Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Helse manier van koebaai se
Helse manier van koebaai se
Helse manier van koebaai se
Ebook269 pages4 hours

Helse manier van koebaai se

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die vierde (en laaste) aflewering in die reeks oor Mark Steyn, die Luiperd, een van Die Fabriek se topagente. Mark Steyn en sy mede-agent Lana Dubois is steeds aangetrokke tot mekaar, maar het onoplosbare verskille. Nou moet hulle noodgedwonge weer saamwerk aan ’n nuwe saak en word nie slegs fisieke nie, maar ook groot sielkundige eise aan hulle gestel. Wie vertrou jy? Wie is vriend en wie is vyand? Die spioenasiebedryf is immers bekend vir sy verskuiwende alliansies: Gister se vyand is vandag se “vriend”, maar dalk ook net vir vandag. En dalk ook net as julle ’n gemeenskaplike nuwe vyand het. Maar wát ’n vyand! Een van die wêreld se berugste huurmoordenaars, kodenaam Schorpioen, is in Suid-Afrika om ’n hooggeplaaste persoon dood te maak. Daardie persoon moet ten alle koste beskerm word. En as ’n agent – of meer as een – in die slag bly? Wel, niemand het gesê hulle het ’n maklike lewe gekies nie! Dit is ’n losstaande verhaal, maar knoop ook verskeie drade uit die vorige drie saam. Helse manier van koebaai sê is propvol intrige, spanning, aksie en gevaar – en selfs sake van die hart!
LanguageAfrikaans
Release dateAug 20, 2011
ISBN9780798155885
Helse manier van koebaai se
Author

François Bloemhof

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. François was ook al verhaleredakteur vir Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Hy woon in Durbanville.

Read more from François Bloemhof

Related to Helse manier van koebaai se

Related ebooks

Related articles

Reviews for Helse manier van koebaai se

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Helse manier van koebaai se - François Bloemhof

    Helse manier van koebaai sê

    François Bloemhof

    Human & Rousseau

    1

    Ete vir twee

    Al die geld ter wêreld maak dat jy enigiets in die wêreld kan koop. Dit het hy nog altyd geweet, maar nou is hy by magte om daardie waarheid oor en oor aan homself te bewys.

    Om dit te ervaar.

    Hy is Anthony Wiggins en die jongste iets wat hy met die vereiste aantal ponde gekoop het, hoewel net vir een aand, is dié restaurant met sy antieke meubels, gedempte beligting en stigtelike musiek: Sinatra, soos hy versoek het. Jy sou nooit sê hulle is in die hartjie van Londen nie, Piccadilly se eindelose rumoer onhoorbaar aan die ander kant van daardie (geslote) voordeur.

    Are you enjoying yourself? vra hy vir sy jong metgesel.

    Emily glimlag oorkant hom. Sy was altyd aan die stil kant en praat nou nog minder; so ’n gebeurtenis sou egter vir enigiemand traumaties wees. Sy sou daardie aand saam met haar ouers doodgeskiet gewees het as dit nie was dat haar pa – anders as wat die moordenaar gedink het – nog ’n greintjie lewe in hom gehad het en hy ’n pistool kon uitkry terwyl die man na die dogtertjie mik nie.

    Anthony het die ergste verwag: dat daar nog ’n aanval sou kom en hy, wat in sy vriend se testament as Emily se voog en versorger aangewys is, in die middel vasgevang sou wees. Sterf die elfjarige meisie, gaan al daardie miljoene aan die dinastie se enigste oorblywende lid, Emily se oom. Die vermoorde man se eie broer. Anthony was só seker dat dit geen kontantsoeker was wat daardie aand die Northcliff-egpaar en hul dogter by hul huis ingewag het nie, maar dat Percy Northcliff die man gehuur het om sy broer, skoonsuster en niggie te vermoor. ’n Volgende aanval was ’n gegewe.

    Toe gaan die maande egter verby, vier daarvan, nou amper vyf, sonder voorval. Daar was behalwe vir die dag van die begrafnis geen kontak met Percy, wat steeds met sy eie paar miljoentjies in Yorkshire moet klaarkom nie. Gaandeweg het Anthony besluit geldnood laat mense verskriklike dinge doen en die skietery by die Northcliffs se woning was tog maar net een van daardie willekeurige voorvalle van geweld wat jy oral ter wêreld kry.

    En hy het meer en meer gewoond geraak aan die verskillende dinge wat geld kan koop, al is hy slegs in beheer daarvan – binne perke – tot Emily se sestiende verjaardag. Hy beskou dit darem nie as ’n geleentheid om homself te buite te gaan nie; hy wat nie kinders wou hê nie en hom dus nooit in ’n huwelik begewe het nie, het nou skielik ’n dogter en sy is nie die vermakerige snip wat hy gevrees het hy mee opgesaal sou raak nie. Net vanoggend is hy weer bekoor toe sy byna haar balans op die trap verloor en toe skater oor haar eie lompheid. Hy wil die beste hê vir hierdie stil meisietjie wat so ’n wrede verlies gely het, en besef ’n goeie lewe behels meer as duur items.

    Dat geld hélp, kan jy nie wegredeneer nie; dis ’n pleister wat allerlei wonde genees en gate toestop. As jy byvoorbeeld besluit jy wil ’n jong dametjie se aandag aflei omdat sy die laaste dag of wat treurig gelyk het, is dit binne jou vermoë om ’n eksklusiewe restaurant soos hierdie een vir die aand te huur. Groot gebare verg groot finansies. Net so was dit ’n maand gelede opwindend (vir hom, en hy meen vir haar ook) om te verhuis na ’n woning wat twee keer so groot is as sy vorige blyplek, met die nodige personeel en twee lyfwagte – een wat op die oomblik in die straat op en af stap tussen hier en waar die Bentley geparkeer is, en die ander in die kombuis.

    Anthony vind dit soms jammer dat hy en Emily nie soos pa en dogter lyk nie, tog reken hy mense maak outomaties daardie aanname. Haar hare is so donker en syne so lig, en dan is daar die feit dat sy kort en skraal is, terwyl daar tydens sy voogdyskap reeds nege kilogram aan hom kom saampak het.

    Hy keer homself om soos ’n gewone restaurant-ganger ’n waarderende geluidjie te maak toe die jong donkerkop-kelnerin hul voorgeregte bring: koue komkommersop vir hom en gebakte bloukaas-en-tamatietertjies vir Emily.

    ’n Volgende Sinatra-liedjie het begin speel, I believe I’m gonna love you. As hy reg onthou, is dit uit die 1970’s iewers, toe die sanger by Reprise Records was.

    Tog mooi.

    Die kelnerin bly skuins agter Anthony se stoel staan.

    Dis nou maar die ding van persoonlike aandag: soms raak dit té persoonlik. Sy wag kennelik dat hy en Emily hul kos moet proe, terwyl sy in gewone omstandighede seker al terug in die kombuis sou gewees het.

    Dus proe hy maar en moet toegee dit is voortreflik.

    How is yours, Emily?

    Sy knik, met die glimlaggie waarin hy sy vriend Mike herken. Kere wanneer hy homself wil-wil verwyt omdat hy die finansiële posisie waarin hy geplaas is so geniet, is dit goed om te onthou hy red Mike se kind van eensaamheid. Die alternatief kon dalk ’n lewe onder oom Percy se dak gewees het. Anthony het hom net by die begrafnis ontmoet en kon aanvoel sy simpatiebetoning val op onverskillige ore.

    Daarby, die blik in die man se oë wat hom laat glo het daar was ’n rede vir daardie skietery.

    Maar dit was tóé, en nou geniet hy nog ’n skeppie van sy komkommersop. Solank hy aanhou om sulke dinge te waardeer, sal hy nie afgestomp raak en hom soos een van die ydele, verwende rykes begin gedra nie.

    Toe hy nog ’n skep neem, frons hy. Al is die naaste lamp ’n goeie twee meter van hulle af, bespeur hy ’n swart kolletjie in die vloeistof in sy lepel. Dit kan nie wees nie, maar dit is.

    ’n Vlieg.

    Emily het dit gesien en druk haar hand oor haar mond om nie te giggel nie.

    Anthony vind dit egter nie snaaks nie. As ’n restaurant se bestuurder, kok en kelnerin slegs twee mense het om na om te sien, is so iets onvergeeflik!

    Waitress, sê hy met ’n stem kouer as sy sop vir die meisie wat steeds agter hom huiwer.

    Sir? tree sy besorgd tot langs hom.

    Can you tell me what this is? Hy besef die situasie is absurd, asof hy ’n speler in ’n grappie is.

    Waiter, what’s this fly doing in my soup?

    I do believe it’s the breast-stroke, sir.

    Daarom wag hy nie op ’n antwoord nie. Please fetch the manager.

    I can’t, sir.

    May I ask why not?

    Because I’m afraid he’s dead.

    Iets skerps gly by sy nek in. Anthony wil klap in die rigting van die brandpyn asof dit ’n insek is wat hom gesteek het, maar kry nie sy hand gelig nie. Sy hele lyf is eensklaps dood; hy sou uit sy stoel geval het as die kelnerin hom nie aan sy skouers vasgevat en hom regop gehou het nie.

    Die sensasie van skrik. Hy sou kon dink dit is daarvan dat hy so lam is en dat hy nou-nou weer sal kan beweeg, maar besef dit was ’n spuitnaald, hy is iets toegedien.

    Nou ruik hy aan die parfuum dit is nie dieselfde kelnerin as vroeër vanaand nie. Die ander een het ook donker hare gehad, maar dié een is Indies. Dood, het sy gesê – die bestuurder is dood. Dit sal beteken die ander kelnerin is ook vermoor, die regte een, en so ook die lyfwag in die kombuis.

    Oorkant hom, Emily se geskokte gesiggie. Só moes sy gelyk het die aand toe haar ouers om die lewe gebring is, en sy amper ook. Anthony sien hoe sy probeer beweeg en haarself nie sover kry nie.

    ’n Man stoot die swaaideur oop en kom tydsaam vanuit die kombuis na hulle toe aangestap. Dit is kwalik ’n stap, meer ’n gly-, amper ’n sweefbeweging. Hy dra donker klere, nee, gitswart, en in teenstelling daarmee is dit of sy kaalgeskeerde kop gloei in die dowwe lig.

    Your uncle sends his regards, kom die stem, ’n amper fluweelagtige timbre dog met ’n sterk aksent – Hollands? – en Anthony besef die man praat nie met hom nie.

    Emily het begin huil, net ’n enkele traan op haar linkerwang, maar haar gesig is vertrek. Sy kyk nie na die man nie, sy kyk na haar versorger en beskermer wat haar nie kan beskerm nie.

    Die man kom agter haar stoel tot stilstand en stryk met ’n handskoen net so swart soos sy klere oor haar hare.

    He said I should make very sure.

    Anthony probeer. Hy span al sy kragte in, moet beweeg, nóú. Maar as die meisie hom nie steeds regop gehou het nie, het hy op die vloer gelê. Hy wil skree, want dalk is die lyfwag buite die restaurant nog ongedeerd, maar nie ’n geluid kom uit nie. Op die sneeuwit tafeldoek is ’n sopspatsel waar hy die lepel laat val het, en daar lê die vlieg ook, op sy rug.

    But then I always do make sure, sê die man.

    Anthony ken nie vuurwapens nie. Hy weet net dis nie ’n rewolwer in die man se hand nie, dan is dit ’n pistool, hy weet nie watter fabrikaat nie. Hy wil nie kyk nie, maar die meisie hou hom in posisie. Hy wens hy was eerste om te gaan.

    Emily knyp haar oë toe.

    Net voor die man die pistool se loop teen haar slaap druk en die skoot deur die leë restaurant eggo soos ’n herinnering aan oorlog, sê hy ’n woord wat so vreemd op Anthony se ore val dat hy nie seker kan wees dis wat hy gehoor het nie.

    Houdoe.

    2

    Driespel

    Clive Sharpe kyk op toe hulle by die deur inkom, ’n jong man en vrou wat nie sou uitstaan as jy hulle op straat sien nie, behalwe vir die feit dat hulle aantrekliker as die gemiddelde landsburgers is.

    Goed dan, moet hy erken: veel aantrekliker.

    Take a seat, wuif hy hulle met sy linkerhand nader.

    Mark Steyn en Lana Dubois neem plaas aan die ander kant van die embuia-lessenaar wat hy meen ’n aura van outydse sofistikasie aan die andersins net té moderne kantoor met al sy glas en silwer verleen.

    Dalk tyd vir nuwe dekor. Sedert hy Die Fabriek se leisels opgeneem het, het hy immers nog net een keer alles in hierdie kantoor vervang. Toe was dit met die verskoning dat kolonel Duvenhage, wat hier tot sy einde gekom het, dit in ’n hoogs ongewenste toestand agtergelaat het met daardie plas op die lessenaar en spatsels teen die mure. Mense kan begin praat as jy te veel maatskappygeld op jou eie gemak uitgee.

    Maak dit egter saak as hulle praat? It doesn’t matter what the people say, because you are the people.

    Dit is in ieder geval later se oorwegings. Nou het hy eers ernstiger dinge om aan te dink. Of dan, één.

    Steyn weet sy gesig verraai niks nie. Dit is immers een van sy wapens, nes ander dele van sy lyf: hande gemaak vir slaan en kap, voete vir hardloop en skop. Ook lyftaal kan jou maklik verraai: syne dui aan hy is heeltemal ontspanne.

    Dit kan nie verder van die waarheid wees nie. Aan die ander kant van dié lessenaar wat selfs Nero dalk as so effentjies oordadig kon beskou het, sit ’n man wat hy as vyand geïdentifiseer het. Clive Sharpe is net so ’n groot gevaar vir hom as wat die kolonel ooit was: einste kolonel wat hy in hierdie einste kantoor sover gekry het om ’n einde aan sy miserabele lewe te maak nadat hy alles verloën het waarvoor Die Fabriek veronderstel is om te staan.

    Minder as ’n maand gelede het Clive Sharpe hom gesaboteer. Hy kan dit nie bewys nie, maar is heilig oortuig daarvan dat Sharpe die Kinders van Adam laat weet het daar is ’n geheime agent in hul midde. Dit het nie net sy eie lewe in gevaar gestel nie, maar ook dié van die meisiemens hier langs hom; daarom dat hy met die terugkomslag vir Sharpe ’n vet klap kom gee het, en hy kan bly wees dit was al wat hy gekry het. As Sharpe onskuldig was, sou hy dit nie net so gevat het nie, maar hy het – en het ook al knikkende erken dit was deur sy toedoen dat Steyn se ma op dieselfde tyd op daardie Swartland-plaas was, vir ’n ontwrigtende herontmoeting na soveel jare.

    Sedertdien bly werkgewer en werknemer uit mekaar se pad en is Steyn nog nie weer op ’n sending losgelaat nie. Die tyd van rustigheid is klaarblyklik op ’n einde, want hier sit hulle.

    Wel, dis goeie nuus, want rustigheid = verveling. ’n Lewe sonder adrenalien in jou are, watse soort lewe is dit? En gevaar is mos die vinnigste manier om adrenalien op te wek. Hy het die dae verwyl met rekspronge, met paraseil, met omtrent enige ding wat mense met gesonde verstand laat terugdeins, het soggens én saans tien kilometer gaan draf, maar niks kom by die amperse ekstase van brein en liggaam wat gedwing word om in hoogste versnelling te begin werk en aan te hou werk nie. Dis jammer Clive Sharpe is die een wat dit teweeg moet bring, maar dis nou maar so.

    En laat hy dit erken, ook die wete dat Sharpe nie te vertrou is nie, is – ja, noem dit maar ’n positiewe faktor. Dit hou hom op sy tone.

    En die meisie langs hom? Die hemel alleen weet wat in daardie kop met die mooi gesig en ligbruin hare aangaan. Hy kon nog altyd ’n vrou se gedagtes lees, of ten minste haar oorwegings, maar wat sý dink …

    Hy glo hy wil Lana Dubois net hê omdat sy die verkeerde een is vir hom, so absoluut verkeerd. Sy hou vir hom gevaar in en daarom is dit seker maar ’n mate van ’n selfvernietigingsdrang wat hom oortuig het sy is die een vir hom. Meer nog, dat hy op haar verlief is. Verlief, hy?! Hy het dit werklik ’n ruk lank geglo. Nou voel hy net irritasie as hy aan haar dink, of die meeste van die tyd. Die res van die tyd … Blessitwil, nee. Hy’s net besig om dinge vir homself te bemoeilik. Hy was vir haar soos ’n bank waarby sy kortstondig geld belê het, dalk nie eens ’n groot som nie, so hoekom kan hy nie op sy beurt onttrek nie?

    Hier buite, voordat hulle saam ingekom het, het sy hom gegroet soos sy enige agent en inderdaad enige persoon in die organisasie kon groet, beleef. Totaal sonder die woede of weersin wat sy al teenoor hom laat blyk het. Hy weet sy weet dit is hy wat gesorg het dat haar oom in hierdie kantoor die tydelike met die ewige verwissel, maar hulle het nog nooit daaroor gepraat nie, en verdomp as hy die een sal wees wat die saak aanroer. Dit móés gedoen word, of iets soortgelyks, en hy was toevallig die een om dit te doen. As sy haarself ’n agent wil noem, behoort sy al uit te gevind het wat die situasie was. Hoe durf sy iets teen hom hou as sy nie al die feite het nie, of dit nie verstaan nie? Of weet sy alles, maar weier om rede te sien? Ja, dit was haar oom. Ja, sy dood moes ’n effek op haar mense gehad het. Maar fok weet, verander dié manier van leef dan nie al die reëls nie?

    Nou fokus hy egter eers op die man oorkant hom. Iemand wat hy nie vertrou nie. Iemand wat, vreemd genoeg, senuweeagtig lyk.

    Lana kan nie besluit of die feit dat daar twee van hulle is dinge makliker of moeiliker maak nie.

    Mans. Kreature wat om biologiese redes noodsaaklik is vir die mensdom se voortbestaan, maar wat sy andersins sou weg wens, die hele lot van hulle.

    Of nee. Moet regverdig wees. Sy sou sommiges spaar. Sy sou seker maar nege-en-negentig persent van die wesens spaar, solank hierdie twee net ingesluit kon wees by diegene wat van die aardbol af verdwyn.

    Mark Steyn, die man langs haar. Luiperd. Wat ’n lawwe kodenaam, en net só is heelparty aspekte van die organisasie vir haar lagwekkend. Speletjies word gespeel, deur seuntjies. Natuurlik is die meeste agente mans; verreweg die meeste, want daai geslag het mos ’n affiniteit vir risiko en rampspoed.

    Maar hoekom is sy dan hier?

    Dis ’n vraag vir ’n ander dag.

    Nee, sy het die antwoord. Sy het ontdek dat gevaar en avontuur haar interesseer. Haar aantrek. Sy het ’n smaak daarvoor ontwikkel: met sielkundige agtergrond en al kan sy dit nie beter as dít opsom nie. Nadat sy dit die eerste maal so intens saam met die man hier langs haar geproe het, het sy dit nodig. Wat sy doen, doen sy goed en sy sal die perfekte agent wees as sy hom net uit haar lewe kan kry. Gelukkig sien hulle mekaar min, en na hierdie ontmoeting hopelik vir dae of weke nie weer nie.

    Een keer se seks. Onbeskermde, onnosele seks. Net een keer en hier sit sy, swanger. Sy kan dit steeds nie glo nie: eenmalig saam oor die tou getrap en dít gebeur, asof die gode dit so wou hê. Of die noodlot. Sy was ’n onbesonne meisiekind en is daarom gestraf met ’n swangerskap, nes die ou mense jou waarsku. Sy wou al gaan vir ’n aborsie, want dit was ’n fout en enige mens weet mos wat doen jy met foute: jy stel hulle reg. Maar sy kry haarself nie sover nie – al weet sy soms sy haat hóm, ’n moordenaar wat haar ouers se lewe opgeneuk het, haat sy nie die kind wat in haar aan die groei is nie.

    Een van die dae sal haar swangerskap begin wys, en wat dan?

    Clive Sharpe, oorkant haar. ’n Baas wat haar anders behandel as die res van sy werknemers, wat iets vir haar voel en dit elke nou en dan subtiel (hy dink klaarblyklik dis subtiel) aan haar probeer tuisbring.

    ’n Man vir wie sy niks voel of kan voel nie. Nou is die ding egter, hulle werk albei vir ’n geheime organisasie en hy is aan die hoof daarvan. Sover Lana se kennis strek, en sy vermoed sover enigiemand hier rond

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1