You are on page 1of 32

Pasop vir OTMskurke

Kleinmond een van die onveiligste plekke in die Wes Kaap

Hartseertonele by hawe

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 2

Die lyk van mnr Anthony de Wit (54) van die Strand, word Dinsdagoggend aan wal gebring in Kleinmond hawe.

Die see gee en hy neem....


Gerard Grobler KLEINMOND Hartseer tonele het hulle Dinsdagoggend hier by die Kleinmond hawe afgespeel waar n vrou en haar tweeling dogters angstig gewag het vir nuus oor hul man en pa, die 55-jarige mnr. Piet van As van die Strand. Me Anida van As en haar dogters Anoeschka en Channelle het verwese op die sleephelling rondgestaan en telkens in trane uitgebars. Mnr. Van As was een van ses bemanningslede van die skuit, die RaldaIII, wat Maandagoggend omstreeks 10:00 by die Hangklip sleephelling te water gelaat is. Volgens mnr Van As se stiefseun, Erich Grundlingh, het daar klaarblyk lik probleme met die ankertou ontstaan. Hy s die ankertou het glo vasgesit en die bemanning het dit probeer uittrek. In die proses het die tou glo losgeruk en die skuit se versneller (throttle) getref. Die skuit se neus het toe begin sak en later omgedop. Die ses bemanningslede, wat sowat 5 km die see in was, het in die ysige water aan die romp bly klou. Hulle het noodfakkels afgevuur maar niemand het dit blykbaar opgemerk nie. Teen sowat 16:00 het een van die

Overstrand Herald
bemanningslede, mnr Anthony de Wit, ook van die Strand, sy laaste woorde aan sy vriende ges en toe weggedryf. Volgens Grundlingh het die 54-jarige De Wit aan emfiseem gely en was hy nie gesond nie. Intussen het iemand een van die noodfakkels gewaar en die owerhede in kennis gestel. Daar is begin soek na skuite wat moontlik op see kon wees en omstreeks 17:00 die middag is op die voertuig en sleepwa van die vissermanne afgekom. Omstreeks 18:40, na die mans reeds ure lank in die water was, het hulle die laaste handfakkel aangesteek. Dit is gewaar en vier van die mans is veilig aan wal gebring. Volgens die oorlewendes het mnr Van As besluit om na die land te swem. Sy vrou, Anida, s haar man was in sy jare as visserman al minstens vier keer in soortgelyke voorvalle betrokke. By een geleentheid, vertel sy, was hy sowat 14 ure lank in die water voor hy gered is. Hy het ges as dit weer gebeur, gaan hy swem, en dit is wat hy gedoen het. Vissermanne van Kleinmond wat Woensdagoggend op die water was, het omstreeks 9:00 laat weet dat hulle op n lyk afgekom het wat in die see dryf. Op hierdie tydstip was dit nie duidelik of dit die lyk van mnr De Wit of mnr Van As was nie en sy familielede het anstig op die sleephelling saamgedrom. Teen 11:00 het die NSRI die lyk van mnr De Wit aan wal gebring. Mnr Van As was met die ter perse gaan van die Herald steeds vermis.

26 September 2013

Bladsy 3

13

NEEM KENNIS ASB!!


Spertye vir advertensies en berigte: ADVERTENSIES: Dinsdae 12:00 BERIGTE: Dinsdae 16:00

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 4

Kleinmond een van die onveiligste plekke om te woon in die Wes Kaap
Gerard Grobler KLEINMOND - Dit is amptelik. Wat roof en diefstal betref is Kleinmond een van die drie onveiligste plekke in die Wes Kaap om te woon. Ja, u het reg gelees. Die kans dat daar by u huis ingebreek word of dat u besteel word, is groter in Kleinmond as feitlik enige ander plek in die Wes-Kaap met die uitsondering van Plettenbergbaai en Woodstock in die Kaap. Di skokbevinding is die afgelope week gemaak toe die Sondagblad, Rapport in samewerking met n maatskappy wat spesialiseer in demografie, AfricaScope, n ontleding van die jongste misdaadstatistiek gemaak het. Die nasionale statistiek vir die afgelope finansile jaar tot en met Maart 2013 is verlede week deur die kommissaris van polisie, generaal Riah Phiyega, bekendgemaak. Wat Rapport gedoen het is om die hoeveelheid aangemelde misdaad te vergelyk met die bevolking van n spesifieke streek. Hiervolgens is Plettenbergbaai en Woodstock in terme van huisbraak, huisroof, motordiefstal en motorkaping die onveiligste plekke in die Wes-Kaap, gevolg deur Kleinmond, Stellenbosch en Parow. Dit is belangrik om hier ingedagte te hou dat die ontleding net aangemelde misdaad in ag geneem het en dat dit statistiek is wat reeds minstens ses maande oud is. Die prentjie tans lyk waar-

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 5

Kol. Cetyana aan die woord tydens Woensdagoggend se nuuskonferensie op Hermanus skynlik nou nog slegter aangesien dit n bekende en onbetwisde feit is dat inbrake en diefstal, veral in Kleinmond self, drasties toegeneem het Julie en Augustus vanjaar. Hierdie skokkende tendens is gister (Woensdag) bevestig by n nuuskonferensie op Hermanus waar die bevelvoerder van die polisie se Hermanus streek, kol. Vincent Cetyana, plaaslike misdaadstatistiek bekendgemaak het. Die Hermanus polisiestreek strek vanaf Rooiels kuslangs tot by Struisbaai. Kolonel Cetyana het ges wat die hele streek betref het misdaad met slegs met 1,6% toegeneem. In Hermanus self het misdaad met 2,8% gedaal, in Stanford met 9,6%, in Gansbaai met 4,9%, in Napier met 5,6% en in Struisbaai met 10,5%. Die enigste uitsonderings was Bredasdorp waar misdaad met 6,7% toegeneem het en dan Kleinmond waar misdaad met n allemintige 29,4% gestyg het. Op n vraag oor die redes vir die dramatiese styging op Kleinmond het kol. Cetyana, ges hy meen die uitgestrektheid van die Hangklip/ Kleinmond gebied asook n tekort aan personeel is waarskynlik die hoofoorsake. Daar is aan hom uitgewys dat die Gansbaai gebied byvoorbeeld nog meer uitgestrek is en dat ander polisiekantore sekerlik dieselfde mannekragtekorte ondervind. n Nadere ontleding van die Hangklip/Kleinmond statistiek toon dat sg kontakmisdaad met 15,6% gestyg het, kontak verwante misdade met 4,4%, eiendomsverwante misdaad met 47,3%, ander ernstige misdaad met 37.1% en misdade waaraan polisiring n verskil kan maak met 47,3%.

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 6

Criminals target ATMs


KLEINMOND - It seems that criminals constantly regard ATMs as easy pickings. Yet a vigilant elderly lady from here largely thwarted at least one villain. On a Sunday earlier this month Ms Tillie Smit (78) went to the Spar Centre where she was to have lunch at a local restaurant. Beforehand she parked her car at the parking bays at the ATMs to draw money. While getting her things together, because she would walk to the restaurant nearby, she noticed a well-dressed man standing near the Absa ATM which is adjacent to the Nedbank one she wanted to use. Me. Smit s die korterige man was netjies geklee in n pak en das en dit het so terloops by haar opgekom dat hy seker in die kerk was. Toe sy haar kaart in die OTM wou indruk, het hy met n blitsvinnige beweging die kaart uit haar hand gegryp en ges: I just want to show you something! Hy het die kaart vinnig in sy hand geneem en dit toe glo in die Absa masjien ingedruk waarop hy aan haar ges het om haar PIN nommer in te tik, want daar sou glo geen bankkoste verbonde wees aan die transaksie by daardie OTM nie. Sy het geweier. Die engele het seker cancel gedruk, want ek kan nie onthou dat ek dit gedoen het nie, en ek het my kaart gegryp toe die masjien hom uitspoeg! Toe sy na die OTM van haar keuse terug beweeg het, het die man weer langs haar gestaan. Ek het toe begin verbouereerd raak en onverrigter sake in my kar geklim. Hys daar weg en ek het besef dat hy dalk kan terugkom en met n truuk my geld kan trek. Ek het toe die balans getrek en slegs n klein bedrag in die rekening gelaat. Na n ruk het die man van binne die sentrum af weer teruggekom en vir haar n kaart gewys en ges, I also have a Nedbank card! Daarna het hy die kaart glo by die OTM ingedruk en n strokie gekry. Toe sy later in die week die balans nagaan, het sy gesien dat dit nul was. Me. Smit het die bank gebel om te hoor of hulle die oorblywende geld afgetrek het vir bankkoste, maar hulle het haar verseker dat hulle dit nie gedoen het nie.Die Herald het by Kleinmond Superspar die volgende bevestig: Tydens hul personeel opleiding word die personeel gewaarsku teen n apparaatjie wat skarmunkels in hul hand hou en dan vinnig n kaart daaroor trek om so n kaart te kloon. n Bestuurder van hier het ges dit is deel van die opleiding, omdat sulke voorvalle al in groter sentra voorgekom het, en hulle hul personeel net daarop bedag wil maak. Dis egter die eerste keer dat hulle van so iets hier hoor. Me Smit s: Ek wil graag die gemeenskap, veral ons bejaardes waarsku. Die skelms kloon jou kaart binne sekondes en kan jou beroof.

Die foto is geposeer om te wys waar die skelm Tillie Smit probeer inloop het en hoe maklik dit kan wees indien mens nie op jou pasoppens is nie.

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 7

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 8

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 9

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 10

Die Haweskuur is waar jy moet wees hierdie vakansie


Die bestuur van die mark in die ou Haweskuur het besluit om die mark in die komende skoolvakansie elke dag oop te hou: daagliks vanaf 10:00 tot 16:00 van Saterdag 21 Sep tot Sondag 29 September. Met n sentrale betaalpunt en kaartfasiliteite, blyk hierdie mark n wenner te wees vir uitstallers sowel as vir kopers. Uitstallers roteer op n diensbeurt-basis en kopers kan na hartelus hul mandjies volpak en eenmalig betaal. Behalwe n paar nuwe uitstallers gaan daar ook n vakansieprogram vir kinders aangebied word. Voorskoolse kinders kan soggens van 10 12 vm lekker kom knutsel en iets moois maak om by ma en pa te gaan spog. Die oggendprogram word met n Kokkelollie-poppespel afgesluit. Die Renboogmoeder sorg vir al hierdie vermaak. Koste R10 per kop. Smiddae van 2 4 uur is dit die laerskoolkinders se beurt. Vir ook net R10 per kop is dit n winskopie om ma en pa in vrede te laat inkopies doen en nog iets bruikbaar saam te neem huis toe. Ons uitstallers word volgens streng riglyne deur n komitee gekeur en slegs mense van die Hangklipomgewing word toegelaat: Pringlebaai, Bettysbaai en Kleinmond, s Judith Haefele, voorsitter. Vir die fynproewers is daar daagliks vars gebakte brood, tuisgebakte koekies en ander produkte, heerlike Belgiese sjokolade. Die Pannekoektafel gaan sorg vir n paar verrassings: Nie net gewone kaneelsuiker hier nie! Daar gaan ook

tongklaplekker vulsels wees met vrugte en neute en n karamelsous. Daar gaan selfs n proe-tafel wees met tuisgemaakte konfyt sonder preserveermiddels. Ons is baie trots op ons handewerkprodukte, en die bonus is dat alles hier in ons eie omgewing aanmekaargewerk, getimmer of vervaardig word, s Judith. Daar is kin-

derklere tot ouderdom 5 jaar, uitrustings en besonderse juwele vir die dames, handige pottebakkersware, gehekelde vatlappe en kombuisgoed asook n verskeidenheid produkte vir geskenkies. Daar is ook n hele paar produkte vir kinders en mooi en nuttige houtwerkitems, T-hemde en ander syskermdrukwerk, mooi sakke vir inkopies of strand,

Overstrand Herald
oulike sgoed om teen die muur te hang en boksies vir geskenke. Selfs die agtergrondmusiek het n vrolike kinkel. Musiek uit die Langspeelplaat-era! Bring sommer jou eie langspeelplate sodat ons musiekman dit vir jou in CD-formaat kan oorklank. Bel Judith by 074366 9533 vir meer inligting.

26 September 2013

Bladsy 11

Petroljoggies gentimideer
KLEINMOND Petroljoggies by Kleinmond se twee vulstasies word na bewering sedert Dinsdag gentimideer deur vakbondlede. Van die vakverbond NUMSA se lede en hul aanhangers het Dinsdagmiddag in die hoofstraat getoi-toi. Dit het daartoe gelei dat minstens een van die vulstasies by tye gesluit was. By die Sasol vulstasie was daar teen Woensdagmiddag steeds brandstof beskikbaar

NEEM KENNIS ASB!!


Spertye vir advertensies en berigte: ADVERTENSIES: Dinsdae 12:00 BERIGTE: Dinsdae 16:00

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 12

n Nuwe mark in Kleinmond?


n Mark moet die atmosfeer kan skep vir die bymekaarkom van n verskeidenheid inwoners en kinders van die dorp, omliggende dorpe sowel ons naburige groter metro-dorpe, soos die Strand, SomersetWes, Stellenbosch, Paarl en Noordelike en Suidelike Voorstede. Hier kom verskillende kultuurgroepe bymekaar, ons kuier en deel in mekaar se belangstellings en sorge. Maar terselfdertyd skep ons die geleenheid vir ons tuisteskeppers om hulself en produkte te bemark. In die proses versker ons dat bemagtiging geskied en ons maak n ekonomiese bydrae tot ons dorp se welstand en voortuitgang. n Mark wat die geleentheid vir alle tuisteskeppers van tuisgemaakte en handgemaakte produkte bied. Sommer n lekker wye verskeidenheid van vars gebak, vars groente en vrugte, kaas, breiwerk, hekelwerk, naaldwerk, houtwerk, krale, en n verskeidenheid van plante en blomme. Hier is n lekker geleentheid vir bymekaarkom en kuier op n Saterdag en Sondag met familie, vriende en kinders. Ons verneem dringend van enige persone wat belangstel om aan die projek deel te neem. Kontak vir Jessica by 082 496 3228.

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 13

Siyabulelea se nuwe speelgrond


KLEINMOND - The Siyabulela Pre-Primary School officially inaugurated their new playing ground with its road safety course last Friday. Die Wetstoepassings Departement van die Overstrand Munisipaliteit het namens die Burgemeester, me. Nicolette Botha-Guthrie, twee skopfietsies aan die skooltjie oorhandig. Die munisipaliteit het aangekondig dat hulle graag n projek by Siyabulela van stapel wil stuur om weekliks die kinders meer te kom leer oor padveiligheid. Hoewel die weer nie saamgespeel het nie en die kinders slegs by tye buite kon speel, het hulle die dag baie geniet! Die skool is baie dank verskuldig teenoor Chris Adams en sy twee helpers wat die speelterrein voltooi het. Hulle het baie hard gewerk! Die speelgrond is beslis n lus vir die oog en almal is oortuig dat ons kinders nog baie lekker daar sal speel. Saam met die opening het die skool ook n braai-geselligheid gehou en tweedehandse klere verkoop om fondse in te samel. Hier is die skool ook baie dankbaar teenoor die ses pappas wat bereid was om in die ren te staan en braai. Die skool is ook dank verskuldig aan me Corrie Gerber en haar helpers wat die klereverkope behartig het.

Overstrand Herald n Weeklikse rubriek deur Ilna Grobler ilna@overstrandherald.co.za

26 September 2013
Gewoon, lei ek af, want hulle het ook na n beter lewe gesoek. Die Du Preez broers en n neef wat goud gaan delf het, eers op Barberton en toe aan die Rand, vertel my dit. Met hulle geld het die twee broers vir hul elkeen naby Vereeniging n plaas gekoop, terwyl die neef wat terug gekom het Suid-Kaap toe vir hom die plaas Voorbaai in Mosselbaai gekoop het. Ja, DAARDIE Voorbaai. Ag nou ja. My ma se pa het besluit om n belowende loopbaan in die polisie te los in Natal waar hy in sy vroe dertigs reeds n sersant was om op die myne aan die Oos-Rand te gaan werk in die vroe 1930s was, want daar was glo baie geld op die myne te maak. Ja, n? Wat ek geleer het uit wat ek gehoor en gesien het, was dat my voorgeslagte baie familievas was en dis vir my die heel belangrikste van alles. Van

Bladsy 14
fotos lei ek af dat hulle n ou stoewe lotjie blyk te gewees het, want lag of glimlag het hulle nie sommer nie. Maar miskien was dit die mode van destyds. Fotos was n ernstige saak. En oorlewing ook. Waaroor ek besonder dankbaar is, is dat my herinneringe oor almal my soveel vreugde verskaf. Ook die van my pa en my ma en hulle broers en susters en my niggies en neefs. En DIT is my erfenis. Nie wat ek eet of drink of monumente nie. Dis kultuur en geskiedenis. Ek heg waarde daaraan en ek respekteer dit soos ek ander mense sn respekteer. Maar my erfenis is wat ek uit my eie voorgeslagte se doen en late geleer het en wil nadoen. Hulle was gewone mense wat na die beste van hul vermo gelewe het en vir hul gesin en familie omgegee het. DIT is die erfenis wat vir my belangrik is.

Nog n koppie..?

Erfenisdag
Ps 8:5 en 6 Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot. Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.
Ek weet waarskynlik bietjie meer van waar ek vandaan kom as die gemiddelde SuidAfrikaner. Nie veel meer nie, maar genoeg om te weet my voorouers was n interssante ou spannetjie en ek is dankbaar dat ek dit kan weet. Die naaste van die vooroutjies, is n oupa en ouma wat albei deur die Angelo-Boere-oorlog is: die oupa as n Bittereinder en die ouma as n jong plaasmeisie wat n konsentrasiekamp net net misgeloop het omdat hulle familie in Johannesburg gehad het. En na die oorlog het die ouma eers by die Abraham Kriel kinderhuis gewerk as hulp en toe by die weeshuis op Middelburg. Daardie ouma se ouers was Kolonialers uit die George omgewing wat verplant het na die Hoveld van Transvaal. Die oupa se ma was n nooi Retief uit die Paarl omgewing glo. Dus in alle waarskynlikheid verwant aan Piet Retief en daar het jy dit: n Groot Trek konneksie. Maar die spannetjie uit die Paarl het eers heelwat na die Groot Trek hul pad gekry. Die vanne van Vaderskant loop hoofsaaklik terug na die Hugenote: Retief en Du Preez. Met n Koch en n Gericke om dit interessant te maak. Daar bestaan allerlei fantasie oor die Koch grootoupa. Sy spore loop iewers dood in die sand. MAAR toe trou ek n joernalis wat nie n ding laat staan nie en hy grou en grou en nou is daar n genealogiese navorser uit Hamburg in Duitsland besig om verder te soek. Van my ma se kant af is daar Lotz-bloed van haar pa af. En Bruwer. En van die ouma Coetzer en Janse van Vuuren. En die Janse van Vuurens word ammele as n befoeterde ou lotjie beskryf. Ek het die van hierdie mense geken. Wat ek weet is dat hulle vrome mense was wat hoofsaaklik die Bybel as riglyn gehad het. Goeie mense. Sout van die aarde mense. Gewone mense.

Briewe
Polemiek oor diens
Na aanleiding van die afgelope polemiek oor Swak/ Goeie Diens in Kleinmond, die volgende van my kant afverskoon my die lang lys, dit is eintlike n skuld-offer. Dit is nou maar eenmaal n feit Ons is gou om te kla; traag om lof te bring aan hulle wat dit verdien. Ons het gaan sit, bestekopname gemaak aan wie ons deur die jare GROOT dankie moet oordra. Kollektief dan, baie dankie aan; S.T.Motors; Quick Fit; Photo Click; Poskantoor; Drs. Du Plessis, Van Niekerk en Morkel; Allerlei; Pudding & Pie; Fountains Restaurant; Dr. Dave; Safe Security; Buildt It ; Bouhandel; Werners Vleismark; Hannes Singleton; Amakaya; Tiekie Ince; Conrad- Faulty volts; Drikus Haasbroek; Johan Kotze; Johan Swart- Loodgieter; Lourens Oosthuizen; Rassie Erasmus; Natuurlik Anthony van A.M.H. soos reeds vermeld. My grootste dank gaan egter aan almal by Sonic Computers!! Vir my as ou dame wat vreeslik sukkel in die vreemde digitale wereld , is hulle ALTYD beskikbaar om my met die grootste geduld en goeie raad by te staan- Franc en Chris, julle is die Beste!!! Aan almal : baie, baie dankie! Ons het tot die slotsom gekom ---- ons is besonder gelukkig in Kleimond ! Het regtig niks om oor te kla nie. Dit wil egter voorkom: hoe kleiner die besigheid, en as dit deur die eienaar self bestuur word, hoe beter en vriendeliker die diens!! Wat leer ons hier uit? Is werknemers, sonder toesig, werklik daartoe verbind om hul heel beste te lewer? Siekte van ons tyd in ons land? Isa Albertyn

Overstrand Herald
Die Kleinmond Belastingbetalersvereniging (KBBV) wil graag vir Mnr Schalk Boonzaaier (OH 19 September 2013) sterk ondersteun in sy poging om die strandmeer te red. Ons stem saam met sy stelling dat die riete oor meer as vyf jaar onbeheersd ons grootste bate vernietig. Mnr Boonzaaier is absoluut korrek met sy stelling dat nog die Overstrand Munisipaliteit (OM), nog Kaap Natuurbewaring n snars omgee oor die agteruitgang van die strandmeer. Die KBBV het ook geen vordering gemaak met aksies wat ons deur die Munisipale Bestuurder en die Wykskomitee geloods het nie. Elke keer het die aksie doodgeloop, die rede, die Provinsie is verantwoordelik vir riviermondings en strandmere en nie die OM nie. Daar is, sover die KBBV se wete, steeds n komitee wat die OM moet adviseer oor die bestuur van die Botrivier estuarium en riviermonding. Die konsultant se kontrak het onlangs verstryk en die Kleinmond Bestuurder Biodiversiteit Bewaring (Mnr Neville Green) is ook intussen bevorder. n Verteenwoordiger van die KBBV bestuur het verskeie vergaderings van die komitee bygewoon en aan die KBBV rapporteer. Die persepsie het egter ontstaan dat daar konflik tussen komiteelede bestaan (het) wat negatief ingewerk op die bereiking van doelwitte. Die KBBV is uiteindelik verwys na mnr. Pierre de Villiers, kordineerder van die mondingsprogram van Kaap Natuurbewaring. n Skrywe is reeds in Februarie 2013 aan Mnr De Villiers gerig, nodeloos om te s, ons wag na sewe maande steeds op erkenning van ontvangs, wat nog te s n antwoord. So ons is weereens terug by die begin en intussen groei die riete lustig voort. Op 2 Julie 2013 berig Die Burger dat mnr. Anton Bredell, Wes Kaapse minister van plaaslike regering, Omge-

26 September 2013
wingsake en Ontwikkelingsbeplanning dat n skenking van R186 miljoen vir n riviermond bestuursprogram bewillig is. Die Burger berig ook dat n riviermond naby Kleinmond sal n gesonde vis broeiplek bly Ook dat Die BotrivierKleinmond estuarium ... ook n belangrike broeigebied vir visse is en noodsaaklik vir die voortbestaan van verskeie spesies in die ekosisteem. Die KBBV het, op grond van die berig in gesprek gegaan met die Kleinmond Areabestuurder en Mnr Danie Coetzee, waarnemende Bestuurder Biodiversiteit Bewaring. Ons is toe meegedeel dat Mnr Bredell totaal verkeerd aangehaal is, en dat die fondse vir die Werk-vir-water/Werk-virvuur projek bestem is ten einde opvanggebiede te bestuur en dat geen fondse vir die Botrivier estuarium bewillig is nie. Die indruk wat ons tydens die gesprek gekry het was dat die strandmeer nie op die Munisipaliteit of Kaap Natuurbewaring se prioriteitslys is nie. Die bewering dat die invloei water met riool- en kunsmisloging besoedel is en dat dit tot die onbeheersde groei van riete lei, is sekerlik ongetoets. Dit is uiters onwaarskynlik dat die gholfbane so oorbemes word dat kunsmis in die strandmeer kan beland. Sover die KBBV se kennis strek is die area bokant die strandmeer al etlike jare ge-lede aan die spoel rioolstelsel gekoppel. Daar kan egter nog rioolreste uitloog, maar dit behoort uiters minimaal te wees, veral na die afgelope twee ho renval seisoene wat ook tot die oopbreek van die strandmeer gelei het. Die bewerings van kunsmis- en rioolbesoedeling is ongetoets en dus ongeldig. So Mnr Boonzaaier is heeltemal korrek dat die bestuur van die strandmeer veral dan binne die Kleinmond Munisipale gebied, deur beide die Provinsiale en Plaaslike regerings ignoreer word. Gawie Eksteen, Voorsitter KBBV

Bladsy 15

Die strandmeer - ons grootste bate

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 16

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 17

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 18

Oom Sakkie (die strooipop op Singleton se Winkelstoep) het nou die dag sin probeer maak van sommige mense se interpretasie van die woorde nostalgie en heimwee. Volgens die HAT is hulle sinonieme, maar sy strooibrein het tot die volgende slotsom gekom: nostalgie (volgens hulle) is die hunkering na die vleispotte van Egipte die verlang en terugwens van bv. Die Ou Bedeling omdat dit voel of daardie tyd beter as nou was, terwyl heimwee jou terugneem na die dinge van die verlede wat vir jou mooi herinneringe inhou; wat vir niemand eintlik enige bedreiging inhou of afstootlik is nie en wat jy nog n slag sal wil beleef. Dis daardie gedagte: Onthou jy nog? Onthou jy nog die Imperiale stelsel van geld, mate, inhoud, en gewigte voor die desimale stelsel waar die desimale punt net telkens geskuif is!? Geldsake is bereken in ponde (), sjielings (/-) en pennies (d) met 20/- in 1 en 12 d in 1/-. Die d vir pennie kom blykbaar van die Romeinse denarius af. Is die volgende som korrek? 4 15/3 + 9 8/10 = 14 4/1 Wat van die vroegjare 60 met Daan Desimaal, die Rand/cent man, hy ruil sente net waar hy kan: een sent (1c) vir n pennie, en twee vir twee; en 2 en n half maak n tiekie.? n Tiekie was 3 pennies, n sikspens 6 pennies, n half-kroon 2/6 en n kroon 5/- . In die nuwe stelsel het 3d 2c geword en 6d slegs 5c en 1/- (12d) net 10c. Ons is ingeloop!!! Wat het van die laaste 2 pennies geword?!! Mates is bereken in myle, jaartse (jrt), voete(vt) en duime (dm). So was daar 1760 jrt in n myl, 3 vt/36 dm in n jaart en 12 dm in n voet. Reken nou maar self uit hoeveel duim daar in 3myl 104 jrt 6 vt en 9 dm was. Ellelange somme en n nagmeriie vir diegene soos myself wat nie juis syfervaardig is nie!! Om die atletiekbaan is die droommyl onder 4 minute gehardloop, maar daar was ook die 880 tre (halfmyl), die 440 en die 220! Perde het in furlongs (220 tre of 1/8 myl) gehardloop. Inhoud is bereken in gelling (gell) en pinte (pt) met 8 pt in n gelling, terwyl gewig uitgedruk is in tonne (t), ponde (pd) en onse (oz) met 2000 pd in n ton en 16 oz in n pond. Nog steeds nagmerries!! Voeg daarby ook die werklikheid dat daar aan die begin gereeld van die desimale stelsel na die ou stelsel teruggeskakel moes word om darem n idee te vorm van hoeveel jy praat. Bv. my lengte in die ou mate is 6 vt 4 dm (64) en moes oorgeskakel word deur 1vt=30.48cm en 1dm=2,54cm. Dus is ek (30.48x6)+(2.54x4)=182.88+11.43=194.31cm of (skuif net die punt!!) 1.9431m Dit was net so n ingewikkelde som!! Deesdae werk jy dit sommer met die sakrekenaar/telefoontjie/PC uit!! Onthou jy nog die maaltafel- en bg. matetabelle agterop die die skryfboeke? Hoe is ons nie gedril om die tafels tot by die 12xtafel uit ons koppe te ken nie!! Menigmaal het die rottang/ liniaal/plathand jou vinnig laat onthou! In st.4/gr.6 was ek elke (vervolg op bl 19)

Oom Sakkie se wooi

Overstrand Herald
(vervolg op bl 19) dag voor die bord met n som (nie wiskunde nie!) en elke dag het ek n paar houe gekry. My L.O.-broekie het ek s permanent gedra dat dit die einde van die jaar skoon geskif het!! En daai onderwyser het later die hoof van die Onderwysdepartement se Sielkundige Dienste geword!!! Onthou jy nog daardie dag toe jy jou handboeke (wat jou broers/susters al lank voor jou gebruik het) uit die kas gaan haal het en dus met n koffertjie (van karton) vol boeke by die skool opgedaag het en die eerste middag opgewonde huistoe gehardloop het om die skryfboeke met die skool se eie bruinpapier (hoekom is dit ook vaalpapier genoem?) met die skoolwapen voorop (en die tabelle agterop) oor te trek?

26 September 2013
Onthou jy toe jy in st.3 die eerste keer met n inkpen (weliswaar met n los nip wat so ooptrek as jy te hard druk en dit dan twee strepe i.p.v. een dikke trek dat dit vashaak en ink oor die hele bladsy spat!!) begin skryf het? Die ink is van blou poeier en water gemaak en met n gietertjie in die inkpotjies gegooi. Die inkpotte het mooi in die gaatjie in die bank gepas. (Ja, kinders, dis waarvoor die gaatjie daar is; nie om die potlood se snysels in te gooi nie!!) In st.4 het ons vir die eerste keer met n fountainpen geskryf (n

Bladsy 19
Troupin waaraan jy aan die agterkant n verlengingsstuk kon aanskroef sodat dit net soos die vorige jaar se losnippenne gelyk het!) en in st.5 is die blpuntpen in gebruik geneem. Those were the days, my friend, we hoped they would never end!! Jean

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 20

Go Green
A weekly column by Retha Visser It seems that we will be blessed with some sunshine for at least a few days and it would be the ideal opportunity to get planting in your garden. September is the best time to plant summer flowering bulbs and tubers which will flower well into autumn. Also for floral splendour choose indigenous flowering daisies and vygies. A huge variety of vegetables can also be planted in September. This includes beans, broccoli cabbage, carrots, corn, cucumber, gems, lettuce, leeks, marrow, peppers, potatoes, pumpkin radish, Swiss chard, tomatoes and turnip. Whilst enjoying the abundance of your garden you will notice that garden pests also seem to want to share in this abundance. The safest way of combating these visitors is to make your own insecticides in the form of sprays. Take 500g elder leaves, add to 3,5 lt of water, simmer for 30 minutes, let it cool and add one teaspoon of dishwashing liquid. It is a good general pesticide and fungicide that is especially good for getting rid of black spot, caterpillars, aphids and thrips. Another good general fungicide for inhibiting powdery mildew on squash and pumpkin is made by adding 1 tablespoon of bicarbonate of soda to 2,5 lt of water, add teaspoon dishwashing liquid and teaspoon canola oil, mix well and the spray is ready for use. Using these non-poisonous sprays will keep all the little feathered visitors to you garden safe from harm. Happy gardening this spring to all the keen gardeners out there!

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 21

Enige nuuswenk?

Skakel ons by 028 271 3394

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 22

Op 4 Mei, op Cobin se 4de verjaardag het hy sy Buddy gekry, en nou, vier maande later, is Buddy dood. KLEINMOND - Op 4 Mei vanjaar het klein Corbin October vier jaar oud geword. Vir di dag het sy ma, Claudia Dramat vir die outjie n geselskaphondjie by KAWS gekry. Corbin het die diertjie met sy o gevolg en Buddy het toegelaat dat Corbin hom vashou en troetel. Dis iets wat nie baie maklik is vir Corbin nie, aangesien hy serebraal gestrem is en erg gehoorgestremd is. Maandag het n motor Buddy doodgery. Die gesin by in n buitegebou agter in n werf in Nemesiastraat. Toe Claudia van die werk af kom het Buddy onder n viertrekvoertuig se wiele beland en is n ent gesleep. Die hondjie het homself tot by Claudia gesleep en is in haar arms dood.Corbin maak nie maklik oogkontak nie, maar nou kyk hy heeltyd in haar o, vertel Claudia, so asof hy vra: Mammie, waar is my maatjie dan? Afgesien van die verlies aan n maatjie, is dit vir haar baie erg dat die bestuurder nie eens gestop het nie en die feit dat daar omtrent vier jong kinders ook in die straat by die hondjie was.

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 23

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 24

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 25

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 26

Kerke / Churches
NG KERK: SEPTEMBER
Datum Kerk: 09:00 1 Ds. Nico Rabe 8 Ds. Barry Lordan 15 Dawie de Wet 22 Ds. P Taljaard 29 Ds. Schalk van Wyk Sentrum: 09:00 Ds. Ben de Wet Ds. Daan Botha Theuns Henn Ds. Nico Rabe Ds. Barry Lordan Saal: 08:30 Ds. Barry Lordan Ds. Nico Rabe Thys Visser Geen Geen

KLEINMOND AANBIDDINGSENTRUM P.P.K H/v 7de Laan & 7de Straat Almal welkom!! Pastoor Smit 028 271 5694 / 083 633 6172 Sondagoggend: 09:45 Christian Revival Church Mend the nets, the catch will be great Main Road 68 Wednesday Nights at 19:00. All ages welcome. We worship, praise and love God with boldness and with all of our heart, so come and join us! Heinrich 072 460 6226 / Riana 072 403 0599 AGS KERK KLEINMOND Hoofweg 68 (Pastoor Tewis De Jager 082 771 9365 Elke Sondagaand om 18:00 Kerkdiens Woensdagaande om 19:00 C.R.C. Jeug Donderdagaande om 19:00 Biduur + Bybelstudie Sondagoggende Verskillende Uitreikings Almal welkom HERVORMDE KERK Skakel Ds J Claasen (021) 855 4847 Strand: 09:00 elke Sondag Hermanus: 11:30 Die 1ste en 3de Sondag van elke maand SEWENDE DAG ADVENTISTE KERK Aanbid in die Gereformeerde Kerk, h/v 13de Laan & 6de Straat, Kleinmond Saterdae: Sabbatsskool 09:30 Erediens 11:00 Almal welkom! 072 094 5819 / 028 271 4173 NEW APOSTOLIC CHURCH KLEINMOND c/o Nemesia Ave & School str, Proteadorp, Kleinmond 072 077 7888 / 082 781 3556 Sunday Mornings Service: 09:00 Wednesday evening Service: 19:30 All welcome VKG PROTEADORP Oggendbyeenkoms: 10:00 Aandsamesang: 18:00 AFRIKAANSE PROTESTANTSE KERK Elke 2de en 4de Sondag van elke maand om 16:00 in die Gereformeerde Kerk, 13de Laan, Kleinmond. Tel: 028 271 5837 / 083 412 5870 DEUTSCHE EV.-LUTH.KIRCHENGEMEINDE STELLENBOSCH Sie Sind herzlich eingeladen zum Gottesdienst mit Heiligem Abendmahl jeweils um 15:30 im Hause Kiessling 19 Harbour Road Kleinmond. Sonntag, den 27 October 2013 Sonntag, den 2 Dezember 2013. Adventsfeier GEREFORMEERDE KERK H/v 13de Laan & 6de Straat. Tel: 028 271 5359 Skriba: Izak Lessing Tel: 028 273 8134 / 083 259 3403 09:30 Ds Ferdie Postma 18:00 Ds Ferdie Postma LAKESIDE CHAPEL (Undenominational Christian Fellowship) Lakeside Drive, Bettys Bay. Jan Vorster (Elder) 084 555 3322 / 028 272 9932 Sunday Service time at 09:30 ST FRANCIS ANGLICAN CHAPELRY Holy Eucharist every Sunday at 09:00 in the Roman Catholic Chapel, Twist Street, Bettys Bay For further information contact - Chapelwardens 028 272 9901 / 028 272 9551 KLEINMOND FELLOWSHIP CHURCH 72 6th Street, Kleinmond Pastor Lionel Gibbons 028 271 4249 Sunday Morning Worship: 09:30 Sunday School: Grade R Grade 3 CATHOLIC CHURCH Twist Street, Bettys Bay, Mass: Saturday @ 17:30 Additional services as per notice board. Parish Priest: Father Pierre Goldie 078 824 5411 Deacon: Rev. Lester May 021 856 3793 / 082 568 4187 ST NICHOLAS ANGLICAN CHURCH Heide Street, Proteadorp Chapelwardens: Chris Japhta 0847 686 984 / Leilani Abrams 079 980 4540 / 028 272 9363 Services:1st and 3rd Sunday morning prayer at 10:00 2nd Sunday communion at 10:00 3rd Sunday morning prayer at 10:00 4th Sunday at 08:00 holy communion Sundayschool at 09h00 Mavis swartz 028 271 4378 Fonteinvroue gebedsgroep Maandagaande 18:00 Jeug Vrydagaande 18:00 Kyle Oliver 0840219372 nce a Anglican, always a Anglican. PRINGLE BAY UNITED CHURCH Cnr Crescent & Park Streets. Rev Gavin Graham 028 273 8172. Sunday service: 09:00

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 27

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 28

Dagboek
13 & 14 September: Singletons Winkel oop Vrydag- en Saterdagoggende (winter) vanaf 09:00-13:00 in Tweede Straat 14, Kleinmond. Kontakpersoon: Estelle Victor 0282713260/ 0727780249. Sosiale tennis op die bane van Kleinmond Tennis worrd gespeel op Woensdae, Saterdae en vakansiedae vanaf 14:00. Almal welkom. Besoekersfooi op Saterdae R20 & Woensdae R10. Lieflappers Uitstalling: 3 Oktober: Vergadering rolbalsaal. Bring vliende-vols-blokke. 7 November: Vergadering rolbalsaal. Bring die hele jaar se blokke. Harbour road craft market Kleinmond. Besoek ons by Harbour road Kleinmond, Ou Haweskuur (ingang tussen Shellfish Bar en Stoep Caf). 21 - 29 September 10h00 16h00. 5 6 October 10h00 15h00. 26 en 27 October 10h00 15h00. 2 en 3 December 10h00 15h00. Friends of the Library, Bettys Bay: 28 September: BOOK SALE at Miems in Pringle Bay from 9h00. 17 October: Complete your Makeover by Chantal Witthuhn from La Femmetique at 10h30, Bettys Bay Library. Kiekieklub: 27 September: Fotos vir die kompetisie met die tema Mense wat werk moet nie later as 12:00 ingehandig word nie. 1 Oktober: Die Kiekieklub byeenkoms vind plaas om 19:00 in die Biblioteeksaal. Die inskrywings vir die kompetisie met die tema Mense wat werk sal beoordeel word en Guillaume Oberholzer sal n aanbieding doen oor hul besoek aan Noorwe. 28 September: U word hartlik uitgenooi na n gewyde musiekprogram wat deur kunstenaars van Helderberg Kollege, Somerset-Wes om 11:00 in die Kleinmond Stadsaal aangebied sal word. Hierdie aanbieding volg op n gesamentlike sangdiens, kort sendingprogram en n inspirerende Bybelstudie, wat om 09:15 begin. Toegang gratis - slegs offergawe (kollekte) sal opgeneem word. Almal baie welkom. 28 September: BOOK SALE at Miems in Pringle Bay from 9h00. 28 September: Food, art and craft market at the Village Centre, Bettys Bay. Fun thins for the kids, jumping castles and cupcakes decorations. Boot sale and lots more. New member welkm (R40 per stall). Sms or call Madri at 072 101 3941. 30 September: Leeskring vergader in die Kleinmond biblioteeksaal om 15h00. Suzette Haussman bespreek Saturday deur Ian McEwan. Almal welkom. Skakel Marietjie 0824455962. 3 Oktober: LENTEDAG. Kerksaal om 3 uur nm. Kleinmond Craft Market (Kunsmark). As the library has again reverted to closing every Saturday, our market will be held every Friday 09:00 15:00 depending on availability of the hall. If our board is outside, we are inside. New members welcome. Marlene 028 271 3582 / 073 171 1623

3 Oktober: Kleinmond Belastingbetalersvereniging se maandelikse bestuursvergadering om 6nm in die Biblioteeksaal. Almal is welkom om die vergadering by te woon. 4 Oktober: Slaplag Konsert N G Kerksaal om 18:00, R40.00 - ligte ete ingesluit. Bring eie drankies en glase. Ten bate van Fynbos Seniorsentrum. 9 October: The local CANSA Volunteers have arranged a meeting for people who want more information about swollen arms after mastectomy. The expert Herman Jordaan will talk about Mobilisation of surgical wound scarring after mastectomy and lymphectomy. He is willing to answer questions afterwards. 17 October: Complete your Makeover by Chantal Witthuhn from La Femmetique at 10h30, Betty`s Bay Library. 7 November: KERSPROGRAM. Kerksaal om 3 uur nm. 7 November: Kleinmond Belastingbetalersvereniging se maandelikse bestuursvergadering om 6nm in die Biblioteeksaal. Almal is welkom om die vergadering by te woon. 15 November: Kleinmond Belastingbetalersvereniging se Algemene Jaarvergadering om 10vm. in die Greformeerde Kerk/saal. Alle belastingbetalers word hartlik uitgenooi om die vergadering by te woon.

WANTED / GESOEK Anyone has a cd player that is gathering dust, please? We need for our worshipdancers at St Nicholas Church. Please contact Leilani 079 980 4540. Any information regarding 2 ginger cats that have been missing from Werners Butchery since the end of August. Please contact KAWS at 028 271 5004 Bertha lives in Pringle Bay, looking for extra Char / General Housework on Mondays, Tuesdays & Fridays. Her cell number is 078 817 6172. For reference, phone Desiree at 082 937 1663 Penny is looking for char work Tuesdays and Fridays. Has reference Mrs Heuer 083 448 1287. Phone 071 769 8875 Yskas en Twin-Tub wasmasjien. Skakel Cecelia 082 575 2557 FOR SALE / TE KOOP Boat for sale. Make a offer. Boot te koop. Maak n aanbod. Phone 079 657 6857 SAMSUNG Televisie R650 in goeie werkende toestand. Skakel 082 462 3409 / 028 273 8941 LG DVD recorder/player used only very occasionally in the past. Still in prestine condition. Not used currently and unwanted. Willing to sell for R1000. Phone 028 271 4881 Good computer monitor (screen) mouse and axcellent keyboard regret no box R100. Phone 083 207 5721

Buksies

Overstrand Herald

Buksies

26 September 2013

Bladsy 29

TV R500. Enkel bed met matras R400 en Queen bed met matras R950. Tafeltjies (rond) R30 elk. Skakel 028 271 3496 \ 082 579 2580 Chest of drawers R100. Old kitchen table R100. Phone 072 417 9641 Garage sale: Household oddments and furniture. Saturday 12 October from 09:00 12:00. No 7 Mountain View 44 13th Avenue. Garage sale: Saturday 28 September from 09:00 14:00. 16 Bob Laubser str, Palmiet, sorry no tool or garden equipment. Phone 076 195 3961

Spertye vir advertensies en berigte: ADVERTENSIES: Dinsdae 12:00 BERIGTE: Dinsdae 16:00

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 30

SERVICES / DIENSTE

NEEM KENNIS ASB!!


Spertye vir advertensies en berigte : ADVERTENSIES: Dinsdae 12:00 BERIGTE: Dinsdae 16:00

Overstrand Herald

26 September 2013

Bladsy 31

SERVICES / DIENSTE

NEEM ASB KENNIS!!


Spertye vir advertensies en berigte: ADVERTENSIES: Dinsdae 12:00 BERIGTE: Dinsdae 16:00

Kleinmond golf results


WEDNESDAY COMPETITION (SINGLES BOGEY PLUS) 18 SEPTEMBER 2013 There was a nice turnout of players who turned out to play the above competition. There were 43 in total. Nearest the pin on hole no 1: Anthony Ferreira Nearest the pin on hole no 12: Hans Emmenis (Our thanks to Werners Butchery & Burger Turf Management for sponsoring prizes for the above.) 1st: S Burger (+6) 2nd: J Stone (+6) 3rd: J Kriel (+4) 4th: K Olivier (+3) 5th: D Rossouw (+2) SATURDAY COMPETITION (4BBB BOGEY PLUS) 21 SEPTEMBER 2013 Setting out on a rather chill day, 48 players took to the field. The effect of the snow on the far-off mountains was felt by all. Nevertheless there are those who can handle the crispy cold weather better than others shown by the good scores at the end of the day. Nearest the pin on hole no 1: C Jacobs Nearest the pin on hole no 12: S Roos 1st: C Antonie & H van Zyl (+9) 2nd F Bruwer & A October (+8) 3rd: K & J van der Merwe (+8) Sheila Augustyn

Hennis v Zyl & Charles Antonie standing with F Eagar (Captain)

Sondag liga skop af met n wen vir Kleinmond


So op ons eerste dag van werklike lente het Kleinmond werk daarvan gemaak om vir Caledon te wen op hul tuisveld op Sondag 22 September. Met n blad wat moeilik was om lopies op aan te teken het Kleinmond sukkelend begin en die top orde kolwers het klippe gekou. Die telling was op n stadium 27/3 maar goeie vertonings deur Richard Hansen (32), Arend Potgieter (16) en Danny Gerber (17) het gehelp omn telling van 126 aan te teken. Met Caledon in om te kolf was die mees vernaamste kenmerk die swak veldwerk deur Kleinmond. Nie minder nie as 7 vangskote is verbrou. Op die einde kon hulle nie die heeldag op geluk staatmaak nie en die paaltjies het begin kantel. Die Staatmakers hier was Divan de Wit met 3/26 en Reno Botes met syfers van 4/24. Die 5de Oktober begin die Boland liga en Kleinmond speel teen Elgin. Ons waardeer u ondersteuning. Reno Botes

You might also like