Welcome to Scribd, the world's digital library. Read, publish, and share books and documents. See more
Download
Standard view
Full view
of .
Look up keyword
Like this
1Activity
0 of .
Results for:
No results containing your search query
P. 1
DIE OOG

DIE OOG

Ratings: (0)|Views: 15|Likes:
Published by Pieter Uys
Die Bestiarum van Bawa Mara, beminde profetes van Nippur in Sumer.
Die Bestiarum van Bawa Mara, beminde profetes van Nippur in Sumer.

More info:

Categories:Book Excerpts
Published by: Pieter Uys on Nov 10, 2013
Copyright:Attribution Non-commercial

Availability:

Read on Scribd mobile: iPhone, iPad and Android.
download as PDF, TXT or read online from Scribd
See more
See less

09/09/2014

pdf

text

original

 
1
DDIIEE OOOOGG
The Bestiary of Mara ~ Die Bestiarum van Mara
Vrees dan nie Die Oog nie want haar kyk kan jou voorwaar geen skade aandoen nie. Raak dus nie angstig wanneer jy haar waarneem nie, nee, ontstel geensins jouself. Haar brute krag is vort, al wat sy nog kan vermag, is om in skakerings van grys en swart te verskyn. Ja, haar vae voorkoms is die enigste oorblyfsel van haar vreeslikheid . In die primordiale voortyd was sy voorwaar formidabel. Waaragtig het sy verwoesting gesaai en vele omgebring. Die tyd het egter haar majesteit en haar vermoëns verteer, en haar kwaadwilligheid is ook uitgebrand, ja, al haar grootsheid is deur die tyd weggekalwe.
Van haar het net ‘n leë
dop gebly, die dowwe skynsel van haar glans en haar afgryslike glorie.
 
2
Enig in haar soort is sy, die eens magtige Oog. Haar boosaardige blik het groen landerye in stof verander waar warrelwinde waai. Waaragtig het die gif van haar kwaadwillige kyke plant en dier neergefel. In die voortyd het sy die draak* en die reuse vlermuis van die daglig** en die oerbome in as verander. Sy het hulle inderdaad met een kyk laat omkom. Enig in haar soort het sy uit Tiamat verskyn en enig in haar soort is sy besig om oor ontelbare aeons te verdwyn. Wat haar doel en haar taak op aarde was, dit weet geen mens nie, nee, die herinnering daaraan het volkome van die aarde af vergaan. Ooreenkomstig die oorlewering van die wyses van ouds is sy beveel om na die afgrond terug te keer. Vanweë die grootheid van haar glorie en haar mag het sy egter verseg. Dis dan waarom haar kragte begin taan het van die dag van haar versegting af. Magtig het sy uit Tiamat verskyn, ja sy het die aarde laat skud en verwoestende storms op die waters veroorsaak. Nou skuil sy in die bouvalle van paleise en in die ruïnes van tempels. Daar neem sy haar intrek om die laaste van die energie wat nog daar hang***, in te span om aan haar voorkoms gestalte te gee.
Sou jy dus in die bouval van ‘n tempel skuiling soek teen die storm
of die gevare van die nag en Die Oog verskyn, laat jou hart nie ontsteld raak nie. Vrees jy
die rook van ‘n houtvuurtjie, of maak die oggend
newel jou bang? Voorwaar kan Die Oog jou minder skade as hulle aandoen.
*U
ŝ
umgal **Pterodaktiel? ***Suggereer Mara dat daar
n vorm van spirituele energie in vervalle tempelstrukture hang?

You're Reading a Free Preview

Download
scribd
/*********** DO NOT ALTER ANYTHING BELOW THIS LINE ! ************/ var s_code=s.t();if(s_code)document.write(s_code)//-->