You are on page 1of 11

1

E
EEu
uur
rra
aas
ssi
iia
aat
tti
iie
ees
ss e
een
nn N
NNo
oos
sst
ttr
rra
aat
tti
iie
ees
ss




Eurasiaties en Nostraties
Nostraties is n taalfamilie wat nog nie deeglik omskryf is nie en waaroor daar
nog heelwat meningsverskille bestaan. Historiese linguste verskil oor die lede van
di genetiese groepering maar op sy mees inklusiewe omvat Nostraties die Afro-
Asiatiese familie (waaronder die Semitiese tale sowel as Egipties/Kopties,
Hausa en Somali), Dravidies (waaronder Tamil en Telugu), Eurasiaties (Altaes,
Eskimo-Aleoet, Indo-Europees en ander) en Kartveels (Georgies). Die stamtaal
word Proto-Nostraties genoem.
2

Deesdae neem steun toe vir die idee dat Nostraties vroeg reeds in suidelike,
oostelike en noordelike groepe verdeel het: Afro-Asiaties en Kartveels in die
suide, Dravidies in die ooste en n noordelike groep wat tot n groot mate met
bovermelde Eurasiaties ooreenstem. Volgens professor Joseph Greenberg het
daar n vroe skeiding tussen die Eurasiatiese (noordelike) groep en die Afro-
Asiatiese en Kartveelse groepe plaasgevind.
Dis opvallend dat Proto-Indo-Europees die vroegste kernwoordeskat sowel as
morfologie met Eurasiatiese sustertale in gemeen het, maar nie veel kulturele
terme nie. PIE deel egter n betekenisvolle aantal terme vir landbou, veeteelt
en kulturele terme met Semities, die noordelikste lid van Afro-Asiaties.

Die tydperk waarin Proto-Nostraties gepraat is, word geskat op 14 000 7000
VHE (16 000 9000 jaar gelede), wat nuwe betekenis verkry het sedert die
ontdekking van Gbekli Tepe, die vesting van die jagter-versamelaars en
verwante terreine in Turkye.

3

So lyk die Eurasiatiese (Noord-Nostratiese) Familie* vandag:



*Die Dravidiese (oostelike) groep word op die kaart by Eurasiaties getel.

Altaes (Mongolies, Turkies, Tungus)
Chukoties (5 tale van noordoos Siberi en die Kamchatka Skiereiland)
Eskimo-Aleoet (van Alaska tot Groenland)
Gilyak (Nivkh-mense in die verre ooste van Siberi en op Sakhalin Eiland)
Indo-Europees (onder meer die Baltiese, Germaanse, Iraanse, Keltiese,
Romaanse, Slawiese families)
Japans-Koreaans-Ainu (Ainu, Japans, Koreaans)
So lyk die die ouer Nostratiese Familie op sy breedste:
Afro-Asiaties (Berber, Chadies, Egipties, Kusieties, Omoties, Semities)
Dravidies (Indi)
Elamities (uitgestorwe, Iran)
Etruskies (uitgestorwe, Itali)
Eurasiaties (soos bo)
Kartveels (Georgi)
Sumeries (uitgestorwe, Irak)

4


Genetiese verwantskappe tussen tale word op grond van relmatige
ooreenkomste in klank en betekenis bepaal. n Handige hulpmiddel is die feit
dat daar in alle tale n hirargie van stabiele terme bestaan, woorde wat
sterker teenstand teen verandering bied, hetsy vervanging uit eie geledere of
verdringing deur leenwoorde.
Onder die stabiele terme tel voornaamwoorde, telwoorde, woorde vir
liggaamsdele en natuurverskynsels soos water, grond en son. Wanneer n
genetiese hipotese getoets word, word die mees argaese elemente eerste
vergelyk. As die tale wat vergelyk word, fonetiese en semantiese
ooreenkomste in daardie woordeskat toon, kan daar voortgegaan word met
fonetiese ontleding, die identisering van ooreenkomste in grammatika en die
rekonstruksie van n voortaal.
http://en.wikipedia.org/wiki/Linguistic_reconstruction
Rekonstruksie van Proto-Nostratiese terme en morfologie dui op n
gemeenskap van jagter-versamelaars wat kennis gedra het van bou- en
weeftegnieke. Proto-Nostraties blyk n deeglik ontwikkelde taal te gewees het
met aktiewe, passiewe, kousatiewe en refleksiewe werkwoordvorme.
Naamwoorde tref n onderskeid tussen lewend vs nie-lewend en het meer as
een meervoudsvorm. Beide naam- en werkwoorde is deur agtervoegsels
verbuig. Alle woorde het met medeklinkers begin. Die fonologiese stelsel het
baie gutterale (keel)klanke bevat en minstens die volgende klinkers: [a, e, i, o,
u] en moontlik ook []. Enige medeklinker kon in die eerste lettergreep
verskyn, maar net [a, i, u] in daaropvolgende lettergrepe.
5

Daar is n verbintenis tussen die ouderdom van Gbekli Tepe en die bevindinge
van die historiese lingustiek waar dit Proto-Nostraties aangaan. In sy werk
Indo-European and the Nostratic Hypothesis bespreek Allan R Bomhard die
moontlike tuisland van die sprekers van daarvan. Hy evalueer onder andere die
verskillende teorie oor die tuislande van Proto-Indo-Europees, Afro-Asiaties,
Kartvelies, Oeralies-Joekaghir, Elamo-Dravidies, Altaes en ander. Daarna kyk
hy na die teorie van Aaron Dolgopolsky, John Kerns en Henrik Birnbaum oor
die struktuur en datering van Nostraties.
Hy stem saam met Kerns dat die Mesolitiese kultuur sy oorsprong in die
vrugbare sekelmaan in die Midde-Ooste net suid van die Kaukasus moes gehad
het en dateer die taal op tussen 15 000 en 12 000 VC, met ander woorde
17 000 tot 14 000 jaar gelede. Hy meen dat die taal teen 12 000 VC begin
versprei het en dat afsondelike dialekte reeds teen 10 000 VC bestaan het.
Ongeveer 15 000 jaar gelede 13 000 VC het die yslae begin krimp, die
klimaat warmer geword en seevlakke dramaties gestyg. Gebiede wat voorheen
onbewoonbaar was, het toeganklik geword vir menslike habitasie.
Bevolkingsgetalle het toegeneem en mense het in alle rigtings versprei.
Permanente dorpe het ontstaan en daar is geleidelik van jag en versamel na
landbou en veeteelt oorgeskakel. Die disintegrasie van die Proto-Nostratiese
moedertaal het met di ontwikkelinge gepaard gegaan soos mense al verder
van die tuisland af beweeg het.
Nostraties was natuurlik nie die enigste taal wat in daardie gebied gepraat is
ten tye van al di dramatiese veranderinge nie; daar was ook sprekers van
Sino-Kaukasiese tale wat deel van die Neolitiese Revolusie uitgemaak het
deur die verspreiding van landbou en veeteelt.
Di tale het voor enige van Nostratiese afstammelinge oor Europa versprei en
is eers duisende jare later deur Indo-Europese en Oeraliese tale verdring sodat
nog net Baskies oorbly. Die Sino-Kaukasiese tale was die tweede groep wat die
Amerikas betree het. Eerste was Amerind en duisende jare later het die derde
groep, die Nostratiese Eskimo-Aleoet gevolg.
Bomhard se deeglike analise los n tergende geheim op die feit dat Indo-
Europees in fonologie en woordeskat met Afro-Asiaties (veral die Semitiese
tale) ooreenstem, maar met die tale van die koue noorde (Oeralies-Joekaghir
tot Eskimo-Aleoeties) in sintaks en morfologie. (Indo-Europees en die
noordelike families word terloops deur die groot lingus Joseph Greenberg as
n Nostratiese subfamilie, Eurasiaties, saamgegroepeer).
6

Dis presies wat n mens sou verwag indien die sprekers van Proto-Indo-
Europees tot minstens 7000 VC in Anatoli gewoon het, terwyl Afro-Asiaties
begin verbrokkel het met n groot deel van sy sprekers wat suid in Afrika in
getrek het terwyl die sprekers van die Semitiese subgroep in noordelike
Mesopotami agtergebly het. Dit verklaar die gedeelde woordeskat, bv
woorde vir landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Die gedeelde woorde
vir ster en sewe dui moontlik op n eenvormige ideologie/religie. Intussen het
die noordelike families in n radikaal anderse ongewing ontwikkel, waar
landbou eers heelwat later gekom het. Hulle gedeelde kernwoordeskat met
Indo-Europees en Afro-Asiaties dateer terug na n pre-landbou-veeteelt
periode.



Die Amerindiese familie wat van Tierra del Fuego aan die suidpunt van Suid-
Amerika tot in die suide van Kanada aangetref word, toon merkwaardige
ooreenkomste met Greenberg se bovermelde Nostratiese subgroep
Eurasiaties. Dit beteken dat dit moontlik die heel eerste Nostratiese dialek was
wat in n noordoostelike rigting weggebreek het of dat dit minstens uit n
sustertaal van Nostraties stam.
In Sentraal-Siberi is daar in 2010/11 n genetiese spoor ontdek van die
Amerindiese trek vanaf Anatoli na die Amerikas.

7

BIBLIOGRAFIE

Bomhard, Allan R. Indo-European and the Nostratic hypothesis. Charleston, S.C. : Signum,
1996. ISBN: 0965229408 9780965229401. Series: Studia Nostratica, 1.

Bomhard, Allan R. Lexical parallels between Proto-Indo-European and other languages.
Revised February, 1994. Boston, Massachusetts.

Greenberg, Joseph H. Indo-European and its closest relatives: the Eurasiatic language family.
Stanford, Calif. : Stanford University Press, 2000-2002. v. 1. Grammar -- v. 2. Lexicon.

Nostratic: Examining a linguistic macrofamily/edited by Colin Renfrew; Daniel Nettle.
Cambridge : The McDonald Institute for Archaelogical Research, cop. 1999.

Nostratic: Sifting the evidence/edited by Joe Salmons; Brian D Joseph. Amsterdam ;
Philadelphia : J. Benjamins, 1998.

Sprung from some common source: Investigtions into the prehistory of languages / edited by
Sydney M. Lamb and E. Douglas Mitchell. Stanford, Calif. : Stanford University Press, 1991.
ISBN: 0804718970 9780804718974.

Uys, Pieter. Nostraties: 'n brug oor die stroom van tyd. 2de verbeterde uitg. Gardenview:
Pommer Pers, 1994. ISBN: 1875042059 9781875042050.



8

INTERNETBRONNE


Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.
www.v-stetsyuk.name/en/Alterling/Nostratic.html

Uys, Pieter. Gbekli Tepe: Argeologiese Data en Historiese Lingustiek.
www.scribd.com/doc/173902038/Gobekli-Tepe-Argeologiese-Data-en-Historiese-Linguistiek

Batuman, Elif. The Sanctuary: The worlds oldest temple and the dawn of civilization.
Illustration: Jorge Colombo
http://www.newyorker.com/reporting/2011/12/19/111219fa_fact_batuman

Dietrich, Oliver. Gbekli Tepe Radiocarbon Dates A Short Comment
Text and data published online at: Benz, M. Comments on radiocarbon dates of Epipalaeolithic and
Early Neolithic sites of the Near East.
http://www.exoriente.org/associated_projects/ppnd_site.php?s=25.

Overview of the Gobekli Tepe archaeological site.
Photo: http://gobeklitepe.info.tr/ http://twitter.com/gobeklitepe
https://docs.google.com/file/d/0B8yAiUCdzj53U2w5aEJaZXVFcVU/edit
http://science.nationalgeographic.com/science/archaeology/photos/gobekli-tepe/





9

KAARTE


http://anthropology.net/2008/02/05/the-indo-european-language-tree/the-indo-european-
branches-of-the-language-tree/

https://aratta.wordpress.com/2014/03/28/the-navel-portasar/

www.v-stetsyuk.name/en/Alterling/Nostratic.html












10

AANHANGSEL

Opmerkings oor die Proto-Nostratiese Oertaal
Die Toring van Babel
Die oudio val erg rof op die oor, en om te dink, Nostraties het reeds van baie klanke ontslae geraak
en was eenvoudiger as die taal waaruit dit spruit (Dene-Kaukasies). Niks het verander nie; die
afstammelinge van D-K beskik steeds vandag oor enorme fonologiese stelsels behalwe Sino-
Tibetaans wat langs die pad baie klanke verloor en met stemtone vervang het.

https://rhinospike.com/audio_requests/jurcik/4489/
o dyas-did bur ki ar did.
Sal bel bur-ki barh gi-in, bur fn inear ki isti-o.
Diom ki k law br: "Diom bik e dyak fn in did-ali bor, anovu sal bad-!"
il-bur ki sal-vin, ikvbur ki sal-ha.
Disdal bel na bik e ki ludid-sal diom.
Disdal bur "Sal mos ki diom mos, me-gi divatk sal".
Bo ki bor ilm-belh, sals-ludid isu.
Dioms disdal isu k i lukid-sal isu diom bor ki doya fr siar sal.
ar stu-Babel, bli disdal isu diomst na sal-kum bor.
Daar's baie woorde met 2 of meer betekenisse soos bv "clan, huis, familie." Die rekonstruksies is nie
perfek nie - ek dink die woorde lyk dieselfde, soos homofone, maar dat daar spesifieke vokaal-
variring was wat nie so maklik gerekonstrueer kan word nie, bv "bor" = wortel, woning, stam,
gebou, stad" maar was eerder verskillende woorde bv "bor/ber/bir/bar/br/br."
Die drie basiese klinkers i/u/a bevat vae konnotasies van i = klein voorwerpe, naby die spreker,
toekomstige tyd/u = groot, ver van die spreker, verlede tyd/a = by die spreker, teenwoordige tyd.
Nostraties dui nie geslag (hy/sy/dit) aan nie maar wel lewend/nie-lewend (s/hy vs dit). Dis ook nie
relmatig nie want die eienskap lewend word aan mobiliteit gekoppel. Aspirasie (g
h
d
h
t
h
k
h
b
h
p
h
)
en die konsonant h word op een of ander manier aan die kategorie lewend gekoppel.

Daar bestaan verskillende maniere om meervoud aan te dui. Sulke grammatiese onderskeide word
deur suffikse aan die naamwoord gekoppel.

Twee vorme van die eerste persoon meervoud word onderskei: Ons (sonder jou) en Ons (waarby jy
ingesluit is). Persoonlike voornaamwoorde word selde ingespan omdat die persoon in die
werkwoord deur suffikse aangedui word.

Geen voorsetsels nie, maar suffikse word gebruik om naamwoorde in ruimte en tyd te plaas, t.w. in,
op, deur, met, oor, onder, by, deur middel van, ens.
11


Werkwoorde is besonder ingewikkeld, en word deur tye (teenswoordige, verlede, ens) gekwalifiseer
sowel as deur aspekte (moontlikheid, hoors, voorwaardelik, ens) en onderskeide soos
direkte/indirekte/ergatiewe spraak.

http://100layersofdirt.blogspot.com/2012/11/nostratic-languages.html

https://www.academia.edu/328790/Review_Allan_R._Bomhard_Reconstructing_Proto-Nostratic

You might also like