die nuwe en lewende snelweg wat God gemaak het in die woestyn, terwyl dieselfde stukkieskrif begin met die woorde: ‘Troos, troos my volk, sê julle God. Spreek met deernis tot diehart van Jerusalem en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is! ‘nStem van een wat roep: in die woestyn het God ‘n snelweg gemaak…!’ Jesaja 40:1-3.
Padkosgedagtes Mei 6
Dit is so hartseer dat daar vandag nog soveel bedieninge is wat volhou met ‘n boodskap vanveroordeling en skuld en blind staan teenoor die ‘goeie’ van die Evangelie. Die Grieksewoord vir evangelie,
eu-angellion
beteken juis goeie aankondiging
.
Jesus is die openbaringvan God se welbehae. Johannes beland in die tronk omdat hy Herodus veroordeel oor sybroer se vrou. In die tronk begin hy twyfel, en wonder hy of Jesus wel die Messias is. Hystuur toe twee van sy dissipels na Jesus om Hom te vrae of Hy die een is wat sou kom, enof hulle maar sal moet wag vir ‘n volgende koms. (Vandag nog word die verkondiging vandie wederkoms ‘n populêre opsie terwyl ons steeds nie die volle impak en implikasie van Syeerste koms besef nie.) Jesus laat weet hom: ‘Gaan vertel Johannes wat julle sien en hoor:blindes sien weer en dowes hoor, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dooies wordopgewek en aan armes word goeie nuus verkondig. En salig is elkeen wat aan My nieaanstoot neem nie.’ Mattheus 11:2-6. Om aanstoot te neem, vir watter geldige rede ookal,neutraliseer jy jou geloof!
Fonteinvarsgedagtes Mei 7
Johannes se reaksie is in skerp kontras met Paulus s’n. Hulle was weliswaar nie vir dieselfde redes in die tronk nie. Johannes was nie tronk toe as gevolg van sy assosiasie metJesus nie. Terwyl Jesus vriende maak met die sondaars, maak Johannes vyande. Pauluswas menige kere in die tronk vir dieselfde redes waarvoor die Fariseërs Jesus gekruisig het.Ons het eintlik geen benul wat Paulus moes ly nie: ‘Ek was talle keer geslaan, dikwels het ekby die dood omgedraai, vyf maal het ek van die Jode die 39 houe onvang, (In die ‘Passion of Christ’ wys Mel Gibson hoe ‘n mens se liggaam lyk na 39 houe, nie ‘n stukkie vel op die rugbly oor nie!) drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ekskipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek op ‘n stuk dryfhout gedobber. Dikwels op reis inlewensgevaar, gevare van vol riviere, gevare van rowers, in gevare van my eie volk, gevarevan die Romeine, gevare in die stad, gevare in die woestyn, gevare ter see en gevare vanvalse broers; in ontsettende harde werk en moeite, dikwels slapelose nagte, dikwels inhonger en dors, sonder enigiets om te eet, dikwels aan geweldige blootstelling van kouesonder warm klere. 2 Korinthiërs 11:23-28. Net om hierdie getuienis te lees, vul mens metafgryse en skok. Maar kyk wat noem Paulus dit in 2 Korinthiërs 4:17, ‘Want ons
ligte
verdrukking wat
vir ‘n oomblik
is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig vanheerlikheid.’
Fonteinvarsgedagtes Mei 8
In hierdie getuienis kry ons begrip van die kwaliteit van die openbaring waarin Paulusgewandel het. ‘Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees inelke omstandigheid. Ek weet hoe om vernedering te verwerk, net so weet ek ook hoe omoorvloed te hanteer; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te wees sowelas om honger te ly; om oorvloed te hê, sowel as om gebrek te ly. Ek is tot al hierdie dinge instaat deur die kragbron van Christus se energie in my.’ Fillipense 4:11-13. Oorvloed is niedie bewys van Christus se seën en inwoning nie, net so is gebrek nie die bewys van Syafwesigheid nie!
Fonteinvarsgedagtes Mei 9
Leave a Comment