You are on page 1of 15

+(,121/,1(

Citation: 4 Stellenbosch L. Rev. 405 1993 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 10:17:50 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=1016-4359

BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS
THE LAW OF ESTOPPEL IN SOUTH AFRICA-deur P J RABIE. Butterworths Durban 1992 x en 130 bl. Prys R70,40 The Law of Estoppel-volgens die skrywer 'n "expanded version" van die titel Estoppel in volume 9 van The Law of South Africa (LAWSA) wat in 1979 verskyn het (v)-is die mees resente en volledige behandeling van estoppel sedert dit in 1939 in die monografie van JC de Wet akademiese beslag gekry het. Die resepsie van estoppel vanuit die Engelse reg word in hoofstuk 2 geboekstaaf na 'n inleidende hoofstuk waarin die leerstuk geformuleer en toegelig word met praktiese voorbeelde van die toepassing daarvan (1-3). Terminologiese kwessies word opgeklaar (16-18), en standpunt word ingeneem teen die gedagte dat estoppel bloot 'n redl van die bewysreg is (5-7): dit gaan hier om 'n redl van die substantiewe reg wat in gedingvoering gepleit moet word maar wat bloot 'n verweer-en geen aksie nie-daarstel (7-8). Die prim6re fokus van die bespreking is die Suid-Afrikaanse regspraak. Die menigte beslissings waarin die leerstuk sedert die eerste verwysing daarna in Merriman v Williams 1880 Foord 135 gefigureer het (sien 22), word bygewerk. Die hantering van die regspraak geskied met groot omsigtigheid: in enkele gevalle doen 'n oormaat kwalifikasies en voorbehoude inderdaad af aan die trefkrag van die bespreking (cf bv die laaste paragraaf op 97). Afgesien van die regspraak is daar ook kenmis geneem van "virtually all that has been written about estoppel by representation in legal journals and other academic publications", alhoewel dit volgens die skrywer nie nodig was om na al die besprekings te verwys ie (v). 'n Regsvergelykende perspektief ontbreek ook nie: die standaard Engelsregtelike bronne en beslissings kry die nodige aandag en daar word ook met vrug na Amerikaanse werke verwys. Daar is egter geen blyke van kennisname van verwante beginsels in vastelandse regstelsels nie. Die diepgang van die behandeling van die bronne en die bereidwilligheid om, waar nodig, vernuwend standpunt in te neem, bring mee dat The Law of Estoppel 'n selfstandige werk in eie reg is en nie maar net 'n bygewerkte weergawe van die LAWSA-titel nie. Dit is onmoontlik en onnodig om in die bestek van hierdie bespreking in besonderhede op die meriete van die werk, wat ongetwyfeld 'n

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 405 1993

STELL LR 1993 3 406 sal lewer, estoppelreg van ons blywende bydrae tot die ontwikkeling ontwikkelinge, oor belanghebbende in te gaan. Enkele opmerkings en 'n aanduiding van vrae wat na aanleiding van sekere aspekte na yore kom, mag egter van nut wees om verdere debat aan te spoor. Die bespreking van die vereistes vir 'n beroep op estoppel word-in vergelyking met die behandeling in LAWSA-aangepas deurdat "Reliance on representation" en "Prejudice" huidiglik as afsonderlike elemente behandel word (sien onderskeidelik hfst 4 en 5) in stede daarvan dat albei aspekte saamgevat word onder die hoof "Action on the faith of representation and resulting prejudice" (cf LAWSA par 376-378). Veral die behandeling van nadeel baat hierby. In hoofstuk 5 word 'n oortuigende saak daarvoor uitgemaak dat "nadeel" vir doeleindes van estoppel 'n vermodnsregtelike betekenis het (sien hierteenoor die huiwerige opmerkings in LAWSA par 378). Verskeie verbandhoudende aspekte word hierbenewens verdiepend bespreek en soms vir die eerste keer aangeroer: die vraag hoe nadeel intree (58), die aanwending van die opwegingsmaatstaf (66) en die noodsaaklikheid van voorkomende stappe (67) kan as voorbeelde dien. Die voorkomende funksie van estoppel word beklemtoon (65, cf ook reeds die algemene omskrywing van die leerstuk 1-2). Tereg word aangedui dat dit telkens daarom gaan of die estoppel-opwerper benadeel sal word indien die ontkenner toegelaat word om die voorstellling te negeer (65). Van groot belang is die vraag of estoppel noodwendig 'n positiewe beskerming van die verwekte vertroue deur middel van 'n skynhandhawing impliseer en of die misleide persoon nie bloot negatief beskerm behoort te word vir sover hy of sy moontlik benadeel mag word nie. Die skrywer is van mening dat estoppel sover as moontlik bloot negatiewe werking behoort te h&(71-72). Skynhandhawing word vereenselwig met die verwerplike Engelsregtelike siening dat estoppel 'n reel van die bewysreg is (70 7). Die Amerikaanse houding dat estoppel nie 'n "instrument of gain" (69) is nie maar bloot dien om nadeel te voorkom, is volgens die skrywer in groter harmonie met die beginsels van "fairness and justice" onderliggend aan die leerstuk (71). Hierdie standpuntinname behels 'n fundamentele heroridntering aangaande die werking van estoppel. Des te meer egter is dit eienaardig dat die aangeleentheid van die regsgevolge van estoppel betreklik stiefmoederlik behandel word. Dit is opvallend dat daar geen afsonderlike hoofstuk aan hierdie vraag gewy word nie. Sydelings word vermeld dat estoppel 'n fiksie behels: die verwekte skyn word relatief tot die partye as werklikheid gehandhaaf maar nie tot regswerklikheid verhef nie (sien 11-12 ivm estoppel in gevalle van dissensus, cf 12-16 rakende die vraag of estoppel 'n wyse van eiendomsverkryging is). Die onsekere aard van die bespreking rakende hierdie vrae, asook van die vraag of derde partye soms op die voordeel van 'n estoppel geregtig mag wees (sien bv 105

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 406 1993

407 aangaande die geval waar iemand wat 'n eienaar se vindikasie weerstaan bet met 'n beroep op estoppel die voertuig aan 'n ander verkoop en lewer), getuig van al die leemtes inherent aan die gebruik van 'n fiksie. Die oorwegings van "fairness and justice" wat meebring dat die estoppel-opwerper bloot negatief beskerm moet word, word nie geartikuleer nie. Ook word die vraag wanneer 'n negatiewe beskerming van vertroue van pas is en wanneer 'n verwekte skyn gehandhaaf behoort te word, onbeantwoord gelaat. Die indruk van 'n gebrek aan 'n teoretiese perspektief by die behandeling van die regsgevolge van estoppel blyk ook uit die hantering van sommige van die vereistes vir 'n geslaagde beroep op estoppel. Die "nuwe" element van "reliance", wat onderskei word van kousaliteit (wat in hfst 6 bespreek word), behels dat die estoppelopwerper deur die voorstelling mislei moet word (51). Dit impliseer dat hy 'n geloof of vertroue in die waarheid van die voorstelling moes gehad het. Estoppel vereis dus dat, ter voorkoming van nadeel, 'n verwekte vertroue in die waarheid van die voorstelling beskerm word. "Reliance" is dan ook uitgesluit waar die estoppel-opwerper bewus was van die ware toedrag van sake of selfs waar kennis regtens aan hom toegereken kan word (52-53). Die estoppel-opwerper is egter alleenlik beskermingswaardig vir sover sy vertroue onder die omstandighede redelik is. Die redelikheidsvraag hang af van die evaluering van die gedrag van die estoppel-opwerper in die lig van die omstandighede. Wat aangetoon moet word, is dat die misleiding nie toe te skryf is aan 'n versuim aan sy kant om redelike stappe te neem nie (54). 'n Wye omskrywing word gegee aan die begrip "voorstelling", wat as die handelingselement van sentrale belang is vir 'n beroep op estoppel. 'n Voorstelling is 'n "communication" wat gemaak kan word "in any of the ways in which one person can convey thoughts to another" (31). 'n Onderskeid word gemaak tussen voorstellings by wyse van woorde en di6 deur middel van gedrag-omvattende ook voorstellings deur middel van 'n late-asook di6 wat gepaard gaan met 'n "intention to induce" en di6 gemaak sonder so 'n bedoeling (46-49). Die tradisionele "vereiste" dat die voorstelling "precise and unambiguous" moet wees (cf LAWSA par 374), kom onder skoot. Die skrywer toon met verwysing na die regspraak aan dat hierdie vereiste slegs tuishoort by voorstellings deur middel van woorde. By voorstellings deur middel van gedrag is die vraag eenvoudig of die estoppel-opwerper redelik was in die indruk wat hy aan die voorstelling ontleen het en boonop ook nog of die estoppelontkenner as redelike persoon moes voorsien het dat die ander op die voorstelling sou handel (37). Heel konsekwent word aangevoer dat dieselfde benadering behoort te geld waar die voorstelling in woorde gemaak word (37) behalwe vir sover daar sprake is van 'n
BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 407 1993

STELL LR 1993 3 408 "intention to induce". In so 'n geval word die juridiese relevansie van die voorstelling, in elk geval vir sover dit 'n feitevoorstelling behels (41-46), skynbaar sonder meer aanvaar (48). Die hantering van die voorstellingselement in samehang met die vereiste van die redelikheid van die vertroue daarop en in bepaalde gevalle die redelike voorsienbaarheid van gevolg vanuit die perspektief van die voorsteller, opper verskeie vrae. In die eerste plaas vertoon die bespreking 'n sekere inkonsekwentheid. In teenstelling met die hantering van die gedagte dat die voorstelling presies en ondubbelsinnig moet wees, word die ander tradisionele "vereiste" rakende die handeling, naamlik dat die voorstelling 'n feitevoorstelling moet wees en dat opinies en stellings de futuro derhalwe nie 'n estoppel kan fundeer nie, onkrities op die tradisionele wyse bespreek (41-46). Die eierdanse wat Spencer Bower & Turner The Law Relating to Estoppel by Representationpar 27-30 35-44 in hierdie verband uitvoer, toon nie alleen aan dat hierdie onderskeidings uiters glibberig en onbevredigend is nie maar dat dit in die finale analise-ten minste vir sover dit nie gaan om gebondenheid aan 'n "promise" nie-ook hier gaan om die vraag of die voorstelling 'n redelike vertroue kon verwek het en of die vertroue daarop redelik was. Die gekwalifiseerde aard van 'n voorstelling, die omstandigheid dat dit gemaak is oor 'n aangeleentheid wat uiteraard onseker is of waaroor daar redelikerwys meningsverskil mag bestaan en die vraag deur wie dit gemaak word, is sekerlik relevant tot die evaluering van 'n vertroue wat daarop gefundeer is. Waarom hierdie vereiste nie gehanteer word op 'n wyse soortgelyk aan die dubbelsinnigheidsvraag nie, is nie sonder meer duidelik me. Die beklemtoning van redelike vertroue en redelike voorsienbaarheid van gevolg in verband met sekere tipes voorstellings skep hierbenewens by geleentheid die indruk dat 'n enkele, ongedifferensieerde redelikheidsbegrip aangewend word as 'n normatiewe beperking van die handelingsbegrip (sien 37 en let veral op die verwysing na Connock's (SA) Motor Co Ltd v SentraalWestelike Ko-operatiewe Maatskappy Bpk 1964 2 SA 47 (T) in vn 47 asook 39 en 48). So 'n benadering, wat erkenning van redelike vertroue by die estoppelopwerper en inderdaad ook die skuldvereiste as selfstandige elemente oorbodig sou maak, is nie bevredigend nie. Inderdaad kom dit ook voor asof dit nie is wat die skrywer in gedagte gehad het nie. Die indruk is eerder dat, voortbouend op Steyn HR se erkenning van 'n gedifferensieerde patroon ten opsigte van die vereistes vir estoppel na aanleiding van die omstandighede (cf Johaadien v Stanley Porter (Paarl) (Pty) Ltd 1970 1 SA 394 (A) 402 403), "reasonable reliance" en redelike voorsienbaarheid van gevolg in bepaalde gevalle vereis word waar die besondere aard van die voorstelling addisionele vereistes vir aanspreeklikheid noodsaak.

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 408 1993

409 Problematies omtrent die bespreking van die voorstelling is dat die noodsaaklikheid van 'n normatiewe evaluering van die gedrag van die voorsteller as vereiste vir aanspreeklikheid grootliks buite rekening gelaat word. Hoewel die aard van die voorstelling relevant mag wees tot die evaluering van die redelikheid van 'n vertroue daarop, ondervang hierdie ondersoek-wat soos dit hier gehanteer word 'n ondersoek na bydraende nalatigheid aan die kant van die estoppelopwerper behels-nie die behoefte aan 'n evaluering van die gedrag van die voorsteller nie. Die tradisionele vereiste van "materiality" van die Engelse reg behels dat die voorstelling gemaak moes gewees het met die "intention to induce", of andersins van so 'n aard moes gewees het dat dit 'n redelike man sou kon mislei (cf Van der Walt Die Beskerming van die Bona Fide-besitsverkrygerin Gauntlett (ed) JC Noster: 'n Feesbundel (1979) 73 en die bronne waarna daar verwys word). In laasgenoemde geval word 'n "presumptive intention to induce" aanvaar (cf Van der Walt 81 vn 45). "Materiality" is derhalwe 'n vereiste vir aanspreeklikheid wat 'n normatiewe evaluering van die gedrag van die voorsteller inhou. As sulks is dit te onderskei van ander momente van die estoppel-situasie wat verband hou met die gedrag van die estoppel-opwerper. Oor die teoretiese aard van die wesenlikheidsvereiste mag daar meningsverskil wees. Volgens Van der Walt (Bona Fide-besitsverkryger91) baken wesenlikheid die grens af tussen 'n juridies-relevante tipiese risiko van benadeling en irrelevante optrede. Andere is weer geneig om "materiality" by wanvoorstelling te vereenselwig met die begrip onregmatigheid (Van der Merwe "Uberrima Fides en die Beraming van die Risiko voor Sluiting van 'n Versekeringskontrak" 1977 THRHR 1) maar albei benaderings impliseer 'n evaluering van die adekwaatheid van die estoppel-ontkenner se gedrag. Hiermee word 'n fundamentele probleem met die skrywer se behandeling blootgele. Daar kan min twyfel daaroor bestaan dat 'n meerderheid van Suid-Afrikaanse kommentatore akkoord sal gaan met Rabie se slotsom dat estoppel tot die substantiewe reg behoort. Hierteenoor is daar geen aanduiding van waar skrywer staan ten opsigte van die wyd gehuldigde siening dat estoppel van deliktuele aard is nie. Afgesien van 'n sydelingse verwysing na uitlatings in die regspraak dat die toets vir estoppel by wyse van 'n late ooreenstem met di6 vir dehiktuele aanspreeklikheid by wyse van 'n late (40 vn 64), word die handelingselement by estoppel n~rens pertinent as 'n wanvoorstelling beskryf nie. Hierdie huiwering is eienaardig, veral ook in die lig van die skrywer se uiteindelike slotsom aangaande die skuldvereiste. In LAWSA het die skrywer rigtinggewende opmerkings gemaak in verband met die onsekerheid rondom skuld as vereiste vir estoppel. Die klein wat geplaas is op die geaardheid van die voorstelling, naamlik of die voorstelling "intentional" is al dan nie, word ook hier
BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 409 1993

STELL LR 1993 3 410 aangetref maar op 'n opvallend meer tentatiewe wyse. Volgens die skrywer is die posisie inderdaad:

"that there is no Appellate Division authority for the view that negligence is an essential element of estoppel in all kinds of cases. Nor is there any other judicial authority to this effect. There are, also, no cases which say in what kinds of cases negligence is a requirement of estoppel, and in what kinds of cases it is not" (87).

Met hierdie waarskuwing teen veralgemenende gevolgtrekkings word die bespreking weer eens aangeknoop by die differensiasiepatroon aangaande die vereistes vir aanspreeklikheid wat Steyn HR in Johaadien v Stanley Porter (Paarl)(Pty) Ltd 1970 1 SA 394 (A) 402-403 in die vooruitsig gestel het (89 101). Die verwarrende uitlatings van die regspraak lei egter tot die gevolgtrekking dat "one is bound to conclude that the law on the matter is somewhat uncertain" (98). Uiteindelik skyn dit of die skrywer geneig is om in die meerderheidsuitspraak in Johaadiense saak 'n aanduiding te sien dat skuld in wese 'n vereiste is behalwe waar "considerations of fairness or justice, or the interests of commerce" 'n skuldlose estoppel noodsaak (101). Die onsekerheid van die regspraak waarna verwys is en die versuim om die gewaande billikheids- en beleidsoorwegings nader toe te lig, bring egter mee dat hierdie gevolgtrekking verrassend en arbitr~r voorkom en boonop moeilik te rym is met die huiwering om estoppel as 'n deliktuele aangeleentheid te karakteriseer. Die onsekerhede waarna verwys is, is ten dele die gevolg van 'n versuim om die plek van estoppel binne die breer regsistematiek te bepaal. Behels estoppel 'n besondere deliktuele remedie, sodat 'n afbakening van regmatige en onregmatige gedrag 'n voorvereiste is vir die aanwending daarvan, of het die redelikheid van 'n verwekte vertroue 'n ander dogmatiese betekenis? Is daar ruimte vir 'n siening dat albei hierdie standpunte ter sake is, dat die "ware estoppel" (Saambou-NasionaleBouvereniging v Friedman 1979 3 SA 978 (A) 1002E) 'n deliktuele aangeleentheid is maar dat ons reg daarnaas, in bepaalde gevalle, soms erken dat 'n werklike regshandeling op grond van 'n verwekte vertroue kan bestaan? In die werk onder bespreking word geen duidelike standpunt oor hierdie vrae ingeneem nie. Inderdaad is daar blyke van 'n afkeer van teoretisering op beginselvlak wat tipies is van 'n regterlike agterdog teen dogmatiese abstraksie en teoretisering. Alhoewel die gevare van oordrewe akademiese teoretiese vlugte nie te onderskat is nie, is die vraag nietemin of die onsekerheid en ingewikkeldheid van die regterlike presedente op hierdie gebied nie teoretiese verheldering nodig het nie. Of die verdere ontwikkeling van die regterlike kasuistiek aangaande estoppel sonder duidelike teoretiese riglyne lukrake besluite na die een of ander kant-wat dan weer deur latere kwalifiserende lapwerk reggestel moet word-sal kan vermy, is rie sonder meer duidelik ie. Die meriete van Rabie se bespreking is juis dat die uitputtende en pynlik noukeurige hantering van die regspraak aantoon dat

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 410 1993

BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS

+11

afdoende antwoorde nie sonder meer uit die gegewe presedente te vinde is nie. Die feit van die saak is dat 'n breer, verteoretiserende behandeling relevant is om, deur middel van voorstelle ter opheldering van onsekerhede, by te dra tot afronding van regterlik ontwikkelde leerstukke. Die bydrae van die teorie behoort natuurlik nie te geskied deur die blote meganiese afleiding van "logiese" gevolgtrekkings na aanleiding van die indeling van die leerstuk onder die een of ander teoretiese rubriek nie. Van beslissende belang behoort te wees of die sosiale funksie van die leerstuk en die waardes en beleidsoorwegings relevant tot sy werking dui op 'n vereenselwiging van estoppel met die een of ander vertakking van die regsistematiek. So 'n dogmatiese kontekstualisering is noodsaaklik, ie alleen aangaande die vereistes vir die werking van die leerstuk nie, maar ook ter opheldering van die funksies daarvan. Die vraag na die implikasies van die uitbreiding in resente jare van Aquiliese aanspreeklikheid op grond van wanvoorstelling, ook vir blote ekonomiese verlies, vir die leerstuk van estoppel is maar een aspek wat opheldering verdien. Bogaande opmerkings nieteenstaande, is The Law of Estoppel in South Africa 'n werk wat tuishoort op die boekrak van elke regspraktisyn en akademikus. Die werk sou ook met vrug aangewend kan word as die grondslag van 'n akademiese kursus oor estoppel en oor die belang daarvan vir die praktyk en regspleging kan daar geen twyfel bestaan nie. Enige hantering van 'n toekomstige estoppel-probleem sonder verwysing na hierdie werk is inderdaad nouliks denkbaar. Gerhard Lubbe Professor, Universiteit van Stellenbosch CANEY'S THE LAW OF SURETYSHIP-by C F FORSYTH and J T PRETORIUS. Fourth edition Juta & Co Ltd Cape Town Wetton Johannesburg 1992 237 p. Price R1 04,69 This is the fourth edition of a volume which was first published in 1936. The enduring popularity of the work is proof of its value both for students and practitioners. The last edition of the work was published in 1982 and in the ten years which have passed, the law relating to suretyship has changed drastically. In the words of the authors:
"(O)ver the past ten years the law of contract has been turbulent and

suretyship has been at the heart of that turbulence. In a series of far reaching and perhaps antiquarian judgements the Appellate Division has been reforming the modem Roman-Dutch law of contract; and suretyship seems to be bearing the brunt of that 'reform'. " September 1992 and includes cases reported in 1992. The format of

The present edition reflects the law relating to suretyship up to

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 411 1993

412

STELL LR 1993 3

the book is the same as that of the third edition, but the chapters discussing bail, fidelity bonds and the suretyship benefits of women have been omitted. In place of the latter, a section discussing the rise and fall of the women's suretyship benefits has been included in the chapter which contains the historical background to the contract of suretyship. The work is divided into three parts, dealing with the rules governing the nature, formation and operation of the contract of suretyship, the rights of the surety and the release of the surety. The first chapter contains a thorough, but understandable, discussion of the historical development of the contract of suretyship in the Roman and Roman-Dutch law. The work is one of wide scope and deals comprehensively with all issues connected with the contract of suretyship at a level which can easily be understood by people unfamiliar with the subject. If any criticism is to be levelled at the book at all, it is that the authors should have heeded their own words in the introduction, that:
"It is simply an economic reality that today the terms of the vast majority of deeds of suretyship are dictated to sureties by large financial institutions. Those deeds of suretyship are drafted with all the skilled legal advice available and, inevitably, favour the creditor in almost every respect."

It would have been very helpful had a section discussing the modern standard contract of suretyship and the practical consequences thereof been included in the work. The authors are to be commended for their style of writing. The book is clearly printed, easily legible and in unambiguous language. The text of the work itself is unburdened by cumbersome references to scholarly works containing more basic information. Footnotes at the end of the pages contain further references which may be useful for further study of one of the aspects of the law. This book can be recommended both for practitioners and students seeking additional information about the contract of suretyship. It remains the foremost South African textbook dealing with this aspect of the law. Elsje Bonthuys Lecturer, University of Stellenbosch SAKEREG: STUDENTEHANDBOEK*-deur N J J OLIVIER, G J PIENAAR en A J VAN DER WALT. Tweede uitgawe Juta & Kie Bpk Kaapstad Wetton Johannesburg 1992 xxxiv en 321 bi. Prys R70,60 SAKEREG: VONNISBUNDEL-deur A J VAN DER WALT. Juta & Kie Bpk Kaapstad Wetton Johannesburg 1992 xxxiii en 374 bl. Prys R75,50 Die eerste uitgawe van Sakereg: Studentehandboekmoes dien as 'n handboek vir tweedejaar sakeregstudente. Die outeurs het met

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 412 1993

413 hierdie tweede uitgawe daardie oogmerk voortgesit. Dit beteken uiteraard dat die omvang en inhoud van die handboek beperk is tot dit wat op sakeregstudente van toepassing is. Tesame met die tweede uitgawe van hierdie werk het ook 'n Sakereg Vonnisbundel vir die eerste keer verskyn. Die Vonnisbundel staan in aanvulling tot die handboek en is dan ook op die sistematiek van die handboek gebaseer. Wat die Studentehandboek betref, is dit duidelik dat hierdie 'n goed gesistematiseerde en volledige uiteensetting van die sakereg aan studente bied. Die vakgebied word vierledig behandel, naamlik inleiding, eiendomsreg, besit en houerskap, en beperkte saaklike regte. Elke afdeling bevat 'n opgawe van die hoofstukke wat daarin behandel word. Die betrokke hoofstukke is elk van 'n volledige inhoudsopgawe voorsien. Hierdie benadering maak die handboek struktureel baie waardevol vir die student, aangesien dit daartoe bydra om 'n logiese akademiese persepsie van die vakgebied te verseker. Die handboek is voorsien van 'n volledige bibiliografie, vonnisregister en woordregister. Voetnote is tot 'n minimum beperk en die outeurs waarsku dan ook dat verwysings in die voetnote nie as volledige gesag bedoel is nie. Sowel die Studentehandboek as die Vonnisbundel is redaksioneel goed versorg en netjies gebind. Wat inhoud betref, kan die volgende paar opmerkings oor die Studentehandboek gemaak word. Die onderskeid tussen saaklike regte en vorderingsregte word as een van die wesenskenmerke van die sakereg beskou. In did opsig is dit verblydend dat die onderwerp meer omvattend behandel word as in die vorige uitgawe (hfst 3). Die onderskeid word verduidelik met behulp van vier teoretiese stellingaannames (cf personaliteitsteorie (24), klassieke teorie, subjektiewe regte teorie en die basiese kenmerke model (25)). Aangesien dit algemeen aanvaar word dat nie een van hierdie teoretiese benaderings die onderskeid tussen saaklike- en vorderingsregte volkome verklaar nie, is dit jammer dat die outeurs nie meer aandag geskenk het aan 'n bespreking van die howe se benadering tot di6 onderskeid nie. Die bespreking van die sogenaamde subtraction from the dominium-toets is gebrekkig weens die afwesigheid van beslissings soos Nel v CIR 1960 1 SA 227 (A); Registrar of Deeds (Transvaal)v FerreiraDeep Ltd 1930 AD 169; OdendaalsrusGold, GeneralInv. & Extentions Ltd v Registrar of Deeds 1953 1 SA 600 (0); Barclays Western Bank Ltd v Comfy Hotels Ltd 1980 4 SA 174 (OK) en Adinvale (Pty) Ltd v Warmbaths Town Council 1981 3 SA 516 (T). Deeltitels, aandeleblokke en eiendomstyddeling word onder die afdeling oor eiendomsreg behandel (hfst 6). By die behandeling van die deelnemingskwota in 'n deeltitelskema word slegs verwys na die berekening van die kwota volgens die vloeroppervlak van die deel (48). Die Wet op Deeltitels 95 van 1986 bepaal egter ook dat die ontwikkelaar by nie-residensiele skemas die deelnemingskwotas self
BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 413 1993

414 STELL LR 1993 3 kan bepaal (a 32(2)). Normaalweg word die kwota dan bereken na aanleiding van die relatiewe waarde van elke deel. Verder word daar verklaar dat die regsaard van die red1s by 'n deeltitelskema in die beslissing van Wiljay Investments v Body Corporate Bryanston Crescent 1984 2 SA 722 (T) as kontraktueel beskryf is (55). 'n Ontleding van die betrokke hofsaak toon egter dat die hof hierdie siening uitdruklik verwerp het (730B-D). Onder die bespreking van die burereg word 'n goeie bondige uiteensetting van die onderskeie bureregredls gegee (73-83). Die bespreking van oorlas en misbruik van reg kon egter meer volledig gewees het indien die faktore wat in ag geneem word by die vasstelling van oorlas of misbruik gelys was (cf Van der Merwe Sakereg 2e uitg (1989) 191-197). Dit kom voor of die outeurs 'n betekenis van ewigdurendheid aan die vereiste van "permanente aanhegting" by inaedificatio heg. Die standpunt van Van der Merwe dat die aanhegting nie ewigdurend hoef te wees nie maar slegs met die bedoeling dat dit onbepaald moet voortduur, gemaak hoef te word, is meer aanvaarbaar (Sakereg 253). Die outeurs volhard ook in hul beskouing dat die bedoeling van die aanhegter by inaedificatiodeurslaggewend is (92). Die meer aanvaarbare standpunt na aanleiding van MacDonaldLtd v Radin & the Potchefstroom Dairies & Industries Co Ltd 1915 AD 434 is dat die bedoeling van die eienaar van die aangehegte saak die bepalende faktor is (cf ook Van der Merwe Sakereg 256). By verjaring word die werking van die ou en nuwe verjaringswette op uiters sinvolle wyse aangebied en met duidelike voorbeelde geillustreer (108). Die gedeelte oor verjaring as oorspronklike wyse van eiendomsverkryging dui dan ook op die sinvolle wyse waarop wetgewing in die handboek hanteer is. Wetsbepalings is slegs ten voile aangehaal waar volledigheid dit vereis, andersins is daar slegs na die betrokke artikel in die teks verwys. Die fiktiewe wyses van eiendomsoordrag (115-122) word deeglik behandel en veral die gedeelte oor constitutum possessorium word indrukwekkend uiteengesit (118-119). By die behandeling van attornment (120-121) is dit egter opvallend dat belangrike app~lhofbeslissings soos Air-Kel h/a Merkel Motors Bpk v Bodenstein 1980 3 SA 917 (A) en Caledon & Suid-Westelike Distrikte Eksekuteurskamer v Wentzel 1972 1 SA 270 (A) nie in die Vonnisbundel opgeneem is nie. Verder is min aandag geskenk aan die obiteropmerking in die Caledon-beslissing(122) en die moontlikheid van 'n nuwe leweringsvorm, naamlik sessie van eiendomsreg. Gesien in die lig daarvan dat die reg na aanleiding van praktyksbehoeftes onwikkel, is dit jammer dat hierdie onderwerp nie meer volledig behandel is nie (cf Van der Merwe Sakereg 320-333). Die bespreking van estoppel as beperking op die rei vindicatio (136-137) sou meer volledig gewees het indien die beslissing van

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 414 1993

BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS

41D

Barclays Western Bank v Fourie 1979 4 SA 157 (K) aangehaal is. Volgens die outeurs bestaan daar onsekerheid oor die vraag of die verweer van estoppel teen die rei vindicatio eiendomsreg op die verweerder laat oorgaan (138). In bogenoemde saak is uitdruklik beslis dat 'n suksesvolle beroep op estoppel nie eiendomsreg op die verweerder laat oorgaan nie. Die afdeling oor besit en houerskap word baie volledig behandel en veral die behandeling van die mandament van spolie beindruk (190-210). Tog kan daar met reg gevra word of dit nie beter sou wees om hierdie afdeling v66r die afdeling oor eiendomsreg te behandel nie, veral aangesien besit dikwels die toegangspoort tot eiendomsverkryging is. Die laaste afdeling van die Studentehandboek, naamlik beperkte saaklike regte, behandel serwitute, saaklike sekerheid en ander beperkte saaklike regte. Die wyse waarop die outeurs hierdie dikwels ingewikkelde onderwerpe behandel, is sodanig dat dit vir die sakeregstudent maklik verstaanbaar is. Onder die bespreking van die passiwiteitsbeginsel by serwitute (250) kon meer aandag geskenk gewees het aan die botsende standpunte in Schwedhelm v Hauman 1947 1 SA 127 (OK) en Van der Merwe v Wiese 1948 4 SA 8 (K) en die gevolg van artikel 63(1) van die Registrasie van Aktes Wet 47 van 1937. Ten slotte is dit duidelik dat die hoi standaard wat met die eerste uitgawe van die handboek gestel is nie net gehandhaaf word nie maar inderdaad verbeter is. Myns insiens bied die Studentehandboek en die Vonnisbundel ie alleen aan die sakeregstudent die geleentheid om die vakgebied op 'n goed gesistematiseerde en volledige wyse te bestudeer nie maar is daar ook oorgenoeg pitkos om die ywerige student tot verdere studie te prikkel. In did verband sal veral die kort aantekening (in Engels en Afrikaans) by elke beslissing in die Vonnisbundel vir studente van groot waarde wees. Wat die aantal inhoudelike opmerkings betref, is ek wel bewus van die woorde van F L Lucas: "Constantly and incorrigibly we forget how much harder it is to create, even with mediocre results, than to criticize." In die lig hiervan hoop ek dat my opmerkings as positiewe kritiek gesien sal word. In die geheel beskou, is die Studentehandboek en Vonnisbundel werke wat met groot vrymoedigheid aanbeveel kan word. S R Rossouw Stellenbosch van Universiteit Lektor, Junior
*'n Tweede uitgawe van die Engelse weergawe van Law of Property Students' Handbook het terselfdertyd verskyn.

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 415 1993

STELL LR 1993,3 416 ERFREG STUDENTEHANDBOEK/LAW OF SUCCESSION STUDENTS' HANDBOOK-deur M J DE WAAL, M C SCHOEMAN en N J WIECHERS. Juta & Kie Bpk Kaapstad Wetton Johannesburg 1992/1993 188/183 bl. Prys R59,00

Erfreg Studentehandboek het in 1992 verskyn. Gesag is tot en met November 1991 bygewerk. Dr E P H Hees, senior lektor in Engels aan die Universiteit van Stellenbosch, bet Erfreg Studentehandboek vertaal. Law of Succession Students' Handbook is in 1993 gepubliseer en verwys na gesag tot en met November 1992. Die voordele wat die Engelse uitgawe bo die Afrikaanse uitgawe aan dosent en student bied, is tweeledig. Die gesag waarna die Engelse weergawe verwys, is meer resent en die huidige regsposisie-met die veranderings wat die Wysigingswet tot Wysiging van die Erfreg Wet 43 van 1992 meegebring het-word weerspiedl. In die voorwoord stel die outeurs dit onomwonde dat dit die doel van die uitgawe is om as studentehandboek vir veral voorgraadse studente te dien. Jare lank was daar talle lywige en sommige nie-so-lywige boeke in albei landstale oor die erfreg te koop. 'n Dosent was altyd in 'n dilemma: watter handboek moet 'n student aankoop? Moet die Engelstalige studente ten duurste Corbett, Hahlo & Hofmeyr se verouderde The Law of Succession in South Africa (1980) aanskaf en die Afrikaanse studente Van der Merwe & Rowland se Die SuidAfrikaanse Erfreg (6e uitgawe 1990)? Erfreg Studentehandboek en Law of Succession Students' Handbook vul hierdie besondere leemte wat daar in die erfreg bestaan het. Dit moet vir die meeste dosente 'n verligting wees dat hierdie nuwerwetse boek die lig gesien het en dat dit in beide landstale beskikbaar is. Erfreg Studentehandboek en Law of Succession Students' Handbook is gebruikersvriendelike boeke. Afgesien van 'n omvattende inhoudsopgawe verskyn daar 'n bibliografie, 'n vonnislys en 'n lys van wetgewing en regskommissieverslae aan die begin van die boeke. Daar is voetnotas in die teks om verdere lees- en studiewerk aan te moedig. 'n Nuttige register is aan die einde van die boeke aangebring. In die inleidende hoofstuk word 'n knap en bondige oorsig van die erfreg gegee. Die leemtes (byvoorbeeld 'n vollediger bespreking oor die aard van die bestorwe boedel en die verduideliking dat by delatio die nasciturus se belange onderworpe is aan 'n opskortende voorwaarde terwyl met 'n vermoede van dood uitspraak die bevoordeeldes onderhewig aan 'n ontbindende voorwaarde erf) kan 'n dosent maklik in die klas aanvul. Intestate erfreg word op 'n eenvoudige en opvallende manier uiteengesit. Verskillende voorbeelde word met illustrasies toegelig.

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 416 1993

417 In die algemene deel van die hoofstuk verskyn die nuwe subartikels 1(6) en (7) van die Wet op Intestate Erfopvolging 81 van 1987 sonder bespreking of verduideliking van die toepassing daarvan. Dit is jammer aangesien die studente juis met hierdie bepaalde wysigings worstel. Hopelik sal hierdie leemte deur voorbeelde en illustrasies in die volgende uitgawe van die boek aangevul word. 'n Breedvoerige hoofstuk handel oor testate erfreg: formaliteitsvereistes. Dit behels uiteensettings oor testeerbevoegdheid, bevoegdheid om as getuie te teken, formaliteite by die verlyding en wysiging van testamente, ongeldige testamente, herroeping van testamente en die bevoegdheid om te erf. Die besprekings van hierdie temas is insiggewend. Die verwysing na relevante regspraak ter illustrasie van die regsposisie, soos byvoorbeeld die bondige samevatting van die moeilike saak Braun v Blann & Botha 1984 2 SA 850 (A) in Students' Handbook (35), dra by tot die onskatbare waarde van hierdie boek vir dosente en studente. Die skrywers maak soms 'n stelling sonder verduideliking of motivering, soos byvoorbeeld in Students' Handbook (49): "The certifying officer could always have signed in two capacities, that is to say as a witness and a certifying officer. This is probably no longer possible in light of the provisions of the Law of Succession Amendment Act" (my kursivering). Hierdie onduidelikheid kan uit die weg geruim word deur 'n voetnota-wat na Sonnekus "Voorgestelde Statut6re Wysiging van die Erfreg" 1992 TSAR 159 165 verwys-min te voeg. Sommige interessante onderwerpe word stief behandel. Inlywing deur verwysing word byvoorbeeld in Students' Handbook (41) in een sin en 'n voetnota bespreek. Die moontlike uitwerking van die Wysigingswet tot Wysiging van die Erfreg 43 van 1992 op inlywing deur verwysing word n6rens vermeld nie. Die inhoud van testamente word op voortreflike wyse uiteengesit. Al die moontlike bepalings wat 'n testament kan bevat, word duidelik en sistematies aangebied. Van die gewone erfstelling en legaat tot die ingewikkelde fideikommiss6re substitusie en die stigting word bespreek. 'n Dosent was soms traag in die verlede om voorgraadse studente aan die trust bloot te stel. Die trust as regsfiguur word in hierdie boeke vir voorgraadse studente knap en helder aangebied. Ongelukkig word regspraak nie gebruik om die ingewikkelde begrippe van adiasie, repudiasie, boedelsamesmelting en eleksie te verduidelik nie. Die feite en beslissing van die saak Visser v Estate Visser 1909 26 SC 262 sou as uitstekende voorbeeld van die hele problematiek van boedelsamesmelting kon dien. Die afdeling in die boeke wat handel oor interpretasie en rektifikasie van testamente is welkom omdat dit hierdie onderwerp op eenvoudige wyse uiteensit.
BOOK REVIEWS/BOEKBESPREKINGS

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 417 1993

STELL LR 1993 3 418 In die oorblywende hoofstukke word aanwas, inbring en kontraktuele erfopvolging voldoende bespreek. Hierdie boeke dien as uitstekende handboeke oor die erfreg vir voorgraadse studente. Uiteindelik kan 'n dosent een boek vir die studente aanbeveel-en dit teen 'n billike prys.

Tertia Britz Lektrise, Universiteit van Wes-Kaapland RIEKERT'S BASIC EMPLOYMENT LAW-deur JOHN GROGAN. Tweede uitgawe Juta & Kie Bpk Kaapstad Wetton Johannesburg 1993 180 bl. Prys R58,00 Met die tweede uitgawe van Riekert's Basic Employment Law het John Grogan uitstekend daarin geslaag om die eenvoud van styl te behou wat die eerste uitgawe, deur Julian Riekert, gekenmerk het. 'n Volledige uiteensetting van die gemenereg met betrekking tot die individuele diensverhouding word gegee, met toepaslike regspraak en wetgewing tot en met November 1992 daarby ingesluit. Dit dek die totstandkoming en bedindiging van die dienskontrak, die verpligtinge van die werkgewer en werknemer tydens die kontrak en die geskikte remedies beskikbaar by verbreking van verpligtinge. Die tweede uitgawe volg dieselfde uiteensetting as die eerste uitgawe maar verduidelik bykomend die aard van die nywerheidshowe en die omvang van hul jurisdiksie om alle onbillike arbeidspraktyke in te sluit. Grogan onderskei ook op elke relevante punt tussen die benadering wat enersyds deur die gewone howe en andersyds deur die nywerheidshowe gevolg word, met 'n verdere duidelike aanduiding van wetgewing wat ter sprake is. Die bylae bevat ook bruikbare voorbeelde van klousules wat in 'n dienskontrak vervat kan word, met voorbeelde van 'n dissiplin6re kode en -prosedure, asook vorms wat gebruik kan word om 'n onbillike arbeidspraktyk-dispuut aanhangig te maak. Dit is duidelik uit die styl van die boek dat dit eerder gerig is op praktiese gebruik as op die verskaffing van volledige inligting vir die akademikus. Vir die besige praktisyn bied dit 'n vinnige naslaangids tot die relevante regsposisie vir praktiese probleme. Dit is 'n nuttige boek om arbeidsreg toe te lig en meer toeganklik te maak vir enigiemand wat belangstel om 'n basiese kennis van die vakgebied te verwerf. Dit lewer 'n nuttige bydrae tot bestaande arbeidsregliteratuur en die beplande tweede gedeelte in dieselfde styl wat kollektiewe arbeidsreg dek, sal verwelkom word. S van Dyk Junior Lektrise, Universiteit van Stellenbosch

HeinOnline -- 4 Stellenbosch L. Rev. 418 1993

You might also like