You are on page 1of 10

GIEN v GIEN 1979 (2) SA 1113 (T)

1979 (2) SA p1113

Citation 1979 (2) SA 1113 (T)

Court Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge Spoelstra Wn R

Heard February 7, 1979 ; February 8, 1979 ; February 9, 1979 ; February 12,


1979 ; February 13, 1979 ; February 14, 1979

Judgment March 20, 1979

Annotations Link to Case Annotations

Flynote : Sleutelwoorde
Nuisance - Explosive noises causing a disturbance - Apparatus causing such erected
by farm owner to chase wild animals from vegetable garden - Noises disturbing
adjoining owner and persons in his house - His farm animals also disturbed thereby -
Interests which apparatus owner wished to protect of limited extent and little
economic value - Use of apparatus so drastic that
1979 (2) SA p1114
owner thereof completely exceeded the rights conferred on him by the ownership of
his land - Interdict granted - Law relating to conflicting rights of landowners and the
application thereof set out.
Headnote : Kopnota

Where the unlimited right of one owner to use property conflicts with the right of
another owner to the free enjoyment of his property, the rights are limited by the
imposition of mutual obligations. An owner's rights of ownership then extend only so
far as there rests an obligation on his neighbour to endure the exercise of that right.
That involves an obligation on the one owner so to exercise his right that he does not
exceed that limit. If it is exceeded, he no longer acts according to the right which his
right of ownership accords to him and he infringes the right of his neighbour. That is
unlawful conduct which the law does not tolerate and which can form the basis of an
interdict.

The question whether an owner fails to comply with an obligation imposed upon him
by the rights of another owner must be answered according to considerations of
reasonableness and fairness. In the consideration of reasonableness and fairness the
mental state of the doer, against whose action objection is raised, plays a role. At
the same time, it should be borne in mind that a mere improper motive does not
change an otherwise lawful action into an unlawful deed. The animus vicino nocendi
makes an otherwise lawful action unlawful if it prejudices the neighbour and the doer
derives no benefit therefrom. A trivial benefit for the doer as opposed to great
damage to another gives rise to an inference that the animus is present. The act will
also be unlawful if it is under the circumstances of the particular case unreasonable
and unfair towards the other owner. Reasonable exercise of a right, ie the reasonable
normal use of the property, is however lawful.
1979 (2) SA p1115

Respondent had erected a scaring apparatus on his farm to chase away baboons and
other wild animals from his vegetable garden and a building which was used as a
store. The apparatus made explosive noises at regular intervals. Respondent had so
set the apparatus that it worked day and night. Applicant's farm adjoined
respondent's farm and was situated in a quiet, rural and wellwooded area where
cattle farming was mainly carried on. People who were in the applicant's house
during the daytime as well as the night found the explosive noises disturbing and it
interrupted their sleep. Animals of the applicant reacted to the noises to such an
extent that a horse, which was normally tame, threw its rider and could only be
calmed down with difficulty and eventually had to be removed from the farm so that
it could be made controllable. Cattle of the applicant appeared to be restless and
caused problems when they had to be dipped. It was possible for the respondent to
muffle the sound of the apparatus by adjusting it without appearing to frustrate the
purpose for which it was erected. The area which had to be protected by the
apparatus was approximately 100 metres in diameter. It was also not necessary for
the apparatus to work at night. In an application for an interdict against the use of
the apparatus in such a way that it caused a nuisance on applicant's property,

Held , that, in an area such as that in which the parties found themselves, an
adjoining owner was entitled to require of his neighbour that he did not cause a
greater noise than the reasonable carrying out of his economic activities demanded.

Held , further, that the interests which the respondent wished to protect were of
such a limited extent and of little economic value and the nature of the measures so
drastic in the particular area that respondent had completely exceeded the rights
conferred on him by his right of ownership to protect those economic interests.

Held , therefore, that respondent had unlawfully infringed the applicant's rights as
owner of the adjoining property and that applicant was therefore entitled to an
interdict.
1979 (2) SA p1116

SPOELSTRA WN R
Case Information

Keerdatum van 'n bevel nisi . Feite wat nie van belang is nie, is weggelaat.

C D de Jager namens die applikant.

A L J L Visser namens die respondent.

Cur adv vult .

Postea (Maart 20). B

Judgment

SPOELSTRA WN R: In die distrik van Swartruggens en ongeveer 22 km noordwes


daarvandaan is die plaas Eenzaamheid geleë. Gedeeltes van hierdie plaas het
gedurende of ongeveer 1963 in die mark gekom. Volgens die kaarte (bew C "A", "C"
en "D") bestaan die oorspronklike plaas uit verskillende onderverdelings. Applikant
het in die koop van die betrokke gedeeltes wat so in die mark gekom het, belang
gestel. Hy het egter nie op daardie stadium oor voldoende kontant beskik om self die
gedeeltes aan te koop nie. Applikant was op daardie stadium 'n winkelier en daar
bestaan 'n geskil tussen die partye of hy suksesvol of onsuksesvol in die
onderneming D was. Respondent aan die anderkant was 'n besigheidsman wat op
daardie stadium skynbaar in die motorbedryf in Johannesburg suksesvol besigheid
gedoen het. Die verhouding tussen die applikant en die respondent was op hierdie
tydstip besonder goed en dit word deur hulle jonger broer, wat ook 'n getuie in
hierdie saak was, as 'n intieme broederlike verhouding E beskryf. Applikant het
respondent na die plaas geneem en respondent het besluit om drie gedeeltes aan te
koop. Dit was gedoen met die oogmerk om boerdery te bedryf maar ook om
wildbewaring toe te pas.

Aangesien respondent destyds meer kontant as applikant tot sy beskikking gehad


het, het die partye 'n vennootskap gesluit op die grondslag dat die F respondent
meeste of al die kapitaal sal voorsien terwyl applikant geregtig sou wees om op die
plaas te woon en sou ook die boerdery aktiwiteite behartig. Die winste wat die
onderneming sou afwerp, sou gelykop verdeel word. Respondent het ook teenoor
applikant onderneem dat hy in sy testament aan applikant 'n vruggebruik op die
grond sou nalaat.

GOp 'n stadium het applikant egter ook self 'n gedeelte van die plaas Eenzaamheid
aangekoop. Dit is geregistreer op die naam van 'n maatskappy, Rest Farm (Pty) Ltd.
Presies wanneer dit gebeur het, blyk nie van die getuienis nie. Applikant het op
hierdie gedeelte gaan woon terwyl respondent op 'n gedeelte wat hy aangekoop het,
gewoon het.

H Op 'n stadium het die partye se moeder hulle ontval. Dit was in meer as een opsig
'n ongelukkige gebeurtenis. Daar het spoedig 'n boedeltwis tussen die applikant en
die respondent ontstaan. Die twee broers wat skynbaar soos Dawid en Jonathan vir
mekaar was het opeens soos water en vuur teenoor mekaar begin reageer. Vir sover
as wat ek van die getuienis kan aflei, het hierdie probleme in die middel van die
sewentiger jare ontstaan. Klagtes is oor en weer teen mekaar by die Polisie
aanhangig gemaak. Klaarblyklik was meeste van daardie klagtes ongegrond en
miskien selfs kwelsugtig. Die verhouding het egter so vertroebel geraak dat die
partye totaal van mekaar vervreem geraak het en
1979 (2) SA p1117

SPOELSTRA WN R

die een nie op die ander se eiendom gekom het nie. Die partye het ook nie meer met
mekaar gepraat nie en die vennootskap is ontbind. Elkeen het toe op sy eie geboer.

ATussen 10h00 en 11h00 op 2 Februarie 1978 is die rustigheid van die omgewing
versteur deur sekere knalgeluide. Hierdie geknal was afkomstig van 'n apparaat wat
bekend staan as 'n Purivox verskrikker ("scarer"). Vir sover as wat die getuienis dit
verduidelik, is die beginsel waarop die Purivox apparaat (hierna kortweg na verwys
as die apparaat) werk die B volgende: Die apparaat bevat twee hourers waarvan een
met water en die ander met karbied gevul word. Die waterhouer is hoër as die
karbied houer gemonteer. Deur middel van 'n pypie of buisie word water vanuit die
waterhouer na die karbiedhouer gelei. Die toevloei van die water word beheer deur
proppies wat in die buisie of pypie wat die twee houers C verbind, opgedruk word.
Hoe meer proppies in die buisie ingedruk word, hoe minder water word na die
karbied deurgelaat. Die water wat deurgelaat word, drup op die karbied en reageer
daarmee om 'n gas vry te stel. Nadat 'n sekere hoeveelheid gas opgebou het, word
dit ontbrand en die ontbranding veroorsaak 'n ontploffing wat dan as 'n knal
hoorbaar word. Die volume van die knal kan skynbaar beheer word deur 'n deel van
die D apparaat se "loop" te verwyder en die knal sodoende te demp. Hoe minder
water deurgelaat word, hoe verder sal die knalle uitmekaar wees en hoe meer water
deurgelaat word hoe vinniger sal die knalle mekaar opvolg. Hierdie knal-geluide dien
as 'n afskrik - of verskrikmiddel vir sekere diere - en voëlplae.

EOp die eerste dag wat hierdie apparaat in werking gestel was, het die geknal
voortgeduur tot ongeveer 5 nm. Aanvanklik was die tussenposes tussen die knalle,
volgens applikant, ongeveer 30 tot 40 minute. Respondent beweer egter dat hy die
apparaat ingestel het om met tussenposes van 6 minute te knal en dit is wat,
volgens hom, inderdaad gebeur het behalwe dat die tydsverloop tussen knalle
geleidelik verleng sodat dit teen die einde van 'n 24 uur tydperk met tussenposes
van een of F een en 'n half uur knal. Die verklaring hiervoor is skynbaar dat namate
die karbied verbruik word, gas stadiger ontwikkel en die druk langer neem om op te
bou tot op die stadium waar dit vrygestel en aan die brand gesteek word. Dit is egter
gemeensaak dat vanaf 3 Februarie 1978 die apparaat dag en nag geknal het.

G Applikant het spoedig in verset gekom en hom op die Polisie beroep. Volgens
respondent se getuienis het daar op 5 Februarie 1978 'n konstabel opgedaag om
applikant se klagte te ondersoek. Op 8 Februarie 1978 het sersant Smit daar
opgedaag en op die 9 Februarie 1978 het die bevelvoerder van die polisiestasie,
luitenant Van Eyk, ook die toedrag van sake H ondersoek. Volgens luitenant Van Eyk,
kon slegs 'n klag van Sabbatsontheiliging geformuleer word. Dit sou nie die probleem
oplos nie. Die Staatsaanklaer het geweier om te vervolg. Respondent het, ondanks
hy van applikant se klagtes bewus was, bly voortgaan om die apparaat dag en nag te
laat werk. Hy het geen rede gesien waarom hy dit nie sou doen nie.

Applikant is op 13 Februarie 1978 van die besluit van die Staatsaanklaer in kennis
gestel en hy het daarna sy prokureurs geraadpleeg. Op 13 Februarie 1978 verkry hy
'n brief van sy prokureurs. Dit is op
1979 (2) SA p1118

SPOELSTRA WN R

dieselfde dag deur 'n werknemer van applikant, ene Van Zyl, per hand aan
respondent afgelewer. Die brief beweer dat respondent se oprigting van die A
apparaat gepaard gaan met 'n uitsluitlike bedoeling om applikant tot oorlas te wees;
dat die aangeleentheid reeds met die polisie opgeneem was maar dat respondent
geen konsiderasie vir applikant getoon het nie; dat slegs ongeveer 'n half akker
groente wat nie veel finansiële waarde het nie deur die apparaat beskerm word; dat
applikant se stoetvee deur die B geraas geaffekteer word en hy wesenlike finansiële
skade kan ly; dat hy en sy familie nie eers in die nag behoorlik kan slaap nie en daar
onrus onder sy arbeiders as gevolg van die lawaai bestaan. Die brief sluit af met die
volgende:
"Ons kliënt is van mening dat die enigste rede waarom u hierdie kanon geïnstalleer het slegs is om ons
kliënt se siel te versondig en sy rus en vrede te steur en is ons kliënt nie bereid om langer met hierdie
toedrag van sake opgeskeep te sit nie.
C Ons het nou opdrag om u mee te deel, soos wat ons hiermee doen, dat tensy u voor of op 12 uur die
middag op 15 Februarie 1978 staak met hierdie optrede (of ten minste die klank op so 'n mate demp dat
dit nie meer 'n steurnis veroorsaak nie) ons sonder verdere kennisgewing dringend aansoek sal doen by
die Hof vir 'n bevel om u te verplig om die steurnis te staak en sal u ook aanspreeklik gehou word vir alle
kostes wat ons kliënt in hierdie verband mag aangaan.
D Ons maak staat op u dringende samewerking maar moet u meedeel dat hierdie aanmaning as absoluut
finaal beskou moet word."

Applikant beweer dat, byna onmiddellik nadat die brief afgelewer was, die tempo
tussen die skote versnel het tot tussenposes van twee minute. E Respondent betwis
hierdie bewering vir sover dit te kenne wil gee dat hy enige modifikasie aan die
apparaat aangebring het ten einde die tussenposes tussen die skote te verkort. Hy
het volhard met sy bewering dat die masjien aanvanklik ingestel was om met ses
minute tussenposes te knal en beweer dat dit deurgaans die posisie was.

Dit is gemeensaak dat respondent hoegenaamd nie op die brief gereageer het F nie
en dat die knalle onverpoos voortgeduur het. Gevolglik het applikant hierdie Hof by
wyse van 'n dringende aansoek genader om 'n interdik waarby respondent belet
word om die apparaat op sy plaas af te vuur. 'n Bevel nisi is op 17 Februarie 1978
deur VAN DYK R in die volgende terme uitgereik:
G "1. Dat 'n bevel nisi hierby uitgereik word wat die respondent oproep om redes, indien
enige, voor hierdie Hof aan te voer om 10 uur vm op 14 Maart 1978:
(a) waarom hy nie belet sal word om die Purivox masjien op sy plaas af te vuur nie;
(b) waarom die respondent of enige persoon onder sy beheer, nie H verbied sal word om
lawaai met die masjien te veroorsaak nie, en indien die respondent sou nalaat om dit
te doen, waarom die Adjunk-Balju nie gemagtig sal word om die beheer van die
masjien oor te neem en die lawaai stop te sit nie;
(c) waarom die respondent nie gelas sal word om die koste van hierdie aansoek te betaal
nie;
2. Dat para 1 (a) en (b) ( supra ) dien as 'n tussentydse bevel, hangende die keerdag."

Die applikant se aansoek en die voorlopige is bevel op 19 Februarie 1978 op 'n


werknemer van respondent, ene Piet Sithole, beteken
1979 (2) SA p1119

SPOELSTRA WN R

gedurende respondent se tydelike afwesigheid van sy woning. Die Adjunk-Balju het


onder meer soos volg gerelateer:
"Respondent se voorman, naamlik Piet Sithole, wie oënskynlik ouer dan 16 jaar is, is by respondent se
opstal aangetref. Die oorspronklike stukke A in bovermelde saak is aan voormelde Piet Sithole getoon,
terselfdertyd is die aard en strekking daarvan aan hom verduidelik, waarvan 'n afskrif aan hom getoon is
en hy versoek was om dit te ontvang. Voormelde Piet Sithole het geweier om voormelde afskrif in sy
hande te ontvang, maar het my uitdruklik versoek om voormelde afskrif op die respondent se eetkamer
tafel soos deur voormelde Piet Sithole uitgewys, te plaas.
B Voormelde Piet Sithole het uitdruklik na drie waarskuwings, volstrek geweier om die lawaai wat deur die
Purivox masjien op daardie stadium veroorsaak was, te staak en inteendeel uitdruklik verklaar dat ongeag
wat ook al gebeur, hy opdrag van sy werkgewer, die respondent, het om onder geen omstandighede
dokumente of lasgewings te ontvang of om gehoor te gee aan lasgewings om die gebruik van voormelde
masjien te staak nie.
Kragtens para 1 (b) van die Hofbevel was ek derhalwe gemagtig en onder C omstandighede verplig om
beheer oor die Purivox masjien oor te neem, welke masjien tans, hangende uitspraak van bogemelde
agbare Hof, in my veilige bewaring is."

Hierdie optrede van die Adjunk-Balju was in ooreenstemming met die bevel D nisi wat
deur VAN DYK R uitgereik was. Respondent het op geen stadium die inhoud van
hierdie relaas betwis nie. Respondent het mettertyd sy beantwoordende verklaring
ingedien en applikant het met 'n repliserende verklaring geantwoord. Vanweë die
feitegeskille wat van daardie verklarings geblyk het, het THERON R die
aangeleentheid op die keerdag vir E getuienis verwys. Dit het nou my
onbenydenswaardige taak geword om die vraag of die bevel bekragtig moet word
aan die hand van die mondelinge getuienis wat voor my afgelê is, te beslis.

Applikant se saak kom kortliks daarop neer dat die voortdurende knalle wat dag en
nag voortduur hom ernstig steur en veroorsaak dat hy, sy gesin en F werknemers nie
meer 'n behoorlike nagrus kry nie. Hulle het gevolglik kortgebonde en geïrriteer
geraak. Sy diere, waaronder 105 stoet Brahmaan beeste en ook 'n perd, het
onhanteerbaar geword. Daardeur word sy boerderyaktiwiteite ontwrig. Respondent,
aan die anderkant, neem die houding in dat hy 'n handeling op sy eiendom verrig
waardeur hy sy eiendom beskerm teen plundering deur ongediertes en dat hierdie
handeling van hom geensins steurend vir die applikant kan wees nie. Soos wat
applikant G beweer dat respondent se optrede kwaadwillig is, is respondent se
houding dat applikant op 'n onredelike wyse teen sy optrede beswaar maak en dat
applikant se klagtes ongegrond is.

Die regshulp waarom dit nou gaan, is die uitreik al dan nie, van 'n H finale of absolute
interdik. Dit behoef geen gesag nie dat so 'n interdik slegs verleen word as die
applikant op die oorwig van waarskynlikhede aantoon dat hy
(a) 'n duidelike reg het;
(b) dat daar op sy reg inbreuk gemaak word of gemaak gaan word; en
(c) dat soortgelyke beskerming nie deur enige ander remedie verleen word nie.

Dit is nooit in geding gestel dat applikant nie 'n reg het wat beskerm kan word nie.
Ook is dit nie aan die hand gedoen dat applikant hom met die aanwending van 'n
ander regsmiddel tevrede moes stel nie. Die hele
1979 (2) SA p1120

SPOELSTRA WN R

geskil sentreer om die vraag of respondent op applikant se regte inbreuk gemaak


het.

A Ondanks die feit dat daar juridies 'n verskil getref moet word tussen applikant as
natuurlike persoon en sy maatskappy wat as regspersoon eienaar is van die eiendom
waarop applikant woon, is die geding gevoer asof applikant die juridiese eienaar van
die eiendom was. Dat hy al die bevoegdhede van 'n juridiese eienaar uitgeoefen het,
is nie betwis nie. B Die getuienis dui daarop dat die eiendom bloot met die oog op
belastingoorwegings op naam van die maatskappy geregistreer is. Dit wil my
voorkom asof dit ook 'n geval is waar
"the Court is entitled to peer behind the facade of a fictitious separate legal persona "

( Bark and Another NNO v Boesch 1959 (2) SA 377 (T) te 382D). Ek beskou
applikant se regte dus asof hy nie bloot de facto nie, maar ook juridiese eienaar is
van daardie gedeelte van Eenzaamheid waarop hy woon.

CEiendomsreg is die mees volledige saaklike reg wat 'n persoon ten opsigte van 'n
saak kan hê. Die uitgangspunt is dat 'n persoon, wat 'n onroerende saak aanbetref,
met en op sy eiendom kan maak wat hy wil. Hierdie op die D oog af ongebonde
vryheid is egter 'n halwe waarheid. Die absolute beskikkingsbevoegdheid van 'n
eienaar bestaan binne die perke wat die reg daarop plaas. Daardie beperkings kan òf
uit die objektiewe reg voortvloei òf dit kan bestaan in beperkings wat deur die regte
van ander persone daarop geplaas word. Geen eienaar het dus altyd 'n onbeperkte
bevoegdheid E om na vrye welbehae en goeddunke sy eiendomsbevoegdhede ten
aansien van sy eiendom uit te oefen nie. So verklaar bv Sohm The Institutes 3de
uitg te 309:
"Ownership is a right, unlimited in respect of its contents, to exercise control over a thing. The difference,
in point of conception, between ownership in the jura in re aliena is this, that ownership, however
susceptible of legal limitations (eg through rights of others in the same thing), is nevertheless absolutely
unlimited as far as its own contents F are concerned. As soon therefore as the legal limitations imposed
upon ownership - whether by the rights of others or by rules of public law - disappear, ownership at once,
and of its own accord, reestablishes itself as a plenary control. That is what is sometimes described as the
'elasticity' of ownership."

Die feit dat eiendomsreg so beperk word en dat daardie beperkings nie altyd en oral
dieselfde is nie, het Hertzog Die juriste-obsessie: Saaklike reg en meer bepaald
Eiendom te 73 laat verklaar:
G"Geen omskrywing of definisie van eiendom was tot nog toe toereikend gevind nie, sodat juriste
mismoedig tot die slot moes gekom het dat eiendom niks beteken nie, en dat daar ook geen eienskap is
wat 'eiendom' genoem kan word nie, maar dat eiendom, net soos Proteus, gedurig van inhoud verander -
vandag kan dit dít beteken, môre dàt."

HOns reg gaan ook uit van die standpunt van die sogenaamde absoluutheid van
eiendomsreg maar terselfdertyd met erkenning van die beperking daarvan. So
verklaar STEYN HR in Regal v African Super Slate (Pty) Ltd 1963 (1) SA 102 (A) te
106 - 107:
"As algemene beginsel kan iedereen met sy eiendom doen wat hy wil, al strek dit tot nadeel of misnoeë
van 'n ander, maar by aangrensende vasgoed spreek dit vanself dat daar minder ruimte is vir onbeperkte
regsuitoefening. Die reg moet 'n reëling voorsien vir die botsende eiendoms - en genotsbelange van bure,
en hy doen dit deur eiendomsregte te beperk en aan die eienaars teenoor mekaar verpligtings op te lê."
1979 (2) SA p1121

SPOELSTRA WN R

Vgl ook RUMPFF AR (soos hy toe was) op 120:


"Wesenlik is dit, wat onder hinder in die Engelse reg ingesluit word, by ons die volgende:
A (1) die aantasting van 'n persoonlikheidsreg en wel die reg om onbelemmerde genot
van 'n saak te hê, hoofsaaklik onroerende eiendom, en waarby 'n interdik gegee kan
word selfs by 'n versteuring sonder skuld of opset..."

Waar die onbeperkte bevoegdheid van een eienaar om 'n saak te gebruik en die
bevoegdheid van 'n ander eienaar om onbelemmerde genot van sy saak te hê, met
mekaar in botsing kom, word die regte beperk, soos Hoofregter B STEYN dit stel,
deur wedersydse verpligtinge op te lê. 'n Eienaar se eiendomsbevoegdhede strek
dan, soos ek die uitspraak verstaan, slegs sover as wat daar 'n verpligting op sy
buurman rus om die uitoefening van daardie bevoegdheid te verduur. Dit bring 'n
verpligting vir die een eienaar mee om sy reg so uit te oefen dat hy nie daardie perk
oorskry nie. C Word dit oorskry, tree hy nie meer op ingevolge die bevoegdhede wat
sy reg aan hom verleen nie en maak hy inbreuk op die reg van sy buurman. Dit is
onregmatige optrede wat die reg nie duld nie en wat die grondslag vir 'n interdik kan
vorm.

Applikant moet dus, om te slaag, aantoon dat respondent sy eiendomsbevoegdhede


oorskry het en derhalwe onregmatig teenoor applikant D opgetree het. Om dit anders
te stel, het respondent 'n verpligting versuim wat deur applikant se regte aan hom
opgelê word? Hierdie vraag moet aan die hand van oorwegings van redelikheid en
billikheid beantwoord word ( Regal- saak supra te 111F - G en H ad fin; 112A - B;
114D - E; 116H - 117; Kirsch v Pincus 1927 TPD 199). By die beoordeling van die
redelikheid E en billikheid, speel die dader, teen wie se handeling beswaar gemaak
word, se gesindheid 'n rol ( Union Government v Marais 1920 AD 240 te 270; Kirsch
v Pincus ( supra te 201, 202 en 205); Millward v Glaser 1949 (4) SA 931 (A) te 942;
Regal- saak te 107G - 108). Terselfdertyd moet in gedagte gehou word dat 'n blote
onbehoorlike motief nie 'n andersinds regmatige handeling in 'n onregmatige daad
omskep nie ( Tsose v Minister of Justice F and Others 1951 (3) SA 10 (A) te 17G - H;
Vanston v Frost 1930 NPD 121 te 124). Die animus vicino nocendi maak 'n
andersinds regmatige handeling onregmatig as dit die buurman benadeel en die
dader geen voordeel daaruit trek nie. 'n Geringe voordeel vir die dader teenoor groot
skade vir 'n G ander gee aanleiding tot 'n afleiding dat die animus teenswoordig is (
Regal- saak te 108A - B). Die handeling sal ook onregmatig wees as dit onder die
omstandighede van die bepaalde geval onredelik en onbillik is teenoor 'n ander
eienaar. Redelike uitoefening van 'n reg, dit wil sê die redelike normale gebruik van
die eiendom, is egter regmatig.

HWat geraas aanbetref, is in Prinsloo v Shaw 1938 AD 570 te 575, ten opsigte van
geraas in 'n dorpsgebied, die volgende uiteensetting van wat een eienaar van 'n
ander moet verduur, as 'n korrekte stelling van ons reg aanvaar:
"A resident in a town, and more particularly a resident in a residential neighbourhood, is entitled to the
ordinary comfort and convenience of his home, and, if owing to the actions of his neighbour he is
subjected to annoyance or inconvenience greater that that to which a normal person must be expected to
submit in contact with his fellow-men, then he has a legal remedy. The standard taken must be the
standard not of the perverse or finicking or over-scrupulous person, but of the normal man of sound and
liberal tastes and habits."
1979 (2) SA p1122

SPOELSTRA WN R

In De Charmoy v Day Star Hatchery (Pty) Ltd 1967 (4) SA 188 (D) te 192 is die
volgende oorwegings gestel by die beoordeling van daardie vraag:
A "The factors which have been regarded as material in determining whether the disturbance is of a degree
which renders it actionable, include (where the disturbance consists in noise) the type of noise, the degree
of its persistence, the locality involved and the times when the noise is heard. The test, moreover, is an
objective one in the sense that not the individual reaction of a delicate or highly sensitive person who B
truthfully complains that he finds the noise to be intolerable is to be decisive, but the reaction of 'the
reasonable man' - one who, according to ordinary standards of comfort and convenience, and without any
peculiar sensitivity to the particular noise, would find it, if not quite intolerable, a serious impediment to
the ordinary and reasonable enjoyment of his property."

Dit is dus duidelik dat hier 'n objektiewe opweging van die onderskeie C partye se
belange in die lig van al die heersende omstandighede moet plaasvind. Vir daardie
doel is dit nodig om meer breedvoerig op die feite en die onderskeie partye se
omstandighede in te gaan ten einde te bepaal of respondent se handeling, objektief
beoordeel, redelike normale gebruik van sy eiendom is.

Die wonings van die partye is geleë in 'n kloof wat van noord na suid strek en
waardeur 'n openbare pad loop.

D [Die geleerde Regter het die getuienis ontleed en soos volg voortgegaan.]

Dit is gemeensaak dat die partye se wonings geleë is in 'n stil, landelike E en bosryke
omgewing waar daar hoofsaaklik veeboerdery bedryf word. Ongediertes soos
luiperds, bobbejane, ape, vlakvarke, ystervarke sowel as 'n verskeidenheid
wildsbokke en voëls word nog aangetref en word deur die partye beskerm. Die
woonhuise van die partye is, soos reeds beskryf, in 'n kloof wat aan die ooste en die
westekante deur rante of berge begrens word met kranse wat ongeveer driekwart
teen die helling van die berg geleë is F (kyk voorverhoor notule para 3 (a) - (e) ). Die
hoogte van die kranse is in die omgewing van 75 vt. Nie applikant of respondent het
ten tye van die ontstaan van die klagte enige kontant gewasse verbou nie. Enige
akkerbou wat toegepas was, was gerig op die kweek van veevoer. Respondent het
wel te kenne gegee dat hy kontant gewasse wou verbou, maar dit sou hy slegs kon
doen as hy meerdere soortgelyke apparate in werking sou stel. Volgens G die
getuienis is dit 'n betreklik waterlose gebied wat eintlik nie vir akkerbou geskik is nie.
Beide partye se hoofboerdery-aktiwiteit was veeteelt en verder was beide partye
ingestel op wild - en natuurbewaring.

Die enigste werklike rede waarom respondent die apparaat opgerig het, was H om 'n
arbeider te vervang om bedags bobbejane en ape uit sy groentetuin en van die
bobbejaan-huis weg te hou. Die knal van die apparaat was op 'n afstand van
ongeveer vier kilometer verder noord in die kloof nog hoorbaar, veral as daar wind
uit die suidelike righting waai. Die geknal en die eggo daarvan was by applikant se
woning duidelik hoorbaar en sou selfs volgens die Suid-Afrikaanse Buro van
Standaarde se Handleiding aanleiding snags tot sporadiese klagtes gegee het.
Persone wat bedags sowel as snags in applikant se huis was, het die knalle
inderdaad steurend gevind en dit het hulle slaap onderbreek. Diere van die applikant
het op die knalle gereageer tot so 'n mate dat 'n perd wat andersins
1979 (2) SA p1123

SPOELSTRA WN R

mak was, sy ruiter afgegooi het en moeilik tot bedaring gebring kon word en
uiteindelik van die plaas verwyder is om weer hanteerbaar te raak. A Beeste van
applikant het onrustig voorgekom en het probleme veroorsaak wanneer hulle gedip
moes word. Dit was vir respondent skynbaar moontlik om die knal van die apparaat
te demp deur 'n verandering aan te bring sonder dat dit, op die oog af, die doel
waarvoor dit opgerig was sou verydel het. Die omgewing wat deur die apparaat
beskerm moes word, beslaan 'n area met 'n deursnee van ongeveer 100 meter. Op
respondent se eie getuienis was dit B nie nodig dat die apparaat snags moes werk
nie. Dit wil my voorkom asof respondent in hierdie geval 'n voorhamer gebruik het
om 'n vlieg dood te slaan.

In 'n omgewing soos dié waarin die partye hulle bevind het, is 'n aangrensende
eienaar, na my oordeel, geregtig om van sy buurman te verg C dat hy nie 'n groter
geraas veroorsaak as wat die redelike beoefening van sy ekonomiese aktiwiteite
vereis nie. 'n Persoon behoort nie sy buurman aan 'n aanhoudende geknal van 'n
apparaat soos die apparaat bloot te stel nie tensy dit onder die omstandighede 'n
redelike maatreël is om sy ekonomiese belange te beskerm en sy normale boerdery-
aktiwiteite te beoefen. Dit kan nouliks betoog word dat 'n apparaat wat bestem is om
D ongediertes te verwilder, nie ook dieselfde invloed op ander diere sal hê en hulle sal
verskrik nie. Ek aanvaar die getuienis, wat eintlik onbetwis is, dat Olifant as gevolg
van 'n knal deur die perd afgegooi is en die perd daarna ontstuimig en bykans
onbeheerbaar was. Die veeartse is dit eens dat ten minste sekere siek diere van
applikant wel deur die knalle E verontrus is. Daar is direkte getuienis wat, alhoewel
deur middel van kruisverhoor in twyfel getrek, nie direk weerspreek is nie, dat
applikant se beeste nie almal deur die dip gejaag kon word nie en nie almal
gelyktydig verskuif kon word nie omdat hulle onrustig was en weggehardloop het.
Verder en belangriker is dit selfs uit respondent se getuie Van Eyk se getuienis
duidelik dat die knalle steurend in applikant se woonhuis F was. Ek aanvaar die
getuienis dat persone in applikant se huis snags nie rustig kon slaap nie. Ek aanvaar
die getuienis dat die aanhoudende geknal ook gedurende die dag steurend was en
applikant se boerdery-aktiwiteite nadelig beïnvloed het.
Respondent erken dat hy niks gedoen het om die geraas te demp nie. Hy gee G toe
dat hy geen ander moontlike maatreël wat dieselfde doel kon dien maar minder
aanstootlik vir applikant sou wees, ondersoek het nie. Die belange wat respondent
sou beskerm was van so 'n beperkte omvang en van weinig ekonomiese betekenis
en die aard van sy maatreëls so drasties vir daardie doel in die betrokke omgewing
dat respondent sy bevoegdhede wat deur sy H eiendomsreg aan hom verleen word
om daardie ekonomiese belange te beskerm, na my oordeel, heeltemal oorskry het.
Hy het derhalwe onregmatig inbreuk gemaak op applikant se regte as eienaar van
die aangrensende eiendom. Onder daardie omstandighede is applikant geregtig op 'n
interdik.

Ek het aan die regsverteenwoordigers die vraag gestel of, as daar beslis sou word
dat die voorlopige bevel bekragtig moet word, die bevel, soos wat dit in die
voorlopige bevel uiteengesit is, nie te vêr gaan en respondent se regte meer as wat
nodig is, beperk nie. Mnr Visser , wat namens respondent verskyn het, het te kenne
gegee dat enige bevel wat nie uitvoerige
1979 (2) SA p1124

SPOELSTRA WN R

reëlings en voorskrifte bevat nie, aanleiding sal gee tot verdere twis en A aksies
tussen die twee partye. Dit mag so wees, maar desondanks is ek van oordeel dat 'n
eienaar se regte nie ligtelik meer beperk moet word nie as wat die regte van sy bure
vereis nie.

Ek bekragtig derhalwe die voorlopige bevel van 17 Februarie 1978 in die volgende
terme:
(1) Respondent word verbied om die Purivox apparaat op enige plek op sy plaas af te
vuur op so 'n wyse dat dit 'n steurnis of 'n oorlas op enige plek op applikant se
eiendom veroorsaak.
B (2) Respondent word gelas om die koste van die aansoek te betaal welke koste die
kwalifiserende fooie van Dr Grobler sal insluit.
(3) Applikant word as 'n noodsaaklike getuie verklaar.

CApplikant se Prokureurs: Ross & Jacobsz . Respondent se Prokureurs: Laubscher &


Du Buisson .
D

You might also like