Waarheen Nou...
0% of Waarheen Nou... completed
NOT AVAILABLE

About

From the Publisher

Lees hoe ‘n jong familie se lewe onherroeplik verander word; hoe ‘n ma se hart aan flarde geskeur word en hoe die mens se vermoë om aan te pas teen die storms van die lewe, tot die uiterste beproef word.

‘n Baba verdwyn, ontvoer deur ‘n desperate, psigopatiese vrou. Die ontvoerde baba word later in die Kaap se Tuine versteek, en aan die welwillendheid van vreemdelinge oorgelaat. Maar haar lewe en dinamiese persoonlikheid, jonk soos sy is, dien as katalisator om die lewens van diegene, wie hulle oor haar ontferm, radikaal te verander. Sy bring ‘n nuwe lewe, hoop en ‘n blink toekoms vir haar redders. Haar eie lewe ondergaan ook ‘n radikale omwenteling, in ‘n merkwaardige afspeel van intrige, wanneer haar pad, elf jaar later, met haar biologiese moeder kruis. Haar karate vaardighede gaan tot die uiterste beproef word, wanner sy teen twee boosdoeners moet veg om hul eie lewens.

Hierdie verhaal is gevul met aksie, drama, intrige en humor. Wanneer die twee hoofplotte van die verhaal saam smelt, vind vele sub-plotte plaas. Elke keer wat die leser dink dat die verhaal tot ‘n einde kom, neem dit weereens ‘n drastiese wending in die teenoorgestelde wending, en maak dit van hierdie boek een wat uiters moeilk neergesit sal kan word.
Published: Xlibris on
ISBN: 9781499087154
List price: $14.99
Availability for Waarheen Nou...
  1. This book can be read on up to 6 mobile devices.

Reviews