Graad 12 Leerderboek

Meganiese
T egnologie
CAPS

Charles Goodwin André Lategan Daniel Meyer

Meganiese Tegnologie
Leerderboek vir Graad 12

© Future Managers 2013 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier, hetsy elektronies, meganies, fotokopiëring of andersins, sonder skriftelike toestemming wat vooraf van die kopiereghouers verkry is nie. ISBN 978-1-77581-001-8 Om ’n afskrif te maak van enige gedeelte van hierdie publikasie, moet ’n versoek gerig word aan DALRO vir inligting en outeursreg toestemming. Ongemagtigde kopiëring is strafbaar en mag lei tot ’n siviele geding en/of strafmaatreëls.

Telefoon: 086 12 DALRO (in Suid-Afrika); +27 (0)11 712-8000 Faks: +27 (0)11 403-9094 Adres: Posbus 31627, Braamfontein, 2017, Suid-Afrika www.dalro.co.za

FutureManagers
Uitgegee deur Future Managers (Pty) Ltd Posbus 13194, Mowbray, 7705 Tel. (021) 462 3572 Faks (021) 462 3681 E-pos: info@futuremanagers.net Webwerf: www.futuremanagers.net ii

Inhoudsopgawe
Hoe om hierdie boek te gebruik................................................................................................................................................................................... iv Hoofstuk 1 – Veiligheid...................................................................................................................................................1 Hoofstuk 2 – Gereedskap..............................................................................................................................................27 Hoofstuk 3 – Materiaal..................................................................................................................................................51 Hoofstuk 4 – Terminologie...........................................................................................................................................63 Hoofstuk 5 – Samevoegingsmetodes...........................................................................................................................79 Hoofstuk 6 – Kragte.................................................................................................................................................... 105 Hoofstuk 7 – Instandhouding.................................................................................................................................... 123 Hoofstuk 8 – Stelsels en beheer................................................................................................................................. 139 Hoofstuk 9 – Turbines................................................................................................................................................ 167

iii

Hoe om hierdie boek te gebruik
Uiteensetting van die kurrikulum
Meganiese Tegnologie vir graad 12-leerders is op die nuwe VOO-kurrikulum vir Meganiese Tegnologie gebaseer wat nege onderwerpe insluit.

Sterdiagramme
Elke hoofstuk word ingelei deur ’n spinnekopdiagram wat die inhoud van elke hoofstuk dek. Die volgende spinnekopdiagram is ’n voorbeeld van Hoofstuk 6:

Berekening van kragte in ingenieurswesekomponente

Gevorderde toetse volgens verskeie meganiese beginsels

Bereken momente in ingenieurswese-komponente

Kragte

Berekening van spanning, vervorming en elastisiteits-modulus

Konsepte van spanning, vervorming en elastisiteits-modulus

iv

Verduideliking van simbole
Die volgende simbole word regdeur die boek gebruik om jou te help om belangrike konsepte of aktiwiteite te herken.

Ikon

Beskrywing Onderwerpe

Assessering

Het jy geweet?

Sleutelwoord

Dink ’n oomblik na

Waarskuwing!

Omgewingsake

Menseregte

Buiten die verskeie simbole is daar vir begripsdoeleindes verduidelikende notas en kassies vir die afdelings “Dink ’n oomblik na” en “Het jy geweet?” in die kantlyn geplaas.

v

Die belangrikheid van Meganiese Tegnologie in die wêreld
Suid-Afrika en baie ander lande in die wêreld beleef tans groot vaardigheidstekorte, en het ’n dringende behoefte aan vaardige ingenieurs, tegnoloë, tegnici en ambagslui. ’n Inleiding tot Meganiese Tegnologie poog om leerders aan die nodige kennis, vaardighede, houdings en waardes bloot te stel wat hulle vir verdere studie in Meganiese Ingenieurswese en verwante sektore sal toerus. Die vak Meganiese Tegnologie fokus op tegnologiese prosesse, van konseptuele ontwerp tot die praktiese probleemoplossingsproses, ten einde produkte te lewer of te verbeter wat ons lewenskwaliteit verryk.

Verduideliking van die sleutelwoorde
Jy kan dalk in hierdie kursus ’n hele paar onbekende woorde teëkom. Om hierdie rede verskyn daar sleutelwoorde in die boek om die betekenis van woorde wat in vetdruk in die teks verskyn, te verduidelik. Die sleutelwoorde dek ook akronieme (woorde/afkortings wat uit die eerste letters van name bestaan) wat in die boek voorkom.

Assesseringsaktiwiteite
Die assesseringsaktiwiteite is in individuele en groeptake verdeel. Sommige is pen-en-papieraktiwiteite, en ander is meer prakties van aard. Die oplossings vir sommige take kan in die teks gevind word, terwyl jy vir ander tuisnavorsing sal moet doen. Dit is baie belangrik dat jy die instruksies sorgvuldig lees voordat jy met enige van die take begin.

Boodskap van die skrywers
Jy is bevoorreg om een van die eerste leerders te wees wat Meganiese Tegnologie as een van jou VOO-vakke het. Dit sal ongetwyfeld van groot waarde in jou toekomstige studie wees. Om sukses in hierdie vak te verseker, is dit baie belangrik dat jy die volgende beginsels toepas: • Gaan deur die notas en maak seker dat jy die werk verstaan. • Raak vertroud met die belangrike konsepte en definisies. • Werk soveel probleme uit as wat jy kan. • Gereelde hersiening sal jou help om die werk beter te verstaan en te onthou. • Verwys gerus na ander relevante leesstof om jou kennis van die vak uit te brei. Bowenal, dink en werk hard. Alle sterkte vir jou studie vanjaar. DIE SKRYWERS

vi

Hoofstuk 1

Veiligheid
Onderwerp 1

BGV Draaibanke Freesmasjiene Toetstoerusting Veiligheid MIGsweismasjien Knipmasjiene Gassilinder Hegmetodes Slypmasjiene

Snymasjiene

Persmasjien

1

Meganiese Tegnologie

Inleiding
Veiligheid in die werkwinkel was behandel in gr 10 en 11. In graad 12 moet leerders ten volle bewus wees van alle veiligheids maatreëls gedurende basiese aktiwiteite om ongelukke te voorkom. Leerders moet demonstreer hulle verstaan van die BGV waar van toepassing in die werklokaal.

Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid van 1993 (BGV)
Die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wet 85 van 1993 (BGV) is om die gesondheid en veiligheid van werknemers in die werkplek te verseker. Die volgende groepe word egter nie deur die Wet beskerm nie: • Groepe wat deur die Handelsvlootwet beskerm word. • Mense wat in myne, mynterreine of enige werkplerk wat deur die Wet op Myngesondheid en Veiligheid, Wet 29 van 1996, as sulks beskou word, werk. Die bepalings van die Wet op Beroepsgesondheid en veiligheid van 1993 (BGV) lui: • Die werkgewer moet ’n veilige werksomgewing voorsien en handhaaf. • Leweransiers/fabrikante moet verseker dat items wat in die werkplek gebruik word, nie ’n veiligheids- of gesondheidsrisiko inhou nie. • Werkgewers moet hulle werksmag van enige gevare in die werkplek in kennis stel. Werknemers moet: • Redelike sorg dra om hulle eie en ander se gesondheid en veiligheid te beskerm. • Enige wettige opdrag uitvoer en die reëls en prosedures vir gesondheid en veiligheid wat deur die werkgewer neergelê is, nakom. • Onveilige/ongesonde situasies aanmeld. • Insidente wat die gesondheid kan aantas of ’n besering veroorsaak het, aanmeld. Die wet verwys ook na die volgende: • Die aanstel van gesondheids en -veiligheidsverteenwoordigers. • Die stig van gesondheids en -veiligheidskomitees. • Die aanmeld van voorvalle/siektes en inspeksies.

Uittreksels uit die BGV van 1993 se regulasies oor algemene gesondheid en veiligheid
Persoonlike beskermingstoerusting en -geriewe 1. Volgens die voorskrifte van artikel 8(2)(d) moet elke werkgewer, enigeen in eie diens of gebruiker, die nodige stappe doen of voorsorg tref om die risiko’s verbonde aan enige toestand of situasie wat mag ontstaan uit die bedrywighede van so ’n werkgewer, persoon in eie diens of gebruiker en waaraan persone by ’n werkplek of in die loop van hulle diens of in verband met die gebruik van masjinerie blootgestel word, te beveilig en mense te vrywaar teen enige risiko’s vir hulle gesondheid. 2. Na gelang van die soort gevaar wat bekamp moet word en sonder om afbreuk te doen aan die algemene pligte wat aan werkgewers en gebruikers deur subregulasies (1) en (2) opgelê is, moet die persoonlike beskerming en maatreëls wat in sub-regulasie (2) voorsien word, waar nodig die volgende insluit:

2

Veiligheid
• Geskikte skutbril, bril, gesigskerms, sweisskerms, kykgleuwe, hardehoede, skermhelms, kappies, handskoene, kaphandskoene, voorskote, baadjies, kappe, moue, kapparings, slobkouse, kamaste, skermskoene, oorpakke. • Enige soortgelyke persoonlike beskermende toerusting of gerief van sodanige aard wat ligaamsbeserings doeltreffend sal vermy. • Waterdigte klerasie, duidelik sigbare kleding, chemies-weerstandige drag, laetemperatuurdrag, gepantserde drag, waadstewels, vlamvaste of brandvertragende klerasie, ysbaadjies of soortgelyke persoonlike beskermingstoerusting van so ’n aard wat die die draer doeltreffend sal beskerm teen skade. • Tuie, nette, lewenslyne, veiligheidshake of enige soortgelyke toerusting wat ontwerp is om te verhoed dat mense val. • Matte, versperrings, sluittoestelle, veiligheidstekens of enige soortgelyke geriewe wat verhoed dat mense gly, onveilige plekke betree of aan hulle blootgestel word. • Beskermende salwe, oorskutte, oorproppe, maskers, asemhalingstoerusting, lugpype, helms of soortgelyke toerusting of geriewe voorsien wat hulle teen skade sal beskerm; toestelle vir gehoorbeskerming en asemhaling moet die nodige SANS-standaarde bevredig. • Geskikte isolasiematte op die grond waar mense mense op metaal-, klip-, of betonvloere of vloere enige soortgelyke materiaal werk of enige ander geriewe wat nodig is om sulke mense te beveilig. Dit is belangrik om jouself te beskerm deur die regte klerasie te dra. ’n Noupassende vlamvaste (een- of tweestuk) oorpak is jou eerste beskerming, want dit beskerm jou liggaam en klerasie teen vonke en afvalstowwe in die werkswinkel en verhoed ook dat jou klere in masjiendele vasdraai of daaraan vashaak. Staalpunt-veiligheidstewels of –skoene sal jou voete teen vallende voorwerpe beskerm. Na gelang van die soort werk wat jy in die werkswinkel gaan doen, sal die volgende beskermende drag ook nodig wees: • Handskoene en voorskote van chroomleer – noodsaaklik vir sweiswerk of as jy met warm materiaal moet werk. • Oogbeskerming – vir werk wat jou oë kan beskadig. Bv. sweishelms met donker glas om jou teen die intense hitte en lig te beskerm en helder lense vir slyp- of masjineerwerk. • Oorproppe of oorskutte, veral as jy in ’n raserige omgewing werk. Dit is belangrik om gewoond te raak om die nodige beskermende drag te dra. Versuim om dit te doen, al is dit net een keer, kan permanente beserings of iets erger veroorsaak. Figuur 1.1 toon voorbeelde van basiese persoonlike skermdrag.
Oorpak Veiligheidstewels Oorskutte Skermbril

1

Oorskutte

Figuur 1.1: Basiese persoonlike skermdrag

3

1

Meganiese Tegnologie

Slypmasjiene
Hoeksnyers

Romp

Handvatsel Skyf Veiligheidskerm

Figuur 1.2: Hoeksnyer

Wanneer jy met ’n hoeksnyer werk, onthou die volgende veiligheidsmaatreëls: • Dieselfde voorsorgmaatreëls van toepassing op ander soort snyers is ook van toepassing op hoeksnyers. • Die veiligheidskerm moet in posisie wees voordat jy met slypwerk begin. • Skerms moet in posisie wees rondom die voorwerp wat geslyp word om mense wat verbyloop, te beskerm. • Gebruik die regte slypskyf vir die taak. • Moenie die slypskyf teen die voorwerp forseer nie. • Voordat jy begin, maak seker dat daar geen krake in die slypskyf is nie. • Dit is uiters belangrik om skermdrag en oogbeskerming te dra as jy met ’n hoeksnyer werk, dra dus: – oorproppe of –skerms – veiligheidstewels met staal toonkappe – ’n oorpak of ander noupassende klere en – handskoene.

Bankslypmasjiene
Perspeksskerm Gereedskapstut Aan/af-skakelaar Kop Wielskermdop Maksimum gaping 3 mm Slypwiel Staander

Figuur 1.3: ’n Bankslypmasjien

4

Veiligheid
Kom die volgende veiligheidsmaatreëls na as jy met ’n bankslypmasjien werk: • Gebruik ’n masjien slegs nadat die skerms korrek aangebring is. • Maak seker dat daar geen olie of ghries op die vloer rondom die masjien lê nie. • Maak seker dat die gereedskapgids nie meer as 3 mm van die slypwiel se oppervlak is nie. Gapings van meer as 3 mm verhoog die moontlikheid dat ’n werkstuk tussen die slypwiel en die gereedskapstut ingetrek kan word. • Moenie voor die slypwiel staan wanneer jy die masjien aanskakel nie. Laat die masjien eers ’n paar sekondes loop voordat jy begin slyp. Die kans dat die wiel breek is groter wanneer dit net begin draai, as wanneer dit reeds bedryfspoed bereik het. • Indien die slypwiel ongelyk draai, moet dit met ’n amarilbywerker afgeskuur word. • Gebruik net die gesigvlak van ’n gewone slypwiel om teen te slyp, nooit die sykant nie. • Gebruik ’n slypwiel net vir sy bepaalde doel; spesifieke soorte slypwiele behoort vir bepaalde tipes materiaal gebruik te word. • Die meeste slypwiele is net vir ystermetale bedoel. • Om die gewenste afwerking te verkry, moet die korrekte grofheidsgraad gebruik word. • Beweeg die werkstuk versigtig en geleidelik nader aan die slypwiel, en moet dit nie daarteen “stamp” nie. Dit plaas onegalige druk op die wiel en kan dit ook struktureel beskadig. • Moet nooit “drukslyp” en sodoende die motor stadiger laat loop of algeheel laat stop nie. • Verstel die gereedskapgids net wanneer die slypwiel stilstaan. • Klamp werkstukke en vashoutoestelle veilig en stewig vas. • Moet nooit die slypwiel in snyvloeistof laat staan nie, aangesien dit die slypwiel ongebalanseerd kan laat loop wanneer jy dit weer aanskakel.

1

Luier Om sonder ’n lading te loop

Oorskry Meer as iets wees

Stilstaande Rustend, draai nie

Montering van ’n slypwiel
Die volgende stappe word aanbeveel: • Kies die korrekte tipe slypwiel vir die taak. • Gaan die slypwiel na vir krake en klop daarteen om die “klinktoets” te doen. • Moet nooit ’n beskadigde of swak bygewerkte slypwiel gebruik nie. • Maak seker dat die wielspoed nie die vervaardiger se aanbeveling oorskry nie. • Moet nooit die slypwiel oor die spil forseer nie. • Gebruik slegs een gladde papierspasieerder aan weerskante van die slypwiel. • Gebruik haakse en korrek gevormde flense van eenderse grootte en van ten minste een derde van die slypwiel se deursnee. • Draai die slypwiel se moer versigtig met ’n skroefsleutel vas totdat die wiel net vas is. • Vervang die skerms op die korrekte wyse. • Staan opsy en skakel die masjien aan. • Laat dit loop terwyl jy die slypwiel met ’n amarilbywerker afskuur. • Skakel nou die masjien af en verstel die gereedskapstut sodat dit minder as 3 mm van die slypwieloppervlak en reghoekig staan.

Spil Die draaiende as waaraan die slypwiel gevestig word

Slypwiele
Alle slypmasjiene wat meganies of elektries aangedryf word, moet duidelik gemerk wees met die aanbevole draaispoed (in r/min) van die as. Die randspoed van die wiel behoort nie die aanbevole draaispoed van die as, soos deur die vervaardiger aangedui, te oorskry nie.
Randspoed Die spoed wat die omtrek van die slypwiel bereik

5

1

Meganiese Tegnologie
Ander veiligheidsmaatreëls: • Elke slypwiel moet ’n skerm hê wat die impak van ’n wiel wat uitmekaar spring kan weerstaan. • Bankslypmasjiene moet ’n deursigtige skerm hê wat die bediener se oë beskerm. • Ellke masjien moet ’n kennisgewing dra wat persone verbied om slypwerk te doen, dit te inspekteer of waar te neem sonder die regte oogbeskerming.

Breukvorming Breek of bars skielik

Vlakslypers
Verbied Om iets nie toe laat nie
Vertikale versteller

Slypsteen

Horisontale tafel Horisontale versteller Aan/af-skakelaar

Figuur 1.4: ’n Vlakslyper

Onthou die volgende veiligheidsmaatreëls by die gebruik van vlakslypers: • Die veiligheidsmaatreëls van toepassing op ander soorte slypmasjiene is ook van toepassing op vlakslypers. • Skermdrag en oogbeskerming is van die uiterste belang vir werk met ’n vlakslyper. • Maak seker jy weet hoe om ’n vlakslyper te beheer voordat jy dit gebuik en dat jy bewus is van die moontlike gevare wat dit inhou. • Moet nie die vlakslyper gebruik tensy alle skerms en veiligheidstoestelle in plek is en korrek werk nie. • Maak seker dat jy die bedryfsvoorskrifte vir jou masjien verstaan. • Moet nooit die masjien verstel of skoonmaak terwyl dit in werking is nie. • Rapporteer dadelik enige moontlike gevaartekens aan die masjien. Moet dit nie gebruik voordat dit nie deur ’n gekwalifiseerde persoon herstel is nie. • Dit mag nodig wees om jou masjien in ’n noodgeval te stop – leer hoe om dit vinnig en outmaties te doen.

Assessering 1
1. 2. 3. 4. Noem ses veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom as jy ’n hoeksnyer gebruik. Noem vyf veiligheidsmaatreëls om na te kom as jy met ’n slypwiel werk. Noem vyf stappe wat jy moet volg wanneer jy ’n slypwiel monteer. Noem vyf veiligheidsmaatreëls wat onthou moet word wanneer jy met ’n vlakslyper werk.

6

Veiligheid

1

Snymasjiene
Staanbore
Motor en ratkas

Dieptepeil Voerhefboom

Tafel

Stam Basis

Figuur 1.5: ’n Staanboor

Volg hierdie veiligheidsmaatreëls wanneer jy ’n staanboor gebruik: • Kies die korrekte skerp boorpunt vir die soort werk en die werkstuk se materiaal. • Haal die sleutel uit die kloukop as jy nie by die masjien is nie. • Moet nooit die masjien laat loop as jy nie daar is nie. • Klamp die werkstuk stewig aan die tafel vas – moet dit nie met die hand probeer vashou nie. • Moet nooit die werkstuk met die hand probeer stop as dit uit die klamp losglip nie. • Die boor moet teen die korrekte spoed vir die tipe werk draai. • Moet nooit die boorpunt in die werkstuk indwing nie – dit kan die boorpunt laat breek of splinter en beserings veroorsaak. • Gebruik ’n borsel of stokkie om boorsels van die boor te verwyder, nie jou vingers, afvaldoek of lappe nie. • As jy agterom ’n draaiende boor moet reik, pasop dat jou klere nie in die boorpunt of klouklop vasdraai nie. • Moet nie ’n boor met ’n foutiewe skakelaar gebruik nie. • Moet nie los klere of juwele dra as jy boorwerk doen nie.

Het jy geweet? ’n Staanboor word ook ’n boormasjien genoem

Draagbare elektriese handboor

Figuur 1.6: ’n Draagbare elektriese handboor

7

1

Meganiese Tegnologie
Kom die volgende veiligheidsmaatreëls na wanneer jy ’n draagbare handboor gebruik. • Dra ’n skermbril. • Kies ’n boorpunt van die regte grootte en tipe – ’n metaalboor word vir yster gebruik en ’n messelwerkboor vir ’n baksteenmuur. • Plaas die boorpunt in die kloukop en draai vas met die sleutel. Maak seker die boorpunt is reg gesentreer. • Plaas die sleutel in die sy houer onderaan die boorhandvatsel. • As jy metaal boor, merk die gat se posisie met ’n senterpons. • Staan stewig met jou bene effens uitmekaar en een been effens voor die ander. • Hou die boor stewig vas en druk die sneller. • As jy deur ’n metaalplaat boor, moet jy die druk verminder net voordat die boorpunt deur die metaal gaan.

Kragsae

Lem

Materiaalklem

Skakelaar

Figuur 1.7: ’n Kragsaag

Kom die volgende veiligheidsmaatreëls na wanneer jy ’n kragsaag gebruik: • Maak seker dat al die skutte in posisie is. • Maak seker dat daar geen olie, ghries of versperrings rondom die masjien is nie. • Kies die regte lem vir die materiaal wat gesaag word. • Maak seker die masjien is by die hoofskakelaar afgeskakel voordat jy ’n lem vervang. • Werk versigtig as jy die lem vervang – jy kan jou hande erg beseer as jy ruk of pluk aan die lem. • Moenie die saaglemgids verstel as die masjien loop nie. • Klamp alle materiaal stewig vas voordat jy begin saag. • Lang stukke materiaal se los punte moet ondersteun word. • Skakel altyd die masjien af as jy dit onbewaak laat.

8

Veiligheid

1

Senterdraaibanke en freesmasjiene
Beitelhouer Saamgestelde beitelslee Dwarsslee Dwarssleehandvatsel Saal Skroefdraadwyser Kragvoerhefboom Leiskroefinkammer Voeras Sleehandwiel

Rak Leiskroef

Figuur 1.8: ’n Senterdraaibank

Verstelbare oorarm Draspilstut Masjientafel Knie en saal Handwiel Kragvoereenheid Draspil

Basis

Figuur 1.9: ’n Freesmasjien

Kom die volgende veiligheidsmaatreëls na wanneer jy met ’n senterdraaibank of freesmasjien werk: • Maak seker dat alle skutte in posisie is. • Moenie ’n masjien gebruik of naby sy bewegende dele kom as jy los klere dra nie. • Hou alle skoonmaakmiddels soos afvalmateriaal of lappe weg van draaiende onderdele. • Kyk dat daar geen olie of ghries op die vloer rondom die masjienis nie. • Moenie moersleutels of sleutels aan draaiende onderdele los nie. Ontkoppel, verwyder of staan weg van handwiele, hefbome of kloukopsleutels voordat jy die masjien of voerstukke in beweging bring. • Klamp altyd werkstukke en vashoutoestelle veilig en stewig vas. Moersleutels en sleutels wat nie styf pas nie, kan afglip en ’n besering veroorsaak. • Moet nie jou hande gebruik om snysels te verwyder nie, gebruik ’n draadhaak of borsel wanneer die masjien stilstaan. • Moet nooit die snybeitel verstel terwyl ’n masjien loop nie.

9

1

Meganiese Tegnologie
• Leer die gewoonte af om teen masjienerie te leun; dit is ’n gevaarlike “onwillekeurige” gewoonte wat ernstige beserings kan veroorsaak. • Moet nooit ’n masjien probeer stop deur jou hand op die kloukop te plaas terwyl die masjien nog loop nie. • Gaan die snyvloeistof se toevoer na voordat ’n masjien aangeskakel word.

Assessering 2
1. Noem vyf veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met ’n handboor werk. 2. Noem vyf veiligheidsmaatreëls wat by die gebruik van ’n staanboor nagekom moet word. 3. Kragsae is gevaarlik – noem veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer jy met hulle werk. 4. Noem vier veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met ’n draaibank of ’n freesmasjien werk.

Knip- of snymasjiene

Skakelaar

Lemstukmeganisme

Masjienplatform

Bedieningsmeganisme

Figuur 1.10: ’n Elektriese guillotine
Veiligheidskerm Snylem

Pedaal

Figuur 1.11: ’n Handguillotine

10

Veiligheid Hand- en elektriese snymasjiene
Waar die opening by die werkingspunt van ’n skêr, guillotine of pers groter as 10 mm is, behoort die masjien óf: • ’n Vaste skerm te hê wat dit onmoontlik maak vir hande of vingers om deur, onderdeur of om die skerm te gaan, óf • ’n Selfreëlende skerm wat outomaties by die dikte van die materiaal aanpas waaraan gewerk word. • Party masjiene het skerms wat outomaties of met die hand beweeg word en die werkingspunt heeltemal bedek sodat die werkslag nie kan begin tensy die ram of lem stilstaan nie. • Nóg ’n veiligheidsmeganisme is ’n outomatiese wegvee- of wegstootaksie wat enige deel van die operateur se liggaam uit die gevaarsone wegstoot wanneer die werkslag begin. Daar is nou elektroniese toestelle beskikbaar wat die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe binne die gevaarsone aanvoel en dan die werkslag tot stilstand bring.

1

Persmasjiene
Drukmeter

Vere Plunjer Platform Hidrouliese silinder

Verstelgate

Figuur 1.12: ’n Persmasjien

Veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom by die gebruik van ’n hidrouliese pers: • Die voorafbepaalde druk moet nooit oorskry word nie. Hierdie werkdruk is altyd laer as die maksimum veilige druk en word aangedui deur ’n drukmeter aan die masjien. • Drukmeters moet gereeld getoets en verstel of vervang word in geval van foute. • Die platform waarop die werkstuk is moet stewig en haaks met die perssilinder wees. • Die platform moet op die stutte wat voorsien is, rus en nie aan die kabel waarmee dit verstel word, hang nie. Maak seker dat die drukrigting altyd 90° teenoor die platform is. • Voorwerpe wat gedruk word, moet deur geskikte setstukke in plek gehou word. • Om skade aan sagter materiaal te voorkom, moet die voorgeskrewe skermtoerusting gebruik word. • Maak na gebruik die klep oop om die druk in die silinder te verlig.

11

1

Meganiese Tegnologie
Onthou ook: • Die vlak van die hidrouliese vloeistof in die reservoir moet gereeld nagegaan word. As daar dikwels vloeistof bygevoeg moet word, kan dit beteken dat daar ’n interne lekkasie is. • Inspekteer die apparaat vir stewigheid en draai alle boute en moere vas. • Penne en ander toestelle wat die platform op die verlangde hoogte hou, moet gereeld vir skade nagegaan word. • Waar die apparaat met kabels voorsien is om die platform se werkhoogte te verstel, moet die kabel en katrolle vir skade nagegaan en met ghries gesmeer word.

Assessering 3
1. ’n Hidrouliese pers is ’n belangrike stuk gereedskap in die werkswinkel. Noem vyf veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy daarmee werk. 2. Watter veiligheidstoestelle moet saam met ’n guillotine gebruik word?

Vashegting (boog-, punt- en gassweis)
Boogsweis
Veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met boogsweisers werk: • Dra altyd skermdrag as jy sweis. • Maak seker daar is geen obstruksies waar jy werk nie. • Gebruik die dunste stafie as jy die werk aanmekaar tik – dit sal ’n sterker, netjieser sweislas in die voltooide werk verseker. • Sweis slegs in ’n goedgeventileerde vertrek. • Kry mediese hulp as iemand brandwonde opdoen. • Moenie naby ontvlambare materiaal of vloeistowwe sweis nie. • Moenie sweis aan petroltenks of enige houers wat ontvlambare vloeistowwe of gas bevat of wat dit voorheen bevat het nie. • ’n Sweisboog se strale is gevaarlik vir die oë. Dra altyd ’n sweismasker. • Probeer om nie ’n boog te slaan as daar ander mense naby is nie. • Wees altyd bedag op elektriese skokke.

Puntsweis

Figuur 1.13: Puntsweismasjien

Veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy werk met puntsweisers: • Dra skermdrag. • Dra ’n skutbril. • Dra handskoene.

12

Veiligheid
• Die area moet veilig gemaak word as die masjien gebruik word. • Maak seker dat die tydsduur en stroomvlakke aangepas is by die soort metaal en die dikte. • Maak seker dat die allooipunte in ’n goeie toestand gehou word en nie tydens werking beskadig word nie. • Maak seker dat die koperpunte verkoel word (deur die sirkulerende koelstelsel) om oorverhitting te voorkom.

1

Gassweis
Suurstofreguleerder Suurstof-terugflitsweerder Asetileenreguleerder Asetileen-terugflitsweerder Asetileenpyp Suurstofpyp Asetileensilinder Suurstofsilinder in trollie Suurstofsilinder

Parallelpypklemme Spuitstuk

Sweisvlam se terugflitsweerder Universele snyvlam

Figuur 1.14: Oksiasetileen-sweistoerusting

Hier is sommige van die veiligheidsmaatreëls wat by die gebruik van oksiasetileen-sweistoerusting nagekom moet word: • Sweis of vlamsnywerk moet nie gedoen word nie tensy: – ’n operateur ingelig is oor die gebruik van die oksiasetileen-sweistoerusting – die werkplek effektief afgeskort is – ’n operateur skermtoerusting gebruik – effektiewe ventilasie voorsien en gehandhaaf word – maskers en kappe wat deur operateurs gebruik word wanneer hulle sulke werk doen, moet voldoende, veilige lug deurlaat. • Die volgende veiligheidsmaatreëls moet ook toegepas word as jy met gassweistoerusting werk: – Geen houer wat vlambare of plofbare stof bevat (en deur verhitting kan ontbrand of gevaarlike of giftige stowwe deur reaksie veroorsaak), mag gesweis word voordat dit behoorlik gereinig is nie. – Waar warm werk soos sweis, vlamsny, harde soldering, soldering uitgevoer word op ’n ander perseel as ’n werksplek, moet deeglike en toereikende

13

1

Meganiese Tegnologie
brandmaatreëls gevolg word. As daar twyfel bestaan, is die fabrikant se voorskrifte die hoogste gesag oor veiliheidsprosedure en –voorskrifte. African Oxygen (Afrox) voorsien gratis veiligheidsboekies by hulle afsetpunte en depots oor alle aspekte van sweiswerk. Moet nooit beskadigde toerusting gebruik nie. Moet nooit olie of ghries aan of naby suurstoftoerusting gebruik nie. Moet nooit suurstof of vlambare gas gebruik om stof of vuil kolle uit klere of toerusting te blaas nie. Moet nooit ’n vlam met vuurhoutjies of ’n aansteker aansteek nie, gebruik die vuursteen. Blaas altyd die silinders skoon voordat die reguleerders gekoppel word om stof te verwyder. Maak seker die reguleerders se stelskroewe is los deur hulle antikloksgewys te draai voordat die silinderkleppe oopgemaak word. Staan langs die reguleerder as die silinderkleppe oopgemaak word, nie voor dit nie. Dra altyd ’n behoorlike sweisbril, handskoene en klerasie wanneer oksieasetileen-toerusting gebruik word. Hou altyd ’n brandblusser byderhand wanneer oksieasetileen-toerusting gebruik word. Gebruik altyd die regte reguleerder vir die gas in die silinder. Gebruik silinders altyd in die regop-posisie. Los altyd die klepsleutel aan die asetileensilinderklep tydens gebruik. Draai die klep net anderhalf draaie oop. Moenie aanstekers, vuurhoutjies of ander ontvlambare voorwerpe in jou sakke dra as jy sweis of vlamsny nie. Wees altyd bewus van ander mense om jou as jy ’n sweisvlam gebruik. Maak seker dat sweisgaspype nie met die snyvlam of vonke in kontak kom nie.

– – – – – – – – – – – – – –

Assessering 4
1. Noem vier veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met boogsweisers werk. 2. Noem vier veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met puntsweisers werk. 3. Noem ses veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met gassweistoerusting werk.

Hantering van gassilinders

Figuur 1.15: Oksiasetileensilinders

14

Veiligheid
Elke gassilinder moet ’n etiket ophê met die volgende besonderhede: • Naam van die fabrikant. • Land van oorsprong. • Vervaardigingsjaar. • Fabrikant se volgnommer. • Naam, nommer en datum van die ontwerpstandaard. • Ontwerpdrukmeter se druk in Pascal. • Maksimum toelaatbare werkdruk in Pascal. • Werktemperatuur. • Kenmerk van goedgekeurde inspeksieowerheid. Geen draagbare gashouer mag gebruik, gevul, gehanteer, gewysig, herstel of op enige ander wyse geïnspekteer word as in ooreenstemming met die SABS se standaarde nie. Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word wanneer jy gassilinders hanteer: • Berg vol en leë silinders apart van mekaar. • Hou silinders in ’n koel plek en beskerm hulle teen sonlig en ander bronne van hitte. • Berg en gebruik asetileensilinders altyd regop. • Berg suurstof- en asiteleensilinders afsonderlik. • Moet nooit silinders opmekaar stapel nie. • Moenie silinders kap of aan hulle werk nie. • Moet nooit ’n silinder laat val nie. • Moenie dat olie of ghries in kontak kom met suurstoftoerusting nie. Dit veroorsaak ’n ontvlambare mengsel. • Hou doppe op silinders vir beskerming. • ’n Suurstofsilinder se draad is regsom. • ’n Asetileensilinder se draad is linksom.

1

Silinder-toetsregister
Die volgende punte bepaal die toetsing van silinders: Drukhouers moet ten minste elke vier jaar, maar verkieslik elke twee jaar getoets word. Toets voor ingebruikneming, toets elke keer na groot herstelwerk en indien dit vir langer as 2 jaar nie gebruik is nie.
Ligging: Rekord van inspeksies en toetse Vervaardiger se besonderhede: Vervaardiger: Fabrikant se nommer: Hidrouliese toetsdruk: Naam en nommer van vervaardigingskode: Maksimum toelaatbare werkdruk: Inspeksie/toetsdatum: Land van oorsprong: Kontruksiejaar: Kapasiteit:

15

1

Meganiese Tegnologie
Die volgende vorm word deur inspekteurs vir die toetsing van silinders gebruik.
Items Skoon en vry van verkoolde olie en ander stowwe Chemies-reaktiewe stowwe Interne oppervlakke en alle nate Ekserne en interne plate; gereinig? Alle plate met ’n hamer getoets Alle sweisnate getoets Korrosie: intern, ekstern Interne invreting Olieneerslae Rooi merk op drukmeter Veiligheidsklep gestel, gesluit of verseël Vloeistofvlakwyser Reduseerklep Lekke opgespoor Ander defekte opgemerk Opmerkings Ek sertifiseer dat hierdie drukhouer geïnspekteer en/ of getoets is ooreenkomstig die regsvereistes en dat die werkgewer/bestuurder ingelig is oor alle swakhede en defekte. Houer Mag  Mag nie gebruik word (nie)  Handtekening van bevoegde persoon ________________________ Datum Hidrouliese druktoets J/N Nagesien Ja Nee Opmerkings

Inspeksie J/N Indiensstellingstoets J/N Groot herstelwerk/ buite werking J/N

Assessering 5
1. Watter nege besonderhede moet op ’n gassilinder sigbaar wees? 2. Noem vyf veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy gassilinders hanteer.

16

Veiligheid

1

Bepaalde masjienspesifieke veiligheidsmaatreëls wat jy moet nakom wanneer jy met die volgende masjiene en toerusting werk
Metaalboog-gasskermsweisers
Gaspyp Vloeimeter Reguleerder Deurlopende draadspoel Draadvoereenheid Kragkabel Pistoolgeleier

Skermgassilinder

Sweispistool Boog

Kragkabel

Figuur 1.16: Metalboog-gasskermsweiser

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • ’n Operateur moet opgelei wees in die veilige gebruik van ’n masjien. • ’n Werkplek moet toereikend afgeskerm word. • ’n Operateur moet skermdrag dra. • Doeltreffende ventilasie moet deurlopend voorsien word. • Die sweiser moet homself heeltemal isoleer deur stewels en handskoene te dra en op ’n rubbermat te staan. • Die insulasie van elektriese kabels moet op standaard wees. • Die draadspoel moet heeltemal geïsoleer wees om kontak met stroomdraende onderdele te voorkom. • Die argonsilinder moet regop staan. • Wanneer sweiswerk weg van die werkswinkel gedoen word, moet daar toereikende en deeglike beskerming teen brand wees. Indien daar twyfel is, volg altyd die fabrikant se instruksies oor veiligheidsprosedures en -maatreëls.

Hardheidtoetser
Hardheidmeter

Platform Platvorm Platformversteller Bedryfknop Platvorm versteller Aktiverings paneel

Figuur 1.17 (a): Brinell-hardheidtoetser

Figuur 1.17 (b): Afrikaans Brinellhardheidtoetser

17

1

Meganiese Tegnologie
Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Die gebied rondom die toetser moet afgekamp word. • Slegs een persoon mag binne die afgekampte gebied wees. • Die person moet beskermende drag (’n voorskoot) dra. • Die toetser moet ’n skermbril en handskoene dra. • Die hardheidtoetser moet stewig op ’n werktafel gemonteer word. • ’n Skerm moet rondom die plek vanwaar die metaalbal teen die toetsmateriaal geskiet word, aangebring wees.

Trekkragtoetser
Handwiel

Toetsmonster

Wyserplaat

Figuur 1.18: Mini-trekkragtoetser

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Die area rondom die toetser moet afgekamp wees. • Slegs een persoon mag in die afgekampte gebied wees. • Die persoon moet beskermende drag (’n voorskoot) dra. • Die toetser moet ’n skermbril dra. • Maak seker dat die wyserplaatmeter behoorlik gemonteer is. • Maak seker dat die voorkant van die meter aan die onderkant van die toetser raak. • Plaas die skerm oor die monster wat getoets moet word. • Vir staal en duralumin, draai die handwiel ’n halwe draai op ’n keer deur die hele reeks. • Vir aluminium is een-vyfde van ’n draai voldoende. • Vir plastiek is inkremente van een-vyfde voldoende vir die eerste drie draaie. Gebruik daarna inkremente van twee draaie totdat die materiaal ingee.

18

Veiligheid

1

Torsietoetser
Wringstaaf Deflieksiemeter Staafklem

Raam Massastukke

Figuur 1.19: Torsietoetser

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Klamp die toetser aan ’n werksbank vas. • Bepaal die sterkte van die boute wat die raamwerk verbind. • Verkry die spesifikasies (torsie) van die verskillende materiale en staafdiktes wat jy wil toets. • As jy verskillende massastukke byvoeg, moet jy dit versigtig doen om te verhoed dat jy ’n “vals lesing” van die torsie in die staaf kry.

Momente- en kragtoetsers

Laer Raam Balk Massastukke

Moment van ’n krag

Figuur 1.20: Moment- en kragtoetsers

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Bepaal die sterkte van die boute wat die raamwerk aanmekaar hou. • Verkry die spesifikasie. • As jy verskillende massastukke byvoeg, moet jy dit versigtig doen om te verhoed dat jy ’n “vals lesing” op die toetser kry.

19

1

Meganiese Tegnologie

Balkdefleksietoetser
Raam Wyserplaatmeter Buigstaaf

Massastukke

Figuur 1.21: Balkbuig-toetser

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Maak seker die balk is parallel aan die rugbord vasgeklamp. • Moenie plastiekbalke te lank belas nie – hulle is geneig om onder belasting te “kruip”. • Laat sak die gewigte versigtig oor die hanger. Dit help om die balk te laat “wipe” en verminder onakkurate lesings wat deur wrywing veroorsaak word. • Om ’n ware afwyking te kry, trek by elke stap 10 mm van die wyserplaatmeter af.

Assessering 6
1. Noem drie veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer jy werk met ’n metalboog-gasskermsweiser. 2. Noem drie veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer die volgende toetstoerusting gebruik word: • Brinell-toetser • Trekkragtoetser • Torsietoetser • Balkbuigtoetser.

Silinderlekkasie toetser
Drukaanwyser Lugpypkoppelstuk

Lugpyp

Drukversteller Proppasstuk

Figuur 1.22: Silinderlekkasie toetser

20

Veiligheid
Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Kry die spesifikasies van die masjien wat getoets moet word. • Die silinder wat getoets word, moet by BDP staan. • Sluit die krukas sodat dit nie tydens die toetsprosedure kan draai nie. • Gebruik druklug teen die bepaalde druk om te verhoed dat die masjien beskadig word. • Moenie met druklug speel nie. • Maak seker die peilstok is in sy buis. • Maak seker die verkoelerdop is aan die verkoeler vasgeskroef. • Maak seker dat die olievullerdop vasgeskroef is. • Die passtuk wat in die vonkpropgat geskroef word, moet styf wees sodat die druklug nie ontsnap nie.

1

Druktoetsers
Drukwyserplaat Vonkpropkoppeling

Rubberpyp Drukontlasklep

Figuur 1.23: Kompressietoetser

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Maak seker dat die passtukke (pype) nie stukkend is nie. • Skroef die passtuk in die vonkpropgat sonder om die draad te beskadig. • Moenie die passtuk te styf vasdraai nie. • Moenie die toetser bêre as dit nog vol lug en onder druk is nie – laat altyd eers die lug uit. • Moenie die meter laat val nie. As dit beskadig word, sal dit onakkurate lesings gee.

Verkoelstelseltoetser

Verkoelerkonneksie

Verkoelerpomp

Verkoelerpasstukke

Meteraanwyser

Figuur 1.24: Verkoelstelsel-druktoetser

21

1

Meganiese Tegnologie
Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word wanneer jy werk met die instrument: • Maak seker dat daar geen krake aan enige van die passtukke is nie. • Maak seker dat die pype nie lek nie en dat alle verbindings dig en behoorlik vasgemaak is. • Bepaal eers die spesifikasie van die voorwerpe wat jy wil toets. • Moet nooit die verkoeler oppomp tot hoër as die gespesifiseerde druk wat op die verkoeler en die verkoelerdop aangedui word nie.

Assessering 7
Noem drie veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer jy met elk van die volgende toetsapparate werk: • Silinderlektoetser • Kompressietoetser • Koelstelseltoetser

Veerkompressor en -toetser (klep- en spiraalvere)
Hefboom

Klepversteller

Klepspyklem

Figuur 1.25: Klepveerligter

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word wanneer jy werk met ’n klepveertoetser: • Maak seker die neus is so verstel sodat dit stewig oor die klepkraag pas. • Draai die verstelskroef agteraan die klepligter. • Bepaal die spesifikasies van die klepveer. • Moenie die veer verder saamdruk of uittrek as wat die spesifikasies aanbeveel nie – dit kan die veer beskadig.
Ladingsel

Skaal Spring

Kruiskop

Figuur 1.26: Klepveertoetser

Figuur 1.27: Spiraalveerkompressor

22

Veiligheid
Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Maak seker dat die kompressorboute sterk genoeg is om die druk van die spiraalveer te weerstaan. • As die spiraalveer te hoog belas word, kan die kompressor breek en die voertuig beskadig of beserings veroorsaak.

1

Assessering 8
1. Noem twee veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer jy werk met die volgende veertoetsers: • Klepveertoetser • Spiraalveertoetser

Gasontleders
Pyp na uitlaatstelsel Filter

Gasontledermeter

Figuur 1.28: Gasontleder

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Die inlaatpyp mag geensins van dikte verander of enigsins vernou nie. • Die pypkoppelinge moet lugdig wees en die klep aan die kondensator moet in die horisontale posisie wees (gesluit). • Die voertuig wat getoets word, moet geen lekplekke in die uitlaatpyp, inlaatspruitstuk of vakuumstelsels hê nie. (Dit kan veroorsaak dat die toetser onakkurate lesings, of selfs geen lesings gee nie. As jy twyfel, toets die toetser met ’n ander motor wat goed funksioneer.) • Nou en dan moet kondensaat met druklug uit die pype en peilstok geblaas word. Die pype moet dan van die toetser ontkoppel word sodat die pomp nie beskadig sal word nie. • Die kondensator moet na elke toets gedreineer word deur die klep oop te maak. • As die papierfilter liggrys word, moet dit vervang word – plaas die filter versigtig in die houer en maak seker die venster is reg geposisioneer voordat die groot moer vasgedraai word. • Die brandstoffilter aan die kondensatorbasis moet gereeld vervang word. • Die batteryklemme van ’n12V-stelsel moet skoon wees.

23

1

Meganiese Tegnologie

Multimeters
LCD-skerm

Bestekskakelaar

10A DC-terminaalsok

VΩmA-terminaalsok Gemeenskaplike terminaalsok

Figuur 1.29: Multimeter

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Hou die meter droog en weg van stof en besoedeling. • Gebruik en stoor die meter teen kamertemperatuur. • Moenie die meter laat val nie. • Gebruik net gelaaide selle van die korrekte grootte en verwyder ou batterye. Ou batterye kan lek en die drade korrodeer.

Assessering 9
Noem drie veiligheidsmaatreëls om na te kom by die gebruik van die volgende spesiale gereedskap: • Gasontleder • Multimeter

Rat- en laertrekker
Trekkers word gebruik om laers, busse en ratte te vervang.

Figuur 1.30: Laer- en rattrekkers

24

Veiligheid

1

Figuur 1.31: Laer- en rattrekkers

Die volgende veiligheidsmaatreëls moet nagekom word: • Maak seker dat die trekker die regte een vir die taak is. • Maak seker dat die trekker sterk genoeg is om die laer of rat uit te trek. • Draai die klemme of vingers styf om die voorwerp was sodat dit nie losglip en skade of beserings veroorsaak nie. • Moenie die trekker met ’n hamer slaan nie. • Gebruik die regte moersleutels om die klemme vas te draai en die voorwerp af te trek. • Maak seker dat die trekker waterpas en haaks is voordat jy begin trek.

Assessering 10
1. Noem vier veiligheidsmaatreëls om te oorweeg wanneer jy met laer- en rattrekkers werk.

25

1

Meganiese Tegnologie

26

Hoofstuk 2

Gereedskap
Onderwerp 2

Skroefdraadmikrometer Dieptemikrometer

Gasontleder

Hardheidtoetser Multimeter

MIG/MAGmasjiene

Gereedskap

Druktoetser

Veertoetser Kompressietoetser Torsietoetser

Silinder lekkasietoetser

Balkbuigtoetser Trektoetser

2

Meganiese Tegnologie

Inleiding
Gereedskap is baie belangrik om sekere take te verrig in die werkplek. Gedurende graad 10 is handgereedskap behandel. Gedurende graad 11 is kraggereedskap en masjiene behandel. In hierdie hoofstuk in graad 12 word gevorderde ingenieurs toerusting in die werkplek behandel.

Gasontleder
Funksie Hierdie instrument word gebruik om die uitlaatgasse van ’n motorvoertuig vir die korrekte brandstof/lugmengsel te toets. ’n Toetsstif word in die uitlaatpyp van ’n motorvoertuig gesteek en die uitlaatgas getoets vir die hoeveelheid CO wat deur die enjin geproduseer word. Dit is ’n aanduiding of die brandstof/lugmengsel wat deur die enjin gebruik word volgens die fabrikant se spesifikasies ingestel is.
Pyp na die uitlaatpyp Filter

Gasontleder se meter

Figuur 2.1: ’n CO-gasontleder

Die toetsprosedure Dit is belangrik om die ontleder saam met sy kondenseerder se staander te gebruik om te verhoed dat die ontleder skade opdoen. As die ontleder ooit per ongeluk afgesit word, moet die versamelpyp agter die ontleder verwyder word, sodat die ontleder outomaties na nul kan terugskakel sonder enige uitlaatgas in die pompkamers of pyp; as daar gas in die kamers of pyp oorbly sal die outomatiese nul-skakeling bokant nul stop en daarna ’n vals lesing gee. • Konnekteer die ontleder aan die 12 V batteryterminale van die voertuig; die polariteit is nie belangrik nie. • Die diodeskermpie sal “000” wys tydens die 30 sekondes van voorverhitting en sal daarna die outomatiese nultoetsprogram vir 35 sekondes deurloop totdat 0.00 wys. • Moenie die versterkte versamelpyp van die kondensator agteraan die masjien verbind voordat 0.00 verskyn nie. • Steek die toetsstif in die silikonpyp en klem dit aan die uitlaatpyp vas. Plaas die staander links of regs van die uitlaatgasse sodat die hitte daarvan nie die ontleder affekteer nie. • Rol die versterkte pyp af en steek in die geelkoperinlaat agteraan die ontleder. • Kyk na die lesings op diodeskermpie en verstel brandstof/lugmengsel volgens die voertuigfabrikant se spesifikasies. Moet nooit die klemme vas- of losmaak voordat die pyp agteraan die ontleder uitgetrek is nie. Versorging • Die inlaatpyp mag nie enigsins platgetrap of verstop word nie. • Die pypverbindings moet lugdig wees en die klep aan die kondensator horisontaal (toe) staan.

28

Gereedskap
• Om skade aan die pomp te verhoed, moet die ontleder eers ontkoppel word. • Vervang die papierfilter as dit liggrys word. (Plaas die filterpapier versigtig in sy hulsel – maak seker die venster is op die regte plek voordat die groot moer met die hand aangedraai word.) • Die brandstoffilter aan die kondensator se staander moet gereeld vervang word. Die batteryklamp van ’n 12 V ontleder moet skoon gehou word.

2

Assessering 1
1. Verduidelik die funksie van ’n gasontleder. 2. Verduidelik hoe jy die ontleder sal konnekteer om die CO-inhoud van ’n voertuig se uitlaatgas te bepaal.

Brinell-hardheidtoetser
Funksie • In die nywerheid is dit dikwels nodig om die hardheid van metale te toets, omdat dit ’n nuttige aanduiding van ’n metaal se trekvastheid, dit wil sê sy weerstand teen buiging en ook teen krappe, verwering en snye is. Hardheid is ’n breë term and word nie in eenhede uitgedruk nie. • In die verlede is die hardheid van ’n materiaal geskat deur sy vergelykende weerstand teen krappe of snye. As materiaal B byvoorbeeld materiaal C kan krap, maar nie materiaal A nie, is dit harder as C maar sagter as A. • ’n Skaal van bekende minerale, die “Moh-skaal”, waarop materiaale gerangskik word volgens hulle relatiewe hardheid, met diamant aan die bopunt van die skaal en talk onderaan, is hiervoor ontwikkel. Die waarde van so ’n vergelykende toets is beperk omdat dit nie akkurate numeriese data, veral van moderne allooie en ander materiaale, verskaf nie, maar slegs empiriese data vir vergelykende doeleindes. ’n Beter manier om die hardheid van ’n materiaal te toets, is om sy vermoë om ’n bekende krag wat vir ’n bepaalde tyd daarop uitgeoefen word te weerstaan, en dit is die beginsel waarop die Brinell-toets berus.
Hardheidmeter

Platform Platformversteller Aktioveerknop Platvorm

Platvorm versteller Aktiverings paneel

Figuur 2.2 (a): Brinell-hardheidtoetser

Gebruiksprosedure • In die Brinell-toets word ’n monster van die materiaal wat getoets word, ingeduik deur ’n 10 mm-bal voorheen van verharde staal gemaak, maar deesdae is dit van wolframkarbied. ’n Bepaalde lading word dan op die bal uitgeoefen. Gewoonlik is dit 3 000 kg, maar dit verminder tot 1 500 kg of 500 kg vir sagter materiaal om oormatige induiking te verhoed. • Die volle lading word gewoonlik vir 10 tot 15 sekondes volgehou vir yster en staal en minstens 30 sekondes vir ander metale. Die deursnit van die induiking in die toetsmateriaal word dan gemeet met ’n laekrag-mikroskoop en die hardheid bereken uit hierdie data.

Figuur 2.2 (b): Afrikaans Brinellhardheidtoetser

29

2

Meganiese Tegnologie
• Die toets bestaan daaruit dat ’n geskikte stuk van die toetsmateriaal waterpas op die platform vasgeklamp word. Die platform word dan opgehys totdat die bal net aan die oppervlakte van die toetsstuk raak. Die lading en tyd word gestel en die siklus word geaktiveer. • Sodra die tyd verstreke is, kan die hardheid van die materiaal van die skaal afgelees word. Versorging van die toetser • Smeer die platformversteller en ander oop metaaldele om roes te voorkom. Moenie die voorgeskrewe lading vir die materiaal wat getoets word oorskry nie, Om skade aan die apparaat te verhoed, mag die voorgeskrewe lading vir die materiaal wat getoets word, nie oorskry word nie. • Ondersoek die raam en platform vir buiging en krake.

Assessering 2
1. Verduidelik die beginsel van die Brinell-hardheidtoetser.

Multimeter
Funksie van ’n multimeter • ’n Multimeter word gebruik om verskillende elektriese parameters en elektroniese komponente te toets. • ’n Skakelaar aan die meter skakel die meter aan of af en kies gepaste parameters vir die meting van spanning, stroom en weerstand (of kontinuïteit) en toets ook transistors en diodes.

Beskrywing van paneel
Diodeskerm

Bestekskakelaar

10A DS-sok

VΩmA-sok Gemeenskaplike sok

Figuur 2.3: ’n Multimeter

30

Gereedskap

2

Hoe ’n multimeter gebruik word
Die verskillende toetse word uitgevoer deur die korrekte sokke vir die rooi en swart toetsdrade te gebruik en ’n paslike bestek vir elke funksie te kies.

Hoe om stroom te toets
Meting van DS • Steek die swart toetsdraad in die COM-sok en die rooi toetsdraad in die VΩmAsok. (As die stroom 200 mA of hoër is, gebruik liewer die 10 A sok). • Draai die bestekskakelaar na die gewenste stroomreeks. • Onderbreek die baan waarin die stroom gemeet moet word en skakel die toetsdrade in die stroombaan. • Lees die stroomwaarde op die diodeskerm saam met die polariteit van die rooi toetsdraad.

Hoe om spanning te toets
Toetsing van DS-spanning • Steek die rooi toetsdraad in die VΩmA sok en die swart draad in die COM sok. • Stel die bestekskakelaar na die gewenste bestek. As die spanning nie vooraf bekend is nie, stel die bestekskakelaar op die hoogste moontlike bestekposisie en verander dit in inkremente totdat die resolusie na wense is. • Konnekteer die toetsdrade oor die toestel of baan wat gemeet moet word. • Lees die spanningwaarde op die diodeskerm saam met die polariteit van die rooi toetsdraad.

Hoe om weerstand te toets
Hoe om weerstand te toets • Steek die rooi toetsdraad in die VΩA-sok en die swart toetsdraad in die COMsok. • Stel die bestekskakelaar op die gewenste Ω-bestek. • As die resistor wat gemeet word aan ’n stroombaan verbind is, ontkoppel die baan se kragtoevoer en ontlaai alle kapasitors voordat die weerstand gemeet word. • Konnekteer die toetsdrade oor die resistor wat gemeet word en lees die weerstandwaarde van die diodeskerm.

Hoe om transistors te toets
Om transistors te toets • Stel die bestekskakelaar op die hFE-bestek. • Bepaal of die transistor wat getoets word ’n PNP- of NPN-tipe is en vind die emittor-, basis- en kollektordrade. Steek die drade in die regte gate van die hFEsok in die voorste paneel. Die meter sal dan die benaderde hFE-waarde toon.

Hoe om kontinuïteit te toets
Om diodes en kontinuïteit te toets • Steek die rooi toetsdraad in die VΩmA-sok en die swart toetsdraad in die COMsok. • Kies die regte bestek. • Konnekteer die rooi toetsdraad met die anode van die diode wat getoets word en die swart toetsdraad aan die katode van die diode.

31

2

Meganiese Tegnologie
• Die benaderde voorwaartse spanningsval van die diode sal in mV aangegee word. As die konneksie omgedraai word, sal slegs die syfer “1” op die diodeskerm verskyn. • Konnekteer die toetsdrade aan die twee terminale van die baan wat getoets word. • As die weerstand minder as omtrent 50 Ω is, sal die gonser gons. Versorging van die multimeter Die volgende voorsorgmaatreëls moet nagekom word: • Kies ’n geskikte bestek vir elke toets. • Skakel die meter af na gebruik om die batterylewe te verleng. • Hou die meter in ’n droë, koel plek, weg van stof en moenie laat val nie. • Gebruik net gelaaide selle van die regte grootte en verwyder ou batterye omdat hulle kan lek en die drade kan korrodeer.

Assessering 3
1. Verduidelik hoe om ’n multimeter te gebruik om DS-stroom te meet. 2. Verduidelik hoe jy DS-spanning met ’n multimeter sou meet. 3. Verduidelik stap vir stap hoe jy weerstand met ’n multimeter sou toets. 4. Beskryf stap vir stap hoe jy ’n multimeter sou gebruik om diodes en kontinuïteit in ’n draad te toets. 5. Noem vier punte wat oorweeg moet word in die versorging van ’n multimeter.

Druktoetsers
Verkoelingstelseltoetser
Funksie van ’n verkoelstelseltoetser • ’n Voertuig se verkoelstelsel (die verkoeler, pype, silinderkop-pakstuk en vuldop) kan getoets word vir lekkasies deur druklug teen ’n bepaalde druk te gebruik. ’n Verkoelstelseltoetser word gebruik vir hierdie toets.

Verkoelerkonneksie

Verkoelerpomp

Verkoelerpasstukke

Meteraanwyser

Figuur 2.4: Verkoelingstelseltoetser

32

Gereedskap
Die toetsprosedure • Haal die verkoelerdop uit en kyk watter passtuk vir die verkoeler gebruik moet word. • Verbind die korrekte passtuk aan die toetser, skroef dit aan die verkoeler vas en pomp lug daarin teen die voorafbepaalde druk soos aangewys op die verkoelerdop. • Noteer die hoogste lesing op die meter en laat die toetser vir ’n paar minute staan – as die lesing sak is dit ’n teken dat die verkoelstelsel lek. • Jy kan die verkoelertoetser ook gebruik om te bepaal of die drukverlies deur ’n lekkende silinderkoppakstuk veroorsaak word. • Verbind die toetser met die verkoeler. • Pomp lug in tot op ’n voorafbepaalde druk. • Sit die enjin aan, jaag dit op en merk die lesing op die toetser. • As die meterlesing merkbaar toeneem, is dit ’n aanduiding dat die silinderpakstuk lek. Versorging van die toetser • Bêre die meter in sy houer om dit teen skade te beskerm en gaan die konnekteerpyp gereeld na vir lekkasie of skade. Bepaal die vereiste druk van die koelsetsel voordat jy lug daarin pomp – jy kan die drukmeter beskadig as jy die bepaalde druk oorskry.

2

Oliedruktoetser
Funksie van ’n oliedruktoetser Hierdie toetser word gebruik om die oliedruk in ’n enjin te toets deur die oliedruksender se sok te gebruik. ’n Oliedrukmeter kan ’n waardevolle aanduiding gee van die meganiese toestand van die stelsel in die enjin, veral die oliepomp en laers. Die idee is om basislesings te neem as die enjin nuut is en dan enige verandering wat mettertyd plaasvind aan te teken.
Oliedrukmeter Meterpyp

Drukmeter Meterverbinding

Figuur 2.5: Oliedrukmeter en oliedruktoetser

Die toetsprosedure • Soek die oliedruksender op die enjinblok en skroef dit af. • Skroef die draagbare oliedrukmeter in die sender se gat. • Sit die enjin aan om die oliepomp te laat werk en vergelyk die lesing met die fabrikant se spesifikasies. ’n Lae lesing is ’n aanduiding van geslyte laers of ’n beskadigde oliepomp. • As die lesing te hoog is, kan dit ’n verstopte oliepyp, drukklep of geboorde olieweg êrens in die enjin beteken.

33

2

Meganiese Tegnologie
Versorging van die oliedruktoetser • Bêre die meter altyd in sy houer om dit teen skade te beskerm. • Gaan die konnekteerpype gereeld na vir lekkasies of skade. • Maak seker die toetser word reg in die sendereenheid se gat ingeskroef en deaktiveer die meter voordat dit gebêre word.

Assessering 4
1. Verduidelik hoe jy die koelstelsel van ’n enjin sou toets. 2. Verduidelik hoe jy die oliedruk van ’n enjin sou toets.

Brandstofdrukmeter
Funksie • Moderne motors se brandstofstelsels berus op brandstof wat onder druk aan inspuiters of vergassers voorsien word. Vir optimale werking moet die druk in die brandstof binne nou parameters gehou word. • Vergasserenjins word ook voorsien van brandstof deur ’n brandstofpomp wat die brandstof uit die petroltenk opsuig en dit na die vergasser pomp, maar teen ’n laer druk as vir inspuitenjins. • Wanneer die brandstofdruk in die petrolpomp of drukpomp te hoog is, kan die pyp bars. As die druk te laag is, sal die voertuig se werkverrigting benadeel word weens brandstofarmoede.
Drukmeter Ontlasklep

Rubberpyp

Koppelstuke

Terugpyp na tenk

Pypklampe

Figuur 2.6: Brandstofdruktoetser

Die brandstofdruktoets • Ontkoppel die voertuig se brandstofpyp tussen die tenk en die brandstofpomp en verbind die brandstopomp se drukmeter met die inlaatkant van die pyp. • Aktiveer die pomp deur die enjinsleutel te draai (vir ’n elektriese pomp) of sit die enjin aan (vir ’n meganiese pomp) en teken die lesing aan. • Stop die pomp by die bepaalde lesing en kyk of die lesing afneem – indien wel, lek die pomp se inlaatklep. • Verwyder die drukmeterpyp van die pomp se inlaatkant, verbind die brandstofpyp weer en verwyder dan die pyp van die uitlaatkant van die pomp.

34

Gereedskap
• Konnekteer dan die drukmeter aan die uitlaatpyp en aktiveer die pomp. • Stop die pomp by die bepaalde lesing en kyk of lesing afneem – indien wel, lek die pomp se uitlaatklep. • Merk die druklesing en vergelyk met die voertuig se spesifikasies – as die lesing nie korrek is nie, sal die pomp waarskynlik vervang moet word. Versorging van die brandstofdrukmeter • Bêre altyd die brandstofdrukmeter in sy eie houer. • Inspekteer die pype van tyd tot tyd vir blokkasies, lekkasies of los konneksies (klampe). • Maak seker dat die pype in ’n goeie toestand is.

2

Assessering 5
Verduidelik hoe jy die brandstofdruk in ’n inspuit- of vergasserstelsel sou toets.

Silinder lekkasie toetser
Funksie Die gasdruk in ’n motor se silinders is ’n aanduiding van ’n voertuig se werkverrigting. Die meter gebruik druklug om druk in ’n enjin op te bou om drukverlies tydens die kompressieslag te bepaal.
Drukaanwyser

Lugpypkoppelstuk

Lugpyp

Drukversteller Proppasstuk

Figuur 2.7: Silinder lekkasie toetser

Die silinderlektoets • Draai die enjin totdat al twee (of al vier) die kleppe in ’n silinder toe is (verwyder die klepdop hiervoor) en die suier by die begin van die kragslag staan. • Skroef die vonkprop uit en skroef die toetser se passtuk in die vonkpropgat in. • Gebruik ’n moersleutel by die krukas se waaierbandwiel om te verhoed dat die krukas draai. • Sluit die ontlasklep aan die toetser en verbind die druklugpyp aan die toetser en die passtuk in die vonkpropgat. • Verbind die druklugpyp met die hooftoevoer en draai die toetser se ontlasklep stadig oop. • Merk die lesing op die toetser – as die druk daal, dui dit op ’n lekkasie. Die spoed waarteen die druk val, dui die hoeveelheid gas aan wat uitlek.

35

2

Meganiese Tegnologie
Om die lek te bepaal • Luister by die vergasser vir ’n sisklank – die inlaatklep lek. • Luister by die uitlaatpyp vir ’n sisklank – die uitlaatklep lek. • ’n Sisklank by die oliepeilstok of die klepdeksel se oliegat beteken die suierringe is geslyt. • As jy borrels in die verkoelerwater sien, is die silinderkoppakking stukkend of die silinderblok is gekraak. Versorging van die silinderlektoetser • Bêre die meter in ’n droë plek. • Gaan die skroefdraad aan die passtukke gereeld na. • Gaan pype na vir skade en los klampe. • Verlig altyd die druk in die toetser nadat jy ’n silinder getoets het.

Assessering 6
1. Wat is die funksie van ’n silinderlektoetser? 2. Verduidelik stap vir stap hoe ’n silinderlektoetser verbind word. 3. Hoe bepaal jy met ’n silinderlektoetser waar ’n silinder lek?

Torsietoetser
Funksie Met ’n torsietoetser kan jy die verband tussen draaimoment (torsie) wat op ’n materiaal toegepas word en die torsionele defleksie wat oor ’n gegewe deel van die materiaal plaasvind, aandui. Die materiaal wat vir torsiestangsuspensies in motors gebruik word, kan op hierdie manier getoets word.

Torsiestang

Figuur 2.8: ’n Torsiestang in motorsuspensie

36

Gereedskap

2

Wringstaaf Defleksiemeter

Staafklem

Raam

Massastukke

Figuur 2.9: Torsietoetser

Hoe die torsietoets gedoen word • Meet die deursnee van die materiaal wat getoets word met ’n vernierpasser of ’n mikrometer. • Plaas die materiaal tussen die twee klampe of kloukoppe en laat 500 mm-speling tussen die senters. • Stel die passer op nul met behulp van die gradeboog. • Heg massa aan die beweegbare lasarm teen 50 g op ’n slag. Noteer die opwenhoek (tot die naaste 0,25°) op die gradeboog totdat die lasarm die endstop raak of ’n maksimum las van 500 g gebruik is. • Teken ’n grafiek van die opwenhoek teenoor die las. • Herhaal hierdie toets vir verskillende materiale en vergekyk die resultate. Versorging van die torsietoetser • Alle boute en moere aan die toetser moet stewig vas wees. • Moenie die klamp of kloukop te styf vasmaak waar die toetsmateriaal vasgeklamp word nie. • Voeg die massastukke versigtig by om ’n verkeerde lesing van die toetsstuk se torsie te vermy. • Verwyder al die massastukke voor jy die toetsers liggies geolie op ’n droë plek bêre.

Momente- en kragtetoetser
Beginsels “Momente” is kragte wat inwerk op gedeeltes van strukture soos balke. Daar is twee tipes kragte wat inwerk op ’n liggaam: • las – die vertikale krag afkomstig van die totale uitwerking van swaartekrag op ’n liggaam en • Skuifkrag – ’n krag wat skuins of loodreg op ’n punt langs die lengte van die balk toegepas word. Funksie Die funksie van die momente- en kragtetoetser is veral om die reaksies op verskillende punte van ’n eenvoudig belaste balk aan weerskante te bepaal. Die toestel kan ook gebruik word om die konsep van ’n kragtedriehoek te illustreer.

37

2

Meganiese Tegnologie
Om die reaksies aan weerskante van ’n eenvoudig belaste balk te toets, word die toestel opgestel soos uitgebeeld in Figuur 2.10 hieronder, en om die kragtedriehoek te toon soos in Figuur 2.11.
Lasselle

Raam Gesteunde balk

Massastukke

Reaksie van ’n gesteunde balk

Figuur 2.10: ’n Ondersteunde balkstel

Hoe die balkdefleksietoets gedoen word • Stel lasselle op nul. • Plaas laste op die balk op enige plek met behulp van die plastiekhangers. • Noteer die lassellesings. • Herhaal vir ander laste en lasposisies. • Gebruik die berekeninge wat jy in Graad 11 geleer het om jou bevindinge te verduidelik.

Kragtedriehoek
Lasselle

Raam

Massa van ’n toutjie Ewewig van drie kragte

Katrolle

Figuur 2.11: Ewewig van drie kragte

38

Gereedskap
Hoe die kragtedriehoektoets uitgevoer word • Stel die toetstoerusting op soos aangewys in Figuur 2.11 hierbo en verseker dat die katrolle vry loop. • Stel lasselle op nul. • Hang die gewig versigtig aan enige plek langs die tou en voeg ’n bekende massa (300 g) by. • Neem die lesings op die lasselle. • Bepaal die geometrie van die kragtestelsel deur meting en dan deur berekening. • Probeer ander geometrieë deur die katrolle en lasselle te verplaas (solank die katrolle toelaat dat die tou loodreg aan die lassel geheg kan word). Versorging van die momente- en kragtetoetser • Alle boute en moere aan die toetser moet stewig vas wees. • Voeg die massastukke versigtig by om ’n onakkurate lesing van die toetsstuk se torsie te vermy. • Bêre die toetser liggies geolie in ’n droë plek nadat die massastukke verwyder is. • Moenie die lasselle stamp nie – dit kan hulle beskadig.

2

Balkdefleksietoetser
Funksie Om die defleksie van verskillende lengtes materiaal onder soortgelyke ladings te bepaal en te vergelyk. Om die defleksie van balke in die eenvoudigste geval te bepaal, kan die toerusting gebruik word om Young se Modulus in verskillende materiale te illustreer. ’n Aluminiumbalk sal byvoorbeeld ongeveer driemaal soveel afwyk as ’n staalbalk van soortgelyke deursnit onder eenderse laste, aangesien die modulus vir aluminium een-derde van staal s’n is.

Wyserplaatmeter Buigstaaf

Raam

Massastukke

Figuur 2.12: ’n Balkbuigtoetsstel

Die toetsprosedure • Monteer die toerusting soos vir die toets aangegee en kies ’n geskikte balk. • Trek met ’n liniaal en viltpen’n lyn dwars oor die balk 200 mm van die wortel (vaste punt). • Hang ’n gewig van 10 g aan die wyserplaat en skuif die wyser langs die balk vanaf die vaste punt todat dit 100 mm lees. Verwyder die gewig en stel die buiteskaal op nul deur middel van die gleufie – by plastiek balke kan dit ’n paar probeerslae kos.

39

2

Meganiese Tegnologie
Voeg ’n 100 g-massa by die wyserplaatmeter en teken die wyser se lesing aan. Herhaal die vorige stap totdat jy 500 g bereik. Verhoog die massa met 100 g op ’n slag. • Teken ’n grafiek van defleksie (x-as) teenoor las (y-as) om die relevante teorieë te bewys.
• •

Versorging van die balkbuigtoetsstel Alle boute en moere aan die toetser moet stewig vas wees. Verwyder al die massastukke voor jy die toetser liggies geolie in ’n droë plek bêre. • Voeg die verskillende massastukke versigtig by om ’n verkeerde lesing op die wyserplaat te vermy. • Moenie die toetsstuk gebuig hou nadat ’n toets voltooi is nie.

Trekkragtoetser
Funksie Die trekkragtoetser is ’n destruktiewe toetsapparaat wat ’n stukkie materiaal aan toenemende aksiale spanning onderwerp totdat dit breek, terwyl dit die ooreenstemmende verlenging van die materiaal meet. Die toets is ontwerp om die breekspanning, uiteindelike trekspanning en verlengpersentasie van ’n gegewe lengte materiaal te bepaal.
Handwiel

Toetsvoorwerp

Wyserplaat

Figuur 2.13: ’n Trekkragtoetser

Om ’n toets uit te voer • Plaas die toetsstuk tussen die twee ankerpunte. • Draai die skroewe vas. • Draai die handwiel totdat die wyserplaatnaald net begin beweeg. • Stel die wyserplaat op nul. • Merk die meting op die liniaal naby die bokant van die ankerpunt. • Gee die handwiel een volle draai, waarna die lesing 1 mm behoort te wees. • Die bostuk van die toetsstuk sal nou 1 mm gerek wees. • Die onderpunt van die toetsstuk is verbind aan die groot vere, waarvan die defleksie deur die wyserplaat gemeet word. • Die toetsstuk word bereken deur die wyserplaat se lesing af te trek van die getal draaie. Byvoorbeeld, as die handwiel drie keer gedraai is en die wyserplaatlesing is 2,83 mm, is die verlenging 3,00 – 2,83 = 0,17 mm.

40

Gereedskap

2

Die wyserplaatmeter gee ook ’n aanduiding van die spanning waaraan die toetsstuk onderwerp word. Omdat die vere ’n gesamentlike koers van 100 N/ mm het, is elke wyserindeling gelyk aan een Newton; met ander woorde as die wyserplaatmeter 2,83 mm aangee, is die spanning 283 N. • Teen die einde van die toets sal die materiaal vinnig meegee en ’n akkurate wyserplaatlesing sal dan nie maklik wees nie. As die lesing nie na 20–30 sekondes stabiliseer nie, rek die toetsstuk tot breekpunt deur die handwiel te draai. • Draai die handwiel terug totdat die punte van die gebreekte toetsstuk aan mekaar raak en lees die lengte af van die skaal aan die agterkant. Nota • Vir staal en duralumin, gebruik halfdraai-inkremente van die handwiel deur die reeks. • Vir aluminium is een-vyfde inkremente aanvaarbaar. • Vir plastiek is een-vyfde inkremente vir die eerste drie draaie aanvaarbaar. Gebruik daarna inkremente van twee draaie totdat die materiaal breek.
• •

Versorging van die trekkragtoetser Verlig die las op die toetsstuk voor jy die toetser bêre. Olie die verstelwiel en –draad, gaan die wyserplaatmeter na en maak die skag skoon.

Assessering 7
1. Verduidelik die gebruik van die volgende toetsers: • Torsietoetser • Balkbuigtoetser • Mini-trekkragtoetser.

Kompressietoetsers
Funksie Met ’n druktoetser kan jy die meganiese toestand van ’n motorenjin bepaal deur die kompressie in ’n silinder te toets terwyl die suier tydens die kragslag van BDP na ODP beweeg.
Drukmeter Vonkproppasstuk

Drukontlasklep

Rubberpyp

Figuur 2.14: Kompressietoetser

41

2

Meganiese Tegnologie
Die kompressietoets • Laat loop die enjin todat dit normale werktemperatuur bereik – toetse gedoen met ’n koue enjin sal gewoonlik laer lesings gee. • Verwyder die hoëspanning-bedrading van die vonkroppe en verwyder al die vonkproppe. • Merk elke vonkprop sodat jy weet uit watter silinder dit kom. • Die vonkstelsel moet afgeskakel word, want as dit nie gedoen word nie, lewer dit steeds hoë spanning aan die vonkpropdrade, wat dan ’n pad aarde toe soek en in die proses die ontstekingstelsel of selfs die motor se elektroniese enjinbeheereenheid kan beskadig. • Maak die laespanning-bedrading tussen die spoel en die vonkverdeler los. • Dit is ook wenslik om die brandstofinspuiters te ontkoppel en die pomp af te skakel, veral in motors met katalitiese omsetters – dit verhoed dat onverbrande brandstof tydens die toets in die uitlaatstelsel te lande kom. • Skroef die meter in silinder 1 en plaas dit sodat jy die wyser kan sien terwyl jy die enjin draai. • Maak die versneller vol oop deur die pedaal in te trap of die skakels was te wig. As die versneller nie vol oop is nie, kan daar nie genoeg lug in die silinder kom nie en sal die lesings veels te laag wees.

Figuur 2.15: ’n Kompressietoetser

• Draai die enjin totdat die meterlesing nie meer styg nie en tel die enjinrevolusies terwyl jy dit doen – dit behoort gewoonlik nie langer as 10 revolusies (vyf kompressieslae) te duur om ’n volle lesing te kry nie. • Jy kan ook die siklusse van die meter aftel – elke sprong van die meter beteken een kompressieslag. • Skryf die finale lesing neer en onthou ook hoe vinnig die meter tydens die eerste paar siklusse gestyg het. • Gebruik die ontlasklep om die druk tot zero te verlig. • Herhaal die prosedure op die oorblywende silinders. • Maak seker dat elke silinder sy hoogste lesing behaal na dieselfde aantal enjinrevolusies. As al die lesings bevredigend is, kan jy die toets daar staak. • Indien enige silinders lae lesings gee, kan jy ’n “nat” toets doen. • Spuit ’n paar druppels masjienolie in die silinder in en herhaal die toets - die olie sal die ringe help seël en die lesing verhoog. Die lesing sal nie verhoog as die fout by die kleppe of silinderkoppakking lê nie.

42

Gereedskap
Versorging van die kompressietoetser • Bêre die meter in ’n droë plek – verlig altyd die druk in die toetser nadat jy ’n toets afgehandel het. • Gaan die passtukke gereeld na vir draadskade. Kyk ook dat die klampe styf om die pype pas en dat die pype nie lek nie.

2

Assessering 8
1. Verduidelik stap vir stap die gebruik van ’n kompressietoetser op ’n motorvoertuig.

Veertoetser
Funksie Hooke se Wet sê dat vervorming (die mate waarin ’n liggaam sy fatsoen verloor) direk eweredig is aan die trek- of drukspanning (krag) wat daarop uitegoefen word, mits die grense van proporsionaliteit (die elastiese vermoë van die liggaam) nie oorskry word nie. Die veertoetser wat hier gewys word, kan gebruik word om die elastiese eienskappe van die klepvere van motorenjins te toets.

Skaal Aanwyser

Boplatform Onderplatform

Kompressiehefboom

Figuur 2.16: ’n Veertoetser

Hoe om ’n veertoets te doen • Plaas die veer wat getoets moet word tussen die twee platforms. • Verstel die boplatform totdat die speling in die veer opgeneem is en stel die spanningmeter op zero. • Druk die masjien se hefboom sodat die veer 2 mm (0,002 m) deur die boplatform ingedruk word. • Neem ’n lesing van die spanningmeter voor aan die masjien. • Herhaal in 2 mm-stappe totdat die veer heeltemaal saamgedruk is. • Teken die grafiek van spanning teenoor vervorming op die x- en y-asse op die grafiekpapier. Wat sien jy? Versorging • Alle bewegende dele moet skoongemaak en volledig geolie word voordat die masjien gebêre word. • Alle boute en moere aan die toetser moet voor elke toets stewig vas wees.

43

2

Meganiese Tegnologie

Assessering 9
1. Stel en verduidelik Hooke se Wet volgens die grafiek wat jy geteken het. 2. Wat is die funksie van ’n veertoetser? 3. Verduidelik stap vir stap hoe jy ’n veertoetser sou gebruik om die spanning van ’n veer te bepaal.

MIG/Mag-sweisers
Funksie MIG-sweis is ’n outomatiese of semi-automatiese proses waar ’n draad gebruik word om metaaldele te verbind. Die draad dien as die elektrode van ’n direktestroombron en beweeg deurlopend deur ’n sweispistool. ’n Onaktiewe gas – voorheen net argon of aktiewe CO2 (deesdae ’n mengsel van argon en CO2) – word saam met die draadelektrode uitgeblaas en dien as skerm om suurstof en kontaminante in die lug weg te hou van die sweissone. Die draad beweeg vanaf ’n draadkatrol deur ’n pistool na die sweispoel. Soliede draad (GMAW) of kerndraad (Eng: FCAW-GS – flux-cored arc welding, gas shielding) kan gebruik word. MIG/Mag-sweisers gebruik die hitte wat ontstaan as ’n sterk stroom die luggaping van een geleier na ’n ander oorbrug. Soos wat die elektrisiteit deur hierdie gaping beweeg, ontwikkel intense, gekonsentreerde hitte (3 600 tot 4 000 ºC).

Figuur 2.17: ’n MIG/Mag-sweiser

Gebruik Die voordeel van MIG-sweis is dat metaal baie vinniger as tradisionele “staafsweis”tegnieke neergesit word, wat dit ideaal vir die sweis van sagter metale soos aluminium maak. Toe die metode aanvanklik ontwikkel is, was die prys van die onaktiewe gas te hoog om staal te smelt, maar namate die proses ontwikkel en semionaktiewe gasse soos koolsuurgas ook vir afskerming gebruik kon word, het MIGsweis ’n bekostigbare staalsweismetode geword.

44

Gereedskap

2

Pistool Sneller Spuitstuk Draad Werkstuk Kontakpunt Gasskerm

Sweislas Sweisspoel

Figuur 2.18: Die MIG/MAG-sweisproses

Versorging van die MIG/MAG-masjien • Werk in ’n skoon droë plek vry van water op die vloer en plaas skerms rondom die sweisplek om die gevaarlike UV-strale te keer. • Sluit die gasbottels en verlig die druk in die gaspype na gebruik. • Berg die gassilinders in ’n staande posisie. • Ontkoppel die sweiser altyd van die kragtoevoer wanneer dit nie werk nie en gaan die masjien na vir los konneksies en gebreekte proppe.

Noem ses voorsorgmaatreëls om na te kom wanneer jy ’n MIG/MAGsweismasjien stoor.

Assessering 10

Dieptemikrometer
Funksie Hierdie meettoestel is ontwerp om in ’n oop houer, pyp of silinder gesteek te word om die diepte (of buitehoogte van ’n soliede voorwerp) te meet as dit binne sy reikwydte val. Om ’n voorwerp te meet Maak seker dat die mikrometer nie van die boonste oppervlak van die werk wat gemeet word gelig word nie. Foute kan ook met die lees van die dieptemeter gemaak word, omdat die skaal andersom lees as ander mikrometers. ’n Dieptemikrometer is toegerus met omruilbare stafies van bepaalde lengtes vir die meting van groter dieptes. Foute kan ook met die lees van die dieptemeter gemaak word, omdat die skaal andersom lees as ander mikrometers.

45

2

Meganiese Tegnologie

Vingerhoed

Vingerhoeddop

Omruilbare stafies

Figuur 2.19: ’n Dieptemikrometer

Gebruik van die dieptemikrometer By die gebruik van die 0 – 25 mm-staaf word die mikrometer op ’n plat oppervlak gelê en ’n zerolesing geneem, vir langer stafies word ’n meetblok gewoonlik opgestel. Om die dieptemikrometer te lees • Lees ’n dieptemikrometer versigtig, want dit verskil van die buitemikrometer – die werklike lesing word deur die vingerhoed verberg. • Die skaal op die romp lees ook andersom as die buitemikrometer en die skaal op die vingerhoed is ook andersom.

Eenvoudige berekeninge van lesings
Dieptemikrometer: lees wat jy nie kan sien nie Volle mm 1 volle draai = 0,5 mm 2 volle draaie = 1 mm As die 0,5 mm tussen twee vol mm nie gesien kan word nie, tel dan 0,5 mm by die lesing. Indien sigbaar, moenie bytel nie. 0,5 mm 0,5 mm kan gesien word – moenie optel nie

Lesing = 6,47 mm

Figuur 2.20: ’n Dieptemikrometerlesing

46

Gereedskap
Voorbeelde:

2

Lesing: 13 + 0,5 + 0,15 = 13,65

Lesing : 25 + 16 + 0 + 0,24 = 41,24

Figuur 2.21: Voorbeelde van dieptemikrometer-lesings

Versorging van ’n dieptemikrometer • Vee af met ’n skoon lappie voor en na gebruik en bêre in ’n skoon, droë plek. • Moet dit nie laat val nie, want dit sal die lesings affekteer. • Maak seker die verlengstafies is behoorlik vas en zero die mikrometer nadat jy ’n nuwe verlengstaaf ingesit het.

Assessering 11
1. Verduidelik die funksie van ’n dieptemikrometer. 2. Gebruik die volgende inligting en teken die mikrometerskale: 6,46 mm, 63,12 mm.

Skroefdraadmikrometer
Beginsel Dit werk op die beginsel dat ’n skerp staaf in die draad van ’n bout gesteek word om te meet hoe diep die draad is. Funksie Die skroefdraadmikrometer is spesifiek ontwerp om die steekdeursnit van skroefdraad te meet.
Verstelbare aambeeld Vingerhoed Sluitmoer

Mikrometerslot Datumlyne

Figuur 2.22 Skroefdraadmikrometer

Funksie Figuur 2.22 toon die skroefdraadmikrometer, wat basies dieselfde is as ’n gewone buitemikrometer, maar aangepas om die steekdeursnit van ’n skroefdraad te meet. Die aambeeld van die skroefdraadmikrometer se vorm het dieselfde profiel as die skroefdraad wat gemeet moet word. Die spil van die mikrometer is gepunt sodat dit in die hoek van die skroefdraad pas en vry is om te draai, terwyl die aambeeld V-vormig is en ook in die skroefdraadhoek pas. Die spil en aambeeld is so ontwerp dat wanneer metings geneem word, die punt van die spil van die wortel en kroon

47

2

Meganiese Tegnologie
van die V-aambeeld nie op die wortel of kroon van die skroefdraad rus nie, terwyl die sye van die spil en V-aambeeld kontak maak met die sye van die skroefdraad. Wanneer die mikrometer op nul gestel word, val die steeklyne van die V-aambeeld saam, soos aangetoon in Figuur 2.22. Wanneer mikrometerlesings geneem word, toon hulle die steekdeursnit van die skroefdraad – dieselfde lesings wat jy van ’n gewone buitemikrometer sou kry as dit as ’n draadmikrometer gebruik word. Toetsing van die buitedeursnit (kroondeursnit) ’n Gewone buitemikrometer kan gebruik word om die buite- of kroondeursnit van die skroefdraad te meet. Die aambeelde van die mikrometer moet egter breed genoeg wees om minstens twee skroefdrade te dek, om te verseker dat die mikrometer tydens die meting reghoekig met die senterlyn van die skroefdraad staan, soos in Figuur 2.23.

Figuur 2.23: Die kroondeursnit word gemeet

Om die worteldeursnit te toets Die worteldeursnit van die skroefdraad kan getoets word met ’n mikrometer waarvan die aambeelde aangepas is om dit te doen, soos aangedui in Figuur 2.24:

Aangepaste aambeelde

Figuur 2.24: Mikrometer met aangepaste aambeelde om die worteldeursnit van ’n skroefdraad te meet.

Om die effektiewe deursnit (steekdeursnit) te toets • Die effektiewe deursnit of steekdeursnit is een van die belangrikste elemente in die korrekte verband tussen skroefdrade. As die steek van die skroefdraad wat in die bout gesny is effens verskil van die draad wat in die moer gesny is waarin die bout moet pas, sal die twee onderdele nie ordentlik inmekaar pas nie.

48

Kroondeursnit

Gereedskap
• Om ’n aanvaarbare passing te kry, kan die buitedeursnit asook die worteldeursnit onveranderd gelaat word terwyl slegs die effektiewe deursnit aangepas moet word. Die verhouding tussen die steek van die draad en die effektiewe deursnit is dus van kernbelang vir die manier waarop skroefdrade inmekaar pas. Voorbeelde van draadmikrometer-lesings

2

Lesing = 10 mm + 0,5 mm + 0,14 mm = 10,64 mm

Lesing = 5 mm + 0,5 mm = 5,5 mm
Figuur 2.25: Draadmikrometer-lesings

Versorging van die mikrometer • Vee dit skoon met ’n lappie voor en na gebruik en bêre in ’n skoon, droë plek. • Moenie die mikrometer laat val nie, omdat dit ’n verkeerde lesing tot vervolg kan hê. • Maak die draad van die mikrometer gereeld skoon en stel dit terug na nul voordat dit gebruik word.

Assessering 12
1. Wat is die die funksie van ’n skroefdraadmikrometer? 2. Skryf die lesing van hierdie draadmikrometers neer:

49

2

Meganiese Tegnologie

50

Hoofstuk 3

Materiaal
Onderwerp 3

Hittebehandelingaanwendings

Ingenieursmateriaal in omgewingsverband Materiaal

Ysterkoolstofewewigsdiagram

3

Meganiese Tegnologie

Inleiding
In Graad 10 en11 is materiaal, hittebehandeling, hittebehandelingsprosesse en die eienskappe van ingenieursmateriale in detail bespreek. In Graad 12 kyk ons na wat werklik tydens hittebehandeling met ’n materiaal gebeur.

Ingenieursmateriaal in omgewingsverband
Het jy geweet? Die eerste hoogoonde het nie laaiklokket gehad om omgewingsskade te verhoed nie: roet en stof van die smeltproses kon dus ontsnap en het die inwoners in die omgewing se gesondheid en longfunksie benadeel.

Mynbou is nie ’n omgewingsvriendelike nywerheid nie – dit het ’n duidelike negatiewe uitwerking op die omgewing, byvoorbeeld Die Groot Gat van Kimberley, die onbewerkte, ongerehabiliteerde mynhope van Gauteng of die beplande eksplorasie vir aard-(skalie) gas in die Karoo. Skaliegas word ontgin deur twee gevestigde tegnologieë – hidroulie se breking en horisontale boorwerk – te kombineer. Bedrywe soos steenkoolmyne beskadig wel die sensitiewe omgewing, maar moet Suid-Afrika se kragstasies voorsien ondanks al die lug- en geraasbesoedeling, stof en besoedelde grond en water wat dit veroorsaak. Veral die besoedeling van grondwater is ’n probleem, want as dít eers aangetas is, is dit feitlik onmoontlik om te suiwer (’n saak van groot kommer vir die boere van die Karoo en ander streke wat hard moet werk om Suid-Afrika se voedselsekurtiteit te verseker). (Suid-Afrika moes onlangs vir die eerste keer in sy geskiedenis voedsel begin invoer.) Aan die ander kant bied die ontginning van ystererts, metale en halfedelmetale werk aan ’n geskatte 600 000 Suid-Afrikaners en mense uit buurlande. Weens die aard van hulle werk en lewensomstandighede ly baie mynwerkers egter aan HIV/Vigs en longkwale. Ongelukke in smelterye, fabrieke en werplekke is ’n saak van kommer vir vakunies en die Departerment van Arbeid.

Het jy geweet? Hematiet is die belangrikste ystererts in Suid-Afrika en is hoofsaaklik ’n ysteroksied.

Die Departement Omgewingsake beywer hom egter om water- en lugbesoedeling, aardverwarming en die vrystel van kweekhuisgasse soos CFK’s, koolsuurgas, waterdamp, stikstofoksiede en metaan te bekamp. Baie myn- en nywerheidsfirmas het meer sosiaalbewus geword en besef die noodsaaklikheid van die rehabilitasie van byvoorbeeld mynhope om stof te bekamp. Die gebruik van rooklose kooks lewer ook ’n bydrae. Elkeen van ons kan help deur deel te neem aan Boomplantdag en die drie H’s te onthou (Hokslaan, Herwin en Hergebruik).

Assessering 1

Die doel van die blokkiesraaisel langsaan is om jou te help om die kennis wat jy in Graad 10 en 11 opgedoen het, kennis wat nodig is om hierdie nuwe afdeling van die leerplan beter te begryp, te verfris. Daar sal miskien vrae wees wat jy nie kan beantwoord nie, maar hulle is doelbewus daar sodat jy hierdie hoofstuk sal wil deurlees voordat dit in die klaskamer behandel word. Blokkiesraaisel DWARS 1. Aluminium word gemaak van ’n erts met die naam. (7) 2. As jy ’n stuk kleurgekodeerde staal afsaag, begin jy aan die kant wat .... is. (10) 3. Watter element bepaal die eienskappe van staal? (8) 4. Die grafiet in grys gietyster is in die vorm van …. (8)

52

Materiaal
5. 6. 7. 8. 9. Die moeilikste staalsoort om te sny of saag is ….. ’n Metaal waarvan draad maklik gemaak kan word, is .......... Wanneer koper verweer, kry dit ’n blou-grys lagie bekend as….. ’n Koperallooi kan makliker gemasjineer word as dit ’n bietjie …. bevat Die gewig van ’n voorwerp verander as swaartekrag verander, maar sy …. bly dieselfde. 10. Koolstof in die vorm van.................. maak witgietyster baie hard. (16) (8) (6) (4) (12) (9)

3

AF 1. Staal wat meer as een soort metaal bevat word……staal genoem. (6) 2. Watter element word by aluminium gevoeg vir beter taaiheid en drakrag? (3) 3. ’n Metaal wat vervorming kan weerstaan, word ……. genoem. (7) 4. Inkrimping weens sweiswerk kan met .….behandeling verbeter word. (15) 5. Die twee belangrikste soorte smeebare gietyster bevat ferriet en……. (7) 6. Vlekvrye staal word gevorm deur die byvoeging van ........ (6) 7. Hoë-allooigietyster is minder … as gewone gietyster. (4) 8. Koper- en sinkallooie maak ’n reeks metale bekend as ………… (9) 9. Die eienskap van ’n metaal wat nie maklik induik nie, word …… genoem (8) 10. Staal bevat minstens 98% …. (5)

53

3

Meganiese Tegnologie

Terminologie in verband met die ystersementietekwilibriumdiagram
Koolstofinhoud
Ons het in Graad 10 en 11 geleer dat staalsoorte in drie klasse verdeel word volgens die hoeveelheid koolstof wat hulle bevat. Die klasse is bekend as laekoolstofstaal, mediumkoolstofstaal en hoëkoolstofstaal. In figuur 3.1 hieronder noem ons van hulle gebruike. Soos die koolstofinhoud toeneem, verbeter die trekvastheid of meganiese sterkte, hardheid en verhardingsvermoëns van staal, terwyl eienskappe soos rekbaarheid, smeebaarheid, rekbaarheid, sweis- en snybaarheid nadelig geaffekteer word.
Koolstofinhoud Laag 0,10 – 0,25% Medium 0,25 – 0,55% Tipiese gebruike Boute, skroewe, klinknaels ens. Krukasse, suierstange, tange, oopspanners, skroewedraaiers Hittebehandeling Uitgloeiing, verharding, tempering Oppervlakverhardingvlakverharding (dopverharding) Temper Verharding, temper Spesiale eienskappe Sterk, duursaam Taai, trekvas harde oppervlak

Het jy geweet? Om grade Celsius (°C) na Fahrenheit (°F) te herlei: °F = 9/5 × °C + 32. Om grade Fahrenheit (°F) na Celsius te herlei: °C = 5/9 (°F − 32). Om grade Kelvin (K) na Celsius (°C) te herlei: °C = K – 273. Om grade Celsius (°C) na Kelvin (K) te herlei: K =°C + 273.

Hoog 0,55 – 1,00%

Snywerktuie, vere, asse, hamers, sae

Bros, moeilik sweisbaar

Figuur 3.1: Staalklasse

Temperatuur
Dit is die hittevlak binne ’n materiaal en word gemeet deur n termometer of termostaat en aangeteken in enigeen van verskeie temperaturskale, byvoorbeeld Celsius, Fahrenheit of Kelvin. Die vriespunt van water op die Celsiusskaal is 0 °C en die kookpunt 100 °C. Die vriespunt van suiwer water op die Kelvinskaal is 273 K en kookpunt 373 K teen normale atmosferiese druk.

Austeniet
Dit is ’n soliede oplossing van yster en koolstof wat ysterkarbied genoem word. Die kristalstruktuur word gevorm wanneer die koolstof in die staalkristalle oplos om kleiner kristalle tussen die hoër en laer kritiese punt te vorm. Dit is hoëtemperatuurmetaal, ook bekend as vlakgesentreerde kubiekvormige yster (VKY).
Greingrense

Greine

Figuur 3.2: Mikroskoopbeeld van austeniet (baie vergroot)

54

Materiaal

3

Ferriet
Dit is die mikrostruktuur van suiwer yster of staal wat liggrys of wit voorkom waaneer dit geëts en deur ’n mikroskoop bekyk word.
Het jy geweet? ’n Mikrostruktuur is iets wat net sterk vergroot onder ’n mikroskoop sigbaar is.

Figuur 3.3: Ferrietkristal van koolstofstaal

Sementiet
Sementiet (ook bekend as ysterkarbied) is ’n yster-koolstof- (Fe3C-) verbinding wat gevind word in staal en gietyster. Wanneer die koolstofinhoud bokant 0, 83% styg, verbind die koolstof met die perlietkristalle om ’n baie harde materiaal te vorm wat uit sementietkristalle bestaan.

Figuur 3.4: Perliet- en sementietkristalle

Perliet
Dit is ’n samestelling van ferriet en sementiet wat in opeenvolgende lae in die mikrostruktuur voorkom. Dit is die soort kristal wat voor verharding gevorm word wanneer die staal 0,83% koolstof bevat.

Greingrens

Sementiet

Ferriet

Figuur 3.5: Mikroskoopbeeld van perliet (baie vergroot)

55

3

Meganiese Tegnologie

Martensiet
Hierdie struktuur word verkry wanneer austeniet skielik geblus word. Die naaldagtige struktuur toon die fyn patroon van ongetemperde martensiet.

Figuur 3.6: Mikroskoopbeeld van martensiet (baie vergroot)
Struktuur Austeniet Bainiet Sementiet Ferriet Martensiet Perliet Sag, growwe greinstruktuur Goeie sterkte, nie so hard soos martensiet nie, smeebaar en taai. Uiters hard en bros Sag en smeebaar Uiters hard, sterk en bros Goeie smeebaarheid, hard maar nie so hard soos bainiet nie, taamlik sterk en taai, weerstaan vervorming. Kenmerke

Figuur 3.7: Tabel van kenmerke van verskillende staalstrukture

Kritiese temperature
Dit is die temperatuur waartydens ’n fase-, struktuur- of kristalstruktuurwysiging plaasvind. Dit is sterk afhanklik van die staal se koolstof- of allooi-inhoud. Kritiese temperature is uiters belangrik tydens die hittebehandeling van ’n materiaal.

56

Materiaal
Verhitting Afkoeling

3

Austeniet

Perliet Ferriet

Het jy geweet? Die punte waar daar van een fase na ’n ander oorgegaan word, word deur hittebehandelaars kritiese punte genoem. Metallurge noem dié punte transformasiepunte.

Tyd

Figuur 3.8: Kritiesetemperatuurdiagram van 0,83% koolstofstaal.

Die figuur hierbo toon die greinstruktuur in siklusse van verhitting en afkoeling. Die middelseksie toon blussing vanaf verskillende temperature en die gevolglike greinstruktuur.

Laer kritiese punt (AC1)
Dit is die laagste temperatuur waartoe staal verhit moet word om verhard te word. Die laer kritiese punt is altyd omtrent 721 °C in ewewig of stadige afkoeling, maar die hoër kritiese punt verander namate die koolstofinhoud verander. Indien verhitting egalig voortgesit word, kom daar ’n tweede stuit- of kritieke punt (AC2) voor, alhoewel die uitwerking van AC2 nie so verreikend is as AC1.nie. Wanneer die temperatuur stadig tot bokant 700 °C (AC1) styg totdat dit 800 °C bereik, neem die metaal ’n helderrooi kleur aan. Die veranderinge op hierdie punt is heeltemal afhanklik van die staal se koolstofinhoud. Op hierdie stadium word die gedeeltelike uitgloeipunt van die meeste staalsoorte bereik.

Blussing

Martensiet Martensiet

Temperatuur in °C

Tweede stuitpunt (AC2)

Het jy geweet? Die letters AC1,AC2 en AC3 is ’n afkorting van die Franse woorde “arrêt de chauffage” wat “verhittingstuitpunt” beteken.

Hoër kritiese punt (AC3)
Dit is die hoogste temperatuur waartoe staal verhit kan word om die hoogste hardheid te bereik.
Persentasie koolstof 0,10 0,20 0,30 0,40 0,50 0,60 0,70 0,80 0,90 of meer Kritiese temperatuur vir verharding en uitgloeiing in °C 915 – 980 885 – 925 850 – 900 815 – 870 790 – 850 780 – 825 760 – 810 745 – 790 730 – 780

Figuur 3.9: Kritiese temperature vir staalsoorte

57

3

Meganiese Tegnologie
Ontverhittingspunt • Die temperatuur waarteen koolstofstaal van perliet na austeniet verander as dit verhit word (700 °C vir 0,83% koolstofstaal). Herverhittingspunt • Die temperatuur waarteen koolstofstaal terugverander van austeniet na perliet wanneer die staal afgekoel word (700 °C vir 0,83% koolstofstaal). Kritiese temperatuur van gewone koolstofstaal • Wanneer ’n stuk staal of yster hittebehandel word, ondergaan dit struktuurveranderinge. Wat hierdie veranderinge presies is, is nie nou so belangrik as die temperatuur waarteen die veranderinge plaasvind nie. Wanneer ’n voorwerp wat bestaan uit gewone medium-koolstofstaal verhit word, vind daar interne struktuurveranderinge plaas teen 700 °C, en teen omtrent 800 °C neem dit ’n heel ander vorm aan. Vir ’n bepaalde voorwerp word 700 °C beskou as die laer kritiese temperatuur en 800 °C as die hoër kritiese temperatuur. Die kritiese temperatuur van enige soort voorwerp wat onderwerp word aan hittebehandeling moet bekend wees om die proses suksesvol te kan uitvoer. Die volgende punte moet onthou word: • Die laer kritiese temperatuur vir alle gewone koolstofstaalsoorte is 700 °C. • Die hoër kritiese temperatuur wissel volgens die koolstofinhoud van die staal. • Staal of yster met ’n koolstofinhoud van 0,87% het slegs een kritiese temperatuur, naamlik 700 °C.

Het jy geweet? Sementiet is die uiters harde silwerspikkels in wit gietyster wat gebreek is. ’n Mengsel van ’n bepaalde verhouding van hierdie twee elemente word perliet genoem omdat dit onder die mikroskoop na perlemoer (perlemoen) lyk.

Veranderinge tydens die verharding van koolstof-gereedskapstaal Koolstofstaal wat ten volle uitgegloei is bestaan uit twee komponente: een van hulle is yster of ferriet (afgelei van die Latynse woord ferrum vir yster, wat enigiets ysterhoudend beteken) en die ander is ’n ysterkarbied bekend as sementiet. Wanneer koolstofstaal in sy volledig uitgegloeide staat verhit word, gewoonlik tot ’n temperatuur van tussen 680 °C en 720 °C (afhangend van die koolstofinhoud), vorm daar afwisswelende lae ferriet en sementiet (die ferriet en sementiet vorm talle lae langs mekaar, soos die lae brood en vleis in ’n oneindige toebroodjie). Die lae in die staal is so dun dat hulle slegs onder ’n mikroskoop gesien kan word. Hulle lyk soos afwisselende lae wit en swart papier (van die kant af gesien) en vorm dan perliet as hulle inmekaarsmelt. Die temperatuur waarteen dit gebeur, staan bekend as die laer kritiese punt (AC1). Die vermenging duur voort totdat die perliet heeltemal “opgelos” is en ’n metaal bekend as “austeniet” vorm. As die temperatuur van die staal aanhou styg en daar is, benewens die perliet, ook enige oormaat ferriet of sementiet teenwoordig, sal dit ook tot austeniet oplos totdat daar uiteindelik slegs austeniet teenwoordig is. Die temperatuur waarteen hierdie samesmelting plaasvind, staan bekend as die laer kritiese punt. As die temperatuur van die staal aanhou styg en daar is (benewens die perliet) enige oorblywende ferriet of sementiet, sal dit ook “oplos” totdat daar uiteindelik slegs austeniet oorbly. Die temperatuur waarteen die oormaat ferriet of sementiet volledig oplos tot austeniet staan bekend as die boonste kritiese punt (AC3). As die staal nou vinnig afgekoel word deur dit in ’n bad koue water of olie te dompel, word ’n nuwe struktuur gevorm. Die austeniet word in martensiet omskep en gee aan die staal sy hardheid.

58

Materiaal

3

Figuur 3.10: Die ysterkoolstof-ekwilibriumdiagram

Kenmerkende veranderinge in staal op kritiese temperature (AC1, AC2, AC3)
Die veranderinge wat plaasvind wanneer staal verhit word, is baie belangrik en kan verwarrend wees. Hier volg ’n verduideliking van die effek van verskillende soorte hittebehandeling op metaal. Wanneer ’n staalstaaf met sê maar 0,3% koolstof geleidelik in ’n oond verhit word en die tydsverloop van die verhitting word waargeneem, sal dit blyk dat die temperatuur eers ’n gelykvormige styging toon. Wanneer die temperatuur egter 700 °C (’n dowwe rooiwarm) bereik sal dit vir ’n rukkie stilstaan en dan teen ’n stadiger tempo styg totdat dit 800 °C bereik (’n helder rooiwarm hitte). Hierna sal die temperatuur egalig aanhou styg (soos aanvanklik die geval was), terwyl die verhitting volgehou word. Die eerste stuitpunt (AC1) word ’n kritiese punt of ontwarmingspunt genoem.

59

3

Meganiese Tegnologie
Bekyk nou ’n stuk staal wat tot 900 °C verhit word (’n helder rooi-geel hitte) en dan onder ’n dowwe lig afkoel, sodat die kleur duidelik waargeneem kan word. Met afkoeling sal die staal eers sy helderheid verloor. Die afkoeling sal normaal verloop totdat die temperatuur (AR1) bereik word, wat min of meer saamval met die temperatuur waar die staal tydens verhitting sy stuitpunt (AC1) bereik het. By hierdie punt sal dit voorkom asof die staal effens opgloei, asof dit weer verhit word. Na hierdie punt sal die afkoeltempo soos normaal voortgaan. Dit is dus belangrik om hierdie punt tydens die afkoelperiode aan te teken. Figuur 3.11 toon ’n grafiek wat die stappe van die duur van die verhitting en afkoeling van die staal teenoor die tydsverloop weergee. Onthou dat die punt waar die temperatuurdaling gestuit word, bekend staan as die herverhittingspunt (AR1) en aandui dat die verandering in die interne struktuur van die staal plaasgevind het. In alle soorte hittebehandeling is beide tyd en temperatuur belangrik om die gewenste verandering in die staal teweeg te bring.
Eenvormige temperatuurstyging Eenvormige temperatuurdaling Temperatuurdaling stop (verhittingspunt AR1) AR3 AR1 Eenvormige temperatuurdaling Eenvormige temperatuurstyging

(Ontverhittingspunt AC1) AC1 Verhitingskromme

AC3

Temperatuur in °C

Tyd

Figuur3.11: Die temperatuur/tydgrafiek

Die uitwerking van die verhitting en afkoeling op die struktuur van staal
Wanneer ons ’n stuk staal of yster met ’n geringe persentasie koolstof verhit en sy temperatuurstyging meet, sal dit blyk dat die temperatuur styging na ’n bepaalde tydsverloop ophou, en dan weer teen ’n egalige tempo begin styg. Dit is duidelik dat die hitte wat sonder ’n gevolglike temperatuurstyging by hierdie stuitpunt of kritiese punt (AC1) geabsorbeer is, ’n wysiging in die interne struktuur van die stuk staal of yster veroorsaak het. As die verhitting voortgaan, is daar ’n tweede stuitpunt of kritiese punt (AC2), maar die effek daarvan is nie so merkbaar soos by die AC1 punt nie. Teen ’n nog hoër temperatuur kom daar ’n derde kritiese punt (AC3) voor, wat vergelykbaar is met die eerste kritiese punt (AC1). Die AC3 (derde kritiese) punt is die belangrikste, aangesien die metaal se greinstruktuur dan op sy fynste is, en dan bekend staan as austeniet.

60

Materiaal

3

Uitkenning van materiaalgebruike met verbeterde eienskappe in praktiese aanwendings
Krukasse Hulle kan gesmee word uit ’n staalstaaf, gewoonlik deur rolsmeding, of in smeestaal gegiet word. Vir gesmede krukasse word daar gewoonlik vanadiumallooistaalsoorte gebruik weens hulle lugverkoel-eienskappe, veral om hoë sterkte te verkry sonder bykomstige hittbehandeling, buiten net die dopverharding van die laeroppervlakke. Die lae allooivlakke maak die materiaal goedkoper as hoë-allooistaal. Koolstofstaal word ook gebruik, maar vereis bykomstige hittebehandeling om die gewenste eienskappe te bekom. Die doel is om ’n harde dop rondom ’n taai kern te skep. Dopverharding is die ideale hittebehandeling vir dele wat ’n slytvaste oppervlak het, maar steeds taai genoeg in die kern is om toegepaste kragte te weerstaan, soos by ratte, nokasse, silinderhulse, ens. Feitlik alle krukasse gebruik induksie-verharde laeroppervlakke, omdat hierdie tegniek goeie resultate teen lae koste bied. Die krukas kan ook herslyp word sonder om weer verhard te moet word. Hoëwerkverrigting-krukasse (gietstuk-krukasse – die term vir krukasse gemaak uit gietstukke van ’n spesiale ysterallooi bekend as “Proferal”) word veral eerder met nitridering behandel. Dit is ’n stadiger proses en dus duurder, en vereis bepaalde allooimetale in die staal ten einde stabiele nitriede te skep. Die voordeel daarvan is dat dit teen laer temperature gedoen kan word, ’n baie harde oppervlak skep en ’n mate van oorblywende kompressiespanning in die oppervlak agterlaat, wat metaaluitputting in ’n mate teenwerk. Die lae temperature tydens die behandeling is voordelig, want dit benadeel nie die staal nie. Vir krukasse wat in rollaers draai, word karburering gewoonlik verkies om die hoë kontakladings van hierdie aanwending te weerstaan. Soos nitridering laat karburisering ook ’n mate van oorblywende kompressiespanning in die oppervlak agter. Gas-karburisering is ’n soort hittebehandeling vir staalgietstukke vir nokasse (die term word hierbo verduidelik). Vir hierdie prosedure word ’n nokas in ’n oond met ’n koolstofrykatmosfeer en tot ’n bepaalde temperatuur verhit. Nadat die nokas se “buitevel” die gewenste hoeveelheid bykomstige koolstof geabsorbeer het, word dit uit die oond gehaal en geblus om die regte tempering te behaal. Tempering is nodig om oorblywende austeniet te verwyder en om die nokas se werkverrigting te verbeter. Die gietstukmateriaal is die spesiale graad ysterallooi “Proferal”, wat veral met nierollaernokasse gebruik word weens sy uitstekende slytwerende eienskappe. Sekere nokasse word genitrideer, waarna die “veldiepte” vlakker is. Hierdie nokasse word vir minder kritieke aanwendings gebruik. Karburisering is gewoonlik duurder as nitridering, maar die proses is krities om nokasse van hoë gehalte te skep en ook hoëwerkverrigting-nokasse meer duursaam te maak. Nokaste Die nokas word deur ’n ketting, band of ratstel teen half-enjinspoed vanaf die nabygeleë krukas aangedryf. Die as word van smeedstaal of gietyster gemaak, wat gemasjineer en verhard word om die maksimum slytvastheid aan die nokke se wange te gee. Die nokke word gespasieer volgens intervalle wat met die vonkvolgorde ooreenstem. Soos die nokas draai, lig elke nok om die beurt ’n nokvolger en stootstang, wat die ooreenstemmende tuimelaar laat kantel en die klep afdruk. Die klep word gesluit deur die klepveer namate die draaiing van die nok die nokvolger die klepstoter weer laat sak. Sommige enjins het twee klepvere by elke klep.

61

3

Meganiese Tegnologie
Om doeltreffend te werk moet elke klep weer styf na sy setel terugkeer. Om dit te verseker word ’n gaping, bekend as “klepspeling” tussen die klepsteel en die tuimelaar toegelaat. Dit laat die klepmeganisme ook uitsit as dit warm word. Suierringe Suierringe van grys-gietyster en staal word verskillend vervaardig. Om die probleme van gebrekkige taaiheid en brosheid in suierringe te voorkom, word die ringe hittebehandel, wat saam met die deeglike passing van ringe ’n langer lewe en laer slytasie bied. Hittebehandeling bied maksimale hardheid en ’n langer leeftyd; ringe wat presies in hulle groewe pas verminder ringbandslytasie. Die “korrekte” temperatuur vir hittebehandeling is 480 – 520 °C, met stadige verhitting en die handhawing van die temperatuur vir een uur vir elke 25,4 mm dikte, en minstens 10 minute vir baie dun ringe. Die buiterand van die suierring word selektief en oppervlakkig verhit in enige van verskeie metodes om ’n laag austenietmetaal in die ringoppervlak te skep. Die ring word dan skielik in ’n geskikte omgewing afgekoel, wat die austenietsamestelling op die verhittingspunt omskep in ’n martensietsamestelling wat grens aan die basismateriaal.

Assessering 2
1. Wat bepaal die hardheid van staal? 2. Watter struktuur in staal bepaal die hardheid daarvan? 3. Watter struktuur in staal bepaal die pletbaarheid daarvan? 4. Hoe word die volgende strukture in staal gevorm? 4.1 Martensiet 4.2 Perliet. 5. Wanneer gewone koolstofstaal teen ’n konstante tempo verhit word, styg sy temperatuur gelykmatig tot by 700 °C. Die temperatuur bly dan vir ’n rukkie dieselfde. Wat word hierdie punt genoem? 5.1 Die herverhittingspunt 5.2 Die afkoelpunt 5.3 Die laer kritiese punt 5.4 Die ontverhittingspunt 5.5 Die hoër kritiese punt 6. Verduidelik die volgende terme wat in verband met hittebehandeling gebruik word: 6.1 Austeniet 6.2 Herverhittingspunt 6.3 Ontverhittingspunt 7. Beskryf die term “hittebandeling” soos jy dit verstaan. 8. Verduidelik kortliks hoekom die volgende soorte hittebehandeling op koolstofstaal toegepas word: 8.1 Verharding 8.2 Dopverharding 8.3 Uitgloeiing 8.4 Temper 8.5 Normalisering. 9. Teken ’n netjiese, eenvoudige yster-koolstofdiagram wat die volgende aandui: 9.1 Die AC1- en AC3-lyne. 9.2 Die verskillende staalgroepe wat in die diagram aangetoon word in hulle onderskeie sekwensies. 9.3 Verduidelik wat bedoel word met die eerste en derde stuitpunte van koolstofstaal. 10. Perliet is ’n kombinasie van __________ en _________. 11. Die koolstofinhoud van ferriet is _________. 12. Die koolstofinhoud van sementiet is _____________. 13. Die koolstofinhoud van perliet is _____________.

62

Hoofstuk 4

Terminologie
Onderwerp 4

Snyprosedures vir draaibanke

Pas snymetodes toe om ’n artefak te maak Terminologie

Draadsny

Freesprosesse

Freesmasjienberekenings

4

Meganiese Tegnologie

Terminologie en prosedures vir die gebruik van draaibanke en freesmasjiene
Draadsny-mikrometer
Die draadsny-mikrometer hier onder is spesifiek ontwerp om die steekmiddellyn van ’n skroefdraad te meet. Die aambeeld- en spilpunte is so gevorm dat dit by die ingeslote hoek (vorm) van die skroefdraad pas wat gemeet moet word. Die skroefdraad-mikrometer het ’n V-vormige aambeeld wat oor ’n draadvorm pas en ’n keëlvormige spil wat in die teenoorstaande draadgroef pas.
Spil Skroef

Skroefdraad Aambeeld Spil

Aambeeld

Figuur 4.1: Skroefdraad-mikrometer

Basiese skroefdraadterminologie
Helikshoek Top Steek Wortel

Steekmiddellyn

Kern- of wortelmiddellyn

Buite- of topmiddellyn

As

Enkeldiepte Dikte van draad Draadhoek Draadflank

Skroef

Figuur 4.2: Skroefdraadterminologie

Figuur 4.2 illustreer die dele van ’n skroefdraad. Hier onder is die definisies van die onderdele. Buite-, top-, basiese middellyn is die groter, of buitemiddellyn van die skroefdraad. Dit is ook bekend as die volle middellyn van die skroefdraad en word aan die nominale grootte waaraan herken, byvoorbeeld: M 20.

64

Terminologie
Die kern-, wortelmiddellyn is die kleiner middellyn van ’n skroefdraad, wat by sy wortel of ondervlak gemeet word. Dit is gelykstaande aan die buitemiddellyn minus twee maal die diepte van die skroefdraad, haaks op die as gemeet. Die Kkrn-, gemiddelde, effektiewe middellyn is die middellyn van ’n denkbeeldige silinder. Die oppervlak van hierdie silinder kan deur die skroefdraad beweeg by vlakpunte waar die breedte van die skroefdraad en die wydte van die spasies tussen die skroefdraadvlakke gelyk aan mekaar is. Die gemiddelde middellyn is die buitemiddellyn minus die diepte van die skroefdraad. Steek (P) Die steek (P), van ’n skroefdraad is die afstand vanaf enige gegewe punt op die skroefdraad tot by ’n ooreenstemmende punt op ’n aanliggende draad, wat parallel op die as van die skroefdraad gemeet word. ’n Skroefdraadsteekmeter word gebruik om die steek van die skroefdraad te meet. Styging (L) Die styging van ’n skroefdraad is die afstand wat die moer op ’n skroefdraad sal beweeg (vorentoe) al met die skroefdraad-as langs wanneer dit deur een volledige revolusie (omwenteling) gedraai word. Die styging en die steek van ’n enkelvoudige draad is gelyk aan mekaar. Die styging word bereken deur die getal aanlope van die skroefdraad met die steek te vermenigvuldig. Styging = getal aanlope × steek. Kruin Die kruin van die skroefdraad is die top- (buite) vlak waar die twee kante (draadflanke) van ’n skroefdraad bymekaarkom. Wortel Die wortel van die skroefdraad is die onderste vlak waar die kante (draadflanke) van aanliggende skroefdraadvlakke bymekaarkom. As Die as van die skroefdraad is die middellyn deur die skroefdraad, in die lengte. Diepte van skroefdraad Die diepte van die skroefdraad is die afstand tussen die top en die wortel van die skroefdraad, wat loodreg op die as gemeet word. Skroefdraadhoek Die skroefdraadhoek van die skroefdraad is die hoek wat ingesluit word tussen die kante (skroefdraadflanke) van die skroefdraad wat in ’n vlak deur die as gemeet word. Vorm van skroefdraad Die vorm van die skroefdraad is die dwarssnit van die skroefdraad wat gesny word deur ’n vlak wat die as bevat. Skroefdraadreeks Die skroefdraadreeks is die standaardgetal skroefdrade per 25 mm vir verskeie deursneë. ’n Enkele skroefdraad bestaan uit een rif. Die styging is gelykstaande aan die steek. Meervoudige skroefdrade word saamgestel uit twee of meer riwwe wat sy aan sy loop.

4

65

4

Meganiese Tegnologie
Meervoudige skroefdrade word gebruik waar vinnige beweging, maar nie groot sterkte nie, belangrik is. ’n Regterhandse skroefdraad vereis dat ’n bout of moer regsom gedraai word, of na die regterkant toe om dit vas te draai. ’n Linkerhandse skroefdraad vereis dat ’n bout of moer linksom gedraai moet word, of na die linkerkant om dit vas te draai. Skroefdraadpassing Skroefdraadpassing beskryf hoe styf ’n bout en moer by mekaar pas. Daar is vier algemene skroefdraadpassingsklasse: • Klas 1-passing word net aanbeveel vir skroefdraadstukke waarin ’n geskud of speling nie afkeurenswaardig is nie. Hierdie passing word gebruik in onderdele wat essensieel is vir vinnige montering. • Klas 2 is vir skroefdraadonderdele wat met die vingers aanmekaar gesit kan word (hand-styf). Daar mag ’n klein bietjie losheid tussen die dele wees. ’n Klas 2passing word aanbeveel vir meeste wisselbare skroefdraadstukke. • Klas 3 is vir hoërgraad-skroefdraaddele, wat groter akkuraatheid vereis. Dit word net aanbeveel in gevalle waar die hoë koste van presisiegereedskap en voortdurende kontrolering geregverdig is. • Klas 4 is vir die fynste skroefdraadwerk. ’n Skroewedraaier of moersleutel mag nodig wees om die onderdele te monteer. Hierdie skroefdraadpassings is nie aanpasbaar vir massaproduksie nie. Berekening van die snydiepte Dit is te begrype dat in ingenieurspraktyk die skroefdraadvorm anders as die standaardfatsoen of -vorm sal wees. Hierdie aanpassing word gemaak om skerp hoeke by die top of by die wortel van die skroefdraad te voorkom. Die top en wortel van die skroefdraad word rond gemaak om gladde beweging te verkry. Dit is ook om te voorkom dat die skroefdraadpasdele vasklem of vassit.
Steeklyn

As van skroefdraad

Enkeldiepte

Diepte = 0,86603 × steek

Figuur 4.3: Bereken skroefdraaddiepte

Snyprosedures
Skroefdraadsnywerk op ’n senterdraaibank
Skroefdraadsnywerk op ’n senterdraaibank word uitgevoer deur die werkstuk te draai terwyl die oorlangse beweging van die draaibankslee tegelykertyd bewerkstellig word. Om ongelykvormige steekvlakke op die draaibank te sny, word stelle ratte verskaf. Die beginsel van skroefsnywerk behels dat die vaste kop gerat word sodat, deur die spil een maal te draai, die leiskroef genoegsaam sal draai om die slee vorentoe te voer teen ’n afstand gelykstaande aan die steek van die skroefdraad wat gesny word. Die moderne senterdraaibank word met ’n snelruilratkas toegerus om die wisseling van ratte vir draadsnywerk te versnel.

66

Terminologie Sny van ’n buite-metriese V-skroefdraad volgens die dwarssleemetode
1. Stel die werkstuk in die senterdraaibank op en draai die deel waarin die skroefdraad gesny moet word tot by die buite- (nominale) middellyn van die skroefdraad. 2. Stel die saamgestelde beitelslee op 30° (gelykstaande aan die helfte van die skroefdraadhoek) na die regterkant en stel die snybeitel akkuraat in die beitelhouer op. 3. Raadpleeg die indeksplaat van die snelruilratkas en skuif die hefbome dienooreenkomstig vir die nodige steek van die skroefdraad. 4. Skakel die senterdraaibank aan en stel die snybeitel op raakpunt op die werkstuk. Stel die gegradueerde (mikrometer-) wyserplate van die dwarsslee en saamgestelde beitelslee op nul. 5. Beweeg die snybeitel ’n kort afstand van daardie punt af weg, sodat dit vry van die eindpunt van die werkstuk kan wees. Voer die saamgestelde beitelslee 0,05 mm inwaarts. 6. Met die senterdraaibank wat roteer (draai), laat die halfmoere op die korrekte lyn van die draadsnydingswyserplaat inkam, terwyl jy die eerste snit van die skroefdraad aan die gang sit. Die snybeitel sal nou die werkstuk skraap (krap). 7. Trek aan die einde van die snyproses die snybeitel vinnig en maak die halfmoerhefboom vry. Bring die slee terug na die beginpunt van die skroefdraad. 8. Bring die senterdraaibank tot stilstand en gaan die skroefdraadsteek met ’n skroefdraadsteekmeter na. 9. Herhaal die snyproses met daaropvolgende snitte totdat die vereiste diepte bereik word en die skroefdraad voltooi is. (WENK: Bring die dwarstoevoerkraag terug na nul vir elke snit.) 10. Elke daaropvolgende snit word deur middel van die saamgestelde beitelslee gestel. 11. ’n Baie ligte afrondingsnit kan gemaak word deur ’n verstelling op die dwarstoevoerskroef te maak. 12. Gaan by voltooiing die afgewerkte skroefdraad met ’n ringmaat na vir die korrekte passing.
Kloukop Werkstuk

4

Snybeitel

Saamgestelde beitelslee

Dwarsslee  ___ = 30˚ 2

Figuur 4.4: Snybeitel haaks op die werkstuk opgestel

67

4

Meganiese Tegnologie Die linkerhandse V-skroefdraad
Die linkerhandse skroefdraad draai linksom (antikloksgewys) wanneer dit vorentoe beweeg. Die senterdraaibank word presies dieselfde opgestel, behalwe vir die sny van ’n regterhandse skroefdraad en dat die gereedskapstuk van links na regs gevoer word (vanaf die vaste kop na die loskop) pleks van regs na links. Linkerhandse skroefdrade word gebruik vir die dwarsvoerskroef van senterdraaibanke en skroefdrade in oksi-asetileensweistoerusting.

Draai-oefening
Draai die volgende artefak uit sagtestaal op ’n senterdraaibank. Die oefening sluit in trapdraaiwerk, groefsnywerk, senterboorwerk, afkant- en dubbelsenterwerk.

Figuur 4.5: Draaitoets-proefstuk

Freesmasjien-berekeninge
Ratte speel ’n uiters belangrike rol in allerhande soorte meganiese toestelle. Om aan ’n verskeidenheid ratstelselvereistes te voldoen, is baie rat-tipes ontwikkel. Alhoewel meeste ratsnywerk op gespesialiseerde masjienwerktuie gedoen word, kan ’n reguittandrat met die gebruikmaking van gewone masjientegnologie op die freesmasjien gesny word. Ratte en ratsnywerk behels in die algemeen ’n aantal terme, talryke afmetings en berekenings. Om ratsnywerk te doen, moet jy met die ratterminologie en berekenings vertroud wees wat by ratsnywerk betrokke is.

Indeksering op die verdeelkop
Eenvoudige indeksering Wanneer indeksering gedoen moet word, moet die getal draaibewegings van die kruk bereken word wat nodig sal wees om die werkstuk oor die vereiste afstand te beweeg ten einde die getal tande of groewe op die omtrek van die werkstuk te kan sny. Omdat die verdeelkop ’n 40-tot-1-verhouding tot die indekseringsbeweging het, is die kruk T = 40 N Getal draaibewegings = waar N = getal indelings (byvoorbeeld getal tande of groewe) Voorbeeld Bereken die indeksering vir die volgende: (i) 10 tande (ii) 8 tande (iii) 2 groewe Om die getal draaibewegings te bereken: 40 (i) Getal draaibewegings = N 40 Getal draaibewegings = 10 Getal draaibewegings = 4 volle draaibewegings

68

Terminologie
40 (ii) Getal draaibewegings = N 40 Getal draaibewegings = 8 Getal draaibewegings = 5 volle draaibewegings (iii) Getal draaibewegings = Getal draaibewegings = Getal draaibewegings = 40 N 40 2 20 volle draaibewegings

4

Die sny van ’n rat
Om ’n reguittandrat te sny, kan die volgende metode gevolg word: • Monteer die ru-rat op die drewel tussen senters van die dryfkop en die loskop op die masjientafel, so na aan die kolom as moontlik. • Monteer die korrekte evolentsnybeitel op die draspil. • Doen die nodige berekening. Heg die toepaslike indeksplaat aan die verdeelkop en stel die verdeelkop vir die korrekte aantal tande. • Stel die snybeitel op senterhoogte oor die ru-rat sodat die snylyn van die rattande radiaal is ten opsigte van die ratas. Sluit die tafel in posisie. • Lig die masjientafel en bring die ru-rat in posisie onder die snybeitel. Skakel die freesmasjien aan en lig die tafel totdat die snybeitel aan die ru-rat raak. (Toets met sneespapier wat tussen die snybeitel en ru-rat geplaas word, of kruit op werkstuk). • Stel kniestukgegradueerde trommel (vertikale voerkoppelwyserplaat) op nul en beweeg tafel terug na beginposisie. • Lig die tafel tot op die korrekte hoogte vir die vereiste tanddiepte. (Moenie die tafel heeltemal so hoog lig indien twee of meer snitte gemaak moet word nie.) Sluit in posisie. • Beweeg die tafel sodat die snybeitel naby die ru-rat is en koppel die outomatiese langstoevoer in. • Maak die snit dwarsoor die ru-rat. • Bring die masjien aan die einde van die snyproses tot stilstand, ontkoppel die toevoer en laat tafel na die beginposisie terugloop. • Indekseer die ru-rat vir die volgende groef (tand) en herhaal totdat al die tande gesny is. • Wanneer al die tande gevorm is, kan die masjien, indien nodig, vir ’n afwerksnit gestel word.
Krae Involentsnybeitel Draspil

Het jy geweet? ’n Drewel is ’n werkklemtoestel.

Liniaal

Ru-rat

Winkelhaak Masjientafel

Figuur 4.6: Sentrering van ’n evolentsnybeitel op ’n ru-rat

69

4

Meganiese Tegnologie Frees van ’n spygleuf of gleuf

Het jy geweet? ’n Snybeitel vir verspringende tande kan vir die frees van diep gleuwe en groewe gebruik word. Dit verminder vibrasie en gee jou beter vakmanskap.

Die frees van ’n gleuf sluit baie take in, onder andere die sny van gleuwe in die koppe van klein skroewe en die frees van nou en wye gleuwe in die werkstuk. ’n Spygleuf is ’n gleuf wat op die middelpunt en parallel met die as op ’n as gesny word vir die doeleindes van ’n spy te kan ontvang. ’n Spy word gesny om in ’n spygleuf in te pas. Prosedure: 1. Plaas ’n syfreessnybeitel vir verspringende tande op die draspil. 2. Draai die werkstuk op die kloukop van die verdeelkop vas. 3. Indien die werkstuk reghoekig is, beweeg die tafel om die werk in die verlangde posisie te kry. Hou die punt van die staalliniaal teen die kant van die snybeitel. Beweeg die slee om die snybeitel op die regte afstand van die kant van die werk op te stel. 4. Gebruik ’n stukkie sneespapier om die kontakpunt met kryt te merk as ’n voeler tussen die werkstuk en die snybeitel. Lig die kniestuk van die freesmasjien totdat die roterende snybeitel die sneespapier wegskeur, of die kryt wegskraap. Wees versigtig: Maak seker dat die papier lank genoeg is sodat jou vingers nie naby die roterende snybeitel kom nie. 5. Stel die wyserplaat met skaalverdeling op nul ten opsigte van sy indekslyn. 6. Beweeg die werkstuk terug vanaf die snybeitelpunt. Lig die kniestuk van die freesmasjien om die korrekte snydiepte te kry. 7. Skakel die freesmasjien aan. Koppel die tafeltoevoer in. 8. Om ’n spygleuf in ’n ronde as of stang te sny, monteer die syfreessnybeitel vir die verspringende tande op die draspil. 9. Sentraliseer die snybeitel (soos in Graad 11 bespreek). 10. Lig die tafel om die behoorlike snydiepte te kry – hierdie diepte kan in die masjinis se handboek gevind word.

Figuur 4.7: Gebruik ’n staalliniaal om die ligging van die gleuf of spygleuf op ’n reghoekige werkstuk te meet

70

Terminologie

4

Kant en voorvlaksnybeitel Draspil

Werkstuk

Figuur 4.8: Sentralisering van ’n snybeitel om ’n spygleuf in ’n as in te sny

Voorbeeld ’n 15 mm-wye spygleuf moet op ’n as met ’n middellyn van 60 mm gesny word. Skets en beskryf hoe ’n 15 mm-wye sy- en voorvlaksnybeitel op die as gesentreer kan word om die spygleuf te kan sny. Breedte van ’n spy (W) W = D 4 W = 60 4 W = 15 mm

71

4

Meganiese Tegnologie
Oplossing:

Sy- en voorvlaksnybeitel

Draspil met spasieerders/krae

Liniaal Masjientafel Werkstuk Winkelhaak Freesmasjientafel

Figuur 4.9: Sentrering van ’n freessnybeitel op ’n werkstuk

• Meet van die kant van die winkelhaak na die kant van die snybeitel, ’n afstand gelykstaande aan halfasmiddellyn minus (-) helfte die breedte van die snybeitel: = 30 – 7,5 mm = 22,5 mm • Wanneer die afstand van 22,5 mm tussen die winkelhaak en die snybeitel gemeet is, sal die middel van die snybeitel ooreenstem met die middel van die as.

Freesprosesse
Freesmetodes
In perifere freeswerk kan die werkstuk óf met óf teen die rigting van die snybeitel se rotasie ingevoer word. In voorvlakfreeswerk word die eienskappe van die twee metodes egter gewoonlik gekombineer. Die toevoer is normaalweg gedeeltelik saam met en gedeeltelik teen die rigting van die snyrotasie. Die twee metodes is as opsny en frees af bekend.

Opsny (konvensionele freeswerk)
In opsny freeswerk draai die snybeitel teen die toevoerrigting namate die werkstuk in die rigting daarvan beweeg vanaf die kant waar die tande opsny beweeg. Die verdelende kragte wat tussen die snybeitel en die werkstuk ontstaan, opponeer die beweging van werk. Wanneer opsny gefrees word, kom die snytande op vanaf die onderkant van die snit. Gevolglik is die snysel aan die begin baie dun, waar die tand aan die werkstuk raak. Geleidelik word die snysel dikker. Die snysel bereik sy maksimumdikte waar die tand die werkstuk verlaat.

72

Terminologie

4

Snybeitelrotasie

Toevoer

Figuur 4.10: Opsny frees

Afsny frees (klimfreeswerk)
Indien afsny freeswerk gedoen word, moet alle speling in die tafeltoevoer uitgeskakel word. Die beweging van die snybeitel is geneig om die werkstuk in die snybeitel in op te trek. Wanneer afsny gefrees word, word maksimum snyseldikte verkry naby die punt waar die tande met die werkstuk kontak maak. Geen opgeboude druk word ontwikkel deur afsny te frees nie. Gevolglik vorm geen swaar baard op die oppervlak van die metaal nie.
Snybeitelrotasie

Toevoer

Figuur 4.11: Afsny frees

Assessering 1
1. Maak netjiese sketse om die verskille tussen opsny en afsny frees te demonstreer.

Gewone of platblokfreeswerk
Een van die eenvoudigste soorte werk wat op die horisontale freesmasjien uitgevoer kan word, is gewone of vlakfreeswerk. Hierdie werk bestaan uit die masjinering van ’n gewone plat, horisontale vlak met silindriese freessnybeitels. Hierdie snybeitels het ’n lengte wat gewoonlik groter is as die middellyn. Heliese snybeitels gee mens gewoonlik ’n baie beter oppervlak as snybeitels met reguit tande.

73

4

Meganiese Tegnologie
Opstelling 1. Maak die oppervlak van die masjientafel skoon. 2. Stel die skroef in die middel van die masjientafel op. 3. Bout die skroef op die masjientafel vas. 4. Gaan op die wyserplaatmeter na of die skroef haaks is op die masjientafel. 5. Gaan na of die werkstuk in die skroef pas. (Indien die werkstuk te klein is, gebruik parallelle stawe om dit op te lig.) 6. Draai die skroef vas en klop die werkstuk met ’n agterbaanhamer om dit behoorlik op die parallelle stawe op te stel. Stoot die parallelle stawe om vas te stel of die werkstuk behoorlik sit. 7. Beweeg die slee so na as moontlik aan die kolom. 8. Kies ’n gewone freessnybeitel van die kleinste middellyn om die werkstuk te dek. Die middellyn van die snybeitel moet groot genoeg wees om die draspil in staat te stel om vry van die werkstuk te wees. ’n Klein snybeitel neem minder tyd om ’n snit te maak as ’n groter snybeitel. 9. Maak die tapse gat in die spilneus skoon, asook die draspil se tapskag voordat die draspil gemonteer word. 10. Om die draspilmoer te verwyder, moet die draspilsteun in posisie vasgeklamp word om veringaksie van die draspil te verhoed. 11. Monteer die snybeitel op die draspil so na as moontlik aan die kolom. Maak seker dat die entdruk wat deur die helikshoek van die snybeiteltande veroorsaak word, teen die spilratte sal wees. 12. Steek die spy in die spygleuf van die draspil en sny ’n punt. Ernstige skade kan aan die draspil aangerig word indien die snybeitel gly. Moet nooit op die wrywing tussen die snybeitel en die draspil staatmaak nie. 13. Maak die skeikrae skoon en skuif hulle aan op die draspil. Die laerkrae behoort so na as moontlik aan die snybeitel te wees. 14. Draai die moer op die draspil met jou vingers vas. 15. Skuif die oorarm in posisie, skuif die draspilsteun tot op die oorarm en sluit hulle in posisie. 16. Sluit die spil en draai die draspilmoer vas met ’n sleutel. 17. Verstel die masjientafel tot op die korrekte hoogte vir die snit wat verlang word. Verstel die omstelknippe vir die snitlengte wat geneem moet word. 18. Bereken die snyspoed vir die tipe snybeitel en materiaal.

Freessnybeitel

Werkstuk

Figuur 4.12: Gewone of vlakfreeswerk

74

Terminologie

4

Vlakfreeswerk
Vlakfreeswerk kan met ’n wye reeks vlakfreessnybeitels uitgevoer word. Vlakfreeswerk is die wegsny van ’n oppervlak wat parallel is met die vlak van die snybeitel en wat haaks op die snybeitel opgestel is. Hierdie tipe freeswerk kan op sowel die vertikale as die horisontale freesmasjien uitgevoer word. Opstelling 1. Die voorvlaksnybeitel moet ongeveer 25,4 mm hoër in middellyn wees as die breedte van die voorvlak wat gefrees moet word. Dit maak dit moontlik om die hele vlak tegelyk te frees. 2. Monteer die werkstuk in die skroef, op die spil, hoekplaat of hegstuk. Posisioneer die werkstuk in die middel van die masjientafel. Maak seker dat die vashoutoestel reg belyn is. 3. Stel die masjien vir die korrekte spoed en toevoer.
Karbiedpunte

Figuur 4.13: Voorvlakfreeswerk

Koppelfreeswerk
Die manier waarop twee teenoorstaande kante van ’n werkstuk tegelyk gefrees word, word koppelfreeswerk genoem. Hierdie metode word gevolg om vierkantige koppe en seskantkoppe op boute te frees. Dit word hoofsaaklik met sy- of voorvlaksnybeitels gedoen, wat op die korrekte afstand, apart op die freesmasjien se draspil gespasieer is.
Kant- en entfreessnyers

Boom

Skouerwydte bepaal deur krae of skeiringe

Spilneus

Verstelbare kaakskroef

Skouerwydte Werkstuk

Vaste kaakskroef

Parallelle

Figuur 4.14: Koppelfreeswerk

75

4

Meganiese Tegnologie

Groepfreeswerk
Groepfreeswerk behels die masjinering van vlakke van vervaardigde werkstukke deur middel van twee of meer freessnybeitels wat op ’n draspil gemonteer is. Soms kan ’n kombinasie van freessnybeitels vir gewone freeswerk en syfreeswerk tegelyk gebruik word. Wanneer heliese snybeitels gebruik word om ’n plat vlak te verkry, behoort hierdie snybeitels van gelyke middellyn te wees. Snybeitels van ongelyke middellyne sal ’n rib op die werkstuk vorm.
Oorarm Spilstut Gewone freesbeitel Spil

Sy- en vlaksnyers Geklemde werkstuk

Masjineertafel

Figuur 4.15: Freestoetsstuk

Assessering 2
1. Bereken die indeksering vir die volgende: (i) 25 verdelings (ii) 17 verdelings (iii) 28 verdelings (iv) 39 verdelings (v) 98 verdelings 2. Noem vier hoofdele van ’n universele verdeelkop. 3 Noem twee voordele of twee nadele van afsny snitfreeswerk. 4. Kies die korrekte antwoord. A Ons monteer verspanners op ’n horisontale freesmasjien om: (i) Die operateur te beskerm (ii) Die snybeitel te beskerm (iii) Te voorkom dat die tafel op lig (iv) Stewigheid van die oorarm gedurende swaar snywerk te verbeter. B Ons monteer gewoonlik die snybeitel van ’n horisontale freesmasjien op die masjien se (i) Draspil (ii) Knie (iii) Spil (iv) Oorarm 5. Waarvoor word die entfreessnybeitel gebruik? 6. Verduidelik wat jy verstaan van die ratverhouding van ’n verdeelkop as die ratverhouding aangedui word as 40:1. 7. Waar of vals: Die Brown and Sharpe-indeksplaat het gate aan albei kante. 8. Wat is die doel van die verdeelkop op ’n freesmasjien? 9. Gee twee belangrike eienskappe van ’n universele freesmasjien in vergelyking met ’n eenvoudige freesmasjien. 10. Hoeveel snybeitels is daar gewoonlik in ’n stel evolente ratfreessnybeitels?

76

Terminologie

4

Die gebruik van gevorderde instruksies vir die maak van ’n artefak

Freesoefening
Freesskouers in die sagtestaalblok hieronder het die volgende afmetings: lengte 70 mm, breedte 60 mm en hoogte 38 mm. Die toleransie is 0,02 mm en 0,03 mm.

Figuur 4.16: Freestoetsstuk

77

4

Meganiese Tegnologie

78

Hoofstuk 5

Hetingsmetodes
Onderwerp 5

Toepassings: Defekte Visuele inspeksie Destruktiewe toetsing

Hetingsmetodes Vervaardig lasse d.m.v. MIG-sweiswerk Nie-destruktiewe toetsing

Pas gevorderde permanente lasmetodes toe

5

Meganiese Tegnologie

Inleiding
In Graad 10 en 11 het ons geleer van permanente en semi-permanente hegmetodes met behulp van hegtoestelle en basiese sweis- en soldeertegnieke. In Graad 12 kyk ons na gevorderde hegmetodes, asook na die inspeksie en toetsing daarvan.

Ontleding van die moontlike defekte van sweislasse deur visuele inspeksie
Sweislasse moet geïnspekteer en getoets word om die gehalte, sterkte en eienskappe daarvan te evalueer. ’n Visuele inspeksie, tydens sowel as ná sweising, sal jou ’n goeie idee van die waarskynlike sterkte van die sweislas gee. Die sweiswerker is eers tot visuele inspeksie in staat nadat hy/sy heelwat sweiservaring opgedoen het. Visuele vereistes vir aanvaarbare sweislasse: • Profielvorm: Die profiel van ’n stuiksweislas moet effens bolrond en binne die gespesifiseerde perke versterk wees. Die profiel moet heeltemal glad met die aanliggende oppervlak van die moedermetaal saamsmelt. In die geval van hoeksweislasse behoort die beenlengte en keeldikte (die afstand tussen die las se wortel en sweisvlak) nie minder te wees as die spesifikasies wat in die gebruikskode van die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde neergelê word nie. Hierdie gebruikskode lê die vereistes vir sweislasse neer en voorsien gestandaardiseerde sweisgebruike vir die sweis-/werktuigkundigebedryf. • Oppervlak-eenvormigheid: Die hele lengte van die sweislas se oppervlak moet eenvormig wees. Daar waar sweiswerk onderbreek of hervat is, moet die sweislas glad wees en geen duidelike bulte of kraters hê nie. • Oorvleueling: Daar mag geen oorvleueling by die voete van die sweislas wees nie. • Insnyding: Graad A- en B-sweislasse mag geen teken van insnyding hê nie. By graad C-sweislasse kan effense, onderbroke insnyding voorkom, mits dit nie ’n keep-effek tot gevolg het nie. • Deurdringingskraal: By stuiksweislasse wat net van die een kant af en sonder ’n steunstaaf gemaak word, behoort daar ’n effense deurdringingskraal te wees. As daar plek-plek nie ’n deurdringingskraal voorkom nie, kan dit oorgesien word, mits daar volledige deurdringing is. • Wortelgroef: By stuiksweislasse wat net van die een kant af en sonder ’n steunstaaf gemaak word, kan daar na die sweiswerker se goeddunke ’n wortelgroef wees, mits dit ’n geronde buitelyn het en nie dieper as die aanliggende oppervlak van die moederplaat gaan nie. • Kraakvry: Die sweismetaal, verhitte gebied en omringende ouermetaal moet vry wees van die krake wat die gevolg is van onbeheerde uitsetting en inkrimping. • Afwesigheid van oppervlakdefekte: Daar mag geen poreusheid, kraters of gate, en slakinsluiting op die sweislasoppervlak wees nie. Meer besonderhede oor hierdie defekte word later in die hoofstuk verskaf.

Defekte Gebreke/ onvolmaakthede; dinge wat verkeerd of nie perfek is nie.

Toepassings
MIG/MAG-sweising
MIG staan vir metaaltraegas (“metal inert gas”). MIG-sweising staan ook bekend as metaalaktiewe gas- (MAG) sweiswerk. MIGsweismasjiene is gelykstroom- (GS)sweismasjiene. In plaas van vloeimiddelbedekte elektrodes soos by metaalboogsweismasjiene, gebruik MIG-masjiene ’n ononderbroke draadvormige elektrodetoevoer. Die draadvormige elektrode word deur ’n trae gas afgeskerm. Die trae gas vervul die funksie van die vloeimiddelbedekking op metaalboogsweiselektrodes. Trae gasse word gebruik om die gesmelte plas metaal af te skerm. Dié gasse reageer nie met die sweismetaal van ’n MIG-sweismasjien nie en sluit dus die plas gesmelte metaal af van atmosferiese gasse. Figuur 5.1: ’n MIG-sweismasjien

Trae Nie-reaktiewe element in groep 8 van die Periodieke Tabel van Elemente.

80

Hetingsmetodes
Die meeste MIG-sweismasjiene bestaan uit vier basiese onderdele: • ’n afskermingsgassilinder en gasvloeimeter/-reëlaar • ’n kragbron (transformator/GS-gelykrigter) • ’n draadtoevoerkontroleerder en toevoerdraad en • ’n sweispistool en bybehore. Baie MIG-sweisers kombineer die transformator en draadtoevoereenheid in dieselfde omhulsel, maar party word as onafhanklike eenhede verskaf, soos Figuur 5.2 aantoon.
Gaspyp Gasvloeimeter Reëlaar Ononderbroke draadkatrol Draadtoevoereenheid Kragkabel Sweispistoolleipyp Afskermingsgassilinder

5

MIG-sweispistool Boog

Kragkabel

Figuur 5.2: Onderdele van ’n MIG-sweismasjien

Gassilinder en -reëlaar/-vloeimeter
Die silinder bevat gewoonlik 17 kg trae afskermingsgas. Die trae gas wat gewoonlik gebruik word, is ’n mengsel van argon en koolstofdioksied (CO2). Argon met ’n ultrahoë suiwerheidsgraad (UHP) is te duur om op sy eie kommersieel aan te wend, en daarom word dit met CO2 gemeng. Die silinder moet met ’n reëlaar toegerus wees om silinderdruk te verminder, asook ’n vloeimeter om die afskermingsgas se vloeitempo (in liter/minuut) te reël.

Kragbron
Die kragbron by die meeste MIG-sweismasjiene is ’n wisselstroom- (WS-) sweistransformator met ’n bruggelykrigter om die WS na GS (gelykstroom) om te skakel. Die kragbronspanning word met stelknoppe verstel.

Spanningsverstelling Draadtoevoerverstelling

Aan/af-skakelaar

Figuur 5.3: Die kragbron van ’n MIG-sweismasjien

81

5

Meganiese Tegnologie Draadtoevoerkontroleerder en toevoerdraad
Die draadtoevoerkontroleerder voer die verbruikbare elektrodedraad teen ’n konstante, voorafbepaalde spoed na die sweispistool. Die spoed kan na gelang van die sweisomstandighede verstel word. Hoe hoër die spanning, hoe vinniger moet die draadspoed gewoonlik wees. Hoër spanninge gee meer hitte af, wat die verbruikbare draad vinniger laat smelt en dus vinniger toevoersnelhede noodsaak. Draadtolle bevat gewoonlik 15 kg draad en ’n groot verskeidenheid diktes en legeringstipes vir sweiswerk op verskillende tipes materiale is beskikbaar.
Motor Spanningroller

Draadtoevoereenheid

Draadvoering Draadtoevoerroller

Verbruikbare draadkatrol

Figuur 5.4: Die draadtoevoerkontroleerder van ’n MIG-sweismasjien

Sweispistool
Die sweispistool is met behulp van ’n buigsame leipyp aan die kragbron en draadtoevoerder verbind. Hierdie pyp bevat ’n omhulsel vir die toevoerdraad, afskermingsgaspyp en elektriese verbindings met die kragbron. Die sweispistool het ’n sneller wat die gelyktydige gas-, krag- en draadtoevoer oor ’n afstand beheer. Die sweispistool bevat twee hoof- verbruikbare dele, naamlik die gasskerm en -spuitstuk. Die gebruiksduur van hierdie onderdele kan verleng word deur dit gereeld met spatselwerende sproei te behandel en dit met ’n draadborsel skoon te maak.

Gelyktydig Wat op dieselfde tyd plaasvind.

82

Hetingsmetodes
Gansnek

5

Sneller

Draad

Gasskerm

Figuur 5.5: Spatselwerende sproei

Gasspuitstuk

Figuur 5.6: ’n MIG-sweispistool

Die MIG-sweisproses
Wanneer die sweispistoolsneller ingedruk word, word die krag, draadtoevoer en gasvloei gelyktydig geaktiveer. Die intense hitte van die boog smelt die draad en die moedermetaal saam in ’n gesmelte plas metaal. Namate die MIG-draad opgebruik word, word daar al hoe meer daarvan by die gesmelte plas ingevoer. Sodoende word ’n kraalsweislas neergesmelt. Figuur 5.7 en 5.8 toon die verskil tussen metaalboogsweising en MIG-sweising.
Vloeimiddeldekking

Het jy geweet? Verbruikbare onderdele is onderdele wat weggegooi word sodra dit geslyt raak.

Elektrode

Boog

Gesmelte plas

Afskermingsgas

Moedermateriaal

Figuur 5.7: Metaalboogsweising

83

5

Meganiese Tegnologie
Gasskerm

Spuitstuk

Ononderbroke elektrodedraadtoevoer

Boog Gesmelte sweisplas Trae afskermingsgas

Het jy geweet? TIGsweising staan vir wolframtraegassweising (“tungsten inert gas welding”). TIG-sweising is soortgelyk aan MIGsweising, maar gebruik nie ’n ononderbroke draadtoevoer nie. Die elektrode word van wolfram gemaak (’n element met ’n baie hoë smeltpunt) en word gebruik om ’n sweisboog te vorm en te behou. Die vulstaaf word met die hand by die gesmelte plas ingevoer. Die proses is baie soortgelyk aan gassweising, maar gebruik ’n elektriese boog as hittebron.

Moedermetaal

Figuur 5.8: MIG-sweising

Sonder afskermingsgas is dit moeilik om die sweisboog te beheer. Atmosferiese gasse reageer ook met die sweislas, en veroorsaak heelwat spatsels en swakgehaltesweiswerk.

Figuur 5.9: MIG-sweising sonder afskermingsgas

Assessering 1
1. Watter soort afskermingsgas word vir MIG-sweising gebruik? Hoekom is afskermingsgas nodig? 2. Skets die MIG-sweisopstelling en dui die vier belangrike onderdele met byskrifte aan. 3. Noem vier belangrike veiligheidsmaatreëls vir MIG-sweising.

84

Hetingsmetodes

5

Defekte
Die volgende afdeling handel oor defekte wat gedurende die sweisproses kan voorkom. In die kommersiële sektor word defekte in kategorieë van ernstigheid ingedeel. Sweislopies/-lae word aanvaar of verwerp na gelang van die vereistes wat deur ingenieurs en ontwerpers gestel word. Die toetsing van sweislasse is ’n loopbaan op sy eie, waarna ons later in hierdie hoofstuk sal kyk. Daar kan verskeie foute gedurende sweising voorkom. Ons sal na die volgende ses hoofdefekte kyk: 1. poreusheid 2. slakinsluiting 3. sweiskraters/foutiewe hervatting 4. onvolledige deurdringing 5. gebrekkige smelting 6. insnyding.

Poreusheid
Poreusheid verwys na gasporieë (klein borreltjies) wat in die gestolde kraalsweislas voorkom. Soos uit Figuur 5.10 blyk, kan hierdie porieë in grootte wissel en word dit willekeurig en onreëlmatig versprei. Porieë kan onder of op die sweislasoppervlak voorkom (laasgenoemde staan as oppervlakporeusheid bekend). Die algemeenste oorsake van poreusheid is: • atmosferiese besmetting • oppervlakbesmetting • vuil of nat elektrodes tydens boogsweising • geroeste MIG-draad. Atmosferiese besmetting Atmosferiese besmetting gedurende MIG-sweising kan die gevolg wees van: • onvoldoende afskermingsgasvloei • oormatige afskermingsgasvloei (wat lugafsuiging in die gasstroom kan meebring) • ’n erg verstopte gasspuitstuk of ’n beskadigde gastoevoerstelsel (pype of toebehore wat lek) • oormatige wind in die sweisvertrek/-gebied (wat die gasskerm kan wegwaai – sien Figuur 5.9). Die atmosferiese gasse wat hoofsaaklik vir poreusheid in staal verantwoordelik is, is stikstof en oormatige suurstof. Gaan gereeld die gastoevoer vir lekkasies na. So verseker jy deurlopende afskermingsgas en beperk jy kontak tussen die atmosferiese gasse en die sweislas. Oppervlakbesmetting Oppervlakbesmetting kan deur vuil, geoksideerde (geroeste), olierige, nat of geverfde oppervlakke veroorsaak word. In al sulke gevalle word die gasse wat deur die gesmelte oppervlak-onsuiwerhede afgegee word, in die sweislasoppervlak vasgevang, en lei dit gewoonlik tot ’n bros sweislas.

Bros Hard, maar maklik breekbaar.

85

5

Meganiese Tegnologie
Vuil of nat elektrodes tydens boogsweising Selfs al kom die sweiselektrodes nie met water in kontak nie, is hulle steeds higroskopies (watertrekkend). Dit beteken dat die elektrodes daartoe geneig is om vog uit die atmosfeer op te neem indien hulle nie korrek geberg word nie. Geroeste MIG-draad MIG-draad wat nie gereeld gebruik word nie, kan om die buitenste oppervlak van die tol begin roes. Wanneer die draad geroes is behoort daar nie daarmee gesweis te word nie, aangesien die roes die draadvoering van die toevoermeganisme kan beskadig (sien Figuur 5.4).
Poreusheid

Figuur 5.10: Poreusheid in ’n hoeksweislas

Slakinsluiting
Slak Die laag wat weens die gesmelte vloeimiddel bo-op die sweislas vorm.

Smelting Samevoeging

Slakinsluitings is niemetaalagtige vaste stowwe wat in die sweismetaal of tussen die sweismetaal en die basismetaal vasgevang word. Slakinsluitings is vaste kolle binne-in die sweislas se dwarsdeursnee of op die sweislasoppervlak, waar die gesmelte vloeimiddel wat die gesmelte metaal moes beskerm, meganies binne-in die gestolde metaal vasgevang is. Hierdie gestolde slak maak deel uit van die sweislas se dwarsdeursnee waar die metaal nie behoorlik saamgesmelt het nie. Dit kan tot ’n verswakte toestand aanleiding gee wat die onderdeel se gebruiksduur kan verkort. Insluitings kan ook op die sweislasoppervlak voorkom. Soos met onvolledige smelting, kan slakinsluitings tussen die sweislas en basismetaal, of tussen individuele sweislopies, voorkom. Slakinsluitings kan voorkom word deur die slak deeglik van vorige sweislopies af te bik en die kraalsweislas vóór verdere sweising met ’n draadborsel skoon te maak. Slakinsluiting kan ook die gevolg wees van verkeerde stroomstellings. Om slakinsluiting te verwyder, slyp die betrokke deel van die sweislas uit en sweis die gedeelte van voor af.

Slakinsluiting

86

Figuur 5.11: Slakinsluiting in ’n stuiksweislas

Hetingsmetodes Sweiskraters/foutiewe hervatting
Sweiskraters vorm waar sweising aan die onderkant in plaas van die bokant van die vorige sweislopie hervat word. Wanneer dít gebeur, word daar nie genoeg sweisvulmateriaal by die begin van die nuwe sweislopie gevoeg nie en vorm daar dus ’n holte of krater tussen die twee sweislopies. Begin dus altyd ’n nuwe sweislopie aan die bokant van die vorige een.

5

Sweiskrater

Figuur 5.12: ’n Sweiskrater in ’n hoeksweislas

Onvolledige penetrasie
Hierdie soort defek kom voor wanneer: 1. Die kraalsweislas nie deur die algehele dikte van die basisplaat dring nie. 2. Twee teenoorstaande kraalsweislasse nie deur mekaar dring nie. 3. Die kraalsweislas nie deur die voet van ’n hoeksweislas dring nie, maar dit bloot oorbrug. Die sweisstroom het die grootste uitwerking op deurdringing. Onvolledige penetrasie word gewoonlik deur ’n te lae sweisstroom veroorsaak en kan uitgeskakel word deur bloot die stroomsterkte te verhoog. Ander oorsake sluit ’n te lae beweegsnelheid en ’n verkeerde branderhoek in. Albei laat die gesmelte sweismetaal vóór die boog inrol, en laat dit sodoende as ’n kussing teen penetrasie dien. Die boog moet op die voorrand van die gesmelte plas gehou word. Onvolledige penetrasie kan ook die gevolg van swak randvoorbereiding of ’n onvoldoende wortelgaping tydens die opstelling van ’n sweislas wees. In albei gevalle is dit moeilik vir die elektrode om nader aan die sweislaswortel te beweeg en lei dit daarom tot onvoldoende smelting en wortelpenetrasie.

Uitgeskakel Van ontslae geraak/ uit die weg geruim.

Wortelgaping Die opening tussen twee plate wat gesweis word.

Onvolledige deurdringing tot by die sweiswortel

Figuur 5.13: Onvolledige penetrasie in sweislasse

87

5

Meganiese Tegnologie Gebrekkige smelting
Figuur 5.14 toon gebrekkige smelting tussen die sweismetaal en die oppervlakke van die basisplaat. Die algemeenste oorsaak van gebrekkige smelting is swak sweistegniek. Gewoonlik is die gesmelte plas te groot (beweegsnelheid is te laag) of die sweismetaal het voor die boog ingerol. Weereens moet die boog op die voorrand van die gesmelte plas gehou word. Wanneer dít gedoen word, sal die gesmelte plas nie te groot word nie en kan dit ook nie as deurdringingskussing dien nie. Nóg ’n oorsaak is die gebruik van ’n baie breë sweislas. Indien die boog ondertoe in die rigting van die lasmiddelpunt gehou word, sal die gesmelte sweismetaal slegs teen die sykante van die basisplaat vloei en giet sonder om dit te smelt. Die hitte van die boog moet gebruik word om die basisplaat te smelt. Dit kan gedoen word deur die las nouer te maak of die boog eerder in die rigting van die basisplaatsykant te hou. Wanneer dik materiaal met meerlopiesweising bewerk word, behoort ’n splitkraaltegniek waar moontlik ná die wortellopies gebruik te word. Vermy groot kraalsweislasse wat die hele gaping oorbrug. Gebrekkige smelting kan ook soos ’n omgerolde kraalkroon lyk. Weereens word dit in die algemeen deur ’n baie lae beweegsnelheid en ’n poging tot ’n te groot sweislas met ’n enkele lopie veroorsaak. ’n Te lae sweisspanning kan egter ook die oorsaak wees. Oormatige walsskaal (ysteroksied) kan ook smelting belemmer, alhoewel ligte walsskaal in sagte staal oorgesweis kan word.

Meerlopiesweising Wanneer verskeie sweislopies gebruik word om ’n sweislas te vul.

Gebrekkige samesmelting

Figuur 5.14: Gebrekkige smelting in ’n stuiksweislas

Insnyding
Soos uit Figuur 5.15 blyk, is insnyding ’n defek waartydens daar direk langs die rante van die sweislas in die moedermetaal ’n groef vorm. Dit kom hoofsaaklik in oorslag-hoeksweislasse voor, maar word ook nou en dan in gewone hoeken stuiksweislasse aangetref. Hierdie soort defek word meestal deur verkeerde sweisparameters, veral die beweegsnelheid en boogspanning, veroorsaak. Wanneer die beweegsnelheid te hoog is, sal die kraalsweislas baie spits wees omdat dit uiters vinnig stol. Die oppervlakspanningskragte trek die gesmelte metaal al langs die rante van die kraalsweislas en laat dit in die middel ophoop. Gesmelte gedeeltes van die basisplaat word op dieselfde manier geraak. Die groef vorm waar gesmelte basismateriaal by die sweislas ingetrek word en omdat dit so vinnig stol, word dit nie behoorlik benat nie. Die vermindering van die boogbeweegsnelheid sal die groef stelselmatig kleiner maak en dit uiteindelik heeltemal uitskakel. Insnyding kan ook voorkom word deur die boogspanning te verhoog of ’n voorbranderhoek (’n hoek na aan 90°) te gebruik. In albei gevalle sal die kraalsweislas platter word en sal dit benatting verbeter.

88

Hetingsmetodes
Namate die boogspanning egter tot uitermatig hoë vlakke verhoog word, kan insnyding weer voorkom. Wanneer die boog baie lank raak, word dit ook te breed. Dit lei daartoe dat al hoe meer basismateriaal gesmelt word. Die warmteoordrag van ’n lang boog is betreklik swak – die boog voorsien dus nie meer totale warmte aan die sweissone nie. Die heel buitenste areas koel baie vinnig af, wat weer op sy beurt behoorlike benatting bemoeilik. Die booglengte behoort kort gehou te word – nie net om insnyding te voorkom nie, maar ook deurdringing en sweislasstewigheid te verbeter. Uitermatige groot sweisstrome kan ook insnyding veroorsaak.

5

Insnyding

Figuur 5.15: Insnyding

Assessering 2
1. Skets ses verskillende soorte sweisdefekte en noem een oorsaak van elk.

Sweislastoetsing
Hoewel visuele inspeksie belangrik is, het dit ook sy tekortkominge. Om die gehalte van sweislasse deegliker te bepaal, kan dit dus nodig wees om sekere verdere toetse uit te voer. Hierdie toetse word in twee breë kategorieë verdeel, naamlik destruktiewe en nie-destruktiewe toetse, soos die vrybuigtoets. Sweislastoetsing is ’n gespesialiseerde loopbaan wat goed betaalde werksgeleenthede bied.

Destruktiewe toetsing
Soos uit die naam blyk, behels destruktiewe toetsing die vernietiging van ’n proefstuk in die toetsingsproses. Dié metode kan nuttige inligting oor die gehalte van ’n sweismonster bied, maar is nie geskik vir grootskaaltoetsing soos byvoorbeeld by ’n sweisaanleg nie. Metallurge voer gewoonlik hierdie toetse in laboratoriums uit, maar jy kan ook basiese toetse in jou werkwinkel doen. Daar is verskeie destruktiewe toetse wat op sweislasse uitgevoer kan word, byvoorbeeld die vrybuigtoets, die geleide-buigtoets, die kerfbreektoets en die slag- en trektoetse. Ons sal die vrybuig- en kerfbreektoets van naderby bekyk.

Metallurge Metaalkundiges wat die eienskappe en vervaardiging van metale bestudeer.

89

5

Meganiese Tegnologie

Kerfbreektoets
Die kerfbreektoets bepaal die interne gehalte van die sweismetaal en kan die teenwoordigheid van interne defekte soos slakinsluitings, poreusheid, gebrekkige smelting en geroeste of gebrande metaal verklap. Vir die kerfbreektoets op ’n stuiksweislas, gebruik ’n dubbelkant-ystersaag om deur die middel van die sweislas te sny (sien Figuur 5.16). Die snitte moet ongeveer 6,5 mm diep wees. Plaas nou die monster met die saagkepe op twee staalstutte. Gebruik ’n voorhamer om die monster te breek deur op die plekke met die saagkepe te slaan. Die sweismetaal wat in die breuk ontbloot word, behoort volledig gesmelt te wees en behoort nie enige slakinsluitings of gasholtes van meer as 1,6 mm hê nie. Daar behoort ook nie meer as een porie of gasholte per vierkante sentimeter (van ontblote gebreekte sweislasoppervlak) te wees nie.
Saagkepe

Toetsstuk

Staalstutte

Figuur 5.16: Kerfbreektoetsing

Kerfbuigtoets
Waarskuwing: Destruktiewe toetse kan meebring dat groot spanning op proefstukke geplaas word, en moet dus slegs in die teenwoordigheid van jou onderwyser uitgevoer word.

Die kerfbuigtoets meet die rekbaarheid van die sweisneersmeltsel en die sone langs die sweislas wat deur die warmte geaffekteer word. Dit word ook gebruik om die persentasie verlenging van die sweismetaal te bepaal. Dalk onthou jy (uit hoofstuk 3 van die leerderboek vir Graad 11) dat rekbaarheid die eienskap is waarvolgens metaal tot ’n dun draadjie uitgerek kan word. Om ’n sweismonster vir die vrybuigtoets voor te berei, word die sweisvlak gelyk met die oppervlak van die toetsplaat gemasjineer. Wanneer die sweisarea van ’n toetsplaat gemasjineer word, moet dit in ’n teenoorgestelde rigting as die sweisneersmeltsel plaasvind. Die volgende stap is om twee lyne op die vlak van die vullerneersmeltsel te trek. Kras hierdie lyne 1,6 mm van elke kant van die sweismetaal, soos in Figuur 5.17 aangetoon. Meet die afstand tussen die lyne tot die naaste 0,001 mm en stel die resultaat gelyk aan x. Buig nou die punte van die proefstuk totdat elke been ’n hoek van 30° met die oorspronklike middellyn vorm. Buig die proefstuk met ’n hidrouliese pers, met die gekraste lyne aan die buitekant.

90

Hetingsmetodes
Sweisvlak gelyk gemasjineer

5

Drukking

1,6mm

Gekraste lyne Toetsing

Sweismonster

Voorbereiding

Drukking

Figuur 5.17: Kerfbuigtoetsing

Met die nodige voorsorgmaatreëls in plek, kan ’n hidrouliese pers of hamer gebruik word om die buigaksie te voltooi. Indien daar tydens die toets ’n kraak van groter as 1,6 mm ontwikkel, moet die buigaksie gestaak word, aangesien dit daarop dui dat die sweislas meegee. Indien nie, buig die monster plat. Meet na afloop van die toets die afstand tussen die gekraste lyne,en noem die metingsresultaat y. Bereken dan die persentasie verlenging met die formule: Y − X × 100 = % verlenging ’n Aanvaarbare sweislas het ’n maksimum verlenging van 15% en geen krake van groter as 1,6 mm op die sweislasoppervlak nie. Verlenging verwys na die graad van vervorming waaraan die proefstuk onderwerp is. In hoofstuk 6 kyk ons na die konsep van vervorming.

Masjineerbaarheidstoetsing
Masjineerbaarheidstoetsing kan toegepas word op sweislasse in verskeie kontekste, maar almal word gebruik om die harde rif van die sweislasse te toets en derhalwe die sterkte daarvan te bepaal. Die eenvoudigste metode waarvolgens vergelykende hardheid bepaal word, is die vyltoets. Dit word gedoen deur ’n vyl met normale druk van die hand, oor die stuk te stoot wat getoets word. Inligting kan verkry word om vas te stel of die metaal wat getoets word harder of sagter is as die vyl of ander materiale wat aan dieselfde behandeling onderwerp word. Die masjineerbaarheidstoets maak gebruik van hardheidstoetsingsmasjiene soos die Rockwell-, Brinnel- of Vickers-hardheidstoetsingsmasjiene om die sterkte van die sweislas te evalueer. In die besonder is die hardheid rondom die hittegeaffekteerde sone (HAS) van belang. Die hardheid in en rondom die HAS kan jou help om die brosheid van die sweislas te evalueer en ook om te sien of die sweislas die nodige sterkte het. Dikwels word ’n reeks metings in ’n gegewe patroon gedoen teen ’n gegewe afstand van die toetsstuk se rand van die bo-vlak van die sweislas af. Die progressiewe patroon van die hardheidswaardes kan dan op ’n grafiek gestip word. Treksterktetoetsing word ook gebruik om die sterkte van ’n gesweiste las te

91

5

Meganiese Tegnologie
meet. ’n Toetsstuk van ’n gesweiste plaat word halfpad tussen die kake van die treksterktetoetsmasjien geplaas (Fig. 5.18). Die breedte en dikte van die toetsstuk word voor toetsing gemeet en die dwarssnee-oppervlak word dan bereken. Die treksterktetoetsstuk word dan gerek totdat dit breek. Namate die toetsstuk in hierdie masjien getoets word, word die las in Newton op ’n meter geregistreer en word die las by die breekpunt aangeteken. Die treksterktespanning in die toetsstuk word bereken deur die treksterktelas deur die dwarssnee-oppervlakte van die toetsstuk te deel. Hoe hoër die breekspanning (in Pascal gemeet), hoe sterker is die sweislas. Hoofstuk 6 behandel die berekening van spanning en verwringing in meer besonderheide.
Treklas = L

Treklas-toets monster

Area = A = W × T Treklassterkte = Treklas = L Area A

Figuur 5.18: Treksterktetoetsing

Nie-destruktiewe toetsing
In teenstelling met destruktiewe toetsing, behels nie-destruktiewe toetsing nie die vernietiging van ’n proefstuk nie. Nie-destruktiewe toetsing word op die betrokke perseel of in die werkwinkel uitgevoer. Die drie nie-destruktiewe toetse waarna ons sal kyk, is die kleurstofdeurdringtoets, deurdringmiddeltoets, X-straaltoets en ultrasoniese toets.

Inspeksie tydens sweising
Die volgende items behoort gedurende metaalboogsweising en oksiasetileensweising nagegaan te word.

Inspeksie tydens boogsweising
Tydens boogsweising moet daar na die volgende opgelet word: • Die tempo waarteen die staaf brand en die sweislas vorder. • Die mate van deurdringing en smelting. • Die vloei van die sweismetaal (geen slakinsluitings) • Die boogklank wat die korrekte stroom en spanning vir die bepaalde sweislas sal aandui.

92

Hetingsmetodes Inspeksie tydens oksiasetileensweising
Tydens oksiasetileensweising moet daar na die volgende opgelet word: • Die korrekte vlam vir die sweistaak. • Die korrekte brander- of staafhoek, afhangende van die sweismetode. • Smelt- en deurdringingsdiepte. • Vorderingspoed met die las. Visuele inspeksie na sweising sal aan die einde van die hoofstuk behandel word (na die praktiese assesserings).

5

X-straaltoetsing
X-strale word soos volg gevorm: ’n Glasbuis met twee arms en ’n sentrale bol word lugleeg gemaak (die lug word daaruit verwyder). In die een arm is daar ’n gloeidraad (wat hierna die katode genoem sal word) wat tot witgloeihitte verhit kan word. Die ander arm bevat ’n dik kopersteel (wat hierna die anode genoem sal word) wat tot teenaan ’n platinumskyf loop, en ’n hoek van 45° met die as van die buis vorm. ’n Hoë spanning van tussen 60 000 en 180 000 V word oor die punte van die buis gestuur.

Koperanode

Platimumskuif Katodestrale

Hoë spanning Elektrone

X-strale

Gloeidraad (katode)

Lugledige buis

Gloeidraadspanning

Figuur 5.19: ’n X-straalbuis

Die katode is witwarm en straal negatief gelaaide deeltjies uit. Dit stel die hoë spanning daartoe in staat om ’n stroom deur die buis te stuur; die stroom veroorsaak op sy beurt ’n stroming van negatief gelaaide deeltjies (katodestrale) vanaf die katode na die positief gelaaide anode (sien Figuur 5.19). Sodra die anode verhit word, word die strale deur middel van ’n ingewikkelde natuurkundige proses in X-strale omgeskakel en gevolglik weerkaats, soos in Figuur 5.19 aangetoon.

Het jy geweet? X-strale is elektromagnetiese kortgolf-uitstralings. Dit kom net-net bokant, d.w.s. tussen ongeveer 10-8 en 10-11 m bokant, die ultravioletspektrum voor. X-strale kan deur vaste stowwe dring.

93

5

Meganiese Tegnologie

Figuur 5.20: ’n Borskas-X-straal – X-strale dring makliker deur minder digte materiaal, en toon daarom die skeletbene en nie sagte weefsel nie. Het jy geweet? Die silwer molekule in silwer haliede slaan neer wanneer dit aan lig (fotone) blootgestel word en vorm dus ’n donker area op die fotografiese filmnegatief.

Tydens lastoetsing word ’n bepaalde hoeveelheid strale geabsorbeer, afhangende van die dikte en digtheid van die stof. Hoe digter en dikker die stof, hoe minder strale dring deur. Op dieselfde manier as wat sigbare lig ’n vel fotografiese papier (films wat met silwer haliede bedek is) belig, belig X- strale ook fotografiese film. Tydens X-straaltoetsing word die fotografiese film in ’n omhulsel verseël (sodat dit nie aan lig blootgestel word nie) en agter die proefstuk geplaas. Die X-straal- (of gammastraal-) bron word, soos in Figuur 5.21 aangetoon, voor die proefstuk geplaas.

Radioaktiewe bron

Proefstuk

Fotografiese film

Iets om oor na te dink Gammastraalbronne is besig om Xstraalbronne in gewildheid te oortref omdat dit nie ’n kragbron vereis om te werk nie. Gammastraalbronne gebruik ’n radioaktiewe plutoniummonster om gammastrale (hoë-energiefotone) te produseer wat fotografiese film belig. Daarom kan hierdie soort toetsers makliker as X-straaltoetsers tussen terreine en toetsareas beweeg.

Figuur 5.21: X-straal- of gammastraaltoetsing

Sodra die toetser agter loodskerms en so ver as moontlik weg van potensieel skadelike blootstelling staan, word die bron vir ’n oomblik geaktiveer en dring die X-strale of gammastrale deur die proefstuk. Namate die strale deur minder digte areas (lugholtes, krake of insluitings) beweeg, belig die strale die film heelwat ligter op die negatief en dui dit sodoende ’n sweisdefek aan. Fotografiese films is nuttig omdat dit ’n permanente rekord van die skaduwee bied wat sorgvuldig bestudeer kan word. Met fotografie sal ’n verkeerd beligte film geen besonderhede toon nie; op dieselfde manier sal die X-straal- of gammastraalfoto geen besonderhede van defekte in die voorwerp toon tensy die beligting korrek is nie. Dit is eenvoudig iets wat met oefening regkom. Ten einde ’n korrek beligte negatief te verseker (sodat selfs die kleinste defekte getoon word), word ’n penetrometer (stralingsgehaltemeter) op die boonste oppervlak langs die bron geplaas. ’n Penetrometer is ’n klein draadjie van dieselfde materiaal as die voorwerp (byvoorbeeld staal) en met ’n dikte van

94

Hetingsmetodes
ongeveer 1 tot 2 van dié van die voorwerp. Indien dié meter as ’n 100 100 skaduwee op die negatief verskyn, sal enige defekte of gate met ’n grootte van 1 tot 2 100 100 van die dikte van die voorwerp ook aangedui word. Klein loodletters word op die buitekant van die omhulsel gerangskik (met maskeerband vasgeplak) om belangrike toetsbesonderhede soos die datum, plek, ensovoorts aan te dui. Straling beweeg nie maklik deur lood nie en daarom sal dié letters permanent vir verwysing op die fotografiese film belig word. Baie ervaring en oefening is nodig om die X-straalfilms van sweislasse korrek te vertolk en tussen verskeie defekte wat as skaduwees aangetoon word, te onderskei. Lugholtes wat poreusheid veroorsaak, is gewoonlik van ’n reëlmatige grootte, terwyl enige ingeslote slak uiters onreëlmatig is. So kan ’n mens bepaal of volledige deurdringing plaasgevind het en of daar korrekte smelting tussen moedermetaal en sweismetaal, of tussen die verskillende lae in ’n veellaagsweislas was. Die X-strale sal ook verklap of daar areas met ingeslote slak, blaasholtes of ander poreuse defekte is. Voorts sal defekte soos krimpskeure duidelik getoon word.

5

Kleurstofindringingtoets
Die kleurstofindringingtoets gebruik ’n vloeibare kleurstof en fluoresseerdeurdringmiddel om oppervlakfoute op te spoor. Dit kan slegs op metale, plastiek, keramiek en glas gebruik word en sal nie foute onder die oppervlak opspoor nie. Die kleurstofindringingtoets word op die skoon toetsoppervlak gespuit. Nadat die vloeistof ’n oomblik kans gekry het om deur die proefstuk te dring, word die oormatige kleurstof met ’n skoonmaakmiddel (oplosmiddel) verwyder, die oppervlak met water gewas en gelaat om droog te word. Sodra die oppervlak droog is, word ’n ontwikkelingstof daarop gespuit om die kleur in die kleurdeurdringmiddel wat by enige krake of pengate ingeloop het, uit te bring. Fluoresseervloeistowwe kan ook vir hierdie toets gebruik word. In so ’n geval word die toetsoppervlak met die fluoresseervloeistof bespuit. Na ’n kort rukkie word die oormatige vloeistof met ’n skoonmaakmiddel verwyder en die oppervlak gewas en drooggemaak. ’n Swartligbron (ultravioletlig) word dan op die oppervlak gegooi. Die areas waar die fluoresseervloeistof deurgedring het, sal duidelik onder die ultraviolet lig sigbaar wees. Die kleurstof, die skoonmaakmiddel en die ontwikkelingstof is geriefshalwe in spuitkannetjies beskikbaar. Party oplosmiddels wat in die skoonmaakmiddels en ontwikkelingstowwe voorkom, bevat hoë persentasies chloor – ’n bekende gesondheidsgevaar – om die vloeistowwe nievlambaar te maak. Sodanige skoonmaakmiddels en ontwikkelingstowwe behoort dus baie versigtig gebruik te word. Aangesien die deurdringingsvermoë van die kleurstof na gelang van die betrokke toetsmateriaal wissel, en aangesien dit ook deur die omgewingstemperatuur beïnvloed word, is dit vir ’n werklik akkurate inspeksie belangrik om genoeg tyd (tussen drie en sestig minute) toe te laat. By kamertemperatuur is die aanbevole tyd tussen drie en tien minute.

95

5

Meganiese Tegnologie

Figuur 5.22: Kleurstofdeurdringtoets Figuur 5.23: Spuitkannetjies met vloeikleur-deurdringmiddel

Ultrasoniese toetsing
Ultrasoniese toetsing gebruik hoëfrekwensieklankgolwe om deur proefstukke te dring. Hierdie toetstegniek kan interne asook oppervlakfoute opspoor. Die beginsel is dieselfde as die eggostrekbeginsel wat dolfyne en vlermuise vir navigasie gebruik, naamlik sonar. Ultrasoniese toetsing word algemeen aangewend om foute in materiale op te spoor en die dikte van voorwerpe te meet. ’n Hoëfrekwensieklankgolf (ultrasoniese golf ) word vir kort tydjies (1-3 mikrosekondes) deur die metaal gestuur. Wanneer die golf gestop word, dien dieselfde eenheid wat gebruik is om die klankgolf te stuur dan as ontvanger om na die ultrasoniese golf te luister soos wat die metaal dit terugkaats. Dit staan as ’n sendontvanger (sender-ontvanger) bekend. Frekwensies van 2-10 MHz kom algemeen voor, maar vir spesiale doeleindes word ander frekwensies gebruik. Inspeksie kan met die hand of outomaties geskied en is ’n noodsaaklike deel van moderne vervaardigingsprosesse. Die meeste metale asook plastiek en ruimtevaartsamestellings kan só nagegaan word. Laerfrekwensie-ultraklank (50-500 kHz) kan ook gebruik word om minder digte materiale soos hout, beton en sement te ondersoek. Elke golf word visueel op ’n ossilloskoop uitgebeeld. Die ossilloskoop word gekalibreer om slegs foute waarvan die grootte as skadelik beskou word, op te spoor. Die ossilloskoopgolfpatroon word ook gekalibreer om die afstand tussen die soekeenheid en enige opgespoorde fout aan te dui, soos in Figuur 5.24 aangetoon. Die antwoordsender beweeg heen en weer al langs die sweislas wat getoets word om die opsporingsbestek te verbreed.

Het jy geweet? Die oppervlak van die proefstuk word met ’n spesiale ultrasoniese jel bedek om te verseker dat daar geen luggaping tussen die antwoordsender en die metaaloppervlak is nie. Dit is omdat klank stadiger deur lug as deur metaal trek. ’n Luggaping sal vals lesings tot gevolg hê aangesien die ultrasoniese golwe langer sal neem om die antwoordsender te bereik.

96

Hetingsmetodes

5

Sweisdefekgolf Refleksiegolf

Oordraer

Proefstuk

Figuur 5.24: Ultrasoniese toetsing

Hierdie stelsel is vinnig en resultate word feitlik onmiddellik bepaal. Die operateur moet ’n mate van opleiding ontvang om konsekwente resultaatvertolking te verseker. Nog ’n voordeel van hierdie stelsel is dat geen bykomende materiale nodig is nie en dat die proefstuk nie beskadig word nie.

Assessering 3
1. Wat is die verskil tussen destruktiewe en nie-destruktiewe toetsing? 2. Beskryf die kerfbreektoets met behulp van illustrasies. 3. Beskryf die X-straaltoets met behulp van illustrasies.

Toepassing van gevorderde permanente lastoepassings
Hoe om MIG-sweiswerk te leer doen
Veiligheidsmaatreëls Tref die volgende veiligheidsmaatreëls voordat jy met enige MIG-sweiswerk begin. Indien jy oor enigiets twyfel, bestudeer die sweismasjienvervaardiger se veiligheidsaanwysings. • Dra altyd die korrekte persoonlike beskermingsdrag. Dit sluit ’n brandtrae (katoen-) oorpak, leerhandskoene, voorskoot en skoenskerms in. Veiligheidstewels en ’n korrek-getinte boogsweishelm is ook noodsaaklik om persoonlike veiligheid te verseker. • Maak seker dat die sweisvertrek/-gebied genoegsaam geventileer word. • Maak seker dat daar geen brandgevaar in die werkwinkel bestaan nie en dat voldoende brandbeskerming in plek is. • Verseker dat jou toerusting geheel en al veilig is. Moenie sweistoerusting sonder die persoonlike toesig van jou onderwyser gebruik nie. Hoe om te begin Begin deur te verseker dat die gasskerm en -spuitstuk van die MIG-pistool skoon is (gebruik ’n draadborsel) en dit met spatselwerende sproei te behandel. Sny die oormatige draad af wat by die gasskerm uitsteek, soos in Figuur 5.25 aangetoon.

97

5

Meganiese Tegnologie
Sykniptang word gebruik om oortollige draad by hierdie punt af te knip

Waarskuwing: Dra altyd ’n korrekgetinte sweishelm wanneer jy MIGsweiswerk doen. Hierdie soort sweiswerk gee ’n baie skerp lig af. Deur selfs net vir ’n breukdeel van ’n sekonde regstreeks in hierdie lig te kyk, kan jy die korneas (horingvliese) van jou oë brand, wat ’n toestand genaamd “arc eyes” veroorsaak.

Figuur 5.25: Oormatige draad word afgesny

Stel die spanning en draadtoevoerspoed na gelang van die dikte van die draad en die metaal wat gesweis word. Die volgende tabel is ’n riglyn vir toevoerstellings. Die tabel word gebaseer op die verskillende soorte MIG-masjiene wat jy waarskynlik by jou skool sal aantref. Ervaring sal jou leer om die spanningstelling na gelang van die draadspoed aan te pas en andersom. As ’n reël dui lang, dun kraalsweislasse op ’n te lae kragstelling, terwyl plat, breë kraalsweislasse weer ’n teken van ’n te hoë kragstelling is. ’n Grys blok in die tabel dui daarop dat die draad nie geskik is vir die staaldikte nie. Die algemene draaddikte vir ligte werktuigkundige werk is 0,6 mm – 1,2 mm.

Brandtrae Wat nie maklik brand nie/die uitbreek van ’n brand help voorkom.

Figuur 5.26: ’n Selfverdonkerende (fotoëlektriese) sweishelm
Staaldikte (mm) Draadspoed (meter per minuut) 0,6 mm-draad 0,8 1,0 1,2 2,5 3 3,6 4,3 5,6 7,9 9,8 12,5 0,8 mm-draad 1,6 1,9 2,2 2,6 3,5 4,9 6,1 7,7

Het jy geweet? “Arc eyes” is baie seer; dit voel asof iemand spelde in jou oë steek. Voordat jy begin sweis, is dit raadsaam om ander mense in die omtrek te waarsku en ook ’n sweisskerm te gebruik om verbygangers te beskerm.

1,5 2,0 3,0 4,0 5,0

Hou die MIG-pistool nadat jy dit opgestel het teen ’n hoek van ongeveer 20° met die vertikaal, 10 mm bo die plaat skrootmateriaal waarop jy gaan sweis. Die draad behoort aan die sweismetaal te raak.

98

Hetingsmetodes

5

Sweisrigting

Figuur 5.27: Die korrekte opstelling van die MIG-pistool

Gebruik ketelmakerskryt om ’n reguit lyn te trek op die materiaal waarop jy gaan sweis. Dit sal jou help om in ’n reguit lyn te sweis. Sodra jy die sneller ingedruk het, druk die pistool in ’n swaaibeweging vorentoe, al langs die krytlyn soos in Figuur 5.28 aangetoon.

Figuur 5.28: Swaaibeweging

Trek gedurende MIG-sweising die pistool na jou toe of druk dit weg van jou af (sien Figuur 5.29). Laasgenoemde metode word aanbeveel aangesien dit die afskermingsgas se dekking verbeter.

Stoot

Trek

Figuur 5.29: Resultate wanneer die MIG-pistool gedruk of getrek word

99

5

Meganiese Tegnologie
Een van die hoofvoordele van MIG-sweising bo metaalboogsweising is dat die kraalsweislas nie ’n slaklaag agterlaat wat ná sweising skoongemaak moet word nie. Om hierdie rede word MIG-sweising dikwels kommersieel aangewend. Voorts word MIG-sweising bo metaalboogsweising verkies, aangesien dunner materiaal só makliker gesweis kan word sonder dat defekte tydens vorming voorkom.

Vervaardiging van verskeie lasse met gebruikmaking van ’n verskeidenheid lastegnieke, wat gasmetaalboogsweiswerk insluit

Praktiese assessering 1
Voer die volgende prosedure uit in die teenwoordigheid van jou opvoeder. Hegsweis and sweissoldeer twee afvalstukke vierkantbuis in die vorm van ’n hoeksweislas soos in Figuur 5.30 aangetoon.

MIG sweis

Figuur 5.30: ’n Filletlas

Die volgende telkaart kan vir selfassessering, portuur-assessering en assessering deur jou opvoeder gebruik word.
Naam: Beginlopie: /5 Eenvormigheid: /5 Eindlopie: /5 Defekvry: /5 Oorkoepelheid: /5 Totaal: /25

Jou naam: Portuur 1: Portuur 2: Opvoeder: /100

100

Hetingsmetodes

5

Praktiese assessering 2
Voer die volgende prosedure uit in die teenwoordigheid van jou opvoeder. Sny twee afvalstukke 1,6 mm-plaat (50 × 100 mm) en hegsweis om ’n vierkantige skuinslas te vorm soos in Figuur 5.31 aangetoon. MIG-sweis dan en werk af volgens die sweissimbool hier onder. Oefen ’n paar keer voordat jy die opdrag aanpak.

MIG sweis

Figuur 5.31: ’n Vierkantige skuinslas

Die volgende telkaart kan vir selfassessering, portuur-assessering en assessering deur jou opvoeder gebruik word.
Naam:

Interpretasie van sweissimbool /1

Interpretasie van sweissimbool /1

Pylkantoriëntasie/1

Interpretasie van stert-info /1

Interpretasie van afmeting /1

Eenvormigheid: /2

Eindlopie: /3

Defekvry: /3

Oorkoepelend: /4

Beginlopie: /3

Jou naam: Portuur 1: Portuur 2: Opvoeder: /80 Sit om na: /50

Totaal: /20

101

5

Meganiese Tegnologie

Praktiese assessering 3
Voer die volgende prosedure in die teenwoordigheidd van jou opvoeder uit. Hegsweis twee stukke 50 × 6 mm platstaaf volgens die sweissimbool soos in Figuur 5.32 aangetoon. Oefen ’n paar keer voordat jy die opdrag aandurf. Die volgende telkaart kan vir selfassessering, eweknie-assesering en assering deur jou opvoeder gebruik word.
MIG sweis

Figuur 5.32: ’n v-skuins stuiksweislas
Naam:

Interpretasie van dimensie (20) /1

Interpretasie van dimensie (60) /1

Interpretasie van sweissimbool /1

Interpretasie van dimensie (6) /1

Interpretasie van dimensie (3) /1

Pylkantoriëntasie/1

Interpretasie van stert-info /1

Eenvormigheid: /2

Eindlopie: /3

Defekvry: /3

Oorkoepelend: /2

Beginlopie: /3

Jou naam: Portuur 1: Portuur 2: Opvoeder: /80 Sit om na: /50

102

Totaal: /20

Hetingsmetodes

5

Visuele inspeksie van sweislasse
Die volgende kontrolelys kan gebruik word om die voltooide sweislas te inspekteer:
Kontrolelys Het die sweis- en moedermetaal saamgesmelt? Is daar ’n intanding (wat op insnyding dui) op die lyn waar die sweislas by die moedermetaal aansluit (smeltlyn)? Het deurdringing regdeur die sweislas plaasgevind, m.a.w. is die sweismetaal deur die onderkant van die V of U op ’n enkelV- of enkel-U-sweislas sigbaar? Is die sweislas se boonste kant opgebou (versterk), of is die lasoppervlak hol (wat op te min metaal en gevolglik ’n swak las dui)? Is die metaal vol pengate en brandmerke (wat op ’n ontoepaslike vlam dui)? Het daar in geval van boogsweising baie spatsels voorgekom (wat op ’n te sterk stroom, te hoë boogspanning of te lang boog dui)? Is die afmetings van die sweislas korrek en is dit aan die hand van ’n maat soos in Figuur 5.33 getoets? Ja Nee

Figuur 5.33: Hoe om die beenlengte van ’n hoeksweislas met ’n maat na te gaan

Assessering 4
1. Watter aspekte moet tydens boogsweising en oksiasetileensweising nagegaan word? 2. Noem sewe visuele vereistes vir ’n goeie sweislas.

103

5

Meganiese Tegnologie

104

Hoofstuk 6

Kragte
Onderwerp 6

Berekening van kragte in ingenieurswesekomponente

Gevordrde toetse volgens verskeie meganiese beginsels

Bereken momente in ingenieurswesekomponente

Kragte

Berekening van spanning, vervorming en elastisiteitsmodulus

Konsepte van spanning, vervorming en elastisiteitsmodulus

6

Meganiese Tegnologie

Basiese berekenings van kragte wat in ingenieurswesekomponente gevind word
Kragtestelsel
In Graad 11 het jy geleer hoe om komponente (soos resultant en ekwilibrant) in ’n driehoek van kragte te bereken. In Graad 12 gaan ons presies dieselfde beginsels toepas om resulterende en ekwilibrante kragte in ’n stelsel van kragte met nie meer nie as vier kragte te bereken.

Berekening van die resultant van ’n kragtestelsel
Om die resultant van ’n kragtestelsel te bereken, moet die kragte in die stelsel eers in hulle individuele horisontale en vertikale komponente opgelos word. Onthou egter om die korrekte teken te gebruik om ’n + of – posisie op die Cartesiese vlak aan te dui. Basiese trigonometrie kan gebruik word om die onderskeie X- en Y-komponente soos volg te vind: sin = teenoorstaande (X of Y na gelang van oriëntasie) skuinssy (krag) cos = aangrensend (X of Y na gelang van oriëntasie) skuinssy (krag) Die rekensom van die X en Y-komponente word dan gebruik om die omvang van die resultant volgens Pythagoras te vind, dit wil sê R2 = X2 + Y2. Die rigting van die resultante krag word bereken deur die volgende formule te gebruik: tan = teenoorstaande (som van X of Y komponente na gelang van oriëntasie) aangrensend (som van X of Y komponente na gelang van oriëntasie)

Voorbeeld 1 Bereken die omvang en rigting van die resulterende krag (R) in die kragtestelsel hier onder.

106

Kragte
Oplossing:
Krag 60 N 120 N 80 N 40 N Vertikale komponent Y = 60 sin 0º Y= 120 sin 45º Y= 80 sin 90º Y= 40 sin60º 0N -84,9 N 80 N 34,6 N 29,7 N Horisontale komponent X = 60 cos 0º X = 120 cos 45º X = 80 cos 90º X = 40 cos60º 60 N -84,9 N 0N -20 N -44,9 N

6

Rekensom van komponente: Y = 29,7 N X = –44,9 N Gebruik Pythagoras om R soos volg te bereken: R2 = X2 + Y2 R2 = 44,92 + Y2 R2 = 2 016 + 882 R2 = 2 898 R = 53,8 N Die resultant kan gevolglik as ’n enkele krag voorgestel word, wat die hele stelsel soos volg voorstel:

Bereken die rigting van die resultant soos volg: tan =opp (X) adj (Y) tan = 44,9 29,7 tan = 1,51 θ = 56,5°

Die resultant is derhalwe ’n omvang van 53,8 N in ’n rigting van 56,5° wes van noord of 303,5°

107

6

Meganiese Tegnologie
Bereken die ekwilibrant van ’n kragtestelsel Die ekwilibrant het dieselfde omvang as die resultant en werk in dieselfde kragtelyn, maar in die teenoorgestelde rigting. Die ekwilibrant in die voorbeeld hierbo het gevolglik ’n omvang van 30,1 N in ’n rigting van 350,6° – 180° = 170,6°

Assessering 1
Bereken die resultant en ekwilibrant van die volgende stelsels vir kragte: a.

b.

108

Kragte

6

Die berekening van moment wat in ingenieurswesekomponente gevind word: Uniform verspreide laste (UVL)
’n UVL is ’n krag wat oor ’n sekere afstand versprei is. ’n Baksteen wat op ’n balk rus, is byvoorbeeld ’n goeie voorbeeld van ’n UVL, omdat sy massa oor sy hele lengte versprei is, nie net by ’n sekere punt soos met puntlaste nie. Tot nog toe het ons net na balke met puntlaste gekyk. Die realiteit is egter dat baie min balke net puntlaste het. Dit is gevolglik belangrik om te weet hoe om reaksies en buigmomente met UVL'e te bereken. Die eerste stap in die oplossing van enige probleme met betrekking tot UVL'e is om die UVL in ’n puntlas om te sit. Dit word gedoen deur die krag op die las per meter met die lengte waaroor die krag uitgeoefen word, te vermenigvuldig. UVL'e word aangedui deur ’n stippel-pyl bo-op ’n balk geplaas. Figuur 6.1 demonstreer hoe die omsetting gedoen behoort te word.

Figuur 6.1: Verteenwoordig UVL'e

Figuur 6.2: Omrekening UVL na puntlas

In Figuur 6.2 word ’n denkbeeldige puntlas in die middel van die UVL geskep. Die UVL se las is 3 N/m wat oor 2 m uitgeoefen word. Gevolglik is die ekwivalente puntlas 6 N. Die denkbeeldige puntlas word altyd deur ’n stippellyn voorgestel. Verskaf byskrifte vir die tekening deur aan te dui dat die nuwe denkbeeldige puntlas in die middel van die UVL is.

Let wel Indien daar reeds ’n ander puntlas in die middel van die UVL is, dui die nuwe denkbeeldige puntlas bo-op die bestaande puntlas aan.

109

6

Meganiese Tegnologie
Voorbeeld 2 ’n Balk word aan twee puntlaste en een UVL onderwerp en word aan albei kante deur RL en RR gesteun.

Figuur 6.3: Voorbeeld 2

Bereken: 1. Die omvang van reaksies RL en RR 2. Die buigmomente by punte A, B en C Oplossing: Begin deur UVL in ’n puntlas om te sit, soos volg:

Figuur 6.4: Omsetting van 3 N/m-UVL na 6 N-puntlas

Berekeningsreaksies: Neem momente rondom reaksie links (RL) RR × 8 m = (1 N × 2 m) + (6 N × 3 m) + (3 N × 6 m) RR = (2 + 18 + 18) 8 RR = 4,75 N

Neem momentreaksie rondom regs (RR) Rl × 8 m = (3 N × 2 m) + (6 N × 5 m) + (1 N × 6 m) RL = (6 + 30 + 6) 8 RL = 5,25 N

110

Kragte
Toets: Die som van opwaartse kragte moet gelyk wees aan die som van afwaartse kragte. 2. RL + RR = afwaartse kragte 5,25 N + 4,75 N = 1 N + 6 N + 3 N 10 N = 10 N Berekening van buigmomente: Bm A: (5,25 × 2) – (1 × 0) = 10,5 Nm Bm B: (5,25 × 4) – (1 × 2) – (6 × 1) = 13 Nm Bm C: (5,25 × 6) – (1 × 4) – (6 × 3) – (3 × 0) = 9,5 Nm

6

Assessering 2
’n Balk word aan twee puntlaste en een UVL onderwerp en word aan elke punt deur RL en RR gesteun.

Figuur 6.5: ’n Balk met 2 puntlaste en een UVL

Bereken: 1. Die omvang van RL en RR 2. Die buigmomente by punte A, B en C.

Konsepte van spanning, verwringing en elastisiteitsmodulus
Voordat ons egter met die konsepte van spanning en vervorming kan begin, is dit belangrik om ’n paar grondliggende omskrywings te verduidelik. Dalk verstaan jy dit nie aanvanklik nie, maar namate ons vorder, sal dit wel duidelik word. As jy hierdie omskrywings in jou geheue vaslê, sal dit jou help om die werk te verstaan en ook die berekeninge later in die hoofstuk te doen. • Las: ’n Eksterne krag wat op ’n stof inwerk. • Spanning: kan gedefineer word as die interne weerstand wat ’n liggaam teen ’n eksterne krag of belasting bied. Spanning is eweredig aan die toegespaste belasting en omgekeerd eweredig aan die dwarsdeursnee-oppervlakte. • Trekspanning: ’n Interne krag wat in ’n materiaal teenwoordig is wanneer ’n eksterne treklas aangewend word. • Drukspanning: ’n Interne krag in ’n materiaal wat ’n eksterne druklas weerstaan.

111

6

Meganiese Tegnologie
• Skuifspanning: ’n Interne krag in ’n materiaal wat ’n skuiflas of ’n krag tussen twee skuifvlakke weerstaan. • Massa: ’n Aanduiding van ’n liggaam se bewegingstraagheid en dui op die hoeveelheid materie waaruit daardie liggaam bestaan. • Oorspronklike lengte: Die presiese lengte van ’n voorwerp voordat ’n eksterne las aangewend word. • Verandering in lengte: Die lengte waarmee ’n voorwerp deur die aanwending van ’n eksterne las verkort/inkrimp of verleng/rek. • Vervorming: Die verhouding – in ’n konstante uitgedruk – tussen die verandering in lengte en die oorspronklike lengte. • Hook se wet: Vervorming is direk eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, mits die grens van eweredigheid nie oorskry word nie. • Young se modulus van elastisiteit: Kan teoreties omskryf word as die verhouding tussen die spanning en die vervorming in ’n metaal, mits die grens van elastisiteit nie oorskry word nie; word deur die letter E aangedui.

Let wel Dit is interessant dat die spanning in voorbeeld 2 laer is as in voorbeeld 1, selfs al was die las 2 kN groter. Hoekom dink jy is dit so?

Berekening van spanning en vervorming (Hook se wet)
Hook se Wet definieer die verhouding tussen spanning en vervorming soos volg: Vervorming is direk eweredig aan die spanning wat dit veroorsaak, mits die perk van proporsionaliteit nie oorskry word nie.

Berekening van spanning
Soos jy in Graad 10 geleer het, word spanning bereken deur die las (N) deur die dwarsdeursnee-oppervlakte waaroor dit ’n uitwerking het (m2) te deel. Spanning word in Pascal (Pa) gemeet. Voorbeeld 3 Bereken die spanning in ’n Ø 20 mm ronde staaf indien dit aan ’n las van 35 kN onderwerp word. Stap 1: Skryf die formule neer. Spanning = Las Dwarsdeursnee-oppervlakte Dit sal nie vir jou nodig wees om die formule te manipuleer nie, aangesien spanning reeds die onderwerp van die formule is. Stap 2: Skryf die inligting neer wat jy aangaande die probleem gegee word. Spanning = ? Las = 35 kN Dwarsdeursnee-oppervlakte = π × 202 4 Stap 3: Sit al die veranderlikes om in hul korrekte eenhede. Spanning = ? Las = 35 × 103 N (Korrekte eenhede is newton.)

112

Kragte
Dwarsdeursnee-oppervlakte = π 202 4 × 106

6

(Area omgesit in m2.)

Die gebruik van ’n deursnee van 20 mm gee ’n antwoord in mm2. Om in die korrekte eenhede om te sit, moet die deursnee deur 106 gedeel word omdat daar 106 vierkante millimeter in een m2 of 106 mm2 in 1 m2 is. Stap 4: Vervang die veranderlikes in die formule en los the vergelyking op. Spanning = Las Dwarsdeursnee-oppervlakte Spanning = 35 × 103 π202 4 × 106 (Vervang) Spanning = 35 × 103 × 4 × 106 π202 (Vereenvoudig) Spanning = 111,41 × 106 Pa Stap 5: Sit die oplossing om in die toepaslike eenhede volgens ingenieursnotasie. Spanning = 111,41 MPa

Assessering 3
1. ’nVierkantstaaf van 5 mm × 15 mm word aan ’n treklas van 15 kN onderwerp. Bereken die trekspanning in die staaf. 2. Bereken die drukspanning in ’n Ø 15 mm ronde staaf indien dit aan ’n druklas van 30 kN onderwerp word. 3. Bereken die las wat ’n trekspanning van 50 MPa in ’n ronde staaf met ’n middellyn/deursnee van 10 mm veroorsaak.

Berekening van vervorming
Vervorming is die verhouding tussen die verandering in lengte en die oorspronklike lengte en word as ’n konstante uitgedruk. Vervorming het geen eenheid nie – dit is bloot die verhouding waarin ’n meganiese onderdeel onder ’n bepaalde las verleng/ rek of verkort/inkrimp. Dit is ’n belangrike waarde om te bepaal, aangesien dit ’n mens ’n idee gee van hoe metale op aangewende laste reageer. Omdat sagte, smeebare materiale makliker van vorm verander, is die vervormingswaarde daarvan hoër as dié van taaier materiale wanneer dit aan dieselfde aangewende laste onderwerp word. Vervorming op sy eie is egter van baie min waarde – dit kry eers betekenis wanneer ’n mens weet hoeveel spanning daar in die materiaal teenwoordig is. In die volgende gedeelte kyk ons na hoe spanning en vervorming ingevolge Young se modulus eweredig is aan mekaar.

113

6

Meganiese Tegnologie
Vervorming word met behulp van die volgende formule bereken deur ’n vervormde voorwerp se verandering in lengte (∆l) deur die oorspronklike lengte (l) te deel: Vervorming = verandering in lengte (∆l) oorspronklike lengte (l) Vervorming is ’n konstante, en het geeneenheid nie. Wanneer jy vervorming bereken, is dit egter belangrik om seker te maak dat x sowel as l na dieselfde eenheid omgereken word. Indien x byvoorbeeld in millimeter gemeet word, moet l ook in millimeter wees. Die oplossing vir ’n vervormingsprobleem kan óf as ’n desimale breuk óf as ’n eksponent (magsaanwyser) uitgedruk word. Voorbeeld 4 Berekening van vervorming Bereken die vervorming in ’n 0,5 m lange kabel wat onder ’n bepaalde las met 0,1 mm verleng/gerek het. Soos met die berekening van spanning, volg ’n mens ’n paar eenvoudige stappe: Stap 1: Skryf die formule neer. Vervorming = verandering in lengte (∆l) oorspronklike lengte (l) Stap 2: Skryf neer wat jy reeds weet. Vervorming = ? (∆l) = 0,1 mm l = 0,5 m Stap 3: Reken x en l om na dieselfde eenheid. Vervorming = ? (∆l) = 0,1mm l = 500 mm (Daar is 1 000mm in 1 m, so 0,5 m × 1 000 = 500 mm.) Stap 4: Vervang die veranderlikes, en los die vergelyking op. Vervorming = verandering in lengte (∆l) oorspronklikelengte(l) Vervorming = 0,1 mm 500 mm Vervorming = 0,0002 of 2 × 10-4

Let wel Vervorming het geen eenheid nie, want die millimeter-eenhede kanselleer mekaar uit in die vergelyking.

114

Kragte

6

Assessering 4
1. Bereken die vervorming in ’n staalstang wat onder ’n treklas met 0,5 mm gerek het indien sy oorspronklike lengte 2 m was. 2. ’n Geelkoperbus word by ’n masjienonderdeel ingedruk. Die drukkrag verkort die bus met 0,01 mm. Bereken die vervorming in die bus indien die oorspronklike lengte 50 mm was.

Berekening van drukspanning/trekspanning
Drukspanning kom voor oor die volle lengte van ’n staaf wat aan ’n druk-stootkrag onderwerp word. Figuur 6.6 toon die spanning by snit xx in ’n staaf wat aan drukspanning onderwerp is.

Krag Krag

Figuur 6.6: Drukspanning in ’n staaf

Trekspanning kom voor oor die volle lengte van ’n staaf wat aan ’n trekkrag onderwerp word. Figuur 6.7 toon die spanning by snit xx in ’n staaf wat aan trekspanning onderwerp word.

Krag Krag

Figuur 6.7: Trekspanning in ’n staaf

Beide druk- en trekspanning word bereken deur van presies dieselfde metode as in oefening 3 gebruik te maak. Die aard van die spanning (druk- of trekspanning), het geen invloed op die omvang van die spanning nie, net die rigting.

Berekening van Young se elastisiteitsmodule
Young se modulus word teoreties omskryf as die verhouding tussen die spanning en die vervorming in ’n metaal, mits die grens van elastisiteit nie oorskry word nie, en word deur die letter E aangedui. Waarop dit neerkom, is dat spanning in metaal tot op ’n sekere punt (die elastisiteitsgrens) eweredig is aan vervorming. Ná hierdie punt begin die verlenging in die metaal vinnig toeneem. Dit is weens ’n interne skuifproses wat as glip bekend staan. Die metaalmolekules beweeg verby mekaar en veroorsaak dat die metaal rek. Dit lei tot permanente vervorming, wat plastiesedeformasie genoem word.

115

6

Meganiese Tegnologie
Young se modulus vir enige gegewe onderdeel word bereken deur spanning deur vervorming te deel. Soos by spanning, is die eenheid Pa. Eers word spanning en vervorming bereken soos vroeër aangedui, waarna die onderskeie waardes by die volgende formule ingevoer word: Young se modulus (E) = spanning vervorming

Figuur 6.8: ’n Trektoetser

Voorbeeld 5 Berekening van Young se modulus In ’n trektoets verleng ’n  30 mm ronde staaf met 0,2 mm onder ’n las van 35 kN. Bereken Young se modulus vir die staaf indien dit oorspronklik 60 mm lank was. Stap 1: Skryf die formule neer. Spanning = las dwars deursnee oppervlakte Stap 2: Skryf alle inligting neer wat jy oor die probleem ontvang het. Spanning = ? Las = 35 kN Dwarsdeursnee-oppervlakte = π302 4 Stap 3: Reken al die veranderlikes om na hulle korrekte eenhede. Spanning = ? Las = 35 × 103 N Dwarsdeursnee-oppervlakte = π302 4 × 106

116

Kragte
Stap 4: Vervang die veranderlikes in die formule en los die vergelyking op. Spanning = las dwarsdeursnee-oppervlakte

6

Spanning = 35×103 π302 4 × 106 Spanning = 35 × 103 × 4 × 106 π302 Spanning = 140 × 109 π × 900

Spanning = 49 514 871,18 Pa Stap 5: Reken die oplossing om na die toepaslike eenheid aan die hand van ingenieursnotasie. Spanning = 49,51 MPa

Bereken vervorming: Stap 1: Skryf die formule neer. Vervorming = verandering in lengte (∆l) oorspronklike lengte (l) Stap 2: Skryf neer wat jy reeds weet. Vervorming = ? x = 0,2 mm l = 60 mm Stap 3: Vervang die veranderlikes en los die vergelyking op. Vervorming = verandering in lengte (∆l) oorspronklike lengte (l) Vervorming = 0,2 mm 60 mm Vervorming = 0,0033 Bereken Young se modulus: Stap 1: Skryf die formule vir Young se modulus neer. Young se modulus (E) = spanning vervorming

117

6

Meganiese Tegnologie
Stap 2: Vervang die veranderlikes vir spanning en vervorming en los op. E = E = spanning vervorming 49,51 × 106 0,0033

E = 14 854 461 355,24 Pa E = 14,85 × 109

E = 14,85 GPa

Assessering 5
1. In ’n trektoets verleng ’n Ø 32 mm ronde staaf met 0,5 mm onder ’n las van 100 kN. Bereken Young se modulus vir die staaf indien dit oorspronklik 120 mm lank was. 2. ’n Ø 10 mm-staalkabel rek met 0,6 mm onder ’n las van 56 kN. Bereken Young se modulus vir die kabel indien dit oorspronklik 20 m lank was.

Berekening van verandering in lengte (∆l)
Verandering in lengte word eenvoudig bereken deur die verwringingsberekeningsformule soos in die volgende voorbeeld te manipuleer: Voorbeeld 6 ’n Staalpen word in ’n masjiendeel deur ’n drukkrag ingepers, wat uitloop op ’n verwringing van 0,0045. Bereken hoeveel dit korter geword het indien sy oorspronklike lengte 50 mm was. Stap 1: Skryf die formule neer. Verwringing = Verandering in lengte (∆l) Oorspronklike lengte (l) Stap 2: Skryf neer wat jy weet. Verwringing = 0,0045 ∆l = ? L = 50 mm Stap 3: Vervang die waardes en los die vergelyking op. 0,0045 = Verandering in lengte (∆l) 50 Verandering in lengte (∆l) = 0,0045 × 50 mm (∆l) = 0,23 mm

118

Kragte
Die volgende diagram is ’n grafiek van spanning (x-as) teen verwringing (y-as), wat as die spannings/verwringingsdiagram bekend is.

6

SLEUTEL A Spanning B C D E Verwringing Proporsionaliteitsgrens Elastisiteitsgrens Meegeepunt Maksimum spanning Breekspanning

Figuur 6.9: Die spannings/verwringingsdiagram

Uitvoer van gevorderde toetse volgens verskeie meganiese beginsels
Die toets van buigmomente
Die balktoetser word gebruik om die buiging (gebuigde vorm) van verskeie gegewe stukke materiaal by enige gegewe buigmoment te bepaal. In die eenvoudigste geval kan die toerusting as illustrasie van Young se elastisiteitsmodulus vir ’n materiaal gebruik word. ’n Aluminiumbalk sal byvoorbeeld rofweg drie maal meer as ’n staalbalk van dieselfde deursnee buig onder dieselfde lastoestande, aangesien die modulus vir aluminium ’n derde van dié vir staal is.

Figuur 6.10: ’n Balktoetser

• Monteer die toerusting soos in die stel aangewys, deur ’n toepaslike balk te kies. • Gebruik ’n liniaal en ’n droogveemerker, trek ’n lyn oor die balk 200 millimeter van die wortel af. • Voeg ’n 10 g-gewig-hanger by die wyserplaatmeter en skuif die wysermeter af op die balk totdat dit 10 mm lees. Verwyder die gewighanger en stel die buitenste skaal op nul deur die skerp kant te gebruik. Met plastiekbalke kan dit verskeie pogings verg.

119

6

Meganiese Tegnologie
• Voeg ’n 100 g-massa by die wysermeter en teken die wysermeterlesing aan. • Herhaal die vorige stap totdat jy 500 g bereik terwyl jy die massa in 100 ginkremente verhoog. • Stip jou bevindinge aan op 'n defleksiegrafiek – (x-as) versus las (y-as) – om die onderskeie teorieë te bewys.

Die toets van loodregte kragte
Die toetsing van loodregte krag word gebruik om die sterkte van ’n materiaal of bindmateriaal vas te stel wat aan loodregte kragte (skuifkrag) onderwerp word. Die toetsstel, hieronder in Fig 6.11, word normaalweg gebruik om loodregte sterkte te bepaal. Twee remblokke word saamgepers. Die boonste instrumente verskaf die aangewende krag op die toetsmedium en is voldoende om die proefstuk af te skuif. Die onderste instrument hou die proefstuk vas en word op ’n bewegende remblok gemonteer om seker te maak dat net loodregte kragte die proefstuk affekteer. Die toetstuig meet die kragte wat veroorsaak het dat die proefstuk afskuif, asook die skuifspannings gedurende toetsing en die uiteindelike (of breekspanning), wanneer die proefstuk faal.
Ontleding van toegepaste krag

Boonste instrument Onderste instrument Beweegbare remblok

Figuur 6.11: ’n Loodregte toetser

Die toets van spanning/vervorming en elastisiteit
Om Young se elastisiteitsmodulus vir enige gegewe komponent te ken, is baie belangrik omdat dit aandui of die materiaal veilig sal bly onder die toegepaste las. Waardes vir Young se elastisiteitsmodulus vir verskeie materiale is eksperimenteel bepaal deur van trektoetsmasjiene gebruik te maak, wat beide spanning en verwringing in standaardproefstukke kan meet. Deur die berekende waardes vir ’n bepaalde komponent met hierdie eksperimentele waardes te vergelyk, sal jy ’n goeie indruk kry van die sterkte van die bepaalde komponent.

120

Kragte

6

Figuur 6.12: ’n Trektoetser

Kartering van waardes vir spanning teenoor vervorming vir meeste ingenieurswesemateriale behoort ’n grafiek baie soortgelyk aan die spanning/ vervormingsdiagram in Figuur 6.9 te gee.

121

6

Meganiese Tegnologie

122

Hoofstuk 7

lnstandhouding
Onderwerp 7

Toepaslike metodes vir die herstel van band-, kettingaandrywing en koppelaars

Die uitwerking van gebrek aan instandhouding op bedryfstelsels

Identifikasie van die mees geskikte voorkomende instandhouding in bedryfstelsels

Instandhouding

Band-, kettingaandrywing en koppelaars

Gradering van olie volgens viskositeit (SAE-standaarde)

7

Meganiese Tegnologie

Inleiding
In grade 10 en 11 het ons geleer van die basiese begrippe van wrywing, smering en slytasie. Ons het ook na die grondbeginsels van instandhouding gekyk. In Graad 12 gaan ons die eienskappe van smeermiddels ondersoek en ook leer oor die instandhouding van aandrywings en koppelaars.

Die uitwerking van gebrek aan instandhouding op bedryfstelsels
Die primêre effek van ’n gebrek aan instandhouding op bedryfstelsels is dat bepaalde dele en uiteindelik die stelsel in sy geheel, sal ingee. Soos jy in Graad 10 geleer het, is instandhouding: • Voorkomend • Voorspelbaar • Betroubaarheidsgesentreerd. Versuim om roetine-instandhouding uit te voer (ongeag die instandhoudingsmetodologie wat gevolg word), kan baie ernstige of selfs katastrofiese gevolge hê. Die belangrikste gevolge is: • Risiko van moontlike besering of dood (byvoorbeeld remme wat weier). • Finansiële verlies vanweë skade as gevolg van ’n onderdeel wat ingee. • Verlies aan waardevolle produksietyd.

Identifikasie van die mees geskikte voorkomende instandhouding in bedryfstelsels
Voorkomende instandhouding word gedefinieer as: • Die versorging en versiening deur personeel vir die doeleindes van die instandhouding van toerusting en fasiliteite in bevredigende bedryfstoestande, deur te sorg dat daar sistematiese inspeksie, opsporing en regstelling is van stelsels wat begin onklaar raak, óf voordat dit gebeur, óf voordat dit in groot defekte ontwikkel. • Instandhouding, insluitend toetse, metings, verstellings en die vervanging van onderdele wat spesifiek uitgevoer word om te voorkom dat defekte voorkom. Voorkomende instandhouding kan beskryf word as instandhouding van toerusting of stelsels voordat defekte voorkom. Dit kan in twee subgroepe verdeel word: Beplande/geskeduleerde instandhouding en toestandgrondslaginstandhouding. Die vernaamste verskil van subgroepe is die bepaling van instandhoutyd, of die bepaling van die tydstip waarop instandhouding uitgevoer behoort te word. Terwyl voorkomende instandhouding in die algemeen as die moeite werd beskou word, is daar risiko’s soos toerustingonklaarraking of menslike foute wat betrokke is wanneer voorkomende instandhouding uitgevoer word, soos in enige instandhoudingsopset. Voorkomende instandhouding soos opknapping of geskeduleerde vervanging is twee van die drie pro-aktiewe onklaarrakingsbestuursbeleidsrigtings wat tot die instandhoudingsingenieur se beskikking is. Algemene metodes waarvolgens bepaal word watter voorkomende (of ander) onklaarrakingsbestuursbeleidsrigtings toegepas behoort te word, is: oorspronkliketoerusting- (OTV-) aanbevelings, vereistes of kodes en wetgewing binne ’n jurisdiksie, wat ’n “deskundige” dink behoort gedoen te word, of die instandhouding wat reeds aan soortgelyke toerusting gedoen is en die belangrikste gemete waardes en instandhoudingstoestande. In eenvoudige terme: Voorkomende instandhouding word uitgevoer om te sorg dat toerusting werk en/of die gebruiksduur van die toerusting verleng word.

124

lnstandhouding
Regstellende instandhouding, wat soms “herstelwerk” genoem word, word uitgevoer om toerusting weer aan die werk te kry. Die primêre doel van instandhouding is om die gevolge van onklaarraking van toerusting te voorkom of te verminder. Dit kan bewerkstellig word deur die onklaarraking te voorkom voordat dit werklik plaasvind. Dit is wat beplande instandhouding en toestandgrondslaginstandhouding help verwesenlik. Dit is bedoel om die betroubaarheid van toerusting op standaard te hou, en die toerusting te herstel deur verslete komponente te vervang voordat hulle in werklikheid onklaar raak. Voorkomende instandhoudingsaktiwiteite sluit in gedeeltelike of volledige opknappings op spesifieke tye, oliewisselings, smering en so meer. Daarbenewens kan werkers die agteruitgang van toerusting aanteken sodat hulle sal weet om onderdele te vervang of te herstel voordat die stelsel onklaar raak. Die ideale voorkomende instandhoudingsprogram kan alle toerustingonklaarraking voorkom voordat dit plaasvind.

7

Het jy geweet? Motorratte is ratte wat in handrattransmissies aangetref word en industriële ratte is ratte wat in die ratkaste van nywerheidsmasjinerie aangetref word.

Assessering 1
1. Definieer voorkomende instandhouding en meld die primêre doel daarvan. 2. Gee ’n voorbeeld van voorkomende instandhouding.

Eienskappe van smeermiddels
Viskositeit
Die viskositeit van ’n vloeistof is sy “dikte” of “’n meting” van sy weerstand teen vloeiing. Die viskositeit moet hoog genoeg wees om ’n smeerfilm in stand te hou, maar laag genoeg dat die olie rondom die enjinonderdele in alle toestande kan vloei. Viskositeitsindeks Die viskositeitsindeks is ’n meting of afmeting van hoeveel die olie se viskositeit verander namate temperatuur verander. Die viskositeit van ’n olie moet voldoende wees om hidrodinamiese smeerfilm onder alle bedryfstoestande in stand te hou. Industriële ratsmeermiddels word gewoonlik oorweeg op grond van hulle spesifieke aanwending uit die oogpunt van hulle viskositeit by 40 °C (eerder as 100 °C), aangesien hulle gewoonlik op laer temperature as motorvoetuig-ratsmeermiddels werk. Aangesien motorvoertuig- ratsmeermiddels meer waarskynlik aan buitetemperature blootgestel sal wees vergeleke met nywerheidsratsmeermiddels, is laetemperatuurviskositeit belangrik wanneer die bepaalde SAE “W” viskositeitsgraad van ’n smeermiddel bepaal word. Viskositeit kan ook ratgeraas en die gemaklikheid van ratwisseling beïnvloed. Die olie behoort genoeg hegtingsvermoë te hê om aan die rattande vas te kleef en verwydering by wyse van verplasing, afveewerking of sentrifugale krag te kan weerstaan. Die olielaag moet ook weerstand bied teen skeurfaling onder swaar laste. Die viskositeitsindeks is ’n meting van hoeveel die olie se viskositeit verander namate temperature verander. ’n Hoër viskositeitsindeks dui aan dat die viskositeit minder verander na gelang van temperatuursveranderinge as ’n laer viskositeitsindeks. Die viskositeitsindeks (VI) is ’n term wat in die petroleumbedryf gebruik word. Dit is ’n smeerolie-gehalteaanduider, ’n arbitrêre meting van die verandering van kinematiese viskositeit na gelang van temperatuur. Die viskositeit van vloeistowwe verminder namate temperatuur toeneem. Die viskositeit van

Het jy geweet? SAE is die verkorting vir die Society of Automotive Engineers.

Kinematika ’n Tak van die meganika wat die beweging van voorwerpe beskryf sonder inagneming van die massas of kragte wat beweging teweegbring.

125

7

Meganiese Tegnologie
’n smeermiddel is nou verwant aan sy vermoë om wrywing te verminder. In die algemeen wil jy die dunste vloeistof/olie hê wat steeds die twee bewegende dele uitmekaar hou. Indien die smeermiddel te dik is, sal dit heelwat energie verg om die oppervlakke (soos met heuning) te beweeg. Indien die smeermiddel egter te dun is, sal die oppervlakke teenmekaar skuur en sal wrywing toeneem. Die VI dui aan hoe ’n smeermiddel se viskositeit met skommelinge in temperatuur verander. Motorvoertuigsmeermiddels moet wrywing tussen twee enjinkomponente verminder wanneer die enjin vanuit ’n koue toestand aangesit word, asook wanneer dit loop. Die beste olies (met die hoogste VI) wissel nie veel in viskositeit oor so ’n temperatuurstrek nie en sal derhalwe deurgaans goed presteer. Die VI-skaal is deur SAE daargestel. Die temperature wat arbitrêr as verwysings gekies is, is 40 °C en 100 °C. Die oorspronklike skaal het net tussen VI=0 (swakste olie) en VI=100 (beste olie) gestrek, maar beter olies word deesdae vervaardig, wat daartoe gelei het dat die VI’s groter as 100 is. VI-verbeteringsbymiddels en hoërgehalte-basisolies word deesdae allerweë gebruik. Die VI’s van sintetiese vloeistowwe wissel van 80 tot meer as 400. ’n Olie se VI moet hoog genoeg wees om die viskositeit binne die toegelate perke by enige temperatuur te hou. Die VI is ook ’n aanduider van die gehalte van die basisolies wat in ratolieformulering gebruik word. Vir meergraadmotorvoertuigratolies soos die SAE75W-90, is dit belangrik om ’n hoogs skeurstabiele VI-verbeteringsbymiddel in die samestelling te gebruik om te verseker dat die olie se viskositeit onder toestande van baie hoë skeurgeneigdheid gehandhaaf word, soos veral deur Japannese transmissievervaardigers vereis word.

Vloeipunt
Vloeipunt is die laagste temperatuur waarop vloeistof vloeibaar bly (wat beteken dat dit steeds soos ’n vloeistof funksioneer). Die vloeipunt is gevolglik ’n indeks van die laagste temperatuur of sy bruikbaarheid vir ’n gegewe toepassing. Indien die vloeipunt van die olie hoër as die omgewingstemperatuur is waarmee ratte werk, sal hulle die risiko loop van “droë” werking gedurende die tyd onmiddellik nadat die masjien aangeskakel is. Die ratte sal groewe in die smeermiddel sny (wat kanaalvorming genoem word) en sal feitlik in ’n ongesmeerde toestand loop totdat wrywingshitte veroorsaak het dat die olie meer geredelik vloei. Vanselfsprekend sal ernstige skade gedurende hierdie tydperk aan die rattande aangerig word.

Flitspunt
Flitspunt is ’n belangrike eienskap van motorolie en word as die laagste temperatuur gedefinieer waarop die olie dampe afgee wat aan die brand kan slaan. Dit is gevaarlik vir die olie in ’n motorenjin om aan die brand te slaan en te brand, met die gevolg dat ’n hoë flitspunt gewens is. By ’n petroleumraffinadery word motoroliefraksies van ander ru-olie-fraksies by wyse van fraksionele distillasie geskei. Die meer vlugtige komponente word verwyder en die olie se flitspunt word verhoog (sy geneigdheid om aan die brand te slaan en te brand word verlaag).

Assessering 2
1. Wat is die verskil tussen viskositeit en viskositeitsindeks? 2. Definieer die vloeipunt van ’n smeermiddel. 3. Hoekom is dit belangrik dat enjinolie ’n hoë flitspunt moet hê?

126

lnstandhouding

7

Gradering van olie volgens viskositeit (SAEstandaarde)
Transmissie-olie
’n Mens kry twee soorte transmissiestelsels in motorvoertuie, naamlik hand- en outomatiese ratkas. Elkeen gebruik om verskeie redes net sekere soorte olie. Om ratkas-olie beter te verstaan, moet jy meer oor transmissiestelsels of ratkaste leer.

Handratkas-olies
Die eerste plek waar hierdie olies gebruik word, is handtransmissiestelsels (ook dikwels ratkaste genoem). ’n Ratkas is ’n rangskikking van ratte, laers en asse in ’n ingeslote omhulsel wat die bestuurder daartoe in staat stel om die spoed en wringkrag van ’n voertuig te verstel. Groter ratte draai stadiger, maar het ’n groter draaikrag. Deur die verskeie kombinasies van groter en kleiner ratte met die rathefboom te beheer, kan ’n motorbestuurder stelselmatig van ’n lae rat (lae spoed, hoë wringkrag) na ’n hoë rat (hoë spoed, lae wringkrag) verwissel.
Rathefboom

Wringkrag ’n Aanduiding van die hoeveelheid draaikrag van die ratte wat nodig is om teen steiltes of uit ’n rustende toestand te beweeg.

Selektor vir ratveranderings

Rib-insetas

Tussenas

Figuur 7.1: ’n Handtransmissiestelsel

Die soort ratte wat gewoonlik in handtransmissiestelsels voorkom, is reguittandof heliese ratte, wat beteken dat die smeeromstandighede nie te fel is nie. Party handratkaste word met geelmetaalbusse toegerus wat kwesbaar is vir wegvreting deur die swawelkomponente in hoë-hoogstedruk- (EP)-ratolieformules.

EP-ratolie Hoogstedruk(“extreme pressure”-) ratolie.

Klassifikasie van motorratsmeermiddels
Die klassifikasie van motorratsmeermiddels is ’n maklike manier om die werkverrigting van verskeie ratolies te vergelyk. Die Amerikaanse Petroleuminstituut (API) word as die wêreld se gesaghebbende op die gebied van olieklassifikasie beskou.

127

7

Meganiese Tegnologie
Die API gebruik die volgende simbole om die dravermoë van motorhandtransmissiestelsels en assmeermiddels aan te dui: •  Eerstens is daar API GL-6 wat nie hier bespreek word nie aangesien dit in onbruik verval het (= nie meer gebruik word nie) en nooit meer na verwys word nie. •  API GL-5 is hoë-hoogstedruksmeermiddels, in besonder vir hipoïede ratte in asse wat teen hoë snelhede en onder swaar laste funksioneer. •  API GL-4 is matiger-hoogstedruksmeermiddels vir spiraalkeëlratte (en sommige hipoïede ratte) in asse wat teen matige snelhede en onder matige laste funksioneer. Hierdie olies kan in sekere handratkas- en trans-astoepassings gebruik word. •  API GL-3 is vir handtransmissiestelsels en spiraalkeëlasse wat teen lae tot matige snelhede en onder klein tot matige laste funksioneer. • API GL-2 is vir motorwurmratasse. •  API GL-1 is vir handtransmissiestelsels wat onder sulke matige omstandighede funksioneer dat suiwer mineraalolie voldoende sal wees. •  API MT-1 is op die oomblik die enigste item van ’n nuwe klassifikasiereeks wat op handtransmissiestelsels toegespits is, vandaar die letters “MT” (“manual transmission”). Hierdie klassifikasie dui op smeermiddels wat vir niegesinkroniseerde handtransmissiestelsels in busse en swaardiensvragmotors bedoel is. In teenstelling met API GL-4- en -5-smeermiddels, bied API MT-1 beskerming teen termiese afbreking, onderdeelslytasie en olieseëlafbreking. Die API GL-spesifikasies word in alle olievervaardigers se produkhandleidings beskryf. Die volgende tabel is ’n veralgemening van die viskositeit van eienskappe wat vir ratkasolie vereis word by ’n strek van verskillende temperature (buitetemperature). Die vervaardiger se spesifikasies behoort egter altyd in ag geneem te word wanneer daar ratkasolie bygevul of vervang word.
Ratkasolie SAE Viskositeit 75W 80W 80W-90 85W 90 140 Temperatuur -29 °C a a a 17,8 °C a a a -6,7 °C a a a a 4,4 °C a a a a a a a a a a a a a a a a a a 15,6 °C 26,7 °C 37,8 °C

Figuur 7.2: Viskositeit van ratkasolie vir verskillende temperatuurstrekke

Motor- gesinkroniseerde ratkas
Die meeste moderne handratkaste is gesinkroniseerde ratkaste. Hierdie ratkaste word gebruik om die ratwisselingsproses te vergemaklik. Wanneer ’n voertuig beweeg, is dit voor die handliggend dat ’n rat slegs geluidloos en sonder skade met ’n ander kan inkam wanneer albei ratte teen bykans dieselfde spoed draai wanneer hulle bymekaar aansluit. Gesinkroniseerde ratkaste gebruik die wrywing tussen die keëlpasvlakke van die kraag en die vrydraaiende rat om die rat stadiger of vinniger te laat draai. Uit ’n smeringshoek is die keëls op die rat en kraag, wat van ’n

128

lnstandhouding
geelmetaallegering of sinterstaallegerings gemaak word, die belangrikste elemente van die gesinkroniseerdeontwerp. Die hoë temperature weens die skuifkontak kan die oppervlakke met hoë-hoogstedrukbymiddelformules glasuur, wat op sy beurt tot ratwisselingsprobleme kan aanleiding gee. Om hierdie rede word matigehoogstedrukprodukte vir gesinkroniseerde ratkaste aanbeveel.

7

Outomatieseratkas-olies
Outomatieseratkas-olies (“ATF’s”) is waarskynlik die mees ingewikkelde en gesofistikeerde smeerolie. Dit kan tipies meer as vyftien bymiddels bevat, wat baie fyn in ’n sorgvuldig uitgesoekte basisolie gebalanseer moet word. Hierdie olies moet in ’n wye reeks ratkas- en voertuigkombinasies kan werk, en moet ook versoenbaar wees met die verskillende materiale wat in die transmissiestelsel voorkom, insluitend aluminium, staal, koper, brons, geelkoper, tin, silwer, plastiek, papier en rubber. ATF’s moet ook meerdoelig wees en moet onder andere: • Krag oordra – in die koppelomsitter. •  As hidrouliese vloeistof dien – (hidrostatiese) energieoordraging ten einde die verskillende onderdele, soos die servosilinder (wat dan verskeie ratte in plek kan sluit of ontsluit), te laat beweeg. •  As warmteoordragmedium dien – warmteoordrag van binne na buite die transmissiestelsel om dit so te help afkoel – andersins sou temperature in sommige dele blitsvinnig tot 600 °C+ styg. • As smeermiddel dien – vir ratte en laers.
Koppelomsitter Planeetratte Koppelaarsamestelle

Figuur 7.3: ’n Oopwerkmodel van ’n outomatiese transmissie en koppelomsitter

Die viskositeit van die olie moet hoog genoeg wees om die gewenste hidrodinamiese olievlies oor ’n wye temperatuurbestek te behou. Dit moet egter nie so hoog wees dat dit met die vloei van die olie inmeng, viskeuse verlies en oorverhitting veroorsaak, of ratwisseltye beïnvloed nie. Dit moet ook geredelik by lae temperature vloei ten einde onderdele vinnig te bereik wanneer die voertuig aangesit word, koudaansit te vergemaklik en oliepompkavitasie te voorkom.

Kavitasie Die algemene term vir die vorming van hol ruimtes in vloeistowwe – staan ook as vergating of holtevorming bekend.

129

7

Meganiese Tegnologie

Enjinolies
Enjinolies kan geklassifiseer word na gelang van die soort enjin waarin dit gebruik word. Die verskillende soorte enjins, soos vierslagpetrolenjins, tweeslagpetrolenjins en kompressieontstekings- (KO-) of dieselenjins, het elk baie bepaalde smeerolievereistes. In hierdie hoofstuk sal ons slegs na die smering van die vierslagpetrolenjin kyk. Passasiersvoertuigmotorolie (PVMO) is waarskynlik die bekendste soort olie. Tog verstaan alledaagse gebruikers nie werklik hierdie soort olie nie. ’n PVMO moet verskeie funksies vervul, waarvan die meeste in lyn is met die grondliggende beginsels van die smeerteorie waarvan jy in Graad 10 geleer het. ’n PVMO moet: •  Bewegende onderdele skei deur ’n smeervlies daartussen te vorm. Dit verminder wrywing en slytasie. •  Aanpaksels en slyk van enjinoppervlakke verwyder en die vorming van vernis of lakvernis op die suier voorkom. •  Kontaminante soos roet, vuiligheid, slytasiemetaaldeeltjies en suurneweprodukte van verbranding gevange hou totdat die olie afgetap en hierdie kontaminante met die gebruikte enjinolie verwyder kan word. Kontaminante word in die vorm van mikroskopiese deeltjies gevange gehou om enige filterblokkasie te voorkom. •  Slytasie beperk in dele van die enjin waar laste hoog of snelhede laag en die hidrodinamiese smeervlies gebreek is en moet ook grenslaagsmering of metaalop-metaalkontak kan voorkom. •  Oksidasie – in wese temperatuurgeïnduseerde verdikking – weerstaan. ’n Enjinolie word aan uiterste temperature blootgestel. Die gemiddelde krukastemperatuur van ’n enjinolie sal in die omgewing van 100 °C wees. Die temperatuur van ’n enjinolie wat deur die hoof- en grootkoplaers vloei, sal ongeveer 150 °C wees, terwyl die olie wat die smeerlaag tussen die silinder en die suierringe vorm temperature rondom 300 °C of hoër sal ervaar voordat dit terug in die krukas afgeskraap word. •  Enjinonderdele, veral laers en die onderkant van die suier, verkoel. Dit word daarom aan bykomende termiese spanning blootgestel, wat op sy beurt verdere eise aan die olie se oksidasiebestandheid stel. •  By lae temperature kan vloei. Dit moet met ander woorde onmiddellik by aansluiting begin sirkuleer om, ongeag die temperatuur, regdeur die enjin ’n smeervlies te vorm. •  So min moontlik tydens temperatuurstygings verdun sodat dit selfs onder uiterste temperature steeds ’n smeervlies vorm. Die enjinolie se viskositeit bepaal hoe dik die olievlies tussen enjinonderdele sal wees. Olie kan ’n aantal verskillende viskositeitsomstandighede in ’n enjin ondergaan. Die SAE het ’n standaard vir die klassifisering van enjinolieviskositeit vasgestel. Die SAE J300-spesifikasie stel die viskositeite vas waaroor ’n olie onder vier verskillende temperatuuromstandighede moet beskik voordat dit amptelik aan die SAE-viskositeitsgrade voldoen. Die SAE J300 lê twee reekse viskositeitsgrade neer. Die eerste is die W-grade wat allerweë as die “wintergrade” bekend staan. Hierdie algemene beskrywing het in gebiede soos sentraal-Amerika ontstaan, waar ’n olie met ’n enkelviskositeitsgraad destyds in die winter gebruik en gedurende die warmer maande vir ’n “somerolie” verruil is. Die W-grade is SAE 0W, 5W, 10W, 15W 20W en 25W.

130

lnstandhouding
SAE J300-viskositeitsgrade vir enjinolie meet olie aan die hand van twee laetemperatuur-viskositeitsvereistes. Enige olie met een van die W-viskositeitsgrade moet hieraan voldoen: •  Laetemperatuur-krukviskositeit wat verseker dat die olie die enjin daartoe in staat sal stel om teen die minimum vereiste aansitspoed opgejaag te word. •  Laetemperatuur-pompviskositeit, wat verseker dat die olie teen soms lae aansittemperature na alle gedeeltes van die enjin gepomp word (of vloei). Die tweede reeks SAE J300-viskositeitsgrade is die hoëtemperatuurgrade wat deur sommige indiwidue die ietwat verwarrende naam “nie-W-grade” gegee word. Hierdie is die grade SAE 20, 30, 40, 50 en 60. SAE J300viskositeitsgrade vir enjinolie stel twee hoëtemperatuur-viskositeitsvereistes vir die hoëtemperatuurgrade: 1. ’n Viskositeit by 100 °C. 2.  ’n Viskositeit by 150 °C teen die hoë skuiftempo’s wat in ’n enjinlaer ervaar word. Die volgende tabel is ’n veralgemening van die viskositeit van eienskappe wat vir enjinolie by ’n bestek van verskillende temperature (buitetemperature) vereis word. Die vervaardiger se spesifikasies behoort egter altyd in ag geneem te word wanneer ratkasolie bygevul of vervang word.
Enjinolie SAEviskositeit 20W-20 20W-40 20W-50 10W-30 10W-40 10W 5W-30 5W-20 a a a a a a a Temperatuur -29 °C -17,8 °C -6,7 °C a a a a a a a 4,4 °C a a a a a a a 15,6 °C a a a a a a a 26,7 °C a a a a a 37,8 °C a a a a a

7

Figuur 7.4: Viskositeit van enjinolie vir verskillende temperatuurstrekke

Ewenaarolies
Krag uit die transmissiestelsel word deur middel van ’n as (die dryfas) na die agteras (in voertuie met agterwielaandrywing) oorgedra. Ten einde draaibeweging na die agterwiele oor te dra, moet die aandrywing ’n 90°-rigtingverandering ondergaan. Dit word deur ’n reeks keëlratte bewerkstellig wat as die ewenaar/differensiaal bekend staan. Die ewenaar maak ’n rigtingverandering in die oordravermoë moontlik en stel ook die dryfwiele daartoe in staat om om hoeke teen verskillende snelhede te draai. (Onthou, die buitewiel moet verder as die binnewiel rol.) Spoedvermindering hang af van die aantal tande wat in die kroon- en kleinrat gebruik word. In passasiersmotors en die meeste vragmotors is die ewenaar die finale stadium van ratreduksie.

131

7

Meganiese Tegnologie

Kroonwiel

Kleinrat

Figuur 7.5: ’n Oopwerkaansig van ’n ewenaar

Spiraalkeëlratte (met krom/geboë tande) word in ewenaars gebruik. Wanneer die as van die kleinrat onder die as van die kroonrat gestel word om sodoende ’n laer skroefas te gee, staan dit as ’n hipoïede ewenaar bekend. Hipoïede ratte is moeilik om te smeer omdat hulle eerder skuif as rol en die skuifbeweging daartoe geneig is om die smeermiddel af te vryf. Boonop word daar baie hoë en strawwe diensvlakke van ’n ewenaar vereis, byvoorbeeld hoë snelhede, stop/gaan en skokbelastings weens slaggate. Daarom word ratsmeermiddels met swawelfosfor-hoogstedrukbymiddels gebruik om hipoïede ewenare van die nodige dravermoë te voorsien.

Kroonwiel

As van kleinrat is laer as die middelpunt van die kroonwiel

Kleinrat

Figuur 7.6: ’n Hipoïede rat

132

lnstandhouding
Die klassifikasie van ewenaarolie is gewoonlik GLI-GL6, maar soos met ratkasolie, behoort die vervaardiger se spesifikasies altyd in ag geneem te word wanneer ewenaarolie bygevul of vervang word.

7

Snyvloeistof
Snyvloeistof is die vloeistof wat tydens masjineringsprosesse soos draaibank- of freeswerk gebruik word. Dit is gewoonlik ’n mengsel van wateroplosbare olie en water. Daar is ’n wye reeks snyvloeistofprodukte beskikbaar, maar meeste van hulle het ’n baie lae viskositeit (onder SAE20). Die vloeistof het ’n wit, melkerige voorkoms en word regstreeks met behulp van ’n beweegbare spuit op die werkstuk aangebring. Die snyvloeistof word herwin deurdat ’n pomp dit vanaf die masjien se spat- en opvangbak terug na die spuit sirkuleer.

Figuur 7.7: Die aanwending van snyvloeistof op ’n vertikale freesmasjien

Voordele van snyvloeistof
Die gebruik van snyvloeistowwe hou verskeie voordele in: • Die werkstuk en snywerktuig word koel gehou. • Die snywerktuig se gebruiksduur word verleng. • Die werkstuk kry ’n beter afwerking. •  Snysels word weggespoel en die snywerktuig word dus puinvry gehou. • Die masjien word beskerm aangesien die snyproses makliker verloop. •  Die masjienoperateur word teen baie fyn metaalsplinters en stof beskerm. • Produktiwiteit verhoog omdat die snyproses vinniger plaasvind. • Die oplosbare olie voorkom korrosie.

Die aanwending van snyvloeistof
Snyvloeistowwe behoort op die snywerktuig aangewend te word sodat dit alle vlakke kan bereik wat afgekoel en gesmeer moet word. Wees egter versigtig dat die vloeistof nie spat nie. Dit vind byvoorbeeld plaas wanneer die stroom snyvloeistof op die kloukop van ’n senterdraaibank beland. Spatsels oplosbare olie op die vloer van die werkwinkel is glad en behoort onmiddellik opgevee te word. Saagsels word dikwels gebruik om snyvloeistofspatsels te absorbeer, terwyl industriële ghriesverwyderaars ook goed vir hierdie doeleinde ingespan kan word.

133

7

Meganiese Tegnologie

Snyvloeistofsorg
Die volgende riglyne behoort altyd vir veilige en doeltreffende snyvloeistofwerk gevolg te word: •  Voorkom dat die snyvloeistof besmet word deur dit gereeld af te tap en te vervang. •  Verwyder altyd ná gebruik alle metaalsnysels uit die masjien se spatbak. •  Verwyder gereeld snyvloeistofspatsels van masjienonderdele (slegs wanneer die masjien stil staan). •  Maak seker dat die opgaarbak van tyd tot tyd bygevul word en dat daar ’n voldoende toevoer van snyvloeistof na die snywerktuig is.

Ghries
Wanneer ghries vir verskeie komponente gekies word (soos byvoorbeeld wiellaers), moet ’n mens die ghriesprodukte gebruik wat aan die oorspronklike toerustingvervaardiger (OTV) se vereistes voldoen. OTV-spesifikasies vir ghries sluit gewoonlik viskositeit by openings- of omgewingstemperatuur in, asook vereistes vir bymiddels en basis olie-tipe. Viskositeit is egter een van die belangrikste aspekte om in ag te neem, maar net so belangrik is die snelheid van die betrokke laer of komponent. Daar is baie gesofistikeerde berekenings, tabelle en grafieke om die korrekte viskositeit vir gebruik by ’n strek van bedryfstemperature te bepaal. Ander faktore wat in ag geneem moet word by die selektering van die mees toepaslike ghries, is bedryfstemperatuur, spesiale omgewingsoorwegings vir verskillende omgewingstoestande (byvoorbeeld soutwater in bootsleepwa se wielnawe) ens. Alle ghriessoorte het egter ’n baie hoë viskositeit in vergelyking met motorolie.

Assessering 3
1. Klassifiseer die viskositeit van elk van die volgende tipes smeermiddels en sê waarom jy dink hulle daardie viskositeit het. a. Transmissie-olie b. Enjinolie c. Ewenaarolie d. Snyvloeistof e. Ghries

Band- en kettingaandrywings en koppelaars
Bande, kettings en koppelaars is almal onderdele wat draaibeweging oordra. Die wrywing wat hierdie onderdele ervaar, veroorsaak slytasie. Daarom moet hierdie dele van tyd tot tyd verstel of vervang word.

Instandhouding van bandaandrywings
Bande is geneig om ná ’n ruk se gebruik te rek, daarom moet hulle van tyd tot tyd stywer gespan en vir korrekte opstelling nagegaan word.

134

lnstandhouding

7

Figuur 7.8: Verkeerd opgestelde katrolle

Weens ekstra slytasie sal verkeerd opgestelde katrolle die gebruiksduur van bande drasties verkort. Wanneer masjiene versien word, is dit belangrik om die katrolle se opstelling na te gaan en dit te verstel om die korrekte spanning te verkry. Wanneer bande deurgeslyt raak, moet dit vervang word.

Vervanging van bandaandrywing
Wanneer bande geslyt raak, moet hulle met nuwe bande vervang word. Dit is baie belangrik om te verseker dat die masjien afgeskakel is en gesluit is. Om ’n masjien te sluit, beteken dat dit fisies gesluit word en dit dus onmoontlik is om dit aan te skakel. Dit word gedoen om te verseker dat die masjien nie aangeskakel kan word sonder die dienstegnikus se wete nie. Dit moet gedoen word om ongelukke te voorkom. Sodra die masjien en werkarea beveilig is, moet die spanning op die band verlig word. Dit behels gewoonlik die losmaak van ’n verstelskroef of losmaak van die bandspanner. Die band kan dan verwyder en vervang word met ’n nuwe band van die korrekte lengte en tipe. Die band kan dan weer gespan en belyn word om maksimum diens te lewer.

Instandhouding van kettingaandrywings
Kettingaandrywings is veel sterker as bandaandrywings en het ’n veel langer gebruiksduur. Soos rataandrywings bied kettingaandrywings ook positiewe trekkrag wanneer dit draaibeweging oordra. Om ’n optimale gebruiksduur te verseker, moet ’n kettingaandrywing se spanning korrek gestel word. Dit word in sommige gevalle met behulp van ’n veerbelaste kettingspanner gedoen. Die lengte van die ketting kan ook verstel word deur kettingskakels by te voeg of te verwyder. Soos met bandaandrywings moet die kettingratte waarop die ketting loop ook korrek opgestel word. Kettings behoort van tyd tot tyd skoongemaak en met die regte olie gesmeer te word. Ná inspeksie is dit dalk nodig om party van die skakels óf die hele ketting weens slytasie te vervang.

Vervanging van kettingaandrywing
Kettings dra gewoonlik relatief hoë ladings en is geneig om uit te rek. ’n Uitgerekte ketting verloor sy drakrag, veroorsaak wrywing, vibrasie, oormatige geraas en kan uiteindelik breek of ontspoor. Wanneeer ’n ketting vervang moet word, moet die volgende in gedagte gehou word. Dit is uiters belangrik dat die masjien afgeskakel en gesluit is.

135

7

Meganiese Tegnologie
Vind die skakel in die ketting en verwyder die veerkeerder of sluitpen (afhangende watter tipe ketting dit is) en verwyder die penskakelplaat. Dit sal jou in staat stel om die ketting uitmekaar uit te haal en te verwyder. Let dat sekere kettingstelsels se kettingrat altyd belyn moet wees, soos die nok-en-krukas van ’n motorenjin. Daar moet tydens die installasie van die nuwe kettingdaarop gelet word dat die kettingrat wel belyn is. Nalatigheid wat dit betref kan groot onkostes veroorsaak. Kies die ketting van die korrekte lengte en grootte en maak seker dat dit genoegsaam gesmeer is voor installering. Wanneer die nuwe ketting oor die kettingrat getrek is, kan die skakel ingesit word en die ketting gespan word. ’n Ketting moet nooit met die hand gesmeer word terwyl dit beweeg nie. Kyk altyd na die belyning en sorg dat die ketting glad loop.

Figuur 7.9: ’n Kettingaandrywing

Instandhouding van koppelaars
Koppelaars word gebruik om draaiasse te koppel en te ontkoppel. Soos jy uit Graad 10 sal onthou, is daar verskeie soorte koppelaars. Die grondliggende beginsel waarop koppelaars werk, is dat twee draaivlakke saamgebring word totdat die wrywing tussen die vlakke dit teen dieselfde spoed laat draai. Die wrywing wat met koppeling en ontkoppeling gepaard gaan, slyt uiteindelik die veselplaat tussen die vlakke weg. Wanneer dít gebeur, moet die veselplaat, wat as die koppelaarplaat bekend staan, vervang word. In die geval van ’n motorvoertuigkoppelaar, is die vliegwiel een van die plate waarteen die koppelaarplaat druk. As gevolg van wrywing slyt die vliegwiel ook weg, en dit lei tot groefvorming. Vóór die montering van ’n nuwe koppelaarplaat sal hierdie groewe deur ’n fynmasjineringsproses, wat as afskuiming bekend staan, verwyder moet word. Die enigste instandhouding wat met die in beweging bring van die meganiese koppelaar geassosieer word, is om periodiek die afstand tussen die ontkoppelaar en die drukplaat na te gaan. Hierdie speling word gewoonweg “koppelaarpedaalspeling” genoem en is die afstand wat die pedaal beweeg voordat speling in die skakeling opgeneem word en die ontkoppelaar begin om die koppelaar van die vliegwiel weg te stoot. Die afstand kan gemeet word deur ’n staalliniaal op die vloerbord te laat staan en die hoogte van die pedaal in die vrystelposisie te meet. Neem die speling in die koppelaarskakeling op (druk die pedaal totdat weerstand gevoel word) en meet weer. Die verskil tussen die twee afmetings is die hoeveelheid koppelaarskakelspeling (by die pedaal gemeet). In die algemeen behoort die speling ongeveer 20-25 mm te wees. Hierdie speling kan gehandhaaf word deur die koppelaarskakeling te verstel. Indien nie, behoort die koppelaar en drukplaat as ’n stel vervang te word.

136

lnstandhouding
Op stelsels met ’n hidroulies geaktiveerde koppelaar, behoort die vloeistofvlak in die meestersilinder se reservoir minstens elke 6 maande nagegaan te word, of wanneer ook al versiening op die voertuig uitgevoer word. Soos met baie hoofsilinderreservoirs in remstelsels, gaan jy gewoonlik die vloeistofvlak na deur na die deurskynende plastiekromp van die reservoir te kyk. Vul tot op die lyn in die reservoir. LET WEL: Alhoewel die vlak stadig behoort te daal namate die koppelaar afslyt, dui die feit dat dit voortdurend nodig is om groot hoeveelhede vloeistof by te voeg op die moontlikheid van ’n lekplek. Indien vermoed word dat daar ’n lekplek is, behoort die stelsel deeglik nagegaan te word om onklaarraking van die hidrouliese stelsel te voorkom.

7

Vrye beweging

Pedaalhoogte

Figuur 7.10: Meting van koppelaarpedaalspeling

Vervanging van koppelaars
Wanneer koppelaars vervang moet word, is dit raadsaam om ’n koppelaarstel te koop. ’n Koppelaarstel bevat die koppelaarplaat en ander komponente wat ook vervang moet word, soos die drukplaat en ontkoppelaar. Verskillende voertuigmodelle het baie spesifieke metodes waarop die koppelaarsamestelling vervang moet word. Die basiese proses is egter om eers die klokhulsel te verwyder. Die koppelaarsamestelling kan dan uitmekaar gehaal en met die nuwe komponente vervang word. Soos vroeër vermeld, is dit raadsaam om die vliegwiel af te skuim voordat die nuwe koppelaarsamestelling geïnstalleer word. Die tipe instandhouding behoort met die nodige kontrole gepaard te gaan, asook met die instandhouding van die hidrouliese silinders of meganiese stelsels wat die koppelaar aktiveer.
Let wel Moenie probeer om enige koppelaarinstandhouding of herstelwerk of vervanging te doen tensy dit onder die direkte voorligting en toesig van ’n bekwame instrukteur/onderwyser gedoen word nie.

137

7

Meganiese Tegnologie

Koppelaarplaat

Krukas Diafragmaveer

Vliegwiel

Drukplaat Vliegwiel en drukplaat ontkoppel Vliegwiel en drukplaat gekoppel

Figuur 7.11: ’n Meganiese koppelaarmontering

Assessering 4
1. Verduidelik hoe jy te werk sou gaan om instandhouwerk op bandaandrywing te doen. 2. Beskryf die proses waarvolgens kettingaandrywing vervang moet word. 3. Wat is die korrekte metode om die hoeveelheid koppelaarpedaal-speling na te gaan? 4. Waarom is dit belangrik om die vliegwiel te skil wanneer die koppelaar van ’n motorvoertuig opgeknap word?

138

Hoofstuk 8

Stelsels en beheer
Onderwerp 8

Herstelmetodes

Meganies

Stelsels en beheer

Elektriese/ elektroniese beheer

Hidroulies

8

Meganiese Tegnologie

Inleiding
In Graad 10 en 11 het ons omvattend na meganiese, hidrouliese, pneumatiese en elektries/elektroniese stelsels en ook na beheermetodes en komponente gekyk. Wat ons ook behandel het, was die ontwikkeling van stelsels wat vandag in gebruik is danksy die fondament wat deur die vindingrykheid van ons voorouers (inheemse kennis) gelê is. Dit is belangrik om jou huidige kennis te gebruik om hedendaagse stelsels, komponente en produkte krities te evalueer sodat daar voortdurend innovasie en ontwikkeling van produkte en stelsels sal wees. Ons moet onthou dat ’n masjien wat stelsels en beheer insluit, ontwerp is om werk te verrig. Dit sluit enige mensgemaakte toestel in. Dit word veronderstel dat alle masjiene inspanning verminder (die krag wat uitgeoefen word om ’n las op te lig of te verwyder) en meer doeltreffend is as hande- (fisieke) arbeid. ’n Masjien spaar nie altyd energie nie. Energie kan egter in kleiner hoeveelhede oor ’n langer tydperk versprei en verbruik word.

Het jy geweet? Megatronika is ’n studieveld waarin meganiese toestelle (meganiese ingenieurswese), elektriese en elektroniese stroombane (elektriese ingenieurswese) en elemente van inligtingstegnologie byvoorbeeld robotarms in motorvoertuigvervaardiging, geïntegreer word.

Meganiese aandrywing
Meganiese aandrywing dra een rotasiebeweging na ’n ander oor deur middel van bandaandrywing, ratte, katrolle, touaandrywing of kettingaandrywing ens. Die hoofdoel van ’n meganiese stelsel is om krag en beweging oor te dra en die onderskeie maniere waarop dit gedoen kan word, word hier ondersoek. Meganiese aandrywing bestaan uit ’n groot verskeienheid aktiwiteite. Dit sluit in kragopwekking, land-, mariene (see-) en lugvervoer, vervaardigings- en produksieaanlegte. Ratte Rataandrywing werk op die beginsel dat die draaiende beweging van een rat na ’n ander rat oorgedra kan word indien die ratte só gemonteer is dat hulle met mekaar inkam (inskakel) Ratreekse (eenvoudige en saamgestelde stelsels) vorm ’n onmisbare deel van enige kragtransmissiestelsel. Die mees algemene profiel wat in motors gebruik word, is die involute tandprofiel. Die belangrikste rede vir die aanvaarding van die involute tandvorm (profiel), is dat die tande baie sterk is, die snelheid- (spoed-) verhouding tussen inkammende (mating) ratte konstant is en die tande met moderne ratsnymasjinerie akkuraat gemasjineer kan word. Dit is belangrik om te weet en te onthou dat alle rattande met ’n rollende en glyende aksie inkam. Dit is waarom goeie smering (soos in hoofstuk 7 bespreek) van wesenlike belang is.

Het jy geweet? Dat ratte net inkam indien hulle van dieselfde module is, aangesien dit die grootte en steek van die tande bepaal. Die rattande waarborg dat geen glip tussen die twee ratte sal plaasvind nie (tensy die tande gestroop is).

Assessering 1
1. Ondersoek hoe ’n involute kromme gegenereer word. (Wenk: Raadpleeg jou Tekeninge-opvoeder).
Involute kurwe

Basissirkel

Figuur 8.1: Involute kromme

140

Stelsels en beheer
Indien ’n ratstelsel uit twee ratte bestaan, word dit ’n eenvoudige of enkelvoudige ratreeks genoem. ’n Dryfrat en ’n gedrewe rat word in Figuur 8.2 getoon. Indien een rat regsom draai, sal die ander outomaties linksom draai, soos hieronder aangetoon. Wanneer ratte roteer, beweeg dieselfde getal ratte van elke rat tegelyk deur die inkampunt (D). Dit beteken dat in enige tydstrek: Getal tande op dryfrat × RPM van dryfrat = Getal tande op gedrewe rat × RPM van gedrewe rat. Eenvoudige berekenings

8

Figuur 8.2: Eenvoudige ratreeks

NA × TA = NB × TB NA= rotasiegetal (RPM) van rat A TA = getal tande op rat A NB= rotasiegetal (RPM) van rat B TB= getal tande op rat B Die volgende formule is ook waar vir ’n eenvoudige ratreeks NA × DA = NB × DB NA= rotasiegetal (RPM) van rat A DA = deursnee van rat A NB= rotasiegetal (RPM) van rat B DB= deursnee van rat B Voorbeeld ’n Rat met 32 tande skakel in by ’n rat van 59 tande. Bereken die spoed van die groter rat indien die kleiner rat teen 180 r/min roteer. Oplossing: NA × TA = NB × TB TA × NA Dus NB = ___ TB NB = 32 59 × 180 NA= rotasiegetal (RPM) van rat A TA = getal tande op rat A NB= rotasiegetal (RPM) van rat B TB= getal tande op rat B

NB = 97,627 rev / min = 1,627 rev / sek

141

8

Meganiese Tegnologie
Indien die gedrewe rat in dieselfde rigting as die dryfrat moet roteer, word ’n tussenrat gebruik. Indien meer as twee ratte gebruik word, kan die formule soos volg uitgebrei word: NA × TA = NB × TB= Nc × Tc

C

D

E

Dryfrat

Tussenrat

Gedrewe rat

Figuur 8.3: Ratreeks met tussenrat

Voorbeeld ’n Dryfrat bestaan uit 3 ratte; rat A met 20 tande, draai teen 100 r/sek en kam in met ’n tussenrat B, met 50 tande. Rat B kam in met rat C, draai 25 r/sek. Bereken: Die rotasiegetal (RPM) van rat B. Die getal tande op rat C. Oplossing: Gegee: NA =20 tande TA = 100 rev/sek NB= 50 tande TB= ? Nc = ? Tc = 25 rev/sek a. Die rotasiegetal (RPM) van rat B. NA × TA = NB × TB 100 × 20 = NB × 50 NB = 100 × 20 50 NB = 40 rev/min b. Die getal tande op rat C. NB × TB = Nc × Tc 40 × 50 = Nc × 25 Nc = 40 × 50 25 Nc = 80 tande Saamgestelde ratte Wanneer ’n ratstelsel uit meer as twee ratte bestaan (meer as een paar ratte ingeskakel), met twee ratte op die tussenas, word dit ’n saamgestelde ratreeks genoem.

142

Stelsels en beheer
Indien die ratte met TAtande teen NArev/min roteer, dan, soos voorheen bespreek, sal die rat waarmee dit ingeskakel is, wat TBtande het, soos volg roteer: TA × NA NS = ___ TS
NA rev/min

8

TA

NB = NC TB

TC

TD

ND rev/min

Figuur 8.4: Saamgestelde ratreeks

Soos hier bo gesien, word die tussenratte op dieselfde as gemonteer en het derhalwe dieselfde rotasiegetal (draaispoed), wat dan juis is wanneer NC = NB. Die spoed (rotasiegetal) van TD kan soos volg bepaal word. TC × NC ND = ___ TD Maar onthou (rat B en rat C is op dieselfde as) NC = ND = TC Derhalwe: ND = ___ TD TA × ___ × NA TB (1) TA ___ × NA TD

…………………

Kyk ’n bietjie van naderby na die rotasierigtings in die skets in Figuur 8.4 hier bo. Dieselfde redenasie kan gevolg word vir ratreekse met meer as een tussenas. Indien ons vergelyking (1) in ag neem, waar NA en NC dryfratte is en NB en ND gedrewe ratte is, dan kan ons die vergelyking in die algemeen soos volg formuleer: Rev van finale = gedrewe rat Produk van getal tande op dryfratte Produk van getal tande op gedrewe ratte × Revolusies van eerste rat

143

8

Meganiese Tegnologie
Die snelheidsverhouding (SV) van ’n ratreeks is die verhouding van die spoed van die eerste dryfrat met betrekking tot die laaste gedrewe rat. Vir die ratreeks in Figuur 8.4. NA VR = ____ ND TA NA TC × ___ × …………………(1) Van (1): ND = ___ TD TB TC TA NA ___ × ___ = ___ TB ND TD = VR ………………………………………(2) In woorde omgesit Produk van tande op gedrewe ratte VR = Produk van tande op gedrewe ratte Spoed van eerste dryfrat = Spoed van finaal gedrewe rat Stof tot nadenke: Revolusies van gedrewe rat = Revolusies van dryfrat Getal tande op dryfrat Getal tande van dryfrat

Voorbeeld In ’n saamgestelde ratreeks roteer die eerste dryfrat teen 600 rev/min. Indien die snelheidsverhouding 15 is, bereken die rotasiegetal van die finaal gedrewe rat. Oplossing: VR N1 = ___ Nfinal …………….. Vergelyking (2)

N1 Nfinaal = ___ VR Nfinaal = 600 15 Nfinaal = 40 rev/min Kragoorbrenging Ons kan nie krag bespreek as ons nie kragte en arbeid verrig, verstaan nie. In Graad 10 en 11 is kragte omvattend bespreek. Die doel van hierdie bespreking is om jou geheue te verfris en ook om as basis te dien vir die volgende bespreking oor kragoorbrenging.

144

Stelsels en beheer
’n Krag kan nie gesien word nie, maar die uitwerking (lewering) kan wel gesien word. ’n Krag kan maak dat ’n liggaam beweeg, tot stilstand kom en van vorm en rigting verander. Die SI-eenheid vir krag is newton (N). Trekkrag veroorsaak die uitrekking van ’n liggaam, terwyl samedrukkingskrag geneig is om die liggaam waarop dit ’n uitwerking het, te vergruis of korter te maak. Die afskuifbeweging in ’n liggaam word ’n skuifkrag genoem. Masjienkomponente word voortdurend aan hierdie soort kragte onderwerp. Wanneer ’n krag ’n voorwerp oor ’n afstand beweeg, sien ons dat arbeid verrig word. Die SI-eenheid van arbeid (energie), word joule (simbool J) genoem. Die Joule word gedefinieer as die arbeid wat verrig word wanneer ’n krag van 1 Newton deur ’n afstand van 1 meter in die rigting van die krag uitgeoefen word. Dit kom daarop neer dat ’n krag (F), in newton deur ’n afstand (s) in meter in die rigting van die krag uitgeoefen word. Arbeid verrig = krag(F) × Afstand (s) = newton (N) × meter (m) = joule (J) = (Nm) Arbeid verrig kan ook bekend staan as werk gedoen.

8

Het jy geweet? Hierdie SIeenheid herdenk die Engelse fisikus James P Joule (18181889), beroemd vir sy eksperimente i.v.m. die verhouding tussen meganiese en termiese energie.

Voorbeeld ’n Krag van 10 N beweeg ’n voorwerp oor ’n afstand van 5 m Oplossing: Arbeid verrig = krag(F) × afstand (s) = 10 (N) × 5 (m) = 50 Nm = 50 joule (J) In bovermelde voorbeeld het ons gesien dat arbeid van 50 Nm (50 joule (J)) gedoen is. Geen melding word egter gemaak van tyd wat in beslag geneem word nie, en dit kon solank as ’n week/maand of so kort as ’n sekonde geneem het vir die werk om gedoen te word. Indien arbeid ’n lang tyd neem om verrig te word, sê ons baie min krag is uitgeoefen. Hoe korter die tyd wat in beslag geneem word om die arbeid te verrig, hoe meer krag word benodig. Krag = Arbeid verrig = Tyd geneem joule = sekonde = J/s = watt (W) Krag (F) × Afstand (s) Tyd geneem Stof tot nadenke: Krag het ’n spesifieke duur (aanslag) aangesien dit verwys na die hoeveelheid arbeid wat per sekonde verrig word. Krag is die tempo waarteen arbeid verrig word en word in Watt (W) gemeet. Krag = Arbeid verrig per sekonde Krag (F) × Afstand (s) Krag = Tyd geneem in sekondes Arbeid verrig Krag = Tyd geneem in sekondes Krag = 2πNT (Watt) 2πNT (Indien rotasiespoed Krag = 60 N revolusie per minuut is)

Voorbeeld: ’n Krag van 10 N beweeg ’n Voorwerp oor ’n afstand van 5 m in 2 sekondes. Oplossing: Arbeid verrig = Krag (F) × Afstand (s) = 10 (N) × 5 (m) = 50 Nm = 50 joule (J) Krag Krag

= Arbeid verrig per sekonde Arbeid verrig = Tyd geneem in sekondes Waar: T = wringkrag in Nm = Krag × radius = 50 Nm in 2 sekondes N = rotasiegetal van liggaam in rev/s = 25 Nm/sek = 25 watt (watt, die eenheid van krag, is gelykstaande aan 1 joule per sekonde)

145

8

Meganiese Tegnologie
Voorbeeld ’n Motorvoertuig trek ’n sleepwa teen 75 km/h terwyl dit ’n gelykmatige trekkrag van 800 N uitoefen. Bereken: a) Die arbeid in 20 minute verrig. b) Die krag wat nodig is. Oplossing: a) die arbeid verrig in 20 minute: Afstand gereis = Afstand × Tyd Afstand gereis = 75 (km/h) × 20/60 (h) (60 minute in ’n uur) Afstand gereis = 25 km Arbeid verrig = Krag × Afstand Arbeid verrig = 800 (N) × 25 km (25 × 1 000 m) = (km) Arbeid verrig = 20 000 000 J = 20 MJ b) Die krag benodig: Krag = Arbeid verrig in joule Tyd geneem in sekondes 20 000 000 joule Krag = 20 minute × 60 (sekondes) Krag = 16 667 W = 16, 667 kW

Het jy geweet? Dat ’n katrol ook ’n katrolwiel genoem word wat vrylik in katrolblokke gemonteer is. ’n Enkeltou loop om die beurt oor elke katrol. Een ent word aan óf die boonste óf onderste katrolblok vasgeheg na gelang van die getal katrolle. Die hyskrag word op die vrye ent van die tou uitgeoefen en die las word aan die laer katrolblok vasgeheg.

Katrolle
Die katrolblokrangskikkings Van die masjiene wat gebruik word vir oplig van laste, is die katrolblok (ook genoem die katrolstel) waarskynlik die algemeenste. Die katrolblok wat ons bestudeer, bestaan uit ’n aantal katrolle. Die rangskikking van die katrolblokstelsel word hieronder in Figuur 8.5 getoon. Die enkele katrol dien net om die trekrigting om te stel. Die trekkrag in die tou is gelykstaande aan die las (W), en die afstand wat afgelê word deur die hyskrag, staan teenoor dié waardeur die las tegelykertyd beweeg. Die inspanning (F) moet groter wees as die las (W) om toe te laat vir wrywing by die katrol, sodat die meganiese voordeel (= W / F) minder as een is. Die enigste voordeel van die enkelkatrolstelsel is dat ’n persoon, wanneer hy of sy ’n tou afwaarts trek, in staat is om van sy eie gewig gebruik te maak wanneer hy of sy die trekkrag uitoefen en dit derhalwe makliker vind Haak om die las direk op te lig. In die tweekatrolstelsel sal gesien word dat die las (W) deur twee dele van die tou ondersteun word sodat die spanning in elke gedeelte W/2 is. Die spanning in die tou aan albei kante van die boonste katrol moet gelyk aan mekaar wees (terwyl ’n wrywingsvrye katrol en spil veronderstel word).
Vaste blok Staande gedeelte Trekgedeelte

Beweegbare blok

Val

Figuur 8.5: ’n Katrolblokstelsel

Haak

146

Stelsels en beheer

8

Bandaandrywing
’n Band word gebruik wanneer ’n as van ’n parallel as wat te ver weg is vir die gebruik van ratwiele aangedryf moet word. Die illustrasie hieronder toon bandaandrywing waarin A die dryfkatrol en B die gedrewe katrol is. Die oorbrengingsbeweging van katrol A na die band en weer van die band na katrol B, hang af van die wrywing by elke kontakarea tussen katrol en band.
Slapkant A

F2
B

F1
Aandrewe katrol Styfgespande kant

Gedrewe katrol

Figuur 8.6: Bandaandrywing

Indien DA en DB= deursneë van katrolle A en B onderskeidelik en NA en NB= snelhede, in omwentelings/sekonde, van katrol A en katrol B onderskeidelik, dan sal die lineêre spoed van die velling van katrol A = πDANA en lineêre spoed van die velling van katrol B = πDB NB Indien daar geen glip is nie, is die lineêre spoed van die velling van elke katrol dieselfde as die spoed van die band, vandaar πDANA= πDB NB Spoed van dryfkatrol A Spoed van dryfkatrol B = Deursnee van dryfkatrol B Deursnee van dryfkatrol A

Dit wil sê die spoed van die katrolle is omgekeerd eweredig aan die deursneë. Wanneer die aandryfwringkrag op die dryfkatrol A toegepas word, word die kant van die band wat die katrol nader, stywer, en die kant wat die katrol verlaat, slapper ens. Met die aandryfkatrol wat regsom roteer soos in die illustrasie hier bo, het die laer kant van die band ’n groter spanning as die bokant. Indien F1 en F2 onderskeidelik spannings in die styfgespande en slap kante van die band is, is: Effektiewe krag vanweë wrywing = F1 - F2 en Krag oorgebring = netto krag (newton) × spoed van band (meter/sekonde) = (F1 - F2) × πDANA(watt) of (πDB NB) Een van die hoofnadele van ’n band is sy geneigdheid om te glip. Hierdie nadeel kan vermy word deur kettingaandrywing te gebruik, waar die ketting se skakels inskakel met die tande op die dryfrat, en gedrewe wiele of ’n bandspantoestel of ’n leikatrol kan gebruik word.

Het jy geweet? Kettingdryfwiele word kettingratte genoem.

147

8

Meganiese Tegnologie
Voorbeeld ’n Elektriese motor roteer teen 1 000 rev/min. Dit dryf ’n katrol met ’n deursnee van 1 200 mm, gemonteer op ’n masjien teen 200 rev/min. Bereken die deursnee van die katrol op die motor. Oplossing: Perifere spoed van motoras = Perifere spoed van masjienas π DA NA = π DB NB π DA × 1 000 = π × 1 200 × 200 DA = π × 1 200 × 200 π × 1 000 DA = 240 mm Voorbeeld ’n Bandgedrewe katrol het ’n deursnee van 500 mm en sy spoed is 300 rev/min. Die spanning aan die stywe kant van die band is 1 800 N en aan die slap kant is dit 400 N. Bereken die krag wat deur die band oorgebring word. Oplossing: Effektiewe wrywingskrag = 1 800 – 400 = 1 400 N Lineêre spoed van band = π × 0,5 (m) × 300/60 (rev/sek) = 7,855 m/s Krag oorgebring Of anders Spoed = 300/60 = 5 rev/sek en wringkrag = 1 400 (N) × 0,25 (m) = 350 Nm = 1 400 (N) × 7,85 (m/s) = 10 997 W, sê 11 KW (afgerond)

Gevolglik het ons krag oorgebring = 2πNT = 2π × 5 (rev/s) × 350 (Nm) = 10 997 W, of 11 KW (afgerond)

Figuur 8.7: ’n V-band

Figuur 8.8: ’n Platband

148

Stelsels en beheer

8

Hidroulika
Jy sal moontlik onthou dat jy in Graad 10 en 11 geleer het dat die woord hidroulika afgelei is van die Griekse woord “hudoor”, wat water beteken. Hidroulika verwys na die oorbrenging en beheer van kragte en beweging deur middel van vloeistof. Vloeistof word gebruik om energie oor te dra. In die algemeen word mineraalolie gebruik, alhoewel ’n sintetiese vloeistof, water of oliewater-emulsie, ook gebruik kan word. Hidrostatika beteken ekwilibriumtoestande in vloeistowwe (steeds vloeistof), terwyl hidrodinamika meganika van bewegende vloeistof beteken (vloeiteorie). Suiwer hidrostatika is die oorbrenging van krag in hidroulika. ’n Voorbeeld van hidrodinamika is die omsetting van vloei-energie in turbines in hidro-elektriese kragaanlegte. Druk, een van die belangrikste metings in hidroulika, word gedefinieer as krag per oppervlakte. F = Krag in N Krag (F) Druk = A = Oppervlakte in mm2 Oppervlakte (A) P = Druk in pascal (Pa) Wanneer ’n krag op ’n ingeslote vloeistof uitgeoefen word, vind druk in die vloeistof plaas. Die druk hou verband met die hoeveelheid krag wat vertikaal op die oppervlak en die oppervlakte uitgeoefen word. Krag Druk = Oppervlakte Die druk word gelyk en tegelyk aan alle kante uitgeoefen. Dit is geldig met die weglating van swaartekrag. Swaartekrag word bereken volgens die vloeistofvlak. Vanweë die hoë druk waarteen ’n hidrouliese stelsel werk, kan hierdie breukdeel verontagsaam word.
F1 F2 S2

A1

S1

A2

Figuur 8.9: Hidrouliese kragoorbrenging in ’n hidrouliese domkrag

Vanweë die druk wat getydig na alle kante uitgeoefen word, is die vorm van die tenk nie belangrik nie. Ten einde met druk te werk wat deur ’n eksterne krag geskep word, gebruik ons ’n stelsel soos in die illustrasie hierbo getoon. Indien ’n krag F1 op ’n oppervlakte A1 uitgeoefen word, word druk geskep F Druk = 1 A1

149

8

Meganiese Tegnologie
Die druk affekteer alle dele van die stelsel en gevolglik ook oppervlakte A2 F2 = P × A2 derhalwe F2 F1 ___ = ___ A2 A1 of F2 ___ = F1 A1 ___ A2

Die druk in so ’n stelsel hang altyd af van die grootte van die las en die effektiewe oppervlakte. Die druk sal altyd styg totdat dit die weerstand in stryd met die beweging van vloeistof oorkom. Indien dit moontlik is om die druk te verkry wat nodig is om die las F2 deur middel van ’n krag F1 en oppervlakte A1 te oorkom, kan die las F2 gelig word. Die verhouding tussen afstande S1 en S2 is die teenoorgestelde van dié van die oppervlakke. Hoe groter die krag op die suier is, hoe hoër styg die druk. Die druk styg net totdat dit, met betrekking tot die silinderoppervlakte, in ’n posisie is om die las te oorkom. Indien die las konstant bly, sal die druk nie verder toeneem nie. Die druk word uitgeoefen volgens die weerstand, wat die vloei van die vloeistof opponeer. Indien die nodige druk opgebou het, kan die las verskuif word. Die spoed waarteen die las beweeg, hang af van die volume vloeistof wat aan die silinder gevoer word. Die volume vloeistof wat deur die groot suier (ram) verplaas word, is gelykstaande aan die vloeistof wat by die klein suier (plunjer) verplaas word.
Suier d = deursnee a = oppervlakte f = krag h = hoogte v = volume p = druk Ram d = deursnee a = oppervlakte f = krag h = hoogte v = volume p = druk

Figuur 8.10: ’n Basiese hegte lus hidrouliese stelsel (geslote hidrouliese stelsel)

Volume = Oppervlakte van groot suier (ram) × hoogte van verplasing (H) = Oppervlakte van klein suier (plunjer) × hoogte van verplasing (H) 2 2 h = πd H Volume = πD ____ ____ 4 4

150

Stelsels en beheer
Voorbeeld In ’n hidrouliese pers word ’n krag van 100 N uitgeoefen op die klein suier, wat 90 mm beweeg. Bereken die verplasing van die groot suier indien die oppervlakte van die klein suier 0,2 m2 en dié van die groot suier 1,8 m2 is. Vind die krag wat deur die groot suier uitgeoefen word. Oplossing: (i) πd2H πD2h _____ = ______ 4 4 1,8 × 106 × h = 0.2 × 106 × 90 0.2 × 106 × 90 ___________ h = 1,8 × 106 h = 10 mm (ii) F = A1 F A2

8

1 ____

2 ____

1 ____

F ____ = 100 1,8 0,2 F1 = 100 × 1,8 0,2 900 N

F1 =

Voorbeeld Bereken die massa in kg wat deur ’n hidrouliese pers opgelig kan word met ’n plunjer waarvan die deursnee 30 mm is. Die krag op die plunjer is 50 N, terwyl die ram se deursnee 120 mm is. Oplossing:
50 N Suier Ram F

30 mm

120 mm

f d2

= F2 D

50 N = F 1202 302 F F = = 50 × 1202 302 800 N

151

8

Meganiese Tegnologie
Die las moet teen swaartekrag opgelig word 800 N Massa = 10 m/s Massa = 80 kg Swaarte krag = 9,81 m/s, vir die kursus is 10 m/s aanvaarbaar.

Wat sal die druk in die vloeistof van die hidrouliese pers wees wat in bostaande voorbeeld genoem is? f Vloeistofdruk (P1) = a 50 (N) = __________ π × 0,032 (m) 4 = 70 735, 53 Pa = 70,735 kPa

Is die druk op die ram dieselfde? Vloeistofdruk (P2) = F A 800 (N) = π × 0,122 4 = 70 735, 53 Pa = 70,735 kPa (Ja, die druk is dieselfde)

Boyle se wet
Het jy geweet? Dat Isotermies eenvoudig “teen een temperatuur” beteken. Die verandering in volume word deur Boyle se wet gedek. Indien P1 en V1 die oorspronklike druk is, en volume en P2 en V2 die nuwe druk en volume is, dan is die wet van uitsetting of inkrimping soos volg: P1 V1 = P2 V2 = konstant

Boyle se wet, in 1661 aangekondig deur sir Robert Boyle, ’n Ierse wetenskaplike, meld dat die volume van ’n gegewe massa gas by ’n konstante temperatuur omgekeerd eweredig is aan die druk. Indien die druk dus op ’n gegewe massa gas verdubbel word, word die volume gehalveer indien V die volume en P die druk is, solank as wat die gas teen ’n konstante temperatuur bly.

Definisie van Boyle se wet
Die volume van ’n gegewe massa gas is omgekeerd eweredig aan die druk daarop, indien die temperatuur konstant bly. Die volume van ’n gas kan verander word deur die volgende te wysig: • sy druk • sy temperatuur • beide sy druk en temperatuur Indien die volume verander word deur die druk te wysig en die temperatuur konstant te hou, word die verandering as isotermies beskou. Voorbeeld Die volume van ’n gas is 6 m3 teen ’n druk van 300 kPa. Bereken die volume van die gas indien die druk tot 1 000 kPa verhoog word terwyl die temperatuur konstant bly. Oplossing P1 V1 = P2 V2 6 × 300 = 1 000 × V2 P1 V1 V2 = ______ P2 6 × 300 V2 = 1 000 V2 = 1,8 m3

152

Stelsels en beheer
Voorbeeld ’n Gas waarvan die oorspronklike druk en volume 300 kPa (kN/m2) en 0,14 m3 is, word uitgesit totdat die nuwe volume 0,7 m3 is, terwyl die temperatuur konstant bly. Wat sal die nuwe druk wees? Oplossing P1 V1 = P2 V2 OF P2 = P1 V1 _____ V2

8

300 × 0, 14 = P2 × 0, 7 P1 V1 P2 = _____ V2 P2 = 300 × 0.14 0, 7

P2 = 60 kPa (kN/m2)

Assessering 2
1. 2. 3. ’n Gas beslaan ’n volume van 0,2 m3 teen ’n druk van 2,9 MPa. Bereken die druk as die volume verander word na 12 m3 teen ’n konstante temperatuur, en die volume as die druk verander word na 5,1 MPa teen ’n konstante temperatuur.. Tydens ’n isotermiese proses word die volume van ’n massa gas verminder van 4 100 mm3 na 2 500 mm3. As die aanvanklike druk van die gas 150 KPa (KN/m2) is, bereken die einddruk. ’n Hoeveelheid gas in ’n silinder beslaan ’n volume van 2,0 m3 teen ’n druk van 300 KPa. ’n Suier wat in die silinder beweeg druk die gas isotermies saam totdat die volume daarvan 0,67 m3 is. As die oppervlak van die suier 400 cm2 is, bepaal die druk op die suier wanneer die gas saamgepers word. Wenk: Ons het voorheen al geleer dat ’n isotermiese proses beteken teen ’n konstante temperatuur en dat Boyle se Wet van toepassing is, d.w.s P1V1 = P2V2).

Elektriese/elektroniese beheer
Basiese bedryfsbeginsels van: Voertuigbeheerstelsels/EBE Die hart van ’n elektroniese beheerstelsel is die elektroniese beheereenheid (EBE). Al die elektroniese stelsels gebruik verskillende tipes sensors om die EBE met toepaslike data te voer. Die sensordata word deur die EBE gelees, wat dit dan met vooraf geprogrammeerde inligting vergelyk wat in die geheue gestoor is. Respons word bereken en die onderskeie drywers wat met die EBE verbind is, word volgens aanwysings verstel. Die resultate word nagegaan en die proses word dikwels elke sekonde herhaal. ’n EBE kan gebruik word om die enjin se brandstofstelsels, ontstekingstelsel en uitlaatemissiebeheer te beheer, terwyl dit kollektief ’n (voertuig)enjinbestuurstelsel genoem word. Sluitweerremstelsels (ABS) word deur ’n EBE beheer en soms ook vir outomatiese transmissies gebruik. Elektroniese beheer kan uitgeoefen word deur ’n sentrale elektroniese beheereenheid (EBE) of deur individuele elektroniese beheereenhede by elkeen van die substelsels, soos die stuuraanleg, remme, ens., waar hulle gebruik kan word om

Het jy geweet? Die woord ABS dek ’n verskeidenheid elektronies beheerde stelsels wat daarop gemik is om ideale remaksie in veeleisende situasies aan te bied.

153

8

Meganiese Tegnologie
inligting na of van ander substelsels oor te dra of te ontvang, Lg. bied gewoonlik die voordeel van kompaktheid en, mits die die sentrale rekenaar uitgeskakel kan word, ’n bedradingstel wat eenvoudiger en makliker is om te installeer. Omdat elektriese motore goed aanpas by elektroniese beheer, word hulle toenemend as aktuators beskou. In die praktyk mag dit voordeliger wees om meer kompakte en ligter elektriese motore te gebruik in plaas van enjin-gedrewe hidrouliese pompe.

Het jy geweet? Dat in baie lande sluitweerremstelsels as glyweermeganismes bekend is.

Figuur 8.11: ’n EBE vir voertuigbestuur

Sluitweerremstelsels (ABS) Die doeltreffendste rem-aksie vind plaas wanneer die wiele roteer. Sodra die wiele sluit, begin die wiele gly, wat rem-aksie, minder doeltreffend maak. ABS-stelsels word op baie motorvoertuie, handelsvoertuie en sleepwaens gebruik. Glyweerstelsels verlig hidrouliese druk by die wiele wat op die punt staan om te gly. Hierdie aksie verminder rem-aksie wat sou gemaak het dat die voertuig gly. Die vernaamste doel van glyweerremstelsels is om veiliger voertuighantering in moeilike toestande te verskaf. Wanneer die wiele gly, is dit nie moontlik om die motorvoertuig korrek te stuur nie en ’n band wat steeds rol en nie op die oppervlak gly nie, sal beter remprestasie gee. ABS werk gewoonlik nie onder normale remtoestande nie, maar kom in werking in swak padoppervlaktoestande, soos water, sneeu of ys – ook gedurende noodremsituasies. Figuur 8.12 is die teenglymeganisme van die voorwiel, en Figuur 8.13 dui die agterwielmeganisme aan. Die werking vir albei wiele is identies. By die voorwiel is daar ’n magnetiese wiel wat aan die remskyf vas is. Namate die wiel en skyf roteer, produseer die magnetiese wiel ’n wisselstroom in die sensor.

Sensorleiding

Knyper Sensor

Sensor leiding

Splatskerm Remskyf met rotortoonwielsamestelling

Figuur 8.12: Sluitweerremstelsel van die voorwiel

154

Stelsels en beheer

8

Sensor Dryfring Remtrommel

Sensorleiding

Figuur 8.13: Sluitweerremstelsel van die agterwiel
Remsilinder Modulator Sensor

Toedeelkleppe (drukkleppe)

Hidrouliese kragbron

Elektroniese beheereenheid Sensor Modulator

Figuur 8.14: Antiblokkeer-remstelsel (ABS) in ’n gewone ’n motorvoertuig.

Die sensor is ’n spoeldraad of ’n wikkeling. Die rotor dra ’n magnetiese veld deur die statorwikkeling. Dit bring ’n wisselstroom (WS) in die statorwikkelings teweeg. Tegelykertyd bring die magnetiese wiel ’n WS-stroom in die sensor teweeg. ’n Soortgelyke aksie vind in die ander wiele plaas. Hierdie WS-seine van die motorvoertuigwiele word na die EBE gevoer. Wanneer die rem getrap word, vergelyk die EBE die WS-seine van die wiele. Die WS-frekwensie neem toe na gelang van spoed. Solank as die WS-frekwensie van die wiele ongeveer dieselfde is, word normale reaksie aangedui. Indien die WSfrekwensie van enige van die wiele ’n vinnige afname in rotasieherhaling toon, beteken dit dat die wiel te vinnig stadiger roteer. Die wiel begin gly. Wanneer die EBE hierdie vinnige daling in WS-frekwensie aanvoel, stuur dit ’n sein na die modulators aan die voorkant van die motorvoertuig. Die hidrouliese druk van die meestersilinder na die wielsilinders of knypers gaan deur hierdie modulators. Wanneer die EBE aanvoel dat ’n wiel op die punt staan om te begin gly, “sê” dit vir die modulator vir daardie wiel om “nie so hard te werk (rem) nie”. Met ander woorde, die EBE stuur ’n sein aan die modulator om die hidrouliese druk na die rem vir daardie wiel te verminder. Wanneer die druk verminder word, word die remeffek by daardie wiel verminder, met die gevolg dat die gly-aksie voorkom word.

155

8

Meganiese Tegnologie

Traksiebeheer
Traksiebeheerstelsels verhoed dat die wiele tol as die wringkrag by enige wiel meer is as wat die band kan oordra. As een of meer wiele tol, is die gevolglike verlies aan wrywing tussen die band en die pad sodanig dat dit geneig is om die voertuig onstabiel en onbeheerbaar te maak. Die sensor wat wat die begin van wieltol bespeur vorm gewoonlik ’n deel van beide die ABS- en traksiebeheerstelsels, maar vir lg. funksie stuur dit natuurlik ’n sein van dreigende wieltol, eerder as wielblokkering, aan die elektroniese beheereenheid. Wanneer die sein ontvang word, beveel die rekenaar dat die betrokke wiel se rem geaktiveer word totdat die neiging om te tol stopgesit is en die voertuig dus in ’n stabiele toestand gehandhaaf word. Traksiebeheerstelsel word as veiligheidsmaatreël gebruik by padvoertuie met ultrahoë werkverrigting, wat andersins baie versigtig versnel moet word om te verhoed dat die aangedrewe wiele op ys of nat paaie tol. Traksiebeheerstelsels word in renmotors gebruik vir beter werkverrigting, deurdat dit die beste moontlike traksie bied tydens hewige versnelling – dit word ook in produksie-motorfietse gebruik. In veldvoertuie word traksiebeheer gebruik in plaas van of in samewerking met meganiese sluit- of beperkte glip-ewenaars.
Wielsensore Beheermodule Moduleereenheid

Wielsensor Ratpulssender Wielsensore

Remskyf

Figuur 8.15: Traksiebeheer op ’n standaard voertuig

Lugsakbeheer
Lugsakke is ’n passiewe veiligheidseienskap wat die drywer en passasiers in ’n motorvoertuigbotsing beskerm. “Passief ” beteken dat dit nie vir die passasiers in die voertuig nodig is om die lugsakke te aktiveer, of enigiets te doen om deur die lugsakke beskerm te word nie.

156

Stelsels en beheer
Dit is die verskil tussen lugsakke en ander veiligheidseienskappe soos sitplekgordels wat ’n aksie soos gordelvasmaak nodig het. (Trouens, een van die dinge wat mense se ondergang veroorsaak as dit kom by die gebruik van veiligheidsgordels is dat hulle dikwels nie hul gordelsvasmaak nie.) ’n Lugsak is ’n groot weefstofsak wat met lug gevul word en beskerming bied vir die kop en boonste deel van die liggaam van die drywer en passasiers van ’n motorvoertuig gedurende ’n botsing. In botsings reg van voor, word drywers en passasiers vorentoe gegooi in die voertuie. Wanneer ’n lugsak geaktiveer word, blaas dit in ’n kits op en skep ’n stewige versperring, wat die voorwaartse beweging van die drywer of voorstesitplekpassasier teëwerk. Lugsakke is ontwerp om te keer dat insittendes die voorruit of instrumentpaneel van die voertuig tref, waardeur beserings uitgeskakel of die hewigheid daarvan verminder word. ’n Lugsak is ook bekend as ’n aanvullende bedwangstelsel (ABS), of ’n aanvullende opblaasbare bedwang (AOB). Lugsakke is ontwerp om saam met sitplekgordels te werk. ’n Lugsak op sy eie kan egter ’n mate van beskerming bied vir motorvoertuiginsittendes wat nie sitplekgordels dra nie.

8

Lugpomp Botsingsensor

Lugsak

Lugpomp

Lugsak

Botsingsensor geaktiveer

Stikstofgas Filters Natriumasied Lugsakopblaastoestel

Ontsteker

Figuur 8.16: Lugsakbeheerstelsel vir voorstesitplekpassasiers

Sentrale sluitgerief
Met konvensionele slotte, sleutellose toegangstelsels en toetsbordjies, is daar deesdae in sommige motorvoertuie ’n aantal verskillende maniere waarop die motorvoertuigdeure oopgesluit kan word. Hoe bly motorvoertuie op hoogte met uiteenlopende oop- en toesluitstelsels, en wat gebeur presies wanneer die motorvoertuigdeure oopgesluit word? Die meganisme wat jou motorvoertuigdeure oopsluit, is werklik fassinerend. Dit moet uiters betroubaar wees, want dit gaan jou motordeure tienduisende kere oopen toesluit solank as wat jy jou motor het.

157

8

Meganiese Tegnologie
Metodes waarop motorvoertuigdeure oopgesluit word: • Die konvensionele manier met ’n sleutel. • Deur die oopsluitknop in die motorvoertuig te druk. • Deur die kombinasieslot aan die buitekant van die motorvoertuigdeur te gebruik. • Deur die knop aan die binnekant van die motorvoertuigdeur te trek. • Met ’n sleutellose, toegangafstandbeheerder. • By wyse van ’n elektroniese sein van die beheersentrum. Ons sal leer presies wat in jou deur is wat dit laat oopsluit.
Deurknop Konvensionele sleutel Sleutellose toegangafstandbeheer

Kombinasieslot Oopsluitknop

Figuur 8.17: Metodes waarop motorvoertuigdeure oopgesluit word

Die sluit/oopsluit-skakelaar stuur krag na die aandrywers wat die motorvoertuigdeur oopsluit. In meer gekompliseerde stelsels wat verskillende maniere het waarop hulle die deure sluit en oopsluit, besluit die bakbeheerder egter wanneer om die oopsluitwerk te doen. Die bakbeheerder is ’n minirekenaarstelsel in jou motorvoertuig. Dit beheer ’n aantal kleiner funksies wat jou motorvoertuig mensvriendelik maak – byvoorbeeld, dit verseker dat die binneruimligte aan bly terwyl jy die motorvoertuig aanskakel, dit biep vir jou as jy nie jou veiligheidsgordel vasgeknip het nie of biep vir jou as jy jou kopligte aanlos of vergeet om jou sleutel uit te trek. Die bakbeheerder moniteer ook al die moontlike bronne van ’n “oopsluit” of “sluit”sein. Dit moniteer ’n raakpaneel wat aan die deur gemonteer is, en sluit die deure oop wanneer die korrekte kode ingetik word. Dit moniteer ’n radiofrekwensie en sluit die deure oop wanneer dit die korrekte digitale kode van die radiosender in jou sleutelsakkie ontvang en moniteer ook die skakelaars in die motor. Wanneer dit ’n sein van enige van hierdie bronne ontvang, verskaf dit krag aan die aandrywer wat die deure sluit of oopsluit. Wat gebeur trouens binne- in ’n motorvoertuigdeur? Binne-in ’n motorvoertuigdeur Die aandrywer is onder die knip geposisioneer. ’n Stang konnekteer die aandrywer ­ met die knip, nog ’n stang konnekteer die knip met die deurknop wat bokant die deur uitsteek. Wanneer die aandrywer die knip opstoot, konnekteer dit die buitedeurhandvatsel aan die oopmaakmeganisme. Wanneer die knip af is, is die buitedeurhandvatsel van die meganisme gediskonnekteer sodat dit nie oopgemaak kan word nie. Om die deur oop te maak, verskaf die bakbeheerder vir ’n bepaalde tyd krag aan die deurslotaandrywer.

158

Stelsels en beheer
Deurknop Deurknopverbindingstang Deurhandvatsel

8

Figuur 8.18: ’n Motorvoertuigdeur se binnepaneel verwyder
Koppelstang vir die oopsluit van die deurknop

Knip

Deurslotaandrywer

Figuur 8.19: Die binnekant van ’n motorvoertuigdeur waar die meganisme getoon word
Metaalhaak

Aandrywerromp

Figuur 8.20: ’n Sentralesluiting-aandrywer

Die aandrywer kan die metaalhaak wat in Figuur 8.17 getoon word, na die linker- of regterkant beweeg. Wanneer dit in die motorvoertuig gemonteer is, is dit vertikaal (Figuur 8.16), met die gevolg dat die haak op of af kan beweeg. Dit boots jou bewegings na wanneer jy die binnekant van die deurknop op of af druk.

159

8

Meganiese Tegnologie

Assessering 3
1. 2. Die druk in die hidrouliese vloeistof in ’n 230 mm-deursnee silinder is 0,895 MPa. Bereken in newton die krag wat uitgeoefen word wanneer die plunjer opwaarts beweeg. In die figuur hieronder veroorsaak die krag wat op die plunjer uitgeoefen word ’n krag van 900 N op die ram in ’n hidrouliese pers. Die ram beweeg 10 mm opwaarts. Die oppervlakte van die plunjer is 0,2 m2 en die oppervlakte van die ram is 1,8 m2
Plunjer Ram beweeg 10 mm opwaarts Ram 900 N 10 mm S

Plunjer beweeg x mm afwaarts

Figuur 8.21: ’n Hidrouliese stelsel

Bereken: 2.1 Die deursnee van die ram in mm. 2.2 Die krag wat op die plunjer uitgeoefen word. 2.3 Die afstand wat die plunjer afwaarts in mm beweeg. 3. Die volume van ’n gas is 8 m3 teen ’n druk van 600 kPa. Bereken die volume van die gas indien die temperatuur tot 2 000 kPa verhoog word terwyl die temperatuur konstant bly. 4. Platbandaandrywing bestaan uit ’n 200 mm deursnee dryfkatrol en ’n 100 mm-deursnee gedrewe katrol. Bepaal die gedrewe katrol se spoed indien die dryfkatrol teen 750 rev/min roteer. 5 Wat is die hooffunksie van ’n meganiese stelsel? 6. Voltooi die volgende sinne: 6.1 Wanneer druk op ’n hidrouliese vloeistof toegepas word, sal die vloeistof ... 6.2 Twee reguittandratte sal net inkam indien … 6.3 Die doel van tussenratte is om … 7. Watter presisiegereedskapstuk kan gebruik word om die diepte van ’n skroefdraad te meet? 8. Meld vier metodes waarop motorvoertuigdeure oopgesluit word. 9. Verduidelik kortliks die hoofdoel van lugsakke soos in motorvoertuie aangetref. 10. Wat is ’n EBE en wat is sy funksie?

160

Stelsels en beheer

8

Ondersoek 1
Ondersoek en skryf ’n opstel oor hoe spoedwisseling in die motorvoertuigratkas hieronder verkry word. Verwys na die komponente in die voertuigratkas hieronder in Figuur 8.22 en gebruik jou kennis van ratte, ratverhoudings en draaifrekwensies.
Ontkoppelvurk 3de/4de sinkroneerder Penkoeëllaer Koppelaar-as 5th speed synchroniser

Hoofas

Sekondêre as 1ste rat 5de rat

Ontkoppellaer

3de rat Vierratewenaar Ewenaarkleinrat Vierde rat 2de rat

1ste/2de sinkroneerder

Figuur 8.22: Skets van ’n motorvoertuigratkas

Ondersoek 2
Die diagram hieronder toon ’n hidrouliese rem soos gebruik in ’n motorvoertuig. Gebruik al jou kennis en begrip van skakels, druk, ramme en pompe in hidroulika en ondersoek en verklaar in jou eie woorde hoe so ’n remstelsel werk.
Rempedaal Meestersilinder Buis Hefboomstelsel Remvloeistof Pyplyn Na ander wiele

Binnerand van velling

Figuur 8.23: Hidrouliese rem van voertuig

161

8

Meganiese Tegnologie

Toepaslike herstelmetodes
Geïntegreerde elektriese/meganiese stelsels
Elektroniese ontsteking Elektroniese ontstekingsdefekte is tot komponentonklaarraking beperk. Indien ’n komponent in meeste stelsels onklaar raak, stel die stelsel homself terug om in “faalveilige”- of “terugsukkel huis toe”-modus te werk. Dit laat die drywer toe om die reis met beperkte enjinwerking voort te sit. ’n Groot nadeel van enige elektroniese ontstekingstelsel is die behoefte aan toegewyde toerusting om foutdiagnose uit te voer. In die geval van geprogrammeerde enjinbestuurstelsels kan spesiale toerusting nodig wees om die instellings vir die motorvoertuig te herprogrammeer. Die ABS-waarskuliggie ABS-stelsels is met ’n waarskuliggie toegerus. Hierdie waarskuliggie sal aankom wanneer die stelsel nie werk nie. Wanneer die motorvoertuig die eerste keer aangeskakel word, word die ABS-waarskuliggie aangeskakel en loop die stelsel deur ’n selfkontroleprosedure. Wanneer daar met die motorvoertuig weggery word, sal die ABS-waarskuliggie “aan bly” totdat ’n spoed van ongeveer 7 km/h bereik word. Indien die ABS-stelsel korrek werk, sal die waarskuliggie aanbly totdat die motorvoertuig tot stilstand kom. Die stelsel moniteer homself voortdurend wanneer die motorvoertuig in beweging is. Indien ’n defek voorkom, sal die waarskuliggie weer aankom. In ’n geval waar dit gebeur, keer die stelsel terug na normale reaksie en behoort die motorvoertuig dringende aandag te kry om die oorsaak van die probleem vas te stel.

Foutvind

Gereelde onderhoud en versiening, gesteun deur grondige kennis van hoe jou motorvoertuig werk, asook gesonde verstand sal jou help om ’n lang voertuiglewe te verseker. ’n Voertuig wat moeilik vat is die waarskynlikste probleem wat iewers tydens die lewe van die voertuig kan voorkom, Dit kan talle foute as oorsaak hê, van die battery (kragtoevoer) tot by ’n sensor. Dit moet natuurlik onthou word dat daar heelwat ouer voertuie asook nuwer elektroniese modelle met boordrekenaars is. ’n Motor benodig vier eienskappe om te kan loop: • Brandstof • Kompressie • Vonk • Tydstelling. Die enjin draai maar vat nie • Brandstoftenk is leeg • Petrolpomp of -pyp foutief • Foutiewe vonkproppe • Vonkstelsel nat of drade foutief • Batteryprobleem • Verstopte lugfilter • Swak kompressie in silinders • Nokasband stukkend • Smoorklep verkeerd gestel

162

Stelsels en beheer
Ontsteking (vonk) Dit baat baie om eers die vonkprop te vervang om te sien of dit die probleem oplos. Verwyder die prop en kyk of dit vonk. Kyk na die kleur, want dit vertel jou hoe ryk die mengsel is – vir ’n oorryk mensgel (swart koolstofaanpaksel), maak die lugfilter skoon. As die mengsel te arm is, gaan die uitlaatpyp en knaldemper na; daar kan ook ’n verstopping in die brandstofpyp of vergasser wees. As die smoorklep aan is, sal die mengsel ryk wees. Brandstof Brandstof (petrol) word oud, en dit kan probleme veroorsaak. Af en toe is daar ook besendings swak petrol; probeer dit aanvul met vars brandstof (petrol) of tap dit af en vervang dit. Mettertyd kan daar ook in die petroltenk roes, afsaksel en vuiligheid versamel, wat gewoonlik afsak na onder in die tenk. Gaan die petroltenk na vir genoeg brandstof in ’n noodgeval. Pomp die versnellerpomp om te sien of die brandstof die vergasser bereik (of dit inspuit); draai die brandstofpyp los by die vergasser en draai die enjin om te sien of die pomp werk. As die pomp nie brandstof lewer nie, gaan die petrolpyp na vir los of verstopte lasse of pype, of ’n gekraakte brandstofpomp. As brandstof wel die vergasser bereik, (ingespuit word) kyk of die naaldklep nie vassit of dat die vlottervlak nie verkeerd is nie. Te veel brandstof kan ook verhoed dat ’n voertuig vat. As jy ’n beskadigte EBE het, of as jou verkoelwatersensor (wat die rekenaar aandui wat die watertemperatuur is en die brandstofmenngsel daarvolgens instel) foutief is, kan die inspuiters te veel inspuit en die enjin laat versuip. Daar is egter ander faktore wat dit ook kan veroorsaak. Vakuumlekke kan ook te VEEL lug inlaat. Die lug/petrolmengsel moet net reg wees voordat die voertuig sal loop. As ’n vakuumpyp oop of gebreek is, kan die motor sukkel om te vat. Vonktydreëling Wanneer jou motor gaan staan, moet jy die volgende foute by die ontsteking soek: Verwyder die verdelerdop en draai die enjin. As die rotor nie draai nie, kan die probleem wees dat: • die verdeleras gebreek is. • die nokasband gebreek is • die nokasketting gebreek is • die nokasband een tand gespring het sodat die enjin nie wil vat nie.

8

Kragtoevoer (battery)
Batterye is normaalweg vir baie jare betroubaar. Batterye raak egter soms onklaar en lewer nie voldoende stroom om die motorvoertuig se aansitstelsel te laat werk nie. Sodanige onklaarraking kan om verskeie redes ontstaan. Rede Indien die ligte of enige ander stelsel aangeskakel gelaat word, en die battery pap geraak het. In hierdie geval is die battery “pap” en sal ’n vinnige kontrole van skakelaarposisies (of die skakelaar, byvoorbeeld ligskakelaar steeds in die aan-posisie is?) verduidelik wat die mees waarskynlike oorsaak is. ’n Hidrometertoets of ’n spanningstoets by die terminale, sal bevestig dat die battery pap is. Die beste opsie is om die battery te herlaai, waarskynlik deur dit te verwyder en dit tydelik met ’n diensbattery te vervang.

163

8

Meganiese Tegnologie
Rede Indien die battery nie meer in staat is om krag wat gelaai is, te “behou” nie, of as die battery pap is omdat die alternator se herlaaitempo te laag is. Dit sal nodig wees om die battery deegliker na te gaan. ’n Snelontlaaitoetser wat die battery se vermoë om ’n hoë spanning vir ’n kort tydperk te verskaf, is baie effektief, maar dit kan net gebruik word indien die battery minstens 70% gelaai is. Die peil waarop die battery gelaai is, kan bepaal word deur ’n hidrometer te gebruik. Indien die relatiewe digtheid-lesing toon dat die battery minder as 70% gelaai is, behoort die battery teen die aanbevole tempo herlaai te word. Nadat die battery herlaai is en nadat tyd toegelaat is vir die battery om te rus, en die gasse gedispergeer het, kan ’n snelontlaaitoets uitgevoer word. Baie verskillende vorme van snelontlaaitoetsers is beskikbaar en dit is belangrik om die gebruiksaanwysings sorgvuldig te lees. Alternatortoets Voordat met ’n alternatortoetsprosedure begin word, onthou: • Moenie die enjin met ’n ontkoppelde alternatorleiding laat loop nie. Skakel die enjin af, verbind die ammeter en skakel dan weer die enjin aan. • Moenie die alternator ontkoppel terwyl die enjin loop nie. • Ontkoppel altyd die alternator en battery wanneer jy ’n elektriese sweiser op die motorvoertuig gebruik omdat versuim om dit te doen swerfstroom kan veroorsaak, wat die alternator se elektronika kan beskadig. • Wees versigtig om nie die battery-aansluitings verkeerd om te koppel nie. Hou bostaande in gedagte kan terwyl die alternatortoets uitgevoer word. Soos met enige toets moet ’n deeglike visuele kontrole eers uitgevoer word. In die geval van die alternator sal dit die volgende insluit: • Gaan die aandryfband na dat dit styf genoeg is en kyk na die toestand daarvan. • Gaan leidings en konneksies na om seker te maak dat hulle stewig vas is en kyk na hulle toestand. • Maak seker dat die battery behoorlik gelaai is. • Gaan alle sekerings in die kring na.

Hidroulika
Vloeistof Dit is altyd belangrik om net die tipe vloeistof te gebruik wat die motorvoertuigvervaardiger vir gebruik in hulle motorvoertuie aanbeveel. Remvloeistof het ’n kooktemperatuur van nie minder nie as 190° en ’n vriestemperatuur van nie hoër nie as -40°. Oor hierdie hele temperatuurstrek moet die viskositeit of dikte van die vloeistof konstant bly. Dit moet nié die rubberseëls aanval of die metaaldele korrodeer nie. Remvloeistof is higroskopies; dit beteken dat dit water uit die atmosfeer absorbeer. Water in remvloeistof affekteer sy kook- en vriestemperature, wat een van die redes is waarom remvloeistof op die aanbevole intervalle gewissel moet word. Druk Oliedruk op motorvoertuie waar ’n meter ontbreek kan getoets word deur ’n meter aan die oliestelsel te koppel. Die toetse en lesings moet in ooreenstemming wees met die motorvoertuigvervaardiger se spesifikasies. Ontlaskleppe Die doel van die ontlasklep is om die maksimum druk van die olie wat deur die pomp aan die stelsel gelewer word, te beperk.

164

Stelsels en beheer
Namate enjinspoed toeneem, produseer die oliepomp ’n hoër druk as wat deur die enjinsmeringstelsel vereis word. Die drukontlasklep word derhalwe in die stelsel aangebring om die oortollige druk weg te neem en dit op ’n vlak te hou wat toepaslik is vir die laers en seëls wat gebruik word. Die ontlasklep het twee belangrike funksies: • Dit dien as ’n drukreguleerder. • Dit dien as ’n veiligheidstoestel vir die smeringstelsel. Die hooftipes drukontlaskleppe wat gebruik word, is die balklep, die plaat en die plunjer of stootklep. Elkeen word deur ’n veer in ’n geslote posisie gehou. Namate die oliedruk in die olieaar tot bokant die stelling van die ontlasklep styg, maak die klep teen die veerdruk oop. So word die olie toegelaat om óm die stelsel te loop en terug te vloei na die oliebak via die terugloopuitlaat. Die krag op die veer bepaal die oliedruk in die smeringstelsel. Suier Die suier vorm ’n integrale deel van die suierpomp en werk op die beginsel dat ’n suier in ’n boring resiproserende hidrouliese vloeistof sal intrek namate dit ingetrek word en dit met die voorwaartse slag sal uitdryf. ’n Radiaalpomp het die suiers radiaal in die silinderblok gerangskik, terwyl die aksiale eenhede suiers het wat parallel met mekaar en op die as van die silinderblok is. Suierpompe is hoogs doeltreffende eenhede wat in ’n wye reeks kapasiteite van baie klein tot hoog beskikbaar is. Seëls Al die lasvlakke, soos oliebak, die krukas en bewegende vlakke van asse wat uitsteek, moet oliedig gemaak word om olieverlies tussen die asse en hulle omhulsels te voorkom. Waar die vlak nie beweeg nie, word pakstukke gebruik om water-, olie- en gasdig te maak, byvoorbeeld tussen die silinderkop en die silinderblokseël. Pakstukke word gewoonlik van wasbehandelde pakstukpapier, kurk, plastiek of ander materiale gemaak wat weerstand bied teen hitte, olie en water. Roterende asse word deur veerbelaste sintetiese rubberlipseëls of viltseëlringe verseël, dikwels in kombinasie met oliedeflektors. Pype en pypverbinders Die hidrouliese druk wat by die meestersilinder geskep word, word deur sterk metaalpype na die wielremme gevoer, waar hulle ferm en geborge aan die motorvoertuig vasgeknip kan word deur buigsame slange waar daar relatiewe beweging tussen dele is, byvoorbeeld asse en gestuurde wiele en die motorvoertuigraam.

8

Pneumatika
Vakuum Vakuum, of die “gebrek aan lug”, maak die vervaardiging van ’n wye reeks alledaagse produkte en prosesse moontlik, byvoorbeeld elektriese liglampe, elektroniese buise, verpakking van voedselprodukte, produksie van medisyne, vitamines en die vervaardiging en beweging van papier om maar ’n paar te noem. Met ’n lugpomp op vakuumdiens “stoot” ons ’n volume lug uit ’n geslote vat en lewer dit aan atmosfeer. Namate elke “stootslag” plaasvind, word gelyke volumes lug verwyder, maar teen ’n verminderde digtheid. Dit is belangrik om daarop te let dat ’n volume by elke “stootslag” identies is, maar dat die digtheid van die lug in daardie volume progressief afneem.

165

8

Meganiese Tegnologie
Druk Druk en volume is die belangrikste faktore in die behoorlik funksionerende pneumatiese stelsel. Druk word gedefinieer as krag per eenheidsoppervlakte. Dit word in pascal gemeet en die eenheid word as Pa geskryf. Lug wat motorvoertuigbande vul, is ’n gas en gehoorsaam die wet van gasse (onthou Boyle se wet). Wanneer jy ’n band opblaas, forseer jy meer lug in as wat die band graag sal wil hou. Die lug in die band het ’n weerstand teen hierdie konstante druk wat op hom toegepas word, deur uitwaarts te druk op die romp van die band. Hierdie uitwaartse druk van die lug is druk. Lug is natuurlik, soos alle gasse, hoogs saamdrukbaar (teenoor vloeistof soos hidrouliese vloeistof). Samepersing van meer lug in dieselfde ruimte beteken dat jy meer lug in ’n kleiner volume kan inpers, of dat jy meer lug in dieselfde ruimte kan inpers. Jy het meer krag nodig om ekstra lug in ’n band in te pers soos die druk in die bande toeneem. Hoe groter die krag is wat uitgeoefen word, hoe groter is die druk in die band.

Kleppe
Gaan kleppe na Die keerklep laat saamgeperste lug uit die kompressor in die lugontvanger (tenk). Dit is ’n eenwegklep en keer dat lug teruglek wanneer die kompressor tot stilstand kom. Drukverminderingsklep Hierdie klep is ook bekend as die veiligheidsklep. Die hoofdoel van hierdie klep is om saamgeperste lug te laat ontsnap na die atmosfeer indien die druk in die lugontvanger bokant die toegelate veilige druk sou styg. Die drukverminderingsklep beperk die maksimum stelseldruk en voorkom derhalwe stelselonklaarraking. Dit is gevolglik verstaanbaar dat dit ’n beskermingstoestel is. Rigtingbeheerklep Die rigtingbeheerklep besorg druk aan en laat druk uit die twee silinderverbindings en wel op ’n verwisselbare wyse, om die rigting en beweging te beheer.

Suiers
Die kompressor word gebruik om die lug in die pneumatiese stelsel onder druk te bring. Die mees algemene vorm van kompressor is die suierkompressor. Op die luginlaatslag veroorsaak die dalende suier dat die lug deur die inlaatklep ingesuig word. Wanneer die suier weer begin styg, veroorsaak die lug wat vasgevang is dat die inlaatklep sluit en dat die lug gevolglik saamgedruk word. Wanneer die lugdruk genoegsaam begin styg, gaan die uitlaatklep oop en vloei die vasgevange lug in die saamgeperste lugstelsel in. Die kringloop herhaal homself.

Diafragmas
Die diafragmamembraan sorg vir skeiding tussen die prosesvloeistof en die kragbron van die saamgeperste lug. Om genoegsaam te kan presteer, moet diafragmas van ’n voldoende dikte wees en van toepaslike materiaal gemaak wees om degradasie of deurtrekking in spesifieke prosesvloeitoestande te voorkom.

Vakuummeters
Vakuummeter (kPa) Dit is die vakuum wat direk van ’n wyserplaat gelees word en word gewoonlik van zero to 100 kPa aangedui (Seevlak 1).

166

Hoofstuk 9

Turbines
Onderwerp 9

Water turbines

Super- aanjaers

Stoom-turbines

Turbines

Turbo-aanjaers

Gas turbines

9

Meganiese Tegnologie

Inleiding
In graad 10 is die basiese beginsels en werking van verskillende enjins behandel. In graad 11 is die beginsels en werking van verskillende pompe behandel. In graad 12 behandel ons verskillende tipes turbines soos water,stoom, gas en superaanjaers. Ons ondersoek die komponente en kyk na die onderdele se funksies.

Turbinetipes, hulle komponente en funksies Waterturbines
Werksbeginsel
Vloeiende water word gerig na die lemme van ’n turbinewiel, waar krag op die lemme uitgeoefen word. Omdat die wiel draai, werk die krag oor ’n afstand (krag wat oor ’n afstand werk is die definisie van werk). Op hierdie manier word energie van die watervloei oorgedra na die turbine. Waterturbines word in twee groepe verdeel: reaksieturbines en impulsturbines. Die presiese vorm van ’n waterturbine se lemme is ’n funksie van die druk van die toevoerwater en die soort stuwer wat gekies word.

Reaksieturbines
OPWEKKER Stator Rotor As TURBINE Watervloei

Paaltjiehek

Lemme

Figuur 9.1: Reaksieturbine met kragopwekker

Reaksieturbines word aangedryf deur water, waarvan die druk verander namate dit deur die turbine vloei en sy energie oordra. Die turbines moet omhul of heeltemal in die watervloei gedompel wees om die druk (of suiging) van die water te benut. Newton se Derde Wet omskryf die oordrag van energie soos dit in reaksieturbines plaasvind. Waterturbines is gewoonlik reaksieturbines wat gebruik word in lae (<30 m) en mediumhoë (30-300 m) watervaltoepassings. In reaksieturbines vind daar by beide vaste en bewegende lemme drukval plaas.

Impulsturbines
Hierdie tipe turbine verander die snelheid van ’n waterstraal. Die straal bots met die turbine se geboë lemme, wat die vloeirigting verander. Die gevolglike verandering in momentum (impuls) oefen krag uit op die turbinelemme. Omdat die turbine wentel (vinnig draai), word die krag oor ’n afstand uitgeoefen (werk), terwyl die weggekeerde water met minder energie gelaat word.

168

Turbines
Voordat dit die turbinelemme tref, word die waterdruk (potensiële energie) omgesit in kinetiese energie deur ’n straalpyp wat op die turbinelemme gekonsentreer word. Daar vind geen drukverandering by die lemme plaas nie en die turbine het dus nie ’n omhulsel nodig nie. Newton se Tweede Wet beskryf die oordrag van energie vir impulsturbines. Hulle word gewoonlik gebruik vir toepassings met valwater onder uiters hoë druk (>300 m).

9

Krag
Die krag beskikbaar in ’n waterstroom is P = η • ρ= • g • h • q waar: • P = krag (J/s of watt) • η = turbinedoeltreffendheid • ρ = waterdigheid (kg/m³) • g = swaartekragversnelling (9,81 m/s²) • h = val (m). Vir stilstaande water is dit die verskil in hoogte tussen die in- en uitlaatvlakke. Bewegende water het ’n bykomstige komponent wat die kinetiese vloei-energie behels. Die totale val is gelyk aan die drukval plus die snelheidval. • q = vloeikoers (m³/s)

Gepompte opgaardamme
Sommige waterturbines is ontwerp vir hidroelektriese kragopwekking uit opgaardamme – tydens tydperke van lae elektrisiteitsgebruik pomp hulle water na ’n hoogliggende opgaardam en tree dan weer op as turbines om krag tydens tye van hoë elektrisiteitsaanvraag uit die terugstromende water te ontwikkel. Hiervoor word gewoonlik Deriaz- of Francis-turbines gebruik. Doeltreffendheid Groot moderne waterturbines werk teen meganiese doeltreffendheid (wat nie verwar moet word met termodinamiese doeltreffendheid nie) wat 90% oortref.

Tipes waterturbines

Figuur 9.2: Tipes waterturbines

Figuur 9.2 toon verskillende soorte waterturbinewiele. Van links na reg is hulle: ’n Pelton-wiel, twee soorte Francis-turbines en ’n Kaplan-turbine. Reaksieturbines • Francis • Kaplan, skroef, bol, buis, Straflo • Tyson • Gorlov

169

9

Meganiese Tegnologie
Impulsturbines • Waterwiel • Pelton • Turgo • Michell-Banki (ook bekend as die Kruisvloei- of Ossberger-turbine) • Jonval-turbine • Tru-boslagwaterwiel • Archimedes-skroefturbine

Ontwerp en aanwending

Figuur 9.3: Turbine-aanwendingkaart

Die keuse van ’n turbine word gewoonlik bepaal deur die beskikbare waterval eerder as die beskibare vloeitempo. Oor die algemeen word impulsturbines gebruik waar daar hoë waterval is, terwyl reaksieturbines gebruik word vir laer waterval. Kaplan-turbines met verstelbare lemsteek is geskik vir ’n wye reeks vloeitempo’s asook valkondisies, omdat hulle hoogste doeltreffendheid oor ’n wye reeks vloeiomstandighede behaal kan word. Kleiner turbines (meesal onder 10 MW) kan horisontale asse hê, en selfs boltipe turbines van tot sowat 100 MW kan horisontaal wees. Baie groot Francis- en Kaplan-masjiene het gewoonlik vertikale asse, omdat dit die optimale gebruik van beskibare val toelaat en die installering van ’n kragopwekker meer ekonomies maak. Pelton-wiele kan vertikale of horisontale asse hê omdat die grootte van die masjien soveel kleiner is as die beskikbare waterval. Sommige impulsturbines gebruik veelvuldige waterstrale vir elke wiel om die soortlike spoed te verhoog en asdruk te balanseer. Tipiese watervalreeks
• • • • • • Hidrouliese wielturbine Archimedes-skroefturbine Kaplan Francis Pelton Turgo 0.2 < H < 4   (H = val in m) 1 < H < 10 2 < H < 40 10 < H < 350 50 < H < 1300 50 < H < 250

170

Soortlike spoed Die soortlike spoed – ns – van ’n turbine kenmerk sy fatsoen op ’n manier wat nie met sy grootte verband hou nie. Dit maak dit moontlik om ’n nuwe turbine-ontwerp op of af te skaal volgens ’n bestaande ontwerp met bekende werkverrigting. Die soortlike spoed is die spoed waarteen die turbine vir ’n bepaalde lewering Q draai per eenheid van waterval, wat dit dus in staat stel om eenheidkrag te produseer.

Turbines
Affiniteitswette Affiniteitswette maak dit moontlik om die uitset van ’n turbine volgens modeltoetse te voorspel. ’n Miniatuurweergawe van ’n voorgestelde ontwerp, sê van 0,3 m in deursnee, kan in die laboratorium getoets word en die metings kan dan met vertroue in die finale weergawe gebruik word. Affiniteitswette word afgelei deur te vereis dat daar gelyksoortigheid tussen die toetsmodel en die toepassing bestaan. Vloei deur die turbine word beheer deur ’n groot klep of paalhekkies wat rondom die buitekant van die turbinewiel aangebring is. Differensiële waterval en vloei kan gekarteer word vir ’n reeks verskillende hek-openingwaardes om ’n “heuwel”diagram op te lewer, wat gebruik kan word om die doeltreffendheid van die turbine onder wisselende omstandighede te bepaal. Vryloopspoed Dit verwys na ’n turbine se draaispoed teen volle vloei sonder enige aslading. Die turbine moet ontwerp wees om die meganiese laste van hierdie spoed te oorleef. Die vervaardiger sal hierdie aangeslane vryloopspoed aangee.

9

Onderhoud

Figuur 9.4: Francis-turbine

Figuur 9.4 toon ’n Francis-turbine aan die einde van sy lewe met sigbare tekens van kavitasieverwering, krake weens metaaluitputting en ’n katastrofale staking. Daar is ook spore van vroeëre herstelwerk te sien, waarvoor sweisstawe van vlekvrye staal gebruik is. Turbines is ontwerp om vir dekades te loop met min onderhoud aan die hoofelemente; nasienwerk is gewoonlik slegs elke paar jaar nodig. Onderhoud van die wiele en onderdele wat aan water blootgestel is, behels verwydering, inspeksie en die herstel van geslyte onderdele. Normale slytasie sluit in vreting weens kavitasie, spanningskrake en verwering weens gesuspendeerde vastestowwe in die water. Staalelemente word herstel deur sweiswerk, gewoonlik met vlekvrye staalstafies. Beskadigde plekke word uitgesny of –geslyp en dan teruggesweis tot ’n oorspronklike of verbeterde profiel. As gevolg hiervan kan ’n ou turbinewiel ’n beduidende hoeveelheid oortollige vlekvrye staal aan die einde van sy lewe hê. Ingewikkelde sweisprosedures kan gebruik word om die duursaamste herstelwerk te verrig. Ander elemente wat inspeksie en herstelwerk tydens nasienwerk vereis sluit in laers, ashulse en drukstukke, servomotore, koelstelsels vir laers en dinamospoele, seëlringe, paaltjieshekke se skakels en alle ander oppervlakke.

171

9

Meganiese Tegnologie Omgewingsimpak
Die omgewingsimpak van opgaardamme Waterturbines en hulle damme word oor die algemeen beskou as skoon kragopwekkers, omdat die turbines die water eintlik geensins affekteer nie. Hulle gebruik ’n hernubare energiebron (sonlig) en is ontwerp om dekades lank te werk en ’n beduidende persentasie van die wêreld se elektrisiteit op te wek. Histories was daar egter negatiwe gevolge, hoofsaaklik in verband met die damme wat gewoonlik vir kraglewering benodig word. Damme verander die natuurlike ekologie van riviere, waardeur veral visse gedood of hulle migrasies gestaak word. Volke se heenkome word deur die uitgebreide bou van damme ontwrig, soos byvoorbeeld dié van Amerikaanse Rooihuide aan die noordwestelike Stille Oseaan-kus, wat ’n lewe maak uit salmvangste. Die bou van damme het minder opvallende dog potensieel ernstige gevolge, wat verhoogde waterverdamping (veral in droë streke), die toeslik van damme en veranderinge in watertemperatuur en –vloeipatrone insluit. Daar word beweer dat dit moontlik is om hidrokragstelsels te bou wat vis en ander organismes uit turbines hou sonder enige beduidende skade of kragverlies. In die verlede het sulke wegkeerstrukture egter swak resultate opgelewer. In die VSA is dit nou onwettig om vismigrasies te benadeel, byvoorbeeld van die wit steurvis van Noord-Amerika, sodat vislere deur dambouers voorsien moet word. Hierdie vislere het egter dikwels geblyk ondoeltreffend te wees.

Assessering 1
1. Verduidelik die teorie van ’n waterwiel se werking. 2. Waterturbines word in twee groepe verdeel – noem hulle. 3. Die vorm van ’n waterturbine se lemme word deur twee faktore bepaal. Noem die twee faktore. 4. Verduidelik die beginsel waarop impulsturbines werk. 5. Verduidelik wat “gepompte opgaardamme” beteken. 6. Noem vier soort reaksieturbines. 7. Noem sewe soort impulsturbines. 8. Omskryf “affiniteitswette”. 9. Omskryf wegholspoed.

Stoomturbines
Funksie
’n Stoomturbine is ’n meganiese toestel wat termiese of warmte-energie uit saamgeperste stoom neem en dit in nuttige meganiese arbeid omskakel.

Figuur 9.5: Die rotor van ’n moderne stoomturbine in ’n kraginstallasie

172

Turbines
Die stoomturbine se groter termiese rendement/doeltreffendheid en hoër kragtot-gewigverhouding het dit die suierstoomenjin (wat deur Thomas Newcomen ontwerp is en deur James Watt verbeter is) se plek laat inneem. Aangesien die turbine draaibeweging genereer, is dit veral geskik om ’n elektriese kragopwekker/ generator aan te dryf – dit verg geen skakelingsmeganisme om wederkerige beweging in draaibeweging om te skakel nie. Die stoomturbine is ’n soort warmteenjin met ’n beter termodinamiese rendement weens die gebruik van verskillende stoomuitsettingstrappe (in teenstelling met die een trap van die Watt-enjin).

9

Geskiedenis
Die eerste stoomenjin, die klassieke aeolipile (direk vertaal “die bal van Eolus”) vervaardig deur Hero van Aleksander, was weinig meer as ’n speelding. In 1629 ontwerp die Italianer Giovanni Branca nóg ’n stoomturbine. In 1884 laat sien die Anglo-Ier Charles A. Parsons die moderne stoomturbine die lig. Sy eerste model was gekoppel aan ’n dinamo wat 7,5 kW elektrisiteit opgewek het. Hierdie patent is gelisensieer en kort daarna deur ’n Amerikaner, George Westinghouse, verbeter. Sedertdien is verskeie soorte stoomturbines ontwikkel. Die De Laval-turbine, vernoem na die uitvinder Gustaf de Laval, het stoom tot volle spoed versnel voordat dit met ’n turbineblad in aanraking gebring is. Dit het by baie byval gevind aangesien die turbine eenvoudiger en goedkoper was en nie drukbestand moes wees nie. Dit kon met enige stoomdruk werk. Die turbine was egter aansienlik minder doeltreffend. Die Parsons-turbine kon uiteindelik betreklik maklik verbeter en uitgebou word. In Parsons se leeftyd is die ontwikkelvermoë van ’n eenheid met 10 000 keer verhoog.

termodinamika ’n Vertakking van fisika/natuurkunde wat die uitwerking van temperatuur, druk- en volumeveranderinge op fisiese stelsels op ’n makroskopiese skaal bestudeer.

Soorte
Stoomturbines kom in ’n verskeidenheid groottes voor – van klein 1 pk.- (0,75 kW) eenhede wat nou en dan as meganiese aandrywers vir pompe, kompressors en ander asgedrewe toerusting aangewend word, tot 2 miljoen pk.- (1,5 miljoen kW) turbines vir elektrisiteitsopwekking. Moderne stoomturbines word op vele maniere geklassifiseer.

Het jy geweet? Perdekrag (of pk.) is die algemene eenheid vir krag, of die tempo waarteen arbeid verrig word.

Figuur 9.6: Stoomtoevoer-en-uitlaatstelsels

Hierdie soorte sluit kondenseer-, nie-kondenseer-, herverhittings-, uitlaat- en induksieturbines in.

173

9

Meganiese Tegnologie

Kondenseerturbines
Kondenseerturbines word meestal in elektriese kraginstallasies aangetref en laat stoom in ’n gedeeltelik gekondenseerde vorm uit. Die stoom is gewoonlik meer as 90% gedeeltelik gekondenseerd teen ’n druk ver onder atmosferiese druk en word na ’n kondensator gelei.

Nie-kondenseerturbines
ontsouting Die verwydering van sout uit seewater.

Nie-kondenseer- (of teendruk-) turbines word dikwels vir prosesstoomtoepassings gebruik. Die uitlaatdruk word deur ’n reëlklep beheer om aan die behoeftes van die prosesstoomdruk te voldoen. Nie-kondenseerturbines kom algemeen by raffinaderye, pulp- en papieraanlegte en ontsoutingsfasiliteite voor waar groot hoeveelhede laedrukprosesstoom beskikbaar is.

Herverhittingsturbines
Herverhittingsturbines word bykans uitsluitlik in elektriese kraginstallasies gebruik. In ’n herverhittingsturbine beweeg die stoom in ’n hoëdrukgedeelte van die turbine, en word dit na die ketel teruggelei, waar nog hitte bygevoeg word. Hierna gaan die stoom terug na ’n middeldrukgedeelte van die turbine terwyl dit steeds uitset.

Uitlaatturbines
Hierdie soort turbines kom algemeen in alle toepassings voor. By ’n uitlaatturbine word stoom in verskeie trappe van die turbine vrygestel en vir nywerheidsprosesse aangewend of na ketelvoeding-waterverhitters gevoer ten einde algehele siklusdoeltreffendheid te verbeter. ’n Klep kan die stoomvrystellings beheer.
Het jy geweet? Ontsouting behels die verwydering van opgeloste soute uit seeen grondwater en maak andersins onbruikbare water geskik vir drink, besproeiing, die nywerheid en verskeie ander doeleindes. Ongelukkig verg bestaande ontsoutingstegnologie baie energie en maak dit die proses baie duur.

Induksieturbines
Induksieturbines voeg laedrukstoom in ’n middeldruktrap by om bykomende krag te ontwikkel.

Omhulsel- of asrangskikking
Hierdie rangskikkings sluit enkelomhulsel-, tandemsamestel- en kruissamestelturbines in. Enkelomhulsel-eenhede is die mees basiese styl, waar ’n enkele omhulsel en as aan ’n generator gekoppel word. Tandemsamestel-turbines word gebruik waar twee of meer omhulsels en asse direk gekoppel word om ’n enkele generator aan te dryf. ’n Kruissamestel-turbine beskik oor twee of meer asse wat nie in lyn is met mekaar nie en twee of meer generators aandryf wat dikwels teen verskillende snelhede werk. So ’n turbine word gewoonlik vir groot toepassings gebruik.

Werk- en ontwerpbeginsel
Isentropies Wanneer die entropie konstant is.

Die ideale stoomturbine gebruik ’n isentropiese proses of konstanteentropieproses, waar die entropie van die stoom wat by die turbine ingaan gelykstaande is aan die entropie van die stoom wat die turbine verlaat. Geen stoomturbine is egter werklik isentropies nie, aangesien die meeste stoomturbines slegs 20%–90% van die beskikbare stoomenergie in nuttige arbeid kan omskakel.

174

Turbines
Die binnekant van ’n turbine het verskeie bladstelle (of “bakke”, soos dit gewoonlik genoem word). Een stel stilstaande blaaie is verbind aan die omhulsel en een stel draaiblaaie aan die as. Dié stelle kam met sekere minimum tussenruimtes in en verskil in grootte en rangskikking om die stoomuitsetting in elke trap doeltreffend aan te wend.

9

Turbine-rendement/-doeltreffendheid
Impulsturbine Reaksieturbine

Bewegende bakke Vaste spuitstuk Bewegende bakke Rotor Rotor Roterende spuitstuk

Entropie Die grondbeginsel van die tweede wet van termodinamika. Dit is ’n veels te ingewikkelde konsep om in die verband en bestek van hierdie leerplan te verduidelik, maar is ’n baie interessante studieveld binne fisika indien jy op jou eie verder daaroor wil navors.

Vaste spuitstuk

Stator

Stoomdruk

Stoomdruk

Stoomsnelheid

Stoomsnelheid

Figuur 9.7: ’n Skematiese diagram van die verskil tussen impuls- en reaksieturbines

Ten einde turbine-rendement tot ’n maksimum uit te bou, word die stoom toegelaat om uit te sit en word arbeid sodoende in ’n aantal trappe gegenereer. Hierdie trappe word gekenmerk deur hoe energie daaruit verkry word en staan as impuls- of reaksieturbines bekend. Die meeste moderne stoomturbines is ’n kombinasie van reaksie- en impulsturbines. Hoërdrukgedeeltes is gewoonlik die impulssoort, terwyl laerdruktrappe die reaksiesoort is.

Impulsturbines
’n Impulsturbine beskik oor vaste spuitstukke wat die stoom in hoëspoedstrale laat beweeg. Hierdie strale beskik oor heelwat kinetiese energie wat deur die rotorblad in asdraaiing omgeskakel word namate die stoomstraal van rigting verander. Slegs oor die stilstaande blaaie vind daar ’n drukverlaging plaas, met ’n netto toename in stoomsnelheid regdeur die trap.

Kineties Met betrekking tot of voortspruitend uit beweging.

Reaksieturbines
In ’n reaksieturbine is die rotorblaaie só gerangskik om konvergerende spuitstukke te vorm. Hierdie soort turbine gebruik die reaksiekrag van die versnellende stoom deur die spuitstukke wat deur die rotor gevorm word. Die vaste wieke van die stator gelei die stoom na die rotor. Die stoom verlaat die stator as ’n straal wat die algehele omtrek van die rotor vul. Hierna verander die stoom van rigting, en versnel in verhouding tot die bladspoed. Druk verlaag oor die stator asook die rotor; stoom versnel deur die stator en verminder spoed deur die rotor, met geen netto verandering in stoomsnelheid oor die trap nie, maar wel ’n afname in druk asook temperatuur wat duidelik blyk uit die arbeid wat met die rotoraandrywing verrig word.

Konvergerend Ineenlopend/naderend.

Stator Die stilstaande deel van die stoomturbine wat deur ’n omhulsel omgewe word.

175

9

Meganiese Tegnologie

Werking en instandhouding
Vir die opwarming van ’n stoomturbine voor gebruik, het die hoofstoomafsluitkleppe (ná die ketel) ’n omloopleiding sodat oorverhitte stoom stadig verby die klep kan beweeg en die leidings in die stelsel sáám met die stoomturbine kan verhit. Indien daar geen stoom in die turbine beskikbaar is nie, word ’n keermeganisme ook ingeskakel om die turbine stadig te tol sodat verhitting en gevolglik uitsetting eweredig plaasvind. Nadat die turbine eers met behulp van die keermeganisme getol is sodat die rotor ’n gelyk vlak vorm (sonder enige boë), word die keermeganisme ontkoppel, word stoom eers via die agteruitblaaie en dan via die vooruitblaaie na die turbine gelei en word die turbine sodoende stadig teen 10-15 o.p.m. getol om dit op te warm. Deesdae word daar weinig probleme met turbines ervaar en verg dit min instandhouding. ’n Onewewigtige rotor kan egter tot vibrasie aanleiding gee, wat in uiterste gevalle daartoe kan lei dat ’n blad loskom en deur die omhulsel sny. Dit is noodsaaklik dat turbines met droë stoom getol word. Indien daar water in die stoom beland en dit op die blaaie geblaas word (vog-oordrag), kan dit ’n harde aanslag en erosie op die blaaie veroorsaak. Dít kan tot onewewigtigheid en weiering lei. Water wat in die blaaie beland, sal ook waarskynlik die druklaer van die turbineas vernietig. Om dit te voorkom, word kondensaatafvoerders geïnstalleer in die stoompyp wat na die turbine loop, saam met kontroles en skotte in die ketels.

o.p.m Omwentelings (draaie) per minuut.

Aanslag Om met iets in aanraking te kom.

Spoedreëling
Dit is noodsaaklik om ’n turbine met ’n spoedreëlaar te beheer, aangesien ’n stadige aanloop die enigste manier is om skade te voorkom. Sommige toepassings (soos dié wat wisselstroomelektrisiteit opwek) verg akkurate spoedbeheer. Onbeheerde versnelling van die turbinerotor kan ’n oorspoedklink tot gevolg hê – dit is wanneer die spuitstukkleppe wat die stoomvloei na die turbine beheer, sluit. Indien daardie kleppe meegee, sal die turbine aanhoudend versnel totdat dit uitmekaar breek. Turbines is duur om te vervaardig, en vereis presisie en materiaal van besondere gehalte.

Regstreekse aandrywing
Die meeste van die wêreld se elektrisiteit word in kragstasies opgewek wat van groter stoomturbines gebruik maak om elektriese generators aan te dryf. Daar is twee soorte kragstasies: ’n fossielbrandstofstasie en ’n kernkragstasie. Die turbines wat vir elektriese kragopwekking gebruik word, word direk aan generators gekoppel. Aangesien die generators na gelang van die frekwensie van die elektriese kragstelsel teen konstante, sinchrone snelhede moet beweeg, is die algemeenste snelhede 3 000 o.p.m. vir 50 Hz-stelsels en 3 600 o.p.m. vir 60 Hz-stelsels. Sommige groot kernstelle draai teen die helfte van daardie snelhede, en beskik oor ’n vierpoolgenerator eerder as die meer algemene tweepoolweergawe.

Sinchroon Wat tegelyk bestaan of plaasvind.

Spoedvermindering
Suierenjin Verwys na enjins soos binnebrandenjins wat die op-enaf- (wederkerige) beweging van die suiers in draaibeweging omskakel.

Stoomturbines word ook in skepe gebruik omdat dit klein en liggewig kan wees, min instandhouding verg en ’n lae vibrasie het. Stoomturbine-lokomotiewe is ook al getoets, maar met beperkte sukses. ’n Stoomturbine is slegs doeltreffend as dit in duisende omwentelings per minuut werk, terwyl die kragtoepassing in aandrywings dalk net honderde omwentelings per minuut is – dít vereis dus die gebruik van duur en presiese reduksieratte. Hoewel die aankoopkoste hoog is, is die brandstofen instandhoudingskoste veel laer. Nog ’n voordeel is die kompakte grootte van ’n turbine in vergelyking met ’n suierenjin met dieselfde hoeveelheid krag.

176

Turbines

9

Figuur 9.8: Die Turbinia – die eerste skip met ’n stoomturbine-aandrywing

Assessering 2
1. Wat is die funksie van ’n stoomturbine? 2. Watter soort enjin het die suierstoomenjin vervang? 3. Wie het die suierstoomenjin uitgevind? 4.  Wie het die eerste stoomenjin uitgevind, wanneer was dit en van watter land was hierdie persoon? 5.  Lees na oor die geskiedenis van die stoomenjin en som dan jou bevindinge in 150 woorde op. 6. Noem vyf klassifikasies vir moderne stoomturbines. 7. Verduidelik die werk- en ontwerpbeginsel van ’n ideale stoomturbine. 8. Beskryf ’n impulsturbine. 9. Beskryf ’n reaksieturbine. 10. Spoedreëling is noodsaaklik in turbines. Hoe vind dit plaas? 11. Hoe word die meeste van die wêreld se elektrisiteit opgewek?

Gasturbines
Funksie
’n Gasturbine, ook bekend as ’n verbrandingsturbine, is ’n draai-enjin wat energie uit ’n stroom verbrandingsgas verkry. Dit beskik oor ’n stroomop-kompressor wat aan ’n stroomaf-turbine gekoppel is, met ’n verbrandingskamer in die middel. (Die term “gasturbine” word soms gebruik om slegs na die turbine-gedeelte te verwys.)

177

9

Meganiese Tegnologie
Draaier Inlaatturbines

Inlaat

Kompressorturbinerotor

Kompressie

Verbrandingskammer

Ontsteking

Uitlaat

Figuur 9.9: ’n Stralerenjin (gasturbine)

Energie word vrygestel wanneer lug met brandstof meng en in die verbrandingskamer ontsteek. Die gasse wat hierdeur afgegee word, word oor die turbineblaaie gelei. Dit tol die turbine, en dryf so die kompressor aan. Uiteindelik gaan die gasse deur ’n spuitstuk, en skep so bykomende stukrag deur die warm uitlaatgasse deur uitsetting weer tot by atmosferiese druk te versnel. Energie word in enige kombinasie van askrag, saamgeperste lug en stukrag verkry en word gebruik om vliegtuie, treine, skepe, generators en selfs pantserwaens aan te dryf.

Werkingsteorie
Die werking van gasturbines word deur die Brayton-siklus beskryf, waarvolgens lug isentropies saamgepers word, verbranding teen konstante druk plaasvind, en uitsetting isentropies oor die turbine terug tot by aanvangsdruk geskied. In die praktyk veroorsaak wrywing en turbulensie die volgende: •  Nie-isentropiese samepersing – vir ’n gegewe algehele drukverhouding is die leweringstemperatuur aan die kompressor hoër as die gewenste perk. •  Nie-isentropiese uitsetting – hoewel die verlaging in turbinetemperatuur wat nodig is om die kompressor aan te dryf, nie geraak word nie, is die gepaardgaande drukverhouding groter, wat die beskikbare uitsetting vir nuttige werkverrigting verminder. •  Drukverliese in die luginlaat, verbrander en uitlaat – hierdie verliese verminder die beskikbare uitsetting ten einde nuttige arbeid te verrig.

Kompressor

Turbine

Figuur 9.10: Die geïdealiseerde Brayton-siklus

178

Turbines
Soos by alle sikliese warmte-enjins, beteken hoër verbrandingstemperature ’n groter rendement. Wat egter hier as beperkende faktor dien, is die staal, keramiek of ander materiaal waaruit die enjin bestaan, se vermoë om hitte en druk te weerstaan. Dit verg heelwat werktuigkundige vernuf om die turbine-onderdele koel te hou. Die meeste turbines probeer ook uitlaathitte, wat andersins vermorste energie is, herwin. Rekuperators is hitte-uitruilers wat uitlaathitte vóór verbranding na die saamgeperste lug oordra. Kombinasiesiklusontwerpe dra afvalwarmte oor na stoomturbinestelsels. Gekombineerde warmte en krag (ko-ontwikkeling) gebruik afvalwarmte vir die lewering van warm water. Meganies gesproke is gasturbines aansienlik minder ingewikkeld as binnebrandsuierenjins. Eenvoudige turbines het gewoonlik slegs een bewegende deel, naamlik die as/kompressor/turbine/alternator-rotor-samestel (sien Figuur 9.5) – met die brandstofstelsel buite rekening gelaat. Meer gesofistikeerde turbines (soos dié in straalenjins) kan oor veelvoudige asse (bekend as “spoele”), honderde turbineblaaie, beweegbare statorblaaie, ’n uitgebreide en ingewikkelde pypstelsel, verbranders en hitte-uitruilers beskik. Die algemene reël geld dat hoe kleiner die enjin, hoe hoër die asrotasies wat nodig is om die puntspoed vol te hou. Puntspoed is die verskil tussen die draaispoed van die punt van ’n turbineblad en die werklike stoomsnelheid. Puntspoed bepaal die maksimum druk wat ongeag die grootte van die enjin in die turbine kan opbou. Straalenjins werk op ongeveer 10 000 o.p.m., terwyl mikro-turbines op ongeveer 100 000 o.p.m. werk. Druk- en astaplaers maak ’n belangrike deel uit van ’n gasturbine se ontwerp. Hierdie was tot onlangs gewoonlik hidrodinamiese olielaers of olieverkoelde koeëllaers. Deesdae kom foelielaers egter algemeen in mikroturbines en hulpkrageenhede voor.

9

Hidrodinamies Beskryf kragte wat op of deur vloeistowwe uitgeoefen word.

Straalenjins

Figuur 9.11: ’n Gasturbine vir kragopwekking

Figuur 9.11 toon ’n gasturbine vir kragopwekking uit die GE H-reeks. Hierdie 480 megawatt-eenheid beskik oor ’n aangeslane termiese rendement van 60% in kombinasiesiklusformate. Nywerheidsgasturbines is beskikbaar in groottes wat wissel van vragmotorgemonteerde beweegbare installasies tot enorme, ingewikkelde stelsels.

179

9

Meganiese Tegnologie
In die kragbedryf verg gasturbines met ’n enkelsiklus minder kapitale belegging as kombinasiesiklus-gas-, -steenkool- of -kernaanlegte. Boonop kan dit ontwerp word om klein óf groot hoeveelhede krag op te wek. Die werklike oprigtingsproses kan binne ’n paar weke tot ’n paar maande voltooi word in vergelyking met die aantal jaar vir die bou van basislas-aanlegte. Die ander groot voordeel is dat dit binne minute aan- en afgeskakel kan word, en sodoende gedurende tye van groter vraag krag kan voorsien. Groot enkelsiklus-gasturbines kan ’n hele paar honderd omwentelings per minuut lewer. Die kragturbines in die grootste nywerheidsgasaanlegte loop teen 3 000 of 3 600 o.p.m. om by die WSkragnetwerkfrekwensie aan te pas en die gebruik van ’n reduksieratkas te voorkom. Sodanige enjins word deur spesialiste gebou. Hierdie enjins kan ’n rendement van tot 60% hê wanneer afvalwarmte uit die gasturbine deur ’n konvensionele stoomturbine in ’n kombinasiesiklusformaat herwin word. Dit kan ook in ’n ko-ontwikkelingsformaat werk waar die uitlaat vir ruimte- of waterverhitting gebruik word, of om ’n absorpsieverkiller vir verkoeling of verkilling aan te dryf. In so ’n geval kan ko-ontwikkeling meer as 90% energiedoeltreffend wees.

Basislas-aanlegte Fossielbrandstofaanlegte.

Gasturbines vir meganiese aandrywing
Gasturbines met twee asse word gewoonlik gebruik om kompressietreine aan te dryf, byvoorbeeld in gaspompstasies of aardgasvervloeiingsaanlegte. Die eerste as dra die kompressor en die hoëspoedturbine (wat dikwels as die “gasgenerator” bekend staan), terwyl die tweede as die laespoedturbine (of “kragturbine”) dra. Hierdie formaat verhoog buigbaarheid met betrekking tot spoed en kraglewering.

Skaalstraalenjins (mikroturbines)
Skaalstraalenjins staan ook bekend as: • Miniatuur-gasturbines. • Mikrostralers.

Figuur 9.12: ’n Mikroturbine

Menige modelingenieur geniet die uitdaging om deesdae se reeds piepklein werkmodelle te herskep. Natuurlik gryp die gedagte aan die herskepping van ’n kragtige enjin soos dié van ’n straler tegnologie-entoesiaste se verbeelding reeds aan sedert Hans van Ohain en Frank Whittle die eerste volskaalenjins in die dertigerjare die lig laat sien het. Die herbou van masjiene op ’n veel kleiner skaal is geen maklike taak nie. Die fisikawette wat masjienwerkverrigting bepaal, ondergaan nie noodwendig ’n skaalvergroting/-verkleining teen dieselfde tempo as wat die masjien se fisiese grootte rek of krimp nie. ’n Motorenjin sal byvoorbeeld nie werk indien dit tot die grootte van ’n mens se hand herbou word nie. Met dit in gedagte het die pionier van moderne mikrostralers, Kurt Schrekckling, een van die eerste mikroturbines ter wêreld, die FD3/67, gebou. Hierdie enjin kan ’n drukkrag van 22 newton lewer en deur die meeste persone met ’n meganiese aanleg met behulp van basiese werktuigkundige gereedskap soos ’n metaaldraaibank gebou word.

180

Turbines

9

Mikroturbines
Mikroturbines word al hoe meer vir kragverdeling en gekombineerde warmteen-kragtoepassings gebruik. In grootte wissel dit van handeenhede wat minder as ’n kilowatt lewer, tot kommersiële stelsels wat tot honderde kilowatts lewer. Die sukses van hierdie turbines is deels toe te skryf aan vooruitgang in elektronika wat onbediende werking asook koppeling met die kommersiële kragnetwerk moontlik maak. Elektroniese kragskakeltegnologie skakel die behoefte vir sinchronisasie tussen die opwekker en die kragnetwerk uit. Hierdeur kan die opwekker byvoorbeeld by die turbine-as geïntegreer word terwyl dit ook as aansitmotor dien. Mikroturbinestelsels hou vele voordele bo suierenjingenerators in, byvoorbeeld hoër kragdigtheid (met betrekking tot gewig), uiters min vrystellings en weinig bewegende onderdele (soms net een). Die mikroturbinestelsels met foelielaers en lugverkoeling werk sonder olie, koelmiddels of ander gevaarlike materiaal. Suierenjingenerators reageer egter vinniger op veranderinge in kragleweringsvereistes. Suierenjingenerators werk met die meeste kommersiële brandstowwe, soos aardgas, propaan, diesel en paraffien (keroseen). Dit kan ook van hernubare energie gebruik maak, soos wanneer dit op biogas uit opvulterreine en rioolbehandelingsaanlegte loop. Mikroturbines bestaan gewoonlik uit ’n enkeltrap- radiale kompressor, ’n enkeltrapradiale turbine en ’n rekuperator. Laasgenoemde is moeilik om te ontwerp en te vervaardig, aangesien dit onder hoë druk- en temperatuurdifferensiale werk. Uitlaathitte kan vir waterverhitting, droging of absorpsieverkillers gebruik word wat warmte-energie in plaas van elektriese energie gebuik om koue lug vir lugverkoeling te skep. ’n Tipiese mikroturbine-rendement is tussen 25% en 35%. In ’n gekombineerde warmte-en-krag- (ko-ontwikkeling-) stelsel word rendemente van meer as 80% dikwels verkry.

Hulpkrageenhede
’n Hulpkrageenheid (“APU”) is ’n klein gasturbine wat ontwerp word om hulpkrag aan groter masjiene, gewoonlik vliegtuie, te voorsien. Dit is uiters geskik vir die voorsiening van saamgeperste lug vir vliegtuigventilasie, aansitkrag vir groter straalenjins en elektriese en hidrouliese krag. Perry se APU’s is groot elektriese motors wat hanteringshulp in water verleen of as noodondersteuning dien indien die gasturbines weier.

181

9

Meganiese Tegnologie

Gasturbines in voertuie

Figuur 9.13: Rover JET1

Gasturbines kom op skepe, lokomotiewe, helikopters en in pantserwaens voor. Heelwat proefnemings is al met gasturbine-aangedrewe voertuie gedoen. In 1950 stel ontwerper F.R. Bell en hoofingenieur Maurice Wilks van die Britse motorvervaardiger Rover die wêreld se eerste motor met ’n gasturbineenjin bekend. Dié JET1 se enjin sit agter die voertuig se twee sitplekke, luginlaatsierroosters op elke kant van die motor en uitlaatpype op die agterkant. Met toetsritte haal die motor ’n topsnelheid van 140 km/h teen ’n turbinespoed van 50 000 omwentelings per minuut. Die motor het op petrol, paraffien en dieselolie geloop, maar weens brandstofverbruikprobleme is dit nooit vir die mark vervaardig nie. JET1 word in die Londense wetenskapmuseum uitgestal.
Koepee ’n Motor met ’n vaste dak, twee deure en ’n skuins agterkant (luikrug).

Hierna snoer Rover en die Britse renmotorvereniging (BRM) se Formule Eenspan kragte saam om ’n gasturbine-aangedrewe koepee te bou. In 1963 skryf hulle dit vir die 24 uur-wedren by Le Mans (in Frankryk) in. Met Graham Hill en Richie Ginther agter die stuur, lewer dit ’n gemiddelde spoed van 173 km/h en ’n topsnelheid van 229 km/h. In 1971 lig die hoof van Lotus, Colin Chapman, die sluier oor die Lotus 56B F1motor met ’n Pratt & Whitney-gasturbine. Colin Chapman was bekend daarvoor dat hy ongewone motors gebou het wat by die een na die ander kampioenskap met die louere weggestap het. Hierdie keer gooi hy egter die handdoek in weens probleme met turbovertraging/-sloering. Die fiktiewe “Batmobile” – superheld Batman se motor – word na bewering ook deur ’n gasturbine of straalenjin aangedryf. Vanaf die vyftiger- tot die vroeë tagtigerjare ontwikkel die Amerikaanse motorvervaardiger Chrysler verskeie prototipes van gasturbine-aangedrewe motors. In 1963 bou hulle vyftig turbinemotors, en onderneem hulle die enigste verbruikersproef met hierdie tipe voertuig.

Fiktiewe Nie gegrond op werklike gebeure nie; versinde.

Hibried Wat uit ’n samevoeging van twee elemente bestaan.

In 1993 stel General Motors die eerste kommersiële gasturbine-aangedrewe hibriedvoertuig bekend – as ’n beperkte reeks van die EV-1. In hierdie motor het ’n Williams International 40 kW-turbine ’n alternator aangedryf, wat op sy beurt die battery-elektriese kragtrein aangevuur het. Die turbine-ontwerp het ’n rekuperator ingesluit. Gasturbines bied ’n kragtige enjin in ’n klein en ligte verpakking. Dit reageer egter traer en is minder doeltreffend as klein suierenjins oor die wye reeks omwentelings per minuut en die kragbestek in voertuigtoepassings. Turbines was ook nog altyd duurder om te vervaardig as suierenjins, hoewel dit deels daaraan toe te skryf is dat suierenjins oor ’n lang tydperk in grootmaat vervaardig is, terwyl klein turbines betreklik skaars is. Dit is ironies dat die hoofvoordeel van stralers en turbo-aandrywers vir vliegtuie; hulle buitengewone werkverrigting

Enjins sonder aanjaer Enjins met ’n vergasser in plaas van ’n brandstofinspuiting.

182

Turbines
op groot hoogtes in vergelyking met suierenjins – veral dié sonder aanjaer – in voertuigtoepassings van nul en gener waarde is. Hulle krag-tot-gewigvoordeel is ook van veel minder belang. In hibriedvoertuie verminder die gebruik van gasturbines die reaksieprobleem, terwyl die ontwikkeling van die immerwisselende transmissie ook hierdie probleem kan help oplos. In die jaar 2000 maak die Marine Turbine Technologies (MTT) Turbine SUPERBIKE sy verskyning (vandaar MTT se naam Y2K Superbike), en word daarmee die wêreld se eerste produksiemotorfiets met ’n straalenjin. Hierdie enjin is ’n Rolls-Royce Allison Model 250-turbo-asenjin, en lewer ongeveer 283 kW. Tydens toetsing het die Superbike ’n topsnelheid van 365 km/h gehaal – blykbaar het die toetsspan nie genoeg pad gehad gedurende die toets nie! Die Superbike hou die Guinness-wêreldrekord vir die kragtigste en duurste produksiemotorfiets (en sal jou sowat VS$185 000 uit die sak jaag). Gasturbines is met meer sukses in militêre pantserwaens gebruik. In die vyftigerjare word ’n Conqueror-swaarpantserwa met ’n Parsons 650 pk.-turbine toegerus, en word dié turbines boonop as hulpkrageenhede in verskeie ander vervaardigingsmodelle aangewend. Deesdae gebruik die Russiese T-80- én Amerikaanse M1 Abrams-pantserwaens gasturbine-enjins. Verskeie soorte lokomotiewe is ook al deur gasturbines aangedryf – mees onlangs Bombardier se JetTrain.

9

Vloottoepassings
Gasturbines word in vele vlootvaartuie aangewend, en is veral gewild weens hulle hoë krag-tot-gewigverhouding, en die skepe se gevolglike versnelling en vinnige beweegvermoë. Die eerste gasturbine-aangedrewe vlootvaartuig was die Koninklike Vloot se Motor Gun Boat MGB 2009 (voorheen die MGB 509), wat in 1947 omgebou is. Die eerste groot gasturbine-aangedrewe skepe was die Koninklike Vloot se tipe 81- (Tribal-klas-) fregatte, waarvan die eerste (HMS Ashanti) in 1961 in diens gestel is. Tussen 1966 en 1967 vervaardig die Sweedse vloot ses Spica-klas torpedobote wat deur drie Bristol Siddeley Proteus 1282-enjins aangedryf is en elk 4 300 pk. kon lewer. Later vul die Swede hierdie ses met ’n verdere ses verbeterde Norrköpingklas skepe met dieselfde enjins aan. Met teenskeepsmissiele in plaas van die agterste torpedobuise, is dié skepe tot in 1986, toe die laaste een van diens onttrek is, as missielbote gebruik. Die eerste Amerikaanse gasturbine-aangedrewe skepe was die Amerikaanse Kuswag se Hamilton-klas kotters, bekend vir hulle hoë duursterkte. Die eerste van hierdie skepe, die USCGC Hamilton, is in 1967 in diens gestel. Sedertdien word gasturbines in die Amerikaanse vloot se Perry-klas fregatte, Spruance-klas en Arleigh Burkeklas torpedojaers en Ticonderoga-klas geleide-missielkruisers gebruik. USS Makin Island, ’n aangepaste Wasp-klas amfibie-aanvalskip, sal die Amerikaanse vloot se eerste amfibievaartuig wees wat deur gasturbines aangedryf word. Die 118 WallyPower, ’n 118-voet- (36 m-) lange superjag, word deur drie RollsRoyce-gasturbines aangedryf. Saam lewer hierdie enjins ’n totaal van 12 356 kW, wat die boot ’n volgehoue snelheid van 60 knope of 112 km/h laat haal. Nog ’n voorbeeld van die kommersiële aanwending van ’n gasturbine in ’n skip, is die Stena Discovery, wat General Electric se GE LM2500 gebruik.

Fregat ’n Oorlogskip, gewoonlik ligter as ’n torpedojaer.

183

9

Meganiese Tegnologie

Amateurgasturbines
’n Gewilde tydverdryf is om gasturbines uit motorturbo-aanjaers te bou. ’n Verbrandingskamer word geprakseer en loodreg tussen die kompressor en turbine geplaas. Verskeie klein maatskappye vervaardig klein turbines en onderdele vir die amateur.

Tegnologiese vooruitgang
Gasturbinetegnologie het teen ’n stewige pas ontwikkel, en navorsing lewer voortdurend al hoe kleiner gasturbines op. Rekenaarontwerp, in besonder CFD(“Computer Fluid Dynamics”-) programmatuur en begrensde-elementontleding (“finite element analysis”) (nalootserprogrammatuur) het saam met aansienlike tegnologiese vooruitgang hoër kompressieverhoudings en -temperature, doeltreffender verbranding, beter verkoeling van enjinonderdele, en minder vrystellings moontlik gemaak. Tegnologie staan nou voor die uitdaging om ’n katalitiese verbrander op so ’n wyse te laat werk dat koolstofmonoksied-vrystellings tot die minimum beperk word. In die negentigerjare word foelielaers boonop vir die eerste keer kommersieel in gasturbines aangewend. Hierdie laers kan meer as 100 000 “aansit-stop”-siklusse deurstaan, en maak dus ’n oliestelsel onnodig.

Assessering 3
1. Wat is die funksie van ’n gasturbine? 2.  Lees na oor die gasturbine en maak ’n opsomming van jou bevindinge op ’n halwe A4-blad. 3. Verduidelik die werkingsteorie van ’n gasturbine. 4. Vergelyk mikroturbinestelsels met suierenjins. 5.  Skryf jou navorsing oor die gebruik van gasturbines in motorvoertuie sedert 1950 neer. 6. Hoekom word gasturbines op vlootvaartuie gebruik? 7.  Sedert dit tot stand gekom het, gaan gasturbine-tegnologie aanhoudend en steeds snel vooruit. Doen navorsing oor die kleiner gasturbine.

Turbo-aanjaers
Het jy geweet? Die Indianapolis 500, wat ook as die Indy 500 bekend staan, is ’n Amerikaanse motorren wat elke jaar sedert 1911 plaasvind. Die ren word by die Indianapolismotorrenbaan in Indianapolis, Indiana gehou en lok skares van meer as 400 000 mense.

Geskiedenis
Die turbo-aanjaer is deur die Switserse ingenieur Alfred Buchi uitgevind, wat in daardie stadium aan stoomturbines gewerk het. Hy het in 1905 om sy patent vir die binnebrandturbo-aanjaer aansoek gedoen. In die twintigerjare begin dieselskepe en lokomotiewe met turbo-aanjaers hulle verskyning maak. Een van die eerste toepassings van ’n turbo-aanjaer in ’n nie-dieselenjin was toe Sanford Moss, ’n ingenieur by General Electric, ’n turbo in ’n V12 Liberty-vliegtuig geïnstalleer het. Die enjin is op ’n hoogte van 4 267 m bo seespieël by Pikes Peak in Colorado getoets, en het getoon dat dit die kragverliese wat gewoonlik op groot hoogtes in binnebrandenjins ervaar word, kon uitskakel. Turbo-aanjaers is vir die eerste keer vóór die Tweede Wêreldoorlog in die dertigerjare in produksievliegtuigenjins gebruik. Die doel met die meeste vliegtuigtoepassings was om die vlieghoogte van ’n vliegtuig te verbeter deur vir die laer atmosferiese druk op hoër hoogtes te kompenseer. Vliegtuie soos die Lockheed P-38 Lightning, Boeing B-17 Flying Fortress en B-29 Superfortress het almal van uitlaataangedrewe “turbo-drukaanjaers” gebruik gemaak om enjinkrag op groot hoogtes te vermeerder. Dit is belangrik om daarop te let dat vliegtuigenjins met turbo-drukaanjaers in der waarheid ’n rataangedrewe sentrifugale soort drukaanjaer in serie met ’n turbo-aanjaer gebruik het.

Voorste wegspringplek ’n Renterm vir die beste posisie aan die begin van ’n wedren.

184

Turbines
Turbodieselvragmotors is (meestal deur Cummins) ná 1949 in Europa en Amerika vervaardig. In 1952 maak die turbo-aanjaer opslae in die motorbedryf toe Fred Agabashian by die Indianapolis 500 vir die voorste wegspringplek in aanmerking gekom, en vir 160 km (100 myl) voor was voordat bandskerwe die blaser versper en buite aksie gestel het. Die eerste produksiemotorenjins met turbo-aanjaers was dié van General Motors. In 1962 is die A-platform Oldsmobile Cutlass Jetfire asook die Chevrolet Corvair Monza Spyder met turbo-aanjaers toegerus. Albei hierdie enjins is egter binne ’n paar jaar uitgefaseer, waarna General Motors se volgende turbo-enjin eers meer as tien jaar later die lig gesien het.

9

Skerwe Skerp stukke.

Funksie
’n Turbo-aanjaer is ’n dinamiese kompressor waarin lug of gas deur meganiese werking of stuwers (rotors met wieke) saamgepers word. Hierdie stuwers draai weens die kinetiese beweging van lug, en verleen so snelheid en druk aan die vloeimedium.

Werking

Figuur 9.14: ’n Turbo-aanjaer

Die meganiese konsep van ’n turbo-aanjaer draai om drie hoofonderdele. ’n Turbine word deur die uitlaatgas van ’n pomp, dikwels ’n binnebrandenjin, aangedryf ten einde ’n stuwer te laat draai, wat op sy beurt meer lug by die pomp se inlaat, of lugtoevoer, indwing. Die derde basiese onderdeel is ’n samestel wat om ’n spil draai en laers, smering, verkoeling asook ’n as bevat wat die turbine en stuwer regstreeks verbind. Die as, laers, stuwer en turbine kan teen snelhede van honderde, selfs duisende omwentelings per minuut draai. Die smeerstelsel kan ’n geslote stelsel wees, of uit die enjin se olietoevoer gevoer word. Dié stelsel kan terselfdertyd as verkoelingstelsel dien, of afsonderlike koelmiddel kan uit ’n eksterne bron deur die spil gepomp word. Oliesmering en waterverkoeling met behulp van enjinolie- en -koelmiddel is alledaags in motortoepassings.

Lugfilter

Inlaat

Turbo-aanjaer Uitlaat

Figuur 9.15: Die ligging van die turbo-aanjaer in ’n motor

185

9

Meganiese Tegnologie
Die turbine en stuwer sit elkeen in hulle eie gevoude koniese omhulsel aan weerskante van die draaisamestel. Hierdie omhulsels versamel en rig die gasvloei. Die grootte en vorm daarvan kan sommige werkverrigtingskenmerke van die algehele turbo-aanjaer bepaal. Die oppervlak van die keël, van radius tot middelpunt, word as ’n verhouding uitgedruk (AR, A R , of A:R). Dikwels maak die vervaardiger dieselfde basiese turboaanjaersamestel met veelvuldige AR-keuses vir die turbine-omhulsel en soms ook die kompressordeksel. Dit stel die ontwerper van die enjinstelsel daartoe in staat om na gelang van die betrokke toepassing of voorkeur, kompromisse tussen werkverrigting, reaksie en doeltreffendheid aan te gaan. Albei omhulsels lyk soos slakskulpe, en daarom word daar soms na turbo-aanjaers as “slakke” verwys.
Vervangende lugverkoeler Saamgedrukte lugvloei Turbo-aanjaer olie-inlaat Kompressor Omringendelug-inlaat Kompressorwiel Olie-uitlaat Afvoersluis Turbinewiel Uitlaatgas-uitlaat

Konies Keëlvormig.

Enjinsilinder

Figuur 9.16: Hoe ’n turbo-aanjaer loodreg in ’n motor gestel word

Deur teen ’n betreklik hoë spoed te tol, suig die kompressorturbine ’n groot volume lug op en dwing dit by die enjin in. Namate die turbo-aanjaer se leweringsvloeivolume die enjin se volumetriese vloei oorskry, begin daar lugdruk in die inlaatstelsel opbou. Die spoed waarteen die samestelling draai, is eweredig aan die druk van die saamgeperste lug en die totale massa lugvloei deur die enjin. Aangesien ’n turbo vinniger sal draai as wat nodig is, moet die spoed beheer word en word dié eienskap ook gebruik om die gewenste kompressiedruk te bepaal. ’n Afvoersluis is die algemeenste meganiese beheerstelsel, en word dikwels deur ’n elektroniese aanjaagkontrole ondersteun. ’n Turbo-aanjaer word gebruik om ’n enjin se leweringsrendement te verbeter deur een van die vernaamste beperkings daarvan op te hef. ’n Motorenjin sonder aanjaer gebruik slegs die afwaartse slag van ’n suier om ’n laedrukruimte te skep ten einde lug in die silinder op te suig. Aangesien die aantal lug- en brandstofmolekules die potensieel beskikbare energie bepaal om die suier in die afwaartse verbrandingslag in te dwing, én weens die betreklik konstante atmosferiese druk, sal ’n beperkte hoeveelheid lug en gevolglik brandstof uiteindelik die verbrandingskamer binnegaan. Turbineseksie
Turbinebehuising Turbine-uitlaatgasuitlaat

Kompressorbehuising

Turbinewiel Turbine-uitlaatgasinlaat

Kompressor-omringendeluginlaat Kompressorseksie

Kompressorlugontlaaier Kompressorwiel

186

Figuur 9.17: Die binnekant van ’n turbo-aanjaer

Turbines
Hierdie vermoë om die silinder met lug te vul, staan as die volumetriese rendement bekend. Aangesien die turbo-aanjaer die druk verhoog op die punt waar lug die silinder binnegaan, en die hoeveelheid lug wat die silinder binnegaan grootliks ’n funksie van tyd en druk is, sal meer lug opgesuig word namate die druk toeneem. ’n Turbo-aanjaer kan dus die inlaatdruk beheerbaar verhoog. Die aanwending van ’n kompressor om druk by die luginlaatpunt van die silinder te verhoog, staan ook as druk-induksie bekend. Sentrifugale drukaanjaers werk op dieselfde manier as ’n turbo. Die energie om die kompressor te tol, kom egter uit die draai-leweringsenergie van die enjin se krukas, en nie uit uitlaatgas nie. Om hierdie rede is turbo-aanjaers gewoonlik doeltreffender, aangesien hulle turbines inderwaarheid hitte-enjins is wat van die hitte-energie uit die uitlaatgas in nuttige arbeid omskakel – energie wat andersins verlore sou gaan. Ten koste van ’n gedeelte van die enjin se algehele kraglewering, gebruik drukaanjaers leweringsenergie om ’n netto-versterking te verkry.

9

Fundamentele feite
Een van die onfeilbaarste maniere om meer krag uit ’n enjin te kry, is om die hoeveelheid lug en brandstof wat dit kan verbrand, te vermeerder. Dit kan onder andere gedoen word deur silinders by te voeg (of die huidige silinders te vergroot). Soms is hierdie veranderinge nie haalbaar nie – ’n turbo is dan ’n eenvoudiger, meer kompakte manier om krag toe te voeg, veral as ná-aankoopbybehore.

Brandstofdoeltreffendheid
Aangesien ’n turbo-aanjaer die perdekraglewering van ’n enjin verhoog, sal die enjin ook groter hoeveelhede afvalhitte genereer. Dit kan ’n probleem wees wanneer ’n turbo-aanjaer in ’n motor gemonteer word wat nie ontwerp is om hoë hittelasse te hanteer nie. Hierdie bykomende afvalhitte dra sáám met die laer kompressieverhouding (in besonder die uitsettingsverhouding) van turboaangejaagde enjins tot ’n effens laer termiese rendement by, wat ’n klein dog regstreekse impak op die algehele brandstofdoeltreffendheid het. ’n Turbo-aanjaer laat ’n enjin meer brandstof en lug verbrand deur meer hiervan by die bestaande silinders in te dwing. Die tipiese aanjagingsdruk wat deur ’n turboaanjaer verskaf word, is 41,3 tot 55,2 kPa. Aangesien normale atmosferiese druk 96,52 kPa by seespieël is, bereik ongeveer 50% meer lug die enjin. Daarom sou ’n mens 50% meer krag verwag. Aangesien die stelsel egter nie volkome doeltreffend is nie, kry ’n mens uiteindelik ’n verbetering van 30-40%. Een oorsaak vir hierdie ondoeltreffendheid is die tol van die turbine. ’n Turbine in die uitlaatvloei veroorsaak ’n groter versperring in die uitlaat. Daarom moet die enjin op die uitlaatslag teen ’n groter teendruk werk, en gaan ’n mate van krag so verlore.
Maer mengsel ’n Betreklik lae konsentrasie petroldamp in lug.

Betroubaarheid
Indien die olietoevoer skoon is en die uitlaatgas nie weens maer mengsels of vervroegde vonkreëling op ’n petrolenjin oorverhit nie, kan ’n turbo-aanjaer uiters betroubaar wees. Die korrekte versorging van die eenheid is egter ook belangrik. Dit is duur om ’n turbo wat ingee en van sy blaaie verloor, te vervang. Die gebruik van sintetiese olies word in turbo-enjins aanbeveel. Hierdie olies word ontwerp en saamgestel om die betreklik strawwe omstandighede waaronder turbo-aanjaers werk, te weerstaan.

Vervroegde vonkreëling Wanneer die vonkreëling vroeër as normaal plaasvind.

187

9

Meganiese Tegnologie
Nadat die enjin teen ’n hoë snelheid geloop het, is dit belangrik om dit vir een tot drie minute teen luierspoed te laat loop voordat dit afgeskakel word. In hulle eienaarshandleiding beveel Saab byvoorbeeld ’n luiertyd van net dertig sekondes aan. Dit laat die turbodraaisamestelling weens die laer uitlaasgastemperatuur afkoel. Versuim hierin sou ook daartoe lei dat die kritieke olietoevoer na die turbo-aanjaer afgesny word wanneer die enjin stop, terwyl die turbine-omhulsel en uitlaatspruitstuk nog baie warm is. Dit kan die smeerolie wat in die eenheid vasgevang is laat verkook (of aankool) wanneer die laers oorverhit, en kan ook later die olietoevoer afsny as die enjin weer aangesit word, wat vinniger laerslytasie en -weiering tot gevolg sal hê. Klein deeltjies verbrande olie kan selfs aanpak en die olietoevoer smoor en tot weiering aanleiding gee. ’n Turboreëlaar is ’n toestel wat ontwerp is om ’n motorenjin vir ’n voorafbepaalde tydperk te laat loop sodat dit kan afkoel. Foelielaers skakel enige moontlike olieverkooksing uit, aangesien dit geen bykomende smering/smeermiddels verg nie.

Figuur 9.18: ’n Turbinewiel

Vertraging/sloering
Die bestuurder van ’n turbo-aangejaagde voertuig ervaar soms ’n vertraging wanneer die turbo ’n wyle neem voordat dit inskop nadat die petrolpedaal getrap word. Dit is omdat die uitlaatstelsel wat die turbine aandryf ’n rukkie neem om druk te verhoog, en die turbinerotor sy draaitraagheid oorkom om die nodige spoed te bereik om aanjagingsdruk te voorsien. Die regstreeks aangedrewe kompressor in ’n positiewe-verplasingdrukaanjaer het nie hierdie probleem nie. (Sentrifugale drukaanjaers bou nie soos positiewe-verplasingdrukaanjaers aanjagingsdruk teen lae omwentelings per minuut op nie.) Aan die ander kant verskaf ’n turbo-aanjaer met ligte lasse of teen lae omwentelings per minuut ’n kleiner aanjagingsdruk en is die enjin dus doeltreffender as ’n aangejaagde een.

Traagheid Newton se eerste bewegingswet bepaal dat alle liggame hulle rustende toestand of eenvormige, reguit voortbeweging behou, tensy hulle deur toegepaste kragte gedwing word om hulle toestand te verander. In hierdie verband verwys draaitraagheid dus na die weerstand wat die turbinerotor aanvanklik teen draaiing en versnelling tot ’n hoër spoed bied.

Aanjagingsdruk
Aanjagingsdruk verwys na die toename in spruitdruk wat die turbo-aanjaer in die inlaatweg, of meer bepaald die inlaatspruitstuk, genereer en wat normale atmosferiese druk oorskry. Dit is ook die aanjagingsvlak wat op ’n drukmeter gewoonlik in bar, “psi” (pond per vierkante duim) en kPa aangedui word. [Pascal is die standaard- metrieke drukeenheid. Een kilopascal (kPa) is gelykstaande aan 1 000 Pa, en 1 Pa is gelykstaande aan 1 newton per vierkante meter (N/m2).] Aanjagingsdruk word ook soms as “ponde aanjaging” uitgedruk en verteenwoordig die bykomende lugdruk wat verkry word bó die drukvlak wat sonder induksie bereik word.

188

Turbines
Aanjagingsdruk word beperk om die algehele enjinstelsel, insluitend die turbo, binne sy ontwerpte werksbestek te hou. Dit word gedoen deur die afvoersluis, wat die uitlaatgasse weg van die uitlaatkantturbine omtak, te beheer. In sommige motors hang die maksimum aanjaging van die brandstof se oktaanwaarde af, en word dit elektronies met behulp van ’n klopsensor gereël.

9

Omtak Druk.

Het jy geweet? Aangesien die turbo-aanjaer lug onder druk by die silinders inpomp en die suier die lug daarna nog verder saampers, word die klopgevaar al hoe groter. ’n Geklop in ’n motorenjin is die gevolg van temperatuurstygings namate die lug saamgepers word. Die temperatuur kan ver genoeg styg om die brandstof te laat ontvlam voordat die vonkprop ontsteek. Motors met turbo-aanjaers gebruik gewoonlik brandstof met ’n hoër oktaaninhoud om ’n geklop te verhoed. ’n Enjingeklop vind gewoonlik plaas wanneer die saamgeperste lug/brandstof-mengsel te vinnig ontsteek. Dit gebeur tydens die kompressieslag wanneer die suier te ver van die boonste dooiepunt is. Die uitsetting van verbrande gasse, en verhoogde silinderdruk weens die opwaarste suierbeweging, veroorsaak ’n baie hoë kompressieverhouding en dus ook te veel druk op die enjinonderdele, wat ’n klopgeluid tot gevolg het. Indien die aanjagingsdruk werklik hoog is, is dit dalk nodig om die kompressieverhouding van die enjin te verminder ten einde ’n geklop te voorkom.

Superaanjaers

Eaton-superaanjaer

Figuur 9.19: Die Eaton-aanjaer, ’n gewysigde Roots-aanjaer

Daar is drie soorte aanjaers: Roots, dubbelskroef en sentrifugaal. Hierdie drie verskil grootliks in hoe die aanjaer lug na die inlaatspruit van die enjin laat beweeg. Rootsen dubbelskroef-aanjaers gebruik verskillende soorte greepplate/-blaaie, terwyl ’n sentrifugale aanjaer ’n stuwer gebruik wat lug opsuig. Hoewel al hierdie ontwerpe aanjagingsdruk voorsien, verskil hulle doeltreffendheid aansienlik. Elke soort aanjaer is beskikbaar in verskillende groottes, afhangende van of jy bloot jou motorenjin wil aanjaag of aan ’n wedren wil deelneem.

189

9

Meganiese Tegnologie

Die Roots-aanjaer
Die Roots-aanjaer is die oudste ontwerp en is in 1860 deur Philander en Francis Roots gepatenteer as ’n masjien wat mynskagte kon help ventileer. In 1900 rus Gottlieb Daimler ’n motorenjin met ’n Roots-aanjaer toe.
Inlaatkant Inlaat

Uitlaat Uitlaatkant

Figuur 9.20: ’n Roots-aanjaer

Figuur 9.21: ’n 1940 Ford-bakkie met ’n Roots-aanjaer

Namate die greepplate tol, word die lug wat in die holtes tussen die plate vasgevang is vanaf die inlaat- na die uitlaatkant gevoer. Groot hoeveelhede lug beweeg in by die inlaatspruitstuk, en word “opgestapel” om positiewe druk te skep. Om hierdie rede is Roots-aanjaers eintlik weinig meer as lugblasers en word die term “blaser” dikwels gebruik om alle aanjaers te beskryf. Roots-aanjaers is gewoonlik groot en word bo-op die enjin gemonteer. Dit is ’n gewilde opsie vir omgeboude en hitsmotors, aangesien dit by die motor se enjinkap uitsteek. Dit is egter om twee redes die mins doeltreffende aanjaer: Dit maak die voertuig swaarder, en beweeg lug in onderbroke, hortende sarsies in plaas van ’n aaneenlopende, egalige vloei.

190

Turbines

9

Die dubbelskroef-aanjaer
’n Dubbelskroefaanjaer suig lug deur ’n paar greepplate op wat baie soos ’n stel wurmratte lyk. Soos by die Roots-aanjaer word die lug in ’n dubbelskroefaanjaer in holtes vasgevang wat deur die rotorplate gevorm word. ’n Dubbelskroef-aanjaer pers die lug binne-in die rotoromhulsel saam. Dit gebeur vanweë die rotors se koniese tapsheid, wat beteken dat die lugholtes kleiner word namate die lug vanaf die inlaatna die uitlaatkant beweeg. Namate die holtes krimp, word lug in ’n kleiner ruimte ingedwing.

Figuur 9.22: ’n Dubbelskroef-aanjaer

Dit maak die dubbelskroef-aanjaer doeltreffender, maar ook duurder, aangesien die skroeftipe rotor meer akkurate vervaardiging verg.

Sentrifugale aanjaer
Enige van hierdie aanjaers kan nadat ’n voertuig aangekoop is as versterking daarby geïnstalleer word. Verskeie maatskappye verkoop stelle met al die nodige onderdele ten einde ’n aanjaer as ’n doen-dit-selfprojek te installeer. In die wêreld van omgeboude en renmotors, is sodanige pasmaak-opsies ’n belangrike deel van die sport. Verskeie motorvervaardigers sluit ook aanjaers by hulle produksiemodelle in. Sentrifugale aanjaers is die doeltreffendste en algemeenste van alle drukinduksiestelsels. Hulle is klein, liggewig en sit vóór die enjin in plaas van boop. Dié soort aanjaers maak ook ’n kenmerkende tjankgeluid wanneer die enjin opgejaag word – iets wat gewoonlik die koppe laat draai. ’n Sentrifugale aanjaer dryf ’n stuwer teen baie hoë snelhede aan om lug vinnig by ’n klein kompressoromhulsel in te suig. ’n Stuwer is soortgelyk aan ’n rotor. Stuwersnelhede kan 50 000-60 000 o.p.m. bereik. Namate die lug by die spil van die stuwer ingesuig word, laat sentrifugale krag dit uitstraal. Die lug verlaat die stuwer teen ’n hoë snelheid, maar ’n lae druk. ’n Diffusor (spreier) – ’n stel stilstaande wieke rondom die stuwer – verander dié hoë-spoed-, lae-druklug in lae-spoed-, hoë-druklug. Lugmolekules beweeg stadiger sodra dit die wieke tref, wat die lugvloeisnelheid verminder en druk verhoog.

Het jy geweet? Volkswagen het onlangs ’n Twinchargerenjin in ’n Golf GT bekend gestel. Die Twincharger kom met ’n aanjaer asook ’n turbo-aanjaer. Teen lae omwentelings per minuut blaas die aanjaer lug in die silinders om laevlak-wringkrag te verbeter. Teen hoë omwentelings per minuut, wanneer daar genoeg uitlaatgasse geproduseer is, skop die turbo-aanjaer in om boonstevlakwerkverrigting te verbeter. Die GT-model, wat slegs in Europa te kry is, bereik 100 km/h in 7,9 sekondes. Dit kan ook teen 219 km/h loop terwyl dit steeds 16,64 km per liter lewer.

Figuur 9.23: ’n Sentrifugale aanjaer

191

9

Meganiese Tegnologie

Voor- en nadele van aanjaers
Die grootste voordeel van ’n aanjaer is beter perdekraglewering. ’n Aanjaer in ’n andersins doodgewone motor of vragmotor sal dit soos ’n voertuig met ’n groter, kragtiger enjin laat voel. Hoe gemaak indien ’n motoreienaar tussen ’n aanjaer en turbo-aanjaer probeer kies? Dié vraag veroorsaak vurige debatte onder motorwerktuigkundiges en -entoesiaste, maar in die algemeen het aanjaers ’n paar voordele bo turbo-aanjaers. •  Aanjaers het nie die probleem van vertraging/sloering nie – die tydsverloop tussen wanneer die bestuurder die petrolpedaal trap en wanneer die enjin uiteindelik reageer. Turbo-aanjaers daarenteen het wél ’n sloerprobleem, aangesien dit ’n paar oomblikke neem voordat die uitlaatgasse ’n hoog genoeg snelheid bereik om die stuwer/turbine aan te dryf. Aanjaers het nie hierdie tydsverloop nie, aangesien dit regstreeks deur die krukas aangedryf word. •  Sekere aanjaers het ’n beter rendement teen laer omwentelings per minuut, terwyl ander weer doeltreffender by hoër omwentelings per minuut is. Rootsen dubbelskroef-aanjaers bied byvoorbeeld meer krag by laer omwentelings per minuut. Sentrifugale aanjaers, wat doeltreffender raak namate die stuwer vinniger tol, bied weer meer krag by hoër omwentelings per minuut. •  Die installering van ’n turbo-aanjaer verg uitgebreide wysiging van die uitlaatstelsel, terwyl gewone aanjaers bloot aan die bo- of sykant van die enjin vasgebout kan word. Dit is dus goedkoper om te monteer, en makliker om te versien en in stand te hou. •  Aanjaers verg ook geen spesiale afsluitprosedure nie. Aangesien dit nie met enjinolie gesmeer word nie, kan dit normaalweg afgeskakel word. Turbo-aanjaers moet egter vir ongeveer dertig sekondes luier voordat dit afgeskakel word om die smeerolie geleentheid te bied om af te koel. Aanjaers moet egter goed opgewarm word, aangesien dit die beste werkverrigting by normale werkstemperature lewer. Aanjaers is algemene byvoegings by vliegtuigbinnebrandenjins. Dit maak sin indien ’n mens daaraan dink dat vliegtuie die meeste van die tyd op groot hoogtes vlieg, waar daar aansienlik minder suurstof vir verbranding beskikbaar is. Met die installering van aanjaers in vliegtuie, kan hoër vlieghoogtes bereik word sonder om enjinwerkverrigting in te boet. Aanjaers hou dus wél ’n paar voordele bo turboaanjaers in.

Assessering 4
1.  Doen navorsing oor die geskiedenis van die turbo-aanjaer, en som jou bevindings op. 2. Wat is die funksie van die turbo-aanjaer? 3. Verduidelik die werkbeginsel van ’n turbo-aanjaer. 4. Watter impak het ’n turbo-aanjaer op brandstofdoeltreffendheid? 5. Verduidelik die volgende konsepte: (a) vertraging/sloering en (b) aanjaging. 6. Watter drie soorte aanjaers is beskikbaar? 7. Verduidelik die werking van die volgende: (a) die dubbelskroef-aanjaer en (b) die sentrifugale aanjaer. 8. Vergelyk die voor- en nadele van ’n aanjaer.

192

0003

Sign up to vote on this title
UsefulNot useful