You are on page 1of 1

Interaksie

Daar’s geslote vensters agter jou oë


Waardeur ek niks kan sien nie…

Lag gesels beplan werk soen droom baklei maak op maak liefde kuier sing bid hou hande
fluister geheime deel vreugde/verdriet help ondersteun beseer beskerm

Ons interaksie met mekaar is in alles


Daagliks
Oop
Beperk
Perkeloos
Vriendelik
Vyandig

Ken ek jou?

Ek sou sê ‘ja’
Maar dan kyk ek in jou oë en ek kan nie daardeur sien nie.

Wat dink jy regtig?


Die glimlag op jou lippe is miskien net skein
Die lig in jou oë die weerkaatsing van my wense?

Die storie van jou aksies gee somtyds ‘n leidraad


Maar is dit regtig jy?
Of die persepsie wat ek vir myself skep?

Elke interaksie word gekleur


deur die bril van my begrip
en betekenis word gegee deur my waarneming en persepsie

as ek jou misverstaan
verskoon my?
En ek sal jou verskoon
Want die hortjies van die vensters
Agter my oë is ook dig gesluit…

You might also like