You are on page 1of 2

+(,121/,1(

Citation: 2009 J. S. Afr. L. 785 2009 Content downloaded/printed from HeinOnline (http://heinonline.org) Thu Jun 13 08:24:27 2013 -- Your use of this HeinOnline PDF indicates your acceptance of HeinOnline's Terms and Conditions of the license agreement available at http://heinonline.org/HOL/License -- The search text of this PDF is generated from uncorrected OCR text. -- To obtain permission to use this article beyond the scope of your HeinOnline license, please use: https://www.copyright.com/ccc/basicSearch.do? &operation=go&searchType=0 &lastSearch=simple&all=on&titleOrStdNo=0257-7747

SKEIDING VAN MAGTE

App~lregter Harms kom in die lig van die voorgaande tot die gevolgtrekking dat die diensbaarhede wat in die onderhawige geval deur verjaring verkry is beide positiewe diensbaarhede is en dat geen negatiewe serwituut ter sprake is nie (333H). 10 Gevolgtrekking Die hoogste hof van app61 beslis myns insiens juis dat die diensbaarheid wat wel ten gunste van Matjiesrivier deur verjaring gevestig het ten opsigte van die water wat uit die fontein ontspring geen beletsel inhou vir die eienaar van Uitkomst om water via sy boorgat en pomp te onttrek wat waarskynlik tot die afname in die vloei van daardie fontein sou strek nie: "Hieruit voIg dit dat die reg wat Matjiesrivier op al die water in die fontein gekry het, in die omstandighede van hierdie saak, nie behels dat Uitkomst sonder meer onbevoeg is om water wat na die fontein sypel, toe te eien nie" (338D). JC SONNEKUS Universiteitvan Johannesburg

SKEIDING VAN MAGTE: DIE BESTEK VAN GEREGTELIKE KONTROLE OOR DIE WETGEWENDE GESAG Glenisterv Presidentof the RSA 2009 2 BCLR 136 (KH) 1 Agtergrond 1.1 Skeiding van magte Van alle leerstellings het die skeiding van magte-leerstuk deur die geskiedenis heen waarskynlik die grootste invloed op die struktuur van moderne staatkundige stelsels en die sistematisering van die staatsreg uitgeoefen (Rautenbach en Malherbe Staatsreg (2009) 91). Die leerstuk het hoofsaaklik ontwikkel om 'n oorkonsentrasie van mag, wat tot misbruik kan lei, hok te slaan en is daarom kenmerkend van demokratiese stelsels (vir 'n onlangse oorsig van die ontstaan en ontwikkeling van die leerstuk, sien Seedorf en Sibanda "Separation of powers" in Woolman, Roux en Bishop (reds) ConstitutionalLaw of South Africa (Jun 2008) hfst 12). Die skeiding van magte is ook kenmerkend van die Suid-Afrikaanse grondwetlike bestel. Grondwetlike beginsel VI vervat in bylae 4 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993 (die oorgangsgrondwet) het voorgeskryf dat daar in die finale grondwet 'n verdeling van magte tussen die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag moet wees. In die sertifiseringsuitspraak het die grondwetlike hofbevind dat die grondwetteks van 1996 aan hierdie beginsel voldoen (In re: Certification of the Constitution of the RSA, 1996 1996 10 BCLR 1253 (KH) par 106113; sien die kommentaar van Malherbe "Die sertifisering van die 1996 grondwet" 1997 TSAR 356 360). Die hofbevind tereg dat daar nie 'n universele model vir die skeiding van magte bestaan nie en dat daar ook nerens 'n voorbeeld van 'n absolute skeiding van magte is nie (par 108). Volgens die hoftas die oorvleueling tussen die wetgewende en uitvoerende gesag in die finale grondwetteks, waarteen beswaar gemaak is, nie die beginsel aan nie en versterk dit eerder die uitvoerende gesag se verantwoordingpligtigheid teenoor die wetgewende gesag. Trouens, die vorm wat
[ISSN 0257 - 7747]

TSAR 2009.4

HeinOnline -- 2009 J. S. Afr. L. 785 2009

You might also like