Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ek is...Hemel op Aarde
Ek is...Hemel op Aarde
Ek is...Hemel op Aarde
Ebook499 pages9 hours

Ek is...Hemel op Aarde

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Ek is 'n profeet wat geroep, gesalf, opgelei en vrygestel is deur God (EK IS...Eksodus 3:14) met die volgende primêre boodskap: "Om Hemel op aarde te verkry, soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid." Hierdie boek (boek 1 van 2) gee die leser riglyne oor hoe om Hemel op aarde te bereik. Die boek spreek geestelike, sielkundige, sosiale, fisiese en politieke probleme aan met Suid-Afrika as agtergrond, maar universeel van toepassing. Jeremia 1:5 "Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel." Boek 2 handel oor ongeveer 125 drome, visioene en geestelike ontmoetings/openbarings wat ek hoofsaaklik sedert 2004 gehad het.

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 5, 2012
ISBN9781465807427
Ek is...Hemel op Aarde
Author

Michelle Coetsee

My name is Michelle Coetsee, a female christian prophet born on 5 March 1962. I obtained a degree in Social Work at the University of Pretoria (1984) and gained vast experience in the field of community development in rural areas and entrepreneurship. I am divorced and single with two grown-up children, a daughter and a son. My whole life is devoted to my calling as a prophet and community worker/developer. I currently reside in Cape Town South Africa.

Related to Ek is...Hemel op Aarde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ek is...Hemel op Aarde

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Ek is...Hemel op Aarde - Michelle Coetsee

    EK DRA GRAAG DIE BOEK OP AAN DIE VOLGENDE:

    - Alle mense wat opreg opsoek is na ’n sinvolle lewe en een van volkomenheid hier op aarde.

    - Almal wat worstel om te verstaan en te aanvaar dat God kragtig deur gewone, gebroke en sondige mense kan werk.

    - Almal wat die onvermydelike bitter beker in hierdie gebroke wêreld moet drink. Mag my getuienis u in dié tyd onderskraag en prakties help.

    - Lees 1 Samuel 2; Psalm 63; Psalm 68; Prediker 3; Jesaja 49 en Jesaja 61

    Jeremia 30:2

    So sê die Here die God van Israel: Skryf alles wat Ek met jou gepraat het, in 'n boek.

    Jeremia 8:11

    Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: Alles is reg! Alles is reg! Maar niks is reg nie.

    Jeremia 17:14

    Maak Ú my gesond, Here, dan sal ek gesond wees! Bevry Ú my, dan sal ek vry wees! Dit is vir U wat ek wil loof.

    Romeine 5:5

    en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

    MET SPESIALE DANK AAN:

    Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vir die vergunning van die gebruik van aanhalings vanuit die Bybel in Afrikaans, Sesde Uitgawe 1986.

    VOORWOORD

    My motief vir die skryf van hierdie boek is om nóg ’n opsie betreffende holistiese, geïntegreerde ontwikkeling (opbou van mense en gemeenskappe) vanuit my Christelike perspektief en ervaringswêreld ter tafel te lê, sonder om ander opsies van die tafel te vee of meedoënloos met andersdenkendes mee te ding.

    Verder poog ek om ook te bevestig dat God Drie-enig ’n werklikheid is en om lig te werp op die geheimenisse wat in sy woord te vinde is en wat Hy aan my deur middel van drome, visioene, spesiale bonatuurlike gebeurtenisse en die oopbreek van sy woord geopenbaar het. God wil graag bemoeienis met ons maak en Hy wil ons nie aan ons eie onkunde, genade, vrese, hardkoppigheid, sonde en frustrasies oorlaat nie. Mag die boek hoop en inspirasie bring en op vrugbare grond, naamlik ontvanklike harte, gesaai word. God se reën, naamlik die Heilige Gees, sal die saad ontkiem en laat groei soos die persoonlike verhouding tussen God en mens ontwikkel.

    Hierdie is ’n praktiese handleiding wat mense kan help om met vrymoedigheid van die bekende na die bemagtigende en verlossende onbekende te beweeg sonder om angsbevange/verlammend te wees. Christus wil vir elke mens ’n unieke en universele openbaring wees.

    God Drie-enig wil vir ons die X-faktor in hierdie wêreld wees. Hy wil ons sy onbeperkte opstandingskrag laat beleef. Jesus Christus se vrede en onderskeidingsvermoë is ’n kragtige wapen. Ons Christene moet tot die besef kom dat ons nie net vir verlossing nie, maar ook vir geesvervulling moet leef – ons kan nou al in God se rus ingaan.

    Mag dié boek ook dien as inspirasie om God se heerlikheid en glorie aan te neem, uit te leef en uit te straal sodat hemel op aarde in jou lewe sal aanbreek soos wat dit besig is om in my lewe te ontvou. Jesus Christus wil hê dat ons sy liefde en genade getrou moet aanneem omdat Hy ons nooit in die steek sal laat of verlaat nie. Sy wil is dat ons lewe in oorvloed moet hê. Die geheim is egter om in lyn met God se wil vir jou lewe geposisioneerd te wees deur ’n persoonlike verhouding met Hom aan te knoop. Sy liefde en seën word deur sy dissipels versprei. Die proses om hemel op aarde te bewerkstellig is uitdagend, selfs pynlik – dit kan met die skenk van geboorte vergelyk word – maar uiteindelik verander hierdie pyn in ’n wonderlike voorreg en geskenk. Die proses om tot vervulling te kom gaan deur kritiese seisoene wat lewe en bevryding tot gevolg kan hê of wat kan stagneer en die proses termineer. Laasgenoemde gebeur wanneer ons ons rug op God keer en nie na Hom wil terugkeer sodat Hy die goeie wat Hy in ons begin het tot volle uitvoering kan bring nie.

    Johannes 10:10 ‘n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

    Die beste keuse/belegging wat ek ooit gemaak het, was om ’n kans met God te waag. Hy het wonderbaarlik gereageer deur ’n lappop op ’n ashoop op te tel, te reinig en tot iets moois en bruikbaar te herstel. Net God het die vermoë om waarde op die ashope van die lewe raak te sien. Hy poleer en slyp ons tot iets blink en kosbaars. Hy is ’n leermeester en vakman by uitstek. Jy kry nie sy gelyke nie. Deursettingsvermoë moet aan die dag gelê word sodat God se beloftes wat Hy in die hemel maak, hier op aarde kan manifesteer. God wil nie hê dat ons net ’n geestelike ervaringsreis moet ondergaan nie. Hy wil ook hê dat dit wat Hy geestelik vir ons bied, werklikheid word, want God is ’n god van verhoudings. ’n Verhouding tussen God en mens asook mens en mens is vir Hom belangrik. Hier op aarde gaan niks in ons skote val nie. Ons moet so leef dat ons sy beloftes en waarheid kan aanneem.

    * * * * *

    HOOFSTUK 1

    PERSOONLIKE AGTERGROND

    1. Inleiding – van ’n lappop op die ashoop tot koninkrykskind

    Ek gee u nou ’n blik op my lewe. So sal dit duidelik sigbaar word dat God my hier op aarde geplaas het en tot nou toe bewaar het, nie uit verdienste nie, maar uit genade en roeping. Jesus Christus het die gebroke, sondige wêreld lief. Hy het vir ons kom instaan om sodoende vir ons ’n beter alternatief (lewe) te berei. Ons moet dit net vroegtydig besef, aanneem en uitleef sodat ons nie net staande kan bly nie, maar ook kan seëvier en feesvier. Jesus Christus is my daaglikse brood, my sielevoedsel.

    Ek is ’n opgeleide Maatskaplike Werker. My kennis van die Bybel asook my geloof was maar baie kinderlik. Ek was bewus van Jesus se barmhartigheid, liefde en genade asook die intimiteit van gebed en die moed en dapperheid van koning Dawid. My kennis van apostels, profete, die bonatuurlike magte, die werking van drome en visioene, die boek Openbaring, Paulus, die kragtige werking van die Heilige Gees, ensovoorts, was uiters beperk.

    Ek was veral na my egskeiding nie ’n aktiewe kerkganger nie. Ek het egter gereeld gebid, soms Bybel gelees en dikwels na televisie preke geluister. Ek was iemand wat probeer het om my omstandighede en ander s’n deur harde werk, eie kennis, ’n vrygewige gesindheid en liefde vir die minderbevoorregtes te verbeter. Ek was egter geneig om destruktiewe emosionele keuses te maak. Ek het meestal gevoel soos ’n sirkel wat nie in ’n vierkant pas nie.

    My persoonlike verhouding met die Here het radikaal begin verander toe ek ’n diepe hunkering na God se verlossing en sy ewige teenwoordigheid besef het. Ek het tot God om sy genade gebid en dat sy wil in my lewe moet geskied. Ek was totaal onkant gevang en oorweldig met die omvang van God se besluit vir my. Die kragtige werking van die Heilige Gees het tot my diepste wese gespreek en deurgebreek. Sy roeping vir my en die proses om ’n nuwe identiteit aan te neem, was intens – asook die besef dat ek moet poog om met alles wat ek is ’n gewillige en gehoorsame instrument vir Hom te wees.

    Die emosionele skokke wat ek moes deurmaak toe ek my van die bekende moes losmaak om na die onbekende oor te gaan, asook die ontnugtering met die realiteite van die lewe, die mensdom en my eie swakhede, was vir my enorm. Ek het baie begrip vir Petrus wat nie met absolute vertroue uit die boot op die water getree het nie.

    Dié proses was soms vreesaanjaend totdat ek tot die besef gekom het dat God Drie-enig die enigste vastigheid in my lewe was. Ek het toe begin rustig raak, introspeksie gedoen, al hoe meer afhanklik en toegewyd aan God geraak en in vertroue begin leef. Die emosionele skokke en finansiële verliese wat ek gelei het, het ek agter my begin sit en nuut begin dink. Dit is goed dat God sy hele skeppingsdoel nie op een slag aan ’n mens bekend maak nie. Ons word in die proses gesuiwer en versterk. Diepe insig, intimiteit, vertroue en afhanklikheid van God ontstaan. As ons ons afhanklikheid van God erken en Hom eer sal Hy ons opregte gebede verhoor en ons genadig wees. Hy sal ons aan die hand neem en die pad wys waarop ons moet stap – hierdie onbekende pad op soek na sy perfekte wil vir ons lewens.

    Hy wil net die beste vir ons hê en omdat Hy ’n regverdige God is, sal Hy ons altyd waarsku en op die regte pad probeer lei. Sy vaderhart sal verbly word as ons sy woord aanneem en daarvolgens leef. Veral die jeug – hulle kan nog voorkomend optree deur ingeligte besluite te neem en so hul roepingsdoel vind en die fondasies vaslê vir ’n beter wêreld vir hulself, hul kinders en wie weet, miskien nog vir hul kleinkinders en dié se kinders. Jesus Christus het Homself geopenbaar as die groot EK IS… van die wêreld. Of mense dit wil glo of nie, dít staan vas! Christenskap is voorwaar ’n openbaring.

    Wanneer God besluit om sy genade oor ’n no name brand uit te stort, veroorsaak dit groot konsternasie; amper soos ’n kat wat in ’n duiwehok losgelaat word. Terwyl jy nog steier en in skok en ekstase verkeer omdat God met jou in ’n verstaanbare taal en beelde praat, wonder jou familie, vriende, kerk en gemeenskap of jy dit finaal verloor het, aangesien jy maar altyd onkonvensioneel was – so ’n bietjie vreemd. Sommige mede-Christene is hewig beswaard en besorg. Sommige wil die demone uit jou verdryf, so subtiel as moontlik en ander wonder wat kan moontlik die oorsprong van die demone wees wat hier onder hulle losgelaat word. Sommige wonder of jy nie dalk aan dwelms of drank verslaaf is nie.

    Omdat ek nie geweet het wat God se wil vir my lewe was nie en omdat ek nie spesifiek tot Hom gebid het om my ’n profeet te maak nie, was ekself oorbluf en oorweldig met sy goddelike ingryping in my lewe binne my sondige bestaan. Skielik moes ek goddelike boodskappe oordra aan mense na wie ek vir leiding opgekyk het; mense wat ek op trone geplaas het. Dit was vir my uiters ongemaklik omdat mense meer op die boodskapper as op die boodskap gekonsentreer het. Wanneer hulle wel op die boodskappe ag geslaan het, het sommige invloedrykes en meerderes dit afgemaak as onsin en nie van God afkomstig nie. Ek was met tye buite myself van waansin en magteloosheid, gevolg deur erge skuldgevoelens omdat ek so tekere gegaan het. God was genadiglik geduldig met my en het nie geskrik vir al my uitbarstings nie. Hy was getrou by my en het my getroos veral as ek besef het dat ek erg aangejaag het. Hy was al vaste sekerheid in my lewe toe dit vir my gevoel het dat ek heeltemal beheer verloor oor alles wat in die hede, verlede en in die toekoms gaan gebeur. My mure was besig om ten aanskoue van my vyande in te tuimel en dit was vreesaanjaend vir my. Terwyl Jesus troos, maak Hy ook gesond en dit beteken om dinge uit my lewe weg te sny wat in sy pad staan om van my die mens te maak wat vir Hom vir ’n spesifieke doel bruikbaar sou wees. God kan baie dinge terselfdertyd doen. Hy kan iets skep uit chaos.

    Die mense wat hulle wel aan my boodskappe gesteur het, was nie seker hoe hulle dit moes hanteer nie omdat dit die status quo ernstig uitgedaag het. Kosbare tyd en geleenthede het so verbygegaan. Om brûe te bou daag mense se gemaksones, beleide, agendas, posisies en reputasies uit. Dit verg ingrypende aksie. Ek het nog nie behoorlik herstel van die hewige stryd wat ek vir baie jare moes stry daar waar ek pas vandaan gekom het nie (verhuis van KZN na Wes-Kaap). Ek het hoë verwagtinge van my nuwe plek en lewe gekoester. Met my aankoms in die Wes-Kaap, was konflik die laaste behoefte op my agenda. Ek het regtig geglo dat positiewe en opregte beïnvloeding voldoende sou wees.

    Die proses om jouself af te sterf is bedreigend en kan jou kwesbaar laat tot groot verlustiging van die vyand. Jy raak verder gestres en gefrustreerd omdat jy bang is God se wil seëvier nie, terwyl die mense stres en met hierdie demoonbesete of versteurde vrou gefrustreerd raak. Al hierdie dinge is uiters verwarrend vir alle betrokkenes. En asof dit nie genoeg is nie, vererger jy die situasie met jou aanhoudende onkonvensionele uitsprake en gedrag. Dit raak nag! Soos ek reeds gesê het, verskaf dit egter vir party mense lekker vermaak en skindernuus.

    Eiegeregtigheid is ’n sensitiewe saak wat slegs deur dapper, nugtere en suiwer prosesse sonder onregverdige benadeling van die betrokke partye gefasiliteer kan word. Die wil vir so ’n proses moet by almal wees. Daar moet eerder na ooreenkomste en gemeenskaplikheid gesoek word as na dinge wat mense verdeel. Dit maak nie saak wat in die Grondwet staan of nie staan nie, of hoe vroom politieke partye se beleid op papier is nie. Op die grond, daar waar die mens woon, maak dit saak wat in die mense se harte, op agendas en in finansiële begrotings staan. Die kwaliteit van leierskap is absoluut deurslaggewend.

    Deurlopende geregtigheid weeg egter swaarder by my as selektiewe effektiwiteit en geregtigheid. Geregtigheid is ’n koninkryksbeginsel wat hoë waarde by God het. Effektiwiteit is ’n vrug van geregtigheid wat aangeleer en bemeester kan word sodat goddelike outoriteit opbouend en tot voordeel van almal kan strek – ryk of arm, geletterd of ongeletterd. Die mens moet net die wil, die gesindheid, karakter en toewyding openbaar om vaardighede te bemeester. ’n Hart wat geregtigheid en barmhartigheid weerspieël, bou brûe, breek mure af, bring vertroue, respek, begrip, toewyding en geduld omdat mense neutrale grond skep. Ongelukkig verabsoluteer mense hul politieke en geloofsoortuigings so dat dit moeilik is om oor hierdie dinge te praat sonder dat dit hewige konflik veroorsaak voordat daar met duidelikheid en openlikheid deur almal gepraat word.

    Ek het vir baie jare van my lewe aan reaktiewe depressie gely. Dit het gewissel van ligte tot erge aanvalle. In Desember 2006 het ek ’n sielkundige gaan spreek wat hoogs gespesialiseerd in traumabehandeling is. Ek wou graag ’n kliniese profiel oor myself bekom.

    Voëlklip-huis (Hermanus) Maart 2007

    Voëlklip-huis (Hermanus) Maart 2007

    Vroeg in November 2006 het ek ’n droom gehad wat my geweldig verward gelaat het. Ek kon die beelde en gevoelens wat daarmee gepaard gegaan het (al het ek hoe gebid dat dié beker by my moet verbygaan), nie afskud nie. Hierdie droom het ’n geweldige impak op my geestelike, emosionele en fisiese funksionering gehad wat sekerlik ook my sosiale lewe en toekoms sou verander. Die angs en spanning het ekseem op my hande en voete veroorsaak.

    Na intensiewe toetse het die sielkundige my meegedeel dat daar geen psigoses of patologie is nie en dat ek eintlik wonder bo wonder funksioneer vir iemand wat vele en erge traumatiese gebeurtenisse tydens kritiese lewensfases moes trotseer. Ek was uiters verlig om met hierdie wetenskaplike kennis toegerus te wees. Ek het besef dat God Almagtig sy bewarende hand nog altyd oor my uitgestrek gehou het en dat Hy ook tans met my besig is en dat Hy my nie sal verlaat nie. Ek moes net getrou en gehoorsaam aan Hom wees, kom wat wil, en al ken ek en verstaan ek net ten dele. God het my inderdaad uit die kloue van diepe angs en depressie gered. Ek het nooit weer so ’n veluitslag gekry nie al het ek intussen deur verdere traumatiese ervarings gegaan. Van 1995 tot Desember 2006 het ek dikwels die ekseem gekry. Sedert Desember 2006 was ek met tye hopeloos verslae, maar met God se hulp was ek nooit verslane nie.

    Vanuit my drome, visioene en spesiale gebeurtenisse het ek besef dat ek die boodskappe wat ek van God ontvang het en my belewenisse met ander moes deel. Alhoewel ek met my verstand besef het dat dit baie moeilik sou wees, was ek nie voorbereid op die emosionele realiteite en skokke daaraan verbonde nie. Net die wete dat God by my was, het dit vir my egter draaglik gemaak en my gemotiveer om getrou aan Hom te bly. My verwarde gemoed daaromtrent, die oorgrote meerderheid van mense se negatiewe reaksies op die drome en visioene asook my gevolglike uitbarstings, het my in ’n toestand van erge emosionele pyn gelaat. Ek was vir een volle maand (Julie 2008) so te sê bedlêend. My gemoed was swaar, want ten spyte van al my pogings het niks uitgewerk nie. Ek het soos ’n groot mislukking gevoel omrede ek beangs was dat God se wil nie besig was om te realiseer nie en dat ek dus misluk in my grootste opdrag ooit. Ek het egter besef dat God my nie vernietig wil sien nie, al voel dit asof alles rondom my in duie stort. Maar ek het egter vasgehou aan die droom dat Jesus by my is en dat Hy wil hê ek moet weggaan van waar ek my toe bevind het. Alhoewel dit vir my pynlik was om die plek en mense te verlaat waarvoor ek so lief was, het ek geweet die lewe sal terugkom; ek moet dit net doen.

    Sedert Jesus Christus my van my naïwiteit gestroop het en ek besef het dat die lewe uit lig en donker bestaan en dat ek nie net op die positiewe moet konsentreer nie, het dit my in ’n posisie geplaas om meer realisties te wees en nie so van een emosionele skok na die ander te leef nie. Ek plaas mense ook nie meer op troontjies nie en dus het ek ook nie meer hoë verwagtinge van mense nie. Ek probeer nou net om die mens te wees wat ek graag wil hê ander moet wees. Dit het die pyn, dolk en die magteloosheid uit my gemoed geneem. Ek probeer nou proaktief en realisties lewe.

    Ek sou hierdie beproewinge gewis nooit sonder God se hulp te bowe kon kom nie. Sy teenwoordigheid was beslis lewegewend. Hy het my van ’n gewisse dood gered. God het my oortuig dat daar, te midde van die mure van die dood wat jou vasdruk, sin in die lewe is en dat ’n mens se waarde deur God bepaal word en nie deur persepsies van mense nie en dat ’n mens meer is as die somtotaal van jou foute en mislukkings.

    Relevante Bybel teksverse

    Jesaja 30:19–21 …Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer. Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: Hier is die pad, loop hierlangs.

    Jesaja 30:23 Dan sal die Here reën gee op die saad wat jy in die land gesaai het, en sal jou grond kos vir jou lewer wat ryk en voedsaam sal wees. Jou kleinvee sal wei in uitgestrekte grasveld.

    Hosea 9:8 Die profeet is deur God gestuur om oor Efraim wag te hou, maar oral waar die profeet gaan, probeer hulle hom vastrek. Die vyandigheid hou nie eens in die huis van sy God op nie.

    Jesaja 25:1 Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.

    Jesaja 25:4 want U is 'n toevlug vir die armes, 'n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood, 'n skuilplek teen die stortbuie, 'n skaduwee teen die hitte. Die geweld van die wrede volk is soos 'n winterstorm,

    Jesaja 25:8 Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee. Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyder wat sy volk aangedoen is. Die Here het dit gesê.

    1 Tessalonisense 5:23 Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!

    Ander teksverse om na te slaan

    Psalm 116; Jesaja 25:9; Jesaja 25:12; Jeremia 2:8–9; Jesaja 25:5

    2. Aanneem-ouers en skooljare

    Die Christelike Maatskaplike Raad het danksy die inisiatief van ds. Van Heerden, wie se hart uitgegaan het na my ma, dit moontlik gemaak dat my ouers my op die ouderdom van twee weke by die Addington-hospitaal in Durban kon gaan haal en plaas toe neem in die hartjie van Zoeloeland waar my oupa en ouma geboer het.

    My oorlede pa Ig van Rooyen en my ma Rina

    Ek en my ma

    Ek en my broer Ben by my pa aan huis van

    ouma Joey van Rooyen (Nyalazi)

    Ek was baie maer vanweë gastroënteritis – vandaar my Zoeloe-naam Mancane (klein een). Ek en my ouers het drie jaar lank op ‘n plaas in Kiepersol naby Hazy View gewoon.

    My pa het met piesangs en tamaties geboer, maar hy moes ongelukkig die plaas verkoop omdat my oupa baie siek geword het en hy Oupa se suikerboerdery moes oorneem. My oupa het op Nyalazi in die Fanies-eiland en Charters Creek-omgewing, wat deel is van die iSimangaliso-vleilandpark, geboer. Ek was baie geheg aan Emily (’n swart vrou afkomstig van Swaziland) wat my help versorg het.

    Emily en my boetie Ben

    My ma, wat ’n opgeleide verpleegsuster was, het my mooi versorg en spoedig het ek mooi pofwangetjies en armrolletjies gehad. Volgens my ma was ek verskriklik lief vir vars beesmelk, mieliepap, vars tamatie en tussen-rou-en-halfgaar vleis. Sy het elke dag toegesien dat ek ’n bak groente eet wat sy uit die tuin gekry het en wat sy vir my fyngedruk het. Tydens my kinderjare het ek inderdaad baie goed en gesond geëet.

    As kleuter het ek daarvan gehou om net in my doek of swembroek rond te loop vanweë die hitte van die Laeveld en Zoeloeland. Ek was altyd op soek na water, en as ek die tuinslang in die hande gekry het was daar kort voor lank ’n modderpoel en was ek besmeer van kop tot tone. Ek wou altyd net buite wees – saam met die honde. My ma het my dié staaltjie vertel wat nogal demonstreer dat ek van kleins af op ’n missie was. Die pakkamer waar die tamaties en piesangs gesorteer en verpak is, was ver van die huis af – ’n mens moes deur ’n piesangland stap om daar uit te kom. Een laatmiddag, nadat ek gebad en my pienk japon en pantoffeltjies aangetrek het, het ek besluit om my pa op te soek omdat hy nog nie tuis was nie en net op een plek kon wees. Op pad na die pakhuis het ek die swart plaasvoorman, Timoteus, raakgeloop. Hy vra toe in Zoeloe waarheen ek op pad is. Ek antwoord in Zoeloe dat ek na my pa toe op pad is. Op sy vraag wie my vergesel, antwoord ek: Nee, ek loop alleen.

    My voorliefde vir modder en tuinmaak

    het reeds hier gemanifesteer

    So ook my voorliefde vir water…

    …en die buitelewe

    In my kleuterjare het my voorliefde vir rokkies sterk na vore gekom en my ma het vir my die mooiste, vrolike rokkies gemaak. My ma is baie goed met naaldwerk. Ek onthou ook hoe my ma die pragtigste linte vir my gemaak het wat ek gereeld saam met my uitrustings gedra het. As ons kerk toe gegaan het, het ek sulke lang wit kouse met valletjies aangehad wat tot net onder my knieë gekom het.

    Rokkie wat deur my ma gemaak is

    Rokkie wat deur my ma gemaak is

    Ek het egter nie ’n voorliefde vir skoene gehad nie – ek was mal daaroor om kaalvoet te loop, dorings ofte nie. My voete het gou begin brand as ek skoene aangehad het en ek kon nie wag om hulle uit te trek nie. Die ergste was as ek saam met my ma en deftige ouma Durban toe gegaan het vir inkopies – dit was omtrent ’n uittog en ’n gedoente. Ek moes my mooiste rok, kouse en skoene aantrek. Om van die linte nie te praat nie! Maar Durban se strate is nogal lank, en kort voor lank was ek kaalvoet. Dis een ding om stil te sit in die kerk, maar ’n ander ding om met skoene aan jou voete te stap.

    Ek het avontuurlustig grootgeword en het heerlik buite gespeel saam met die plaaswerkers se kinders. Toe ek op 5 jaar en 10 maande skool en koshuis toe is, kon ek Zoeloe baie beter praat as Afrikaans. Ek was hartseer om weg te wees van die plaas en die vryheid wat ek daar beleef het. Veral my swart maatjies het ek geweldig gemis. Juffrou du Plessis, wat op die punt was om af te tree, was wonderlik vertroostend. Ek weet nie wat ek sonder haar sou doen nie. Haar begrip, deernis en geduld het my stadig maar seker laat blom. Sy het my elke Maandag op haar skoot geneem en daar laat sit totdat ek beter gevoel en ophou huil het omdat ek koshuis toe moes gaan. Met haar hulp het ek aan die einde van die jaar die boekprys vir pligsgetrouheid ontvang. Met hierdie goeie fondasie wat vir my gelê is, het ek akademies en op sport- en kultuurgebied goed presteer gedurende my laerskooljare.

    Ek het ook my eie bende gehad (net soos Trompie). Pouses het die seuns en meisies nog saam gespeel en het my bende teen die ander bendes albasters, Jo-jo, tolgooi, krieket, rekspring, touspring, rounders en ander speletjies gespeel. Ek het sakke vol albasters gewen wat ek in Barclays banksakkies en Consol glasbottels gebêre het. Ek het ’n kleurvolle versameling Coca Cola, Fanta en Sprite Jo-jo’s gehad. Die grys asblikke is ingespan as paaltjies vir ons krieket kragmetings. Smiddae het ons soms saam met die seuns rugby gespeel. Kaalvoet het ons heen en weer oor die dubbeltjie besaaide veld gehardloop. Ja, ek was behoorlik bedrywig. My beste vriendinne was Marlene Smit en Ilse Botha. Dit was vir my lekker om saam met hulle plaas toe te gaan. Beide se ouers het met beeste geboer en daar was ook wild op hul plase. Ilse was oudminister Stoffel Botha en mev. Lucy Botha se jongste dogter. Ek het ook goed met Paul, haar jongste broer, oor die weg gekom. Gert Gauché, met wie ek ook goed bevriend was, is tragies in die fleur van sy lewe op die grens oorlede. Daar was wonderlike kinders saam met my op skool – die Bishoffs, Meyers, Oosthuizens, Badenhorsts, Ferreiras, Kleyns, Stapelbergs, Marais, Labuschagnes, Meintjies, Nels, Liebenbergs, Lauterbachs, ens. Ek bespreek elders in die boek meer breedvoerig oor my belewenisse op hoërskool.

    Wat gedurende hierdie tyd vir my baie opmerklik was, veral as ek Maandae oggende vanaf die plaas saam met my pa of ma op pad skool en koshuis toe gery het, was hoe swart kinders kaalvoet kilometers skool toe afgelê het – op pad na klein en karig gemeubileerde skole wat iewers tussen êrens en nêrens geleë was. Die kinders was altyd vriendelik en het ywerig gewaai as ’n mens verby hulle gery het. Die volgende sal my ook altyd bybly: oor naweke het ek my verluister aan die klanke van beesveltromme wat smiddae, tesame met die rokie van ’n veldvuurtjie, van oorkant die Nyalazi rivier in die Mfekayi reservaat duidelik hoorbaar was en in die hemelruim sigbaar was. Ons plaas het aan die Nyalazi rivier gegrens en ’n damwal wat my pa en ander boere gebou het, het ook as rivierkruising gedien. Ek en my swart maatjies het gereeld daar kleilat gespeel en visgevang. Dat ’n krokodil ons nooit gevang het nie, was net ’n saak van genade. Op pad na die rivier het ons kortpad deur die suikerrietlande gevat en soms rietrotte gejag. By die rivier aangekom het ons langs die oewer erdwurms uitgegrawe vir die groot visvangs. Die grond hier was ryk en vrugbaar – so diep donker van kleur. Ons het sommer latte gesny en as visstokke ingespan en riete (dobbertjies) aan die lyn vasgemaak sodat ons kon sien wanneer die vis byt. My gereelde maatjies se name was Sipho en Bhuti. Ek het darem so af en toe saam met my niggie Hanlie probeer pop speel. Ek het egter meer daarvan gehou as ons twee vir ouma Joey konsert gehou het en skool-skool gespeel het. Hanlie was egter nie baie lief daarvoor om saam met my voëltjies te jag nie.

    Daar was verskeie onderwysers wat gedurende my laer- en hoërskooljare ‘n deurslaggewende rol in my lewe gespeel het – só asof hulle engele was wat die Here spesifiek vir my daar geplaas het.

    Ek wil graag die volgende onderwysers bedank (ek sal hulle altyd in my hart koester):

    a. Hluhluwe Primêre Skool:

    - Mev. du Plessis

    - Mev. Meintjies

    - Mev. Nel

    - Mev. Liebenberg

    - Mnr. Roos

    - Mnr. Strydom

    - Me. Gildenhuys

    - Me. Coetser

    My klas 1 foto saam met mev. du Plessis

    (ek sit direk links van haar)

    My skoolhoof mnr. Strydom

    b. Port Natal Hoërskool:

    - Mnr. van Rooyen

    - Mnr. Rocher

    c. Empangeni

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1