DIE EVANGELIE VAN MARIA, DIE STEUNPILAAR
1
(Bladsy 1-6 ontbreek)1. “...sal materie gespaar word, of vergaan?”Die Verlosser het gesê: “Alle aard, en alle gevormde dinge, alle skepsels bestaan in en saam metmekaar en elk sal ontbind word tot in sy eie bron. Die aard van materie ontbind alleenlik tot dit wat eieis aan sy aard. Wie ookal ore het om te hoor, moet luister.”2. Petrus het vir hom gesê: “Aangesien jy alle dinge aan ons verduidelik het, vertel ons ook, ‘wat is diesonde van die wêreld?”3. Die Verlosser het gesê: “Daar bestaan geen sonde nie, maar jy skep sonde wanneer jy vermeng sooswat gebeur tydens owerspel, wat sonde genoem word. Dit is waarom die Goeie gekom het, om saammet julle te wees, om die essensie van elke aard binne te dring, en om dit te herstel tot sy bron."4. Hy het voortgegaan: “Dit is waarom julle weer ontbind en tot niet gaan; omdat julle verknog is aandit wat julle mislei. Wie ookal begrip het moet dit insien.5. Materie het geboorte gegee aan
ʼn
hartstog wat geen gelyke het nie, en is afkomstig van dit watteenstrydig is met jou wesensaard. Sodoende ontstaan daar
ʼn
versteuring in die hele liggaam. Dit iswaarom ek vir julle gesê het: “hou goeie moed, en as jy mismoedig is, skep dan moed uit die diversevorme van die natuur. Wie ookal ore het om te hoor moet luister.”6. Toe die Geseënde Een hierdie dinge gesê het, het hy hulle almal gegroet, en gesê: “Vrede vir julle.Bring my vrede voort in julle. Wees versigtig dat geeneen julle mislei met, ‘kom hier’! of, ‘gaan daar’!nie. Die Menslike Kind is binne julle. Volg hom. Diegene wat hom soek sal hom wel vind. Gaan danen verkondig die Evangelie van die Koninkryk. Moet geen ander woorde navolg behalwe dié wat ek beveel het, en moenie wette instel, soos die wetgewer dit gedoen het, sodat julle dan daardeur gebindsal word nie.”Nadat hy dit gesê het, het hy weggegaan.7. Die studente was bedroef, en diep ontsteld. Hulle het gesê: “hoe kan ons na die volkere gaan en dieEvangelie van die Koninkryk van die Menslike Kind verkondig? As hulle die Verlosser nie gespaar hetnie, sal ons gespaar word?”8. Toe het Maria opgestaan, hulle almal gegroet, en aan haar broeders gesê: “Moenie bedroef wees of onseker nie, want sy genade sal ten volle saam met julle wees, en sal julle beskerm. Laat ons eerder sygrootheid loof. Hy het ons tog voorberei en ons waarlik menslik gemaak.”9. Toe Maria dit gesê het, het sy hulle harte op die Goeie gerig, en hulle het die woorde van dieVerlosser bespreek.10. Petrus het aan Maria gesê: “Suster, ons weet dat die Verlosser jou meer lief gehad het as vir andervroue. Vertel ons die woorde van die Verlosser wat jy kan onthou, dit wat jy weet wat ons nie weet nie.Dit wat ons nie gehoor het nie.”11. Maria het geantwoord, en gesê: “Dit wat vir julle verborge is, sal ek aan julle openbaar.”Sy het begin deur hierdie woorde te spreek, en gesê: “Ek het die Meester in ‘n visioen gesien en ek hetaan hom gesê, ‘Meester, ek het u in ‘n visioen gesien vandag’.12. Hy het geantwoord en aan my gesê: “Seëninge vir jou, aangesien jy nie gehuiwer het toe jy my siennie. Waar die bewussyn is, daar is die skat.”13. Ek het aan hom gevra: Meester, hoe sien ‘n mens ‘n visioen, deur die psige, of deur die pneuma?Die Verlosser het geantwoord, en gesê: “‘n Mens sien nie ‘n visioen deur die psige of deur die pneumanie. Dit wat tussen die twee lê, dit waarmee jy weet, sien die visioen.
1
Vgl. Jan McDonald se “Mary Magdalene: lost Goddess, lost Gospels p.19
Leave a Comment