You are on page 1of 35

Twee Afrikane

in New York
Harlem, 2002

Irriterende en polities korrekte swart Amerikaanse joernalis


(Joernalis): “How do you see the future of African-Americans?”
Baie bekende en sarkastiese swart Suid-Afrikaanse musikant
(Musikant): “What is an African-American?”
Joernalis: “You know, black Americans?”
Musikant: “Why do you call them ‘Africans’?”
Joernalis: “Because that’s where they’re from.”
Musikant: “You mean blacks here call themselves ‘African’?”
Joernalis: “Yes, didn’t you know?”
Musikant: “My white friend here is African. Black Americans are
not.”
Joernalis: “Why do you say that?”
Musikant: “You can only call yourself African if you can shit behind
a bush and wipe your arse with leaves.”
Joernalis: “I can’t write that.”
Musikant: “Well, then I guess that’s the end of the interview. Hey,
Deon, wanna go and irritate some more niggers?”

1
GueRrillas deur die mis
Rwanda, 1998

E
1
k staan in die middel van die internasionale vertreksaal op die
Johannesburgse lughawe – omring deur ’n berg klanktoerusting.
Die gesamentlike kapasiteit daarvan is genoeg om ’n hele stadion
vol mense dae lank doof te laat. Ondanks die lugreëling sweet die
ouens wat die toerusting aandra.
Ek sweet ook, maar nie weens fisieke uitputting nie. Dis my
eerste trip na Donker Afrika. My hele lewe lank is ek gewaarsku
teen die Swart Gevaar en nou stap ek soos Daniël in die leeukuil in.
Die enigste verskil is dat dit nie geloofsoortuiging is wat my in die
leeukuil injaag nie, maar ’n sin vir avontuur. Ek doen dit vrywillig.
Terwyl die ouens nóg goed aandra, is dit my werk om die arm van
die oulike dametjie agter die toonbank te probeer draai, want ons
sal beslis moet betaal vir die ekstra gewig. Ek het R10 000 kontant
in my sak om enige probleme mee uit te sorteer, maar ons hele reis
lê nog voor; dus moet ek die bybetaling so klein as moontlik hou.
My klewerige gevoel kom nie net van die onsekerheid oor my
eerste besoek noord van die Limpopo nie. Ek is ook verantwoorde-
lik vir die welsyn van meer as ’n dosyn mense. Wel, nie mense nie,
maar musikante. Musikante is ’n spesiale subspesie. Hulle verloor
paspoorte, verpas vlugte, raak dronk en eindig in ander mense se
beddens sonder dat hulle weet waar die beddens is. Die kontant
gaan dalk nie lank hou nie.

3
4  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

Dit het alles ’n paar weke vantevore begin. Ek was die ywerige
seun wat soos die juffrou se witbroodjie sy arm in die lug rondge-
swaai het toe Gallo se base wou weet wie daarin belangstel om Lucky
Dube se bestuurder te wees vir ’n toer in Rwanda. Dit was vier jaar
ná die volksmoord daar en ook vier jaar die nuwe Suid-Afrika in.
In daardie stadium was Afrika nog ’n donker plek vir die deursnee-
Suid-Afrikaner. Veral as jy wit was.
Wel, het ek gedink, minstens sou niemand my met ’n Hutu of ’n
Tutsi verwar as enigiets verkeerd loop nie.
Nie een van my swart kollegas het eens oorweeg om te gaan nie.
Daardie hele week op kantoor was almal vreeslik vriendelik met my.
Ek het half die idee gekry hulle dink hulle gaan my nie weer sien nie.
Die aand voor my vertrek was daar selfs ’n afskeidspartytjie.
My ma was erg ontsteld. Die “maar wat wil jy nou daar gaan maak,
my kind?”-vrae het nie opgehou nie. Ek het haar nooit eens gesê ek
het aangebied om te gaan nie.
Afrika is ’n moeilike plek om in te reis as jy wit is. Daar is geen
kans dat iemand jou vir ’n local gaan aansien nie en selfs al is jy ook
een, is jy steeds wit. Dit beteken dat jy die teiken is van almal wat
bedel, snuisterye verkoop of op een of ander manier geld uit jou
wil maak. Jy’s wit, dus het jy mos geld.
Gaan sit alleen in ’n kroeg en binne ’n paar minute sal iemand jou
komplimenteer oor jou selfoon. Weird, ja, maar dit is blykbaar die
pick-up line in sulke plekke. Daar is ook baie vroue (of eerder mei-
sies) wat by jou sal slaap in ruil vir ’n paar dollar, ’n vliegkaartjie uit
die land uit of selfs net vir die kans om saam met jou gesien te word.
Ek maak nie self van dié soort dienste gebruik nie, maar ek is
die uitsondering. Een van die onaangenaamste dinge in Afrika is die
prentjie van ’n vet, sweterige Skot, Sweed of ander sondaar met ’n
patetiese haarstyl wat nooit in sy tuisland so gelukkig sou wees nie,
maar wat nou drie mooi en slim swart vroue het wat aan sy lippe
Rwa n da , 1998   5
hang. Terwyl hý dronk word, skraap húlle moed bymekaar vir wat
netnou in die slaapkamer gaan gebeur.
Dit is natuurlik nog moeiliker as jy wit en boonop net ’n gewone
toeris is. Dan raak jy ’n teiken vir ’n ieder en ’n elk wat uniform
dra of ’n onbenullige burokratiese pos beklee. Daar word gewoonlik
van jou verwag om ’n bydrae tot hul salaris, kinders se skoolfonds
of hul pensioenfonds te lewer. Partykeer is hulle dors en wil net ’n
Coke of sigaret hê. Maar betaal sal jy betaal.
As jy reis saam met iemand soos Lucky Dube, wat ’n totale super-
ster in Afrika is, verander die situasie gelukkig baie vinnig. Jy hang
uit met ministers. Jou lyfwag is gewoonlik’n senior veiligheidspo-
lisieman – daai soort ou vir wie jy baie lugtig sou gewees het as jy
net ’n toeris was. Jy kry briewe geteken deur iemand hoog op in die
hiërargie wat jou veiligheid verseker as jy in ’n nare situasie beland.
Eintlik hang jy met die slegte ouens uit, maar omdat dit beteken jy
is veilig, aanvaar jy dit maar so.

In Afrika (soos in die res van die wêreld) gebeur dit alte gereeld dat
mense net nice is totdat hulle mag of geld kry. Daarna raak hulle
magsbehepte idiote wat almal deur die ore werk en hul posisie
misbruik om meer mag of geld te kry. Almal kyk mooi na mekaar,
insluitend heersende presidente, want almal weet hulle is in dieselfde
situasie: As iemand die karretjie skud, gaan almal uitval.
Rwanda is geen uitsondering nie en dit was al so in die tyd toe
die Belge in beheer was. As mense sê Afrika is nie vir sissies nie, dan
bedoel hulle eintlik Rwanda. Dié plek is hardcore. Moenie verlei
word deur al die groenigheid nie, daaronder skuil ’n kru wreedheid
wat deel van die psige van die land is.
Politieke korrektheid is ’n onbekende begrip. Moslems word in
hul gesig “pikkewyne” genoem. Hutu’s weet hulle is “lelik en dom”
en is eintlik net veronderstel om beeste op te pas, want daar is só vir
6  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

hulle gesê. As jy my nie glo nie, gaan lees die koerante van destyds.
Dit staan daar en almal weet mos koerante jok nie …
Die Belge het die etniese verdeeldheid so doelgerig aangevuur dat
dit deel van die samelewing se genetika geword het. Elke koloniale
mag in Afrika het hom skuldig gemaak aan menseregteskendings en
diefstal van die betrokke land se hulpbronne. Die Belge verdien egter
spesiale vermelding wanneer dit by wreedheid en uitbuiting kom.
België het die Kongo in werklikheid nooit eers amptelik gekolo-
nialiseer nie. Koning Leopold het in 1885 die grond eenvoudig vir
homself opgeëis en dit langer as twintig jaar gehanteer as sy private
eiendom waarop hy kon doen wat hy wou sonder om aan enigiemand
verantwoording te doen. Die staat het betaal vir die infrastruktuur
wat daargestel is en die koning het die wins in sy eie sak gesteek.
Die stories van koning Leopold se vergrype in die Kongo is wyd
bekend. Hy het geredeneer hoe banger hy die inwoners maak, hoe
harder sou hulle werk. Om sy wins te vergroot, is mense se koppe
en hande afgekap. Die koppe is dan op stokke geplaas as waarskuwing.
Dít alles in die naam van rubber. Rubber was destyds ’n duur en
gesogte produk in Europa. Koning Leopold se handlangers het in
die proses meer as 10 miljoen Kongolese vermoor.
Terwyl koning Leopold die septer in die Kongo geswaai het, was
die naburige Rwanda onder die Belgiese regering se beheer. Daar
was weinig grondstowwe en dit was die dae voordat internasionale
toeriste kon geld inbring deur na ’n paar gorillas te kom kyk. Selfs al
kon die Belgiese regering nie dieselfde soort geld uit Rwanda maak
as wat koning Leopold uit die Kongo gemaak het nie, het hulle sy
tried and tested metodes gebruik om produksie te verhoog. Om
die kolonie as ’n suksesvolle besigheid te bestuur, is elke werker
byvoorbeeld elke oggend voor werk agt houe met ’n rottang oor
die rug geslaan.
Die Belge se spesiale nalatenskap aan die Rwandese was etniese
haat. Die oorspronklike inwoners van die gebied was die Twa-pigmeë,
Rwa n da , 1998   7
wat destyds en vandag nog deur baie Rwandese nie as mense beskou
word nie.Trouens, dit was in sekere afgeleë dele glo aanvaarbaar om
hulle as aandete voor te sit. Dít is in elk geval wat in een koerant
beweer is. Vandag maak hulle 1% van die totale bevolking uit.
Die eerste keer dat ek die Twa in Rwandese geselskap genoem het,
het die gesprek tot stilstand gekom en almal het uitgebars van die
lag. Hoekom ’n mzungu nou in hierdie “bobbejane” sou belangstel,
het hul verstand te bowe gegaan. Die een wat ek wel gesien het, is
deur kinders met stokke geslaan en weggejaag omdat hy sy gesig in
die dorp durf wys het. Hy was daar om ’n kliniek te besoek.
Die Hutu’s en die Tutsi’s is die twee grootste etniese groepe in
Rwanda. Die Hutu’s lyk soos Idi Amin en verteenwoordig 84% van
die bevolking. Die Tutsi’s maak 15% uit en lyk asof hulle modelle moet
wees. Hulle is lank en skraal met ’n smal neus en ’n ligte velkleur.
Die Belge het besluit die Tutsi’s is slim en die Hutu’s dom. Hulle
het toe ’n dompasstelsel begin waarvolgens elke mens se etnisiteit
in ’n identiteitsdokument aangedui moes word.
Net om seker te maak dat die twee groepe nooit weer in vrede
sou saamleef nie, het hulle ook besluit die Tutsi’s kan grond besit,
maar die Hutu’s mag slegs vir hulle werk. Die kersie op die koek
was ’n wet wat net Tutsi’s toegelaat het om enige vorm van onderwys
te ontvang. Die Hutu’s was dus nie net dom en lelik nie, maar ook
ongeletterd. Dit herinner nogal aan die ou Suid-Afrika.
Die Hutu’s was duidelik ongelukkig met die situasie en in 1959
het die eerste volksmoord plaasgevind. Daar was 100 000 dooies.
Die Tutsi-koning en sowat 200 000 van sy volgelinge moes uit die
land vlug en die meeste het uiteindelik in Uganda beland. Onder
hulle was Paul Kagame, huidige president van Rwanda.
In 1962 het die Belge besluit om hul sakke te pak, maar hulle
moes natuurlik besluit aan wie hulle die mag sou oorhandig. Die
Tutsi’s het intussen skool toe gegaan en vir hulself begin dink. Die
Belge het dít nie as ’n goeie idee beskou nie en die regering aan
8  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

die Hutu’s oorgegee. Op dié manier, het die wit ooms van Europa
geredeneer, sou hulle Rwanda steeds van ’n afstand af kon beheer.
Ewe skielik het die beeswagters hulle in ’n magsposisie bevind en
dekades lange wrokke het na die oppervlak geborrel.
In die laat 1950’s en vroeë 1960’s was dit wettig vir ’n Hutu om
’n Tutsi te vermoor en geen haan het daarna gekraai nie. Tutsi’s is
inyenzi’s (kakkerlakke) genoem.
In 1963 was daar nog ’n volksmoord en duisende Tutsi’s is ver-
moor. Aangesien die slagoffers swart was en daar geen internasionale
media was om die nuus na die buitewêreld uit te dra nie, het niemand
eintlik getel hoeveel dié keer dood is nie. Dit is wel al beskryf as die
grootste volksmoord sedert die Holocaust.
In 1974 het die Hutu’s gevoel daar is steeds te veel Tutsi’s in
professionele poste, veral in die mediese beroepe, die akademie en
die opvoedkunde. Hulle moes gevolglik almal bedank … en daar
was wéér ’n slagting.
Dít was die land waarheen ek op pad was om ’n popkonsert te
gaan hou. ’n Land wat permanent aan posttraumatiese stressindroom
ly en wat nog nie heeltemal wakker geskrik het uit sy nagmerries
van vier jaar vantevore nie.

Musiek word deur baie despote gebruik om die massas te kalmeer.


Dis nou nie asof dit Lucky se eerste uitnodiging was na ’n land waar
daar buitengewone probleme was nie. Sierra Leone en Liberië se
stempels was ook in sy paspoort.
Die lughawe in Kigali, met die verbeeldingryke naam Kigali
International Airport, is ’n valerige gebou uit die 1970’s en het
twee ingange. Die een sê Arrivée/Arrival en die ander een sê VIP
Arrivée/Arrival. Daar is tussen min en geen beheer nie, want daar is
televisiespanne, radio- en koerantjoernaliste op die aanloopbaan wat
koes-koes onderdeur die vlerke van die steeds bewegende vliegtuig
hardloop om eerste by die onderste trappie te kom vir die aankoms
Rwa n da , 1998   9
van Afrika se grootste superster. Hierdie is duidelik nie ’n gereelde
afklimplek vir bekendes nie.
Lucky word by die VIP Arrivée ingeneem, die res van ons moet
berus in die Arrivée. In ’n land waar jou sosiale status baie belangrik
is en dit permanent onder mense se neus gevryf word, is daar nie
veel subtiliteit wanneer dit kom by hoe die nuus aan jou oorgedra
word nie. Daar is duidelik net een belangrike persoon hier. Ons
indrukwekkende Rwandese visums met ’n hologram van ’n gorilla
word nie eens ordentlik deurgekyk deur die manne in swart wat
met hul donkerbrille binne die lughawe rondloop nie.
Die weer is verbasend gematig, die binnekant van die lughawe
so te sê leeg. Die teleurgestelde immigrasie- en doeanebeamptes
het gou besef dit gaan nie ’n dag vir bonusse wees nie. Enige mis-
stap van hul kant af sal die einde van die konsert beteken. Só staan
dit duidelik in die kontrak met die promotor en dit is sy plig om
seker te maak alles verloop seepglad, sodat sy groot belegging nie
terugvlieg sonder om die goue eier te lê nie.
Die fooi vir die konsert moes inbetaal word voordat Lucky sy
voet op die vliegtuig gesit het. Dis duidelik hy het al voorheen ’n
probleem of twee gehad …
Kigali het 851 024 inwoners. Op pad van die lughawe na die
Windsor Umubano Hotel sien ons 851 023 van hulle. As deel van
die bemarking vir die konsert het die promotor, Mister Vincent de
Gaulle (moenie die Mister-deel vergeet nie), besluit om ons op ’n
trip te vat. Ons ry deur die hele Kigali terwyl duisende mense, op
plekke honderd diep, langs die pad saamdrom om Lucky toe te juig
en in die algemeen heeltemal ballisties te gaan. Hy het alleen gesit
in ’n allemintige 4x4 en die skare het selfs boomtakke in die pad
voor hom gestrooi.
Die ander twaalf van ons is in ’n tiensitplek-bus, wat deur die
plaaslike mense ’n matatu genoem word. Die 4x4 maak baie stof en
ons moet kort op sy hakke volg, want die mense maak die pad toe
10  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

om Lucky, wat regop in die opening van die 4x4 se sunroof staan,
beter te kan sien.
Die matatu waarin ons ry, is ingevoer van Japan, waar alle voer-
tuie ná vyf jaar afgeskryf moet
word. Regdeur Afrika is daar ’n
ekonomie wat om hierdie soort
invoer gebou is. Die bussie het
nog sy Japannese geskrif langs
die kante – daar was geen po-
ging om dit te ver-rwandiseer
nie. Die Rwandese nommerplaat
is sommer bo-oor die oorspronk­
like Japanse een vasgeskroef.
Dié bussie self was dalk, eendag
lank, lank gelede, vyf jaar oud
in Japan, maar sy Afrika-vakan-
sie is ook al ’n paar jaar oud.
Ek wonder hoeveel ek vir
ander se plesier moet opoffer. Een van Lucky se uiters oorgewig
agtergrondsangers is besig om my pap te druk teen die binnekant van
die matatu. Ek sit by die venster en staar uit oor die see van gesigte
buite. Hul klere is gehawend. Die tekens van stedelike verarming
is oral om my: gehuggies wat uit kleimure en geroeste sinkdakke
bestaan, maer honde en kinders met boepense. Die blydskap op hul
gesigte wanneer hulle Lucky sien, en dan die uiterste verbasing om
’n wit gesig vasgedruk teen die ruit te sien, is my enigste vermaak.
Wit mense in Afrika, behalwe as hulle hippies of sendelinge is, word
nie agterin bussies gesien nie.
Uiteindelik was ek waar ek wou wees. In die middel van Afrika,
besig met die soort avontuur waarvan ek gedroom het toe ek ’n
kind was. Viva Mandela, viva!
Vir die volgende week sou ek elke oproep wat ek op my selfoon
Rwa n da , 1998   11
gekry het, begin met: “I’m actually in the middle of Rwanda right
now, can this wait until I come back?” Ek het elke oomblik van daai
sin geniet en die reaksie van mense nog meer. Ek was braaf en dap-
per en ’n pionier. Ek was besig om dinge te sien en ervaar waarvan
my vriende, kennisse en kollegas net kon droom. Ek het uiteindelik
besef wat ek uit die lewe wou hê – om soveel as moontlik te reis.
Dit was voordat ek die geskiedenis van die hotel waarin ons sou bly,
geken het. Die Windsor Umubano Hotel, kompleet met ’n kroontjie
op die W, was astrant genoeg om homself te beskryf as “Kigali’s re-
sort within the city”. Dit het beteken dat daar ’n swembad was. Die
hotel is geleë op een van die vele heuwels waarop Kigali gebou is
en wat dit ook omring. Al die belangrike mense bly op die heuwels
in Kigali. Ook die staatsgeboue is op die heuwels. Jou uitsig is van
die arm mense wat in vervalle omstandighede in die valleie om die
heuwels bly. Dit het my dadelik iets van die psige van die land vertel.
Toe ek in die hotel inloop, het ek ’n flashback gehad van hoe
dit dertig jaar gelede daar moes gelyk het, van mans in pakke en
vroue in aandrokke wat ’n bal kom bywoon. Regte musikante sou
agtergrondmusiek maak in die foyer terwyl die gaste belangrike sake
bespreek het. Ek het kelners gesien met lekkernye wat deur Franse
sjefs voorberei is en wat aan die eksklusiewe groep gaste uitgedeel
is. Wat ek in werklikheid daar aangetref het, was ’n hotel wat hard
probeer het, maar steeds gesukkel het om ’n ordentlike hamburger
voor te sit teen die agtergrond van die panfluitmusiek wat ’n mens
gewoonlik in hysbakke hoor.
Die argaïese rekeningstelsel het beteken dat, voordat dit vir jou
gebring is, elke bier aangeteken moes word by twee ooms met strik-
dasse wat agter ’n baie unsexy houttafel in die hoek gesit het. Hulle
het dan ’n vormpie aan die kelner uitgereik waarop die bestelling
in mooi gekrulde letters op ’n hotelbriefhoof geskryf is. Die kelner
het die vormpie na die kroegman geneem, hy’t die bier oorhandig
en die vormpie geteken. Voordat die bier na jou gebring is, moes
12  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

dié getekende vorm eers by die twee boekhouers afgelaai word. Die
bier was nooit koud nie en teen die einde van die aand was dit ’n
halfuur voordat jy jou rekening kon kry, want alles moes opgetel
word, deur die bestuurder afgeteken en dan aan jou oorhandig word.
’n Primus, een van die uitstekende plaaslike biere, het R20 in die
hotel gekos. Buite op die sypaadjie voor die hotel kon ’n mens op ’n
houtstoel sit terwyl jy die bietjie middagverkeer dophou, plaaslike
musiek hoor en dieselfde bier vir R2 koop. Ek het gou meer tyd op
die sypaadjie begin deurbring. Dit was lekker om met die plaaslike
ouens uit te hang en in gebroke Engels en met handgebare stories te
probeer vertel, terwyl die hotel se veiligheidswag so naby as moontlik
aan my probeer staan het sonder om die veilige omheining van die
hotel te verlaat. Engels is dalk die derde grootste taal in Rwanda naas
Kinyarwanda en Frans, maar dit kom ’n baie laat derde.
Die wag het my vele kere gewaarsku teen die “bad people” met
wie ek uitgehang het. Dit het ’n rukkie geneem om te besef hy ver-
wys na die Hutu’s. Fisiek kon ek nie ’n verskil tussen hom en die
“bad people” sien nie. Bad people, het ek ook gou agtergekom, was sy
volle bemeestering van die koningin se Engels.
Wanneer ek saans net ná sononder in die hotel ingegaan het, ná
nog ’n volmaakte sonsondergang teen die agtergrond van die rook
van die arm mense se aandetevure, het ek die stof van Kigali letterlik
uit my klere geslaan terwyl die wag my kopskuddend agtervolg het
en in Kinyarwanda gemompel het. Ek is seker dat hy saans oor die
stres van sy werk by sy vrou gekla het. Hierdie mal mzungu wat
saam met die “bad people” uithang, sal seker eendag ’n hoofstuk in
sy memoires wees.
Teoreties was daar niks fout met die hotel nie. Die hysbak het
gewerk, die toilette het gespoel en daar was warm water. Selfs in ’n
deftige hotel in Afrika is dít reeds ’n anomalie. Die plek was skoon
en netjies en almal het hul plek geken. Maar daar was ’n kliniese
gevoel aan die plek, amper asof ek in ’n hospitaal was. Dit was eers
Rwa n da , 1998   13
toe ek die hotel se geskiedenis gehoor het dat ek besef het hoekom
dit so voel.
Die Windsor Umubano Hotel moes gereinig word van al die
spoke van 1994. Hulle moes ontslae raak van die reuk van vrees
van mense wat nie geweet het of hulle die volgende dag weer ’n
sonsondergang sou sien nie. Mense wat gehoop het dat die inter-
nasionale gemeenskap op die nippertjie sou intree en hul lewe red.
Bill Clinton, toe pas weer in beheer van sake nadat hy sy verhouding
met Monica Lewinsky probeer verdoesel het met ’n mislukte inval
in Somalië, het gekeer dat dit gebeur. Die VSA se weiering om wat
in Rwanda aan die gebeur was tot ’n volksmoord te verklaar, het
veroorsaak dat die Verenigde Nasies nie kon ingryp nie. Dít, tesame
met die feit dat nuusspanne van regoor die wêreld in Suid-Afrika
rondgehang het vir die 1994-verkiesing, het beteken dat die 100 dae
wat dit gevat het om sowat 800 000 mense in Rwanda te vermoor,
feitlik ongemerk verbygegaan het.
Die hotel het in daardie tyd gedien as skuilplek vir honderde vlug-
telinge en is ’n ruk lank deur VN-troepe beskerm. Party mense het
in die hotel self gebly en ander het in die tuin en langs die swembad
geslaap. Die VN-troepe is egter op kort kennisgewing onttrek. Die
Hutu-moordenaars het op die hotel toegesak en die vlugtelinge
genadeloos uitgemoor.
Dít was hoekom die hotel so ’n kliniese gevoel gehad het. Hulle
moes die verlede uitwas, oorverf en toepleister sodat die stemme
van die dooies ten minste sagter sou raas.
Die hotel self was met ons besoek nog nie heeltemal operasioneel
nie. Party verdiepings was nog nie oop nie omdat herstelwerk nog
nie klaar was nie. Op die verdieping waarop ek gebly het, was net
die een kant – wat oor die swembad uitgekyk het – oop. Ek het een
aand die deur oopgemaak van een van die kamers wat nog in die
herstelproses was. Ek weet nie wat ek verwag het om daar te sien
nie. Het ek gedink daar sou koeëlgate in die mure wees? Of bloed?
14  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

Daar was niks. En toe ek binne staan in die donker met die toe deur
agter my, was daar net stilte. Die verlede was toegepleister sodat
dit nie die toerismebesigheid raak nie.
Buite die hotel was dit ’n ander storie. Dit was nie asof ’n mens
hard moes soek na stories oor die volksmoord nie. Dit was eerste
op die agenda. Die Tutsi’s wat ons dagtoere gereël het, het seker
gemaak daarvan. Eet jou ontbyt, drink jou koffie, klim in die matatu
en kom laat ons gaan geraamtes kyk. Teen die derde besoek aan ’n
toneel wat met die volksmoord verband hou, het ek my voet neer-
gesit. Genoeg was genoeg.
Party van die beendere het nog net so in hope gelê en wanneer hulle
die seile daarvan afgetrek het, het daar kraaie van onder uitgevlieg. Dan
was daar die houtrakke met
die skedels daarop uitgestal.
Duisende in rye. Die impak
van duisende skedels was na-
tuurlik groter as hope bene
wat later in massa-grafte
begrawe sou word. Wat het
geword van respek vir die
dooies? Of moes hulle tot in
ewigheid dien as bewys van
wat gebeur het?
Elke keer is daar ’n baie simplistiese verduideliking aan my gegee
oor wat gebeur het en hoekom. Dit is mooi en stadig aan my ver-
duidelik asof ek ’n skoolkind of ’n toeris was. Die oomblik dat ek
ingeligte vrae gevra het, het almal verduidelik dinge is nie eintlik
soos dit van buite af lyk nie. Dat jy daar moet wóón om te verstaan
hoe dinge werk. ’n Bietjie soos ’n wit Suid-Afrikaner by ’n aandete
in die buiteland in die 1980’s.
Maar genoeg van dood en filosofie. Ek was hier om te rock and
roll of minstens te reggae. Ek was op soek na die partytjie.
Rwa n da , 1998   15
Die naglewe … mmm, watter naglewe?
Denis, die Belgiese VN-verteenwoordiger, het my reeds gewaarsku
om nie te veel te verwag nie. Hy het my genooi vir middagete by sy
huis in een van Kigali se beste woonbuurte. Daar waar die diplomate
woon. Ek het gehoop hy sou my ’n paar name van lekker kuierplekke
kon gee, maar hy was nie van veel hulp nie en boonop was die ete’n
saai affêre. Dit het gou geblyk hy het boonop ’n versteekte agenda
gehad: Hy wou vir Lucky ontmoet.
En nadat ek die afspraak gereël het, het hy nooit weer met my
gepraat nie.
Soos dit donkerder geword het, het dit ook stiller geword in
Kigali. Daar was geen pompende klubs met draaiende ligte en
Johnny Walker Black nie. Dit was ’n gevaarteken. Dit maak nie saak
hoe arm of agterlik enige hoofstad in Afrika is nie, daar is altyd ’n
plek wat baie trendy was iewers in die laat 1970’s of vroeë 1980’s
en steeds die hart van die partytjie is. Dit het altyd ’n snoekertafel,
’n klankstelsel wat harder oopgedraai word as wat hy kan hanteer,
prostitute en beslis Johnny Walker Black – die statussimbool in
Afrika wat bewys dat jou duur klere nie beteken jou beursie is nou
leeg nie. Die manier om die “Big Boys”, soos oral op die vasteland
na hulle verwys word, van die klein vissies te skei.
Hier was niks. Selfs die standaard-huissjebeen-soort ding wat jy
in elke straat in elke stad kry, was hier afwesig. Wel, nie afwesig nie,
net vroeg toe. Eers het ek vermoed daar is ’n aandklokreël, maar gou
het ek besef die klein groepies mense wat nog ná sononder rondhang
en ’n bier geniet, is dalk nie die soort drinkebroers wat goed vir my
gesondheid sou wees nie – safe pass-brief ofte not. Ek dink ook nie
baie van die plaaslike inwoners het hulle geselskap gesoek nie. Ná
sononder was Kigali dood omdat dit gevaarlik was en mense steeds
in vrees gelewe het. Die polisie was nie noodwendig jou vriend nie.
Ek het twee aande lank my soektog na ’n naglewe voortgesit met
’n drywer wat nie noodwendig my avontuurlus en opgewondenheid
16  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

om in Kigali te wees, gedeel het nie. Die hotel self het nie veel aksie
gebied nie en die Suid-Afrikaanse musikante was, wel, musikante.
Hulle was travel-weary en het niks in hul omgewing belanggestel
nie. Dit was gou duidelik dat as daar nie vermaak was nie, ek my
eie sou moes skep. My ouma het altyd gesê ledigheid is die duiwel
se oorkussing en ek is ’n goeie voorbeeld daarvan. Verveling maak
my gevaarlik.
Ek het een middag die ure verwyl deur twee straatkinders vir
middagte in die spoghotel te vat. Dit was ’n interessante sosiale
eksperiment wat ek grotendeels om akademiese redes gedoen het.
Die veiligheidswag wat probeer keer het dat hulle in die hotel ingaan
en die kelner wat geweier het om hulle te bedien, terwyl ek daarop
aandring dat ek in die hotel bly en daarom geregtig is om my gaste
daarheen te bring, het gesorg vir ’n atmosfeer wat jy met ’n mes
kon sny. My argument was dat ander mense toegelaat word om
prostitute as gaste na die hotel te bring en niemand ’n probleem
daarmee het nie. Ek het ook daarop aangedring dat ons ’n tafel in
die middel van die restaurant kry in plaas van die een in die hoek
wat hulle aanbeveel het.
Die restaurant was nie vol nie, maar my mede-middageters, die
sakemanne met hul duur horlosies en splinternuwe selfone wat
almal eers ná die volksmoord teruggekom het uit selfopgelegde
ballingskap in België, was duidelik nie beïndruk met die geselskap
waarin hulle hul bevind het nie.
Die kelner het die twee seuns die hele tyd in Kinyarwanda aan-
gespreek en aan sy stemtoon kon ek aflei dat dit nie noodwendig
komplimente was nie. Die twee outjies, seker so tussen agt en tien,
hoewel dit altyd moeilik is om raak te raai in ’n plek soos dié, het
hulle nie aan hom gesteur nie. Skielik was hulle in ’n posisie van mag
en niemand kon dit van hulle wegvat nie. Hulle het geweet ek sou
hulle beskerm en daarom kon hulle hardegat met die kelner wees.
Ná ’n feesmaal van hamburgers en vele Fantas het van ons mu-
Rwa n da , 1998   17
sikante hul djembes gebring en in die restaurant begin trom speel
terwyl die straatkinders vir hulle Rwandese volksliedjies geleer het.
Teen hierdie tyd het selfs die kelner se houding verander en toe die
grootbaas ’n paar minute lank iets anders moes gaan doen, het hy
selfs kom saamsing en ’n paar danspassies aan ons gewys. Die eerste
keer was daar ’n glimlag op sy gesig, maar dit het nie tot by sy oë
gekom nie. Dié was steeds dood, verskuil agter die muur wat hy
om sy geheue moes bou.
Twee uur later het ek die kinders na die uitgang van die hotel
vergesel. In die paar dae wat ek reeds daar was, het ek gesien hoe
kinders wat nie wou luister nie, sommer maklik met rubberlatte
bygekom word. Dit was die norm en ek wou keer dat my nuwe
vriende se dag op ’n lae noot eindig. Terwyl ons uitgeloop het – op
’n plek waar die ander hotelwerknemers ons nie kon sien nie – het
die kelner ons uitasem ingehaal en iets in Kinyarwanda aan die kin-
ders gesê. Dié slag was daar glimlagte op hul gesigte terwyl hy sy
hand op elkeen se kop gesit en dit gevryf het. Die kinders het om
die blok geloop na die agterkant van die hotel. Daar het die kelner
vir hulle elkeen ’n enorme sak kos gegee om saam huis toe te vat.
Die laaste prentjie in my kop was van die twee seuns wat laggend
in die stofstraat afloop en luidrugtig hul ervaring van die middag
bespreek terwyl hulle goed geoefende toertjies met ’n leë sardynblik
gedoen het.
Ek dink dit was op hierdie punt wat daar besluit is dat ek ’n
lyfwag nodig het. Tot vandag toe weet ek nie of dit op aandrang van
die hotel of die promotor was nie. My omswerwinge buite die hotel
se veiligheidsheining, en nou ook daar binne, het mense senuagtig
begin maak. Of die lyfwag aangestel is om my op te pas of dop te
hou, is natuurlik oop vir bespreking.
Die belangrike mense om my het nie gehou van al die politieke
vrae wat ek vra nie en hulle was ongemaklik omdat ek so maklik
met almal oor die weg gekom het. Die laaste strooi was dat ek my
18  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

dollars vir franke verruil het op straat en nie in die hotel nie. Ek
het ’n baie beter deal gekry en dit was baie opwindender om in ’n
agterstraatjie veertig minute lank te onderhandel en mense teen
mekaar af te speel. Ek was besig om my eie vermaak te skep.
Ek het my lyfwag dadelik “Baksteen” gedoop. Ek weet nie wat sy
regte naam is nie en stel ook nie belang nie. As Baksteen ’n Suid-
Afrikaner was, sou hy ’n wit rugbyspeler gewees het wat tweede-
handse karre of versekering verkoop het. Hy sou ná rugbywedstryde
Saterdagaande by gesellinklubs uitgehang het en moontlik so nou
en dan met onwettige diamante gespeel het. Behalwe dat Baksteen
beter aangetrek het.
Baksteen het ’n sesde sintuig gehad vir wanneer ek opgestaan het
en het dan aan my deur kom klop. Hy kon geen Engels praat nie en
die enigste sin wat ek in Frans kan sê, sou ek nie vir hom probeer
sê het nie. Kortom, hy was ’n oorlas van die eerste water. Hy was
duidelik ’n gevreesde man in die samelewing,
want skielik het mense draaie om my geloop.
Hy het hom doodgelag vir al my muskiet­
afweerders en dit met veragting op die
bed van my hotelkamer gegooi, totdat ek
vir hom verduidelik het dat hy dit moet
terugsit waar hy dit gekry het.
Baksteen het hard probeer
om hom soos ’n toergids
te gedra eerder as ’n vei-
ligheidspolisieman, maar
duidelik was sy spesiali-
teitsveld nie om mense
van hom te laat hou nie.
Ek het geweier dat hy
Baksteen saam met my eet of drink.
Hy moes maar sy eie tafel
Rwa n da , 1998   19
kry, maar selfs as ek toilet toe gegaan het, het hy vir my gewag wan-
neer ek uitgekom het.
Ek was dus basies onder hotelarres. Dít het ek duidelik besef
toe Baksteen hom kom tuismaak het in my hotelkamer onder die
voorwendsel dat hy wou vriende maak. Baksteen het die hand van
vriendskap na my uitgesteek en sy rol as toeristeleier begin deur my
sy veertienjarige suster as ’n bedmaat aan te bied. Toe ek dít van
die hand wys, het hy sy twaalfjarige broer aangebied. Daarna was
dit heroïen, ’n dwelm wat om een of ander duistere rede maklik en
goedkoop in Kigali beskikbaar is. Heroïen is ’n dwelm wat selfs die
slegste situasie goed kan laat voel. Ek kon dus verstaan hoekom dit so
gewild is. Dit was egter steeds vir my vreemd. Sy laaste aanbod was
dagga. Dit was die beste aanbod wat ek nog die hele week gehad het.
Voordat ek aangaan, moet ek net eers ’n vinnige opmerking maak
oor my houding teenoor dagga. Dagga het al baie probleme in mense
se lewe veroorsaak. Sjokolade, alkohol en nikotien ook. Dagga is ’n
natuurlike plant en die enigste rede hoekom dit op so baie plekke in
die wêreld verbode is, is omdat die Amerikaners daarop aandring as
deel van hul besigheidsooreenkomste met lande. Dagga is verbode
in Amerika omdat nylonvervaardigers die hennep-plant uit die weg
moes kry om ’n groter mark vir hul nuwe materiaal te skep.
Te veel van enigiets is sleg vir jou. Dieselfde geld vir dagga. Ek
be­skou dagga soos konjak. Dis iets wat ek so nou en dan gebruik en
dit dan regtig geniet, maar ek stel nie daarin belang om dit daagliks
te gebruik nie. Ek hou van my realiteit en het nie nodig om my
permanent daarvan te verwyder nie. Een aand, tien teen een terwyl
ek stoned was, het ek besluit omdat dagga uit die grond van ’n land
kom, weerspieël dit die siel van daardie land. Ja, ek weet dis regte
stoner-filosofie, maar dit is wat dagga aan jou doen.
Dit was dus tyd om die siel van Rwanda te proe. Die dagga was só
donkergroen, dit was amper swart. Dit het teer op jou hande gelos
as jy daaraan gevat het. Ek was arrogant genoeg om te dink ek was
20  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

sterk genoeg daarvoor.Teen Baksteen se wil het ek hom vergesel toe


hy dit gaan koop het. Dis net rocksterre wat toelaat dat ander mense
dwelms vir hulle aandra en ek is nie ’n rockster nie. Dit beteken ook
dat ek nie te veel afge-rip word as dit by die prys kom nie.
Die ou wat dit aan my verkoop het, se naam was Richard. Hy het
’n Hawaise hemp aangehad, ’n fake Ray-Ban en ’n goue horlosie wat in
die middagson geglim het teen sy pikswart vel. In tipiese Afrika-styl
was dit so los om sy arm dat dit op en af tussen sy pols en elmboog
gegly het. Hy was duidelik ’n verbruiker van sy eie voorraad en het
nie ’n probleem gehad om dit te doen terwyl hy werk nie.
Die stopsel was in ’n stuk koerantpapier toegedraai. Dit het 20
sent gekos. Terug in die hotelkamer het ek ’n vette gerol. Met die
eerste trek het ek al geweet ek speel buite my liga, maar teen dié
tyd was ek al so goed geoefen in my rol as die arrogante wit idioot
wat dink Afrika kan hom nie onderkry nie, dat ek my sesde sintuig
geïgnoreer het. Baksteen het self so ’n bietjie nader aan wit geword,
maar sy pose mooi gehou. Kort nadat ons die joint klaar gerook het,
het hy vertrek. Hy het geweet waar om my te kry indien nodig. Ek
was nêrens heen op pad nie.
Voordat hy nog by die deur uit is, was ek soos ’n stuk klei op die
bed. My liggaam wou nie op my brein se bevele reageer nie. My
brein het die wêreld-spoedrekord probeer breek met flitse van idees
wat weg was voordat dit kon registreer. Ek was besig met die vin-
nigste edit wat ek nog gesien het. Splitsekondes van idees, prentjies,
geheueflitse en visioene. Ek het die verlede, die hede en die toekoms
gelyktydig gesien. Dit was nie ’n film wat noodwendig by die loket
goed sou vaar nie.
En dít was die goeie deel. Binne ’n paar minute was ek in ’n
paranoia-hel. Ek het die res van die dagga gevat en badkamer toe
gekruip om dit in die toilet weg te spoel. Ek kon die polisie in die
gang hoor afkom. Enige oomblik sou hulle die deur afskop en my
arresteer. Die vooruitsig om met verhoorafwagtende massamoor-
Rwa n da , 1998   21
denaars tyd in ’n tronksel deur te bring, was nie ’n aantreklike
een nie. En in Rwanda, die macho’ste van alle lande in Afrika, dra
tronkvoëls pienk – tien teen een in ’n poging om te keer dat hulle
ontsnap. Geen gerespekteerde man in Rwanda wil in die openbaar
in pienk gesien word nie.
Ná vele probeerslae het ek al die dagga afgespoel gekry. Ek moes
dit in my vuis toehou en dit onder in die pyp van die toilet hou om
dit weg te kry. Ek kon steeds die polisie in die gang hoor nader kom.
Die enigste oplossing was om die bed voor die deur te sit. Te midde
van totale paniek het ek die matras van die bed af gekry en die bed,
wat eintlik maar net ’n raam van saamgeperste hout was, teen die
deur staangemaak. Ek kon nou asemhaal. Die vyand se eerste aanslag
is afgeweer. Dit was tyd om die perimeter verder te beveilig.
Volgende aan die beurt was die venster. Op ’n gebou op die vol-
gende heuwel, so 700 of 800 meter verder, kon ek ’n skerpskutter
sien wat gereed was om my te skiet as die polisie nie die blokkasie
van die saamgeperste houtbed voor die deur kon platkry nie. Die
enigste moontlikheid om my swembaduitsig toe te maak, was die
matras wat omtrent twee derdes van die venster bedek het. Die
res van die venster het ek met duct tape toegemaak. Ons weet mos
almal dis koeëldig.
Hoewel ek nog die stemme in die gang gehoor het, het ek vei-
liger gevoel. Wat ek sou doen as die polisie die kamer inbars, was
nou onder bespreking tussen die verskillende stemme in my brein.
Daar was nie meer dagga in die kamer nie en danksy die hele blikkie
deodorant wat ek in die lug uitgeblaas het, was ek seker hulle sou
my net daarvan kon beskuldig dat ek te veel parfuum gesproei het.
Dit was tog sekerlik selfs in ’n land so macho soos Rwanda nie ’n
misdaad nie?
Ek het begin dink oor wat dalk nog in die kamer is wat my in die
tronk kan laat beland. Dalk het hulle baie streng wette oor naakt-
heid. ’n Foto van my vrou op die strand in haar bikini is opgeskeur
22  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

en toe verbrand, want as jy dit net opskeur kan iemand dit weer
aanmekaar plak.
Daar was geen sin meer in hoe my brein geredeneer het nie. Ge-
nadiglik het ek uitge-pass.Twaalf uur later het ek wakker geword met
die geluid van iemand wat aan my deur hamer. Dit was tyd vir Lucky
se optrede. Die aand ná die konsert het ek na ’n netjies reggetrekte
hotelkamer teruggekom. Niemand het ooit ’n woord gesê nie.
Die aand voordat ek uit Kigali weg is, het Baksteen kom koebaai
sê. Dit was nie ’n vriendelike vaarwel nie. Hy het aangedring op een
of ander vorm van vergoeding omdat hy so goed na my omgesien
het. Dit was nie ’n versoek nie, dit was ’n bevel. Hy het my duurste
Diesel-trui as sy beloning gekies. Nodeloos om te sê, ons het nooit
penvriende geword nie.

Die son het pas oor Kigali se sokkerstadion gesak. Die meeste mans

Lucky Dube
Rwa n da , 1998   23
in die gehoor het hul hemde uitgetrek. Lucky se stel trek reeds ver
noord van tweeuur. Die hele plek drup sweet. Jy kan die skare ruik.
Voor my sing 65 000 mense: “Hey, you, Hutu man; hey, you, Tutsi
man, you’ve got to come together as one” op die ritme van Lucky
se groot treffer “Hey, you, Rasta man; hey, you, European …”
Die stadion, wat uit beton gegiet is, lyk soos ’n trampolien soos
die duisende mense op en af spring. Een inyenzi-massa wat hulle
voelers in die lug opsteek. Mense wat uitbundig gil en ontslae raak
van jare se frustasie. Altesaam 65 000 mense wat op een slag primal
scream-terapie doen. Die skare het gekry wat hulle voor gesoek het,
Lucky is besig met een van sy beste konserte in jare.
Dit was onmoontlik om die trane terug te hou. Ek kyk links van
my en al die macho manne van die ondersteuningspan is besig om
trane af te vee op ’n manier dat hulle hoop niemand sien hulle huil nie.
Het die voorafgaande week maar so glad verloop. Daar was
gedurig probleme oor wie vir etes betaal, watter klanktoerusting
gebruik moet word en onvoldoende vervoer. De Gaulle, die pro-
motor, het duidelik gevoel omdat Lucky en sy span nou daar is, het
dit tyd geword om koste te begin sny. Hy het gou besef Lucky is
nie ’n ou wat met hom laat neuk nie. Tog moes ons oor alles baklei.
Niks het net gebeur soos dit moes nie. Alles moes aangehelp word.
Die kosstorie is gou uitgesorteer en die vervoer ook, maar toe De
Gaulle besef ’n nuwe klankstelsel moet uit Uganda ingevoer word
omdat die enkele beskikbare een in Rwanda nie voldoende was nie,
was hy baie knorrig.
Die klankstelsel het Saterdagoggend, ’n paar uur voordat die
konsert sou begin, opgedaag. Dit het Lucky baie min tyd vir sy
soundcheck gegee. Toe hy vir sy soundcheck in die stadion aankom,
was daar, selfs ná duidelike opdragte dat Lucky nie ’n soundcheck
doen as daar reeds mense in die stadion is nie, al klaar sowat 10 000
mense wat hulle plekke ingeneem het. Hulle was vroeg daar om die
24  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

beste plekke te kry, want dis nou nie eintlik asof iemand ’n werk
het om na te gaan nie.
Ek het seker ’n halfuur lank probeer om die mense uit die stadion
te kry. ’n Enkele wit figuur met ’n mikrofoon in die middel van ’n
leë verhoog wat nooit met die kunstenaar verwar sou word nie. Na-
tuurlik het niemand geluister nie. Daar was nie eens die sarkastiese
toejuiging wat jy in Suid-Afrika sou kry as jy dieselfde truuk sou
probeer nie. Ek sou graag die feit dat hulle Frans praat en ek Engels,
as die rede wou voorhou vir waarom ek geïgnoreer is.
Ná vele probeerslae was daar steeds geen beweging nie. In elk
geval kan ek ná jare van konserte getuig die kans om mense uit te
jaag voordat die konsert begin, is maar skraal. Ek het die saak met
die promotor bespreek – sy Engels was skielik baie swak en hy kon
my nie verstaan nie. Ek het die saak met die hoof van sekuriteit be-
spreek. Hy het sy skouers op daai eg Franse manier opgehaal, sy oë
gerol en sy gesprek met iemand anders voortgesit. Ek het magteloos
gevoel. In my naïwiteit het ek gedink mense sou na my luister. Was
daar geen respek meer vir wit mense in Afrika nie?
Daar is twee soorte polisiemanne in Rwanda. Die een groep lyk
soos vlugtelinge in hul swakpassende groen uniforms. Niemand neem
hulle ernstig op nie, totdat hulle jou onder een of ander voorwend-
sel oor die kop bliksem. Die ander groep dra noupassende swart
uniforms, donkerbrille en outomatiese wapens. Mense loop sirkels
om hulle. Mense kýk nie eens na hulle nie. Hulle is amper soos
Johannesburg se metropolisie, net ’n bietjie erger. As jy naby hulle
kom, ruik jy sommer die evil. Ek wou nie eens met hulle praat nie,
maar hulle was my laaste hoop.
Ek het die grootbaas genader. Hy en sy troepe het sekuriteit
beman in die gebied agter die verhoog. Ek het my situasie aan hom
verduidelik. Hy het op die verhoog geklim en twee sinne gesê. Die
mense het soos waansinniges opgespring en daar was ’n stormloop
om by die hek te probeer uitkom.
Rwa n da , 1998   25
Probleem opgelos. Die konsert gaan voort.
Ná minder as ’n week in Rwanda het ek begin verstaan hoe
dinge werk.
Om die waarheid te sê, nadat ek die dagga, Baksteen en gebrek
aan naglewe oorwin het, het ek nuwe moed gehad vir my toekoms
as die moderne Livingstone. Ek het besluit om nie huis toe te gaan
nie, maar ’n week langer aan te bly. Ek wou die res van Afrika se
digs bewoonde land verken. Ná al my harde werk was dit tyd vir
’n vakansie.

Met my aankoms in Rwanda het ek ’n brief gekry van die man wat
as “sekuriteitshoof ” van Lucky se toer aangestel is. Die brief was
’n safe pass. Daarin is dit duidelik gestel dat enigiemand wat selfs
daaran dink om moeilikheid met my te soek, aan die kortste ent van
die effens oorwerkte Rwandese regstelsel sou trek. Ek het my eie
“get out of jail free”-kaart gehad.
Toe die sekuriteitshoof dit ’n week of twee later sou terugvra, het
ek geweet dis tyd om huis toe te gaan. Hy was ’n man met dooie oë
en ’n gesig vol merke van handgranaat-skrapnel. Hy het glo ’n hoë
pos in die geheime polisie beklee, maar hy wou nooit meer verklap
oor wie hy nou eintlik was nie. Ons eens gemoedelike verhouding
het binne ’n paar dae na Lucky se konsert dramaties verander toe
hy my amper in ’n kis laat huis toe gaan het …
Toe dinge nog beter gegaan het in Rwanda was Gisenyi se weer
en sy meer ’n groot lokaas vir ryk kolonialiste en plaaslike sake-
manne wat wou gaan stoom afblaas. Eintlik het dit nog altyd goed
gegaan in Rwanda, as jy een van die uitverkorenes was. Toe ek daar
aangekom het, was Gisenyi, wat op die noordwestelike grens met
die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) lê, die plek om
die oorlogverskeurde, anargistiese Kongo binne te gaan as jy daar
wou gaan roof en steel. Vir Livingstone Maas het dit na die ideale
vakansieplek geklink.
26  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

Toeristebrosjures noem Rwanda die Land van Duisend Heuwels.


Of daar duisend is, sal ek nie weet nie, maar daar is baie. Kigali self
is geleë op ’n sentrale hoogland. Enige rondryery beteken ’n ewig-
durende op en af teen heuwels en omdat daar geen spoorlyne is nie,
is alle vervoer padlangs. Ja, álle vervoer. Van die 13 500 kilometer
paaie in die land is net 9% geteer. Die pad waarlangs ek sou reis,
was genadiglik deel van die 9%.
Fietse en oorlaaide vragmotors, onpadwaardige busse en voetgan-
gers ding almal mee om die klein stukkie teer wat ’n pad deur die
oerwoud baan. En die oerwoud probeer alewig om die pad oor te
neem. Die meeste van die tyd pas twee motors net-net langs mekaar
in. ’n Normale mens sou in so ’n situasie stadiger ry om seker te maak
dat daar nie ’n geskraap van metaal is nie, maar dit het Rwandese
bestuurders skynbaar nie gesnap nie. Die standaardmanier is om so
vinnig as moontlik te ry, te toet vir enigiets wat kleiner as jy is en
dit dan húl probleem te maak om ’n slagting te vermy.
My busbestuurder het sy kicks daaruit gekry om nie te toet wan-
neer hy fietsryers wou verbysteek nie. Die vele merke aan die kant
van sy bus het daarvan getuig dat dit sy doel was om te kyk hoeveel
fietsryers hy kon omry. Die bus het natuurlik nie ’n televisie in gehad
nie, so sy toertjies was vir die passasiers ook groot vermaak. Elke keer
wat hy iemand geskraap het, het ’n paar voorbokke die jongste getal
slagoffers uitgeskree. Ek kon verstaan hoekom die lewensverwagting
in die land net 48 jaar was.
Moes ek my gedra soos die Rwandese wat aan die speletjie deel-
geneem het, of soos ’n Rwandees wat sy mag sou gebruik om dit te
stop? Ek het my safe pass uitgehaal om vir die busbestuurder te wys
ek hang in belangrike geselskap uit, en gesê hy moet ophou. Hy was
verbaas, maar het sy streke gestaak. Die res van die mense in die bus
het nie weer met my gepraat nie. Was hulle kwaad of bang vir my?
Ek het geweet dat daar net een ware stad in Rwanda is, dus het
ek min van Gisenyi verwag. Die dorp, wat grotendeels bestaan het
Rwa n da , 1998   27
uit geroestesinkdak-geboue, het gelyk asof dit uitmekaar gaan val.
Van die strate was geteer en die winkels was almal in die ou Belgies-
koloniale boustyl met afdakke en pilare. Sommige was geverf en
duidelik was blou verf een of ander stadium op uitverkoping. Ad-
vertensies vir Primus-bier het ’n bietjie kleur verskaf aan van die
ander geboue.
28  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

Jy kon mense met sambrele huur om saam met jou te stap om die
son weg te keer en houtfietse met wiele van hout om jou vrag mee
huis toe te karwei. Te oordeel aan die toestand van die paaie kon ek
verstaan waarom daar honderde Chinese motorfietse was wat soos
perdebye deur die strate gevleg het. Geld, wat in Kigali onwettig in
agterstraatjies verruil is, het hier openlik van hande verwissel deur
houtluike. Kleremakers het langs die pad gesit terwyl kleurvolle
Franse advertensies ’n mens probeer lok het. Die kinders se grootste
vermaak was om die Moslems se skoene buite die moskee om te ruil.
Die dorp was ’n deurroete na die Kongo. Die eerste gevoel wat
ek gekry het, was van ’n frontier town in die Wilde Weste. Ek het
gewag dat die sheriff en die moeilikheidmaker by die kroeg uitgegooi
word. Soos ons die dorp binnegery het, het ek onwillekeurig die
temaliedjie van The Good, The Bad and The Ugly begin fluit. My me-
depasssasiers het die eerste keer in ure weer kennis geneem van my.
Die Izuba Hotel was ’n groot verrassing. Die gras, wat in die trope
altyd groener lyk as op enige ander plek, was netjies gesny. Die tuin
het bestaan uit ’n verskeidenheid van interessante plante, bome en
blomme wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Die swembad
was groot en die volmaakte blou. As jy langs die swembad gelê het,
kon jy die meer voor jou sien. ’n Ligte mislagie het oor die meer
gehang wat die berge, wat seker 100 kilometer verder was, soos ’n
waterverfskildery laat lyk het.
Die hotel, wat duidelik nog goed in stand gehou is, moes ’n ander
nut gehad het as om bloot vakansiegangers te huisves. Ek het gou
agtergekom my medegaste was inderdaad huursoldate, prostitute en
bloeddiamant-handelaars. Daar was lugafweerkanonne op die dak,
sandsakke om die ingang en gewapende soldate in al die openbare
dele van die hotel. Hulle was nie daar om aan enige gefuif deel te
neem nie. Die Wilde Weste was nader as wat ek gedink het.
Ek het gou uitgevind hoe plofbaar Gisenyi was toe ek tydens my
eerste besoek aan die plaaslike mark ’n klein oproer veroorsaak
Rwa n da , 1998   29
het. Ek het vroeër besluit om ’n reeks foto’s van kinders te neem,
omdat veral die blik in hulle oë my so opgeval het. Dit was ou oë
in jong liggame. Baie van hulle het ook merke aan hul nekke gehad
wat veroorsaak is deur kapmesse wat te stomp was om hul koppe
mee af te kap. Omdat daar nie dokters of verpleegsters was om die
wonde toe te werk nie, het die vel soos ’n oopgevlekte garnaal oor
die oop wond gegroei.
Oral in Rwanda waar ek kinders raakgeloop het, het ek gevra of
ek hulle foto kon neem. So nou en dan het iemand “nee” gesê, maar
in die algemeen het hulle ingestem. In Gisenyi was dit ’n ander
storie. Omtrent niemand wou “ja” sê nie. Dit het moontlik daar-
mee te doen gehad dat daar net oorkant die grens duisende Hutu’s
in vlugtelingkampe was.1 Onder die vlugtelinge was lede van die
Interahamwe, die Hutu-milisie wat die volksmoord gelei het. Hulle
was nie vlugtelinge in die tradisionele sin van die woord nie en was
weer besig om te organiseer. Daar was baie vrees onder mense oor
wat in die toekoms kon gebeur en ’n foto is altyd iets wat gebruik
kan word om jou te identifiseer.
Die mark, wat met rommel bestrooi was, het die dorp se eko-
nomiese stand weerspieël. Ek skat Pickit-Up was op ’n staking daai
week. Die produkte was gerig op die arm massas en die stalletjies
het gespesialiseer in goedkoop Chinese flip-flops en tweedehandse
klere uit Europa. Dit was ’n groot, kaal stuk grond sonder enige
beskerming teen die son. Die stukke rou rooivleis was met ’n vlieg-
sousie bedek. Dit was eers ’n dag of twee later dat iemand my na ’n
stoorplek geneem het waar duisende plaaslike kunswerke, gekerfde

1 Die Hutu-georkestreerde volksmoord van 1994 het oor sowat vier maande
plaasgevind. Dit is tot 'n einde gebring toe die Rwandan Patriotic Front, 'n
Tutsi-rebellegroep, die Hutu-weermag verslaan het. Die Hutu’s het daarna in
hul duisende na die Kongo gevlug uit vrees vir die Tutsi’s se weerwraak. Hulle
is in vlugtelingkampe opgeneem, wat ’n verdere humanitêre krisis veroorsaak
het.
30  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

been, fetisj-poppe, toordoktergoed, olifanttande, seekoeitande, lui-


perdvelle en gorillahande te koop was.
By die mark het ek ’n paar kinders gevra om foto’s te neem, maar
sonder sukses. Ek het begin voel soos die ou wat al die meisies vra om
te dans, maar almal sê “nee”. Een van die seuns met ’n houtfiets het so
skaam-skaam nader geloop en gevra of ek dalk ’n foto van hom wou
neem. Hy was eintlik te oud, maar dit sou ongeskik wees om “nee”
te sê. Nadat ek die foto geneem het, het ek vir hom die ekwivalent
van R2 gegee om dankie te sê. Oomblikke later was ’n ander seun
by hom en het hy die R2 probeer afvat. Ek was stomgeslaan. Ewe
skielik was ek die toeskouer by ’n vuisgeveg wat gou ontwikkel het
tot ’n woeste rondrollery op die grond soos hulle baklei het oor die
geld. Almal om my het histeries geskree.
Die mark, wat tot op daardie stadium redelik stil en leeg was,
het skielik vol mense geword wat te kere gegaan het soos hiënas
wat bloed ruik. Niemand het geweet waaroor die bakleiery gaan
nie, maar almal wou deel daarvan wees. Ek praat nie van vier of vyf
mense nie. Ek praat van tientalle, miskien 50 of 60 mense, wat van
êrens af aangehardoop kom om deel van die geveg te wees.
Die bakleiery was genadeloos en ek was ’n toeskouer. Ek het
skuldig gevoel omdat my teenwoordigheid die situasie geskep het,
maar ek het nie geweet wat om te doen om dit te stop nie. Daar
was geen manier dat ek kon probeer om hierdie mense uitmekaar
te kry nie. Toe sien ek die mes in die sonlig blink. Die situasie het
te hardcore vir my geraak. Oomblikke later hoor ek outomatiese
geweervuur en sien ’n lorrie vol soldate wat om die hoek gejaag
kom terwyl mense wapens in die lug afvuur.
Daar was beweging aan my linkerkant. ’n Taxi het sy kans waarge-
neem: “Time for you to go,” het die bestuurder vir my gesê terwyl hy
oorgeleun het om die deur oop te maak. Ek het nie met hom gestry
nie en nooit weer teruggegaan dorp toe nie. Die rit na die hotel, wat
korter as ’n kilometer was, het my 50 dollar gekos.
Rwa n da , 1998   31
Die hotel was ’n oulike plek, maar soos in Kigali was daar nie veel
om te doen nie. Soos gewoonlik het die prostitute ná dag 1 besef ek
is nie ’n potensiële klant nie en het hulle my uitgelos. Ek het langs
die swembad gelê en in die meer gaan swem, met ’n gewapende
wag wat my vergesel het. Ek het gesprekke met huursoldate en
diamantsmokkelaars in die kroeg aangeknoop.
Die een aand, ná ’n stewige paar happe, wys die een diamanthan-
delaar vir my wat in sy versterkte Adidas-sportsak is. Dit was halfpad
vol diamante. Die volgende dag sien ek hom op ’n rokerige vliegtuig
klim op ’n ongeteerde aanloopbaan net buite die dorp. Dieselfde
aand sou hy terugvlieg met nog diamante. Nog ’n paar dae later het
hy saam met my deur doeane en immigrasie in Johannesburg geloop
met dieselfde sak. Niemand het gekyk wat daarin was nie.

Om een of ander rede het die sekuriteitshoof wat die safe pass aan
my uitgereik het, van my gehou. Hy het uit die bloute in Gisenyi
opgedaag om te kom kyk hoe dit met my gaan. Hy het ’n interessante
voorstel gehad: Wou ek dalk sien hoe die Kongo lyk?
Gisenyi se buurdorp is Goma. Eintlik is dit maar een en dieselfde
dorp met ’n paspoortbeheerpunt in die middel. Destyds, soos vandag
nog, was die oostelike deel van die Kongo ’n gemors. Daar is soveel
rebellefaksies dat niemand weet wie aan wie se kant is nie. Partykeer
het hulle self nie eens geweet nie.
Gisenyi het geen naglewe gehad nie. Elke aand terwyl ek na ’n
Engelse kanaal op televisie gesoek het, kon ek Goma se partytjies
in die verte hoor. Die sekuriteitshoof se aanbod het dus baie goed
geklink, maar ek het nie ’n visum vir die DRK gehad nie. Volgens
die sekuriteitshoof was dit egter geen probleem nie. Aangesien
Rwanda die grootste deel van daardie streek beheer het, kon hy
reël dat ek sonder een deurgaan. Hy wou my gaan wys presies hoe
ver sy mag strek.
Dit was $500 per dag om die gorillas te gaan kyk, maar dít het
32  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

ek nie gehad nie. Wat dit sou kos om guerrillas te sien, was nog nie
duidelik nie, maar ek was op pad om uit te vind.
Die pad wat Gisenyi en Goma aan mekaar verbind, is versper deur
’n enkele paal. Die soldate wat die beheerpunt beman het, het plesier
daaruit geput om die mense te teister wat daardeur wou beweeg.
Hier kon hulle God speel. Hulle het besluit wie mag deurgaan en
wie nie. Vroue is betas en mans is verneder net sodat almal seker
was wie is baas. Tog het dit nie gelyk asof dit enige iemand gepla het
nie. Dit was hoe dit gewerk het en dit is so aanvaar.
Die soldate het nie baie paraat gelyk nie, maar hulle het elkeen
Afrika se grootste magsimbool om hul skouers gedra: die AK47.
Die lope is gebruik om mense in rye te laat staan. Party is uit die ry
uitgehaal en om die hoek gevat vir spesiale ondervraging. Die mense
wat in die ry gestaan het, het nie oogkontak gemaak nie. Hulle het
op die grond gekyk. Selfs al is die persoon voor of agter hulle ru
rondgestamp, het hulle geen reaksie getoon nie.
Ek is beveel om my paspoort daar te los. My moed het my be-
gewe. Dis die een reël van internasionaal reis wat almal jou altyd
leer – moet nooit jou paspoort uit jou hande laat gaan nie. “I’m the
boss here.You leave passport. We pick up when we come back,” het
Sekuriteitshoof geblaf. Ek was nie meer so seker oor die wysheid
van my besluit nie, maar ek moes teësinnig instem.
Goma en Gisenyi kan dalk susterdorpe wees, maar hulle het
beslis verskillende pa’s gehad. Verskillende reëls het in die twee
dorpe gegeld. Al was daar geen pad of rivier wat Goma en Kinshasa
aan mekaar verbind het nie nie, was dit duidelik meer Kongolees as
Rwandees. Goma was ’n besige klein dorpie. Daar was oral motors
en taxi’s en straatkafees en snoekertafels waar mense bier gedrink
het. Die toestand van die paaie was nog erger as in Gisenyi.
Die dorp het “donker” geruik, iets wat ek aanvanklik toegeskryf
het aan ’n verbeeldingsvlug totdat ek onthou het dat daar aktiewe
Rwa n da , 1998   33
vulkane in die omgewing is. Dit het ook verduidelik waarom alles
so ’n vuil, swart laag gehad het.
Ons eerste stilhouplek was ’n plaaslike kroeg waar Sekuriteitshoof
’n klomp mense van ’n tafel weggejaag het sodat ons daar kon sit
om ’n bier te drink. Dit was tienuur in die oggend. Die tafels was
plastiek-tuinmeubels, die mure was ongeverf en jy kon kies tussen
whisky, gin of konjak. Suid-Afrika is verteenwoordig deur Amarula
en Castle. Sekuriteitshoof het luid en met groot armgebare vir my
verduidelik hoe hierdie hele deel nou aan Rwanda behoort. Die
plaaslike mense het hom met afkeer aangekyk, maar hy was min
gepla. Hy was nou die baas van die plaas en niemand sou op sy bat-
tery piepie nie.
Daar was groot petroldepots wat motor- sowel as vliegtuigbrand-
stof bevat het. Die ontploffing wat ek ’n paar aande vroeër in die
Izuba Hotel gehoor het, het daar gebeur. Blykbaar het iemand probeer
brandstof steel en toe het soldate op hom geskiet. Die dief en die
soldate is almal in die ontploffing dood. Die dief se verbrande lyk
het steeds daar gelê, met sy arms wat die lug in gestrek het asof hy
op die laaste oomblik ’n finale pleidooi aan God gerig het. Niemand
was juis daaroor gepla nie en Sekuriteitshoof het dit beskou as ’n
voorbeeld om ander te waarsku om nie te steel nie.
“These people …” het hy met afsku gesê en sy arm oor die hele
dorp geswaai. Hy het beslis nie enige vriende probeer maak nie.
Rwanda se amptelike rede vir waarom sy troepe in die oostelike
deel van die Kongo was, was dat hy wou keer dat die Interahamwe
weer ’n aanval op Rwanda loods. Hulle was dus daar om die hele
gebied te beveilig teen moontlike invalle in hul land.
In werklikheid was Rwanda ’n arm land en is die ooste van die
Kongo enige kapitalis se droom. Dit het grondstowwe wat geld-
makers se mond laat water. Diamante is oral en die belangrikste
mineraal wat daar uitgrawe word, is een of ander iets waaruit blik
gemaak word.Terwyl Rwandese troepe besig was om daardie gebied
34  G u eR r i l l a s d eu r d i e m i s

te “beveilig”, was hulle ook besig om grootskaals van die verskillende


myne te steel om hul eie sakke sowel as die regering se koffers vol
te maak. Daar was oral tekens van welvaart. ’n Goue horlosie, ’n
redelik nuwe motor en blink skoene wat so elke nou en dan skoon-
gevee moes word van die stof van die strate.
’n Paar biere later het Sekuriteitshoof besluit dis tyd om aan te
skuif vir middagete. Teen dié tyd het hy al so ’n halwe bottel whisky
weggehad. Ek het gewonder waar ons middagete in hierdie oorlogs-
verrinneweerde dorpie gaan kry. Hy het die neus van ons Toyota-4x4
(nóg ’n Afrika-cliché) in ’n westelike rigting gedruk. Die dorp het
weer oerwoud begin word totdat daar skielik hoë mure om ons
verskyn het. Die ingang na die perseel is met sandsakke gepak en
daar was soldate met Brownings.
Met die binnery was ons dadelik in ’n ander wêreld. ’n Pragtige,
spierwit koloniale huis het oor alles uitgetroon soos ’n soldaat op
aandag. Die kilometers gras was netjies gesny en die tuin gema-
nikuur tot teenaan die meer waar miljoene rande se luukse jagte
en spoedbote gelê het. Hier het die kelners netjiese broeke en
onderbaadjies gedra en hul strikdasse en gestyfde vadoeke om die
arm het splinternuut gelyk. Hier was geen teken van die oorlog nie,
slegs van die mense wat voordeel daaruit trek. Daar was selfs ’n
Hummer in die parkeerarea.
Middagete was eenvoudig. Jy kon kies tussen pizza, pizza of pizza
teen 40 Amerikaanse dollar stuk. Die goedkoopste whisky was John­
­ny Walker Blue. Die pizzakors het soos brood geproe en die kaas
was maar karig versprei oor die halfgebakte poging. Rondom my
het almal heerlik gesmul. Hoe anders bestee jy die spoils of war?
Almal sê altyd “there is no such a thing as a free lunch” en dít moes
ek toe net daar in Goma se country club leer. Sekuriteitshoof het al
hoe dronker en dronker geword en al hoe meer mense het by ons
tafel aangesluit om aan die brawe mzungu voorgestel te word.Toe ek
weer sien, haal iemand ’n televisiekamera uit. Dieselfde televisiespan
Rwa n da , 1998   35
wat ons by die lughawe ingewag het, het hul verskyning in Goma
gemaak en hulle wou ’n onderhoud met my doen.
Op daardie oomblik het ek besef waaroor die hele uitnodiging
werklik gegaan het. Die plan was om te wys dat Rwanda die ooste
van die Kongo so goed beveilig het dat ’n wit toeris nou daar kon
gaan middagete eet. Ek het die onderhoud gedoen, maar soveel poli-
tiek gepraat en vertel hoe Rwanda hulpbronne steel dat ek twyfel
of dit ooit gebruik is.
Ek was reg om terug te gaan huis toe, of ten minste terug Gisenyi
toe. Ek het genoeg gehad van Big Boys se arrogansie en mense wat
voordeel trek uit ander se ellende. Die pizza het ook nie bygedra
tot ’n beter gemoedstoestand nie. Die biere het wel teen hierdie
tyd begin om my goeie oordeel te beïnvloed.
Sekuriteitshoof, effens ontsteld dat sy PR-plan nie na wense uit-
gewerk het nie, het egter ander planne vir my gehad. Lekker gelaai
met duur whisky het hy besluit hy gaan my wys hoe ver sy invloed
in die Kongo strek. My teenkanting het op dowe ore geval. Hy het
die sleutels gehad en ek moes luister. Gewapen met nog ’n bottel
whisky vir die pad het hy die neus van die Toyota weer wes laat wys
en ons is verder die oorlogsone in.
Die eerste padversperring was nog oukei. Die tweede een was al
erg genoeg om my drukkende bierpiepie te laat verdwyn, maar die
derde een was die kersie op die koek. Hier het Sekuriteitshoof in
sy dronke arrogansie in ’n rusie betrokke geraak met ’n soldaat wat
dronker as hy was. Hy wou deur en die soldaat wou hom keer. Die
soldaat se uniform was versier met fetisj-simbole wat enige normale
mens sou laat sidder. Toe hy sy AK47 by Sekuriteitshoof se oop ven-
ster indruk, het ek binne ’n splitsekonde langs die voertuig gestaan.
My bierpiepie was terug en dringender as ooit. Ek kon nie wag
totdat hulle eendag klaar gestry het nie, ek moes gaan en het agter ’n
paar bosse ingeloop. Net toe ek my broek oopmaak, het ek ’n man
in die gras sien lê en slaap. Dit was baie vreemd, veral met alles

You might also like