• Embed Doc
  • Readcast
  • Collections
  • CommentGo Back
 
 Jes. 55:1-2 
 Jou gids tot die reis! 
God se arena 3KWALI(TYD) 4Esterkonferensie: “Ken jou naam!” 5 Versorg hulle wat hulpeloos enalleen is 6Shining Light-kamp 7Moreleta se alliansie vir markplein-bedieners 8 Alpha at Moreleta Park Church 9Kies jy die foto of die raam? 10Die Toposa van Soedan 13Missions Fest 2009 14Bekommernis 15Delta 10 Miljoen 15God se Koffie 16Getuienisse 17Boekresensies 18
N
 
November en Desemberis ‘n tyd van eet en afslui-tingsfunksies in ons kultuur.‘n Uitnodiging na ‘n gratis ete isbaie aantreklik vandat uiteet so duurgeword het. Vir gewone uiteetafsprakebereken ons mos altyd eers die kosteof kies die restaurant baie versigtig.Die hoogtepunt van al hierdie funk-sies is sekerlik die Kersfeesmaal. Virbaie van ons gaan eet en Kersfeeshand aan hand. Ons eet tradisioneelnie kalkoen in Suid-Afrika nie, maarwel skaapboud en van ouma se doek-poeding met die munte in. In tallegesinne is dit die jaarlikse familie-bymekaarkom. Dis die spil waaromdie familie se verhoudingsbou draai– uitgesluit die verjaarsdae en begraf-nisse. Dit is mos die seisoen van wel-willendheid en verdraagsaamheid.Saameet was nog altyd baie belan-grik vir verhoudinge. Daarom gebruikGod teenoor Israel ook die beeld van‘n maaltyd as metafoor daarvan datHy inisiatief neem om die verhoudingte herstel. Jy eet net saam met iemandwat vir jou kosbaar is. God herstel nienet op hierdie tydstip sy verhoudingmet Israel na die ballingskap nie - Hy is altyd bereid om saam met ons teeet. Die hemel word beskryf as eengroot feesmaal, soos ons sien uit Jes25:6-7 en Op 19:7 en 9. Dis egter‘n fees met oneindig meer as vleis-geregte, een waar niemand haastigraak ná koffie nie.
desember & januarie
2009
2008
vervolg op bladsy 2
Lees binne...
deur Sarel Visser
Kom almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook diéwat nie geld het nie, kom koop en eet; ja, kom, koop sondergeld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaaljulle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir ietswat nie kan versadig nie?
2
Op pad Op pad 
Kersboodskap
Onbegryplike genade is ’n fees 
 
op pad | des 2008 & jan 2009
WAT ROER DIE REDAKSIE?
 
2Ek noem die hoofgereg wat God aan-bied graag “onbegryplike genade”.Gemarineer in vergifnis, wat diesmaak in jou mond laat talm lank na-dat jy gesluk het, lank nadat jy jou-self leeggemaak het voor God. Niksvergelyk hiermee nie. Weg is onbeko-stigbaarheid van die prys vir versoen-ing en die hongerpyne van skuldge-voelens, wat jou ‘leeg’ laat voel.Die wonderlike is dat hierdie gratisfees van God alles sy inisiatief is, watHy selfs sterker laat realiseer in dít watJesus Christus as mens vir ons komdoen het. Jesus doen al die voorbe-reiding en opruiming deur sy kruis-dood en opstanding, sodat ek en jy die fees van Lewe sonder beperkingkan geniet. Ons kan net geniet! Dietoegang tot die fees is onvoorwaarde-lik, gratis en vir elkeen.Ons deel ‘n kosbare tafelverhoudingen kindverhouding met God self,deur Jesus. Hy oorbrug die afstanden al die hindernisse tussen ons enGod en sorg persoonlik deur sy Geesdat elkeen van ons welkom voel aandie tafel van verlossing. Hierdeur kry ons krag vir nuwe lewe. As jy in die Kersseisoen saam met ie-mand eet, vier die unieke genade watons elkeen in Christus deel.
Redakteur
Diana Rabie, tel nr (012) 997 8018of pr@moreleta.co.za
Sub-redakteurs 
Cilliers Willers & Marinda Bruwer
Die bederf waarna ons ‘n jaar lank uitgesien het breek eindelik aan. Nou is dit weer see toe, of plaas toe, of waar ookal die familie vanjaar is.Die winkels nooi al van Oktober af dat ons aan die oordaad moet meedoen. Hulle meet allesaan omset en kan net ‘n “goeie Kersfees” hê as die verbruikers 15% meer spandeer as verledejaar. Die inflasie-monster is nou al weer jare lank los in Suid-Afrika en ons aanvoelbare le-wensgehalte krimp nou vinnig saam met die dreigende resessie.Natuurlik is kommersiële sukses geen goeie maatstaf nie – die bemarkingswese skep voortdurend nuwe behoeftes enalles is relatief. Glo dié propaganda en jy beleef dit as ‘n swak jaar as jy nie in 2008 daardie Sports Utility Vehicle endie HD-breëskermtelevisie-en-dekodeerder aangeskaf het nie. Maak jou maar gereed: Volgende jaar is daar weernuwe teikens op die radarskerm.Gelukkig kan ‘n gelowige mens die norme van God se koninkryk gebruik. Die genade-geskenk is gratis. Dis ook duur-saam, want dit beleef geen nadelige inflasie-krimping nie. Die bestek van die ewige en oorvloedige lewe in Christusgaan so wyd dat ons aan die einde van van ‘n vol jaar kan terugdink aan wat gebeur het en dan kan verlang na meer– meer seën, meer groei en meer kennis. Die sukses word nie gemeet aan wat ek alles hét nie, maar aan die gehaltevan my verhoudinge, met God en met diegene naaste aan my.Dis mense wat genade beleef wat kan jubel in die Kerstyd. Kom lees daarom in Op Pad van God se gratis fees waarnaalmal uitgenooi is, van getuienisse van troos in die tye van onbegryplike hartseer. Dis ook in Kerstyd dat die weerlosesin ons midde soos die bejaardes, haweloses en vreemdelinge meer van ons aandag verdien. Ook die sendelinge watonverpoosd woeker in lande wat baie ver en baie vreemd bly. Van almal by die Op Pad-redaksie: Mag julle soveel seën ervaar in die Kerstyd van God se duursame en gratis genadedat julle die markpleine en die strande sal oorvloei daarmee. Geniet die tyd van rus en kom pak 2009 se uitadgingsmet nuwe krag aan.
Onbegryplike genade 
is ’n fees 
 
vervolg vanaf bl 1
 R eda ks i e
Sendingredakteur
Marésa Maree
JeugKo•rdineerder
Chidleen Heymans
Teologieseadviseur
Dolf Kruger
Admin
Felicia Lategan
Bladuitlegenadvertensies 
Elisca Kruger
Advertensies 
Ruda Viljoen tel nr(012)9978019 of design@moreleta.co.za
 Dit is sowaar al weer Desembermaand en vakansietyd!
 
3
It is not the critic that counts, not the man who points out how thestrong man stumbled or where the doer of deeds could have done them better. The credit belongs to the man who is actually in the arena, whoseface is marred by dust and sweat and blood, who strives valiantly, whoerrs, and comes short again and again, because there is no effort with-out error and shortcomings, who does actually try to do the deed, whoknows the great enthusiasm, the great devotion, and spends himself ina worthy cause; who, at the worst, if he fails, at least fails while daringgreatly.Far better it is to dare mighty things, to win glorious triumphs eventhough checkered by failure, than to rank with those poor spirits whoneither enjoy nor suffer much because they live in thegray twilight that know neither victory nor defeat.Theodore Roosevelt
 
God se ArenA
 
deur Marinda Bruwer
H
ierdie stuk van Theodore Roosevelt spreek eintlik vanself, mens hoef nie veel daaroor te sê nie, maar dit hetmy onmiddellik laat dink aan ons gemeente se vrywilligers. Die mense wat Sondag na Sondag in die arenastaan, opmerkings van ondankbare nie-deelnemers moet verduur en wat, ten spyte daarvan, volgendeSondag maar weer uitdraf in die arena. Aan elkeen wat uitdraf in ons gemeente-arena, hetsy op Sondag of watter ander dag van die week jou bediening ditvan jou verwag, dankie! Dankie dat jy uitdraf ten spyte van. Dankie dat jy gemotiveerd bly. Dankie vir jou
commit-ment.
Sonder jou sou geen aktiwiteite in die arena plaasgevind het nie.Mag jy ‘n geseënde vakansietyd beleef. Herlaai asseblief jou batterye, want die arena is reeds vol bespreek vir vol-gende jaar en die Liggaam van Christus het jou nodig!God seën jou!
op pad | des 2008 & jan 2009
of 00

Leave a Comment

You must be to leave a comment.
Submit
Characters: ...
You must be to leave a comment.
Submit
Characters: ...