You are on page 1of 4

Inner Visions: Explorations in magical consciousness

Nevil Drury

Drury toon aan hoe musiek en kuns oor die afgelope dekades al hoe meer inspirasie begin put uit die antieke mites en die magiese. Die nuwe magiese beweging word geskei van die terrein van blote bygeloof en weer eens verbind met die dissiplines van alternatiewe spiritualiteit, en oefen n lewenskragtige invloed uit op ons hedendaagse denke en kultuur.

Die kunstenaar het n sjaman geword wat die binneste horisonne ondersoek ten einde n groter realiteit te vind. Met die herlewing van metafisiese en okkulte paradigmas in ons moderne tegnologiese gemeenskap het ons n sirkel voltooi, aangesien ons kultuur oorspronklik in n magiese omgewing gebore is. Deur die eeue, en veral sedert die triomf van rasionele denke, is die mite in geskiedenis en die magiese in die rede omgeskakel, en het ons van die misterieuse tegnologie gemaak. Ten spyte van die konstruksie van n ingewikkelde meganistiese omgewing in ons stede het sekere magiese filosofie egter begin gedy, waarvan sommige as die bewussynsbeweging saamgegroepeer kan word. Hierdie groep lewensbeskouings en insigte daag die heersende wetenskaplike wreldbeskouing uit in terme van sy voorrang as n geloofsisteem. Die bewussynsbeweging vra vrae soos: Wat is die mees volledige tipe persepsie wat vir die mens moontlik is? Wat is die mens se diepste realiteit? En waaruit bestaan dit? Die relevansie van die huidige magiese herlewing l duidelik in sy ondersoek na die oer-aansporings van die Westerse kreatiewe verbeelding. Die outeur weef n bre spektrum van skeppende manifesterings tesame, van die Tarot en Salvador Dali, tot Jung, die Golden Dawn, Carlos Castaneda en Pink Floyd, in sy kartering van die rykdom van n onderbewuste wreld wat ons poog om na die oppervlak te bring soos nooit vantevore nie.

Vir mense wat in populre musiek belangstel, is die hoofstuk The Rise of Cosmic Music n besondere leesfees. Die musiek van inter alia Steppenwolf, Donovan, Mick Jagger, David Bowie, King Crimson, Jimi Hendrix, Pink Floyd, Santana, Peter Hammill, Bo Hansson se Lord of the Rings-album, en Duitse elektroniese musiek van groepe soos byvoorbeeld Tangerine Dream, Peter Baumann en Klaus Schulze word op n boeiende wyse ondersoek. Swart-en-wit reproduksies van pragtige en soms ontstellende kunswerke versier die boek. My gunstelinge sluit in Wilfried Satty se Child and Signs in the Sky en Gemstone, Max Ernst se Birth of the Galaxy, Diana Vandenberg se Rex et Regina II, Rosaleen Norton se Individuation, Ren Magritte se Musings of a Solitary Walker en T Akawie se Cloud Mirror. Daar is ook notas, n bibliografie en indeks.

Ons leef in n oorgangstydvak, n era waar ons groot verandering in die konsensus-realiteit kan ervaar. Die opkoms van n omvattende en eklektiese kosmologie wat die verskuiwings in ons alledaagse wreldbeskouing mag weerspiel, is dalk nie ver weg nie. Drury stel ons in staat om die groter geheel te sien en het hier n uitmuntende prestasie gelewer.

You might also like