WEGRY
JUNIE-JULIE2008
25
WEGRY
JUNIE-JULIE2008
www.wegry.co.za
24
DIE NAMIB: OOS NA WES
’n Pakkie Texan
plain
in die bosak
Die plan is om van net anderkantSolitaire af min of meer die outransportryers se ossewaroeteWalvisbaai toe te volg tot waardit die Kuiseb-rivier oorsteek.
Dan gaan ons die duineseeoorsteek tot by Conceptionbaai,’n suidelike draai maak by ’nou diamantdorpie of twee voorons noord, kuslangs verbySandvishawe, tot in Walvisbaaigaan ry. Vyf dae. 550 km. Nie ’n pad,plaashek, Ultra City, waterkraanof Steers nie. Trouens, nie eens’n boom om van te praat nie,net woestyn.Maar wat maak dié oos-wes-ekspedisie deur die Namibanders as die tradisionele suid-noord-roete van Lüderitz naWalvisbaai? Suid-noord is sand,duine en adrenalien, verduide-lik Jurgens Schoeman, onstoerleier, maar van oos na weservaar en sien jy glo die Namibin ál haar buie.Ek het nog altyd aan diewoestyn gedink as woes enleeg, selfs vyandig, maar skaars’n paar uur nadat ons weg isuit Solitaire, is my skeefgetrekteindruk van die woestyn op sykop gekeer.Eerstens het ek nooit kondink ’n woestyn kan só groenwees nie (toegegee, ons wasdaar ná ongewoon goeie reën),en tweedens het ek nie besef daar is soveel lewe in diewoestyn nie. Al die veld was inderdaadvrolik op dag een. Op pad nadie Kuiseb-canyon ry ons deurplate wit woestynlelies, verbytroppe baldadige gemsbokke,pronkende springbokke ensedige sebras.
Stomgeslaan ry ons deur ’nsprokiesboomwoud (ook bekendas ’n meelsakboom), verbyfeëtjiesirkels, om panne volwater, oor geilgroen grasvlaktes.Die Namas wat dié stuk sand“Die groot niks” gedoop het, hetduidelik hul !Nara-pitte gerook.
Vyf uur later hou ons stil virmiddagete. Afstand afgelê?’n Volle 50 km. Die rede? Dielandskap is só besonders datalles (en ek bedoel
alles
) afge-neem móét word.
Min het ek geweet dit sou diehele toer so gaan. Oral waar jyin die Namib kyk, is ’n poskaart.Hier het jy nie ’n mik-en-druknodig nie; jy’t net ’n druk nodig.(En nog nooit het ek soveelmanne soveel keer die woord“mooi” hoor gebruik nie – ek’tlater gedink ek’s op ’n
Visi-
of
House & Leisure
-leserstoer.)
Stelselmatig begin veranderdie landskap van die voor-Namib se gruiswoestyn na dieeerste rooierige duintjies metduinstrate tussenin. Vir die meeste van ons isdit die eerste kennismakingmet duinry, en die eerste keerdat die karre in ernstige 4x4gesit word.
Effe onseker, senuagtig enbaie versigtig word dié eerstesandlusmakertjies oorgesteek.
Min weet ons van hulle ouerboetas (wat al van standerd 6af skeer en Texan
plain
rook)wat nog wag …
Die Kuiseb-canyon kom as’n verrassing. Nie net oor diekontras tussen die rooi duinediékant en die swart maan-landskap aan die ander kantnie, maar dat daar lopendewater in die woestyn is.
Ons kyk af in die swart skeurwat lyk asof dit uit rots gerukis. Doer onder blink die Kuiseb-rivier. Bome staan geilgroen indie rivierbedding. As jy jou asem ophou, kan jydie rivier hoor roggel.Dis ongeskikte wêreld dié;ondenkbaar dat enigiets andersas gemsbokke hier kan oor-leef. Maar dis presies wat tweeDuitse geoloë, Henno Martin enHermann Korn, aan die beginvan die Tweede Wêreldoorlogbesluit het om te doen.
Uit vrees dat hulle geïnterneersou word, het hulle twee en ’nhalf jaar lank in dié einste canyonoorleef soos Robinson Crusoesvan die woestyn. (Martin het hulwedervarings in die boek
TheSheltering Desert
neergepen.)
Weg van die canyon af, oppad na ons eerste kampplek,word die duine al meer, al hoër.Die eerste ouens sit vas, dieeerste lesse van duinry word opdie harde manier geleer. “Sjoe!”of “jislaaik!” begin “mooi” stel-selmatig vervang.
Dit was ’n lang dag, maaralmal slaap nie gerus nie, wantmôre is dit ons en daai duine metdie pakkie Texan in die bosak …
Hier’s ’n paar duinrywenke om die ander op dietoer te laat dink jy het al die roete gery:
Ek hou jou dop ...
Wag tot jy dievoertuig agter jou kan sien voor jy verder ry. Jy’s die oë en orevan die ou agter jou, want hykan nie sien wat anderkant dieduin aangaan nie. Hou ook diekar voor jou dop.
Pssst.
Blaas jou bande af naminstens 1 bar – afhangendvan hoe swaar jy gelaai is. As jysteeds sukkel, blaas dit verder af.
Soos Habana.
Kies ’n rat ommomentum en spoed te hou, eerderas stadige krag. Eerste rat, laestrek gaan byvoorbeeld nie werk virspoed en momentum nie. Kies eer-der eerste of tweede rat, hoëstrek,of derde en vierde rat, laestrek.
Dié een werk nie.
Jou ratkeusesal afhang van kar tot kar.Eksperimenteer op die kleinerduine om die regte rat te kry.
Vat dit kalm.
Verwag altyd ’nernstige glyduin aan die anderkant. Doen dit eerder oor as omdit te oordoen.
Af ...
Moenie teen ’n opdraandstop nie – probeer op ’n gelykteof effense afdraand te stop. Dithelp jou om makliker weg te trek.Moenie met te veel krag wegtrek nie – jy kan dalk net begin skop.
Sing die wiegelied.
Ry ’n paarkeer vorentoe en agtertoe op diewielspoor as jy sukkel om weg tekom. Op dié manier kompakteer jy die sand en trek makliker weg. As jy vassit, gebruik laestrek en “wieg” versigtig vorentoe enagtertoe, sonder dat jou wiele tol.
Hou reguit.
Hou jou voertuighaaks duinaf, anders kan jy om-slaan. As jou agterstewe uit-swaai, draai die stuur in dieselfderigting en gee effens gas. Gebruik enjinkompressie om te rem as jyteen ’n duin afry. As jy sydelingsbegin gly, gee effens vet om jouvoertuig reguit te trek.
Haak hom, Blokkies.
Dit verg ’nfyn balans van momentum en kragom oor ’n skerp duinkruin te kom.Te veel en jy vlieg; te min en jykom nie bo nie. Kom met jou voor-wiele oor die kruin sodat jou agter-wiele aan die kruin “vashaak”.
Duinry 101
Dis dan ’n woestyn...
In die voor-Namib kan jy sulkesprokiesbome (ook bekend as’n meelsakboom) aantref.
Ruk en pluk.
Dit verg ’n fyn balansvan momentum en krag om oor ’nskerp duinkruin te kom. Te veel en jyvlieg, te min en jy gaan hang só.
Woestynwater.
DieKuiseb-rivier wat só deur dieKuiseb-canyon vloei (bo), isnie iets wat jy aldag sien nie. As die rivier lekker afkom, kan jy selfs in hom afkoel, sooshier by Homeb (dié foto).
Add a Comment