You are on page 1of 5

GENEALOGIESE GENEALOGICAL

GENOOTSKAP VAN SOCIETY OF


SUID-AFRIKA SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS

28 AUGUSTUS 2010

NEXT MONTHLY MEETING:


SATURDAY 28 AUGUSTUS 2010 @ 11:00

LEDE KOM OM 11:00 BY DIE NG KERK DANIE THERON, EIKENHOF


BYMEKAAR. DIE KERK IS LINKS VAN DIE VEREENIGING PAD [R82];
DRAAI LINKS OORKANT R550 AFDRAAI (NETTLETONWEG). VANDAAR RY
ONS OM DIE BEGRAAFPLAAS OP TE TEKEN

ALL WELCOME.

WEBSITE
Members are reminded of the branch’s new blog site [website] at
http://westgssa.blogspot.com

HIER IS ‘N STORIE VAN BARNARD SMIT


OOR SY ERVARING MET GENEALOGIESE
NAVORSING
Geagte Boesmanland-vriend
April se Kuierfees het my kwaal net vererger toe ek besef: hier is die soort mense wat ek soek. Die kwaal
het lank gelede sy greep gekry toe ek begin het om inligting oor die familie op te skrywe, en ek ook
besonderhede van die dooies bekom het. Nuuskierigheid oor hulle wat lankal weg is, sleep my die argiewe
1
in. Eers is dit net my eie voorsate, maar dan begin ek wonder oor die families waar hulle ingetrou het. Met
die grawery besef ek hoe swak die genealogie in ons geweste nagevors is. Dit maak my vies: moet ons dan
hier ook afgeskeep word? En ek grawe wyer. Die gevolg is dat ek nou beskik oor heelwat inligting oor
Boesmanlandse takke van die volgende families: Barnard, Bezuidenhout, Blaauw, Burger, Buys, Callaghan,
Compaan, Compion, de Vries, Engels, Fitzgerald, Grobler, Hayes, Hendrikse, Hoepfner, Horn, Hough,
Knouwds, Kruger, Lubbe, Mouton, Nolte, Richter, Stadler, Thirion, van der Colff, van Sittert, van Taak, van
Tiddens, Visser en Wolhuter.

My werkswyse is rofweg soos volg. Ek werk stelselmatig deur gemeentes se registers en skryf elke liewe
doop en huwelik uit hierdie families op. Eers kom die "rand" (Clanwilliam, Prins Albert en om tot Victoria-
Wes) tot 1900, dan dié wat "nader" is (Calvinia, Carnarvon en Prieska) tot 1920, en laaste my "hartland"
(Brandvlei tot by Upington") tot 1950. Dit word aangevul met inligting uit die sterfkennis en grafskrif van
elkeen wat ek kan opspoor. En dan kom die plesierigheid: om elkeen van hierdie persone aan 'n
geslagregister te koppel. Dis lekkerder as om diamante te delwe! Jy werk nie alleen nie. Langs die pad
ontmoet jy wonderlike mense wat graag inligting uitruil; wat help en aanspoor. Só beskik ons "span" tans
oor meer as 10,000 foto's uit kerkregisters en begraafplase in die hartland. Vele persone hoor van die
gesoek, en stuur hulle takkie se besonderhede.

Die oogmerk hiermee is om inligting uit die Boesmanland in gerieflike formaat in die openbare domein te kry
waar navorsers dit kan benut. Daarom is ek dankbaar dat die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
aangebied het om hierdie werk later vanjaar op 'n kompakskyf te versprei as deel van hul Omnibus-reeks.
Dan is dit wyer bekend en landswyd beskikbaar.

Intussen is ek oortuig dat daar onder julle, en verder die Boesmanland in, mense is wat belangstel in die
inligting wat ek reeds beskikbaar het. En ek is ook oortuig dat daar mense is wat graag inligting oor hulle tak
wil deel sodat ons die prentjie van hulle familie meer volledig kan maak. Miskien het iemand uit "my families"
met iemand uit "jou familie" getrou. Hierdie is 'n ope uitnodiging aan julle om my te skakel sodat ons kan
praat oor hoe ons inligting kan uitruil. Ek soek nie geld nie, net meer inligting – altyd maar meer inligting.

Soms, as ek oor hierdie onderwerp dink, kry ek 'n koudte om die hart. Daar is soveel kosbare inligting oor
ons geweste wat mense getrou versamel het, en wat saam met hulle begrawe gaan word. Daar het al veel
daarvan oor my pad gekom. Soos die verhaal van 'n vrou wat 1918 op Alheit gebore is, en saam met haar
ouers Duitswes toe getrek het, of ds Jacob Wasserfall van Keimoes se dagboek (1918), of 'n storie uit die
Maass-familie oor die beginjare op Namies. Hoeveel grafte lê vergete op nou verlate plase? In hoeveel
families is daar Bybels en geskrifte met unieke inligting? Kan ons nie 'n volgende Omnibus-geleentheid as
medium gebruik om sulke inligting te "publiseer" en te bewaar nie?

As die Here my nog gesondheid gee, gaan ek in elk geval volgende jaar met 'n tweede sarsie families begin
en deurwerk. Dit gee ons rede tot 'n volgende CD. Tans lyk die kortlys só: Baard, Bergh, Bonthuys,
Booysen, Carsten, de Vos, Dippenaar, Ellis/Els, Faul, Gous, Hanekom, Husselman, Jacobs, Jooste,
Jordaan, Kuhn, Lochner, Lombard, Longland, Maass, Nel, Ras, Rossouw, Rupping, Smit, van Niekerk,
Viviers, Vlok, Vollgraaff en Wasserfall.

Saam kan ons help dat besonderhede oor die Boesmanland behoue bly.

Groete
Adres: Sylvanerslot 5, Zevenzicht, Kuilsrivier 7580
Telefoon: 021-906-4967 of 082-822-1514
E-pos: barnard.smit @ absamail.co.za
[geplaas met sy toestemming – Redakteur]

2
DIE VERVOLG VAN LOUW DU PLESSIS SE
BESOEK AAN NAMIBIË EN ANGOLA GEDURENDE AUGUSTUS 2008
DEUR LOUW DU PLESSIS
Langs die paaie is nog steeds wrakke van troepe-draers en tenks wat die Suid- Afrikaners, MPLA, en die
Kubane buite aksie gestel het. Op baie van die dorpies, en selfs in groter sentra, is die geboue nog vol gate
soos mortiere dit beskadig het, en na al die jare het hulle nog niks herstel nie! Sedert die Portugese die land
gedurende 1976 verlaat het, werk verkeersligte ook nie meer nie!

Militêre wrakke is gestrooi langs die pad.

Ons het byvoorbeeld in Kubaanse en SWAPO kampe met loopgrawe rondom, geslaap. Menige ou
ammunisie lê nog rond. Die waarskuwingstekens van landmyne, “Mina”, is ‘n algemene gesig langs die
paaie in Angola. Verskeie persone sonder ledemate, is ook opgemerk.

Slaapplekke: Van die ander persone en Nicol en ek het sommer onder die blote hemel geslaap, en net ‘n seil
oor ons getrek toe dit een nag by die Arcos, gereën (in die winter) het.

Nicol Stassen

Oornagplek in ‘n verlate Kubaanse loopgraaf.

3
Oornagplek by die Arcos, in die Namib naby Tombua

Ons het menige ou opstal en murasie waar die voorgeslagte gebly het, en waarvan slegs die fondamente hier
en daar oorgebly het, besoek.

Woning van P.J. vd. Merwe, Rooibult-area, naby Humpata, met sy kleinseun Faan van der Merwe
voor die huis.

Met dank aan:

Francois van Wyk wat van sy foto’s beskikbaar gestel het.


Faan van der Merwe vir sy geduld en die gasvryheid wat hy betoon het teenoor my en Nicol ─ veral in die
aande langs die kampvuur!
Opgestel deur Louw du Plessis 011 8883433 082 507 4639
epos: parexcel@iafrica.com

DIE VERHAAL WORD VERVOLG IN DIE


VOLGENDE NUUSBRIEF

4
WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2009
Designation Name Telephone Email
Chairman/Membership Lucas Rinken 011/760-3009 lgrinken@iburst.co.za
Matters
Vice-Chairmen Gerard Marloth 072-211-2056 gerard.marloth@yahoo.com
&
John Stephens 011/948-9676 johnstephens13@gmail.com

Treasurer Kriek Fourie 011/955-3533 leanderf@npa.co.za


Secretary John Stephens 011/948-9676 johnstephens13@gmail.com
Events Secretary Margaret 011/955-2819 nerine@yebo.co.za
Humphries
Librarian Graham Southey 011-787-4842 None
Assistant Librarian Louise Dick 011-679-4321 None
Membership Secretary Gerard Marloth 011-782-6599 gerard.marloth@yahoo.com
Blog Journalist Penny Evans 011-763-2465 penny.evans55@gmail.com
Communications Neels Coertse 011-463-4049 neelscoertse@wirelessza.co.za
Cemetery Coordinator Giel Nel 011-762-3702 gielnel100@gmail.com
Product Sales Barbara Bouwer 011-765-5034 barbara.bouwer@vodamail.co.za

You might also like