You are on page 1of 32

34567

1 NOVEMBER 2012

Wat sal jy God graag wil vra?

34567

Oplaag per nommer: 42 182 000 IN 195 TALE

NOVEMBER 1, 2012

DIE DOEL VAN HIERDIE TYDSKRIF, Die Wagtoring, is om Jehovah God, die Opperheerser van die heelal, te vereer. Net soos wagtorings in die ou tyd n persoon in staat gestel het om dinge wat gebeur, van ver af te sien, toon hierdie tydskrif vir ons wat wereldgebeure in die lig van Bybelprofesiee beteken. Dit vertroos mense met die goeie nuus dat God se Koninkryk, wat n werklike regering in die hemel is, binnekort n einde sal maak aan alle goddeloosheid en die aarde in n paradys sal omskep. Dit bevorder geloof in Jesus Christus, wat gesterf het sodat ons die ewige lewe kan verkry en wat nou as Koning van God se Koninkryk regeer. Hierdie tydskrif word sedert 1879 onafgebroke deur Jehovah se Getuies uitgegee en is niepolities. Hy hou hom by die Bybel as sy gesag.
Hierdie publikasie word nie verkoop nie. Dit word voorsien as deel van n wereldwye Bybelonderrigtingswerk wat deur vrywillige bydraes ondersteun word. Tensy anders aangedui, kom Skrifaanhalings uit die Nuwe Wereld-vertaling van die Heilige Skrif. Die afkorting NW staan vir die Engelse New World Translation of the Holy ScripturesWith References.

ONS VOORBLAD 3 Is dit verkeerd om God te bevraagteken? 4 Vraag 1: Het my lewe n doel? 6 Vraag 2: Wat sal gebeur wanneer ek sterf? 8 Vraag 3: Waarom laat God toe dat ek ly?

GEREELDE ARTIKELS
10 15 16 18 22 23 24 Die Bybel verander lewens Het jy geweet? Leer uit God se Woord Sal God n wereldregering voorsien? Sleutels tot gesinsgeluk Advies vir diegene met skuld Kom nader aan God Wat vra Jehovah van jou terug? Ons lesers vra . . . Is godsdienstige geloof n emosionele kruk? My Bybellesse

OOK IN HIERDIE NOMMER


26 29 Die lewe in BybeltyeDie herder Europese Hof handhaaf die reg op gewetensbeswaar

Is dit verkeerd om God te bevraagteken?


P
ARTY mense se dit is verkeerd om God te bevraagteken. Hulle dink dalk dat dit oneerbiedig is om te vra waarom God toelaat dat sekere dinge gebeur maar nie toelaat dat ander dinge gebeur nie. Is dit hoe jy daaroor voel? Indien wel, sal jy dalk verbaas wees om te weet dat talle goeie mense al bevraagteken het waarom God dinge op n sekere manier doen. Let op die volgende voorbeelde van vrae wat hulle aan hom gestel het: Die getroue man Job: Waarom bly die goddeloses lewe, het hulle oud geword, ja, verhewe geword in rykdom?Job 21:7. Die lojale profeet Habakuk: Waarom kyk u na die wat verraderlik handel, bly u stil wanneer die goddelose iemand verswelg wat regverdiger is as hy?Habakuk 1:13. Jesus Christus: My God, my God, waarom het u my verlaat?Matteus 27:46. As jy die omliggende verse van hierdie aanhalings lees, sal jy geen aanduiding vind dat Jehovah1 God aanstoot geneem het toe hy hierdie opregte vrae gevra is nie. Dit is nie werklik
1 Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.

verbasend dat hy verdraagsaam is nie. Byvoorbeeld, God neem nie aanstoot wanneer ons hom vra om in ons basiese materiele behoeftes te voorsien sodat ons sies gesond kan bly nie. Hy staan sulke versoeke graag toe (Matteus 6:11, 33). So ook voorsien hy gewilliglik inligting wat ons verstandelik en emosioneel gesond hou (Filippense 4:6, 7). Trouens, Jesus het vir sy dissipels gese: Hou aan vra, en vir julle sal gegee word (Matteus 7:7). Die konteks van Jesus se belofte toon dat hy nie net be doel het dat ons materiele dinge sal ontvang nie, maar ook antwoorde op belangrike vrae. As jy die geleentheid gehad het, watter van die volgende vrae sal jy God graag wil vra?

Het my lewe n doel? Wat sal gebeur wanneer ek sterf? Waarom laat u toe dat ek ly? Aangesien die hele Skrif . . . deur God genspireer is, sal jy God se antwoorde in sy Woord, die Bybel, vind (2 Timoteus 3:16). Kyk na wat daartoe aanleiding gegee het dat sommige die vrae hierbo gevra het, asook die antwoorde wat die Bybel gee.
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

VRAAG 1:

Het my lewe n doel?

ROSALIND, wat in Engeland grootgeword het, het n onlesbare dors na kennis gehad. Sy wou ook mense help. Nadat sy skool klaargemaak het, het sy n gesogte betrekking beklee wat behels het dat sy die haweloses help, en sy het ook mense met liggaamsgebreke en leergestremdhede gehelp. Hoewel sy bevredigende werk gehad het en n goeie bestaan gemaak het, se sy: Ek het jare lank gewonder: Waarom is ons hier? en Wat is die doel van die lewe? Waarom vra mense hierdie vraag? Mense is nie soos redelose diere nie. Ons het die ver moe om uit die verlede te leer, vir die toekoms te beplan en n doel in ons lewe te probeer vind. Wat se party is die antwoord? Baie mense meen dat die najaging van rykdom of roem die hoofdoel van die lewe is en dat hulle sodoende geluk kan verkry. Wat gee hierdie antwoord te kenne? Ons stel ons eie prioriteite in die lewe. God se wil is minder belangrik as ons eie begeertes. Wat leer die Bybel? Koning Salomo het ontsaglike rykdom vergaar en genot nagejaag, maar hy het gevind dat hierdie dinge hom nie n doel in die lewe gegee het nie. Hy het aangedui wat n mens n ware doel in die lewe gee toe hy geskryf het: Die slot van die saak, nadat alles gehoor is, is: Vrees die ware God en onderhou sy gebooie. Want dit is die hele verpligting van die mens (Prediker 12:13). Wat behels dit om God se gebooie te onderhou? Deel van God se voorneme vir ons is dat ons die lewe geniet. Salomo het geskryf: Vir n mens is daar niks beters nie as dat hy eet en in-

Wil jy graag verdere inligting of n gratis tuis bybelstudie he? Rig asseblief jou versoek aan Jehovah se Getuies by een van die adresse wat hier verstrek word. Vir n volledige lys van adresse sien www.jw.org/contact.

34567
4

Amerika, Verenigde State van: 25 Columbia Heights, Brooklyn, NY 11201-2483. Australi e: PO Box 280, Ingleburn, NSW 1890. Brittanje: The Ridgeway, London NW7 1RN. Duitsland: 65617 Selters. Japan: 4-7-1 Nakashinden, Ebina City, Kanagawa Pref, 243-0496. Kanada: PO Box 4100, Georgetown, ON L7G 4Y4. Kenia: P.O. Box 21290, 00505 Nairobi. Malawi: Box 30749, Lilong we 3. Mosambiek: Caixa Postal 2600, Maputo. Nigerie: P.M.B. 1090, Benin City 300001, Edo State. Suid-Afrika: Pri vaatsak X2067, Krugersdorp, 1740. Zambie: Box 33459, Lusaka 10101. Zimbabwe: Private Bag WG-5001, Westgate. Vol. 133, No. 21

The Watchtower (ISSN 0043-1087) is published semimonthly by Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.; L. Weaver, Jr., President; G. F. Simonis, Secretary-Treasurer; 25 Columbia Heights, Brooklyn, NY 112012483. Printed in South Africa by Watch Tower Bible and Tract Society, 1 Robert Broom Drive East, Rangeview, Krugersdorp, 1739. 5 2012 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania. Alle regte voorbehou.

Semimonthly

AFRIKAANS

derdaad drink en sy siel die goeie laat sien weens sy harde werk. Ook dit het ek gesien, ja ek, dat dit uit die hand van die ware God is. Prediker 2:24. God wil ook he dat ons ons gesin moet lief he en vir hulle moet sorg. Let op die eenvoudige, praktiese leiding wat aan elke gesinslid gegee word. Mans [behoort] hulle vrouens lief te he soos hulle eie liggaam.Efesiers 5:28. Die vrou . . . moet diep respek vir haar man he.Efesiers 5:33. Kinders, wees gehoorsaam aan julle ouers. Efesiers 6:1. As ons hierdie Bybelbeginsels toepas, sal ons n mate van geluk en tevredenheid vind. Maar die belangrikste ding wat ons kan doen, is om soveel as moontlik oor ons Skepper te leer en n hegter verhouding met hom op te bou as ons Vriend. Trouens, die Bybel nooi ons om nader aan God te kom. Dan maak dit hierdie merkwaardige belofte: Hy sal nader aan julle kom (Jakobus 4:8). As jy hierdie uitnodiging aanvaar, sal jy n ware doel in die lewe vind. Rosalind, wat vroeer aangehaal is, meen nou dat sy die doel van die lewe gevind het. Op bladsy 10 van hierdie tydskrif kan jy lees wat sy se tot haar veranderde gesindheid gelei het.
Om meer uit te vind oor hoe jy jou lewe kan lei op n manier wat God behaag, sien hoofstuk 12 van die boek Wat leer die Bybel werklik? Dit kan afgelaai word van

Wat het Jesus oor die doel van die lewe gese?
Jesus het glad nie getwyfel oor die doel van sy lewe nie. Hy het gese: Hiervoor is ek ge bore en hiervoor het ek in die wereld ingekom, om van die waarheid te getuig (Johannes 18:37). Jesus het sy lewe daaraan gewy om mense die waarheid omtrent God en Sy voornemens te leer. Ons sal ware sin in die lewe vind as ons Jesus se voorbeeld volg. Trouens, Jesus nooi ons om by hom te leer (Matteus 11:29). Kyk na net twee maniere waarop ons dit kan doen. Jesus het geleer dat ons slegs gelukkig kan wees as ons bewus is van [ons] geestelike behoefte (Matteus 5:3). Ons kan ons geestelike behoefte bevredig as ons kennis inneem van die enigste ware God, en van die een wat [hy] uitgestuur het, Jesus Christus. Johannes 17:3. Jesus het sy volgelinge beveel om ander die dinge te leer wat hulle geleer is. Hy het ge se: Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, en doop hulle in die naam van die Vader en van die Seun en van die heilige gees, en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.Matteus 28:19, 20. Diegene wat hulle geestelike behoefte bevredig deur die Bybel te bestudeer en toe te pas wat hulle leer, vind dat hulle lewe ten goede verander. Hulle begin voel dat hulle n ware doel in die lewe het wanneer hulle ander begin help om van God te leer.

www.jw.org/af

WORD NOU IN 195 TALE UITGEGEE: Acholi, Afrikaans, Albanees, Amharies, Arabies, Armeens, Armeens (Wes), Aymara,7 Azerbeidjans, Azerbeidjans (Cyrillies), Ba oule, Bengaals, Bicol, Bislama, Bulgaars, Cebuano, Chichewa, Chinees (Tradisioneel)7 (oudio net in Mandaryns), Chinees (Vereenvoudig), Chitonga, Chitumbuka, Chuukees, Cibemba, Deens,7 Duits,267 Ek, Engels,267 Esties, Ewe, Fidjiaans, Fins,7 Frans,687 Ga, Garifuna, Geor gies, Goedjarati, Grieks, Groenlands, Guarani,68 Gun, Hatiese Kreools, Hausa, Hebreeus, Hiligaynon, Hindi, Hiri Motu, Hongaars,67 Ibo, Iloko, Indonesies, Isoko, Italiaans,67 Japannees,67 Japees, Joroeba, Kambodjaans, Kanarees, Katalaans, Kazak, Kikaonde, Kikongo, Kikuyu, Kilu-

ba, Kimbundu, Kinyarwanda, Kirgisies, Kiribati, Kongo, Koreaans,67 Kroaties, Kwangali, Kwanyama, Letties, Lingala, Litaus, Luganda, Lunda, Luo, Luvale, Macua, Malabaars, Malgassies, Maltees, Marati, Marshallees, Masedonies, Mauritiaanse Kreools, Maya, Mianmees, Mixe, Mizo, Mongools, More, Nahuatl (Noord-Puebla), Ndebele, Ndonga, Nederlands,67 Nepalees, Ngabere, Niueaans, Noors,7 Nyaneka, Nzema, Oekraens, Oerdoe, Oromo, Otetela, Palauaans, Pandjabi, Pangasinaans, Papiamentoe (Aruba), Papiamentoe (Curacao), Persies, Ponapeaans, Pools,67 Portugees,2687 Quechua (Ancash), Quechua (Ayacucho), Quechua (Bolivia),7 Quechua (Cuzco), Quechua (Ecuador), Rarotongaans, Roemeens, Russies,67 Salomons-

eilandse Pidgin, Samoaans, Sango, Sepedi, Serwies, Serwies (Romeins), Seychellese Kreools, Shona, Silozi, Singala, Slowaaks, Sloweens, Spaans,267 Sranantongo, Suid-Sotho, Swahili, Swati, Sweeds,7 Tagalog,7 Tahitiaans, Tamil, Tataars, Teloegoe, Tetum, Thai, Tigrinya, Tiv, Toewaloeaans, Tok Pisin, Tongaans, Totonac, Tshiluba, Tshwa, Tsjeggies,7 Tsonga, Tswana, Turks, Twi, Tzotzil, Umbundu, Uruund, Venda, Vietnamees, Wallisiaans, Waray-Waray, Wolaita, Xhosa, Yslands, Zande, Zapotec (Landengte), Zulu
2 6 8 7 Braille ook beskikbaar. CD is ook beskikbaar. CD (MP3-formaat) is ook beskikbaar. Oudio-opnames is ook beskikbaar by www.jw.org.

VRAAG 2:

Wat sal gebeur wanneer ek sterf?

ROMAN was n jong seun toe n goeie vriend in n motorongeluk oorlede is. Die dood van my vriend was vir my n baie groot skok, se hy. Jare na die ongeluk het ek nog gewonder wat met ons gebeur wanneer ons sterf. Waarom vra mense hierdie vraag? Dit is vir mense moeilik om die dood te aanvaar. Ongeag hoe oud ons is, ons wil gewoonlik nie sterf nie. Baie mense vrees wat na die dood gebeur. Wat se party is die antwoord? Baie mense glo dat wanneer iemand sterf, n deel van daardie persoon voortleef. Hulle glo dat goeie mense met hemelse lewe beloon sal word, terwyl slegte mense vir ewig vir hulle sondes gestraf sal word. Ander dink dat n mens ophou om te bestaan wanneer jy sterf en uiteindelik heeltemal vergeet word. Wat gee hierdie antwoorde te kenne? Die eerste antwoord is gebaseer op die veronderstelling dat n mens nie werklik dood is wanneer hy sterf nie. Die tweede antwoord gee te kenne dat die lewe sinloos is. Diegene wat die tweede beskouing huldig, neem soms die volgende fatalistiese gesindheid aan: Laat ons eet en drink, want more gaan ons sterf.1 Korin tiers 15:32. Wat leer die Bybel? Die Bybel leer nie dat n deel van iemand voortleef nadat hy gesterf het nie. God het koning Salomo genspireer om te skryf: Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is bewus van hoegenaamd niks (Prediker 9:5). Diegene wat van hoegenaamd niks bewus is, weet glad nie wat om hulle aangaan nie. Hulle kan niks voel of doen nie. Die dooies kan dus nie die lewendes help of leed aandoen nie. In teenstelling met wat baie glo, was dit nie God se voorneme dat die mens sterf nie. Hy het die eerste mens, Adam, met die vooruitsig geskep om vir ewig op die aarde te lewe. Die enigste keer dat God melding gemaak het van die dood, was toe hy vir Adam van die straf vir ongehoorsaamheid vertel het. Hy het Adam

verbied om van die vrug van n sekere boom te eet en hom toe gewaarsku dat hy sekerlik sou sterf as hy daarvan eet (Genesis 2:17). As Adam en Eva gehoorsaam gebly het, sou hulle en al hulle nakomelinge wat aan God lojaal was, vir ewig op die aarde gelewe het. Adam het besluit om God se waarskuwing te ignoreer. Hy het gesondig toe hy ongehoorsaam was aan God, en daarom het hy gesterf (Romeine 6:23). Geen deel van Adam het na sy dood voortgeleef nie. Adam het eerder ophou bestaan toe hy gesterf het. God het vir Adam gese: In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy na die grond terugkeer, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer (Genesis 3:19). Omdat alle mense van Adam afstam, het ons sonde en die dood van hom geerf.Romeine 5:12. Ondanks Adam se slegte besluit sal God Sy voorneme verwesenlik om die aarde met Adam se nakomelinge te vul (Genesis 1:28; Jesaja 55:11). Jehovah sal binnekort die meeste mense wat gesterf het, opwek. Die apostel Pau lus se met verwysing na daardie tyd: Daar sal n opstanding van die regverdiges sowel as die onregverdiges wees.Handelinge 24:15. Roman, wat vroeer aangehaal is, het die Bybel bestudeer en uitgevind wat dit oor die dood en oor Jehovah God leer. Wat hy geleer het, het hom diep geraak. Lees sy verhaal op bladsy 11 van hierdie tydskrif.
Om meer uit te vind oor wat gebeur wanneer iemand sterf, sien hoofstuk 6 van die boek Wat leer die Bybel werklik? Dit kan afgelaai word van

Wat het Jesus oor die dood gese?


Jesus het nie met die godsdiensleiers van sy dag saamgestem wat gese het dat daar geen opstanding van die dooies sal wees nie (Lukas 20:27). Hy het ook nie geleer dat die een of ander deel van n persoon na die dood voortleef nie. Jesus het eerder die volgende geleer. Die dood is soos slaap. Toe sy vriend Lasarus gesterf het, het Jesus gese: Lasarus, ons vriend, het gaan rus, maar ek reis daarheen om hom uit die slaap wakker te maak. Jesus se dissipels het nie verstaan wat hy bedoel het nie. Hulle het geantwoord: Here, as hy gaan rus het, sal hy gesond word. Die Bybel verslag se: Jesus het egter van sy dood gepraat. Maar hulle het gedink dat hy van die rus van die slaap praat. Toe het Jesus dus reguit vir hulle gese: Lasarus het gesterf. Johannes 11:11-14. Die dooies sal opgewek word. Toe Jesus in Lasarus se tuisdorp aangekom het, het hy Marta, Lasarus se suster, met die volgende woorde vertroos: Jou broer sal opstaan. Jesus het toe hierdie betekenisvolle belofte gemaak: Ek is die opstanding en die lewe. Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy. Dit was nie n lee belofte nie. Jesus het Lasarus voor baie ooggetuies opgewek, hoewel hy reeds vier dae lank dood was. Johannes 11:23, 25, 38-45. In die openbaring wat Jesus aan die apostel Johannes gegee het, het hy weer belowe dat die dooies opgewek sal word. Hy het n tyd in die toekoms beskryf wanneer almal wat simbolies deur die dood gevange gehou word, vrygelaat sal word.Openbaring 20:13.

www.jw.org/af

DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

VRAAG 3:

Waarom laat God toe dat ek ly?

IAN se pa was n strawwe drinker. Hoewel Ian materieel niks kortgekom het terwyl hy grootgeword het nie, het hy nie die emosionele ondersteuning ontvang wat hy graag van sy pa wou he nie. Ek was nooit baie lief vir hom nie, hoofsaaklik weens sy drankprobleem en die manier waarop hy my ma behandel het, se Ian. Toe Ian ouer geword het, het hy die bestaan van God begin bevraagteken. As God werklik bestaan, het ek geredeneer, waarom laat hy toe dat mense ly? Waarom vra mense hierdie vraag? Al het jy nie baie probleme in jou lewe nie, druis dit dalk baie sterk in teen jou sin vir geregtigheid wanneer jy onskuldige mense sien ly. Maar die vraag oor lyding is uiters relevant as jy, soos Ian, ontberinge verduur of as n geliefde siek word of sterf. Wat se party is die antwoord? Party mense glo dat God lyding toelaat om ons nederigheid en medelye te leer. Ander meen dat mense in hierdie lewe ly as gevolg van sondes wat hulle in n vorige lewe gepleeg het. Wat gee hierdie antwoorde te kenne? God het geen simpatie met menselyding nie, wat dit moeilik maak om hom lief te he. God is wreed. Wat leer die Bybel? Die Bybel se uitdruklik dat God nie vir menselyding verantwoordelik is nie. Laat niemand, wanneer hy beproef word, se: Ek word deur God beproef nie. Want met bose dinge kan God nie beproef word nie, en ook beproef hy self niemand nie (Jakobus 1:13). Trouens, die gedagte dat God verantwoordelik is vir lyding, is in stryd met die manier waarop die Bybel God se persoonlikheid beskryf. Hoe so? Een van God se vernaamste eienskappe is liefde (1 Johannes 4:8). Om hierdie gedagte te beklemtoon, vergelyk die Bybel God se gevoe lens met die van n sogende moeder. Kan n vrou haar suigeling vergeet sodat sy haar nie oor die seun van haar moederskoot ontferm nie?, vra God. Selfs hierdie vroue kan ver-

geet, maar ek sal jou nie vergeet nie (Jesaja 49: 15). Kan jy jou voorstel dat n liefdevolle moeder haar kind opsetlik seermaak? Nee, n liefdevolle ouer sal n kind se lyding eerder probeer verlig. So ook is God nie die oorsaak van onskuldige mense se lyding nie.Genesis 18:25. En tog ly onskuldig mense. Jy wonder dalk: As God vir ons omgee en almagtig is, waarom verwyder hy nie die oorsake van lyding nie? God het goeie redes waarom hy lyding tans toelaat. Kyk na net een daarvan: Mense veroorsaak dikwels ander se lyding. Baie bullebakke en tiranne wat mense seermaak, is nie bereid om hulle wee te verander nie. God sal sulke mense dus moet vernietig om n vername oorsaak van lyding te verwyder. Die apostel Petrus het verduidelik waarom God nog nie kwaaddoeners vernietig het nie en het geskryf: Jehovah is nie traag met betrekking tot sy belofte, soos party mense traagheid beskou nie, maar hy is geduldig met julle om dat hy nie wil he dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil he dat almal tot berou moet kom (2 Petrus 3:9). Jehovah God se geduld is n blyk van sy liefdevolle en barmhartige persoonlikheid. Maar Jehovah God sal binnekort optree. Hy sal verdrukking vergeld aan die wat verdrukking veroorsaak vir die onskuldiges. Diegene wat onregverdige lyding veroorsaak, sal as regterlike straf ewige vernietiging ondergaan. 2 Tessalonisense 1:6-9. Ian, wat vroeer aangehaal is, het bevredigende antwoorde op sy vrae oor lyding gevind. Wat hy geleer het, het sy beskouing van die lewe verander. Lees sy verhaal op bladsy 13 van hierdie tydskrif.
Om meer uit te vind oor die redes waarom God lyding toelaat en wat hy daaromtrent sal doen, sien hoofstuk 11 van die boek Wat leer die Bybel werklik? Dit kan afgelaai word van

Wat het Jesus oor lyding gese?


Jesus het nie God die skuld gegee vir die lyding om hom nie. Hy het eerder die volgende gedoen. Jesus het getoon dat God nie onskuldige mense straf deur hulle te laat ly nie. Jesus het die siekes, kreupeles en blindes genees (Matteus 15:30). Die wonderwerke wat hy verrig het, leer ons twee belangrike waarhede: Eerstens, Jesus het God se krag gebruik om lyding te verlig, nie om lyding te veroorsaak nie. Tweedens, Jesus het simpatie gehad vir die mense wat hy genees het. Toe hy mense sien ly het, is hy deur innige jammerte vir hulle beweeg (Matteus 20:29-34). Jesus het sy Vader se gevoelens oor lyding volmaak weerspieel. Ons leer dus uit Jesus se woorde en dade dat God bedroef word deur die pyn wat Hy sien en dat Hy dit wil verlig.Johannes 14:7, 9. Jesus het die ware oorsaak van baie mense lyding gedentiseerSatan die Duiwel. Je sus het gese: Hy was n mensemoordenaar toe hy begin het (Johannes 8:44). Jesus het Satan die Duiwel ook beskryf as die heerser van hierdie wereld en die een wat die hele bewoonde aarde mislei.Johannes 12:31; Openbaring 12:9. Jesus het ons die hoop gegee dat n tyd sal aanbreek wanneer alle lyding tot n einde sal kom. Hy het sy volgelinge leer bid: Ons Vader in die hemele, . . . laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde (Matteus 6:9, 10). Wanneer God se Koninkryk kom, sal daar nie meer lyding op die aarde wees nie, net soos daar nie lyding in die hemel is nie. In n openbaring wat hy aan die apostel Johannes gegee het, het Jesus beskryf watter soort lewe diegene sal geniet wat onder God se Koninkryk lewe. In daardie tyd sal God elke traan van hulle oe afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan.Openbaring 1:1; 21:3, 4.

www.jw.org/af

DIE BYBEL VERANDER LEWENS


HOE het n jong vrou wat nie in God belanggestel het nie en wat n belowende loopbaan gehad het n ware doel in die lewe gevind? Wat het n jong Katolieke man oor die dood geleer wat hom n ander lewensweg laat inslaan het? En wat het n jong man wat ontnugter was met die lewe oor God geleer wat hom beweeg het om n Christenbedienaar te word? Lees wat hierdie mense te se het.

Ek het jare lank gewonder: Waarom is ons hier?


ROSALIND JOHN GEBORE: 1963 GEBOORTELAND: BRITTANJE GESKIEDENIS: HET N SUKSESVOLLE LOOPBAAN GEHAD

en maatskaplike navorser het ek net my skootrekenaar en toegang tot die Internet nodig gehad om te kan werk. Ek het van tyd tot tyd vir n paar weke na die buiteland gevlieg, in my gunstelinghotel gebly, die pragtige omgewing geniet en die spa en oefengeriewe gebruik om ks te bly. Ek het reg tig gedink dat dt die lewe is. Maar ek was nog altyd besorg oor die verdruktes.

MY VERLEDE: Ek is in Croydon, Suid-Londen, gebore, die sesde kind in n gesin van nege. My ouers was oorspronklik van die Karibiese eiland St. Vincent. My ma het aan n Metodistekerk behoort. Ek het nie daarin belanggestel om oor God te leer nie, al het ek n onlesbare dors na kennis gehad. Ek het my skoolvakansies dikwels by die plaaslike meer deurgebring terwyl ek verskeie biblioteekboeke gelees het. n Paar jaar nadat ek skool verlaat het, het ek besef dat ek weerlose mense wil help. Ek het begin werk met haweloses en met mense wat liggaamsgebreke en leergestremdhede het. Toe het ek n universiteitskursus in gesondheidswetenskap geloop. Nadat ek gegradueer het, het ek tot my verbasing die een hoe pos na die ander beklee, en my lewenstyl het al hoe luukser geword. As n vryskutbestuurskonsultant
10
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

HOE DIE BYBEL MY LEWE VERANDER HET: Ek het jare lank gewonder: Waarom is ons hier, en wat is die doel van die lewe? Maar ek het nooit antwoorde in die Bybel probeer vind nie. Eendag in 1999 het my jonger suster Margaret, wat een van Jehovah se Getuies geword het, kom kuier saam met haar Getuievriend, wat persoonlike belangstelling in my getoon het. Ek het ingestem om die Bybel saam met my suster se vriend te studeer, maar ek het baie stadig gevorder omdat my loopbaan en lewenstyl soveel van my tyd in beslag geneem het. In die somer van 2002 het ek na die suidweste van Engeland getrek. Daar het ek vir n nagraadse universiteitskursus in maatskaplike navorsing ingeskryf, met die uiteindelike doel om my doktorsgraad te verwerf. Ek en my jong seun het meer dikwels na die plaaslike Konink ryksaal begin gaan. Hoewel ek hoer onderwys geniet het, het my studie van die Bybel my n

beter begrip van die lewe se probleme en die oplossing daarvoor gegee. Ek het besef hoe waar die woorde in Matteus 6:24 is, wat se dat jy nie twee here kan dien nie. Dit moes of God of rykdom wees. Ek het geweet dat ek n besluit oor my prioriteite moet neem. Die vorige jaar het ek gereeld n tuisbybelstudiegroep bygewoon waar die Getuies die boek Is daar n Skepper wat vir jou omgee?1 bestudeer het. Ek het mettertyd daarvan oortuig geword dat net ons Skepper, Jehovah, die oplossing vir die mensdom se probleme het. Maar by die universiteit is ek geleer dat daar geen verband is tussen sin in die lewe en geloof in n Skepper nie. Ek was woedend. Na twee maande het ek my universiteitskursus opgeskop en besluit om meer tyd aan geestelike belange te wy. Die Bybelgedeelte wat my beweeg het om my lewenstyl te verander, was Spreuke 3:5, 6: Vertrou op Jehovah met jou hele hart en moenie op jou eie begrip steun nie. Slaan ag op hom in al jou wee, en hy sal jou paaie reguit maak. Om oor ons liefdevolle God te leer, was meer bevredigend as enige materiele rykdom en status wat n doktorsgraad my kon gegee het. Hoe meer ek geleer het oor Jehovah se voorneme met die aarde en die rol wat Jesus daarin gespeel het om sy lewe vir ons op te of1 Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

fer, hoe sterker het my begeerte geword om my lewe aan ons Skepper toe te wy. Ek is in April 2003 gedoop. Daarna het ek my lewe geleidelik vereenvoudig. HOE EK BAAT GEVIND HET: My vriendskap met Jehovah is baie kosbaar. Ek geniet ware gemoedsrus en vreugde vandat ek hom leer ken het. Dit is ook vir my n groot genot om met ander te assosieer wat ware aanbidders van God is. My dors na kennis word nog steeds geles deur wat ek uit die Bybel en by Christelike vergaderinge leer. Ek geniet dit om ander van my geloof te vertel. Dit is nou my beroep, en dit stel my in staat om mense daadwerklik te help om nou n beter lewe te geniet sowel as om die wonderlike hoop op lewe in die nuwe wereld te he. Sedert Junie 2008 neem ek aan die voltydse bediening deel en is ek gelukkiger en meer tevrede as ooit tevore. Ek weet nou wat die ware doel van die lewe is en hiervoor is ek Jehovah ewig dankbaar.

Die dood van my vriend was vir my n groot skok.


ROMAN IRNESBERGER GEBORE: 1973 GEBOORTELAND: OOSTENRYK GESKIEDENIS: DOBBELAAR

MY VERLEDE: Ek het in die klein dorpie Braunau, Oostenryk, grootgeword. Dit was n welvarende gebied en misdaad was nie algemeen nie. My gesin was Katoliek en ek is in daardie godsdiens grootgemaak. Iets wat vroeg in my lewe gebeur het, het n groot uitwerking op my gehad. In 1984, toe

ek omtrent 11 jaar oud was, het ek sokker saam met een van my beste vriende gespeel. Daardie selfde middag is hy in n motorongeluk dood. Die dood van my vriend was vir my n groot skok. Jare na die ongeluk het ek nog gewonder wat met ons gebeur wanneer ons sterf. Nadat ek skool verlaat het, het ek as n elektrisien gewerk. Hoewel ek n gewoontedobbelaar geword het en met groot somme geld gedobbel het, het ek nie nansiele probleme gehad nie. Ek het ook baie tyd aan sport bestee en het n liefde vir heavy metal en punkrock ontwikkel. My lewe het uit diskos en partytjies bestaan. Ek het n genotsugtige en onsedelike lewe gelei, maar ek het nogtans baie leeg gevoel. HOE DIE BYBEL MY LEWE VERANDER HET: In 1995 het n bejaarde Getuie aan my deur geklop en my n boek aangebied wat die Bybel se antwoord bespreek op die vraag: Wat gebeur by die dood? Omdat die tragiese dood van my jong vriend my nog steeds gekwel het, het ek die boek geneem. Ek het nie net die hoofstuk oor die dood gelees nie, maar die hele boek! Wat ek gelees het, het my vrae oor die dood beantwoord. Maar ek het ook baie ander dinge geleer. Omdat ek as n Katoliek grootgeword het, het my geloof hoofsaaklik om Jesus gedraai. My noukeurige studie van die Bybel het my gehelp om n hegte vriendskap met Jesus se Vader, Jehovah God, op te bou. Ek het dit fassinerend gevind dat Jehovah nie geheimsinnig en afsydig is nie, maar homself duidelik openbaar aan diegene wat hom soek (Matteus 7:711). Ek het geleer dat Jehovah gevoelens het. Ek het ook geleer dat hy altyd sy beloftes nakom. Dit het my belangstelling in Bybelprofe siee geprikkel en daartoe gelei dat ek die vervulling daarvan begin ondersoek het. Wat ek geleer het, het my geloof in God versterk.
12
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

Ek het gou besef dat Jehovah se Getuies die enigste mense is wat opreg daarin belangstel om mense te help om die Bybel te verstaan. Ek het die tekste wat in die Getuies se publikasies verskyn het in my Katolieke Bybel nageslaan. Hoe meer ek ondersoek ingestel het, hoe meer het ek besef dat ek die waarheid gevind het. My studie van die Bybel het my geleer dat Jehovah verwag dat ek volgens sy standaarde le we. Na aanleiding van wat ek in Efesiers 4:2224 gelees het, kon ek sien dat ek ontslae moet raak van my ou persoonlikheid, wat deur my vroeere lewenswandel gevorm is, en dat ek my met die nuwe persoonlikheid moet beklee, wat na God se wil . . . geskep is. Ek het dus my onsedelike lewenswyse laat vaar. Ek het ook besef dat ek moet ophou dobbel, aangesien hierdie gewoonte materialisme en hebsug aanmoedig (1 Korintiers 6:9, 10). Ek het geweet dat ek alleenlik hierdie veranderinge sal kan maak as ek nie meer met my vorige vriende assosieer nie en nuwe vriende maak wat dieselfde standaarde as ek het. Dit was nie maklik om hierdie veranderinge te maak nie. Maar ek het vergaderinge saam met die Getuies by die Koninkryksaal begin bywoon en nuwe vriende in die plaaslike gemeente begin maak. Ek het ook op my eie voortgegaan om n noukeurige studie van die Bybel te maak. Hierdie stappe het my gehelp om my smaak in musiek te verander, my le-

wensdoelwitte aan te pas en my voorkoms te verbeter. In 1995 is ek as een van Jehovah se Getuies gedoop. HOE EK BAAT GEVIND HET: Ek het nou n gebalanseerde beskouing van geld en materiele besittings. Ek was altyd kort van draad, maar nou is ek nie meer nie. Ek is ook nie meer oormatig besorg oor die toekoms nie.

Dit is wonderlik om deel van n internasionale groep mense te wees wat Jehovah dien. Onder hulle sien ek mense wat met probleme te kampe het, maar God nogtans getrou dien. Ek is so bly dat ek nie meer my eie begeertes bevredig nie, maar nou al my tyd en energie daaraan wy om Jehovah te aanbid en goed te doen aan ander.

Uiteindelik het my lewe n doel.


IAN KING

GEBORE: 1963 GEBOORTELAND: ENGELAND GESKIEDENIS: ONTNUGTER MET DIE LEWE

MY VERLEDE: Ek is in Engeland gebore, maar toe ek omtrent sewe jaar oud was, het my gesin na Australie getrek. Ons het op die Goudkus gaan bly, n toeristebestemming in Queens land, Australie. Hoewel my gesin nie welaf was nie, het ons niks kortgekom nie. Ondanks my gemaklike lewe was ek nooit werklik gelukkig nie. Ek was nogal ontnugter met die lewe. My pa was n strawwe drinker. Ek was nooit baie lief vir hom nie, hoofsaaklik weens sy drankprobleem en die manier waarop hy my ma behandel het. Dit was eers later, toe ek van die dinge gehoor het wat hy as n soldaat in Maleia deurgemaak het, dat ek begin verstaan het waarom hy so opgetree het. Terwyl ek op hoerskool was, het ek begin fuifdrink. Toe ek 16 jaar oud was, het ek skool verlaat en by die vloot aangesluit. Ek het met

dwelms begin eksperimenteer en het aan tabak verslaaf geraak. Ek het ook al hoe meer van alkohol afhanklik geword. Mettertyd het ek nie net oor naweke gefuifdrink nie, maar elke dag. In my laat tienerjare en vroee 20s het ek die bestaan van God begin bevraagteken. As God werklik bestaan, het ek geredeneer, waarom laat hy toe dat mense ly en sterf? Ek het selfs gedigte geskryf waarin ek God die skuld gegee het vir al die goddeloosheid in die wereld. Ek het op 23-jarige ouderdom die vloot verlaat. Daarna het ek verskillende werke gehad en selfs n jaar lank oorsee gegaan, maar ek was nog altyd terneergedruk. Ek het geen begeerte gehad om doelwitte te stel of enigiets te bereik nie. Ek het in niks belanggestel nie. Die voor uitsig om n huis te besit, n goeie werk te he en bevorder te word, het alles sinloos gelyk. Al wat my vertroos het, was om te drink en na musiek te luister. Ek kan nog die oomblik onthou toe ek n besonder sterk begeerte gehad het om n doel in die lewe te vind. Ek was in Pole, tydens n besoek aan die berugte konsentrasiekamp by Auschwitz. Ek het al gelees van die gruweldade wat daar gepleeg is. Maar toe ek self daar gestaan het en gesien het hoe groot die kamp is,
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

13

is ek diep getref. Ek kon nie verstaan dat mense so wreed teenoor ander mense kon wees nie. Ek onthou hoe ek met trane in my oe in die kamp rondgeloop het en gevra het: Waarom? HOE DIE BYBEL MY LEWE VERANDER HET: In 1993, toe ek weer by die huis was, het ek die Bybel begin lees om antwoorde te vind. Kort daarna het twee van Jehovah se Getuies aan my deur geklop en my na n byeenkoms by n nabygelee stadion genooi. Ek het besluit om te gaan. Ek was n paar maande vroeer by daardie stadion tydens n wedstryd, maar hierdie byeenkoms het hemelsbreed daarvan verskil. Die Getuies was beleefd en netjies geklee, en hulle kinders was goedgemanierd. En wat ek etenstyd gesien het, het my verstom. Honderde Ge tuies het middagete op die veld geeet, maar toe hulle na hulle sitplekke teruggekeer het, was
14
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

daar geen vullis op die veld nie! Dit het bowenal gelyk of daar n gevoel van vergenoegdheid en vreedsaamheid onder hierdie mense was iets waarna ek gesmag het. Ek onthou nie enige van die toesprake wat daardie dag gehou is nie, maar die gedrag van die Getuies het n blywende indruk by my gelaat. Daardie aand het ek aan my neef gedink wat die Bybel gelees en verskillende godsdienste be studeer het. Hy het jare vantevore vir my gese dat Jesus gese het dat n mens die ware godsdiens aan sy vrugte sal kan uitken (Matteus 7: 15-20). Ek het besluit dat ek ten minste moet ondersoek waarom die Getuies so anders is. Vir die eerste keer in my lewe was ek eens optimisties en hoopvol. Die volgende week het die twee Getuies wat my na die byeenkoms genooi het, my weer besoek. Hulle het aangebied om n Bybelstudie met my te hou, wat ek aanvaar het. Ek het ook Christelike vergaderinge saam met hulle begin bywoon. Namate ek die Bybel bestudeer het, het my beskouing van God heeltemal verander. Ek het geleer dat hy nie die oorsaak van goddeloosheid en lyding is nie en dat hy ook seergemaak voel wanneer mense slegte dinge doen (Genesis 6:6; Psalm 78:40, 41). Ek was vasbeslote om Jehovah nie seer te maak nie. Ek wou sy hart bly maak (Spreuke 27:11). Ek het opgehou om te veel te drink en tabak te gebruik en het my onsedelike lewe laat vaar. In Maart 1994 is ek as een van Jehovah se Getuies gedoop. HOE EK BAAT GEVIND HET: Ek is werklik gelukkig en vergenoeg. Ek vergryp my nie meer aan drank in n poging om my probleme op te los nie. Ek het eerder geleer om my laste op Jehovah te werp.Psalm 55:22. Ek is die afgelope tien jaar getroud met n pragtige Getuie genaamd Karen, en ek het n wonderlike stiefdogter, Nella. Ons drie geniet dit om baie tyd in die Christelike bediening deur te bring en ander te help om die waarheid omtrent God te leer. Uiteindelik het my lewe n doel.

HET JY GEWEET?

Watter soort pen en ink het mense in Bybeltye gebruik? Aan die einde van die derde van sy drie mengsel van roet of lampswart en n rubbriewe wat in die Bybel ingesluit is, het die apostel Johannes gese: Ek het baie dinge gehad om aan jou te skryf, en tog wil ek nie verder met ink en pen aan jou skryf nie. n Letterlike vertaling van die oorspronklike Griekse woorde wat Johannes gebruik het, toon dat hy nie verder met swart [ink] en n riet wou skryf nie. 3 Johannes 13, The Kingdom Interlinear Translation of the Greek Scripture. Die kopis se pen was n stuk harde riet. Een punt is skuins afgesny en n dun gleu e is daarin gemaak. n Kopis kon die punt met n puimsteen skerp maak. Die riet het baie gelyk soos n moderne vulpen met n metaalpunt, en dit het op n soortgelyke manier gewerk. Die meeste ink, of swart, was n beragtige gom, wat as n bindmiddel ge dien het. Die ink is as n droe poeier verkoop en is met water tot die regte vloeibaarheid gemeng. Wanneer daar met die ink geskryf is, het dit eenvoudig op die oppervlak van die papirus of perkament droog geword en nie in die materiaal ingetrek nie. n Skrywer kon dus enige fout uitvee met n nat spons, wat ook deel van die kopis se standaardbenodigdhede was. Hierdie besonderheid oor ink wat in die ou tyd gebruik is, verklaar wat Bybelskrywers moontlik ingedagte gehad het toe hulle gepraat het van name wat uitgewis, of uitgevee, word uit God se gedenkboek.Eksodus 32:32, 33; Openbaring 3:5, Kingdom Interlinear.

RIETPENNE UIT EGIPTE, OMSTREEKS DIE EERSTE EEU HJ


Image Asset Management/age fotostock

Watter soorte tente het die apostel Paulus gemaak? Handelinge 18:3 se dat die apostel Pau- Romeinse besetting n ambag op ongelus n tentmaker van ambag was. In Bybeltye het tentmakers stukke materiaal van kameel- of bokhaar geweef. Hulle het die stukke materiaal aanmekaar vasgewerk om tente vir reisigers te maak. Baie tente uit hierdie tyd is egter van leer gemaak. Ander is gemaak van linne, wat in Paulus se tuisstad Tarsus vervaardig is. Paulus het moontlik sommige van of al hierdie materiaal gebruik. Maar terwyl Paulus saam met Aquila gewerk het, het hy dalk linnesonskerms gemaak wat gebruik is om die binnehowe van woonhuise te oordek. Paulus was waarskynlik nog jonk toe hy hierdie ambag aangeleer het. Egiptiese papirusgeskrifte dui aan dat vakleerlinge in Egipte gedurende die periode van die veer 13-jarige ouderdom begin aanleer het. As Paulus op hierdie ouderdom sy ambag begin aanleer het, het hy dalk teen die tyd dat hy 15 of 16 was die kuns bemeester om materiaal in die regte grootte en vorm uit te sny en dit dan met verskillende else en stiktegnieke aanmekaar te werk. Toe Paulus sy vakleerlingskap voltooi het, is hy moontlik sy eie gereedskap gegee, se die boek The Social Context of Pauls Ministry. Die messe en else wat hy nodig gehad het, se dieselfde naslaanwerk, sou dit maklik gemaak het om hierdie ambag te beoefen selfs wanneer hy gereis het, en Paulus sou maklik daarop kon terugval om hom as n reisende sendeling te onderhou.

NAALDWERKGEREEDSKAP UIT DIE EERSTE OF TWEEDE EEU HJ


Erich Lessing/Art Resource, NY

DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

15

LEER UIT GOD SE WOORD

Sal God n wereldregering voorsien?


1. Waarom het die mensdom n wereldregering nodig?
Die mensdom ondervind vandag dikwels proble me op n wereldskaal. In sommige lande is die meeste mense arm en word hulle onderdruk. In ander lande lyk dit of mense meer geld het as wat hulle nodig het. Net n wereldwye administrasie kan die aarde se hulpbronne regverdig verdeel.Lees Prediker 4:1; 8:9.

Hierdie artikel bespreek vrae wat jy dalk al gevra het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan vind. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

Die idee van n wereldheerser is ongewild, want geen mens kan hom goed van hierdie taak kwyt nie. Niemand sal dit regkry om deur almal aanvaar te word nie. En daar is bitter min mense wat nie deur mag verderf sal word nie. Die gedagte van n enkele tiran wat oor die mensdom heers, is skrikwekkend. Lees Spreuke 29:2; Jeremia 10:23. Jehovah God het sy Seun, Jesus, gekies om vir ewig oor die mensdom te heers (Lukas 1:32, 33). Jesus het voorheen op die aarde gelewe. Terwyl hy hier was, het hy die siekes genees, die sagmoediges geleer en tyd saam met kinders deurgebring (Markus 1:40-42; 6:34; 10:13-16). Jesus is dus die ideale Heerser.Lees Johannes 1:14.

2. Wie kan vertrou word om oor die wereld te regeer?

16

DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

3. Is n wereldregering werklik moontlik?


God het sy Seun aangestel om vanuit die hemel oor die aarde te heers (Daniel 7:13, 14). Net soos n menseheerser nie teenwoordig hoef te wees in elke stad waaroor hy heers nie, hoef Jesus nie sies op die aarde teenwoordig te wees om oor die mensdom te heers nie.Lees Matteus 8:5-9, 13. Sal almal Jesus as Heerser aanvaar? Nee. Net mense wat lief is vir wat goed is, sal hom aanvaar. Jehovah sal diegene van die aarde verwyder wat sy liefdevolle en regverdige Heerser verwerp.Lees Matteus 25:3133, 46.

4. Wat sal die Wereldheerser doen?


Net soos n herder sy skape bymekaarmaak, maak Jesus reeds sagmoediges uit al die nasies bymekaar en leer hy hulle God se wee van liefde (Johannes 10: 16; 13:34). Hierdie mense word ywerige ondersteuners van Jesus en sy koningskap (Psalm 72:8; Matteus 4:19, 20). Wereldwyd kondig Jesus se lojale onderdane as n verenigde groep aan dat hy Koning geword het.Lees Matteus 24:14. Jesus sal binnekort daadwerklik optree om die mensdom van korrupte regerings te bevry. Hy het van sy lojale volgelinge gekies om saam met hom as konings vanuit die hemel oor die aarde te heers (Da niel 2:44; 7:27). Jesus se Koninkryk sal die aarde vul met die kennis van Jehovah en sal n paradys tot stand bring soos die wat aan die begin van die mensegeskiedenis verloor is.Lees Jesaja 11:3, 9; Matteus 19:28.

Vir meer inligting, sien hoofstuk 8 van hierdie boek, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

WAT LEER DIE BYBEL werklik?

17

SLEUTELS TOT GESINSGELUK

Advies vir diegene met skuld


Giannis:1 My besigheid het gedurende die nansiele krisis in Griekeland in duie gestort, en ons het dus agtergeraak met ons betalings op ons verband en kredietkaarte. Ek kon nie slaap nie as gevolg van die stres. Katerina: Ons het ons huis met liefde gebou, en die gedagte om dit te verloor was vir my net te veel. Ek en Giannis het baie gestry oor hoe ons ons skuld kon afbetaal.

KULD kan gespanne verhoudings in n gesin veroorsaak of dit kan n gesin selfs verwoes. Die navorser Jerey Dew het byvoorbeeld gevind dat egpare wat in die skuld is minder tyd saam deurbring, meer dikwels stry en ongelukkiger is. In vergelyking met ander onderwerpe duur argumente oor skuld en nansies langer, gee dit tot meer skreeuery en slanery aanleiding en is daar n groter moontlikheid dat dit tot verdere argumente sal lei. Dit is dus nie verbasend dat meningsverskille oor geld die vernaamste oorsaak van egskeiding in die Verenigde State is nie. Oormatige skuld veroorsaak Probleme met skuld kan gespanne verhoudings in n gesin ook gesondheidsprobleme, veroorsaak of kan n gesin selfs verwoes soos slapeloosheid, kopsere, maagpyn, hartaanvalle en de pressie. n Vrou met die naam Marta se: My Vir party word die stres te veel. BBC News het by man, Lus, was so depressief oor ons skuld dat hy voorbeeld berig dat n getroude vrou in die suid feitlik die hele dag geslaap het. Die man waarop ooste van Indie selfmoord gepleeg het nadat sy ek altyd staat gemaak het, was nou hulpeloos. agtergeraak het met betalings op lenings wat ge1 Party name in hierdie artikel is verander.

lykstaande aan R7 000 was. Sy het die geld ge-

18

DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

leen om vir haar kinders se mediese sorg te betaal. Wat kan julle doen as julle gesin gebuk gaan onder n skuldlas? Kom ons bespreek n paar algemene uitdagings waarvoor egpare wat in die skuld is, te staan kom sowel as Bybelbeginsels wat hulle kan help om dit te bowe te kom.

probeer eerder oor beginsels ooreenkom wat julle nansiele besluite in die toekoms sal rig. Psalm 37:21; Lukas 12:15.

UITDAGING 1: Ons blameer mekaar. Ek het my vrou daarvan beskuldig dat sy geld verkwis, erken Lukasz, en sy het weer gekla dat ons genoeg geld sou gehad het as ek heeljaar werk gehad het. Hoe kan n egpaar voorkom dat skuld hulle uitmekaardryf? n Sleutel tot sukses: Werk saam om julle skuld af te betaal. Dit sal nie die situasie verbeter as jy jou woede op jou maat uithaal nieal was jou maat die een wat die skuld aangegaan het. Die Bybel se raad in Efesiers 4:31 is dalk nou, meer as ooit tevore, van toepassing: Laat alle kwaadwillige bitterheid en toorn en gramskap en geskreeu en smadende taal van julle af weggeneem word, saam met alle slegtheid. Onthou, julle voer n stryd teen die skuld, nie teen mekaar nie. n Man genaamd Stephanos beskryf hoe hy en sy vrou saam gewerk het: Ons het ons skuld as n gemeenskaplike vyand beskou. Hierdie soort samewerking is in ooreen stemming met wat Spreuke 13:10 se: Deur vermetelheid veroorsaak n mens net n stryd, maar by die wat saam beraadslaag, is wysheid. Moenie op vermetele wyse die situasie op jou eie probeer oplos nie, maar praat eerder openlik oor nansiele probleme en werk dan saam as n span. Julle kinders kan ook n bydrae lewer. Edgar do, n vader in Argentinie, vertel wat sy gesin ge doen het: My jong seun wou n nuwe ets he, maar ons het aan hom verduidelik waarom ons dit nie kan bekostig nie. Ons het toe vir hom n ets gegee wat aan sy oupa behoort het, en hy het baie daarvan gehou. Ek het geleer hoe belangrik dit is om as n gesin saam te werk.

PROBEER DIE VOLGENDE: Sit n spesieke tyd opsy om openlik en kalm oor julle skuld te praat. Erken enige fout wat jy dalk gemaak het. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie;

UITDAGING 2: Dit lyk of julle nooit julle skuld sal kan afbetaal nie. My besigheid het baie skuld opgeloop, wat vererger is deur die nansiele krisis in Argenti nie, se Enrique. Toe het my vrou n operasie nodig gehad. Ek het nie gedink dat ek ooit van die skuld ontslae sou raak nie, dit het gevoel asof ek in n spinnerak vasgevang was. Roberto, n man in Brasilie, het al sy spaargeld in n sakeonderneming verloor en het skuld gehad by 12 banke. Hy se: Ek kon my vriende amper nie in die oe kyk nie. Ek het soos n mislukking gevoel. Wat kan jy doen as jy oorweldig voel as gevolg van ontmoediging, skuldgevoelens of verleentheid oor jou skuld? n Sleutel tot sukses: Neem beheer van julle nansies.1 1. Bereken wat julle huidige begroting is. Hou boek van al julle inkomste en uitgawes vir twee wekeof n maand as dit praktieser is. Uitgawes soos belasting, versekering of klere-aankope, wat moontlik minder dikwels voorkom, moet hierby ingesluit word; gebruik maandelikse gemiddeldes hiervoor. 2. Vergroot julle inkomste. Julle kan ekstra skofte werk, seisoenwerk doen, privaat lesse aan n leerling gee of n stokperdjie in n tuisbesigheid omskep. n Woordjie van waarskuwing: Maak seker dat werk nie inbreuk maak op belangriker bedrywighede, soos julle geestelike roetine nie. 3. Besnoei uitgawes. Koop slegs artikels as julle dit nodig het, nie net omdat dit op uitverkoping is nie (Spreuke 21:5). Dit is goed om te wag voordat jy iets koop, se Enrique, wat hierbo aangehaal is, aangesien dit jou help om te besluit of jy die artikel regtig nodig het en of jy dit net wil he. Hier is nog n paar wenke.
1 Vir meer wenke, sien die voorbladreeks Hoe om met jou geld te werk in die Ontwaak! van September 2011, uitgegee deur Jehovah se Getuies.
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

19

Behuising: Trek, indien moontlik, na n woning waarop die maandelikse betalings kleiner is. Verminder jou huishoudelike uitgawes deur minder elektrisiteit en water te gebruik. Kos: Pak middagete of n versnappering in eerder as om gereeld uit te eet. Gebruik afslagkoepons en ander spesiale aanbiedinge. Ek bespaar geld as ek vrugte en groente by straatmark te koop net voordat hulle toemaak, se Joelma, in Brasilie. Vervoer: Verkoop motors wat julle nie nodig het nie, en hou julle motor in stand eerder as om haastig te wees om n nuwer model te koop. Gebruik openbare vervoer of loop wanneer julle kan. Nadat julle julle uitgawes besnoei het, is julle gereed om julle oorblywende geld wyslik te gebruik. 4. Ontleed julle skuld en tree op. Eerstens, stel die volgende vas oor elke skuld wat julle het: die rentekoers, die fooie, wat die gevolg is as n rekening laat of nie betaal word nie en of julle rekeninge het wat agterstallig is. Gaan die bewoording van die lening of rekening noukeurig na, aangesien krediteure bedrieglik kan wees. Een instelling in die Verenigde State wat korttermyn lenings aanbied, het byvoorbeeld gese dat hulle rentekoers 24 persent is, hoewel dit eintlik meer as 400 persent is. Besluit dan in watter volgorde julle julle skuld gaan afbetaal. Een manier om dit te benader, is om eerstens werk te maak van skuld wat die hoogste rentekoers het. Nog n opsie is om kleiner skulde eerste af te betaal, aangesien julle meer optimisties sal voel as julle elke maand minder rekeninge ontvang. As julle lenings met n hoe rentekoers het, sal dit dalk voordelig wees om n nuwe lening teen n laer rentekoers aan te gaan sodat julle julle bestaande lenings kan afbetaal. Laastens, as julle nie julle skuld kan betaal nie, kan julle met julle krediteure oor nuwe afbetalingsplanne probeer onderhandel. Julle kan uitstel vra of n laer rentekoers probeer kry. Sommige krediteure sal moontlik selfs bereid wees om die bedrag wat julle skuld te verminder as julle

Vind as n gesin praktiese maniere om uitgawes te besnoei

die laer bedrag onmiddellik ten volle kan betaal. Wees eerlik en beleefd wanneer julle julle nan siele situasie verduidelik (Kolossense 4:6; He breers 13:18). Stel enige ooreenkoms op skrif. Al word julle eerste versoek nie toegestaan nie, moet julle bereid wees om herhaaldelik vir n aanpassing te vra as dit nodig is.Spreuke 6:1-5. Julle moet natuurlik realisties oor julle nansies wees. Selfs die beste plan kan misluk as gevolg van faktore buite julle beheer, aangesien geld dikwels vir hom vlerke soos die van n arend maak en wegvlieg na die hemel.Spreuke 23:4, 5.

PROBEER DIE VOLGENDE: Nadat julle n begroting opgestel het, kan julle bespreek hoe elkeen uitgawes kan besnoei of die gesin se in-

20

DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

komste kan vergroot. As julle sien hoe elkeen opoerings maak, kan dit julle help om saam te werk om van julle skuld ontslae te raak.

mekaar bestee en ook meer dikwels as n gesin aan geestelike bedrywighede deelneem.

UITDAGING 3: Skuld oorheers ons denke. Die stryd teen skuld kan belangriker aspekte van die lewe verdring. n Man met die naam Georgios het dit soos volg gestel: Die grootste probleem was dat ons hele lewe om ons skuld gedraai het. Ons het belangriker sake op die agtergrond geskuif. n Sleutel tot sukses: Hou geld op sy plek. Ten spyte van julle beste pogings sal julle dalk nog jare lank skuld he. Intussen kan julle besluit hoe julle julle omstandighede gaan beskou. Moenie behep wees met geld of die gebrek daaraan nie, maar slaan eerder ag op die Bybel se raad: As ons dan voedsel, klere en onderdak het, sal ons met hierdie dinge tevrede wees.1 Timoteus 6:8. As julle tevrede is met julle nansiele situasie, stel dit julle in staat om seker te maak van die belangriker dinge (Filippense 1:10). Hierdie belangriker dinge sluit julle vriendskap met God en met julle gesin in. Georgios, wat hierbo aangehaal is, se: Hoewel ons nog nie al ons skuld afbetaal het nie, is dit nie meer die middelpunt van ons lewe nie. Ons huwelik is gelukkiger noudat ons meer tyd met ons kinders en met

PROBEER DIE VOLGENDE: Maak n lys van dinge wat vir julle werklik kosbaar is en wat geld nie kan koop nie. Bepaal dan hoe julle meer tyd en energie aan elke item op julle lys kan bestee.
Probleme met skuld veroorsaak stres, en dit vereis opoerings om dit te hanteer; maar die resultate is die moeite werd. Andrzej, in Pole, erken: Toe ek uitgevind het dat my vrou borg gestaan het vir n werksmaat wat n groot lening aangegaan het en toe verdwyn het sonder om haar skuld te betaal, was die atmosfeer in ons huis gespanne, om die minste te se. Maar wanneer hy terugdink aan hoe hy en sy vrou gerea geer het, se hy: Ons het in werklikheid gehegter geraak aan mekaarnie weens die probleem nie, maar omdat ons saam gewerk het om dit op te los.

VRA JOU AF . . .
Hoe kan ek my gesin help om van ons Hoe kan ons verhoed dat skuld ons
skuld ontslae te raak? verhouding oorheers of selfs verwoes?

Vergenoegdheid verskaf vreugde wat besittings nie kan gee nie

KOM NADER AAN GOD

Wat vra Jehovah van jou terug?

AT verwag Jehovah van diegene wat hom op n aanneemlike wyse wil aanbid? Vereis hy volmaaktheid, wat dit onmoontlik vir onvolmaakte mense sal maak om hom te behaag? Of verwag hy slegs wat binne ons bereik is? Die antwoorde op hierdie vrae is noodsaaklik as ons vreugde uit ons diens aan God wil put. Kom ons ondersoek hoe die profeet Miga God se vereistes opgesom het.Lees Miga 6:8. Hy het jou vertel wat goed is. Ons hoef nie te raai wat God van ons verwag nie. Hy het vir ons gese wat sy vereistes is deur dit duidelik in die Bybel uiteen te sit. Wat God van ons verwag, is goed. Dit kan nie anders wees nie. God is liefde, en daarom dra hy ons belange op die hart (1 Johannes 4:8; 5:3). As ons sy vereistes nakom, behaag dit hom nie net nie, maar strek dit ons ook tot voordeel.Deuteronomium 10:12, 13. Wat vra Jehovah van jou terug? Het God die reg om enigiets van ons terug te vra? Natuurlik het hy! Ons is gehoorsaamheid aan hom verskuldig omdat hy die Bron en Onderhouer van die lewe is (Psalm 36:9). Maar wat vra hy van ons terug? Miga som God se vereistes in drie frases op. Die eerste twee het hoofsaaklik te doen met ons handelinge met ons medemens, en die derde het te doen met ons verhouding met God. Beoefen geregtigheid. Volgens een naslaanwerk verwys die Hebreeuse woord vir geregtigheid na billike en regverdige verhoudings in die gemeenskap. God verwag dat ons ander behandel in ooreenstemming met wat billik en regverdig is volgens sy standaarde. Ons beoefen geregtigheid deur ander met onpartydigheid, opregtheid en eerlikheid te behandel (Levitikus 19:15; Jesaja 1:17; Hebreers 13:18). Wanneer ons ander regverdig behandel, sal dit hulle moontlik beweeg om ons ook regverdig te behandel. Matteus 7:12.
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

Om goedhartigheid lief te he. God verwag nie bloot dat ons goedhartigheid moet betoon nie, maar dat ons dit moet liefhe. Die Hebreeuse woord wat as goedhartigheid (che sedh) vertaal word, kan ook as liefderyke goedhartigheid of lojale liefde vertaal word. Een Bybelgeleerde se: Liefde, barmhartigheid en goedhartigheid is onvoldoende vertalings van [che sedh]; dit is nie een van hierdie deugde nie, maar hulle almal saam. As ons goedhartigheid liefhet, betoon ons dit gewilliglik; dit verskaf ons vreugde om behoeftiges te help. Gevolglik smaak ons die geluk wat dit verskaf om te gee. Handelinge 20:35. Om beskeie te wandel met jou God. Die frase om te wandel in die Bybel beteken om n sekere handelswyse te volg. Ons wandel met God deur die lewensweg te volg wat hy in die Bybel uiteengesit het. Ons moet beskeie wees om so n weg na te streef. Hoe so? Wanneer ons beskeie is voor God, het ons n realistiese beskouing van ons posisie voor hom en erken ons ons beperkings. Om beskeie te wandel met beteken dus dat ons n realistiese beskouing het van wat hy van ons vereis en van wat ons kan gee. Gelukkig vereis Jehovah nooit meer van ons as wat ons kan gee nie. Hy is tevrede met ons beste pogings in sy diens (Kolossense 3:23). Hy verstaan ons beperkings (Psalm 103:14). Wanneer ons ook leer om dit met gepaste beskeidenheid te aanvaar, kan ons vreugde daaruit put om met hom te wandel. Vind gerus uit hoe jy met God kan begin wandel. Hy sal jou ryklik seen as jy so n weg volg.Spreuke 10:22.

VOORGESTELDE BYBELLEESGEDEELTE VIR NOVEMBER: Joel 1Miga 7


22

ONS LESERS VRA . . .


Is godsdienstige geloof n emosionele kruk?
n Emosionele kruk is n vorm van selfbedrog wat veroorsaak dat iemand die werklikheid ignoreer en nie logies redeneer nie. Sommige mense gebruik byvoorbeeld alkohol as n kruk. In die begin laat alkohol hulle dalk meer selfversekerd voel en beter in staat om die lewe se uitdagings die hoof te bied. Maar op die lange duur benadeel diegene wat op alkohol steun hulleself. Kan dit ook van godsdienstige geloof gese word? Party stel geloof aan liggelowigheid gelyk. Hul le se dat mense wat hulle tot geloof wend, nie vir hulleself wil dink of wil toelaat dat grondige be wyse hulle oortuigings benvloed nie. Sulke skeptici gee te kenne dat diegene met sterk godsdienstige geloof die werklikheid ignoreer. Die Bybel het baie oor geloof te se. Maar dit se nerens dat ons liggelowig of naef moet wees nie. En dit praat ook nie verstandelike luiheid goed nie. Inteendeel, dit noem mense wat elke woord glo wat hulle hoor, onervare, selfs dwaas (Spreuke 14:15, 18). Ja, hoe dwaas is dit tog om n idee te aanvaar sonder om die feite na te gaan! Dit is soos om ons oe toe te maak en oor n besige straat te loop net omdat iemand vir ons se om dit te doen. Die Bybel is nie ten gunste van blinde geloof nie, maar moedig ons eerder aan om ons guurli ke oe oop te hou sodat ons nie bedrieg word nie (Matteus 16:6). Ons hou ons oe oop deur ons denkvermoe te gebruik (Romeine 12:1). Die Bybel leer ons om oor bewyse te redeneer en op grond van die feite tot die regte gevolgtrekkings te kom. Kyk na n paar voorbeelde uit die geskrifte van die apostel Paulus. Toe Paulus aan diegene in die gemeente in Rome geskryf het, wou hy nie he dat hulle in God moes glo net omdat hy so gese het nie. Hy het hulle eerder aangespoor om na die bewyse te kyk dat God wel bestaan. Hy het geskryf: Sy [God se] onsigbare eienskappe word van die wereld se skepping af duidelik gesien, omdat hulle waargeneem word in die dinge wat gemaak is, ja, sy ewige krag en Godheid, sodat hulle [diegene wat God se gesag verwerp] onverskoonbaar is (Romeine 1:20). Paulus het n soortgelyke redenasie gebruik toe hy sy brief aan die Hebreers geskryf het. Elke huis word natuurlik deur iemand ge bou, het hy gese, maar hy wat alles gebou het, is God (Hebreers 3:4). In n brief aan Christene wat in die stad Tessalonika gewoon het, het Paulus hulle aangemoedig om selektief te wees in wat hulle glo. Hy wou he dat hulle van alles moes seker maak.1 Tessalonisense 5:21. Godsdienstige geloof wat nie op betroubare bewyse gegrond is nie, kan n kruk word, iets wat daartoe kan lei dat n mens mislei en benadeel word. Paulus het aangaande party godsdienstige mense van sy dag geskryf: Ek getuig van hulle dat hulle n ywer vir God het; maar nie ooreenkomstig juiste kennis nie (Romeine 10:2). Hoe belangrik is dit dus dat ons ag slaan op Paulus se raad aan die gemeente in Rome! Hy het geskryf: Word verander deur julle verstand te hervorm, dat julle kan seker maak wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is (Romeine 12:2). Geloof wat op juiste kennis van God gegrond is, is nie n kruk nie, maar n groot skild wat ons teen emosionele en geestelike ska de beskerm.Efesiers 6:16.

Geloof kan n skild wees wat ons beskerm

My Bybellesse
Dit re en al die hele dag Tanja moet nou binne wag Hoekom hou dit tog nie op? Kan dit nie maar stop?

Maar kyk net daar Dit hou op sowaar! Die re en het verdwyn En die son skyn

JA G 3 JON

EN R AR E

Tanja hardloop en lag Wat n pragtige dag Die re en van God wat uit die hemel kom Laat alles groei en baie mooi blom

AKTIWITEITE

Laat jou kind wys na die: Venster Tanja Blomme Voel Boom

Vind die versteekte voorwerpe. Liewenheersbesie Vliegtuig Lees Handelinge 14:17. 25 Waarom het Jehovah die reen gemaak?

DIE LEWE IN BYBELTYE

Die herder
Soos n herder sal hy sy kudde laat wei. Met sy arm sal hy die lammers bymekaarbring; en in sy boesem sal hy hulle dra.JESAJA 40:11.

ERDERS word tientalle kere in die Bybel gemeld, van die eerste boek, Genesis, tot die laaste boek, Openbaring (Genesis 4:2; Openbaring 12:5). Vername manne, soos Abraham, Moses en koning Dawid, was herders. Die psalmis Dawid het die verantwoordelikhede en bekommernisse van n goeie herder pragtig beskryf. En n psalm wat waarskynlik deur Asaf geskryf is, se dat Dawid n herder oor God se eertydse volk was.Psalm 78:70-72. Later, in Jesus se dag, was die werk van n herder nog steeds belangrik.

Jesus het homself die goeie herder genoem en het dikwels na die eienskappe van n goeie herder verwys om belangrike lesse te leer (Johannes 10:2-4, 11). Selfs die Almagtige, Jehovah God, word met n herder vergelyk.Jesaja 40:10, 11; Psalm 23:1-4. Watter soort diere is deur n herder opgepas? Wat het sy werk behels? En wat kan ons by daardie harde werkers leer? Skape en bokke Een van die skaaprasse wat in eertydse Israel deur herders opgepas is, was waarskynlik die Siriese vetstertskaap, wat n groot, vet stert en dik wol het. Die ramme van hierdie skaapras het horings, maar die ooie het nie. Dit is nie moeilik om hierdie mak diere te lei nie, en

26

hulle het beskerming teen die elemente en roofdiere nodig. Herders het ook bokke opgepas. Die bokke was heeltemal swart of bruin van kleur. Hulle lang, appende ore is maklik deur dorings en doringbossies geskeur terwyl hulle rotsagtige heuwelhange geklim en aan bossies gevreet het. Die herder het nooit opgehou om die skape en bokke te leer om sy bevele te gehoorsaam nie. Nogtans het goeie herders die diere onder hulle toesig met teerheid versorg en hulle selfs name gegee waarop hulle gereageer het.Johannes 10:14, 16. Die seisoene en die herder n Herder het moontlik elke dag in die lente sy kudde uit n kraal naby sy huis na die naby gelee dorpsweiveld gelei waar hulle jong, sappige plante kon vreet. Gedurende hierdie seisoen het die skape en bokke gelam en het die grootte van die kudde toegeneem. Werkers het ook in die lente die skape se winterwol geskeer, wat n vreugdevolle geleentheid was. n Dorpenaar het moontlik net n paar skape besit. Daarom het hy n herder gehuur wat sy klein kudde by n ander kudde sou voeg. Gehuurde herders het n reputasie gehad dat

hulle minder besorg was oor ander se diere as hulle eie.Johannes 10:12, 13. Nadat die landerye naby die dorp geoes is, het die herder sy skape nuwe lootjies laat vreet sowel as graan wat tussen die stoppels agtergelaat is. Wanneer dit in die somer warm ge word het, het herders hulle kuddes na hoerliggende, koeler weivelde geneem. Herders het dae lank buite gewerk en geslaap en die kudde op die steil groen hellings laat wei en snags oor die skape in die oop veld wag gehou. Soms het die herder sy kudde in n grot laat oornag, waar hulle veilig sou wees teen jakkalse en hienas. As die gehuil van n hiena die kudde skape in die middel van die nag laat skrik het, het die herder se kalm stem hulle gerusgestel. Elke aand het die herder die skape getel en gekyk of hulle gesond is. In die oggend het hy die kudde geroep en dan het hulle hom na die weiveld gevolg (Johannes 10:3, 4). In die middel van die dag het herders die diere na koel waterpoele gelei om te drink. Wanneer die poele opgedroog het, het die herder hulle na n put gelei en vir hulle water geskep. Na aan die einde van die droe seisoen het n herder moontlik sy kudde na die kusvlaktes en -valleie geneem. Wanneer die koue reens

begin val het, het hy hulle huis toe gelei om die winter binne deur te bring, anders sou die diere dalk buite in die gietende reen, haelstorms en sneeu omkom. Herders het hulle kuddes eers weer in die lente buite laat wei. Toegerus om te werk Die herder se klere was eenvoudig maar duursaam. Vir beskerming teen die reen en die yskoue naglug het hy moontlik n mantel van skaapvel gedra, met die wol aan die binnekant. Teen sy vel het hy n tuniek gedra. Sandale het sy voete teen skerp rotse en dorings beskerm, en hy het n geweefde stuk wolmateriaal om sy kop gedraai. Die herder se toerusting het gewoonlik die volgende ingesluit: n Leersak met kos, soos brood, olywe, droevrugte en kaas (1); n knuppel, n gevaarlike wapen, wat gewoonlik een meter lank was, met skerp stukke leiklip aan die ronde punt daarvan (2); n mes (3); n staf, wat die herder as n kruk gebruik het terwyl hy geloop en geklim het (4); n waterhouer (5); n opvoubare leeremmer om water uit diep putte te skep (6); n slinger, waarmee hy klippe gegooi het tot naby skape of bokke wat begin afdwaal het om hulle na

die kudde terug te jaag of waarmee hy roofdiere verdryf het (7); en n rietuit, wat hy vir sy eie vermaak gespeel het en waarmee hy die kudde gepaai het (8). Die herder is vir sy werk beloon deurdat die diere in sy lewensbenodigdhede voorsien het produkte soos melk en vleis vir die tafel. Die wol en vel is as ruilmiddels gebruik, en klere en bottels is daarvan gemaak. Bokhaar is in stukke materiaal geweef, en skape sowel as bokke is as oerandes gebruik. n Navolgenswaardige voorbeeld Goeie herders was pligsgetrou, betroubaar en dapper. Hulle het selfs hulle lewe in gevaar gestel om die kudde te beskerm.1 Samuel 17: 34-36. Ons kan dus verstaan waarom Jesus en sy dissipels die herder as n voorbeeld vir Christenopsieners voorgehou het (Johannes 21: 15-17; Handelinge 20:28). Soos n goeie herder in Bybeltye, probeer hedendaagse gemeentelike opsieners om as herders toesig te hou oor die kudde van God wat onder hulle sorg is, nie onder dwang nie, maar gewillig; ook nie uit liefde vir oneerlike gewin nie, maar gretig.1 Petrus 5:2.

7 1

2 3 8 5 6

DIE EUROPESE HOF


HANDHAAF DIE REG OP GEWETENSBESWAAR
JEHOVAH SE GETUIES regoor die wereld is welbekend vir hulle neutrale standpunt in verband met die politieke aangeleenthede en oorloe van enige nasie. Hulle glo vas dat hulle van hulle swaarde ploegskare moet smee en van hulle spiese snoeimesse en nie meer [moet] leer om oorlog te voer nie (Jesaja 2:4). Hulle verhinder ander nie om in die weermag te dien nie. Maar se nou die gewete van n Getuie laat hom nie toe om in die weermag te dien nie, hoewel dit verpligtend is in die land waar hy woon? Dit is die situasie waarin n jong man, Vahan Bayatyan, hom bevind het.

Gebeure wat tot die Europese hofsaak gelei het Vahan is in April 1983 in Armenie gebore. In 1996 het hy en ander lede van sy familie die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer, en toe hy 16 jaar oud was, is hy gedoop. Uit sy studie van die Bybel het Vahan diep respek vir die leringe van Jesus Christus opgebou, insluitende Jesus se opdrag aan sy volgelinge om nie letterlike oorlogswapens op te neem nie (Matteus 26:52). Gevolglik moes Vahan n kort rukkie na sy doop n baie belangrike besluit neem. Die wet in Armenie verplig alle jong mans om militere diens te verrig wanneer hulle

18 jaar oud word. As hulle weier om dit te doen, kan hulle tot drie jaar tronkstraf opge le word. Vahan wou sy medeburgers dien, maar hy wou nie sy Bybelopgeleide gewete skend nie. Wat het hy toe gedoen? Onmiddellik nadat Vahan in 2001 in aan merking gekom het vir militere diens, het hy briewe aan die Armeense owerheid begin skryf. In sy briewe het hy gese dat sulke diens sy gewete en godsdiensoortuigings sou skend. Hy het egter ook gese dat hy bereid is om alternatiewe burgerlike diens te verrig. Meer as n jaar het verloop, waartydens Vahan die owerheid herhaaldelik versoek het om sy gewetensbeswaar teen militere diens
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

29

Vahan Bayatyan voor die gevangenis in Nubarashen in Armenie

Bayatyan saam met sy regsadviseurs in die Europese Hof van Menseregte, 24 November 2010

te erken. Vahan is egter in September 2002 in hegtenis geneem, en later is n klag van dienspligontduiking teen hom gebring. Hy is tot 18 maande tronkstraf gevonnis. Die aanklaer was egter nie tevrede met die straf nie. Net een maand nadat hy gevonnis is, het ` die aanklaer n mosie by die appelhof ingedien en die hof versoek om n swaarder von nis op te le. Hy het aangevoer dat Vahan se godsdiensgemotiveerde gewetensbeswaar teen militere diens ongegrond en gevaar` lik is. Die appelhof het die aanklaer se versoek toegestaan en Vahan se vonnis tot 30 maande tronkstraf verleng. Vahan het by Armenie se hoogste hof ap` pel teen hierdie beslissing aangeteken. In Januarie 2003 het die Hof van Hersiening die ` appelhof se beslissing gehandhaaf. Vahan is onmiddellik na n gevangenis oorgeplaas om sy straf saam met moordenaars, dwelmhandelaars en verkragters te begin uitdien. Gebeure in die Europese Hof Armenie is sedert 2001 n lid van die Europese Raad. Die burgers van die land het dus ` die reg om appel aan te teken by die Europese Hof van Menseregte (EHMR) nadat hulle van alle moontlike regsopsies in hulle land gebruik gemaak het. Dit is wat Vahan besluit ` het om te doen. In sy appel het hy aangevoer
30
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

dat Artikel 9 van die Europese Konvensie oor Menseregte geskend is toe hy gevonnis is weens sy weiering om in die weermag te dien. Hy het versoek dat sy reg op gewetens beswaar teen militere diens beskerm word ingevolge hierdie artikeliets wat nog nooit suksesvol voor hierdie hof bepleit is nie. Op 27 Oktober 2009 het die EHMR sy uitspraak gelewer. Die hof het, in die lig van bestaande regsuitsprake, beslis dat gewetensvryheid, soos gedenieer in Artikel 9 van die Europese Konvensie, nie die regte van gewetensbeswaardes beskerm wat weier om in die weermag te dien nie. Teen daardie tyd is Vahan lank reeds vrygelaat, was hy reeds getroud en het hy n seuntjie gehad. Vahan was teleurgesteld met die beslissing. Hy moes toe besluit of hy die saak sou terugtrek of by die Groot Kamer van die ` EHMR appel sou aanteken. Hy het besluit om te appelleer. Die Groot Kamer hoor slegs uitsonderlike sake aan, en daarom was Vahan bly toe die hof besluit het om sy saak te hersien. Op 7 Julie 2011, in Straatsburg, Frankryk, het die Groot Kamer van die EHMR uiteindelik sy beslissing gegee. Die hof het met n oorweldigende meerderheid van 16 stemme teen 1 beslis dat Armenie Vahan Bayatyan se reg op gewetensvryheid geskend het toe dit

Bayatyan saam met sy vrou, Tsovinar, en seun, Vahe

hom skuldig bevind en opgesluit het weens sy gewetensbeswaar teen militere diens. Die enigste regter wat nie met die ander regters saamgestem het nie, was van Armenie. Waarom is hierdie beslissing belangrik? Omdat dit die eerste keer in die geskiedenis van die EHMR was dat daar erken is dat Artikel 9 van die Konvensie die reg op gewetens beswaar teen militere diens ten volle beskerm. En daarom beskou die hof dit as n skending van fundamentele regte in n demokratiese gemeenskap om n gewetensbe swaarde tronkstraf op te le. Die Hof het die volgende opmerking in verband met die standpunt van Jehovah se Getuies as gewetensbeswaardes gemaak: Die hof het dus geen rede om daaraan te twyfel dat die aansoeker se beswaar teen mi litere diens beweeg word deur sy godsdiens opvattings, wat opreg gehuldig word en reel reg in stryd is met sy verpligting om militere diens te verrig. Reaksie op die beslissing Oor die afgelope twee dekades is meer as 450 gewetensbeswaardes wat Jehovah se Ge tuies is, in Armenie gevonnis. Terwyl hierdie artikel voorberei is, was daar 58 jong mans in hierdie land opgesluit omdat hulle weens godsdiensredes weier om militere diens te

verrig. Vyf van hulle is na die mylpaalbeslissing van Bayatyan vs. Armenia opgesluit.1 Toe n jong gewetensbeswaarde in een van hierdie gevalle n mosie ingedien het en versoek het dat die plaaslike aanklaer die strafsaak terugtrek wat teen hom gebring is om dat sy gewete hom nie toelaat om militere diens te verrig nie, het die aanklaer dit van die hand gewys. In sy skriftelike antwoord het die aanklaer gese: Die uitspraak deur die Europese Hof in die saak Bayatyan vs. Armenia, op 7 Julie 2011, is nie op hierdie saak van toepassing nie, aangesien daar hoegenaamd geen ooreenkoms tussen die twee sake is nie. Waarom het die aanklaer so gedink? Toe Vahan Bayatyan aangekla is, was daar nie n voorsiening vir alternatiewe burgerlike diens nie. Die Armeense owerheid beweer dat n wet sedertdien aangeneem is wat hiervoor voorsiening maak; dus kan diegene wat teen militere diens gekant is burgerlike diens verrig. Maar die wet in verband met alternatiewe diens is onder beheer van die weermag, en daarom is dit nie van toepassing op baie van die gewetensbeswaardes wat tans vir mi litere diens opgeroep word nie. Vahan Bayatan is bly oor die mylpaalbeslissing wat in sy guns gegee is. Die uitspraak verplig Armenie nou om op te hou met die vervolging en opsluiting van diegene wie se vaste godsdiensoortuigings hulle verhinder om militere diens te verrig. Dit is nie die doel van Jehovah se Getuies om die regstelsel van enige land te hervorm nie. Maar net soos jong Vahan Bayatyan, probeer hulle hulle wetlike regte bevestig op grond van party van die bestaande wette in die lande waar hulle woon. Waarom? Sodat hulle kan aanhou om vreedsaam te lewe en al die opdragte van hulle leier, Jesus Christus, sonder teenstand kan gehoorsaam.
1 Twee van hulle is op 7 Julie 2011 gevonnis, dieselfde dag as waarop die EHMR sy uitspraak gelewer het.
DIE WAG TORING 1 NOVEMBER 2012

31

Waarom laat God lyding toe?


SIEN BLADSYE 8-9.

Waarom het die mensdom n wereldregering nodig? SIEN BLADSYE 16-17.

Hoe kan jy verhoed dat jou denke deur skuld oorheers word? SIEN BLADSY 21.

Is godsdienstige geloof net n emosionele kruk?


SIEN BLADSY 23.

Jy kan selfs in hierdie wereld vol probleme geluk vind deur juiste Bybelkennis aangaande God, sy Koninkryk en sy wonderlike voorneme vir die mens op te doen. As jy graag meer inligting wil he of wil he dat iemand jou moet besoek om n gratis Bybelstudie te hou, skryf asseblief aan Jehovah se Getuies by die gepaste adres op bladsy 4.

Sal jy n besoek verwelkom?

www.jw.org/af

wp12 11/01-AF

You might also like