2

Opspraakwekkende nuusgebeure in 2012

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 14 Desember 2012

Vanjaar is deur heelwat omstrede gebeure gekenmerk. Natuurrampe, grusame moorde, gewelddadige stakings, renosterstropery en Lance Armstrong se skandes is van die gebeure waarvoor 2012 waarskynlik onthou sal word. Hier is ’n kort opsomming.
ASTERIX IN AFRIKAANS: Ná on­ derhandelinge van vier jaar het die Protea Boekhuis in Februa­ rie ’n kontrak met Hachette Li­ vre in Parys beklink om die Aste­ rix­reeks in Afrikaans uit te reik.

Griekwastad­moorde
Van plaastragedie tot opspraakwekkende hofsaak
Vrydag 6 April 2012:
09:00 ) Die Steenkamp-gesin woon die Goeie Vrydag-diens in die NG Kerk op die dorp by en drink daarna tee by familie. Gesin keer terug na hul plaas, Naauwhoek. Omstreeks 18:00 ) Christel is op haar rekenaar doenig, terwyl Deon en Marthella TV kyk. Omstreeks 18:34 ) Christel word vermoedelik eerste geskiet. ) Deon word vermoedelik drie keer geskiet. ) Marthella vlug vermoedelik by die agterdeur uit en hardloop in die rigting van die skuur. ) Marthella word tussen die kombuisdeur en die skuur geskiet, maar is nie dood nie. ’n Koeël tref die kombuisdeur en die muur reg langs die skuur se deur. ) Marthella word terug in die huis geneem en vermoedelik vir ’n tweede keer (in die kop) geskiet. Die beskuldigde gaan na bewering na die skuur om een van Deon Steenkamp se voertuie te gaan haal om dorp toe te ry. ) By die huis se hek sien hy glo Deon Steenkamp se twee vuurwapens in bosse lê. Hy gaan haal dit en sit dit op die agtersitplek van die bakkie. ) Eerder as om na die plaas se hoofhek te ry, ry die beskuldigde’n langer roete deur bosse om die plaaswerkers te waarsku. Omstreeks 18:54 ) Die beskuldigde daag kaalbolyf by die Griekwastad-polisiekantoor op. Hy sê aan die polisie “almal is dood” en dat hy niemand gesien het nie. ) Die polisielede jaag na die plaas. 19:05 ) Omliggende boere word verwittig van die moorde en ’n polisiehelikopter en speurders van Kimberley word ontbied. Hulle werk deur die nag. 21 Augustus ) Die 16-jarige beskuldigde word by sy skool in Bloemfontein in hegtenis geneem. 1 2 3 4 Plaaswerkers se huise. Die beskuldigde op pad na sy eerste hofverskyning op 22 Augustus. 6 7

5

6

Christel Steenkamp

Marthella Steenkamp Voordeur

Deon Steenkamp

Sitkamer Opwaskamer Kombuis 4 Agterdeur Stoep 1 2

Grie

kwa sta

Die grondpad wat die beskuldigde gebruik het na die plaaswerkers se huise.

d

TV-kamer Die pad na Griekwastad wat die beskuldigde kon gebruik het.

VIDEO MAAK OPSLAE: In ’n pad­ woede­aanval vroeg in Maart in Bloemfontein is ’n voetganger op ’n sypaadjie deur ’n taxi­bestuur­ der omgery en toe vol in die ge­ sig geskop totdat hy bewuste­ loos bly lê het. Die taxi­bestuur­ der se aanval op die voetganger is vasgelê deur die sekuriteitskame­ ras van die Brent Oil­vulstasie in Raymond Mhlabostraat (voor­ heen Andries Pretoriusstraat). Die video het internasionaal opslae gemaak.

22 Augustus 7 ) Die beskuldigde verskyn te midde van groot belangstelling in die landdroshof op Griekwastad op drie aanklagte van moord. 3 September ) Borgtog van R5 000 word aan die beskuldigde toegestaan. 1 Oktober ) Die verhoordatum word vir 11 tot 29 Maart 2013 in die hooggeregshof in Kimberley vasgestel. 4 Oktober ) Die staat kry verlof om teen die borgtog wat in die landdroshof aan die tiener toegestaan is, te appelleer. 5 November ) Die staat se appèl teen die borgtog vir die tiener wat van die driedubbele Griekwastad-moorde aangekla word, word in die hooggeregshof in Kimberley aangehoor. 28 November ) Regters Cecile Williams en Pule Tlaletsi wys die staat se appèlaansoek teen die borgtog in die hooggeregshof af.

Wapens glo hier gevind. 5 Koeëlgat in een van die skuurmure gevind. Die hoofhek is sowat 200 m van die plaashuis af. Koeëlgate in een van die huismure, asook in die kombuisdeur gevind.
THEUNS KRUGER, Grafika24

3

2040
Luidens ’n studie is dit wanneer Suid­Afrika se bevolking gaan ophou groei.
STORM VERNIEL KZN: Die tro­ piese storm Irina het in Maart verwoesting in KwaZulu­Natal gesaai. Die storm het veral in die noorde van die provinsie groot skade aangerig.

GROOT BEWARINGSGEBIED: Die wêreld se grootste oorgrensbewa­ ringsgebied is vanjaar bekend gestel. Namibië, Angola, Zimbabwe, Zam­ bië en Botswana is deel van die Ka­ vango­Zambezi­bewaringsgebied.

SINK: Op 15 April was die 100­jari­ ge herdenking van die sink van die Titanic. Luidens ’n studie oorleef mans seerampe makliker omdat hulle glo alle ridderlikheid oorboord gooi en hulself probeer red.

10%
Luidens ’n studie is dit die getal Suid­ Afrikaners wat geld aan liefdadigheid skenk.
SMALL KRY GESOGTE PRYS: Die dramaturg Adam Small is in Maart deur die Suid­Afrikaanse Akade­ mie vir Wetenskap en Kuns met die Hertzogprys vereer.

MILJOENE WEET VAN KONY: Hoewel Joseph Kony verlede jaar een van die tien mees gesoekte mis­ dadigers ter wêreld was, was hy be­ treklik onbekend. Binne 48 uur na­ dat die aktivistiese organisasie Invi­ sible Children die greep KONY 2012 op YouTube geplaas het, het dit eg­ ter soos ’n veldbrand versprei. Teen druktyd het 94 354 029 mense reeds na die video gekyk.

TALLE GLO EINDE HIER: Een uit el­ ke tien mense oor die wêreld heen is oortuig dat die wêreld vanjaar tot ’n einde sal kom, soos wat die Maya­kalender voorspel. Dié sta­ tistieke blyk uit ’n peiling wat die navorsingsmaatskappy Ipsos na­ mens Reuters gedoen het. In Suid­ Afrika meen 1 uit 14 mense die wê­ reld sal op 21 Desember eindig.

DEEL SKA MET AUSSIES: Suid­ Afrika het in Mei gehoor hy moet nou wel die SKA­radioteleskoop met die Australiërs deel, maar kry steeds die grootste hap. Naledi Pandor, minister van weten­ skap en tegnologie, het gesê daar is báie rede om fees te vier. Die internasionale SKA­or­ ganisasie het aangekondig daar is op ’n “gedeelde terrein­oplos­ sing” besluit.

NAAKTE WAARHEID: ’n Herrie het in Mei oor The Spear, ’n skildery van ’n naakte pres. Jacob Zuma, losge­ bars. Zuma het gesê dié kunswerk beeld hom as ’n rokjagter uit.

Die land is vroeg in Janua­ rie geruk toe Johan Kotzé, ook bekend as die Modimol­ le­monster, na bewering sy eksvrou, Ina Bonnette, laat verkrag en gemartel het. Hy het glo ook haar seun, Con­ rad, doodgeskiet. Hy was agt dae lank voortvlugtig voordat hy vasgetrek is. Die verhoor duur voort.

TORNADO’S RUK VRYSTAAT: Die Vrystaat is in Junie deur tor­ nado’s en gepaardgaande ruk­ winde verniel. Groot verwoesting is gesaai en vyf mense het hul le­ we in die stormweer verloor. Ter­ wyl familielede oor die dood van geliefdes gerou het, het mense in veral informele nedersettings die aardse besittings bymekaarge­ maak wat hulle oorgehad het en na ’n ander heenkome gesoek.