Nuwe Stories by Jeanette Ferreira by Jeanette Ferreira - Read Online

Book Preview

Nuwe Stories - Jeanette Ferreira

You've reached the end of this preview. Sign up to read more!
Page 1 of 1

30 Nuwe Stories

Saamgestel deur

Jeanette Ferreira en Suzette Kotzé-Myburgh

Human & Rousseau

Voorwoord deur die samestellers

Jeanette Ferreira

Wanneer ’n uitgewer jou versoek om twintig stories te kies van skry­wers dertig jaar en jonger, is dit ’n voorreg. Maar dit is ook buitengewoon moeilik. Nou werk jy nie met gesoute skrywers van wie jy verwikkelde patrone en deurleefde taalhantering kan verwag nie. Tog kan jy nie daarom toegewings maak nie. En jy sit verras orent oor die vaardigheid en die onverwagte aanslag wat in verhaal ná verhaal ontvou, die unieke register waarvan ’n nuwe geslag hom bedien.

Vir my was die sterkste vereiste die eenvoudigste en die oudste eis wat aan ’n verhaal gestel kan word: Dit moet iets oor ’n bekende saak sê op so ’n wyse dat die leser anders na dié saak kyk. Tydens die werkswinkel vir die skrywers wie se verhale uiteindelik op die kortlys was, was dit ook my eerste opdrag aan die skrywers: Skryf in een sin wat jou verhaal sê.

Dit het interessante reaksie tot gevolg gehad. Skrywers het eers (nogal benoud) rondgeval en toe op vernuftige wyse met skrapping en byvoeging begin. Daarna het hulle mekaar gekritiseer en advies gegee. ’n Storiefabriek in produksie. Die resultaat was afgeronde en volwaardige, sterk verhale. Party skrywers moes tydens die teepouse – onder groot gelag en soms in ’n stil, droewe oomblik – verantwoordelikheid neem vir hulle fiktiewe karakters se hebbelikhede, en tonele het hulle uit die stories na die werklikheid verplaas. Ek meen dit was deel van die werkswinkel dat die skrywers opnuut daarvan bewus geword het: verhale ontstaan in die werklikheid en gaan daarheen terug.

Hierdie kortverhaal-oes is merkwaardig. Die samestellers se opdrag was om twintig verhale uit nege en sestig ingeskrewe verhale te kies en help verfyn. Uiteindelik moes ons die uitgewery vra om een en twintig verhale op te neem omdat daar werklik soveel was wat publikasie verdien. Dit lyk vir my heel gepas ook na ’n soort mondigwording van nuwe Afrikaanse verhale. Die jonger mense is terug van die TV-skerms en die groot skerms en die rock-verhoë wat dekades lank die toneel oorheers het. Hulle gebruik die tegnologie wat saam met hulle generasie gekom het om te skryf. En dit is goeie nuus vir enige literatuur, want vandag se debutante is môre se profete.

In hierdie verhale kry die leser ’n blik op die ontnugtering en verwondering van die jonger geslag in ouer-kind-verhoudings, seks, dwelms, geweld, identiteit, skoonheid en pyn. Lees dit met aandag, want dit wys heen na die toekoms.

Human & Rousseau verdien lof vir die verhoog wat hulle geskep het om hierdie skrywers bekend te stel. Hopelik is hierdie bundel die eerste van ’n reeks wat later ’n duidelike spoor in die literatuurgeskiedenis sal trap.

Suzette Kotzé-Myburgh

Wat ’n opwindende projek! was my eerste gedagte toe Janita Holtzhausen van Human & Rousseau my nader om medesamesteller van hierdie bundel te wees. Des te meer omdat dit vir ongepubliseerde skrywers onder dertig is, en met die prikkelende tema Die eerste keer.

Dit interesseer my al lank dat daar op die oog af ’n groot gaping bestaan tussen my geslag (diegene wat laat in die 1980’s afgestudeer en begin werk het) en die geslag daarna. Dis asof hierdie geslag in ’n heel ander wêreld leef, ook op ’n heel ander manier, as die vorige geslag, al is die ouderdomsverskil maar vyftien of twintig jaar. Mettertyd kon ek twee merkers identifiseer wat moontlik daarmee verband hou: die internet, wat algemeen beskikbaar geraak het sedert die vroeë 1990’s, en die politieke omwentelinge in Suid-Afrika, met spesifiek oudpresident FW de Klerk se toespraak van 2 Februarie 1990 as ’n waterskeiding. (Dit was natuurlik ook die begin van ’n nuwe dekade, maar dié is selde meer as ’n kunsmatige merker.) Daar het sedertdien ’n derde merker bygekom: die talle jong Suid-Afrikaners wat ná skool oorsee gaan werk het – dit wat Manie de Waal in sy roman Trips die dienspligjare in Londen noem.

Die skrywers wie se werk in hierdie bundel opgeneem is, was in hul laerskooljare in ’n tyd toe ons land enorme sosiale en politieke verskuiwings beleef het, en die grootste deel van hul vormingsjare was inderdaad in ’n veranderde en heel nuwe wêreld. In dié nuwe wêreld staan tegnologie – rekenaars, selfone, TV, films, musiek, en deesdae ook sosiale media – voorop, maar ek het meermale gewonder wat word van lees en boeke in ’n samelewing oorspoel met soveel onmiddellike (massa)vermaak.

Hoe lyk die skryfwerk van hierdie jong korps dan? Nadat ons een en twintig verhale uit ’n aanbod van nege en sestig gekies en dit by werkswinkels verfyn en afgerond het, kan ek met vrymoedigheid sê: indrukwekkend. Hierdie stories bied ’n veelheid van stemme, ruimtes, temas en perspektiewe wat oor ’n besonder wye spektrum strek. Dit het aanvanklik die beeld van ’n kaleidoskoop by my opgeroep, daardie kleurryke speelding waarmee kinders hulle ure kon vermaak, maar dié is mettertyd verdring deur die beeld van ’n mosaïek: stukkies en splinters uit ’n gebroke werklikheid, soos brokkies van bord en koppie en teël en spieël, maar wat in die kunstenaar se hande vaardig saamgevoeg word tot ’n samehangende geheel.

Nuwe Stories bevestig dat met die kom en gaan van geslagte dit die stórie is wat nooit oud of uitgedien raak nie.

Centre stage is lewendig • Charl Bezuidenhout

Die deur kraak swaar oop. Ek stap huiwerig die gebou binne. Dis koud, ruik na muf en die hout kreun onder die skielike gewig van my voete. Die lang gang swyg soos die graf. ’n Donkerte druk swaar teen my siel. Langs ’n potplant val ’n vrolike sonstraaltjie tot op die vuil mat. Stofdeeltjies dans warrelend in die straaltjie op soek na hul vryheid. Waar is sy? Sy het dan gesê ek moet eenuur hier wees. Ek maak die deur versigtig oop. Daar vóór is dit. Ek snak na my asem. Dis beeldskoon! Die klein swart verhoog. Die bloedrooi gordyn wat liggies aan die vloer raak. Die stoele is van dieselfde materiaal as dié van die matte en die gordyn, maar sommige is plek-plek stukkend. Is dit nie maar wat mens van ’n ou teater kan verwag nie? Ek vryf ingedagte oor ’n paar stoele en stap stadig die trappies op na die verhoog. Ek skat waar die middel van die verhoog is en gaan staan daar. Ek is van voor af verlief. Dit is waar alles gaan gebeur. Waar my lewe begin het.

Hei! Jammer, skattebol! Skoon vergeet jy gaan kom. Ek sien jy het jou plekkie gevind. Is jy reg vir die ding?

Haar stem pas nie by haar kleredrag nie. Sy klink hopeloos te vriendelik vir iemand wat in ’n swart rok, swart leggings en swart skoene geklee is. Dan is haar grimering en hare ook nog pikswart.

Ek sug diep en hard. Ek stoot my skouers stadig terug. Wat lyk jy so depro, sonskyn? Dis mos nie wie jy is nie.

Ek treur. Sy probeer glimlag, maar dit lyk asof sy pyn verduur. Ek sal saam met dié plek ondergaan. Ek sweer ek gom myself vas in die middel van die verhoog. Die kaptein van ’n skip gaan mos altyd saam met die skip onder.

Is jy nie dalk net te geheg aan die plek nie, Heide?

Miskien. Maar dis waar my passie lê, John. Dis die enigste plek waar ek myself kan wees. Tranerig glimlag sy en staar na die veteraan-akteurs wat teen die mure hang en stof vergaar. Dan haal sy diep asem en ek kan in haar oë sien dat sy ’n antwoord soek.

Jy weet, Heide. Jy kan enige plek jouself wees. Daar bestaan nie so iets as dat jy jouself net op een plek kan uitleef nie. Jy moet dit begin besef voor dit te laat is.

John, asseblief! Almal sê dit vir my, maar antwoord nou my vraag. Is jy reg vir die ding?

Jip. Ek hoop so! Kom ons kyk of ons die plek kan red van stootskrapers en ’n nuwe woonstelblok.

Sy gaan sit op die punt van ’n stoel reg voor die verhoog en krap liggies aan haar been. Jy weet, ek het al alles probeer. Skole uitgenooi om funksies hier te hou, movie-aande gehou, kompetisies gehou. Maar niks. Absoluut niks. Hulle sal eerder na die nuwe teater wil gaan. Daar is glo ’n spierwit verhoog wat van kleur kan verander. Supertegnologie! Alles wat hierdie plekkie nie het nie. Sy snuif liggies.

Kan dit swart ook word? Ek gaan sit met my bene uitgestrek op die rand van die verhoog en sien hoe sy my kwaad aankyk.

Nie jy ook nie?! Ek het reeds ál my personeel verloor én al my borge. Ek sal nooit by daardie plek gaan werk nie. Nooit ooit nie! Dis net ek en dié plekkie en wie weet dalk . . .

Jy dink hopeloos te veel! Dis mos hier waar ek my eerste toneel gedoen het. Onthou jy? Dit was die aand toe ek geweet het. Ek het net geweet: drama is wat ek wil doen. Dit het my opgewonde gemaak en ek kon die energie aanvoel. Ek is seker ander mense voel dit ook. Die passie wat die veterane jare gelede ook gehad het.

Sy lag ingedagte. Ek onthou. Jy was terrible. Jammer ek sê so, skat, maar jy was. Jy het geen projeksie gehad nie en . . .

Hmm, wil jy hê ek moet jou help of nie?

Ag, Johnny! Klim van jou perdjie af. Ek praat nog! Jitte, julle beroemde akteurs tog. So fyngevoelig. Sy klik haar tong speels. Wat ek besig was om te sê was dat almal kon sien jy het dit geniet. Jy het gelyk of jy al jare lank toneelspeel. Dat die verhoog jou tuiste van altyd af was. En dís wat jy môre weer moet doen.

Wie sou dink dat iemand kaartjies sal koop om te sien hoe ek doodgaan?

Aha! So dis waaroor jou stuk gaan handel? Die dood?

Ek glimlag skrams. Sy was nog altyd nuuskierig oor wat ek gaan aanvang op die verhoog. Wie weet? Jy weet mos die dood begin eers emosioneel . . .

So jy gaan huil?

Heide, hou nou op vis! Jy sal sien. Maar dié keer gaan ek nie repeteer voor die tyd nie. Die props bring ek voor ek opgaan, en ek sal self my grimering doen.

Is jy seker, John? Dis bietjie onprofessioneel.

Ek weet, maar dis net een keer. Al wat jy moet doen, is die CD speel wanneer ek iets oor ’n wit vlag sê. Jy sal weet wanneer.

Oukei. Ek sal daardie deel onthou, maar jy weet . . .

Ja, ek weet. Die beligting moet geoefen word, maar kom ons improviseer daardie deel. Jy behoort die beligting reg te doen. Volg jou hart. Wat het ons in elk geval om te verloor?

Sy gee ’n sarkastiese laggie wat meer soos ’n snik klink. Meer as wat jy kan bedink, my skat.

Oukei, John, haal diep asem. Dis normaal om gespanne te wees voor ’n optrede, motiveer ek myself terwyl ek versigtig swart oogpotlood aansit. Die mense gaan mal wees oor jou.

Oh my word! Kyk net hoe lyk jy. Absoluut fabulous!

Anders as gister, is sy geklee in ’n snyerspak en haar hare is in ’n bolla vasgemaak.

Heide? Nee, uit. Nou. Jy moes nie nou al gesien het nie. Oukei fine, bly maar. Hou jy van die outfit?

Mal daaroor! Baie emo as jy my vra. Maar sê vir my jou hare is steeds blond en jy het net ’n swart pruik op?

Ek lag saggies. Nee, dis my regte hare. Dit was in elk geval tyd vir ’n verandering en dis vir ’n goeie doel.

Dankie! Sy gryp my vas en begin snik. Dankie.

Heide, my hemp. Jy gaan dit kreukel.

Sy kyk vir my in my blou oë en stamp my speels weg. Fine. Dan sal ek op my eie tjank. Jy is amazing, John. Regtig. Ek hoop regtig jy kan die ou plekkie red.

Wel, kom ons kyk. Dis showtime.

Break a leg, skat.

Ek loer gespanne oor die verhoog. Stoele, toue, messe, pillehouers, water. Alles is daar. Die verhoog moet kaal lyk. Desperaat en moedeloos.

"Die titel van die toneel is: Centre stage is lewendig," kondig ek agter die gordyn aan voor dit stadig opgetrek word.

Die soeklig val op my. Die gehoor snak na hul asem toe hulle sien wat ek aanhet. By my optredes is hulle gewoond aan helder kleure en emosionele uitbeeldings van die lewe. En aan die dood van die negatiewe. Dis die eerste keer dat ek soos ’n emo uit ’n indie-film lyk. Ek dra swart jeans, ’n swart hemp, kettings as armbande, swart grimering en het ’n lang swart kuif. Natuurlik is ek kaalvoet. My naels is pikswart geverf. Waar is almal? wonder ek terwyl ek na die halfvol teater staar. Die ligte word stadig helderder, maar net helder genoeg om ’n somber atmosfeer te handhaaf.

Die toneel handel oor ’n depressiewe jongman se lewe. Hoe al die negatiewe emosies hom finaal inhaal en hoe hy dan besluit om sy eie lewe te neem. Dis die enigste uitweg volgens hom. Die titel is paradoksaal, maar dit sal mense laat wonder oor wat werklik gaan gebeur.

Twintig minute in die spel in sluk ek die inhoud van die eerste bottel pille en gaan sit moedeloos tussen die stoele. Ek bekla die wreedheid van die lewe. Hoe dit beter sou wees as ek nou kon sterf. Ek ruk ’n tweede houer oop en strooi verward die inhoud oor die vloer. Dramaties kruip ek stadig tussen die pille deur. Prop selfs ’n paar in my mond. Toe spring ek op en gryp ’n mes. Die ligte verdof en ek sny myself liggies met die stomp kant van die mes. Die gehoor gil en gril. Ek is in ekstase.

Bedwelm sal ek kerm. Bebloed sal ek groet, sê ek terwyl ek op die stoel klim.

’n Traan rol oor my wang. Ek sal nie ’n wit vlag hys vir die lewe nie, snik ek. ’n Gedeelte uit Dido se White Flag speel: I will go down with this ship, And I won’t put my hands up and surrender, There will be no white flag above my door.

Dan word dit doodstil.

Eerder ’n swart tou as medium vir die oorgang, sê ek met klem, terwyl ek die swart tou om my nek bind. Ek spring van die stoel af. Meteens is alles donker. Ek sug een keer hard. Toe die ligte aangaan, hang daar ’n tou sonder ’n liggaam. Die gordyn gaan stadig toe en ’n paar mense klap hande. Toe verskyn ek in die middel van die verhoog en ek kry ’n applous. Dis my lewe dié, herinner ek myself terwyl ek tevrede buig.

Heide wag vir my in my kleedkamer. Jy was wonderlik, soos altyd!

Ek glimlag. Sy dink regtig so, want sy is nie een wat sommer komplimente uitdeel nie.

Maar dit was nie genoeg nie. Môre maak ek die deure finaal toe.

Laat ek raai: ’n nuwe woonstelblok met die naam L’Amour of so iets corny?

Ek weet nie, maar dit voel soos selfmoord van my passie. Of ek my hart verraai. Dis die eerste keer wat ek so dood voel oor my passie.

Ek vryf die naelpolitoer van my duim af en skuif my stoel nader aan haar. Het jy nie geluister nie? Jou passie is nie die gebou nie. Dis die kunste. Om dit te bedryf. Om mense te herinner dat die kuns nie kan sterf nie. Ek hou haar hande vas. Heids, die gebou was net ’n medium vir jou talent en nou is dit tyd om te groet. ’n Nuwe gebou wag vir jou.

Maar jy verstaan nie.

Sy begin onbeheerbaar huil en haar skouers ruk. Ek hou haar styf vas. Wat moet ek sê? Dat sy wel eendag sal sien dat ek reg was? Dat daar beter dinge op haar pad sal kom?

Heide, jy gaan my hemp kreukel, mompel ek eerder en sy lag sag in my hemp in. Kom drink koffie môreoggend by my. Dan praat ons oor die toekoms.

Heide klap haar kardeur toe en stap vinnig na die voordeur. Hoekom los hy sy voordeur oop? wonder sy terwyl sy haar voete aan die matjie afvee. John haat dit as iemand met nat skoene in sy huis inkom. Hy gaan seker lag vir my. Ek lyk soos ’n gypsy vandag. Ek voel vreemd. Vry op ’n manier.

Johnny? Waar is jy, bokka?

Die huis is doodstil. Nie eens die radio is aan nie. Sy stap stadig deur die huis. Netnou kruip hy vir my weg en wil my skrikmaak, dink sy en loer agter die bank. Hulle is al jare lank vriende