You are on page 1of 37

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

ENERGIE EN
’n Voorbeeld van ’n kort leerprogram in die
Natuurwetenskappe en Tegnologie

VERANDERING
GRAAD 5

AKTIWITEITE 4: Ons kry ook lig-, klank-, hitte- en


1: Maak ’n klasplakkaat om die bewegingsenergie van die
verskillende vorms van energie hooftoevoer
te wys 5: Hoeveel elektriese energie
2: Elektriese energie beweeg deur gebruik verskillende toestelle?
verskillende stowwe 6: Waarvandaan kom die
3: Maak elektriese stroombane hooftoevoer-elektrisiteit?
om lig-, klank-, hitte- en 7: Hoe kan ons elektrisiteit
bewegingsenergie te skep veilig gebruik?

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP. ©PSP 2002
ONTWIKKEL DEUR DIE WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE
PROGRAMME-SPAN EN ONDERWYSERS
Hierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste
in die Natuurwetenskappe te bereik:

s LU 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike
verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks van
wetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.

s LU 2: Konstruksie van Wetenskapkennis


Die leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en
omgewingskennis te interpreteer en toe te pas.

s LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing


Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen
wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span en


onderwysers in die GetInset-projek
Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson
en vertaal deur Ronél Gouws
Western Cape Primary Science Programme
Edith Stephens-Vleilandpark
Lansdowneweg
Philippi
Posbus 529
Howard Place
7450
Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350
e-pos: info@psp.org.za
webtuiste: www.psp.org.za
Inhoud
• Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 5.
• Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys.
• Dit sluit die volgende in: aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers,
steunmateriaal en voorstelle vir assessering.

2 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 Maak ’n klasplakkaat om die verskillende vorms van


energie te wys
4 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Elektriese energie beweeg deur verskillende stowwe
6 . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Maak elektriese stroombane om lig-, klank-, hitte-,
en bewegingsenergie te kry.
12 . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Ons kry ook lig-, klank-, hitte-, en bewegingsenergie
van die hooftoevoer.
14 . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie
gebruik verskillende toestelle?
17 . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 Waarvandaan kom die hooftoevoer-elektrisiteit?
18 . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?
22 . . . . . . . . .Voorgestelde werkskema
23–26 . . . . .Assessering en rekordblaaie
27 . . . . . . . . .Kodes vir assessering
Taakkaarte vir fotostatering
28 . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Deur watter stowwe kan elektrisiteit beweeg?
30 . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Hoe om elektriese stroombane te maak om lig-, klank-,
hitte-, en bewegingsenergie te kry
31 . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Lig-, klank-, hitte- en bewegingsenergie
32 . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese
energie gebruik verskillende toestelle?
33 Feitblad: Hoeveel energie word deur verskillende
toestelle gebruik?
34 . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 A Die driepenkragprop
35 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .B Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?
Steunmateriaal
37 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Veiligheid in die huis
38 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Hoe gloeilampe werk
38 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Agtergrondinligting oor batterye
39 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Selle en batterye
40 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Agtergrondinligting oor aarding
Agterblad . . . . . . . . . . . . . . ’n Kopkaart oor energie en verandering
Maak ’n klasplakkaat om die
verskillende vorms van energie te wys
Aktiwiteit 1
Sleutelbegrip
• Energie bestaan in verskillende vorms (daar is verskillende soorte
energie – hitte, lig, klank, beweging, elektrisiteit)

Onderwysertaak Help leerders om prente in koerante en tydskrifte te kry om ’n plakkaat te


maak. Help hulle om die verskillende vorms van energie in die prente te
identifiseer.
k
LET WEL: Daar is oo
-
kernenergie (atoom
arde
energie) en opgega
energie, maar ons
nie om dit in hier
ve
die
rwag
Vorms van Energie
nie.
aktiwiteit te dek
Ligenergie Hitte-energie

Bewegingsenergie

Klankenergie

Elektriese energie
Hitte-energie

2
Leerdertaak Werk in groepe
1. Versamel prente uit tydskrifte en koerante om te wys wat die
verskillende vorms van energie is.
2. Maak ’n plakkaat teen die klaskamermuur.
3. Skryf sinne oor die verskillende vorms van energie, byvoorbeeld golwe
het bewegings- en klankenergie.

Maak ’n klasplakkaat om die verskillende


Assessering
1
Aktiwiteit vorms van energie te wys

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die maak van ’n plakkaat om Die plakkaat moet die volgende hê:
die verskillende vorms van a ’n opskrif, byvoorbeeld
energie te wys “Verskillende vorms van energie”
a prente wat die verskillende vorms
van energie soos klank, hitte, lig,
beweging, elektrisiteit illustreer.

Die skryf van sinne oor die Die sinne moet:


verskillende vorms van a verduidelik watter vorm van energie
energie in die prent gewys word, byvoor-
beeld: golwe in die see het
bewegingsenergie; die motor het
bewegingsenergie; die strykyster
gebruik elektriese energie; die vuur
het hitte-energie
a die sinne moet sinvol wees.

3
Elektriese energie beweeg deur
verskillende stowwe
Aktiwiteit 2

Sleutelbegrippe • Sommige stowwe gelei elektrisiteit. Dit word geleiers genoem.


• Sommige stowwe gelei nie elektrisiteit nie. Dit word isolators
genoem.
• Elektrisiteit vloei net deur ’n stroombaan wat uit stowwe wat
elektrisiteit gelei, bestaan.

Onderwysertaak 1. Gee aan elke groep leerders ’n flitsligbattery (elektriese sel), ’n


flitsgloeilampie en twee stukkies geïsoleerde elektriese draad.
2. Vra leerders om die gloeilamp te laat brand deur die apparaat te
gebruik. Kyk of die leerders ’n stroombaan kan maak wat die gloeilamp
laat brand.
draad sel

gloeilamp

elektrisiteitsvloei
3. Verduidelik die woord “stroombaan” en wys die leerders hoe die
elektrisiteit deur die stroombaan beweeg – van die een punt van die
battery, langs die drade, deur die gloeilamp en terug na die battery se
ander punt. Vra die leerders om die stroombaan met hul vingers te
volg. Verwys na die steunmateriaal oor gloeilampe.
4. Nadat die leerders die stroombaan met ’n gloeilamp gemaak het, toets
hulle verskillende stowwe om te kyk of dit elektrisiteit gelei. Hulle doen
dit deur ’n stroombaan soos hieronder te maak.

metaalspyker draad sel

gloeilamp

elektrisiteitsvloei

5. Verduidelik die woorde “geleier” en “isolator”. Leerders koppel die


stof wat hulle wil toets, aan die gloeilamp in die stroombaan. As die
gloeilamp brand, is die stof ’n geleier (elektrisiteit kan daardeur vloei).
As die gloeilamp nie brand nie, is die stof ’n isolator (elektrisiteit kan
nie daardeur vloei nie).
6. Laat die leerders die stowwe wat op die taakkaart aangedui word,
toets.

4
Taakkaa
r
Leerdertaak Taakkaart fotostat t vir
ering
Deur watter stowwe kan elektrisiteit bladsy 2 op
beweeg? 8.
LET WEL
Laat die leerders A A.
voltooi voordat jy B
uithandig. 1. Gebruik die apparaat om die gloeilamp te laat brand.
2. Maak ’n tekening van hoe jy die gloeilamp laat brand het.

draad sel

gloeilamp

elektrisiteitsvloei

3. Waarom het die gloeilamp gebrand?

Omdat die elektrisiteit deur die gloeilamp beweeg het (deur die
filament en draad).

B.
1. Maak nou ’n stroombaan soos hierdie een.

metaalspyker draad sel

gloeilamp

elektrisiteitsvloei

2. Brand die gloeilamp?


Ja
3. Het die elektrisiteit langs die stroombaan beweeg?
Ja
4. Gelei die spyker elektrisiteit?
Ja

5
Leerdertaak 5. Toets nou nog dinge om te kyk of elektrisiteit daardeur vloei.
(vervolg) Teken jou resultate in die tabel op.

Stof wat getoets Brand die gloeilamp? Beweeg elektrisiteit Is die stof ’n
word Ja/Nee deur die stof? of ’n isolator?
Ja/Nee Ja/Nee

’n Metaalspyker Ja Ja Geleier
’n Skuifspeld Ja Ja Geleier
’n Metaalmuntstuk Ja Ja Geleier
’n Hout-wasgoed- Nee Nee Isolator
pennetjie

’n Plastiekdoppie Nee Nee Isolator


Metaaldraad Ja Ja Geleier
’n Metaallepel Ja Ja Geleier
Plastieklepel Nee Nee Isolator
’n Stukkie glas Nee Nee Isolator
’n Plastiekknoop Nee Nee Isolator

Onderwysertaak Bespreek met die leerders wat gebeur het toe hulle die verskillende
stowwe getoets het. Hulle behoort te besef dat net metaal ’n geleier is,
terwyl plastiek, hout en ander nie-metale isolators is.

Skryf ’n kort verslag oor wat jy gedoen het.

Vandag het ons stowwe getoets om te kyk of dit geleiers of isolators


is. Ons het uitgevind dat spykers, draad, blikkies, skuifspelde en

metaallepels elektrisiteit gelei. Dit is almal van metaal gemaak.


Dit is geleiers.
Ons het ook uitgevind dat wasgoedpennetjies, plastiekdoppies,
plastieklepels, plastiekknope en glas nie elektrisiteit gelei nie.
Dit is isolators.

6
Elektriese energie beweeg deur verskillende
Assessering
Aktiwiteit 2 stowwe
Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

A Die gebruik van apparaat om ’n stroombaan Die leerders moet die volgende kan doen:
te skep wat ’n gloeilamp laat brand a Koppel ’n gloeilamp suksesvol in ’n
stroombaan sodat dit brand.
a Teken ’n diagram van die stroombaan
wat die volgende wys:

draad sel

gloeilamp

elektrisiteitsvloei

a Verduidelik dat die gloeilamp brand omdat


dit aan ’n ononderbroke stroombaan
gekoppel is wat toelaat dat die elektrisiteit
deur die gloeilamp vloei.

B Die toets van verskillende stowwe om Die leerders moet die volgende kan doen:
uit te vind of dit elektrisiteit gelei. a Toets voorwerpe wat van verskillende
Die skryf van ’n verslag. stowwe gemaak is deur dit met die
stroombaan met die gloeilamp te koppel.
a Teken hul waarnemings korrek in die tabel
op terwyl hulle die toets uitvoer.
a Skryf ’n kort verslag waarin die voorwerpe
en stowwe korrek as geleiers of isolators
geïdentifiseer word, byvoorbeeld alle
metaal gelei elektrisiteit, terwyl hout, glas,
papier, plastiek en rubber isolators is.

só, dis duidelik. net


metaaldinge gelei
elektrisiteit.

7
3 Maak elektriese stroombane om hitte-,
lig-, klank- en bewegingsenergie te
Aktiwiteit

skep.
• Ons kan hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie uit elektrisiteit
Sleutelbegrippe kry.
• Om hierdie energie uit elektrisiteit te kry, moet ons ’n elektriese
stroombaan maak.
• ’n Skakelaar word gebruik om ’n stroombaan te maak of te breek.
• Ons kan elektrisiteit uit ’n battery (’n elektriese sel) kry.

Onderwysertaak 1. Verskaf die volgende toerusting aan leerders om elektriese stroombane


te maak:
– flitsligbatterye
– flitsgloeilampies
– stukkies geïsoleerde koperdraad
– staalwol
– klein elektriese motors (van ou bandopnemers en draaitafels)
– roomysstokkies of houtblokkies
– drukspykers
– wondergom
– skuifspelde
2. Wys vir die leerders hoe om ’n skakelaar met ’n skuifspeld en draad te
maak wat aan ’n stuk dik karton, ’n houtstokkie of -blokkie vasgemaak
is. In elke stroombaan wat hulle maak, moet daar ’n skakelaar wees.

draad draad

skuifspeld skuifspeld

drukspyker drukspyker
draad draad

Skakelaar in oop posisie Skakelaar in toe posisie

3. Verduidelik die naam van al die stukkies apparaat wanneer die leerders
dit voor hulle het (jy kan flitskaarte gebruik), byvoorbeeld battery,
staalwol, skuifspelde, ensovoorts. Verduidelik ook die terme
“stroombaan” en “elektrisiteitsvloei”.

8
Leerdertaak Taakkaart
Hoe om elektriese stroombane te maak om hitte-,
lig-, klank- en bewegingsenergie te kry

1. Maak drie stroombane. Verduidelik wat gebeur as jy die skakelaar


toemaak.

STROOMBAAN 1
Wanneer ek die skakelaar toemaak,
brand die gloeilamp.

STROOMBAAN 2

Wanneer ek die skakelaar toemaak,


loop die motor en die waaier draai/beweeg die
kompasnaald.

STROOMBAAN 3

Wanneer ek die skakelaar toemaak,


raak die staalwol warm en smelt.

Taakkaart vir
fotostatering op
bladsy 30.

9
Onderwysertaak 1. Skryf ’n gevolgtrekking op die bord met die hulp van die leerders.

Gevolgtrekking
1. Toe ek die skakelaar toemaak, het die elektriese
energie van die battery na die gloeilamp en terug
na die battery gevloei. Dit word ’n elektriese
stroombaan genoem.
2. Ek kan hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie uit
elektrisiteit kry. Die elektrisiteit kom uit die
battery.

2. Help leerders om te verstaan dat energie in batterye gestoor word en


deur ’n chemiese reaksie vrygestel word wanneer die battery aan ’n
stroombaan gekoppel word. Gebruik die agtergrondinligting om jou te
help (bladsy 38–39).
3. Die chemikalieë in die battery gaar die energie op. Wanneer ons die
battery aan ’n stroombaan koppel, verander die gestoorde energie na
elektriese energie in die drade.
4. Help leerders om die volgende sinne te voltooi.

Leerdertaak Skryftaak
Kyk na die stroombane wat jy gemaak het.
Voltooi hierdie opsommings (energie-sekwensies) oor jou stroombane.
1. Wanneer jy ’n gloeilamp laat brand, verander gestoorde energie in die
battery na elektriese energie in die drade wat na lig-energie in
die gloeilamp verander.
2. Wanneer jy ’n motor laat draai, verander gestoorde energie in die
battery na elektriese energie in die drade wat na bewegings- en
klank-energie in die motor verander.
3. Wanneer jy staalwol verhit, verander gestoorde energie in die
battery na elektriese energie in die drade wat na hitte-energie in
die staalwol verander.

10
Hoe om elektriese stroombane te maak om
Assessering
Aktiwiteit 3 hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie te kry

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die maak van elektriese stroombane om Die leerders moet die apparaat gebruik om die
hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie te volgende suksesvol te maak:
wys a ’n stroombaan waarin ’n gloeilamp brand
a ’n stroombaan waarin ’n stukkie staalwol verhit
word
a ’n stroombaan waarin ’n motor ’n waaier laat
draai (die motor en waaier sal ook klank maak)
of waarin ’n kompasnaald verskuif wanneer dit
onder ’n draad waardeur ’n stroom vloei, gesit
word.
Die leerders moet in staat wees om die toerusting
met selfvertroue te gebruik.

Die teken van stroombane en die skryf Die tekeninge moet:


van ’n verduideliking om te sê wat gebeur a duidelik wys hoe al die komponente in die
wanneer ’n skakelaar toe gaan. stroombaan aan mekaar gekoppel is
a wys wat gebeur wanneer die stroombaan
gekoppel word, wys byvoorbeeld met stralende
lyne om dit dat die gloeilamp brand, ens.
Die sinne moet noem dat:
a die gloeilamp brand
a die staalwol warm word
a die motor draai en die waaier laat draai

Die voltooiing van opsommings oor die Hier is die voltooide opsommings:
volgorde van energievloei a Gestoorde energie in die battery verander na
elektriese energie in die drade wat na lig-
energie in die gloeilamp verander.
a Gestoorde energie in die battery verander na
elektriese energie in die drade wat na
bewegings- en klank energie in die motor
verander.
a Gestoorde energie in die battery verander na
elektriese energie in die drade wat na hitte-
energie in die staalwol verander.

11
Ons kry ook hitte-, lig-, klank- en
bewegingsenergie van die hooftoevoer
Aktiwiteit 4

Sleutelbegrippe • Ons kry elektrisiteit van die hoofelektrisiteitstoevoer (netkrag)


wat van ’n kragsentrale na ons huise kom.
• Hierdie elektrisiteit vloei in ’n stroombaan van die kragsentrale na
ons huis en na die toestelle en terug na die kragsentrale
• Die elektrisiteit van die hooftoevoer is baie sterk en kan gevaarlik
wees. Dit moet dus reg en versigtig gebruik word.

Onderwysertaak 1. Bring ’n radio wat met battery-energie of hooftoevoer-elektrisiteit


(netkrag) werk, saam klas toe. Bring ook elektriese toestelle wat net
hooftoevoer-elektrisiteit gebruik.
2. Bespreek met leerders wat hulle van battery- en hooftoevoerkrag weet.
Vergelyk die agtergrondinligting oor batterye en hooftoevoerkrag op
bladsy 38–40.

Leerdertaak 1. Prop ’n paar elektriese toestelle in en skakel dit aan.


2. Teken op wat gebeur.

Soort toestel Wat gebeur as ek dit aanskakel? Soort energie wat ons
daarvan kry?

Ketel Die water word warm en kook. hitte-energie; klankenergie


bewegingsenergie
Haardroër Dit maak ’n geraas en gee warm lug af. hitte-energie, klankenergie
(of verwarmer) bewegingsenergie
Kosmenger Die klitser draai in die rondte en dit maak bewegingsenergie,
(of waaier) ’n geraas. klankenergie
Radio Ons hoor klank. klankenergie
Lamp Die gloeilamp brand. ligenergie, hitte-energie

12
Leerdertaak Skryftaak
Voltooi hierdie sinne:
1. Wanneer ek ’n ketel aanskakel, kry ek hitte-, bewegings-energie en
klank-energie.
2. Wanneer ek ’n haardroër/verwarmer aanskakel, kry ek hitte-,
bewegings-energie en klank-energie.
3. Wanneer ek ’n kosmenger/waaier aanskakel, kry ek bewegings-energie
en klank-energie.
4. Wanneer ek ’n radio aanskakel, kry ek klank-energie.
5. Wanneer ek ’n lamp aanskakel, kry ek lig-energie en hitte-energie.

Ons kry ook hitte-, lig-, klank- en


Assessering
4
Aktiwiteit
bewegingsenergie van die hooftoevoer

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die voltooiing van sinne oor Die sinne moet soos volg voltooi word:
die energie wat ons kry 1. Wanneer ek ’n ketel aanskakel, kry ek
wanneer ons elektriese hitte-, bewegings en klankenergie.
toestelle aanskakel 2. Wanneer ek ’n haardroër/verwarmer
aanskakel, kry ek hitte-, bewegings- en
klank-energie.
3. Wanneer ek ’n kosmenger/waaier
aanskakel, kry ek bewegings- en
en klankenergie.
4. Wanneer ek ’n radio aanskakel, kry ek
klankenergie.
5. Wanneer ek ’n lamp aanskakel, kry ek
ligenergie en hitte-energie.

13
Hoeveel van die hooftoevoer se
elektriese energie gebruik verskillende
Aktiwiteit 5
toestelle?
• Ons kan ’n bykans onbeperkte hoeveelheid energie van die
Sleutelbegrippe hooftoevoer kry.
• Verskillende toestelle benodig verskillende hoeveelhede
elektriese energie om te kan werk.
• Ons kan uitvind hoeveel energie ’n toestel benodig deur te kyk na
die hoeveelheid elektriese krag wat dit gebruik. Die krag word
in Watt gemeet.
• ’n Watt is die hoeveelheid elektriese energie wat ’n toestel per
sekonde gebruik.

Onderwysertaak 1. Versamel prente van elektriese toestelle. ’n Mens kry dit veral in
reklamebrosjures wat net voor die einde van die maand in die koerant
verskyn. Knip dit uit.
2. Deel die prente aan die leerders uit. Met behulp van die tabel op die
leerdertaakkaart moet hulle die volgende besluit:
– Wat is die belangrikste vorm van energie wat ons van elke toestel
kry?
– Hoeveel energie (in Watt) gebruik elke toestel?
3. Maak ’n groot tabel soos die een hieronder op die bord.

ELEKTRIESE TOESTELLE

Hoeveel energie word Hitte Klank Lig Beweging


per sekonde gebruik

10 Watt

100 Watt

250 Watt

500 Watt

750 Watt

1 000 Watt

2 000 Watt

3 000 Watt

14
4. Die leerders sit hul prente van toestelle in die kolom vir die soort
energie wat ons daarvan kry en langs die hoeveelheid Watt elektrisiteit
wat dit gebruik.

baie elektrisiteit word ja, maar ons het nie baie


gebruik om dinge elektrisiteit nodig om
warm te maak! klank en lig te kry nie.

ek wonder hoeveel
elektrisiteit selfone
gebruik?

Leerdertaak Taakkaart
Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie gebruik verskillende
toestelle?
1. Sit jou prent op die klastabel om te wys watter soort energie jy van
jou toestel kry en hoeveel elektrisiteit dit gebruik. Gebruik die tabel
hieronder om jou te help.
2. Kyk na die voltooide klastabel en beantwoord dan hierdie vrae:
a Watter toestel gebruik die meeste energie?
a Watter toestel gebruik die minste energie?

om na bladsy 16
Blaai

Taakkaart vir
fotostatering op
bladsy 32.

15
Die hoeveelheid elektriese krag wat toestelle gebruik

selfoon
radio/bandspeler
buislig

tafellamp
naaimasjien
yskas
faksmasjien
mikrogolfoond
kleur-TV
boor
haardroër
wasmasjien
stofsuier
strykyster
broodrooster
elektriese
braaipan
ketel
verwarmer

warmwatersilinder
elektriese stoof

3. Kyk weer na die tabel hierbo. Voltooi hierdie sinne deur die ontbrekende
woorde in te vul.
hitte lig klank beweging
a. Toestelle gebruik baie energie wanneer dit vir ons hitte
van elektrisiteit gee.
b. Toestelle gebruik min energie wanneer dit vir ons
beweging, klank en lig van elektrisiteit gee.

Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese


Assessering
Aktiwiteit 5 energie gebruik verskillende toestelle?

Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die beantwoording van die Die volgende moet in die antwoorde wees:
vrae oor hoeveel elektrisiteit a Toestelle soos verwarmers, stowe, ketels en warmplate gebruik
verskillende toestelle gebruik die meeste energie.
a Toestelle soos radio’s, bandspelers en horlosies gebruik die
minste energie.
a Toestelle wat hitte verskaf, gebruik die meeste energie.
a Toestelle wat lig, beweging en klank verskaf, gebruik die minste
energie.

16
Waarvandaan kom die hooftoevoer-
elektrisiteit?
Aktiwiteit 6
Sleutelbegrippe • Hooftoevoer-elektrisiteitnetkrag word deur kragsentrales
opgewek.
• Die elektrisiteit beweeg langs drade vanaf die kragsentrale na
ons huise en skole.
• Wanneer ons elektrisiteit van die hooftoevoer wil gebruik, koppel
ons die toestel met behulp van ’n driepenkragprop aan die
kragpunt teen die muur en skakel die elektrisiteit aan.
• Die driepenkragprop het drie drade. Die bruin draad en die blou
draad skakel met die hooftoevoer. Die draad wat geel en/of groen
is, gaan in die grond in en skei gevaarlike elektrisiteit af.

Onderwysertaak Verduidelik die volgende aan die leerders met behulp van die tekening
“Waarvandaan kom hooftoevoer-elektrisiteit?”:
Die hooftoevoer-elektrisiteit in ons huise word by ’n kragsentrale
opgewek. Drade koppel die kragsentrale aan ons huise. Wanneer ons
’n toestel inprop, bring dit die elektrisiteit vanaf die kragsentrale na
drade in die toestel. Ons skakel die toestel aan – dit voltooi die
stroombaan en laat die elektrisiteit toe om vanaf die kragsentrale na
die toestel en weer terug na die kragsentrale te vloei.
Die elektrisiteit van die hooftoevoer is baie sterk en kan uiters gevaarlik
wees. Dit moet dus versigtig en korrek gebruik word.

Waarvandaan kom hooftoevoer-elektrisiteit?

Kragsentrale Stoom

Huismuur

Die twee drade


(bruin en blou) vorm
’n volledige stroombaan bruin draad (lewendig)
vanaf die kragsentrale na
die huis en die toestel en terug na blou draad (neutraal)
die kragsentrale. Krag kan dus vloei.

aarddraad (groen/geel)

Die aarddraad is in die grond Die aarddraad neem oortollige


buite die huis begrawe. elektriese energie veilig onder
die grond in.

17
7 Hoe kan ons elektrisiteit veilig
gebruik?
Aktiwiteit

Sleutelbegrippe • Die meeste elektriese toestelle gebruik energie van


kragsentrales.
• Baie elektriese toestelle gebruik ’n klomp energie. Dit is dus
gevaarlik om dit verkeerd te gebruik.
• ’n Toestel moet altyd met ’n driepenkragprop aan die hooftoevoer
gekoppel wees.
• Die driepenkragprop moet korrek aan die toestel gekoppel wees.
• Elektriese drade word met isoleerstof bedek om te verhoed dat
mense wat die toestel gebruik, ’n elektriese skok kry.

Onderwysertaak 1. Deel die inligting oor “Veiligheid in die huis” uit (bladsy 37).
2. Gee vir die leerders driepenkragproppe, elektriese koord en
skroewedraaiers. (Gebruik ’n toestel met sy drade en kragprop. Die
leerders kan die kragprop losskroef. Hulle kan die drade weer korrek
koppel.)
3. Deel die vrae oor “Waarom is daar drie drade?” uit. Vra die leerders
om hierdie vrae in groepe te bespreek.
4. Stel die idee van “Aarding” bekend. Gebruik die agtergrondinligting
oor “Aarding” as hulp (bladsy 40).
5. Verduidelik die term “elektriese skok” en herinner die leerders aan
geleiers en isolators. Verduidelik dat alhoewel die drade in die koord
geleiers is, is dit met plastiese isoleerstof omring wat verhoed dat
mense wat die toestel gebruik, ’n elektriese skok ontvang. Gebruik die
agtergrondinligting oor elektriese skokke om jou te help (bladsy 40).

Leerdertaak
Taakkaart
A. Die driepenkragprop
Taakkaart vir
fotostatering op 1. Koppel ’n driepenkragprop korrek soos hieronder:

bladsy 34. Bruin – lewendig

Geel/groen – aard

Blou – neutraal

2. Bespreek die vrae oor “Waarom is daar drie drade?”.


3. Kleur die drie drade met die regte kleure in.

18
Leerdertaak
(vervolg) Waarom is daar drie drade?
• ’n Ander naam vir die groen/geel • ’n Ander naam vir die
draad is die aarddraad. bruin draad is die
• As die groen/geel draad losraak, gelaaide draad.
sal daar geen konneksie wees
met die veiligheidsdraad wat in • As die bruin of
die grond gaan nie. Dit neem blou draad
oortollige stroom af grond toe as losraak, sal dit die
die toestel foutief is. stroom verbreek.
Die elektriese
• Die omhulsel is uit
stroom sal nie met
plastiek gemaak om die die draad langs
draad te isoleer en om kan vloei nie. Die
ons teen die gevaarlike toestel sal nie
• Die blou draad word die werk nie, want
elektriese stroom te neutrale draad genoem.
beskerm. Binne-in die daar sal geen
plastiek is daar drie elektrisiteit
drade – die gelaaide • Die drade is met plastiek oorgetrek om daaraan verskaf
draad, die neutrale dit te isoleer sodat ons beskerm teen word nie.
draad en die aarddraad. die gevaarlike elektriese energie is.

Onderwysertaak 1. Fasiliteer ’n klasbespreking oor waarom daar drie drade in die


driepenkragprop is. Maak seker dat die leerders die vrae kan
beantwoord.
2. Knip die prente en sinne uit die inligting oor veiligheid op bladsy 37, en
sit dit in koeverte vir die leerders.

moenie moet moenie

Leerdertaak Taakkaart
B. Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?
Taakkaart vir Kan na die prente van mense wat gevaarlike werk met elektrisiteit doen.
fotostatering op 1. Bespreek:
a Wat is gevaarlik in elke prent?
bladsy 35.
a Wat sal met jou gebeur as jy hierdie gevaarlike dinge met
elektrisiteit doen?
2. Pas elke prent by die korrekte sin en sit die prente terug in die koevert.
3. Skryf nou jou eie veiligheidsreëls vir wanneer ’n mens elektrisiteit
gebruik.

19
Leerdertaak Reëls vir hoe ons elektrisiteit veilig by die huis kan gebruik
(vervolg) Wanneer ek elektrisiteit veilig wil gebruik, moet ek die volgende doen:

1. Seker maak dat my hande droog is voordat ek aan ’n elektriese kragprop raak.
2. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
-------------------------------------------------
-------------------------------------------------
3. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
-------------------------------------------------
4. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
-------------------------------------------------
5. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
-------------------------------------------------
6. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
-------------------------------------------------
7. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
-------------------------------------------------
4. Maak ’n tekening van ’n elektrisiën wat besig is om te werk. Dink aan
alles wat jy geleer het van elektrisiteit en hoe om dit veilig te gebruik.

20
Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?
Assessering
Aktiwiteit 7
Wat ons wil assesseer Wat ons van die leerders verwag

Die koppeling van ’n Die leerders moet die volgende doen:


driepenkragprop a Gebruik die skroewedraaier vrymoedig om die kragprop te
bedraad.
a Maak die drade styf vas.
a Maak die groen/geel draad aan die aardpen vas, die blou draad
aan die neutrale pen en die bruin draad aan die lewendige pen.
Die beantwoording van Die leerders moet die volgende verstaan:
die vrae oor die redes a Die bruin lewendige draad en die blou neutrale draad word aan
waarom daar drie drade is die stroombaan van die kragsentrale gekoppel wanneer ons die
toestel aanskakel. As een van hierdie drade los is, is daar nie
meer ’n volledige stroombaan nie en kan die elektrisiteit nie
vloei nie.
a ’n Groot hoeveelheid elektrisiteit vloei deur die lewendige draad.
a Die groen/geel neutrale draad word aan die draad wat in die
grond gaan, gekoppel wanneer ons die toestel aanskakel.
a Die aarddraad is daar om mense teen ’n elektriese skok te
beskerm. As dit los is, is daar geen veilige koppeling tussen die
toestel en die aarde nie. Dit is gevaarlik as daar iets met die
toestel verkeerd is.
a Die elektriese drade is van koper gemaak. Koper is ’n metaal wat
’n goeie geleier van elektrisiteit is.
a Die drade is met plastiek bedek, want dit gelei nie elektrisiteit
nie. Dit keer dat elektrisiteit ontsnap en skokke veroorsaak.
Die skryf van hul eie Die leerders moet die volgende kan doen:
veiligheidsreëls vir die a Identifiseer gevaarlike maniere om met elektrisiteit te werk,
gebruik van elektrisiteit byvoorbeeld om kaal drade in ’n kragpunt te steek.
a Sê wat hulle dink sal gebeur as hulle elektrisiteit op hierdie
gevaarlike maniere gebruik.
a Skryf ’n stel veiligheidsreëls om mense te waarsku teen die
gevare wat hulle geïdentifiseer het.
Die tekening van ’n Die tekening moet die volgende wys:
elektrisiën wat werk a Die elektrisiën dra gepaste klere, soos ’n uniform, diksoolskoene,
rubberhandskoene, ens.
a Die elektrisiën gebruik gepaste gereedskap, soos ’n leer om by
die kragdrade uit te kom, ’n skroewedraaier, ensovoorts.
a Die elektrisiën doen die soort werk wat ’n elektrisiën doen, soos
om ’n kragpunt te herstel, elektriese kabels in die straat te lê,
ensovoorts.

21
Voorgestelde werkskema vir die graad 5-leerprogram:

ENERGIE EN VERANDERING

PERIODE 1 PERIODE 2 PERIODE 3 PERIODE 4


Aktiwiteit 1 Aktiwiteit 1 (vervolg) Aktiwiteit 2 Aktiwiteit 2 (vervolg)
• Leerders versamel prente • Leerders skryf sinne oor • Leerders maak ’n • Leerders en onderwyser
van soorte energie en die verskillende vorms van stroombaan om ’n bespreek die resultate van
maak ’n plakkaat teen die energie. gloeilamp te laat brand die ondersoek oor geleiers
klaskamermuur (50 min) (10 min) en isolators
(20 min)
• Leerders toets verskillende
stowwe om te kyk of dit • Leerders skryf ’n kort
geleiers van elektrisiteit of verslag (20 min)
isolators is (40 min)

PERIODE 5 PERIODE 6 PERIODE 7 PERIODE 8


Aktiwiteit 3 Aktiwiteit 3 (vervolg) Aktiwiteit 4 Aktiwiteit 4 (vervolg)
• Leerders maak skakelaars • Onderwyser en leerders • Onderwyser bring ’n radio • Leerders voltooi sinne oor
bespreek batterye en hoe wat met batterykrag en energie en toestelle
• Hulle maak elektriese
dit werk (20 min) hooftoevoer-elektrisiteit (15 min)
stroombane en isolators
werk (10 min)
(35 min) • Leerders skryf • Onderwyser help leerders
opsommings oor die • Leerders teken resultate om sinne reg te maak
• Leerders skryf ’n kort
stroombane wat hulle oor energie en verskillende (20 min)
gevolgtrekking (15 min)
gemaak het (20 min) toestelle op
(35 min)

PERIODE 9 PERIODE 10 PERIODE 11 PERIODE 12


Aktiwiteit 5 Aktiwiteit 5 (vervolg) Aktiwiteit 7 Aktiwiteit 7 (vervolg)
• Leerders sorteer en stal • Leerders skryf en • Leerders koppel • Leerders bespreek die vrae
prente van verskillende beantwoord vrae oor driepenkragproppe “Waarom is daar drie
toestelle uit volgens klasuitstalling (15 min) (50 min) drade?” (20 min)
hoeveel elektrisiteit dit
Aktiwiteit 6 • Onderwyser en leerders
gebruik en watter vorm van
bespreek die belang-
elektrisiteit dit verskaf (40 • Onderwyser verduidelik
rikheid daarvan om ’n
min) hoe elektrisiteit van die
lewendige, neutrale en
kragsentrale na ’n toestel
aarddraad in ’n kragprop
in ons huis kom (gebruik
te hê (20 min)
die diagram van
hooftoevoer) (30 min)

PERIODE 13 PERIODE 14
Aktiwiteit 7 (vervolg)
• Leerders voltooi hul
• Leerders pas prente van veiligheids-reëls (30 min)
mense wat elektrisiteit
• Leerders maak ’n tekening Totale tyd om aktiwiteite in hierdie leerprogram
gevaarlik gebruik by die
van ’n elektrisiën wat werk
korrekte sinne (30 min) te voltooi = 14 lesse @ 50 min. elk = 11,6 uur. Dit
terwyl hulle in gedagte hou
• Leerders begin om hul eie wat hulle alles van is omtrent 3 weke se werk.
veiligheidsreëls te skryf elektrisiteit geleer het (gee (Aanbevole tyd per week vir Natuurwetenskappe
(15 min) soveel tyd soos hulle nodig en Tegnologie = 4 uur.)
het)

22
Taakkaarte
Fotostateer vir leerders
Aktiwiteit 2
Deur watter stowwe kan elektrisiteit beweeg?
A.
1. Gebruik die apparaat om die gloeilamp te laat brand.
2. Maak ’n tekening van hoe jy die gloeilamp laat brand het.

diagram

3. Waarom het die gloeilamp gebrand?

......................................................................
......................................................................

B.
Maak nou ’n stroombaan soos hierdie een.

draad sel
metaalspyker

gloeilamp

elektrisiteitsvloei

28
2. Brand die gloeilamp?

.....................................................................
3. Het die elektrisiteit langs die stroombaan beweeg?

.....................................................................
4. Gelei die spyker elektrisiteit?

.....................................................................
5. Toets nou nog dinge om te kyk of elektrisiteit daardeur vloei.
Teken jou resultate in die tabel op.

Stof wat getoets Brand die gloeilamp? Beweeg elektrisiteit Is die stof ’n
word Ja/Nee deur die stof? of ’n isolator?
Ja/Nee Ja/Nee

’n Metaalspyker

’n Skuifspeld

’n Metaalmuntstuk

’n Hout-wasgoed-
pennetjie

’n Plastiekdoppie

Metaaldraad

’n Metaallepel

Plastieklepel

’n Stukkie glas

’n Plastiekknoop

29
Taakkaart
Aktiwiteit 3
Hoe om elektriese stroombane te maak om hitte-, lig-, klank- en
bewegingsenergie te kry

1. Maak drie stroombane. Verduidelik wat gebeur as jy die skakelaar toemaak.

STROOMBAAN 1
Wanneer ek die skakelaar toemaak,
...........................................
...........................................

STROOMBAAN 2

Wanneer ek die skakelaar


toemaak,
...................
........................................
........................................
........................................

STROOMBAAN 3

Wanneer ek die skakelaar toemaak,


...................................
...................................

30
Taakkaart
Aktiwiteit 4
Hitte-, lig-, klank- en bewegingsenergie

1. Prop ’n paar elektriese toestelle in en skakel dit aan.


2. Teken op wat gebeur.

Soort toestel Wat gebeur as ek dit aanskakel? Soort energie wat ons
daarvan kry?

Ketel

Haardroër
(of verwarmer)

Kosmenger
(of waaier)

Radio

Lamp

31
Taakkaart
Aktiwiteit 5
Hoeveel van die hooftoevoer se elektriese energie
gebruik verskillende toestelle?
1. Sit jou prent op die klastabel om te wys watter soort energie jy van
jou toestel kry en hoeveel elektrisiteit dit gebruik.
Gebruik die tabel op die oorkantste bladsy om jou te help.
2. Kyk na die voltooide klastabel en beantwoord dan hierdie vrae:
a Watter toestel gebruik die meeste energie?
a Watter toestel gebruik die minste energie?
3. Kyk weer na die tabel langsaan. Voltooi hierdie sinne deur die ontbrekende
woorde in te vul.

hitte lig klank beweging


a. Toestelle gebruik baie energie wanneer dit vir ons ——————————————
van elektrisiteit gee.
b. Toestelle gebruik min energie wanneer dit vir ons ——————————————
van elektrisiteit gee.

32
TOESTEL Energie wat gebruik
word (in Watts)

selfoon 3W

radio/bandspeler 15 W

buislig 40 W

tafellamp 60 W

naaimasjien 75 W

yskas 150 W

faksmasjien 170 W

mikrogolfoond 230 W
kleur-TV 340 W
boor 360 W
haardroër 450 W

wasmasjien 500 W

stofsuier 700 W

strykyster 720 W

broodrooster 1 000 W

elektriese braaipan 2000 W

ketel 3 000 W
verwarmer 3 000 W

warmwatersilinder 4 000 W

elektriese stoof 8 000 W

33
Aktiwiteit 7
Taakkaart A
Die driepenkragprop

1. Koppel ’n driepenkragprop korrek soos hieronder:


Bruin – lewendig

Geel/groen – aard

Blou – neutraal

2. Bespreek die vrae oor “Waarom is daar drie drade?”.


3. Kleur die drie drade met die regte kleure in.

Waarom is daar drie drade?

Waarvoor is die bruin draad?

Waarvoor is die • Gee ’n ander naam


groen/geel draad? vir die bruin draad.

• Waarom is die
• Gee ’n ander naam vir drade met
die groen/geel draad. plastiek bedek?
• Wat gebeur as die
groen/geel draad los is?

Waarvoor is die blou draad?

• Gee ’n ander naam Wat is binne-in dié plastiek?


vir die blou draad.
• Wat gebeur as die bruin
• Waarom is die houer van of blou draad los is?
plastiek gemaak?

34
Taakkaart B
Hoe kan ons elektrisiteit veilig gebruik?
Kan na die prente van mense wat gevaarlike werk met elektrisiteit doen.
1. Bespreek:
a Wat is gevaarlik in elke prent?
a Wat sal met jou gebeur as jy hierdie gevaarlike dinge met
elektrisiteit doen?
2. Pas elke prent by die korrekte sin en sit die prente terug in die koevert.
3. Skryf nou jou eie veiligheidsreëls vir wanneer ’n mens elektrisiteit gebruik.

Reëls vir hoe ons elektrisiteit veilig by die huis kan gebruik
Wanneer ek elektrisiteit veilig wil gebruik, moet ek die volgende doen:
1. Seker maak dat my hande droog is voordat ek aan ’n elektriese kragprop raak.
2. ---------------------------------------------
---------------------------------------------
---------------------------------------------
3. ----------------------------------------------
----------------------------------------------
----------------------------------------------
----------------------------------------------
----------------------------------------------
4. ----------------------------------------------
----------------------------------------------
----------------------------------------------
5. - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -
----------------------------------------------
----------------------------------------------
6. ----------------------------------------------
----------------------------------------------
----------------------------------------------
7. ----------------------------------------------
----------------------------------------------
----------------------------------------------

35
Taakkaart B (vervolg)
4. Maak ’n tekening van ’n elektrisiën wat besig is om te werk. Dink aan
alles wat jy geleer het van elektrisiteit en hoe om dit veilig te gebruik.

‘n elektrisiën

36
VEILIGHEID IN DIE HUIS
Gebruik elektrisiteit veilig en dit sal jou baie genot gee.

Bedraad altyd jou


kragprop reg.

Geel/Groen – gronddraad
Moenie ’n beskadigde koord gebruik nie.
Bruin – lewendig Blou – neutraal.
Vervang dit onmiddellik.

Moenie die kragprop aan die koord Moet nooit kaal drade by kragprop-
trek nie. Skakel eers af en verwyder sokke insteek nie. Gebruik die
dan die kragprop. korrekte kragprop.

Moenie ’n verlengingskoord plaas waar


Moet nooit ’n kragpropsok oorlaai nie. mense daaroor kan val nie. Lê die koord
Gebruik ’n multi-kragprop. langs die muur af.

Moenie elektrisiteit naby water Moenie jou vingers in ’n kragpropsok


gebruik nie. Water gelei elektrisiteit. steek nie. Gebruik ’n veiligheidskragprop.

37
Ondersteuning vir onderwysers
Hoe gloeilampe werk Dit is hoe ’n gloeilamp van binne lyk.

’n Gloeilamp brand wanneer daar ’n pad is


waardeur die elektrisiteit kan vloei. glasgloeilamp
Die elektrisiteit moet van die
battery se een punt (pool) deur
die elektriese drade, deur die wolframfilament
filament (dun draadjie) in die
gloeilamp en dan terug na die
battery se ander punt (pool) vloei.
Wanneer jy ’n gloeilamp
konnekteer, moet jy seker maak
dat daar een konneksie met die
metaalpunt onderaan die gloeilamp
is en nog een na die metaalomhulsel metaalomhulsel

om die basis van die gloeilamp.


Elektrisiteit kies altyd die kortste plastiese pen
en maklikste roete langs geleiers.
As die maklikste roete dus nie deur
metaalpen

die filament gaan nie, sal die gloeilamp nie brand nie.

Agtergrondinligting oor batterye


’n Flitsligbattery word ook soms ’n elektriese sel genoem. Die
algemeenste battery wat ons gebruik, is ’n droëselbattery met
chemikalieë wat in ’n omhulsel verseël is.
Die chemikalieë in die battery reageer saam. Die chemiese reaksie
wek elektrisiteit op wat gebruik kan word wanneer die battery aan ’n
stroombaan gekoppel word. Wanneer die batterye se chemikalieë klaar
gereageer het, hou dit op met werk en kan dit nie herlaai word nie.
Ons gebruik baie klein droëselbatterye om krag aan digitale
horlosies en sakrekenaars te verskaf. Hierdie batterye het ander
chemikalieë daarin.
Ander batterye kan met elektrisiteit herlaai word en weer gebruik
word. ’n Motorbattery bestaan uit verskeie loodsuurselle wat herlaai
kan word.

38
Selle en batterye

Kwikbattery vernikkelde staalomhulsel


Hierdie soort battery
word gebruik om krag
aan digitale horlosies
en sakrekenaars te batterysuur
verskaf. Dit is ’n
kwikbattery.
Batterysuur is ’n sinkpoeier
vloeistof of klam stof kwikoksied en grafiet

Droëselbattery
Die gewone
droëselbattery
verskaf krag van 1,5
volt. Die sink vorm
die battery se
omhulsel. Die koolstofpen (positief)
batterysuur is
ammoniumchloried sinkomhulsel (negatief)
in die vorm van ’n
klam pasta.

ammoniumchloriedpasta

Loodsuurbattery
Loodsuurbatterye word
in motors gebruik. Dit klemskroef
word só genoem omdat
dit elektrodes het wat volmaakdeksel
van lood gemaak is en
omdat die batterysuur klemskroef
swaelsuur is.
Die battery bestaan uit
ses stelle selle wat elk
twee volt verskaf, dus
’n totaal van 12 volt.
positiewe plaat sel

loodplate

omhulsel

39
Agtergrondinligting oor Aarding
Die meeste huise wat krag van ’n kragsentrale (hooftoevoer) ontvang, het ’n draad
wat van die elektrisiteitsbord deur die muur gaan en daar naby in die grond begrawe
word. Dit word die aarddraad genoem. Hierdie draad is vir die veiligheid van die
mense wat elektrisiteit in die huis gebruik. Wanneer ’n elektriese toestel foutief is,
kan dit meer elektrisiteit neem as wat dit moet. ’n Foutiewe toestel is gevaarlik,
want as iemand daaraan raak, kan hulle geskok word. Die aarddraad gelei die
oortollige elektrisiteit in die foutiewe toestel met die draad langs onder die grond in,
waar dit skadeloos raak sodat dit nie sal veroorsaak dat die toestel aan die brand
slaan of dat iemand geskok word nie.
’n Mens se liggaam kan elektrisiteit gelei. Sonder die aarddraad sal die oortollige
elektrisiteit vanuit die foutiewe toestel deur die persoon in die grond in vloei. Die
persoon sal geskok word of brandwonde opdoen, en kan selfs doodgaan. As daar ’n
aarddraad is, sal die elektrisiteit daardeur vloei, want dit is ’n beter geleier as ’n
mens se liggaam.
Baie elektriese toestelle is van metaal gemaak en gebruik baie elektriese energie.
Sulke toestelle moet ’n aarddraad hê. Ander toestelle is van plastiek gemaak (selfs
party ketels en strykysters) en gebruik nie baie elektrisiteit nie. Hierdie toestelle het
nie ’n aarddraad nodig nie, want hulle is van isoleerstof (plastiek) gemaak. As ’n
plastiese toestel foutief is, kan die elektrisiteit nie maklik daardeur na die mens vloei
en hom of haar skok nie.

Agtergrondinligting oor elektriese skokke


Wanneer ’n groot hoeveelheid elektriese energie deur iemand se liggaam gaan, sê
ons die persoon het ’n elektriese skok ontvang of is geskok. So ’n persoon sak
gewoonlik inmekaar, hou soms ’n kort rukkie lank op met asemhaal, kan ernstige
brandwonde opdoen en kan selfs sterf.
Wanneer iemand geskok is, moet ’n mens eers die elektrisiteit by die
hoofskakelaar afskakel voordat jy aan hom of haar raak om te help.
As die elektrisiteit nie afgeskakel is nie en die geskokte persoon is nog steeds in
kontak met die elektrisiteit, kan jy ook geskok word as jy aan hom of haar raak.

40

You might also like