/  8
 
Hi. Ek is Charl,En hierdie is MY GETUIENIS.Ek het in 'n christen huis groot geword, gereeld gebid, gereeld diebybel gelees, bybel versies geleer, die hele bybel doelbewus van voortot agter, woord vir woord deur gelees om seker te maak dat ek niks misnie. Alhoewel ek nooit probeer het om die name van die boeke, diehoofstuk of vers nommers te memoriseer nie kan ek 'n baie grootpersentasie van die bybel aanhaal. Tydens Jesus se versoeking het hyimmers telkens gesê, "daar staan geskrywe", en het nie opskrifte of versnommers aangehaal nie. Ek het ook deur die sondagskool en katkisasiegegaan, is voorgestel en aangeneem in die kerk.Na ek in 1985 skool klaargemaak het, het ek 'n paar jaar by dieJohannesburgse biblioteek en museum gewerk en toe by die Suid-Afrikaansepolisie aangesluit. En was onverskrokke omdat ek die Here ten vollevertrou het om my te beskerm. So sterk was my geloof en vertroue in Homdat ek nie eers geskroom het om by geboue in te storm waar gewapenderowers besig was om mense te beroof nie.ONGELUKKEEen Sondag oggend terwyl ek en my vriend patrollies met ons polisiemotorfietse gery het, het 'n vrou in Dunked-Wes voor my ingedraai en ekis van my motorfiets afgeslinger. Ek het onderstebo tussen 'n lamp paalen die " Craighall Park " naambord deurgetrek en plat op my rug op diesypaadjie geval waarna ek sowat 15 meter ver oor die sypaadjie gegly heten tot stilstand gekom het net voor ek in die tuin muur vas is. Myenigste besering was 'n seer enkel waar ek die kar se voorste buffergetref het. Die spasie tussen die lamp paal en die naambord was omtrentdieselfde grootte as 'n standaard huis deur. Ons het geel verf van diechevron bo op my valhelm gekry. As my kop net sowat 2cm laer was sou ekverseker my nek teen die chevron gebreek het. Is dit toeval? Ek glo
 
nie.'n Paar maande later word ek in 'n vreemde bed wakker. Ek is in 'nhospitaal. Ek kan nie onthou wat gebeur het nie. Maak nie saak hoe hardek probeer nie, ek onthou niks.'n Ruk later kom my vriend Andrè diekamer binne. Hy vertel my dat ek al 'n paar dae in die hospitaal is endat ek aanvanklik net vir hom herken het maar nie my ma of pa geken hetnie. Dat ek vreeslik gevloek het en dat ek, toe my ma baie ontsteld daaraangekom het, vir hom gevra het "Wie is die bitch?". Hy het gesê dit wasasof ek van Dr Jeckel in Mr Hyde verander het, en dat ek vreeslikongeduldig en ongeskik met almal was en soos 'n matroos gevloek het,maar ek kon ook niks daarvan onthou nie.Hoewel ek op daardie stadium by my volle positiewe en weer myself was,het ek nie geweet dat ek verloof is (toe al amper 'n jaar lank) en datek binne enkele weke sou trou nie. Ek was in 'n motorfiets ongeluk maarkan tot vandag niks van die ongeluk onthou nie. Volgens video opnameswat op die ongeluks toneel gemaak is, het 'n man met 'n Mazda 626 oor 'nstop straat voor my ingery. Ek het deur die bestuurder se deur venstergegaan en is weer deur die agter deur se venster aan die ander kant vandie Mazda uit. Behalwe vir 'n harde hou teen die kop, wat die geheueverlies veroorsaak het, was my enigste besering verrekte ligamente in myknie en 'n nerf af kolletjie op my knie.Alhoewel my geheue nooit ten volle herstel het nie (daar is 'n 8 jaarblank) het die probleem met kort termyn geheue wat ek gehad het oor dieverloop van 'n paar jaar weer herstel. Die knie makeer niks.Wat is die kansedat mens so dwarsdeur 'n kar gaan sonder om een staalraam, die bestuurder of een van die voorste sitplekke te tref. Sonder omeers 'n vinger of toon te verstuit. Toeval? Ek glo nie. Ek glo die Herehet my beskerm omdat ek absoluut op Hom vertrou het . Ek het vas gegloHy het my gespaar het omdat Hy 'n doel met my lewe gehad het wat ek nogmoes bereik. Toeval?
 
Ek het so baie keer vir die Here gevra om my geheue weer te herstel.Dit is 'n vreeslike gevoel as jou herinnering uit jou kop gesteel is.Heellaas het dit nooit reg gekom nie en ek moes maar vrede maak daarmee.Ongelukkig het ek elke nou en dan oor die Here getwyfel, juis omdat mygeheue nie herstel is nie.EK HET U LIEFEen middag op pad huis toe dink ek, ek het nog nooit vir die Here gesêek is lief vir Hom nie, toe sê ek dit vir hom. Vyf minute later toe ekby my huis instap lui die telefoon. Dit is my broer en hy bied my werkaan by sy maatskappy teen 4 keer my polisie salaris. Ek sien dit toe as'n teken omdat ek gesê het ek het Hom lief en bedank uit die polisieuit.WERKLOOSSewe maande later sit ek sonder werk. My broer se venoot was skelm enhet soveel geld gesteel dat die maatskappy gelikwideer is, en diepolisie wil my nie terug hê nie want hulle stel nou net swart mense aan.Ek het baie getwyfel aan die Here. Hoe kon Hy my vertroue so skend as Hyregtig bestaan. Ek word toe 'n sekuriteits wag na maande se soek nawerk. Lang skofte, min geld. Tydens nagskofte bid ek lang tye viruitkoms uit die finansiële verknorsing want my hele salaris dek nie eersmy huis paaiement nie.Ander dae twyfel ek of God bestaan, net om dan weer te dink Hy is besigom my te toets. As Hy nie bestaan het nie sou ek tog in een van daaiongelukke omgekom het. Ek het aanhou bid vir beter werk en een oggendvra die man by wie se huis ek wag staan of ek nie vir sy maatskappy wilwerk nie. Ek was so desperaat omdat die verveling van wagstaan my teendie mure uit gedryf het, dat ek dadelik ja gesê het. 'n Paar dae laterhet ek vir 'n onderhoud gegaan en by Impala Platinum begin werk. Toe ekmy aanstellingsbrief kry kon ek nie my oë glo nie. Vier keer die salaris

Share & Embed

More from this user

Add a Comment

Characters: ...