• Embed Doc
  • Readcast
  • Collections
  • 1
    CommentGo Back
Download
 
OOM GERT VERTEL
EN ANDER GEDIGTE
DEUR
Dr. C. LOUIS LEIPOLDTMET 'N INLEIDING
DEUR
JOHANNES J. SMITH.
DERDE DRUK (Hersien)
J.H. de BUSSY, beperk, PRETORIA.HOLL.-AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h J. DUSSEAU & Co., KAAPSTAD1921.
INHOUD.
Bls.Opdrag "Aan almal, wat voorgegaan het"VIIVoorredeIXInleidingXI
Gedigte.
Oom Gert vertel3Oktobermaand13Aan 'n ou Boek16In Amsterdam17In die Boesmanland20Op die Kerkhof21In ou Booi se Pondok22Die Verkleurmannetjie29'n Nuwe Liedjie op 'n ou Deuntjie30Die Sterretjie32Aan my ou Vrind33OOM GERT VERTEL1
 
In die Konsentrasiekamp35Die ou Meul37Kleingelowige38Mordegai42Aan 'n Seepkissie44Die Doringboom46Die Soutpan47Japie48Op 'n Leiklip49Op my ou Karoo52My nuwe Vaderland54Vrede-aand56Die ou Blikkie60Woltemade se Spook64Lenteliedjie69Die Apie71'n Praatjie oor die Trougees73SLAMPAMPERLIEDJIES:I.Boomsingertjie, jy fluister79II.Daar, waar die uitspan by die waboom79III.Van Noodt, van Noodt, ek sê vir jou80IV.Gee vir my 'n trouring81V.Krulkop-klonkie81VI.Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?82VII.Ek sing van die wind, wat tekeer gaan.83VIII."Ou boetie, slaan jou kop nie teen die prikkels84IX.'n Skoenlapper die vlieg daar bo84X.Sekretarisvoël met jou lange bene85XI.Weer hoor ek iemand vra:85XII.Kriekie, jy, wat op die solder sanik85XIII.Klossies, jul bewe en bibber86XIV.Twee dinge sê ek vir jou, ou boetie86XV.Gistraand in die maanlig daar buite86The Project Gutenberg eBook of Oom Gert Vertel, by Dr.C.Louis Leipoldt.INHOUD.2
 
XVI.Nie maanlig meer, maar wolke orals rond87XVII.Dingaan, die Soeloe, was 'n duiwel88XVIII.Klim op, klim op, met die slingerpad!88XIX.Die see het juwele, robyne88XX.Die see is wild, die see is blind89Die Einde90[Pg vii]
OPDRAG.
"Aan almal, wat voorgegaan het".Die son gaan onder in die weste, agterDie grysvaal koppies van ons ou Karoo;Die hele lug is rooi, en goud, en silwer,Met elke wolk half-wit as sneeu daarbo;En saggies oor die veld hier val die skemer.Die laaste glans en jongste gloed verdwynVan elke berg, waar nog so kort die kranseGeverf was deur die son met karmosyn.Oor al ons land daar trek die nag 'n skadu,Groen as die blare van 'n sederboom.Die hamerkop verlaat die vlei; die reierStap na sy nes om op een been te droom;Die naguil vlieg, en vlieënd klop sy vlerke;In die tabaktuin gons die duiwelby;En die aandblommetjies is algar opeOm wierook oor die vlakte te versprei.Waar in die weste, as 'n muur van purper,Die bergrant teen die lug 'n skadu bou,Daar stadig klim die volmaan na die sterreEn haal die hele wêreld weer uit rou.Sag is die nag en slaaprig al die wêreld—Sag as die wit gesiggie van 'n kind.Dof in die maanlig skitter net die sterre,En rustig in 'n klipskeur skuil die wind.Slaap rustig so, jul almal, wat geworstel,[Pg viii] Slaap so, jul algar, wat gesneuwel het!Hoe hard ook was die dag, die nag gee slaaptyd:Na stryd kom slaapdis die natuur se wet!Kan julle op ons neerskou as die sterre,Kind, vrou, en man, wat in ons tyd van noodDie bitter kelk gesluk het en gevinde'n Rus vir ewig in 'n heldedood,Neem dan, wat ek (die nooit geen kans gehad hetDie laaste stap te doen uit liefdeplig)As brokkies vir 'n eerbewys gebou hetThe Project Gutenberg eBook of Oom Gert Vertel, by Dr.C.Louis Leipoldt.OPDRAG.3
of 00

Leave a Comment

You must be to leave a comment.
Submit
Characters: ...

Thank you! Afrikaans is my mother tongue and there is so little reading matter in that language.

You must be to leave a comment.
Submit
Characters: ...