Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim: Die Kinders Grim, #1
Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim: Die Kinders Grim, #1
Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim: Die Kinders Grim, #1
Ebook262 pages4 hours

Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim: Die Kinders Grim, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Bella het nie verwag dat die weeshuis so vreemd sou lyk nie, net soos sy ook nie verwag het dat al die stories wat Ouma haar vertel het waar sou wees nie, of dat die onsigbare monster wat hulle bekruip regtig bestaan nie...

LanguageAfrikaans
PublisherJM van Zyl
Release dateJun 24, 2019
ISBN9781393413967
Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim: Die Kinders Grim, #1

Related to Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim

Titles in the series (2)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Kinders Grim en die Oergaai se Geheim - JM van Zyl

    'n Moeilike Dag

    Die arme kinders Grim ... Vier wesies met niks en niemand in die wêreld nie behalwe mekaar en die karige goedjies wat hulle in hulle bagasie kon pak. Bagasie wat hulle taxi bestuurder nou net so ongeërg uit die kattebak voor hulle voete in die stof gooi as toe hy dit 'n paar uur vroeër saam met hulle kom oplaai het.

    Bella lyk vies en effens verontwaardig oor die behandeling wat hulle bagasie van die bestuurder ontvang. Tussen haar pogings om die tasse te vang wat die bestuurder sommer so oor sy skouer uit gooi protesteer sy met n paar halwe sinne ... nee wag ...dit is... wees asseblief... , maar tevergeefs, ... versigtig..., is al wat sy moedeloos uitkry terwyl die taxi in 'n haastige stofwolk wegtrek.

    Die vier wesies staan woordeloos en kyk. Waarna hulle kyk is onseker want die stofwolk hang nog in die lug soos digte mis. Die grys stofwolkies draai en kolk en begin stadig sak, al nader grond toe waar hulle nog 'n sekonde of wat probeer dryf en dan ook maar moed opgee en gaan lê. Bella en die ander is baie hartseer. Hierdie is 'n dag wat hulle al lank gevrees het en hoop op hoop gehoop het dat dit nie sou kom nie, maar dit het, en hier staan hulle nou voor die weeshuis met hulle stowwerige klere en stowweriger bagasie wat boonop nog 'n klomp ekstra duike en skrape by gekry het.

    Bella begin haarself en die ander afstof. Maak julleself skoon, ons moet darem ordentlik probeer lyk. Die ander drie gehoorsaam haar en begin om ook die stof af te klap en uit te skud. Sy is maar net dertien jaar oud, amper veertien, maar is al lankal soos 'n ma vir die ander drie wat almal jonger as sy is. Daar is haar dapper twaalf jaar oue boetie Jan-Karel, hulle noem hom Jan-Bam, wat altyd gereed is om hulle te beskerm en Bella baie help met die tien jaar oue tweeling, Gerrie en Gort.

    Arme Gerrie en arme Gort. Stil, skaam, wilde rooi hare, sproete en name wat hulle nie wil hê nie. Gerrie is 'n meisie met 'n seun se naam en Gort is 'n seuntjie met 'n geluid vir 'n naam, of dalk is dit 'n graansoort of iets wat in ou resepte gebruik word. Waarom hulle ouers die name vir hulle gegee het weet niemand nie. Mense het eers gedink Gerrie is kort vir Gertruida en Gort is verkeerd gespel, of miskien 'n vreemde woord wat perongeluk agteruit gesê was, maar nee... Gerrie was maar net Gerrie en Gort was maar net Gort. Ten minste het Bella en Jan-Karel normale name. Bella is kort vir Annabella, dieselfde naam as Ouma Annie en Jan-Karel is 'n ander familie naam van 'n lank oorlede voorouer wat blykbaar uit 'n vliegtuig in 'n vulkaan gespring het - hy het eintlik geprobeer om die vulkaan te mis maar noodlot en 'n gekoekte valskerm het nie saam gespeel nie.

    Dieselfde donker noodlot het ook by die kinders Grim kom nes skrop. Van kleins af was die kinders deur die ongeluk gery. Kort na die geboorte van die tweeling het Pa en Ma Grim raaiselagtig verdwyn. 'n Klomp polisie amptenare het by hulle huis opgedaag en alles omgekrap sodat hulle soek honde kon ruik en hulle vergrootglase kon kyk. Oral het daar ligte geflits en amptenare haastig geskarrel. Bella was maar net vier jaar oud toe dit gebeur het en sy kan nie baie daarvan onthou nie, al wat sy wel onthou was dat sy baie bang was en baie gehuil het totdat Ouma Annie hulle uiteindelik kom haal het.

    Arme Ouma Annie. Sy het alleen in 'n piepklein huisie langs die meer gebly en toe die kinders daar aankom moes hulle maar noodgedwonge indruk waar hulle plek kon kry, Bella en Jan-Bam op die ou bank voor die kaggel en die tweeling in hulle krip langs Ouma Annie se bed. Die hele huisie het bestaan uit net drie vertrekke, 'n slaapkamer, 'n woonkamer en 'n klein badkamertjie. Die kombuisie was sommer so langs die kaggel ingedruk en as Ouma kos gemaak het het die hele huis lekker geruik. Al was die plekkie klein was dit vrolik en vol liefde. Buite was daar oral blomme in die somer en skoenlappers wat oor die groen gras gefladder het en in die koue winter het al die kinders snoesig voor die kaggel gesit en luister na die mooi stories wat Ouma Annie vertel.

    Maar Ouma Annie het siek geword. Dit was nie 'n gewone siek wat medisyne kon beter maak nie. Sy het begin lag en giggel soos 'n kind en soms maar vreemde dinge aangevang. Sy het partykeer vergeet om haar hare te kam en vertel van die pers katte wat in die nag rondloop, sommiges was pers met pienk strepe en ander pers met swart kolle maar almal was beslis pers. Eers was dit vir die kinders snaaks en hulle het lekker met Ouma saam gespeel maar later het Bella en Jan-Bam besef, Ouma speel nie en sy sou nie meer lank na hulle kon kyk nie.

    Bella-hulle kyk om hulle en neem die vreugdelose toneel in. Alles lyk grys en stowwerig, die pad, die paar dooie bossies langs die voetpaadjie, die weeshuis, die krans waarop dit staan en selfs nou ook hulle, so asof hulle nou al klaar deel geword het van al die treurigheid. Sy kyk weer na die weeshuis. Dit lyk eintlik soos drie ou hout huise wat 'n warrelwind op mekaar gestapel het en daarna maar net met toue, planke en 'n paar gebuigde spykers aanmekaar gemaak was. Die boonste huise of 'verdiepings' beweeg stadig in die wind van die kant tot daai kant totdat 'n tou te kort word en dan met 'n dowwe kreun die hele affêre terug ruk om weer in 'n ander rigting te draai. Heel bo lyk dit asof daar groot vlermuise rond vlieg, in en uit by die vensters terwyl hulle 'n klomp krysende kraaie weg jaag. Die beweging van die huise laat die grillerige plek lyk asof dit lewe maar oral om dit lyk alles dood.

    Die weeshuis maak Bella bang en sy vou haar jas 'n bietjie stywer toe so asof dit die bang sal uithou, maar dit doen nie.

    Dapper wees, Bella... praat sy haarself saggies moed in. Sy draai na die ander en sê,

    Kom julle, miskien is dit net vir 'n rukkie... tot Ouma beter is

    Die ander knik hartseer hulle koppies. Bella kan sien hulle probeer ook hul bes om dapper te bly.

    Jan-Bam tel die swaarste tasse op soos hy altyd doen en begin agter Bella en die tweeling loop. Hulle loop met die paadjie op na die weeshuis toe maar al is die paadjie kort, voel dit vir Jan-Bam vreeslik lank, asof elke tree wat hy gee ure lank neem. Die vloerstene in die voetpaadjie is almal gekraak met dooie onkruid en stof in die krake en maak dowwe krap geluide wanneer hulle daarop trap. Dit is die enigste geluid wat hulle hoor, verder is alles is stil behalwe vir die huis se gekreun en die sagte gedruis van die meer se golwe ver onder hulle.

    Wat was dit?!

    Jan-Bam kyk vinnig op van die verwaarloosde voetpaadjie voor hulle en draai dan om om agter toe te kyk. Hy is seker hy het iets gehoor en kyk na waar die taxi hulle 'n rukkie tevore afgelaai het. Dit voel vir hom of iets terug kyk. Iets wat hy nie kan sien nie, iets wat êrens in die stof stilletjies vir hulle lê en loer. Die stof het gaan lê maar aan die ander kant van die teer pad lyk dit asof daar iets beweeg, iets tussen die groot grys rotse wat oral om hulle uitsteek, of was dit? Dit is moeilik om te sien met stowwerige brille. Hy vryf sy brille in 'n sakdoek skoon en kyk weer maar daar is niks nie, net dieselfde grys rotse en 'n paar dooie bossies wat wil-wil beweeg in die windjie. Die ander kinders lyk nie of hulle iets gehoor het nie en stap gedwee verder met die paadjie. Dalk was dit maar net sy verbeelding. Hier bo in die kranse kan die wind skielik opkom en iets laat warrel of waai.

    Dit is hoe mense sê die weeshuis hier gekom het, in 'n woeste warrelwind. Ouma Annie het hulle altyd vertel van die verwoestende storm wat op die meer en sy donker water losgebars het.

    Die donker meer, die Nimmermeer.

    Julle moet oppas vir die water! het sy hulle altyd gewaarsku.

    Daar is dinge in die meer... ongediertes! Hulle kruip in die nag uit die water op soek na hulle prooi! Bly weg van die donker water af!

    Jan-Bam het altyd gedink Ouma Annie het hulle maar net probeer bang praat sodat hulle nie in die nag in die water sou speel nie, dit is tog gevaarlik om in die donker in die water te speel selfs sonder ongediertes en wolhaarstories. Jou voet kan maklik in die oewerplante se wortels vassit, of iets anders kan gebeur en in die donker sal jy nie maklik kan sien om jouself te bevry nie. Ouma het hulle vertel van al die vreemde dinge wat op die meer gebeur het, van monster visse wat skepe in hulle kake kon kraak tot spookskepe wat in 'n digte groen mis oor die water sweef. Daar was selfs ook berigte van meerminne en een van die dorpsbewoners het hoog en laag belowe dat een so 'n meermens hom in die water wou trek en verdrink! Ouma se stories was altyd kleurvol en interessant maar soos hy ouer geword het het Jan-Bam nie die stories meer so honderd persent geglo nie, miskien was hulle maar net stories.

    Ouma het vertel hoe daar een nag 'n verskriklike storm op die meer losgebars het. Die golwe het gedruis en bo die meer het pikswart wolke gekolk. Die wind was so erg dat die dorpsmense bang was hulle huise sou omwaai en deur die nag onrustig wakker gelê het om te luister wat die storm doen. Die hele nag lank het die wind gehuil en stormreën teen die huise geslaan. Met dagbreek het die storm uiteindelik gebreek en het die inwoners uitgekom om die skade te aanskou, oral het takke en blare gelê en allerhande dinge wat omgewaai het. Die strate was vol rommel en oral in die bome het wasgoed en papiere gehang, maar dit was nie al nie...

    Daar het ook huise omgewaai en baie mense het seergekry, gelukkig nie te ernstig nie, maar nog steeds...

    Die wind het nie net dinge weg gewaai nie maar ook dinge neergesit. Hier en daar was stoele, tafels en ander meubels wat meestal in stukke op die grond gelê het wat geen van die dorpsmense herken het nie. Daar was ook takke van vreemde bome en ander plante wat hulle nog nooit gesien het nie, een van die plante het tande gehad en het die burgemeester probeer byt! Die vreemdste van alles was die huis wat skielik bo-op die kranse langs die dorp verskyn het.

    'n Vreemde rooi plek wat op nadere ondersoek nog net vreemder gelyk het. Dit was drie huise wat mooi op mekaar gebalanseer het en met geel toue aanmekaar gemaak was. Die geel toue het van die huis se dak teen die krans af gelê waar hulle nog aan 'n paar helderkleurige seile vasgemaak was. Die dorp se polisie konstabel het beslis dat die seile eintlik groot ballonne was en dat hulle die rede was dat die vrolik geverfde huis so veilig kon land. Rondom al die huis se vensters en deure was daar helder blomme geverf en selfs die meubels binne was vrolik versier met mooi lappies en geverfde blommetjies. Verbasend genoeg het die huis met meubels en al nie te veel skade opgedoen nie, selfs die koppies en borde in die kaste was nog almal heel.

    Wie se huis dit was of waarvandaan dit gekom het kon die dorpsmense net raai. Miskien was dit 'n sirkus vanweë die helder kleure... Nee, dit lyk eerder soos die huise aan die oostekant van die meer, het ander weer geraai. Nee-nee, dis beslis van die land aan die anderkant van die Oerberge, kyk dan net al die vreemde plante wat saam hierheen gewaai het, selfs 'n Mensvreter wat die burgemeester probeer byt het.

    So het hulle maar geraai en hoe meer hulle geraai het hoe banger het hulle geword. Waarom het die dinge gebeur? Waar kom al hierdie vreemde goed vandaan? Die dorpsmense het besluit om al die dinge wat die storm gebring het weg te bêre. Al die stukkende meubels en klein dingetjies wat hulle kon optel het hulle in 'n pakhuis buite die dorp gaan bêre, ingeval die oorspronklike eienaars daarna kom soek het. Die plante het hulle in bottels en flesse gesit, elk met 'n beskrywing van waar dit gevind was en wat hulle dink die spesie kon wees, selfs die Mensvreter het 'n plek gekry, ironies genoeg in die burgemeester se kantoor waar hy dit in 'n mooi voëlhok aangehou het en vir almal wat hom besoek het vertel hoe die plantjie amper sy arm opgevreet het.

    Maar die dorpenaars se stormvrees het gebly en lewe in die dorp was nooit weer dieselfde nie. Hulle het altyd bekommerd gekyk na die meer en die wolke, bang dat die twee weer sou saamspan teen hulle. Nadat hulle die dorp weer reggemaak het het hulle besluit om dit 'n ander naam te gee, 'n naam wat beter sou pas as die vrolike naam wat dit gehad het. Hulle het die dorp herdoop na Bitterwind, 'n herinnering aan daardie verskriklike nag en die wind wat hulle lewens so bitter gemaak het.

    Die Bitterwinders het nie geweet wat om te maak met die huis op die krans nie. Die Stormhuis, soos hulle dit genoem het, was te groot om te bêre, te stewig om af te breek en te vreemd om mis te kyk. Los dit uit!, het sommiges bangerig gesê, Stoot dit teen die krans af! het ander weer voorgestel, Gee dit vir die weeshuis...?, Ja dit klink soos 'n goeie idee, die weeshuis se dak is juis vol gate en die kinders moet beurte maak om die mure regop te hou. Die Stormhuis sal perfek wees vir hulle en daar bo op die kranse sal hulle ook sommer onder ons voete uit wees! So het die Stormhuis die weeshuis geword en vir geslagte lank skuiling gebied aan die mensies wat die wêreld nie wou hê nie.

    Jare na die storm staan daar nou weer mensies op die weeshuis se stoep, bang oor wat vir hulle agter die grou planke wag. Jan-Bam was nie seker oor Ouma se stories nie, nie honderd persent seker nie, maar hier staan hulle nou voor een van haar stories wat waar is. Die weeshuis is nie meer mooi vrolik geverf nie. Van die eens helder kleure is daar nou net in die diepste krakies en hoekies van die hout nog 'n dowwe oorblyfsel te sien maar jy moet mooi kyk om dit nie te mis nie. Rondom die vensters en die groot dubbeldeur is die blommetjies wat eens so kleurvol was nou net 'n ligter kleur grys. Die plek lyk asof dit vir jare lank verwaarloos was sonder dat enige iemand daarna gekyk het. Op plekke het die eens sterk hout al begin vrot en op ander plekke staan daar splinters uit waar die hout seergekry het.

    Juis so 'n stukkende plekkie het Gerrie se aandag getrek en sy streel haar vingers saggies oor die merke in die hout. Daar sit 'n mooi blou dons veertjie in die splinters vas maar sy is te bang om dit uit te haal en stamp liggies teen Gort en beduie na die veertjie. Gort lyk 'n bietjie onkant gevang, hoe kan Gerrie dan nou wil vere versamel? Hy weet nie mooi wat om te doen nie, netnou kry hulle raas as hy die veertjie vat en Bella het hulle maak belowe om voorbeeldig te wees en hulleself te gedra, maar aan die ander kant... Dit is tog net 'n veertjie.

    Gort stap nader om die veertjie te vat maar voor hy naby kom waai 'n skielike wind dit in die lug en oor na die ander kant van die stoep waar dit oor die relings waai en dan verdwyn agter 'n klomp ranke met die grootste dorings wat hy nog ooit gesien het. Die dik doringranke krul rondom al die relings om die stoep en is op sommige plekke so dig dat hy nie deur dit kan sien nie. Oral op die ranke is daar die gruwelikste donker dorings wat in alle rigtings steek en draai. Van die dorings is so lank soos Gort se vingers en hulle lyk vlymskerp, daar sit selfs dooie blare in die dorings vas wat deur die wind in hulle vas gewaai is.

    Die dooie blare krap oor die grond soos die skielike windjie hulle waai, van die een kant van die weeshuis oor die droë grond en klippe en dan swiep die wind hulle oor die steil krans wat net 'n paar tree van die weeshuis af is. Die krans lyk glad nie veilig vir Jan-Bam nie, daar is nie eens relings teen die krans nie of selfs net 'n teken om mense te waarsku nie, al wat tussen die weeshuis en die afgrond is is die dik doringranke wat soos 'n digte heining rondom die weeshuis groei. Om die waarheid te sê, die hele weeshuis en alles om dit lyk baie onveilig, so asof 'n windjie of selfs 'n harde stamp alles skielik by die krans kan laat aftuimel en te pletter val op die skerp rotse ver onder hulle. Die wind swiep-swiep die blare en stoffies maar so skielik soos die windjie opgekom het is dit ook weer weg. In die plek van die blare se gekrap is daar nou net weer die stille gekreun van die huis en die golwe onder teen die kranse.

    Dan hoor Jan-Bam iets, dit klink soos droë blare wat kraak as jy daarop trap, soos 'n stadige voetstap 'n entjie agter hulle.

    Daar is dit weer!

    Die keer het die ander dit ook gehoor en hulle kyk om na die paadjie. Miskien is dit die weeshuis se opsigter of dalk een van die kinders? Weer hoor hulle hoe die blare kraak-kraak soos iemand - of iets - daarop trap.

    Hallo...? Bella groet-vra terwyl sy rond kyk maar daar is niemand nie.

    Kraak ... kraak ...

    Dit is darem baie vreemd. Hulle hoor die voetstappe maar hulle kan niemand sien beweeg in die stilte nie.

    Kraak, kraak, klink die voetstappe nou al baie nader, amper by die stoep maar nog  steeds kan hulle niemand sien nie.

    Is iemand daar? Jan-Bam kyk vinnig rondom hulle en vra dan 'n bietjie harder, Is iemand daar... hallo?

    Die voetstappe word al harder en klink asof hulle van die rotse se kant af kom waar hy die eerste keer gevoel het of iets vir hulle loer, al nader na die trappe toe maar die doringranke is so dig gevleg deur die relings dat Jan-Bam niks agter dit kan sien nie. Die voetstappe kom al vinniger nader tot dit klink of dit net agter die relings is, agter die doringrank met die vlymskerp dorings, en dan skielik is dit weer stil. Wie of wat ook al deur die blare gestap het is nou net agter die relings en antwoord nie as hulle praat nie, daar is ook geen geluid meer nie behalwe die huis en die golwe.

    Goeie dag... Ons is die Grim-kinders... Bella leun effens vorentoe en praat onseker na waar die geluide vandaan gekom het.

    Hulle het gesê ons moet hierheen kom en...

    Skielik is daar weer 'n gekraak van blare wat haar laat skrik en sy tree vinnig terug. Die tweeling skrik ook vir die skielike geskarrel agter die relings en staan stywer teen mekaar. Bella en Jan-Bam skuif ook nader aan die ander sodat die Grim-kinders 'n klein wees-bondeltjie vorm voor die groot, grys dubbeldeur met hulle bagasie tussen hulle en die geluid agter die relings. Jan-Bam is seker hy hoor iemand asemhaal, dit klink amper soos 'n uit-asem roggel soos wanneer Ouma Annie se asma gepla het maar iets omtrent dit is anders so asof dit nie 'n mens is wat so asemhaal nie... Dalk is dit een van die meermonsters waaroor Ouma hulle altyd gewaarsku het maar sy het gesê hulle kruip in die nag uit die meer, uit die donker water, en dit is nou vroeg oggend... Jan-Bam sluk hard. Hy hoop werklik nie dis 'n meermonster nie, hulle het niks om hulself mee te verdedig nie en hulle kan ook nêrens heen hardloop nie, oral om hulle is dorings.

    Goeie dag, ons is die Grim kinders... Bella praat nou 'n bietjie sagter want sy is nie meer seker dat dit die opsigter is nie. 'n Mens sou mos geantwoord het tensy hulle besig was om die kinders te terg. Die gedagte dat iemand hulle dalk aspris probeer bang maak laat Bella se gemoed sommer gou verander van bang na effens kwaad.

    Dis nie mooi om ons nie te antwoord nie! sê sy vies maar daar is nog steeds 'n bietjie onsekerheid in haar stem.

    Niemand antwoord nie.

    Weer is daar 'n geskarrel tussen die droë blare en die hees asemhaling wat al hoe nader na die trappe beweeg en dan hoor hulle skielik 'n harde geluid agter hulle wat hulle almal verskrik laat omspring. Die Grim-kinders kyk almal grootoog na die ou dubbeldeur wat oop swaai en die plomp figuur van 'n nors vrou wat na hulle afkyk.

    Dis nie nodig om te skree nie! sê die nors vrou terwyl sy die kinders op en af kyk. Sy lyk asof sy besig was om kos te maak want sy dra 'n vuilerige voorskoot en oral op haar klere lyk dit asof daar meel en ander stukkies kos vassit.

    Bella is onkant gevang en probeer verduidelik dat sy met iemand anders gepraat het, Jammer ek het nie...  maar die vrou ignoreer haar en praat self verder.

    So julle is die Grim-kinders? sy wag nie vir die kinders om te antwoord nie maar praat weer verder terwyl sy haar hande aan 'n vuil vadoek afvee.

    Hulle het gesê julle sal vanoggend opdaag. Vat julle goed en gaan staan daar voor die kantoor, sy waai met die vadoek in die rigting van die sygang.

    Juffrou Knor is oppad. Die vrou gee die kinders 'n besorgde kyk en lyk asof sy bang word toe sy van die juffrou praat.

    Bella het stories gehoor van Juffrou Knor. Van haar skoolmaats het vertel van die weeskinders wat oor naweke by hulle kom kuier en dan allerhande gruwelike stories vertel van die weeshuis se opsigter, van hoe lelik sy is met al die kinders. Bella wil eintlik nie aan al die stories dink nie want sy is nog steeds bekommerd oor die geluide wat hulle by die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1