**** Die robyne van Valery du Toit ***** deur Welma den HaanDie luukse swart motor se enjin luier saggies en as die bestuurder die pedaaldieper intrap, beweeg die motor skielik vinnig vorentoe. Die wit bekleding iskoel op hierdie snikhete dag. Die bestuurder kyk na die groepie mooi meisieswat langs die pad stap en oorweeg vir ‘n oomblik om stil te hou en hulle op telaai. Dan ry hy tog verder en parkeer sy motor binne-in die parkeergarage van ‘ngroot winkelsentrum in Pretoria. Nadat hy die motor gesluit het, draf hy diesentrum binne en stap doelgerig na ‘n mansklere winkel. Hy koop ‘n hemp en broek en loop hierna bietjie doelloos rond. Hy wonder oor die meisie van hom.Hy staan op die oomblik by die venster van ‘n juwelewinkel. Die ringe enhangertjies en armbande word ongelooflik mooi uitgestal en dit lyk goed.“Dis glad nie goedkoop goed dié nie, maar mens wil ook nie ‘n goedkoop dingkoop nie, ek wil iets koop wat vir altyd sal hou. Sy is dit mos darem werd.” Die jongman dink aan sy meisie. ‘n Pragtige donkerkop, fyn gebou met die gelaatvan ‘n prinses en die stem van ‘n godin. Sy is nog jonk, bietjie jonger as hy,maar ‘n ideale maat. Sy het pas klaar studeer en begin werk hier in die stad. Hyhet haar leer ken by ‘n verjaardagpartytjie van ‘n gemeenskaplike vriend. Dieeienaar loop hom tegemoet toe hy ‘n restaurant binnestap.“Hallo, Dave, hoe gaan dit?”“Baie goed, very good, my friend, wat kan ek aan jou bedien vandag?” vra Davemet sy tipiese Engelse aksent.“Wat van ‘n Irish Coffee en ‘n lekker groot stuk sjokolade koek.”“Coming up!” Hy eet en drink terwyl hy aan sy lewe en omstandighede dink. Hyhet sy ouers vroeër die jaar verloor, en as enigste kind was hy ook die enigsteerfgenaam van sy ouers se skatte. Sy ouers het vroeg afgetree en in die buitelandgaan reis, soos hulle dikwels gedoen het. Met hul laaste toer, het hulle Amerikaaangepak en besluit om met ‘n ‘motorhome’ deur Amerika te reis. Van hoek totkant en van Oos na Wes. In ‘n baie afgeleë en verlate deel van die groot land, hethulle in ‘n sneeustorm beland en omdat hulle nie heeltemal vertroud is met diésoort weer nie, het hulle vasgeval en op die ou end verkluim. Die tragedie washoofnuus vir ‘n hele paar dae. Omdat hy ook baie uitstedig is, het hy die nuusvan sy ouers se dood eers ‘n week na die tragedie gekry. Die ding het hom geruk en was hy vir maande dwalende. Wat hom egter die meeste geruk het, was ‘nstukkie inligting wat in ‘n brief was wat sy pa vir hom saam met die testamentnagelaat het.In die brief het gestaan:
‘Jy het iewers ‘n broer, ons het jou aangeneem, maar het nie kans gesien vir jou tweeling broer ook nie. Julle is ‘n identiese tweeling. Julle (jou) biologiese pa was my broer. Hulle is dood in ‘n bergklim ongeluk indie Alpe. Julle(jy) was twee jaar oud. Ek en jou ma het regtig net kans gesien vir een van die twee. Wat van jou broer geword het, weet ek nie. Jy is buitendienons enigste erfgenaam.’ “
Watter soort mens doen dit aan ‘n ander? ‘n Hulpelose kind. Hy sê ook nie of my broer ook aangeneem is of wat sy naam is nie.”Omtrent dieselfde tyd kom nog ‘n jongman met sy motor in dieselfde parkeergarage aan, parkeer, klim haastig uit, en drafstap die sentrum binne. Voor die deur van ‘n musiekwinkel, haal ‘n paar meisies hom in en terwyl hy sukkelom die deur oop te sluit, vertel hulle hom watter musiek hulle wil koop1
Leave a Comment