/  5
 
 WEGRY 
 
JUNIE-JULIE2008
23
 WEGRY 
JUNIE-JULIE2008
www.wegry.co.za
22
DIE NAMIB: OOS NA WES
k weet ’n mens drinknie in die oggend voorteetyd nie, maar hierwaar ek vroegoggendop ’n Namibduin sit en tot ver-haal probeer kom, het ek ver-sterkwater nodig. Sommer baie.En as ek so na die asvaal gesigtevan die mans om my kyk, hethulle ook enetjie (of twee) nodig.
Ons sit en kyk hoe die eenkar na die ander dóér bo syneus versigtig oor die lip vandie Longdrop druk. As onsnader was, sou ons kon sienhoe die oë van die man agterdie stuur al groter raak, onssou kon sien hoe slaan ’n fyntropiese angssweetjie op sybolip uit, die doodsbleek van sy
Jy het miskien al die Lüderitz-Walvisbaai-roete deur die Namib-woestyn gery (of ten minste daarvan gehoor), maar wou jy nog altyddie woestyn van oos na wes deurkruis het? Kom ry dan vir 5 dae en550 km saam met
Barnie Louw
en fotograaf
Dawie Verwey 
.
E
Beste tyd:
 
Middel Jan. - Mei
Bly minstens:
 
5 dae
Ervaar ...
 
’n Avontuur sondergelyke, stilte
Afstand vanaf:
Kaapstad± 1 600 km, Jhb. ± 2 000 km
Klink soos ’n
boffin 
:
 
DieNamib is glo die oudstewoestyn ter wêreld
Vinnige feite
kneukels. En dan het hy nog nieeens begin beweeg nie ...
 As jy ’n paar skuimkoppesterk is, sal jy die Longdropwaarskynlik só aan jou pêllebeskryf: “Man, dis dié @#&*%hoë duin waar ons moes af …”
Maar as jy by jou skoonmaná kerk tee drink, sal jy ditwaarskynlik só beskryf: “Onsmoes toe afry by hierdie be-sonder hoë duin – ek skat dissowat 30 verdiepings hoog. Ekwas baie senuagtig, want neteen oordeelsfoutjie, en dis nag.”Die Longdrop is maar neteen van die duine in die Namibwat die manne van die kin-ders skei. Daar is ook nog dieLand Rover’s Graveyard enSlingshot ... en sommer baieander grotes wat nie eens ’nnaam het nie.
Ek het al baie stories enartikels oor die Namib gelees.Stories oor hoe karre teen duineafgerol het, hoe
clutches
gebrandis, hoe onderdele ingevlieg enmense met gebarste blindedermsuitgevlieg moes word.
G’n wonder dat toe onsgroep van twintig mans intien voertuie vyf dae geledeby Solitaire saamgetrek het,ek myself reggemaak het vir’n kameerolletjie in ’n ArnoldSchwarzenegger-aksiefliek nie.Maar dis nie die aksie wat jyná die tyd onthou nie.Jy onthou eerder die groots-heid en vistas van die oudstewoestyn op aarde, die stiltewat jou duiselig laat, die aan-grypende diamantgeskiedenis,en die vryheid en vrede van diéreusesandput wat jou so rustigmaak soos ’n Sondagmiddagop die platteland.Kortweg, die Namib vul joumet ontsag.
 
S  
 j 
o
e
!
Mense, dis gróót.
Die Namib is glo dieoudste woestyn ter wêreld – sowat 80 miljoen jaar oud. Die gemiddelde jaarlikse reënval istussen 15 en 90 mm, en die temperatuur vandie sand kan tot 75 °C styg.
 
 WEGRY 
 
JUNIE-JULIE2008
25
 WEGRY 
JUNIE-JULIE2008
www.wegry.co.za
24
DIE NAMIB: OOS NA WES
’n Pakkie Texan
 plain
 in die bosak
Die plan is om van net anderkantSolitaire af min of meer die outransportryers se ossewaroeteWalvisbaai toe te volg tot waardit die Kuiseb-rivier oorsteek.
Dan gaan ons die duineseeoorsteek tot by Conceptionbaai,’n suidelike draai maak by ’nou diamantdorpie of twee voorons noord, kuslangs verbySandvishawe, tot in Walvisbaaigaan ry. Vyf dae. 550 km. Nie ’n pad,plaashek, Ultra City, waterkraanof Steers nie. Trouens, nie eens’n boom om van te praat nie,net woestyn.Maar wat maak dié oos-wes-ekspedisie deur die Namibanders as die tradisionele suid-noord-roete van Lüderitz naWalvisbaai? Suid-noord is sand,duine en adrenalien, verduide-lik Jurgens Schoeman, onstoerleier, maar van oos na weservaar en sien jy glo die Namibin ál haar buie.Ek het nog altyd aan diewoestyn gedink as woes enleeg, selfs vyandig, maar skaars’n paar uur nadat ons weg isuit Solitaire, is my skeefgetrekteindruk van die woestyn op sykop gekeer.Eerstens het ek nooit kondink ’n woestyn kan só groenwees nie (toegegee, ons wasdaar ná ongewoon goeie reën),en tweedens het ek nie besef daar is soveel lewe in diewoestyn nie. Al die veld was inderdaadvrolik op dag een. Op pad nadie Kuiseb-canyon ry ons deurplate wit woestynlelies, verbytroppe baldadige gemsbokke,pronkende springbokke ensedige sebras.
Stomgeslaan ry ons deur ’nsprokiesboomwoud (ook bekendas ’n meelsakboom), verbyfeëtjiesirkels, om panne volwater, oor geilgroen grasvlaktes.Die Namas wat dié stuk sand“Die groot niks” gedoop het, hetduidelik hul !Nara-pitte gerook.
 Vyf uur later hou ons stil virmiddagete. Afstand afgelê?’n Volle 50 km. Die rede? Dielandskap is só besonders datalles (en ek bedoel
 alles
) afge-neem móét word.
Min het ek geweet dit sou diehele toer so gaan. Oral waar jyin die Namib kyk, is ’n poskaart.Hier het jy nie ’n mik-en-druknodig nie; jy’t net ’n druk nodig.(En nog nooit het ek soveelmanne soveel keer die woord“mooi” hoor gebruik nie – ek’tlater gedink ek’s op ’n
Visi-
of 
House & Leisure
-leserstoer.)
Stelselmatig begin veranderdie landskap van die voor-Namib se gruiswoestyn na dieeerste rooierige duintjies metduinstrate tussenin. Vir die meeste van ons isdit die eerste kennismakingmet duinry, en die eerste keerdat die karre in ernstige 4x4gesit word.
Effe onseker, senuagtig enbaie versigtig word dié eerstesandlusmakertjies oorgesteek.
Min weet ons van hulle ouerboetas (wat al van standerd 6af skeer en Texan
 plain
rook)wat nog wag …
Die Kuiseb-canyon kom as’n verrassing. Nie net oor diekontras tussen die rooi duinediékant en die swart maan-landskap aan die ander kantnie, maar dat daar lopendewater in die woestyn is.
Ons kyk af in die swart skeurwat lyk asof dit uit rots gerukis. Doer onder blink die Kuiseb-rivier. Bome staan geilgroen indie rivierbedding. As jy jou asem ophou, kan jydie rivier hoor roggel.Dis ongeskikte wêreld dié;ondenkbaar dat enigiets andersas gemsbokke hier kan oor-leef. Maar dis presies wat tweeDuitse geoloë, Henno Martin enHermann Korn, aan die beginvan die Tweede Wêreldoorlogbesluit het om te doen.
Uit vrees dat hulle geïnterneersou word, het hulle twee en ’nhalf jaar lank in dié einste canyonoorleef soos Robinson Crusoesvan die woestyn. (Martin het hulwedervarings in die boek
TheSheltering Desert
neergepen.)
Weg van die canyon af, oppad na ons eerste kampplek,word die duine al meer, al hoër.Die eerste ouens sit vas, dieeerste lesse van duinry word opdie harde manier geleer. “Sjoe!”of “jislaaik!” begin “mooi” stel-selmatig vervang.
Dit was ’n lang dag, maaralmal slaap nie gerus nie, wantmôre is dit ons en daai duine metdie pakkie Texan in die bosak …
Hier’s ’n paar duinrywenke om die ander op dietoer te laat dink jy het al die roete gery:
Ek hou jou dop ...
Wag tot jy dievoertuig agter jou kan sien voor jy verder ry. Jy’s die oë en orevan die ou agter jou, want hykan nie sien wat anderkant dieduin aangaan nie. Hou ook diekar voor jou dop.
Pssst.
Blaas jou bande af naminstens 1 bar – afhangendvan hoe swaar jy gelaai is. As jysteeds sukkel, blaas dit verder af.
Soos Habana.
Kies ’n rat ommomentum en spoed te hou, eerderas stadige krag. Eerste rat, laestrek gaan byvoorbeeld nie werk virspoed en momentum nie. Kies eer-der eerste of tweede rat, hoëstrek,of derde en vierde rat, laestrek.
Dié een werk nie.
 
Jou ratkeusesal afhang van kar tot kar.Eksperimenteer op die kleinerduine om die regte rat te kry.
Vat dit kalm.
 
 Verwag altyd ’nernstige glyduin aan die anderkant. Doen dit eerder oor as omdit te oordoen.
Af ...
Moenie teen ’n opdraandstop nie – probeer op ’n gelykteof effense afdraand te stop. Dithelp jou om makliker weg te trek.Moenie met te veel krag wegtrek nie – jy kan dalk net begin skop.
Sing die wiegelied.
Ry ’n paarkeer vorentoe en agtertoe op diewielspoor as jy sukkel om weg tekom. Op dié manier kompakteer jy die sand en trek makliker weg. As jy vassit, gebruik laestrek en “wieg” versigtig vorentoe enagtertoe, sonder dat jou wiele tol.
Hou reguit.
Hou jou voertuighaaks duinaf, anders kan jy om-slaan. As jou agterstewe uit-swaai, draai die stuur in dieselfderigting en gee effens gas. Gebruik enjinkompressie om te rem as jyteen ’n duin afry. As jy sydelingsbegin gly, gee effens vet om jouvoertuig reguit te trek.
Haak hom, Blokkies.
Dit verg ’nfyn balans van momentum en kragom oor ’n skerp duinkruin te kom.Te veel en jy vlieg; te min en jykom nie bo nie. Kom met jou voor-wiele oor die kruin sodat jou agter-wiele aan die kruin “vashaak”.
Duinry 101
Dis dan ’n woestyn...
In die voor-Namib kan jy sulkesprokiesbome (ook bekend as’n meelsakboom) aantref.
Ruk en pluk.
Dit verg ’n fyn balansvan momentum en krag om oor ’nskerp duinkruin te kom. Te veel en jyvlieg, te min en jy gaan hang só.
 Woestynwater.
DieKuiseb-rivier wat só deur dieKuiseb-canyon vloei (bo), isnie iets wat jy aldag sien nie. As die rivier lekker afkom, kan jy selfs in hom afkoel, sooshier by Homeb (dié foto).
 
 WEGRY 
 
JUNIE-JULIE2008
27
 WEGRY 
JUNIE-JULIE2008
www.wegry.co.za
26
DIE NAMIB: OOS NA WES
Borsvoed ’n krokodil
Die Sahara is miskien groter, endie Gobi is miskien meer afge-sonder, maar die Namib is dieoudste. Die moeder van woes-tyne. En die ou tannie weet hoeom jou te laat swéét.Die terrein: Duine. Lineêreduine, spitsduine, duinstrate,bewegende duine, brulduine,glyduine, waaigate.Die ervaring: Op, op, op,oor die kruin, af, af, af, deur dieknik, oor, sit vas, om, gee vet,deur, oeps!, &%$, stoot terug,probeer ’n ander hoek, geegas, demmit!, probeer weer,stadig nou!, op, op, af, af, half-pad op … (herhaal 134 keer).Die beskrywing: “Die woes-tyn maak almal gelyk ... die plekhou jou op jou knieë.” (Mariusvan Zyl, ons gids) As hulle nie ’n pad oor of om ’n duin soek soos ’n foks-terriër wat ’n veldmuis uitsnuffelnie, dan gee die gids jou raadoor die beste lyn om die duinte takel en die beste spoed enratverhouding.
 Algaande kry ons meer self-vertroue. Ná net ’n dag of watbegin kry jy ’n gevoel vir jou voer-
tuig, wat dit kan doen, watterratte werk die beste vir wattersoort duine. Jy leer gou dat,soos balbesit in rugby, momen-tum die goue reël in duinry is.
 Nie dat alles altyd voor diewind gaan nie. Vassit dié gaan jy.Ons is nou halfpad see toe,en volgens Jurgens en Marius indie middel van die diép woestyn.
 Aanvanklik is dit nogal on-heilspellend om geen anderspore in die sand te sien nie,asof jy die eerste is wat hier ry.Kyk jy terug, lê jou spore soosdiep meswonde deur die sand,maar voor jou ... voor jou isnêrens ’n spoor wat wys waar-heen jy op pad is nie.In jou agterkop weet jy sporein die sand word gou toege-waai, maar nogtans ...Jy weet ook dat as jou voer-tuig hier breek, sal onderdeleingevlieg moet word, of iemandsal jou moet uitsleep. Vergeetvan jou AA-lidmaatskap, hier’s jy op jou eie.En as jy sou siek word,
SolitaireHomebLangewandEduard BohlenHolsatiaCharlottenfelderWalvisbaai
Namib-Naukluft- park 
Conception-baai
K     u    i     s   e   b   
Sandvis-hawe
Solitaire
S23.89410 E16.00663
Begin van roete
S23.61827 E15.83617
Homeb
S23.63828 E15.18243
Conceptionbaai
S23.91677 E14.50013
Holsatia
S24.15428 E14.61705
Charlottenfelder
S24.19640 E14.62172
Eduard Bohlen
S23.99562 E14.45598
Langewand
S23.57275 E14.49188
Sandvishawe
S23.39386 E14.49365
Sandviskamp
S23.36102 E14.51475
Walvisbaai
S22.95370 E14.50333
Kamp 4Kamp 3Kamp 2Kamp 1
 
C 14
Dag 1
Solitaire na die Kuiseb-canyon (± 160 km)
Dag 2
Die Kuiseb-canyon na iewers in die duinesee (± 90 km)
Dag 3
Na Conceptionbaai en die diamantdorpies (± 120 km)
Dag 4
Die diamantdorpies na Sandvishawe (± 120 km)
Dag 5
Sandvishawe na Walvisbaai (± 60 km)
Só het ons gery
±10 kmTeerGrondTweespoorRoete Gevolg
Sodat jy nie verdwaal nie
wel ... het jy al voorheen in ’nhelikopter gevlieg?Hoe nader ons aan die seekom, hoe minder raak dieboesmangras, volstruisdoringen hardegras in die duinstrate,hoe witter die duine. Maar nes jy dink die woestyn lyk soos’n groot bak wit sjokolade-mousse, moet jy herbesin.
Soos ’n vrou wat klere aan-pas vir ’n sexy dans teen son-onder, verander die woestyn elkeuur haar voorkoms: Rooi, pienk,appelkoos, oranje, maroen ...noem maar ’n kleur op.
’n Ekspedisie deur die Namibis nie ’n ervaring nie, dis eerder’n reeks ervarings: Die vroeg-oggendson op die duine wat jou omring met ’n stortvloedkleure, die hitte van die middagas die sand jou voete brand, dieopwinding, ekstase en verligtingvan duinry, die rustigheid asdie son begin verkrummel, diesoete slaap onder sterre sohelder soos vuurwerke.
Elke dag in die woestyn volgons min of meer dieselfde roe-tine: opstaan voor sonop, uitreken onwillekeurig glimlag terwyl jy oor die duine uitkyk, praatoor die sterre wat gisteraandso helder geblink het, koffie enbeskuit terwyl die son sy koplig, borsel jou tande en was jougesig in ’n halwe koppie water,rol jou slaapsak op, skud diesand uit jou skoene, pak in enmaak seker alles is vas, kry jouplek in die konvooi, toets of dietweerigtingradio’s werk, die gidsvat voor en daar gaat jy, verderdie woestyn in, duin op, duin af.Middagete is ’n vinnige toe-broodjie van koue vleis, selfsmet groente soos tamaties enkropslaai. Duin op, duin af.Laatmiddag stop jy by diekampplek tussen die duine.Elkeen soek plek om sy tent opte slaan of sy slaapsak oop terol (gewoonlik agter ’n voertuigof windskerm waar die wind jou nie gaan pla nie, en verweg van die ouens wat snork),kampstoele word uitgehaal en jy sit behaaglik terug en drinkdie omgewing saam met joukoue enetjie in.Die meer aktiewes klim die
Spanwerk.
In die duine is jydie oë en ore van die ou agter jou,want hy kan nie sien wat ander-kant ’n duin aangaan nie.
 Woestyn-samesyn.
Saans is die kamp-vuur die middelpunt. Op die agtergrond is ’nwindskerm gespan, want as die wind in diewoestyn begin waai, waai hy jou weg.
’n Ekspedisie deur die Namib is nie ’n ervaring nie,dis eerder ’n reeks ervarings ...
 Wag maar net.
Dit lyk miskienhoog, maar daar’s baie hoër duineas dié in die Namib.

Share & Embed

More from this user

Add a Comment

Characters: ...