You are on page 1of 2

Jesus, die tweede Adam, het ook ……………

Jesus, die tweede Adam (is ek oortuig van), het ook voor ‘n
keuese gestaan (net soos die eerste Adam) om te moes
gekies het watter soort lewe (en/of anders gestel, watter
soort lewensgees) hy in hom gaan hê. En ja, Hy kon ook
dink; Hy kon ook geleer word om te sê dankie en asseblief,
of nee dankie. Woorde soos, huis, kombuis, glas, bord, ag en
duisende sulke woorde wat ons almal geleer word om te sê,
maar dis nog nie om kennis, en/of wysheid te hê nie—die
mens Jesus moes ook kies (Hy was die begin van ‘n nuwe
skepping)!!!

Die “boom van lewe” en die “boom van kennis,”


versinnebeeld vir my van twee soorte lewensgeeste. Dit
spreek inherent van twee soorte gedagtewêrelde (wat ek
ook noem, van twee soorte “koninkryke”). Die een “wêreld/--
koninkryk,” is wysheid, en die ander “wêreld/--koninkryk,” is
kennis van goed en kwaad—dit is dan ook vir my wat die
gees in die mens is Chris (ek sien nie die lewensgees as ‘n
entiteit van sy eie nie Chris); hiervan is ek 100% oortuig; was
nog altyd. Dit staan vir my soos ‘n paal bo water.

Dit is dan vir my ook die bron (“fontein/--boom”)


waarvandaan daardie gedagtes en begeertes in jou hart
(denke/--gemoed), kom. Dit kom van daardie
GEDAGTEWêRELD (“GEES,” en/of “LEWENSGEES”) af wat in
die mens is. Daardie (verganklike) gedagte was eers ‘n saad,
en dié saad het begin groei in die mens, en later ‘n hele
mind/--gedagtewêreld geword—die “saad het ‘n groot boom”
geword!!!; ‘n hele (geestelike/--innerlike) “wêreld/--
koninkryk” wat kennis van goed en die kwaad voortbring. Dit
is wat God nie in die kroon van Sy skepping wou gehad het
nie (daarom het Hy hom daarteen gewaarsku).

Bekeering Chris, spreek juis van die afsterwe van die oue
met sy gedagtes en begeertes soos: owerspel, hoerery,
onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap,
twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge
(ek sê nogsteeds die mens self moet dit afsterwe, en nie
soos wat jy sê nie Chris, want Jesus sê duidelik dat jý dit
moet verloën en kruisig; want so wys jy vir God jy wil dit nie
hê nie, en ja, dit is ‘n proses; ek noem dit die "geestelike
woestynpad periode," en/of heiligmaking periode—bekeering
Chris, is 'n proses, maar wedergeboorte, is 'n gebeurtenis—
vanuit die hemel), en dan sal Hy deur Sy Seun Jesus, jou
opwek vanuit die dode (daardie gebeurtenis, wat is ‘n
geestelike opweking uit ‘n geestelike dode. Lees Esé 37:1 -
14. Lees sommer Esé 36 ook), deurdat die Seun jou die
heilige Gees van Wsheid gee (die Goddelike, onverganklike
Gedagte/--Saad self). Dié Saad (wat is ook die lewende
Woord; NIE die bybel NIE), sal in die hart (denke) van die
gelowige wat dit ontvang het, groei, en later ‘n hele
Goddelike Gedagtewêreld/--spiritual Mind WORD (‘n “Boom
van lewe” m.a.w.), en die gedagtes en begeertes (vrugte)
van hierdie Mind/--Gedagtewêreld (“Boom”), sal net wees:
liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Dié,
sal die kind van God nie “probeer” be-oefen nie; dit sal net
van nature kom, want dit kom van daardie heilige “Gees”/--
Mind/--Gedagtewêreld af .

Die bybel, kan nie hierdie nuwe Lewe (Mind/--


Gedagtewêreld), voortbring nie (die bybel getuig net
daarvan soos Jesus dit ook sê). Die lewende Woord van God,
kan net die Lewe alleen voortbring, maar dié Woord, kan jy
net vanuit die hemel ontvang vanaf die Seun van God (dis
dan ook die wedergeboorte)—en net Jesus kan dit gee (en dit
is wat die gelowige van Hom moet vra)—dis die doop met
die heilige Gees; dit is die Gedagte (“Gees”) van God self in
die hart (denke) van die ware kinders van God. Duideliker as
dit kan ek dit nie stel nie.

Eintlik is dit baie eenvoudig, die vraag is net, glo jy dit, en


soek jy dit???!!!

You might also like