BYLAE TOT VOLKSBLAD, Vrydag 14 Desember 2012

7
Talle ligpunte vir Suid­Afrikaanse sportlui

Swemmers skitter
DIE vertoning van die swemmers Cameron van der Burgh en Chad le Clos was die groot hoogte­ punte van Suid­Afrika se Olimpiese Spele­aan­ slag vanjaar. Hulle het elkeen ’n goue medalje in Londen gewen. Suid­Afrika het ses medaljes ge­ wen – drie goud, twee silwer en een brons. Van der Burgh het die kant in die 100 m­borsslag in ’n wêreldrekordtyd geraak. Le Clos het ’n goue medalje gewen toe hy die Amerikaner Michael Phelps in die 200 m­vlinderslag met 0,05 se­ kondes verras het. Hy moes met silwer in die 100 m tevrede wees. Die liggewig­roeiviertal – Sizwe Ndlovu, Matthew Brittain, John Smith en James Thompson – het ’n goue medalje gewen. Die kanovaarder Brigitte Hartley het brons in die eindronde van die K1­kajakren oor 500 m ge­ wen. Caster Semenya was met haar silwer in die 800 m vir vroue die enigste atletiekmedalje­ wenner. – Johann de Jager

Natalie du Toit en Oscar Pistorius.

Gestremdes blink uit
Vanjaar was ’n Olimpiese jaar en ’n paar mil­ joen mense het die Spele in Londen gevolg. Maar die ware Olimpiane was die gestremdes wat in dié jaar uitstekend gepresteer het. Te­ boho Mokgalagadi het aan sy soveelste Spele deelgeneem en weer uitgeblink. Hy het ’n sil­ wermedalje in die 100 m gewen. Een van die grootste eerbewyse van die Vrystaatse Sport­ media is aan Ernesta Strydom toegeken. Sy was die administrateur van die jaar. Strydom het vanjaar as beampte op die Paralimpiese Spele diens gedoen. Strydom is al lank as ar­ beidsterapeut verbonde aan die Dr. Böhmer­ skool en het al verskeie bekende gestremde at­ lete afgerig. Vanjaar se sege van die Suid­Afri­ kaanse aflosspan op die Paralimpiese Spele waaraan die gewese Vrystater, Arno Fourie, deelgeneem het, beskou sy as die hoogtepunt van haar loopbaan. – Joe Venter

Die Suid­Afrikaanse krieketkaptein Graeme Smith stap vroeër vandeesmaand van die veld in Perth, Australië, saam met sy spanmaat Faf du Plessis met die Internasionale Krieketraad se toetskampioenskapsepter in die hand nadat die Proteas die toetsreeks op die laaste dag van die derde toets gewen het. Foto: CAMERON SPENCER/GETTY IMAGES

Goeie jaar vir Proteas
DIE Suid­Afrikaanse krieketspan was in ’n sta­ dium in al drie kodes die nommereen­span ter wêreld. Hy het 2012 onoorwonne in toetse af­ gesluit en vyf van sy tien toetse van die kalen­ derjaar gewen. Die grootste hoogtepunt van die jaar was dat hy – net soos in die 2008­’09­ seisoen – weer op toere met die Engelse en die Aussies afgereken het. Net Engeland en die Wes­Indiese Eilande kon al op twee agtereen­ volgende toere seëvierend van Australië terug­ keer. Suid­Afrika was die derde land om dit reg te kry nadat hy die derde en beslissende toets in Perth gewen het om die reeks 1­0 te wen. Die ranglyste is in 2012 deur Protea­spelers oorheers. Dale Steyn, top­toetsbouler, het die jaar op 299 paaltjies ná 60 toetse afgesluit. Vernon Philander was die vonds van die sei­ soen. Hy was Krieket Suid­Afrika se speler van die jaar en toetsspeler van die jaar. AB de Vil­ liers was die eendagspeler van die seisoen en Richard Levi die T20­speler van die seisoen. Suid­Afrika moes sy jare lange staatmaker­ paaltjiewagter Mark Boucher groet nadat ’n oogbesering sy loopbaan beëindig het. Suid­Afrika kon nie die halfeindstryd van die T20­wêreldtoernooi in Sri Lanka haal nie. Die Wes­IndieseEilande was die wenner. – Johann de Jager

Cameron van der Burgh (links) en Chad le Clos.

Goeie jaar vir Celtic, maar Bafana sukkel
BLOEMFONTEIN CELTIC het sy eerste tro­ fee in sewe jaar – die derde sedert 1985 – gewen deur die Telkom­uitklopreeks van­ jaar te wen. Celtic het die kampioen, Or­ lando Pirates, in sy opmars in die kwart­ eindronde uitgeskakel en Mamelodi Sun­ downs met 1­0 in die eindstryd in die Moses Mabhida­stadion in Durban geklop. Die speler van die wedstryd, Celtic se kap­ tein, Thabo Nthethe, was ’n verdediger in Suid­Afrika se laaste twee wedstryde van die jaar. Celtic se doelwagter­afrigter, An­ dré Bronkhorst, was ook in dié hoedanig­ heid by die nasionale span betrokke voor­ dat Gordon Igesund die leisels as breier by Pitso Mosimane oorgeneem het. Bafana Bafana boer egter steeds agteruit. Hulle het aan die begin van Desember die 84ste plek op die wêreldranglys beklee nadat hulle in Januarie nog 56ste was. Igesund is op 30 Junie vir twee jaar aangestel. Suid­ Afrika het twee van die vyf wedstryde on­ der hom vanjaar gewen. Hy het Mosam­ biek en Kenia geklop, maar teen Brasilië, Pole en Zambië verloor. In die plaaslike Premiersokkerliga het Free State Stars en Celtic die 2011­’12­seisoen onderskeidelik sesde en agtste onder die 16 ligaspanne afgesluit. Katlego Mashego van Stars is ook aan die begin van die Igesund­era by die nasionale span betrek. Stars se breier, Steve Komphela, was ook ’n hulpafrigter van Bafana Bafana. Hy het later as hoof­ breier waargeneem. – Johann de Jager

Knights ongetwyfeld nou derde beste in Suid­Afrika
DIE Knights het in al drie nasionale kompetisies van die 2011­’12­krieketseisoen derde geëindig. Hulle het net een van hul tien meerdagwedstryde verloor. In die eendag­ en T20­reekse het hulle die uitspeelwedstryde tussen die voorste drie spanne gehaal. Hulle het ses van hul tien eendagwedstry­ de gewen, waarna die Warriors hulle om ’n plek in die eindstryd geklop het. Die plaaslike T20­reeks was die eerste keer oor ’n dubbelronde beslis. Die Knights is in die “halfeindstryd” met ’n superbeurt uitgeskakel nadat hulle gelykop teen die Titans ge­ speel het. Dean Elgar was Krieket Suid­Afrika se plaaslike eendagspeler van die jaar. Die hotklou­ kolwer is vir die eendagreeks teen Sri Lanka gekies, maar ’n kniebesering en operasie het hom sy plek gekos. Hy het toe in Augustus teen Engeland sy eendagbuiging vir die Proteas gemaak en in die beslissende derde toets in Perth sy toetsbuiging. Ryan McLaren is ook soontoe ontbied. Morné van Wyk was in die Protea­groep vir die blitswedstryd teen Indië. Die Knights­kaptein is deur die Suid­ Afrikaanse Spelersvereniging as die waardevolste speler in die land aangewys. Vrystaat en Griekwas het onderskeidelik die provinsiale eendag­ en drie­ dagreekse gewen. – Johann de Jager

Spelers maak skoonskip op die gholfbaan
DIE Vrystaatse en Suid­Afrikaanse gholfspelers het ’n uiters geslaagde jaar beleef. Trouens, daar is min lande wat met soveel skitterende presta­ sies kan spog as Suid­Afrika. Die Vrystaatse spe­ lers het ook hul stemme behoorlik dik gemaak. Jbé Kruger het vanjaar sy eerste grote in die Euro­ pese reeks gewen. Hy het uitstekende gholf ge­ speel en die Avantha­Meesters in Nieu­Delhi ge­ wen. Hy is daarvoor beloon deur die tweede keer as die Vrystaatse sportman van die jaar gekroon te word. Alex Haindl het ook in ’n paar toernooie sy man deeglik gestaan en ons moet onthou dat Hennie Otto ook nou ’n speler van ons streek is. Hy boer in die Noord­Kaap. Maar die jaar sal veral om twee dinge onthou word. Die eerste was toe Ernie Els in die laaste ronde van die Britse Ope te­ ruggeveg het en ’n uiters opwindende sege behaal het. Dan was daar die dramatiese einde aan die Amerikaanse Meesters op Augusta National wat Louis Oosthuizen by die laaste putjie weggegooi het. Die gholfspan van Schoemanpark het in die plaaslike ligareeks al die trofeë gewen. – Joe Venter

Khumbulani Konco, uitvoerende hoof van Bloemfontein Celtic, met die tro­ fee van die Telkom­uitklopreeks.

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful