Start Reading

As 'n Boek Aan Jou Skedel Klop

Ratings:
Length: 427 pages6 hours

Summary

"Die storie tot dusver: Ek is gebore, toe trek ons, toe gaan ek skool toe; toe trek ons weer, en weer, en nog 'n paar keer; toe gaan ek universiteit toe, toe gaan ek na 'n ander universiteit toe; toe gaan ek Korea toe, toe gaan ek terug Suid-Afrika toe, en toe kom ek Taiwan toe. Toe skryf ek nog 'n paar honderd bladsye in toevoeging tot 'n paar honderd bladsye wat ek in vorige jare geskryf het oor hoekom ek doen wat ek doen.

Toe staan ek op 'n verlate treinstasie en dink daar’s te veel materiaal om as 'n enkele boek uit te gee. Toe die volgende dag gaan betaal ek my telefoonrekening en op pad dink ek 'n titel uit vir 'n korter boek met geselekteerde materiaal. Toe kom sit ek agter die rekenaar en skryf hierdie teks.

Daar, die gekondenseerde weergawe van my lewe so ver, wie ek is, en hoe dit gekom het dat jy nou hierdie boek van niks meer nie as 'n paar honderd bladsye in jou hande vashou."

* * *

"As jy geen tuiste het nie, geen besittings nie, geen vriende of familie nie, as jy nie veel doen terwyl jy wakker is nie, niks doen om geld te maak nie, jy’t geen godsdienstige oortuigings nie, as jy nooit enige gesprekke voer of reageer op iemand anders se spraak nie, wie is jy dan? Wat is jy?"

Read on the Scribd mobile app

Download the free Scribd mobile app to read anytime, anywhere.