INHOUDS OPGAWEVoorwoord 2Walvisse en die Sabi Sand Wildtuin 3-5Swaartekrag 6-8Spookstories 9-12Perspektief 13-15Die gewig van woorde 16-18Die wet van spontaniteit 19-22Menswees 23-30Spieëltjie, spieëltjie… 31-33Die Inkarnasie 34-40Ons daaglikse brood 41-47Vader Jakob 48-52Taai toffie toetse 53-57Gees energie 58-60Die spieël maak die verskil 61-66Begin by die begin 67-69Die verheerliking van die mens 70-71Kerk 72-74Julle is gode, seuns van die Allerhoogste 75-78Sabbat 79-81Goeie werke 82-87Die geheim is uit 88-102‘n Diep teug asem 103-105Ou gewoontes, nuwe gedagtes 106-107Winter 108-109‘Dealing with grief’ 110-111‘Facing crisis with confidence’ 112Intiem met God 113-128Die sukses van die kruis 129-145Jesus die mens se ware ID 146-162Epaenetus, ASIE in een mens 163-179Bo alle twyfel! 180-181
 
VOORWOORDDie lewe is soms nes ‘n magneet wat jou meesleur, insluk endan weer summier op ‘n plek uitspuug. Dit laat mens nogalwonder of daar dalk ‘n Hoër-Orde-Inspraak bestaan; ‘n tipe vanafstandbeheer-voorspelbare? Of geld dit net binne die ruimtevan persoonlike toestemming en selfbesluit. Indien Karma syding onwillekeurig kon doen, dan blyk die hele lewe maar ‘nlukraak oefening te wees. Koerskry lê op die horison van jou eiehart, glo ek. Ons is elkeen bemagtig met ‘n meetllose vermoëom onsself te ontdek en die rykdom van lig en lewe in ons teontgin. Soms verg dit juis die hopeloosheid vankrisisverstrengeling wat mens dieper laat delf om dieRotsfondament binne-in jou te besef.die kerk nog iets vir die massa? Nuwe predikante beur steeds uit die worsmasjien van teologiese fakulteite enseminariums. Maar is godsdiens nie dalk besig om die doolhof paaie van ‘n verdwaalde gemeenskap nog verder te kraainesnie? Anders as in Luther se dae het die formele kerk lankalreeds sy invloed en houvas op die breër (en jonger) publiekverloor; vagevuurvrese wat destyds teen enige prys verkwanselkon word het nou plek gemaak vir dieselfde gogga in ‘n ander gewaad: godsdienstigheid aan die een- en ligsinnigheid aan dieanderkant. Albei leuens poog om die mens dom te hou oor diewaarheid wat werklik vry maak. ‘n Geestelike dom mens is dieduiwel se vennoot!Hierdie skrywe is bedoel om jou te ruk, om die mensgemaakteselfbeeld, juis die een met sy skitterblink goue kop en silwer borsstuk aan skerwe te breek; die klip wat sonder die toedoenvan mense-handewerk of vernuf uit die Rots losraak, tref diewaanbeeld van menswees en vroomgodsdienstigheid op sykleitrap-tone, en laat die ganse beeld ineentuimel sodat daar geen spoor van oorbly nie; maar die klip wat die beeld tref het‘n groot Rots geword wat die hele aarde vul. Dan.2:32-35.
2
 
WALVISSE EN DIE SABI SANDMy gesin en ek woon die afgelope sewe jaar in Hermanus. Dieplekkie is waarskynlik een van die mooiste dorpies in SuidAfrika. Hier waar die Suidelike-Noorkapper walvisse elke jaar,vir eeue al kom karfoefel en karjakker. Vir jare was Hermanus ‘nstil en rustige vissermans- en vakansiedorpie. Maar mens kanmos nie ‘n 14 meter lank, 40 ton walvis vir altyd geheim hounie. Veral nie tot 200 van hulle wat hulleself vermaak deur kort-kort op hulle kop te staan met hulle sterte meters hoog die lugin en om dan elke nou en dan soos sweepslae die water te klapnie. Dan geniet hulle dit ook om met die logge lyf heel uit diewater te spring en met ‘n witwaterontploffing t’rug te plons.Ons het uitgespoel in die dorp na die grootste krisisjaar van onslewe; 1996 was ‘n jaar van hoog vlieg, en baie hard en ver val.(Of was dit dalk ‘n walvis wat ons hier kom uitspuug het?) Onsverloor ons besigheid en byna ons huwelik. My Pa is dood, eneen van my beste vriende verongeluk op ‘n motorfiets tydens ‘ntydren. In dieselfde jaar sterf nie minder as ses mense met wieek kontak gehad het, in vyf afsonderlike vliegtuig ongelukke. InSeptember val my eie vliegtuig in die Sabi Sand Wildtuin; maar ek oorleef wonderbaarlik sonder ‘n skrapie.Dieselfde jaar raak ons betrokke in ‘n ‘wonderlike’ beleggings-geleentheid deur ‘n kliënt. Binne ‘n paar maande het die die eendirekteur met miljoene verdwyn terwyl die ander een in die tronkbeland – nog ‘n piramideskema wat die land geruk en baiemense ontsettend seer laat kry het.Maar die vorige vier jaar kon ons ‘n besondere droom uitleef.Ons het ons eie boskamp ontwerp, gebou en bestuur in dieSabi Sand Wildtuin, aangrensend aan die Kruger NasionalePark. Die karaktervolle kampie kon net tien gaste op ‘n slagakkommodeer. Lydia het gekook, die kinders het naweke envakansies kom help, en ek het die gaste vermaak; elke dag vir ure gestap tussen die leeus en olifante in ‘n paradys van Afrika-mooi. ‘n Bos vol belewenis en fantastiese herinneringe.
3

Share & Embed

More from this user

Add a Comment

Characters: ...