WEGRY
FEBRUARIE-MAART2010
88
www.wegry.co.za
WEGRY
FEBRUARIE-MAART2010
88
BEsTEMMIng
angola
die Cubango-rivier. Onderdie verwaarlosing skemer diePortugese nalatenskap togdeur, soos die breë dubbel-strate en die rye vlambomemet helderoranje blomme.Richard, ’n Oxford-profes-sor wat in Durban grootge-word het, sit sy Springbokpetop en haal sy rugbybal uit.Ons skop bal in die stofstraatterwyl ’n klomp kinders hullein dié petalje vergaap. Nielank nie of hulle speel saam.Die polisiehoof ry stadigverby, maar meng nie in nie.Op Cachingues wil onsbrandstof ingooi, maar leerLes #5: Die feit dat daar oralin Angola vulstasies is, bete-ken nie dat daar altyd brand-stof is nie. Moenie aanvaardat jy op die volgende dorpsal kan volmaak nie.Hier is toe net
gasolina
(petrol), terwyl die
gasóleo
-pompe (diesel) droog is.Les #5 het ook ’n stertjie:Wees geduldig as jy en diebrandstoflorries op dieselfdedag opdaag.
Ons het ons ’n paar keerby vulstasies vasgeloop inlang toue motors, vragmotors,motorfietse en mense metkruiwaens vol leë kanne.
Stof, stof en slaggate
Op feitlik elke dorpie waar-deur ons ry, is kerkies watdie Portugese agtergelaat het.Vandale het party verrinne-weer, terwyl ander mooionderhou word.
Op Cubango staan ’n pienk
kerkie op die dorpsplein. Disverweer, maar word nog ge-
bruik. Bokant die boogvormigehoutdeure met die swaar yster-
skarniere staan groot
DomusDei
(“Huis van God”). Binneskrop ’n paar vroue die hout-vloer en ruwe banke.Dis warm en ons stop bydie dorpskroeg om N’GolaCerveja (’n Angolese bier)te koop. Fabio, die eienaar,staan agter ’n houttoonbanklangs sy kisyskas.
Hy het waarskynlik nognooit soveel klante op een slaggehad nie, en lyk oorbluf.
Watter toeriste-geriewe?
Groot dele van Angola is steeds
ongerep. Dis ’n land van kon-traste: Landskappe wissel vanwoestynvaal tot subtropiesegroen, van Karookoppies totblou granietberge, digte bos-wêreld tot grasvlaktes. Jy ry deur kronkeldraaiein bergpasse, op tweespoor-bospaadjies, paaie met hieren daar lappies teer, deurriviere en waterstrome enoor gelapte bruggies, maarook op nuwe teerpaaie enoor moderne brûe.Toeristegeriewe bestaanbykans nie en jy kan elkeaand jou tent onder die sterrestaan maak.Angola vra geduld en vas-byt. Dis Les #1. By die SantaClara-grenspos is ons amperses uur opgehou toe ampte-nare met ons visums “fout”gevind het.Enkele meter buite diegrensposhekke tref ons dieeerste van duisende slaggateen ek besef: Dié toer gaananders wees. Slaggate is
oral
,van skinkbord- tot kargrootte.Om jou nie heeltemal teontmoedig nie, kry jy nou endan ’n goeie grond- of selfsuitstekende teerpad. So draaions anderkant Ondjiva op ’nnetjiese breë wit grondpadaf waar ons die eerste tekensvan die burgeroorlog teëkom – twee Russiese T54-tenkswat uitgeskiet is.Ons wil Cassinga toe endraai later af op ’n bospaad-jie na Mupa. Dis ’n slegtetweespoorpad met spoelsloteen poele modderwater. Onsry verby gehuggies met rondetakhutte, en by almal wapperswart-en-rooi MPLA-vlae.
Hier is ons gemiddeldesnelheid 20 km/h, en ek besef wat die ervare Angola-mannebedoel met Les #2: Hier meetjy nie afstand in kilometer nie,maar in ure.
By Cuvelai leer ek Les #3:In Angola is daar brûe en danis daar dié wat net in naambrug is. Die ryvlak van diebetonbrug oor die Cuvelai-rivier is só vol gate geskietdis ’n wonder dit het nognie ingestort nie. Die rivieris kniediep en ons ry eerderdeur die water.
Ons is nou in die Huila-provinsie, steeds op ’n twee-spoorpad deur die bosse.Rooi-en-wit strepe op boom-stamme langs die pad waarskudié is steeds landmynwêreld.
Tussenin is rooi bordjies
met ’n wit skedel en die waar-
skuwing:
Perigo Minas!
(“Ge-vaar, myne!”).
Dis Les #4: Moenie van diepaaie afdwaal nie. Niemandweet waar die myne is nie, endaarvan kan die afbeenmenseop krukke getuig.
Hie’ kommie Bokke …
Ons stoot aan Cassinga toe
waar kol. Jan Breytenbach, wat
saam met ons toer, op 4 Mei1978 ’n aanval met valskerm-troepe gelei het.Dis nou ’n spookdorp.Murasies van huise uit diePortugese era staan soosmonumente langs die eensbreë hoofstraat, en honderdekoeëlgate sit soos pokmerkeop die mure.Ons eet middagete toe ’ninwoner, Pedro Jamba, daaraankom. Hy was daar, 32 jaargelede, sê Pedro.Dáár en dáár het die sol-date uit die lug geval, beduiehy na die rivier en bome daarnaby. Die kolonel wys Pedrodie letsel waar ’n Swapo-koeël hom dié dag in die armgetref het.
Pedro neem ons na die twee
massagrafte. Ons stap deur
die lang gras tot by ’n sement-
blad van 7 m x 6 m. Swapo seoffisiere en bevelvoerders isdaar begrawe, sê hy.Sowat ’n kilometer verderlê die ander graf. Dit het ook’n verweerde sementblad oor,maar dis heelwat groter.
Cassinga Massacre, 4 May1978
, staan daarop. Die sol-date en burgerlikes wat diédag dood is, is daar begrawe,al 608 van hulle, vertel Pedro.Later die middag stop onsin die myndorpie Jamba aan
Die subtropieseomgewing raak almooier ... Reuse-granietformasiesstaan soos vetvingers in die lug,en in ’n vallei maak die breë Queve-rivier plek-plek ’nblink streep.
Ongenaakbaar (maar die paaie verbeter).
By Cluqu i i suiby i ruc-gsps ku jy lttlik klipp (b). di bugt dmbG-ps by Bgul i i sui i l (l b). Tuss Cs-sig i mypi Jmb is i p mstl g (liks). di ptuss Mgu Lg, p p Cuit Cul, ws ’ blgiktt i Kubs Fpl-ki i i “bslg” ii j tgtig. di p is s i ’ glik tst ().
Beste tyd:
Mi-oktb
By mistes:
2-3 wk
Ervr:
ogpt afik ilik ms
afstd vf:
Kpst:± 2 300 km; Jsbug:± 2 900 km
Kik ss ’
boffin
:
agl is mt ’ us-pbupgm bsig bg m ’ milj uwuis t 2013 t bu.
Vinnige feite
JEerder ie
M
a
t
i
g
Add a Comment