hierdie video, verskyn Vari as n kaal, misvormde skepping wat op n dieragtige manier rondbeweeg en haar verslind aan iets wat soos vlees voorkom, maar wat verwronge fragmente van nuusberigte is. Die werk verwys na Goya se skildery, Saturn devouring his children. Deur die instruksie van die orakel uit te voer, het Saturnus sy seun Chronos wat tyd beteken verslind en het hy gevolglik simbolies die geskiedenis verslind. In hierdie werk probeer die kunstenaar orde herstel deur die nuus te verbruik. Haar monsteragtige fiuur is n simbool van n post-koloniale identiteit wat handel oor die dubbelsinnige posisie om n wit vroulike kyker en deelenemer aan Suid-Afrikaanse geskiedenis te wees.
Minette Vari. Oracle. 1999. Video

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR
Minette Vari. Oracle. 1999. Video

Die voorstelling van mediabeeldmateriaal as dele van vlees verwys na die geweld en korrupsie wat aspekte van die media is. Die voorstelling van Vari wat die lyk van die mediabeeldmateriaal eet, wys na teenstellende houdings van afkeer en begeerte vir die geweld wat daarin opgeneem is.

BE

EL

197 Strijdom van der Merwe (1961-) is n landkunstenaar wat die materiale tot sy beskikking gebruik op die ligging waar hy werk. Hy skep abstrakte beeldhoukundige vorms wat meestal uit natuurlike materiale bestaan. In baie van sy werke word natuurlike elemente herwerk tot geometriese vorms wat interaksie met mekaar het en in kontras is tot die res van die omgewing. Die werke verander aanhoudend tot hul verdwyn en weer deel word van die landskap. In sy werke word die weerloosheid en verganklike aard van skoonheid erken. Sy werkproses behels om alleen binne die spasie te wees waar hy beplan om n werk te skep. Hierdie mediterende houding word deel van sy werke wat fokus op formele elemente soos kleur, tekstuur, vorm en komposisie. Die toeskouers van sy werke sal meer bewus word van hoe hierdie formele elemente reeds in die natuur bestaan en dat die kunstenaar se vaardigheid daarin l om dit voor enigiemand anders raak te sien. Sy landinstallasies word deur fotos gedokumenteer wat dien as n fragment van die herinnering van die werklike ondervinding van die werk.

OR
Strijdom van der Merwe.Verwydering van sneeusirkels op die gras, 2002. Litaue

VO
Strijdom van der Merwe. Lyne geteken met die sand van die ligging. 2009. KARoo Strijdom van der Merwe. Lyne geskep deur voete te sleep oor die sand. NOUP, Weskus VISUeLe kunste GRAaD 12

BE
Strijdom van der Merwe. Saagsels versamel in die oerwoud en in sirkels gerangskik. 2008. Duitsland.

EL

198 Faith47 (1979-) is n selfopgeleide kunstenaar van Kaapstad wat internasionaal bekend is vir haar graffiti of straatkunswerke. Sy het in n graffitikunstenaar ontwikkel vanwe haar belangstelling in punk asook enige rebelse vorms van musiek en skaats. In haar werke reageer sy op sosiale en eksistensile kwessies. Sy deursoek die strate vir liggings waar die omliggende spasie of reeds bestaande grafitti kan bydra tot haar stelling. Haar werke is maklik herkenbaar soos sy egalige en grafiese beelde skep wat kontrasteer met die omringende grieselrigheid van die stedelike omgewing. Baie van die woorde en beelde wat sy in die stedelike omgewing voeg, is metaforiese stellings oor menslikheid. Die gewilde en direkte boodskappe van haar beelde is n noodsaaklike deel van n publieke kunsvorm soos grafitti en die gehoor is enigiemand wat verbyloop en nie noodwendig beplan om na n kunswerk te kyk nie.

Faith47. The taming of the beasts. 2012. Shanghai.

VO
Faith47. The long wait. Johannesburg. Die figure van mans wat wag vir werk is geneem van die fotos van n vriend van Faith47. Die reeks werke is deur Johannesburg uitgesprei. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Deur graffiti-skilderye van renosters te maak wat voortdurend vermink word vir hul horings in die plek waar die horings van die hand gesit word vir medisinale doeleindes, het Faith47 die beeld van die renoster gekonstrasteer met die vervalle huise wat steeds bestaan terwyl die stad op hul spasie inbreuk maak. Die byna uitgewisde gemeenskapshuise is in dieselfde haglike posisie as die renoster.

199

William Kentridge (1955-)

VO

William Kentridge is in 1955 in Johannesburg in n ryk gesin gebore wat n geskiedenis gehad het as prominente prokureurs wat Apartheid teengestaan het. Sy pa het slagoffers van Apartheid in die hof verteenwoordig. As n tiener het Kentridge toegang tot n kunsopvoeding gehad by n nie-rassige privaat kunsskool, die Johannesburgse Kuns-stigting wat deur die kunstenaar Bill Ainslie gestig is. Na Kentridge n BA-graad in Politiek en Afrika-studies aan die Universiteit van die Witwatersrand in 1976 behaal het, het hy by die Johannesburgse Kuns-stigting studeer, waar hy in afdrukmaak gespesialiseer en uiteindelik onderrig gegee het. Hy het begin om uit te stal by die Markteatergalery, maar het toe besluit om van rigting te verander deur in 1982 n kursus in mimiek en teater te voltooi. Na dit het hy aktief betrokke geraak in rolprent- en teaterproduksies in Johannesburg as skrywer, akteur, regisseur en stelontwerper. Hierdie verskeidenheid leer- en werkondervindings het hom voorberei vir sy loopbaan as n visuele kunstenaar wat in teken spesialiseer, maar dit kombineer met ander media soos film.

Invloede en ontwikkeling van tegniek Kentridge beskryf Dumile Feni as die belangrikste plaaslike kunstenaar wat Dumile Feni. Untitled.1976. Cont op swart papier. hom benvloed het. Hy is blootgestel aan Feni se groot ekspressiewe houtskooltekeninge en klein, maar intense balpuntpentekeninge by die Johannesburg Kuns-stigting waar Bill Ainslie swart kunstenaars ondersteun het deur materiale en ateljeespasie te voorsien en soms verblyf by sy eie huis aan hulle te bied. Feni se uitbeeldings van die lewensomstandighede van Swart mense onder Apartheid het n groot indruk op Kentridge gemaak wat die abstrakte en konsepsuele kuns, wat onder die invloed van Noord-Amerikaanse en Europese kunstenaars gegenereer is, heeltemal irrelevant tot die Suid-Afrikaanse konteks beskou het.

OR

BE

EL

Ek was nie in staat om uit Johannesburg te ontsnap nie. Die vier huise waarin ek gewoon het, my skool en my ateljee was almal binne drie kilometer van mekaar. En in die einde is al my werk geanker in hierdie taamlik desperate provinsiale stad. Ek het nooit probeer om illustrasies van Apartheid te maak nie, maar die tekeninge en films het definitief ontstaan as gevolg van en voer van die gebrutaliseerde samelewing wat Apartheid agtergelaat het. Ek is genteresseerd in politieke kuns, dit is te se n kuns van dubbelsinnigheid, teenstelling, onvoltooide gebare en onseker eindes. n Kuns (en n politiek) waarin optimisme in toom gehou word en nihilisme in gedwang gehou word.

VISUeLe kunste GRAaD 12

200 Ten spyte van die voor die hand liggende verwysings in sy weke na baie bekende ikoniese Westerse kunswerke, is die invloed van die kunstenaars wat kommentaar gelewer het op politieke en sosiale omstandighede deur die hor klas samelewing te bespot en te ontbloot ook herkenbaar. Kunstenaars soos William Hogarth, Goya, Daumier, Max Beckmann, Otto Dix, George Grosz en Kthe Kollwitz word hier ingesluit. Hy het ook inspirasie gekry uit die styl en voorstelling van Francis Bacon se werke wat duidelik blyk in sy vroe belangstelling van die gebruik van triptiek as formaat. Dit was verwant aan sy gebruik van film, aangesien hy stilstaande William Hogarth. Marriage A-latekeninge kon skep wat die kyker kon inneem deur van Mode. 1745. Gravering en ets. een paneel na n volgende te kyk. Hierdeur het Kentridge n soort wanplasing van ruimte gesien waar die kunstenaar n spasie kon herhaal of n aaneenlopende spasie kon skep en dit dan kon onderbreek deur dit nie te plaas in die beelde in die verwagte verhouding tot die volgende paneel nie. Die metamorfose van beelde deur hierdie prente-effek kom ooreen met die manier waarop hy beelde toelaat om in sy films te transformeer.

OR VO
Kthe Kollwitz. Revolt (By the gates of a park). 1897. Ets. VISUele kunste GRAaD 12 George Grosz. Toads of property. 1921. Pen- en inktekening.

BE
Max Beckmann. Before the masked ball. 1934. Olie op doek. Daumier. Legislative belly. 1834. Litograaf. Goya. The sleep of reason. 1797-1998. Ets met akwatint.

EL

201

Francis Bacon. Figure with meat. 1954. Olie op doek.

Otto Dix. Cartoon for Metropolis (Triptych). 1948.

VO

Die films waarvoor hy nou wreldbekend is, het hul kenmerkende voorkoms te danke aan die kunstenaar se tuisgemaakte animasietegniek, wat hy beskryf as steentydperk-filmmaak. Gebaseer op die lae-tech- tegniek van houtskooltekeninge is die vermenging van teken en tuisgemaakte animasie n belangrike deel van sy belangstelling in inhoud wat uit die proses van teken ontwikkel. Die simboliese beelde wat Kentridge gebruik, verander dikwels in iets anders n kat verander in n tiksmasjien of liggame word deel van n

Kentridge besig om op n collage van geskeurde papier te werk. Tydens die proses, word elke verandering tot n beeld afgeneem en dan saamgevoeg om n film met beweging te skep. VISUeLe kunste GRAaD 12

OR

BE

Algemene kenmerke van Kentridge se werke Kentridge kan nie as n kunstenaar in een spesifieke medium geklassifiseer word nie omdat hy voortdurend eksperimenteer met verskeie soort media teken, afdrukmaak, collage, beeldhouwerk, animasies, lewende opvoeringstukke, installasies, film, teater, opera, skadutoneelstukke en meganiese poppespel om sy beelde visueel oor te dra.

EL

landskap. Vanwe sy rustelose aard het hy besluit dat sy tekeninge slegs een deel is van die visuele storie wat hy wou vertel. Hy sou elke deel van die storie verfilm soos voorgestel deur sy tekeninge en sou hulle saam sit. Dus kon hy n meer voltooide weergawe van sy idees oordra.

Die animasies is met moeite geskep deur elke tekening wat op die vorige een volg af te neem. Soos die nalatenskap van vorige tekeninge op die oppervlak van die papier versamel, word elke finale tekening n palimpsest wat die herinneringe van n volgorde bevat. Hierdie opeenvolgende fotos skep n narratief van filmbeelde. Die resultaat is n geprojekteerde houtskooltekening waar lyn misterieus op die skerm ontvou met n wil van sy eie, die kunstenaar se hand bly ongesiens. Elkeen van die finale filmverwante tekeninge verteenwoordig die laaste in n reeks stadiums wat geskep word deur opeenvolgene merke en deurhalings.

202

Kentridge werk aan n tekening.

Tekentegniek en styl Om te teken is vir Kentridge die belangrikste deel van kunswerke. Hy beskou dit as n weergawe van sy gedagtes in stadige beweging, n manier om die betekenis van lewe op aarde te oorweeg. Hy werk hoofsaaklik met houtskool op papier. Hierdie aanhoudende gebruik van houtskool het monochromatiese werke tot gevolg met n baie kenmerkende ekspressiewe sensuele kwaliteit. Die insluiting van een of twee kleure in sommige tekeninge trek aandag na n voorwerp of beeld. Die styl van sy tekeninge gee sy films n sterk handgemaakte kwaliteit wat beskryf word as uitdagend vuilerig en doelbewus primitief .

VO
Kentridge se selfportrettekeninge wat getransformeer is vir die film, Medicine chest, wys die tegniek van uitvee wat Kentridge gebruik om geanimeerde films te maak, 2000. Houtskool op papier.

Kentridge beskou houtskool as n uitstekende medium om vir sy geanimeerde films te gebruik aangesien die tonale waardes maklik oordraagbaar is tot die medium van film. Houtskool kan verder maklik verander word deur vorige tekeninge uit te vee en om oor hulle te teken. Die medium van tekening word gesien as n vinnige en direkte tegniek waardeur die potensiaal vir kommunikasie verbeter word.

VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

Werke in vordering in Kentridge se ateljee van Weighing and wanting. 1997-1998.

EL

D
Kentridge werk op die video-animasie vir I am not me, the horse is not mine in sy ateljee in Johannesburg, 2008.

203 Wanneer Kentridge begin om n film te skep, het hy gewoonlik een of twee beelde as n beginpunt, maar het nog nie n draaiboek of beelddraaiboek uitgewerk nie. Die proses om n narratief te skep, is dus gebaseer op onmiddellike besluite wat ontwikkel tydens en vanuit sy tekenproses. n Basiese toneel word geteken, afgeneem en, soos voorheen verduidelik, word honderde veranderinge tot daardie raam of toneel gemaak om n volgorde te skep wat sommige vorm van beweging uitbeeld. n Film wat agt minute duur, lei tot ongeveer 20 tot 40 voltooide tekeninge. Die gebrek aan kleur in sy tekeninge is betekenisvol en kan op n verskeidenheid maniere genterpreteer word. Baie van die kunstenaars wat n invloed op Kentridge se werk gehad het, het hierdie gebrek aan kleur gebruik om die kommentaar wat hulle gemaak het te beklemtoon. Dit is ook n verwysing na swart-en-wit flieks. Sy gebruik van swart en wit word ook genterpreteer as hard, grafies en gestroop om die grimmigheid van die situasie waarop hy kommentaar lewer te beklemtoon.

VO

OR

Ondwerp Kentridge gebruik n groot verskeidenheid verwysings en beelde uit die internasionale en plaaslike pers, historiese gebeure en dokumente, literatuur, films, opera, teater, kunsgeskiedenis, geloof en sy persoonlike lewensondervindings. Die algemene idee van sy onderwerpe word genterpreteer as n spiel van huidige gebeure in SuidAfrika. Hoewel sosiale en politieke kommentaar nie duidelik sigbaar is in sy werke nie, is dit nie die hoofbedoeling van die kunstenaar nie. Hy voel dat hy besig is om die ingewikkelde interne veranderinge binne mense te ondersoek wat sigbaar raak soos hul reaksie, of gebrek aan reaksie, bekend raak in die veranderende omstandighede in die land.

BE

EL

D
William Kentridge, Uittreksel van die film Felix in exile, 1994. Hierdie reeks beelde wys die slagting van mense weens die Apartheidsbeleid. Hier word een liggaam uitgebeeld terwyl dit besig is om te disintegreer en deel van die landskap word wat dus die Suid-Afrikaanse samelewing waarsku oor die gevare om hul pynlike verlede en identiteit te verdoesel en te vergeet. Kentridge het rooi lyne gebruik om die vorm van die liggaam te omlyn en die bakenpale wat die liggaam omring. Die rooi lyne kan verwys na are en kom voor of dit al is wat oor is na die liggaam in die landskap geabsorbeer is. William Kentridge. The Conservationistss Ball. 1985. Houtskool en pastel op papier. VISUeLe kunste GRAaD 12

204 In sy uitbeeldings van sy werkmetodes beklemtoon hy die feit dat hy ook reageer op die fisiese ondervinding wat deel is van teken asook die medium van houtskool en die beperkte gebruik van kleur. Die ontwikkeling van temas of onderwerpe in sy werke is dus gekoppel aan die proses om kunswerke te skep. Die menslike liggaam is n sentrale en dominerende element van sy kunswerke. Hy gebruik die effekte van menslike figure wat in tyd beweeg om idees te kommunikeer. Baie van sy werke bevat landskappe wat verwys na die altyd veranderende fisiese en sosiale omgewing van Suid-Afrika. Dit plaas die gebeure wat in sy animasies ontvou in n natuurlike ligging, maar daar word duidelik inbraak gemaak op die natuur deur kultuur in die vorm van mense en alles wat met hulle gepaardgaan gaan. Sy somber voorstellings van die Suid-Afrikaanse landskap kan beskou word as die teenoorgestelde van tradisionele weergawes wat die skilderagtige skoonheid van die land beklemtoon. Die idee van voortdurende verandering word voorgestel in tonele waar hy die verwoesting van geboue, die beweging van mense, vloede, transformasie of verdwying van figure weerspiel deur hul met koerante te bedek, hul in water te dompel of hul eenvoudig deel van die aarde te laat word.

VO
William Kentridge. The Boating Party. 1985. Houtskool en pastel op papier. Hierdie triptiek is deur Kentridge beskryf as n toneel wat n gevoel van welstand in die wreld uitbeeld, n visie van n toestand van genade in n behaalde wreld. Die Suid-Afrikaanse weergawe van hierdie toneel wys die onderliggende chaos en gruwels wat n integrale deel van die Suid-Afrikaanse samelewing is. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Dit stel ook die kortstondige aard van herinnering voor en vanwe dit die vernietiging van die geskiedenis. Belangrike strukture, mense en gebeure word eenvoudig uit tonele gevee, soos kwynende herinneringe uit n mens se gedagtes verdwyn. Dit kan ook genterpreteer word as n

BE

EL
William Kentridge. Tekening van die film Weighing and wanting. 1997. Houtskool op papier.

metafoor vir die onderdrukking van die kennis van feite, idees en herinneringe. Die visuele effek is di van n samelewing wat besig is om te disintegreer. Binne sy potiese veroordelings van die geweld wat die gevolg van Apartheid, industrialisasie en uiterste kapitalisme is, spreek Kentridge n wye spektrum kwessies aan. As n kunstenaar uit n bevoorregte wit agtergrond met n Joodse etniese

205 erfenis het hy die onderwerpe van ongelykheid, menslike lyding, misbruike van mag, seksualiteit, rassisme, die skuldige gewete en verlossing van n persoonlike uitgangspunt aangespreek. Die individuele en private krisisse van die protagoniste in sommige van sy narratiewe is gestel teen die agtergrond van die toenemende stryd van die massa onderdrukte mense in Suid-Afrika. Die private word teen die publieke gekontrasteer en dit word gedoen deur die bourgeois intimiteit binne die omliggende politieke geweld bloot te stel. Aan die een kant wys dit vir die kyker die volharding van persoonlike gebeure, selfs binne n uiterste situasie en aan die ander kant stel dit die gebrek aan gevoel en onbereidwilligheid bloot van die minderheidsgroep wat ekonomies bemagtig is en wat ook per toeval blank is. Die narratiewe wat Kentridge skep is vloeibaar en die stories ontwikkel deur simboliese verskuiwings van klem. Die gelaagdheid van betekenisse en beelde is belangrik in die films. Hy gebruik simboliese beelde om rigting aan n storie te gee en deur dit skep hy idees in die kyker wat gebaseer is op tonele wat nie deel is van die logiese wreld nie, maar verstaanbaar binne die Suid-Afrikaanse konteks is. Sy werke het bygedra tot die proses om n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit te vorm. Met betrekking tot die sosiale en gevolglike politieke interpretasie van sy werke, het Kentridge die volgende antwoord: Die politieke proses is een element van die films Sommige mense verskaf n taamlike eng politieke interpretasie en s dat dit ooreenstem met hierdie oomblik in Suid-Afrika. Maar ek dink dat daar ander mense is wat s dat die films oor spasie tussen die politieke en die persoonlike wreld handel, en die mate waarin politiek sy weg in die privaatarea vind. Soms is dit of die films moet voortgaan met n sosiale saga, maar dit is nie hoe hul begin het nie, en dit wil voorkom of dit n gevaarlike manier is om hulle in te probeer stuur. Ek dink dit het meer te doen met veranderinge in myself. Dinge wat meer seker gevoel het agt jaar gelede, voel nou minder seker. Dit het beslis polities meer ingewikkeld geword. SuidAfrika is n totaal verskillende politieke plek, beslis minder interessant vir die buitewreld , maar meer ingewikkeld vir die mense in die land.
Renoir. The Luncheon of the Boating Party. 1881. Olie op doek.

VO

Voorbeelde van Kentridge se werke: Tekeninge vir projeksie Johannesburg, 2nd Greatest City after Paris. 1989.

Hierdie animasiefilm is vir Johannesburg se 100ste herdenking geskep. Dit is die eerste in n reeks van nege kort geanimeerde films wat tussen 1989 en 2003 geskep is. Die sentrale karakters wat in die werke voorkom, is Soho Eckstein, n produktiewe, maar gevoellose ryk industrialis, Felix Teitlebaum, Soho se alterego wat n onproduktiewe, kunstenaar en minnaar is, mevrou Eckstein, Soho se vrou, asook n groot, anonieme groep werkersklas Swart mense.
William Kentridge. n Raampie uit Johannesburg, 2nd Greatest City after Paris wat Soho Eckstein uitbeeld. 1989. VISUeLe kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

206

Hierdie stadig bewegende animasie word onderbreek deur titels wat die kyker in die storie in lei. Stellings in hoofletters, soos Soho buys half of Johannesburg, Soho takes on the world en Soho feeds the poor, is skakels tussen tonele wat Soho karakteriseer. Die naam Eckstein beteken hoeksteen in Duits en hy is fisies gebou soos iemand wat n hoeksteen kon wees, maar sy gebrek aan morele waardes en gevoel maak dit n ironiese van. Hy word altyd van voor in die films gesien en is altyd aangetrek in sy strepiespak.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

In die reeks geanimeerde films word Soho Eckstein se gierigheid, eensaamheid en disintegrasie uitgebeeld. In Johannesburg, 2nd greatest city after Paris, word Soho se ongergdheid oor die emosionele behoeftes van sy vrou en die werkers in die myn, gewys as deel van sy gevoellose temperament. Hy word uitgebeeld waar hy gulsig eet van n tafel wat belaai is met kos en drank. Hy prop die kos in sy groot mond in en lek sy lippe blatant. Die werkers begin om n beskuldigende, eindelose lang ry te vorm, maar Soho ignoreer hulle en gooi uiteindelik gekoude vleisbene in hul gesigte.

BE

Kentridge beeld sy tuisstad, wat hy beskryf het as n desperate provinsiale stad, uit en die 2nd Greatest City after Paris. Die liggings is herkenbaar as n besige metropool en word dramaties versterk deur die musiek van Duke Elllington.

EL

Die titel vir hierdie film en die name van die karakters is afgelei uit drome wat Kentridge aangeteken het. Die idee vir die rolprent het ook uit twee drome ontwikkel. Dit het as n enkelnarratief begin wat in n narratief ontwikkel het. Die eerste was die optog deur die landskap en die tweede die vis in een hand. Die beeld van die roekelose maar skuldbelaaide Soho Eckstein is gemodelleer op n foto van Kentridge se oupa wat aangetrek is in n donker strepiespak. Felix Teitlebaum, wat kaal uitgebeeld word, weerspiel duidelik Kentridge self en later in die reeks begin Soho ook soos Kentridge lyk. As gevolg van die twee karakters meer ingewikkeld soos Kentridge kommentaar lewer op persoonlike ondervindings deur middel van die twee mans wat as William Kentridge.n Raampie uit Johannesburg, 2nd Greatest City after Paris wat Felix Teitlebaum toon. 1989. alteregos in die reeks films optree.

William KentridgE, n Raampie uit Johannesburg, 2nd Greatest City after Paris, wat die naamlose skare werkers wys. 1989.

207 Die gebrek aan innerlike of emosionele lewe kontrasteer sterk met di van Felix Teitlebaum wie se kaal figuur altyd van die kant of van agter gesien word en wat met gevoelens oorvloei. Hy word aan die film voorgestel met die opskrif Captive of the City wat geskryf is op n advertensiebord wat bo die chaos van n besige stadstoneel uittoring. Sy karakter is sensitief teenoor die gevoelens van ander, soos mevrou Eckstein. Sy naaktheid

William Kentridge. Soho en mevrou Eckstein in n swembad uit die film Sobriety, Obesity and Growing Old. 1991. Houtskool en pastel op papier.

dra by tot die idee dat hy n weerlose karakter is wat blootgestel word aan die elemente en niks het om hom teen hulle te beskerm nie.

Soho se vrou is n sekondre figuur en ons hoor nooit haar naam nie. As n verlate vrou reageer sy op die verleiding van Felix Teitlebaum se erotiese aandag waarvan weelderige blou water n metafoor is. Dit beklemtoon die verskil in karakter tussen Soho en Felix. Soho se wreld bestaan uit die groot woesteny van Johannesburg wat vinnig gevul word met die naamlose skare swart mynwerkers. Sy aksies in sy omgewing is n analogie vir sy verhouding met sy vrou soos sy langs die pad gelaat word. Oor die algemeen is Soho n wrede metafoor vir die inwerkstelling en uitwerking van kolonialisme en kapitalisme in Suid-Afrika. Tydens die reeks van nege films met die volgende titels, Monument, Mine, Sobriety, Obesity and Growing Old, Felix in Exile, History of the Main Complaint, Weighingand Wanting, Stereoscope en Tide Table, word n storie rondom hierdie twee karakters geweef. Hul ondervindings van die lewe en die uitwerking van die

VO

OR
William Kentridge, Geselekteerde raampies uit Sobriety, Obesity and Growing Old. 1991. Houtskool en pastel op papier. VISUeLe kunste GRAaD 12

BE

As gevolg van die teenstand van die twee karakters, Soho en Felix, word teenoorgesteldes as deel van die boodskap gempliseer, soos Beskawing versus Natuur, Gevlek versus Suiwer en dus Boos versus Goed. Soho word voorgestel as iemand wat betrokke is by aksies wat die lewens van ander mense fisies benvloed terwyl Felix as n toeskouer uitgebeeld word.

EL

208 politieke en sosiale klimaat in Suid-Afrika tydens en na die jare van Apartheid en hul interaksie met ander mense en die omgewing is die sentrale onderwerp. Die hoofkarakters is teenoorgesteldes en verskil baie van mekaar aan die begin van die reeks. Hulle begin later in die reeks dieselfde lyk. Deur hierdie reeks, het Kentridge daarop gefokus om n kenmerkende Suid-Afrikaanse ondervinding, en meer spesifiek, n wit ondervinding uit te beeld. Hy lewer kommentaar op die manier waarop sommige wit mense opgetree het as gulsige uitbuiters van Swart mense, hoe hul hulle persoonlike lewens kon gelei het vanwe hulle gulsigheid en onsensitiwiteit en hoe hulle uiteindelik tekens van berou begin toon het. Hy wys ook die uitwerking van hierdie stelsel op mense soos Felix, wat nie in beheer was nie, maar wat n toeskouer van die uitbuiting was. Mense soos Felix het die skade aanskou, het empatie getoon en het die emosionele gevolge gevoel om gempliseer te word as begunstigdes van die Apartheidstelsel, maar het voorgekom as ondoeltreffend, stemloos en meer betrokke by hul persoonlike probleme as om te probeer om deel te neem daaraan om die situasie te verander. Die gevolge van die stelsel van die onderdrukking van Swart mense word regdeur die films gewys en word gestel teen die toenemende gevoel van verlies, skuld en spyt in Soho sowel as Felix. Hulle stel n Suid-Afrikaanse bewussyn voor. In n universele konteks, opper die films vrae oor mense se verantwoordelikheid oor wat rondom hulle gebeur.

OR

BE
William Kentridge. Geselekteerde raampies uit Felix in Exile. 1994. Houtskool en pastel op papier. William Kentridge. Geselekteerde raampies uit History of the Main Complaint. 1996. Houtskool en pastel op papier.

VO
William Kentridge. Geselekteerde raampies uit Tide Table. 2003. Houtskool en pastel op papier. VISUele kunste GRAaD 12

EL

William Kentridge. Selected frames from Monument. 1990. HOUTSKOOL EN pastel OP papIer.

209 Shadow Procession Die tema van Ubu, die karakter uit n opvoering, Ubu Roi, deur die absurdistiese draaiboekskrywer Alfred Jarry, is in die optog gentegreer. Kentridge het reeds uitgebreide kennis van die karakter Ubu gehad. As n aspirant-akteur, het Kentridge ook in n opvoering opgetree wat Ubu Rex genoem is, n aanpassing van die oorspronklike in 1975. Hierdie ondervinding het gelei tot sy herinterpretasie van die karakter in n verskeidenheid werke. Hy het n reeks etse in 1996 geskep wat hy Ubu tells the truth genoem het. Daarna was hy die regisseur in Jane Taylor se verwerking Ubu and the Truth Commission, waar die Jarry-opvoering gesintetiseer is met die verrigtinge van die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) wat in 1995 in Suid-Afrika ontstaan het in n poging om n forum te skep vir herstellende geregtigheid na die misdade wat tydens die Apartheidsjare gepleeg is. In die geanimeerde film, Ubu tells the truth (1997), het Kentridge die stop-beweging animasietegniek gebruik waarvoor hy teen daardie tyd bekend was. Lyntekeninge wat afgeneem is, sommige in wit op n swart agtergrond, is gekombineer met dokumentre filmbeeldmateriaal, fotos en collagefigure uit geskeurde papier. Regdeur die film word die beeld van n oog op verskillende maniere gebruik wat herinner aan waarnemingstegnieke, geheime wapens wat deur die Apartheidsregering gebruik is in hul stryd teen die opstand teen dit en die idee van ooggetuiebeskrywings van gruweldade.

William Kentridge. Ubu Tells the Truth. 19961997. Akwatint op dropuntetse.

Foto van n toneel van die verhoogstuk Ubu and the Truth Commission deur Jane Taylor, met regie deur William Kentridge.

VO
William Kentridge. Geselekteerde raampies uit die film Ubu tells the truth. 1997.

OR

BE

EL

Die idee van die oog word verbind aan die bose doeleindes van die magsbehepte leier, voorgestel in die vorm van Ubu, wat uitgebeeld word met n puntkop en n ronde spiraalmaag. Die film herroep ook beskrywings van bomaanvalle, marteling en mense wat gehang is wat by die WVK voorgel is.

VISUeLe kunste GRAaD 12

210 In Shadow procession het Kentridge slegs uitsnysels in silhoeet en geskeurde papierfigure met geen tekeninge daarop gebruik. Na die film begin met n stadige, skaduweeagtige prosessie verander dit na n meer duidelik gedefinieerde mars waarin n volgorde van gewonde en gestremde figure, n struktuur wat soos die galg lyk, n figuur wat n stort trek, en mense wat hul besittings dra beweeg almal vorentoe in n soort kettingbende. Ewe skielik rys Ubu se ronde figuur, voorgestel deur n skadumarionet, van n gat of kis uit en hy begin n dans wat lyk of iemand sy gewig rondgooi en in die proses lyk dit of hy n pistool swaai, voorgestel deur die vorm van sy hand. Hy is n vreesaanjaende, dreigende figuur en dit word beklemtoon deur die chaotiese harde geluide van n skeeuery en metaal wat teen mekaar geskraap word. Na n kort onderbreking van donker gaan die optog voort op n meer energieke vlak met tradisionele trekklaviermusiek in die agtergrond en die geluide van mense wat skree of hul die marsjeerders aanpor.

William Kentridge. Geselekteerde raampies uit die film Shadow Procession. 1999. Collage van geskeurde papier.

OR VO
William Kentridge. The Bridge. 2001. Brons en boeke. Die figure in hierdie beeldhoukundige installasie is verwant aan die figure in Shadow Procession. VISUele kunste GRAaD 12 William Kentridge. Shadow Procession het op Times Square in New York gewys in 2008.

BE
William Kentridge. Portage. 2000, Trekklaviergevoude gellustreerde boek met geskeurde bladsy op ensiklopediebladsye gemonteer op papier. Kentridge het die figure van Shadow Procession in hierdie collage uitgebeeld.

EL

211 Manlike en vroulike figure neem deel en sommige van hulle word uiters gewelddadig, en onthoof ander. Sommige figure kom nie menslik voor nie en is mengsels van dieragtige liggame en skerp mesagtige of skragtige koppe. Die bui en pas van die optog verander soos die musiek omskep word tot n skreeuende weergawe van What a friend have we in Jesus. Mense dra nou vlae en boeke, gevolg deur mense wat lyk soos soldate wat terugdeer uit die oorlog met afgesitte bene, wat kruppel saamstap. Sommige stap gebukkend onder die gewig van hul las en n groep mans volg mekaar blindeings deur vas te hou aan die skouer van die persoon voor hom. Kinders word gedra en n man kom verby terwyl hy n figuur in n kruiwa stoot. Vlae en grawe word rondgeswaai asof in oorwinning, gevolg deur n dooie man wat van die galg af hang. Mense preek vanaf podiums en megafone op wiele volg hulle. Karre en pakkies word groter en verander in geboue. Die laaste man trek klaarblyklik n hele stad of die hele land langs hierdie optog soos sy pakkie die skerm in donkerte omhul. Deur skaduwees te gebruik, is die figure wat Kentridge uitbeeld anoniem en veralgemeende What will come (has already come) weergawes van mense. Kentridge verwys na Plato se Allegory of the cave in hierdie film. In die allegorie, leef mense soos gevangenes vasgeketting aan die muur van n grot wat al die tyd uitgekyk het op n le muur. Hulle sien hoe goed gebeur deur die skaduwees wat op die muur gegooi word wanneer mense verby die vuur agter hulle loop. Hulle glo dat wat hul sien die werklikheid is aangesien dit al is wat hulle kan waarneem. Plato verduidelik dat die filosoof soos n bevryde gevangene is wat besef het dat die skaduwees nie die werklikheid voorstel nie en dat hy die ware vorm van werklikheid kan sien, anders as die skaduwees wat deur die ander gevangenes waargeneem kan word. In hierdie interpretasie van die Allegory of the cave beeld Kentridge die verdrywe optoggangers ook as gevangenes uit, maar die implikasie van die toneel is dat die mense weg loop van iets af, dat hulle probeer om die chaos te ontsnap. Dit wil voorkom of hulle op soek is na kennis, wat gesimboliseer word in die voorstelling van mense met boeke. Die allegorie stel vir Kentridge die toneel vir die reis na kennis, of weg van ideologie of n vals bewussyn, of van voorkoms tot substansie voor.

VO

Ek is genteresseerd in masjiene wat jou bewus maak van die proses om te sien en om jou bewus te maak van wat jy doen wanneer jy die wreld konstrueer deur daarna te kyk. Dit is interessant opsigself, maar meer as n breedgebaseerde metafoor vir hoe ons die wreld verstaan. - William Kentridge

Die titel van hierdie kunswerk is gebaseer op n Ghanese spreekwoord. Dit is n reaksie op die Italiaanse Facsistiese inname van Abbesini (Ethiopi) en die onvermo van die Volkebond om n lidstaat teen inname te beskerm. Kentridge lewer ook kommentaar op die effek van menslike geskiedenis, vooruitgang en alle oorlo.

OR

BE

EL

William Hogarth. Zoomorphosis (detail). circa 1750, Etse gemonteer op eikehout, spielbeeldsilinder en mahoniehoutomslag.

VISUeLe kunste GRAaD 12

212

Installasie-aansig van Kentridge se uitstalling, Seeing double by die Marian Goodman Galery in New York, 2008. Die werk What will come (has already come) was die sentrale figuur van hierdie uitstalling wat ander werke ingesluit het wat verwant daaraan is om iets twee keer te sien soos die titel van die uitstalling voorstel.

OR

Soos die titel beklemtoon die werk self die sikliese aard van geskiedenis. Kentridge het n reeks anamorfiese tekeninge gemaak wat slegs kan verskyn op n konvensionele manier wanneer waargeneem in die staalsilinder in die middel van die skyf waarop die reeks houtskooltekeninge geprojekteer word. Die anamorfiese tegniek wat Kentridge gebruik het om die tekeninge te skep, dateer terug na die 16de eeuse uitvinding waarin verwronge beelde leesbaar word wanneer hulle gesien word in die weerkaatsing van n spiel wat teen n regte hoek tot die tekeningoppervlak gehou word. Die tegniek trek aandag na sien en verwys na Kentridge se fassinasie met masjiene en die verskeidenheid maniere van sien. Om na die werk te kyk, word ontwrig deur die visuele effekte om na verwronge en konvensionele beelde gelyktydig te kyk en is verwant aan sy kommentaar oor die uitwerking van oorlog op die samelewing. Die ware geprojekteerde beeld is die een wat in die spiel weerspiel word. Dit is die kyker se taak om na die beelde te kyk en om n begrip te skep van hoe betekenis uit albei gekonstrueer word. Deur na hierdie werk te kyk in n verdonkerde kamer met die beelde wat geprojekteer word op die spinnende tafel en dan weerspiel word op die silindriese kern, skep die indruk van n kristalbal wat die toekoms te laat voorspel. Kentridge bied nie vir die kyker n definiewe storielyn nie, maar deurtrek narratiewe en visuele fragmente. Die beelde herhaal aanhoudend en deur die ronde vorm van die werk word dit n nimmereindigende opeenvolging van herhalende gruwels.

VO
William Kentridge. What will come (has already come). 2007. Staaltafel, silindriese staalspiel en 35 mm geanimeerde film oorgedra op video, 8:40 min. VISUele kunste GRAaD 12

BE

EL

213 Die geprojekteerde tekeninge begin met die maan of n lig wat op water weerkaats word, n misterieuse vorm wat die water roer. Kolle lig beweeg in die verdonkerde naglug en dit skep die effek van die beweging van die sterre. Dit verander na n wit agtergrond met die stippellyne wat in alle rigtings beweeg, wat lyk of dit die vlugte van Italiaanse bomaanvallers na hul teikens toe uitbeeld. Hierdie stippellyne wat geskep is deur die insluiting van n vlieg, is van ontbinding of besmetting. Die vlieg verander in n bomwerper wat verby vlieg en in n sproei vuurwerke verander wat twee profiele word van n Europese man wat die indruk skep van n tweegesig Janusgesig. Dit verander in n William Kentridge. What will come (has already come). 2007. Staaltafel, silindriese staalspiel en 35 mm geanimeerde film perd en n bok wat op- en afbeweeg soos oorgedra op video, 8:40 min. diere op n mallemeule. Dit kom voor of n swart vrou in n oop landskap l met pale wat drade of merkers van n gebied kan wees. n Duif vlieg oor die landskap en word die enigste sigbare figuur. Die landskap word n klein nedersetting wat gedomineer word deur n yslike figuur wat bestaan uit n ronde liggaam met bene van elektriese spantorings wat reg deur dit gaan. Die bene verdwyn en die yslike liggaam word n donker maan wat oor die klein dorp sweef. Die beeld van n mallemeule word verder geneem met die bomwerper wat in n vol verander wat n duif of n arend kan wees. n Reeks gediertes soos n wolf, n renoster, n man wat bagasie dra, n middeljarige wit man en n kaal vrou wat l, flits verby. Hulle verander in meer vereenvoudigde vorms soos n geweer, n renoster en n vol wat weer soos mallemeulfigure lyk. n Klein dorp word deur groot missiele gebom en veroorsaak totale verwoesting. n Manlike liggaam disintegreer en word alternatief heel. Dit verander in n kameel en n wolfagtige figuur. Dan beweeg n optog van mense wat met hul besittings loop verby. Die groot vlieg verskyn weer.

VO

OR
William Kentridge. What will come (has already come). 2007. Staaltafel, silindriese staalspiel en 35 mm geanimeerde film oorgedra op video, 8:40 min. William Kentridge. What will come (has already come). 2007. Staaltafel, silindriese staalspiel en 35 mm geanimeerde film oorgedra op video, 8:40 min. VISUeLe kunste GRAaD 12

BE

EL

214 Die verwoeste landskap word weer gebombardeer en niks bly oor nie. n Gasmasker met n olifantagtige asempyp marsjeer amptelik rond en dans n skrikwekkende dans asof dit rondom n meiboom sirkel. Die toneel verdwyn in n grys spasie wat n wit spasie word en dit skep die indruk van algehele leegheid. Hierdie werk vereis nabye interaksie met die kyker omdat ons nader moet beweeg om te kan sien wat aangebied word. Kentridge konfronteer die kyker deur die aanhoudende veranderende

William Kentridge. What will come (has already come).2007. Staaltafel, silindriese staalspiel en 35 mm geanimeerde film oorgedra op video, 8:40 min.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

William Kentridge. What will come (has already come).2007. Staaltafel, silindriese staalspiel en 35 mm geanimeerde film oorgedra op video, 8:40 min.

menigte beelde wat aan gebeure in die verlede verwant is. Soos in sy ander geanimeerde films wat duidelik handgemaak is, trek hierdie werk aandag na n ouer tegnologie wat die digitale era vooruitgaan. Geen van sy tekeninge het die netjiese afgeronde voorkoms van huidige geanimeerde films nie. Die idee van die driedimensionele fliek word voorgestel op n eenvoudige analogiese manier omdat anamorfiese tekeninge deel van die kunstenaar se taktiek was om kykers te vermaak as n metode van verrassing en dit verwys na n fantasiewreld van onbeperkte vorms en visies. Hierdie vermaakmetode is deel van Kentridge se strategie om die kyker te laat dink oor die relatiwiteit van visuele persepsie. Hy kombineer die onderwerp met kolonialisme, facsisme en tiranie met n gesofistikeerde spel van geprojekteerde tekeninge, die weerspieling van die geprojekteerde beelde en die visuele effekte van transformasie.

OR

BE

EL

215

5.2

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Aan die een kant is dit die plesier van die optiese illusie as jy dink jy herken wat jy sien, maar nou is dit iets heeltemal anders. Maar dit is ook oor chaos, wat ons op n manier in n patroon van samehangendheid forseer ten opsigte van hoe ons sin maak van die wreld. Daar is n soort narratiewe dryfkrag nie n wil om te erken nie waarin ons vasgevang is en gered word. William Kentridge

VO
William Kentridge. Black Box / Chambre Noire. 2005. Modelteater met tekeninge, meganiese marionette en 35 mm geanimeerde film oorgedra op video.

OR

William Kentridge. Phenakistoscope. 2000. Vierkleurlitograaf op bladsye van Bacon se Popular Atlas of the World (1951) vasgeheg aan twee gramofoonplate, masjienmetaalskagte, ratmeganismes en houthandvatsel.

Doen navorsing oor die meganismes van die optiese effekte en onderwerp wat Kentridge in die vier werke hierbo gebruik het en bespreek die volgende: Bespreek die meganisme in elke kunswerk. Bespreek die optiese effekte wat elke werk vir die kyker skep. Bespreek die verbinding tussen die onderwerp en Kentridge se ondersoek van die aard van persepsie in elk van die werke.

BE

EL
William Kentridge. Double vision. 2007. Stel van 8 stereoskopiese kaarte, kolofoonhoutboks en stereoskoop. William Kentridge. Double Canna. 2004. Twee tekeninge met houtskool en gekleurde potloot op papier, spiels en driepootrus. VISUeLe kunste GRAaD 12

William Kentridge se opmerking oor die konsep van optiese illusie vertel ons iets van sy bedoeling met sy geanimeerde films, Shadow procession, What will come (has already come) en die werke wat hieronder uitgebeeld word.

216

Die Amerikaanse kunstenaar, Kara Walker, skep papiergesnede silhoeetinstallasies, videos en opvoerings. Die papiergesnede tegniek dateer terug na die 16de eeu toe dit as n gewilde vorm van portretkuns beskou is in die De Medici-hof in Frankryk. Dit is nooit as ernstige kuns beskou nie aangesien dit as n dekoratiewe vorm van handwerk gesien is. In die werk, Slavery! Slavery! wat hieronder gellustreer word, beeld Walker n 360-beeld van tonele uit wat verwys na die gruweldade tydens die jare van slawerny. Die beelde is skokkend en beeld blatante rassestereotipes uit wat betreurenswaardige dade pleeg. Daar is drie groot komposisionele tonele wat gedentifiseer kan word in hierdie panoramiese toneel: rondom die fontein, onder die halfmaan en rondom die slawekwartiere. Die meer as 30 figure voer die verhoudings tussen die slawe en slawemeesters op waar mishandeling en onderdanigheid hul verhoudings gedomineer het. Soos Kentridge, lewer Walker kommentaar op historiese gebeure vanuit n huidige perspektief.

VO
Kara Walker. Slavery! Slavery! 1997. Gesnyde papier en gom op muur. Die toneel rondom die slawekwartier domineer hierdie beeld.

VISUele kunste GRAaD 12

OR

Kara Walker. Slavery! Slavery! 1997. Gesnyde papier en gom op muur. Die toneel rondom die fontein is die hooffokus van hierdie beeld.

Bespreek Walker se gebruik van uitgesnyde figure in silhoeet om die swart en wit mense uit te beeld. Vergelyk Kentridge se werk Shadow procession, waarin hy ook silhoeetfigure gebruik het met Walker se werk Slavery! Slavery!.

BE

EL

Kara Walker. Slavery! Slavery! 1997. Gesnyde papier en gom op muur. Die toneel onder die halfmaan is die middelpunt van hierdie beeld.

217

Willem Boshoff (1951-)

VO

Willem Boshoff is in n werkersklasfamilie in 1951 gebore en het in die oorwegend Afrikaanssprekende gemeenskap van Vanderbijlpark grootgeword. As jong seun het hy sy pa, wat n meesterhoutwerker was, in sy werkwinkel gehelp. Hier het hy sy pa se liefde vir hout geerf. Na hy skool voltooi het, waar hy genspireer is om n beeldhouer te word, is hy geforseer om twee jaar verpligte militre opleiding in die SuidAfrikaanse Weermag (SAW) te voltooi en diens gevolg deur gereelde militere kampe. Hierdie ondervinding was baie traumaties vir Boshoff. Hy het geweier om n geweer te dra en het alle vorms van geweld en oorlog verwerp wat gelei het tot sy verwerping deur sommige van sy medeAfrikaners. Na hy sy militre diens voltooi het, was sy besluit om aan die Johannesburg Kollege van Kuns te studeer (nou genkorporeer in die Universiteit van Johannesburg) n skok vir sy

Boshoff het sy ondermynende gedagtes neergeskryf oor die verpligte militre diens wat hy tydens daardie tyd gedoen het. Hy het n geheime kode geskep om nie uitgevang te word nie en in die tronk gesit te word deur gedagtes neer te skryf wat die Apartheidregering ondermyn het nie. Die titel beteken die boek wat bang is en is n woordspel op die Afrikaanse woord bangbroek wat gebruik word om iemand wat bang is te spot. Na sy militre diens het hy dit voltooi en gebruik as deel van sy uitstalling vir sy graad in Skone Kunste.

OR
Willem Boshoff. Bangboek. 1977-1981. Ink, papier, masoniet.

BE

EL

Ek het n kop vol onsekerheid. Ek weet nie waar ek is met enigiets nie maar ek dink dt is opsigself n soort sekerheid. Ek bestee agt ure n dag op die rekenaar, terwyl ek n orgie met taal het. Ek haat boeke en ek is lief vir boeke. Boeke kan tronke wees. As iets eers geskryf is, is dit geskryf, dit kan dogma word. Maar n boek kan wonderlike dinge bevat dinge wat net jy sal sien as jy dit van die rak neem en dit oopmaak. n Boek is konsepsueel tot jy dit oopmaak. In kuns is daardie dinge in jou gesig. Ek werk met die idee van kennis in n pakkie: hoe ons kennis hou, verpak, dit stoor deur boeke, die rekenaar, mondelinge tradisie; hoe ons dit verwerk en manipuleer deur kuns en hoe ons dit deel of publiseer.
ouers. Voor hy sy graad voltooi het, het hy sy studies vir n ruk gestaak om n lekeprediker te word en het die woord van Jesus na die strate geneem en al sy wreldse besittings weggegee. In 1974 het hy met n Nasionale Onderwysdiploma in Kuns gegradueer en het voortgegaan om by Jeppe Horskool vir Seuns klas te gee en daarna by Parktown Horskool vir Seuns. In 1977 het hy n lektoraat by die Technikon van die Witwatersrand (nou Universiteit van Johannesburg) aanvaar waar hy klas gegee het tot 1995. Boshoff woon en werk in Johannesburg en is sedert 1996 n voltydse praktiserende kunstenaar. Sy belangstelling in skryf, teks, taal en konsepte is kardinaal tot sy kuns waar hy sosiale ongeregtighede as die sentrale tema hanteer.

VISUeLe kunste GRAaD 12

218 Invloede Boshoff se lewensondervindinge is belangrik in sy konsep en vervaardiging van kuns. Sy ondervinding om met hout te werk saam met sy pa het sy kennis en houding gevorm om met hierdie medium te werk. Hoewel hy beeldhoukundige werke het wat hy uit hout gekerf het, het hy ook werke geskep wat duidelik benvloed word deur sy ondervindinge om by te staan met die bou van meubels. Die idee om stukke reghoekige hout te pas binne n hele struktur is n tegniese aspek van sy meubelbou wat sigbaar in sommige van sy werke is.
Willem Boshoff. Naby-aansig van As n skoolseun is hy nie aangemoedig om kuns te doen deur Bangboek. sy familie of die gemeenskap waarin hy grootgeword het nie, maar is deur sy kunsonderwyser in horskool benvloed om n beeldhouer te word. Hy het n poging aangewend om inligting oor kuns te versamel wat hy in skrapboeke gehou het, en wat hom dus meer daaroor geleer het. Deur hierdie aktiwiteit kan n mens reeds Boshoff se latere ondernemings om inligting te versamel herken, wat noodsaaklik vir die maak van sy kuns is.

As n kunstenaar word hy as n Neo-Konsepsualis geklassifisieer. Hierdie etiket verbind hom aan Konsepsuele kunstenaars soos Joseph Beuys en Hans Hans Haacke. Collateral. 1991. . Inkopietrollie met syskerm metaalknope. Haacke [sien Hoofstuk 7 van die Graad 11 teksboek). Albei hierdie kunstenaars het hul teorie gedemonstreer dat kunstenaars sosiale verantwoordelikhede het en dat pedagogiese, ekologiese, sosiopolitieke en spirituele agendas noodsaaklik vir hul werk is. Hierdie filosofiese houding teenoor kuns en die invloed daarvan op die samelewing is duidelik sigbaar in Boshoff se praktyk as n kunstenaar wat sy kapasiteit as aktivis (iemand wat probeer om n uitwerking op die samelewing te h deur sosiale, politieke, ekonomiese of omgewingsverandering), anargis (iemand wat gekant is teen die staat, gesag of hirargiese organisasie in menslike verhoudings), drude (antieke drudes wat deel was van n priesterklas in Brittanje, Ierland en Frankryk, maar die moderne weergawe daarvan is n mens wat n vorm van spiritualiteit volg wat harmonie en eerbied van die natuur en respek vir alle wesens aanmoedig, insluitend die omgewing) en ensiklopidis (iemand wat ensiklopedie saamstel versamelings van takke van kennis wat gewoonlik in alfabetiese volgorde gerangskik word). Die resultaat is dat sy werke gevorm word deur morele, artistiese en spesifieke bedoeling. Boshoff het ook n lewenslange belangstelling in Arte Povera. Hierdie belangstelling verwys na sy houding as aktivis en die konsepsuele aard van sy

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Sy ondervindings in verband met die outoritre stelsel van die Suid-Afrikaanse Weermag het hom daartoe gedryf om n soort dagboek of manifesto te skep oor sy ondermynende gedagtes. Sy reaksies tot aspekte van die samelewing kan dus beskryf word as n sleutelelement in sy onderwerp.

Michelangelo Pistoletto. Venus of the rags. 1976, 1974. Marmer en tekstiele.

219 kunswerke. Letterlik vertaal uit Italiaans beteken Arte Povera arm kuns wat begin is deur kunstenaars in Itali aan die einde van die 1960s, wat n radikale houding geneem het deur die waardes van instellings soos die regering, industrie en kultuur te bevraagteken. Hulle het konvensionele kunsvorms verwerp en het werk begin maak van gevonde voorwerpe. Hulle houding om die samelewing te verander is omvat in hul pogings om n revolusionre kuns te skep wat vry is van konvensie, magstrukture en die invloed van geld in die vorm van die kunsmark. Hoewel Boshoff nie hul doelwitte tot die uiterste implementeer nie, bevat baie van sy werke elemente van hierdie opstand teen konvensionele kuns en die invloed van die kapitalistiese samelewing. Sy belangstelling in die werke van die kunstenaar Jean Tinguely kom ooreen met sy belangstelling in Arte Povera asook die kritisisme van magstrukture in die westelike samelewing aangesien dit ook deel van Tinguely se agenda was in sy vervaardiging van kuns. Sy beeldhoukundige masjiene, geklassifiseer as Kinetiese Kuns (sien Hoofstuk 6 van die Graad 11-teksboek), is geskep met die bedoeling om die verstandelose oorproduksie van goedere in n gevorderde industrile samelewing te satiriseer.

VO

Willem Boshoff. KykAfrikaans. 1979-2003. Getikte bladsy in boek. KykAfrikaans is Boshoff se uitgebreide versameling werke in hierdie vorm van visuele literatuur.

Algemene kenmerke van Boshoff se werke Boshoff is n konsepsuele kunstenaar wat gefassineer is deur woorde. Sy werke kommunikeer idees aan die kyker. Sy belangstelling in woorde handel oor die betekenisse daarvan in verskillende tale en kontekste wat hy visueel deur sy kunswerke demonstreer. Woorde word geanaliseer om die etomologie daarvan te onthul wat beteken dat hy die geskiedenis en oorsprong van woorde ontgin en hoe hul vorm en betekenis oor tyd verander het.
Die werk 32 000 Darling little nuisances is Boshoff se reaksie op die weiering van vyf Britse monarge om om verskoning te vra vir die gruweldade wat tydens die Anglo-Boereoorlog gepleeg is. Die portrette is met opset kleurvol, groot en goed getiketteer om op hul beste te lyk. Die name van 1 142 kinders wat sinneloos by die Bethulie-konsentrasiekamp dood is, word gedruk in stroke deurskynende film en onderstebo en van voor na agter geplaas sodat dit nie gelees kan word nie. Afrika-woorde vir baba en kind is gebruik vir onaangetekende swart kinders wat ook daar dood is. Die titel 32 000 Darling little nuisances verwys na die 32 000 kinders wat dood is in die konsentrasiekampe en n bekende verklaring wat deur Koningin Victoria gemaak is (in Kings and Queens, n boekie van Buckingham Paleis). Sy was volgens gerugte uiters prakties oor die vermoeiendheid van klein kinders en haar eie woorde Kinders is sulke dierbare goedjies, maar hulle kan n vreeslike oorlas wees, is aangepas vir die titel.

OR

BE

EL

Jean Tinguely. Mengele danse macabre.1986. . Afvalyster, stropers wat deur Mengele gemaak is (Augsburg), seekoeiskedel, elektriese motor.

Een van Boshoff se vroegste werke, KykAfrikaans, is n testament tot sy belangstelling in konkrete posie. Hierdie vorm van posie sluit die tipografiese uitleg in as n ewe belangrike deel van die konvensionele elemente van gedigte soos die betekenis van woorde, ritme en rym.

Willem Boshoff. 32 000 Darling little nuisances. 2003. 1. Struktuur wat oorhoofs hang: 2000 name gedruk op stroke deurskynende asetaat en vasgesteek op 7 plate Polistereen. 2. Muurmonterings: 5 vergrote beelde van konings en koninginne, gemonteer op ligte plastiekplinte. 3. Vloerbedekking: 7 plate plastiekspiel. VISUeLe kunste GRAaD 12

220 Hy verbind die woorde wat hy kies aan relevante kwessies soos mag, waarheid, herinnering en verlies asook sosiale en historiese kwessies, wat dan visueel gemaak word deur sy kunswerke. In die Suid-Afrikaanse konteks van kolonialisme, Apartheid en kontemporre politiek, stel sy werke kritiek van gesag en n vertoning van sosiale bewussyn voor. Ten opsigte van woorde, is sy werke verkennings van die kompleksiteit van taal eerder as verduidelikings daarvan. In plaas daarvan om kykers gerus te stel, word die woorde pogings om hulle te verwar of daarvan los te maak. Dit word bereik deur moeilike woorde en terme te gebruik, kriptiese kodering, slippages van vertaling en histories gemarginaliseerde tale. Hy ondermyn aannames en stereotipes om sy bedoeling te bereik, wat is om die kyker vir hom- of haarself te laat dink. Sommige van sy werke vereis van die leser om die werk ook te lees asook om daaroor te lees om dit te verstaan. Die kyker van hierdie werke kan ook beskryf word as n leser omdat Boshoff as n skrywer beskryf kan word.

Willem Boshoff. Kring van kennis (Circle of knowledge). 2001. Gegraveerde granietklippe. Die Universiteit van Johannesburg het Boshoff opdrag gegee om hierdie openbare kunswerk te skep om die nuwe millennium te vier. Die graniet-herdenkingstene is gegraveer met teks in konsentriese sirkels van elk van die 11 amptelike tale van Suid-Afrika. Die inskrywings is dinge wat die moeite werd is om te leer en die klippe is almal ongeveer 1 meter breed en kniehoogte. Die 11 stene is in n ronde formaat gerangskik met twee of drie stene wat nader aan mekaar gerangskik is om bespreking aan te moedig.

VO
Willem Boshoff. Libert galit. 2004. Twee gemanupileerde legkaarte wat n identiese staduitsig uitbeeld. New York, kort voor September 2001. VISUele kunste GRAaD 12

Boshoff se werke is standbeelde en installasies. Baie van sy beeldhouwerke word uit hout gemaak en meer onlangs het hy beeldhoukundige werke uit steen geskep. Die installasies bestaan uit gedrukte teks wat op n spesifieke manier gerangskik is, versamelings wat natuurlike materiale insluit soos sand, mis en stene of gekoopte voorwerpe soos borsels, speelgoed, legkaarte en n verskeidenheid gevonde voorwerpe. Sommige van sy werke is driedimensioneel en sommige is tweedimensioneel. Hy gebruik ook die effek van relif deur areas in te sluit wat uitstaan in die

OR

BE

EL

tweedimensionele muurstukke. Die groottes van sy werke is ook belangrik aangesien sommige lewensgroot is en ander gemaak word om met n mens se hande hanteer te word. Hoewel Boshoff meeste van sy werke met sy eie hande skep, het hy al werke geskep wat die hulp van vakmanne vereis het. Hy het ook n aantal werke geskep wat arbeidsintensiewe projekte is en oor n lang tydperk gemaak is aangesien dit gebaseer is op sistematiese dokumentasie.

D
Willem Boshoff. Black Christmas. 2002. Hout, stukkende plastiekspeelgoed, gom.

221 Voorbeelde van Willem Boshoff se werke Tafelboek 1976-1979 Hierdie ingewikkelde werk lyk soos n lae tafel en bestaan uit n magdom blokke van hout-afvalstukke wat versigtig gepas en saamgegom is oor n tydperk van vier jaar. Boshoff het hierdie werk, en ander beeldhouwerke wat op dieselfde tyd geskep is, as n navorsingsprojek beskou. In hierdie werke wat aanmekaar gesit is van stukke hout soos takkies, spinters, blokke en tappenne of geprosesseerde hout soos papier of karton, het hy die idee van die boek aangespreek en ook verwys na die idee van Die Boek as die Bybel, die Woord van God. Deel van die agtergrond van Tafelboek is gele in Boshoff se lewensomstandighede teen die tyd toe hy dit geskep het. Hy het n kluisenaarsbestaan in n klein, ondergrondse woonstel in Hillbrow, Johannesburg gevoer, soos n priester in n klooster. Hier het hy die werk geskep om te pas by die mates van die spasie wat toe beskikbaar aan hom was. Dit het knus deur die deur gepas en dit kon as n tafel gebruik word wanneer hy in die vertrek was. Toe dit oopgvou is, het dit die hele kamer gevul. Die egalige tafelagtige eksterieur steek n ingewikkelde interieur weg wat onthul word as die agt geskarnierde flappe wat ondersteun word deur n sentrale houtskelet sistematies ontvou word. Elkeen van die flappe bestaan uit ontelbare kleiner dele. Die vorm van die werk is vergelyk met baie dinge en is n vrugbare bron van interpretasie. Wanneer dit toe is, het dit die duidelike vorm van n meubelstuk, n tafel, maar dit kan ook genterpreteer word as n doodskis wat n geraamte bevat, wat simbolies voorgestel word deur die ingewikkelde struktuur binne-in dit. Hierdie twee interpretasies is gekoppel aan die Christelike verwysing wat Boshoff op daardie stadium van sy lewe verkies het. Die tafel kan genterpreteer word as n Nagmaaltafel met die simboliese betekenis wat deel is van Christelike rituele; en die idee van die kis verwys na die dood van Christus.

Willem Boshoff. Tafelboek (Table book). 1976-1979. Reghoekige stukke weggooihout.

VO

OR

Wanneer dit oopgevou word, kom dit voor as n argaese masjien soos n drukpers of n weefstoel. Die algemene vorm van die ontvoude werk word ook vergelyk met n digte, opgeboude stad soos Hillbrow. Die ingewikkelde struktuur is soos n doolhof wat nie n begin of n einde het nie. Die eindelose horisontale en vertikale kruise van inmekaargepaste houtblokke herinner n mens aan die idee dat dit verskeie kruise voorstel, of op n meer lighartige noot, n klimraam.

BE

EL
Willem Boshoff. Tafelboek (Table book). 1976-1979. Reghoekige stukke weggooihout. Willem Boshoff. Tafelboek (Table book). 1976-1979. Reghoekige stukke weggooihout. Willem Boshoff. Tafelboek (Table book). 1976-1979. Reghoekige stukke weggooihout. VISUeLe kunste GRAaD 12

222 Hierdie interpretasies is deel van die visuele impak van die werk, maar die titel verwys ook na hierdie kunswerk, dat dit as n boek soos n meubelstuk lyk. Met dit in gedagte word die werk selfs meer ingewikkeld omdat dit nou beskou kan word as n toestel om inligting te stoor. Die egalige buitekant versteek, stoor of sluit die inligting binne-in dit. Soos n boek, moet die werk oopgemaak word om gelees te word en om die kennis wat daarin opgesluit is, vry te stel. Die proses om die werk oop te maak, is soortgelyk aan n boek. n Mens moet van voor af begin en tot aan die einde lees om sin daarvan te maak, net soos in die geval van n boek. Hierdie werk kan uitmekaar val indien dit nie in die korrekte volgorde oopgemaak word nie. Boshoff se verwysing na boeke in hierdie werk, laat die kyker gevolglik dink oor boeke en oor hoe hulle werk. Die idee dat n boek bladsy vir bladsy gelees word, verwys na die gefragmenteerde voorstelling van kennis in die formaat van die boek. Dit word voorgestel in die aparte stukke hout wat aan Boshoff gekoppel is in die proses om die werk te maak, soos n skrywer van n boek idees of die gebeure van n storie koppel. Deur hout as n medium te gebruik, verwys hy ook na die ongeprosseseerde oorsprong van papier. Hout as n medium is ook gekoppel aan Boshoff se persoonlike simbolisme wat verbind is aan die brer Christelike storie. Houtwerk is n nederige maar belangrike aktiwiteit wat Josef, Jesus se vader, en Boshoff se pa se beroepe was. Christus is gekruisig op n kruis wat van hout gemaak is. Deur al hierdie verwysings, word Boshoff se werk swaar met betekenis. Sy verhouding met sy werk as n vakman wat die voorwerp n uniek gemerkte gevoel verleen is opsigself n teken van die toweragtige verhouding tussen die vakman en die handgemaakte voorwerp.

Kasboek is op soorgelyke beginsels as Tafelboek gebaseer. Hierdie beeldhouwerk is in die vorm van n kas wat gemaak is uit duisende houtskerwe. Die egalige buitekant wat gekep is deur inmekaargepaste skerwe hout verbloem n oerwoud van splinters aan die binnekant. Die mates van die stuk is afgelei uit die mates van Boshoff se eie liggaam. Deur voor die werk te staan met uitgestrekte arms, asof hy gekruisig is, sou hy daarin pas, van bo tot onder en dwars. Die oopgemaakte werk is n herinnering aan die kruis en is ook soortgelyk aan die triptiek-altaarstukke wat vir kerke in die Middeleeue geskep is.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR
Willem Boshoff. Kasboek (Cupboard Book). 1981. Houtskerwe.

BE

EL

223 Soos Tafelboek is hierdie werk as n meubelstuk vermom. Die verwysing na gefragmenteerde hout wat verwys na die mikroskopsiese vesels van papier, is duideliker in Kasboek as in Tafelboek. Boshoff het die splinters geskep deur die stukke hout met n byl te verpletter. Die proses van skepping is meer gewelddadig en meer chaoties as dit vergelyk word met die idee om gestruktureerde weggooistukke te gebruik soos met Tafelboek. Die finale samevoeging van die skerwe om die egalige buitekant te skep, sou ook n tydrowende proses wees soos met die skepping van Tafelboek terwyl die interieur ook n ingewikkelde skepping is, maar nie so georganiseerd soos Kasboek is nie. Die splinters wat uitsteek kom gevaarlik voor en kan n beeld van vernietiging wees.

Willem Boshoff. Blind Alphabet. 1990 voortgaande. Hout, staal, aliminium (36 houtvorms van die letter B).

VO
Willem Boshoff. Blind Alphabet. 1990 voortdurend.

Boshoff se bedoeling met die skepping van die Blinde Alfabet was om n ondervinding vir blinde mense te verskaf waarin hulle n kunswerk kon sien en iets daaruit kon leer. Die effek van hierdie bedoeling was dat blinde mense in n bevoorregte posisie van mag geplaas is in verhouding met die kunswerk, terwyl mense met sig in n benadeelde posisie geplaas is en gekonfronteer is met n situasie om ongeletterd te wees. Die eerste fase van die werk die eerste drie letters van die woordeboek is in Februarie 1994 voltooi. Die Blinde Alfabet ABC bestaan uit 338 houtstandbeelde wat in kiste geplaas is met staalmaaskante. Die deksel van elke kis het n aliminiumblad wat gebosseleer is met teks in Braille,

OR

Blinde Alfabet Die oorsprong van hierdie werk is deel van n taak wat Boshoff vir homself gestel het toe hy gevoel het dat hy as intellektueel minderwaardig beskou is as gevolg van sy Afrikaanse aksent. Terwyl hy onderrig gegee het by n Engelse skool het hy besluit om lyste van verwarrende Engelse woorde saam te stel en het hulle tydens gesprekke in die personeelkamer gebruik as n tipe n taalspel wat sy intellektuele vermons sou afwys en om Engelse sprekers te wys dat hulle nie ook alles oor hul eie taal weet nie. Hy het begin om n woordeboek van hierdie moeilike woorde saam te stel.

BE

EL

Willem Boshoff. Kasboek (Cupboard Book). 1981. houtskerwe.

Openingsuitstalling van Blind Alphabet.

VISUeLe kunste GRAaD 12

224

n tasbare skryfstelsel wat deur blindes of visueel gebruik is. Die teks bestaan uit n moeilike term in Engels, die betekenis daarvan en die afleiding. Elkeen van die woorde is verwant aan vorm, struktuur of tekstuur. Die pragtig gesnede houtbeeldhouwerke verteenwoordig die woord as n verduideliking daarvan. Die bevoorregte posisie van blinde mense word gevestig deur die feit dat slegs hulle Braille kan lees. Daarom word hulle toegelaat om aan die deksel te raak en na hulle gelees het, kan hulle die verduidelikende beeldhoufigure verwyder en optel. Mense met sig word beperk tot die rel wat wreldwyd in galerye en museums geld wat MOENIE VAT NIE is. Siende mense word slegs toegelaat om waar te neem. Hulle enigste geleentheid om die kunswerk heeltemal te sien, is om vergesel te word deur n blinde kyker wat hulle deur die werk kan begelei deur die teks en die beeldhouwerke aan hulle te verduidelik. Sonder n blinde kyker sal die kyker wat kan sien slegs die rye metaalkiste waarneem, met die beeldhouwerke wat skaars sigbaar deur die maas is. Blinde Alfabet trek aandag na die proses van sien en lees deur die sintuig van gevoel soos ondervind deur n blinde persoon. Vir Boshoff trek hierdie aspek aandag na die verskil in ondervindings wat die kyker wat kan sien van n afstand na kyk, wat n illusie is en kunsmatig is in vergelyking met die gebruik van aanraking as n meer intieme, sensoriese ondervinding.

OR

BE
Willem Boshoff. Blind Alphabet. Echinoid. 2007. hout. Willem Boshoff. Blind Alphabet. Dauciform. 2007. hout. Willem Boshoff. Blind Alphabet. Decacantous. 2007. hout.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Oor die algemeen is hierdie werk n samevoeging van temas wat in sy vroe beeldhouwerke gesien kan word. Die werk sluit leesbare beeldhouwerke in, dit is soos n woordeboek aangesien dit die inhoud daarvan verbloem en onthul. Die idee om kiste te gebruik, is soortgelyk aan kaste omdat hulle oop- en toegemak kan word. Die idee om die blindes te bemagtig, word ernstig geneem deur die kunstenaar wie se bedoeling nie is om as neerhalend voor te kom nie en dus vereis die terme en verduidelikings intense konsentrasie aangesien dit geskryf is in n ingewikkelde tegniese taal, gevul met vreemde afleidings en moeilike konsepte. Net omdat iemand blind is, gaan hy of sy nie noodwendig nie deur die uitstalling uitgedaag word nie.

EL

D
Willem Boshoff. Blind Alphabet. Bipectinate anything that has two margins that are distinctly toothed or spiked like a comb. 1990.hout.

225 Abamfusa Lawula/The Purple Shall Govern Boshoff het hierdie werk geskep vir n uitstalling wat Purple and green genoem is en wat by die Pretoria kunsmuseum in 1997 gehou sou word. Sy oorspronklike idee was om iets te doen met n yslike sekuriteitsdraad, maar hy is aanges om n teksgebaseerde werk te skep. In reaksie op die titel van die uitstalling is hy genspireer deur n boek wat hy besit het, The purple shall govern. Daar was n foto van die protesoptog in Kaapstad met die volgende onderskrif: Pers ren op 2 September 1989 is n protesoptog in Burgstraat, Kaapstad, deur die polisie opgebreek deur pers kleurstof wat van n Caspirr op hulle gespuit is. Een protesteerder op sy eie het op die dak van die Caspirr gespring, die spuitkop wat vasgemaak is aan die pyp gegryp en die stroom water op die polisie gedraai. Kort na dit het grafitti op die mure in die stad verskyn, en selfs aan die binnekat van die polisievangwa, wat gelees het: DIE PERS SAL HEERS.

VO

OP 2 September 1982 is hierdie voorval van onrus, wat tydens die noodtoestand in Suid-Afrika plaasgevind het, afgeneem deur fotograwe wat weggekruip het aangesien geen fotos van onrussituasies mag geneem word nie. Die oproerpolisie het die protesteerders met pers ink van n waterkanon in Kaapstad in Burgstraat gespuit.

Boshoff het begin om navorsing te doen oor die slagspreuke wat geskree is/gesing is tydens die Apartheidsjare en het gevind dat dit nie iewers gedokumenteer is nie. Daar was meer as een rede daarvoor. Die Apartheidsregering het enige gedrukte of geskrewe materiaal verban wat as revolusionr beskou is en sou mense in die tronk sit indien dit in hul besit gevind is. Getrou aan die tradisie van meeste swart Afrika-kulture in suidelike-Afrika wat nie inligting in n geskrewe vorm gedokumenteer het nie, is dit mondelings oorgedra. Mense het die ondermynende liedere en slagspreuke gememoriseer wat gevolglik in hul koppe bestaan het. Dit het beteken dat hulle nie vir dit gearresteer kon word nie aangesien daar geen fisiese bewys daarvan was nie.

OR

BE
Die omslag van die boek, soortgelyk aan die een wat Boshoff besit het, het die grafitti gewys wat gevolg het op die protes op 2 September 1982. VISUeLe kunste GRAaD 12

EL

226 ABAMFUSA LAWULA Slagspreuke van die Suid-Afrikaanse oorlog teen Apartheid
1. Ha ese mokgwa ke molao. As dit is nie n gewoonte is nie, is dit wet. 2. Uphi u Tambo? uThambo usehlathini bafana. Oo wenzani na? - usaqeqesha amajoni. Waar is Tambo? Hy is in die bos. Wat doen hy? Hy lei soldate op. 3. Ntante modise we Modise yho? - We Modise sibulawangAmaBhune kwenze njani? Vader Modise, wat het ons gedoen? O, Modise. Waarom moet die Boere ons so doodmaak? 4. Sisebenzemgodini kanzima - Sisebenzel uhulumeni kanzima. Ons werk so hard in die myne. Ons werk so hard vir die regering. 5. Senzeni na, senzeni na? Senzeni na, senzeni na? Senzeni na, senzeni na? Senzeni na, senzeni na? Wat het ons verkeerd gedoen? Wat het ons verkeerd gedoen? (herhaal) 6. AmaBhunu ayizinja. AmaBhunu ayizinja. AmaBhunu ayizinja. AmaBhunu ayizinja. Boere is honde. Boere is honde. Boere is honde. Boere is honde. 7. Wathintabafazi wathintimbokotho. As jy eers aan n vrou gevat het, het jy aan n maalklip gevat. 8. Phambili ngomzabalazo wabantu - phambili! Voorwaarts met die mense se stryd voorwaarts! 9. Phantsi ngombuso wamadiagusha - phantsi! Af met die wit minderheidsregime af! 10. Amandla awethu! Abantu bazolawula. Mag vir die mense! Die mense sal heers. 11. Mayibuye iAfrika - iAfrika mayibuye. Laat Afrika aan ons terugbesorg word. Laat Afrika aan ons terugbesorg word. 12. Thina senza nje - thina senze nje! Siyadelela siyashayana! Ons doen dit, ons doen dat! Ons minag en ons staak! 13. Nantsi indoda emnyama veleVutha - Bhasopha nansi indoda - emnyama veleVutha. Hier kom n swart man. Verwoerd. Wees versigtig! Hier kom hy. Verwoerd. 14. Comrade Mandela. Hahi! - Yiguerila. Hayi! Hayi! Ons broer Mandela. Ja! Hy is n oorlogsvegter. Ja! Ja! 15. Joe Modise, yisotsha, yisotsha. Hayi! Hayi! Joe Modise is n soldaat. Ja! Ja! 16. UJoe Slovo, yiKomanisi, yiKomanisi, Hayi. Hayi. Joe Slovo is n kommunis. Ja! Ja! 17. Hamba kahle mkhonto, wemkhonto, mkhonto wesizwe - hamba kahle mkhonto, wemkhonto, mkhonto wesizwe. Laat dit goed gaan, spies van die nasie. Laat dit goed gaan, spies. Spies van die nasie. 18. Thina bantu bomkhonto sizimisele ukuwabulala, wona lamaBhunu - Thina bantu bomkhonto sizimisele ukuwabulala, wona lamaBhunu. Ons, die mense van die spies, is vasbeslote om daardie Boere dood te maak. Ons, die mense van die spies, is vasbeslote om daardie Boere dood te maak. 19. Nyamazane muthu murema na mukhuwa ria fana - rotou fhambana nga lukanda - zwiamba uri ri fanela uita zwono lingana. Swart en wit mense is dieselfde. Die enigste verskil is die vel en kleur. So alles moet gelyk wees. 20. Kusasa ekuseni ngo 4 oclock, sikhulula uMandela. Moreoggend 4 uur, laat ons Mandela vry. 21. Siyaya ePitoli! siyaya ePitoli! siyaya ePitoli! Ons gaan Pretoria toe! (herhaal) 22. Asibhadali i-rent, asinamali yokukhokha. Ons betaal nie huur nie, want ons het nie geld om dit te betaal nie. 23. Songena ngomnyama, songena nogmnyama! Ons sal in die donker inkom, ons sal in die donker inkom. 24. Mhla sibuyayo, mhla sibuyayo - kuyobe kunsima, kokhala umbayimbayi phezulu kwentaba! Mhla sibuyayo. Wanneer ons terugkom, sal dit moeilik wees. n Kanonskoot sal van die berg af gehoor word. Wanneer ons terugkom! 25. Hulumeni senzeni, hulumeni senzeni? Usiqoqela ndawonye? Regering, wat het ons gedoen? Waarom diskrimineer julle teen ons? 26. Abamfusa lawula. Die pers sal heers. 27. Nelson Mandela! Nelson Mandela! akakhofana naye! Nelson Mandela! Nelson Mandela! Daar is niemand soos hy nie! 28. Phantsi ngabacindezeli! Af met die onderdrukkers! 29. Siyayinyova - ayi, ayi! Ons vererger die krisis! 30. Hlanganani basebenzi - kukhona inhlangano iCosatu. Werkers staan saam daar is n organisasie wat Cosatu genoem word. 31. Bayabulawa abafana bomkonto. Hulle maak die seuns van mkonto dood. 32. Ngenxa yokuthetha inyaniso. Omdat hulle die waarheid doodmaak. 33. EPitoli songena nobani? Wie lei ons Pretoria toe? 34. Siyaya siyoyi nyova mayivuthumlilo. Ons gaan verwoes laat dit brand. 35. Khotzo ha e ate. Pula! a yne! Laat daar vrede wees. Laat dit ren. 36. Mayihlale phansi ibambe umtheto. Kom ons sit en gehoorsaam die wet. 37. Niyabasaba na! hayi asibasabi siyabafuna. Is julle bang vir hulle? Nee, ons is nie, ons wil hulle h. 38. Bangibiza bani e kitchen? Bangibiza u Jane e kitchen. Wat noem hulle my in die kombuis? Hulle noem my Jane in die kombuis. 39. Ukulima la ko muntu ukulima kwe sizwe. As een seergemaak word, word almal seergemaak. 40. Sibatshelile ePitoli, uyezumkhonto wesizwe. Ons het vir hulle in Pretoria ges, die spies kom. 41. Uyezumkhonto wesizwe helele maa ... Uyezumkhonto wesizwe helele maa Die spies kom helele maa. Die spies kom helele maa. 42. Phansi ngo bandlululo - phansi. Af met verdeling af. 43. Phambili ngokubumbana - Phambili! Voorwaarts met eenheid Voorwaarts! 44. Nqonkqo vulanamasango - uyabalek u de Klerk. Klop klop maak die deure oop De Klerk hardloop weg. 45. Nantsi i mello yello ma, ma ... Nantsi i mello yello ma, ma Hier kom mellow yellow ma ma hier kom mellow yellow. 46. Sikhokhele Tambo sibuyele e Afrika haa ... Songena kanjani? Lei ons terug na Afrika Tambo haa Hoe gaan ons daar kom? 47. Wakhala u Holomisa wathi i yhoo. Abantu bam babulawa ngu Qgozo. Holomisa huil ihoo. My mense word deur Qquzo vermoor. 48. Ndimnyama ndifana no tata. Ndiyabukwa ngu mama. Ek is swart, ek lyk soos my pa. My ma bewonder my. 49. Uph u Slovo? U Slovo u sehlathini bafana. U saqeqesha majoni. Waar is Slovo Slovo is in die bos. Waar is hy? Hy lei soldate op.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

227 Boshoff het begin om mense oor die slagspreuke te vra en het hulle geleidelik versamel en gedokumenteer. Soos sy versamelig vermeerder het, het die proses vinniger gevorder soos mense meer slagspreuke kon onthou met die ander as n verwysingsraamwerk. Uiteindelik het hy 49 slagspreuke in verskeie inheemse tale van SuidAfrika versamel. Soos in die slagspreuke wat die ongelukkigheid en wantroue van die mense in die stryd uitgebeeld het, wou hy n sin van intimidasie en bedreiging ontlok. Die ritiese vibrasies van selfgeldende mag van Afrika-tale wanneer hulle en masse opges word het die effek van donderweer geskep wat die lug vul en dus wou Boshoff n visuele effek van weergalming skep. Hierdie idee verbind aan die visuele posie wat hy in KykAfrikaans geskep het waar die werke optofoneties is, wat beteken dat jy dit kan sien en ook daarna kan luister. Die idee was dat die klankkomponent deur die kyker verbeel moet word tydens die proses van kyk. Die effek is geskep deur woorde op die slagspreuke te druk in groot 10-pica grootte hoofletters wat soos Ndebele dekoratiewe muurskilderypatrone lyk wanneer dit van n afstand beskou word. Die slagspreuke is in horisontale rye geplaas en kon maklik van n afstand gelees word. As deel van die groot reghoek van slagspreuke het Boshoff vertikale reliflyne geskep om die idee te beklemtoon van weergalmende klanke van die slagspreuke. In donker, dun grys lyne tussen die groot hoofletters het hy die Engelse vertaling onder elke slagspreuk insgesluit sodat n mens tussen die lyne moet lees om dit te kan lees. Dit het n verhouding soortgelyk aan Apartheid geskep omdat mense wat die inheemse tale verstaan van n afstand na die werk kon kyk omdat hulle dit kon lees en verstaan.

VO
Willem Boshoff. Abamfusa Lawula (The Purple shall Govern).1997. Gedrukte teks op papier, masoniet, hout.

Oor die algemeen kan wit mense nie hierdie tale verstaan nie en dit forseer hulle om tot naby die werke te gaan en om die Engelse vertaling van naby te lees. Hierdie ommeswaai van n posisie van mag het die wit mense, wat opvoedkundig bevoorreg was weens die Apartheidgeskiedenis en die feit dat teksboeke vir universiteit in Engels gedruk word in n onbevoorregte posisie geplaas aangesien hulle die werk moet bestudeer om in staat te wees om dit te verstaan.
VISUeLe kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

228

5.3

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Bespreek Boshoff se kombinasie van ongewone media en teks in die volgende twee kunswerke. Verwys na die volgende in jou bespreking: Rangskikking van voorwerpe / media met omliggende spasie Integrasie van teks met media Titels van die werke Interpretasie / betekenis van die werke

Willem Boshoff. Cheap Labour. 2004. Sewe goedgebruikte grawe.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Willem Boshoff. Cheap Labour. 2004. Sewe goedgebruikte grawe.

OR

BE

EL
Willem Boshoff. Writing in the sand. 2000. 2000. 10 x 40 kg sakke sand, stensils, sif en emmers. In hierdie werk het Boshoff woorde en definisies van n woordeboek van -ologie en -ismes gebruik wat obskure velde van leer opnoem, soos pognologie (die studie van baarde). Die hoofwoorde word in Engels verskaf en die definisies in Suid-Afrika se nege nuut erkende amptelike tale. Willem Boshoff. Writing in the sand. 2000. Boshoff, besig om die werk te installeer en Boshoff besig om die werk uit te vee.

229

Jan van der Merwe (1958-)

Op die oomblik werk ek met hedendaagse artefakte en probeer om hulle in argeologiese oorblyfsels te verander die blikkanne word gewoonlik gebruik vir bewaring. Die brose, geroesde blikke in hierdie werke word metafore vir afval, verlies en verbruikerswese. Hulle gebruik kan beskou word as n poging om iets verganklik en kwesbaar te preserveer
Jan van der Merwe is in 1958 in Virginia in die Vrystaat gebore en het in Ladysmith in KwaZulu-Natal grootgeword waar hy in 1975 gematrikuleer het. Hy het sy loopbaan begin as n werknemer van die Suid-Afrikaanse Spoorwe in Ladysmith voor hy n kunsstudent geword het. Na hy sy studies voltooi het, het hy as n grafiese- en vertoonkunstenaar gewerk as deel van sy verpligtende militre diens in die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Later het hy ook gewerk as n rekwisietmaker en dekorverwer by die Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste (Truk) en as n wapenkundige by die Buro van Heraldiek. Sy werkondervinding het gelei tot n bewustheid van magstrukture en weerloosheid van gewone mense. Na hyin 1999 n meestersgraad in Skone Kunste aan die Pretoria Technikon behaal het, het hy breedvoerig uitgestal. Hy woon en werk in Pretoria en is n senior lektor in Skone Kunste aan die Departement van Skone en Toegepaste Kuns aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Invloede Van der Merwe het in n familie grootgeword waar kreatiwiteit aangemoedig is en hy het dit geniet om as n jong seun te teken. Verdere artistieke inspirasie het ontwikkel uit die stories wat sy ouma vertel het van hoe hulle patrone met n bok se hoef op die misvloer in hul huis geteken het, sy ma se borduurwerk en sy pa, wat voorwerpe gemaak het soos n interessante posbus en wat in sy spaartyd geskilder het. Die jong Van der Merwe is gefassineer deur n Indiese sierverwer wat besig was om n advertensiebord te skep en Van der Merwe kon nie wag om te sien hoe dit vorder nie. n Boek oor Picasso in die biblioteek se klein versameling kunsboeke en n swart-en-wit dokumentre program oor die Impressioniste in 1976 het hom finaal benvloed om n kunsloopbaan te volg.

VO

OR

Jan van der Merwe. Survival kit. 1998. gemengde media.Hierdie is een van Van der Merwe se vroe werke wat hy geskep het terwyl hy studeer het. VISUeLe kunste GRAaD 12

BE

EL

Van der Merwe se werk as militre grafiese- en vertoonkunstenaar het behels om uitstallings vir die SAW by vertonings op te stel. Saam met sy beurt as n rekwisietemaker en dekorverwer by Truk, was sy ondervinding in die SAW invloedryk ten opsigte van sy ontwikkeling van tweedimensionele skilderwerk, sy hoofvak tydens sy studies aan die kunsskool, tot driedimensionele omgewings soos gesien in die installasies wat hy begin skep het tydens sy finale uitstalling vir sy meestersgraad.

230 Terwyl hy studeer het aan die kunsskool van die Pretoria Technikon (nou TUT) is Van der Merwe en sy medestudente benvloed deur die dominante impak van Konsepsuele Kuns uit Europa en Amerika. Hulle opleiding het bestaan uit n gebalanseerde verkryging van tegniese kunsvaardighede en die ontwikkeling van konsepsuele vaardighede. Van der Merwe was gefassineer deur die melancholiese atmosfeer van Giorgio de Chirico se werk. Hierdie invloed is duidelik in die atmosfeer van verlatenheid wat in Van der Merwe se installasies ondervind word.

Giorgio de Chirico. enigma of a day (II). 1914. Olie op doek.

Joseph Beuys. Felt suit. 1970.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Nog n invloed is die werk van die kunstenaar Antoni Tpies wat abstrakte werke, insluitend nie-artistieke materiale soos klei, marmerpoeier, afvalpapier, tou en lappe ingesluit het. Hy is ook bekend vir sy estetika van mediterende leegheid wat afgelei is uit sy belangstelling in Boeddhisme. Sy verwysings na spiritualiteit het guns gewen by Van der Merwe.
Antoni Tpies. Composition with clothing and rope. 1975. Gemengde media.

OR

BE

Joseph Beuys se doelbewuste keuse van spesifieke materiale wat sterk assosiasies met sy verlede gehad het en deur herhaaldelike gebruik het persoonlike simboliese waarde bereik in die konstruksie van konsepsuele installasies en opvoeringskunswerke. Dit het Van der Merwe ook benvloed ten opsigte van die besluite wat hy gemaak het oor materiale en die konsepte wat daaraan verwant is.

EL

231 Anselm Kiefer se kombinasie van konsepsuele verwysings na Duitse geskiedenis en spiritualiteit, asook sy gelaagde gebruik van onkonvensionele mediums soos strooi, as, klei, lood en vernislak het Van der Merwe se benadering tot sy werk benvloed. Die werke van die Belgiese kunstenaars Panamarenko en Jan Fabre, met hul ongewone benadering tot onderwerpe en die konsepsuele gebruik van materiale, is ook al deur Van der Merwe aangehaal as kunstenaars wie se werk hom intereseer.

Anselm Kiefer. The Hierarchy of the Angels. 2000.Olie, emulsie, vernislak en linneklere op doek.

Panamarenko. Pepto Bismo. 2002. Brons.

VO
Christo Coetzee. Diana as Eva. Olie, doek en dubbelkantige skilder-Perspex

OR

BE

EL
Jan Fabre. Umbraculum. 2001. Dopvlerke van buprestids, rolstoele, stapstokke, menslike bene op draad, masjiene.

Volgens Van der Merwe het plaaslike kunstenaars soos Christo Coetzee hom benvloed vanwe Coetzee se eksperimentele gebruik van materiale. Coetzee se invloede is die meeste sigbaar in Van der Merwe se vroere studentewerke. Walter Battiss se energieke benadering tot die lewe en die bevordering van kuns in die Pretoria-omgewing was n inspirasie vir Van der Merwe. Willem Boshoff het Van der Merwe ook benvloed deur sy konsepsuele benadering tot kuns. Hy identifiseer ook met die eerlike uitdrukking van spiritualiteit in die kuns van Jackson Hlungwane en met die kritiek op die misbruik van mag in die werk van Robert Hodgins.

D
Christo Coetzee. Diana as Eva. Olie doek en dubbelkantige skilder-Perspex. VISUeLe kunste GRAaD 12

232 Stilistiese kenmerke Jan van der Merwe is bekend vir sy installasies waarin hy gevonde voorwerpe inkorporeer met verroeste blikke. In sommige van sy installasies gebruik hy beelde en videos in kombinasie met die voorwerpe wat deur verroeste blik bedek word. Hy sluit nie enige uitbeeldings van mense in hierdie installasies in nie, maar daar is altyd bewyse van menslike aktiwiteit wat agtergelaat is. Van der Merwe beskryf sy installasies as rolprent- of teaterstelle sonder akteurs.

Jan van der Merwe. Soldiers bed. 1998. Verroeste metaal.

VO
Jan van der Merwe. Chair and jacket. 1998. Verroeste metaal. VISUele kunste GRAaD 12

OR
Jan van der Merwe. Ironing board. 1998. Verroeste metaal. Jan van der Merwe. Clothes horse. 1998. Verroeste metaal.

Van der Merwe se konsep om elke installasie te skep word gewoonlik afgelei van persoonlike bronne soos herinneringe of alledaagse ondervindings. Hy beskryf sy werke as monumente waarvan sommige aan sy ma en ouma opgedra is.

Wanneer sy werke in die openbare spasie van n galery uitgestal word, neem dit brer betekenisse aan wat nie so persoonlik soos die oorsprong daarvan is nie. Sy werke word ook beskou as toepaslik op die eienaardighede van die Suid-Afrikaanse samelewing en geskiedenis. In die internasionale arena word dit selfs meer anoniem en word dan genterpreteer as n verwysing na die herinneringe van die hoeveelheid onbekende mense wat nie belangrik genoeg geag word om in die openbaar herdenk te word nie.

BE

EL

Hierdie groep voorwerpe is saam uitgestal in n uitstalling wat Final Inspection genoem is. Van der Merwe het deur hierdie voorwerpe n gedenkteken geskep van sy persoonlike betrokkenheid in die tragiese konflik van die 70s en 80s, tussen die Suid-Afrikaanse Apartheidsregering en die vryheidsvegters in Angola wat deur Kuba ondersteun is. Deur sy persoonlike geskiedenis te herskep, konfronteer Van der Merwe die herinneringe van wat hy tydens sy militre diens ervaar het. Die onpersoonlike, manlike front van die weermag verkry n huislike, feministiese voorkoms deur die keuse van voorwerpe wat sy ondervindings voorstel.

233

In hierdie installasie, lewer Van der Merwe kommentaar op die skade wat berokken word aan mans, vroue en kinders tydens tye van oorlog, hongersnood en epidemies. Die gebruik van blikke, wat gewoonlik gebruik word om kos in te bewaar, is nou n simbool van die weerloosheid van mense weens ontneming deur sosiale en politieke omstandighede.

Jan van der Merwe. Eclipse. 2002. Gemengde media en verroeste metaal.

VO

OR

Vir Van der Merwe is elke werk verteenwoordigend van n oomblik van besinning en beeld dit n potiese oomlik in tyd uit. In die ondervinding van sy werk, moet die kyker n spasie binnegaan wat bestaan uit bekende voorwerpe wat geplaas word in normale, alledaagse kombinasies, maar omdat alles in die tekstuur en kleur van roes bedek word, transformeer die werklikheid van die potiese oomblik wat besinning vereis. Die insluiting van video of beelde in sommige van die installasies is n ekstra laag van die werklikheid wat die ondervinding van die potiese oomblik verryk.

BE

Sy keuse van voorwerpe en omgewings skep n situasie van kontras tussen die private en die openbare as deel van die ondervinding van sy werke. Die installasies bestaan uit n beduidende hoeveeldheid spasie waarom die kyker moet loop. Die toeskouer het die ondervinding om iemand se lewensomgewing in te dring terwyl die inwoner afwesig is. Die kyker se aandag word onmiddellik getrek tot elke voorwerp wat bewys lewer van die storie wat vertel word. Sommige van die kleiner details binne die installasie vereis dus nadere inspeksie.

EL

D
Jan van der Merwe. Sunday Suit. 2003. Verroeste metaal en gevonde voorwerpe. n Man se jas en n broek hang aan n klerestaander. Daar is n wasbak, handdoek en seep op die stoel en n man se hemp en das hang op die hanger op n skerm. Die wasbak bevat n klein TV-monitor met die beeld van n skeermes wat herhaaldelik in water afgespoel word. Die werk verwys na die pak as n simbool van mag, maar stel ook die private, weerlose oomblik bloot voor die wreld daar buite gekonfronteer word. VISUeLe kunste GRAaD 12

234 Van der Merwe se klem op die ondervinding van die spasie binne die installasie is n belangrike aangeleentheid. Die gebrek aan inwoners in daardie spasie trek aandag na die kyker se posisie binne die installasie. In n groot installasie soos The end wat Van der Merwe as een van sy belangrikste werke tot op datum beskou, is die gevoel van eensaamheid baie prominent. Die installasie bestaan uit n herskepte rolprentteater waarin 108 rolprentteaterstoele in rye gerangskik is. Op die stoele stel voorwerpe aspekte van die gehoor voor, wat enigiemand kan wees. Deur die kyker van hierdie werk te lei om deur die rye te loop om na die voorwerpe te kyk wat agtergelaat is deur mense, word die ondervinding van kyk n pelgrimstog. Die doolhof weg van die kyker vertel n storie. Individuele stoele en voorwerpe op die stoele neem die idee van rolprentraampies aan wat in tyd gevries is.

Jan van der Merwe. The End. 2006. Verroeste metaal en gevonde voorwerpe. Installasie-aansige van die voorkant en die agterkant van die uitstalspasie.

VO
Jan van der Merwe. The End. 2006. Verroeste metaal en gevonde voorwerpe. Installasie-aansigte van individuele stoele met voorwerpe wat op hulle gerangskik word. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

235 Die gebruik van weggegooide blikke in n getransformeerde, geroeste toestand is n sentrale deel van die metaforiese voorstelle van sy installasies. Die idee van roes stel agteruitgang en die verloop van tyd voor. Die verweringsproses trek aandag na die proses van transformasie wat met verloop van tyd plaasvind. Dit is ook verteenwoordigend van die broosheid van die ondervindings van mense. Van der Merwe beskryf die betekenis van roes as n chemiese proses wat hom toelaat om die kontemporre in n argeologiese tyd te omskep. Argeologie is die wetenskaplike studie van antieke kulture deur die materile oorblyfsels te ondersoek wat gewoonlik uit die grond gegrawe word. Deur die effek van roes te voeg tot kontemporre voorwerpe, transformeer hy die omgewings in historiese oomblikke. Van der Merwe se werkproses is ook belangrik. Hy versamel blikke van almal. Vriende, familie en n nabygele pizza-restaurant verskaf n eindelose toevoer van blikke. Hy beskryf homself as n kompulsiewe versamelaar wat alle voorwerpe wat deur ander weggegooi word bewaar omdat dit dalk as deel van sy installasies getransformeer kan word. Die blikke wat hy versamel, is soms reeds verroes, maar indien hulle nuut en blink is, transformeer hy hulle deur die roesproses n aanvang te laat neem met n mengsel van water en asyn. Hy bedek groot, soliede voorwerpe soos meubels met die verroeste blikke deur dit in te spyker met klein spykers. Kleredrag word geskep deur n proses wat soortgelyk is aan naaldwerk waar hy elke stuk blik aan die volgende een heg met dun draad en die finale afwerking word geskep deur bitumen by te voeg n swart, taai stof wat gebruik word as deel van teer en sand om n egalige oorgang van een deel na die volgende te skep. Die proses om hierdie voorwerpe te skep, is tydrowend en vereis geduld. Deur voorwerpe met verroeste blikke te bedek, lyk die voorwerpe nie slegs of hulle onder die grond opgegrawe is nie, maar hulle word ook bewaar deur hierdie proses. Soortgelyk aan die wyse waarop n liggaam gemummifeer is, word die voorwerp bedek deur n laag wat dit sal bewaar. Hierdie aspek verteenwoordig n dubbelsinnigheid oor die betekenis van die werke omdat elke installasie verteenwoordigend is van n argeologiese oomblik, met ander woorde, van die historiese verlede, maar dit is byna bevrore in daardie tyd deur die preservasieproses.

VO

OR

Deur die geroeste blik te gebruik, verwys Van der Merwe ook na die broos, binneste deel van die blik in kontras met die onaangraakte, bewaarde blink buitekant van blik. Die aaneenlopende proses van lewe en dood en die spirituale assosiasie met aspekte van ons daaglikse lewens word deur Van der Merwe in elkeen van sy werke aangheaal. Om na die werke te kyk en hul te ondervind, is soortgelyk daaraan om n begraafplaas of monument te besoek waar herinneringe van die verlede herleef word en die idee van n verbygaande tyd met die geassosieerde verlies van familielede en kennisse deel word van die kyker se verwysingsraamwerk.
VISUeLe kunste GRAaD 12

BE
Jan van der Merwe. Unknown. 2005. Verroseste metaal. Hierdie installasie bestaan uit 200 geroeste koeverte met sels, maar geen geaddreseerdes nie. Die koeverte hang van n muur af.

EL

236 Deur die dominante effek te gebruik van voorwerpe wat met roes bedek word, in kontras met kontemporre elektroniese tegnologie soos televisies en rekenaars, skep hy spanning tussen oud en nuut. Die roes kan genterpreteer word as verteenwoordigend van ou herinneringe wat in die proses van transformasie is, terwyl die tegnologiese voorwerpe en beelde die teenwoordige, die hier en nou voorstel. Die kort rolprente wat gewys word as deel van sommige van sy installasies, is gewoonlik herhalende aksies wat n metafoor is vir die eindelose sirkel van dinge wat herhaaldelik gebeur. Deur huidige tegnologie te gebruik om die hede op so n manier voor te stel dat dit met die verlede verbind, wys dus die onderlinge verbinding van die hede, verlede en toekoms. Die effek om te kyk na die opgeneemde, herhalende aksies op film as deel van die installasies word deur Van der Merwe as n spirituele daad van meditasie beskryf.
Jan van der Merwe. Artifacts. 1999. Verroeste metaal en gevonde voorwerpe.

Voorbeelde van Jan van der Merwe se werke

Wag Hierdie installasie bestaan uit n ou bed (sonder n matras) met n trourok wat daarop uitgel is en n klerekas wat uit doringdraad gemaak is met rokke daarin. Die ou styl van die bed en die kleredrag ontlok verwysings na Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die oop narratief van hierdie werk lei die kyker na die idee dat n verloofde wag vir die terugkeer van haar toekomstige man, wat vermoedelik oorlede is.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Die werk word beskou as n verteenwoordiging van n spesifieke historiese gebeurtenis, maar dit kan ook genterpreteer word as n universele fenomeen. Deur die doringdraad te gebruik om die buitelyne van die klerekas voor te stel, het Van der Merwe n metafoor geskep vir die konsentrasiekampe waar vroue en kinders tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 1902) gevange gehou is. Hierdie verwysing kan verder geneem word omdat vroue en kinders wat vasgevang is in situasies van armoede of sosiale oproer steeds lei in vandag se wreld.

OR

BE
Jan van der Merwe. Waiting. 2000. Verroeste metaal en gevonde voorwerpe.

EL

237 Die storie kom oneindig voor, en beeld n nimmereindigende proses van wag uit. Deur alles in geroeste blik uit te beeld, word die idee van wag uitgebeeld as n proses wat tot agteruitgang lei. Al die voorwerpe daar is fisies vatbaar, asof hulle vir ewig gepreserveer word, maar hulle gaan agteruit en kom broos voor. Verganklikheid word afgespeel teenoor permanensie. In plaas daarvan om die opwinding van die komende troue voor te stel, vries hierdie installasie daardie dag van opwinding vir ewig en die slaapkamer waarin die jong bruid haarself sou aantrek, is bedek in roes wat die gevoel om na die hele toneel te kyk verander in n gevoel van melancholiese jammerte. Die metafoor van hierdie eindelose siklus kom as n waarskuwing voor, en herinner kykers aan die gruweldade van die verlede wat op die oomblik en in die toekoms voortbestaan. Die titel van die werk dra by tot die eindelose bose kringloop. Die titel Wag beteken om vir iets of iemand te wag, maar dit beteken ook iemand wat wag hou. Die dubbelsinnigheid van die titel dui op die idee van afwesigheid wat opgeroep word as die beeld van n verloofde wat wag vir die man waarmee sy gaan trou. Dit is deel van die werk vanwe die trourok wat netjies uitgel is en die beeld van n soldaat wat n wag is, word ook te kenne gegee deur die historiese verwysing. Nie een van die twee karakters in hierdie storie is fisies teenwoordig nie. Die enigste aspek van hierdie werk lyk of dit die eindelose wag is. Biegbak Van der Merwe het nog n baie bekende huishoudelike omgewing in hierdie installasie geskep. Die beperkte spasie van die opwaskamer in n hoek van die kombuis met die wasbak, borde, opwaslappe, oondhandskoene en n voorskoot behoort aan enigiemand herkenbaar te wees. In hierdie toneel is die borde gewas, maar binne-in die wasbak, waarin die opwaswater sou wees, wys n televisiemonitor n film van hande wat n pot aanhoudend skrop. Bo die wasbak is n geprojekteerde beeld wat n renerige binnehof deur n venster wys. Al die elemente in hierdie werk lei die kyker na die idee van die aaneenlopende siklus wat deel van die lewe is. Dit word gesien in die daaglikse taak om op te was, wat die resultaat is van om elke dag te eet en die idee van die siklusse van die natuur wat deur die renerige binnehof voorgestel word. Die gebruik van roes as n medium wat al die voorwerpe bedek het, versterk hierdie idee van die aaneenlopende siklus wat regdeur tyd herhaal word. Die roes is n teken dat tyd verbygegaan het en die uitwerking wat agteruitgang op aardse voorwerpe het.

VO

OR

BE
Jan van der Merwe. Biegbak. 2003. Geroeste metaal, gevonde voorwerpe, TV-moitor en videomasjien en dataprojekteerder. VISUeLe kunste GRAaD 12

EL

D
Jan van der Merwe. Waiting. 2000. Geroeste blik en gevonde voorwerpe. .

238

Die toneel wat die kyker begroet is n persoonlike spasie, en selfs al is dit bekend, is dit iemand anders se kombuisopwasbak en borde wat gewas is. Die inwoner van hierdie spasie is afwesig.

VO
Jan van der Merwe. Biegbak. 2003. Geroeste metaal, gevonde voorwerpe, TV-monitor en videomasjien en dataprojekteerder. Die beeld is van hande wat n pot skrop. Jan van der Merwe. Biegbak. 2003. Geroeste metaal, gevonde voorwerpe, TV-monitor en videomasjien en dataprojekteerder. Die geprojekteerde beeld is van n renerige binnehof. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Deur die televisiemonitor en geprojekteerde beeld te gebruik, kontrasteer Van der Merwe die permanensie van die kombuisomgewing en die daaglikse take wat in daardie spasie verrig word, met tyd wat beweeg wat deur die bewegende beeld voorgestel word. Die bruin kleur van die ontbindende geroeste voorwerpe kontrasteer sterk met die koel kleure van die beeld op die TV-skerm en die geprojekteere beeld. Die verroeste beelde het n growwe tekstuur en kom voor of hulle opgegrawe is uit die aarde terwyl die tegnologiese beelde beweeg en n egalige, vloeibare tekstuur het.

BE

EL

D
Jan van der Merwe. Biegbak. 2003. Geroeste metaal, gevonde voorwerpe, TV-monitor en videomasjien en dataprojekteerder.

239 Die titel van die werk bepaal die intimiteit van die spasie selfs meer. Om te bely is n persoonlike proses wat introspeksie vereis en n erkenning dat n fout gemaak is. Die omgewing en die herhalende take wat uitgevoer word, lei tot besinning wat die daad van belydenis tot gevolg het. Die verbeelde postuur van die persoon wat borde skrop dra by tot die idee van belydenis wat n daad van onderdanigheid tot die waarheid is. As n mens staan en die borde was, moet n mens afkyk voor jou in die opwasbak. Die gebo kop simboliseer die daad van onderdanigheid. Dit kan ook beskou word as deel van die daad van besinning, die TV-beeld wat gelyk is aan jou siel. Die beeld om die borde te was, is n reinigingsproses wat verwys na die proses om die gewete te reining wat tydens belydenis plaasvind. Na die belydenis gemaak is, voel die persoon gewoonlik of hy of sy vars kan begin. Volgens Van der Merwe, in sy verwysing na die belangrikheid van die installasie, maak elke generasie skoon en probeer hulle om nuut te begin. Die skoonmaak- of reinigingsritueel kan ook godsdienstige konnotasies h. Hierdie intieme ingeperkte en afgesperde spasie skep n altaaragtige teenwoordigheid en die beelde in die opwasbak en op die muur verleen n nostalgiese atmosfeer aan die gewone die ritueel om te reinig en die herhalende siklusse van die natuur (die ren buite). Van der Merwe se ouma was die inspirasie vir hierdie werk omdat sy haar daaglikse huishoudelike take verrig het, wat herhalend en sielsvernietigend kan wees, maar hy onthou dat sy by die opwasbak in die kombuis gebid het. Die herhalende rituele van die huis word gelyk gestel aan die gerusstellende rituele van geloof.

Al die stukke bagasie is herskep met Van der Merwe se kenmerkende tegniek om geroeste stukke blik saam te flans. Die flappe waardeur die bagasie ingaan en verdwyn word ook gemaak van n buigbare metaalmateriaal. Langs die laaiband staan n enkeltrollie met bagasie daarop, n baadjie wat oor die handvatsels gevou is en n versameling medaljes wat van die kant van die handvatsel af hang. Dit verskyn en is eindeloos. Wanneer n mense na die toeskouers van hierdie werk kyk, lyk dit of hulle die posisie van die passasiers inneem wat veronderstel is om die bagasie af te haal, maar hulle staan ook en kyk asof hul bagasie nrens te vinde is nie.

VO

Jan van der Merwe. Baggage Arrival. 2001. Verroeste metaal en gemengde media. .

OR

The Archeology of time: Baggage Arrival In hierdie installasie het Van der Merwe n aspek van n kontemporre omgewing herskep. Die onderwerp van hierdie werk is die laaiband met bagasie wat wag om afgehaal te word by die lughawe. n Verskeidenheid vorms en groottes van bagasie word vervoer op die ronde roete van die laaiband. Op n muur in die middel van die laaiband wys n televisiemonitor die roete van die bagasie soos dit ager die muur verdwyn.

BE

EL

VISUeLe kunste GRAaD 12

240 Ons word weer eens gekonfronteer met die idee van tyd wat verbygaan. Hierdie installasie maak dit selfs meer duidelik deur die effek van beweging van die laaiband en die visuele voorstelling van die deel wat nie sigbaar is vir die toeskouer wat voor die werk staan nie, maar wat op die televisiemonitor verskyn. Vir Van der Merwe stel hierdie aanhoudende siklus die idee voor dat ons geskiedenis beweeg maar altyd met ons is. Die verskeidenheid vorms en groottes van bagasie is suggererend van die eienaars en die inhoud van die bagasie. n Toeskouer van hierdie werk sal definitief dink oor die moontlike identiteite van die eienaars. Die bagasie kom voor of dit die afwesige identiteite van die eienaars wegsteek of beskerm. Elke stuk bagasie het sy eie karakter en die gelapte tekstuur van die oppervlakte daarvan verwys na die lae klere en persoonlike besittings wat n mens aanneem in die bagasie is. Die private word voorgestel deur die ingeslote vorm van die bagasie wat ontbloot word en uitgestal word in die openbare arena van die aankomsterminus van n lughawe. Van der Merwe se installasie maak die kyker bewus van hierdie ondervinding deur die bagasie sonder die eienaars voor te stel. Afwesigheid en teenwoordighed is teenstellende aspekte wat n belangrike deel vorm van die ondervinding van hierdie werk. Dit verwys ook na die eindelose siklus van gebeure in die geskiedenis wat altyd terugkeer en gevolglik nooit werklik geskiedenis is nie. Die idee om deel van n lughawe te gebruik, verwys na Van der Merwe se ander werke omdat dit in n verbygaande spasie is. Die ondervinding van tyd word beklemtoon deur die feit dat passasiers wat per lug reis gewoonlik in n baie kort tydperk van liggings verander het.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE
Jan van der Merwe. Baggage Arrival. 2001. Verroeste metaal en gemengde media. Jan van der Merwe. Baggage Arrival. 2001. Verroeste metaal en gemengde media.

Hierdie installasie is vir die eerste keer drie weke voor die ramp van 11 September in Amerika uitgestal. Die onsekere toestand van die moderne lewe word dus beklemtoon soos die gebrek van die teenwoordigheid van mense n skokkende betekenis aanneem as n globale stelling.

EL

Jan van der Merwe. Baggage Arrival. 2001. Verroeste metaal en gemengde media.

241

5.4

Voltooi in jou VKS-werkboek.

5.4.1 Die volgende kunstenaars het banale alledaagse voorwerpe in hul kunswerke gebruik. Hoe het die kunstenaars die voorwerpe getransformeer? Bespreek die mediums wat gebruik is en die visuele effek van die veranderings wat aan die voorwerpe gemaak is. Hoe dra die titel van elke werk en die transformasie van die voorwerpe by tot die betekenis van die kunswerke?

VO

Joseph Beuys. Homogenous infiltration for piano. 1966. Klavier bedek met vilt en leer.

OR
Anselm Kiefer. Women of antiquity. 2002. Geverfde brons, lood, glas, yster, as en yster.

BE

Andy Warhol. Campbells Soup Cans. 1962. POLIMEERVERF OP DOEK.

EL

D
Jasper Johns. GEVERFDE BRONS. 1960. OLIE OP BRONS. Jan Fabre. The wall of ascending angels. 1993. Juweelkewers op staaldraad. Jan van der Merwe. Jacket and tie. 2010. Geroeste metaalinstallasie. VISUeLe kunste GRAaD 12

242

5.4.2

Die volgende word beskou as belangrike elemente van Jan van der Merwe se installasies: Tyd, Afwesigheid, Stilte, Broosheid en Verganklikheid. Kry die definisie van elkeen van hierdie woorde. Skryf hulle neer. Verduidelik die belangrikheid van die woorde deur die volgende twee installasies te analiseer.

Die installasie, Its cold outside, het n aantal verwysings na teenoorgesteldes soos binne/ buite, privaat/openbaar en warm/koud. Die werk word beskryf as n monument vir gewone mense en meer spesifiek vir vroue wat weerloos is teen die verwoesting van n samelewing waar politieke en sosiale veranderinge die daaglikse lewe domineer. Voor n gordyn wat skaars oopgemaak is, op n afdeling getelde vloer is n stoel geplaas met n vrou se onderrok wat oor die agterkant en sitplek hang, n klein elektriese verwarmer, en n staander met n oop grimeertassie. Daar l n tas op die vloer. Aan die agterkant van die gordyn, onsigbaar vir die kyker, blaai n waaier lug in, wat die effek veroorsaak van n koue bries wat oor die toneel beweeg deur die gaasgordyn. Op die deksel van die tas, is daar n klein videomonitor wat n nabybeeld wys van lipstiffie wat aan lippe aangewend word. Die kort animasie word in kringfilm aangebied en herhaal aanhoudend. Die skerm is soos n spiel in die deksel van die tas.
Jan van der Merwe. Its cold outside. 2004. Installasie: gevonde voorwerpe, geroeste metaal, TV-monitor, DVDspeler

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Killing time lewer kommentaar op die tydverdryf van baie magsbehepte burokrate wat hul mag gebruik om speletjies van agter hul lessenaars te speel. Die toenemende hoop papierstralers lewer kommentaar op die gevolge van daardie speletjies. Die stralers is monumente vir verlore kanse en lei klaarblyklik tot gevoelens van mislukking wat n kompulsiewe toename in pogings om beheer te verkry tot gevolg het.
Jan van der Merwe. KILLING TIME/TYDVERDRYF. Installasie: gevonde voorwerpe, geroeste metaal, TV-monitor, DVDspeler.

BE
Jan van der Merwe. detail of Its cold outside. 2004. Installasie: gevonde voorwerpe, geroeste metaal, TV-monitor, DVD-speler. Jan van der Merwe. Killing Time/Tydverdryf. Installasie: gevonde voorwerpe, geroeste metaal, TV-monitor, DVDspeler.

EL

x 243

Post-demokratiese identiteit in Suid-Afrika

6.2 Identiteit in internasionale kuns

6.4 Identiteit in post-1994 Suid-Afrikaanse kuns 6.5 Churchill Madikida 6.6 Conrad Botes

6.7 Hasan and Husain Essop

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

6.3 Identiteit in post-1994 demokratiese Suid-Afrika

EL

6.1 Wat is identiteit?

INDEKS

Hoofstuk

244

Wat is identiteit?
Ken jouself. Thales, Antieke Griekse filosoof

VO
WOORDELYS

Etnies verwys na n groep wat kenmerke deel, soos godsdiens, taal, tradisies, kos, ens.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Identiteit kan dus beskou word as persoonlike of gedragskenmerke wat n persoon herkenbaar maak as n lid van n groep of as n individu. Identiteit is altyd in verhouding met iets/iemand anders en handel oor hoe eenders of hoe verskillend ons is. Identiteit verwys dus na individualiteit, maar ook na eendersheid (identies) met ander. Die Britse Pop-kunstenaar, Peter Blake, wys sy passie vir alles wat Peter Blake, Self-portrait with Amerikaans is in hierdie werk met sy blou jeans, Converse-stewels, Elvis Badges, 1961. Presley bewonderaarstydskrif en kentekens. Individuele identiteit word gevorm deur familie, geskiedenis, sosiale en ekonomiese faktore. Die individu het n mate van beheer daaroor om sy/haar identiteit te konstrueer, omdat hy/sy sy/haar identiteit kan kies, byvoorbeeld om aan n subkultuur te behoort en om met sportspanne en musiekgenres te identifiseer.

BE

EL

Identiteit het te doen met die vraag, wie is ek? Volgens sommige sosiolo kan identiteit in die volgende afdelings geklassifiseer word: Individuele identiteit: Die unieke gevoel van mensheid en individualiteit wat deur elke persoon in sy of haar eie reg gehou word. Sosiale identiteit: Die kollektiewe gevoel om aan n groep te behoort en om jouself te identifiseer as om iets in gemeen met ander groeplede te h. Kulturele identiteit: Die gevoel om aan n spesifieke etniese, kulturele of sub-kulturele groep te behoort.

245

6.1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Watter van hierdie faktore is die belangrikste wanneer jy jou eie persoonlike identiteit vorm? Hou n klasbespreking om aan te dui hoe identiteit verskeie variasies aanneem?

VO

Van die 1960s en 1970s het die idee om identiteit in kuns uit te druk n toenemend belangrike rol in kontemporre kuns begin speel. Die idee dat kuns universele waarhede bevat wat deur die hele mensdom begryp word, word vervang deur kunswerk wat persoonlike of subjektiewe gevoelens en idees verken. Daar is n klem op kunstenaars wat verskillende identiteite uitdruk wat verband hou met persoonlike, geslags-, rasse, spirituele, klas en politieke kwessies. Deel van identiteit word gevorm deur die omstandighede waarin n mens gebore word, soos geslag, etnisiteit, ras, sosioekonomiese klas, ens. Hierdie faktore word deel van n persoon en hulle is onveranderbaar. n Mens kan egter jou beskouing van hierdie dinge verander. Dit is wat kontemporre kunstenaars doen en deur dit te doen, kan hul die kykers se opvattings oor kwessies en stereotipes wat verwant is aan hierdie kwessie, verander. n Mens kan dus praat van n globale kuns wat alle kulture insluit.

OR

BE

WIE IS JY? Gebruik die wenke hieronder om n omvattende breinkaart te maak wat jou identiteit wys. Familie, vriende Etnisiteit Taal Oortuigings Geskiedenis Besittings Skeppings Keuses Waardes Voorwerpe Voorkoms Belangstellings Stokperdjies Gewoontes Spasies

Identiteit in internasionale kuns

EL
WOORDELYS

D
Kontemporre kuns
word gewoonlik beskou as die kuns van die 1970s tot vandag. Dit is aan die voorpunt van kuns en is nie tradisioneel nie.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

246

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Pop-Kuns was n kunsbeweging wat sy oorsprong in die 1950s in Engeland gehad het en gedurende die 1960s na Amerika toe beweeg het. Die Britse Pop-kunstenaar, Richard Hamilton, het verwys na die dubbellewe wat n kunstenaar lei omdat hy tydens die dag die klassieke naakfiguur bestudeer en snags ontspan deur na n Amerikaanse cowboy-fliek te kyk. Die Pop-kunstenaar wou sy alledaagse lewe en omgewing deel van sy kuns maak. Alledaagse populre kultuur is gebruik in Pop-Kuns soos rolprente, televisie, modes, prikkeltydskrifte, advertensieborde en verbruikersgoedere. Twintigste eeuse kunstenaars het afgesonder gevoel van die gewilde kultuur en het dit beskou as die teenoorgestelde van goeie smaak. Met Pop-Kuns het gewilde kultuur die direkte bron vir die kunswerk geword. Die Popkunstenaar aanvaar die dinge wat deur die tegnologie en die massamedia geskep word as inspirasie en deel van hulle identiteit. Hulle onmiddellike omgewing van verbruikersgoedere, popsterre, ens., word gevier. Die Pop-kunstenaars se benadering tot populre kultuur of massamedia is nie satiries of enigsens antagonisties nie. Hulle lewer nie enige kommentaar daarop nie, behalwe om te s dat dit die omgewing is waarin hulle hul kuns uitbeeld. Neo-Ekspressionisme was die internasionale skilderbeweging van die 1980s met kunstenaars soos Julian Schnabel, Georg Baselitz en Anselm Kiefer. In hulle werk het hul mening probeer kry deur kontak met self, geskiedenis en tradisie.

OR

BE

EL

Richard Hamilton, Just what is it that makes todays home so different, so appealing, 1956. Collage.

Andy Warhol, Elvis, 1963. Syskerm.

Anselm Kiefer, Nigredo, 1984. Olie, akriel, emulsie, vernislak en strooi op foto, gemonteer op doek met houtsnee.

247 In Duitsland was die terugkeer na Ekpressionisme deel van n meer algemene skuif in die samelewing wat die land se moeilike moderne geskiedenis aangespreek het. Anselm Kiefer is gebore in die jaar toe die Tweede Wreldoorlog in Duitsland tot n einde gekom het. Baie van sy kuns weerspiel temas en was herinneringe aan die donker, tragiese tye van Nazisme wat sy geboorte vooruitgegaan het. Gedurende die 1970s het hy begin werk aan n reeks kragtige, verbrande Duitse landskappe. Nigredo se basis is fotografies, met verskillende materiale en kunstige gebruike wat bo-op dit geplaas is. Die massiewe doek wys n Duitse landskap. Die landskap is swart en verskroei. Dit is nie n mooi landskap nie, maar een wat uitmekaar geskeur en vernietig is, wat die jare van oorlog herroep wat Duitsland se landbousektor en die land sosiaal, polities en ekonomies verwoes het. Hoewel dit nie spesifieke verwysings na die Holocaust maak nie, het dit betrekking daarop deur die swartheid en die vernietigde gevoel van die landskap. Kieper beeld daardie verwoesting in hierdie stuk uit. Die dik aangepakte oppervlakte sluit die gebruik van strooi in. Kiefer dink aan strooi as n soort mis wat n vorm van energie is wat warmte in die winter verskaf . Strooi kon n simbool wees van hoop, en ook van weerloosheid, verganklikheid en brandbaarheid. Kiefer skryf die woord, Nigredo (swart), in die boonste linkerkantste hoek van die skildery. Nigredo verwys na alchemie, die proses van die Middeleeuse tyd wat glo gebruik kon word om gewone dinge in goud te verander. Nigredo is die eerste stap tydens die alchemieproses waartydens n verbranding plaasvind wat dan gevolg word deur die teenwoordigheid van lig. Kiefer het geglo dat Duitsland se deelname aan die Tweede Wreldoorlog en die Holocaust permanente littekens op die siele van die Duiste mense en op die siel van die hele mensdom gelaat het. Kiefer s dat hoewel Duitsland gely het tydens konflik en oorlog, die land steeds die mag het om op te rys en om iets mooi en briljant te word. Hierdie beelde stel verwoesting voor, maar ook nuwe groei, wat te kenne gee dat daar herstel en verlossing is vir Duisters wat skuldig oor hul verlede voel. Vir Keifer is die landskap die draer van die herinneringe van menslike aksies/lyding.

VO
Jaune Quick-to-See Smith, Trade (Gifts for Trading Land With White People), 1992. Olie en gemengde media op doek.

Jaune Quick-to-See Smith (geb. 1940) is n Amerikaanse Indiaanse kunstenaar wat haar Amerikaanse Indiaanse verlede kombineer met die moderne wreld rondom haar om op haar identiteit te fokus. In 1992 het Amerika die 500ste herdenking van Christopher Columbus se ontdekking van NoordAmerika gevier en die gevolglike voordele van die wit bevolking in Amerika. Gedurende hierdie kolonisasieproses het inheemse Amerikaners die meeste van hul land verloor en baie van hulle woon steeds op Indiane-reservate. Smith kom in opstand oor hierdie geskiedenis in hierdie gemengde media werk. Die doek is n mengsel van collage geskep van Amerikaanse Indiaanse koerantuitknipsels, beelde van die geskiedenis van die Indiese oorwinning en ou fotos verskyn langs die prosaese, soms somber feite van die daaglikse lewe in Indiane-reservate. Dit het groot kolle rooi, oranje en groen wat langs
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

248 mekaar geplaas is. Die groot stroke verleen n voorkoms van n dik tekstuur daaraan. Die kleure word in die negatiewe spasies geplaas en in die middel is n geverfde kano. Bo die doek hang sy n wasgoeddraad waarvan verskeie voorwerpe hang. Sommige van hierdie voorwerpe is Amerikaanse-Indiaanse artefakte soos beelde en kraaljuwele wat gemeng is met gedenkwaardighede wat Amerikaanse-Indiaanse name het, soos Washington en Redskins en Atlanta Braves. n Verskeidenheid goedkoop speelgoed, aandenkings en sportgedenkwaardighede spreek van die kommodifisering van die AmerikaanseIndiaanse identiteit in die populre kultuur. Die skildery bied ironies genoeg hierdie voorwerpe aan wit mense in ruil vir die terugkeer van gesteelde grond. Tydens die laaste twee dekades, is daar n oplewing van Chinese kunstenaars wat hul stempel op die kontemporre kunstoneel afgedruk het. China het baie in die afgelope 20 jaar verander soos die land internasionaal meer oop geword het. Vir baie jare tydens die 20ste eeu was kommunistiese China onder Mao vol propogandabeelde. Kontemporre kunstenaars, soos Cai Guo Quing en Ai Weiwei is voorlopers in die skep van fassinerende, kontemporre kuns wat die tradisionele Chinese identiteit sowel as globale sake omsluit.

OR

Head on is n installasie wat bestaan uit 99 lewensgrootte replikas van wolwe op n Plexiglasmuur. Dit het Cai ses maande geneem om die wolwe in sy tuisdorp, Quanzhou, in China te Cai Guo-Qiang creating the gunpowder Vortex, 2006. voltooi waar n plaaslike werkwinkel opdrag gegee is om die lewensgrootte wolwe te maak. Cai Guo-Qiang skep die buskruittekening, Vortex, 2006. Hulle is aangetrek in geverfde skaapvelle wat met hooi gevul is. Hul realistiese gesigte is gemaak van plastiek met albasters om lewensgetroue o te skep. Hulle ore word agtertoe getrek, hulle monde is oop met ontblote tande wat ontbloot is terwyl hulle met groot ywer na iets toe hardloop; net om in die glasmuur vas te hardloop en grond toe te val. Die wolwe is naby aan mekaar gegroepeer om die illusie van n boog van beweging te skep, aangesien sommige van hulle bo die koppe van die kykers gehang is. Hierdie pragtige boog wolwe word gekontrasteer met die wat in die muur vasgehardloop het en met gedraaide en stukkende liggame op die grond l. Cai Guo-Qiang gebruik die wolwe om die menslike wreld voor te stel. Mense word maklik verblind deur kollektiewe aksies en ideologie. Hulle volg die pak soos die wolwe, net om kop eerste te bots. Hierdie is n herhalende tema in geskiedens waar mense blindelings politieke stelsels en ideologie ondersteun sonder om werklik die gevolge van hul aksies te oorweeg. Die werk is terselfdertyd pragtig en tragies.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

Cai Guo-Qiang, Head On,lewensgrootte replikas van 99 wolwe en glasmuur

Cai Guo-Qiang (1957 ) is n kontemporre Chinees-gebore kunstenaar wat nou in New York woon.

249 Die uitvinding van buskruit word toegeskryf aan die Chinese. Die gebruik van buskruit in vuurwerke is n deel van tradisionele Chinese kultuur en Cai het grootgeword in n omgewing waarin vuurwerkontploffings algemeen was. Hierdie antieke Chinese uitvindsel word deur Cai gebruik om kontemporre werke te skep wat n mens herinner aan historiese Cai Guo-Qiang, Vortex, Buskruit op papier, 2006, 400 x 900 cm. Chinese inktekeninge. Die yslike tekening, Vortex, is geskep deur verskeie grade van buskruit op papier te laat ontplof waarop beelde van wolwe voorheen gesjabloneer is. Die tekening wys die gebrande en rokeringe houtkryt-gemerkte spore wat na die ontploffing agtergelaat is. Die werk is dus geskep deur beplanning sowel as toeval. Die skep van hierdie werke word gewoonlik in die publiek gedoen. Cai het sy Chinese erfenis en herinnerings in die buskruittekeninge gebruik. Hy s dat hy met buskruit begin werk het om spontaniteit te bevorder en om die onderdrukkende, beheerde kunstige tradisie en sosiale klimaat in China te konfronteer.

Ai Weiwei hou sommige van sy sonneblomsade vas.

VO

Sunflower seeds is n installasie wat gemaak is van meer as 100 miljoen porselein-sonneblomsaadreplikas wat versprei is op die vloer in die groot Turbine Hall van The Tate Modern in Londen om n onskynlik oneindige lanskap te skep. Die sade het n sensoriese ondervinding geskep waaraan gevat kon word, waarop geloop kon word en na geluister kon word, soos die sade onder die voete verskuif het. Die uitstalling is later afgesper vanwe gesondheids- en veiligheidsvrese weens keramiekstof. Hoewel die sade identies voorkom, is elke porseleinsaad individueel met die hand gemaak en geverf deur vaardige ambagsmanne in die stad, Jingdezhen, wat beroemd is vir die vervaardiging van Chinese Imperiale porselein. Hoewel die sonneblomsade lyk of hul industrieel vervaardig is, is hulle gemaak deur die werk van honderde vaardige hande.
Sunflower seeds in die Tate se Turbine Hall, 2010

OR

BE
Ai Weiwei, Sunflower Seeds, 2010. Installasie van meer as 100 miljoen porseleinsonneblomsade.

EL

Ai Weiwei (1957 ) is n Chinese kontemporre kunstenaar wat in n verskeidenheid soorte media werk. Hy is hoogs en openlik krities oor die Chinese regering se posisie oor demokrasie en menseregte. In 2001 is hy deur die Chinese regering gearresteer sonder dat enige amptelike aanklagte teen hom gemaak is. Dit het gelei tot luide internasionale protes vir sy vrylating. Hy is twee maande na sy aanhouding op aanklagte van belastingontduiking deur die Chinese regering vrygestel.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

250 Hierdie is een van die mees algemene natuurlike produkte in China. Dit groei selfs wild. Ek het in die strawwe omstandighede van die Gobi-woestyn grootgeword waarheen my familie gestuur is as straf omdat hulle politieke afvalliges tydens die Kulturele Revolusie was. Selfs daar het ons altyd sonneblomme gehad. Daar is twee redes waarom ek hulle in hierdie stuk gebruik het. Eerstens om n politieke rede: Voorsitter Mao is as die son uitgebeeld en die massa mense as sonneblomme wat altyd na die son draai om hul revolusionre getrouheid te toon. Ook, sonneblomsade kom eenvoudig baie algemeen voor hulle word tydens gesprekke gedeel, gedurende vakansies, voor flieks, by troues. Elke huishouing het sonneblomsade. Dus het hulle iets te doen met my herrineringe. Terselfdertyd is die individuele stukke vir hierdie werk deur verskillende hande van verskillende mense oor n lang tydperk gemaak. Die werk kan op verskillende maniere genterpreteer word. Porselein is feitlik sinoniem met China en die land het altyd groot hoeveelhede porseleinartikels na die Weste uitgevoer. Vandag word die hele wreld blootgestel aan die Made in China-fenomeen, waar goedkoop vervaardigde produkte die mark domineer. Ai Weiwei lewer kommentaar op die prys wat die Chinese mense moet betaal deur massavervaardigde goedere te vervaardig en om die uitbuiting van die regering te verduur tydens die skep van hierdie produkte. Die werk se inherente boodskap is kommentaar op massaverbruik, Chinese industrie, hongersnood en kollektiewe werk.

VO
Zhang Huan, Family Tree, 2000. fotos.

Zhang Huan (1965 ) is n Chinese kunstenaar wat in Shanghai en in New York gebaseer is. Ek het drie kalligrafie-kunstenaars genooi om tekste op my gesig van vroeg in die oggend tot die aand te skryf. Ek het vir hulle ges wat hulle moes skryf en om altyd n ernstige houding te handhaaf terwyl hulle die teks geskryf het, selfs toe my gesig donker geword het. My gesig het die daglig gevolg totdat dit stadig donker geword het. Ek kan nie s wie ek is nie. My identiteit het verdwyn. Family tree bestaan uit opeenvolgende fotos van Zhang Huan se gesig. Huan het die kalligrafiekunstenaars opdrag gegee om sy persoonlike verhale, voorvadergeskiedenis en gedagtes te skryf.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

251 n Persoon se gesig is deel van sy of haar identiteit. Maar omdat Huan oor sy identiteit op sy gesig geskryf het, wis hy sy eie geskiedenis uit aangesien dit nie op die einde in die swart gesig gelees kan word nie. Volgens Huan, Ek voel altyd dat een of ander misterieuse lot deel is van die mens se lewe waaraan jy niks kan doen nie, jy kan niks doen om dit te beheer nie, dit gebeur net. Meer kultuur is stadig besig om ons te versmoor en maak ons gesigte swart. Dit is onmoontlik om jou ingebore bloed en persoonlikheid te verwyder.

Sadegh Tirafkan (1965 ) is n Irakese kontemporre kunstenaar wat in Tehran in Iran woon. Hy het tydens die oorlog tussen Iran en Irak baklei wat agt jaar geduur het en was n opgekommandeerde soldaat. Sy werk fokus op Iranese tradisies en godsdienstige rituele. Hy gebruik sy begrip van die Iranese kultuur om sy eie Iranese identiteit te verken. Deur stilfotos as n beginpunt, gebruik hy dan verskillende soorte media, soos video-installasie en collage. The loss of our identity ondersoek die effek van n toenemende teenwoordigheid van westerse gevoelens en invloede op die jeug van die hedendaagse Iran. In di werk word n jong man met oorfone in n wit T-hemp uitgebeeld en dit lewer kommentaar op die Westerse kultuur. Sy o is egter weggesteek onder die superponeerde gordyn wat geskep is van n hervervaardiging van n strydtoneel wat gellustreer word in n antieke Persiese steengedrukte boek. Die beeld bevraagteken die agteruitgang van die tradisionele Iranese kultuur gedurende die toenemende sterk aanslag van die Westerse kultuur. Tirafkan s sy doel is om te demonstreer dat alle mense, ongeag van geslag, kultuur en godsdiens, inderdaad soek na innerlike vrede en heiligheid. Miskien is sy kuns n potiese manier om demone van die verlede en hede uit te dryf.

VO

OR

BE

EL
Sadegh Tirafkan, The Loss of our Identity, 2007. fotomontage. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

252 Kehinde Wiley (1977 ) is n Amerikaanse kunstenaar wat hoogs naturalistiese skilderye van kontemporre Afrika en Afro-Amerikaanse mans uitbeeld. Le Roi a la Chasse is gebaseer op die portret wat Anthony van Dyck van Koning Charles I van Engeland geskilder het. Deur hierdie verwysing te gebruik, spreek hy die beeld en status van die jong AfroAmerikaanse man in die kontemporre kultuur aan. Die figuur spreek van die hip-hop, kultuur. Hy is heldhaftig en in beheer van sy identiteit en lotsbestemming.

Kehinde Wiley, Le Roi a la Chasse, 2006. Olie op doek.

In 1994 het Suid-Afrika n demokratiese land met stemreg vir almal geword. Nasionale simbole is verander om n nuwe Suid-Afrikaanse identiteit te vestig en n nuwe erfenis vir die demokratiese nasie van Suid-Afrikaners te skep. Dit het n nuwe Nasionale Volkslied, vlag, nuwe erfenisgebiede en n wapenskild ingesluit. Suid-Afrika is een van die uiteenlopendste lande in die wreld met vier bre rassegroepe, 11 amptelike tale, n yslike gaping tussen ryk en arm en groeiende gemeenskappe van swerwers en immigrante. Sedert die einde van Apartheid is daar n ontwikkelende gevoel van nasiedom in hierdie rassebewuste land. Meeste van al hierdie groepe beskou hulself hoofsaaklik as Suid-Afrikaans en nie as lede van n spesifieke etniese groep nie. Die nalatenskap van Apartheid het egter kulturele en etniese identiteite bederf. Dit het stereotipiese identiteite van Zoeloes en Afrikaners, bruin

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

Die feit dat ons so etnies, kultureel en lingusties uiteenlopend is, behoort dan n sentrale verbinding van n unieke Suid-Afrikaanse identiteit te wees. Suid-Afrika se demokrasie is gebaseer op n kompromis tussen uiteenlopende politieke groepe en die aanvaarding van ons verskille. Die feit dat Suid-Afrika n veelvuldige identiteit het, behoort die basis van sy gedeelde Suid-Afrika-heid te h. Suid-Afrika is n smeltpot van mense met hul wortels in Afrika, die Ooste en ook die Weste William Gumede
mense of ander groepe geskep. n Algemene SuidAfrikaanse identiteit moet as n mosaek geskep word wat bestaan uit die beste elemente van die uiteenlopende verlede en hede, geskiedenisse en kulture. Dit beteken nie dat n mens identiteits- of kulturule selfmoord moet pleeg nie. n Mens kan steeds n Afrikaner, Zoeloe of Indir wees as deel van n brer Suid-Afrikaanse identiteit. Daar moet egter slegs een manier wees om Afrikanerheid of Zoeloeheid te beoefen. Ander mense beoefen dalk hul identiteit anders, en ander kan selfs kies om nie as n Afrikaner of n Zoeloe beskou te word nie, selfs al is hulle in daardie kulture gebore. Hul moet gerespekteer word vir daardie keuse. Die belangrikste is dat ons ons Afrikanerheid of Zoeloeheid op so n manier moet beoefen dat dit nie in konflik is met die demokratiese waardes wat in ons Grondwet is nie. Menslike waarde en empatie vir ander mense bly n basiese vereiste van alle kulture.

EL

Identiteit in post-1994 demokratiese Suid-Afrika

253

Identiteit in post-1994 Suid-Afrikaanse kuns

Die nalatenskap van rasseklassifkasie onder Apartheid het gelei tot baie post-Apartheid werke wat identiteit in die nuwe Suid-Afrika verken en deur dit te doen, verkry die kunstenaars weer hul identiteit.

VO

Beezy Bailey (1962 ) het dikwels sy identiteit as n wit man in Suid-Afrika op n speelvolle, maar treffende manier ondersoek. In 1991, was hy gefrustreerd deur die toenemende regstellende aksie in die kunswreld en het hy n swart, vroulike alter ego geskep wat hy Joyce Ntobe genoem het. Hy het toe twee werke vir n driejaarlikse uitstalling voorgel, een wat hy geteken het (wat verwerp is) en die ander een wat hy onderteken het as Joyce Ntobe (wat aanvaar is). Die werk deur Joyce Ntobe is verkry vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Galery (SANG) se permanente versameling. Bailey het later die waarheid onthul en dit het n mediaskandaal veroorsaak. In die Fallen angel-werke verken hy die nuwe identiteit van wit mans in die demokratiese Suid-Afrika, deur die gevalle engel as n metafoor te gebruik. Soos hy s, spreek die gevalle engel van die ondergang van die wit man in Suid-Afrika wat gedink het dat hy hor was as die Almagtige, maar wat nou in ongenade geval het en geforseer word om introspeksie te doen. Die humor en andersheid waarmee hy hierdie engele uitdruk, is tipies van Bailey se werk. Die engele lyk vroulik en komies in hul stiletto-hakke en kinderlike liggame. Hulle lyk soos insekte met hul stokkiesbene soos hulle op hul koppe staan en die wreld vanuit n ander hoek bekyk.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Die visuele kunste het beslissende bydraes gemaak tot die proses van integrasie en emansipasie in Suid-Afrika. In die uiteenlopendheid en ingewikkeldheid van kontemporre SuidAfrikaanse kuns, word die strewe na n nasionale identiteit, gebaseer op wedersydse respek vir die ander, intens ervaar.

BE
Beezy Bailey, Fallen angel, 2006. Geverfde brons.

Die einde van Apartheid het individue sowel as groepe vryheid van uitdrukking gegee. Dit het n proses gegeneer van intense interne besinning om die verlede te probeer verstaan en om n toekoms te bou. Dit is ook die geval met Suid-Afrikaanse kunstenaars in alle velde. Baie Suid-Afrikaanse kunstenaars werk rondom die bre tema van identiteit wat kwessies van taal, etnisiteit, ras, geskiedenis, globalisasie en verstedeliking in die nuwe Suid-Afrika insluit. Daar is dikwels ook n sterk obsessie met outobiografie waarin kunstenaars hul erfenis bevraagteken en daaroor besin, asook hul familie-identiteit, geslag en klas. Tydens hierdie proses word daar oor identeit besin en word dit geherdefinieer. Kunswerke neem baie vorms aan, van die tradisionele skilderye en beeldhouwerke, tot nuwe media, fotografie en video. Betekenis word dikwels omvat in die medium van die werk self.

EL

Beezy Bailey, Fallen angel, 2006. Olie en emalje op doek.

254 Brett Murray (1961 ) is al die donker prins van Suid-Afrikaanse Pop-Kuns genoem. Hy gebruik maklik herkenbare mediabeelde met n ondermynende aanslag en hanteer dikwels die identiteit van die wit man in Suid-Afrika. In sy werk, spreek Murray dikwels die botsing van kulture in Suid-Afrika aan en s hy dat Met my werk hoop ek om krities te vermaak. Deur satiriese en tragiese voorstellings van Suid-Afrika, hoop ek om mense se perspektiewe te verskuif en om mense se gedagtes te verander, hoe arrogant en pretensieus dit ook klink. Hierdie werk het deel gevorm van sy White like me-uitstalling in 2002. Hy het n ou Amerikaanse strokiesprent gebruik as bron vir hierdie groot metaal uitsnywerk. Die teks s Volgende week is dit voorvaderaanbidding in fonetiese isiXhosa. Hoewel dit aanvanklik snaaks voorkom deur na die figure te kyk, maak hy n belangrike stelling oor hoe ver verwyder wit en swart kulture steeds in Suid-Afrika is.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Thembinkosi Goniwes (1971 ) se werk handel oor die ongesproke rassekonstruksies wat sigbaar en implisiet in ons post-koloniale en post-Apartheid era is. Returning the Gaze was n openbare kunsprojek wat plaasgevind het tydens die Kaapstad Een Stad-fees in September 2000. Goniwe se advertensiebord het sy eie gesig en die gesig van medekunstenaar Malcolm Payne voorgestel, waarop Band-Aid pleisters geplak is by n kruising in Rondebosch. Die Band-Aid-strokies het die verkeerde benaming van sogenaamde vlees-kleurige pleisters. Die pienk gompleisters is gebruik om te wys dat die samelewing steeds wit-georinteerd is en dat dit onmoontlik is om n bruin pleister te koop. Goniwe kyk direk na die kamera, terwyl Payne se blik weggedraai is. Die werke maak n duidelike stelling oor die diep wonde wat deur Apartheid gelaat is. Goniwe het ges dat ons wit voorreg uit die weg ruim en n tweerigtingdialoog tot stand bring. Ons moet almal met en teen mekaar praat.

OR

BE
Thembinkosi Goniwe, Ongetiteld, 2000. Advertensiebord as deel van die Returning the Gaze-projek, Kaapstad.

EL

Brett Murray, Phonetic isiXhosa, 2002. Geverfde metaal.

255 Johannes Phokela (1966 ) is in Soweto gebore en het kuns in Londen studeer. Phukela het dit nog altyd vermy om net een soort rol aan te neem en s dat ek onthou dat ek in Londen aangekom het en uitgevra is oor Afrika-kuns. Niemand stop ooit n Europese kunstenaar en vra hom of haar om Europese kuns te definieer nie. Hy werk in die Westerse tradisie van skilder en s my swart medekunstenaars het ook wat ek gedoen het, gedebatteer. Om wit, kaal dames te skilder, is nie Afrika-kuns nie. Hulle het gevoel dat ek besig was om my kultuur te verraai. Afrika-kuns het nie geendig by die (hout) masker nie; ons moet verby dit beweeg. As Johannes Phokela, As the Old ones Sing, so the Young the old ones sing, so the young ones Ones Pipe, 1998. Olie op doek. pipe is gebaseer op die werk van die Flaamse kunstenaar, Jacob Jordaens (1593 1678). Phokela het sommige veranderinge gemaak in sy interpretasie van hierdie werk. Hy het die afgekapte kop van n Afrika-man in die volhok geplaas. Daar is ook n Afrika-masker in die nis bo links. n Oorgewig man in die middel is besig om te sing, vermoedelik vir die seun wat op die fluit gaan speel. Phokela het ook drie wit reghoeke op die toneel aangebring. Daardie rame ontwrig sy pragtig geskilderde portrette en isoleer dele van die werk. Die skildery vertel van hoe gierige individue hul nalatenskap aan die gewillige jeug oordra. Phokela is sterk benvloed deur die kuns van die Hollandse Goue Eeu wat die tydstip was toe die Hollanders hul rykdom opgebou het deur baie dele van die wreld te kolonialiseer, insluitend Suid-Afrika. Die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie het Jan van Riebeeck Kaap toe gestuur en het n wit nedersetting in Suid-Afrika gevestig. Die kolonialiseerders is vrolik en geniet hulself, met hul buit wat hul van Afrika geneem het (die kop en masker). Phokela bied n unieke perspektief op hierdie geskiedenis.

VO
Berni Searle, About to forget, 2005. Driekanaal-videoprojeksie.

In Berni Searle se (1964 ) video, About to forget het sy haar persoonlike identiteit op n innoverende manier aangespreek. Searle het die werk gebaseer op beelde van familiefotos wat aan haar ma behoort het. Haar ma is deur haar ouma verwerp toe sy met n nie-Moslem getrou het. n Bondel swart-en-wit fotos was n oorblywende verbinding met haar gebroke verlede. Searle se familie, soos baie ander gekleurde families,

OR

BE

EL

was verdeel deur hul godsdienstige verskille, rasseklassifikasie en herklassifikasie. Sy het hierdie fotos as n basis gebruik om silhoette uit te knip in rooi crpe-papier wat sy teen wit papier geplaas het wat in warm water gedompel is. Die video wat drie minute lank is, wys hoe hierdie beelde in die water bloei. Soos die water begin om deur die vorms te vloei, begin die kleure te bloei in kolkende mistigheid wat skoonheid, sowel as
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

256 geweld magtig ontlok. Ironies genoeg, behou die broos crpe-figure hul vorm terwyl die kleur uit hulle in die omgewing inbloei. Die figure neem n edel, byna monumentale gestalte aan, hoewel hul voortdurend deur die elemente bedreig word. In die video, hoor n mens die kolkende water soos die prop uitgetrek word en die dreigende drup van die kraan soos die proses ontvou en die kleur uit die figure loop. Die proses word herhaal op n aaneenlopende sirkelroete in die video.
Berni Searle, Along the Way, 2005. Argiefpigment op kantoendoekpapier.

Berni Searle, Along the Way (traces), 2005. Argiefpigment op katoendoekpapier.

Anton Kannemeyer (1967 ), wat die skuilnaam Joe Dog gebruik, het die satiriese strokiesprenttydskrif, Bitterkomix, in 1992 saam met Conrad Botes begin. Bitterkomix is n aanval op Afrikaner-hoofstroomkultuur in eksplisiete strokiesprente. Volgens Kannemeyer is die Afrikaners n interessante klomp. Aan die een kant, het jy n groot konserwatiewe groep, aan die ander kant het jy diegene (soos ons) wat die Afrikaner-kultuur en tradisies verwerp het. Hy het n jong meisie op die buiteblad van Bitterkomix 7 uitgebeeld wat haar tong uitsteek vir n reeks ikone wat soliede Afrikanerwaardes voorstel. Die baba, kerk, skoolskoen, springbokkop en koppie tee stel die alternatiewe Afrikaner se opposisie teen huis, Anton Kannemeyer, n is for Nightmare, 2008. Swart ink familie en kerk voor. Volgens Kannemeyer was en akriel. sy werk in Bitterkomix deel van n wraakveldtog teen die gehate gesagsfigure van sy jeug wat hom wou indoktrineer, straf en verklein. Niks is heilig in Bitterkomix nie. Taboe-onderwerpe soos seks, godsdiens en politiek word hanteer op n treffende, satiriese wyse. Bitterkomix het baie haatpos van Afrikaners ontvang.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Die werk is n metaforiese en potiese voorstelling van n gebroke verlede en laat n onuitwisbare indruk waarop toekomstige generasies hul eie interpretasies kan projekteer. Die oomblik wanneer n mens amper vergeet is ook die oomblik wanneer n mens onthou. Die proses van vergeet verweef die hede en die gebrek aan geheue en, tussenin, n reeks geleidelik vervagende nabeelde van mense en gebeure wat in die gedagtes draal. Die fotos wat uitgestal word, komplementeer die video. Along the way wys twee stadiums van die proses in n sterk weergawe en n ligter weergawe (traces), wat weer die proses van geheue en vergeet eggo. Die sleutelgat-effek in Along the way verskuif die kyker na die rol van n indringer of gee hom of haar die rol om dalk n blik te kry op n ander geheime wreld.

BE

EL

257 Die strokiesprentstyl word ook gesien in Kannemeyer se skone kunswerke en hy gaan voort om die Afrikanerkultuur te bespot en kritiseer die Suid-Afrikaanse samelewing oor die algemeen. Met sy konfronterende beelde en humor ontbloot hy vooroordele in die SuidAfrikaanse samelewing. Die Alphabet of democracyreeks is voortgaande en daarin teken Kannemeyer die absurditeite van die lewe in die demokratiese SuidAfrika aan. Hy is nie bang om baie kwessies aan te pak wat politici en joernaliste eerder wil vermy nie. n is for Nightmare toon n tipiese voorstedelike huis wat geskep is in n tipiese strokiesprentstyl met swart buitelyne wat met plat kleur ingevul is. Twee sirkels bevat die stereotipiese beelde van Swart mense soortgelyk aan daardie in die Tintin-strokiesprentboeke, soos Tintin in the Congo. In die een sirkel is daar twee krygers en in die ander een is daar die kop van n wit man op n bord. Kannemeyer spreek die vrees aan wat baie wit mense het om in hul huise aangeval te word, maar ook hoe wit mense dikwels Swart mense stereotipeer. J is for Jack Russell wys n hond wat op die kombers slaap wat sy vermoorde eienaar se lyk bedek. As n mens nader kyk, sien n mens die bloedbevlekte kombers. Dit is n roerende beeld wat verwys na die baie plaasmoorde in Suid-Afrika. R is for Rainbow wys hoe Eugene Terreblanche, die vermoorde leier van die regse AWB, gereageer het op Nelso Mandela se stelling tydens sy inwydingstoespraak in 1994 dat alle Suid-Afrikaners trots kan wees om deel van die renboognasie te wees. Terreblanche het ges daar is nie swart in die renboog nie. Swart poitici ontkom ook nie sy sarkasme nie, aangesien die alfabet ook die absurditeit van sommige van hulle stellings teiken. Vir Kannemeyer is daar geen heilige koeie nie en hy toon die buitensporigheid en morele dubbelsinnigheid van ons demokrasie.

BE

VO

OR

Anton Kannemeyer, R is for Rainbow Nation, 2008. Swart ink en akriel. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL
Joe Dog, Cover Bitterkomix 7, 1997. Anton Kannemeyer, J is for Jack Russell, 2005. Litografiese afdruk.

258 Claudette Schreuders (1973 ). Een van die gewildste snuisterye uit Afrika is klein beeldhouwerke, wat bekend staan as colon-figure. Hierdie klein houtfigure stel die koloniale tydperk voor en is dikwels aangetrek in pitvalhelms en tropiese uniforms. Schreuders spreek haar eie identiteit as n wit Afrikaan aan deur hierdie colonfigure uit die kolonialistiese uitgangpunt te interpreteer.

Senzeni Marasela, (1977 ) gebruik fotografie, fotokopie-oordragte, syskerm en handwerk om kollektiewe en persoonlike herinnerings te verken. Haar werk handel daaroor om die profiel van swart, vrouekunstenaars in hierdie land te verander en sy voel swart vrouekunstenaars het n kontemporre taal nodig om oor tradisonele inhoud te praat, en om weg te beweeg van die assosiasie met kunsvlyt. In die fotografie-reeks, Theodorah comes to Johannesburg, beeld sy haar ma se trek na die stad van die landelike Oos Kaap in die 1960s uit. Haar ma het as n trekarbeider Johannesburg toe gekom, maar die ondervinding was traumaties vir haar wat baie probleme vir Marasela se ma veroorsaak het. Marasela het geweier om na Johannesburg toe te gaan en het in Vosloorust gebly. Marasela s, Ek het grootgeword met n skisofreniese ma. Hierdie ondervinding benvloed my werk. Dit is n reis waartydens ek probeer om my herinneringe van haar bymekaar te pas. Baie maak staat

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Schreuders snee hierdie figure met die hand uit Jakarandahout, n bleek, roomhout met n pragtige vlam. Sy vergroot die gesigte, hande en voete van die figure soos in die colon-beeldhouwerke. Die voorverkorte liggaam verleen soliedheid aan die figuur. In hierdie twee werke verken sy die ondervinding om as n wit mens in SuidAfrika groot te word. Om vel uit te beeld, laat sy die hout onbedek in areas wat vlees voorstel en verf sy kleredetail op. Die rooi, sonverbrande vel is n direkte verwysing na velkleur, maar op n beheersde en potiese manier. Hul bonkige liggame, soliede houding en starende o skep stil en introspektiewe narratiewe werke. Die area van houtsneewerk is omstrede vir n jong, wit, Afrikaanse vrou, maar die subtraktiewe proses van houtsnee lei tot n sekere gebrek aan beheer wat Schreuders geniet.

EL
Claudette Schreuders, Burnt by the Sun, 2002. Jakarandahout en emaljeverf.

BE

D
Claudette Schreuders, The Owner of Two Swimsuits, 2000. Jakarandahout en emaljeverf. Senzeni Marasela, Theodora comes to Johannesburg series, 2003 tot hede. Kleurfotos.

Ek dink ek is daarin genteresseerd om stories te vertel. Dit is portretkuns, maar dit is n manier om n spesifieke storie te vertel, of die manier waarin die samelewing mense maak wie hulle is, of die groep teen die individu. Sodra jy n figuur maak, het dit n identiteit.

259 op haar mediese verslae, haar aanvalle van waansin en haar konstante afwesigheid tydens my kinderdae. Haar toestand het ook my susters en broers geaffekteer. Dit was vir ons so geweldig moeilik om oor haar te praat dat ons haar amper uit ons gesprekke gelaat het. Ons het geleer dat die baie probleme wat sy gehad het die gevolg was van ons gedeelde verlede. Onsekerheid oor my identiteit en dit van n dogtertjie sonder n soliede moederfiguur, is wie Senzani Marasela is. Van hierdie posisie, reageer ek op die res van die wreld. In hierdie reeks, dra Marasela n ou rok van haar ma en word afgeneem in verskillende liggings in die moderne Johannesburg. Deur dit te doen, maak Marasela nie slegs vrede met haar eie identiteit nie, maar gee sy waarde aan die herinneringe van haar ma. Langwa Matwa (1970 ) is gedryf deur die begeerte om meer te weet oor die insnydings op sy gesig en ondersoek sy Zoeloe-familiegeskiedenis en die doel van hierdie merke. Hy het al diervel gebruik as sy medium om die kwessie van identiteit te ondersoek. Hy kombineer die tradisionele waarde en betekenis van bokvel in sy Zoeloe-kultuur met n kontemporre benadering tot kuns. Hy het die hare van die vel verwyder om dit Langa Magwa, Amabhabhathane, 2000. Installation view. in n growwe parkement te omskep. Sy Amabhabhathane (Skoenlappers) bestaan uit nege skoenlappers wat gemaak is van koeivel, metaal, glas, gekleurde foelie en hout. Hierdie is waarlik vreemde skepsels. Hoewel hulle gemaak is van swaar materiaal, kom hulle lig voor omdat hulle op die muur dryf oor kleiner velle wat elk gemerk is met n oorgrootte vingerafdruk. Die oppervlak van die velle het kolle en vlekke op. In New Identity (Barcode), beeld twee geskilderde portrette hom en n jong seun uit wie se o deur n staafkode versper word. Magwa verken sy identiteit as n kunstenaar deur sy Zoeloe-herkoms te kombineer met kontemporre kwesssies en die maak van kuns.

VO
Langa Magwa, New Identity (Barcode), 1998. Koeivel. Langa Magwa, Amabhabhathane (detail), 2000. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

260 Wim Botha (1974 ) het in Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika, grootgeword en dit benvloed die temas en mediums wat in sy werk gebruik word. Hy het gesneede trofeekoppe uit regeringskoerante, tronkdokumente en ander geskrifte geskep. In Commune: Suspension of disbelief, het Botha n gekruisigde Christus uit Bybels gesnee. Die Bybels is in die 11 amptelike tale van Suid-Afrika en is die soort Bybels wat in hotelkamers aangetref word. Hy het die rooi kante op so n manier geplaas dat hulle die wonde van Christus (stigmata) geword het. Die vorm en inhoud word in hierdie werk verbind, aangesien Christus, die hooffiguur in die Bybel, gegraveer word uit Bybels. Die Woord (Bybel) is gemaak van vlees (die figuur van Christus). Die figuur van Christus hang van die plafon in n toesigomgewing van GKTV-kameras. Die werk ontbloot die mag van godsdiens om die volgers daarvan te oortuig om gewillig onredelikhede in die naam van geloof te aanvaar, terwyl die GKTV-kameras dit alles as n spektakel uitbeeld en dit deel maak van die gewilde kultuur. Hoewel baie kykers gretig is om hierdie kunswerk te beskou as n stelling wat hul Christelike geloof aanmoedig, ontbloot dit eintlik die mag van n geloofstelsel om mense te verstrik.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Papier, so goedkoop soos wat dit is, verkry waarde en mag as n draer van inligting. Soortgelyk dien Botha se gebruik van n stapelvoedsel om n godsdienstige ikoon voor te stel in die Mieliepap Maria, as n metafoor vir die spirituele kos wat geloof bied. Kathryn Smith, M&G, April 6, 2001

BE

EL

Die Mieliepap Piet is n lewensgrootte spielreplika van Michelangelo se oorspronklike werk, hier gemodelleer in mieliemeel en epoksihars. Soos Michelangelo se oorspronklike werk, handel Botha se Pita oor hartseer en verlies en word dit as n menslike tragedie uitgebeeld. As n mens die bllik van die jeugdige Madonna volg na die magtelose liggaam van n aantreklike Christus, fokus haar o duidelik slegs op sy wonde. Mieliemeel is die stapelvoedsel van Suid-Afrika se laer werkersklas en deur dit as sy media te gebruik, deurtrek Botha hierdie idee van stapelvoedsel met geloof. Sy word n AfrikaMadonna.

Wim Botha, Mieliepap Pieta, 2004. Mieliemeel, epoksihars, spielreplika: Dimensies kom ooreen met Michelangelo se Pita.

D
Wim Botha, Commune: Suspension of disbelief, 2001. Gesnede Bybels en Bybelse teks, toesigtoerusting, vinielskerms, installasieaansig.

261 Eksterne kenmerke soos klere is maniere om te wys na en te besin oor die aard van individualiteit in n brer kulturele gebruik. Mustafa Maluka (1976 ) het in Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte grootgeword waar daar sterk invloede is van stedelike straatkultuur, graffiti en hip-hop. Hierdie invloede word weerspiel in sy grootskaalportrette. Dont stand me down is n groot portret wat lewensgroot is en die doek vul. Die mees merkbare aspek van hierdie werk is die byna afgeskuurde kleur. Die tipiese kappie-top is in aanloklike pienk skakerings. Die agtergrond is in bruine, Naples-geel en turkoois. Die helder rooi lippe is die fokuspunt. Hy maak ook breedvoerig gebruik van patroon in die aftergrond is daar n draaiende patroon, terwyl daar n meer subtiele patroon op die kledingstuk is. Maluka skep n sterk kontemporre gevoel met sy interpretasie van die stedelike jeug. Die uitgangspunt is gewoonlik n foto uit tydskrifte. Maluka gaan dan voort om karakters te skep en om hulle persoonlikhede te gee. Sy figure is bekoorlik, sexy, koel en sensueel.

VO

OR
Mustafa Maluka, These are not my People, 2006. Olie en akriel op doek. Mustafa Maluka, Dont Stand me down, 2006. Olie en akriel op doek. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

262 Nontsikelelo Veleko (1977 ) is n bekroonde fotograaf wat swart identiteit, verstedeliking, mode en geslag verken. Sy druk die manier uit waarin mense klere en ander merkers gebruik om hulself te identifiseer en hoe mense ander oordeel gebaseer op voorkoms. Veleko is deel van n nuwe generasie jong kunstenaars wat grense bevraagteken wat nie vir lank gedefinieer is deur n post-Apartheid kultuur nie; hulle gebruik portretkuns om publieke sowel as persoonlike identiteite te verken. Deur hoofsaaklik in fotografie te werk, rig Veleko haar kamera op individue in die openbare terrein en soms op haarself. Sy inkorporeer mode, ontwerp en elemente van gewilde kultuur om die helder, baster metropolitaanse ondervindings wat sigbaar is in stede soos Johannesburg uit te druk, s Tumelo Mosake. Beauty is in the eye of the beholder is n voortgaande reeks werk wat straatmode uitbeeld soos gedra deur die jeug aan die rand van die samelewing. Haar grootste belang l by swart, stedelike selfgelding en trots. Mode skep identiteit. Daar is n trots in hulle ongewone mode en styl en dit weerspiel die stedelike jeug van Suid-Afrika.

Nontsikelelo Veleko, Beauty is in the Eye of the Beholder: Nonkululeko, 2006. Pigmentafdruk op lappapier.

OR

BE
Nontsikelelo Veleko, Beauty is in the Eye of the Beholder: Kepi in Newtown, 2006. Pigmentafdruk op lappapier. Nontsikelelo Veleko, Beauty is in the Eye of the Beholder: Vuyelwa, 2006. Pigmentafdruk op lappapier.

Andrew Putter (1965 ), in sy fotografie reeks, African hospitality, gebruik die verlede om beelde te konstrueer van hoe Suid-Afrikaners in die toekoms saam kan leef. Baie Europers se skepe het skipbreuk gely langs die Wilde Kus in die 1600s en 1700s. Meeste mense het gevlug of gesterf, maar n handvol is ingeneem deur isiXhosa-sprekende gemeenskappe. Sommige van hierdie Europese skipbreukelinge het diep bande gevorm met hul Afrika-gashere, het die taal geleer, in die stam getrou, en het as Afrikane gesterf. Bessie, byvoorbeeld, was n sesjarige Britse meisie wat opgespoel het op die Mpondoland-kus in die vroe 1700s. Sy het met n stamhoof getrou en n belangrike amaXhosa-koningin geword. Putter het hierdie ware karakters gebruik as n basis om sy fiktiewe weergawes van hulle te skep. Hy het die modelle gekies en het uitgebreide navorsing gedoen oor die keuses van haarstyle, materiale, blomme en plante. Baie van die versierings (Afrika en Europees) wat op die modelle vertoon word, is verkry uit belangrike versamelings. Die reeks neem sy naam van n skildery wat

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL
Andrew Putter, Lydia Logie, 2009.Argief-pigment-ink op katoen-lappapier.

263 African Hospitality, genoem word en wat in 1790 deur George Morland geskilder is en skipbreukelinge uitbeeld van The Grosvenor (n Britse skip wat in 1782 aan die Wilde Kus skipbreuk gely het) wat gered word deur die inheemse Mpondo-mense. Hierdie werke wys dat een kultuur nie hoef te floreer ten koste van n ander nie, maar dat nuwe vorms kan onststaan deur verskillende kulture te vermeng. Putter bied n unieke en kragtige voorstelling oor koloniale geskiedenis en op blankes wat hul verbintenis met Afrika bevestig.

Andrew Putter, Bessie, 2009. Argiefpigmentink op katoenlappapier.

VO

Roelof van Wyk (1969 ) in sy reeks, Young Afrikaners, het sy onderwerpe, wie hy almal persoonlik ken, gekies vir hul buitengewone lewens wat n ryk, uiteenlopende Afrikaner-identiteit wat uit baie lae bestaan, uitbeeld. Yolandi Vi$$er is die sanger en rapper van die internasionaal geloofde groep, Die Antwoord. Stefan Krynauw is n akteur en kunstenaar. Die modelle is kaal en hul koppe en skouers is geset teen n swart agtergrond.

OR

BE
Andrew Putter Joao the Portuguese, 2009. Argiefpigmentink op katoen-lappapier. Roelof van Wyk, Stefan Krynauw, 2012. foto.

Hulle verbreek die stereotipe van Afrikaners as konserwatiewe boere wat khaki aantrek. Van Wyk s dat hierdie is Jong Afrikaners wat verken wat dit beteken om Afrikaans te wees, om wit Afrikane te wees, wat gebore is in en behoort aan Afrika, soms deur 12 generasies van geboortes en begrafnisse. Hierdie is n omstrede identiteit in n wreld van ras en politiek; so dit is tyd om jou hand op te steek, te praat en te s: Ek is n Afrikaan.
Roelof van Wyk, Yolandi Vi$$er, 2009. foto. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

264 Zwelethu Mthetwa (1960 ). In Suid-Afrika is die verdeling tussen ryk en arm massief. Ons is almal gewoond aan fotos wat die stryd van armes uitbeeld. Mthetwa, in sy voortgaande reeks fotos van mense in plakkerskampe, bied n nuwe blik op hierdie onderwerp. Hy verleen waardigheid en selfrespek aan die swart families wat in moeilike omstandighede in plakkerskampe naby Kaapstad woon. Hierdie mense geniet dit om hul klein spasies te versier om die interieur so gemaklik en aangenaam as moontlik te maak.
Zwelethu Mthetwa, ongetiteld, 2002. Lambda-afdruk.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

My kuns is outobiografies en handel oor my isiXhosa- en Suid-Afrikaanse herkoms as n vorm van positiewe identiteit en selfbeeld, maar is ook gemik op die brer publiek sodat mense oor my kultuur kan leer. Ek verwerp sommige mense se sensorskap wat ons keuses van voorstelling beperk. Deur my kuns, poog ek dat samelewings hulself verstaan, neem ek die risiko van self-ondersoek, spreek ek kwessies, houdings en gedrag aan, en uiteindelik is my doel dat hierdie samelewings hulself uitdaag om oop tot verandering te wees.
kardiewe aangesluit en was hy aanhoudend in en uit die tronk. Tydens een so n tydperk in die tronk het hy op n advertensie vir die Beeldende Kunste en Handwerk Akademie in Germiston afgekom. Ek het dit uit die koerant gesny en het dit veilig weggesteek omdat daardie advertensie my n visie gegee het. Ek het geweet ek kon teken, en as ek soontoe sou gaan, het ek geweet ek sou suksesvol wees. Fondse was egter n probleem. Madikida het sy vervreemde familie genader, maar weens sy roekelose lewenstyl, was hulle huiwerig om vir hom te betaal. Sy ma het uiteindelik ingegee en het geld ingesamel deur n stuk land in Umtata te verkoop. Op 24-jarige ouderdom het Madikida in 1997 by die Akademie ingeskryf. Hy het nrens

Madikida se lewe is soos n verhaal uit n boek. Churchill Madikida is op 25 Maart 1973 in n arm familie in Butterworth in die Oos-Kaap gebore. Sy ma is n kleurling en sy pa is swart. Sy pa het Madikida verlaat en sy twee stiefpas het hom nie aanvaar nie. Volgens hom, is ek net tussenin, ek is nie gekleurd nie, ek is nie swart nie. My gemeenskap in Butterworth het my nie as swart aanvaar nie. Hulle het my altyd al hierdie verskillende name genoem. Ek het baie afgeslote geword. Teken het een van die maniere geword waarop ek my gevoelens gekommunikeer het. Na matriek het hy as n skoonmaker, n kelner en n verkoopspersoon in n klerewinkel gewerk. Toe hy afgedank is deur die winkel, het hy by n bende

OR

BE

Churchhill Madikida (1973 - )

EL

Hulle gebruik die oorloop van drukkers (plakkate, etikette, ens.) om hul mure vir insulasie en prag te plak. Hierdie werk is nie n gesteelde oomblik nie, maar is n samewerking tussen die fotograaf en die persoon wat kies hoe om te sit en om met volle erns in die kamera te kyk. Vir iemand wat gewoond is daaraan om geen regte te h nie, is die bestaan van Mthetwa se fotos deel van die genesingsproses om waardigheid te herstel.

265 gehad om te bly nie en het n week en n half in Parkstasie gebly voor hy n woonplek gekry het. Madikida het as die beste student in sy klas gegradueer. Hy het voortgegaan om n BA- en MA-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand te verwerf. Madikida is n geloofde kunstenaar wat plaaslik en in die buiteland uitgestal het en was die Standard Bank Jong Kunstenaar vir Beeldende Kuns in 2006. Invloede: Die gebruik van die menslike liggaam is n sentrale beeld in Madikida se werk. Hierdie ondersoek is verwant aan die interne konsepsuele liggaamskuns waardeur die menslike liggaam, dikwels van die kunstenaar, maar nie noodwendig nie, die medium van uitdrukking is. Die aktiwiteite word privaat of in die openbaar gedoen, en kommunikasie vind plaas deur fotos en ander vorms van dokumentering. Liggaamskuns handel dikwels oor die liggaam in uiters masochistiese en pynlike situasies soos in die werk van Chris Burden, Orlan of Gina Pane.

Churchill Madikida, Lullaby for Saluka, 2002. C-afdrukke. Stilbeelde van video.

BE

Self-portrait as a fountain deur Bruce Nauman is n fotodokumentasie van die kunstenaar wat water uit sy mond spuit as n lewende fontein.

Stilistiese kenmerke Churchill Madikida is n konsepsuele kunstenaar wat gebruik maak van n reeks kontemporre media soos video, fotografie en installasies. Die ondersoek van identiteit is sentraal in sy werk wat dikwels as outobiografies beskryf word. Hy verken sy eie persoonlike identiteit, maar ook sy identiteit as n umXhosa en hoe tradisionele amaXhosaoortuigings verwant is aan die kontemporre lewe. As sulks, spreek sy werke die Suid-Afrikaanse, sowel as die globale identiteit, aan.

VO

Ek het grootgeword met n baie nougesette, eensydige weergawe van ons Suid-Afrikaanse geskiedenis, n onakkurate, vervelige Apartheidsmite wat my voorvaders uitgesluit het. Met my kuns kies ek om die verlede te herwin, om my geskiedenis te verken en om te werk as n storieverteller oor die verlede, hede en toekoms. Deur visuele voorstellings, verbind ek die verlede en die hede. Dit is my manier om te weet wat ek weet, n manier om te ontdek hoe, waar en hoekom ek dit geleer het en n manier om dit te verleer. Ek dink in n samelewing wat demokrasie en multikulturalisme aanmoedig, is dit belangrik om n kunsvorm te h wat uiteenlopende perspektiewe uitdruk en illustreer, selfs al beteken dit om omstrede visuele beelde te skep waarvan sommige mense nie mag hou nie.
Deur sy werk strewe hy tot die bou van n Suid-Afrikaanse samelewing wat die belangrikheid van hulle eie erfenis en kultuur erken, asook die van ander groepe.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

EL
Bruce Nauman, Self portrait as a Fountain, 1966 1967. foto.

266 Liminal states was die klein solo-uitstalling wat aansienlike belangstelling in Madikida gegeneer het. Liminal states verwys na fases in die lewe wanneer verandering plaasvind, soos n inisiasie. Die installasie-aspek van hierdie uitstalling het bestaan uit n vreemde ensemble voorwerpe, insluitend n hospitaalbed, feltkomberse, kopbene van diere en drups. Die beddens is gevonde hospitaalbeddens. In die muurkonstruksie agter een van die beddens is daar twee gesig gietvorms van grynsende mans wie se liggame vervang is met gerolde komberse. Menslike vorms word onder die komberse weggesteek of, indien hulle blootgestel is, is hulle ook van komberse gemaak. Die Churchill Madikida, Liminal States, koppe en hande is blootgestel of word deur komberse bedek. Die 2003, installasie-aansig, Johannesburg Kunsgalery. hospitaalkomberse is rooi en wit. Madikida gee n materiaalvorm aan die trauma wat dikwels deur die jong ingewydes ondervind word. Die wit verwys na die spirituele ryk en na reinheid asook die witgemaakte liggame tydens inwyding. Die rooi kan baie dinge voorstel, soos pyn en trauma, bloed wat deur die gesnyde vel sypel, maar ook n vurige, seksuele gloed. Een van die kwessies wat Madikida in sy werk ondersoek, is inwyding en besnyding in die isiXhosa-kultuur. Inisiasie is die tradisie wat deur baie Afrika-stam groepe beoefen word waartydens die kind tot volwassenheid vorder. Die seuns en meisies moet aparte skole bywoon, weg van die gemeenskap af waar hul die wette en waardes Churchill Madikida, Liminal States, van hul kultuur geleer word. Die inisiasieritueel is noodsaaklik vir die 2003, installasie-aansig, Johannesburg Kunsgalery. amaXhosa en die afwesigheid van hierdie gebruik is ondenkbaar. Elke jaar gaan n aantal manlike ingewydes onder die spies (besnyding) en sommige sterf, terwyl ander vir die res van hul lewe vermink is as gevolg van infeksies. Madikida s dat hy geweldige liefde en respek vir sy kultuur het, maar dat hy ook moreel verplig voel om n stelling in te neem oor wat hy voel n onnodige opoffering van jong lewens is. Hierdie ondersoek na rituele tradisies, veral manlike besnyding, word gedeel deur sommige ander swart kunstenaars, soos Thembinkosi Goniwe en Colbert Mashile.

OR

VO
Churchill Madikida, Virus , 2004, Video-stilbeeld, gedruk met pigmentink op veselpapier. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

Virus is n videowerk wat n man uitbeeld wat gebuk is in n fetusposisie. Hy is in die middel van die MIV-sel. Soos die video voortgaan, verander en disintegreer sy beeld totdat daar niks behalwe abstraksies oor is nie. Die klankbaan is n liedjie wat gesing is deur Madikida se oorlede suster wat nostalgies opmerk oor n plek wat verlore is, maar wat onthou word en waarna gehunker word. Wanneer die video klaar is, speel dit weer van die begin af en word aaneenlopend herhaal. Die optiese effekte is bekoorlik en die video is pragtig om na te kyk met sy ryk rooi kleure en dekoratiewe patrone, maar dit is misleidend. Die werk beeld die eindelose mutasie van die VIGSvirus uit en hoe dit die liggaam van sy menslike gas muteer. Aan die einde word die projeksie n yslike polsende muur van siek neonkolle wat die ontstellende spoed van die verspreiding van die virus in n menslike liggaam, sowel as die siekte in die bevolking voorstel.

267 Status II: In hierdie installasie gebruik Madikida gevonde voorwerpe van die Johannesburg Hospitaal om n hospies-tipe installasie te skep asook n verdere verkenning oor die tema van MIV/VIGS waarop hy vir n aantal jare gefokus het. Voorwerpe wat ingesluit is, is n bed, n tafel wat oor die bed gestoot kan word, bedkassie, rolstoel, stoel en n drupstaander om n afdeling van n hospies voor te stel. Die kleur rooi word gebruik vir die assosiasie daarvan met liefde (seks) of gevaar. Die matras wat gebruik word vir pasinte om bedsere te voorkom, lyk soos kondome, wat tydens seks of nie tydens seks gebruik is nie. Die masker op die bed, wat n selfportret van Madikida is, toon sy angs en persoonlike lyding vir sy suster wat aan VIGS gesterf het. Kuns word gebruik om bewustheid oor MIV/ VIGS te versterk en om die stilte oor hierdie verskriklike siekte te breek. Voorbeelde van Churchill Madikida se werk Madikida ondersoek sy identiteit as n umXhosa in hierdie werk wat n besnyde ingewyde voorstel wat mieliepap eet of opbring. Struggles of the heart is n video-werk wat begin met klank en die klik van die tong. Die witbedekte gesig van die kunstenaar lyk of dit die skerm vul en groot hoeveelhede pap word in sy mond geforseer. Na n paar minute word die proses omgekeer en die pap rek uit sy mond uit. Terwyl hy die pap opslurp, en byna verstik, spring meer pap in die raam van onder in sy Churchill Madikida, Status II, 2006. Installasie met gemengde mond in. Sy o is styf toe in konsentrasie en sy mond is waarskynlik in n media en gevonde voorwerpe. grynslag geplooi. Hierdie verbruik en opbring van die pap is n metafoor vir die inisasie en besnyding van jong mans in die isiXhosa-tradisie. Madikida se gesig is wit geverf in hierdie beelde. In baie dele van Afrika, verwys die kleur wit na die spirituele ryk en na suiwerheid. Seuns het tydens inisiasie hul liggame wit gemaak. Mieliepap is die stapelvoedsel van baie Swart mense. Dit het die kulturele tradisie in hierdie werk gesimboliseer. In hierdie video wys Madikida hoe die tradisie van inwyding op hom afgedwing word en hoe hy dit verwerp. Hy bevraagteken dus sy identiteit as n umXhosa-man. Dit weerspiel ook die kunstenaar se persoonlike afkeer van sommige van die publieke gebruike en verbruiking van stereotipiese beelde van tradisionele kulurele gebruike. Tot n sekere mate weerspiel dit ook sy weersin oor sommige aspekte tydens die gebruik van hierdie rituele.

VO

Die liggaam van die werk verwys na die voortdurende debat oor identiteit en kultuur in die nuwe SuidAfrika. Die werk handel oor die gevolge, fisies sowel as spiritueel, van die aanvaarding en verwerping van spesifieke tradisies. Die pap is n metafoor vir hierdie tradisies.

OR

BE

Churchill Madikida, Struggles of the heart, 2003. C-afdrukke, stilbeelde van video. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

268

Madikida se suster het vir meer as nege jaar met MIV geleef en is in 2005 oorlede. Hy was baie geheg aan sy suster en haar dood het hom bewus gemaak van die swaarkry en lyding wat hierdie virus vir miljoene mense veroorsaak. In hierdie installasie is daar drie kiste. Een van hulle het n volwasse-grootte figuur bevat wat uit ligte gemaak is. Daar is n kind se kis met die deksel wat skaars oop is. Die derde word gewys met n toe deksel en n gegote pleistergesig wat deur n glasvenster loer. Hierdie kis is aan sy suster opgedra, terwyl die kind se kis spreek van al die babas en kinders wat dood is weens die virus. Die kis met die ligte is opgedra aan almal wat die virus onder lede het. Die installasie lyk soos n altaar. Brandende kerse, roosblare en rooi linte is op die vloer gestrooi. Twee swaar gordyne van maroengekleurde fluweel het die installasie omsirkel, wat die somber atmosfeer verder beklemtoon. Besoekers kon kerse aansteek as n gebaar van rou asook

OR

Kuns het n kritieke rol gespeel in die stryd teen Apartheid en dit kan selfs n groter rol speel in die oorlog teen die MIV/VIGS-pandemie. Hierdie werk is oor my persoonlike reis, maar dit weerspiel miljoene ander mense se ondervindings.
hoop vir die toekoms. Die titel, Status, is die uitdrukking wat deur meeste mense gebruik word om n mens se karakter te klassifiseer volgens erfenis, intellek, inkomste, waar n mens woon, waarmee n mens ry, ens. Die woord het egter n nuwe betekenis gekry omdat dit aandui of n mens MIV-positief is of nie. As sulks, is die titel n aanduiding dat hierdie dodelike virus nie tussen klas onderskei nie, maar alle grense soos geslag, klas, ras en seksualiteit oorbrug. Die installasie is spookagtig op die manier waarop dit die kyker konfronteer met die verwoesting van MIV/VIGS in Suid-Afrika. Op n manier is dit moeilik om te verduidelik hoe n installasie wat aan kitsch grens met ligte, goue kiste, gedroogde blommekruise en kerse so roerend kan wees. Dit kan wees dat meeste mense wat hierdie installasie besoek het, iemand geken het wat aan VIGS oorlede is. Dit is ook n toepaslike huldeblyk aan Madikida se suster.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

Churchill Madikida, Status, 2005. Kis, gordyne, kerse, kruise, linte en blomme. Installasie.

269

Churchill Madikida, Status (detail), 2005. Agtien pleistermaskers van mense met MIV/VIGS.

VO
Churchill Madikida, Like father like son?, 2006. installasie.

OR

BE

EL

se suster se gesig, wat n aktivis was by die Treatment Action Campaign (TAC). Madikida het die werk vir hierdie uitstalling gemaak tydens sy gereelde besoeke aan die hospies waar sy suster haar laaste dae deurgebring het. Madikida beskryf hierdie werk as n viering en herdenking van die lewe; dit is oor deurlopenheid eerder as die dood. Hierdie werk handel daaroor om die werklikheid van die mense agter die getalle nader aan die kyker te bring. Die maskers met hulle toe o en doodse kleur was n spookagtige verpersoonliking van n siekte wat dikwels in Suid-Afrika ontken word.

D
As deel van sy Statusuitstalling, was daar n reeks 18 egalige wit pleistergietsels van mense met MIV/VIGS se gesigte geneem. Baie van hulle is nou oorlede. Aangesien hulle direk op n muur gemonteer is, word hulle vreesaanjaende, magtige doodsmaskers. Een van hulle is van Madikida
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

270 Madikida het sonder sy biogiese pa grootgeword en het geglo dat sy pa dood was tot hy op die ouderdom van 32 jaar uitgevind het sy pa leef. Sy eerste ontmoeting met sy pa is die fokus van sy werk in Like father, like son? Die werk bestaan uit n herskepte sitkamerarea, volledig met verslete meubels en n klein TV waarop dele van die video herhaal word. Die voorwerpe sluit n sitkamersuite in met gehekelde beleglae, n mat en n houtkabinet. Hierdie sitkamer is vol bekers, kussings en T-hemde waarop familielede se gesigte gedruk is. Hierdie is n siniese verdraaiing van die idee dat die nukleusfamilie die ideaal is wat van Madikida ontneem is. Die werk bestaan verder uit twee groot projeksieskerms en ses klein videomonitors waarop konstante vervlegte getuienisse van Madikida self en verskeie ander familielede aaneenlopend herhaal word. Daar is minimale redigering gedoen met die individue wat direk in die kameras praat. Op elke skerm word n ander herhalende beeld gespeel. Die eerste ontmoeting is met Joseph, die kunstenaar se biologiese pa. Kommentaar van Madikida se broers, susters en ma wat hul eie weergawe lewer, volg op daaropvolgende skerms. Madikida konfronteer sy nuwe uitgebreide familie van agter die kamera, en ondervra hulle.

Churchill Madikida, Like Father Like Son? 2006, installasie.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
6.2

Die insluiting van Madikida self op die laaste televisieskerm, bied n sekere mate van genesing op hierdie soeke na self-aanvaarding en identifikasie, soos hy sy familie bedank en aanvaar. Die werk is in n sin n virtuele familieboom, wat n warelewe blik bied op die interaksies en spanning van hierdie verhoudings tussen die familielede. Hierdie werk is n diep persoonlike verkenning van Madikida se eie kwessie van identiteit, maar oorweeg terselfdertyd die idees van manlikheid en rasse-identifikasie. Dit verken Madikida se botsende isiXhosa- en sogenaamde gekleurde erfenis, asook die sosiale probleme wat gepaard gaan met afwesige pas. Dit het hierdie kwessies in die kontemporre Suid-Afrika beklemtoon.

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Group Portrait South Africa was n samevoeging van lewensgeskiedenisse, fotos en voorwerpe van nege Suid-Afrikaanse families wat versamel is vir n uitstalling in Amsterdam van 2002 tot 2003. Die voorstelling gaan die evolusie na van elke familie vanaf die 19de eeu tot die hede deur te fokus op een of twee verteenwoordigers per generasie. Die familiefotos en voorwerpe is visuele oorblyfsels van die verlede. n Aantal prominente Suid-Afrikaanse kunstenaars is gevra, nie om as sulks die werklikheid weer te gee nie, maar om n atmosfeer te ontlok, n emosie of n deel van n storie, in n styl van hulle keuse. Kyk mooi na die kunswerke wat geskep is vir sommige van die families op hierdie bladsy en bespreek wat die werke jou vertel oor die spesifieke familie. By die uitstalling is hierdie kunswerke saam uitgestal met fotos en voorwerpe wat aan die families behoort het. Indien jou familie vir so n projek gekies is, watter drie voorwerpe sou jy kies om uit te stal? Gee redes vir jou keuses.

BE

EL

271

die Mthethwa familie Langa Magwa, Abakwe Mthethwa, 2001 2002. Bok en luislangvel op n metaalraam.

VO

Conrad Botes (1969 - )

OR

Paul Faber, ed. Group Portrait South Africa: Nine Family Histories. Kaapstad: Kwela Boeke, 2003

BE
die Steyn familie Claudette Schreuders, Bust of Tibbie Steyn (2001) Jakarandahout en verf.

Conrad Botes is in 1969 in Ladismith in die Wes-Kaap gebore. Hy het n MA in Skone Kunste van die Universiteit van Stellenbosh (1997) en n Diploma in Tweede Fase Illustrasie van die Koninklijke Akademie voor Beeldende Kunsten, Den Haag, Nederland, (1994) behaal. In 2004, het Botes die Absa lAtelier-toekenning gewen en in 2009 was hy die feeskunstenaar by Aardklop in Potchefstroom en het sedertdien plaaslik en internasionaal verskeie groepuitstallings gehad.

EL
Ek is mal daaroor om aan my werk te dink as n nadoodse ondersoek van die samelewing en kultuur waaruit ek ontstaan het.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

die Rathebe familie Sam Nhlengethwa, Dolly Rathebe (2002) Verf en tekstiel op papier.

die Juggernath Familie Andrew Verster, Ongetiteld (2002) Olie op doek.

272 Invloede Neo-Pop is nie as sulks n beweging nie, maar verwys na die hernieude belangstelling van kunstenaars van die 1980s in die Pop-Kuns van Andy Warhol en sy tydgenote. Kunstenaars wat in hierdie tendens werk, sluit Jeff Koons en Takashi Murakami in. NeoPop-Kuns kritiseer en evalueer dikwels Westerse kultuur, waardes, verhoudings en interaksies. Hulle werk is dikwels humoristies, uitdagend en opspraakwekkend.
Takashi Murakami, Tan Tan Bo, 2001. Akriel op doek.

Norman Catherine, Piscivorous, 2002. Oliestok op papier.

VO
Stilistiese kenmerke
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Bitterkomix was die volwasse strokiesprentboek wat deur Conrad Botes (Konradski) en Anton Kannemeyer (Joe Dog) begin is terwyl hulle nog op universiteit was. Met die strokiesprente, het ons spesifiek te doen met n Suid-Afrikaanse gehoor wat weet waarna ons verwys. Oorspronklik het ons hulle in Afrikaans geskryf, so baie van die verwysings is oor dinge in die Afrikaanse kultuur. Bittercomix is n donker en fel kritiek van die konserwatiewe, kulturele Afrikanerhoofstroom waarin albei kunstenaars grootgeword het. Die inhoud het oor die jare verander soos Suid-Afrika verander het. Dit gaan voort om erotika, geweld en die absurde te verenig om stereotipes oor geslag, seksualiteit, ras en die huislike lewe te bevraagteken. (Sien Anton Kannemeyer op bladsy 256.)
Konradski (Conrad Botes) Buiteblad Bitterkomix 4, 1994.

Die skilderye wat ek maak, is baie meer persoonlik. Ek kan hulle verduidelik as ek wil maar ek sal veel eerder nie. Mense kan hulle eie idees oor die werk vorm. Ek maak hulle op n sekere manier wat ek verskriklik geniet en ek hoop ander mense sal hulle ook geniet.
In sy kunswerk, werk Botes in skilder, afdrukmaak en beeldhouwerk. Hy is as n grafiese ontwerper opgelei. Hierdie opleiding, en sy werk aan Bitterkomix, speel n belangrike rol in sy kunswerke. Een van die eienskappe van sy styl is die gebruik van n skerp, grafiese lyn wat gevul is met plat kleur. Die kleur is sterk en dikwels skril. Een van sy sterkpunte is sy gebruik van komposisie. Botes gebruik dikwels herhaling van vorms, beelde, ens., in sy werk. Die werk is ook dikwels verdeel in n rooster om verskillende tonele in elke blok in te sluit. Die gebruik van die rooster is afkomstig van sy uitgebreide werk in strokiesprente. Sy styl is direk en duidelik met die klem op die beelde.

BE

EL

Norman Catherine was een van die eerste SuidAfrikaanse kunstenaars wat deur Pop-Kuns, graffiti en strokiesprente benvloed is. Sy werk toon n grafiese platheid en skerpheid wat ook in Botes se werk gesien kan word. Die skerp humor en satire is ook iets wat hulle deel.

D
Jeff Koons, Rabbit, 1986. Vlekvrye staal.

273 Botes gebruik dikwes omgekeerde glasskilderkuns waar hy op en agter n stuk glas skilder. Hy is benvloed om hierdie tegniek te verken deur die gewildheid daarvan in Senegal. Werke wat in hierdie tegniek gemaak word, kom plat en kunsmatig voor. Hulle het nie tekstuur nie en lyk dikwels nie soos skilderye nie. Botes praat oor sy tegniek as anti-skilder omdat dit platvloers, primitief en naef is. Op n manier skep dit n soortgelyke voorkoms met die swart lyne en kleur wanneer dit omgekeer word. Botes se werk kan gesien word as n tipe post PopKuns omdat hy verskillende herkenbare beelde van gewilde kultuur, die geskiedenis van kuns en die samelewing in die algemeen kombineer om kommentaar te lewer op die Suid-Afrikaanse samelewing, politiek en godsdiens. Hy kombineer dikwels die humoristiese met ontstellende onderwerpmateriaal om skerp satires te skep. Om in n Afrikaanse familie tydens Apartheid groot te word, het my op n baie spesifieke manier gevorm. Godsdiens en rasseideologie, tesame met alle vorms van patriargie (skool, familie, kerk en weermag) het ineen gesmelt. Toe ek n jong volwassene geword het, kon ek natuurlik al hierdie dinge verwerp en my eie oortuigings volg. Hy verwys na sy werk as n lykskouing van die samelewing en kuluur waarin hy grootgeword het. As n wit Afrikaanse seun wat grootgeword het in die laat 1970s en 1980s, is sy verbeelding ingegrif met die booshede van Apartheid, die obsessie wat die beweging gehad het oor mag en onderdrukking, die geweld en anargie gedurende hierdie tye en die moraliserende rol van die Nederduits Gereformeerde Kerk. Hy maak hierdie temas sy eie deur n komiese estetika en donker humor te gebruik om kommentaar te lewer op die voortdurende teenstellings in die samelewing.

Conrad Botes, DIS (PIT),. Olie op glas.

VO

Conrad Botes, Autobiographer (detail), 2007. Emalje op jelutong.

Conrad Botes, Piet, 2006.Installasie wat 15 medaljonne, oliegebaseerde verf op glas insluit.

OR

BE

EL

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

274 Sy werk is ondermynende kritiek oor die Christelike Afrikaner Nationalistiese identiteit waarmee hy grootgeword het. Hy val die patriargale vorms van gesag aan wat die Apartheidregering moontlik gemaak het. Botes gebruik sy eie identiteit as n Afrikaner om Afrikaner-instellings, waardes en morele waarmee hy nie saamstem nie, aan te val. Sy aanval is van die binnekant af en hy ruk die gevoel van beheer uitmekaar. Sy aanslag is dodelik, tog lig en snaaks. In die Autobiographer wys hy n geverfde houtstandbeeld van n man met sy kop effens gebuig en wat ondertoe staar. Volgens Botes gebruik die figuur sy liggaam as n oppervlak om dinge op neer te skryf en om die inhoud van sy kop op te neem, die dinge waarmee hy n obsessie het. Op n manier som hierdie werk Botes se benadering op waar die pen soos n swaard vasgehou word. Hy lewer ook kommentaar op die verlies van mag en identiteit wat deur Afrikaners ondervind is onder die nuwe ANC-regering. Op hierdie manier, maak hy die nuwe identiteit van Afrikaners sigbaar, soos die skrywer J.M. Coetzee se formulasie van Nie meer Europees nie/Nog nie Afrikane nie. Botes se skerp satire is gerig op die Suid-Afrikaanse samelewing, politiek en godsdiens. Sy werke handel oor mag en die misbruik daarvan. Daar is geen heilige koeie vir Botes nie en hy hanteer sake direk en met humor. Sy proteskuns is gevestig in sy aanval op vals waardes, rassekonflik en kulturele tradisies.

VO
Conrad Botes, The Temptation to Exist I, 2011. Akriel op doek. Conrad Botes, Secret language VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE
Conrad Botes, The Temptation to Exist II, 2011. Akriel op doek.

Botes gebruik post Pop se voorkeur vir suikerige infantilisme (n klaarblyklike kinderlike styl) om kommentaar te lewer op die kontemporre samelewing en kwessies oor ras, godsdiens, geweld en seks. Hy is n meester in die gebruik en vermenging van beelde. Sy ikonografie is ingewikkeld. In sy werk is blomme dikwels wonde en vols voorspel onheil. Los hande verwys na kreatiwiteit.

Botes laat ons toe om die siekte te sien, te voel en te vrees wat in menslikheid skuil en senuweeagtig te lag oor wat vir ons gewys word. Hy is n behendige grapmaker, n fel kritikus en n vreeslose kunstenaar wat nietemin deernis toon. Sonder humor is daar net afgryse. Wanneer mense lag, is daar hoop.
Jaroslav Kalac , CONTEMPO, Junie/Julie 2006

EL

In hierdie reeks selfportrette, bedek Botes die beeld van sy gesig met sy kenmerkende slordige skrif van anargistiese figure wat amok maak, maar Botes beskryf hierdie figure as voorstellings van die ideologie en haat wat onvermydelik die menslike kondisie besoedel. Hulle kan beskou word soos skrapnel onder die vel. Die idee van manlike identiteit is n herhalende tema in Botes se werk. Hy ondersoek die uitdagings en probleme van die wit Afrikanerman in die moderne, post-Apartheid Suid-Afrika. Hy ondersoek die uitdagings en swaarkry deur hierdie figuur wat met swart humor en morele kompleksiteite gevul is.

275 Voorbeelde van Conrad Botes se werk Botes het n rooster gebruik om vier vierkante te skep. In drie van die vierkante verskyn dieselfde portret van n vrou, hoewel die kleure in elkeen anders is. Dit herroep die werk van die Popkunstenaar Andy Warhol, met sy veelvoudige uitbeeldings van figure. In die boonste linkerhoek is die vrou omring deur wolke en het sy n hartvormige wond op haar gesig. In die boonste regterkantse hoek is daar vier sirkels wat op haar superimponeer is. In een sirkel is n beroemde Goya-etswerk herskep met Mickey Mouse en Goofy in die plek van die lyke. n Man wat op n bank slof en n portret van n man met bloed op sy nek kan in twee ander sirkels gesien word.

OR

Ook in hierdie paneel hou n man sy kop vas en staan in n poel bloed. Links onder is daar Afrikastandbeelde wat op die vrou superimponeer is. Sentraal in hierdie vierkant is n weergawe van Michealangelo se Pieta. In hierdie toneel is Christus n swart man. Die onderste vierkant aan die regterkant wys drie mans in pakke. Hulle is egter onderstebo. Daar is drie onafgewerkte gesigte op hul superimponeer. Die werk is op glas gedoen wat gelei het tot die plat voorkoms van die werk. Botes skep n eenheid in sy werk deur beelde en kleure te herhaal. Soos altyd, gee Botes nie n betekenis aan die werk nie. Die titel kom ironies voor, omdat alles nie mooi is in hierdie werk met sy beseerde en dooie mense nie. Die werk verwys dus na geweld in die samelewing, maar ook na godsdiens. Die drie onderstebo mans kan verwys na die Afrikanerman in die nuwe Suid-Afrika hulle wat hul posisie van mag verloor het.

VO

BE

EL

D
Conrad Botes, Everything is Beautiful, 2002. Olie op glas.

Terrible things are about to happen: Die ronde werk is n omgekeerde glasskildery wat die plat voorkoms veroorsaak het. Die vorms is vereenvoudig tot basiese lyntekeninge met die enigste vorm wat aangedui word deur verenigde lyne in sommige van die beelde en die gebruik van perspektief in die teken van die gebou aan die onderkant van die werk. Vorms oorvleuel ook, en skep n vlak sin van spasie. Die kleur in hierdie werk kom onbeplan, arbitrr en taamlik deurboor voor vanwe die gebruik van pastelkodes. Daar is nie n werklike fokuspunt nie en die kyker se oog dwaal aanhoudend oor die werk. Die drywende beelde is vasgevang in n ronde formaat en hoewel dit uiteenlopend is en verskil in skaal, is daar n gevoel van orde.
Conrad Botes, Terrible things are about to happen. 2003. Omgekeerde glasskildery.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

276 Die beelde word geleen van verskillende bronne soos tydskrifte, strokiesprente en die geskiedenis van kuns. Die eenvoudige naewe styl is maklik verbruikbaar deur die algemene publiek. Die belangrikste boonste beeld is Botha se persoonlike weergawe van die Pita-beeldhouwerk deur Michelangelo met n figuur van n duiwel wat oor Maria se knie gedrapeer is. Die laer afdeling het n groter vrouekop wat bedek is met n lyntekening van n gebou/ fabriek. Ander beelde sluit n meermin, n militre figuur, weermagfigure met gewere en n wit slang oor die Pita-beeld in. Daar is nie een definitiewe interpretasie van hierdie werk nie en baie kykers kan op die eerste oogopslag geskok wees oor Botes se disrespekvolle gebruik van godsdienstige simbole. Die kombinasie van godsdienstige simbole met beelde van geweld (die soldate) en die gesagsfiguur is verwant aan hoe godsdiens dikwels gebruik word om n politieke stelsel te regverdig. Botes het dikwels die moraliserende rol van die Nederduits Gereformeerde Kerk in sy grootwordjare aangeval. Tydens Apartheid-Suid-Afrika is die stelsel van rassesegregasie verkondig, gebaseer op Christelike waardes. Die titel kan ook help met die interpretasie van die werk. Terrible things are about to happen is verwant aan die manier wanneer dinge op n verkeerde manier gebruik word, kan lei tot verskriklike goed (gesimboliseer deur die slang?). Die meermin stort n traan en die baba word uitgebeeld met n mes. Die kyker moet tyd neem om na die beelde en verhoudings tot mekaar te kyk om n opinie te vorm. Forensic Theatre: Die woord forensies verwys na die aanwending van wetenskap om te besluit oor vrae wat oor misdaad of litigasie ontstaan. In hierdie werk word sekere houdings teenoor geslag verken. Die meisie wat deur Botes in hierdie skildery gebruik word, bestaan uit basiese blokke van verskillende groottes. In die blokke kom slegs vier beelde (twee van mans en twee van vroue) voor, maar Botes verander hulle met vier tot ses variasies. Die figure is soos die in strokiesprente. Die werk
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

kan deur sommige mense as beledigend beskou word indien n mens die beelde oorweeg. Daar is die beeld van n manlike figuur sonder n hemp wat op sy tande kners wat n vrou aan elke hand vashou. In een van die variasies van hierdie figuur, is hy rooi geverf en drup rooi bloed vanaf hom, soos bloed van n moordenaar se hande af drup.

OR

VO

BE

EL
Conrad Botes, Forensic Theatre: Male Hysteria, 2004.

Die ander manlike beeld is n kaal grotman met n sweep. n Kopbeen- en kruisbeenwatermerk is oor die beeld gedruk as n teken van die dood. Daar is n kru lyntekening van n kaal vrou wat hy herhaal. Sy hou haar linkerbors vas en huil. Die ander vrouebeeld is n portret van n vrou met toe o. Soos in die geval van die man, is haar bors in een variasie van rooi geskilder en n spatsel bloed vloei oor haar hand. Die skokkendste beeld is van die vroue aan die regterkant waar daar n lyntekening is van n vrou met haar bene wyd oopgesprei oor haar gesig. Die vroue in die werk kom voor of hul aangerand, gemolesteer en selfs verkrag is. Daar is rouheid in hierdie werk met bruine, rooie, oranjes en pienke wat in intensiteit vibreer. Die forensiese teater, of eerder ondersoek oor hierdie werk, handel oor die krisis van manlike identiteit of histerie. Die werk druk woede, seerkry en verlies van selfbeheer uit. Dieselfde gevoelens word deur die kyker ondervind. Volgens Botes, is die werk n uitbeelding van n waardestelsel wat ineengestort het.

277

Weeping Zombies, 2007. 9 Omgekeerde glasskilderye, emalje op glas.

Weeping zombies bestaan uit n rooster van nege skilderye op glas. Die werk spreek wit manlike identiteit in postApartheid Suid-Afrika aan. Botes beskryf sy onderwerpe as mense wat nie bestaan nie of dood is, mense wat voel hulle kan nie gaan nie, hulle is vasgevang in n nie-plek, deurdrenk in hul eie trane. In die skilderye wil dit voorkom of die bloedgekleurde trane vasgel is in die vlees van die mense wat huil, soos ritualistiese op-offerings.

VO

Botes se beelde dien as allegorie van hoe n donker mag kontemporre mense se gedagtes oorgeneem het en hulle verlore gelaat het, dwalend in inkopiesentrums en soekend op die internet oor hul intense ontevredenheid met die lewe.

OR

Die Zombie dra die verarmde, droomagtige werklikheid van die moderne lewe oor, waar meeste mense se daaglikse lewens lyk soos n verwarring tussen n sepie en n gruwelfliek. Die verbruiker in die kontemporre samelewing is reeds n zombie, soos die lopende dooies, wat in die skaduwees woon en illusies van geluk najaag deur gierige en breinlose verbruik, maar hul bly ontevrede.

BE
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

278

6.3

Voltooi in jou VKS-werkboek.

The stolen shadow is n installasie wat bestaan uit n swartbord met kinderlike tekeninge, n lessenaar en n figuur met n jakkalsmasker. Die installasie skep n soort surrealistiese klaskamer wat ontneem is van gewone optimisme, waar leerders onskynlik voorkom of hulle gendoktroneer word tot konvensionele maniere van dink en gedrag. (Jeanette Blignaut Kunskonsultante) Antwoorde die volgende oor hierdie werk: Waarom word dit beskryf as n soort surrealistiese klaskamer? Wat kan die betekenis van die jakkalsmasker wees? Beskryf die voorwerpe op die tafel. Botes gebruik dikwels los hande as n simbool van kreatiwiteit. Dink jy die hand simboliseer dit of watter ander interpretasie sou jy daarvoor gee? Hoekom dink jy is klaskamers gewoonlik gevul met optimisme? Wat dink jy wil Botes s oor indoktronasie? Enige ander idees oor moontlike betekenisse en interpretasies van hierdie stuk.

VO
Conrad Botes, The Stolen Shadow, 2009. Gemengde media-installasie. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

279

Hasan and Husain Essop (1985 - )


As tweelingbroers deel ons n identiteit, n persoonlikheid en n familie. Hierdie unieke band wat ons deel, stel ons in staat om die ooreenkomste en verskille in n persoonlike en globale konteks te konfronteer en aan te spreek en debatte oor godsdiens, kulturele en sosiale ooreenkomste en konflikte aan te moedig.
Hasan en Husain Essop is tweelingbroers wat in 1985 in Kaapstad gebore is. Hulle het in die werkersklasvoorstad van Rylands Estate grootgeword, in die gebied wat bekend staan as die Kaapse Vlakte waar dwelmgebruik en bendeoorlo wydversprei is. Hulle kom vanuit n toegewyde Moslemfamilie. Terwyl hulle op skool was, moes hulle na-ure n Moslem-skool of madrasa bywoon. Ons het geskiedenis in ons ingeprent gehad, die manier waarop ons die Koran lees, al daardie dinge wat elke Moslem nodig het om n goeie mens te wees. Na skool het hulle albei aan die Michaelis Skool van Skone Kunste by die Universiteit van Kaapstad studeer. Husain het in fotografie gespesialiseer en Hasan in afdrukmaak. Hulle het elkeen met n BA in Skone Kunste in 2006 gegradueer en het later ook n Diploma in Kuns aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Sedert 2007, het die Essop-tweeling saamgewerk om hul kunswerke te skep. Hulle het hul werk tot groot toejuiging internasionaal en in Suid-Afrika uitgestal. Islam is die geloof van ongeveer n vyfde van die wreld se bevolking. Die Koran is die woord van Alla soos onthul aan die profeet Mohammed. Volgelinge van Islam word Moslems genoem, wat een wat aan Allah oorgee beteken. In Suid-Afrika is die meerderheid Moslems van Maleisiese of Indiese afkoms. Die Essop-tweeling maak baie werke oor hul Moslem-identiteit en wil mense wys waaroor Moslems werklik gaan ons is vriendelike mense, ons oordeel nie, ons bid, ons is nederig.

OR

VO
Amrit and Rabinra Singh, Liverpool 800: The Changing Face of Liverpool, 2007. Plakkaatkleur en gouache op monteerbord.

BE
The Habibia Mosque in Rylands Estate, die grootste moskee in Kaapstad.

EL

Kunssamewerkings tussen broers en susters

Amrit Singh en Rabindra Singh is tweelinge van Indiese afkoms wat in Brittanje woon. Hulle werk dikwels saam aan hul skilderye. Die tweeling gebruik die tradisionele Indiese miniatuurstyl om kommentaar te lewer op kontemporre sosiale en politieke gebeure. Hulle werk weerspiel hulle dubbel-identiteit om Indies sowel as Brits te wees. Jake en Dinos Chapman is twee Britse broers wat as n samewerkende duo, die Chapman-broers, werk. Hulle het aandag getrek met hul beeldhouwerke oor gemuteerde kinders wat spreek van genetiese inmenging, kernstortings of klooneksperimente wat vreeslik verkeerd gegaan het, soos in DNA Zygotic, 1997.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

280 Stilistiese kenmerke Die Essop-broers werk al sedert hul gegradueer het saam om hul digitaal saamgestelde fotos te skep. Hasan en Husain Essop het besluit om slegs hulself as onderwerpe in hul fotos te gebruik. Hulle werke bestaan uit n groot hoeveelheid tweelingklone wat met verskeie aktiwiteite besig is. Deur slegs hulself as voorstellings te gebruik, skep hulle persoonlike, eerder as objektiewe, ondervindings.
Hasan and Husain Essop, Passing By, 2008, Ligte Jet C-afdruk op Fuji Kristalargiefpapier.

VO
Hasan and Husain Essop, Five Pillars, 2008. Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Die Essop-broers gebruik kleurfotografie as hul medium van keuse om hul idees mee uit te druk. Hulle sal eers op die konsep besluit en dan begin om die hele toneel vas te vang. Die finale beeld is die resultaat van versigtig geposeerde tonele wat digitaal gemanipuleer word met Photoshop om die finale collage te skep. Volgens hulle hanteer Husain die opstel van die kamera op n drievoet en doen toetsskote vanwe sy opleiding in fotografie. Hasan sal tipies later poseer, en later

BE

EL

In Passing by het hulle verskeie beelde van hulself gebruik om die finale werk te skep. Die jong tweeling kom sorgvry voor terwyl hulle oor die hele toneel bollemakiesie. Dit is ook n voorstelling van die dubbellewe wat jong Moslems dikwels lei. Die tradisionele kultuur word verteenwoordig deur die wit Moslem-kleed wat in kontras is met moderne straatdrag en modieuse graffiti.

rolle ruil met sy broer. As die aksie vereis dat albei protagoniste in n skoot moet wees, sal hulle n derde persoon kry om die sluiterknoppie te druk. Die saamstik van aparte skote word moeiteloos bereik en hul voltooide werk onthul nie maklik die gefabriseerde aard van die werk nie. Volgens hulle is die moeilikste deel om die beeld in lae te plaas en is dit tydrowend. Hulle fotos word gewoonlik op katoenpapier gedruk wat aan dit n egalige, warm en fluweelagtige, dowwe effek gee. Die tegniek van die werk is nie vir hulle so belangrik soos die inhoud en die boodskap van die werk nie. Hulle beelde is dikwels besig en energiek en is deurdrenk met kleur. Daar is n sterk teatrale gevoel aan hul werk en dit lyk dikwels soos n stiltoneel uit n fliek.

281 Five pillars beeld die Vyf Pilare van die Geloof van Islam (geloof, gebed, vas, aalmoese gee en pelgrimstog) uit. Dit wil voorkom of die karakter in die middel van die foto n selfmoordbomaanvaller is wat voorberei vir n dodelike misie. Dit is n stereotipiese voorstelling van Moslems wat so baie Westerlinge glo. In Islam word die uitbeelding van die menslike figuur as haraam of verbode beskou. Die tweeling praat oor hoe hulle grootgeword in hul ouers se huis waar daar geen skilderye aan die mure is nie en dat dit vreemd is dat hulle kunstenaars geword het. In Islam is dit omstrede om die liggaam, insluitend die o, te gebruik en n mens moet toestemming van ander mense kry om hul liggame uit te beeld. Om hierdie rede, het die Essop-tweeling besluit om hulself in hulle werke te gebruik. Deur hulself te gebruik, is enige kritiek vanwe hulle geloof op hulle gerig en kan hulle eienaarskap daarvan neem. Hulle praat ook dikwels daaroor om nie oogkontak in hulle werk te gebruik nie en dat hulle probeer om hulle identiteit weg te steek. Hasan en Husein Essop ondersoek hulle eie identiteit en bevraagteken hulle erfenis om Moslem, Indies en Suid-Afrikaans te wees. Die tweeling is op soek na hulle plek in n veelrassige en godsdienstig uiteenlopende samelewing. Hul vroere werke is veral gegrond in die ondervinding om in Kaapstad te woon en beklemtoon hul ervarings as jong Moslem-mans. Hulle het in Rylands grootgeword wat die toneel was van verskeie botsings tussen aktiviste en die polisie tydens die Apartheidjare. In hulle vroere werk is daar n gevoel van rebellie en uitbundigheid. Hulle het dikwels tonele gewys wat sinspeel op stereotipes van jong mans wat onverantwoordelik is, wat nie n baie belowende toekoms het nie. Hulle werk beeld die tweeling uit wat verskeie Moslem- en nie-Moslem goed doen soos was, bid, speel of n hondegeveg bywoon. Hierdie gesplete identiteit om n goeie Moslem te wees en ook om kontemporre populere kultuur te geniet, verleen eerlikheid aan hulle werk.

VO

OR

BE

EL

D
Hasan and Husain Essop, Off to the North pole, Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier.

Ons almal ly aan n innerlike stryd. Jy het hierdie gesplete persoonlikheid in jouself oor die verskillende lewenstyle waaraan ons blootgestel is. Ons is grootgemaak deur tradisionele ouers, maar die oomblik wat n mens die huis verlaat, stap jy in n wreld vol groepsdruk in. Jy word groot met hierdie innerlike spanning. Jy het jou Islamitiese klere aan wanneer jy gaan bid. Maar wanneer jy dit uittrek, het jy jou Diesel-top onder dit aan, waarin jy meer gemaklk voel. Husain Essop

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

282 Die tweeling is op soek na hul plek in n veelrassige en godsdienstig uiteenlopende samelewing. Hul werk vra vrae oor identiteit, godsdiens, sterflikheid en onsterflikheid in n Suid-Afrikaanse konteks. Daar is nie baie Moslem-kunstenaars in Suid-Afrika nie en deur hul werk gee hulle n unieke insig om n Moslem te wees wat in n kontemporre Suid-Afrika woon. Albei bewonder Salvador Dali en soms kyk hul na hul fotos as drome, n herinnering of droom wat hulle ervaar het en wat hulle probeer herskep: Ons werk is taamlik surrealisties, in die sin dat dit in sommige fotos onmoontlik is om die werklikheid te wees. Dit is vals daar is vyf van ons in die foto. Hoewel hulle fotos lyk soos n spontane dokumentasie, word hulle met groot sorg opgestel. Hierdie foto beeld die aand voor Eid in die maand van Ramadan uit, die maand van vas. Dit wys hoe kos gekook word tydens die nag vir die fees wat die vas breek. Die Essop-tweeling spreek toenemend die globale tema om n Moslem in die 21ste eeu te wees aan. Baie Moslem-ekstremiste glo dat Islam nie enige verhouding met die moderne samelewing moet vorm nie. Die Essops glo dat die moderne samelewing en Islam saam kan bestaan.

Hasan and Husain Essop, The Night Before Eid Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier.

In die weste is daar dikwels n stereotipiese beeld van n Moslem, veral na die 9/11aanvalle op die Twin Towers in New York. Moslems word dikwels in die weste beskou as terroriste, ekstremiste en as militant. Hierdie stereotipe word deur die Essopbroers in hulle werk gekonfronteer. Hulle vertel van hoe, in Duitsland, baie Duisters n ekstremistiese opvatting van Islam gehad het en dat mense opgemerk het na hul hul werk gesien het dat hulle nie geweet het dat daar al hierdie kante aan Islam is nie. As sulks, daag Hasan and Husain Essop, Missile Crisis, Ligte Jet C-afruk op Fuji Crystal Archive papier. hulle die stereotipes rondom Islam uit en vermeerder die begrip van die probleme van isolasie en segregasie wat jong Moslems in die gesig staar terwyl hulle daarna streef om hul tradisionele kultuur te balanseer in n toenemende verwesterde en sekulre samelewing. Die broers is nie bang om emosioneel gelaaide en omstrede onderwerpe in hulle werk aan te vat nie. Sommige van hierdie werke sluit beelde in van Moslems met missiele, diereslagting, die sluier, Nazi-konsentrasiekampe, moskees en wapens van massaverwoesting. Hulle fotos ontbloot die gevare om mense te kategoriseer in terme van hul gedefinieerde kulturele en fisieke eienskappe, en bied n voorstel dat mense hul eie identiteit moet verken en nuwe maniere moet vind om te integreer en aan te behoort. Deur hul eie beelde in hul werk te gebruik, maak hulle hul werk persoonlik en praat hulle nie namens ander mense nie. Soos hulle s, dit is hulle stryd om die Ooste (Islam) en die Weste te verenig. n Verdere spel op identiteit is dat hulle n tweeling en reeds n dubbel is. Maar hulle kloon hulself ook in hulle werk en toon dikwels n oorvloed van tweelinge.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

283 El Cordero (Lamb) was deel van hul uitstalling wat Halaal Art genoem is. Die Essop-broers vertel van hul ondervinding by die Havana Biennale in Kuba waar, na hulle die kultuur, godsdiens en geskiedenis van hierdie vreemde land ondervind het, hulle besluit het om n fees voor te berei as n laaste aandete wat die hoogtepunt van hulle reis sou wees. In hierdie foto wys hulle die regte manier waarop n dier geslag moet word om verbruik te kan word. Dit word op die Halaalmanier gedoen. Hierdie fees het simbolies daarvan geword om dankaarheid te betoon asook om afskeid te neem van die geskenk van Hasan and Husain Essop, El Cordero (Lamb), 2009 Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier. kos. Dit lewer ook kommentaar op die respek vir uiteenlopendheid en om verskille te respekteer. Dit was oor die manier waarop ons leef, die uitdagings wat ons as Moslems in die gesig gestaar het wat nie Islam gehad het nie. Dit het begin deur vleis te kry, n lam, en om dit Halaal op te offer; om iets wat onrein is rein te maak vir jou liggaam om te eet. Voorbeelde van Hasan en Husain Essop se werk Hierdie foto verwys na onwettige hondegevegte in Kaapstad waar twee Amerikaanse gevegshonde gereed gemaak word om met mekaar te baklei. Die toneel vind plaas in n tipiese voorstedelike ligging. Die sewe figure in die foto is almal beelde van die Essop-tweeling in verskillende posisies. Twee van die figure waai donsige speelgoed rond wat in die kleure van die Amerikaanse vlag aangetrek is. Dit is soos om n rooi vlag voor n bul te waai en die honde word geleer om die donsige teddiebere aan te val. Volgens die broers is die honde soos soldate wat opgelei word om die Weste te haat. Aan die ander kant, word die Weste mense opgelei om die Ooste te haat deur media soos CNN en BBC te gebruik. Die konflik tussen die Weste en Ooste kom onopgelos voor en albei kante besef nie dat hul meer in gemeen het as wat hulle dink nie.

VO

Fast food wys die broers op die strand in Kaapstad. Hulle is in verskillende posisies van gebed. Hulle breek ook die vas tydens Ramadan met kitskos van McDonalds. Daar is n groeiende tendens onder jong Moslems in Kaapstad om na n pragtige strand te gaan om hul vas te breek, eerder as om dit tuis of in n gemeenskapslokaal te doen soos wat die tradisie is. Hierdie werk handel oor die konflik tussen tradisie en die kontemporre lewe. Moslems is bekend vir hul kookvernuf en die McDonalds kitskos kom voor as n swak plaasvervanger vir tradisionele geregte. Popkultuur neem oor; soos kitskos.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE
Hasan and Husain Essop, Pit Bull Training, 2007. Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier. Hasan and Husain Essop, Fast Food, 2008, Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier.

EL

284

VO
Hasan and Husain Essop, Oudste kerk, Amsterdam, Netherlands, 2011. Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Die ligging vir hierdie foto is Thornton Road, n straat in n woonbuurt met n groot Moslem-bevolking. Dit is ook die ligging van n Apartheidsera gruweldaad wat in 1985 plaasgevind het en bekend gestaan het as die Trojan Horse-insident waar polisie in n voertuig weggekruip het en begin skiet het op ongewapende kinders en jeugdiges, van wie baie dood is. (Sien Manfred Zylla se Death trap in Hoofstuk 3). In die foto is die veelvoudige afdrukke van Hasan en Husein Essop waar hul of in gebed is, aangetrek is in gevegsuitrusting of gedrapeer is in die kenmerkende swart-en-wit serp, of keffiyeh, wat met Palestini geassosieer word. Hulle teug aan daardie globale drankie, Coca-Cola, onder n yslike Coke-banier, n handelsnaam wat deur sommige beskou word as sinoniem met westerse materialisme of imperialisme (Cola-Colanisation). Sommige van die karakters lyk soos zombies wat Coca-Cola afsluk, terwyl ander aktief gemilitarsieer is en daarteen rebelleer. Dit is nie net oor Islam versus die Weste nie, s die broers, maar ook oor die weersprekings waarmee Moslems leef. Is hierdie Westerse of Oosterse dissipels? Die Essops soek na hul nuwe identiteit in die konteks van n ikoon van Westerse verbruik (Coca-Cola).

BE

EL

Hasan and Husain Essop, Thornton Road, 2008 Ligte Jet C-afdruk op Fuji Crystal Archive papier.

285 Hierdie is n 360 panoramiese foto wat bestaan uit honderde individuele fotos wat sorgvuldig digitaal aan mekaar gestik is. Dit vorm deel van n reeks fotos wat Remembrance genoem word wat die idee van geheue, spesifiek in verhouding tot die geskiedenis en die gebruik van godsdiens, verken. Die tweeling het na Mekka, Jerusalem, Amsterdam, Hamburg en Senegal gereis, en die fotos wou die spesifieke en onstabiele herinneringe van elke ligging ontbloot en daaraan deelneem, soos byvoorbeeld Dakar waar die erfenisse van slawerny en kolonialisme gelei het tot unieke Islamitiese identiteite en gebruike. Hierdie foto wys die Oudste kerk in Amsterdam in Nederland. Hierdie land is n voorbeeld van n onskynlike liberale land in Wes-Europa, maar baie van die inwoners raak paranoes oor Moslem-burgers wat probeer om hul Hollandse identiteit van hulle af weg te neem. Hierdie werk, op n simplistiese vlak, kan verwys na hierdie vrees met die Moslems in die Christelike kerk, maar dit rig ook n versoek tot verdraagsaamheid in hierdie pragtig georderdende komposisie. Mense moet langs mekaar kan woon in plaas daarvan om oor verskille te baklei.

Voltooi in jou VKS-werkboek.


The women of Allah-reeks

VO

Shirin Neshat, Speechless, 1996. Gelatien silwer afdruk.

OR

Shirin Neshat is in Iran gebore en het in Amerika gaan studeer. Sy het eers in 1990 na Iran toe teruggekeer en het die land ervaar as n totaal getransformeerde Islamitiese republiek. In haar Women of Allah (199397)-fotoreeks gebruik sy swart-en-wit fotos van gesigte, voete en hande waarteen n wapen soms naas mekaar geplaas is. Aan die vleesdele wat ontbloot gelaat is, het sy teks in Farsi van vroueskrywers oorgeskryf. Die teks is nie leesbaar vir westerse kykers nie en lyk soos ornamentele kalligrafie, maar in Iran, waar hierdie tekste gelees kan word, mag die fotos nie uitgestal word nie. Beskryf die volgende aspekte van haar werk: Die uitdrukking van identiteit Die gebruik van die sluier Die jukstaposisie van die figure met gewere Die bui van die fotos Die Essop-broers is vasbeslote dat hulle n kunsloopbaan in harmonie met hul godsdienstige oortuigings wil volg. Hoe verskil hulle houding van die van Neshat in haar werk?

BE
Shirin Neshat, Rebellious silence, 1994. Gelatien silwer afdruk. Shirin Neshat, Faceless, 1994. Gelatien silwer afdruk. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

6.4

286

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

x 287

Geslagskwessies

7.2 7.3 7.4 7.5 7.6

Oorsig van internasionale vrouekunstenaars

Kunstenaars wat gay-aangeleenthede aanspreek Penelope Siopis Lisa Brice

7.7 Mary Sibande

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

Oorsig van Suid-Afrikaanse vrouekunstenaars

EL

7.1.

Inleiding

INDEKS

HOOFSTUK

288

1
Wat is geslag?

Inleiding

Ons het begin om dogters meer soos seuns groot te maak maar min het die moed om ons seuns meer soos ons dogters groot te maak. - Gloria Steinem, Amerikaanse feminis

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Histories het die meeste samelewings n patriargale stelsel gevolg waar mans dominant en verhewe bo vroue was. Hierdie denkwyse bestaan steeds in baie lande en samelewings. Geslag verwys na albei geslagte (manlik en vroulik), maar die idee van geslagstudies is na vore gebring deur die beweging vir vroue se emansipasie en die feministiese beweging tydens die 20ste eeu. Vroue het daarna gestreef om dieselfde regte en voordele te bekom wat mans in die verlede geniet het. Op sy beurt het dit gelei tot n groter ondersoek ten opsigte van geslagskwessies tydens die totstandkoming van studies oor mans en gays. Kwessies en vrae verwant aan homoseksualiteit, heteroseksualiteit, manlikheid en vroulikheid word in n kulturele en historiese konteks bestudeer. Daar is wisseling tussen seksualiteit, geslag, ras, klas, etnisiteit en ekonomie.

OR

BE

Geslagstereotipes is simplistiese veralgemenings oor die geslagskenmerke, verskille en rolle van individue en/of groepe. Stereotipes kan positief of negatief wees, maar hulle kommunikeer selde akkurate inligting oor ander groepe. Die manlike stereotipe is om n finansile voorsiener te wees. Hy moet selfgeldend, kompeterend en loopbaangedrewe wees en moet sy emosies in toom hou. Die vroulike stereotipe is om te trou en kinders te h. Sy moet liefdevol, versorgend, mooi en sexy wees. Hierdie tipes stereotipes kan skade berokken aangesien hulle individuele uitdrukking en kreatiwiteit onderdruk en ook die persoon se persoonlike en professionele groei kan belemmer. Kinders leer geslagstereotipes van volwassenes. Soos met geslagrolle, dra sosialiserende agente ouers, onderwysers, portuurgroepe, godsdienstige leiers en die media geslagstereotipering oor van een geslag na die ander. Baie van hierdie oortuigings is so gesetel in mense se bewussyn dat baie individue dink dat geslagsrolle natuurlik is en hulle nie bevraagteken nie.

EL

Geslag is nie slegs n biologiese verdeling tussen mans en vroue nie, maar ook n kulturele en sosiale klassifikasie van manlikheid en vroulikheid. Geslag onderskei mans en vroue en die manlike en vroulike eienskappe wat hulle het. Geslag het te make met n persoon se identiteit ten opsigte van vroulikheid of manlikheid. Hierdie bewustheid neem n aanvang tydens die babajare en word versterk tydens puberteit. Geslagsvoorstellings in kuns is die uitkoms van die kulturele proses om seksuele en sosiale identiteite te definieer.

289

7.1

Voltooi in jou VKS-werkboek.

What are little boys made of? What are little boys made of? Slugs and snails And puppy-dogs tails, Thats what little boys are made of. What are little girls made of? What are little girls made of? Sugar and spice And everything nice, Thats what little girls are made of.

Wat dink jy van die kleuterrympie hierbo? Spreek dit van geslagstereotipes? Verduidelik
bladsy in twee kolomme en gebruik die opskrifte seuntjies en dogtertjies. Maak n lys van die speelgoed onder elke opskrif en skryf langsaan elkeen watter geslagstereotipes dit versterk. Die media bombardeer ons met boodskappe oor wat dit beteken om vandag mans en vroue te wees. Neem enige tydskrif en knip prente soos advertensies uit wat jy voel n stereotipiese rol/beeld van mans en vroue uitbeeld. Maak n collage van hierdie beelde en skryf die boodskap van elke beeld neer. Party geslagskwessies om in die klas te debatteer, sluit die volgende in: Historiese geslagstereotipes Geslagsongelykheid in die werkplek Geslagstereotipering in die media Geslagsgeweld, byvoorbeeld huishoudelike geweld, kindermishandeling Geslagsongelykheid in verskillende samelewings Aborsie Kindertroues, gerelde troues Liggaamsbeeld Prosititusie Homoseksualteit en lesbianisme

VO

OR

BE

Die twee collages wys speelgoed wat tipies gemik is op seuns en meisies. Verdeel jou

jou antwoord.

EL

Hierdie is n gewilde kleuterversie uit die vroe 19de eeu.

D
VISUele kunste GRAaD 12

290

Oorsig van internasionale vrouekunstenaars

VO
VISUele kunste GRAaD 12

In die verlede is kuns beskou as n beheptheid van mans en slegs as n stokperdjie vir vroue. Met die emansipasie van vroue, het vrouekunstenaars progressief die voorgrond betree. Aan die begin van die 20ste eeu het vrouekunstenaars reeds die voordele begin ervaar waarvoor ander vroue in die 19de eeu geveg het. Hulle was daartoe in staat om by dieselfde akademiese instellings as mans te studeer, vir beurse aansoek te doen, deel te neem in lewensklasse, vir kompetisies in te skryf en pryse te wen. Hul kon hulle werk tydens internasionale uitstallings uitbeeld en dit in galerye verkoop; hulle het opdragte vir kunswerke ontvang en het n aktiewe rol in die kunstoneel ingeneem. Hierdie gelykheid van geleenthede het egter nie substansie gehad nie. Internasionaal het sommige vroue hul stempel in die 20ste eeu afgedruk, soos Hannah Hch (Dada), Meret Oppenheim (Surrealisme) en ander, maar dikwels as deel van n hoofsaaklik manlike groep. Daar is egter voorbeelde van vrouekunstenaars, soos Frida Kahlo en Georgia OKeeffe, wat n unieke plek in die geskiedenis van kuns bereik het.

OR
Frida Kahlo, The Broken Column, 1944. Olie op doek.

Die Mexikaanse kunstenaar, Frida Kahlo (1907 1954), se persoonlike lewe en geskiedenis word direk in haar kuns uitgebeeld. Op die ouderdom van 18 was sy in n padongeluk beseer toe die bus waarin sy gereis het teen n tram gebots het. Haar werke is uitmergelende getuienis van haar eie fisieke en geestelike lyding. Daar is ook n wreedheid in haar skilderye wat haar geboorte, operasies en aborsies uitbeeld met n droomagtige grofheid. Sy skilder die geskiedenis van haar fisieke, emosionele en spirituele lewe byna soos n visuele dagboek. Frida Kahlo het n kultusfiguur en n heldin vir feministe geword wat bewonder is vir haar weiering dat geweldige fisieke lyding haar gees vernietig het of ingemeng het met haar kuns of linkse politieke aktiwiteite. Haar skilderye, wat selfportrette van n intieme aard is, word dikwels beskou as uitbeeldings van vroulikheid, feminisme en ander geslagsverwante onderwerpe. Voor Frida Kahlo was Westerse kuns nie gewoond aan sulke implisiete voorstellings van kindergeboorte of miskrame nie. (Sien Visuele Kunste Graad 11-teksboek vir n meer omvattende bespreking.)

BE

EL

291 Georgia OKeeffe (1887 1986) het in 1916 onder die aandag van die New Yorkse kunsgemeenskap gekom, verskeie dekades voor vroue toegang verkry het tot kunsopleiding in Amerika se kolleges en universiteite, en voor enige van die VSA se vrouekunstenaars bekend of baie gevier was. Binne n dekade het sy haarself onderskei as een van Amerika se belangrikste moderne kunstenaars, n posisie wat sy regdeur haar lewe volhou het. Dit was deels vanwe haar betrokkenheid by Alfred Stieglitz, die fotograaf. Gevolglik het OKeeffe n belangrike plek vir vroueskilders gevestig op n gebied wat eksklusief aan mans beskikbaar was en wat steeds deur hulle oorheers word. Lank voor haar dood op 98-jarige ouderdom in 1986 het sy een van Amerika se mees gevierde kulturele ikone geword. Daar is baie gempliseerde seksualiteit in haar werk, byvoorbeeld die kort afstand beelde van blomme suggereer visueel die vroulike vulva.

VO

The Guerilla Girls is n anonieme groep feministe wat toegewy is tot die stryd teen geslags- en rasseongelykheid in die kunswreld. Hulle het in 1985 tot stand gekom in reaksie op die Museum van Moderne Kuns se uitstalling An international survey of recent painting and sculpture, waarvan slegs 17 van die 169 kunstenaars wat uitgestal het vroue was. Hulle het hul idees op plakkate uitgedruk wat die werklike feite oor seksisme en rassisme in die kunswreld weergegee het. Die lede dra gorillamaskers om hul anonimiteit te behou. Hulle het ook humor gebruik om te wys dat feministe snaaks kan wees. The Guerilla Girls se doelwitte was om groter verteenwoordiging van vroulike kunstenaars en mense van kleur in die kunswreld te bekom. Hul hoogs gefokusde benadering was uiters suksesvol en hul het gehelp om n nuwe en beduidende aanvaarding van vrouekunstenaars in die 1990s teweeg te bring.

OR

Feministiese kuns was deel van die feministiese beweging van die laat-60s en veral die 1970s waar vrouekunstenaars in opstand gekom het vir gelyke geslagsrolle, en dikwels militante tegnieke gebruik het om hul idees uit te druk. Feministiese kuns is een van die magtigste kragte sedert die 1970s in die kontemporre kunswreld van ontwikkelde lande. Hierdie feministiese ontwikkeling het opspraak gemaak. Sommige kritici het gevoel dat om kuns deur vroue as n aparte kategorie te definieer, dit minder van n kunsuitdrukking gemaak het en dat daar nie so n onderskeid moet wees nie.

BE
Ons dra gorillamaskers om die fokus op kwessies, in plaas van persoonlikhede, te vestig.
VISUele kunste GRAaD 12

Georgia OKeeffe,Black iris, 1926. Olie op doek.

Feministiese kuns kan gedefinieer word as kuns wat deur n vroulike kunstenaar gemaak word wat n doelbewuste stelling maak oor wat dit beteken om n vrou te wees.

EL

292

VO
Miriam Shapiro,All Purpose Fan, 1979. Akriel en materiaal op papier. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

293 Feministiese kuns word gekenmerk deur:

n Sterk sin van verkenning van vroulike oorwegings soos n fokus op wat met die vroulike liggaam

gebeur. Baie vrouekunstenaars konsentreer daarop om geslag, seksualiteit en identiteit te verken asook die ondersoek van vroue se historiese en huidige rolle in die samelewing. Die fokus op die vroulike liggaam het gelei tot nuwe maniere om dit te bestudeer opsigself as n aktiewe mag. Dit is een van die taboe-onderwerpe wat gewoonlik as n onrein toestand beskou word. Daar was ook n sterk identifisering met sogenaamde vroulike handwerktegnieke soos naaldwerk, boduurwerk, laslapwerk, ens. om kunswerke te skep, soos die werk van Miriam Shapiro. Feministiese kuns, in teenstelling met die sogenaamde tradisionele manlik gedomineerde kuns (skilder op doek, ens.), het nuwe media begin gebruik soos omgewingswerk, video, installasies, opvoering, ens. Baie van die konsepsuele kunswerke is van n verbygaande aard en bestaan slegs in dokumentasie soos fotos en videos. Judy Chicago, The dinner party, 1979.

Barbara Kruger (1945 - ) is n Amerikaanse konsepsuele kunstenaar wat n mengsel van gevonde fotos en tipografie in haar werk gebruik. Sy ontwikkel haar werk op n rekenaar en dan dra sy soms hierdie skeppings oor op beelde wat so groot is soos advertensieborde langs die snelweg. Deur n stuk teks soos Your body is a battleground op n beeld wat bekom is uit hoofstroomtydskrifte te plaas, forseer sy die kyker om vrae te vra oor feminisme en verbruikerswese. Dit debatteer hoe vroue tradisioneel in die gewilde media uitgebeeld word.

VO

OR
Judy Chicago, The Dinner Party, 1979.

Hierdie installasie is ongetwyfeld die mees gevierde feministiese kunswerk. The dinner party bestaan uit 39 tafeldekplekke aan n driehoekige tafel vir vroue wat belangrike rolle in kuns en geskiedenis gehad het. Elke plek vereer een van hierdie vroue. Die borde is versier met variasies van n skoenlapper of vaginamotief ter viering van vroue se seksualiteit. Hoewel die werk heetemal konsepsualiseer is deur Chicago, was dit n samewerkende onderneming wat ontwerp is om gebruik te maak van die vaardighede wat gewoonlik as vroulik beskou word, soos stikwerk en skilder op porselein. (Sien Beeldende Kunste Graad 11-handboek vir n meer omvattende beskrywing.)

BE

EL

Barbara Kruger, Untitled (Your body is a battleground), 1989. Collage.

VISUele kunste GRAaD 12

294 Kiki Smith (1954 - ) is n Amerkiaanse beeldhouer en afdrukmaker wie se sentrale tema die vrouefiguur in beeldhoukuns is, dikwels in skokkende voorstellings soos die tentoonstelling van liggaamsvloeistowwe. In Train gebruik sy menstruasie as n skokkende element wat as n stert wat uit rooi krale bestaan, voorgestel word. Sy bevraagteken die idee van vroulike reinheid en onthul dit wat gewoonlik verberg word en sodoende wys sy die kwesbaarheid van die vrou. In Blood pool spreek sy die weerloosheid en magteloosheid uit in die figuur waarvan werwels deur die Kiki Smith, Blood pool, 1992. Was, gaas en pigment. vlees steek. Die lewensgrootte figuur is in n fetusposisie en skep n ongemaklike gevoel vir die kyker dit voel of die kyker inmeng in die spasie en gedagtes van die figuur. Smith werk altyd met gietings van lewende modelle. In hierdie werk gebruik sy was wat vanwe die byvoeging van kleurpigmente die tekstuur en kleur van vlees ontlok. Hierdie is nie n klassieke voorstelling van n vrou as harmonieus en selfstandig nie, maar spreek oor gesondheid en siekte, geboorte en dood. Dit ontlok ook viktimisasie van die vroulike figuur deur haar innerlike biologiese werkings (die ruggraat) te ontbloot as n metafoor vir versteekte sosiale kwessies. Cindy Sherman (1954 - ) is n Amerikaanse fotograaf wat baie bekend is vir haar konsepsuele portette wat die vroulike identiteit ondersoek. Sherman werk al meer as 30 jaar as haar eie model en het haarself al uitgebeeld in n reeks gedaantes en personas wat wissel van die amuserende en ontstellende tot onsmaaklike en roerende. Om haar fotos te skep, neem sy die veelvoudige rolle aan van fotograaf, model, grimeerkunstenaar, haarstilis, stilis en klerekasmeesteres. Met n arsenaal pruike, kostuums, grimering, prostetika en rekwisiete, het Sherman behendig haar fisiese voorkoms en omgewing verander om n magdom interessante tablous en karakters te skep wat wissel van silwerskermgodinne, figure uit historiese skilderye tot hansworse en n sosiale vlinder wat oud word.

VO
Cindy Sherman, Untitled film still # 2, 1977. Gelatien silwerafdruk. Cindy Sherman, Untitled film still # 193, 1989. Kleurfoto. Cindy Sherman, Untitled film still # 412, 2003. Kleurfoto. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

295 Untitled film still # 2, is deel van n reeks van 70 swart-en-wit fotos waar Sherman in vermommings inspirasie kry uit n reeks beelde wat die kunstenaar voorstel in stereotipiese vroulike rolle genspireer deur Hollywood in die 1950s en 1960s, film noir asook die Europese wreld van kunsrolprente. In hierdie foto sien ons n vrou wat in n oop deur staan en wat na haarself in n badkamerspiel kyk terwyl ons op ons beurt na haar kyk. Jenny Saville (1970 - ) Saville is n Britse figuratiewe skilder wat beroemd is vir haar groteske, vleeslike, yslike portrette van vroue wat dikwels op haarself gebaseer is. Die aanwending van verf herroep bloukolle en pyn op n byna geografiese uitbeelding van vlees. In Propped beeld sy haarself in n baie onvleiende posisie uit. Sy plaas die klem op die liggaam en gee die kyker n baie ongewone voorverkorte aansig van die vroulike vorm. Sy stel klein voete en n kop en groot, verwronge bobene voor. Die skoene is die enigste kleredrag wat sy aanhet en dit verleen n tikkie vroulikhied aan die skildery. Haar hande klou aan die vlees van haar bonkige bobene vas. Haar werk val die idee van konvensionele skoonheid aan, waar maerheid sinoniem met skoonheid is. Die koketterige en verleidelike posture van die vroue in haar werk is interessant. Die skoonheid van hierdie stuk word aangetref in die ekspressiewe skilderagtige aard van die werk wat aan haar n Venus van Willendorf, n moeder aarde gevoel, gee.

Emin werk dikwels met materiaal in die vorm van appliek materiaal (wat dikwels in letters uitgeknip is) wat op haar materiaal vasgewerk word. Sy versamel haar hele lewe al materiaal van gordyne, lakens en linne. Sy hou hierdie stukke materiaal, wat emosionele betekenis het, om later in haar werk te gebruik.

OR

Tracey Emin (1963 - ) Emin, n kontemporre Britse kunstenaar, is bekend daarvoor om haar privaatlewe in haar kuns te onthul. Haar kuns is n ongenadige ontdekking van haar eie biografie wat so direk is dat dit ekshibisionisties voorkom. Tracy Emin het n lewende kunswerk geword wat sterstatus bereik het deur net haarself te wees. Deur nader te kyk na Emin se kuns, word n potiese, presiese en outentieke wreld onthul wat n mens jou eie lewe en probleme laat oorweeg. Haar werk funskioneer as aandenkings en memoirs van haar lewe.

BE

VO
Tracey Emin, Everyone I have ever slept with, 1963 1995. Tent met appliek. Tracey Emin, My bed, 1998. Matras, linne, kussings, voorwerpe.

Emin neem n uiterste houding in deur gewone persoonlike besonderhede van haar eie lewe as onderwerpmateriaal te gebruik. Die binneste mure van n klein blou tent is bedek met uitgeknipte letters wat die name uitspel van almal wat haar bed tydens daardie tydperiode gedeel het. In 1999 was Emin op die kortylys vir die gesogte Turner-prys in Brittanje vir hierdie werk. Die werk het n aansienlike media-herrie veroorsaak, veral aangesien die lakens van die bed geel gevlek was en die vloer rondom dit items van haar kamer daarop gehad het, soos kondome, le sigaretpakkies, n onderbroekie met menstruele vlekke daarop en ander oorblyfsels insluitend n paar pantoffels. Die bed is voorgestel soos dit gelyk het na sy verskeie dae daarin deurgebring het na sy selfmoordgedagtes gehad het weens verhoudingsprobleme. Emin deel haar persoonlike spasie met die kunskykende publiek en onthul haar tekortkominge en onsekerhede.

EL
Tracey Emin, I do not expect to be a mother, 2002,Materiaal-appliek. VISUele kunste GRAaD 12

Jenny Saville, Propped, 1992.

296

Oorsig van Suid-Afrikaanse vroulike kunstenaars

Sy hang van haar armholtes van n metaalanker omdat sy nie in staat is om op haar eie te staan nie. Die vorm van ondersteuning is soortgelyk aan die wat saam met die vroe weergawes van die Barbie-pop verkoop is. n Pop is n vervaardigde voorwerp, iets wat uitgestal word en dan weggegooi word. Is dit ook vroue se ondervinding? Die ondervinding van verminking en lyding is baie sterk in hierdie werk. Die hangende posisie, rustige gesig, hande met die palms na buite gedraai en gekuiste voete herinner n mens aan die gekruisigde figuur van Christus. Die kop is los en is soos n pop sn aan haar liggaam vasgewerk. n Kantkraag, n beeld wat vroulik sowel as godsdienstig is, dien as n masker vir die littekens van steke. Haar kop kan verwyder word asof sy in staat is om te vergeet wat met die res van haar liggaam gebeur. Die kop pas soos n beeldhoubors oor die sleutelbene waar die amper Romeins-Katolieke kantwerk groei. Dit beklemtoon die godsdienstige aard van die werk. Dit kom voor of die kant pynlik aan haar vasgestik is met sigbare, versigtige steke. Dit kan ook verwys na n poging van n gebreekte vrou om steeds vroulik voor te kom. Hierdie gevoel van verminking kan ook gesien word in die uitbeelding van haar hare.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Stripped (Oh yes Girl) ) is gebaseer op twee prostitute wat naby die kunstenaar se huis gewerk het. Alexander beskryf die een as die Gelukkige sekswerker en die ander een as die Ongelukkige sekswerker. Hierdie werk handel oor lyding en vroulike verminking en dit is baie dubbelsinnig. Die karakter is op dieselfde tyd die verleier (kyk na die lang naels) en slagoffer, en sy is n voorwerp van fassinasie en mishandeling. Die werk is baie mooi, maar ook vreeslik aaklig.

BE

EL

Jane Alexander (1959 - ) Vanwe Alexander se politieke en sosiale kommentaar word haar werk in Hoofstuk 3 bespreek. Sy het ook werke geskep wat geslagskwessies sterk aanspreek. Haar temas van geweld en slagoffer/aggressor is steeds sigbaar, maar word met empatie deur die o van n vrou uitgebeeld.

Vrouekunstenaars in Suid-Afrika het aanvanklik hul kreatiwiteit beperk tot die tematiese en formele tradisies wat gevestig was in akademiese institusies wat deur manlike hierargie gedomineer is. Hulle het ook toenemend geslagskwessies ondersoek, insluitend onderwerpe soos seksualiteit, die posisie van vroue, uitbuiting van vroue, geweld teen vroue en het hul eie stories vertel. In Suid-Afrika is geslagskwessies ook n ingewikkelde aangeleentheid wat uit ons unieke geskiedenis en uiteenlopendheid ontstaan het. Die Suid-Afrikaanse Grondwet bepaal duidelik dat dit teen die wet is om te diskrimineer op grond van geslag, sosiale en kulturele manlike of vroulike rolle (byvoorbeeld, in die geval waar n vrou n sekere werk nie kry nie omdat sy vroulik is), seks: fisieke verskille tussen mans en vroue (byvoorbeeld, daar word teen n vrou diskrimineer omdat sy swanger is). Die kunstenaars wat hieronder bespreek word, is sommige van die sterk, toegewyde vroue wie se werke spreek van uiteenlopende kulturele, persoonlike en geslagsperspektiewe wat verwant is aan hul onderskeie identiteite. Elke kunstenaar ontwikkel voortdurend nuwe beelde wat sentraal tot hul veranderende posisies is.

Jane Alexander, Stripped (Oh Yes Girl), 1995. Pleister, kant, garing, kaliko, hare, olieverf, sintetiese naels, staalondersteuning.

297 Die hare is ingeplant in voorbereide gate in haar kop (weer soos die van n pop), maar die taak is nie voltooi nie aangesien daar onblote gate op haar kopvel is. Die dele van die liggaam wat in pleister gegiet is, is onvolmaak aanmekaar gevoeg om die metode van konstruksie uit te beeld wat gebruik is in die maak van die figuur. Die vlees is op plekke nie vasgewerk nie sodat die verflenterde verband sigbaar is. Daar is diep littekens op die knie, die maag en langs die ruggraat. Sy is spookagtig wit. Die steke aan die binnekant van haar arms, aan die agterkant van haar bene en op haar ruggraat herinner n mens aan n lyk wat gereed is vir eksperimentering. Ten spyte van haar lyding en verminking, is haar gesig kalm en peinsend, asof sy verwyder is van haar omstandighede. Daar is n onskuld aan haar met die geslote o, wat die idee skep van n heilige in ekstase of melancholie. Baie betekenisse kan afgelei word uit hierdie werk die ekonomiese en seksuele uitbuiting van vroue; die idee van die vrou as n pop en die ondervinding van lyding en verminking (ook selftoegedien soos in die geval van kosmetiese operasies). Dit is ook sigbaar in hierdie werk dat lyding skoonheid van die gees tot gevolg kan h.

VO
Marlene Dumas, Cover up, 2004. Olie op doek. Marlene Dumas, Models, 1994. Ink en kalk op papier. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Marlene Dumas (1953 - ) Die Suid-Afrikaans gebore Dumas, wat nou in Amsterdam woon, is internasionaal bekend en het die hoogste prys vir n kunswerk deur n lewende vroulike kunstenaar ontvang. Dumas is bekend vir haar dikwels uitdagende werke wat genspireer word deur bronne wat strek van geboorte tot seksualiteit tot die dood. Die uitbeelding van die fisieke werklikheid van die liggaam en die sielkundige waarde wat daaraan gekoppel is, is sentrale temas in haar werke. Sy gebruik die menslike figuur om kontemporre idees van seksuele en sosiale identiteit te kritiseer. In Cover-up, stel Dumas n korrupsie van onskuld voor. Haar uitbeelding van n jong kind wat sy of haar klere bo haar of sy kop lig, lei onmiddellik tot donker gedagtes oor seksualiteit en uitbuiting. In haar 100 tekeninge van Models beeld sy ikone uit van die massamedia, soos filmsterre en voorbladmeisies.

BE

EL

298

Antoinette Murdock, Te kort skiet (To fall short) 2003. Geweefde maatbande.

Antoinette Murdoch Murdoch se werk spreek vroulike sake aan. Sy geniet dit om met prosesse te werk, en baie van hierdie prosesse word gedefinieer as vroulike handwerk hekel, brei of weef. As deel van die Tweede Johannesburgse Tweejaarlikse Uitstalling het sy delikate volskaalse rokke uit snesies gemaak. Hierdie werke dra gevoelens van weerloosheid oor en impliseer ook n onderliggende gevoel van geweld. Ek het nog altyd n obsessie oor klere en om aan te trek. Deur ongewone hulpbronne te gebruik soos maatbande en patrone vir klere, transformeer sy hierdie gebruike in werke wat interpretasies van vroulikheid bied.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Diane Victor (1964 - ) Victor is bekend vir haar hoogs satiriese en diepgesete sosiale kommentaar van kontemporre Suid-Afrikaanse politiek. Sy gryp dikwels taboes en opspraakwekkendheid aan in haar afdrukke en tekeninge om oorgang in Suid-Afrika uit te beeld na Apartheid en die talmende rasseverdeling, korrupsie en geslagsongelykheid wat voortgaan om by die politieke omgewing te spook. In Strip wys sy n vrou (n selfportret) wat haar eie borsholte oopmaak om borsvet onder die vel te onthul en haar ruggraat te wys. Sy word uitgebeeld op n stil, konfronterende wyse aangesien die kyker nie die liggaam kan ignoreer nie. Die grusame pastelkleure suggereer amper die kneusing van die liggaam. Die kyker sien ons letterlik onder die onderwerp se vel en dit skep n modieuse verwysing sowel as om die vlees-as-seksuele idee uit te daag. As kykers, is ons onseker waar die pyn se oorsprong is. Dit kan n metaforiese pyn wees die van n disfunksionele samelewing. Die skr in die agtergrond verwys na die oopmaak en sny van dinge. Victor het baie kwessies spesifiek verwant aan vroue aangespreek, soos anoreksia (Weighting and wanting) en huishoudelike geweld en mishandeling (Disasters of peace, why defy?).

D
Diane Victor, Strip , 1999. Pastel op papier.

299

Diane Victor, Disasters of Peace, Why Defy? 2006 2008. Ets.

Diane Victor, Weighting and wanting , 2005. Ets.

VO

Nandipha Mntambo (1982 - ) Mntambo fokus op die vroueliggaam en die menslike identiteit in beeldhouwerke, videos en fotos. Sy het n kenmerkende estetika deur haar gebruik van koeivel ontwikkel, wat sy looi en vorm op gietings van die vroulike liggaam gewoonlik haar eie. Sy koop die vel so rou soos moontlik om ten volle by die materiaal betrokke te raak die reuk en tekstuur veroorsaak afgryse, maar ontlok ook n bewustheid van die fisiekheid daarvan. Die harige vel, wat in n vrouevorm gegiet is, word gebruik. Mntambo s, om vooropgestelde vooroordele uit te daag en te ondermyn oor

OR

BE
Berni Searle, Snow White, 2001. Videoinstallasie.

Berni Searle (1964 - ) Snow White is n dubbelskermvideoprojeksie. Albei muurgrootte beelde dokumenteer dieselfde aksie, maar een kamera is direk voor Searle geplaas en die ander kamera was direk bo die kunstenaar. Knielend en kaal in n spasie wat donker gemaak is, word Searle se liggaam bedek deur meel wat liggies op haar val. Nie een van die aansigpunte dui die bron van die meel aan nie. Die meel, wat soos sneeu is, merk haar liggaam op maniere wat subtiel verwys na rasseklassifikasies onder Apartheid die idee van wit is beter. Dit verwys ook na kolonialisme se beskawende misie om inheemse bevolkings uit te wis. Dan raak water wat van bo-af val aan dele van haar liggaam soos dit die hoop meel tref. Sy gebruik dan die water om die meel in n deeg te meng. Haar liggaamsposisie verwys na huishoudelike werk. Hierdie soort werk was dikwels die enigste opsie vir gekleurde vroue. Die titel verwys na die naam van n soort meel, maar ook na die Sneeuwitjie-feverhaal waarin die prinses die ideale vrou is. (Sien Beeldende Kunste Graad 11-teksboek vir meer oor Searle se werk.)

EL

die voorstelling van die vroueliggaam en om persepsies rakend aantrekking en afstoting te ontwrig. Volgens Gabi Ngcobo Mntambo se besorgdhede as n kunstenaar word slim versterk deur haar keuse van materiaal: koeivel. Dit is n materiaal wat met rykdom en mag geassosieer word. Die letterlike harigheid van haar figure funksioneer ook as n distansirende metode Haar werke moedig ons aan om kritiek te lewer op die politiek en estetika van vroulikheid en skoonheid en is suggererend van die maniere waarop (swart) vroue hul liggame herinterpreteer en die sigbaarheid daarvan bepaal.
VISUele kunste GRAaD 12

300

Nandipha Mntambo, Emabutfo, 2009. Koeivel, hars, polisterdraad en wasdraad.

In Irony is die hand (met n trouring) en die oog die dominante beelde in die werk. Twee voorstellings van Moslemvroue is weerskante van die wit area. Die werk handel spesifiek oor die regte van Moslemvroue. Die vroue is melancholies en die lyne wat van horisontaal tot diagonaal tot gebo verander kan die veranderende persepsies van Moslemvroue uitbeeld. Moslemvroue word nou etikette gegee volgens Westerse wanopvattings wat hul voorstel as ingehok en beperk vanwe hul godsdiens en die tradisies wat daarmee gepaard gaan. Die hand met die trouringe verteenwoordig die heiligheid van die huwelik in die Islamitiese konteks. Aan die onderkant is Islamitiese simbole wat as n voetstuk optree vir die res van die kunswerk. Volgens Galdhari gebruik sy die hand, die oog en die strepieskode, almal simbole wat taamlik universeel en bruikbaar is, as maniere van kommunikasie om te wys hoe mense gekodeer, opgeneem en vinnig gekategoriseer of gedentifiseer word. Ek het ook die werk as n platform gebruik om te speel op die ironie wat bestaan oor vryheid in die huidige wreld en die ironie van Westerse wanopvattings oor onderdrukking in die Moslemwreld.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Faiza Galdhari (1970 - ) Faiza Galdhari is n vroulike Moslemkunstenaar wat fokus op die status van die Moslemvrou in die samelewing, haar ingebore seksualiteit en begeertes en hoe dit volhou word in wat andersins kan voorkom as n geslote en geslagsbeperkende samelewing. Galdhari sien haar vroulikheid toegedraai in beskermende gewaad van Islam, eerder as om daardeur beperk te word. In haar werke probeer sy om die westerse en Islamiteise kyker in te lig oor wat dit is om n Moslem te wees en oor die belangrike rol van vroue in Islam.

BE
Faiza Galdhari, Irony. Linosnee.

EL

301

Kunstenaars wat gay-aangeleenthede aanspreek

David Hockney , Domestic scene, Los Angeles, 1963. Olie op doek.

VO

Na sy dood was daar n yslike omstredenheid oor sensorskap ten opsigte van die eksplisiete aard van sommige van sy fotos. Mapplethorpe was een van die baie gay-ongevalle in die kulturele toneel van New York in die 1980s. Die effek van VIGS het n tema geword wat dikwels deur gay-kunstenaars gebruik is om emosies van verlies en woede uit te druk, soos gesien in die werk van David Wojnarowitcz.

OR

Gilbert & George ,Attacked. 1991. Akriel op doek.

BE

Hoewel hierdie hoofstuk fokus op vrouekunstenaars om sodoende die tema van geslagskwessies te ondersoek, is daar ook baie manlike kunstenaars wat die kwessie van manlike identiteit en manlikheid in hul werk ondersoek. Jane Alexander se The Butcher Boys lewer kommentaar oor hoe mag tot korrupsie lei. Dit is egter dikwels homoseksuele kunstenaars wat kwessies van manlikheid en stereotipes in hulle werke ondersoek. David Hockney was een van die eerste internasionale kunstenaars om openlike gay-temas vir n brer kunsgehoor te skilder. In sy Domestic scene is die onderwerp nie so belangrik soos die gebruik van die kunselemente nie. Die homoseksuele bevrying van die 1970s het gay-kunstenaars in staat gestel om openlik uitdrukking te gee aan idees en gevoelens wat vroer baie versigtiger ontsyfer moes word. Sommige gaykunstenaars het n idilliese wreld voorgestel wat vry was van die skuld om n seksualiteit uit te beeld wat nie meer verbode was nie. Die Amerikaanse fotograaf, Robert Mapplethorpe, het hierdie nuwe bevryding gevier in werke wat gespreek het van seksualiteit, wat dikwels oor taboe-onderwerpe gehandel het.

EL

David Wojnarowitcz , Why the Church cant/ wont be separated from the state, Los Angeles, 1991. Gemengde media.

Gilbert & George Gilbert Proesch (1943 ) en George Passmore (1942 - ) werk saam as Gilbert & George. Hulle het beroemd geword vir hul opvoeringswerk, Singing sculpture (1970) waar hulle as lewendige beeldhouwerke geposeer het.

VISUele kunste GRAaD 12

302 Van 1972, het hul begin om fotostukke te maak wat temas van die stadslewe, godsdiens, skatologie en homoseksualiteit verken. Hulle werke is dikwels opspraakwekkend en uitdagend. In Attacked verskyn die kunstenaars as miniatuurvoorstellings in vleeskleurige pakke wat op die punte van n paar tonge staan. Die tong is die plek waar die binnekant van die liggaam met die buitewreld kommunikeer. Die vreemde en vreesaanjaende landskap druk vrese van besmetting uit. n Kenmerkende eienskap van die reg tot gelykheid in die SuidAfrikaanse Grondwet is dat dit n verbod insluit teen onregverdige diskriminasie gebaseer op seksuele orintasie. Dit maak SuidAfrika die eerste nasie in die wreld om so n klousule in te sluit. Beskerming en vryheid word verleen aan gay, biseksuele en transseksuele mense deur die verbod van enige diskriminasie ten opsigte van seksuele orintasie. Dit het n nuwe wetlike en sosiale landskap geskep waarin kunstenaars kon werk. Deel van die ernstige bedoeling van die openlike gay kunstenaar is om sy of haar buitestaanderstatus te verwerp en om sy of haar gedeelde menslikheid met die res van die mens te verkondig en te omhels. Kunstenaars soos Steven Cohen en Chris Diederichs verken gay-kwessies in hulle werk. Sommige van hierdie werke is dikwels kragtig en skokkend vir n konserwatiewe gehoor. In 2010 het die fotograaf Zanele Muholi se uitbeelding van lesbiese paartjies wat mekaar omhels, as deel van n staatsondersteunde uitstalling, die minister van kuns so woedend gemaak dat sy die werk pornografies genoem het.

VO
Pierre Fouch ,The kiss, 2008. Gehekelde kant.

Nicholas Hlobo en Pierre Fouch gebruik albei materiale wat gewoonlik met vroue geassosieer word. Hlobo maak staat op sy Xhosa-kultuur en -erfenis in sy beeldhouwerke en is veral gemoei met die vooroordeel teen homoseksualiteit in die swart samelewing. Materiale soos rubberbinnebande verwys na kondome en sommige van sy vorm sinspeel op fallusse, sperm en naelstringe. Volgens Hlobo, Deur my werke probeer ek gesprekke skep wat sekere kwessies in my kultuur as n Suid-Afrikaner verken. Die gesprekke word n manier om mense se persepsies oor aangeleenthede oor manlikheid, geslag, ras en etnisiteit te bevraagteken.

VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE
Nicholos Hlobo, Izithunzi, (detail), 2009, Rubberbinneband, lint, organza, kant.

EL

D
Steven Cohen ,Chandelier, 2001-2. Opvoering.

303

Penelope Siopis (1953 - )

Kenmerke

VO
Penelope Siopis, Queen Cakes, 1982. Olie op doek. Penelope Siopis , Embellishments, 1982. Olie op doek. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Vroulikheid/Feminisme Siopis se temas handel dikwels oor geslag en ras en die invloed wat dit op die geskiedenis en mense se herinneringe het. In haar werk streef sy daarna om haar eie verhouding met die samelewing te ondersoek. Regdeur haar loopbaan is daar n soeke na haar ware self, hoofsaaklik haar vroulikheid. Dit sluit haar vroegste koekskilderye, die stillewes, die geskiedenisskilderye met figure soos Saartjie Baartman in tot werke wat temas soos kindermishandeling ondersoek. Vroulikheid en seksualiteit, met subtemas soos identiteit en vervreemding is sentraal in haar werk. Siopis is besonder bewus daarvan om n vrou te wees en ondersoek die posisie van vroue in haar werke. Vroulikheid en die vroulike ondervinding word in al haar werk verken. Baie van die voorwerpe wat sy in haar werk insluit, soos koeke, vrugte, ens., het n verbinding met vroulikheid.

BE

EL

Siopis is in Vryburg in die Noord-Kaap gebore en het in die Oos-Kaap studeer. Sy het haar BA en MA in Skone Kunste aan Rhodes Universiteit behaal. Sy was n professor aan die Universiteit van die Witwatersrand en is op die oomblik n ere-professor by die Michaelis Skool van Skone Kunste aan die Universiteit van Kaapstad. Penny Siopis is een van die invloedrykste kunstenaars wat vandag in SuidAfrika werk. Haar loopbaan, wat oor 30 jaar strek, sluit haar bekende geskiedenis-skilderye van die 1980s in wat kritiek gelewer het op Apartheid, en haar daaropvolgende installasies, rolprente en skilderye wat persoonlike herinneringe tydens die post-Apartheid era verken.

Om met n spesifieke bewustheid te kyk, is vir my n manier van dink. Dit is asof gedagtes uit my o ontvou en aan dinge vasheg.

304 Koeke is een van die vroegste elemente wat Siopis in haar werke gebruik het. Hulle was persoonlike werke omdat hulle gebaseer was op haar herinneringe van die bakery wat haar familie tydens haar kinderdae besit het. Hulle is ook sterk geassosieer met vroue, nie slegs tydens hul skepping nie, maar ook in hulle sensuele organiese vorms en versiering wat vroulike vorms ontlok het, byvoorbeeld die ronde, pienk versierde Queen cakes, 1982, wat borste suggereer. Koeke is simbole van rituele soos dope, verjaarsdae en troues (feestelike geleenthede). Tradisioneel word hulle gebruik in belangrike geleenthede in die westerse lewe en herroep vierings wat die verloop van tyd aandui. Die koeke is opgebou uit lae verf wat driedimensioneel in kwaliteit word. Hierdie ryk versierde stillewes van koeke is dramaties gesoleerde groepe of enkel-items die verf is dik en swaar. Hierdie koeke word voorgestel in afsondering op eenvoudige, omgedraaide tafelblaaie en voetstukke wat die kyker konfronteer met n stomp direktheid. Siopis maak die sensuele kwaliteite van room en versiersuiker na in hierdie werke deur die oppervlaktes met lae verf op te bou. Dit dra n gevoel van nabootsing en sieklike oppervlakkigheid oor. In haar skilderye van koeke is die pigmente opgebou met n paletmes of aangewend met n koekversierder se instrument (versiersuikerinspuiting), sodat die vorms in relif (byna driedimensioneel) te voorskyn gekom het, ryklik gekleur en getekstureer teen die platter, meer neutrale agtergrond. Werklike koekversierings word soms in die nat verf ingesluit, soos in Embellishments. Die fyngebak dien as n simbool van dekadensie en agteruitgang. Siopis se oeuvre dek n groot verskeidenheid temas en media en sy het ontwikkel van haar vroe tekeninge en skilderye tot meer konsepsuele werk, insluitend installasies, fotogebaseerde werk en videowerk. Sy het onlangs begin skilder. Stillewes en geskiedenisskilderye Siopis se koekskilderye het tot haar stilleweskilderye gelei. Die temas van verandering, agteruitgang en verrotting word gesien in die oorrypvrugte en die puin van n samelewing. Penelope Siopis ,Cape of Good Hope, Daarna het sy op vroue en Afrika gefokus deur 1990. Olie, was en collage op bord. n ongewone en persoonlike opvatting van geskiedenis. Sy hanteer geskiedenis in Apartheid Suid-Afrika soos aangedui in skoolboeke waar geskiedenis ervaar en uitgebeeld is volgens n patriargale uitgangspunt. In hierdie werke val sy die politieke en historiese mag van die wit ras oor swart rasse aan en veral die middelmatige posisie wat aan vroue oor die algemeen toegeken word. Sy gebruik historiese karakters om huidige situasies voor te stel. Siopis bied n ongewone en persoonlike interpretasie van ons geskiedenis. Dit is steeds feministies aangesien dit op vroue konsentreer.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

305

Penelope Siopis, Arutna, 1995, Penelope Siopis, Arutna, 1995, Installasie van foto-afrukke, wit suiker, spiels, olie en akrielverf.

Suid-Afrika Siopis is betrokke by die werklikhede in Suid-Afrika omdat sy die verlede en die hede op n hoogs persoonlike manier uitbeeld. Sy maak gebruik van tipiese Suid-Afrikaanse motiewe en voorwerpe soos ystervarkpenne, proteas en historiese illustrasies van krygshelde, soldate en slawe. Haar werk spreek sosiale kwessies in Suid-Afrika aan en strek van kolonialisme tot identiteit. Meeste van haar werke spreek van vroulike ondervindings, byvoorbeeld haar ondersoek oor slawevroue en die VIGS-baba. Haar inspirasie wissel van die geskiedenis van kuns tot winkels wat muti verkoop, mediese laboratoriums, pandjieswinkels en etnografiese museums.

BE

VO

CRITICAL REGIONALISM In Maids, 1992 1993, vereer sy die groot hoeveelheid swart vroue wat wit kinders in Suid-Afrika grootgemaak het. Sy het versuikerde koekversierselletters gebruik om name soos Mercy (Genade), Goodness (Goedheid) en Prudence (Omsigtigheid) name wat Christelike waardes aandui op pienk uniforms te borduur wat deur huishoudelike werkers gedra word (wie so dikwels onchristelik deur hul werkgewers behandel word). Die werk is rondom n Voortrekkervrou met n baba in haar arms geplaas.

Siopis toon n ongelooflike tegniekse vermo in skilderkuns en sy is gefassineer met die proses van skilder. Sy het al verskillende materiale gebruik, soos die foto-afdrukke in die geskiedenisskilderye of regte versamelingsvoorwerpe. Haar meer konsepsuele werke sluit fotos, videos en installasies in. Haar loopbaan word gekenmerk deur verandering en ondersoek wat in haar reeks temas, sowel as verskillende soorte media, gesien word.
Penelope Siopis, Eros and Thanatos, 1986. Pastel op papier. VISUele kunste GRAaD 12

OR
Penelope Siopis, Maids, 1992. Gemengde media.

EL
Penelope Siopis, AIDS baby, 1996, Cibachroom foto.

306

Dit kan ges word dat Siopis haar onlangse loopbaan baseer op gewelddadige rooie en erotiese pienke. Die skildery wys n dodelike bleek, slaperige vrou met toe o en n mond wat effens oop is in n toestand tussen orgasme en die dood. Op hierdie pragtige skildery het Siopis die verleidster se vlamrooi, sintetiese hare vasgemaak. Baie van die sin en sensasie waarmee ek in my skilderye en vidoes werk, is gesetel in die materiaal en die kansgedrewe proses self; wat dryf, val, breek en gesond maak, wat vorm tot op die rand van vormloosheid forseer. Ek is gefassineer deur die andersheid, oopheid en lewenskrag van hierdie choreografie van kans en beheer, wat uitstekende ruimte bied vir nuwe maniere om te assosieer en te verbeel. Penny Siopis oor haar onlangse werk wat dikwels die effek van gom met verf ondersoek.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Penelope Siopis, Love, 2007. Olie op doek.

OR

Penelope Siopis, Blush: Scarlet, 2007. Olie, gemengde media en rooi pruik op papier.

BE
Penelope Siopis, Monument, 2007. Olie en gom op doek.

EL

307 Voorbeelde van Siopis se werk Die onderwerp van hierdie skildery is n yslike interieure spasie (gebaseer op fotos van die Johannesburgse Burgersentrum) wat versier is met standbeelde en wat tafels bevat wat oorlaai is met n eklektiese mengsel van kos en voorwerpe soos koeke, vrugte, n opgestopte aap, kerse, proteas, skulpe, ens. Aan die regterkant is een van Michelangelo se slawestandbeelde. Die toneel word weergegee in n illusie wat die tema van kunsmatigheid oordra. Die voorgrond oorvloei en dit lei tot eindelose spasies in die agtergrond. Die kleure is oorryp en warm. Die werk sluit voorwerpe in soos spiels, parfuumbottels en ander voorwerpe wat op n vrou se spieltafel aangetref word wat met vroue deur die eeue geassosieer word. Byna elke voorwerp het n allegoriese betekenis wat vereis dat die kyker dit ontsyfer die uurglas simboliseer byvoorbeeld die verloop van tyd. Daar is ook n implisiete seksualiteit aan die sappige lekkergoed, skulpe en oopgemaakte vrugte. Byna elke voorwerp lewer direk of simbolies kommentaar op seksualteit die vrou wat geboorte skenk, die ryp vrugte, die lelies, ens. Hoewel die vrou sterk sigbaar in die spiels is, in die standbeeld van Venus, ens., word die man ook ingesluit in die slaafstandbeeld en ander falliese simbole. n Atmosfeer van agteruitgang en dekadensie word uitgedruk in die warm, oorryp kleure van die voorwerpe, byvoorbeeld die uurglas, net soos die dik verf dreigende agteruitgang impliseer. Die oorrypvrugte op die rand van verrotting is so dik geskilder dat hul skaduwees gooi. Dit kontrasteer met die platter, gestippelde agtergrond. Deur n selfportret in te sluit, verpersoonlik Siopis die gebeurtenis wat uitgebeeld word. In die spiel aan die regterkant kom Siopis die enigste persoon wat teenwoordig is (al die ander figure is standbeelde), voor as n klein uitbeelding. Sy is n omstander wat kyk na die oorvloed: n toeskouer, nie n deelnemer nie. Melancholia is geskep tydens n tyd van onrus in Suid-Afrika en skep n gevoel van ongemak by die kyker. Die gordyn wat swaar oor haar toneel hang, beeld onaktiwiteit en agteruitgang uit. Die gordyn beklemtoon die teatrale en verhoogagtige effek van hierdie werk. Hierdie is n kunsmatige interieur waar alles kunstig gerangskik is, met sy eie plek en betekenis. Daglig word glad nie in die toneel gebruik nie. Die skildery lewer kommentaar op die oorvloed van ons samelewing en spreek op n subtiele manier van wit mense in SuidAfrika. Is dit die puin van ons samelewing? Dit is n stil, lewelose toneel.

VO

OR

BE

EL
Penelope Siopis, Melancholia, 1986. Olie op doek. VISUele kunste GRAaD 12

308 Hierdie werk is n kritieke blik op geskiedenis soos aangeteken vanuit n wit, patriargale uitgangspunt. Siopis daag nie slegs die wit historiese en politieke oorheersing uit nie, maar ook die mindere posisie van vroue in ons samelewing. n Yslike swart vrou wat klassiek gedrapeer is en met een ontblote bors, sit gemaklik op n hoop gemors en die puin wat die Westerse samelewing na Afrika gebring het insluitend vrugteskille, n skilderdoek, n dooie vol, kunsvoorwerpe, n kopbeen, modelle van n swanger vrou, n handsakkie, ens. Baie van die voorwerpe op die hoop gemors, soos die dooie vol en die kopbeen, is vanitassimbole, terwyl die handsak na vroulikheid verwys. Ook ingesluit is twee aansigte van n borsbeeld van n swart man deur Anton van Wouw (n museumgunsteling in Suid-Afrika). Die vrou is besig met die roetine gebruik om n suurlemoen te skil, wat natuurlik n bitter vrug is, wat dalk verwys na die ware posisie Penelope Siopis, Patience on a monument, 1988. Olie en collage op bord. van swart vroue in die geskiedenis. Die agtergrond van die skildery is groot. Nadere ondersoek onthul dat die agtergrond n collage van illustrasies uit skoolboekke is wat afgedruk is en wat die traumatiese konflik oor die besit van land uitbeeld. Die beeld verdwyn geleidelik in die agtergrond en bestaan uit beelde wat Britse soldate, swart krygsmanne, Voortrekkers, slawe, sendelinge, ens., insluit. Die beelde wat afgedruk, opgeplak en oor geverf is, is n aantekening van Suid-Afrika se verlede uit n spesifieke en vooropgestelde uitgangspunt. Deur afgedrukte beelde te gebruik, kan Siopis die skaal van n beeld herhaal en verander. Sy s die tyd wat dit neem om hierdie beelde uit te knip, gee haar tyd om te dink. Siopis verleen nie prominensie aan historiese gebeurtenisse soos ontdekkings, stryde en oorwinnings nie. Hierdie meer gebruiklike uitbeeldings van die geskiedenis word verskuif tot onduidelike mindere rolle en die klein figure word sekondr tot meer selfgeldende motiewe soos die figuur van die swart vrou wie se rol in die geskiedenis as onbelangrik beskou word. Die beduidende word onbeduidend en die onbelangrike word belangrik. Die werk is tegnies asemrowend die collage wat die bruin en geel agtergrond vorm, bestaan uit honderde klein figure waaroor daar geverf is.

OR

VO
Penelope Siopis, Pinky Pinkys teeth, 2002. Olie en materiaal op doek. VISUele kunste GRAaD 12

BE

EL

Pinky Pinky reeks: In die Pinky Pinky-reeks het Siopis die sielkundige en mitologiese bestaan van SuidAfrikaanse tieners verken. Pinky Pinky is n mitiese figuur wat homself bekend stel aan meisies voor en tydens puberteit, hoofsaaklik in die swart townships en skole in Suid-Afrika. Hy is geneig om n stedelike gedierte te wees, maar het al in landelike gebiede verskyn. Pinky Pinky is deels man, deels vrou, deels dier n mitiese baster wat optree soos n man wat meisies aanval wat toilet toe gaan en hulle selfs verkrag, veral as hulle pienk onderbroekies dra. Pinky Pinky is n baie werklike figuur vir baie meisies en verteenwoordig die vrese en onsekerhede wat meisies in die gesig staar soos hul liggame ontwikkel en hul sosiale status verander.

309 In elke skildery neem Pinky Pinky, die bedrier, n nuwe voorkoms aan. Pinky Pinky word as n sondebok gebruik vir ons huidige sosiale siektes en word onder meer geassosieer met gewelddadige misdaad, VIGS, xenofobie, armoede, kindermishandeling, ens. Pinky Pinky kan ook beskou word as n figuur wat ontwikkel uit die neurose wat kan ontstaan in n samelewing waar die verkragting en mishandeling van vroue en kinders baie algemeen voorkom. In die reeks spreek Siopis die gevoel van vrees aan, wat duidelik is in die vals wimpers, vingernaels, toonnaels, hare, plastiese koelwonde en ander liggaamsdele wat vasgevang is in die vlees-gekleurde skildery. In Who is Pinky Pinky? word n staande vorm wat op twee wankelende bene is, geskep met vleeslike pienk verf. Die figuur, wat amper driedimensioneel is, staan uit die agtergrond met sy bedrieglike o en maag vol plastiekpoppe. Dit is gevul met onsekerheid en vrees. Die werke is geskep uit dik impasto pienke (wat die sieklike vleeskleur van kommersieel vervaardigde verf oproep).

Penelope Siopis, Who is Pinky Pinky?, 2002. Olie en gevonde voorwerpe op doek.

VO
Penelope Siopis, Pinky Pinky Comes to Cape Town (detail) , 2007. Draad- en kralebeeldhouwerke en gevonde voorwerpe. Installasie in die Kasteel van Goeie Hoop, Kaapstad.

Siopis het n straatkralekunstenaar opdrag gegee om die Pinky Pinky-figure uit krale te maak, wat op haar skilderye gebaseer is. Hierdie figure verleen n fetisjistiese kwaliteit aan die werke. Siopis het hierdie figure in haar installasie gebruik, asook n kindertoilet, klaskamerstoele, n swartbord met teks en n oefeningboek waarin leerders hul eie Pinky Pinky-stories kan aanteken.

OR
VISUele kunste GRAaD 12

BE

EL

310

Die Shame-reeks: Die Shame-reeks is n yslike installasie van 90-kleinskaalse werke wat die dade van geweld verken wat op die liggame van jong meisies toegedien word. Daar is n sensuele skoonheid in Siopis se verlakte, druppende oppervlaktes en die intensiteit van haar blink rooi palet (sy werk hier met lak, olie- en emaljeverf). Die Shame-reeks inkorporeer massavervaardigde rubberstempels wat sentimente soos Ek is jammer en ander verklaar. Hulle word lig en mooi uitgedruk, maar verskuil n talmende afgryse. Die werk is gemaak in rooie, pienke en bruine wat n vleeslike gemors voorstel n reeks stortings en vlekke. Siopis beskryf hierdie werke as potika van weerloosheid. Die Shame-reeks verwys na skaamte/skande as n toestand van afgryse n

OR

Penelope Siopis, Shame, 2002 2005. Gemengde media op papier.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

BE
gevoel om n mens se waardigheid heeltemal voor ander te verloor. Die bedreigde, oorseksuele liggaam van die meisie is sentraal en dit dui die geweld van verkragting en mishandeling aan. Die voorkoms van verkragtings en mishandeling in Suid-Afrika is baie hoog. Dikwels word dit stil gehou, vanwe die vermeende skande wat daaraan verbonde is. Elkeen van hierdie werke beeld inmenging met die liggaam uit en spreek van aggressie, vrees, die dood, ens. Volgens Siopis begin hierdie werke as vormlose stortings en druppels op papier. Die pienk en rooi kleure is vlees en bloed. Daarna gee sy vorm aan die beelde. Daar is ook n sterk skakel tussen die beelde en woorde. Die glasverf en letterstempel spreek van huishoudelike handwerk en is ironies in hierdie werke.

EL

311 Die woorde Im sorry word afgestempel by die kop van n klein, kaal meisie wat kyk hoe haar bloed n groot poel vorm. Ander sinsnedes sluit in: Thank you for sharing this special day with us tussen die dun bene van n kind met die woorde To a special father wat langs die gesig herhaal word. Met tye word die woorde bloukolle en wonde op die slagoffers se liggame. Die clichs wat op tipiese groetekaartjies verskyn se betekenisse verander en ontbloot n gewelddadige samelewing.

Voltooi in jou VKS-werkboek.

VO

OR

BE

7.2

Saartjie Baartman, die Hottentot Venus Saartjie Baartman is in 1789 in die Khoisan-stam gebore. Sy is deur n besoekende Britse skeepschirurg, William Dunlop, oorgehaal om saam met hom Engeland toe te gaan. Hy het haar belowe dat sy ryk en beroemd sou word. In plaas daarvan, is Saartjie uitgestal tydens n fratsskou in Brittanje. Sy het groot boude gehad en die verlengde labia wat sommige Khoisan vroue het. Kontemporre beskrywings van haar optredes in Londen verklaar dat Baartman geforseer is om kaal te paradeer langs n verhoog wat twee voet hoog was, waarlangs sy deur haar bewaker gelei is en uitgestal is soos n wilde dier, verplig om te stap, te staan of te sit soos hy beveel het. Sy is in 1816 in Parys oorlede. Na jare van wettige onderhandelinge is haar oorblyfsels na Suid-Afrika teruggestuur en op 9 Augustus 2003 is sy uiteindelik in haar tuisland begrawe.

Onbekende kunstenaar, Saartjie Baartman (1817), Litografie

EL
VISUele kunste GRAaD 12

312

Penelope Siopis, Dora and the other Woman, 1988. Pastel op papier.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Siopis het toenemend genteresseerd geraak in die storie van twee 19de eeuse vroue, wat vir haar die historiese stryd van die vrou in n samelewing wat deur mans gevorm is, voorgestel het. Die eerste vrou, wat bekend staan as Dora, was een van Freud se pasinte en het baie publisiteit ontvang as die onderwerp van studies oor histerie wat volgens oortuiging n spesifieke vroulike kwaal was. Die tweede vrou was Saartjie Baartman. Dora se toestand kan vandag genterpreteer word as n vrou se onbewuste protes teen die beperkings wat op haar geplaas is deur n samelewing wat deur mans gedomineer is. In Siopis se oliepastelwerk word 19de eeuse voorstellings van Saartjie vasgesteek op die drapering wat die helfte van Dora se liggaam bedek. Hierdie werk toon hoe Saartjie van alle hoeke bekyk word, dikwels met die hulp van n vergrootglas of teleskoop.

OR

Lees die uittreksels en bestudeer die visuele bronne. Bespreek die volgende in n opstel: Die houding van Europers tydens Saartjie Baartman se tyd teenoor inheemse mense van Suid-Afrika. Die belangrikheid dat haar oorblyfsels na Suid-Afrika teruggebring is. Hoe Penny Siopis en Willie Bester Saartjie Baartman in hul werk genterpreteer het deur te verwys na die media, formele kunselemente, ens. Moontlike betekenisse en interpretasies van hierdie twee werke. Kwessies wat verwys na geslag deur na Saartjie Baartman te verwys as die Hottentot Venus. Lesse vir ons tyd.

BE

EL

D
Willie Bester, Saartjie Baartman (2000) Beeldhouwerk van masjiendele.

313

Lisa Brice (1968 - )

Stilistiese kenmerke

Staying alive was n reeks werke wat Brice in 1997 uitgestal het. Hierdie ikoniese werke het die ongemaklike onderwerp verken van voorstedelike vrees soos n toenemende misdaadsyfer plaaslike sekuriteit binnegedring het in n nuwe demokratiese Suid-Afrika. Jet Master couple, wys hoe voorstedelikes baljaar, onbewus van die gemaskerde figuur in die agtergrond. Die figure is eenvoudige lyntekeninge wat uit metaalstawe bestaan op n sagte oppervlak van stoffering. Die materiaal verwys na plaaslike sekuriteit soos in n bed se kopstuk, maar ook ontstellend na n opgestopte sel in n geestesinrigting.

VO

OR

Brice is as n skilder opgelei, maar dit het nie haar keuse van media beperk nie. Haar werke sluit n verskeidenheid nuwe media in, soos gevonde voorwerpe of huishoudelike materiale soos linoleum met staal om muurkunswerke, installasies en beeldhouwerke te maak. Hierdie werke is onberispelik afgerond.

Brice het geslagskwessies en die ontmensliking van vroue uitgebeeld in temas wat wissel van prostitusie tot stereotipes. Geweld en die dreigement van geweld (huishoudelik, seksueel, globaal of sosiaal) is konstante temas in haar werk.

BE

EL

Lisa Brice is in 1968 in Kaapstad gebore. Sy het in 1990 van die Michaelis Skool van Skone Kunste (aan die Universiteit van Kaapstad) gegradueer. Sy het al baie in Suid-Afrika en oorsee uitgestal en haar werk word verteenwoordig in groot publieke- en privaatversamellings. Sy woon en werk nou in Londen en in Trinidad. Haar werke word internasionaal uitgestal en sy is ingesluit in Vitamin P2, n bundel oor kontemporre internasionale skilderkuns.

My werk is hoe ek kommunikeer n weerspieling van my opvatting van my omgewing, lewensgeskiedenis en samelewing. Deur idees in lae te plaas en kruisverwysings te gebruik, plaas ek beelde van bestaande situasies teenoor gevonde voorwerpe om n nuwe idee of scenario te skep. Die konsep bepaal die materiale, medium en formaat wat ek gaan gebruik.

Lisa Brice, Jet Master Couple, 1997. Viniel en staalstawe.

VISUele kunste GRAaD 12

314

Lisa Brice, Untitled, 2007. Bleikmiddel op denim.

Lisa Brice, Untitled, 2010, Olie op doek.

Lisa Brice, Untitled (LBTTF006), 2012, Olie en pastel.

Voorbeelde van Lisa Brice se werk:

OR

VO
Lisa Brice, Sex Kitten Cheap Cheap, 1993. Gemengde media. VISUele kunste GRAaD 12

BE

EL

Lisa Brice, Sex Show Reeks, 1993. Sy gebruik laserkopie, plastiek, gedrukte papier en akrielverf. Hierdie werke is gebaseer op haar blootstelling aan die berugte seksuele vermaakindustrie van Bangkok. Hierdie werke het die inherente vernedering van vroue verken wat gebruik word as n manier van ontspanning tydens vakansie vir ryk manlike toeriste wat aangetrokke is tot n wereld waarin seks met minderjarige meisies die norm is. Brice was geskok oor die uitbuitende situasie waar baie van die jong meisies deur hul ouers geruil is vir voorwerpe soos televisiestelle. Hierdie werke verwys na geslagskwessies en die ontmensliking van vroue. In die Sex show works-uitstalling word kykers gekonfronteer deur die Sex kittens, nege van hulle, wat teen die mure gestaan het en vorentoe gekruip het. Hulle is gebaseer op prente uit manstydskirfte en is seksueel uitlokkend vanwe hul knielende posture.

Brice het intussen weer begin skilder en s, Ek begin om die grense van die tradisionele binne die medium te verskuif deur die oppervlak te gebruik, soos denim, as iets wat betekenis het wat iets anders voorstel as bloot n oppervlak waarop verf voorkom op dieselfde manier as toe ek op op linoleum, spiels en gordyne by Michaelis (Kunsskool) begin skilder het. Ek dun beelde uit van n verskeidenheid mediabronne, fotografie en film, asook die gebruik van persoonlike fotos.

315

Lisa Brice, Sex Kitten Dont Fuck with me (Aids-virus), 1993. Gemengde media.

Lisa Brice, Sex Kitten You want to have your cake and eat it, 1993. Gemengde media.

Lisa Brice, Sex Kitten Go ahead make my day (Genital Herpes), 1993. Gemengde media.

Lisa Brice, Sex Kitten Go ahead make my day (Syphilis), 1993. Gemengde media.

Lisa Brice, Plastic Makes Perfect Reeks:

VO

Hierdie reeks ondersoek vroulike stereotipes die oorsprong van hierdie stereotipes en hoe hulle n vrou se selfbeeld binnedring. Die Barbie-pop as n stereotipiese beeld van n vrou is baie bekend aan westerse vroue wat grootgeword het met hierdie pop en daarna streef om soos sy te lyk. Barbie, met haar swellende borste, dun middel, lang bene en sagte hare is n kombinasie van n vrou se ideale proprosies, sonder om die werklike persoon binnein te oorweeg. In hierdie reeks is Barbie-poppe in groot uitstalkaste geplaas met vinielbeelde op die glas. Die Barbie-poppe skep interessante patrone hulle staan in rye of word uitgebeeld met wye,

OR
Lisa Brice, Plastic makes perfect, 1994.Barbie-poppe, Perspex, hout, viniel.

BE

Dit is interessant dat hul gesigte net bestaan uit pruilende lippe terwyl die res geamputeer is hulle is breinlose seksmasjiene. Hierdie uitsnysels het geen agtergronde nie en lyk of hulle seksspeelgoed is totdat n mens die oppervlakbeelde van nader bekyk. Die uitlokkende verlydelikheid van die postuur word heeltemal weerspreek deur die boodskappe wat gegee word na die oppervlakbeelde gelees word. Die eerste groep toon vergrote mikroskopiese beelde van veneriese siektes.

Die mooi prentjies wat na die eerste oogopslag verander in iets vreesaanjaend as n mens eers besef dat in Sex kitten Dont fuck with me (Aids virus) die liggaam bedek word deur n rooi Vigsvirus wat kontrasteer met die visnetkouse en rooi lipstiffie. Die tweede groep dek die finansile aspek van die seksindustrie, soos in Sex kitten Cheap cheap waar die oppervlak n honderd dollarnoot en n Franse frank uitbeeld.

EL

oop bene. Dit word n simbool van vroue wat as poppe gesien word. Die vinielbeelde aan die bokant verander die betekenis, byvoorbeeld n profieltekening van n rooi brein dat die brein en dus die individualiteit van die vrou nie herken word nie. Die hand met die banknote dui die belangrikheid van geld aan in, byvoorbeeld, prostitusie. Die kleur is tipies vroulik die pienk kolle met die rooi beelde bo-oor. Die titel verwys na die poppe met hul klaarblyklike ideale vorm, maar ook na hoe plastiek die ideale vrou behoort te wees met kosmetiese prosedures. Vicious circle is n soortgelyke reeks in ronde uitstalbokse.
VISUele kunste GRAaD 12

316 Lisa Brice, Make your home your castle en What is a Home without an Armed Mother: Die Kasteel in Kaapstad is in 1655 gebou as die hoofkwartiere van die Duits Indiese Kompanjie. Tydens die Nasionale Party se Apartheidsregering het dit gedien as die hoofkwartiere van die Suid-Afrikaanse weermag. Onder die nuwe demokratiese regering, het die weermag uitbeweeg. In 1995 is Brice genooi om deel te neem aan die groepuitstalling, Scurvy, by die Kasteel in Kaapstad. (Skeurbuik was die velsiekte wat matrose gekry het omdat hul ontneem is van vars groente ter see). Brice het ges dat sy die spasie oorweldigend ervaar het vanwe die gebou se lang geskiedenis van koloniale-, slawe- en militere aktiwiteite tydens Apartheid. Op daardie tydstip het die versperde tralievensters en ho mure ook kenmerkend geword van wit woonbuurte om hul teen toenemende misdaad te beskerm. Brice is persoonlik deur misdaad geraak nadat sy een aand by die huis opgedaag en afgekom op n toneel van bloedbesmeerde mure en afgryse. Haar huismaat is 14 keer deur n indringer gesteek en was byna dood. Hy het wonderbaarlik herstel, maar die huis moes geskrop en oorgeverf geword het, en die reuk van die skoon, pas geverfde mure het slegs gedien om die herinneringe van wat daaronder versteek was te versterk. Make your home your castle en What is a home without an armed mother? was twee van die werke by die installasie in die Kasteel.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Hierdie gemengde media-installasie verken voorstedelike paranoia en vrees van oortreding en is n parodie van die vreesaanjaende sekuriteitsmaatrels wat vereis word vir beskerming in n samelewing wat gekenmerk word deur ekstreme van rykdom en armoede. Die werk bestaan uit tekeninge van woonkamermeubels uit metaal (soortgelyk aan diefwering). n Voordeurmat vra, Alarm on?. Op sagte, ligkleurige kussings het Brice die telefoonnommers van staats- en privaatsekuriteitstelsels borduur met die implikasie, vanselfsprekend, dat n mens nie kan slaap tot n mens jouself ingesluit het, die alarm aangesit het, die honde losgelaat het en n rewolwer onder jou kopkussing gesit het nie. Ons huise, wat n toevlugsoord is en die middelpunt van ons lewens is, word bedreig in hierdie werk deur Brice. Die dreigement word veroorsaak deur sosiale onstabiliteit en n stygende misdaadsyfer. Hierdie is n groot uitgesnyde figuur van n vrou wat n vloer skrop wat met gedrukte linoleum bedek is. Sy het n rewolwer in haar skede. Die materiaal wat vir die figuur se liggaam en klere gebruik word, is linoleum wat dikwels vir kombuisvloere gebruik word. Materiaal en betekenis word intensief aan mekaar verbind in hierdie werk. Die vrou is n tipiese huishoudelike godin wat op haar knie besig is om vloere te skrop wat ook n stereotipiese beeld van vroue as skoonmakers laat voortbestaan.

Lisa Brice, What is a Home Without an Armed Mother, 1995. Linoleum, hout, pleisterplaak.

OR

BE

EL

Lisa Brice, Make your home your castle, 1995. Gemengde media-installasie.

317

7.3

Voltooi in jou VKS-werkboek.


Barbie is n modepop wat vervaardig word deur Mattel, n Amerikaanse speelgoedmaatskappy. Barbie is in 1959 bekend gestel. Een van die algemeenste vorms van kritiek wat oor Barbie gelewer word, is dat sy n onrealistiese idee van liggaamsbeeld vir jong vrou voorstel. Dit hou die gevaar in dat meisies wat probeer om soos sy te wees, anoreksies sal word.
Tom Forsyth, Malted Barbie, Ongedateer. Foto.

VO

OR
Die vervaardigers van Mattel het Forsythe hof toe geneem, maar die hof het bepaal dat Forsythe nie n handelsmerk geskend het nie, aangesien Mattel nie kategories kon bewys dat verbruikers Barbie se aard as n speelding verwar het met die werk wat deur die kunstenaar geskep is nie.
Chris Jordan, Barbie, 2008. 32 000 Barbie-poppe

Debatteer die volgende: Dink jy Barbie is n goeie rolmodel vir dogtertjies? Waarom dink jy het hierdie pop so n gewilde speelding geword? Verskaf redes vir jou opinie. Hoe voel jy oor die gebruik van Barbie in die drie kunswerke wat hierbo uitgebeeld word? Bespreek hoe die drie kunstenaars Barbie in hulle werke gebruik het deur die moontlike betekenisse/interpretasies van hierdie werke te bespreek.

BE
Die 32 000 Barbie-poppe is gelyk aan die hoeveelheid elektiewe borsvergrotingsoperasies wat maandeliks in 2006 in die VSA uitgevoer is.
VISUele kunste GRAaD 12

EL

D
Lisa Brice, Vicious circle Skull, 1994. Barbie-poppe, Perspex, hout, viniel.

318

Mary Sibande (1982- )

Invloede

VO
Kara Walker, Slavery! Slavery! , 1997. Installasie.

Yinka Shonibare is nog n invloed op Sibande se werk. Sibande deel die gebruik van tekstiele en die bevraagtekening van die Victoriaanse era met Yinka Shonibare. Shonibare, wat Brits gebore is met Nigeriese ouers, ondersoek die post-koloniale verhouding tussen Europa en Afrika deur sy installasies van tradisionele Victoriaanse tonele wat koplose poppe in Afrikaniserende kleredrag uitbeeld.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Sibande se werk roep kunstenaars op wat identiteite bevraagteken deur die menslike figuur in verskeie vorms te gebruik. Sulke kunstenaars sluit Cindy Sherman se uitgebreide reeks fotografiese impersonasies van n wye verskeidenheid vroue in; asook die werk van Kara Walker, n kontemporre Afro-Amerikaanse kunstenaar wat ras en geslag ondersoek deur te fokus op die geskiedenis van slawerny in Amerika deur middel van kamergrootte, swart, uitgesnyde papiersilhoete.

BE

EL

Mary Sibande is in Barberton in Mpumalanga gebore en het daar grootgeword. Sy het saam met haar ouma gewoon tot sy haar skoolopleiding voltooi het. Sy het daarna by haar ma in Johannesburg aangesluit waar sy in 2007 n Honeursgraad in Skone Kunste aan die Universiteit van Johannesburg behaal het. Sibande werk in verskeie soorte media soos skilderkuns, beeldhouwerk en fotografie.

Baie mense het gedink Sophie is n sterk vrou My werk handel nie daaroor om oor Apartheid te kla nie, of dien as n uitnodiging om jammer vir my te voel omdat my mas bediendes was nie. My werk is om te vier wat ons as vroue in Suid-Afrika vandag is en sodat ons dit kan vier, het ons nodig om terug te gaan om te sien wat ons vier. Om te vier, moes ek hierdie bediende na vore bring.

Yinka Shonibare, The Confession, 2007. Installasie van twee mannekyne, Hollandse wasgedrukte katoentekstiel, skoene en kunsmatige syblomme.

319 Sibande probeer om kritiek te lewer op stereotipiese uitbeeldings van vroue, veral swart vroue in ons samelewing. Vir Sibande is die liggaam en veral die vel en klere die plek waar geskiedenis betwis word en waar fantasie plaasvind. As n sentrale tema van haar werk, kyk sy na die onmagtiging van generasies van die swart vroue en in hierdie sin word haar werk ingelig deur die post-koloniale teorie, deur haar skep van kuns. In haar werk tree die huishoudelike ligging op as n verhoog waarop historiese, sielkundige dramas opgevoer word. Kenmerke: Sibande het die karakter, Sophie, in n reeks lewensgrootte beeldhouwerke en fotografiese afdrukke, Long live the dead queen (2009), uitgebeeld. Volgens Sibande is dit n versameling fantasie en verbeeldingryke narratiewe waarby n bediende, Sophie, betrokke is. Die figuur wat in die beeldhouwerke gebruik word, is n gietwerk van die kunstenaar se eie liggaam in veselglas en silikoon, dieselfde materiaal wat gebruik word vir winkelpoppe. Sibande se belangstelling in mode en klere het uitdrukking gekry in haar kuns. Sophie dra uitspattige Victoriaanse kostuums wat handgemaak is van hoofsaaklik die blou materiaal wat tipies is van huishoudelike uniforms en arbeiders se oorpakke in Suid-Afrika.

Sophie, die bediende-karakter, het ontwikkel uit Sibande se persoonlike geskiedenis, aangesien haar ma, ouma en oumagrootjie almal bediendes was. Sibande was die eerste vrou in haar familie wat toegelaat is om te studeer en sy wou dit vier. Volgens Sibande, is dit die rede waarom ek teruggekyk het na die eertydse rolle van my ma, my ouma, my oumagrootjie. Dit is waarom ek Sophie Mary sibande, The Reign, 2009. Sophie is in beheer en sit vol geskep het. Sibande was in staat daartoe, deur selfvertroue op n groot hings wat n byna oorlogagtige houding inneem. die voorkoms van hierdie hoogs gepolitiseerde figuur aan te neem, om die strukture wat die huishoudelike werker geviktimiseer het te ondersoek, te bespot en te ondermyn. Dit is n bevrydende en ondermynende daad. Ek wou hulle (as huishoudelike werkers) vier. Ek dink dat hulle helde is. Dit was so moeilik (vir hulle) om kos op die tafel te sit. Sibande gebruik die menslike vorm as n manier om identiteit in n postkoloniale Suid-Afrikaanse konteks te verken, maar probeer ook om kritiek te lewer op stereotipiese voorstellings van vroue, veral swart vroue, in ons samelewing. In Suid-Afrika is huishoudelike werkers die grootste slagoffers van Apartheid en is hulle gevolglik hoogs gepolitiseerde figure. Sibande se behandeling van haar onderwerpe is onverwags en onkonvensioneel. Haar beeldhouwerke en fotografiese kunswerke wat die huishoudelike werker uitbeeld, is nie om gevoelens van woede, skande en vernedering in die kyker te veroorsaak nie, maar om die werklikheid, waar die huishoudelike werker in staat is om haarself te bevry, te oorbrug. Die implikasie is dat ons almal vry van die verlede kan wees. Dit het betekenis vir die slagoffers, oortreders of begunstigdes van Apartheid.
VISUele kunste GRAaD 12

VO

OR

BE

EL

320

Die teatrale kwaliteit van haar werk, plaas die figure in n sfeer van fantasie. Dagdrome is die produkte van n interne dialoog, wat verduidelik waarom Sophie met toe o uitgebeeld word.

Mary Sibande wys dat daar glad nie n skoon breuk tussen die Apartheid- en post-Apartheidsamelewing was nie. Ons bly ingebore verbind tot die verlede, selfs al was daar radikale sosio-politieke veranderinge. Sibande toon n begeerte om demokrasie en gelykheid in werke te versterk wat verfrissend innoverend is en wat stof tot nadenke bied.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Voorbeelde van Sibande se werk:

But they dont make them like they used to: In hierdie werk beeld Sibande Sophie uit terwyl sy n superheld se uitrusting brei. Dit is onduidelik of dit sy vir haarself of vir iemand anders brei. Haar buitensporige blou rok is maklik herkenbaar as n tipiese bediende se uniform met n wit kraag en moue. Die rok word egter verander in n uitspattige Victoriaanse rok met n yslike hoepelrokromp. Die uitrusting word afgerond met n ongerepte wit voorskoot en die doek wat haar kop bedek. Die blou van die rok verwys nie slegs na die bediende se uitrusting nie, maar ook na die oorpakke wat deur arbeiders gedra is en die Sondag-uniform van die lede van die Sionisitiese Kerk is. Sophie se o is toe terwyl sy ontsnap na n fantasiedroomwreld waar alles moontlik is, selfs om n superheld te wees. As haar o oop was, sal sy terug by in die werklikheid wees, besig om die huis skoon te maak. Haar rok wys hierdie fantasie aangesien dit nie prakties is vir huishoudelike werk as gevolg van al die voue en plooie nie. Dit toon dus Sophie se opstand teen n lewe van knegskap.

OR

BE

In die fotos poseer Sibande self en neem sy die huishoudelike werker se identiteit aan. Die agtergrond van al haar fotos is n neutrale, ligte blou, wat n fotografiese ateljeeligging voorstel. Dit is die ideale omgewing waarin sy haar identiteit kan herskep met die hulp van beligting, kostuums en grimering. Sibande het totale beheer oor hoe sy voorgestel word en sy skep die omstandighede waarin fantasie op hul beste voorgestel word.

EL

Mary sibande, I am a lady, 2009. Digitale afdruk.

Mary sibande, Caught in rapture, 2009. Digitale afdruk.

Mary sibande, I shall put a spell on you, 2009. Digitale afdruk.

Mary sibande, They dont make them like they used to do, 2009. Digitale afdruk.

321 Die werk spreek ook oor die verhouding tussen die Mevrou en die bediende aangesien die rok verwys na die Mevrou se lewe van ontspanning, wat Sophie nou vir haarself toe-eien. Dit verwys gevolglik ook na die geleenthede vir almal in die demokratiese Suid-Afrika. Sophie is altyd in n toestand van transformasie, deur die gewone, en die verwagtinge om n bediende te wees, te oortref. Deur haar aspirasies, het Sophie die begeerte gekry om haar te verbeel en te reis na nie-werklike spasies en tye.

VO

Conversation with Madame C.J. Walker: In hierdie installasie weef Sophie haar hare in die portret van Madame C.J. Walker in. Sibande het n portret van Walker geskep deur middel van swart, kunsmatige hare en het meer lokke van die hare gebruik om die beeldhouwerk met die portret aan die muur te verbind. Madame C.J. Walker (1867 1919) was n beroemde Victoriaanse entrepreneur en die eerste vrou wat n miljoenr op haar eie terme geword het. Haar ouers was slawe en sy het as n katoengaarder en n wasvrou in die suide van Amerika gewerk. Sy het met haar eie haarverlies geskukkel en het n formule vir haargroei ontwikkel wat volgens haar in n droom aan haar onthul is. Na sy haar haargroeimiddel suksesvol bemark het, het sy beroemd geraak as die eerste vrou om n miljoener op haar eie terme te word deur n suksesvolle reeks skoonheids- en haarprodukte vir swart vroue te bemark deur middel van die maatskappy wat sy begin het, die Madame C.J. Walker Manufacturing Company. Sibande ontlok weer die huishoudelike dienslewering van die vroue van haar gesin deur die blou-en-wit dienskneg se uniform te omskep in n kostuum vir n heldin van omvangryke balrokproporsies. Die beeldhouwerk is lewensgroot en in kombinasie met die hare domineer dit die spasie. Die gebruik van die swart hare is interessant, aangesien dit nie slegs na Madame C.J. Walker verwys nie, maar ook na die politieke kwessie van swart hare. Terwyl miljoene bestee word op die reguitmaking van hare of pruike om wit hare na te maak, is
VISUele kunste GRAaD 12

OR
Mary sibande, Conversation with Madame C.J. Walker, 2009. Installasie.

BE

EL

322 baie ander mense daarteen gekant. Sophie, met haar geslote o, droom van n beter lewe vir haarself en neem inspirasie van Madame C.J. Walker. Sy is verlore in haar eie fantasiewreld, verlore in die drome wat sy geweef het. Dit is interessant dat Sophie se groot, manlike hande moontlik verwys na haar vasbeslotenheid om te oorleef sowel as na haar status as n werker. Prosperity is vir die Binnale in Venesi in 2011 gemaak. In hierdie standbeeld staan Sophie ferm op haar twee voete, haar rug is reguit en haar arms hang los langs haar sye. Sy dra n enorme balrok in blou en oranje. Die rok bestaan uit meer as 100 seskantige vorms wat saamgetel is soos n yslike, afgeblaasde byekorf. Die werk is genspireer deur Sibande se ouma wat, as die matriarg van die familie, raad gee en leiding bied. Die byekorf-rok omskep Sophie in die figuur van die koninginby.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Die koninginby is die grootste van al die bye in die korf en hou die korf bymekaar deur feromone af te skei, n byeparfuum wat al die bye in die korf kan aanvoel. Die byekolonie bestaan hoofsaaklik uit vroulike bye, die koningin en die werkers. Die manlike bye werk nie en word uit die korf gesit na paring. Die kleur oranje, n komplimentre kleur van blou, verwys na Suid-Afrika se koloniale geskiedenis, aangesien Hollandse handelaars dikwels oranje ingesluit het as hulle name gegee het vir plekke en gebiede in Suid-Afrika. Die handelaars was ook verantwoordelik vir vaderlose families waar mans deur koloniseerders weggeneem is om as slawe of arbeiders te werk. Dit herroep ook die Apartheidgeskiedenis waar mans dikwels hul families moes verlaat om, byvoorbeeld, op die myne te gaan werk. Sophie dink nie net aan haar verlede waar vroue moes voorsien nie, maar droom ook moontlik van die welvaart (prosperity) in die titel hoe dit sal voel om n groot kolonie werkerbye rondom haar te h.

OR

BE

EL

D
Mary sibande, Prosperity, 2011. Beeldhouwerk. Mary sibande, Lovers in Tango, 2011. Beeldhou-installasie.

323 Lovers in Tango: In hierdie werk kom Sophie te staan teen n weermag van 25 figure wat met militre presisie georganiseer is. Al die figure is gemaak uit dieselfde gietwerk as Sophie en hulle het haar gesig en geslag. Een figuur staan voor die eskader en kyk direk na Sophie. Hierdie figuur stel haar pa voor, n lid van die SuidAfrikaanse Weermag. Sibande het hom vir die eerste keer ontmoet toe sy 16 jaar oud was. Die soldate is in die posture van speelgoedsoldate uitgebeeld. Die twee figure aan die voorkant van die regiment stel Sibande se ouers voor en hul posture en gebare verwys na tango-bewegings, maar hulle is apart. In hierdie werk orkestreer Sophie in werklikheid die hele opvoering. Die werk fokus op haar eie identiteit wat gevorm is deur die ontbrekende verhouding tussen haar ouers. Die werk spreek van identiteit, geslag en ras. Sibande het deelgeneem aan die Johannesburgse Kunsstad Wreldpremire se Jaarlikse Uitstallingsprojek met die titel Long Live the Dead Queen, om saam te val met die Wreldbeker-sokkertoernooi in 2010 wat op 19 reuse toegedraaide geboue in die binnestad uitgebeeld is. Monna Mokoena van Gallery Momo in Johannesburg, waar Sibande se kuns al uitgestal is, s, Ek is ongelooflik tevrede om te sien dat Mary dit letterlik so groot maak. Sy is een van ons talentvolste jong kunstenaars, wat hier en oorsee vereer word en nou het ons n demokratiese uitstalling waar mense wat nie galerye besoek nie haar werk kan geniet.

VO
Mary sibande, Long live the dead queen, 2010. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

324

7.4

Voltooi in jou VKS-werkboek.

Die Britse popkunstenaar, Allen Jones, het hierdie figure laat giet deur n maatskappy wat winkelvenstermannekyne vervaardig het.
Allen Jones, Hatstand, Table and Chair, 1969. Akriel op glasvesel en hars met Perspex en leer.

VO
Mary Sibande, I decline, I refuse to recline, 2010. Installasie. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Vergelyk sy werke met Mary Sibande se I decline, I refuse to recline deur na die volgende aspekte te verwys: Interpretasie van die titels Gebruik van materiale Die uitbeelding van die vroue se posture Moontlike betekenisse en interpretasie verwant aan geslagskwessies

BE

EL

x 325

Argitektuur in Suid-Afrika

8.3 Gedenkstrukture Voortrekkermonument Vryheidpark Apartheidmuseum Walter Sisulu Plein Hector Pieterson Gedenkteken Nelson Mandela Paviljoene Konstitusionele Hof 8.4 Don Albert 8.5 Henning Rasmuss 8.6 Pierre Swanepoel

VO

OR
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

8.2 Invloed van internasionale tendense Britse style Kuns- en Handwerkbeweging Kuns Nouveau Art Deco Modernisme Laat Modernisme en Ho Tegnologie Post-modernisme Dekonstruksie Neo-Modernisme Kritieke Regionalisme Volhoubaarheid en Groen Argitektuur

BE

EL

8.1 Vroe geskiedenis van argitektuur in suid-afrika

INDEKS

Hoofstuk

326

Vroe geskiedenis van argitektuur in Suid-Afrika

Argitektuur is n betekenisvolle manier om historiese ontwikkeling na te gaan.


Afrika se argitektuur dateer terug na die piramides en tempels van Egipte toe. Suidelike Afrika het oorblyfsels van steenstrukture, soos die astrotopografiese steenoorblyfsels by Mapungubwe (900) en Groot Zimbabwe (1200). Mense reageer altyd op die spesifieke omgewing waarin hulle woon. Hulle het beskutting nodig en indien dit nie natuurlik voorsien kan word nie, soos in grotte nie, hang die aard van die beskutting af van die materiale wat beskikbaar is. Sub-Sahara Afrika word as Savanna-graslande geklassifiseer en dus het die mees algemene strukture bestaan uit boompies, riete, gras en klei. Hierdie materiale en die metodes van konstruksie was volhoubaar en dus ekovriendelik.

Groot Zimbabwe Runes.

BE

EL OR VO
Konstruksie van AMAXhosa-hut. Konstruksie van AMAZoeloe-hut. VISUELE KUNSTE GRAAD 12 Primitiewe beskutting Kel en Silinders

Byekorfhut

Skilddak of Kubis

Argitekte inkorporeer vandag weer sommige van hierdie materiale en metodes, soos gesien in Kritieke Regionalisme. Die vroe strukture is ook deur die inwoners se aktiwiteite benvloed. Die jagters-versamelaars, soos die San-mense, het vervoerbare, geweefde windskerms nodig gehad. Die herders en oesgroeiers, soos die Nguni, het meer permanente grashutte nodig gehad. Die aard van hierdie materiale het daartoe gelei dat die strukture nie behoue gebly het nie. Vroe tekeninge, geskrewe beskrywings en fotos wat later geneem is, het vir ons inligting gegee oor die voorkoms van hierdie beskuttings.

327
AMAXhosa-stamhuis

AMAZoeloe-stamhuis

Hulle het bestaan uit n reghoek met twee- of drievertrekke met n deur in die middel en klein vensters aan elke kant. Songedroogde bakstene wat met witsel gepleister is, is saam met timmerhout en n grasdak gebruik. Driekhoekige geuwels met n skoorsteen is algemeen aangetref.

VO

OR

Die vroe inheemse strukture het n rol in die Afrika-dialek gespeel. Suid-Afrikaanse argitektuur bestaan uit assimilasie en aanpassing. Vir meer as 300 jaar is die strukture in Suid-Afrika benvloed deur plaaslike materiale, die weersomstandighede en die invloede van verskeie setlaars. Die eerste huise het net soos die van die klein plasies van die Skotse hooglande, die vroe huise in Noorwe of die arbeidershuise in Duitsland gelyk.

BE

Ndebele-stamhuis

EL
Vroe Kaapse kothuis. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

328 KASTEEL IN KAAPSTAD Die bekende Kasteel in Kaapstad is die oudste historiese gebou in Suid-Afrika. Die hoeksteen is in 1666 gel en die gebou is in 1674 bewoon. Dit is vir beskerming en verdediging gebou, maar het ook tronkselle gehad om wet en orde te bevorder. Dit het n vyfpuntige vorm gehad met n bastion aan elke punt. Die hoofingang met die kloktoring bo-aan is versier met die wapenskild van die Verenigde Nederlande en Klompie-bakstene (klein, dun Hollandse bakstene) is onder die kloktoring gebruik.

goeie Hoop-sentrum

Nasau

Katzenellenbogen

D BE
Hoofingang
Die Kasteel, Kaapstad Kaaps-Hollandse Huis.

Oranje

Strandstraat

Buuren

OR VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die Nederlandse setlaars het die bekende Kaaps-Hollandse styl ontwikkel met sy kenmerkende geuwels, grasdakke op pylhoogte, simmetries geplaasde voordeure en hortjiesvensters. Aanpassings van hierdie styl word vandag in die Kritieke Regionalistiese tendens aangetref. Die gevaar van vuur het gelei tot die plat, waterdigte dakke soos gesien in die dubbelverdieping Koopmans de Wethuis (1701) in Kaapstad.

EL
Leerdam Groot Parade
Koopmans de Wet-huis met plat dak.

329 Die aankoms van die Britse setlaars in 1820 in die OosKaap het saamgeval met die tyd van industrialisasie in Europe wat gebruik gemaak het van vervaardigde materiale en voorafvervaardigde materiale. Afdak-verandas van gegolfde yster het toevoegings tot grasdakstrukture geword.

1820 Setlaarshuis, Castle Hill, Port Elizabeth.

Vroe Natalse huis, Durban. Argitektuur van hout en yster.

Voltooi in jou VKS-werkboek.

ARGITEKTUUR OMSKEP n SPASIE IN n PLEK

Teken drie vertikale kolomme in jou boek. Skryf Plaaslik, Kommersieel of Godsdienstig bo-aan elke kolom. Vul dan die volgende in:

VO

Wees bewus van jou persoonike GEVOEL wanneer jy in elkeen van hierdie geboue ingaan of na hulle kyk. Skryf die emosie in elke kolom neer. Jy moet ook jou emosie verduidelik. Identifiseer die KLEURE waaraan jy dink wanneer jy na elke gebou kyk. Gewoonlik sal dit die keure van die boumateriale wees, maar dit kan ook die kleure wees wat jy met die gebou assosieer. Skryf die naam van die kleure of kleur hulle in elke kolom in. Kyk vir enige vorm wat SIMBOLIES van die gebou kan wees. Dit kan byvoorbeeld n beeldhouwerk, n logo of n stoof wees. Skryf of teken die simbool in elke kolom. Oorweeg die INGANG van elke gebou. Beskryf of illustreer die ingang van elke gebou. Verduidelik of jy dink hierdie ingang geskik is.

Neem kennis dat jy nie die struktuur/gebou as n argitekturele vorm oorweeg het nie. Jy het dit as n Plek oorweeg waarop jy op n persoonlike manier reageer het. Dit moet in gedagte gehou word wanneer Argitektuur bestudeer word. Menslike betrokkenheid by die ruimte is van uiterste belang.

OR

Kyk rond in JOU omgewing. Identifiseer n plaaslike struktuur (om in te leef), n kommersile struktuur (winkels, kantore) en n godsdienstige struktuur (kerk, tempel, grafkelder, ens.). Dit maak nie saak hoe groot of klein die struktuur is nie.

BE

8.1

EL

In KwaZulu-Natal het die Victoriaanse styl van verandas gewild geword as gevolg van die subtropiese klimaat. Na die noorde van die land het die ontdekking van diamante en goud in die negentiende eeu gelei tot strukture wat vinnig opgerig kon word met hout en wat met gegolfde yster bedek was.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

330

Invloed van internasionale tendense

Vanaf die negentiende en die vroe twintigste eeue het Suid-Afrika hoofsaaklik op internasionale tendense in argitektuur reageer vanwe n soortgelyke tendens van vinnige verstedeliking en die gevolglike vereistes daarvan. Hierdie tendense is in detail in die Graad 11-boek bespreek. Daar het egter met tye n oorvleueling van style plaasgevind en in Suid-Afrika het dit nie noodwendig op dieselfde tye voorgekoms as wat die style oorsee ontwikkel het nie. BRITSE STYLE Na die Britse anneksasie van die Kolonie van die Hollanders in 1806, is die GEORGIAANSE styl, wat op daardie tydstip gewild in Engeland was, in sommige SuidAfrikaanse geboue gebruik. Die styl het klassieke beginsels genkorporeer, soos versigtige proporsies, waardigheid van vorm en elegante interieure. Die geboue het gewoonlik n eenvoudige faade gehad met muurtjies op daklyne, gereelde bevenstering en n dramatiese ingang, maar geen ander versiering nie.

Georgiaanse Huis, Brittanje

Georgiaanse Gebou, Universiteit van Stellenbosch.

Die VICTORIAANSE en EDWARDIAANSE kenmerke wat in Suid-Afrika verskyn het, het ook n mate van oorvleueling getoon. Die geboue se planne was taamlik eenvoudig, maar hulle het uitspattige versierings gehad wat op Neo-Klassisisme gebaseer was. Hulle het egter ook dekoratiewe gietysterwerk op verandas gehad. Daar was klassieke pilare en lyswerk, ornamentele skoorstene, komvensters, dakventileerders asook patrone wat deur bakstene gevorm is.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

St. Pancras-stasie, LondEn.

Victoriaanse-gebou, Tamboerskloof, Kaapstad.

Gerestoureerde Edwardiaanse-huis met komvensters, n gegolfde yster-dak en baksteenwerk met patrone

331 n Edwardiaanse-Barok-styl het in Brittanje ontwikkel en hierdie invloed kan gesien word in Stadsale wat op daardie tydstip in Suid-Afrika gebou is. Die Stadsaal in Kaapstad is in 1905 voltooi en is oorspronklik beplan as deel van die vieringe van Koningin Victoria se halfeeufees. Dit bevat die tipiese sentrale kloktoring van die sale wat in Brittanje gebou is. Die gebou het massiewe djati-deure, dekoratiewe gewellystes, geriffelde muurpilare en Korintiese pilaarkoppe. Binne word mosaekvloere, marmertrappe en gebrandskilderde glasvensters aangetref.
Oorlogskantoor, Whitehall, LondEn.

Stadsaal, Kaapstad.

VO
Stadsaal, pietermaritzburg.

OR
Stadsaal, Durban.

KUNS- EN HANDWERKBEWEGING

Die beginsels van die KUNS- EN HANDWERKBEWEGING van die agtiende eeu kon gesien word in die werk van argitekte soos Sir Herbert Baker wat aangedring het op eenvoudige, eerlike geboue wat die klem geplaas het op die ware gebruik van materiaal en wat verkies het om natuurlike, plaaslike materiale te gebruik.

SIR HERBERT BAKER (1862 1946) Baker het in Engeland gewoon en is daar opgelei. Hy het Suid-Afrika toe gekom om by sy broer te kuier wat in die Kaap geboer het. Baker het Cecil John Rhodes ontmoet wat hom gevra het om sy huis, Groote Schuur in Rondebosch te restoureer. Baker het n Kaaps-Hollandse huis met die kenmerke van die Kuns- en Handwerkstyl gerestoreer. Die geuwels is gebaseer op die wat hy in Holland gesien het. Hy het ook na n skildery van die oorspronklike huis verwys. Hierdie huis het kort na die voltooiing daarvan afgebrand en Baker het heeltemal oorbegin. Hierdie keer het die huis n Edwardiaanse-styl met n getelde dak gehad. Dit het Baker se dialek in Suid-Afrika geword.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

Die orrel met sy 3 165 fluite was die beste in die land. Soortgelyke kenmerke kan gesien word in die struktuur van die Stadsale in Pietermaritzburg en Durban.

332 Baker het vanaf 1892 1902 in Kaapstad gewerk. Hy het dikwels n tweegeuwel, dubbelverdieping hoofblok gebruik wat assimetriese dienskwartiere aan weerskante gehad het. Die geuwels was meestal verlengde Hollandse ontwerpe met n halfronde venster in die geuwel. Baker het verantwoordelik geword vir die Anglikaanse argitektuur in Suid-Afrika en het kerke gebou met stewige stutmure en skuins dakke. Voorbeelde van sy kerke is die St. Georges-katedraal in Kaapstad en St. Albans in Pretoria.

sir herbert baker, groote schuur, Kaapstad.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die ruiterbeeldhouwerk, Physical Energy, is deur die beeldhouer Watts geskenk; hy was ook n vriend van Rhodes. Swan is opdrag gegee om die leeusfinkse te ontwerp wat waghou by die stel trappe wat na die gedenkteken toe lei. Hy is na Karnak in Egipte gestuur om die sfinkse daar te bestudeer. Swan het ook die borsbeeld van Rhodes geskep wat onder die dak van die area met suilegange gele is. In die steenwerk onder is Kipling se woorde ingeskryf: Die geweldige en gepeinsde gees sal steeds orden en beheer. Lewend was hy die land en dood sal sy siel haar siel wees. Baker het op uitnoding van Lord Milner Johannesburg toe gegaan. Daar het hy geboue ontwerp soos die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing (1908), die Pretoria Stasiegebou (1909), die Uniegeboue (1910) en die Suid-Afrikaanse Reserwebank (1927).

OR
sir herbert baker, Rhodes-Gedenkteken, Kaapstad.

BE

EL

D
Cecil John Rhodes wou graag gehad het dat klassieke tempels op Tafelberg aangebring moes word. Na sy dood in 1902 het sy vriende, Rudyard Kipling en Herbert Baker, besluit op die ligging van die Rhodes Gedenkteken. Die ontwerp is gebaseer op die Griekse tempel by Segesta wat oor die see uitkyk. Granietsteen van Tafelberg is daarvoor gebruik. Die groenbrons beeldhouwerke kontrasteer met die grys steen.

333

sir herbert baker, Uniegeboue, pretoria, 1910.

Baker het Suid-Afrika in 1913 verlaat en het vir n rukkie in Indi gebly voor hy na Engeland teruggekeer het en Suid-Afrika-Huis in Trafalgar Square ontwerp het.

KUNS NOUVEAU

VO

(Sien Graad 11-boek) Daar is geboue wat Kuns Nouveau-kenmerke toon met die kromlynige, organiese vorms en versiering, maar daar was nie n sterk verteenwoordiging van hierdie beweging in Suid-Afrika nie.
Gaudi,Casa Battlo, 1905. Barcelona.

OR

Die Uniegeboue is een van Suid-Afrika se yslike geboue. Dit het die nuwe Unie van Suid-Afrika aangedui en gehuisves. Dit is gebou op n steengroef wat n soort amfiteater geskep het. Die Uniegeboue het n hol voorkant wat gevorm is met twee torings om twee identiese administrasiegeboue te verbind. Sir Christopher Wren se Greenwich Hospitaal in Brittanje het Baker se ontwerp benvloed. Die terrein het n reeks terasse en trappe genoodsaak. Baker het slegs Suid-Afrikaanse materiale gebruik en het die dele van die gebou vervaardig.

BE
Victor Horta, Tassel Hotel, 1893. Brussels.

EL
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

334

Casa Natale Labia Restaurant, Muizenberg, Kaapstad, 1929

OR VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Louw and Louw, Old Mutual gebou, kaapstad, 1940. W. Lamb, Empire state Building, New York 1931. William van Alen, Chrysler gebou, New York 1930.

(Sien Graad 11-boek) Art Deco was n gewilde styl tydens die 1920s en 1930s. Hierdie redelike duur styl, wat hoofsaaklik stileerde, geometriese, simmetriese en dekoratiewe kenmerke het, het ontsnapping verleen van die neerdrukkende omstandighede na die Eerste Wreldoorlog. In Suid-Afrika sien ons dit in geboue wat nuut opgerig is tydens daardie tydperk, soos bioskope, winkels en blokke woonstelle.

ART DECO

Die Old Mutual-gebou in Kaapstad wat deur Louw en Louw ontwerp is, is n uitstekende voorbeeld van Art Deco-argitektuur. Dit het n trapvormige ziggoerat-vorm, driehoekige vensters wat uitsteek en n vertikale klem. Die hooffaade is heeltemal assimetries met n vergrote hoofingang wat gedetaileerde bronsdeure het. Die versiering in die lae relifpanele verleen aan die gebou n eksotiese Afrika-voorkoms aangesien die panele, wat deur Mitford Barberton ontwerp is, uitbeeldings toon van stamme van Suid-Afrika.

Baie Art Deco-bioskope soos die Coloseum in Johannesburg en rolprentteaters soos die Odeon en Savoy in Kaapstad is afgebreek. n Goeie voorbeeld van Art Deco in Suid-Afrika is die Voortrekkermonument wat later in hierdie hoofstuk onder gedenkgeboue bespreek word.
aDelphi-bioskoop, Kaapstad,1930.

EL
Apollo teater, Victoria-Wes, 1929.

335

Die Bauhaus, Modernisme en Internasionale Style word in die Graad 11-boek verduidelik, asook die omstandighede in Europa na die Eerste Wreldoorlog wat genoodsaak het dat taamlike goedkoop geboue vinnig opgerig moes word vanwe die uitbreiding van stedelike ontwikkeling. Die reglynigeboksaktige geboue van versterkte beton, staal en glas het klaarblyklik die antwoord op die boudilemma gebied. Die beginsels van die Bauhaus-skool in Duitsland het n aanvraag laat ontstaan vir argitektuur en produkte wat streng volgens funksie vervaardig is, wat waarheid aan materiaal vertoon het en geen ekstra versierings gehad het nie. Dit het as die Internasionale Styl bekend geraak. Die gebruik van versterkte beton en die hysbak het ook gelei tot die eerste wolkekrabbers.
Norman Hanson, 20ste Eeuse Bioskoop, Johannesburg, 1940.

MODERNISME (Sien Graad 11-boek)

Le Corbusier, Villa Savoy, Poissy, 1930.

BE VO
In die 1930s het hierdie styl in Suid-Afrika gemanifesteer. n Groep studente aan die Universiteit van die Witwatersrand, onder voorsitterskap van Martienssen, het begin om hierdie moderne benadering te verken. Hulle het bekend geraak as Die Transvaal Groep en het selfs aan Le Corbusier geskryf. Dit het gelei het tot aaneenlopende korrespondensie tussen hulle omdat Le Corbusier so bendruk daarmee was dat argitekte ver Europa en Amerka betrokke begin raak het by die beginsels van die styl. Die beweging het gewild begin raak en Modernisme het die standaardgebruik landwyd geword. Baie wit reglynige huise met platdakke het in die voorstede begin verskyn. Reglynige blokke kantore en woonstelle is in alle stedelike gebiede gebou en is vandag steeds baie sigbaar.

OR
M. Policansky, Cavalla Sigaretfabriek, Kaapstad, 1938 . VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

D
Walter Gropius , Bauhaus-gebou, Dessau,1926. B. Stanley, huis Stern, Johannesburg, 1935.

336

Suid-Afrika is steeds benvloed deur die argitekturele style en tendense in Europa en Amerika, maar die Suid-Afrikaanse gebou is nie onder die opskrifte gegroepeer nie. Dit het ook voorgekom of hulle nie die style slaafs gevolg het nie. Voorbeelde van hierdie style sal vir vergelyking aangedui word. Die hoofkenmerke van Laat Modernisme vir die bevordering van tegnologie, gebruik van kontemporre materiale, die toepassing van n gevormde, geometriese benadering en die volgehoue gebruik om nie bygevoegde versiering te inkorporeer nie, was ook op Suid-Afrikaanse geboue van toepassing. Die minimalistiese en formalistiese benadering kan in hierdie voorbeelde geien word.

LAAT MODERNISME EN HO TEGNOLOGIE (sien Graad 11-boek)

Le Corbusier, Unite d Habitation, Marseilles, 1952.

VO
Norman Forster, Shanghai Bank, Hongkong, 1986. Renzo piano and Richard Rogers,Pompidou -sentrum, Parys, 1977. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

HO TEGNOLOGIE verheerlik tegnologie met die klem op ingewikkelde detail. Die geboue kom blink voor as gevolg van die Ho Tegnologie-materiale soos vlekvrye staal, chroom, plastiek en verskeie metaalafwerkings. Die konstruksiemetode, asook die dienspype, word dikwels aan die buitekant van die gebou uitgebeeld. Hierdie geboue is dikwels baie duur om te bou aangesien die dele op bestelling gemaak is.

BE

EL
Louis Karol Triangle-huis, Kaapstad, 1993.

337 Suid-Afrika se hertoetrede tot die internasionale arena na 1994 het die ontwikkeling van lughawens en konvensiesentrums genoodsaak. Die Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum in Durban is gebou op die ligging van die vroe Sentrale Tronk waarvan dele soos n demokratiese muur gereserveer is. Die sentrum bestaan uit n ingangsportaal, n bre saal, n plein, sale en wegbreekvertrekke. Die glasen staalrame van die faades gee aan hulle n Ho Tegnologie-voorkoms.
Stauch Vorster argitekte, Inkosi Albert Luthuli Internasionale Konvensiesentrum, Durban, 1997

Die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum is deur Revel Fox en Vennote ontwerp en is in 2008 gebou, hoewel dit steeds in die ontwikkelingsproses is. Dit het verskeie toekennings gewen, soos die SAIA-Toekenning vir Prestasie in 2006. Groot glasstrukture is geset in oop, modulre staalstrukture wat aan dit n Ho Tegnologiese voorkoms verleen. Dit het n drieverdieping sirkulasie-ruggraat en op die voorstrand moes swaar winde en geraasvlakke in ag geneem word. Wind- en termiese studies het bepaal dat gehangde sonskerms, sonkappe en potplante nodig was om weers- en ekovriendelike faktore in ag te neem en tot hul reg te bring.

OR

VO

BE
Die gebou bestaan uit ingangsportale, uitstallingsale, ouditoriums en restaurante wat almal logies en tegnies georganiseer is. Esteties maak dit gebruik van verligting, weerkaatsings in water en spesiaal geskepte kunswerke soos die metaalweergawes van San-kuns.
Anja van der Merwe Miszewski, Beplande Uitbreiding van KIKS in Kaapstad. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

Revel Fox and vennote, Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum, 2008

338

POST-MODERNISME (Sien Graad 11-boek)


n Reaksie op formalistiese Modernisme het tydens die 1970s en 1980s ontwikkel. Post-Modernisme het meervoudigheid (pluralisme) vrylik gebruik, wat style uit die verlede genkorporeer het. Dit was die vervreemde stadsbewoner se poging om

weer kontak met sy of haar wortels, kultuur en emosies te maak. Terwyl Modernise gekritiseer is as n koue, verveelde en onmenslike styl, is Post-Modernisme gekritiseer omdat die verwysingsraamwerk so groot is en omdat dit nie op die huidige oomblik fokus nie. Die ruimte van Post-Modernisme is dubbelsinnig en gefragmenteer. Dit is meer spelerig, en kleur en simbolisme word weer bekend gestel om die geboue en spasies meer mensvriendelik te maak. Meeste van die gedenktekenstrukture wat later in hierdie hoofstuk behandel word, vertoon simbolisme en is mensvriendelike strukture wat hul Post-Modernisties in benadering maak. In die Graad 11-boek lees jy oor die 2010-sokkerstadium by Sokkerstad wat soos n tradisionele kalbas gevorm is. Place D Italy wat deur Charles Moore ontwerp is, is ook as n internasionale voorbeeld van Post-Modernisme bespreek.

Charles Moore, Piazza d Italia, New Orleans, 1978.

VO
Santiago Calatrava, L Hemisferic IMAX teater, Stad van Kunste en Wetenskappe, Valensie, Spanje (1991-1996).

Hierdie pragtige gebou het die menslike oog as inspirasie gebruik en staan bekend as die oog van kennis. Op die halfronde sferiese skerm wat 900 m groot is, word drie oudiovisuele skouspele afgewissel. Dit sluit astronomiese fenomene, flieks op Imax en laservertonings in.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

339 DIE NOORD-KAAP PROVINSIALE REGERINGSKOMPLEKS Die Noord-Kaap Provinsiale Regeringskompleks is Post-Modernisties van aard aangesien dit die landskap, uiteenlopende vorms van argitektuur en die sosiale, politieke geskiedenis van die NoordKaap kombineer. Dit betaan uit parlementre kantore, n wetgewende kamer, premierskantore, n amfiteater en n toring. Al die strukture word rondom n getelde vierkant gegroepeer. Elke afdeling is ontwerp om sy eie identiteit uit te beeld. Eenheid word geskep deur die vorm van die struktuur wat optree soos arms met sitplekke in traprye wat klein of groot skares kan huisves. Onder die leiding van Clive van den Berg voeg n uitgebreide insluiting van kuns n sekondre laag van betekenis tot die kompleks. By die ingang is daar twee massiewe buitelyne van n manlike en n vroulike figuur wat in die twee rooi betonvorms gemaak is. Rondom hulle is 13 motiewe wat die verskillende aktiwiteite in die provinsie uitbeeld. Hulle is in die vorm van lae relifmetaaluitsnydings en beeld n VIGS-lint, n oop boek en n huis tussen die ander simbole uit. Daar is twee vleuels aan weerskante daarvan wat n priemer in n toga voorstel wat sy arms oplig in n gebaar van verwelkoming wat n beter lewe vir almal verteenwoordig. Muurskilderye en mosaeke herroep herinneringe, neem geskiedenis op en ontlok drome en fantasie. Op die toring, wat nie funksioneel is nie, maar wat as n fokuspunt dien, is daar medaljonne wat die portrette van Mandela en Mbeki uitbeeld. Die derde medaljon is leeg, wat simboliseer dat die gesig van leierskap voortdurend verander. n Platform by die toring dui die plek aan waar die premier die mense aanspreek. Die Heldemuur buite bevat mosaekportrette van kulturele helde van die vryheidstryd en daar is ook anonieme profiele gebaseer op die tradisie van die onbekende soldaat. Clive van den Berg, die kunstenaar wat gekonsulteer is oor hierdie werk, het 10 plaaslike mense opgelei wat vir agt maande by die gebou gewoon het terwyl hul die mosake voltooi het. Buite is daar n heining met uitgesnyde staalkoppe in profiel. Daar is ook groot betonkoppe, sommige bevat mosaekwerke, ander is in lae relif, wat regdeur die yl inheemse tuine geplaas is. Hierdie gebou is dus ver verwyder van die outoritre regeringsgeboue van die verlede en is Post-Modernisties in die sosiale en politieke uitbeelding van die omgewing.

VO
Luis Ferreira da Silva, Noord-Kaap Provinsiale Wetgewer, 2004. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

340 Willie Bester, die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar (sien Hoofstuk 3) het soortgelyke materiale en voorwerpe in sy kunswerke gebruik en ook om sy huis te bou en mee te versier. Die kleurbeelde en simbolisme plaas sy huis in die Post-Modernistiese styl.

DEKONSTRUKSIE (Sien Graad 11 boek)


Dekonstruksie is deur sommige mense beskou as n brer ontwikkeling van PostModernisme. Die titel is oor die algemeen begin gebruik na die uitstalling van Dekonstruktivistiese Argitektuur in 1988 by die Museum van Moderne Kuns in New York. Sommige van die argitekte wat met die uitstallings geassosieer is, soos Zaha Hadid, Frank Gehry en Coop Himmelbau, het bekend geword vir hul werk in hierdie styl. Dit kom voor of hul geboue gemaak is van onverwante, abstrakte vorms. Hulle daag orde en balans uit omdat ruimtes mekaar kruis. Tegnologie in die vorm van rekenaargesteunde ontwerpsprogramme het n belangrike rol gespeel. Sommige geboue kom voor asof hulle swaartekrag verwerp en beeld n sin van onvoorspelbaarheid uit. Die argitekte is van mening dat hul geboue n nuwe lewendige, uitdagende en unieke identiteit verskaf aan n spesifieke plek terwyl wat mense wreldwyd bedreig en kwesbaar voel, weens internasionale rampe, soos terrorisme, Vigs, beskadigde osoonlae en die finansile krisis. Sommige kritici beskuldig hierdie argitekte egter daarvan dat hul toegee aan suiwer, kreatiewe aktiwiteite. Soos in die geval van alle argitektuur, moet die kritiek egter grootliks gebaseer word op die funktionalisme en genot wat ervaar word deur die mense wat die gebou gebruik.

OR

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE
Zaha Hadid, Spiraal-toring, Barcelona, 2009. Frank Gehry, die Guggenheim-Museum, Bilbao, Spanje , 1997.

EL

Willie Bester-huis, Kraaifontein, Kaapstad.

341 Hierdie gebou, wat uit 17 verdiepings bestaan, is die kantore van die regsfirma Deneys Reitz. Die gebou is op n kelder gele wat uit ses verdiepings bestaan en het n dubbeltoringstruktuur. Dit is n voorbeeld van n Suid-Afrikaanse Dekonstruktivistiese gebou. Die hooflyne van die gebou is nie vertikaal en horisontaal nie en die verskeidenheid gekurwe en diagonale lyne kom dus voor asof dit die vorms en balans van die struktuur dekonstruuer. Die voorste glastegnologie is gebruik om n glasvel te installeer. Hierdie glasvel is rondom die noordelike en suidelike faades gevou en bestaan uit helder, donker en deurskynende glas. Die oosen wesfaades skakel direkte sonlig uit met handgemaakte aluminiumbokse wat rondom die diep ingesnyde glaslyne geplaas is. Hierdie unieke faades verskil Henning Rasmuss, 15 Alice Lane Towers, Johannesburg, 2011. drasties volgens veranderinge in die lig en atmosfeer as gevolg van die abstrakte oppervlaktes en die patrone daarop het. Die torings omhels n dramatiese atriumruimte wat verbind is met looplyste wat in n waaieragtige manier onder die dakvensters gerangskik is. Gebruik van lae energie glas, goeie topografiese orintasie en funksionele detail dra by om energieverbruik te verminder. Die argitekte het opdrag gekry om die gebou op te rig tydens die ekonomiese resessie en dit word dus beskou as n teken van selfvertroue en geloof in die toekoms van Johannesburg en Suid-Afrika.

NEO-MODERNISME

VO

Daar is n tendens in die nuwe millennium wat as Neo-Modernisme bekend staan. Dit bevorder n terugkeer na die universele beginsels van Modernisme. In kontras met die verskeidenheid materiale en versiering wat gesien word in die eklektiese Post-Modernistiese geboue, en die gefragmenteerde diagonale lyne van die skynbaar onlogiese geboue van Dekonstruksie, is daar n terugkeer na skoon lyne en reghoekige vorms. Funksionalisme is belangrik, maar sonder die streng vorm volg funksie. Die interaksie van die interieur en eksterieur deur glasfaades word weer beklemtoon. Hierdie styl word veral gesien in plaaslike argitektuur en kleiner besigheidsgeboue. Die Yzerfonteinhuis is in 2000 by Prelbaai deur Stefan Antoni aan die Wes-Kaap gebou. Dit is een van verskeie huise met n see-aansig wat in die vorige dekade gebou is en wat die veelsydigheid van Modernistiese beginsels bevestig. Daar is n oordrewe interseksie tussen horisontale en vertikale lyne. Die huis is kompak en ondersteun dus die Modernistiese mantra van vorm volg funksie.
Stefan Antoni, Yzerfonteinhuis, PrelBaai, 2000. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

342 Beau Constance is deur Jan Jacobson ontwerp en het verskeie toekennings in 2006 gewen, soos die CIA, SACS en die SAIA. Hoewel hierdie gebied bekend is vir sy KaapsHollandse argitektuur het Jacobson meer belangrikheid geplaas op natuurlike faktore en het hy n minimalistiese struktuur gebou wat die Jan Jacobson, Beau Constance, Constantia Kaapstad, 2004 Modernistiese kenmerke van vertikale, horisontale en die gebrek gebied ekstra versiering weerspiel het. Die houtvoorkoms het die bome en fynbos van die area komplimenteer. Daar is interaksie tussen solied en leeg, massa en volume, die mensgemaakte en die natuur. Dun sementblaaie op skraal staalkolomme word met glasfaades gekombineer, wat pragtige uitsigte moontlik maak, terwyl houtsonskerms skaduwee skep en opelug leefareas defineer.

8.2

Voltooi in jou VKS-werkboek.

BE VO
Julie snow koehler house. 2000 VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Kyk na die prente van Farnsworth House, Yzerfonteinhuis, Beau Constance en Koehler House. Bespreek die vier geboue om aan te dui watter kenmerke van Modernisme gedentifiseer kan word. Oorweeg die volgende: Omgewing Reghoekige vorms Dakke Stelte Kantelbalke Gebruik van glas Interaksie tussen die interieur- en die eksterieur

EL
Mies van der Rohe, Farnsworth House, 1951.

343 Na 2000 is Suid-Afrikaanse argitektuur steeds benvloed deur internasionale tendense, soos die geval in meeste lande is. Die vereistes is soortgelyk, argitekte werk wreldwyd en die internet hou almal in verbinding met mekaar. Verskeie faktore speel internasionaal n rol in argitektuur.

KRITIEKE REGIONALISME
Kritieke regionalisme is n benadering in argitektuur wat daarna streef om plekloosheid en die gebrek aan identiteit teen te staan deur die gebou se geografiese konteks te gebruik en deur n terugkeer na die plaaslike dialek te bevorder. Plaaslike materiale speel ook n belangrike rol in die oprig van hierdie geboue. Hierdie benadering is natuurlik ekovriendelik aangesien dit die uitwerking van klimaat en die topografie van die ligging in ag neem soos die vroe inwoners van die gebied ook gedoen het.

VO

Paradyshuis deur Gabriel Fagan het CIA- en SIAAtoekennings vir prestasie ontvang. Dit is op die sandduine van Saldanhabaai gebou. Die herhalende, gewelfde dak weerspiel die kurwes van die duine en die golwe asook die kurwes van die seeumeeue se vlerke. Daar is n lang skoorsteen, soos n uitkykpyp op n duikboot, wat deur n kap bedek word. Die metaal- en houtdetail herinner n mens aan skepe se kajuitvensters. Die gebou is wit met blou hortjies om dit teen die Weskus-wind te beskerm. Hierdie kenmerke skep n gebou wat Regionalisties is omdat dit kennis geneem het van die vroe kothuise aan die Weskus-kothuis en dit uitgebrei het tot n kontemporre idioom wat dieselfde klimaats- en topografiese faktore in ag neem. Die witgewasde, vroe kothuise van vissermanne aan die Weskus het ook hortjies vir beskerming teen die sterk winde gehad en het n uitsteekskoorsteen gehad vir die hoogs belangrike houtstoof.

OR

BE

EL

Martin Kruger, Niew Sion Farmstead, Bergrivier, wes-kaap, 2002. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

D
Gabriel Fagan, Paradyshuis, 2003.

344 Niew Sion is in 1961 naby die oewer van die Bergrivier gebou. Die huis met n eg Kaapse gevoel is in 2002 deur Martin Kruger herbou. Dit is n voorbeeld van provinsiale regionalisme aangesien dit ontwikkel het uit die vorige styl van Landelike Barok soos die Kaaps-Hollandse huise wat met die gebied geassosieer is, bekend gestaan het. Die nuwe wit huis het n tradisionele sentrale ingang met twee hortjiesvensters aan elke kant. Die ingang het n klompie-boog (klein, smal, Hollandse bakstene) en n kort tonnelgewelf wat na n sentrale binnehof toe lei. Die eenvoudige wit geuwels kontrasteer met die donker grasdak. Binne ondersteun steengroeftels, kaggels en oop dakke die vroe styl.

Michele Sandilands, House Langham huis, BreedeRivier, Kaap, 2007.

Die Langham huis wat naby die Breederivier gebou is, toon die gebruik van materiale wat deur die vroe Setlaars in die gebied gebruik is: steen, hout, gegolfde yster en bakstene. Die veranda wat uitsteek, is ook tipies van hierdie vroe huise.

VO
Die Makalali Conservancy in Limpopo is n privaat bewaringsgebied. Hulle probeer die antieke tradisionele migrasieroete van wilde diere hervestig. Die bouers het tradisionele Shangaanmateriale en grasdakvaardighede gebruik om hulle geboue op te rig. Dit is tipies van kritieke regionalisme.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

345

Albonico, Faraday Mark en vervoerwisselaar, Johannesburg, 2003.

Baragwanath vervoer-wisselaar en handelsmark, Newtown, 2006

8.3

OR

Voltooi in jou VKS-werkboek.


Kyk na die staanplek vir taxis naby jou woning. Maak n lys van fasiliteite wat nodig is om effektiewe beweging en spasie te skep. Neem die volgende in ag: Veiligheid Weer Spitsverkeer Toue Besoedeling Informele handelaars

VO

Skryf dan n kort opstel waarin jy n voorstel aan die plaaslike owerhede maak oor die bou en funksionering van n suksesvolle vervoerwisselaar.

BE

Stedelike argitektuur in Suid-Afrika moet die taxi-industrie asook die informele handelsindustrie in ag neem. Hoewel die geboue nie regionalisties is nie omdat hulle nie na vorige strukture verwys nie, is hulle regionalisties in die sin dat hulle volgens plaaslike vereistes ontwikkel het wat uniek is aan die mense en die omstandighede in die gebied. As gevolg daarvan is groot vervoerwisselaars met gepaardgaande informele handelsfasiliteite gebou en het hulle daarop aangedring dat argitekte die spesifieke aktiwiteite, die klimaat en die omgewing in ag neem.

EL

SUID-AFRIKAANSE VERVOERWISSELAARS Stedelike ontwikkeling in Suid-Afrika is direk geaffekteer deur die Apartheidsbeleide wat aparte ontwikkeling bevorder het. Vanaf 1994 is daar n ontwikkeling na wat verwys word as stad op die rand of derde Stad, soos die beweging van die townships na bekostigbare verblyf begin plaasvind het.

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

346

VOLHOUBARE ARGITEKTRUUR EN GROEN ARGITEKTUUR


VOLHOUBAARHEID en EKOVRIENDELIKE strukture word wreldwyd vereis en dit is een van die faktore wat argitektuur internasionaal verbind. n Kontemporre argitek sal nie n gebou ontwerp wat nie ekovriendelik is nie. Die bouwette in meeste stedelike gebiede vereis sekere oorwegings. Wanneer kontemporre argitektuur nagevors word, is daar n aanduiding dat ekovriendelike faktore altyd oorweeg word.

Dus is argitektuur nie slegs n dekoratiewe vel wat oor n harnas gedrapeer moet word en deur ontwikkelaars en spasiebeplanners beplan word nie. Dit is n proses om estetiese, strukturele, sosiale en omgewingsfaktore in n organiese geheel te integreer. - Herbert Muschamp.
Faktore wat oorweeg word ten opsigte van Ekovriendelike Geboue: Die ligging moet in ag geneem word sodat die omliggende omgewing nie beskadig word nie. Geen stelsels moet gebruik word wat die omgewing kan vergiftig nie, byvoorbeeld oppervlakverf en fabriekvrylatings. Die posisie van die gebou ten opsigte van die son en wind moet in ag geneem word. Dele van die gebou kan byvoorbeeld as n sonskerm oorweeg word. Interaksie tussen binne- en buiteruimtes moet bevorder word. Lae-energie-metodes en -toerusting moet tydens konstruksie gebruik word. Afval en besoedeling moet oorweeg word tydens die konstruksie en in die funksionering van die gebou. Lae-energie-toestelle soos beligting, ens., moet gebruik word. Alternatiewe bronne van energie moet gebruik word, soos sonpanele, fotovoltaese panele en windturbines. Maatrels wat genkoporeer kan word om energieverbruik te verminder, is die insluiting van die gebruik van natuurlike lig en die voorkoming van lekkende lug. Indien moontlik moet herwinbare materiale gebruik word. Plaaslike materiale moet waar moontlik gebruik word omdat dit die koolstofafdruk van vervoer voorkom. Soveel gryswater- en herwinde waterstelsels as moontlik moet gebruik word. Opgaring van renwater moet in spesifieke stelsels gebruik word indien moontlik. Dubbelglas moet vir termiese beskerming gebruik word. Plantegroei kan ingesluit word tydens die beplanning van n gebou om die suurstof en koolstofdioksiedvlakke positief te benvloed. Modulering moet aangemoedig word om onderhoud te verminder aangesien dele in plaas van die hele voorwerp of onderdeel vervang kan word. Moedig ontwerpe aan wat looplyste, opritte en maklike toegang bevorder wat minder gebruik van hysbakke maak. Deurdringbare beton moet op die grond gebruik word om die aanvulling van grondwater te bevorder. Algehele Groen Argitektuur bevorder bou in harmonie met die omgewing met bio-nabootsing as n filosofie.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

347 GEBOU VIR DIE BELEGGINGSKORPORASIE SA OPENBARE

Hierdie groot gebou in Johannesburg sal 12 verdiepings bo die grond staan en uitbrei tot sewe verdiepings onder die grond. Die ligging is in n geometries vreemde vorm. Dit het egter tot baie estetiese oplossings gelei. Die kompleks sluit n gentegreerde staanplek vir taxis en openbare fasiliteite in wat n inklusiewe stedelike ruimte skep. Die gebou is ook volgens die Raad vir Groen Geboue se bepalings ontwerp. Die tuine rondom die gebou, asook die ingewikkelde daktuin, identifiseer die struktuur as ekovriendelik.

VO
T.R. Hamzah and K.Yeang, EDITT-Toring, Singapoer (gaan opgerig word). VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

Henning Rasmuss, Paragon Argitekte, voorgestelde gebou vir SA Openbare Beleggingskorporasie, 2012.

Hierdie veeldoelige toring is n uitstekende voorbeeld van Groen Argitektuur. Die gebruik van opritte tussen verskillende vlakke verminder die gebruik van hysbakke en energie. Baie van die oppervlaktes word bedek met organiese, plaaslike plantegroei en natuurlike ventilasie word gebruik. Klimaatsgewys kom daar baie renbuie voor. Gevolglik word renwater versamel en grys water word ook in die stelsel gebruik. Riool word in bio-gas omskep en word as n energiebron en ook as onkruid gebruik. n Sentrale, interne herwinningsfabriek hanteer afval.

EL
EDITT-TORing, SINGAPOeR

348

OR

Die Helix Hotel sal n Dekonstruktivistiese vorm uitbeeld wat voorkom of dit swaartekrag uitdaag en n konstante spanning tussen balans en wanbalans skep. Dit sal n ekovriendelike gebou wees wat oor die water se kant strek. Die kern van die gebou sal hol wees en n mens aan die Guggenheimmuseum in New York herinner. n Spiraalvormige looplys sal strek vanaf die bokant en vloei tussen woongebiede, handels- en vermaakareas. Interieure ruimte sal deurdring word met natuurlike lig en lug vanaf die kus. Daar sal n interieure waterval wees wat seewater sal herwin en die binneste ruimte sal afkoel. Fotovoltaese panele en wind-oespanele sal gebruik word. Die groot glas wat vanaf die eerste vloer uitbrei sal natuurlike ventilasie toelaat, maar sal toemaak as dit te warm buite is. n STEDELIKE PLAAS Dickson Despommier is n professor van Openbare Gesondheid aan Columbia Universiteit in New York. Hy het n konsep in gedagte om n vertikale plaas te bou wat 50 000 mense in n stad sal voed. Sy idees word ondersteun deur hidrofoniese groentenavorsing wat deur NASA gedoen is. Hierdie projek beplan om die son, wind en afvalwater as bronne te gebruik. Die positiewe aspekte is dat alle prosesse van groei en oes beheer kan word, met net die regte hoeveelheid water en geen pes of siekte nie. Die gebou gebruik minder grondspasie. Dit sal die koolstofafdruk van die vervoer van groente na die stadsmark en na die handelaar verminder.

VO
Dickson Despommier, Vertikale Plaasprojek, Seattle, 1999. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

T.R. Hamzah and K.Yeang, EDITT-Toring, Singapoer (gaan opgerig word).

349 Huise vir landelike werkers sal gevolglik onnodig wees aangesien werkers openbare vervoer sal gebruik om werk toe te gaan, soos stadsbewoners. Hul kinders sal naby opvoedkundige fasiliteite wees. Die teenwoordigheid van plantegroei in die stad sal help om die vlakke van suurstof en koolstofdioksied te balanseer. Die publiek en handelaars sal in staat wees om die gebied waardeur n mens kan bestuur te gebruik om die produkte wat bestel is, te ontvang. Hierdie voorstel word oorweeg deur n aantal argitekte en in verskeie stede. Daar word egter geraam dat dit baie duur sal wees om die hele struktuur op te rig. Kritici het ook voorgestel dat die gebou nie so hoog hoef te wees nie. In Suid-Afrika is maatskappye reeds oortuig om gebruik te maak van ongebruikte ruimte op stedelike geboue. Daar is verskeie projekte wat werknemers in staat stel om groente in houers op die dak te groei. Die groente kan by die kantoor verkoop word of kan huis toe geneem word vir verbruik. Ander maatskappye het hierdie ruimte in n rusarea omskep met potplante. Enige projek wat die groei van plante in die stad bevorder, bevorder ekovriendelike gedrag. Daar is ook kreatiewe gebruik van vertikale tuine met potte wat aan die mure van geboue hang. As n klas sal dit n interessante projek wees om n inheemse plant in n oopgesnyde Coke-bottel te plant en om n tuinmuur in julle skool te skep.

Die eksoskelet verskaf boustruktuur, termiese massa vir insulasie, skaduwee vir natuurlike afkoeling, ingeslote areas vir terasse en harnasse vir windturbines. Hierdie turbines, wat as sonskerm vir die gebou se vensters dien, maak gebruik van die verskillende posisies van die son gedurende die dag na aanleiding van die posisies van die versigtig ontwerpte sirkels. Aan die onderkant van die gebou word die skaduruimte tussen die skerm en die gebou gebruik as openbare ruimte vir koffiewinkels, ens. Die eksterne skerm met sy reeks groot ronde openinge verleen n unieke en estetiese voorkoms aan die gebou, afgesien van sy funksionele waarde.
Chad Opperheim, COR Building, Miami, 2005. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

VO

OR

COR-GEBOU MIAMI Hierdie gebou wat verblyf, besigheidskantore en winkels bied, word deur n buiteskerm omring. Aan die bokant is windturbines deur die groot, ronde openinge sigbaar. Daar is ook son- en fotovoltaese panele op die dak. Die gebied is bekend vir sy sterk winde en warm weer. Daar word ges dat Kaapstad se wind en lang, warm somers ideaal vir so n gebou sal wees. Water word ook om spesifieke doeleindes herwin.

BE

EL

350 SUID-AFRIKAANSE TOWNSHIPS Suid-Afrikaanse townships het op hul eie manier liggingspesifieke tipes argitektuur geword. Herwinne materiale soos gegolfde yster, houtstrukture en plastiek word dikwels gebruik. Innoverende metodes en materiale is genkorporeer tot op die punt dat Pondoksjiek gedentifiseer is! Polities en finansieel het behuising vir die armes n reuse probleem geword. Baie skemas wat klein huise inkorporeer wat met beton en bakstene gebou is, is van stapel gestuur. Selfhelpskemas, waar die eienaars gehelp word om hul eie huise te bou, is ook begin.

Sandsak-konstruksie

Houtraamwerk

VO
Gemeenskapsbetrokkenheid VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Plaaslike entrepreneurs het selfs begin om hul eie sakke te stik! Hierdie huise bied stabiliteit vanwe die dikheid van die mure wat selfs koeldig is! Die mure bied weerstand teen die wind en is vuurbestand. Die gebruik van hierdie materiale sny vervoerkostes uit en geen elektrisiteit word vir konstruksie benodig nie indien sand en strooi gebruik word nie. Erdepleister heg maklik aan die poreuse oppervlaktes vas sonder die gebruik van maasdraad. In sommige gebiede word kalkmisvloere steeds gebruik. In ander gebiede word sandsakke as n fondasie gel en n laag sement word bygevoeg.

OR

BE

Ongelukkig is genoeg huise nog nie gebou nie en het korrupsie kop uitgesteek. Sommige skemas verwys na die tradisionele stamhuise deur plaaslike beskikbare materiale te gebruik. Hulle beklemtoon ekovriendelike beginsels wat dikwels gebruik maak van sandgevulde SANDSAKKE of STROOIBALE en wat kleipleister inkorporeer. Sand is beskikbaar, goedkoop of gratis. Die sakke kan gemaak word van verskillende materiale, maar katoen of hemp verrot en dus word n geotekstiel gebruik wat goedkoop en maklik beskikbaar is by bouvoorsienwinkels.

EL
Strooibaalhuis

Onervare mense kan geleer word hoe om hierdie huise binne dae te bou sodat gemeenskapsdeelname aangemoedig word.

351

Gedenkstrukture

Die nuwe millennium en die nuwe demokrasie in Suid-Afrika het op dieselfde tyd plaasgevind (lees oor die politieke geskiedenis van Suid-Afrika in Hoofstuk 3 wat Weerstandkuns dek). Dit is logies dat verskeie gedenkstrukture opgerig sou word om die verlede te onthou, om groot persoonlikhede te vereer en om n nuwe toekoms te simboliseer. Uitstallings, biblioteke, interaktiewe areas en openbare byeenkomruimtes word genkorporeer. n Voorbeeld van n vroe gedenkgebou in Suid-Afrika is die Voortrekkermonument. Soos in die geval van die gedenkstrukture wat n 2000 opgerig is, is dit gebou om n stryd te herdenk waar mense moeilike omstandighede oorleef het. Die Voortrekkermonument, wat deur Gerard Moerdijk ontwerp is, is die voorste struktuur van die Art Deco-beweging in Suid-Afrika. Dit is gebou om die Groot Trek te herdenk en is op Geloftedag op 16 Desember 1949 ingewy. Die groot brons deure is om 12 uur oopgemaak toe die son deur die opening in die dak op die inskrywing, Ons vir jou Suid-Afrika geskyn het. Dit is in die sarkofaag, wat die Voortrekkerhelde simboliseer, ingekerf.

VOORTREKKERMONUMENT

Die monument lyk soos ander 19de eeuse Gerard Moerdijk,VoortrekkerMonument, 1949 monumente, maar die versiering is in die Art Deco-styl gedoen. Die granietstruktuur het ziggoerat buitelyne in n sigsagpatroon met growwe blokke aan die onderkant wat verander in verfynde blokke aan die bokant. Die sale het blink, marmertels en die dekoratiewe patroon van die vensters is geometries van aard.

VO
VRYHEIDPARK

Aan die voorkant van die monument is Anton van Wouw se naturalistiese Moeder-standbeeld. Die ander standbeelde toon n meer formele, stokkerige realisme wat gebruik word om simbolisme uit te beeld.

Vryheidpark is oorkant die Voortrekkermonument in Pretoria gele. Dit is n pelgrimsplek om SuidAfrika se verbintenis tot demokrasie en vryheid te herdenk. Dit is n Nasionale Erfenisprojek wat ondersteun word deur die parlement en Nelson Mandela was die hoofbeskermheer van die projek. Daar is interaksie tussen n Afrika-genspireerde argitektuur en landskap. Inheemse stelsels van kennis is in ag geneem. Dit bestaan uit n Tuin van Herinnering, n Plek van Herinnering en n Pan-Afrikaanse Museum en Argief. Die ovaalvorm is in die kant van die heuwel ingebou. Aan die onderkant is daar n kringpad, n parkeerterrein en n Inligtingsentrum wat eindig in n Isivivane, n steenbaken wat beskou word as die finale rusplek van almal wat gesterf het in agt verskillende pre-koloniale en Apartheidskonflikte. Die betekenis hang af van die simboliese gebruik van steen en die suiweringseienskappe van water gekombineer met spesifieke plantmateriaal.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

352

Chris Kroese, Vryheidpark, The Eternal Flame. Salvokop Pretoria, 2008.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die Apartheidmuseum is opgedra aan die geskiedenis van Apartheid in Suid-Afrika. Dit is by Gold Reef City gele en die agterkant van die museum grens aan die casino. Die ligging van die museum is op n verlate mynlandskap. Dit is geskep uit n klein reeks materiale insluitend steen, onversierde bakstene, beton en gegalvaniseerde staal. Ses maste in beton vorm die ingang na die gebou. Trappies lei na n binnehof en n getelde ingang tot die museum. Veldgras word met nou betonplate en gruis afgewissel. n Oprit lei na

APARTHEIDMUSEUM

OR

BE

Die Sikhumboto is n plek van herinnering en dit sluit n herinneringsmuur in waarin meer as 80 000 name ingeskryf is. Dit omsluit n groot bymekaarkomruimte en n galery. Die galery word deur n kronkelende roete aan die laer Isivivane verbind. In die Isivivane brand n ewige vlam. Om die gebied aan te dui, is ho installasie-staalpale ingerig wat snags verlig kan word. Hierdie pale simboliseer riete wat beskou word as spirituele kanale tussen die aarde en die hemel en dui nuwe lewe aan. Die hele kompleks respekteer n algemene verbintenis tot die land wat belangrik is vir alle Suid-Afrikaners. Dro, opgestapelde kwartsiet van Phalaborwa domineer die gebied.

EL

die dak toe vanwaar die industrile landskap sigbaar is. Van die dak daal die roete neer na versonkte ruimtes wat die geskiedenis en effekte van Apartheid deur visuele en oudiovisuele bronne onthul. Daar is betonvloere, kolomme en plafonne en uitstallings in draadhokke. Openinge tussen die hokke maak geraamde uitsigte van die uitstallings moontlik. Daar is nie gepoog om n Afrikaanse idioom te ontwerp nie. Die son en skaduwees skep vorms wat natuurlik van aard is om die fokus op die uitstallings te hou. Daar is n saal van stryd, n saal van teenstand, n ouditorium, n argief en n tuin.

Bannie Britz, ApartheidMuseum, Gold Reef City, Johannesburg, 2001

353

WALTER SISULU-PLEIN
Die plein is ontwerp om die ondertekening van die Vryheidshandves op 26 Junie 1955 te herdenk. Dit is in 2005 vir die 50ste herdenking van die ondertekening voltooi. Dit bestaan uit twee dele, naamlik die Westelike Plein wat strak is en die omstandighede in 1955 uitbeeld. Die Oostelike Plein bevat digte plantegroei wat die nuwe demokrasie simboliseer. Bome word in nege gemerkte blokke geplant om die nege provinsies te simboliseer. Daar word voorsien dat informele handel in die toekoms onder die volgroeide bome sal plaasvind.

VO

Daar is twee eenvoudige strukture. Die pawiljoen by Qunu, waar Mandela gebore is, dien as n deurweg na n gebied wat as n gemeenskapsgebied funksioneer. Die opelugstruktuur bestaan uit gomboompale, staal I-balke en plaatmetaalbedekkings. Daar is n hangende tralieplafon en n steenpodium. By Mvezo, waar Mandela skoolgegaan het, is daar n paviljoen wat op n soortgelyke manier bedek is met n houtplatform en twee betonpodiums. Aan die agterkant skep n tralieskerm n deurdringbare agtergrond wat die geluid van die wind vasvang. Daar is n beperkte uitstalling van fotos. Uittreksels van Mandela se outobiografie is geets op metaalplate wat aan die podium vasgemaak is.

HECTOR PIETERSON-GEDENKTEKEN
Die Hector Pieterson-gedenkteken herdenk die Soweto-opstand in 1976 toe die swart jeug in opstand gekom het oor die swak onderrig wat hul ontvang het. Hector Pieterson is die eerste student wat daardie dag deur die polise doodgemaak is. Hy is verewig deur die foto wat deur die joernalis, Sam Nzima, geneem is. Die gedenkteken is naby die plek wat met die opstand geassosieer word, gele. Dit is weggesny om dit te onderskei van die omliggende huise, maar dit weerspiel die kleure van die materiale van die vuurhoutjiebokshuise met rooi bakstene, hout en staal. Die gedenkteken bestaan uit n gedenksplein, n toegangsrit, n uitstallingsroete, n ouditorium, n boekwinkel en administratiewe kantore. n Lyn inheemse gras sny diagonaal oor die plein na die ligging waar Pieterson doodgeskiet is. n Oprit lei besoekers deur die gebou.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR
Nina Cohen, Nelson Mandela MuseumPavilJoEn, Mvezo, OOS-kAAP 2000.

BE

EL

DIE NELSON MANDELA-PAVILJOENE

Die Nelson Mandela museumpaviljoene vereer Mandela se geboorteplek en die gebied waar hy grootgeword het. Hulle is ontwerp om n plek te vier en nie om n ruimte te wees om gedenkwaardighede uit te stal nie. Die Bhunga-gebou in Umtata huisves n fotografiese uitstalling. Die gebied is onderontwikkel met watervoorsieningsprobleme. Mense het gedink dat dit onvanpas sou wees om n yslike gedenkteken daar op te rig.

354 Die mure bevat teks, beelde en videofilmmateriaal. Narratiewe is op die vensters ingeskryf wat uitkyk op die ligging van die township, die polisiestasie en Orlando-stadium, waar die studente bymekaargekom het. n Oprit lei na n binnehof met gedenkplate wat gegraveer is met die name van die studente wat dood is. Dit het n gebied van nabetragting geword en dit beeld n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit.

KONSTITUSIONELE HOF

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Die Handves van Regte is in die groot deure ingekerf en lei na n oop ontvangsgebied waar lig op die skewe kolomme val. Mosaekwerke op die kolomme verwys na inheemse bome. Dit beeld op n simboliese manier die tradisionele Afrika-hof uit wat onder n boom kon plaasvind. Naby die ingang is n galery wat gevul is met openbare kuns wat op sy beurt lei na die biblioteek en regterskwartiere. n Gegleufde verdelingsmuur laat n verbinding tussen die openbare spasie en die privaatvertrekke van die regters toe. Die deursteekte sonskerm simboliseer die patroonwerk wat in Afrika-kralewerk aangetref word. Die lettertipe wat op die buitemuur van die hof gebruik is, is gebaseer op die letters van die graffiti wat op die mure van die tronkselle in Konstitusie-heuwel aangetref is. Die eindresultaat sluit woorde in al 11 amptelike tale in die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag in.

BE

Die hof self is toeganklik omdat dit onmiddellik langs Konstitusionele Hof gele is wat dit simbolies van n opregte en openlike demokrasie maak.

Die gebou is in die Post-Modernistiese styl gebou vanwe sy inkorporering van simbole van die verlede en sy sensitiwiteit ten opsigte van alle Suid-Afrikaanse mense.

EL

Die Konstitusionele Hof kan as n funksionele Mashabane Rose Associates, Hector Pieterson-Gedenkteken, Orlando Wes Soweto, 2002 gedenkteken beskou word. Andrew Makin en sy span het die Konstitusionele Hof as n simbool van demokratiese Suid-Afrika beplan. Die keuse van die ligging is n laat negentiede eeu fort wat in n tronk omskep is. Die ontwerp moes n spasie van pynlike narratiewe met die van vrede versoen. Die gebou is versigtig genkorporeer in die museums en institusies van menseregte wat op Konstitusie-heuwel aangetref word. Twee voetgangersaslyne halveer die ligging wat in die binnehof wat as Konstitusie-plein bekend staan, bymekaarkom. Terrastrappe langs die gebou staan as die African Steps bekend en hulle verbind die noordelike en suidelike dele.

Andrew Makin, Konstitusionele Hof, Konstitusie-heuwel, Johannesburg, 2004.

355

Bekroonde Kontemporre Suid-Afrikaanse argitekte

Don Albert en Vennote

Sommige van die geboue wat hy ontwerp het:

VO
Don Albert, GryS HuIs Don Albert, High PerformanceSENTRUM, pretoria. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

Die Burrows-gebou in Durban is een van die eerste werke waarvoor hy opdrag gekry het. Hy het hierdie gebou deur die internet bekend gestel, wat gevolglik gelei het tot n nuwe manier om internasionaal te werk. Hy kombineer digitale ontwerpmetodologie met metaforiese oorwegings. Van sy Burrowsgebou is ges dat hy industrile ruimte in beeldhouruimte transformeer wat afgerondheid met praktiese oorwegings kombineer. Sy maatskappy staan nou bekend as Don Albert en Vennote en hy werk in Kaapstad, Durban en Johannesburg.

EL

Don Albert het in 1994 met n graad en n nagraadse diploma in Argitektuur van die Universiteit van KwaZulu-Natal gegradueer. Hy het in 1996 sy meestersgraad aan die Universiteit van Kaliforni behaal. Terwyl hy daar was, het hy die argitekturele ontwerpsfirma Soundspacedesign begin om in Suid-Afrika besigheid te doen. Hy glo dat ruimte en proporsie belangriker is as treffende besonderhede.

356

Don Albert, Proud Heritage kLEREMAATSKAPPY, Durban.

Don Albert, Trumpet-HuIs.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE
Don Albert, Millennium ToRING, HAWEBEHEER, Durban 2000

THE MILLENNIUM-TORING, DURBAN, 2000 In 2000 het Albert en Alex Pienaar die kompetisie gewen wat gehou is om die Millenniumtoring in Durban vir die Nasionale Hawe-Owerheid te bou. Hierdie gebou het die SAICE-toekenning in 2004 vir die Beste Siviele Ingenieursprojek gewen. n Nuwe hawebeheerstelsel is op die Bluff in Durban gebou. Vir inspirasie het die span ontwerpers en die argitekte, Don Albert en Alex Pienaar, die vlooten marinevoorwerpe rondom die hawe, asook die plantegroei, afgeneem. n Stuk van Natal se suikerriet wat hoog uit die grond rys en in die wind waai, het nog n beeld aan hul verskaf. Hulle het ook na The Machine Man deur die Duitse elektroniese pioniers, Kraftwork, geluister wat n toekomstige stemming geskep het. Die span het n tegno-organiese maar verganklike monument geskep wat reageer op die wind, die son en die see. Daar is gevoel dat die gebou kineties moes wees om futuristies aan die nuwe millennium te behoort, wat perfek by die funksies daarvan gepas het. Dit moes n simbool vir die stad wees. Die aard van die gebou se funksies moes ook langdurig wees met lae instandhouding. In hulle beplanning het die span Photoshop gebruik om hulle beelde op fotos van die Bluff te superimponeer.

EL

357 Die struktuur het bestaan uit n werksvertrek met n 360-grade, onbelemmerde waarnemingsuitsig. Daar is n Soek en Red-ontmoetingsvertrek en n hawebeheerkantoor. n Vertrek was ook nodig vir toerusting en die radarstelsel wat drie meter wyd is om dit in staat te wees om al die opsporingsrekenaars te voed (die grootte van die radarstelsel het later probleme veroorsaak). Daar is n kombuis, badkamers, rusvertrekke en slaapkwartiere vir die personeel. Die verskeie afdelings moes verskillend gestruktureer word en gevolglik is n span deskundiges soos strukturele, meganiese en elektriese ingenieurs benodig. Die Toring se basis is n staalversterkte struktuur wat bestaan uit twee kels en n stabiliserende stel trappe. Dit bevat ook die hysbak en drie vloere. Daar is n uitgebreide balkon wat beelde van Durban se goue myl bied. Die Kap- en Windwiek bestaan uit n draaiende aliminiumdraadstruktuur met n skuins kant wat deur n spitssilinder, wat die windrigting aandui, wys. Die kap word deur rollers ondersteun en dit word aangedryf deur n rekenaar wat toegang het tot die werklike tyd, windspoed en -rigting. Daar is n veiligheidstop in geval die windspoed te hoog is. Snags word die windwiek verlig sodat die inligting steeds gelees kan word. Die Toringspits- en Gety-aanduider funksioneer deur die ho mas wat stroboskopiese ligte het wat die getyrigting en vlak aandui. Die geel kraag

VO

OR

Don Albert, Portnet MillenniumTorING, volgens die son in Durban geposisioneer, 2000.

BE
en flikkerende ligte beweeg ritmies volgens die getyvlak, wat op n rekenaarprogram gebaseer is. Snags word die silinder verlig om getyvlakke aan te dui. Vier stelle ligte dui aan of dit hoogof laaggety is. Daar is ook ligte wat verander namate skepe die hawe inkom of uitgaan. Ligte dui ook die tyd op die uur aan. Die Toring het n futuristiese voorkoms, hoewel dit eenvoudig, ekonomies en duursaam is.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

358

8.4

Voltooi in jou VKS-werboek.

Adrian Smith , Burj Khalifa, Dubai, 2010.

Hani Rashid , Strata TorING, Abu Dhabi, 2011.

VO
C. Lee, 101 TorING, Taipei, 2004.

OR
Santiago Calatrava, Turning Torso, Zurich,1997. Zaha Hadid, Signature Towers, Dubai, 2006.

INTERNASIONALE TORINGS Die visuele bronne hierbo is almal torings. Kies EEN van hierdie internasionale torings. Bespreek die volgende: Vorm Doel Ekovriendelike faktore (Verwys na die lys van Groen Argitekturele kenmerke wat in hierdie hoofstuk verskaf word.)

VISUELE KUNSTE GRAAD 12

BE

EL

D
Atkins architecture, BahrainHANDELSENTRUM, 2007.

359

Henning Rasmuss, Paragon Argitekte

VO
Henning Rasmuss, Paragon Argitekte, Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

Henning Rasmuss werk saam met Anthony Orelowitz by Paragon. Hulle daag die beperkings van kommersile argitektuur uit. Die Paragon-beleid se doel is om saam met ontwerpers te werk wat passievol en innoverend is, maar verstaan wat die mandaat is wat deur die klint verskaf word en die vereistes van die samelewing. Hulle doel is om innoverende ontwerpsoplossings te vind. Hulle s dat hul werk nie stylgedrewe is nie, maar eerder leefstylgedrewe. Die geboue moet doeltreffend maar elegant wees sodat diegene wat die geboue binnegaan, vrolik voel. Paragon Argitekte het al verskeie toekennings vir hul geboue ontvang.

BE

EL

Paragon Argitekte is in Johannesburg gebaseer. Hulle geboue kom baie futuristies voor, maar die firma is duidelik bewus van die finansiele druk in n ontwikkelende land soos Suid-Afrika tydens n wreldwye resessie. Hulle het hul ook daartoe verbind dat alle argitektuur verantwoordelik en volhoubaar moet wees.

Henning Rasmuss het in 1994 sy graad in argitektuur aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal. Hy het tot 1997 in Dusseldrof, Berlyn en Hong Kong gewerk. Vanaf Oktober 1997 is hy een van die direkteure van Paragon Argitekte. Hy gee openbare lesings en is die eksterne eksaminator van argitektuur aan twee universiteite. Hy beskou reis as n manier om navorsing te doen en gevolgik reis hy baie dikwels en besoek hy uiteenlopende plekke. Hy is betrokke by uitstallings en het selfs n stedelike navorsingsmaatskappy wat sharpCITY genoem word, gestig.

360 GEBOU VIR DIE DEPARTEMENT VAN KUNS, KULTUUR, WETENSKAP EN TEGNOLOGIE Drie lang reghoekige blokke is intergeskakel en word soos n lui Z oor die vloer van die ligging gerangskik. Versigtig gevoude stroke betonplate definieer die silhoet en die sigbare kante van die gebou onderaan. Groot openinge in die daklandskap skyn lig diep in die binnehowe in wat deur die blokke van die geboue gedefinieer word. Reuse aktiwiteitsruimtes is gevorm deur sleutelontmoetingspunte in die gebou se uitleg. Die hele gebied bevat uitgebreide tuine wat aangel is en die ingang van die gebou bestaan uit areas plantegroei, plate water en deur diagonale kolomme wat na die binnekant van die gebou lei. Die materiaal is eenvoudig en vorm word die oorheersende element van uitdrukking.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

AGRI-HOOFKANTOOR Hierdie gebou is tussen die John Vorster- en Botha Weg-afritte in Centurion, Tshwane gele. Dit is van die hoofweg sigbaar en kom voor of dit sweef. Dit is ook sigbaar vanaf die woongebiedkant so dit moes aantreklike faades in albei rigtings h. n Vloeiende, beeldhouvorm is gekies. Dit is strak wit teen die omgewing wat meestal bruin is. Groot betonkurwes het diagonale hoeke en vou in gekurwe, reghoeke rondom die gebou wat die twee kantoorpaviljoene verbind. n Vel aliminiumhortjies bedek die glasareas waar die gebou aan die son blootgestel is. Die hortjiekante vorm subtiele golfvormige patrone. Die hele gebou is op stelte dun ondersteuningskolomme. Die lyne van hierdie ondersteuningskolomme strek verder aan die bokant van die gebou onder die dakband in. Die konstruksie laat toe dat lig en lug vrylik sirkuleer. Die kantoorspasie bevat ook pilote wat dit onderskei van die korporatiewe lewenstylgebiede op die grondvloer. Die gebruik van glasfaades lei tot n oop, ligte interieur. Die buitekant van die betonkurwes word met n keramiektelafwerking bedek. ANDER PROJEKTE DEUR PARAGON:

OR

BE

EL

D
Henning Rasmuss, Paragon Argitekte, AGRIHoofkantoor, Centurion Tshwane, 2010. Henning Rasmuss, Paragon ARGITEKTE, RAlexander Forbes-GEBOUE, 2011. Henning Rasmuss, Paragon ARGITEKTE, Routledge Modise pROKUREURSGEBOU, 2010.

361

Pierre Swanepoel, studioMas Argitekte

Westcliff Landgoed en die Plein van Toewyding in Klipfontein, wat die ondertekening van die Vryheidshandves herdenk het, is sommige van Swanepoel se maatskappy se eerste suksesse. studioMAS het ook na Kaapstad uitgebrei en was betrokke by die ontwerp en oprig van Courtyards on Oxford en die Biovac-laboratoriums. Swanepoel het al toekennings ontvang vir baie van die geboue wat hy ontwerp het, insluitend die Billiton HQ in die sentrale besigheidsentrum van Johannesburg, die ABSA Torings Noord, die Westcliff Landgoed en die Courtyards on Oxford.

VO
Pierre Swanepoel, StudioMAS ARGITEKTUUR, Circa-GEBOU. VISUELE KUNSTE GRAAD 12

OR

BE

EL

studioMAS is in 2000 deur Pierre Swanepoel gestig. Na hy aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het, het hy n nagraadse diploma in Stedelike Ontwerp in die Verenigde Koningkryke (VK) behaal. Swanepoel was 17 jaar n argitek, waarvan 12 in die VK was voor hy na Suid-Afrika toe teruggekeer het en in Kaapstad en Johannesburg gewerk het. Hy is betrokke in woonbuurtontwikkelings, die oprig van kommersile kantoorgeboue, hotelle, openbare geboue en die ontwerp van eksterne ruimtes. Hy plaas groot klem op die algehele omgewing en hulpbrondoeltreffendheid. Hy wil waardes in n argitekturele produk vertaal wat innoverend is, maar wat die bekende geriewe van die lewe in n kontemporre stad uitbeeld. Swanepoel was betrokke by die ontwikkeling van Village Walk, n inkopiesentrum van gemengde gebruik met hotelle en n stedelike parkligging in Sandton. Hy is ook betrokke in die meesterbeplanning van projekte in Kaapstad en Pretoria. Swanepoel s hy wil heraansluit by die straat en wil mense met mekaar verbind terwyl hy die beste gebruik maak van die ruimte wat beskikbaar is. n Gebou behoort nie oor die ego van die argitek te gaan nie, maar moet ook met verandering in gedagte beplan word. Hierdie faktor dra by tot die aanpasbaarheid van n gebou. Swanepoel wil fokus op ontwerp in stedelike omgewings deur argitektuur tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

362 CIRCA ON JELLICOE IN JOHANNESBURG Die kunsgalery in Johannesburg wat bekend staan as Circa is by Jellicolaan 2 in Rosebank gele. Dit is oorkant die Everard Reid-galery wat in 1912 gebou is. Mark en Christene Reid besit albei geboue. Mark Reid beskryf die gebou as nie hier of daar nie. Dit is n plek wat vry is om in ruimte en tyd te reis. Dit ondersteun die belangrikheid van openbare ruimte in n stad. Die eienaars en die argitek, Swanepoel, wou h mense moes gemaklik, veilig en genspireer voel. Die gebou het n dramatiese spiraalvorm wat gekombineer met die beligting saans om verbygangers aan te lok. Die argitek het daaroor ges: Dit is n klein gebou met n groot houding! Die 500, lang, aliminiumlatte wat die spiraal vorm, is 14 meter hoog en omsluit die drieverdiepinggebou heeltemal. n Spiraalbetonlooplys lei in die gebou in wat veelkleurige latte aan die een kant en n betonmuur aan die ander kant het.

VO
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Die grondvloer verskaf 106 vierkante meter se galeryruimte. Die eerste vloer het gleuwe waarin draaiende skermvensters van die grondvloer af deurgly om verskeie uitstalruimte te skep. Die tweede vloer bied n dubbelvolumeruimte van 177 vierkante meter waar kunswerke uitgestal word. Op die boonste vloer is die Darwin-kamer, wat n ruim en elegante area is. Daar is n aangrensende dek met uitsigte oor Jan Smutslaan en die boomryke omliggende woonbuurte. n Metaal-branduitgang wat apart van die gebou is, lei vanaf die boonste vloer. Dit laat toe dat rankplante hul natuurlike lengte bereik terwyl hulle die natuur esteties met die gebou verbind; en voorsien ook die toevoer van suurstof. Verdere ekovriendelike faktore is die elektrisiteit wat produseer word deur voltastiese panele. Sonverwarming word gebruik om die water te verhit. Renwater word versamel en word vir alles behalwe drinkwater gebruik.

Die gebou vertoon soos n strukturele baken wat n spesiale identiteit aan die ligging verleen. Baie stedelike argitekte is gemoei met die konsep van plekloosheid wat in stede plaasvind. Hulle voel dat argitektuur n ligging moet aandui en vanwe n spesifieke gebou moet mense n gevoel van die bekende kry.

OR

BE

EL

363

Die Biovac is n entstof-laboratorium in Ndabeni in Kaapstad. Dit bestaan uit n laboratoriumblok wat aan streng internasionale standaarde moet voldoen en wat n klein kantoorkomponent het. Die sentrale volume verbind die twee afdelings. Die sonbeheerde vel is baie ekonomies geskep met dubbelkantkleefband wat dit aan n galvaniseerde staalraam heg. Die rooi perspeks pendantlig ondersteun ook hierdie ekonomie. Die Biovac is n plek van ernstige wetenskap, maar ook van innovasie en kreatiewe skepping.

Pierre Swanepoel, Entstof-Laboratorium, KAAPSTAD, 2007.

VO
Pierre Swanepoel, Infill-Huis, kaapstad, 2007.

OR
Pierre Swanepoel, COURTYARDS IN OXFORD, Kaapstad.

Courtyards in Oxford Die gebou bestaan uit vier kompakte sluit en gaan-eenhede, wat elk sy eie privaat binnehof en tuinwoonstel het. Terwyl die interieure voorsiening maak vir die privaatfunksies van familielewe, skakel die buitekant met die straat. Dit is belangrik vir Swanepoel se idee van stadsverblyf wat hy glo nie verskans moet word nie

BE
INFILL-HUIS, Signal Hill, Kaaptstad, 2007 Op die heuwels van Leeukop bied die huis onbelemmerde uitsigte oor die see. Dit vertoon NeoModernistiese kenmerke in die reghoekige vorms van Modernisme asook aan waarheid tot materiaal in die ontblote beton en bakstene. Glasfaades verbind die binne- en buitespasies.
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

EL

364

8.5

Voltooi in jou VKS-werkboek.

MPHETHI MOROJELE Mpethi Morojele het sy argitekturele studies in 1990 aan die Universiteit van Kaapstad voltooi. Na hy vir n ruk onderrig gegee het, het hy Londen toe gegaan waar hy sy meestersgraad met onderskeiding verwerf het. In 1995 het hy teruggetrek Suid-Afrika toe waar hy MMA Argitekte gestig het. Hy het al in verskeie lande gereis en gewerk en het ook as eksaminator en kurator opgetree. Hy was betrokke by die ontwikkeling van die kompleks by Maropeng. Die hele tema gaan oor ontdekking. Die argitektuur is opwindend omdat dit ondergrond gaan vir die bewaring van die omgewing.

VO
GEVOLGTREKKING
VISUELE KUNSTE GRAAD 12

Het Suid-Afrika n argitekturele styl wat onderskeidend is? Mnr. Jeff Radebe, wat die minister van Openbare Werke was, het n versoek gerig vir Afrika-tendense om hulself te onthul, vir Afrikaheid om uitdrukking in die fisieke omgewing te vind. Professor van Argitektuur, Ora Joubert, skryf dat, goeie argitektuur die stilistiese en die politieke oortref. Daar is reeds genoem dat argitekte regoor die wreld beweeg en werk en dat moderne kommunikasie die wreld onmiddellik verbind. Wat Suid-Afrika op die internasionale kaart van argitektuur sal plaas, is n konstante skepping van goeie argitektuur. Die kontemporre argitekturele ontwerpe in Suid-Afrika maak dit duidelik dat argitekte hul merk maak in n Afri-peuse simbiose.

OR
www.maropeng.co.za

Doen navorsing oor hierdie projek. Beskryf die aktiwiteite, die simbolisme, die ligging en die argitektuur. Gee jou opinie van die sukses van die ligging as n middel van kommunikasie en bewaring.

BE

EL

M. Morojele, Voorkant van die Tumulusgebou by Maropeng, 2009.

x 365

Praktiese Assesseringstake

9.1 Inleiding 9.2 Die Bronboek 9.3 Die Kunswerk

VO
VISUele kunste GRAaD 12

9.4 Praktiese temas Kombuis Water Skaduwees Brein, liggaam en siel Versperrings Klere Vel Groen

OR

BE

EL

INDEKS

Hoofstuk

366

Inleiding

Elke kind is n kunstenaar. Die probleem is hoe om n kunstenaar te bly as ons eers grootword. Pablo Picasso
Soos jy gesien het in jou studies van Visuele Kunste, is dit onmoontlik om n bevredigende definisie van kuns te verskaf. Volgens die Encyclopedia Britannica Online, is kuns die gebruik van vaardigheid en verbeelding gedurende die skep van estetiese voorwerpe, omgewings of ondervindings wat met ander gedeel kan word. Vra jou familie en vriende om vir jou n definisie van kuns te gee en jy sal waarskynlik baie verskillende idees kry. Wat ons wel kan s is dat kuns n fundamentele deel is om menslik te wees. Van die begin van die mensdom, het kunstenaars onderwerpe hanteer oor wat dit beteken om menslik te wees in temas wat dinge aanspreek soos geboorte, liefde, dood, oortuigings, rituele, erfenis, ens. Hierdie temas verander nie. Die samelewing, tegnolgie, kwessies en omstredenheid verander wel. Die kunstenaar is dikwels die visuele stem van sy of haar tyd, hoewel dikwels voor sy of haar tyd.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

367

Die Bronboek
Sol LeWitt, kunstenaar

Die idee word n masjien wat kuns maak.

VO

OR

BE

EL

Die bronboek handel oor konsepsualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees Hierdie bronboek is NIE n formele, netjiese notaboek NIE, maar is ekspressiwe, persoonlike uitdrukkings van idees en stimuli wat jou eie stel belangstellings en jou persoonlikheid weerspiel. Dit behoort vol, opwindend en n bruikbare bron van idees of beelde te wees vir gebruik in praktiese take. Jy moet al hulle konsepsuele idees, beplanning, rondspelery en verkenningswerk, ens., in jou Visuele Kunste bronboek te plaas. Die bronboek bied insig in die manier waarop jy jou idees gevorm het, hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet duidelik alle denkprosesse kommunikeer wat lei tot die skep van kunswerke. Teen Graad 12 behoort jy te weet hoe om die bronboek te gebruik. Die inhoud van die bronboek Die bronboek moet die volgende insluit Al die idees en oplossings wat jy nagevors en ondersoek het. Al jou bronmateriale. Dit kan sommige van die volgende insluit: Breinkaarte om idees te genereer. Sketse en voorbereidende tekeninge. (Tekenboeke met spesifieke studies moet ingelsuit word.) Beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, fotos, ens. word versamel. Voorwerpe (stukke papier, verpakking, kaartjies, ens.) wat jy interessant, stimulerend of van persoonlike belang gevind het of wat bruikbaar kan wees vir n praktiese projek op n sekere stadium. Krabbels, woorde, sketse, geskrifte verwant aan jou ondervindings en die konteks. Ondersoeke oor verskillende tegnieke en materiale. Navorsing en studie van n wye verskeidenheid kunstenaars en voorbeelde wat jou praktiese werk versterk. Enigiets anders wat jy stimulerend en/ of interessant vind en wat kan dien as n bron vir jou praktiese werk. Dokumentasie van enige proseswerk.
VISUele kunste GRAaD 12

368 Dit is belangrik om hierdie bronne te verpersoonlik deur hulle te skep, jukstaposisies van hulle te beplan en oorspronklike komposisies te maak. Geskrewe verduidelikings en notas oor hoe jy die onderwerp gaan benader. Dit sal jou voorstel/ bedoeling insluit sowel as jou besinning wanneer die taak afgehandel is. Tekeninge: dit sal komposisionele tekeninge, asook jou waarnemingstudies verwant aan jou ondersoek insluit.

Die volgende is n voorbeeld van n afmerklys vir jou bronboek: Die opdrag moet in die bronboek geplak word. n Minimum van een bladsy vir jou geskrewe voorstel/ benadering/bedoeling. Dit kan op meer as een bladsy aangedui word. Ten minste vier bladsye van ondersoek en navorsing oor benaderings en/of idees wat bronmateriaal soos tekeninge, fotos, beelde, versamelde gedigte, lirieke en navorsing oor kunstenaars wat jou gengespireer het insluit. Alle materiale moet verwys na die ontwikkeling van jou werk en jou idees staaf. Dit is belangrik om oorspronklike, voorbereidings-/komposisionele sketse en tekeninge te verpersoonlik en te skep gebaseer op jou bronne. Ten minste twee komposisietekeninge/-collages/-versame-lings. Ten minste een bladsy waarin jy skriftelik besin oor hoe jy jou projek ondervind, bestuur en voltooi het. Dit kan ook op verskillende bladsye ontwikkel word, maar verkieslik nader aan die einde, aangesien dit die finale insiggewende opmerkings oor jou bedoelings en betekenisse is.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE
Bladsye uit Leonardo da Vinci se sketsboeke.

EL

369 n Paar idees oor die bronboek: Dit is belangrik om nie direkte kopiring uit tydskrifte, van die internet, ens. te gebruik nie. Direkte kopiring van n beeld wat nie jou eie is nie sal gepenaliseer word. Dit is n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Jy moet jou eie bronmateriaal transformeer. Jy kan egter geskikte beelde van tydskrifte en ander bronne gebruik en hulle met ander beelde kombineer om jou eie interpretasies te skep. Daar is nie n voorgeskrewe formaat vir die bronboek nie. Dit kan in die vorm van n boek, n ler, n boks of Bladsye uit Leonardo da Vinci se sketsboeke enige ander formaat wees. Die bronboek moet spreek van kreatiwiteit en die ondersoeking van idees. Dit is NIE n skrapboek nie, maar n kunstenaarsboek. Vermy oppervlakkige versiering wat niks te doen het met die ondersoek nie. As kunstenaars is ons altyd deur die werk van ander kunstenaars genspireer. Kyk na die volgende voorbeelde van sommige belangrike kunstenaars se boeke.

n Bladsy van n brief deur Vincent van Gogh en sy skildery, The bedroom, 1889.

VO
Bladsye van Vincent van Gogh se briewe. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

370

Bladsye van Eugene Delacroix se sketsboeke. Jy kan sien dat as n skilder, kleur baie belangrik vir hom was. Hierdie studies wat op sy reise gemaak is, sou dikwels gebruik word in sy finale werke.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

371 Hoe om idees te genereer Thomas Edison, die groot uitvinder, het ges dat genius een persent inspirasie en 99% persperasie is. Indien jy gaan wag vir inspirasie vir n projek om jou soos n weerligstraal te tref, gaan jy n lang tyd wag en dan gewoonlik met n baie voor die hand liggende oplossing na vore kom. Kunstenaars werk hard om inspirasie te kry deur navorsing te doen oor ander kunstenaars, tekeninge te maak, geskrifte en om met tegnieke en verskillende media te eksperimenteer. Hier is n paar idees om jou te help:

Sketsboeke
Meeste kunstenaars gebruik sketsboeke as hul ideejoernale. Hul verwag dat idees op onverwagte tye hul opwagting sal maak, so hul gebruik die sketsboek as n joernaal. Hou n sketsboek gereed om jou idees en waarnemings op te neem.

VO

Skep 'n inspirasieLEer


Dit kan die vorm van n sketsboek aaneem, n fisiese ler, n boks of selfs n ler op jou rekenaar. Elke keer wat jy iets kry wat jou inspireer of fassineer, liasseer dit in jou inspirasieler. Jy kan dalk na hierdie idees terugkeer tydens n toekomstige projek.

Gebruik woordeboeke en 'n tesourus


Soek die betekenis van woorde. n Tesourus neem n mens op n reis van sinonieme wat nuwe moontlikhede van inspirasie skep.

OR
<

BE

EL
Henri Moore, Shelter sketchbook, 1940 -1941.

Breinkaarte
Die maak van n breinkaart is n goeie metode om idees uit te dink wat verbind is tot n sentrale onderwerp. Die eindresultaat van die maak van breinkaarte moet n webagtige struktuur van woorde en idees wees. Soos jy voortgaan om jou idees te vertak, kry jy dalk nuwe oplossings.

D
VISUele kunste GRAaD 12

372

Stroom van bewussyn neerskryf


Begin net om oor die tema te skryf wat jy ontvang het sonder om bewustelik daaroor te drink. Lees daardeur en miskien is daar n oorspronklike oplossing.

Speel met idees en eksperimenteer met materiale en tegnieke


Kunstenaars kry dikwels inspirasie as hul begin om materiale te manipuleer. Selfvertroue en n mate van bemeestering van prosesse en materiale laat meer kreatiewe vertolking van nuwe idees toe. Dit is natuurlik om visuele idees te kry aangesien ons met visuele materiale werk en nuwe tegnieke probeer. Soms help dit om sketse op te skeur en om nuwe kombinasies in collage te probeer.

Ander idees

OR

BE
Bladsye uit Irma Stern se joernaal.

Baie kunstenaars maak gebruik van lyste en sketse van moontlikhede. Visueel kreatiewe mense gebruik dikwels miniatuursketse as hul lyste.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Inspirasie kan van die volgende kom: Geluide uit die natuur, musiek, liedjies Woorde posie, literatuur, aanhalings, frases Beelde die werk van ander kunstenaars Prente uit boeke, tydskrifte, katalogusse

Oorweeg die volgende wanneer jy die finale komposisie beplan


Oorgang tussen voorwerpe, ongewone jukstaposisie, transformasie en metamorfose. Werk jou finale komposisie uit. n Goeie idee moet visueel opwindend wees. Maak miniatuursketse om n verskeidenheid opsies te oorweeg. Dink aan goed soos die kontras tussen oop areas en oorvol areas, tussen donker en lig, ens. Dink aan negatiewe spasies, gebruik van diagonale lyne, ens. om n bui of atmosfeer te skep. Moenie jou idee volstop nie.

EL

Maak lyste en sketse

373

Die Kunswerk

Jy het jou opdrag vir die Praktiese Assesseringstaak (PAT) ontvang, idees in jou bronboek gekonsepsualiseer en nou is dit tyd om die kunswerk te skep. Jou kunsonderwyser sal hierdie proses fasilisteer. In Graad 12 moet jy die volgende in gedagte hou: Die maak van kunswerke: Kies die materiale, gereedskap, tegnieke en temas en prosesse wat die beste pas by die gekose kuns of handwerkvorm. Demonstreer n gevorderde graad van tegniese vaardigheid in en kennis van n reeks materiale, tegnieke, prosesse en toerusting verwant aan die gekose kuns- of handwerkvorm. Dokumenteer en evalueer jou eie kreatiewe proses en kunswerke, kies werke wat die beste pas by jou insluiting in jou finale portefeulje. Kunswerke moet relevant tot die opdrag wees. Skep en transformeer visuele beelde deur ou en tradisionele tegnieke te gebruik.

Skep n koherente liggaam van werk wat konkrete

Bestuur:

OR

BE
Alberto Giocametti se ateljee. Paulo Rego se ateljee VISUele kunste GRAaD 12

VO
Veilige gebruik:

bewyse lewer van die proses van konsepsualisering en maak. Beplan, bestuur en voltooi spesifieke take en projekte binne n gespesifiseerde tyd, spasie en hulpbronbeperkings. Aanbieding: Vertoon, stal uit of bied eie werk op n wyse aan wat die ekspressiewe en konsepsuele impak van die werk verryk en komplementeer.

Demonstreer en bevorder die

veilige gebruik van toerusting, materiale en tegnologie in n groepwerkkonteks.

EL

Francis Bacon se ateljee.

374 Benader die kunswerk Jy mag nie direkte kopiering van tydskrifte, die internet, ens. gebruik nie. Dit is n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar. Dit is belangrik om jou bronmateriaal te transformeer. Jy mag egter geskikte beelde van tydskrifte en ander bronne gebruik en hulle met ander beelde kombineer om hulle eie interpretasies te skep. In jou visuele kunsstudies is jy aan die werk van baie kunstenaars blootgestel. Hierdie is n ryk bron van inspirasie oor hoe kunstenaars materiale, toerusting en tegnieke gebruik het om hulself uit te druk. Kyk deur kunsboeke, besoek kunsuitstallings en gebruik die internet om voorbeelde van kunswerke te kry om jou te inspireer. Jy kan aansluit by Pictify en Pinterest om interessante voorbeelde te soek en om jou eie borde van kunstenaars te skep. Dit is belangrik om jouself bekend te maak met kontemporre ontwikkeliings in kunsgebruik. Baie kontemporre kunstenaars werk in n reeks media wat byvoorbeeld skilder, digitale werk en beeldhouwerk kan insluit volgens n spesifieke projek. Dit is belangrik om jouself bekend te maak met kontemporre ontwikkelings in kunspraktyk. Baie kontemporre kunstenaars werk in n reeks media wat byvoorbeeld skilder, dititale werk en beeldhouwerk volgens n spesifieke projek kan insluit. Dit is belangrik om jou eie kreatewe stem te ontdek. Die agt temas in hierdie hoofstuk is almal temas met oop eindes en maak voorsiening vir n wye reeks interpretasies in jou spesifieke praktiese opsie. Jou onderwyser sal die proses fasiliteer en verdere riglyne verskaf. Jy sal spesifieke instruksies ontvang oor die media, grootte, tegnieke, ens. Hierdie aspekte sal gebaseer word op die konteks van jou skool, hulpbronne, veld van spesialisasie en ander faktore. Enige gesespesialiseerde opsie kan perseptuele, ekspressiewe, konseptuele, simboliese, dekoratiewe en abstrakte benaderings insluit. Die estetiese kwaliteite van enige kunswerk is belangrik. Jy moet altyd die kunselemente en beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, spasie, ritme, balans, proporsie en komposisie oorweeg. Daar word aanbeveel dat jy n gespesialiseerde veld van fokus in Graad 12 volg om te verseker dat jy die materiale, gereedskap, tegnieke en prosesse wat daarmee geassosieer word verstaan en bemeester. Die estetiese kwalteite van enige kunswerk is belangrik. Jy moet altyd die kunselemente en beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, spasie, ritme, balans, proporsie en komposisie oorweeg. Dit beteken nie dat jy nie ander media en opsies kan verken en daarmee eksperimenteer om jou kreatiewe reis te verbreed en verryk nie, bv. n gespesialiseerde fokus op skilder kan ander opsies insluit soos n verkenning van driedimensionele- en nuwe media. Jy moet egter in gedagte hou dat jou finale uistalling steeds n koherente liggaam van werk verteenwoordig.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Praktiese gespesialiseerde opsies sluit die volgende in: (Verwys na Hoofstuk 1 in die Graad 10-teksboek vir verduidelikings oor verskillende media.) NB. Daar is geen spesifieke riglyne oor die gebruik van spesifieke media in die KABV nie. Kreatiwiteit en individualiteit word egter beklemtoon. Jou kunsonderwyser sal jou bystaan met tegniese kwessies wat verwant is aan die gebruik van media volgens jou expertise. Praktiese werk moet altyd ingelig word deur kontemporre kunspraktyke.

Teken Teken is n verpligte deel van alle praktiese opsies in Visuele Kunste en moet n belangrike deel van jou bronboek wees. As jy besluit om teken as medium vir jou kunswerk te gebruik, moet die werk n finale kunswerk wees en nie slegs n A4-tekening met n HB-potlood nie. Verwys na kunstenaars soos Diane Victor en William Kentridge vir uitstekende voorbeelde van tekeninge.

OR

BE

EL

375

Skilder Skilder is gewoonlik n tweedimensionele kunswerk gemaak in olies, akriel, waterkleure, ens. Jy het baie voorbeelde van skilderye in die teorie-afdeling bestudeer wat n verskeidenheid tegnieke toon. Gemengde media Gemengde media verwys na kunswerke wat n kombinasie van media gebruik soos teken, skilder, collage, ens. Baie kontemporre kunstenaars gebruik gemengde media om hulself uit te druk. Beeldhou Beeldhouwerk is n driedimensionele kunsvorm wat ruimte beslaan. Dit kan vrystaande of in relif wees. Beeldhouwerk kan gemodelleer wees (klei, was, ens.); gekerf (was, hout, polistireen, gips, papier, steen, ens.); gegiet (gebruik n gietwerk in gips, harpuis, papiermach, sement, ens.) of konstrueerde/ saamgestelde (gebruik verskeie materiale soos metale, hout en gevonde voorwerpe). Sketse en tekeninge is belangrik om te gebruik om idees te formaliseer, maar die maak van klein, growwe driedimensionele modelle en marquettes is ander maniere om idees in beeldhouwerk te ontwikkel. Baie beeldhouwerktegnieke benodig spesifieke toerusting wat gewoonlik nie beskikbaar is by skole nie, en dit kan raadsaam wees om eenvoudiger tegnieke te gebruik soos draadwerk, kleimodellering, konstruksies deur verskillende materiale te gebruik, ens. Wees ook bewus van die veilige gebruik van toerusting, materiale en tegnologie, byvoorbeeld gebruik beskermende handskoene en maskers om buite te werk met harpuis. Afdrukmaak Met die uitsluiting van mono-afdrukke, skep meeste adrukmaaktegnieke n afdruk wat verskeie kere reproduseer kan word. Relifafdrukke sluit houtsneewerke en linosnee in, terwyl intaglio-afdrukke gravering, etswerk en akwatinte insluit. Syskerm is n gewilde moderne afdruktegniek. Kunstenaars vervaardig beperkte uitgawes wat individueel geteken en genommer is, dus dit word aanbeveel om n kunstenaarsproef en n reeks genommerde afdrukke te maak. n Afdruk kan uit een of meer kleure bestaan.

VO

Kontemporre afdrukmaak kan ook X-straalafdrukwerk, digitale afdrukke, fotografiese mediums of n kombinasie van digitale, fotografiese en tradisonele prosesse insluit. Die gebruik van die verskillende afdrukmaaktegnieke hang af van die toerusting in die skool, byvoorbeeld n afdrukpress. Linosneeafdrukke en houtafdrukke is goeie opsies omdat jy sonder n afdrukpers afdrukke kan maak.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

n Leerder se installasie. Die leerder het haar eie karakters ontwikkel wat met saamgeperste houtskool op die bladsye van n ou boek geteken is. Verf is gebruik om kleur by te voeg. Die twee karakters was ou poppe wat met papiermach maskers en klere getransformeer is wat die leerder vir hulle gemaak het. Die mat is stukke breiwerk wat saamgestik is en gekleur is. Dit is n voorbeeld van hoeveel verskillende tegnieke en media gekombineer kan word.

376 Die werk van John Muafangejo en Azaria Mbatha is uitstekende voorbeelde van die gebruik van hierdie afdruktegnieke. Installasies Installasies is multimediakunswerke (twee- of driedimensioneel) wat dikwels ontwerp word vir n spesifieke plek om vir n periode van tyd genstalleer te word. Die kyker kan dikwels die spasie van die kunswerk ingaan om met die werk interaksie te h. Multi-media werk/nuwe media werk Multi-media kunswerke is deur kontemporre kunwerke wat n verskeidenheid media gebruik om die kyker op n ander manier as met konvensionele kuns aan te kan raak. n Multi-media werk verwys eerder na die verskeidenheid media wat deur kontemporre kunstenaars gebruik word wat verskil van die tradisionele/konvensioanle media soos olieskilderye en bronsstandbeelde. Dit sluit alledaagse materiale in wat in n kunskonteks gebruik word soos meel (Berni Searle), geroeste blikke (Jan van der Merwe), gekerfte boeke (Wim Botha), ens. Hierdie werke het gewoonlik n sterk konsepsuele basis. Dit kombineer ook dikwels visuele kunste met elemente van literatuur, drama, dans, film en musiek. Tradisionele kunswerke werk gewoonlik met sig, terwyl ander sintuie ook nou ingesluit word soos gehoor, reuk en aanraking. Hierdie werke kan soms beweeg of ontwikkel oor tyd om n proses te toon. Sulke kunswerke maak dikwels gebruik van gevorderde tegnologie soos elektronika of rekenaartegnologie. Dit sluit klank-, video-, animasie en interaktiewe media in. Soos met ander opsies moet die bronboek bewys toon van relevante bronmateriaal en konsep-ontwikkeling. Digitale werk moet duidelik gedokumenteer word storieborde, draaiboekaanwysings, rekenaarprogramme en die gebruik van applikasies. Fotografie Fotografie kan verdeel word in tradisionele donkerkamer- en digitale fotografie. Konsepontwikkeling is baie belangrik in fotografie en leerders moet die werk van visuele kunstenaars bestudeer wat met fotografie werk soos Roger Ballen, Hasan en Husein Essop, ens. Met tradisionele donkerkamerfotografie is dit belangrik om n stel van ten minste vyf fotos te maak en alle kontak-, toetsstroke en verslae van die proses in die bronboek te plaas. Met digitale fotografie moet jy ook n stel van vyf verskillende oorspronklike afdrukke produseer. Die digitale afdrukke moet op n disk in die bronboek geplaas word. Jy moet ook duidelik die program noem wat gebruik word, bv. Adobe Photoshop 7, ens. en hoe lank die program/me duur en hulle beperkings. Alle digitale sagteware prosedures moet ook aangeteken word. Hou n verslag van skermafdrukke om al die redigeerbesluite wat gemaak is te illustreer. Maak ook n lys van die gereedskap wat jy gebruik het om jou beelde te manipuleer, bv. aanpassings gemaak, filters gebruik (verwring, geraas, lewering, skets), ens. n Belangrike deel van die visuele kunste proses is die aanbieding van jou werk. Jou onderwyser sal jou lei en vir jou spesifieke vereistes gee. Grafiese afdrukke en fotos, byvoorbeeld, moet gewoonlik netjies gemonteer word met duidelike afbakenings.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

377

Praktiese temas

Die volgende agt temas is almal temas met oop eindes wat op n wye verskeidenheid maniere genterpreteer kan word as deel van jou spesifieke dissipline.

As jy nie die hitte kan hanteer nie, bly weg uit die kombuis.
Tema: Die kombuis

Harry S. Truman

George Pemba, The Gossip and the Hearth, 1993. Olie op doek.

VO

Die kombuis is n vertrek of area waar kos voorberei en gekook word. Die kombuis het ontstaan as n vuurherd of hearth waar kos gekook is. Die vuurherd is al vir baie eeue die sentrale kenmerk van n huis. Die moderne kombuis is gewoonlik toegerus met n stoof, n opwasbak met lopende water, n yskas en kabinette of rakke om kos, eetgerei, potte, borde, ens. te stoor. Ander elektriese toebehore sluit n mikrogolfoond, n skottelgoedwasmasjien, voedselverwerkers, ens. in. Die hooffunksie van die kombuis is die voorbereiding en kook van kos, maar dit word ook gebruik vir eet, storing, skottelgoedwas en wasgoed. Die kombuis word dikwels die hart van die huis genoem en dit is n gedeelde en sosiale spasie in n huis waar familielede interaksie het. Die kombuis kan ook beskou word as n laboratorium aangesien baie voedselvoorbereiding met wetenskap te doen het. Dit sluit biologie, chemie en fisika in. Daar is ook kunssinnigheid daaraan verbonde om kos aantreklik vir verbruik te maak. Die kombuis spreek ook sterk van kultuur. Verskillende kulture wreldwyd het hul eie voedseltradisies en gaan op n daaglikse basis voort met hierdie tradisies deur tradisionele geregte te kook. Familietradisies speel ook n rol, byvoorbeeld ouma se resepte word nog gebruik. Die kombuis is tradisioneel vroue se domein, maar baie moderne vroue is teen die idee gekant dat slegs hulle in die kombuis moet wees.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

378 Daar is baie kunswerke wat verwant is aan die kombuis:

VO
Andy Warhol, Campbells Soup Can, 1964. Syskerm. VISUele kunste GRAaD 12

OR
Daniel Spoerri, Kichkas Breakfast I, 1960. Houtstoel aan n muur gehang met bord oor die sitplek, koffiepot, tuimelaar, porselein, eierhouers, eierdoppe, sigaretstompies, lepel, blikke op tafel. Subodh Gupta, Still Steal Steel #1, 2007. Olie en emalje op doek. Richard Hamilton, She, 1958. Olie op doek.

BE

EL

Jean-Baptiste-Simeon Chardin, The Kitchen Maid, 1740. Olie op doek.

Diego Velazquez, Old woman frying eggs, 1618. Olie op doek.

379
Kiki Smith, Kitchen, 2005. Installasie. In hierdie installasie het Smith huishoudelike voorwerpe gebruik soos terracotta-bekers, kruike en bakke, koringare, porseleineiers, matkloppers, mandjies en besems om n eenvoudige kombuis uit die geskiedenis te skep. Die vroulike figuur is sentraal in hierdie installasie en spreek van hoe vroue tradisioneel in die kombuis ingekokon was, maar na die buitewreld gesmag het.

Zeger Reyers, Rotating kitchen, 2009. Installasie. Die werk het bestaan uit n kombuis in n boksagtige struktuur. n Vrou berei kos voor. Die kombuis begin stadig teen 360 grade te draai en weens dit, word die kombuis verwoes. Dit spreek van hoe natuurlike kragte n uitwerking kan h op ons geordende huishoudelike lewens, maar dit kan ook op n meer simboliese manier vertolk word.

VO
Willie Bester, Primus, 2003. Olie op doek op bord. Dorothy Mavata, Portrait of Annie Mavata, 1946. Olie op doek..

Hierdie tema kan verskeie interpretasies h. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van KOMBUIS te lewer.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

380 Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van kombuis: Die kombuis en die aktiwiteite soos skil, kap, kook, skottelgoed was, ens. Voorwerpe en kos wat in die kombuis aangetref word. Die kombuis as n plek van familie-interaksie. Simboliese interpretasies. Sosiale kwessies huishoudelike werk as die enigste keuse vir baie vroue, uitbuiting, ens. Geslagskwessies is die kombuis die plek vir n vrou? Kultuur en tradisie Kos Metaforiese gebruik van kombuis, kook of om te kook. Die wreld is n kombuis. Prosesse soos gekook, verhit, weer verhit, diep gevries, weggegooi, gelaat om te verrot, ens. Skep n kunswerk waar jy stories, idees, emosies en gedagtes verwant aan die kombuis deel.

n Kinkel op n stillewe Mevrou Beeton het een van die eerste gepubliseerde kookboeke, Mrs. Beetons book of household management tydens Victoriaanse Engeland geskryf. Een van die eienaardigste resepte in die boek is vir Parrot pie (Papagaaipastei). Die resep is vir 12 mense.
12 Parkiete

6 Dun snye maer beesvleis 4 Repe spekvleis 3 Hardgekookte eiers

OR
t fyn gekapte pietersielie t gedroogde pietersielie Fyn gerasperde suurlemoenskil Sout en peper Skilferdeeg Meel

BE
Metode: Bedek met pietersiele tevore; *

EL
Berei die vols voor en maak hulle op soos n kwartel of enige ander klein vol. Voer n pasteibak uit met die beesvleis, plaas 6 Parkiete oor dit, plaas snye eier tussenin, pietersielie en suurlemoenskil, bestrooi liggies die spekvleis in met meel en geur met sout en peper. gesny, voeg die res van die vols met sout en peper, en sprinkel met vul en die suurlemoenskil bak driekwart soos repies bo-op, voeg snye eier tussenin, geur koue water, bedek met skilferdeeg en bak in n oond. Parkiete is klein, tropiese met papegaaie met lang sterte.

VO
George Flegal, Large food display, 1630. Olie op doek. VISUele kunste GRAaD 12

n Mens kan die bestanddele van hierdie resep neem en die visuele bronne vir elke item opspoor. In sommige gevalle kan jy terugkeer na die oorspronklike bron. Die lys sal die volgende insluit: parkiete, snye beesvleis (n bul), spekvleis (n vark), eiers, pietersielieplant, suurlemoene, sout- en peperpotjies, sak meel (graan) en n blok botter (vir skilferdeeg). Hiermee kan n mens n komposisie vir n stillewe skep waar al die komponente n gereg sal skep! Kombuistoebehore en -gereedskap soos eierkloppers kan ook ingesluit word. Jy kan nou jou eie resep opspoor om n watertand-stillewe te skep. Die resep kan vir iets ongewoon wees, soos skilpadpastei, of dit kan fiktief of n gunsteling familieresep wees.

381

Tema: Water

Water is die dryfkrag van die ganse natuur. Leonardo da Vinci

Water bedek 71.5% van die aarde se oppervlak en is noodsaaklik vir alle bekende lewensvorms. Van die aarde se water word 96.5% in oseane aangetref. Veilige drinkwater is noodsaaklik vir mense en ander lewensvorms.

VO

Water word as n reiniger in meeste godsdienste beskou. Dit word ook met vrugbaarheid en lewe soos in ontelbare skeppingsmites geassosieer waar lewe ontstaan het vanwe oeroue water. Die antieke Grieke het water ingesluit as een van die vier klassieke elemente saam met vuur, aarde en lug. Die antieke Grieke het water ook beskou as n argetipe vir verandering en van metamorfose as gevolg van die krag van oorgang van vloeistof tot n soliede vorm en waterdamp. Water speel n belangrike rol in meeste godsdienste soos Christelike doopplegtighede of die was van sekere liggaamsdele voor die vyf daaglikse gebede in Islam. Die Hindoes plaas belangrikheid op hul rituele baaiery in die Gangesrivier.

OR

Water, s.nw. deurskynende, kleurlose, smaaklose, reuklose vloeistofsamestelling van suurstof en waterstof omskepbaar deur hitte tot stoom en deur koue tot ys; vorm oseane, riviere, ens.; val as ren; vloei uit fonteine; dit word verskaf vir huishoudelik gebruik.

BE
Gerard Richter, Seascape (Cloudy), 1969. Olie op doek.

EL

D
William Kentridge, Felix Crying, 1998 1999. Houtskool, pastel en gekleurde potlood op papier. VISUele kunste GRAaD 12

382 Water kan simbolies verdeel word in vars/goeie water en swak/besoedelde water. Vars/goeie water verteenwoordig genesing, suiwerheid en reininging, terwyl slegte water swak gesondheid simboliseer. Oseane is bekend vir hul onvoorspelbaarheid en onbeheerbaarheid. Hulle is ook plekke van misterie en towerkuns. Water het die tweeledige eienskappe van verfrisser en verwoester. In groot hoeveelhede, soos in die see, het water n krag wat lewe en goeie orde kan verwoes. Water is vernietigend wanneer vloede en getygolwe plaasvind. Water is een van die bekendste oplosmiddels en mense en diere gebruik water om te help om vuilheid van hul liggame te verwyder. Om jouself te bad of te was is n private handeling. Dit is egter dikwels meer as om jouself net te reining, dit word n ritueel. Die betekenisse aan bad en om te bad is menigvuldig van eenvoudige ablusies tot reinigings en vrugbaarheidsrituele; towerkuns; genesing; eenheid met die natuur en die openbare bad, insluitend die spa. Om n bad in n droom te neem kan jou behoefte voorstel dat jy sommige vorm van reiniging of verandering van dinge in jou daaglikse lewe moet ondergaan. Om te bad verteenwoordig die wegwas van daardie dinge wat moeilik of ontstellend is; om die ou en nuttelose en vooroordeel te laat vaar. Hierdie droom is dikwels n roepwek om te ontspan, om jou brein te bevry van daaglikse probleme.

Kunstenaars het water op verskillende maniere genterpreteer:

VO
Claude Monet, Water lilies, 1908. Olie op doek. William Turner, A Storm (Shipwreck), 1823. Waterverf. VISUele kunste GRAaD 12

OR
Valerie Hegarty, Niagara Falls, 2007. Skuimmiddel, papier, verf, jelmedium en gom. Victor Hugo Zayas, Tsunami, 2011. Olie op papier.

BE

EL

383

William Kentridge, Tide Table, 2003. Produksiestilbeelde van 35 mm geanimeerde film.

VO
Bill Viola, Dissolution, 2005. Videostilbeeld. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Frida Kahlo, What the water gave me, 1938. Olie op doek.

384

Penelope Siopis, Still waters, 2009. Ink en gom op doek.

Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van water: n Atmosferiese interpretasie van water deur die gebruik van kleur en die maak van merke. n Ondersoek na die weerkaatsende eienskappe van water. Dink aan die mite van Narcissus wat verlief geraak het op sy eie weerkaatsing en in die water geval het en verdrink het. Die wesens wat in die water woon. Gebruik water as n verhoog om aspekte van menslike bestaan en interaksie te beklemtoon deur figure, diere en/of mensgemaakte strukture in te sluit. Die dualisme van water onderhou lewe versus die vernietigende kragte daarvan. Simboliese interpretasies soos reiniging, genesing, ens. Godsdienstige simbolisme soos belydenis, doop, vergifnis, ens. Transformasie van water van ys tot vloeistof tot stoom. Was en skoonmaak van die liggaam en/of ander items. Dink aan wasbakke, baddens, storte, ens. Verken die eienskappe van water in inkwasse, waterverf en/of akwarelle.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van WATER te lewer.

BE

EL

385

Tema: Skaduwees

Ons skaduwees was op die gras. Hulle het die bome voor ons bereik. Myne het eerste daar uitgekom. Toe het ons daar gekom, en toe is die skaduwees weg.
William Faulkner, The sound and the fury

VO

William Kentridge, Shadow procession, 1999. Stilbeelde van animasie.

Waar daar lig is, moet daar skaduwee wees, waar daar skaduwee is, moet daar lig wees. Daar is geen skaduwee sonder lig nie en geen lig sonder skaduwee nie. Huraki Murakami, Japanese novelist

Skaduwee, s.nw. Die growwe beeld wat deur n voorwerp gegooi word en wat die strale van verheldering blokkeer; n onvolmaakte namaaksel of kopie; n skadu-area in n prent of foto; n spielbeeld of weerkaatsing; n skim; n spook. Geskadu of oorskadu beteken om n skaduwee te gooi; om somber of donker te maak; wolk; om vaagweg voor te stel, misterieus of profeties; om donker te maak in n skildery of tekening; om in te skadu; om te volg, veral in die geheim; roete.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

386 Die antieke Grieke het vertel hoe voorstelling in skilder begin het gedurende die aftrek van n skaduwee toe n jong meisie die geprojekteerde vorm (skaduwee) van haar slapende minnaar op die muur afgetrek het om sy beeld en herinnering te bewaar. n Skaduwee reageer op die voorwerp se ligging relatief tot die posisie van lig. Hoe nader die lig aan die voorwerp is, hoe groter sal die beeld voorkom wat gegooi word. Hoe duideliker en helderder die straal lig is, hoe skerper die kante en hoe donkerder kan die skaduwee voorkom. Hoe flouer die lig is, hoe sagter kan die skaduwee voorkom. Indien die ligbron bestaan uit veelvuldige strale of indien lig afgebons word van n sekondre bron of weerkaatser, ondervind jy waarskynlik baie beelde wat deur die voorwerp se skaduwee gegooi word. Die teenoorgestelde van skaduwees is lig. Almal het n skaduwee. In sommige primitiewe stamme stel die skaduwee die siel of gees van die persoon voor. In sielkunde verteenwoordig die skaduwee ons alterego en G.J. Jung het die term skaduwee gebruik om die primitiewe en instinktiewe kant van die individu in te sluit.

In visuele kuns funksioneer skaduwees om n sin van spasie en volume in n tweedimensionele werk te gee. Skaduspel of poppespel het n lang geskiedenis van storievertel in baie kulture wat gebruik maak van uitgesnyde figure wat tussen n bron van lig en n deurskynende skerm gehou word. Verskeie effekte kan verkry word deur die marionette en die ligbron te beweeg. n Talentvolle poppemeester kan dit laat lyk of die figure stap, dans, baklei, knik en lag. Die skaduwee kan gebruik word as n metafoor vir die donkerder kant van die individu, asook vir die samelewing. Op sekere tye in die geskiedenis, soos Apartheid in Suid-Afrika, is n donker skaduwee oor die samelewing gegooi. Ons kan dinge identifiseer wat skaduwees in ons samelewing is omdat hulle die lig versper, soos Vigs, armoede, misdaad, ens.

VO
Avhashoni Mainganye, Heart of the oven, 1981, Houtsnee. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

D
Komar and Melamid, Origins of socialist Realism, 1983. Olie op doek.

387

Wilma Cruise, Three Shades (The bully Boys I, II, III), 1992 1993. Keramiek en gietmetaal. Hierdie onpersoonlike figure toon die brutale mag van manlike onderdrukkers tydens Apartheid aan.

OR VO

BE
Marlene Dumas, Blindfolded (from a series of work), 2001. Inkwas op papier. Diane Victor, Missing Children, 2005 2006. Rook op papier. Diane Victor het in hierdie werk n reeks beelde van vermiste kinders geskep. Sy het hierdie beelde geskep deur merke op die papier te maak deur die roet van n brandende kers te gebruik. Die kinders dryf soos skaduwees op die papier en is die skaduwees van die samelewing se skande. VISUele kunste GRAaD 12

EL

388

Kara Walker, Slavery, Slavery, 1997. Detail van die 360 grade installasie van swart silhoeetfigure. Kara Walker, n Afro-Amerikaanse kunstenaar gebruik silhoeetfigure wat uit swart papier gesny is om hierdie installasie te skep. Die tegniek van swart silhoeetportrette was gewild tydens die Victoriaanse tye. Walker skep denkbeeldige beelde van slawerny in die Amerikaanse Suide voor die Amerikaanse burgeroorlog om kommentaar te lewer oor rasseverhoudings.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Tim Noble and Sue Webster, Real life is Rubbish, 2002. Gevonde voorwerpe en lig. Hope gemors met lig wat teen hulle geprojekteer word, skep n skadubeeld wat heeltemal anders is as wanneer n mens direk na die hoop gemors kyk.

OR
Christian Boltanski, Shadow Theatre, 1984. Metaalfigure met ligte.

Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van SKADUWEES te lewer. Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van skaduwees: n Formele ondersoek oor lig en skaduwees in verteenwoordigende werk, byvoorbeeld in figuurstudies, stillewes of enige ander onderwerp. Skaduwees in die samelewing. Dink aan gebeure en kwessies wat die lig in die samelewing uitblok, soos armoede, misdaad, ens. Die dualiteit tussen die lig en die skaduwee. Enige ander oplossings wat skaduwees ondersoek en uitbeeld.

BE

EL

389

Tema: Ligaam, brein en siel


Leonardo da Vinci het ges dat hy

die brein aangaan.

die menslike figuur gebruik om te wys wat in

LIGGAAM

BREIN

Die menslike liggaam bestaan uit n kop, nek, bolyf, twee arms en twee bene, asook verskeie interne orgaangroepe wat asemhaling en bloedsomloop beheer asook n sentrale senuweestelsel. Die menslike liggaam is die plek waarin die brein en die siel woon. Dit is die buitenste laag wat gevoed word deur lug, water, kos en dit het rus en slaap nodig. Die studie van die struktuur van die liggaam word anatomie genoem.

OR
EK DINK

VO
Fisiese vorm EK IS

BE
Die brein is die denkende en waarnemende fakulteit soos onderskei van die liggaam. Dit is die aspek van intellek en bewussyn wat ondervind word in kombinasies van gedagtes, persepsies, herinneringe, begeerte en verbeelding, insluitend alle onbewuste kognitiewe prosesse. Die siel in baie godsdienste, spirituele tradisies en filosofie is die spirituele en ewige deel van n menslike wese; wat oor die algemeen as apart van die liggaam beskou word. Die siel is die onstoflike deel van die mens wat as onsterflik beskou word en as die orgaan van emosie, gedagtes en begeerte. Gedagtes en idees Emosies en gevoelens EK VOEL
VISUele kunste GRAaD 12

EL
Mohua Modisakeng, Qhatha II, 2010. Fotos

D
SIEL

390 Die menslike vorm is regdeur die geskiedenis van kuns die dominante tema wreldwyd. Vir eeue was die vermo om die liggaam te kan teken die maatstaf van artistieke vaardigheid. Die liggaam in kunsvorms is dikwels die manier om gedagtes, idees, emosies en ondervindings uit te druk.

Lucien Freud, Double Portrait, 1990. Olie op doek.

Philip Rikhotso, Untitled, 2004. Hout en verf.

VO
Jackson Hlungwani. Open Arms Shaman, 1989. Hout. VISUele kunste GRAaD 12

Rikhotso skep fantasiefigure met hul oorsprong in Tsonga-mites en legendes. Rikhotso glo dat daar n tyd was toe mense meer spirituele magte gehad het, maar weens die infiltrasie van die gewilde mediakultuur het meeste mense hierdie magte verloor. Sy figure uit die mites en legendes lei tot die skep van persoonlike, spirituele beelde.

OR

BE
Jackson Hlungwani. Adam and the birth of Eve, 1989. Ntoma-hout. Jackson Hlungwani. Large Crucifix and star, 1990-1992. Hout, potlood en houtskool.

Jackson Hlungwani se keuse van onderwerpe is gelei deur sy spirituele oortuigings.

EL

Johann Louw, Bending Figure on stool, 2002. Olie op doek.

391

Adam Letch, Leaving the body, 2002. Fotografiese emulsie op papier.

Basters

VO

Baie kunstenaars, soos Jane Alexander, het basters geskep om idees oor mense uit te beeld. Oorweeg dit om dieredele of ander voorwerpe te gebruik om simboliese interpretasies van die Liggaam, Brein en Siel uit te beeld.

n Leerder het hierdie baster geskep met die kop van Dolly, die eerste gekloonde skaap, om n stelling teen kloning te maak.

OR

Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van die liggaam, brein en siel: Gebruik n reeks werke of n triptiek om die liggaam, brein en siel uit te beeld. Gebruik die menslike figuur op verskeie maniere om die liggaam, brein en siel uit te beeld. Interne/eksterne liggaam. Gebruik voorwerpe om die liggaam, brein en siel te simboliseer. Siel of spiritualiteit. Oorweeg die gebruik van simbole soos basterfigure met dieredele om sekere idees oor te dra. Vind maniere om die ontasbare voor te stel, byvoorbeeld gedagtes, idees, spirituele idees soos abstraksie, fragmentasie, ens. Die kombinasie van fisiese vorms met gedagtes en idees, asook emosies en gevoelens. Jou eie interpretasie.

BE

EL
n Baster wat deur n leerder geskep is.

Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van LIGGAAM, BREIN EN SIEL te lewer.

VISUele kunste GRAaD 12

392

Tema: Versperrings

Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse hout, staaldraad, lint en rubberbinneband.

VO
Henrique Oliveira, Tapumes, 2009. Laaghout en PVC. Oliveira skep massiewe ruimtelike installasies wat n kombinasie is van argitektuur, skilderwerk en argitektuur. VISUele kunste GRAaD 12

OR

n Versperring of grens is n fisiese struktuur soos n reling, muur of heining wat beweging of toegang belemmer. Ons bly dikwels in huise wat versper word deur heinings en sekuriteitstelsels om ongewensde persone uit te hou, maar dit beperk ook die bewegings van die inwoners. Natuurlike versperrings sluit berge en riviere in. Beroemde mensgemaakte versperrings sluit die Groot Muur van China en die Berlynse muur in. Ander grense sluit die klankgrens in wat die punt is waarteen n vliegtuig van tronsoniese tot supersoniese spoed beweeg. Daar is ook beperkings of grense wat deur mense geskep word wat vooruitgang en of toegang in bedwang hou of belemmer. Sulke sosiale grense sluit taal, klas, ras, geslag, ens. in. Gebreke word dikwels as versperrings beskou.

BE

EL

393 n Versperring is dus n obstruksie. Dit skep n grens of n omheining. Die teenoorgestelde van n grens is n opening. Fisiese versperrings, soos om vasgevang of beperk te word, byvoorbeeld, is tronke of hokke.

Al Anutsui, Duvor (Communal Cloth), 2007. Aliminium en koperdraad.

Kendell Geers, Hanging Piece, 1993. Installasie.

Veiligheidswagte en uitsmyters by nagklubs vorm versperrings om mense te verhoed om n gebied of plek in te gaan.

VO
Andries Botha, History has an Aspect of Oversight in the Process of Progressive Blindness, 2004. Installasie. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Versperrings kan enigiets beteken wat te doen het om vasgekeer of ingeperk te wees, of nie in staat te wees om iets te bereik nie, of dit fisies of sielkundig is. Dit kan selfs sielkundige grense beteken; dit kan goed wees soos stres, wat sommige mense dink n versperring is wat hul keer om gelukkig en vry te wees. Versperrings kan jou keer om iets te behaal. Grense beskerm jou en jou eiendom.

394

Francis Bacon, Figure in Motion, 1985. Olie op doek.

Let op hoe lyne en vorms versperrings in hierdie twee werke skep.

VO
Michael Subotzky and Patrick Waterhouse, Ponte City: Windows (detail), 2008 2010. Fotos. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL
Kagiso Pat Mautloa, Faces, 2001. Akrielverf, hout en gevonde voorwerpe op laaghout.

395

OR VO
Walter Oltmann, Caterpillar Suite I, 2007. Metaaldraad.

Mense wat deur grense gesoleer word, byvoorbeeld hawelose mense, mense met gebreke, gevangenes, ens. Beperking van vryheid, byvoorbeeld diere in dieretuine. Emosionele grense. Jou private en openbare gesig grense wat jy skep om jouself te beskerm. Sosiale versperrings. Watter grense skep jy? Abstrakte gebruik van versperrings deur die gebruik van kleur, lyn en vorm. Abstrakte gebruik van verskillende grense. Ware versperrings deur asetaat, plastiek of enige ander materiaal te gebruik wat n grens vorm en besigtiging belemmer.
VISUele kunste GRAaD 12

BE

EL
Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van VERSPERRINGS te lewer. Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van versperrings: Fisiese versperrings soos heinings, relings, ens. Wat is binne en wat is buite?

396

Tema: Klere

Judith Mason, The Man who Sang and the Woman Who kept Silent (Deel van Blue Dress-reeks wat in die Konstitusionele Hof in Johannesburg uitgestal word), 1998. Gemengde media.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Hierdie twee stukke vorm deel van n triptiek wat Judith Mason gemaak het na sy geluister het na radioverslae van die Waarheids- en Versoeningskommissie se verhore. Hierdie kunswerk is n huldeblyk aan twee vryheidsvegters wat deur die sekuriteitspolisie tereggestel is. Een was Herold Sefola, wat, soos Mason s, toestemming gevra het om Nkosi Sikelel iAfrica te sing voor hy geskiet is. Die ander persoon was n vrou, Phila Ndwande, wat gemartel en kaal aangehou is vir 10 dae en toe in n knielende posisie doodgemaak is. Voor Ndwande doodgemaak is, het sy n onderbroekie vir haarself gemaak van n blou plastieksak om haar kuisheid en waardigheid in ere te herstel. Ndwande se liggaam is kaal in n vlak graf gekry, met die dun stuk plastiek wat steeds haar privaatdele beskerm het. Mason is so geroer deur haar tragiese storie dat sy n rok van blou plastieksakke gemaak het waarop sy n teks geskryf het: Suster, n plastieksak is dalk nie die hele wapenrusting van God nie, maar jy het gestoei met vlees en bloed, en teen magte, teen die heersers van donkerte, teen spirituele boosheid in ongure plekke. Jou wapens was jou stilte en n stuk gemors.

Klere maak die mens. Kaal mense het min of geen invloed op die samelewing
- Mark Twain

Klere verwys na enige bedekking van die menslike liggaam wat aangetrek kan word. Die draer van klere is eksklusief n menslike eienskap en is n kenmerk van byna alle menslike samelewings. Die hoeveelheid en soort klere wat gedra word, hang af van funksionele oorwegings (soos n behoefte aan warmte of beskerming teen die elemente) en sosiale oorwegings. In sommige situasies kan die minimum hoeveelheid klere (soos om n mens se genitalie te bedek) sosiaal aanvaarbaar wees, terwyl baie meer klere van ander verwag word. Klere kan dien as beskerming teen die elemente. Klere kan ook veiligheid tydens gevaarlike aktiwiteite soos staptogte of kook verskaf, deur n grens te bied tussen die vel en die omgewing. Klere kan ook n higiniese versperring wees, deur toksienes weg van die liggaam te hou en die oordrag van kieme te beperk.

OR

BE

EL

397

Graeme Balchin, Interpretations of Uniformity, Olie op doek.

VO
Jan van Eyck, Arnolfini wedding, 1434. Olie op paneel. George Pemba, Portrait of a young Xhosa woman, 1946. Waterverf. David Hockney, Mr and Mrs Ossie Clark, 1971. Akriel op doek. VISUele kunste GRAaD 12

OR

Klere verrig n reeks sosiale en kulturele funksies, soos individuele, beroeps- en seksuele differensiasie en dit kan ook sosiale status aandui. n Uniform, byvoorbeeld, kan burgerlike outoriteitsfigure identifiseer, soos polisie- en militre personeel, of dit kan span-, groep- of politieke verbintenisse identifiseer. In baie samelewing, weerspiel norms oor klere standaarde van kuisheid, godsdiens, geslag en sosiale status. Klere kan ook funksioneer as n vorm van versiering en n uitdrukking van persoonlike smaak of styl.

BE

EL

398 In baie skilderye beeld die klere die historiese tydperk van die kunswerk en die status van die figure uit.

Die tegniek van kunstenaars om materiale en draperings weer te gee, word ook bewonder.

VO
Frida Kahlo, Two Fridas, 1939. Olie op doek. Yinka Shonibare, Three Graces, 2001. Drie lewensgrootte veselglasmannekyne, Hollandse wasgedrukte katoen. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Rembrandt, Saskia as Flora, 1635. Olie op doek.

Pierre August Renoir, La Loge, 1874. Olie op doek.

Lucien Freud, Bella, 1986 87. Olie op doek.

399 Baie kunstenaars het klere gebruik om kommentaar te lewer oor n verskeidenheid kwessies. Verwys na Hoofstuk 6 oor identiteit en Hoofstuk 9 oor geslagskwessies vir baie voorbeelde.

Zanele Muholi, Martin Machepa, 2006. Foto.

Mary Sibande, They dont make them like they used to do, 2009. Digitale afdruk.

Jacques Coetzer, Coloured Prayers, 2011. Installasie. Hierdie kunswerk het die beeld van wasgoed wat in die wind gehang word, herskep. Dit dui die huishoudelike lewe aan en verbind mense met die landskap. Volgens Coetzer kan wasgoeddrade, soos gebedsvlae, denkbeeldig genterpreteer word om persoonlike boodskappe aan die wind te stuur. Die klere in hierdie installasie is eens gedra deur mense van die Cloetesville-township buite Stellenbosch.

VO
Sue Pam Grant, Bathing suit, 2005. Afdruk.

Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van KLERE te lewer. Onthou dat hierdie nie n modeontwerp-opdrag is nie, maar n visuele kuns-opdrag wat een of ander kwessie moet aanspreek. Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van klere: Klere as versiering, skoonheid, ens. Klere as uitdrukking van sosiale kwessies, byvoorbeeld klas, armoede, geslag, ens. Klere as simbole van gesag, byvoorbeeld uniforms. Klere wat byvoorbeeld onskuld uitdruk. Klere wat na fantasie verwys. Enige ander interpretasies.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Elsabe Laubser, Just Perfect - Self Portrait, 2002. Papierpoppe.

400

Transformeer klere in kuns Die volgende voorbeelde is van werke deur leerders wat regte klere in kuns omskep het. Eenvoudige tegnieke kan gebruik word om die klere styf te maak. Druk koerantpapier in die kledingstuk om die verlangde effek te verkry. Maak n mengsel van meel, n klein bietjie water en baie houtgom. Bedek die klere met n dun laag van hierdie mengsel en laat dit toe om droog te word. Jy kan dan daarop verf. Die voorbeeld aan die linkerkant is geskep deur skoolnotas saam te stik, terwyl die skoolrok aan die regterkant styfgemaak is met harpuis en dit is met roesverf behandel.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

Ander voorbeelde:

401

Tema: Vel

Andrew Verster, Skin Markings, 2006. Installasie met sneespapier wat met was gelamineer is.

OR VO

BE

EL
Ons is almal mense in een liggaam, in een vel. Andrew Verster.
Vel, s.nw. buigsame, aaneenlopende bedekking van die liggaam of een laag daarvan; skil; gelaatskleur; pels of afgeslagte dier of materiaal wat daarvan gemaak is. Die vel is die liggaam se grootste orgaan. Die menslike vel is n versperring wat belangrike beskerming bied teen virusse, bakterie en ultraviolet radiasie. Dit is ook n individuele klimaatsbeheerstelsel van ongeveer 650 sweetgaatjies per 2.5 cm. As die vel verwyder kon word en snags in n kas gehang word, sou dit bestaan uit n laag materiaal amper papierdun in sommige areas wat ongeveer twee meter lank sou wees. n Mens kan aan vel dink as n fisiese werklikheid wat jou in die omgewing definieer.
Diane Victor, Strip. 1999. Houtskool en pastel op papier. VISUele kunste GRAaD 12

402

VO
Andrew Verster, Tattoo Boy II, 2006. Ink op papier. Langa Magwa, New Identity (Barcode), 1998. Koeivel. Nandipha Mntambo, Silent Embrace, 2007. Digitale afdruk op katoenlappapier.

Baie mense beskou dit as n doek om versier te word met tatoermerke, insnydings op die vel en ander merke om groeplidmaatskap of skoonheid oor te dra of om oorgangsrituele aan te dui. Dink aan die slagoffers van die atoombomme in Hiroshima en Nagasaki. Skilders is nog altyd daarin genteresseerd om die vel uit te beeld.

VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

Vel is egter meer as wat hierbo genoem is mense word dikwels geoordeel volgens die kleur van hul vel en daar is verskillende kulturele norme oor die hoeveelheid kleur wat gewys kan word, byvoorbeeld Moslemvroue wat hul vel moet bedek. Aan die ander kant definieer die uitermatige wys van vel die seks-industrie. Soos ons ouer word, begin ons vel verrimpel en hang.

EL

Shiran Neshat, Allahs women. 1996. Gelatien op silwerafdruk.

Pieter Hugo, Gloria Phungule, Durban, 2005. Foto.

Jenny Saville and Glen Luchford, Closed Contact, 1995 1996. Foto geneem van liggaam wat teen Plexiglas gedruk is.

403

Anton Karstel, J.G. Strijdom,

Chuck close, Self-portrait, 1997. Olie op doek.

Phillipe Pasqua, Untitled, 2005. Olie op doek.

Tony Sherman, Bonaparte dreaming of Napoleon, 1998-1999. Brandskilderkuns op doek.

OR

VO

Hierdie drie werke vorm deel van n reeks yslike portrette van Napoleon Bonaparte wat op belangrike stadiums van sy lewe uitgebeeld word. Napoleon het lank voor die aanbreek van fotografie geleef en Sherman lewer n metaforiese kroniek van Napoleon se lewe deur slegs die beeld van sy gesig te wys.

Berni Searle, Discoloured, 1999 2000. Reeks fotos. deur verskillende dele van die liggaam te vlek, veral kwesbare dele van die liggaam, met Egiptiese swart henna. Hierdeur beklemtoon Searle die opvattings van swartheid. Die henna verleen ook n gevoel van kneusing van die vlees en verwys na trauma.

BE
Tony Sherman, Bonaparte: Waterloo 18.6.1815, 1995-1997. Brandskilderkuns op doek. Tony Sherman, Napoleons Last Shave: St. Helena, 1995-1997. Brandskilderkuns op doek. VISUele kunste GRAaD 12

EL

404 Die menslike vel en die sintuig van tas bied mense n manier om fisies en emosioneel met mekaar te skakel. Tas word beskou as n manier om genesing te bevorder en om immuniteit te versterk. Vel kan ook verwys na dierevel of om n dier te slag. Vel kan ook verwys na die vel wat vorm op melk of vla. Ander vloeistowwe vorm dikwels n vel.

Alberto Burri, Sack 5P, 1953. Gemengde media en collage. Die wonde en littekens van Burri se werk bevat herinneringe aan sy vroere beroep as n dokter in n krygsgevangenekamp tydens die Tweede Wreldoorlog.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van VEL te lewer. Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van vel: Vel om enige kwessie uit te druk, soos vooroordeel, ens. Die veroudering van vel. Vel as identiteit. Vel wat ondervindings en lyding aandui. Teksture van vel. Vel as beskerming. Stel vel op verskillende maniere voor. Enige ander interpretasies.

OR

Daar is baie gesegdes wat met vel verbind word, soos: Spring uit jou vel Red jou bas Dik- of dunvellig Verander van huid (metamorfose) Bre rieme uit n ander se vel sny Die vel oor die ore getrek Skoonheid is net veldiep

BE

EL

D
Andries Botha, Rupture, 2001. Deur sy gebruik van verskillende media, het Andries Botha n brose, fisiese membraan geskep om vel te ontlok.

405

Tema: Groen

Mbongeni Buthelezi, Skipping, 2007. Plastiek op plastiek.

Buthelezi skep sy skilderye deur stukke plastiek te smelt met n hittegeweer op plastiek om oppervlaktes met subtiele skakerings en kleure te skep. Deur die herwinning van papier, toon hy sy bewustheid van omgewingsprobleme.

Die hele wreld het groen geword! Groen het die nuwe modewoord geword omdat die aarde se hulpbronne kwyn weens aardverwarming, vervaardiging en verbruik. Mense is nou meer besorgd oor omgewingskwessies en om die aarde vir hul kinders te beskerm. Om groen te gaan behels n leefstyl wat gebaseer is op volhoubaarheid en herwinning. Groen word geassosieer met lente en verwys na hergeboorte en hoop omdat die lente met al sy beloftes uit die winter ontstaan. Groen is dus die kleur van die natuur, vrugbaarheid en lewe. Groen spreek van groei en harmonie. Groen is slegs in die tweede plek n blou in die spasie wat dit opneem in die spektrum. Op die kunstenaar se palet word groen voorgestel deur Chromium Green Oxide, Viridian, Cobalt Green, Pthalo Green en Green Earth.

VO
John Constable, The Cornfield, 1826.Olie op doek.

OR

BE

EL

D
Vincent van Gogh, Landscape at Saint-Remy, 1889. Olie op doek. VISUele kunste GRAaD 12

406

Daar is n dubbelsinnigheid ten opsigte van groen. Hoewel dit nuwe lewe aan die een kant simboliseer, is dit ook die kleur van agteruigtang soos muf op ou brood. Groen word ook geassosieer met jaloesie en afguns (die groenoog-monster). Hoewel groen geassosieer word met gesondheid, is dit ook die kleur van gif en toksisiteit. In die 19de eeu was verskeie groen verwe giftig en het dit arseen bevat. Groen verwys ook na naarheid en siekheid. Om n groentjie te wees, beskryf n jong en onervare persoon, waarskynlik n analogie van onryp vrugte. Om groen vingers te h, beteken om goed te wees met tuinwerk.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Patrick Jacobs, Fairy Ring with Dandelions, 2010 2011. Diorama-agtige beeldhouwerk met venster en gemengde media. 19 cm.

OR
Patrick Jacobs, Mushroom cluster #3, 2011. Diorama-agtige beeldhouwerk met venster en gemengde media. 5 cm.

Jacobs gebruik die idee dat die wreld deur n spiel n vroliker plek sou wees in sy noukeurig gemaakte miniatuuromgewings wat in n muur ingebed is. Die werke word beskou deur n loergat wat deur n konvekse lens bedek word.

BE

EL

Virginia, Mackenny, Songs of Innocence and Experience (Dog Days), 2008. Oil on Olie op akriel op doek.

407

Soos gesien in die inleiding, verwys groen ook na vrede en ekologie. In vandag se wreld neem groen n nuwe betekenis aan in die betrokkenheid daarvan ten opsigte van omgewings- en ekologiese vraagstukke. Die term omgewingskuns verwys na kunstenaars wat direk betrokke is by die landskap. Dit sluit landkunstenaars in soos Richard Long, Andy Goldsworthy en Richard Smithson. Goldsworthy skep installasies in die natuurlike omgewing wat van slegs n paar oomblikke tot verskeie jare duur. Hy gebruik sy hande en gebruik klippe, stokke, blare, ys, ens. as sy media om eteriese werke te skep wat spreek van die delikate balans in die natuur.

OR
Andy Goldsworthy, Before the Mirror, 1987. Foto.

VO

Baie kontemporre kunstenaars lewer kommentaar op groen kwessies deur dikwels verfrissende verskillende soorte media te gebruik.
Jaume Plensa, Heart of Trees, 2007. Brons, aarde, bome. Hierdie werk bestaan uit verskeie sittende selfportrette van die kunstenaar met sy arms en bene wat rondom lewende bome gevou is. Plensa hoop dat die boomstamme uiteindelik in die figure sal groei sodat elkeen waarlik as een sal bestaan.

BE
Andy Goldsworthy, Reconstructed icicles around a tree, 1995. VISUele kunste GRAaD 12

EL

Thomas Doyle, Acceptable losses, 2008. Miniatuur diorama in gemengde beeldhouwerk.

408

Andries Botha, You can buy my Heart and my Soul, 2006. Installasie met lewensgrootte olifante in dryfhout, Belgi.

Nog n aspek van omgewingskuns is die klem op herwinning om ons koolstofafdruk te verminder. In hierdie Groen Kuns, word die idee van herwinning, herverbruik en vermindering deur baie kontemporre kunstenaars gebruik. Hulle werk neem dikwels die vorm van beeldhouwerke aan wat van afval of gemors gemaak word.

VO
Aurora Robson, The great Indoors, 2008. Installasie geskep met 15 000 plastiekbottels. VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

409 Hierdie tema kan op verskeie maniere genterpreteer word. Dit kan beskrywend, simbolies of metafories wees. Gebruik jou navorsingmateriaal en vind n oorspronklike en kreatiewe oplossing om n werklik individuele interpretasie van GROEN te lewer.

Assesseringsriglyne

BRONBOEK / WERKBOEK KRITERIA Bedoeling/voorstel

OR

Jou kunsonderwyser sal die hele proses van die bronboek tot die finale kunswerk lei. Hy of sy sal jou voorsien van hul eie assesseringskriteria indien dit benodig word vir spesifieke vereistes. Hier is n voorbeeld van algemene assesseringskriteria vir die bronboek en kunswerk wat gebruik kan word en/ of verander kan word.

BE

EL

Jy kan die volgende oorweeg met verwysing na die idee van groen: Die kleur groen as inspirasie om atmosferiese werke te skep. Die dualiteit van groen, byvoorbeeld groei/agteruitgang. Herwinning, herverbruik en vermindering.

Julia Anne Goodman, Certain is Nothing Now, 2009.Beeldhouwerk gemaak uit herwinde blou afvalpos.

Crackling Art Group, Sentinelle, 2009. Beeldhouwerk gemaak uit herwinde plastiek.

Groen in lewe. Land en landskap. Enige ander interpretasies.

VO

5 15 10 5 15 50

Ondersoek van benadering/s en idee/s Twee komposisietekeninge/collages/versamelings Besinnende verslag oor die voltooiing van finale praktiese taak Aanbieding en algehele beeld TOTAAL

DIE KUNSWERK KRITERIA Keuse en gebruik van materiale/tegnieke Gebruik van formele kunselemente Algehele indruk van werk oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering Interpretasie en praktiese implementasie van navorsing Voltooiing van kunswerk/tydsbestuur/aanbieding TOTAAL 10 10 10 10 10 50

VISUele kunste GRAaD 12

410

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

x 411

Voorbeeld Vraestelle VISUELE KULTUURSTUDIES GRAAD 12


PUNTE: 100 TYD: 3 URE

VO

INSTRUKSIES VIR KANDIDATE Lees die volgende instruksies: 1. Die vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord enige VYF antwoorde vir n totaal van 100 punte. 2. Vrae en onderafdelings moet duidelik en korrek genommer word. 3. Vrae verskyn aan die linkerkantste bladsye met visuele bronne aan die regterkantste bladsye. 4. Maak seker dat jy verwys na die gereproduseerde visuele beelde wat in kleur verskyn wanneer dit van jou vereis word. 5. Inligting wat in een antwoord bespreek word, sal nie gekrediteer word indien dit in ander vrae herhaal word nie. Kruisverwysings van kunswerke word toegelaat. 6. Noem die kunstenaar en die titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde bespreek. Onderstreep of plaas die titel van n kunswerk of die naam van n gebou in aanhalingstekens. 7. Skryf duidelik en leesbaar. 8. Skryf in n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde wyse deur volsinne en paragrawe te gebruik waar van toepassing.

Gebruik die volgende woordelys van terme om seker te maak dat jy verstaan hoe om n spesifieke vraag te benader: Analiseer: n Breedvoerige, gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente soos lyn, kleur, toon, formaat en komposisie van die kunswerk. Bespreek: Gee jou uitgangspunt en verskaf redes vir jou stellings. Interpreteer: Analiseer en evalueer (gee n ingeligte opinie) n kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, ens. en staaf jou bevindinge deur na soortgelyke spesifieke voorbeelde te verwys Staaf: Motiveer jou bevindinge deur relevante en spesifieke voorbeelde te verskaf om jou argumente te ondersteun. Stel: Gee presiese feite en s direk wat jy dink gee jou opinie, asook n verduideliking. Verduidelik: Verduidelik en gee redes vir jou stellings. Vergelyk: Toon verskille en ooreenkomste in n geordende volgorde in dieselfde argument. Visuele bronne: Die gereproduseerde beelde wat in die vraestel voorsien word.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

WOORDELYS VAN TERME WAT GEBRUIK WORD

BE

EL

412

VRAAG 1
Die stem van ontluikende kunstenaars

Kunswerke vertel ons oor mense, plekke en die omstandighede in die samelewing. 1.1 Edward Hopper sowel as George Pemba beeld n groep mense in n spesifieke ligging uit. Die Amerikaanse kunstenaar, Edward Hopper, het op Figuur 1a op n nagtoneel in n eetplek (diner) gefokus, terwyl George Pemba in Figuur 1b die lewe in die township uitgebeeld het. Leerders moet analiseer hoe die kunstenaars se uitbeeldings verskil en ooreenkom deur na die volgende aspekte te verwys: Komposisie en fokuspunte Formele elemente van kuns Styl en tegniek Hulle interpretasie van die onderwerp en die bui/boodskap wat oorgedra word (10) 1.2 Die leerders moet die kunswerke van TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het, bespreek en wie se werk ons inlig oor die mense, plekke en die omstandighede in die samelewing. Hulle opstelle moet die volgende insluit: Naam van kunstenaars en titels van kunswerke Onderwerp, inspirasie en invloede op hulle werk Formele elemente van kuns wat in hulle werk gebruik word Temas en betekenis

VO

OR
FIGUUR 1b: George Pemba, The gossip and the hearth, 1933. Olie op doek

BE
(10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

EL

FIGUUR 1a: Edward Hopper, Nighthawks, 1942. Olie op doek

413

VRAAG 1
Die stem van ontluikende kunstenaars

FIGUUR 1a: J.H. Pierneef, Composition in blue, 1928. Olie op doek.

OR

1.1 Bestudeer die visuele bronne wat in Figure 2a 2c voorsien word versigtig en bespreek hoe die kunstenaars die Suid-Afrikaanse landskap uitgebeeld het.

VO

Oorweeg die volgende aspekte in jou bespreking: Invloede van Afrika- en/of internasionale kunsbewegings Gebruik van formele elemente Styl en tegnieke Die boodskappe wat oorgedra word oor die Suid-Afrikaanse landskap deur die kunswerke (10) 1.2 Bespreek hoe enige TWEE plaaslike/internasionale kunstenaars wat jy bestudeer het hul identiteit in hul werk uitgedruk het. Jou opstel (ten minste EEN bladsy) moet n bespreking/analise van ten minste TWEE spesifieke kunswerke insluit. Oorweeg die volgende aspekte in jou antwoord: Name van kunstenaars en titels van werke Inspirasie/invloede om hul identiteit uit te druk Formele elemente Temas en boodskappe wat deur die kunswerke oorgedra word

BE
FIGUUR 1c: Kevin Atkinson, White African landscape, 1982. Olie op doek.

Baie Suid-Afrikaanse kunstenaars het verskillende Suid-Afrikaanse landskappe uitgebeeld. Landskapskilder neem baie vorms aan, nie slegs omdat die fisiese geografie van Suid-Afrika so uiteenlopend is nie, maar omdat kunstenaars verskillende aspekte oor hul natuurlike omgewing wil oordra.

EL
(10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

FIGUUR 1b: Gladys Mgudlandlu, Landscape, 1962. Gouache op papier.

414

VRAAG 2
Suid-Afrikaanse kunstenaars benvloed deur Afrika- en/of inheemse kunsvorms

FIGUUR 2a: Serena-dorpie, Burkina Faso. Winiama bosvarkmasker. 1984. Grasvesels en gesnede houtmasker.

VO

2.1 Die tradisionele uitrusting van die Winiama-bosvarkmasker (Figuur 2a) en die kontemporre Soundsuit (Figuur 2b) transformeer die voorkoms van die draer. Bespreek die ooreenkomste en verskille tussen die twee uitrustings deur te verwys na die volgende: Hoe word die kostuums en maskers gebruik om kulturele waardes of oortuigings te kommunikeer? Hoe verskil die omgewing en aanbieding van die kostuums? Dink jy Cave is benvloed deur die tradisionele gewyde Afrika-kostuums toe hy die kostuums van Soundsuits begin maak het? Verskaf redes vir jou stellings. (10) 2.2 Skryf n opstel (ten minste een bladsy) waarin jy spesifiek verwys na ten minste TWEE kunswerke deur enige Suid-Afrikaanse kuntenaar/s wat jy bestudeer het en wie se werk benvloed is deur Afrika- en/of inheemse kunsvorms. Jou antwoord moet die volgende inligting insluit: Inspirasie vir die werk Formele elemente wat in die werk gebruik is Temas en boodskappe wat die kunstenaar/s se verbinding met Afrika en/of inheemse kunsvorms kommunikeer. (10) [20]

VISUele kunste GRAaD 12

OR

Die tradisionele gewyde kostuums wat deur die priesters van baie Afrika etniese groepe gedra word, word gemaak om verskillende geeste voor te stel. Die priesters en priesteresse word getransformeer in die geeste wat die kragte van die natuur transformeer of die sosiale kragte van die dorpie transformeer as hulle hierdie kostuums dra wat geskep is van blare, gras, vesel en gesnede hout. Die idiosinkratiese karakter van die dier wat voorgestel word in n masker word uitgedruk in die dier se danspassies, die musikale begeleiding en die bewegings van die dier.

BE

EL
FIGUUR 2b: Nick Cave. Sound suit. 2006. Takkies, draad en metaalwapenrusting. Na Nick Cave gelees het oor n ontstellende gebeurtenis in 1991 waarin n Afro-Amerikaanse man aangerand is deur polisiebeamptes wat aangevoer het dat die man hom teen arrestasie verset het, het Cave sy eerste Soundsuit geskep as reaksie op die publiek se respons oor die verhoor van die man en sy uitbeelding in die media. Hy het hierdie takkies versamel en hulle in sy ateljee gebruik om n volliggaamspak te maak wat sy identiteit as n Afro-Amerikaanse man weggesteek en getransformeer het. Cave het die volgende oor sy Soundsuits ges: Volligaampakke saamgestel van materiale wat ratel tydens beweging soos n wapenrusting versier hulle die liggaam terwyl hulle die draer van die kultuur van buite beskerm.

415

VRAAG 2
Suid-Afrikaanse kunstenaars benvloed deur Afrika- en/of inheemse kunsvorms

VO

2.1 Die uitstallings van Afrika-kuns in Europa tydens die vroe 20ste eeu het die jong en rebelse Duitse Ekpressioniste uitgelok om formele aspekte te inkorporeer wat teenstrydig was met die aanvaarde standaarde van Westerse estetika in hul kunwerke. Hulle interaksie met Afrika-kuns was taamlik onpersoonlik en oppervlakkig aangesien hulle meestal bendruk was deur die visuele effekte van ekspressiewe vereenvoudiging. Meer onlangs het kunstenaars meer sensitief geword teenoor Westerse houdings van meerderwaarigheid ten opsigte van inheemse Afrika-kuns. Pippa Skotnes is n goeie voorbeeld van n kunstenaar wat benvloed is deur San-rotskuns deur n proses van navorsing waardeur sy die San se materile kultuur verken het en haar reaksie daarop deur haar kunswerke geskep FIGUUR 2d: Pippa Skotnes. For /Kweiten Ta//Ken. 1993. Ets en waterverf. het.

Deur FIGURE 2a, 2b, 2c en 2d te bestudeer, skryf n opstel (ongeveer EEN bladsy) waarin jy die tradisionele Afrika-kunswerke met die moderne kunswerke vergelyk. Jou antwoord moet die volgende insluit: Gebruik van medium en tegniek Boodskappe en/of funksies van hierdie kunswerke Formele elemente van kuns Stilering (10) 2.2 Direkte blootstelling aan Afrika- en/of ander inheemse kunsvorms het baie Suid-Afrikaanse kunstenaars benvloed wat inspirasie gekry het van die stilistiese innovering, gebruik van beelde en kulturele identiteit. In n opstel, bespreek enige Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat jy bestudeer het wat jy voel n sin van identiteit in hul werk kommunikeer. Jou opstel (ten minste EEN bladsy) moet n bespreking/ analise van ten minste TWEE spesifieke kunswerke insluit. Oorweeg die volgende in jou antwoord: Inspirasie/invoede in die werke Formele elemente wat in die werke gebruik is Temas en boodskappe wat die kunstenaar se belangstelling in Afrika- en/of inheemse kuns oordra. (10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

FIGUUR 2a: Bamileke. Kameroen. Gedenkfiguur van n priesteres. 19de eeu. Houtstandbeeld met pigment.

FIGUUR 2b: Ludwig Kirchner. Dancing woman. 1912. Houtstandbeeld.

FIGUUR 2c: San-rotskildery in die Cederberge in die Wes-Kaap.

416

VRAAG 3

Sosio-politieke kuns

Fikile Magadlela (Figuur 3a) en Trevor Makhoba (Figuur 3b) maak albei sterk anti-Apartheidstellings in hul werk.

VO

3.1 Skryf n vergelykende analise van die twee werke waarin jy die volgende aspekte bespreek: Beelde en simbole gebruik Gebruik van formele kunselemente Styl en tegnieke Die anti-Apartheidstelling in elke werk 3.2 Skryf n opstel oor enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat sterk sosio-politieke kommentaar in hul werke gemaak het.

OR

FIGURE 3a: Fikile Magadlela van die Roots-reeks, ongedateer. Tekening.

BE

FIGURE 3b: Trevor Makhoba, The naked truth, 1983. Olie op doek

EL
(8) Jou antwoord moet die volgende aspekte insluit: Name van kunstenaars Titels van kunswerke Invloede Gebruik van formele kunselemente Betekenis/boodskappe oorgedra deur hulle werke (12) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

417

VRAAG 3

Sosio-politieke kuns

FIGUUR 3a: Billy Mandindi, Cape of Storms, 1988. Linosnee.

Tafelberg is een van Suid-Afrika se mees herkenbare natuurlike wonders. In albei die werke deur Billy Mandindi (Figuur 3a) en Ricky Dyaloyi (Figuur 3b) is Tafelberg n prominente kenmerk. In albei gevalle is dit nie om die skoonheid van die berg te verkondig nie, maar om die agtergrond van die werke te vorm wat sterk sosio-politieke kommentaar oordra. 3.1 Bespreek hoe hierdie twee werke sterk politieke kommentaar lewer deur na die volgende aspekte te verwys: Beelde en simbole gebruik Gebruik van formele kunselemente Styl en tegnieke Die sosio-politieke kwessies wat in elke werk aangespreek word (kyk na die datums) Moontlike betekenisse wat deur elke werk oorgedra word (10) 3.2 Die leerders moet n opstel skryf oor EEN werk deur enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het wat hulle voel sterk sosio-politieke kommentaar in hul werk lewer. Hulle antwoorde moet die volgende insluit: Name van kunstenaars Titels van kunswerke Invloede Gebruik van formele kunselemente Betekenis/boodskappe wat deur hul werk oorgedra word

VO

OR

BE

EL
FIGUUR 3b: Ricky Dyaloyi, Ongetiteld, 2004. Olie op doek.

D
(10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

418

VRAAG 4
Kuns, handwerk en spirituele werke hoofsaaklik van landelike Suid-Afrika
FIGUUR 4a: David Goldblatt. Victoria Cobokana, huishoudster, in haar werkgewer se eetkamer met haar seun Sifiso en dogter Onica in Johannesburg, Junie, 1999. Victoria het op 13 Desember 1999 aan Vigs gesterf. Sifiso het op 12 Januarie 2000 aan Vigs gesterf. Onica het in Mei 2000 aan Vigs gesterf. 1999. Digitale afruk op katoenlap.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

4.1 Kuns hoef nie doelbewuste godsdienstige beelde te bevat om spiritueel te wees en om n transformatiewe uitwerking op die kyker te h nie, maar kontemporre verwysings na bekende godsdienstige beelde bevraagteken tradisionele interpretasies van daardie beelde en dwing die kyker om bewus te word van nuwe persepsies. Die visuele bronne wat in FIGURE 4 a 4d verskaf word, verwys almal na bekende Christelike beelde. Skryf n opstel waarin jy verwys na die gebruik van Christelike beelde in die TWEE visuele bronne. Oorweeg die volgende in jou opstel: Wat is die Christelike beelde wat in elke werk gebruik word? Hoe het hierdie kunstenaar die beeld verander? Bespreek die stelling/kommentaar wat deur die kunstenaar gemaak is. (10) 4.2 Kunstenaars se benaderings tot godsdienstige of heilige beelde en voorwerpe kommunikeer die variasies van houdings tot spiritualiteit. Skryf n opstel waarin jy hierdie stelling bevestig deur die werk van ten minste TWEE kunstenaars te bespreek wat jy bestudeer het. Jou antwoord moet die volgende insluit: Naam van die kunstenaars Titels van die kunswerke Stilistiese kenmerke Funksie (as godsdienstige of rituele voorwerpe waar toepaslik) Moontlike betekenisse en interpretasies van die kunswerke (10) [20]

OR

BE

EL
FIGUUR 4d: Peter Schtz. Durban icon. Ongedateer. geverfde jelutonghout.

FIGUUR 4c: Wim Botha. Carbon copy (Madonna del Parto col Bambino). 2002. Antrasiet, vloeibare petroleumgas, gemengde media.

FIGURE 4b: Judith Mason. HIV Piet. 2003. Olie op bord.

419

VRAAG 4
Kuns, handwerk en spirituele werke hoofsaaklik van landelike Suid-Afrika

FIGUUR 4a: Samson Mudzunga. Drum, doll and drumstick. 1995. Hout, diervel, slot, sleutel, tekstiel, verf.

FIGUUR 4b: Paul Weinberg. Venda maidens do the domba dance. Thoyandou. Limpopo. 2005. Foto.

OR

FIGURE 4c: Albert Munyai. Mandamaswa A Tikwa Ngamala (Die oud ondersteun die nuut). Ongedateer. Geverfde mahoniehout.

4.1 Tradisionele spirituele oortuigings en gebruike lei tot baie kontemporre Suid-Afrikaanse kunswerke. Sommige kunstenaars kombineer hul tradisionele oortuigings met die van nuwe invloede soos Christenskap, terwyl ander gefassineer is deur die rituele wat uitgevoer word as deel van die gebruik van tradisionele Afrika-oortuigings. Bespreek die verteenwoordiging van spirituele oortuigings en gebruike deur enige TWEE kunswerke wat voorgestel word in FIGURE 4 ad. Oorweeg die volgende in jou antwoord: Gebruik van formele kunselemente Styl en tegnieke Invloed van tradisionele Afrika-oortuigings of gebruike Beelde en simbole gebruik (10) 4.2 Skryf n opstel oor enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wie se kunswerke kwessies van spiritualiteit en/of godsdiens voorstel. Name van kunstenaars Titels van kunswerke Invloede Gebruik van formele kunselemente Betekenis/boodskappe oorgedra deur hul werke (10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

VO

BE
FIGUUR 4d: Johannes Maswangayi. Jesus walks on the water. 1988. Geverde hout.

EL

420

VRAAG 5
Multimedia en Nuwe media alternatiewe, kontemporre en gewilde kunsvorms in Suid-Afrika

FIGUUR 5a: Eugenio Merino. 4 the love of Go(l)d. 2009. Harpuis, hare, katoenuitrusting, gemengde media.

VO

5.1 Die algemene ingesteldheid van baie kontemporre kunstenaars gaan daaroor om gevestigde maniere van dink oor kuns en die posisie daarvan in die samelewing te herevalueer. Dit is duidelik in die twee visuele bronne wat in FIGURE 5a en 5b gellustreer word. Albei kunstenaars lewer kommentaar oor die ryk kunstenaar Damien Hirst. Hy is baie bekend vir sy opspraakwekkende installasies wat kommentaar lewer oor kwessies soos sterflikheid, moraliteit en die veranderlikheid van internasionale kunsmarkte, asook die slinkse bestuur van sy kunsloopbaan as n besigheid om geld te maak. Met verwysing na die stelling hierbo en die visuele bronne (FIGURE 5a en 5b), bespreek sommige van die volgende in n kort opstel van die kunswerke oor Damien Hirst (ten minste EEN bladsy): Formele elemente van kuns Style/Medium en tegnieke Interpreteer die stellings wat hierdie kunstenaars maak oor die kunstenaar Damien Hirst en die toestand van kuns oor die algemeen. Wat is jou opinie oor hulle kommentaar? Staaf jou antwoord. (10) 5.1Skryf n opstel van ten minste EEN bladsy waarin jy minstens TWEE spesifieke kunswerke bespreek wat jy bestudeer het waar kunstenaar(s) gebruik gemaak het van multimedia of gewilde kunsvorms op n kontemporre manier. (10) [20]

VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

FIGUUR 5b: Thamiko Thiel. All hail Damien Hirst! 2012. Vergrote Werklikheidkunsinstallasie. n Vergrote werklikheidskunsinstallasie wat Damien Hirst se terugbliktentoonstelling by die Tate Modern in Londen vier. Vergrote Werklikheid is die kuns om virtuele kunswerke via GPS in n spesifieke ligging te plaas. Kykers by daardie ligging kan die kunswerk aflaai en op hul slimfone in werking stel, en kan dan die kunswerk in die uitstalling as n bolaag op die lewendige kamerabeeld van die plaaslike omgewing sien.

421

VRAAG 5
Multimedia en Nuwe media alternatiewe, kontemporre en gewilde kunsvorms in Suid-Afrika

Gilbert and George. Church of England. 2008. Gemengde media. Gilbert & George, wat 42 jaar gelede as beeldhouwerkstudente ontmoet het, het met n gesamentlike kunsloopbaan begin wat n wye reeks media van tekeninge tot videos en hul handelsmerkprente sou insluit. Die paar het verder die konsep van standbeelde gerevolusionr deur hulself voor te stel as lewende standbeelde aangetrek in die kenmerkende Britse snyerspak, hemp en das. Dit was egter hul yslike kenmerkende prente wat bestaan uit figure, stadstonele, simbole, plante, liggaamsvloeistowwe, uitwerpsels en wat taboe-onderwerpe soos seksualiteit, ras, godsdiens takel met teks verbind met prenteboodskappe wat visueel so kragtig is soos hul inhoud proaktief is. Die prente is dokumentasies van hulle opvoerings en takel taboe-onderwerpe aan soos seksualiteit, ras, godsdiens en nasionale identiteit met n parmangige en vreeslose eerlikheid.

VO

5.1 Bestudeer die visuele bronne (FIGURE 5a 5b) en die gepaardgaande stellings. Bespreek (EEN BLADSY) die gebruik van multimedia in hierdie werke deur na die volgende te verwys: Hoe verskil die media en/of keuses van onderwerpe en/of werksmetode van die kunstenaars in hierdie werke van tradisionle kuns? Redes waarom die kunstenaars hierdie media gekies het. Moontlike interpretasies van hierdie werke. Staaf jou antwoorde. (10) 5.2 Bespreek die werk van enige kontemporre kunstenaar/s wat gebruik maak van nie-tradisionele media en/of tegnieke om n boodskap van ons tyd oor te dra. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord (ten minste EEN bladsy). (10) [20]

OR

BE

EL

Jeff Koons. Michael Jackson and Bubbles. 1988. Keramiekbeeldhouwerk.

Van sy Since begin in die the 1980s het Jeff Koons die kwessies en metodes van Pop, Konsepsuele en geende kuns met handwerkmaak en gewilde kultuur vermeng om sy eie unieke kuns-ikonografie te skep, dikwels opspraakwekkend en altyd innemend. Sy werk ondersoek kontemporre obsessies met seks en begeerte, ras en geslag, media, handel en roem. As n selferkende ideeman, huur Koons vakmanne en tegnici om die werklike werke te maak. Die hand van die kunstenaar is nie belangrik vir hom nie: Kuns is werklik net kommunikasie van iets en hoe meer argetipies dit is, hoe meer kommunikatief is dit.

D

VISUele kunste GRAaD 12

422

VRAAG 6
Post-demokratiese identiteit in Suid-Afrika

FIGUUR 6a: Araminta de Clermont, Crystal, Mannenberg: Matric queens, 2008 2009. Lambdaafdruk.

VO

Araminta de Clermont se reeks wat Matric queens genoem word, toon fotos van meisies van die Kaapse Vlakte wat deftig aangetrek is vir hul matriekdans. Sy het die meisies teen die agtergrond van hul huisomgewing geplaas. 6.1 Die leerders moet n opstel skryf oor Figuur 6a en Figuur 6b waarin hulle bespreek hoe hierdie werke verwant is aan die uitdrukking van identiteit. Verwys na die volgende aspekte in jou antwoord: Die komposisie van die fotos Die verhouding van die figure met hul omgewing Die posture en houdings van die meisies Die bui van die fotos Die belangrikheid van die matriekdans as n deurgangsrite vir hierdie meisies Moontlike betekenisse en interpretasies (10) 6.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat identiteit bevraagteken en daaroor besin. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord. (10) [20]

VISUele kunste GRAaD 12

OR
FIGUUR 6b: Araminta de Clermont, Nambla, khayelitsha: Matric queens, 2008 2009. Lambdaafdruk.

BE

EL

423

VRAAG 6
Post-demokratiese identiteit in Suid-Afrika

FIGUUR 6a: Liu Wei, Who am I?, 1999. Olie op doek.

VO

Baie kunstenaars gebruik selfportrette om hul identiteit uit te druk. Marc Quinn (Figuur 6c) het n beeldhouwerk van sy kop met sy eie gevriesde bloed gemaak. 6.1 Bespreek hoe die kunstenaars in die visuele bronne, Figure 6a 6c, kuns geskep het wat hul persoonlike identiteite uitdruk. Formele kunselemente Styl en tegniek Kommentaar wat hierdie kunstenaars oor hulle identiteit maak Watter een, volgens jou, maak die sterkste visuele impak. Verskaf redes vir jou keuse.

OR
FIGUUR 6c: Marc Quinn, Self, 1991. Bloed, vlekvrye staal, Perspex en verkoelingstoerusting.

BE
(8) 6.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat identiteit aanspreek en daaroor besin. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord. (12) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

EL

D
FIGUUR 6b: Sanell Aggenbach, Sonic baby, 2011. Olie op papier.

424

VRAAG 7
Geslagkwessies: manlikheid en vroulikheid

VO

Al die kunswerke in Figure 7a 7d werk met beelde van die manlike liggaam om werke te skep wat die kyker se opvatting van manlikheid bevraagteken en uitdaag. 7.1 Bespreek hoe manlikheid uitgebeeld word in enige TWEE kunswerke gereproduseer in Figure 7a 7d. Verwys na die volgende aspekte in jou antwoord: Formele elemente van kuns Styl en gebruik van media Hoe hierdie werke die tradisionele konsepte van manlikheid bevraagteken Moontlike betekenisse en interpretasies

OR
VISUele kunste GRAaD 12

BE
FIGUUR 7d: Zanele Muholi, Martin Machepa, 2006. Foto.

FIGUUR 7a: Chris Diederichs, The union of opposites, 2012. Linosnee.

EL

FIGUUR 7b: Lawrence Lemoana, The one, 2006. Digitale afdruk.

D
FIGUUR 7c: Johannes Phokela, Saving Fontana spatial concept I, II, III (detail), 2005. Olie op doek.

(8)

7.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het en wat manlike en/vroulike identiteit bevraagteken en daaroor besin. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord. (12) [20]

425

VRAAG 7
Geslagskwessies: manlikheid en vroulikheid

FIGUUR 7a: Frida Kahlo, Self-portrait with cropped hair, 1940. Olie op doek.

BE
FIGUUR 7b: Jenny Saville, Ongetiteld, 2004. Olie op doek.

7.1 Gebruik die visuele bronne wat in Figure 7a 7d voorsien word. Die leerders moet n opstel skryf waarin hulle hierdie aangeleenthede bespreek. Hulle moet die volgende in hulle antwoord oorweeg: Die verskillende maniere waarop die vroulike vorms uitgebeeld is Hoe die formele elemente van kuns gebruik is om visuele impak te skep Interpretasie en betekenis (10)
FIGUUR 7c: Diane Victor, Martyr (detail), 2004. Ets.

VO

7.2 Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat kwessies verwant aan geslag in hul werk aanspreek. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord. (10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Baie vrouekunstenaars gebruik die uitbeelding van die vroulike liggaam om vrae te opper oor vroulikheid en die rol/le van vroue in die samelewing.

EL
FIGUUR 7d: Marlene Dumas, Glorious Venice, 1995. Olie op doek.

426

Vraag 8
ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
8.1 1 In die visuele hieronder is daar twee voorbeelde van paviljoene wat vir die WRELDEKSPO geskep is. Lees die inligting en kyk na die visuele beelde en beantwoord dan die vrae hieronder.
Basies is dit n groot bemarkingsoefening wat elke vyf jaar gehou word, wat aan lande die geleentheid bied om vir die wreld hul staal te wys. Die eerste amptelike ekspo is by die Crystal Palace in Londen, Engeland, in 1851 gehou met die tema Groot Uitstallings van die Werke van Industrie van Alle Nasies. Die hoofaantreklikhede by Wreldekspos is die paviljoene wat deur deelnemende lande opgerig word die beroemdste van hierdie is die Eiffeltoring wat 324 m hoog is en spesiaal vir die Wreldekspo in Parys in 1889 gebou is. Gustave Eiffel, die ontwerper, het oorspronklik beplan om die toring in Barcelona in Spanje te bou vir die Universele Eksposisie in 1888, maar die stadsvaders het gedink dat dit n eienaardige en duur konstruksie was wat nie by die ontwerp van Barcelona gepas het nie.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR
LINKS en BO: Die Australiese paviljoen, met sy kronkelende mure en rooi oker buitekant is n huldeblyk aan die land se antieke woestynlandskap. n Glasbedekte oprit wat 160 meter lank is, vou rondom die gebou, wat spog met n rolprentteater wat 1 000 sitplekke het.

Verduidelik hoe die voorkoms van die twee paviljoene die simbolisme ondersteun wat die argitekte oor elke land wou uitbeeld. (4)

BE

BO: Die Poolse paviljoen is genspireer deur tradisionele volkkunspapieruitsnysels. n Oprit wat deur die gevoude buitekant geskep is, laat besoekers toe om op die dak te klim, wat die hele gebou in n funksionerende uitstallingspasie omskep.

EL

427 8.2 Noem en beskryf n Suid-Afrikaanse argitekturele struktuur wat simbolisme op enige manier inkorporeer. Dit kan n Gendenkstruktuur wees.

(6)

BE

VO

OR

8.3 Daar werk baie suksesvolle argitekte in Suid-Afrika. Kies een van hierdie argitekte of n argitekturele firma en noem die volgende: Naam Opleiding en ondervinding Kenmerke en doelwit Voorbeeld/e van argitekturele projekte (geboue) (10) [20]

EL
Vryheidpark Eternal Flame. VISUele kunste GRAaD 12

428

VRAAG 8
ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
8.1 Argitekte mag vandag nie stadsgeboue beplan wat nie ekovriendelik is nie omdat hulle moet voldoen aan die vereistes van Groen Argitektuur. Bespreek vier maniere waarop die gebou in die voorbeeld, of enige ander gebou, ekovriendelik kan wees. 4 x 2 = (8)

VO

8.3 Bespreek die werk van n bekroonde Suid-Afrikaanse argitek. Noem die volgende: Naam Opleiding en ondervinding Voorbeelde van ten minste twee argitekturele projekte wat sy of haar kenmerke en doelwitte uitbeeld.

OR

8.2 Dink jy dat n gebou uniek Suid-Afrikaans word as dit kenmerke van vroe historiese SuidAfrikaanse strukture soos grasdakke, geometriese muurversierings of gewels insluit? Wat, in jou opinie, sal n unieke Suid-Afrikaanse argitekturele styl skep? (2)

BE

EL
NL Argitekte, SOZAWE-Kantore, Groningen, Duitsland. 2010.

D
(10) [20]
VISUele kunste GRAaD 12

429

WOORDELYS
A Aardkuns of landkuns: Deel van n wyer Konseptuele benadering. Die kunstenaars het begin om direk in die landskap te werk deur dit in beeldhouwerk te omskep of om natuurlike materiale te gebruik om strukture te skep. Die werke word gewoonlik fotografies gedokumenteer. Sommige kunstenaars gee mensgemaakte elemente aan die landskap as deel van hul Aardekuns-installasies terwyl ander elemente van die natuur in die galery of museum ruimte verskaf. Abstrak: Kuns wat nie herkenbare tonele of voorwerpe uitbeeld nie. Vorms, lyne, kleure, ens., bestaan sonder enige verwysing na die werklikheid, maar met estetiese waarde. Die kunswerk word gelees in terme van lyne, vorms, kleure. Ook bekend as nie-verteenwoordigende of nie-objektiewe kuns. Abstraksie: n Neiging tot abstraksie, maar daar is steeds verwysings na die werklikheid, byvoorbeeld sekere Kubistiese werke. Abstrakte Ekspressionisme: Beweging n die Tweede Wreldoorlog wat in New York gesetel was met grootskaalse, dramatiese abstraksies. Daar was twee tipes: Aksieskiler waar verf vrylik aangewend is op groot doeke om die energie en gevoelens van die kunstenaar uit te beeld, gewoonlik sonder enige fokuspunt byvoorbeeld Pollock, en Colourfield, wat groot velde kleur gebruik het vir oordenking byvoorbeeld Rothko. Absurd: Onredelik, belaglik, verspot.

Afdrukmaak: Om n inkbeeld vanaf n bord of blok na n ander oppervlak te verplaas. Afmetings: Grootte.

Agtergrond: Gedeelte in n kunswerk (2D) wat die verste van die kyker af is; gedeelte of area agter n voorwerp.

VO

Akademiese kuns: Verwys hoofsaaklik na 19de eeuse kuns wat sinoniem geword het met verveling en konvensionaliteit in teenstelling met die nuwe idees in kuns. Akademiese kunstenaars het n gedetaileerde afwerking verkies wat naturalisties voorkom, selfs wanneer dit van naby beskou word, in teenstelling met die eksperimente van Romantisisme, Realisme en Impressionisme. Aksieskilder: n Skilderstyl waar die aanwending van die verf gebaarlik is en aangewend word sonder om versigtig te wees. Die skilderproses is sigbaar en daarom word die fisieke aksie van skilder in die finale resultaat beklemtoon. Dit het die proses en nie slegs die eindresultaat beklemtoon nie; gebruik die hele liggaam om te skep en nie net die gewrig nie byvoorbeeld Pollock. Allegorie: Wanneer betekenis simbolies verteenwoordig word in skilderye, toneelstukke, gedigte, ens. Amorf: Tekort aan struktuur; het geen vaste vorm nie. Analiseer: n Gedetaileerde en logiese bespreking van die formele elemente (soos lyn, kleur, toon, formaat ens.) en komposisie van die werk. Analogiese Kleur: Kleure wat langs mekaar op die kleurwiel voorkom soos rooi langs oranje, blou langs groen; gereeld saam gebruik in kleurskemas.
VISUele kunste GRAaD 12

OR

BE

EL

430 Anargisme: n Politiese filosofie wat verskillende takke het, maar dit staan oor die algemeen gesag en hirargiese organisasie binne menslike verhoudings teen. Anargiste ondersteun die idee van staatlose gemeenskappe gebaseer op nie-hirargiese vrywillige assosiasies. Anorganies: Mensgemaakte, masjien of massavervaardigde produkte / voorwerpe; gewone en simmetriese vorms. Anti-swaartekrag argitektuur: In Dekonstruktivisme gebruik met die gevoel van onvoorspelbaarheid en beheerde chaos. Geboue kom baie gefragmenteer voor en lyk asof hulle swaartekrag oorkom. Antiek: Behoort aan n tyd wat lankal verby is. Apartheid: Die beleid van die Nasionale Party in 1948 wat tot mag gekom het in Suid-Afrika. Die idee was om die verskillende rasse te verdeel. Hierdie beleid het tot n einde gekom met die eerste demokratiese verkiesings in 1994. Argetipe: Die oorspronklike model of prototipe en die perfekte voorbeeld van iets.

Asimmetries: Balans wat bereik word wanneer ongelyke voorwerpe met dieselfde visuele gewig aan weerskante is. Automatisme: Direkte skepping vanuit die onderbewussyn soos gesien in Surrealisme byvoorbeeld krabbel, outomaties tekening of ander metodes wat die kreatiewe proses begin.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Balans of gelyk verspreide rangskikking van elemente: Word bereik wanneer teenoorgestelde elemente harmonieus binne n komposisie verkeer; kwaliteit van stabiliteit en ewewig; word bereik wanneer posisie en fokus van noodsaaklike dele van n kunswerk beheer word; balans kan simetries / asimmetries / radiaal wees. Bauhaus: 1919 1931, Invloedryke Duitse kunsskool met die einddoel om beter lewensomstandighede vir almal te skep deur die eenheid van kuns, argitektuur en ontwerp. Die skool se ontwerpsbeginsels was gebaseer op geometrie en die masjien. Figuratief: Figure en voorwerpe is herkenbaar, maar nie noodwendig lewensgetrou nie. Alle naturalistiese kunswerke is figuratief, maar nie alle figuratiewe werke is naturalisties nie. Beeldoppervlak: 2D-oppervlak; die plat oppervlak waarin die ware vorm of beeld bestaan; enige illusie van diepte / 3D-kwaliteit word gedentifi seer as verby die beeldoppervlak. Beginsels van ontwerp: Beginsels wat gebruik word om elemente van ontwerp te rangskik om n spesifieke uitkoms / komposisie te verseker soos deur die gebruik van balans, eenheid, proporsie of herhaling.

OR

Avant-garde: Leier in iets nuut; kunstenaars wat nuwe benaderings, style of tegnieke skep. Is voor sy tyd en gereeld onanvaarbaar in sy tyd.

BE

EL

Argitektuur: Die kuns en wetenskap van die ontwerp en konstruksie van geboue.

431

Beheerde: Nie spontaan; goed beplan en uitgevoer; om volle beheer oor die uitkoms / resultaat te h. Beklemtoning: n Fokuspunt sal byvoorbeeld die voorwerp of gedeelte van n kunswerk beklemtoon; geskep deur n spesifieke kleur, tekstuur, lyn, ens. Wat gewoonlik in kontras of in sterker kwaliteite teenoor die res van die voorwerpe or dele van die kunswerk voorkom; die gebruik van elemente op n spesifieke manier om gefokusde visuele aandag te trek. Bespreek: Bied jou standpunt en gee redes vir jou stellings. Bewaarder: Die person in n museum of galery wat die kunsversameling bewaar en behou. Beweging: Ontwerpselement wat met die doel om die kyker se aandag in n spesifieke rigting in die komposisie te lei; die verspreiding van kontrasterende of soortgelyke kwaliteite of elemente regdeur die komposisie, kan help om beweging te skep. Biomorfies: Geassosieer met vorms wat in die natuur te vinde is, sien ook die term organies.

Brcke: (Die Brug) n Groep Duitse kunstenaars gelei deur Ernst Ludwig Kirchner wat geweldige kleure en verdraaiing in hulle skilderye en drukwerke beklemtoon het om te protesteer teen die sosiale omstandighede voor die Eerste Wreldoorlog.

VO

Chiaroscuro: Die balaans van lig en donker in n prent, en die vaardigheid wat deur n kunstenaar in die bestuur van skaduwees getoon word. Sterk verligte figure of voorwerpe kontrasteer dramaties met n donker agtergrond. Chronologiese orde (kronologiese): Die ware orde of volgorde van tyd. Circa: Gebruik met n datum soos c. 1270. Dit beteken omtrent of ongeveer. Cloisonisme: Buitelyne in blou of swart van helder, gekleurde areas. Collage: Beelde, patrone en teksture wat op n ander oppervlak geplak is. Colourfield skildery: Word hoofsaaklik deur groot velde plat, soliede kleur, uitgesprei of in die op die skilderdoek gevlek. Dit skep areas van n egalige oppervlak en n plat beeldarea. Die klem is op die groot velde van kleur eerder as op die ekspressiewe kwashale en die aksies van skilder. Hierdie styl was ontwikkel onder die invloed van Europese modernisme en was n baanbrekerskomponent van Abstrakte Ekspressionisme.

OR

Bui: Geestestoestand of gevoel wat deur die komposisie kommunikeer word, veral deur die gebruik van spesifieke kleure en teksture.

BE

Boheems: Oorspronklik n beskrywing vir sigeuners (van Bohemi), later is dit gebruik in kuns sirkels om mense te beskryf wat doelbewus afskei van die bourgeois (middelklas) samelewing.

EL

Blaue Reiter: (die Blou ruiter) n Groep Duitse kunstenaars soos Wassily Kadinsky en Paul Klee wat gemoeid was met subjektiewe gevoelens en spiritualiteit.

VISUele kunste GRAaD 12

432

Combine-skilderye: n Term wat Robert Rauschenberg gebruik het om sy kunswerke te beskryf wat regte voorwerpe, skilder en fotografiese beelde kombineer. D Dada: 1916 1921. n Anti-rasionele, anti-estetiese beweging wat begin het as n protes teen die Eerste Wreldoorlog. Die kunstenaars wou skok en het werke uit onkonvensionele materiale gemaak of die gebruik van geleenthede geskep, byvoorbeeld Duchamp, Arp, Schwitters. De Stijl: 1917 1931, Holland, kunstenaars gebruik geometriese, abstrakte vorms en primre kleure om universele harmonie te toon, byvoorbeeld Mondrian, Van Doesburg, Rietveld. Dekalkomanie: Kleur word aangewend op n vel papier met n ander vel wat liggies bo-op dit gedruk word, en dan opgelig word net voor die verf droog word, byvoorbeeld Ernst in Surrealisme. Dekonstruktivisme: Argitektuur styl sedert die 1980s wat probeer om argitektuur in stukkies te beskou. Die basiese elemente van argitektuur word ontbloot in geboue wat lyk of hul geen visuele logika het nie en kom voor of hulle gemaak is van onverwante, disharmonieuse abstrakte vorms, byvoorbeeld Frank Gehry. Dekoratiewe: Kunswerke waar patroon of versiering beklemtoon word, byvoorbeeld Matisse. Demping: Om n kleur, tekstuur of lyn sagter te maak in kwaliteit; staan nie uit nie. Deurtrekte kleur: Mees suiwer en helder toestand van kleur; geen wit word bygevoeg nie.

Diagonale lyne: Lyne wat van die linker onderste hoek na die regter boonste hoek en vice versa beweeg. Digitale Kuns: Enige kunsvorm wat deur rekenaartegnologie benvloed word. Dit het begin as die maak van twee-dimensionele kunswerke met behulp van n rekenaar, maar het nou ontwikkel tot interaktiewe kuns wat die kyker n sekere mate van invloed oor die finale beeld of ontwikkeling van die kunswerk gee. Digitale ontwerp/media: Druk, televisie, film en video, internet, animasie, webwerf, ontwerp. Dimensies: Afmeting van enige soort (hoogte, lengte, breedte, ens.); kan verwys na ruimte. Die dimensies van n voorwerp kan twee-dimensioneel (plat of die illusie dat dit plat is) of drie-dimensioneel wees. Dimensioneel: Wanneer n mens rondom n voorwerp kan beweeg of die illusie geskep word dat n mens dit kan doen. Rigtings-aanduidende: Wanneer plasing / posisionering van hierdie elemente n duidelike gevoel van rigting projekteer wat die kyker se oog op n spesifieke visuele pad / rigting lei. Divisionisme: Vanaf Impressionisme waar suiwer kleure langs mekaar geplaas word om gemeng voor te kom vanaf n afstand; verdeling van kwashale.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Deurweking: Graad van die intensiteit en helderheid van n kleur.

BE

EL

433

Drie-dimensioneel: n Voorwerp wat diepte, hoogte, lengte en wydte het wat dit moontlik maak om van vanaf alle hoeke (bo, onder, kant en agter) besigtig te word n mens kan rondom die werk stap. E Eenheid: Versameling of plasing van vorms, kleure, teksture, lyne, konsepte of voorwerpe wat soortgelyke kwaliteite het om n heel of verenigde gevoel te projekteer. Eenpunt-perspektief: Om n 3D-voorwerp deur n tekening op n 2D-oppervlak aan te dui; lyne beweeg weg van die kyker af en sluit by mekaar aan by een verdwyningspunt punt op die horison. Kenmerke: n Unieke kombinasie van kwaliteite wat byvoorbeeld n kunstenaar of kunsstyl spesifiek verteenwoordig; kwaliteite wat dit verskillend as die res maak.

Ekspressiewe: n Energieke en soms kragtige kwaliteit van lyn, vorm, tekstuur of kleur wat n sekere sterk emosie of gevoel weerspiel.

Elimineer: Om weg te neem of uit te wis.

VO

Elitist: n Groep mense wat voorregte het wat ander nie het nie. Erfenis: Kwaliteite, kenmerke, lewenstradisies veral gebruik om na dinge met historiese belang te verwys wat n sterk uitwerking op die gemeenskap het en wat van een generasie na die ander oorgedra word binne n spesifieke kultuur. Esteties: Die teorie om iets te geniet vir die skoonheid daarvan en die aangename kwaliteite daarvan. Estetiese gevoel: Mooiheid wat deur n produk weerspiel word; skoonheid ondervind deur die kyker, skoonheid en visueel genotvol; wanneer iets gekategoriseer word deur die skoonheid daarvan word dit uit n estetiese oogpunt beskou. Estetika: n Studie van kuns en teorie oor die aard en waardering van skoonheid. Evalueer: Om die waarde van iets te skat volgens n voorgeskrewe kriteria.

OR

Ekspressionisme: Permanente kunsstyl waar die klem geplaas word op die uitdrukking van emosies en gevoelens van die kunstenaar. Eienskappe sluit verdraaing en oordrywing in.

BE

Eksoties: Iets wat merkwaardig verskillend en uitheems is. Dit stel gereeld verre lande en onbekende kulture voor. Dit is verskillend en ongewoon.

EL

Eksistensialisme: n Filosofiese neiging wat gewild geword het na die Tweede Wreldoorlog omdat mense die belangrikheid van menslike individualiteit en vryheid wou herbeklemtoon. Hierdie filosofiese skool het geglo dat mense verantwoordelik is om hul lewe betekenis te gee ten spyte van eksterne hindernisse.

Eklekties: Beteken om te leen, uit verskeie bronne te kies, n kombinasie van style.

VISUele kunste GRAaD 12

434 F Fasade: Voorkant van n gebou. Fantasie: Beelde wat slegs in die verbeelding bestaan. Fauvisme: 1905 1907, n Groep kunstenaars gebaseer op Matisse wie se werk gekenmerk word deur sterk kleur en kragtige kwashale. Hul werk was gewoonlik vrolik van aard. Feminisme: n Versameling bewegings wat daarna gestreef het om gelyke regte vir vroue in die politieke, ekonomiese en sosiale sirkels te definieer, te vestig en te beskerm. Figuur / Grond: Gebruik in twee-dimensionele terme: verhouding tussen die voorgrond (figure) en die agtergrond / spasie rondom (grond); sien ook die terme as negatief teenoor positief.

Fotografie: Die proses en kuns van die opname van prente deur lig deur middel van n ligsensitiewe medium vas te vang, soos film of elektroniese sensors. Digitale fotografie word moontlik gemaak deur ligsensitiewe digitale pieksels.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Fotomontage: n Variasie van n collage waarin geplakte items eintlik fotos of fotografiese herproduksies is wat gekies en ontwikkel is deur die Dada-groep in Berlyn. Fragmentasie: Om iets te breek / te verdeel in verskillende dele / fragmente. Frontaal: 3D-voorwerp wat vereis om hoofsaaklik vanuit een oogpunt beskou te word. Frottage: Vrywing oor growwe oppervlaktes. Word gereeld gebruik as n beginpunt van die aktivering van die onderbewussyn. Funksionalisme: Die funksie van n voorwerp of gebou bepaal vorm en skoonheid. Funksioneel: Word gebruik; prakties sonder om versierend of weelderig te wees. Futurisme: 1909 1914. Italiaanse beweging gestig deur die digter Marinetti. Sy lede het die verlede verwerp en eerder die dinamiek van die moderne masjien-era en stadslewe gevier. Hoofsaaklik genteresseerd in die tentoonstelling van beweging, byvoorbeeld Carra, Boccioni, Balla.

OR

Formele kunselemente: Die term word gebruik om die tegniese struktuur, komposisie en vorm van kuns te beskryf; die term kan verdeel word in afdelings soos kunselemente (byvoorbeeld lyn, tekstuur, kleur ens.) en ontwerpsbeginsels (byvoorbeeld balans, proporsie, skaal, ritme ens.).

BE

Formalisme: In lynregte teenstelling met Ekspressionisme. Die klem is op n koel redelikheid en intellektuele kuns. Die oorsprong van hierdie tendens is in Czanne se herkonstruksie van natuur in basiese vorms en die verwesenliking van die skildery as n twee-dimensionele oppervlak en nie n venster op die wreld nie. In Formalisme handel die kuns oor die rangskikking van die formele elemente byvoorbeeld lyn,vorm, kleur, in n spesifieke volgorde en nie wat hulle verteenwoordig nie. In die 20ste eeu is Formalisme gewoonlik positief oor die toekoms, wetenskap en tegnologie, anders as Ekspressionisme.

EL

Fokuspunt: Die area van belang waarna die kyker se oog getrek word wanneer die kunswerk beskou word.

435 Skone Kunste: Die nie-funksionele kunsdissiplines, soos skilder en beeldhou. G Gebeurtenisse (Happenings): Multimedia kunswerke wat ook beskryf kan word as n kunsgebeurtenis. Dit bestaan gewoonlik uit n verhoog- of voorgeskrewe produksie wat die deelname van die gehoor verg om die werk te voltooi. Dit word beskou as n voorloper van Performance-kuns en het ontwikkel uit die teaterbedrywighede wat deel van Dada- en Surrealisties-uitstallings is. Geen deurweking: Skakerings van grys. Gempliseerde beweging: Om die gevoel van beweging te skep in n beeld wat nie die vermo het om te beweeg nie; verkry deur die manier wat jy jou kunselemente gebruik; herhaling van elemente kan ook hierdie resultaat h.

Gemengde Media: Wanneer n kunstenaar verskillende media, materiale, en tegnieke in een werk gebruik. Generies: n Algemene eienskap wat betrekking het op enige individu van n groot groep of klas. Genre-skilderye: Skilderye wat daaglikse lewe uitbeeld soos plaaslike lewe, dorpstonele en stillewes. Geometriese vorms: Gebaseer op geometriese, wiskundige vorms, soos n sirkel, vierkant of reghoek. Geraamtestruktuur: n Geraamte van staal; ondersteun die hele gebou en maak byvoorbeeld gordynmure moontlik. Gestileerde: Dit verwys na verdraaiing van verteenwoordigende visuele beelde in ooreenstemming met sekere kuns konvensies of om sekere ontwerpskwaliteite te beklemtoon. Dit verwys ook na n kunstenaar se gebruik van standaardeienskappe om n voorwerp uit te beeld. Slegs die algemene vorm word gewys, maar detail word gegnoreer. Afgewerk tot basiese, herkenbare kenmerke. Gevonde voorwerp: n Natuurlike of mensgemaakte voorwerp soos dryfhout of n bottel wat onveranderd is, word of uitgestal as n kuns voorwerp in sy eie reg, of ingewerk in n kunswerk. Globale: Wreldwye. Gordynmuur: n Dun, nie-gewigdraende muur soos die groot oppervlaktes van glas wat baie moderne geboue bedek. Graffiti: Slagspreuke, beelde en woorde in publieke plekke. In Italiaans beteken dit krapmerke op n muur. Grond: Agtergrond of oppervlak waarin vorm of merke gemaak word.

VO

OR

BE

EL

Gempliseerde spasie: 3D-spasie wat geprojekteer word op n 2D-oppervlakte; met ander woorde dit skep die illusie van n 3D-spasie maar is eintlik net n 2D-oppervlakte.

Gempliseerde lyn, oppervlakte of vorm: Voorgestel aan die oog maar is nie werklik daar nie.

VISUele kunste GRAaD 12

436 H Harmonie: Aantreklike kombinasie van elemente waaruit die finale komposisie bestaan. Helderheid: Om lig af te gee; kan ware lig of n illusie wees. Herhaling: Die posisionering van dieselfde vorm, voorwerp, element of patroon oor en bo-op dieselfde oppervlak of in dieselfde spasie. Herwin: Om afval te verander in herbruikbare materiaal. Herwinbaar: Enige deel van n voorwerp wat weer gebruik kan word vir n soortgelyke of verskillende doel. Ho Tegnologie: Argitektuur wat na die Tweede Wreldoorlog tegnologie opgehemel het en klem plaas op ingewikkelde detail, byvoorbeeld Pompidou-sentrum. Hulle het ho tegnologie boumateriale gebruik.

Horisonlyn: Verste punt wat ons in die agtergrond kan sien; sal ook die die verdwyningspunt op die horison wees; waar die lug en die grond by mekaar aansluit.

Humanisme: Die beklemtoning van wat dit beteken om n mens te wees n beklemtoning van die mens se geestelike en intellektuele vermons. Humanistiese argitektuur: Post-modernistiese argitektuur streef daarna om die mens te dien, byvoorbeeld die skaal van n vertrek neem die skaal van n mens in ag. Ook menslike verbintenisse soos die kaggel as die hart van n vertrek. I

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Illusie: Om te oortuig dat dit wat geskilder is as realiteit aanvaar word / illusionis byvoorbeeld skep op n plat oppervlakte (die skildery) n idee van diep ruimte. Impasto: Dik aangewende verf, egalig deur getekstuurde kwashale. Impressionisme: Kunsbeweging van die laat 19de eeu waarin kunstenaars probeer om wat die oog sien vas te vang, naamlik n vlugtige oomblik. Die oppervlakte word verbreek deur kwashale en die vaslegging van lig is baie belangrik, byvoorbeeld Manet, Monet, Degas, Renoir en ander. Inheemse: Plaaslik, spesifiek tot n era, area, kultuur of land.

OR

Horisontale lyne: Lyne wat van kant tot kant beweeg.

BE

Hoogtepunt : n Punt of deel wat beklemtoon word deur helderheid van kleur, waarde of lig, wat direk reflekteer word.

EL

Holocaust: Van die Griekse betekenis heel en gebrand. Hierdie gebeurtenis het n ander naam Shoah wat Joods is vir katastrofie. Hierdie woord verwys na die sistematiese volksmoord van ongeveer 6 miljoen Europese Jode gedurende die Tweede Wreldoorlog in Duitsland, gelei deur Hitler.

437

Inhoud: Onderwerp en betekenis van die kunswerk. Innovering: Die skepping van nuwe dinge; om n nuwe manier van doen voor te stel en deur te voer. Installasiekuns: Ook bekend as Omgewingskuns is multimediakunswerke of samestellings wat vir n spesifieke plek ontwerp word, om vir n sekere tydperk genstalleer te word. Die toeskouer moet gewoonlik deur n hele vertrek of galeryspasie stap om die kunswerk ten volle te kan ervaar. Intellektueel: Met gedagte; teenoorgestelde van emosioneel. Intellektuele eiendom: Die unieke idees, gedagtes, uitvindsels en skryfwerk van n persoon. Internasionale Styl: Die kenmerkende Modernistiese boustyl van Le Corbusier, Mies van der Rohe en ander. Kenmerke sluit in die geraamtestruktuur, standaardisasie en die afwesigheid van versiering. Interpreteer: Analiseer en evalueer (verskaf n ingeligte opinie). Verduidelik ten opsigte van konteks en ondersteun met spesifieke voorbeelde. Irrasionele: Onredelik, teenoorgestelde van rasioneel.

Isoleer: Om iets op sy eie te laat staan of weg van ander dinge af. J

Jukstaposisie: Om dinge langs mekaar te plaas om sodoende n kontras of n nuwe verhouding tussen hulle uit te beeld.

Vrydraende balk: Versterkte betonareas sonder ondersteuning. Keramiek: Voorwerp uit klei gemaak wat van kwaliteit verander wanneer aan hitte blootgestel word; 2D-oppervlak soos tels; 3D-voorwerpe wat die uitsluitlike doel kan h om n beeldhouwerk en dekoratief te wees of wat n funksie kan h, soos n mengbak. Kinetiese kuns: Maak staat op beweging vir effekte. Kunstenaars wat hierdie beweging begin het, het die effekte van beweging so vroeg as die 20ste eeu verken deur die element van tyd voor te stel en weerspiel die invloed van masjinerie en tegnologie in kuns, byvoorbeeld Tinguely, Takis. Kitsch: Vals, sentimenteel en pretensieus in styl en / of uit swak smaak. Ready-made: is n term wat vir die eerste gebruik is deur Marcel Duchamp waarna hy verwys het na vervaardigde voorwerpe wat hy gekies en soms verander het om as kunswerke te gebruik. Kleurharmonie: Kleure langs mekaar op die kleurwiel werk goed saam of is in harmonie. Kleurpalette: n Spesifieke groep of reeks of verskeidenheid kleure, gedentifiseer om in spesifieke projekte gebruik te word; die reeks van kleure kan kontrasterend, komplimentr of monokromaties wees.

VO

OR

BE

EL
VISUele kunste GRAaD 12

438

Kleurskakering: Donkerder waarde van dieselfde kleur; die kleur + swart. Kleurting: Ligter waarde van dieselfde kleur; die kleur + wit. Kleurverskeidenheid: Gebruik van verskillende kleure. Kleurvibrasie: Wanneer twee hoogs kontrasterende kleure aanmekaar, raak weerspiel die grenslyn n persepsie van vibrasie en beweging. Kleurwaarde: Die ligtheid of donkerheid van n kleur. Kleurwiel: Toon die verhouding tussen kleure soos primre kleure, sekondre kleure, komplimentre kleure in n georganiseerde manier rondom n sirkel / sirkulre grafiek; word gebruik in die studie van kleurteorie. Kolonisasie: Het gedurende die Industrile Revolusie in die 19de eeu plaasgevind toe Europese lande op soek was na rou materiale. Afrika is deur Europese lande verdeel in die lande soos ons hulle vandag ken, sonder om die inheemse bevolking in ag te neem. Vanaf die 1960s het Afrika-lande hul onafhanklikheid verklaar. Kommodifikasie: Die transformasie van goedere, idees of enige iets wat eers nie beskou is as handelsartikels nie, maar wat nou n bemarkbare item is en vervaardig word om behoeftes en begeertes te bevredig. Komplimentrende Kleure: Kleure wat oorkant mekaar gele is op die kleurwiel, soos rooi en groen, geel en pers, blou en oranje; n primre kleur is die komplimentre kleur van n sekondre kleur (mengsel van 2 primre kleure). Komposisie: Die kombinasie van die kunselemente om n bevredigende geheel te vorm. Die rangskikking van kleure, vorme, lyne ens. moet n visueel bevredigend of stimulerede eenheid vorm. Die komposisie word deur die kunstenaar gedoen. Die finale resultaat van die komposisie word die komposisie van n tekening, skildery of beelhouwerk genoem.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Konkreet Brut: Die gebruik van afsluiterbeton op n manier wat rof, ongeverf of onbedek is. Konsep: Die idee/s agter n kunswerk. Konseptualiseer: Om met n idee vorendag te kom. Konseptueel: n Kunswerk wat idees uitdruk. Konseptuele kuns: n Term wat in die 1960s ontstaan het, wat verwys na verskeie kunsvorms wat nie meer die konvensionele vorm van die kunsvoorwerp aanneem nie. Die vernaamste element van konseptuele kuns is dat dit die kyker met n idee gee oor kuns sodat die natuur van kuns oorweeg en bevraagteken kan word. Konseptuele vaardighede: Die vaardighede om n oorspronklike idee of plan te kan bedink; gevordere manier van dink ten opsigte van analisering, observasie en die interpretasie van mense en situasies.

OR

BE

EL

439

Konteks: Die sosiale en historiese agtergrond. Dit is belangrik om so veel as moontlik historiese agtergrond oor kunstenaars en kunswerke te h, sodat ons begrip van die werk toeneem. Kontemporre: Gewoonlik beskou as die kuns van die 1970s tot vandag wat modern en nietradisioneel is. Kontoerlyn: Lyn wat die kante van vorms volg; die buitelyn van n voorwerp. Kontras (verskeidenheid): Posisionering van teenoorgestelde kwaliteite van lyn, kleur, tekstuur of vorm om kontras en verskeidenheid te skep, byvoorbeeld ho kontras en verskille tussen baie ligte en baie donker areas in n beeld. Kontrastering: Teenoorgesteldes wat saam geplaas word, kan verskillende vorms, lyne, teksture of kleure wees; voorwerpe wat baie van mekaar verskil en ander kwaliteite het. Koue kleure (of koel kleure): Kleure soos bloue en groene. Hulle lyk asof hulle verdwyn na die agterkant van die skildery toe. Hulle het n kalmerende uitwerking op die kyker. Kreatiewe denke: n Gevorderde manier van dink; moenie net aan die klaarblyklike dink nie, maar oorweeg n verskeidenheid maniere en uitgangspunte om n problem op te los.

Kuns elemente: Lyn, tekstuur, kleur, vorm, tonale waarde. Kuns vir kuns se onthalwe: Die verwerking van n Franse slagspreuk van die vroe 19de eeu, lart pour lart, en druk n filosofie uit dat die intrinsieke waarde van kuns, en die enigste ware kuns, geskei is van enige didaktiese, morele of nuttige funksie. Kuns wat nie in opdrag gemaak word nie, byvoorbeeld kontemporre kunstenaars het die vryheid om uitdrukking aan hulle idees ens. te gee. Kurator: Die persoon in n museum of galery wat besluit watter werke gekoop en uitgestal word asook op watter manier, en besluit wie die persoon is wat navorsing doen oor die kunswerke en daaroor gaan skryf. L Laterale denke: Onkonvensionele benadering tot probleemoplossing; deur nie van tradisionele of logiese benaderings gebruik te maak nie. Letterlike interpretasie: Wanneer iets direk genterpreteer word, soos deur almal gesien, nie n abstrakte interpretasie nie.

VO

OR

Kubisme: Vroe 20ste eeuse beweging gedomineer deur Picasso en Braque; analisering van vorms uit verskillende perspektiewe en bevryding van verteenwoordigende uitbeeldings; Analitiese Kubisme het ware voorwerpe in verskillende dele gedeel. Sintetiese Kubisme het herkenbare voorwerpe uit abstrakte dele opgebou met die gebruik van klaargemaakte materiale soos koerantpapier.

BE

Kreatiewe proses: Die vlakke van kreatiewe kunswerk, byvoorbeeld navorsing, eksperimentasie en weerspieling.

EL

VISUele kunste GRAaD 12

440 Liggaamskuns (Body Art): n Kunsvorm waar die liggaam die primre fokus is. Die kunstenaar gebruik gewoonlik sy / haar eie liggaam, maar dit kan ook ander mense wees waarop die kunstenaar se werk gerig word. Dit sluit baie Performance Art-stukke in aangesien die opvoeringselement gewoonlik oor choreografiese liggaamsbewegings handel. Lyn: Element verstaan in terme van lengte en rigting. M Massa: Stel gewig, digtheid of drie-dimensionele vorm of voorwerp of area voor. Medium (meervoud is media): Verwys na die materiaal wat gebruik word tydens die maak van n kunswerk. (Dit kan ook verwys na die vloeistof-bestandeel van n verf, byvoorbeeld water, lynsaad, olie, ens.)

Middelgrond: Deel van byvoorbeeld n beeld (2D) wat tussen die voorgrond en die agtergrond is. Min deurweek: Kleure wat geen helderheid het nie; dowwe kleure; min regte kleur bly oor.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Minder is meer is vervelig: Venturi se verklaring oor Post-Modernistiese argitektuur wat eklektiese bronne en versiering gebruik om die rykheid en dubbelsinnigheid van die moderne lewe voor te stel, in teenstelling met die eenvoud en duidelikheid van Modernistiese argitektuur. Minder is meer: Mies van der Rohe se stelling wat gebruik is in Modernistiese argitektuur waar absolute eenvoud meer s as ingewikkelde versiering. n Gebou moet uit so min materiale as moontlik gemaak word, byvoorbeeld slegs glas, staal en versterkte beton. Minifiseer: Om iets kleiner te maak. Minimalisme: Primre strukture of ABC ART is n beweging wat wou h kuns moes onafhanklik staan en nie as n weergawe van iets anders nie. Die kunswerke wat gemaak is as deel van hierdie beweging is abstrak en oor die algemeen gebaseer op eenvoudige geometriese vorms. Hulle het industrile materiale gebruik om hulle werke te skep en wou h dat die kyker meer bewus moes wees van die mees basiese aspekte van kuns, soos orde, harmonie en eenvoud. Mobiel: n Tipe hangende kinetiese beeldhouwerk, waarvan die dele onafhanklik beweeg. Gewoonlik word beweging geaktiveer deur die gebruik van lugstrome, byvoorbeeld Calder.

OR

Mexikaanse muurskilder: Hierdie term beskryf die grootskaalse gebruik van muurskilder in Mexiko in die 1920s en 1930s. Die vernaamste kunstenaars was Diego Rivera, Jos Clemente Orozco en David Siqueiros (The Three Great Ones). Hulle was almal toegewy aan linkse idees tydens n polities ontstuimige tydperk in Mexiko. Hulle grootskaalse muurskilderye op publieke geboue is geskilder om sosiale en politieke boodskappe aan die publiek oor te dra.

BE

Metodologie: Die manier waarop n idee of probleem benader word; verwys ook na die korrekte of

EL

Merkskepping: Spontane skepping van merke op n oppervlakte met die gebruik van enige materiale; verteenwoordig niks konkreet nie; verskillende tekenmateriale en aanwendingmetodes sal tot verskillende teksture, linire en visuele voorkoms of kwaliteite lei.

Mensgemaakte voorwerpe: Enige voorwerp wat deur mense vervaardig is; kan handgemaak of massavervaardig deur masjiene wees.

441

Modellering: In skilder en teken is dit die uitbeelding van drie-dimensionele vorms, gewoonlik deur aanduidings van lig en skaduwee. In beeldhouwerk is dit wanneer n vorm geskep word deur n sagte medium soos klei te manipuleer. Modernisme (Moderne kuns): Die los term wat gegee word aan die opvolging van verskillende style en bewegings in kuns en argitektuur, wat Westerse kultuur gedomineer het sedert die 19de eeu tot in die 1960s / 1970s. Bewegings wat geassosieer word met Moderne Kuns sluit in Impressionisme, Fauvisme, Kubisme, Surrealisme, Futurisme, Abstrakte Ekpressionisme, ens. Modernisme verwerp die verlede as n model vir huidige kuns en word gekenmerk deur konstante innovering en eksperimentasie. Modulasie: Stel gladde oorgang of verandering voor. Monochromaties: Kleurskema ontwikkel uit tinte en skaduwees van een kleur of skakering; die gebruik van kleure wat naby mekaar gebruik word in n kleurskema; afgelei van dieselfde kleur, maar toon variasie ten opsigte van die tonale waarde (ligter of donkerder) van dieselfde kleur wat n reeks verwante kleure tot gevolg het. Montering: Om jou kunswerk op n tweede, gewoonlik sterker, oppervlak te plaas om sodoende jou werk te raam vir uitstaldoeleindes; montering word aan die agterkant van die kunswerk geheg wat n opsigtelike raam rondom die kunswerk wys. Monumenteel: Groot, kolosaal.

Multikulturisme: Inkorporasie van invloede en beelde wat uit verskillende kulture ontstaan. Multimedia: Kontemporre kunstenaars wat n verskeidenheid media, gewoonlik nuwe Media soos teks, oudio, video, ens. gebruik om n kunswerk te skep; staan ook bekend as elektroniese media, wat kuns kan stoor of gebruik word om multimedia te ervaar. Museums: Versamel, stal uit, onderrig, doen navorsing oor en bewaar voorwerpe sodat dit deur mense vandag en ook deur die nageslag gesien kan word. Muurskildery-ontwerp: n Ontwerp wat aangewend word op die oppervlakte van n muur as primre oppervlak. N Nawe kuns: n Term wat gebruik word vir kunstenaars wat geen formele opleiding het nie, byvoorbeeld Henri Rousseau. Hul werk bestaan gewoonlik uit helder kleure en hoewel hul benaderings naturalisties is met baie aandag op detail, gee hulle min aandag aan perspektief. Naturalisme: Kuns wat die regte voorkoms van dinge, akkuraat en betroubaar wil weergee. (Die terme naturalisties en realisties word gereeld as sinonieme gebruik, maar realisme verwys na spesifieke bewegings tydens die 19de eeu.) Ook bekend as verteenwoordigende kuns.

VO

OR

Motief: Dominante tema of vernaamste deel van n komposisie; individuele element / simbool of kombinasie van elemente wat herhaal word in die ontwerp; kan eenheid deur herhaling van die motief skep.

BE

EL

VISUele kunste GRAaD 12

442

Negatiewe spasie: Die spasie rondom die regte vorm of voorwerp wat nie beset word nie; die grond in n figuur-grond verhouding; die gedeelte wat benvloed en beheer word deur n vorm of voorwerp. Neo-Ekspressionisme: Ontwikkel in die 1980s en was n reaksie teen die Minimalistiese en Konseptuele bewegings wat die kunstoneel in die 1970s gedomineer het. Skilder as n medium het herleef in hierdie Ekspressiewe skilderstyl wat n internasionale fenomeen was. Onder die invloed van die Ekspressionisme het die Neo-Ekspressioniste op n growwe en emosioneel gewelddadige manier geskilder met die gebruik van sterk en banale kleurharmonie. Neo-Impressionisme: n Kunsbeweging wat deur Seurat en Signac gestig is waar die werk noukeurig beplan en in detail uitgewerk is. Kleure was in onderskeidelike merke uitgebeeld, ongemeng op die doek, om deur die o van die kyker gemeng te word deur n pointilistiese tegniek. Neo-Klassisisme: Laat 18de- en vroe 19de-eeuse beweging wat gewoonlik slegs n paar figure in kalm, statiese posisies gebruik, afgelei van klasieke beeldhoukuns. Voor die Franse Revolusie is dit beskou as n vorm van kuns om mense te onderrig. Dit het die amptelike styl van die Franse Revolusie en Napoleon geword. Neutrale kleure: Op n klassieke manier verwys dit na die gebruik van die nie-kleure soos swart, wit en grys en al die skakerings tussenin; het min deurweking.

Nie-verteenwoordigend: Voorwerpe of vorms wat nie herkenbaar is binne konteks of onderwerp nie; abstrak.

Leemte: Le ruimte; negatiewe ruimte is ook sigbaar.

VO
O
VISUele kunste GRAaD 12

Nuwe Media: Baie kontemporre kunstenaars gebruik ongewone material wat nie tradisioneel as kunsmateriaal beskou word nie, soos opgestopte diere, meel, ens. Nuwe Objektiwiteit: (Neue Sachlichkeit) Die naam is afkomstig van n uitstalling wat in 1923 in Mannheim, Duitsland gehou is. Dit was n realistiese styl gevul met satiere en kritiek, en is n uitbeelding van die korrupsie, waansinnige plesier en algemene demoralisasie van Duitsland nadat die land in die Eerste Wreldoorlog verslaan is sowel as die onbekwame Weimar-republiek wat Duitsland op daardie stadium regeer het. Die beweging het tot n einde gekom met die totstandkoming van die Nazis.

Objektief: Vry van enige vooroordeel of partydigheid; veroorsaak deur persoonlike gevoelens. Dit word op feite eerder as gedagtes of opinies baseer. Sonder gevoel. Odaliks: n Vrou wat as n slaaf of bywyf in n Turkse harem (die aparte lewensareas vir alle vroue) gehou word.

OR

Nie-Westerse beskawings: Verwys oorspronklik na die beskawings wat buite Europa ontstaan het, soos in Afrika, die Ooste, op die Suidsee-eilande, Australasi, die vroe beskawings in die Amerikas, ens. In nie-Westerse kuns het die konseptuele en godsdienstige interpretasie van beelde tot n groot mate voortgeduur.

BE

Nie-figuratiewe: Vorms wat nie herken word nie; onnatuurlike interpretasie; abstrak.

EL

443

Oeuvre: Franse woord wat al die werke van n kunstenaar beteken. Onderhoubaar: Duursaam of kan vir n lang of klaarblyklik oneindigende tyd bestaan. Onderwerp is dit wat ten toon gestel word in n skildery of beeldhouwerk. Kan figuurlik of letterlik wees. Ondeursigtig: Solied, nie deursigtig nie; blokeer alle lig. Ontwerp: Om n gedetaileerde plan van die struktuur van iets te skep met die fokus op voorkoms, gerief en doeltreffende funksionaliteit van die finale ontwerp; om iets op n vaardige manier te skep; om iets om n spesifieke rede uit te vind; n tekening of grafiese verteenwoordiging met die doel om fuksie te toon en hoe om dit te maak of aan mekaar te sit. Ontwerpsbeginsels: Balans, Kontras, Eenheid, Ritme / Beweging, Proporsie, Fokus / Beklemtoning / Dominering, Komposisie / Uitleg. Ontwerpsmodel: Kleiner skaal model / prototipe gebaseer op die ware 3D-beeldhouwerk, gebou of konstruksie. Oogvlak: Sien ook horison-lyn.

Oorvleuende: Die posisionering van een oppervlak of voorwerp, lyn, kleur of tekstuur, bo-op n ander een.

VO

Optiese kuns: n Ontwikkeling in skilder waar die kunstenaars optiese effekte skep vir die kyker, dit strek van subtiel tot ontstellend en verwarrend. Hierdie beweging het in die 1960s ontwikkel en die kunstenaars het hoofsaaklik variasies van geometriese vorms en kleure gebruik wat benvloed is deur kleurteorie om ongewone optiese effekte te skep. Organiese argitektuur: Die filosofie wat harmonie tussen menslike habitasie en die natuurlike wreld bevorder, byvoorbeeld geboue wat op n natuurlike weise met die landskap gentegreer word soos Falling Waters deur Frank Lloyd Wright. Organiese vorms: Vorms wat in die natuur aangetref word; gewoonlik sagter vorms as geometriese vorms; vryvorm (onrelmatigheid van vorms); vorms wat nie beperk is tot meetkundige presisie nie; meer natuurlike vloei in lyne en vorms; kan ook verwys na lewendige vorms; teenorgestelde van mensgemaakte voorwerpe, ronde of gekurwe vorms. Orintalisme: n Term wat gebruik word vir die nabootsing en uitbeelding van die Oosterse kultuur in die Weste. Ornamentasie: Om bloot versierdetails of ontwerpe aan n gebou te voeg.

OR

Optiese kleurvermenging: Wanneer twee kontrasterende kleure / skakerings in jukstaposiese (teenaanligging) geplaas word, skep dit die visuele persepsie / illusie van kleurvermenging.

BE

Oorheersing: Wanneer een voorwerp n ander in n kunswerk domineer, byvoorbeeld groot en klein, helder en dof, tekstuur en gewoon.

EL

VISUele kunste GRAaD 12

444

P Palimpsest: Wanneer die oorspronklike merke of skrif op n oppervlak uitgewis word, om plek te maak vir n tweede laag merke of skrif. Pan-Afrikaans: Sambreelterm vir alle Afrika-kulture. Perseptueel: Vanaf die visuele, hoe iets beskou en vertoon word. Perspektief: Vertoon die 3D-kwaliteit van n voorwerp, gebou of ruimte op n 2D-oppervlak uit. Lyn perspektief: gebaseer op die waarneming dat parallelle lyne lyk of hulle op die horison bymekaarkom in een of meer verdwyningspunte. Voorwerpe word kleiner soos wat hulle verder wegbeweeg. Lugperspektief: (Atmosferiese perspektief) wanneer die atmosfeer vorms en kleure wat in die afstand is, versag. Wanneer jy naby n boom is, kan jy die afsonderlike takke en blare sien terwyl dit van ver af lyk of dit gemeng is. Plaaslike kleur: Natuurlike kleur van n voorwerp of materiaal.

Plagiaat: Die verkeerde toe-eiening of geloofwaardige nabootsing van iemand anders se gedagtes, idees of uitdrukkings, wat gebruik word as eie oorspronklike werk.

Plek-spesifiek: Om n kunswerk spesifiek te ontwerp vir n sekere spasie / ligging / gebied.

Pointillisme: Die tegniek van sistematiese kwashale tot die gebruik van kolle in Neo-Impressionisme. Polikromaties / Polikroom: Veelvoudige kleure. Popkuns: n Beweging wat ontwikkel het tydens die middel tot laat 1950s in Brittanje en Amerika. Dit put inspirasie uit bekende en kommersile kulture wat die gemeenskap op daardie stadium oorheers het. Dit was n reaksie teen Abstrakte Ekspressionisme en hulle het aspekte van massakultuur soos advertensies, strokiesprente en vervelige gebruiksartikels as onderwerp gebruik om tradisionele kuns te ondermyn en uit te daag. Portefeulje: In kuns is dit n versameling of tentoonstelling van n kunstenaar se werk. Positiewe vorm / area: Die ware vorm (2D) of voorwerp (3D), geplaas in n spasie; die figure of n figuurgrond verhouding; die area wat beslaan word deur n voorwerp of vorm in 3D-werke. Paal en Latei (balk): Die eerste konstruksiemetode wat in die wreld ontwikkel is deur die gebruik van n lintel (balk) as die horisontale gedeelte oor n spasie wat aan die eindpunte ondersteun word deur vertikale poste.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

OR

Pluralisme: Wanneer meer as een beginsel of idee erken word en waar minderheidsgroepe in die gemeenskap onafhanklike tradisies onderhou. In Post-Modernisme is dit die aanvaarding van verskillende style en oogpunte.

BE

Plastiek: Enige materiaal wat gegiet of gevorm kan word sonder om enige massa by te voeg of weg te neem.

EL

445

Post-Impressionisme: n Omvattende term wat verwys na kuns wat geleer het uit sekere Impressionistiese beginsels, maar wat ander uit die beweging verwerp het. Czanne wou meer struktuur h, terwyl Van Gogh gefokus het op sy emosionele reaksie. Gaugain was op soek na meer interaksie tussen Ekspressiewe en Simboliese inhoud. Post-Modernisme: n Term wat die kultuur van ongeveer die 1970s beskryf wat die historiese deurlopendheid van Modernisme verwerp het ten gunste van n beweging wat bekend gestaan het as Pluralisme. Pluralisme beteken die aanvaarding van verskillende style en oogpunte, elk met dieselfde waarde. Werke kon dus weerspreek word en verskille kombineer. Die Post-Modernis leen vrylik by die style van die verlede, selfs uit die Modernistiese verlede. Dit bied die kunstenaar die vryheid om te kan kies sonder om met n spesifieke styl te identifiseer. In argitektuur het dit gemanifesteer in opstand teen die Internasionale Styl en maak breedvoering gebruik van eklektiese verwysings, byvoorbeeld die geboue van Michael Graves. Pre-Raphaeliete: Engelse beweging wat in 1849 gestig is met die doel van die herlewing van die eerlike eenvoud van vroe Italiaanse skilders wat floreer het voor Raphael, dus Pre-Rapaelieite. Hulle het baie temas uit die middeleeue en literatuur geneem en het meestal op n morele les in hul werke gefokus. Primre kleure: Oorspronklike kleure; kan nie geskep word deur die vermenging van ander kleure nie; primre rooi, geel en blou; alle ander kleure kan teoreties uit hierdie kleure gemeng. Primre kontoer: Die buitenste vorm van vorm / voorwerp.

Propaganda: Kuns wat n politieke doktryn voorstel en wat n sekere party / staat / politieke gedagte het oor n ideologie, idee of saak. Gewoonlik word misleidende of verdraaide inligting versprei. Proporsie: Vergelykbare verhouding tussen elemente of voorwerpe.

VO
R

Publieke beelhouwerk: Kan abstrak wees of iets spesifiek vertoon; kan n nasie- of kulturele trots simboliseer; die posisionering en ligging van publieke beelhouwerk speel n noodsaaklike rol en dra by tot die omgewing waarin ons onself bevind.

Radiale balans: Dieselfde as simmetriese balans maar in di geval word dit verryk deur n 3D-vorm soos n sfeer. Wanneer die sfeer in die helfte gesny word, is beide kante presies dieselfde. Balans word bereik deur elemente in n sirkulre patroon rondom die sentrale as te rangskik; balans in alle rigtings rondom n sentrale punt. Rasionalisme: Die oortuiging dat rede die fondasie van alles is en dat dit meerderwaardig en onafhanklik van sintuiglike persepsie is. Realisme: Middel 19de eeuse Franse beweging wat gefokus het op onderwerpe in die alledaagse, werkersklaslewe sonder enige idealisasie of stilering, byvoorbeeld Daumier, Courbet, Millet.

OR

Projek-opdrag: Formeel geskrewe instruksies wat voorberei word deur n klint vir n ontwerper wat presiese instruksies bevat van dit wat van die ontwerper verwag word, vereistes, doelwitte, kwaliteit van die finale produk en funksionaliteit of gebruik.

BE

EL

VISUele kunste GRAaD 12

446 Relif-beelhouwerk: Gewoonlik deel van argitektuur. Onderskei tussen ho relif waar vorms diep uitgekerf is en uitstaan en lae relif waar vorms naby die oppervlak van n tekening is. Relif: 3D-vorm wat uit n 2D-oppervlak rys. Renaissance: Beskryf die tydperk vanaf die 14de tot die 16de eeu in Europa. Die Renaissance het in Itali ontwikkel tydens die laat middeleeue, van waar dit versprei het na die res van Europa. Die Renaissance verteenwoordig n geleidelike verskuiwing van die mensdom se gedagtes en lewensbeskouing sedert die middeleeue. Rigting: n Ware of denkbeeldige lyn waarteen n voorwerp beweeg of na toe wys. Ritme: Ontwerpselemente wat op so n manier gerangskik word dat die patroon of herhaling n sekere ritme skep; die proporsie van n verskeidenheid elemente moet verskil om te voorkom dat n vervelige ontwerp ontstaan. (Elemente soos lyn, vorm, tekstuur en kleur eweredig gespasieer, soortgelyk in grootte, kleur en tekstuur, sal n vervelige ontwerp sonder enige ritme skep.) Romantisisme: Vroe tot middel 19de eeuse styl wat individualisme, verbeeldingskrag en emosies vereer. Dit was n hoogs verbeeldingryke en subjektiewe benadering, gevul met emotionele intensiteit en n droomagtige of visionre kwaliteit. Ruimtelike orintasie: Die verhouding tussen n voorwerp en sy omgewing.

Ruimtelike perspektief: Om die 3D-kwaliteite van n ruimte op n 2D-oppervlak uit te beeld. S

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Salon: Die amptelike twee-jaarlikse uitstalling van kunswerke in die Louvre wat twee maal n jaar plaasgevind het. Dit was oop vir alle kunstenaars wie se werk deur die jurie, wat uit lede van die Akademie bestaan het, goedgekeur is. Meeste van die voorste Franse kunstenaars van die 19de eeu het deelgeneem aan die Salon. Sukses by die Salon kon n kunstenaar se goeie reputasie verseker, gevolg deur winsgewende staatsopdragte. Assemblage: Dit is n artistieke proses waar gevonde voorwerpe saam gesit word om twee- of driedimensionele komposisies te vorm. Sekondre kleure: Die vermenging van twee primre kleure veroorsaak n sekondre kleur; oranje (rooi + geel), groen (blou+geel), en pers (blou+rooi). Sensorskap: Dit is die onderdrukking van spraak of ander publieke komunikasie wat moontlik beskou kan word as aanstootlik, skadelik, sensitief of ongemaklik vir die meerderheid mense soos bepaal deur n regering, mediaverskaffer, of ander beheerliggaam. Sentralisasie van komposisie: Waar die belangrikste figuur in die middel van die komposisie geplaas word.

OR

Salon Des Refuses: Franse uitstalling van verwerpte Salon-werke wat in 1863 gehou is en wat die mag van die Franse Akademie gebreek het en gelei het tot die geboorte van avant-garde kuns met onafhanklike uitstallings.

BE

EL

447 Sifdruk: Dit is n afdruktegniek wat gemaak word deur n geraamde, fyngevlegte net wat n stensil van die inkblok tydens die drukwerk ondersteun. Die ink word oor die net versprei en deur die piepklein gaatjies in die net gedruk, en word dan met n spons of lap deurgedruk. Dit kan op enige tweedimensionele oppervlak gebruik word. Die tegniek word tradisioneel gebruik vir massavervaardigte kommersile beelde. Simbolisme: (c. 1885 1910), het ontstaan as n reaksie op Realisme en Impressionisme omdat die Simboliste gevoel het dat die ander bewegings die verbeelding en emosies gegnoreer het. Hulle wou skilderye maak wat sekere buie en gevoelens ontlok het. Simbolisme was ook n sterk tendens in literatuur. Die Simbolistiese skilders het mitologiese- en droombeelde gebruik vir die visuele taal van die siel, byvoorbeeld Redon en Moreau. Simbool: Karakter / beeld / figure wat n idee, konsep of emosie verteenwoordig. Kommunikasie strek verby die oorspronklike en letterlike vorm, byvoorbeeld die hart wat n simbool van liefde is.

Sinkopaat: Om beklemtoonde en onbeklemtoonde lyne, patrone of kleure in n komposisie te verdeel. Sintuiglik: Beskryf dinge wat verwant is aan die 5 fisieke sintuie: sig, smaak, gehoor, reuk en gevoel. Sintuiglike bewussyn: Ho vlak van bewussyn deur al jou sintuie te gebruik.

Skakering: Verwys na n kleur of die skaduwee van die kleur; dui op die ware naam van die kleur. Skedule: n Tydraamwerk waarin n sekere hoeveelheid werk en opdragte voltooi moet word. Skenkers: Individue, besighede of instellings wat kunswerke aan museums skenk. Sosiale kwessies: Kwessies soos MIV / VIGS, misdaad, ens. het n invloed op die dag-tot-dag sosiale struktuur van gemeenskappe. Ruimte: Drie-dimensionele area; verwys na afstand, area en volume van die ruimte; totale area wat geaffekteer word deur n ontwerp; ruimte of voorwerp wat gedefi nieer word deur die ruimte rondom, agter, voor, onder en binne die voorwerp. Spontaan: Om te doen sonder om te dink of om te beplan; spontane lyn stel n vars kwaliteit van energie en vryvloei voor; dit gebeur natuurlik en is nie beplan nie. Standaardisasie: Standaardgroottes van vensters, deure, ens. om bouwerk makliker, goedkoper en ooreenstemmend te maak. Staties: Kan nie beweeg nie of beweeg nie.

VO

OR

Skaal: Eenvormige en proporsionele vermindering of vergroting van die grootte en dimensie van n vorm of spasie; gewoonlik beeld dit nie die ware dimensies van die werklike wreld uit nie; die ware grootte van byvoorbeeld n voorwerp in verhouding tot sy omstandighede.

BE

EL

Simmetrie: Graad waarteen vorms of elemente gerangskik is aan albei kante van n sentrale as in n spielbeeld.

Simetriese balans: Elemente wat gelyk geposisioneer is vanaf n sentrale punt of as; 2D- of 3D-vorm word aan beide kante van n sentrale as uitgebeeld.

VISUele kunste GRAaD 12

448 Statiese vorm: n Vorm wat glad nie kan beweeg nie; besit nie die kwaliteit om n illusie van beweging voor te stel of te skep nie. Stereotipe: n Vooropgestelde indruk van iets of iemand. Dit is onveranderbaar, relmatig en eentonig. Styl: Verwys na die hoe?- vraag oor kunswerke. Hoe het die kunstenaar die onderwerp uitgebeeld? of Hoe het die kunstenaar sy / haar persoonlike stempel op die stuk geplaas? Super-realisme of Fotorealisme: n Beweging wat in die laat 1960s ontwikkel het toe kunstenaars met fotos gewerk het om dit as skilderye uit te beeld wat soos fotos gelyk het. Hierdie beweging het ontwikkel met Popkuns as n invloed oor die keuse van onderwerp en dus is die onderwerp gewoonlik vervelige tonele of voorwerpe uit die alledaagse lewe. Die beweging word hoofsaaklik geassosieer met skilder, hoewel beeldhouers soos Hanson en De Andrea fotorealistiese tegnieke gebruik het om hul lewensgrootte beelde te maak. Superimponeer: Om n laag bo-op n ander laag te plaas.

Surrealisme: Beweging tussen die wreldoorlo gebaseer op droomagtige beelde vanuit die onderbewussyn, byvoorbeeld Miro, Dali, Magritte.

Tegniek: Verwys nie na die medium nie, maar eerder na hoe die werk uitgevoer word. Byvoorbeeld, as jy na n skildery kyk, sal die tegniek verwys na hoe die medium gebruik is. Is die kwashale vermeng en onsigbaar of is dit duidelik sigbaar? Is dit egalig, gestippel of impasto? Tekstuur: Visueel (teksturele kwaliteit ondervind deur sig) of tasbare (teksturele kwaliteit ondervind deur gevoel) oppervlak; die tekstuur van sy sal anders voel en lyk as die tekstuur van fluweel. Tersire onderwys: Die derde vlak in onderwys. Dit volg na sekondre onderwys wat na die horskool verwys. Die eerste vlak van onderwys is primre opvoeding of die laerskool.

VO
VISUele kunste GRAaD 12

Toe-eiening: Om besit te neem of vir jouself te neem. Tonale waarde: Verwys na die graad van ligheid en donkerheid in n gegewe kunswerk. Toon van kleur: n Spesifieke waarde van dieselfde kleur; kleur wat donkerder word deur grys by te voeg (swart en wit). Transgeneties: Beskryf die tegniek van die oordrag van genetiese materiaal vanaf een organisme na die DNS van n ander organisme. Trompe Loeil: Wanneer n beeld of voorwerp op n oppervlak op so n manier geskilder word dat die kyker glo dat die illlusie die regte beeld of voorwerp is. Twee-dimensioneel: Werk / ontwerp wat op n plat oppervlak geskep word. Tweegetinte: Twee verskillende waardes van dieselfde kleur.

OR

BE

EL

449 Tweepuntperspektief: Om 3D-voorwerpe op n 2D-oppervlak aan te bring deur die gebruik van lyntekeninge, waar die lyne lyk asof hulle wegbeweeg vanaf die kyker en by 2 fokale punte / verdwyningpunte bymekaar kom; skep n illusie van spasie, diepte en volume. Tydsbestuur: Die manier hoe jy die tyd bestuur wat jy het om n taak te voltooi. U Universele taal: n Taal wat deur alle kulture verstaan kan word; visuele taal wat verteenwoordig deur simbole, ikone en tekens wat dieselfde betekenis het, ongeag die kultuur of land, soos n stopteken, lughaweteken, toilettekens, ens. Daar word dikwels na kuns as n universele kuns verwys. V Veelvoudige punt-perspektief: n Spesiale linire illusiestelsel met meer as twee verdwyningspunte op die horison vir die verbinding van parallelle lyne; skep ruimtelike illusie. Vel en been-argitektuur: Staal en beton was die krag van die gebou (been), terwyl glas die skynende vel was wat die geraamte bedek het. Verwringing: Wanneer die oorspronklike vorm van byvoorbeeld n voorwerp of n idee verander word deur byvoorbeeld oordrywing. Verduidelik: Verklaar en gee redes vir jou antwoord.

Vereenvoudig: Elimineer onnodige detail; vereenvoudigde vorm wat slegs basiese details toon. Vergelyk: Toon verskille en ooreenkomste in volgorde binne dieselfde argument. Vergroot: Om iets groter te maak.

VO

Verkies: Om meer van een ding as van n ander te hou. Verklaring: S presies wat jy dink verskaf jou opinie, sowel as n verduideliking. Gewapende beton: Beton wat versterk word deur metaaldrade of -stroke binne die beton te l. Video-kuns: Het begin met die bekendstelling van video as n goedkoop medium in die 1960s. Dit het die geleentheid geskep vir die maklike opname en dokumentering van opvoerings. Video-installasies: Het verskeie vorms ondergaan en kan klank as deel van die werk insluit. Virtueel: Wanneer iets fisiek nie bestaan nie, maar daar voorgegee word of dit bestaan deur die effek van iets anders in hierdie geval die gebruik van lyn en kleur. Visuele geletterdheid: Die vermo om visuele beelde te lees en te interpreteer; identifikasie, begrip van wat ons sien en om visuele verhoudings te verstaan, is belangrik.

OR

Verdwyningspunt: In perspektief-tekeninge, is dit die punt waar alle wykende lyne bymekaar kom / ontmoet.

BE

EL

VISUele kunste GRAaD 12

450

Visuele tekstuur: Illusie van tekstuur op n 2D- of 3D-vorm. Vlak: Die gedeelte van vorm wat beskryf kan word in 2D; meestal gedentifiseer deur byvoorbeeld die oppervlak van n vorm. Volume: Spasie binne n voorwerp. Voorgrond: Gedeelte in n beeld (2D) wat die naaste aan die kyker is; die gedeelte wat voor die res is. Vorm volg funksie: n Term wat in moderne argitektuur gebruik word waar die funksie van die gebou sy vorm bepaal, gewoonlik eenvoudige suiwer vorms wat nie versier is nie. Vorm: n 3D-vorm; volume en vorm n 3D-vorm of die illusie daarvan op n 2D-oppervlak; algehele fisieke aspek eerder as die inhoud van die werk. Vorm: n Twee-dimensionele area (plat) met n herkenbare grens.

Waardekontras: Jukstaposisie (kant tot kant geplaas) van lig en donker areas. Waarnemings: Vaardighede wat aangeleer word deur die eerstehandse beskouing van n voorwerp, figuur of plek tydens die proses van teken. Waarnemingsvaardighede: Die vlak van vaardigheid in die manier waarop jy jou omstandighede waarneem; vlak van bewustheid. Warm kleure: Kleure soos rooi, oranje en geel. Di kleure lyk of hulle nader aan die kyker toe beweeg in ruimte. Die kleure skep n gevoel van opwinding.

VO

Wasskilder: Pigment gemeng met was byvoorbeeld Jasper Johns. Werklike ruimte: Spesifieke ruimte wat n 3D-voorwerp omring en wat deur dieselfde voorwerp beset word. Werksetiek: Die manier hoe jy jouself gedra wanneer jy n gegewe taak behartig; oor die algemeen die vlak en manier waarop jy die taak uitvoer. Westerse beskawing: Die ontwikkeling daarvan kan nagespoor word vanaf prehistoriese tye, tot die huidige tyd in Europa en die kolonies van Europese lande waar immigrante met Westerlike konsepte voortgegaan het. Dit is interessant om daarop te let dat daar in Westerse kuns, sedert die Renaissance-tydperk, n oorheering van optiese naturalisme tot die 20ste eeu was.

OR

BE

Toonwaarde: Graad van ligheid of donkerheid.

EL

Vryvorm: Enige ongewone vorm wat gevind word in beeldhouwerk, of versiering: geskep deur vloeiende kurwes.

VISUele kunste GRAaD 12

V0002

Vind die Future Managers App op:

9 781775 810094

FutureManagers

You might also like