You are on page 1of 15

Aanhalings van Oriana Fallaci

29 Junie 1929 ~ 15 September 2006

Jy kan nie oorleef as jy nie die verlede ken nie. Hierdie is n leierlose era. Ons het nie meer leiers sedert die einde van die 20ste eeu nie. Daar kom tye in die lewe wanneer stilbly verkeerd is en jy verplig word om jou stem te laat hoor. Dit word n siviele plig, n morele uitdaging, n kategoriese imperatief waaraan ons nie kan ontsnap nie.
1

Of dit nou van die kant van n despoot of n verkose president kom, van n moordlustige generaal of n gewilde leier, mag is n onmenslike en haatlike fenomeen ek beskou nog altyd ongehoorsaamheid aan die onderdrukker as die enigste manier om die wonder van ons geboorte tot sy reg te laat kom.

Ons swakheid in die Weste spruit uit sogenaamde objektiwiteit. Objektiwiteit bestaan nie. Dis n huigelwoord wat sy oorlewing te danke het aan die leuen dat die waarheid in die middel rus. Jammer! Soms bly die waarheid net aan die een kant.

Ek vind dit skandelik dat in die naam van Jesus Christus, n Jood waarsonder hulle almal werkloos sou wees) die priesters van ons gemeenskappe met die sluipmoordenaars van mense in Jerusalem flankeer wat nie n pizza kan gaan eet of eiers gaan koop sonder die gevaar om opgeblaas te word nie.

Ek vind dit skandelik dat daar in Itali optogte plaasvind waar mense soos selfmoordbomaanvallers aantrek en Israel belaster, fotos omhoog hou van Israeli leiers op wie se voorkoppe hulle swastikas geteken het en ander mense opsweep om Jode te haat. Gewetenlose skurke wat hul eie moeders aan n harem sal verkoop net om weer die Jode in die uitwissingskampe van Dachau en Mauthausen en Buchenwald en Bergen-Belsen te sien.

Ek vind dit skandelik dat hulle kant kies vir diegene wat met internasionale terrorisme begin het, wat ons mense in vliegtuie, by lughawens en by die Olimpiese Spele aangeval het en wat hulself deesdae vermaak deur westerse joernaliste te vermoor. Deur hulle te ontvoer, te skiet, keelaf te sny of te onthoof. (Daars iemand in Itali wat sedert die publikasie van my boek Die Woede en die Trots (La Rabbia e lOrgoglio) dieselfde aan my wil doen. Deur verse uit die Koran aan te haal, moedig hy sy broers in die moskees aan om my te straf in die naam van Allah. Om my te vermoor. Of om saam met my te sterf. Aangesien hy Engels so goed magtig is, reageer ek graag op Engels: Fuck you.

Ek vind dit skandelik dat byna die hele linkse spektrum, die linkses wat twintig jaar gelede toegelaat het dat een van hul vakbondlede n doodskis (as n Mafia-waarskuwing) voor die sinagoge van Rome neersit, die bydrae van die Jode in die stryd teen fascisme vergeet het. Byvoorbeeld die bydraes van Carlo en Nello Rosselli, van Leone Ginzburg, Umberto Terracini van vroue soos my vriendin Anna Maria Enriques Agnoletti wat op 12 Junie 1944 in Florence doodgeskiet is, die bydrae van vyf-en-sewentig van die driehonderd vyf en dertig mense wat in die Fosse Ardeatine doodgeskiet is, deur die vele ander wat deur marteling of in die frontlinies of voor vuurpelotonne gesterf het. (Die metgeselle, die onderwysers, van my kindsbeen en my jeug.)

Ek vind dit skandelik dat Jode intimideer word deur die betogings van die vuilgoed wat soos selfmoord-bomaanvallers aantrek, net soos hulle gentimideer is tydens die geweld van Kristalnag.

Ek is n ates, en indien n ates en n pous dieselfde dink, moet iets waar wees. Daar moet n sekere menslike waarheid bo en behalwe godsdiens wees.

Hoe voel ek oor die kamikazes wat gesterf het? Geen respek. Geen simpatie. Nee, nie eens simpatie nie, ek wat altyd voor simpatie swig. Ek het nog nooit tyd vir kamikazes gehad nie, vir mense wat selfmoord pleeg om ander te vermoor nie. Soos die Japanners in die Tweede Wreldoorlog. Ek het hulle nooit as soldate beskou nie. Nog minder martelare of helde, soos mnr. Arafat, bulderend dat die spoeg spat, hulle in 1972 aan my beskryf het. (Of toe ek met hom in Amman n onderhoud gevoer het, waar sy handlangers ook besig was om die Baader-Meinhof terroriste op te lei.) Ek beskou hulle as ydel. Ydele mense wat in plaas van om glorie op die grootskerm of in politiek of sport na te streef, dit in hul eie dood en di van ander soek.

Ek vind dit skandelik dat ooreenkomstig die dwase, oneerlike, walglike en vir hulle uiters lonende mode van Politieke Korrektheid dieselfde spul opportuniste of eerder dieselde klomp parasiete die woord vrede uitbuit.

10

Arafat, die ellendige stommerik wat toe ek met hom n onderhoud gevoer het, nie eers in staat was om n sin te voltooi nie, wat nog te s van n intelligente gesprek voer. Uiteindelik het dit n enorme poging van my geverg om sin te maak uit sy onsamehangende gebabbel en om dit te publiseer. My slotsom was dat selfs Ghaddafi soos Leonardo da Vinci klink vergeleke met Arafat. Di valse stryder wat altyd in n uniform paradeer en nooit siviele klere dra nie hoewel hy nog nooit aan n geveg deelgeneem het nie. Oorlog is iets waarvoor hy altyd ander stuur om namens hom te voer die arme drommels wat hom glo. Di opgeblase nikswerd wat homself elke vyf minute weerspreek.

11

Arafat, die manteldraaier wat sy vrou in Parys laat woon waar sy soos n koninging bedien en vereer word, en sy mense in die kak laat krepeer. Hy tel hulle net uit die kak op om hulle te stuur om te moor en te sterf, soos die agttienjarige meisies wat gelykheid met mans moet verdien deur plofstof aan te heg en saam met hul slagoffers te sterf.

12

En in my walging vir die antisemitisme van soveel Italianers, soveel Europers, laat ek my kop in skaamte sak oor hierdie skande wat my land en Europa besmet. Ten beste is die Europese Unie nie n gemenebes van nasies nie maar n addernes van Pontius Pilatusse.

13

14

Dit was nie soos in Vitnam nie. Ook nie soos in een van die vele oorlo nie, daardie fokken oorlo wat my lewe sedert die Tweede Wreldoorlog gefolter het nie. Ek was in New York, om hemelsnaam, op n lieflike Septembermre in 2001. Maar op n onverklaarbare manier wou die gevoel van gevaar my nie los nie. Dus het ek iets gedoen wat ek nooit in die oggend doen niedie TV aangeskakel. Die klank was af maar die skerm was lewendig. En op elke kanaalbyna n honderd van hullewas daar een van die torings van die World Trade Center wat soos n reuse vuurhoutjie brand. n Kortsluiting? n Klein vliegtuigie wat die vlug byster geraak het? Of n opsetlike daad van terrorisme? Ek het daar staan en kyk, my o vasgenael aan die brandende toring, en terwyl ek myself di drie vrae afgevra het, verskyn daar toe n ander vliegtuig op die skerm. Wit, groot. n Passasiersvliegtuig. Dit het besonder laag gevlieg. In die vlug het dit na die tweede toring gedraai soos n bom wat op sy teiken afpyl. Op daardie oomblik het ek verstaan.

15

You might also like