2
Voorwoord deur skrywer
Die boekie in ‘n elementêre werkie bedoel om belangstelling in Argeologie onder jong Suid-Afrikaners te kweek. Dit probeer nie om volledig te wees, of om dieromantiek aan argeologie onnodig weg te stroop nie. Ons kyk dus ook naaspekte wat nie sommer in gesaghebbende werke bespreek sal word nie, soosdie Verlore Stad van die Kalahari, maar darem met die nodige ontledings sodatdie jongeling ‘n idee kan vorm van hoe feit van fiksie geskei word.Argeologie delf in die verlede, maar tog is dit wat vandag opgeteken word môrereeds effens verouderd. Die rede daarvoor is dat dit nie moontlik is om in die kortbestek van die bestaan van paleontologie en argeologie oornag ‘n volledige enkorrekte prentjie van die miljarde jare van die aarde se geskiedenis terekonstrueer nie. Stukkies van die legkaart word op ‘n daaglikse grondslagiewers opgediep, ou, vergete bronne word herontdek, en die tegnologie vir datering word deurlopend verbeter.Hierdie werkie is so geskryf dat dit in harmonie staan met die aanhangers vanGodgedrewe evolusie (Teïstiese evolusie) en gewone kreasionisme. Ek besef disnie dieselfde nie, maar die doel van argeologie is nie om die paleontoloog sewerk oor te neem nie, en daarom nie werklik relevant nie.
Aanhangers van die jong aarde kreasionisme moet asseblief nie hierdie boekie lees nie.
Aspektewat veel ouer as die sesduisend jaar is wat hulle beweer die aarde oud is, wordas gegewe behandel, en nie gedebatteer nie. In hierdie werkie word van diestandpunt uitgegaan dat God die Skepper is, en dat een dag soos ’n duisend jaar (simbolies bedoel) vir God is (2 Petrus 3:8 en Psalm 90: 4).Met hierdie aspek uit die weg geruim, kan nou ongehinderd gekyk word na diefeite wat die wetenskap op die tafel plaas.Onlangse ontdekkings by die Wonderwerkgrot in die Noord-Kaap verbreed juisdie horisonne deurdat klipwerktuie gevind is wat sowat 2 miljoen jaar terugdateer, en ou opvattings oor die ouderdomme van die oudste Steentydperkbietjie in die war stuur — as ‘n mens nie bygehou het nie.Die gedagte is ook dat hierdie boekie van tyd tot tyd bygewerk sal word totgeoordeel word dat dit gereed is om in gedrukte vorm te kan verskyn.Intussen is die doel doodgewoon om die belangstelling te prikkel en jong menseaan te moedig om self verder op te lees, en meer uit te vind.
1
Herman Toerien
1
Grafika op voorblad: Kennis: Zimbabwe-ruïnes en rotsskets van die geheimsinnige “wit vrou” in dieBrandberg, Namibië
Leave a Comment
Enjoy!!!!!