You are on page 1of 4

GENEALOGIESE GENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

GENEALOGICAL SOCIETY OF SOUTH AFRICA

WES-GAUTENGTAK

WEST GAUTENG BRANCH

WES-GAUTENG-NUUS -- WEST GAUTENG NEWS


FEBRUARIE 2012 NUUSBRIEF/NEWSLETTER
NEXT MONTHLY MEETING: SATURDAY 24 MARCH 2012 @ 14:00 WEBSITE Members are reminded of the branchs new blog site [website] at http://westgssa.blogspot.com
OUR REGULAR BRANCH MEETING WILL TAKE PLACE ON 24 MARCH 2011 14:00 AT NG KERK PHILIPS AVENUE DISCOVERY ROODEPOORT +++++++++++++++++
Spreker: Christoff Erasmus oor Genetiese voorouer bepaling van die Afrikaner populasie in Suid-Afrika: Verband tussen stambome en genetiese inligting. Die datum bots met die NUK en die vergadering word uitgeskuif na 24 Maart.

+++++++++++++++++ Wie was Anna Maria van Rooyen? Deur Giel Nel Tydens een van my vele besoeke aan Graaf Reinet het ek op hierdie grafsteen afgekom. My nuuskierigheid was onmiddellik geprikkel: Wie was Anna van Rooyen, en wat was die verhaal van haar afsterwe?
1

Baie navrae, oproepe en selfs GOOGLE kon nie antwoorde gee nie. n Persoon by die Graaff Reinet Advertiser het my na die plaaslike museum verwys. Hulle kon my nie dadelik help nie maar het belowe om meer inligting te probeer kry. n Paar dae later het ek die hele storie in die hande gehad. Die verhaal begin so: Annie [haar noemnaam] was n verpleegster by die Valkenburg Hospitaal vir geestelik gestremdes wat n pasint na Pretoria moes vergesel. Die beste manier van vervoer was natuurlik per spoor. Nadat die pasint veilig by haar bestemming besorg was het Annie weer haar terugreis aangepak. Die trein met sowat 95 passasiers sou op 2 Januarie 1924 in die Kaap aangekom het. Wat het toe gebeur ? : Trein No 7 met n gemengde vrag goedere en passasiers het by GLEN HARRY water en steenkool ingeneem en die reis voortgesit. Die trein het volgens getuies baie vinnig gery en hulle moes behoorlik vasklou om nie te val nie. Op Dinsdag 1 Januarie 1924 om ongeveer 15h18 het die trein letterlik die spoor byster geraak en naby Oosstraat, Graaff Reinet ontspoor. Binne oomblikke na die ongeluk het die mark klok in die dorp gebeier om mense se hulp te kry. Van die eerste mense op die toneel was drs. Bremmer en Massey. Op die toneel was daar, behalwe die dooies en beseerdes nog wrakstukke wat die hele plek volgel het. Van die passasiers het slegs geringe beserings opgedoen en kon na hospitaal behandeling ontslaan word. Anna Maria van Rooyen (23 jaar oud), mej. Johanna Magdalena Burger (18 jaar oud)en Adalbert van Huizen (1 jaar oud) het op die toneel omgekom terwyl Frans Aronstein later aan sy beserings beswyk het. Op dieselfde nag het daar reeds werkspanne aangekom om met opruimingwerk te begin en teen Vrydag 4 Januarie was die spoorlyn weer oopgestel. Die skade was tussen 50,000 en 60,000 pond beraam wat ongeveer R100 000.00 tot R120 0000 in vandag se geldwaarde is.
2

Op 7 Januarie 1924 het die amptelike ondersoek begin. Passasiers het getuig dat die trein baie vinnig gery het vreeslik geskud en gewieg het. Daar was bewerings dat die drywer en stoker onder die invloed van alkohol was maar dit kon nie bewys word nie. Teen 25 Januarie 1924 het magistraat CORSER soos volg beslis: Vier mense het omgekom as gevolg van die trein se ontsporing wat aan ho spoed te wyte was.

1924)

Ramptrein na die ongeluk 1924)

(foto SF Scholtz

Dit in kort is die storie van die Anna Maria van Rooyen se grafsteen. (Met dank aan die personeel van die Graaf-Reinetmuseum) Baie dankie Giel vir jou bydrae. Redakteur.
+++++++++++++++++

JAARPROGRAM VAN WES-GAUTENGTAK VAN DIE GGSA VIR 2012 Datums vir Takbyeenkomste in 2012:
24 Maart: Spreker: Christoff Erasmus oor Genetiese voorouer bepaling van die Afrikaner populasie in Suid-Afrika: Verband tussen stambome en genetiese inligting. 21 April: Spreker: Alan Jeffrey van die Brenthurst Library praat oor: The preservation/conservation of old documents, photographs, pictures, etc. 19 Mei: Moet nog beplan word. 16 Junie: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin. 14.00 21 Julie: Moet nog beplan word.
3

17 - 19 Augustus: Moet nog beplan word. 29 September: Genealogiedag by die Roodepoort Museum se Erfenisdagviering, om 11.00 16.00. 6 Oktober: Beginnerskursus in Genealogie / Gevorderde kursus in Genealogie. 20 Oktober: Werkswinkel oor eie navorsingsprobleme: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, 14.00. 17 November: Afsluiting: Ned. Geref. Kerk Ontdekkerskruin, om 14.00.

Ons vra dat u nou al u dagboek se inskrywings sal maak.


++++++++++++++++++

Ek vra dat u asseblief bydraes vir my sal stuur by my e-adres wat hieronder genoem word. Baie dankie vir julle wat dit reeds doen.
NEELS COERTSE REDAKTEUR SANDTON 29 FEBRUARIE 2012

WEST GAUTENG BRANCH COMMITTEE, 2012


Designation Chairman/Membership Matters Vice-Chairman Secretary Treasurer Assistant Treasurer Events Secretary Assistant Events Secretary Librarian Assistant Librarian Membership Secretary Blog Journalist Editor Newsletter Cemetery Coordinator Product Sales Name Bob Saunders Colin Steyn Petro Meyer Dennis Pretorius Lucas Rinken Petro Meyer Margaret Humphries Graham Southey Louise Dick Gerard Marloth Penny Evans Neels Coertse Giel Nel Kriek Fourie Telephone 011-475-4579 011-954-1715 011-764-4790 083-679-8541 011-760-3009 011-764-4790 011-955-2819 011-787-4842 011-679-4321 011-782-6599 011-763-2465 011-463-4049 011-762-3702 011-955-3533 4 Email bobcad@iafrica.com
colnadrie@telkomsa.net petro.meyer@vodamail.co.za

dennispretorius@mweb.co.za
gen@rinken.co.za petro.meyer@vodamail.co.za

nerine@yebo.co.za None None gerard.marloth@yahoo.com penny.evans55@gmail.com neelscoertse@wirelessza.co.za gielnel100@gmail.com leander.fourie@transnet.net

You might also like