Rasionaal
Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom dieinhoudsveld Materie en Materiaal/Stowwe te ondersteun. Dit is nie ’n volledige werkskeduleis nie. Dit bied moontlikhede vir onderwysers om ander leerervaringe in te sluit en ditverder uit te brei en te ontwikkel.Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy te werk kan gaan om die drie leeruitkomste indie Natuurwetenskappe-leerarea van die NKV te bereik.
Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynselste reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewingverbande te ondersoek en probleme op te los.
Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennistoe.
Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap entegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.Ons weet dat kinders van nature weetgierig en oplettend is. Kinders leer oor die wêrelddeur waar te neem, vrae te vra en sin van hul ervaring te probeer maak. Wetenskap-onderrig behoort hierdie natuurlike neigings toe te laat om te ontwikkel. Moedig jouleerders aan om vrae te vra. Vrae is ’n geleentheid om die klas by waarnemings enbesprekings te betrek.
In Wetenskap wil ons hê leerders moet die volgende doen:
ontwikkel ’n lewendige weetgierigheid oor die wêreld om hulle
stelvrae met selfvertroue
bring hul vrae in verband met wat hulle in hul tuisomgewing en in die wêreld waarneem.
Dit kan lei tot ’n ryke omgewing om in te dink, te praat en te skryf. Kinders met hierdieweetgierigheid sal leer en sal ook in skeppende mense ontwikkel.
Assessering
Die assesseringstake in hierdie groep leerervaringe skakel direk met die NKV-assesseringstandaarde. Dit is ontwerp om leerders aan te moedig om te wys wat hulle weeten dink en om hul vrae op te teken en aan jou te wys.Kursus aangebied deur Nontsikelelo Mahote en Rose ThomasBoekie ontwerp deur Welma OdendaalIllustrasies deur Nicci Cairns en Janet RansonVertaling deur Ronél Gouws
Western Cape Primary Science Programme
Edith Stephens Wetland Park Lansdowneweg, Philippi, 7785Posbus 24158, Lansdowne, 7779, Suid-AfrikaTel: 021691-9039 Faks: 021 691-6350E-pos: info@psp.org.za Webtuiste: www.psp.org.za