Start Reading
  • Create a List

Slapende honde miaau nie

Ratings:
Length: 142 pages2 hours

Summary

Kotie skrik toe iemand skielik uit die skemer voor haar opdoem. Agter haar en Jaco lê die park verlate. Maar dan herken sy die vrou – die een wat dikwels hier buite die park onder die tamarisk sit, altyd met ’n bottel by haar.
“Hierso,” sê die vrou. “Vat die kind.” Sy sleep iets agter haar rug uit, stoot dit tot voor Kotie. “Ek wil haar nie meer hê nie, en ek sien liewer dat jy haar vat as dat die welfare haar kom haal. Dan is daar weer hell to pay.”
“Moet ek jou kind vat?” Verbysterd kyk Kotie af op die klein mensie wat sonder ’n geluid net daar staan, toegeknoop in ’n groot bloes. Sy buk, tel haar op, dra haar tot onder die lamppaal. Die lig wys ’n soet gesiggie onder taai, krullerige haartjies. Jaco kom pluk aan Kotie se rok. “Wat sê die tannie? Hè, Kotie?” Dan nuuskierig: “Is dit ’n rêrige babetjie?” En dan is die vrou weg. Net die tamarisk staan nog daar in die skemer.
Verslae staar Kotie na die wesentjie voor haar. Maar skielik voel sy ’n opwinding wat haar vel laat prik. “Luister,” sê sy vir Jaco. “Hierdie kind is ons twee se geheim. Jy moet vir niemand van haar sê nie. Ek moet eers dink wat om te doen . . . Ek moet eers mooi dink . . .”

Read on the Scribd mobile app

Download the free Scribd mobile app to read anytime, anywhere.