You are on page 1of 16

Aug 2013

Nuwe Lewe Montagu is n gemeente van die AGS.

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

www.nlmontagu.org

Uit Pastoor Lourens se hart


Dit is redelik buitengewoon vir my om op `n Sondagoggend nie in die kerk te wees nie. Hierdie naweek was een van daardie uitsonderlike tye. Winterkieme het my `n week lank platgetrek heeltemal plat. Toe ek begin beter voel, het Sanne by my kom sit, en saam het ons die film Night Crossing gekyk. Dit is die ware verhaal van die Strelzyk en Wetzel gesinne wat op 16 September 1979 in `n tuisgemaakte lugballon van OosDuitsland na Wes-Duitsland gevlug het. In die Weste kon hulle vry leef, sonder die juk van kommunisme. `n Mens is dikwels geneig om dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Jou vryheid, jou gesondheid, jou geliefdes, jou saligheid. Dink `n bietjie aan hierdie dinge. Wat sou jy doen om hulle terug te kry, as jy hulle sou verloor? En tog gaan ons somtyds dae en weke deur sonder om dankbaar te voel, en vreugde te ervaar vir die dinge wat ons het, wat vir ons kosbaar is. Die sisteem van die wreld draai daarom om `n mens onvergenoegd te laat voel met wat jy het. Skakel maar jou radio of televisie aan, en binne `n paar minute behoort jy onder die indruk te wees dat jou lewe armsalig en onvervuld is. Want (so wil die media `n mens wysmaak) daar is dosyne wonderlike produkte wat jy nie eers geweet het bestaan nie, en waarsonder jy eintlik nie kan leef nie. Die oplossing vir jou penarie is om te spandeer. In 1 Timotheus 6:6 s die Bybel: ...die godsaligheid saam met vergenoegdheid is n groot wins. Hierdie twee dinge moet in kombinasie in `n mens se lewe saamwerk. Wat jou saligheid betref het jy vrede nodig, deur die wete dat jy `n kind van God is. Wat jou tydelike en aardse situasie betref het jy dankbaarheid nodig, deurdat jy vergenoegd sal wees vir elke ding wat God jou uit genade gegee het. Gaan sit vandag en maak `n lys van alles in jou lewe wat vir jou kosbaar en waardevol is. En beleef dan dankbaarheid in jou hart vir hierdie dinge, en loof God opnuut daarvoor. Na `n week van siek-wees is gesondheid vandag bo-aan my eie lysie!

Liefdegroete,

Lourens

Aktueel: Desmond Tutu says he would choose hell over Homophobic heaven.
Dit is die opskrif in die Christian Post van 30 Julie na aanleiding van uitsprake deur Desmond Tutu by die Verenigde Nasies se Free & Equal campaign in Julie. Dr Isak Burger het in sy weeklikse artikel op Facebook die kwessie van Desmond Tutu en die gesag van die Bybel aangespreek. Hieronder is die artikel. Aartsbiskop Tutu word deur vele gerespekteer vir sy pogings oor die jare om geregtigheid in Suid-Afrika te laat sevier. Ons weet ook dat hy nie terugdeins om sy s te s nie. Sy uitlating verlede week dat net omdat iets in die Bybel staan, is dit nie noodwendig waar nie, het egter die wenkbroue laat lig. Dit sou interessant wees om te hoor wat die s die Anglikaanse kerk hieroor, maar natuurlik het Aartsbiskop Tutu reg op sy eie standpunt. Die meeste Christene glo dat die Bybel God se geopenbaarde wil is. Die meeste Christengelowiges verstaan ook dat God in n sekere histories -kulturele situasie en binne n sekere antieke wreldbeeld Sy wil bekend gemaak het. Daarom moet ons die Bybel binne sy historiese konteks lees en interpreteer. Iemand wat byvoorbeeld steeds Josua se gebed tot God dat die son moet stil staan gebruik om die Bybel as onwaar te bewys is bloots moedswillig en selfs kwaadwillig. Die God wat alles geskape het, het presies geweet wat Josua se behoefte en nood was en die gebed reg beantwoord. In die letterlike sin van die woord was Josua se verstaan van die son en die aarde dus verkeerd, maar oor die beginsel ter sprake sy afhanklikheid en vertroue in God was hy reg. En dis waaroor die Bybel gaan. Goddelike waardes, beginsels en riglyne is tydloos en bly die waarheid. Om dus ongekwalifiseerd te s dat iets nie noodwendig waar is net omdat dit in die Bybel staan nie, kan sommige mense wat die Aartsbiskop respekteer en waarde aan sy standpunte heg, verward gelaat word. Indien daar so met die Bybel omgegaan word, bring die onwillekeurig vrae mee soos: Wie bepaal nou wat is waarheid? Wat kan ons in die Bybel aanvaar en wat kan ons maar ignoreer? Moet elkeen dit nou maar self bepaal? Toe die einste Aartsbiskop in 1990 tydens die Eerste Rustenburg-beraad deur sommige van sy kollegas aangevat is omdat hy Prof Willie Jonker se belydenis oor Apartheid aanvaar het, het hy ges dat hy geen keuse het as om dit te aanvaar nie omdat die Bybel s dat jy iemand moet vergewe wanneer daar opreg om vergifnis gevra word. Hy was reg, en ek en vele het hom daarvoor respekteer. Vergifnis is immers nie n tyds- en kultuurgebondebeginsel nie. Dis n Goddelike en ewige opdrag en waarheid. Hoe dan nou? Hoe moet ek Aartsbiskop Tutu se jongste uitspraak verstaan?

Mannebediening deur Cobus Uys


Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne van ons gemeente te verbeter.

Uitreik na Huis Uitvlucht


Ons manne het Maandag 10 Junie drie badkamers in die ouetehuis se mure gaan voorberei en geverf in skakerings van ligte blou en pienk. Die personeel wat instandhouding doen kom nie by al die werk uit nie en ons het dit goedgedink om as uitreik tydens ons Transformasieweek vir hulle te gaan help. Die bejaardes het ons met belangstelling dopgehou en was baie opgewonde om die nuwe badkamers te begin gebruik. Ons kon van die manne beswaarlik uit die pienk badkamer kry na dit klaar geverf was omdat hulle baie "geheg" geraak het aan die kleur! Dit was 'n lekker geleentheid vir die manne om mekaar op informele manier beter te leer ken en dit was 'n baie vervullende ondervinding om op so 'n manier uit te reik na die gemeenskap.

Pa en Dogter aand
Ek wil graag die vaders in die gemeente aanmoedig om ons te vergesel na Pa en Dogter aand op Vrydag 9 Aug. Ons gaan ons dogters uitneem vir ete en hulle soos regte dames behandel en vir hulle spesiaal laat voel. Die manne wat wil saamgaan kan my kontak sodat ons plek kan bespreek. Men @ 6 Die manne kan gerus saam kom bid en kuier elke Vrydag om 6:00 by die kerk. Daar is heerlike koffie en beskuit.
Kontak Cobus by 082 789 5079 of Tafelkop4x4@gmail.com

Transformasie & Sendingnuus deur Tina Verreynne


Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld.

Ons is 'n gemeente wat regtig 'n verskil wil maak en is my gebed dat ons ons o gerig sal hou op God se Woord en dat ons biddend sal bly om in gehoorsaamheid op te tree in belang van Sy Koninkrykswerke. Sendingnuus Die 30 ste Junie het Edward, Madili en die kinders ons kom besoek. Dit was heerlik om hulle weer te kon sien en om te weet dat dit met hulle goed gaan. Miga en Eike is twee pragtige dogters wat werklik so mooi grootgeword het met soveel selfvertroue en weet ons dat hulle as ouers baie trots is op hulle. Saam met hulle wag ons met groot opgewondenheid vir die seun se opwagting en lyk Madili pragtig! Bid vir 'n gesonde baba en dat dit met hulle goed sal gaan asook vir hulle voorbereiding om na Turkye te gaan. Ek deel sy kernboodskap met julle wat op vakansie was. Hy het gelees uit Joh. 1:1-14; Joh.14:18-23; Joh.17:1-3 en Open.21:1-3. God woon by ons. Wat verstaan jy van die Ewige Lewe? Dit beteken dat jy in 'n verhouding met God staan. Wie leef met wie? Jesus - Immanuel - God met ons! Tans is God se verheerliking altyd in die hemel en op aarde in Sy kinders. Woonplek van God is nou by mense. Kol.1:27 Dit is ons hoop en voorsmaak van Nuwe Hemel. 1 Joh. 1:3-4 Die volheid sal bereik word by die wederkoms van God. Gal. 2:20 + Fil.4:13 Kan met selfvertroue in die lewe aangaan. Laat toe dat die Heilige Gees jou lei en leef dit uit!!! Jy is welkom om sy volle boodskap vir jou te bestel by die boekwinkel by die kerk. Edward vra dat ons moet onthou asseblief om dit bekend te maak dat niks van hulle nuusbriewe of foto's ooit op enige webwerf geplaas moet word nie. Met Estie gaan dit baie goed. Sy laat weet dat dit nie so koud is daar by hulle nie, want bedags loop sy met 'n T-hemp, maar saans en soggens is dit koud. Begin Augustus gaan sy na Namibie en gaan met publieke vervoer. Hulle het 'n streeksbyeenkoms daar met al hulle personeel van Mosambiek, Malawi, Zimbabwe, Zambie en Angola. Bid asseblief vir haar om veilig te reis en dat die byeenkoms goed sal verloop. Sy laat weet baie groete aan die gemeente. Bid getrou vir alle sendelinge asook vir die Vervolgde Kerk. Dra ons medegelowiges getrou op aan die Here en om te volhard met hulle goeie werke vir die Koninkryk van God. Onthou om die datum van die 6de September oop te hou vir ons Bid-stap. Ons beoog om vir ons dorp in tree en nooi elke gemeentelid uit om saam te kom bid. Kontak Tina by 076 287 4415 of epos ThysenTina@vodamail.co.za

Wonderwerke

deur Louwtjie Strauss

As ek U hemel aanskou, die werk van U vingers, die ma an en die sterre waaraan U n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink? Psalm 8 : 4-5 Ons het die afgelope tyd geluister na die wonderlike getuienisse van mense wat deur God aangeraak is. Wonderwerke wat gebeur op verskillende terreine in ons gemeente. Ons lees in die Bybel van God se skeppingswerk, van Sy almag en grootheid en van die wonderwerke deur Sy krag. Dit is egter wanneer ons self in ons eie lewens God persoonlik ervaar dat ons werklik besef dat ten spyte van ons nietigheid as mens, die Skepper van alle dinge, bemoeienis met ons maak. Dit kan in n oomblik gebeur wanneer iemand gesond word, beskerm word of gered word. Die Here gebruik egter ook geleenthede en skep situasies in ons alledaagse lewe om in en deur ons Sy wonderwerke uit te voer. Soms besef ons eers na verloop van tyd, selfs jare, hoe dinge uitgewerk het, eintlik net n wonderwerk was. Ek sit een aand net voor 9 die aand in die stoel toe die kinders vir my s die brood is op. Op daardie oomblik weier ek in my gedagtes om nou af te ry dorp toe na die enigste kafee in die dorp wat nog oop was. Skielik het ek net opgestaan en in die kar geklim en afgery dorp toe. Met die terugry huis toe, en ek ry altyd deur die driffie terug, besluit ek om een of ander rede om eerder met Kerkstraat terug te ry. Net toe ek oor die brug ry sien ek iemand op die sypaadjie l. Dit was seker so half tien in die aand. Eers het ek n entjie verbygery en toe besef ek dat die Here my wil gebruik om die persoon te help. Ek het omgedraai en gestop. Dit was duidelik dat die persoon dringend hulp nodig gehad het. Terug by die huis het ek lank wakkergebly en dit was vir my baie duidelik dat dit wat die aand gebeur het, nie was a.g.v. van my eie besluite nie, maar dat dit God was wat my gebruik het. Dit was vir my inderdaad n wonderwerk en die lesse wat ek hieruit kon leer was dat God gewone mense soos ek en jy kan gebruik, dat ons sensitief vir Sy stem moet wees, dat ons beskikbaar moet wees en dat ons geloof in God hierdeur verder versterk word, want God self het deur ons gewerk.

Kinderbediening deur Thys Verreynne


Bly stil, hoor jy? Luister weer ......... hoor jy ? DIT IS GOD WAT JOU ROEP ! Ja, die kwartaal is ons onderwerp by die Kinderkerk " God roep jou. " Nie net die kinders nie, maar ook vir jou. Kom ons bid dat ons elkeen Sy stem sal erken en na Hom sal luister. Ons as bedienaars is almal opgewonde oor dit wat nog als gaan gebeur en in beplanning is. Heel eerste natuurlik ons nuwe huis, waarvoor ons nie kan wag nie. Ek wonder wie is die meeste opgewonde, ons of die kinders? Ons is ook mos maar kinders en dan is dit duidelik dat die "groter" kinders beslis die meeste opgewonde is, want ons het GROOT planne. Eerste is daar natuurlik ons kamp wat nou September is. "Hoekom is ek hier?" Nee, dit is die tema van ons kamp. Het jy al gedink hoekom het God jou hier op aarde geplaas ? Kom kamp toe en vind uit! Dit is al wat ek nou uit die mou laat. Het ons ook nuus vir almal!! Laat slaap op Sondae is uit!! Daar sal nou ook selfs gedurende die skoolvakansies en langnaweke Kinderkerk wees. Ons as bedienaars het besluit dit sal goed wees om dan ook daar te wees vir die kinders. Ons sal nie met lesse voortgaan nie, maar daar sal Woord gebring word en natuurlik sommer net lekker dinge gedoen word. So, Kinderkerk is nou elke Sondag tot selfs in die vakansie! Kom en bring jul maats ook dan saam, want Jesus is nooit met vakansie nie. Gebedsversoek aan almal: Bid asseblief saam met ons oor die volgende. Ons as Kinderkerk wil meer betrokke raak by die Herberg Kinderhuis van Robertson. Ons kan mos ook 'n verskil maak in ander kinders se lewe? Bid dat ons dit reg sal aanpak en ook so vir ander kan wys Jesus is lief vir hulle. Ons wil nie net een dag daar betrokke wees nie, maar wil dit 'n langtermyn saak maak. Wel nou weet julle wat ons vorentoe beplan. Soos julle kan sien het ons baie gebed nodig. Ons het dus jul ondersteuning nodig, help asseblief. Dankie vir elkeen wat reeds betrokke is. Ons waardeer julle. Groete Thys.

The Invisible Woman extract from Nicole Johnsons book.


I'm invisible. It all began to make sense - the blank stares, the lack of response, the way one of the kids will walk into the room while I'm on the phone and ask to be taken to the store. Inside I'm thinking, "Can't you see I'm on the phone?" Obviously not. No one can see if I am on the phone, or cooking, or sweeping the floor, or even standing on my head in the corner, because no one can see me at all. I'm invisible. Some days I am only a pair of hands, nothing more: Can you fix this? Can you tie this? Can you open this? Some days I'm not a pair of hands; I'm not even a human being. I'm a clock to ask, "What time is it?" I'm a satellite guide to answer, "What number is the Kids' Channel?" I'm a car to order, "Right around 5:30, please." I was certain that these were the hands that once held books and the eyes that studied history and the mind that graduated summa cum laude - but now they had disappeared into the peanut butter, never to be seen again. She's going - she's going - she's gone! One night, a group of us were having dinner, celebrating the return of a friend from England. Janice had just gotten back from a fabulous trip, and she was going on and on about the hotel she stayed in. I was sitting there, looking around at the others all put together so well. It was hard not to compare and feel sorry for myself as I looked down at my out-of-style dress; it was the only thing I could find that was clean. My unwashed hair was pulled up in a banana clip and I was afraid I could actually smell peanut butter in it. I was feeling pretty pathetic, when Janice turned to me with a beautifully wrapped package, and said, "I brought you this." It was a book on the great cathedrals of Europe. I wasn't exactly sure why she'd given it to me until I read her inscription: "To Charlotte, with admiration for the greatness of what you are building when no one sees." In the days ahead I would read - no, devour - the book. And I would discover what would become for me, four life-changing truths, after which I could pattern my work:

No one can say who built the great cathedrals, we have no record of their names. These builders gave their whole lives for a work they would never see finished. They made great sacrifices and expected no credit. The passion of their building was fuelled by their faith that the eyes of God saw everything. A legendary story in the book told of a rich man who came to visit the cathedral while it was being built, and he saw a workman carving a tiny bird on the inside of a beam. He was puzzled and asked the man, "Why are you spending so much time carving that bird into a beam that will be covered by the roof? No one will ever see it." And the workman replied, "Because God sees." I closed the book, feeling the missing piece fall into place. It was almost as if I heard God whispering to me, "I see you, Charlotte. I see the sacrifices you make every day, even when no one around you does. No act of kindness you've done, no sequin you've sewn on, no cupcake you've baked, is too small for Me to notice and smile over. You are building a great cathedral, but you can't see right now what it will become." At times, my invisibility feels like an affliction. But it is not a disease that is erasing my life. It is the cure for the disease of my own self-centredness. It is the antidote to my strong, stubborn pride. I keep the right perspective when I see myself as a great builder. As one of the people who show up at a job that they will never see finished, to work on something that their name will never be on. The writer of the book went so far as to say that no cathedrals could ever be built in our lifetime because there are so few people willing to sacrifice to that degree. When I really think about it, I don't want my son to tell the friend he's bringing home from college for Thanksgiving, "My mom gets up at 4 in the morning and bakes homemade pies, and then she hand bastes a turkey for three hours and presses all the linens for the table." That would mean I'd built a shrine or a monument to myself. I just want him to come home. And then, if there is anything more to say to his friend to add, "You're going to love it there." As mothers, we are building great cathedrals. We cannot be seen if we're doing it right. And one day, it is very possible that the world will marvel, not only at what we have built, but at the beauty that has been added to the world by the sacrifices of invisible women.

Music Ministry by Annie Naud


Due to the school holidays, the music ministry team laid low for a couple of weeks. The new term started with a bang! I am so excited to report that the team continues to grow in skill and numbers. We were blessed by the Creare team who came and invested their time and knowledge into our musicians. Many are now inspired to try new instruments and the youth were encouraged to raise their voices to the King of kings. The potential among our youngsters is immense. I am trusting God for wisdom on making each moment we spend together productive so that more and more leaders will be raised u p to lead Gods people with an anthem of praise. Please continue to pray with me. In the end, worship can never be a performance, something youre pretending or putting on. It's got to be an overflow of your heart...Worship is about getting personal with God, drawing close to God. - Matt Redman

Abigails deur Wendy Strydom


Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente. Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en reik ook op `n deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense. Skakel met Wendy as jy graag betrokke wil raak. Daar is talle nuwe boeke, DVDs en nog meer in die boekwinkel. Die oggenddiens se preke kan ook bestel word op CD teen R20. Wendy Strydom kontaknommer: 084 501 7377 epos: wendystrydom@ymail.com

10

Fancy Dress
Daar was groot pret met die 26ste Julie se Fancy Dress partytjie. Die tema was 50s & 60s. Die mense het behoorlik uitgehang en lekker saam gekuier! Hier is n paar fotos want sien is glo!

11

My woord is my eer bydrae deur Alet Stemmet


Uit www.kruispad.com Ons moet maar mooi luister na die gesprekke wat Jesus met die Farisers en godsdienstige leiers het, want ek is seker daarvan dat daar sommige van hulle optredes ook in ons sigbaar is. Jesus draai nie doekies om nie en noem n graaf n graaf. Hy neem van hulle optredes, l dit op die tafel en trek dit 16 stukkie vir stukkie uitmekaar. Hoor wat s Jesus van die mense: "Ja-nee, julle is in die moeilikheid by God. Julle vertel vir almal dat julle net die mense is om hulle geestelik op 17 die regte pad te lei. Tog is julle so blind soos molle. Kyk net wat doen julle: julle s vir mense dat as hulle iets beloof met hulle vingers gekruis, hulle nie hulle belofte hoef na 18 te kom nie. Maar beloof hulle iets met hulle hand op die Bybel, moet hulle dit ernstig 19 bedoel. Wat 'n klomp onsin! Is daar nou skielik baie meer krag in die buiteblad van die Bybel as in julle gekruiste vingers? Sjoe, kan jy dit glo dat die klomp predikante, priesters en profete so van die pad af kan wees? Ons kan dit nie verstaan nie. Kan die ouens nie maar hul oogklappe afhaal en sien hoe hulle hulself en ander mense om die bos lei nie? Dis so voor die hand liggend dat hulle die pot mis sit. Hoe kan hulle tog so dom wees? Maar wag, voor ons die ouens te veel uithaal, vra jouself eers die vraag: het jy al n wit leuentjie vertel en dit geregverdig omdat dit nie so erg is nie en nie juis n impak het op ander mense en jouself nie? Dalk het die kerkmense in Jesus se tyd dieselfde oor die sakies gedink en dit mooi geregverdig. Sonder dat ons dit besef, doen ons dinge en s ons dinge wat nie eintlik reg is nie, maar omdat almal dit s, omdat dit die manier is wat die meeste mense dit vandag doen, doen ons ook maar so. Jesus noem nog n voorbeeld: "Julle s ook: 'As iemand plegtig belowe dat hy iets sal doen, hoef hy nie sy woord te hou nie. As hy egter dieselfde ding beloof, maar dit op 'n stuk papier ook skryf, mag hy nie sy woord breek nie.' Kry julle nie skaam nie? Wat dink 21-22 julle is die belangrikste: Julle woorde of die stuk papier? Antwoord vir My net di vraag: Hoe kan gekruiste vingers, 'n stuk papier of die buiteblad van die Bybel nou 'n belofte maak of breek? 'n Belofte is mos 'n belofte! God steur Hom nie aan al hierdie dinge soos vingers of papier nie; vir Hom is 'n belofte 'n belofte wat nie gebreek mag word nie. Dit maak nie saak hoe die belofte gemaak is nie . God verwag van ons 100% eerlikheid. Dit is nie reg dat ons wit leuentjies regverdig nie. Dit is verkeerd. God hou nie daarvan nie, want die kans dat die persoon se pad nie in die hemel eindig nie, is nogal goed. Stadig katrol die duiwel jou in en gou is jy, soos Jesus s, in die moeilikheid by God. Pasop! Hier gaan n rooi vlag op. Dit is vir my so jammer dat ons in die wreld daar buite nie meer net n deal kan beklink op die skud van die hand nie. Vroer jare het ons plase gekoop,
20

12

besigheidsooreenkomste aangegaan, vriendskappe gesmee met die skud van n hand. Deesdae is dit kontrak op kontrak en die skrif raak al hoe kleiner, want as een dit net waag om uit lyn te klim, is daar rens n klein lettertjie of sinnetjie wat jou hele lewe opgee as betaling. Selfs vir die huwelik vereis die staat dat daar n kontrak tussen d ie twee verliefdes is, want die ja, ek belowe om vir altyd jou eggenoot te wees, is net so waardevol soos n toiletpapier rolletjie wat nie meer papier op het nie. Wanneer jy praat, wanneer jy dinge vir ander mense belowe, praat so dat jy jou woorde in n kontrak kan sit. Kom ons praat asof ons hand op die Bybel is, sodat almal presies sal weet wat ons bedoel en dat dit wat uit ons mond kom, die volle waarheid is en dat ons dit ook in dade sal omsit. As kind het ons altyd ges: My woord is my eer. Nou ja, kom ons gaan weer terug daarheen. Kom ons hou ons woorde reguit en ons dade ook. Kom ons wys vir mense dat ons nie meer buite blaaie van Bybels nodig het nie en dat ons nie ons vingers hoef te kruis nie. Nee, kom ons doen soos God van ons verwag en praat 100% die waarheid en doen ook net die waarheid. Kom ons lewe n deursigtige lewe waar mense maar kan instap en weet: what you see is what you get!

A great lesson Zelda Roscherr


I received an email the other day with the message topic A great lesson on stress. It went something like this: A young lady confidently walked around the room while explaining stress management to an audience with a raised glass of water. Everyone knew she was going to ask the ultimate question, 'half empty or half full?'... She fooled them all . "How heavy is this glass of water?" she inquired with a smile. Answers called out ranged from 150g to 250g. She replied, "The absolute weight doesn't matter. It depends on how long I hold it. The longer I hold it, the heavier it becomes," she continued, "and that's the way it is with stress. If we carry our burdens all the time, sooner or later, as the burden becomes increasingly heavy, we won't be able to carry on." This made me reflect on my life. Jesus invites us repeatedly in His Word to bring our burdens to Him. The well-known verse in Matthew 11:28 says: Come to Me, all you who labor and are heavy laden, and I will give you rest. Why do we so often decline or even just ignore this invitation? Why do we take so long to put our burden down at His feet? Why are we so eager to pick it up again once we have laid the burden down? Remember, it is not the absolute weight that matters, it is how long we hold on to it!

13

Verjaarsdae & Huweliksherdenkings* in Augustus


4 5 6 7 8 11 12 15 18 19 21 22 25 26 27 28 29 31 Richard Thomson Izel Stemmet David van der Merwe Hentie Marx Christine Laubscher Eike Ackerman Susan Geldenhuys Liza Rademeyer Danie Pienaar Nettie van der Merwe Mattie Neethling Karoline van Graan Micke Marx Mariska Burger Jos de Freitas Albert & Helene Esterhuyse Willem Sadie Ludwig van Heerden Lourens & Sanne du Plessis

Thys & Tine Verreynne

Rina Brighton Jenny-Lee Anthony

Hentie & Estelle Marx

Jaarbeplanning: Belangrike datums!


Teken solank hierdie datums in jou dagboek aan!
Vry 9 Aug 16 - 18 Aug Sat 24 Aug Vry 6 Sep Sat 7 Sep Maan 23 Sep Do 26 Sep Vry 11 Okt Vry 25 Okt Son 27 Okt Vry 8 Nov Son 10 Nov Sat 16 Nov Son 1 Des Pa en Dogter Aand Gemeentekamp by Guano Caves Bybelse Ete met Bybel vasvra Kort Uitreik + Bid-Stap - Transformasie Gemeentedag - Abigail Bediening Jeugkamp (Graad 1 - Matriek) Manne Wegbreek - Mannebediening Vrouekamp - Vrouebediening Fliekaand vir Tieners - Abigailbediening Geloofsoffersondag - Transformasie Vroue Jaarafsluiting - Vrouebediening Kinderkerk Jaarafsluiting - Kinderkerk

14

Raak betrokke by ons bedieninge


Nuwe Lewe Montagu is n aktiewe gemeente wat ten doel het om uit te reik na alle mense. Daar is verskeie bedieninge waarby mense betrokke kan raak. Abigail Bediening: Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente. Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en ryk ook op `n deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense. Barmhartigheid: Die Barmhartigheidsbediening werk met welsyn en noodsituasies. Hulle besoek huishoudings wat behoefte het aan basiese lewensmiddele, en bied fisiese hulp en geestelike ondersteuning. Mannebediening: Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne van ons gemeente te verbeter. Transformasie: Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld. Vrouebediening: Die vrouebediening trek die vroue van ons gemeente bymekaar vir vriendskap, ondersteuning en gebed. Die vrouebediening stel dit hulle ten doel om geestelike eenheid en ondersteuning onder die vroue van ons gemeente te bewerk. Kommunikasiebediening: Die kommunikasiebediening maak van alle vorme van die media gebruik om ons gemeente se interne en eksterne kommunikasie effektief te laat vloei. Hierdie bediening dra ons gemeente se beeld na buite en sorg daarvoor dat die lidmate op datum bly met die nuutste verwikkelinge. Tegniese Span: Sonder die tegniese span sal bitter min kan gebeur. Hierdie toegewyde groepie lidmate sorg daarvoor dat ons klank, beligting en projeksie op Sondae en by spesiale geleenthede kan gebeur.

If you have trouble understanding any of the articles in this bulletin due to language issues, we will gladly assist you with an explanation or quick translation where possible. Help ons asseblief om hierdie bladjie n sukses te maak vir die gemeente. Ons het julle hulp nodig om interessante artikels, gebeure en gedagtes hier in te sit. Volgens die Wet op Kopiereg moet enige artikels wat geplaas word, die toestemming van die oorspronklike outeur dra en ook verwys na die outeur. Indien iemand artikels wil plaas moet hierdie reels streng nagekom word. As jy geroepe voel om deel te word van hierdie bediening, laat weet ons gerus. Ons het mense nodig om artikels te skryf, onderwerpe voor te stel ens.

15

Ons kom bymekaar: Almal is welkom! Oggend diens Sondae 9:30 10:45 Woordskool Sondae 18:30 19:30 in die kerksaal Every Nation Every 2nd Sunday at 18:30 Celebration Creche Sondae 9:30 10:45 (ook gedurende skool vakansies) Kinderkerk Sondae 9:30 10:45 (ook gedurende skool vakansies) Gebedsuur Dinsdae tot Donderdae oggende tussen 6:00 en 7:00 Men @ 6 Vrydae 6:00 7:00 in die kerksaal Dames biduur Dinsdae 9:30 10:30 in die kerksaal Praat met Pastoor Lourens
Kontak Pastoor Lourens asb dadelik in geval van siekte, dood en ander hartseer. Deel jou vreugde soos verlowings, troues, geboortes en nog meer. Indien jy n behoefte het aan n pastorale besoek, vul asb die groen kaartjie in, Pastoor Lourens sal jou skakel

Kontak ons Pastoor Abigails Administrasie Algemene sekretaris Barmhartigheid Gebedsaksie Jeug Kinderkerk Kommunikasie Manne Musiekspan Sondag Creche Tegniese span Terrein & Geboue Transformasie Vroue bediening

Lourens du Plessis Wendy Strydom Tilla Greyling Johan Stemmet Minnie Thompson Hannes van Rooyen Richard Thomson Thys Verreynne Zelda Roscherr Christine Laubscher Cobus Uys Annie Naud Alet Stemmet Stephan van der Walt Frans White Tina Verreynne Elsa van Heerden

023 614 2260 agsmontagu@telkomsa.net 084 501 7377 wendystrydom@ymail.com 082 648 1574 082 572 3855 076 345 7215 084 517 1226 083 990 1910 Coaching77@gmail.com 082 867 9086 ThysenTina@vodamail.co.za 082 469 0094 zelda@churchstreet.co.za 082 926 6555 christine@montaguproperty.com 082 789 5079 Tafelkop4x4@gmail.com 079 877 3292 annienaude@gmail.com 079 346 1086 lelanie@telkomsa.net 079 311 9971 073 318 1626 whitesons@telkomsa.net 076 287 4415 ThysenTina@vodamail.co.za 083 641 5826

Bankrekening besonderhede: AGS Nuwe Lewe Sentrum ABSA Bank Tak / Branch 632005 Rek Nommer / Acc number: 1050140225

Volg ons op

www.facebook.com/NLMontagu of soek Nuwe Lewe Montagu www.nlmontagu.org

16

You might also like