You are on page 1of 23

is boeke wat al die woorde in n taal neergeskryf het.

Woordeboeke

Met n woordeboek kan jy leer:


-Hoe om n woord te spel -Wat n woord beteken -Hoe n mens n woord uitspreek -Watter woordsoort n woord is

-Hoeveel lettergrepe n woord het


-Of die woord n hoofletter moet wees of nie

-Hoe om n woord af te kort


-Wat die voor- en agtervoegsels van n woord beteken

Hoe is n woordeboek georganiseer?

Om dit maklik te maak om n woordeboek te gebruik, word die woorde alfabeties georganiseer

Omdat daar so baie woorde in n woordeboek is, gebruik ons GIDSWOORDE om n woord maklik op te spoor.

Gidswoorde kry ons boaan elke bladsy in n woordeboek.Guide Gidswoorde dui aan watter woord eerste en watter woord laaste op n bladsy staan.

Hoe gou sal jy n trefwoord kan opspoor?


Kyk na die gidswoorde.
Gebruik jou alfabet-kennis om te besluit of die woord wat jy soek, tussen hierdie twee woorde val.

Gestel jy wil weet wat crime in Afrikaans is. Blaai gou na die bladsye wat C bevat. Onthou:
Engels is agter in jou TWEETALIGE WOORDEBOEK!

Gebruik jou gidswoorde boaan die bladsye om te besluit op watter bladsy jy die woord gaan kry. cradle crazy creak crescent cresol - croak

crime
1. crazy 2. crescent 3. cresol 4. cradle 5. croak 6. creak 7. crime

cresol

croak

crime, misdaad, euweldaad; gruweldaad; WAVE of ~ , vlaag van misdade; ~ rate, misdaadsyfer

Woordeboek definisies
Wat beteken dit?

Soms soek jy die betekenis van n woord in die woordeboek en dan is jy skoon deurmekaar.

Nou gaan ons kyk wat elke deel van n definisie beteken.

WOORDESKAT
Trefwoord- Dis die woord wat jy opsoek. Altyd vetgedruk. Inskrywing- Inligting oor die woord wat jy opsoek. Uitspraak- Dui aan hoe jy die woord moet uitspreek. Jy kry dit tussen hakies. Woordsoorte- Dui aan hoe die woord in n sin gebruik word. (s.nw=selfstandige naamwoord; ww=werkwoord, b.nw = byvoeglike naamwoord; bw = bywoord

WOORDESKAT
Definisie- Alle moontlike betekenisse van die woord. NB: woorde het meer as een betekenis. Voorbeelde:- Wys hoe om die woord in n sin te gebruik. Gewoonlik skuinsgedruk. Etimologie:- Dui die geskiedenis van die woord aan, uit watter taal dit kom, ens.

Kyk na n definisie vir die woord vat:

1. s.nw. (vate) Ronde voorwerp van hout gemaak waarin o.a wyn gehou word.
2. ww. (gevat) Neem, bv. met die hand. Iemand aan sy

kraag vat.

Eerste woord dui aan watter flag (flag) woordsoort dit is.

1. s.nw. (vate) Ronde voorwerp van hout gemaak waarin o.a wyn gehou word.

Volgende is die betekenis/definisie van die woord.

1. s.nw. (vate) Ronde voorwerp van hout gemaak waarin o.a wyn gehou word.

Hier word gewys hoe jy die woord in n sin kan gebruik.

ww. (gevat) Neem, bv. met die hand. Iemand aan sy kraag vat.

Hoe weet ek watter definisie moet ek gebruik?


1. Besluit hoe jy die woord gaan gebruik. 2. Lees AL die betekenisse van die woord. 3. Skryf dei sin neer en laat n spasie waar jy die woord wil invoeg. 4. Skryf nou die woord wat jy dink reg is, in die spasie neer. 5. As dit sin maak, het jy die regte definisie.

Nou weet jy hoe om n woordeboek te gebruik!

You might also like