You are on page 1of 6

DIE WESTE SE NUWE IDEO-RELIGIE

'n Kort kykie na Postmodernisme, Politieke Korrektheid,


Morele Relativisme & Multikulturalisme.

Filosofie is soms 'n Riller en alles behalwe vervelig.

Die mag van idees word heeltemal onderskat, behalwe miskien deur die geringe
persentasie mense wat in filosofie belangstel of die geskiedenis van idees
bestudeer het. Dis nietemin van die uiterste belang dat ouers ingelig word oor die
Weste se nuwe geloofstelsel want hul kinders gaan op skool, kollege of
universiteit daaraan blootgestel word.

1
As mens kinders kan oortuig dat objektiewe realiteit ‘n illusie is, dat A nie gelyk
aan A is nie, dat alles subjektief en relatief is, gaan mens hulle tot so ‘n mate
verwar dat jy hul enige snert sal kan inprent. Deur taal te manipuleer, kan
enigiets verwring word sonder dat feite, logika of rede ter sprake kom.

Maar waarom? Omdat die aanhangers van die pseudo-religie fanaties is en


godsdiens – veral Westerse godsdiens - as kompetisie beskou. Met die val van
die Berlynse muur is Westerse Linkses voor ‘n keuse gestel: Aanvaar die realiteit
dat jul ideologie klaaglik misluk het of gryp die irrasionele aan en maak daarvan
‘n godsdiens. Hulle het die tweede opsie gekies.

In sy Europese bakermat wankel die Christendom op sy laaste bene. Op sy


beste – getemper deur die Verligting se klem op Rede, Logika en Realiteit plus
die skeiding tussen staat en religie - het hierdie geloof as medium gedien vir die
oordrag van Hebreeuse etiese beginsels soos die heiligheid van menselewens.
Daardeur het dit bygedra dat die Weste oor die algemeen ‘n kreatiewe,
verdraagsame en voorspoedige samelewing geword het.

Wat is besig om die vakuum te vul wat deur die Christengeloof ontruim word?
‘n Verskeidenheid irrasionele ideologieë met hul wortels in JJ Rousseau se reaksie
teen die Verligting, oorgedra deur onder andere Kant, Hegel, Kierkegaard,
Schopenhauer, Nietzsche, Heidegger en Wittgenstein.

Rousseau en Hegel se 20ste eeuse intellektuele erfgename Marx, Lenin, Mussolini,


Hitler, Stalin, Mao & Pol Pot het die vorige eeu die bloedigste in die geskiedenis
gemaak deur die menslike offerandes wat hul Sekulêre Verlossings Ideologieë (SVI’s)
vereis het. Vreemd genoeg het SVI’s die patroon van die Christen Mitos weerspieël,
te wete: die mens het in sonde verval en die enigste uitweg is blinde geloof in die SVI,
blinde gehoorsaamheid aan die leier en massiewe menseslagtings ten einde die
mitiese Utopie te herstel.

2
Na sowat 40 jaar (een generasie) waarin die Rede tesame met ‘n getemperde
Christengeloof die botoon gevoer het, is die kinders van Rousseau en Hegel
terug soos die invloed van onder meer Derrida, Foucault, Lacan, de Man,
Barthes en Said – almal van hulle taalmanipuleerders wat waarheid as
magsstryde afgemaak het – stelselmatig die samelewing infiltreer.

Die Weste se nuwe ideo-religie is ‘n heksebrousel van teenstrydighede wat


bestaan uit kombinasies van die volgende:

POSTMODERNISME is ‘n beweging wat onder meer argitektuur, filosofie, kuns


en letterkunde besmet – die samevloeiing van ‘n verskeidenheid anti-Verligting
strominge en ‘n intellektuele rebellie teen moderniteit, struktuur, wetenskap,
betekenis, rede en waarheid. In postmoderne diskoers word die idee van
waarheid eksplisiet verwerp. Postmodernisme is anti-rede, subjektief en
nihilisties – dit ontken selfs die moontlikheid van waarheid, werklikheid en
betekenis. Postmodernisme is absolutisties waar dit in beheer is (Politieke
Korrektheid by akademiese instansies – sien onder) maar andersins ekstreem
relativisties wat gevolglik aanleiding gee tot:

MORELE RELATIVISME wat die onderskeid tussen Goed & Kwaad en Reg &
Verkeerd ontken. Alle aksies, handelinge, kulture en gemeenskappe is dus
moreel gelyk. Aanvanklik. Dit neem nie lank nie voordat hierdie siening
paradoksaal beweer “alle kulture is gelyk, behalwe die Westerse wat slegter as
die res is”, waardeur dit sy eie interne logika ongeldig maak. Self-haat en
slagoffer-fetisjering lê ten gronde daaraan. Die volgende stap is om die VSA en
Israel uit te sonder as die wêreld se sondebokke. Postmoderne academici is nie
gepla deur die teenstrydighede en inkonsekwenthede in hul narratiewe nie. Dis
asof hulle toegee dat hoewel die onderliggende gedagtegang na Utopia ‘n
dwaalspoor is, die edele intensie daarvan aan hul geloof bestaansreg gee.

3
MULTIKULTURALISME onder sy gewilde term “diversiteit” is een van die mees
suksesvolle postmodernistiese konsepte wat op alle terreine van die lewe sy kop
uitsteek. Hiervolgens is alle kulture gelyk. Multikulturalisme word merendeels
simplisties voorgestel as ‘n pleidooi vir verdraagsaamheid teenoor ander kulture,
godsdienste, rasse en gelyke geleenthede. Maar onder hierdie bedrieglike beeld
skuil ‘n toksiese ideologie wat groot skade kan aanrig. Die individu is van geen
belang nie – net groepe tel. Multikulturalisme is dus ekstreem etnosentries.
Kriteria soos regverdig en onregverdig, misdadiger en barbaar, word aan die
absolute kriterion van eerbied vir diversiteit onderwerp. Verdraagsaamheid
teenoor ander mense word omskep in onverskilligheid jeens die lyding van
ander. Die genitale mutilering van dogtertjies in Europa se immigrante enklaves
is aan multikulturalisme te wyte.

POLITIEKE KORREKTHEID verteenwoordig die absolutistiese sy van Postmodernisme.


Dit is sensorskap deur middel van spraakkodes waardeur gepoog word om openbare
debat aan bande te lê. “Oortreders” word gestraf met histeriese beskuldigings van
“rassis!”, “fascis!” ensovoorts. Die eintlike doelwit is gedagtebeheer maar dis makliker
gesê as gedaan. Leuens, distorsie, ad hominem aanvalle en sosiale verwerping tel
onder die strategieë wat teen onafhanklike denkers ingespan word.

4
Watter vrugte lewer die Weste se nuwe geloof op?
Ons kyk na die indrukke van Bruce Bawer, Claire Berlinski en Chantal Delsol.

Laasgenoemde, professor in filosofie aan die Universiteit Marne-la-Vallée en


direkteur van die Hannah Arendt Instituut vir Etiek & Politiek, identifiseer die
volgende gevaartekens:

‘n “Klandestiene” ideologie wat sieklik soetsappig, moreel arbitrêr en


onverdraagsaam is; perpetuele adolessensie; ‘n “ewigdurende teenwoordigetyd”
van oppervlakkige materialisme; weersin in en demonisering van die verlede wat
die literatuur en kunste domineer; ontrafelende familiebande met die gevolglike
atomisering van die individu; en die ontkenning van die mens se uniekheid deur
menselewens aan die natuur gelyk te stel, selfs aan anorganiese materie.

Bawer wat sedert 1998 in Nederland & Noorweë woon, wys op die media se self-
sensorskap wat betref die toenemende misdaad wat deur die kontinent se groot
getalle ongeïntegreerde immigrante gepleeg word, onverskilligheid jeens die
stygende antisemitiese geweld, refleksiewe veroordeling van die VSA en Israel,
afhanklikheid van die staat en ‘n vreemde passiwiteit onder omstanders wanneer
individue in die openbaar aangeval word, bv toe die Sweede minister van

5
buitelandse sake Anna Lindt in ‘n winkel met ‘n mes doodgesteek is, het mense
net gestaan en staar.

Claire Berlinski voorsien voorbeelde van die wyse waarop Delsol se


“klandestiene” ideologie op onstellende wyse by die rock-groep Rammstein tot
uiting kom, bespreek die vandalisme en openbare dronkenskap in Brittanje,
dalende geboortesyfers en die hoë selfmoordsyfer onder inheemde Europeërs,
pasifisme as hoogste ideaal en die feit dat Europeërs se reaksie op terrorisme
altyd tot groter toegewings lei. Daar bestaan geen saak meer waarvoor hulle
bereid is om te veg nie.

BIBLIOGRAFIE:

SANTY, Pat. The Children of Postmodern Nihilism. http://drsanity.blogspot.com/2007/05/children-of-


postmodern-nihilism.html

WEST, Patrick. The Poverty of Multiculturalism. http://www.spiked-


online.com/articles/0000000CAD9C.htm

You might also like