You are on page 1of 17

+(,121/,1(

Citation: 1959 Acta Juridica 184 1959 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 11:12:40 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=0065-1346

'N BESPREKIG VAN SEKERE ASPEKTE VAN DIE REGSPOSISIE VAN BESITTERS. In die saak van Matthee v. Schietekatl word sekere uitlatings gemaak aangaande die regsposisie van 'n bona fide possessor en die regsmiddels wat tot sy beskikking staan, wat myns insiens aan bedenkings blootstaan. Dit is die doel van hierdie artikel om hierdie opvattings aan 'n ondersoek te onderwerp. Daar word ook verwys na die regsposisie van besitters wat nie as bona fide possessores geklassifiseer kan word nie. Mens kom hier al dadelik te staan voor die moeilikheid van terminologie. Wanneer gepraat word van 'n bona fide possessor of 'n mala fide possessor, dan word daar verwys na 'n persoon wat animo domini besit, d.w.s. wat besit in die waan dat hy eienaar is, of, wetende dat hy nie eienaar is rAe, maar met die doel om homself as eienaar voor te doen, om horn teen die hele wreld as eienaar te laat geld en om deur verjaring inderdaad eienaar te word. Dit is veral ten opsigte van verrykingsaanspreeklikheid van belang dat mens onderskei tussen hierdie soort possessor en iemand wat besit, wetende dat hy nie eienaar is nie en ook sonder die bedoeling om homself as eienaar te laat geld. Sulke persone kan geklassifiseer word as regmatige 2 okkupeerders, bona fide okkupeerders, mala fide okkupeerders en prekarisse. Wanneer mens egter te doen het met besitsverstoring of besitsverlies, die mandament van spolie en die Aquiliese aksie, vind mens weer dat as possessores gereken kan word enigeen wat in daadwerklike besit is met die bedoeling om die saak in sy eie belang te besit, al besit hy nie animo domini nie. Ten opsigte van retensieregte word ook 'n eiesoortige toets toegepas. Wat hierdie artikel betref sal daar dan gepraat word van possessores waar dit van belang is om aan te dui dat dit gaan oor iemand wat animo domini besit, en van 'besitters' waar die aan- of afwesigheid van hierdie element van belang ontbloot is. Die ander terminologie van besitters wat by verrykingsaksies van belang is, is hier onbelangrik en word daarom genegeer. Die feite van die geval was as volg. Jare gelede is 'n plaas, Slangrivier, toegeken aan 'n groep Kleurlinge, en hulle het skynbaar registrasie ontvang, d.w.s. hulle het mede-eienaars geword. Soos elkeen van hierdie eienaars gesterf het, het sy afstammelinge deur erfopvolging in sy plek getree. Vandag lewe geeneen van die oorspronkelike mense meer nie en die plaas word bewoon deur hul afstammelinge, waaronder die respondent Schietekat (eiser in die landdroshof) en sy vrou is. Hierdie bewoners het egter nooit registrasie ontvang nie. Volgens gebruike en gewoontes van die bewoners was eiser geregtig om totaal onbewerkte dele van Slangriver skoon te maak en te bewerk vir eie voordeel. Hy het dan ook sekere gronde van bome, bosse en ander gewasse skoongemaak en omgeploeg met die doel om daarop gesaaides aan te bring aan die begin van die 1957 koringseisoen. Toe kom Matthee en by ploeg die genoemde landerye weer om en saai vir eie voordeel hawer daarop. Hy maak aanspraak op 'n reg om dit te doen war hy sou verkry het kragtens 'n huurkontrak met 'n derde. Schietekat bet hierdie aanspraak ontken en in die landdroshof 'n aksie
1. 1959 (1) S.A. 344 (C.). Die uitspraak is gelewer deur Regter VAN WINSEN, met wie Regter VAN WYK saamgestem het. 2. Sien die skrywer se Verrykingsaanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse Reg, pp.
141-142.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 183 1959

ingestel vir 75 10s. skadevergoeding. Die landdros het 35 skadevergoeding toegeken. 3 Teen hierdie uitspraak kom Matthee toe in hor beroep. Die feitebevindings van die landdros word bevestig. Daar word ingegaan op die aard van Schietekat se reg op die grond. Met beroep veral op C.I.R. v. Estate Crewe4 word bevind dat, aangesien Schietekat geen registrasie ontvang het nie, hy nie eienaar van 'n onverdeelde aandeel van Slangrivier is nie. Sy posisie is dat hy
IvanweE sy vader en uit hoofde van sy huwelik in gemeenskap van goed met sy vrou, 'n reg op 'n onverdeelde deel van die plaas Slangrivier het, en dat hy, saam met ander mede-geregtigdes, in besit is van die plaas, en dus ook van sy onverdeelde deel. Benewens hierdie reg was hy die bona fide besitter (possessor) van die dispuutgronde uit hoofde van 'n gebruik, na my mening duidelik bewys, dat die persoon wat onbewerkte grond skoonmaak en bewerk, die reg het om vir eie voordeel dit te saai en die opbrengs te oes. Die vraag wat ontstaan is of hierdie inbreuk regte van die eiser van regsweE beskerming geniet in di6 sin dat, as daarop 5 gemaak word en hy gevolglik skade ly, hy hierdie skade kan verhaal.'

Namens Matthee is daar betoog dat as 'n possessor, terwyl hy nog in besit is van die grond, skade ly, hy die skade kan verhaal, maar dat waar die skade ontstaan vanwei sy besitsverlies, hy beperk is tot 'n eis om herstel, tot die mandament van spolie, en dat hy geen skadevergoedingseis het nie. Hierdie betoog word verwerp. Daar word kort en bondig verklaar: 'Dit is duidelik dat in ons reg 'n bona fide besitter (possessor) 'n saaklike reg het ten aansien van die grond wat hy besit' en daar word 'n beroep gedoen op Voet, 5.2.2. en 6.2.2., asook op De Groot, 2.1.60.6 Daar word verklaar dat die mandament van spolie nie die enigste regsmiddel is wat ter beskikking van die 7 possessor staan nie. Hy kan met die interdictum unde vi skadevergoeding eis; hy kan in die algemeen vergoeding eis vir skade wat uit die verlies van die
besit voortvloei. Die reg wat hier gemeld word, word onderskei van die 'Akwaliaanse' aksie. 9 Die bona fide possessor kan ook onder die lex Aquilia skadevergoeding eis. Die landdros verklaar dat 'nominale skade toegestaan word (sic!) omdat verweerder eiser vehinder het om die lande te saai, en deurdat verweerder hom onregmatiglik verryk het ten koste van die eiser.' 3. Sien oor die basis van die landdros se toekenning p. 186 hieronder. 4. 1943 A.D. 656. 5. Op p. 347 van die verslag. Myns insiens moet ons egter die eiser as 'n regmatige okkupeerder, liewer as 'n bona fide possessor, klassifiseer. Sien Verrykingaanspreeklikheid, p. 141. Dit maak egter aan die regte van die eiser in hierdie geval nie saak of hy as 'n bona fide possessor of as 'n ander soort van besitter geklassifiseer word nie. 6. Op. p. 347 van die verslag. 7. Met beroep op D. 43.16.31; Voet, 43.16.6; Industrial and Commercial Workers Union v. Rauch, 1929 N.P.D. 192. 8. Die aangehaalde bewysplase is, Lee & Honor6: The South African Law of Property, 20; Maasdorp, Band 2 (7de uitgawe), p. 30; Price, Possessory Remedies in Roman-Dutch Law, p. 110; Koeningsberg & Co. v. Robinson Gold Mining Co. Ltd., 1905 T.H. 90 en Sulaiman v. Amardien, 1931 C.P.D. 509. 9.Hiervoor word 'n beroep gedoen op Voet, 9.2.10; De Groot 3.37.5; Van Breda v. 1913 T.P.D. 617, Hudson's TransHofmeyr, 3 Menz. 459; Erasmus v. Mittel & Reichman, S.A. 726 (T.). port (Py.) Ltd. v. Du Toit, 1952 (3)
8

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 184 1959

Die regter lewer kommentaar dat


'die landdros eiser wou vergoed eerstens vir die regskending wat hy moes verduur het, en ook weens vermo~nsskade wat hy gely het omdat hy nie die lande kon saai nie. Mits eiser sy vermo~nsskade bewys het, kon die landdros regtens aan eiser skade-

vergoeding onder albei van hierdie hoofde toegeken het."0 Daar word dan bevind dat eiser wel skade gely her omdat hy geen opbrengs uit die grond gekry het nie, en dat dit meer is as die 35 wat die landdros toegeken het. Die app&l word dus van die hand gewys. Op hierdie stelling van die landdros en die kommentaar daarop, moet twee aanmerkings gemaak word. In die eerste plek ken die Romeins-Hollandse reg geen 'nominale' skadevergoeding nie. Mens kry skadevergoeding vir werklike patrimoni~le verlies, en dit val onder die lex Aquilia, of mens kry skadevergoeding vir laster, boon, belediging, contumelia, of iets dergelyks en dit ressorteer onder die actio iniuriarum. Die idee dat mens sogenaamde nominale skadevergoeding kan kry onder omstandighede wat nie onder die twee aksies hierbo genoem, inpas nie, bloot om aan te dui dat jy 'n bepaalde, deur die reg beskermde belang het, het uit die Engelse reg hierheen oorgewaai en is ten sterkste af te keur.11 Moontlik het mens hier te doen met 'n hooghartige ingryping in eiser se belange wat op belediging, en dus 'n onregmatige daad, neerkom. Die verstrekte feite is te karig om hieroor 'n mening uit te spreek. Regter VAN WINSEN moes horn egter versigtiger uitgelaat het. Mens kan moontlik die afleiding maak dat hy die gewraakte standpunt ten opsigte van nominale skadevergoeding aanhang. Die tweede punt is van minder belang. Die landdros wil naamlik skynbaar skadevergoeding toeken uit hoofde van ongegronde verryking van die verweerder ten koste van die eiser. Om in so 'n aksie te kan slaag moet eiser natuurlik die verarming sowel as die verryking bewys, terwyl mens in 'n aksie uit onregmatige daad slegs skade hoef te bewys. Daar is nie die minste aanduiding uit die gegewens dat daar ooit ingegaan is op wins deur die verweerder gemaak nie. Die landdros se houding was dus verkeerd en bowendien interpreteer die Hof dan weer die landdros se opvatting verkeerd, naamlik as sou hy slegs uit hoofde van onregmatige daad, en nie ook van verryking nie, sy toekenning gemaak het. Met die afwysing van die appal is daar geen fout te vind nie. Dit is klinkklare reg dat 'n bona fide possessor geregtig is op vergoeding vir skade wat hy gely het ten gevolge van onregmatige verstoring. Daar is egter geen grond vir die tweeledige basis van so 'n skadevergoedingseis nie. Die verskil wat die Hof gemaak het tussen skadevergoeding gebaseer op die lex Aquilia en vergoeding vir skade wat uit die verlies van besit voortvloei en wat op 'n ander basis as die lex Aquilia berus,12 is van alle grond ontbloot. 'n Beroep op die Romeinsregtelike interdictum unde vi vir so 'n tweeledige indeling, is ontoelaatbaar. Hoe nuttig dit ookal mag wees om na die reeis van daardie aksie te verwys in spoliasie gevalle, moet ons nie uit die oog verloor nie, dat daardie aksie selfs in die klassieke Romeins-Hollandse reg nie gegeld het nie, waar die stelsel van mandamente die plek van die Romeinsregtelike interdikte ingeneem
10. Albei aanhalings uit p. 348 van die verslag. 11. Sien PatrimonialLoss and Aquilian Liability deur T.W. Price in (1950) 13 Tydskrif, pp. 87 seqq. 12. Sien p. 185 hierbo.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 185 1959

het. 13 Bowendien was die skadevergoeding wat onder die interdictum toegeken 14 Ons hedendaagse is ook maar vergoeding uit hoofde van onregmatige daad. reg gee aan 'n besitter wat geen eienaar is nie, en wat in sy besit gestoor word, die volgende regsmiddels: (1) As die br-sitter se besit horn op onregmatige wyse (d.w.s. deur eierigting) onneem word, kan by besit terugvorder, sonder dat daar ingegaan word op sy titel om te besit. Spoliatus ante omnia restituendus est. Dit is die sogenaamde mandament van spolie van die hedendaagse reg. Dit word toegeken nie slegs aan diegene wat bona fide of mala fide possessores was nie, maar ook aan besitters wat geen animus domini het nie, soos 'n agent, 'n trustee, 'n depositarius

of 'n lener.' (2) 'n Voormalige besitter van 'n saak wat besit verloor het onder omstandighede waar daar geen spoliasie op die spel is nie, kan besit opvorder mits (a) hy 'n positiewe reg het om op die besit aanspraak te maak ('n sogenaamde jus possidendi) soos bv. waar by die saak geleen het en dit toe verloor is en deur In derde opgetel is;16 (b) waar by geen positiewe reg op besit het nie maar
by 'n bona fide possessor was in wie se guns verjaring begin loop bet en die huidige besitter se aanspraak op die saak tog swakker is as syne, byvoorbeeld, waar altwee van 'n nie-eienaar verkry het, die voormalige possessor ex causa onerosa en die verweerder-besitter ex causa lucrativa, of waar altwee die saak van dieselfde nie-eienaar gekoop bet en dit eerste aan eiser gelewer is en nadat by besit verloor het, dit aan die tweede gelewer is. As altwee se aanspraak op 17 Eiser kan in die alternatief in altwee die saak ewe swak is faal die aksie. gevalle die geldwaarde van die saak of van sy belang in die saak opvorder. Dit is die normale alternatief vir spesifieke nakoming van 'n verpligting.18 In ons regspraak en hedendaagse regsliteratuur word hierdie twee gevalle 19 oor een kam geskeer en daar word gepraat van 'n 'possessory action'. In geval condictio (a) bet mens myns insiens egter te make met die ou Romeinsregtelike 2 2 possessionis O en in geval (b) met die actio Publiciana. 1
13. Sien Wessels, History of Roman-Dutch Law, pp. 480-482; Lee, Roman-Dutch Law (Sde uitgawe), pp. 158-163; Maasdorp, Band 2, Hoofstuk 5; Price, Possessory Remedies, Parts 1 and 2. Sien ook Voet, 43.16.7. 14. Sien Voet, 43.16.5. 15. Sien Price, op. cit., p. 107. 16. Sien Pentz v. Col. Government, (1890) 8 S.C. 34; vgl. Loots v. Van Wyk, (1889) 16 S.C. 419; Miller v. Harris, 1912 C.P.D. "203; Bester v. Grundling, 1917 T.P.D. 492; Voet, 41.2.16. Die jus possidendi moet onderskei word van die jus possessionis, wat dui op die regte, voorregte en bevoegdhede wat deur die blote feit van besit verleen word. 17. Sien Koeningsberg, Hopkins and Co. v. Robinson, G.M.Co., 1905 T.H. 90; vgl. Bester v. Grundling, 1917 T.P.D. 492. 18. Sien Bester v. Grundling; Price, p. 94; vgl. Zinman v. Miller, 1956 (3) S.A. 8 (T.). 19. Sien Bester v. Grundling; Price, p. 110; Lee and HonorS, 20. 20. Sien D. 12.6.15.1; vgl. D. 4.2.21.2. As die eiser 'n pandgeregtigde is en hy verlore besit mag terugvorder, het mens moontlik met 'n saaklike aksie te doen. 21. Sien Lee, Roman Law (4de uitgawe), p. 124; Buckland, Manual of Roman Law, pp. 115-116; Textbook of Roman Law, (2de uitgawe), pp. 192-197; Van Oven, Leerboek van Romeinsch Privaatrecht, pp. 67-69; Sohm, Institutes of Roman Law (3de uitgawe, Ledlie), pp. 328-330; Hijmans, Romeinsch Zakenrecht, pp. 177-179. Hierdie aksie word behandel deur Voet, 6.2, en in 6.2.11 deel hy ons mee dat die aksie nog geld. Groenewegen, ad D. 6.2 s dat die naam van die aksie verdwyn het, aangesien die name van aksies nie meer gebesig word nie. Dat die remedie ook in wese verval bet, verklaar hy egter nie. Sien ook Van Leeuwen, Censura Forensis, 1.2.11.5; Nathan, Common Law of S.A., Band 1, p. 379. Daar kan net terloops op gewys word dat Voet in 6.2.6 ontken dat die

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 186 1959

(3) Waar 'n onregmatige steuring of besitsontneming neerkorn op contumelia teenoor die besitter of vir horn skade berokken kan hy skadevergoedingsaksie instel. Hierdie aksie kom, nes die mandement van spolie onder no. 1 hierbo vermeld, toe aan feitlik enige besitter, of hy nou animo domini besit of nie.22
koper wat eerste besit ontvang het in 'n sterker posisie verkeer as en 'n aksie kan instel teen die een wat die tweede besit van dieselfde eienaar ontvang her. Dit is egter nie in ooreenstemming met wat moderne skrywers oor die Romeinse reg oor die aangeleentheid te s& het nie. 22. Sien De Groot, 3.37.5; Voet, 9.2.10; Van Breda v. Hofmeyr, 3 Menz. 459; Omar v. Sahib, (1907) 28 N.L.R. 625; Erasmus v. Mittel and Reichman, 1913 T.P.D. 628; MaraisburgDivisional Council v. Wagenaar, 1923 C.P.D. 94; Sulaiman v. Amardien, 1931 C.P.D. 509; Spolander v. Ward, 1940 C.P.D. 24; Smit and Shapiro v. Van Heerden, 1941 T.P.D. 228; Hudson's Transport (Pty.) Ltd. v. Du Toit, 1952 (3) S.A. 726 (T.). Dit is egter nie 'n uitgemaakte saak of 'n mala fide possessor ook kan eis nie. Die aanduidings is dat hy wel kan eis. In D. 41.2.53 lees ons dat adversus extraneos vitiosa possessio prodesse solet. De Groot, 3.37.5, ken die skadevergoedingsaksie toe aan diegene wat 'bezit alleen' van die goed gehad het. In 2.7.2 s6 hy dat 'n possessor in wie se guns verjaring besig is om te loop teenoor derdes reg bet 'als of hy alrede den eigendom door veriaring hadde bekomen'. De Groot is nie duidelik oor die vraag of 'n mala fide possessor ook eienaar deur verjaring kon word nie, maar dit was wel die posisie in die RomeinsHollandse reg. Sien hieroor Voet, 44.3.9; Van der Keessel, Th. 207; Lee, Roman-Dutch Law, p. 132. In 43.16.3 verklaar Voet dat die interdictumn unde vi (waarmee skadevergoeding geeis kon word - sien pp. 185-187 hierbo) toekom selfs aan diegene wat vi vel clam, vel precario possident. In 9.2.10 waar hy spesifiek oor die Aquiliese aksie skryf, praat hy egter van 'n bona fide possessor, maar nie van 'n mala fide possessor nie. Uit Lee and Honor6, 21 kan ook afgelei word dat die mala fide possessor op hierdie aksie geregtig is. Dit is dan ook skynbaar die mening van die Hof in Erasmus v. Mittel and Reichman, 1913 T.P.D. 617. Ek kan dan ook geen beginseloorweging insien waarom 'n derde - nie die werklike eienaar nie - aanspreeklik sal wees teenoor 'n mala fide possessor vir skade wat hy horn veroorsaak het deur onregmatige besitsverstoring of besitsverlies nie. In Hudson's Transport (Pty.) Ltd. v. Du Toit, 1952(3) S.A. word daar egter, sonder aanhaling van outoriteite, op p. 729 verklaar dat 'the current of our authority is against this suggestion.' Ek kan dit nie nalaat nie om daarop te wys dat hierdie uitspraak in 'n ander verband totaal onsinnig is en geen begrip toon van besit as 'n feitlike toestand nie. Daar word eerstens beslis dat die persoon wat kragtens 'n huurkoopooreenkoms in besit van 'n kar geplaas is voordat 'n padvaardigheidsertifikaat verkry is, nie 'n bona fide possessor kan wees nie omdat die 'disposal' onder sulke omstandighede verbied is. Natuurlik kan so iemand nie 'n bona fide possessor, of selfs 'n mala fide possessor wees nie, maar dit nie omrede van die werking van 'n wetsbepaling nie. Dit is omdat by nie animo domini besit nie. Die voorbehoud van eiendomsreg aan die verkoper is immers deel van die ooreenkoms! Maar nou gaan die Hof nog verder en bepaal dat so 'n persoon nie geregtig is op 'n skadevergoedingsaksie teen 'n derde wat die kar op nalatige wyse beskadig het nie. Dit is waar dat ons reg die houding inneem dat 'n koper wat nog nie besit ontvang het nie, geen skadevergoedingsaksie teen 'n derde kan instel nie. Dit was die gemene reg (Sien Grobbelaarv. Van Heerden, 1906 E.D.C. 229 en bewysplekke daar aangehaal). Dit is jammer dat ons regspraak hierdie onlogiese reel gaan bestendig het en 'n aksie weier aan die persoon wat wel skade ly deur die risiko-oorgang en dit wel toeken aan die verkoper wat geen skade gely bet nie. Hy moet egter sy aksie sedeer en langs daardie omweg geskied billikheid tog. In die Sulaiman-saak, in hierdie voetnoot aangehaal, is 'n huurkoper wat self besit aan 'n huurder afgestaan her, egter toegelaat om te eis vir skade veroorsaak deur 'n derde terwyl die saak in die huurder se besit was. 'n Koper wat wel besit, maar nog nie eiensdomsreg nie, ontvang het, kan egter weldeeglik 'n skadevergoedingsaksie instel. Sien Mc Kerron, Law of Delict (4de uitgawe), p. 156. Die weiering van 'n aksie in die onderhawige geval kan dus slegs berus daarop dat die persoon wat (1) in liggaamlike besit van die kar was (2) vir sy eie voordeel, nie besitter vir enige doel hoegenaamd was nie. Voorwaar 'n gogeling met begrippe waardeur ons gevra word om aan te neem dat wit swart en swart wit is! Die rigting deur hierdie saak en ander sake met dieselfde trant ingeslaan, is egter deur die Applhof afgekeur in Pottie v. Kotze, 1954 (3) S.A. 719 waar beslis is dat 'n koopkontrak en besitsoordrag strydig met die wetgewing hul normale burgerregtelike gevolge het.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 187 1959

Hierdie aksie vloei voort suiwer en alleen uit onregmatige daad, soos blyk uit die bewysplekke in voetnoot 22 aangehaal. Dit ressorteer 6f onder die lex
Aquilia 6f onder die actio injuriarum. Daar is geen bewys in ons gemeenregte-

like literatuur of ons regspraak te vinde dat dit 'n ander ontstaansgrond kan h nie, en ek kan ook nie insien dat 'n alternatiewe ontstaansgrond moontlik is nie.2 3 Die skadevergoeding war onder no. 2 hierbo gevra kan word as alternatief vir teruggawe van besit moet nie met die skadevergoeding ex delicto wat hier bespreek word, verwar word nie. Dit is daar maar net 'n surrogaat van die eintlik verskuldigde prestasie, soos ook by kontrakbreuk gebeur. 2 4 (4) Waar 'n besitter deur die eienaar met uitsetting bedreig word en die eienaar verryk is ten gevolge van die optrede van eersgenoemde, het hy 'n saaklike sekuriteit vir sy verrykingseis in die gedaante van 'n jus retentionis.2 5 (5) In gepaste gevalle kan 'n besitter of 'n voormalige besitter 'n interdik aanvra om voortduring van besitstoring te belet of om te belet dat die huidige besitter die saak uit sy hande laat gaan alvorens die hof 'n beslissing oor partye se regte gevel het. 2 6 Vir die doel van die huidige ondersoek hoef hieroor egter niks verder ges6 te word nie. (6) Ten laaste moet ook gemeld word dat 'n bona fide possessor 'n reg van vrugtetrekking het, dat die eienaar nie vrugte wat voor litis contestatio ingesamel is of hul waarde kan opeis nie. Die waarde word egter wel in verrekening gebring wanneer die possessor 'n vergoedingseis instel.2 7 Na hierdie uiteensetting van die regsmiddels wat tot beskikking van die verskillende soorte besitters staan, kan ons oorgaan tot die bespreking van die vraag of die Hof gelyk het waar daar beweer is dat dit duidelik is dat 'n bona fide possessor 'n saaklike reg het. Nou moet ek onmiddellik s6 dat dit vir my wil voorkom dat hierdie vraagstuk feitlik slegs van akademiese belang is. Die regte van die bona fide possessor staan nie aan twyfel bloot nie. Die regsmiddels wat kortliks hierbo bespreek is, word nie afgelei van die feit dat die possessor 'n saaklike reg het, of selfs enige positiewe besitsreg het war minder as 'n saaklike reg is nie. Regter VAN WINSEN self verwys nie verder in sy uitspraak na sy gevolgtrekking ten aansien van die saaklike reg nie. Hy kon die uitlating net so wel nie gemaak het nie, en nog tot dieselfde gevolgtrekking gekom her. In hierdie verband is dit nogal interessant om te lees dat Hijmans verklaar:
'Vroeger werd wel gestreden over de vraag, of bezit een recht dan wel enkel een feit was. Tegenwoordig zijn dergelijke strijdvragen wel nog bij sommige juristen 23. Lee & Honor6 onderskei in 20 en 21 wel tussen 'n skadevergoedingsaksie uit onregmatige daad en een kragtens die 'possessory action' en verklaar dat die twee 'distinguishable' is. Dit is egter 'n apodiktiese stelling wat nie deur die bronne gestaaf word nie. Regter VAN WINSEN beroep hom ook nog op Maasdorp, Band 2, p. 30, en Price, p. 110 om die onderskeid wat hy wil trek, te staaf. Geeneen van die twee lewer egter steun vir die dikotomie nie. 24. Sien hierbo, p. 187. 25. Sien Verrykingsaanspreeklikheid, pp. 68, 131-136; 141-157. Die posisie van die mala fide possessor is onseker. Sien op. cit., p. 137. 26. Sien Price, pp. 110 en 111; Lee & honorS, 19. 27. Sien Verrykingsaanspreeklikheid,p. 68 en voetnoot 21 op p. 206. In die Rorneinse reg kon die eienaar egter nog bestaande vrugte - fructus non consumpti - opeis. Sien Lee, Roman Law, pp. 135-136. 'n Mala fide possessor bet nie hierdie reg nie. Die posisie van okkupeerders wat n6g bona fide possessores nog mala fide possessores is, sal verskil van geval na tot geval na aanleiding van die omstandighede waaronder hulle besit.
Vgl. Verrykingsaanspreeklikheid,pp. 151-157.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 188 1959

bemind, maar velen zien toch in dat het hier alleen om de vraag gaat, in welk hokje een rechtsinstituut is te plaatsen, en dat die plaatsing nimmer over zijn functies mag beslissen. En zoo stelt men zich tevreden met vast te stellen, dat in elk geval het bezit vele rechtsgevolgen heeft, of beter, dat onder bezit meer dan 6n verstaan, welke echter steeds min of meer beteekenis voor positie moet worden 28 het recht heeft.' Ek meen darem dat 'n verdere ondersoek van hierdie vraagsruk te regverdig is. Ons maak ons hierdeur nie skuldig aan die houding wat Hijmans afkeur, van 6rs klassifiseer en dan, na aanleiding daarvan, regsmiddels toeken nie. Ons weet nou, sonder klassifikasie, wat die regsmiddels is. Nou duik die vraag op: Word ons dan nie gedwing om van die bestaan van die remedies 'n saaklike reg af te lei nie; kan ons s& dat sulke regsmiddels gegee kan word aan 'n persoon wat nie 'n saaklike reg het nie, of, om dit anders te stel, kan ons s6 dat besit in geen opsig, saaklike werking het nie? Vir die doeleindes van die regsistematiek is dit van belang om oor hierdie vraag stelling in te neem en die probleem is bowendien - vir die skrywer altans - interessant. Nou ja, die eerste punt wat ons dan oplet is dat die saak hoegenaamd nie so 'duidelik' is as wat in die uitspraak te kenne gegee word nie. De Groot, 2.1.60, waarop die Hof sig beroep, verklaar weliswaar: Beheering is bezit-recht of eigendom. Onder 'beheering' verstaan De Groot 'n saaklike reg. Voet, 5.2.2, wat ook aangehaal word s6 dat daar vyf soorte saaklike regte is en een van hulle is die jus possessionis. In 6.2.2., skrywende oor die actio Publiciana,s& hy dat die bron van die aksie is fictum dominium, vel (quod eodem redit) jus possessionis. Hy gaan dan voort om aan te toon dat mens deur besit, wat 'n feitlike verhouding is, 'n besitsreg, 'n jus possessionis, kan verwerf. Kyk ons egter na die kommentaar van Van der Linden, die laaste van ons skrywers, op Voet 5.2.2, sien ons dat hy 'n nogal oortuigende aanval maak op Voet se stelling. Van Huber verneem ons dat ons hier te make het met illa nobilis controversia sitne possessio jus in re, quemadmodum vulgo appellatur.... an vero jus ad rem.29 Dit is al genoeg om mens se argwaan gaande te maak dat alles nie pluis is nie. Ons begin ons soektog by die Romeinse reg. Al dadelik kom ons voor die moeilikheid te staan dat mens in die Corpus Juris nie die uitdrukking jus in re teenkom nie. Hoofsaak was die aksies, hoe verwater en vervorm hulle teen hierdie tyd ookal was. Dit was nog steeds 'n regstelsel van remedies. Daar word dus gepraat van actiones in rem en actiones in personam pleks van jura in re en jura in personam, wat dan deur die gepaste regsmiddel beskerm word. 'Justinian'scodification (was) an exposition and classification of the substantive 30 law cloaked in a system of actions.' In Direkte oplossing van ons probleem hoef ons dus nie te wagte te wees nie. Ons moet indirekte aanduidings soek. Ons moet die tekste wat gaan oor possessio en die beskerming en bevoegdhede war van regswei aan die possessor toekom een vir een ondersoek. Ons kan onmiddellik konstateer dat die exceptio doli waarop 'n bona fide possessor hom kon beroep wanneer hy met uitsetting bedreig is sonder dat
29. PraelectionesIuris Civilis, 4.15, no. 2. 30. Aldus Scholtens, Bartolus and his Doctrine of Subjective Rights in Acta Iuridica, 1958, p. 163.

28. Hijmans, p. 203.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 189 1959

vergoeding horn aangebied is, 3 1 vir hierdie ondersoek nie ter sake is nie. Dit verleen weliswaar in die terminologie van later rye 'n jus retentionis, 'n saaklike sekuriteit, maar dit is 'n sekuriteit ter beskerming van 'n blote persoonlike reg, 'n vorderingsreg uit hoofde van ongeregverdigde verryking, war in die Romeinse reg nie met 'n aksie gewapen was nie. Uit die verskillende besitsinterdikte kan ons ook niks aflei nie, want hul grondslag is waarskynlik niks meer as 'n afkeur deur die regsorde van eierigting nie.3 2 Die basis van die interdikte war in no. 5 hierbo gemeld word, is klaarblyklik ook geen reg nie. Oor die verklaring van die reg van vrugtetrekking van 'n bona fide possessor, heers nie eensgesindheid nie, maar dit word in ieder geval nie gesien as 'n gevolg van 'n algemene beginsel dat die jus possessionis 'n saaklike reg is nie. 'n Huurder, war in die Romeinse reg geen saaklike reg gehad het nie, her immers ook 'n reg op vrugtetrekking. Tog wil dit my voorkom dat mens hier inderdaad met 'n saaklike werking te doen het. Die reg geld immers ook teen opvolgers in titel van die oorspronklike eienaar. Wanneer mens die Aquiliese aksie in o~nskou neem, vind mens by eerste aanskyn 'n mate van steun vir die opvatting dat die bona fide possessor 'n saaklike reg her. Die lex Aquilia her naamlik 'n aksie verleen aan 'n eienaar, en aan ander saaklik geregtigdes, soos byvoorbeeld 'n vruggebruiker en 'n pandhouer, maar, anders as in die hedendaagse reg, nie aan 'n persoon war 'n blote persoonlike reg ten opsigte van die saak gehad het nie, soos byvoorbeeld 'n lener van 'n saak. Die bona fide possessor is egter ook toegelaat om met hierdie aksie te ageer.3 3 Om sonder meer hieruit te gaan aflei dat die bona fide possessor 'n saaklike reg moes gehad her, skyn my egter nie geregverdig te wees nie. Mens kan myns insiens nie met veiligheid verder gaan nie as om te konstateer dat hy 'n belanghebbende was war in hierdie opsig die beskerming van die saaklikgeregtigde deelagtig was. So verklaar Buckland dat
'the Praetorgave (an action) to the holder of any jus in rem, e.g. usufructuary, 34 1or his interesse the herus having also his action, and to the hona fide possessor.'

Hy stel dus die possessor naas die saaklik geregtigde, maar in 'n ander kategorie. Van Oven s6 weer dat die aksie uitgebrei is tot 'een aantal belanghebbende niet-eigenaars' en noem hulle dan op, sonder om te konstateer dat die beskermde belang juis 'n saaklike reg moes gewees het.3 5 Lee meld ook die verskillende persone aan wie die aksie gegee is en s6 dan dat dit nie gegee
is aan iemand 'who had merely a right ex contractu.'36 Dit blyk die duidelikste
31. Sien no. 4 op p. 189 hierbo.

32. Sien bv. Inst. 4.15.6; D. 43.16.3.9; 48.6.5.1; Savigny, Possession, Engelse vertaling van Perry, (6de uitgawe), pp. 6, 27 en 408; Van Warmelo, Romeinse Reg, p. 155. Tog beweer Van Warmelo hoofsaaklik op grond van die beskerming wat die middellike besitter geniet dat 'die possessio al meer iets abstrak' word en dat aangesien die interdikte 'in die reel 'n werking het teen iedereen, kan ons hierdie besitsreg 'n saaklik reg gaan noem.' (p. 158). Vgl. hieroor Savigny, pp. 272-283. Dit word algemeen aanvaar dat afkeur van eierigting die raison d'itre is wat ons hedendaagse mandament van spolie ten grondslag 16. Sien by. Nino Bonino v. de Lange, 1906 T.S. 120; Meyer v. Glendinning, 1939 C.P.D. 84. VgI. Diephuis, Het Nederlandsch Burgerlijk Regt, Band 6 (2de uitgawe), p. 303. 33. Sien Modderman, Handboek voor het Romeinsch Recht, Band 2 (3de uitgawe), p. 151; Grueber, The Lex Aquilia, pp. 235-250. In die hedendaagse reg word die aksie verleen ook aan sommige persone wat 'n bloot persoonlike reg t.o.v. die saak het, maar nie aan al sulke persone nie. Sien voetnoot 22 hierbo. 34. Buckland, Manual, p. 324. 35. Van Oven, p. 353. 36. Lee, Roman Law, p. 397.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 190 1959

uit die verhandeling van Grueber dat daar nie uit die toekenning van die Aquiliese aksie aan 'n bona fide possessor afgelei is dat hy 'n saaklike reg het nie. Hy verklaar dat die aksie later uitgebrei is tot 'other persons than the real owner, namely to the bonae fidei possessor and such persons as had a jus in re aliena in the thing damaged.' Die aksie word aan die bona fide possessor 37 gegee omdat sy posisie 'has the appearance of ownership as a matter of fact.' Afsonderlik bespreek hy dan die regte van saaklik geregtigdes en verklaar:
'Unlike the bonae fidei possessio, every iur in re aliena is an absolute right available against all the world, even against the owner; for in so far as a thing is subject to the right of another person, it is withdrawn from the owner's control ... '8

Vervolgens kom ons by die Actio Publiciana.Hierdie aksie het eertyds twee funksies te vervul gehad: (a) Terwyl die verskil tussen eiendomsreg volgens die jus civile (quirit&re eiendomsreg) en die deur die praetor beskermde feitlike eiendomsreg (praetoriese of bonit&re eiendomsreg) nog bestaan het, was die actio Publiciana 'n soort vindikatore aksie, 'a vindicatio with a fiction', soos Buckland dit noem, 39 wat aan die bonit~re eienaar toegestaan is om die besit van die saak op te vorder uit die hande van enige persoon wat geen jus possidendi daarop gehad het nie, insluitende die quirit~re eienaar, presies asof die bonit~re eienaar alreeds quirit&re eiendomsreg deur die voltooing van verjaring verkry het. Met die verdwyning van die verskil tussen hierdie twee soorte van eiendomsreg het hierdie aspek van die aksie sy belang verloor. (b) Die actio Publiciana is ook toegestaan aan 'n persoon wat voorheen in bona fide besit van 'n saak was en ten gunste van wie verjaring begin loop het om besit van die saak op te vorder van een wat tans die saak besit met minder aanspraak op die saak as eiser. Hierdie aksie kon egter nie teen die ware
40 eienaar gebruik word nie. Possessio moes wyk voor dominium.

Nou is die voile naam van hierdie aksie, of dit sig nou in gedaante (a) of (b) voordoen, die actio Publicianain rem. Dat die reg wat in geval (a) beskerm is, saaklik was, of, om dit meet in die gees van die Romeinse reg te stel, dat die beskerming aanleiding gegee het tot 'n saaklike reg, staan seker nie aan twyfel bloot nie. Maar wat dan van geval (b)? Dui die woorde in rem dan nie aan dat mens hier ook met 'n saaklike reg te make het nie? Mens mag jou nie deur etikette laat mislei nie. Ons moet die inhoud van die aksie en sy aanwendingsgebied in o~skou neem om uit te vind of mens hier te make het met 'n aksie wat 'n saaklike reg beskerm of ten gevolge het. Dat dit wel die geval is, kan ek nie insien nie. 'n Saaklike reg is immers 'an 4 absolute right available against all the world'," 1 'een recht op een zaak, te

42 handhaven jegens ieder die dit stoort'; 'Real rights belong to the category of 'absolute rights', or rights available as against everybody'; 4 3 'The right which

37. Grueber, p. 238.


38. Op. cit., p. 243.

39. Buckland, Manual, p. 115. 40. Sien Hijmans, pp. 175-179; Van Oven, pp. 62-69; Sohm, pp. 328-330; Buckland,
Manual, pp. 115-116; Lee, Roman Law, pp. 123-124. Sien ook

p.

187 hierbo.

41. Grueber, p. 243.


42. Van Oven, p. 53.
43. Sohm, p. 307.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 191 1959

a person has over a thing is a right which he can enforce either against the whole world, or only against a particularperson or collection of persons. If it is an absolute right which can be enforced against the whole world, it is called a real right, or jus in rem'.4 4 Hoe kan mens, met die oog op hierdie omskrywings, wat tog algemeen aanvaar word, verklaar dat die reg wat hier beskerm word, In saaklike reg is? Van Oven s6 wel dat die besitter 'was in waarheid geen eigenaar, had een beperkter zakelijk recht, een dat tegenover een ieder kon 45 worden gehandhaafd behalve den civielen of praetorischen eigenaar', en weer verder dat die Publiciaanse aksie seker sou verdwyn het 'als niet nieuwe behoefte was ontstaan aan een zakelijk recht van minder verre strekking dan de eigendom en aan minder strenge voorwaarden gebonden'.46 Nou is dit wel waar dat ons beperkte saaklike regte het minder as eiendomsreg, soos byvoorbeeld servitute. Binne die perke van hul omvang geld hulle egter ook teen die eienaar. Waarin bestaan egter die saaklikheid van 'n reg wat in geen opsig teen die eienaar geld nie, wat in sy totale omvang moet wyk voor die eienaar se reg? Daar bly ten slotte 'n ronde nul oor! Van Oven verklaar darem ook: 'De Romeinen hebben dit recht niet met eigen naam voorzien; beschouwden het niet als een jus, spraken hier van bona fide possessio .... 47 Steun vir hierdie stelling vind ons in D. 41.2.12.1 waar verklaar word: nihil commune habet proprietas cum possessione. As besit 'n saaklike reg verleen het, sou hierdie stelling flagrant onjuis gewees het. Eienaardig dan in die lig hiervan die verklaring van Modderman dat 'feitelijcke uitoefening van het recht van eigendom of van een zakelijk recht van gebruikmaking beschermd (wordt) als een zelfstandig recht, nl. als het recht van bezit (possessio) .... '48 Buckland verklaar: 'It is true that his right to the Publician action has led some writers to hold that he had what may be called relative ownership, but this does not seem to have been the Roman view.' 4 9 'It (d.i. possessio) was not called a res, nor was it thought of as a jus in rem, analogous to ownership or
Usufruct .... '50

Lee deel ons kort en bondig mee dat


'Possession, to begin with, is a matter of fact, not of right, but it is a fact which the law protects, by giving a possesor, merely as such, a remedy against another who disturbs him in possession ,or deprives him of it. '5 a

Op bl. 113 stel hy en passant besit teenoor saaklike reg. Schulz s6 dat 'the valid right in rem which is invalid against particularthird
parties, or valid only as a right of redemption' onbekend is aan die Romeinse 52 reg.

Savigny het heelwat te s8 oor die juridiese aard van besit. Nadat hy die regsmiddels van die possessor bespreek het, vra hy of besit as 'n reg of 'n feit geklassifiseer moet word, en, indien dit dan 'n reg is, watter soort reg dit is.
44. 45. 46. 47. 48. 49. 50. 51. 52. Wessels, Law of Contract (2de druk), 3. Van Oven, p. 68. Op. cit., p. 69. Sien ook p. 67. Op. cit., p. 68. Modderman, p. 80. Buckland, Manual, p. 116. Buckland, Textbook, p. 203. Roman Law, p. 179. Schulz, Principles of Roman Law, p. 73.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 192 1959

Hy verklaar dan
'With respect to the first question',it is clear, that Possession in itself, according to the original notion of it, is a simple fact; it is just as certain that legal consequences are bound up with it. Therefore, it is at the same time both a right and a fact, namely, fact according to its nature, and equivalent to a right in respect of the consequences by which it is followed.' 53 ' . . it may be shown that possession belongs to the law of obligations, which view may be assumed to be distinctly expressed in the Roman Law; whoever then divides the law of property into the law of obligations and the law of things, is thereby obliged to separate pdssession from the law of things; and those who object to this division must establish for the law of obligations 54 a special place of its own, to which possession must at the same time be allocated.' 'The jus possessionis, i.e. the right which bare possession confers, consists only in the claim which the 5 5 possession (sic) has to interdicts whenever a certain form of disturbance occurs.' 'Possession appears to us in the first instance, as the mere dominion in fact over a subject, and, therefore, as a non-legal condition (in distinction to illegal), as a matter wholly indifferent in law. Nevertheless it is protected against certain sorts of disturbance, and, in respect to this protection, certain rules as to the acquisition and loss of possession have been established, just as if it were a right. The ground of the above protection, and of this condition similar to a right, is to be ascertained: such is the problem. Now, this ground lies in the connection between the above condition of fact and the party possessing, the inviolability of whose person extends to those sorts of disturbance by which the person might, at the same time, be interfered with.'56

Oor die actio Publicianahet hy teleurstellend min te S6,57 maar ek meen dat dit uit die sitate hierbo duidelik blyk dat hy die standpunt dat possessio 'n saaklike reg verleen, verwerp. Uit hoofde van die voorgaande kan mens s6, dat alhoewel die saak nie so duidelik is as wat mens sou kon wens nie, die mees aanneemlike opvatting is dat die possessor in die Romeinse reg geen saaklike reg gehad het nie en dat die actio Publiciana sy regverdiging daarin vind dat waar twee persone op 'n saak aanspraak maak en geeneen enige positiewe reg op die saak het nie, hy in die sterkste posisie moet wees war 'n sterker feitlike aanspraak het. Op hierdie stelling geld die reg van vrugtetrekking van 'n bona fide possessor as enigste moontlike uitsondering. In die Middeleeue word groot vordering gemaak in die ontwikkeling van die begrip subjektiewe reg soos gestel teenoor die Romeinsregtelike stelsel van aksies. In die middeleeuse literatuur vind ons dan ook 'n bewuste bespreking van die vraag of possessio 'n reg of 'n feit is. Geen eenstemmigheid word bereik nie. 58 By ons Romeins-Hollandse skrywers word nie veel bespreking oor hierdie vraagstuk aangetref nie. In die Matthee-saak verwys Regter VAN WINSEN na De Groot, 2.1.60 wat wel beweer dat die possessor (waaronder 'n mala fide possessor skynbaar ook inbegrepe is) 'n saaklike reg het, soos alreeds aangetoon
53. Possession, p. 17. 54. Op. cit. p. 21. 55. Op. cit. p. 23.

'n addendum deur Savigny tot die sesde uitgawe van sy werk bygevoeg, waarin hy antwoord op kritiek wat op sy opvattings uitgespreek is. 57. Sien pp. 7 en 15.

56. Op. cit., p. 27. Dit is interessant om daarop te let dat hierdie passasie geneem is uit

58. Sien die aangehaalde artikel van Scholtens in Acta Juridica, 1958, op p. 165.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 193 1959

is.59 In 2.2 bespreek hy dan die bezit-recht. In 2.2.6. s6 hy:


"t Recht hieruit spruitende is, dat ieder een hetgeen hy bezit mag houden, -r die hem sulks zoude willen afhandig maken, wederstaan: dat de bezitter ook in 't bezit moet blyven, tot dat iemand anders den eigendom rechtelyk heeft ingewonnen.

Dit volg geensins hieruit dat 'n possessor 'n saaklike reg moet hM nie, soos aireeds aangetoon is. Bowendien is die stelling nie heeltemal juis nie, want dit is nie slegs die eienaar war besit kan opvorder nie, maar enige persoon wat 'n sterker aanspraak op die saak het as die besitter, al is dit maar 'n feitlike, soos alreeds aangetoon is. Geeneen van die kommentatore op De Groot, oud of modern, wat ek kon raadpleeg, lewer noemenswaardige kommentaar op sy opvattings in hierdie verband nie. Die Hof beroep sig ook op Voet, 5.2.2. en 6.2.2. waar hy beweer dat die
jus possessionis 'n saaklike reg is.60 Eienaardig genoeg beweer hy in 41.2.2. dat daar 'n aantal verskille is tussen eiendomsreg en possessio, dat hulle eintlik niks in gemeen het nie. Hy noem dan 'n aantal verskille en s6 ten slotte dat eiendom 'n saak van reg maar possessio bloot 'n feitekwessie is.61 Moontlik .bedoel hy dat possessio as sodanig 'n feitekwessie is waaruit dan regte voortvloei. Sy uitlating dat possessio en eiendomsreg niks met mekaar in gemeen her nie6 2 skyn my egter wel deeglik te bots met die opvatting dat die feit van possessio 'n saaklike reg kan verleen. Van Leeuwen verklaar dat 'alle regt op enig goed bestaat, of in eygendoms of 63 Verder s6 hy: 'Besit-Regt is alleen een naakt en blote aanhouding besitreg'. en onderwindingvan een saak, om die als sijn eygen te gebruiken'. Hy bespreek dan die besit van 'n jaar en 'n dag war vir die mandament van complainte 'n 65 vereiste was. 64 Van dieselfde strekking is sy Censwra Forensis. Die geheel maak bra die indruk van 'n naskrywing van De Groot. Huber her heelwat oor die aangeleentheid te s& war aanhaling verdien. In sy Heedendaegse Rechtsgeleertheyt s6 hy:
'Wat nu een yder toekoomt, wordt gemeinlijk gedeilt in Beheersching (d.i. jura in re) en Inschuldt (d.i. jura in personam) . . .maer tot geen van beyde kan de bezittinge gebragt worden, niet tot beheerschinge, want d'eygenschap van dit is, dat het vast op 't goedt leidt, en den beheerscher aenspraek geeft op het goedt overal waer het gevonden wordt d'een tegens elk en ygelyk houder desselfs; integendeel de bezittinge duirt niet langer als het goedt blijft in handen ende onder de macht van den houder, welke geen aenspraek heeft op een ander die het goedt zeedert heeft bekoomen, maer een roover en een dief neemt terstont soo wel de bezittinge als het bezitrecht wech, want gy moet weeten, dat men bezitrecht noemt, het geene de dadelijke bezittinge geeft aen den houder, ende niet het recht om de bezittinge wederom te bekoomen.'6 'Hier uyt volgt, dat ook de actien moeten verdeilt worden in possessoir, of petitoir, 59. Sien p. 190 hierbo. 60. Sien p. 190 hierbo. 61. Distat autem in variis possessio, de qua hoc titulo, '! dominio; immo nihil commune habere dicitur proprietas cum possessione .. .Dominium denique juris, at possessio tanturn facti est 62. Met beroep op D. 41.2.12.1.
63. R.H.R., 2.2.1.

64. Op. cit., 2.8.1 en 2. Sien oor die mandament van complainte Lee, Roman Dutch Law (5de uitgawe), p. 124; Price, pp. 35-54.
65. 1.2.2.1 en 1.2.10.1.

66. Deel 2, 2.6.3.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 194 1959

dat is, of van bezit, of van vol toebehooren. Die van vol toebehooren zijn wederom of op het goedt, of op de persoon. '6 7 . . . de grondt van d'actie op 't goedt (aksie in re) is, aen de kant van de eyscher, beheerschinge . . . Oneygentlijke aenspraken op bet goedt zijn, als gezegt is, die niet koomen uyt beheerschinge, maer echter op alle bezitters aengaen; de exempelen daer van zijn deze: eerstelijk, een bezitter van goeder trouwe hebbende een wettige titel, waer door anders eygendom wordt overgedragen, eenig goedt niet van den rechten eygenaer bekoomen ende bet selve verlooren hebbende voor dat by het verjaert hadde, kan het zelve wedereyschen van alle het sonder tijtel bezitten; de grond deser aenspraken is de billijkheyt, en geen recht van toebehooren, voor soo veel reeden eyscht, dat bet goedt liever zy in handen van de geene die het met goede trouwe ende tijtel eerst bezeeten heeft, als by de tweede bezitter, die geen tijtel en heeft, want by ook en tijtel hebbende, soo heeft d'eerste geen aanspraek; om dat twee die even gelijk recht hebben, geen actie op malkander konnen maken.' 68

In sy PraelectionesJuris Civilis praat hy van


'ilia nobilis controversia, sitne possessio jus in re, quemadmodum vulgo appellatur, quod rem ipsam, ubicumque sit, afficiat, an vero Jus ad Rem: Sunt qui desperantes evincere, quod possessio sit Jus in Re, volunt Jus possessionis tale esse habendum.'

Hy herhaal dan in meet besonderhede die argument wat in sy Heedendaegse Rechtsgeleertheyt voorkom en vervolg:
'Ideoque argumenta, quibus alias probavimus, possessionem non esse jus in Re, non minus directe conveniunt in hoc, quod possessionis dicitur, quam in possessionem ipsam. Quare ut effugium subtrahatur, faciamus liquidum, quod jus possessionis ex eorum numero haberi non possit, quae jura in Re solent appellari. Jus in Re ex consensu omnium ita descriptum est, quod rem afficiat, rem devinctam teneat, ubicunque et penes quamcunque personam sit; ejus autem naturae non est jus possessionis . . . Possessio igitur vel jus possessionis,, neque in Re, neque plane

ad Rem est.' Dit gaan horn nie aan daar die beswaar gemaak kan word dat sy klassifikasie dan onvolledig is as by possessio of die sg. jus possessionis nie as 'n saaklike reg of 'n persoonlike reg (jus ad rem) kan klassifiseer nie. Die posisie is eenvoudig
Possidenti id lex tribuit, ut retineat rem, donec de jure in ea Re vel ad Rem constet. Ergo, ipsa possessio tale jus non est. Sit possessionis aliquid jus: nihil hoc aliud est, quam facultas a lege homini circa rem tributa, ut contra manus aliorum tutus sit; omnia enim de possessione judicia hoc tendunt, ne situs, in quo res est, alia quam juris via mutetur, insuper habita causa, per quam res earn positionem accepit.'

Hierdie beskerming kom dan toe aan diegene wat justa possessio bet sowel as aan diewe en rowers en Huber kan nie insien hoedat sulke mense 'n reg kon verwerf het nie. Hulle word slegs beskerm omdat dit in die openbare belang is... donec res legitimo tramite ab illis evincatur; ne rixis et tumultibus fenestra aperiatur. Van der Linden verklaar in sy Koopmans Handboek dat jus possessionis nie as 'n vyfde soort van saaklike reg beskou kan word nie, maar dat die belangrikheid van sy aard en gevolge 'n afsonderlike behandeling verg.7 0 In sy aantekeninge op Voet, 5.2.2., het hy heelwat oor die aangeleentheid te s&. Hy
67. Op. cit., 2.6.5. 68. Op. cit., 2.6.11 en 12. 69. Praelectiones Juris Civilis, ad Inst. 4.15, num. 2.
70. 1.13.1.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 195 1959

verwerp Voet se opvatting dat possessio aanleiding gee tot 'n saaklike reg. Hy wys daarop dat geen absolute reg verkry word nie, maar dat die possessor se reg in sy totale omvang moet wyk voor een wat 'n sterker aanspraak op die saak het. In sy aantekeninge op 6.2.2 verklaar hy dat die actio Publiciana geen van bewys lewer dat die possessor 'n saaklike reg her nie, en s6 dat die basis 71 die reg nie possessio nie, maar 'n 'feigned or praetorianownership' is. De B16court verklaar:
Na de receptie was bezit de feitelijke macht over een zaak, gepaard met den wil om de zaak voor zichzelf te behouden. Uit het bezit vloeide voor het bezitrecht, d.w.z. een recht op een zaak, gelijk in omvang maar minder in kracht (De Blcourt kursiveer) dan het eigendomsrecht; bet bezitrecht word beschermd doch moest 72 wijken voor bet eigendomsrecht.'

As die besitreg dan in sy omvang gelyk is aan die eiendomsreg, maar in sy totale omvang moet wyk voor daardie reg, dan, soos alreeds betoog is, kan mens tog kwalik dit 'n saaklike reg gaan noem. Van ons moderne teksboeke beweer Maasdorp dat possessio die eenvoudigste vorm van saaklike reg is, en dat daar selfs aan getwyfel is of dit hoegenaamd In reg is, of dit nie as blote feit beskou moet word nie. Hy siteer dan Van der Linden 113 en 183 (?). Dit is 'n feit, maar dit is iets meer.
'It is the physical detention of a corporeal thing by a person, whether with or without any claim or right, with the intention of holding it as his own, to which the law has given its sanction by interposing certain legal remedies or ' interdicts for its protection in case of its being interfered with by other persons. 73

Hy haal geen outoriteit aan vir sy stelling dat dit 'n saaklike reg is, of, om dit beter te stel, dat 'n saaklike reg deur die possessio verleen word nie. Wille verklaar kort en bondig:
'Possession is a real right (Grotius 2.1.60, Voet, 5.2.2; Holland, p. 207, Markby, 349) because the rights of a possessor are legally protected against all other persons (Grotius, 2.2.6; Voet 41.2.3, 16; Burge, Vol. 3 p. 28). The question however whether a particular person has possession of a particular thing, is a question of fact . . .,74

Lee 7 5 en Lee & Honor6 76 bespreek regs die regsmiddels van die besitter, sonder om in te gaan op die vraag of possessio 'n saaklike reg verleen of nie. Voordat ons 'n gevolgtrekking uitspreek, mag dit interessant wees om net kortliks te verwys na 'n paar Vastelandse regstelsels oor hierdie onderwerp. In die Franse Wetboek word besitsgenot nie as 'n reg geklassifiseer nie. Dit word in art. 2228 omskryf as bruik maak, hetsy dat ons dit self doen, hetsy dat ons dit doen deur In ander persoon wat dit hou of gebruik maak daarvan in ons naam.' 'die retensie of genot van 'n ding of van 'n reg wat ons het of waarvan ons ge-

Geen sistematiese behandeling val besit te beurt nie. Possessio word terloops gere~l in verband met vrugtetrekking (arts. 549 en 550); en verjaring (arts.
71. Oorgeneem uit die vertaling van Gane, bygevoeg tot sy vertaling van Voet. 72. Kort Begrip van bet Oud-Vaderlandse Burgerlijk Recht, (sesde druk, Fischer), p. 129. 73. Maasdorp, Band 2, p. 16.

74. Wille, Principles of South African Law (4de uitgawe), p. 182.


75. Roman-Dutch Law, pp. 158-163. 76. Law of Property, 16-28.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 196 1959

2229-2235). Art. 2279 verklaar: Possessio staan gelyk aan 'n titel ten opsigte van roerende goedere' maar gaan dan voort om tog die persoon wat sy saak verloor het, of wat besteel is, toe te laat orn binne drie jaar die saak van 'n possessor op te eis. Indien die huidige possessor die gesteelde of verlore saak gekoop het op 'n kermis of 'n mark of op 'n openbare veiling, of van 'n handelaar war in sulke artikels handeldrywe, kan die eienaar slegs vindiseer indien hy aanbied om die geld wat die possessor vir die saak betaal het, aan horn terug te betaal (Art. 2280). In die Nederlandse Burgerlike Wetboek word possessio uirvoeriger gere6l en wel in die afdeling 'Van Zaken'. Art. 585 omskryf possessio as 'het houden of genieten eener zaak, welke iemand in zijn macht heeft, als of zij hem toebehoorde.' Arts. 586-603 gaan dan oor bona fide possessio en mala fide possessio en oor die wyse waarop dit verkry word, behou word en verlore gaan. Arts. 604-624 gaan oor die regte wat uit possessio voortvloei. Die afdeling oor besit word egter voorafgegaan deur art. 584 wat verklaar:
'Men kan op zaken hebben, het zij een regt van bezit, het zij een regt van eigendom, het zij een regt van erfgenaamschap, het zij een vruchtgenot, het zij een regt van erfdiensbaarheid, het zij een regt van pand of hypotheek.'

Hier sien ons dat daar van 'n reg van besit gepraat word, en dat dit in een asem genoem word met eiendomsreg en beperkte saaklike regte. Dat onder die reg van besit nie bedoel word 'n persoonlike reg wat uit 'n ooreenkoms soos bv. 'n leenkontrak, voortvloei nie 7 7 maar bevoegdhede en beskerming wat uit die blote feit van besit, selfs mala fide possessio, voortvloei, blyk uit die daaropvolgende arrikels, wat alreeds vermeld is. Tog wil dit skyn dat die regswetenskap nie uit hierdie artikel wil aflei dat besit 'n aaklike reg verleen nie. Diephuis verklaar dat mens nie hierdie artikel moet beskou as 'n wetgewende bepaling waaraan verskillende regte getoets moet word om uit te vind of hulle saaklik is of nie. Dit is maar net 'n oorgangs78 artikel van die eerste ritel na die volgende titels van die tweede boek. Hy betoog voorts dat besit 'n feit is en dat regte uit die besit vloei. Dat79daardie regte as saaklike regte aangemerk moet word, verklaar hy egter nie. Asser verklaar dat art. 584 nie 'n juiste of volledige opgawe van saaklike regte is nie. 80 'Het bezit is niet een der beperkte zakelijke rechten'. 'Naast het eigenlijk recht erkend dat gebouwd, macht feitelijke zakelijk recht, wordt een ander, op minder is in kracht maar gelijk in omvang aan dat recht zelf. Bij opsomming behoort het bezit der verschillende zakelijke rechten die in omvang verschillen, 81 dus niet in n adem met de andere te worden genoemt. In die Duitse Burgerlike Wetboek word besit, eweas in die Nederlandse Burgerlike Wetboek, behandel onder die afdeling Sakereg, in arts. 854-872. Art. 854 verklaar kortweg: 'Der Besitz einer sache wird durch die Erlangung
77. Sien Diephuis, p. 313; vgl. p. 187 hierbo. 78. Op. cit., pp. 9-10. 79. Op. cit., pp. 311 seqq. 80. Nederlandsch Burgerlijk Recht, Tweede Deel (Zakenrechi), 7de druk door P. Scholten, p. 37. 81. Op. cit. (6de druk), p. 36. Skrywer moes horn op verskillende tye van verskillende uitgawes bedied, vandaar die verwysing na twee uitgawes. Sien verder ook De Bl6court, op. cit., p. 129, en vgl. die aanmerkings op p. 197 hierbo.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 197 1959

der thatsichlichen Gewalt fiber die sache erworben.' In die motiewe lees ons dat die opstellers van die Wetboek met opset nagelaat het om enige definisie van besit te gee, omdat besit nie op 'n bevredigende wyse omskryf kan word 82 waarin aangetoon word hoe dit behou kan word en verloor kan word nie. Die ander artikels gaan dan oor die beskerming wat die besitter geniet. Enneccerus-Kipp-Wolff verklaar:
'Vom Eigentum und den dinglichen Belastungen, die eine selbstindige (umfassende oder beschrinkte) Sachherrschaft gewaihren, ist der Besitz als ein Sachenrecht besonderer Art zu unterscheiden. Er dient der Verstirkung jener Rechte, aber auch bloss schuldrechtlicher Positionen, indem er sie sichtbar macht. Er genietzt zur Sicherung des Rechtsfrieden s auch eigenen Rechtsschutz, gewghrt jedoch nur eine schwaichere, unselbstandige Rechtsstellung; im Konfliki mit jenen dinglichen Rechten kann er sich nur dann behaupten, wenn er auf einem (dinglichen oder obligatorischen) Recht zum besitz ( 863, 986, d.i. van die B.G.B.) beruht.'8 'Der besitz (im Sinne des Besitzrechts) ist ein vorlailfiges, weil schwHcheres Recht an einer Sache, das sich im Konflikt mit dern Eigentum und mit anderen Sachenrechten nicht behaupten kann: der Besitzer wird gegen fremde Eingriffe nur einstweilig geschiutz. Deswegen ziihlt ihn das B.G.B. nicht za den Sachenrechten im technischen Sinne, ihm ist das Grundbuch nicht gebffnet, der Besitz eines die Besitziubertragung als solche noch keine Nichteigentilmers ist keine 'Belastung', 84 'Verfilgung' iber die Sache.'

Die gevolgtrekking waartoe ek kom is dat mens die posisie vir ons reg so kan
opsom. Besit, met of sonder animus domini, is 'n feit wat regsgevolge het. Die reg skryf voor welke feitlike elemente aanwesig moet wees vir die intrede van besondere regsgevolge en dus kan die vraag of iemand vir hierdie of daardie doel as besitter aangemerk moet word, nie sonder inagneming van regsrels beslis word nie. Uit die feit van besit, soos deur die reg gedefini~er, vloei daar dan beskerming voort van verskeie belange van die besitter, gebaseer op verskeie oorwegings. Die regsgevolge van besit vir iemand wat nie 'n positiewe jus possidendi het wat voortvloei uit gronde soos bv. 'n huurkontrak, 'n retensiereg of eiendomsreg nie, is egter nie van so 'n aard dat mens 'n onderliggende saaklike reg moet postuleer om hulle te verklaar nie, en aan die ander kant kan mens ook nie verklaar dat die regsgevolge sodanig is dat die possessor danksy hulle saaklike regte geniet nie. Op hierdie stelling vorm die reg van die bona fide possessor 85 tot vrugtetrekking, soos alreeds gemeld is, 'n moontlike uitsondering. Besit - die feit en sy gevolge - staan by sigself, as 'n aanhangsel tot die Sakereg maar nie as 'n saaklike reg nie. WOUTER DE VOS, Senior Lektor, Fakulteit van Regte, Universiteit van Kaapstad.

82. Sien Motive zu dem ersten Entwurfe des Birgerlichen Gezetzbuchs, 1888, p. 797. 83. Lehrbuch des Bfirgerlichen Rechts, Band 3, Sachenrecht, (lode uitgawe) deur Wolff

en Raiser, p. 10. Ek kursiveer.


84. Op. cit., p. 19. Ek kursiveer. Sien ook art. 935 van die B.G.B. 85. Sien pp. 189 en 191 hierbo.

HeinOnline -- 1959 Acta Juridica 198 1959

You might also like