/  4
 
JUlie 08 Mooiloop 
14 
 Die diep Namib
Mooiloop JUlie 08 
15 
k   s   p e d i     s i     e
Om deur die diep Namibte ry, is nie iets wat jy  moet vlak vat nie.
GerritRautenbach
is daar deur en het besef die woestyn is sonder twyfel ’n saak van lewe en dood.
uurglas?
Hoeveel sand in jou 
Ses dae lank het ons die sand aange- vat. Dit wat ons gedoen het, kan jy netdoen as jy saam met die regte manne ry. Want daar is ’n konsessie. En alles wordekovriendelik gedoen. Jy ry nie waar jy skade kan aanrig nie. Jy ry net waar die wind jou spore dadelik wegvat. Waar jy nie duinebesies raaktrap o die bietjielewe in die doodse stilte verwoes nie. Disalles onder beheer en wees maar gerus,die Uri-manne kan. Ja, dis ’n groen
trip
.Groen? sou jy vra. Daar’s dan net rooisand in die Namib. Boeta, jy moes die woestyn ná die reëns gesien het.Maar nee, hierdie storie is tog nie ’nstorie oor die woestyn nie. Dit is Rohanen Eldré Strydom se storie. Dit het alles’n ruk terug begin toe Eldré met kankergediagnoseer is. Daardie dag het sy ’nkeuse gehad. Sy kon ó doodgaan van ’ndodelike siekte. Ó sy kon lewe met ’n
H
ierdie storie is ’n storieoor Te Journey se
trip
 deur die Namib. Saam metUri Adventures se mannehet ons van Solitaire deur dieNauklut-park die diep Na-mib ingery, ’n lang draai ge-maak en sowat 700 kilometerlater in Walvisbaai geëindig.
Die geroeste karkas van die Eduard Bowlen.
 
JUlie 08 Mooiloop 
16 
Mooiloop JUlie 08 
17 
dodelike siekte. Sy het die lewe gekies. Want sy is lie vir die lewe. En Rohanis lie vir haar. So lie hy sal énigiets virhaar doen. Sy het haar kanker oorwin,en hulle het besluit om nie dié tweedekans te laat verbygaan nie.Hulle gaan alles doen wat hulle moont-lik kan doen. Dis net daar waar hulle vandie
trip
deur die Namib te hore gekomen dadelik begin planne maak het.Nou kyk, Rohan is ’n lekker ou, maarhy is (o was) nie die Camel-man nie.Hy is ’n opregte I-
bofn
. Maar soosmos gesê, hy is lie vir Eldré en as sy wil woestyn toe, sál hy haar deur die duine vat. Hy het nog nooit die 4x4-dinggedoen nie. Hulle het nog nooit gekampnie. Maar hulle het ’n tweede kans. Dielewe is nou. En hulle bespreek plek opdie ekspedisie en huur ’n 4x4 by Caprivi- voertuighuur in Swakopmund.Rohan het begin as ’n 0x0 en geëindigas ’n 4x4.
 Almal speel Solitaire 
Laatmiddag voor die
trip
eet almal eenná die ander van Moos se appeltert by Solitaire se kaee voor hulle die paar ki-lometer na Solitaire-gasteplaas aê.Dis waar ons bymekaarkom om dieduinetrek te begin. Soos dit nou maargaan met die begin van ’n toer wat saam-gestel is uit ’n klomp vreemdelinge, isdaar so ’n onderlangse geloer na mekaar.En na almal se vierwaens. Wie gaan vas-sit (ons kom later terug na dié begrip),en wie nie? Wie gaan die ding doen? Wie gaan sy naam gat maak? ussen almal deur kom ’n 4x4 met ’nCaprivi-plakker op die deur aan. Die warm ooswind waai deur Eldré se mooi,lang hare toe sy uitklim. ’n Paar maandegelede was daar niks. Sy lag in die reën-boog in, want die blitse klap vas in dieNauklut-berge. Reën in die Namib. Dismos die lewe dié.Die enigste adakkie teen die reën hetgesorg dat almal gouer nader aanmekaarkom as wat verwag is. Die reënboog sak agter ’n swart gordyn in. Dan is die reën verby en die druppels word
tienduisend 
 
kerse wat aan die hemel hang 
. (Met erken-ning aan Jan Blohm se
 Maria Magdalena
,’n
song 
wat hy spesiaal vir Eldré geskry het en wat op haar CD-samestelling,
Son in Blom
, is.)Moedig deur alles het Uri se manne en Jurgens Schoeman van Te Journey vuurgemaak, kos gemaak en gewag vir dieaspirant-woestynrotte om te kom pik.Hulle het nie verniet gewag nie.Die kos is reg en net voor piktyd vra Jurgens vir oom Louis Swart, ’n agetredekapelaan, om die taelgebed te doen. Opdaai stadium ken ek hom nog nie, maarek hou klaar van hom. Want kyk, enigeman wat op 74 besluit om die woestynsel in sy eie 4x4 aan te vat, is nie sommernet nog ’n hierjy nie. Ná sy taelgebedhet ek twee keer oor sy woorde gedink  voor ek sel begin pik het. Daar was ’neggo van Eldré se storie daarin.
Die eerste duin 
“Jacques, ek sit vas,” kom dit van Rohanoor die radio, en ons almal hoor hom, want Uri het op Solitaire vir elke 4x4 ’ntweerigtingradio geïnstalleer. Dit is dieeerste duin en daar lê nog 700 kilometer van die een duinestraat ná die ander voor.“Rohan, ja,” kom Jacques Delport sedroë, stadige stem oor die radio. “Jy sitnie vas nie. Op hierdie
trip
sit niemand vas nie, want daar is net twee goed wat vassit. Die eerste is ’n sleg drywer en dietweede is ’n hond. Jy het net gaan staan.“En om nou op te hou om te staan,sit jou bussie in lae rat en in
reverse 
. Disnou die ‘4L’ op die klein heboom en die‘R’ op die groot heboom. Dan los jy noudie koppelaar en die rem. Stoot terug.Nog... nog... nog. Allie pad tot bo teendie duin waar jy nou net a is. Nou sit jy hom in tweede laag en gee hom gas.Daar’s hy. Looi hom, looi hom! Gooihom in derde ...”“Ek’s bo!” skree Rohan.“Ek weeeeet,” antwoord Jacques, “ek staan langs jou.” Almal klap hande en wens Rohan geluk. Dis wat dié toerlekker maak. Almal wen, maar testos-teroon kom laaste.
Op hierdie 
 trip
sit niemand vas nie, want daar is net twee goed wat vassit. Die eerste is ’n sleg drywer en die tweede is ’n hond.
Van dié oomblik a is ons verder deurdalk nie die grootste nie, maar die oudste woestyn ter wêreld. Met elke duin hetRohan en Eldré ’n trappie hoër gevorderen gouer deurgekom.Die eerste aand sak ons a na dieoewer van die Kuiseb wat gewoonlik ’n verdorde sandpad is, maar nou kook vandie witwater.Elke duin wat ons moes a, het vrind Johan Bakkes hier langs my die paneel-bord vasgevat en aangekondig: “Hou vas, Pappie gaan jaag.” oe ons by diebruisende Kuiseb kom, verander sy storieefe: “Maak los, Pappie gaan bad ...”Nou is dit tyd vir ’n tussenwerpsel.Die
sweeper 
o agterryer van die heleekspedisie is Len Kootjie, en hy het diebelangrikste werk van almal. Hy sorg datniemand agterbly, verdwaal en doodgaanin die ongenaakbare Namib nie.Len is die seun van kaptein SethKootjie, die hooman van die opnaars
BO: Dié myndorp het opgedroog.LINKS: Rohan op pad om kaptein Caprivi te word. ONDER: 
Boule
in die boendoes.
 
JUlie 08 Mooiloop 
18 
Mooiloop JUlie 08 
19 
Die woorde van oom Louis se gebedkom lê weer vars voor my.Die oomblik is groot, ek draai om enstap blindelings weg oor die eerste duin.Agter my hoor ek jillende kinders en diegerusstellende klank van kamp en kos-maak. Maar toe ek oor die duin se kruinskuielstap en anderkant begin asak, isdit doodstil.
Die lyn tussen lewe en dood 
Met die son agter my weet ek ek kyk oos, binneland se kant toe, maar daar isnet rollende duine sand, sand, sand sover jy kyk. In die stilte verbeel ek my ek isstoksiel... nee, sandsielalleen. Die ruimtedruk my keel toe.Ek loop skuins a na onder en gaan siten kyk na die groot duin voor my wathemel toe strek. Hy lê noord-suid met’n mespuntrand en die sakkende son sny hom in twee. Gloeiend oranje aan diesonkant en gitswart aan die skadukant.Die lewe se kant en die dood se kant.Ek begin dink aan alles wat ons hiersien, en bese Eldré is reg. Dié plek isnie vir sissies nie. Hy vat nie twak vankabouters nie. As hy jou alleen kry, is dit verby. Sels nie altyd eers alleen nie, as jy kyk na die myndorpies (Holsatia, Char-lottenelder en Grillenberger tussenConception- en Meobbaai) wat leeg en verlate meedoënloos soos ’n kanker op-gevreet word deur die tonne en tonne ynsandkorrels aangedry deur die ooswind.So ook die Eduard Bowlen wat in 1909op ’n sandbank geloop het. Oor die jare hetdie see teruggetrek en die roeskarkas vandie eens trotse skip lê nou 800 meter vandie branders a. Genadeloos verkrummelsy ly in die roesrooi van die duine in.Iewers langs die pad het ons by ’n vol-ledige geraamte van ’n ossewa verbygery.Net daar geparkeer in die middel van niksen myle van nêrens. Ek weet nie wie opdie wa was nie, maar ek wonder o hulledit gemaak het. Hulle is in elk geval nou allankal dood. Die Namib is 1 930 kilometerlank en 160 kilometer op sy breedste, maarbaie minder as dit is nodig om die laastebietjie lewe uit jou uit te droog.In Nama beteken Namib “die plek  waar niks is”. Vandat Bartholomias Diasin 1488 die “Sand van die Hel”, soos hy dit genoem het, vir die eerste keer gesienhet, probeer die mens nog altyd om dieNamib baas te raak. Maar die Namibbly die mens se baas. Hy laat hom nietem nie, en hy vat niks van die mensnie. Alles wat jy daar los, verwerp hy. Jy kan niks eers begrawe nie, want môrehet daai sand geskui. Die Namib is vollewe, maar as jy hom verkeerd opvry, vat hy dit van jou a weg. Ongenadiglik. Ja, die woestyn is vol lewe as jy net weet wat jy doen, bese ek toe ’n duinebesie(
Onymacris unguicularis
) by my verbysnolop pad na die westehang van ’n duin vir wat rondom die Kuiseb heers. Die op-naars is astammelinge van die strand-lopers. Dit is hul gebied en danksy hullekan ons hier wees.Die volgende oggend vat Len sy Cruiseren looi hom deur die witwater van dieKuiseb en kom terug met sy pa, kapteinKootjie. Dis lekker om die man te ontmoet wat jou toelaat om op sy grond rond te ry.Daarna is ons verder. Duinestraat open duinestraat a. Sand in die bande,sand in die tande. Kosie de Klerk, nogeen van Uri se manne, vertel ons alles wat jy moontlik oor die Namib kan wil weet.Van slange tot verkleurmannetjies tot
BO: Lekker by die see. Net jammer dis laagwater. ONDER: Grillenberger se houttente verkrummel. REGS: Ons bou sandkastele vir die nag.
Ek loop skuins af na onder en gaan sit en kyk na die groot duin voor my wat hemel toe strek. Hy lê noord-suid met ’n mespuntrand en die sakkende son sny hom in twee.
skerpioene. In die wêreld kry jy Google.In Suid-Arika kry jy SA Google. In dieNamib kry jy vir Kosie.Daai aand kamp ons tussen die diepduine. Die kinders gryp duineborde en jaag roekeloos a. Die grootmense speel
boule 
. Iewers stap ek verby Eldré wat op’n duin sit en uitkyk oor die oneindigheid van die sand. Sy praat spontaan.“Die woestyn is nie vir sissies nie. Maardan, kanker is ook nie vir sissies nie. Ek  wil hierdie hele woestyn inasem. Inasemtot daar plek oor is vir niks nie. otdatelke kankersel doodgedruk word. Want...niks groei mos in die woestyn nie.”

Share & Embed

More from this user

Add a Comment

Characters: ...