You are on page 1of 31

Voorwoord deur skrywer

Die boekie in ‘n elementêre werkie bedoel om belangstelling in Argeologie onder


jong Suid-Afrikaners te kweek. Dit probeer nie om volledig te wees, of om die
romantiek aan argeologie onnodig weg te stroop nie. Ons kyk dus ook na
aspekte wat nie sommer in gesaghebbende werke bespreek sal word nie, soos
die Verlore Stad van die Kalaharie, maar darem met die nodige ontledings sodat
die jongeling ‘n idee kan vorm van hoe feit van fiksie geskei word.
Argeologie delf in die verlede, maar tog is dit wat vandag opgeteken word môre
reeds effens verouderd. Die rede daarvoor is dat dit nie moontlik is om in die kort
bestek van die bestaan van paleontologie en argeologie oornag ‘n volledige en
korrekte prentjie van die miljarde jare van die aarde se geskiedenis te
rekonstrueer nie. Stukkies van die legkaart word op ‘n daaglikse grondslag
iewers opgediep, ou, vergete bronne word herontdek, en die tegnologie vir
datering word deurlopend verbeter.
Hierdie werkie is so geskryf dat dit in harmonie staan met die aanhangers van
Godgedrewe evolusie (Teïstiese evolusie) en gewone kreasionisme. Ek besef dis
nie dieselfde nie, maar die doel van argeologie is nie om die paleontoloog se
werk oor te neem nie, en daarom nie werklik relevant nie. Aanhangers van die
jong aarde kreasionisme moet asseblief nie hierdie boekie lees nie. Aspekte
wat veel ouer as die sesduisend jaar is wat hulle beweer die aarde oud is, word
as gegewe behandel, en nie gedebatteer nie. In hierdie werkie word van die
standpunt uitgegaan dat God die Skepper is, en dat een dag soos ’n duisend jaar
(simbolies bedoel) vir God is (2 Petrus 3:8 en Psalm 90: 4).
Met hierdie aspek uit die weg geruim, kan nou ongehinderd gekyk word na die
feite wat die wetenskap op die tafel plaas.
Onlangse ontdekkings by die Wonderwerkgrot in die Noord-Kaap verbreed juis
die horisonne deurdat klipwerktuie gevind is wat sowat 2 miljoen jaar
terugdateer, en ou opvattings oor die ouderdomme van die oudste Steentydperk
bietjie in die war stuur—as ‘n mens nie bygehou het nie.
Die gedagte is ook dat hierdie boekie van tyd tot tyd bygewerk sal word tot
geoordeel word dat dit gereed is om in gedrukte vorm te kan verskyn.
Intussen is die doel doodgewoon om die belangstelling te prikkel en jong mense
aan te moedig om self verder op te lees, en meer uit te vind.1
Herman Toerien

1
Grafika op voorblad: Kennis: Zimbabwe-ruïnes en rotsskets van die geheimsinnige “wit vrou” in die
Brandberg, Namibië
Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Definisie: Wat is argeologie?

3. Argeologie en die Bybel

4. Wonderwerkgrot

5. Steentydperke

6. Gestroop van misterie: Zimbawe-ruïnes

7. Raaisel in die middel van die stad

8. Verlore stad van die Kalaharie

9. Die Koranna: Dalk die Proto-verhaal van die Afrikaanses?

10 Duisend jaar Christendom in Amerika

11. Die vervloekte walvis

12. Paleontoloog steeds onthou

13. Argeologie in belang van vandag se aktualiteit

14. Argeologie: Wat kan ek doen?

Inleiding
My belangstelling in argeologie het baie vroeg in my lewe ontwikkel, en was
waarskynlik te verwagte in die lig daarvan dat my pa, wyle prof. Jan Toerien, ‘n
opgeleide paleontoloog was wat in ‘n stadium saam met die vermaarde prof.
Raymanond Dart en prof. Phillip Tobias van die Bernard Price-Instituut by Wits
gewerk het, en my ma, Johanna, wat ‘n opgeleide argeoloog is. Van kleins af het
ek ‘n lewende belangstelling in klippe gehad, wat goedkeurend deur my pa—ook
‘n opgeleide geoloog, gade geslaan is. My belangstelling in die argeologie het
eers ietwat later gekom. Ons het destyds in Stellenbosch gewoon en op ‘n dag
bring my pa vir my twee pragtige klipwerktuie wat hy met sy gewerskaf in die tuin
gekry het. Beide was deel van die Stellenbosch-kultuur—’n kultuur uit die eerste
steentydperk. Veral die een werktuig was ongeskonde en die vernuftige kapwerk
om dit so fyn afgewerk te kry, het my verstom.
Tydens ‘n paleontologiese veldbesoek op ‘n familielid se plaas by Fauresmith het
ek in aanraking met die Fauresmith-hultuur gekom, wat weer uit die laat
steentydperk dateer.
Teen daardie tyd het geen ongewone klip—hetsy interessante klip, werktuig,
versteende been of hout of ander klip, my oog ontglip nie, en geoloë wat iewers
in die verre toekoms opgrawings op my erf doen, gaan beslis kopkrap oor hoe so
‘n bonte versameling daar beland het, al is heelwat aan veral die Nasionale
Museum in Bloemfontein geskenk..
Hierna het ek in die Kinderensiklopedie oor die Zimbawe-ruïnes gelees in ‘n tyd
toe nog min oor die herkoms bekend was. Kort daarna lees ek in ‘n Dennis the
Menace-strokiesboek van die Asteekse beskawing, en my belangstelling in
argeologie vat behoorlik vlam. Op universiteit was ek dan ook bevoorreg om
Bybelse Argeologie as deel van Hebreeus te neem. My eerste argeologieboek,
Beginning in Archaeology deur Kathleen Kenyon, het in 1971 ‘n netjies R3,45
gekos.
Suider-Afrika het nie indrukwekkende piramides soos Egipte en Sentraal
Amerika nie. Tog is Suider-Afrika ‘n baie interessante gebied vir die argeoloog
om in navorsing te doen en oorblyfsels van ou kulture en werktuie te soek.
Suider-Afrika word nie verniet die wieg van die mensdom genoem nie, met
aanduidings dat die vroegste mens hier
ontwikkel het, en dat die moderne mens
later ook hier ontwikkel het.
Dit beteken dat getuienis van die mens se
vroegste werktuie, soos klipwerktuie uit
die eerste Steentydperk, hier gevind word.
Ook oorblyfsels uit die middel– en laat-
Steentydperke is gevind. Trouens, vandag
woon enkele van die San-mense nog in
omstandighede wat baie moes
ooreenstem met die laaste Steentydperk.2

2
Voorbeelde van klipwerktuie uit die verskillende Steentydperke:
Handbyl uit die eerste (vroeë) Steentydperk
Klipwerktuig uit die Middelsteentydperk
Halfmaanvormige klipwerktuig uit die Laat Steentydperk
Duimnaleskraper
Eendbekskraper
Deurboorde klip (‘n stok met ‘n skerp punt is daardeur gesteek, om die stok meer gewig te gee sodat kos
makliker uit die grond gegrawe kon word)
Wanneer aan antieke ryke soos dié van die Egiptenare, Hetiete, Babiloiniërs,
Asteke, Inkas, Mayas, Tolteke en Olemeke gedink word, word Suider-Afrika
maklik misgekyk. Tog het argeoloë lank in verwondering navorsing oor die
Zimbabwe-ruïnes gedoen. Maar die Zimbabwe-ruïnes was deel van ‘n
indrukwekkende gebied van klip-bouwerke wat tot diep in Suid-Afrika ingestrek
het. Vandag nog bied die Mopungugwe-heuwel heelwat vir navorsers, terwyl die
ommuurde Tswana-stat, Kaditshwene (ongeveer van 1600 tot 1823 bewoon) , in
ooreenstemmende tye groter as Kaapstad was. 3
Baie van die argeologiese misteries bly onbeantwoord, en as dié boekie ’n
persoon se belangstelling prikkel wat eendag as argeoloog van die antieke
raaisels oplos, sal dit in sy doel geslaag het. Juis daarom word die misteries—
sommiges heel waarskynlik verdigsels of mites, nie sonder meer nek omgedraai
nie. Trouens, as die amateur-argeoloog, Heinrich Schliemann (1822—1890)
soos sy tydgenote geglo het die verhaal van Troje was ’n mite as deel van
Homerus se klassieke werke, sou hy nie daarna gaan soek en dit in 1870 gekry
het nie! Trouens, hy het nie net die Troje van die hout perd (ongeveer 1240 vC)
gekry nie, maar oorblyfsels van nege stede wat op die terrein gebou is. Trouens,
argeoloë het gou vasgestel dat Schliemann verkeerd was oor die laag wat hy
gemeen het die Troje was wat hy gaan soek het.
Die Suid-Afrikaanse geheime soos die verlore stad van die Kalahari word dus nie
sonder meer afgeskiet nie, maar die misterie waarin dit verweef is eerder benut
om kliniese argeologiese terme en tegnieke te verduidelik, en verklarings vir wel

Bron: Kennis

3
2007Volksblad Bl.8 Briewerubriek Jou Mening Brief getuig van minagting
Ben Groenewald se brief, Jan van Riebeeck het dit nie begin nie (13 Maart 2007), waarin hy
minister Pallo Jordan knyp, getuig ongelukkig ook nie net van onkunde nie, maar minagting van
inheemse kulture. Skynbaar verwar hy die inheemse inwoners van Van Riebeeck se tyd met die
oertydse grotbewoners met sy stellings dat hulle in grotte en in die bosse gebly het, en nie
plekname geken het nie.
Hulle het. So weet ons via die Korannas wat die Koi-inwoners se naam vir die Sandrivier was. Ook
Gariep het sy naam in ’n Koi-taal.
Dit sal Groenewald ook loon om te gaan nalees oor die ommuurde nedersetting Kaditshwene naby
Madikwe wat van omstreeks 1600 tot 1823 bewoon is, en volgens navorsing groter was as
Kaapstad in die ooreenstemmende tydperke.
Om in die debat oor plekname en hul herkoms neerhalend teenoor ander te wees stook net die
gees teen versoening, en help glad nie die saak om vir sekere plekname te stry nie. In hierdie saak
is vriende met gedeelde belange van die allergrootste belang en kan die wit Afrikaner en bruin
mense hande vat om die naam Bloemfontein te behou, wat volgens sommige bronne na die
Koranna-hoofman Jan Bloem genoem is.
Koba van Rooi
Petuniastraat 4, Heidedal
bekende klipbouwerke te vind.

Definisie: Wat is argeologie?


Met ‘n definisie kan die romantiek so maklik uit argeologie gehaal word. Hoewel
daar in die werk van ‘n argeoloog min plek vir die romantiek is, is dit waarskynlik
in die meeste gevalle so dat die romantiek
wat die argeologie omhul die persoon in die
eerste plek getrek het om argeoloog te
word—om self te help om tergende
geheime te ontrafel.
Gereeld onderneem Suid-Afrikaners nog
ekspedisies na die Kalahari om na die
ontwykende Verlore Stad te gaan soek.
Elders in die wêreld word verhale geskryf
met Atlantis en Mu, beskawings wat volgens
oorlewering onder die see verdwyn het, as
tema.
Die harde werklikheid is maar te dikwels
tydsame en moeisame uitgrawings met ‘n
troffeltjie, teelepel en tandeborsel sodat
kosbare artefakte nie beskadig word nie,
onder primitiewe omstandighede. Moderne tegnologie help darem ook, soos
radar en sonar, lugfoto’s en telefotografie.4
Die Wêreldspektrum beskryf argeologie as die wetenskaplike studie van
oorblyfsels van menslike lewe en bedrywighede van die Oudheid, en word
daarom ook die oudheidkunde genoem.
Dit wat die argeoloog vind (artefakte) moet binne ’n bepaalde konteks geplaas
word. So sluit die argeologie by die geskiedenis aan—dit vul leemtes omdat die
geskiedenis nie altyd bewaar gebly het nie. Dit is skokkend om te lees hoe die
opgetekende geskrifte van baie beskawings deur veroweraars of opvolgers self
vernietig is. Argeoloë speel nou ’n baie belangrike rol om daardie geskiedenis te
rekonstrueer. Nie alle beskawings het skrif geken nie, en werklike opgetekende
bronne het dus ook nooit bestaan nie. Soms het kennis oor ou skrifvorme of selfs
die taal verlore gegaan, en is dit baie moeilik om dit te ontsyfer. Baie geheime is
moontlik opgeteken in die hiërogliewe wat op die bouvalle van die Titicacameer
in die Andes gevind is, maar nie ontsyfer kan word nie.
In Suider-Afrika is nie regstreekse geskrewe bronne uit die oudheid nie. Onlangs
het die Chinese regering ‘n kopie van ‘n antieke kaart wat Chinese seevaarders
lank voor Bartolomias Diaz van Kaappunt geteken het, aan die Suid-Afrikaanse
parlement oorhandig. Uit ander antieke geskrifte wil dit voorkom asof ook die
Fenisiërs lank gelede om die Kaap gevaar het.
Hoewel argeologie by die geskiedenis aansluit, toon die werkwyse van die
argeoloog veel meer ooreenkomste met die natuurwetenskappe. So skryf
Wêreldspektrum dat dit bykans ondenkbaar is dat ‘n argeologiese

4
Kenyon, Kathleen M.: Beginning in Archaeology, 1971
opgrawingsverslag nie ook bydraes van geoloë, mineraloë, plant– en
dierkundiges, antropoloë en chemici sal bevat nie. By verskeie opgrawings kon al
heelwat te wete gekom word deur oorblyfsels van byvoorbeeld stuifmeel te
bestudeer.

Argeologie en die Bybel


Is die Bybel en argeologie in stryd met mekaar?
Nee, dit kan nie.
Thompson beskryf Bybelse argeologie soos volg:
“When we extract from the field of general archaeology all the material that is
relevant to the Bible, then organise our material into a formal study, we have the
substance of a course in Biblical archaeology.”5
Thompson wys op vier aspekte wat vir die Bybelstudent van waarde is:
1. Dit skep die agtergrond waarin mense soos Abraham geleef het,
2. Tweedens is die Bybel nie ‘n volledige rekord van sy tyd nie.
3. Die argeologie help om dele van die Bybel te vertaal en te verstaan wat
andersins baie moeilik sou kon geskied
4. Bybelse argeologie het ‘n belangrike rol gespeel om skeptisisme oor die
geskiedkundige akkuraatheid van die Bybel, wat aan die einde van die
19de eeu posgevat en na die begin van die 20ste eeu oorgeloop het,
verkeerd te bewys.
Soos ons binnekort sal sien, strek die laaste Steentydperk tot ongeveer 10 000
jaar terug. Dit is maar ‘n fraksie van die ouderdom van die aarde, wat op
ongeveer 4 500 miljoen jaar bereken word. DNA-toetse dui daarop dat die
gesamentlike voorouer van die mens en die gorilla sowat 10 miljoen jaar gelede
uit mekaar ontwikkel het, terwyl die gesamentlike voorouer van die mens en
sjimpansee sowat 5 miljoen jaar gelede uit mekaar ontwikkel het.
Ons het pas heeltemal buite die tydsraamwerk van die argeologie beweeg, en
die velde van die paleontologie, die geologie en geomorfologie betree. Die doel
hiervan is bloot om ‘n tydskonsep te vorm.
In die jongste aantal jare het ‘n leerstuk ontwikkel, wat bekend staan as die jong
aarde kreasionisme. Volgens hierdie leerstelling is die ganse skepping slegs
sowat 6 000 jaar oud.
Dit is sommer gou duidelik dat hierdie leerstelling onbestaanbaar is naas nie net
die geologie, geomorfologie en paleontologie nie, maar ook die argeologie en
Bybelse argeologie omdat die mense se kultuuraktiwiteite veel, veel verder terug
strek as 6 000 jaar. Trouens, die laaste ystydperk het sowat 10 000 jaar gelede
ten einde geloop, en verklaar hoekom soveel artefakte, soos ook klipwerktuie
aan die Suid-Afrikaanse kus, taamlik diep in die see aangetref word.
Die MacMillan Bible Atlas wys onder meer daarop dat die stad Jericho reeds 7
000 jaar gelede ‘n ommuurde stad was, terwyl dit onseker is of dié stad werklik
so ‘n uitsondering van sy tyd was. Dié bron meld ook dat die vroegste menslike
bewoners die landstreek reeds sowat ‘n half miljoen jaar gelede bewoon het.
Die jong aarde kreasionisme verskil van die ou Bybelse opvattings deurdat dit die

5
Thompson, J.A,: The Bible and Archaeology, 1973
Bybel as “bewysboek” gebruik, eerder as geloofsboek. Dit ruim dus geen plek in
vir Bybelse argeologie en dus behoorlike teologiese ondersoek in nie. Die jong
aarde kreasioniste ontken nie die bestaan van dinosourusse nie, en ook nie
kontinentale drywing nie. Hoewel op baie van dieselfde argumente staatgemaak
word as die aanhangers van die plat aarde teorie, word nie noodwendig geglo
die aarde is plat nie. Die probleme wat die jong aarde kreasionisme ervaar, word
onder meer verklaar deur te beweer die dinosourusse en die mens het saam
geleef (en dat die dinosourusse byvoorbeeld saam op die ark was) en dat die
kontinentale drywing in een jaar plaasgevind het. Verklarings word ook
aangebied oor hoe dit moontlik is dat sterre wat miljoene ligjare van die aarde af
is se lig die aarde binne sesduisend jaar kon bereik.
Wetenskaplike bewyse dat kontinentale drywing teen enkele sentimeters per jaar
plaasvind, DNA-toetse en self die uitdyende uitspansel word as sameswerings
en bedrog deur wetenskaplikes afgemaak.
Bepaal die Bybel werklik dat die aarde net 6 000 jaar oud is?
Die 6 000 jaar word skynbaar bereken deur stamregisters wat in die Bybel
aangeteken is, se tydperke bymekaar te tel tot by Adam en Eva. Die
skeppingsdae word dan letterlik opgeneem om ook die tydperk van “woes en
leeg” tot enkele 24-uur dae te reduseer, hoewel die son volgens hierdie letterlike
opvatting toe nog nie geskep was nie.
Die twee Bybelse verwysings, een in die Ou en een in die Nuwe Testament dat
een dag vir God soos ’n duisend jaar is, en ’n duisend jaar soos een dag, word
geïgnoreer of uit konteks gehaal. (Psalm 90 en 2 Petrus 3, NetBible).
Die werklike verklaring eindig ook nie hier nie. Die duisend jaar simboliseer die
oneindigheid (God het immers tyd ook geskape). Die getal “duisend” speel ‘n
baie belangrike simboliese rol in veral die Ou Testament. Ons lees byvoorbeeld
hoe die Israeliete toe hulle Kanaänitiese stede met die banvloek getref het,
“tienduisende” doodgeslaan het. Argeologiese opgrawings bring egter aan die lig
dat van hierdie “stede” klein nedersettings van skaars enkele honderde inwoners
gehad het.
‘n Tweede dwaling deur die jong aarde kreasioniste is om die Hebreeuse woord
“ben” wat in stamregisters gebruik word, deurgaans met “seun” in plaas van
“nageslag” te vertaal.
Wanneer die Bybel teologies suiwer gebruik word, is daar geen botsing meer
tussen die argeologie en die Bybel nie.
Trouens, Bybelse argeologie speel ‘n baie belangrike rol om die Bybel beter te
verstaan. So is byvoorbeeld aanvanklik geglo dat Moses self die outeur van die
eerste vyf boeke van die Bybel was. Dit het egter geblyk dat van die stede
waarna verwys word, eers ontstaan het lank na Moses se dood.
So kon dan vasgestel word dat die “boeke van Moses” die werk van ‘n groot
aantal skrywers was wat oorleweringe opgeteken het. Skrif self het taamlik laat in
die mens se geskiedenis ontstaan, en daarom is baie op oorlewering gebaseer.
Bybelse argeologie het ook aan die lig gebring dat die huisgode wat Lea by haar
vader, Laban, vasgelê het nie afgodsbeeldjies was nie, maar in die
besproeiingsgebiede van Mesopotamië die benaming was vir titelaktes van
grond was.
Danksy die opgrawingswerk en ander navorsing van argeoloë het ons vandag ‘n
taamlike beeld van hoe Salomo se tempel, asook Herodes se tempel daaruit
gesien het. Trouens, op hierdie manier het ons ‘n idee hoe Jerusalem en ander
stede in verskillende tydsvakke gelyk het. Verklarende Bybels soos NetBible se
verklarende notas is in ‘n groot mate geskoei op die resultate van argeoloë se
navorsing. So bestaan die Bybel en die argeologie in harmonie—dit kan immers
anders nie want beide is die produk van God se skepping.
In die lig hiervan is dit ironies dat die jong aarde kreasioniste nie net bestaan nie,
maar in getalle groei. Trouens, in so ‘n mate dat die Europese Unie, gesteun
deur verskeie Christen-demokratiese regerings, in 2007 ‘n gewysigde dokument
aanvaar het met die titel, Die gevaar van kreasionisme. Ingevolge dié besluit
mag jong aarde kreasionisme nie as deel van wetenskapvakke op skool
aangebied word nie.
Die frustrasie wat met die jong aarde kreasionisme ervaar word, is dat dié teorie
alle ander benaderings, insluitend die ou aarde kreasionisme, Godgedrewe
evolusie en “intelligent design” as onbybels verwerp, en byvoorbeeld nie die
onderskeid tussen Godgedrewe evolusie en toevallige evolusie erken nie. Talle
Christene, en heel kerkverbande, word hierdeur tot “nie-Christene” verklaar, ’n
oordeel wat slegs God self toekom.
Die sogenaamde “oortuigende bewyse” deur die jong aarde kreasioniste dat die
mens en die dinosourus “tydgenote” was (walking with dinosaurs) kan met
enkele aantekeninge afgemaak word.
Eerstens kom nie alle aspekte van tydvakke in dieselfde grondlae en selfs rotslae
voor nie. Een van die argeoloë se gunsteling delfplekke is juis asgate. Hierdie
asgate is uiteraard deur die lae van verskillende tydvakke gegrawe. Troje is maar
een voorbeeld waar mense oor duisende jare op dieselfde terrein die een stad na
die ander op die murasies van ‘n verwoeste stad gebou het. Dit verg dus
deeglike wetenskaplike kennis om te kan onderskei tussen items wat dieselfde
ouderdom het as die laag waarin dit gekry is, en veel jonger items wat in die ou
laag begrawe is. Soortgelyk beteken die opgrawe van veel jonger klipwerktuie in
baie ou rotslae in Tafelberg nie dat die rotslae verkeerd gedateer is nie, maar dit
kon grotte gewees het wat voorheen bewoon was, en ingestort het.
Die paleontologie ken die begrip van ‘n “nismark” en ‘n dier sal dus gewoonlik
ontwikkel om in daardie “nismark” te bestaan. In die era van die dinosourusse
was daar onder meer “reptielvisse” wat presies dieselfde funksie vervul het as
die soogdiere soos dolfyne nou doen. Dié “visse” het ook baie soos die dolfyne
gelyk. Ook vlieënde reptiele het voorgekom.
Selfs vandag, na baie jare se opgrawings, word gereken dat oorblyfsels van
slegs ‘n baie klein fraksie van alle dinosourusse wat bestaan het, al gevind is.
Dat daar ‘n “nismark” sou wees vir ‘n dier wat oppervlakkig kenmerke van die
mens sou kon hê is nie net moontlik nie, maar waarskynlik. Voetspore van
“mense” binne dinosourus-voetspore is dus nie so onmoontlik nie. Bronne wat
die jong aarde kreasioniste as bedrog afmaak, wys byvoorbeeld daarop dat die
jong aarde kreasioniste onderneem het om verwysings na dinosourusspore bo-
oor mensspore uit hul literatuur te verwyder, sou een van hul eie mense bewys
dat die spore nie mensspore was nie. Na dit wel gedoen is, is die literatuur
hiervan ook gesuiwer, hoewel dit weer sedertdien teruggevoeg is.
Ook die voorbeeld wat graag gebruik word dat lawa wat wetenskaplikes sou
bevind het, miljoene jare oud is terwyl dit van ‘n relatief jong uitbarsting afkomstig
was, is bewese bedrog. Die jong aarde kreasioniste het naamlik op
koolstoftoetse aangedring en daarvoor betaal, terwyl die wetenskaplikes daarop
gewys het dat koolstoftoetse nie op rotsouderdomme gebruik kan word nie, en ‘n
foutiewe lesing noodwendig was.
Ook aansprake dat die uitdyende heelal “verkeerd bewys is” is as bedrog bewys,
deurdat die liggolflengtes van ‘n enkele hemelligaam uit miljarde gebruik. Ook dit
word wetenskaplik maklik verklaar, soos wanneer ‘n fakkel op ‘n skip afgevuur
word, en die skip dan kortstondig in ‘n “verkeerde rigting” onder die fakkel
deurvaar, hoewel hulle in dieselfde rigting beweeg.
Om te beweer dat daar in die afgelope 6 000 jaar dinosourusse geleef het, en dat
die drake waarna Middeleeuse ridders verwys het inderdaad dinosourusse was,
is met die huidige kennis tot ons beskikking gewoon laf.
Wonderwerkgrot
Die oudste artefakte nóg is in die Wonderwerkgrot in die Noord-Kaap deur ‘n
internasionale span ontdek. Om hierdie grot se ontdekking nou sommer as die
Wieg van die Mensdom te wil tipeer, sal waarskynlik verkeerd wees, omdat
vermoed word dat die inwoners wat vir hierdie ou werktuie verantwoordelik was,
waarskynlik homo habilus was en net soos die Neandertal, nie ‘n direkte
voorouer van die mens was nie.
Die artefakte is 2 miljoen jaar oud, meer as ‘n miljoen jaar ouer as die vorige
oudste wat in Spanje ontdek is.
Die ontdekking van artefakte van sulke ou artefakte lui ‘n nuwe era in van waar
paleontologie en argeologie ineen vloei. Die Noord-Kaapse provinsiale regering
het fondse begroot om hierdie grot meer toeganklik vir die publiek te maak.

Volgens beskikbare literatuur is die ouderdom van die grottekeninge wat tot
dusver bestudeer is, minstens 10 000 jaar oud. Die ontdekking van artefakte
skuif nie net die datering van menslike bewoning in die grot baie ver terug nie, dit
neem die datering van artefakte terug na ongeveer die oudste menslike vorm wat
nog beskryf is.
Dit is lank reeds bekend dat dit nie net die moderne mens en sy regstreekse
voorouers is wat werktuie gebruik het nie. Verskillende vorme wat self uitgesterf,
of waarvan die latere vorme uitgesterf het, het ook werktuie gebruik. Dit is
dikwels onregstreeks afgelei soos die nabyheid van die vondste van hierdie oer-
menslike oorblyfsels en artefakte – natuurlik nie opsig selfs baie bevredigend nie
omdat daar verskillende verklarings kan wees oor hoe goed bymekaar gekom
het wat nie bymekaar hoort nie – soos dat die een groep van die ander groep
kon opgevreet het, en die slagoffers se oorblyfsels naby hul vreetlustige
tydgenote se werktuie gevind kon word.
Argeoloë het dikwels ook te make met artefakte wat in lae voorkom wat veel ouer
is as die tydperke van hul eintlike herkoms. Latere bewoners wat ouer bewoners
se items begrawe, is maar een verklaring hiervoor, maar ook grotte wat instort en
plundertogte dien as verklarings.
Daar moet dus wyer gekyk word, soos om die grootte van artefakte met die
grootte van handpalms te vergelyk.
In die reël word werktuie groter hoe verder terug dit dateer. In hierdie opsig is die
Wonderwerkgrot se vondste ‘n uitsondering – dit is weer veel kleiner as die
eerste steentydperk se artefakte. Hier sal ‘n mens natuurlik vir meer inligting
moet wag, aangesien dit nog nie werklik bekend is watter soort artefakte gevind
is nie. Tog, dit wat op die TV-beeldmateriaal gesien is, lyk soos ‘n kleiner
weergawe van die handgrawer wat so kenmerkend van die eerste en Middel-
steentydperke is.
Dit is natuurlik nie nuut dat paleontoloë en argeoloë elders ter wêreld traag is om
Suidelike Afrika as die wieg van die mensdom te erken nie. Dit geld beide die
oervoorouer van die mens, en die eerste moderne mense veel later. Daar is selfs
by geleentheid vernuftig bedrog gepleeg deur stukke sjimpansee-skedel en
ander menslike stukke aan mekaar te las en in ‘n Britse gruisgroef te “ontdek.”
Wat wel soos ‘n paal bo water staan, is dat die bestaande kennis van menslike
vaardighede, deur die ontdekkings erg beïnvloed gaan word.

Steentydperke
Die oudste Steentydperk is gewoonlik ouer as 50 000 jaar, die
Middelsteentydperk het ongeveer van 10 000 jaar gelede tot 50 000 jaar gelede
gestrek, en die jongste Steentydperk is tot ongeveer 10 000 jaar oud. Die
Steentydperke is gevolg deur die Bronstydperk, en uiteindelik die ystertydperk.
Juis omdat die San tot in die moderne tyd die Steentydperkkultuur behou het, is
kan argeologies gewys nie werklik
van brons- en Ystertyd-perke in
Suid-Afrika gepraat word nie, en
word dit ook nie spesifiek behandel
nie.
Breedweg, soos op die foto en
ander grafika blyk, het die werktuie
geneig om oor tyd kleiner te word.
Van die amandelvormige handbyle
was 200 millimeter en selfs groter,
terwyl die skrapertjies van die laat
Steentydperk soms skaars groter
as ‘n duimnael was.
Van die werktuie het duidelik houtstele gehad, maar van die houtgereedskap of
dele van gereedskap het daar uiteraard niks oorgebly nie.6
Die tydperke kan nie presies afgebaken word nie, omdat dit nie oral ter wêreld
dieselfde was nie. Trouens, vandag nog word gereken dat sommige San-mense
basies tot die laaste steentydperk behoort. In Papoa-Nieu-Guinee word soms
nog primitiewe stamme ontdek wat in hul leefwyse ooreenkomste toon met van
die steentydperke.
Die eerste, of oudste steentydperk,
is baie interessant omdat die

werktuie deur verskillende


menstipes gemaak is. Dit beteken
dat daar nog oermense saam met
ons voorouers geleef het, maar wat
nie self ons voorouers was nie. ‘n
Bekende voorbeeld hiervan is die
homo habilis. Nog ‘n bekende wat in ‘n stadium as die moderne mens se
voorouer gereken is, is die Neadertalmens. Navorsing het egter getoon dat die

6
Die verskil in grootte tussen klipwerktuie uit die ou steentydperk (links) (Stellenbosch-kultuur) en die
laaste steentydperk (Fauresmithkultuur). Werktuie uit die ou steentydperk was soms aansienlik groter as
die voorbeeld, wat die skrywer van hierdie bundel hier vashou.
Neandertal en die moderne mens se voorouer (bv die Cro Magnon) lank saam
geleef het.
Dit maak dit baie noodsaaklik dat die argeoloë en paleontoloë asook ander
wetenskappe baie nou saamwerk. Om ‘n skedel van ‘n sekere menstipe by die
oorblyfsels van ‘n antieke vuur te vind, beteken nie noodwendig daardie tipe
mens het vuur geken of eerder, bemeester nie. Die skedel kon gewoon die
oorblyfsels van ‘n maaltyd van ‘n ander menstipe gewees het.
Dat verskillende menstipes soortgelyke kulture in terme van hul werktuie en
lewenswyse kon ontwikkel ten spyte van ooglopende verskille in breingroottes, is
nie verrassend nie. Moderne navorsing op sjimpansees dui daarop dat troppe
wat weens druk op hul natuurlike woudhabitat na die savannas uitwyk, se sosiale
gedrag verander na groter tropgebondenheid, maar ook dat veel meer voorwerpe
as werktuie ingespan word. Uiteraard verander die dieet ook.
Die verskillende menstipes (en ander oerdiere) is die studieveld van die
paleontoloog, maar dit is ook nodig dat die argeoloog weet waarmee hy werk. ‘n
Belangrike, maar algemene, mistasting is dat evolusie altyd in ‘n progressiewe
rigting plaasvind. Wat wel waar is, is dat nuwe vorme wat ontstaan, ‘n beter kans
op oorlewing het as ‘n minder suksesvolle nuwe vorm. Wanneer dit begryp word,
kan verstaan word waarom daar lang tydperke in die verlede was waar
verskillende mensvorme gelyktydig bestaan het. Volgens ‘n bron is daar by die
berg Karmel in Israel oorblyfsels van hebrides van die Neandertal en die homo
erectus opgegrawe. Oor die algemeen word dit egter gestel dat daar nie
opvallende vermenging van menstipes was nie.

Fossiele dui daarop dat verskeie diersoorte waarvan daar vandag net een spesie
bestaan, voorheen verskeie spesies was, of waarvan daar ‘n paar is, voorheen ‘n
nog groter verskeidenheid was. Kameelperde het byvoorbeeld voorheen meer
verwante gehad as net die taamlike verlangse neef, die okapi.
Vandag word aanvaar dat al die mense tot dieselfde spesie en subspesie,
naamlik Homo Sapiens Sapiens behoort. Tog is dit interessant dat veral ouer
bronne geneig is om te bespiegel dat sommige rasse afstammelinge van
verskillende mensevorme uit die verlede kan wees. Saam met Neandertal is
Europa byvoorbeeld in ‘n stadium deur die ‘n ander menstipe, Cro Grimaldi,
bewoon. Laasgenoemde het negroïdetrekke gehad, en was kleiner as die
Neandertal, en veral Cro Magnon. Weens ‘n spoor van antieke rotsskilderinge
van Suid-Europa af tot in Suider-Afrika wat ooreenkomste met dié van die San
toon, is in ‘n stadium afgelei dat hulle die voorouers van die San kon wees.
Hierdie “trek” deur die San (wat eintlik via rotsskilderye tot die Oeralgebegtes
“teruggespoor” kon word, word vandag nie meer aangehang nie. So meld ‘n ou
bron ook dat die Saldanha-mens moontlik ‘n voorouer van die Koi kon wees.
Hierdie soort redenasie sou die lawwe effek hê dat verskillende spesies en
subspesies in grootlikse isolasie van mekaar uiteindelik tot dieselfde subspesie
sou ontwikkel.

Gestroop van misterie—die Zimbabwe-ruïnes


Min argeologiese vondste in Suider-Afrika het die verbeelding so aangegryp soos
die Zimbawe-ruïnes. Hoe ouer die bronne, hoe meer word in die reël gefantaseer
oor die herkoms hiervan.
Argeoloë beraam die ouderdom van die
bouvalle op tussen 800 jaar en ‘n duisend jaar
oud.
Tog is die mites wat daaraan gekoppel baie,
baie ouer.
Een van die verhale waaraan Zimbabwe graag
gekoppel word, is die Bybelse verhaal oor
koning Salomo en die Koningin van Skeba.
Omdat Skeba volgens die Bybel “in die suide” geleë was, is in ’n stadium
aanvaar dit moes in Afrika wees. Vandag lyk dit veel meer of dit by Aden (die
teenswoordige Jemen) kon wees.
Dit het gely tot ‘n eindelose aantal verhale oor Salomo wat iewers in Afrika
goudmyne sou hê. Die bekendste is stellig H. Rider Haggard se King Soloman’s
Mines. Sommer ten aanvang dra die verteller, Allan Quatermain die verhaal op
aan die groot en klein seuntjies wat dit sou lees.
Uit die antieke Egiptiese argiewe en uit ou
Griekse geskrifte ontvou ook ‘n verhaal van hoe
die Egiptenare telkemale vlote na “Punt” gestuur
het. In ‘n stadium het Konining Hatsheput ’n
ekspedisie in 1 492 voor Christus getaak om aan
die Ooskus van Afrika met Punt handel te drywe..
Die vloot het met aansienlike hoeveelhede
handelsware teruggekeer.
Van die bronne maak daarop aanspraak dat ‘n Fenisiese vloot in ongeveer 600
v.C om Kaap punt gevaar het, maar in die teenoorgestelde rigting as wat
Bartolomias Diaz dit sowat 2 000 jaar later sou doen. Dit was tydens die
heerskappy van Necho. Nog ‘n aanduiding dat
reise om Afrika dalk nie heeltemal ongewoon
kon wees nie, was ‘n aanduiding van die
Griekse reisiger Eudoxus. Hy het ekspedisies
vir Farao’s in ongeveer 150 v.C na onder meer
Indië onderneem. Tydens ‘n tweede ekspedisie
het y by die huidige Kaap Hoorn gestrand
(destyds Kaap van Speserye). Hier het hy ‘n
skip se boeg met ‘n perdekop op uitgekerf in
die see sien dryf. Later het hy skepe met identiese boë in die Atlantiese oseaan
aan die kus van Marokko gesien.
‘n Fenisiese ekspedisie om Kaappunt word ook elders gemeld, hoewel die
geloofwaardigheid hiervan nie bepaal kan word nie. Hiervolgens het 13 skepe in
opdrag van ‘n koning van Sidon ‘n hawe aan die Rooi See verlaat en aan die
ooskus van Ham (Afrika” gevaar, en later om Kaappunt. In die Atlantiese Oseaan
is die vloot deur ‘n storm oorval. Een van die skepe het van die ander weggedryf,
en het later aan die kus wat vandag Brasilië is, uitgespoel. Hier is die lotgevalle
glo teen ‘n rots uitgekrap, en is onder meer geskryf hoe ‘n offer aan Baäl gebring
is.
Baie van hierdie inligting—feit of fiksie—was nog nie bekend toe prins. Hendrik
die Seevaarder die ekspedisies langs Afrika se weskus afgestuur het nie. Hulle
was wel “bewus” van ‘n legendariese Priester Jan, ‘n Christen-heerser, wat oor ‘n
misterieuse ryk iewers in Afrika sou heers. In hierdie fabelagtige ryk was soveel
goud, dit is selfs deur die rysmiere uitgegrawe. Haas enigiets kon aan hierdie ryk
toegedig word, en dit sou geglo word, soos dat die priester onvernietigbare klere
gedra het.
Teen die tyd dat Jan van Riebeeck die verversingspos aan die Kaap gestig het,
is steeds volstoom na Priester Jan en sy ryk gesoek. ‘n Nuwe naam het egter
intussen opgeduik: die ryk van Monomotapa. Bykans enigiets wat voorheen van
Priester Jan en sy ryk geglo is, is nou op Monomotapa van toepassing gemaak.
(Priester Jan se ryk het vermoedelik na die Ethiopiese Ryk verwys wat na die
opkoms van die Islam van die Weste geïsoleerd geraak het).
Een van Van Riebeeck en sy opvolgers se vernaamste opdragte was om na
Monomotapa (en die goud) te gaan soek. Ook Van der Stell se besoek aan die
koperberge by die teenswoordige O’Kiep was teen hierdie agtergrond.
Verskeie ander name is ook aan Monomotapa gekoppel. Aanvanklik is dit die
Ryk van Makalanga genoem, waaroor Monomotapa sou heers. Hierdeur is
ironies naby aan die waarheid gekom. Die ryk het later die Latynse naam Vigiti
Magna gekry. Trouens, in een van die ekspedisies was iemand wat verskeie
Latynse tale kon praat, en wat dan vermoedelik as tolk sou kon optree as met
Monomatapa se mense kontak gemaak sou kon word!
Dat Monomotapa ‘n swart, Shona-koning sou wees wat via handelsbande met
die Portugese in die teenswoordige Mosambiek bekend sou word, is nie
gedroom nie.
Monomotapa het oor ‘n groot deel van die huidige Zimbabwe regeer toe die
Portugese hulle aan die begin van die 16de eeu aan die Mosambiekse kus
gevestig het. In daardie stadium was verskeie nasies uit die ooste, waaronder
veral die Arabiere, maar ook Indiërs en Chinese, al eeue lank aan die ooskus
van Afrika bedrywig. Arabiese nedersettings het tot relatief laag aan die kus van
Mosambiek voorgekom, en is deur die Portugese verower. Trouens, Mosambiek
het sy naam te dankie aan ‘n Arabiese heerser, Musa bin Mbiki wat op die eiland,
Mosambiek, regeer het.
Een van die produkte waarmee handel gedryf het, was goud.
Toe Adam Render in 1867 waarskynlik die eerste blanke was wat die Zimbabwe-
ruïnes besoek het, en die Duitser, Karl Mauch dit in 1871 dit wêreldkundig maak,
was die wêreld ryp om bykans enigiets van hierdie indrukwekkende bouvalle te
glo.
Dit word as die grootste antieke klipbouwerk Suid van die Sahara beskou. Dit
bestaan uit drie dele, naamlik indrukwekkende bouwerk op ‘n koppie wat as deel
van die romantiek die Akropolis gedoop is. Die tweede is die vallei van ruïnes, en
die derde is die sg tempel, wat vandag beskou word as die blyplek van die
stamhoof se vroue.
Vandag is sowat 300 terreine bekend waar soortgelyke, maar kleiner bouwerke
voorkom, en kom oor ‘n groot deel van Zimbabwe voor, asook in Botswana,
Suid-Afrika en selfs in Angola (die bronne verskil hieroor).

Raaisel in die middel van die stad


NÁ meer as ’n 100 jaar het een van Bloemfontein se
tergendste raaisels weer ’n inwoner – ’n sluipslaper.
Die skanskraal in die middel van Bloemfontein, ’n
hanetreetjie agter Oliewenhuis in die veld, dateer
volgens argeoloë minstens uit die Anglo-Boere-
oorlogtydperk. Dit kan egter veel ouer wees en ’n
waardevolle kultuurskat wees wat vlak teenaan ’n
museum deur sluipslapers en kinders verniel word.
Dié struktuur waarvan bitter min mense bewus is, is ’n
skanskraal van ongeveer 100 m x 50 m. Die muur self
is sowat een en ’n half meter dik en was skynbaar voor
die aftakeling begin het, ook so hoog.7
Die skanskraal was heel moontlik een van die
verskansings waaruit Bloemfontein se verdedigers op
die oprukkende Kakies geskiet het, wat volgens Karel
Schoeman se boek vanuit die suide al aan die
westekant van Bloemfontein opgeruk het, terwyl hulle
vanuit die koppies onder die lood gesteek is.
Verskeie skanskrale, soos op die sogenaamde
Spitskop 2 in Langenhovenpark, is bekend. Die een
op Grant’s Hill agter Oliewenhuis is egter besonder
groot en van almal die minste bekend.
Maar hoekom meen kenners dat die skanskraal dalk
veel ouer is?
My pa, wyle prof. Jan Toerien, wat oor ’n
doktorsgraad in paleontologie beskik het, en saam
met sy argeoloog-ma, Johanna, onder meer baan-
brekerswerk onder die Chrissiemeer-San gedoen
het, het daarop gewys dat ’n mens sou verwag die
gebied waar so ’n klomp klippe bymekaar gemaak
is, skoon van klip sou wees. Rondom die skanskraal
is dit egter baie klipperig, veel meer as wat ’n mens
sou verwag sou oop erodeer in die 70 jaar tot 1971,
toe sy pa die eerste keer op die skanskraal afgekom
het.

7
‘n Foto oor die een kant van die ringmuur geneem, met ‘n toring op die nabyrige Naval Hill op die
agtergrond Die tweede foro gee ‘n idée van hoe wyd die muur is, hoewel hierdie deel reeds baie inmekaar
geval het. Nic Toerien sit op ‘n deel van die oorspronklike muur wat behoue gebly het en wat diue netjies
aard van die klipwerk verklap.
Ook mnr. Johan Loock, bekende geoloog en oudheidkundige van Bloemfontein,
sê hy het op geleentheid vanuit ’n vliegtuig ’n stam-skanskraal naby
Bloemfontein op ’n koppie gesien. Hoewel dit nie dieselfde struktuur is nie – hy
kan dit nie op die grond opspoor nie – dui dit tog dat stamme wat sulke
klipskanse gebou het in die omgewing van Bloemfontein woonagtig was.
Volgens argeoloë is daar verskeie oorblyfsels van klipstrukture binne die grense
van Bloemfontein, soos in die Botaniese Tuine, wat met die ou sg. Byekorf-hutte
verband hou, wat bv. In die Willem Pretorius-wildtuin aangetref word.
Wat kwel, is dat bewaringskundiges nie wil glo dat dit bestaan nie. “Ek glo
byvoorbeeld nie dit is nou al op die Erfenisstigting se rekords aangebring nie,
selfs nie nadat foto’s hiervan reeds gepubliseer is nie. Die ironie is dat, sou ’n
mens ’n hek aan die agterkant in Oliewenhuis se omheining aan-gebring het, kon
besoekers dit maklik op die 100-jarige herdenking van die Anglo-Boereoorlog
besoek het. Dis waarskynlik sowat 100 m van die heining af geleë. Maar die
herdenking het gekom en gegaan sonder dat die skanskraal enige erkenning
gekry het.”

Verlore stad van die Kalahari


Min Suid-Afrikaners weet nie van die legende van die verlore stad wat naby Mier
in die Kalahari ontdek sou wees nie. ‘n Amerikaner,
Gilarmi A. Farini het in 1885 daarop aanspraak
gemaak dat hy hierdie groot stad by Mier in die
Kalahari ontdek het. Talle ekspedisies om die stad op
te spoor, onder andere een waaraan die bekende
Alan Paton deelgeneem het, het niks opgelewer nie,
hoewel Farini in detail beskryf het waar hy die stad
ontdek het.
Bestaan daar werklik so ‘n stad? Farini word as ‘n
aspirant-ontdekkingsreisiger beskryf. Hy
sou ongetwyfeld kennis geneem het van
die opskudding wat die
wêreldbekendstelling van die Zimbabwe-
ruïnes sowat 14 jaar tevore veroorsaak het.
Deur op ‘n soortgelyke vonds aanspraak te
maak, sou Farini verseker dat sy naam
verewig sou word. Sy loopbaan as
waagarties was skynbaar aan die taan.8
Maar beteken dit dat die stad nie bestaan
nie?
Ten eerste moet in gedagte gehou word
dat bouwerke wat met Zimbabwe se bouwerke geassosieer word tot in Limpopo,
Botswana, Namibië en volgens sommige bronne tot Namibië gevind is—’n totaal

8
Foto’s: ‘n Voorbeeld van Pedi-bouwerk bo, en die Tswana-bykorfhutte soos dit in byvoorbeeld die Willem
Pretorius-wildtuin voorkom. Die Tswna’s het soms baie groot statte gebou.
van sowat 300. Dit is dus nie onmoontlik nie dat Farini op so ‘n bouval afgekom
het, en oor die omvang oordryf het, asook die vasstelling van die ligging verkeerd
gehad het.
‘n Tweede meer waarskynlike verklaring is dat die bouwerke van Tswana-
oorsprong kon wees. Soos ons reeds gesien het, het minstens sommige
Tswana– en verwante stamme dikwels klip vir die bou van hutte en omheinings
gebruik. Boonop was Tswana-statte soms geweldig groot.
Elders is ook geskryf oor antieke hutte wat in 1872 op ‘n koppie in die Kalahari
gekry is. Volgens die beskrywing van die hutte, wat klein was, kon hulle met die
byekorf-hutte van die sogenaamde Legoya ooreengestem het, en dus ook van
Tswana-oorsprong gewees het.
Kontak met die bewoners van wat later as die Zimbabwe-ruïnes bekend gestaan
het, kon boustyl beïnvloed het. Artefakte, en veral Europese krale wat onder
meer by die byekorf-hutte in die Willem Pretorius-wildtuin gekry is, dui daarop dat
nie net die mense van die ou Zimbabwe nie, maar ook die Tswanas wyd handel
gedryf het (deur “middelmanne” en dit sou baie onwaarskynlik wees dat daar nie
ook tussen die vroeë Tswanas en inwoners van die ou Zimbabwe ook kontak
soos handelskontak sou wees nie.
Dit moet in gedagte gehou word dat die inheemse inwoners die mitologie oor die
Verlore Stad aangehang het lank voor Farini aangehang het. Farini het juis op ‘n
bestaande mitologie geteer. En ander bouvalle en
artefakte maak dit ook nie so maklik om die mitologie
sommer as mite af te maak nie. Hieronder tel die
sogenaamde bobbejaankop, wat in styl sterk
ooreenkomste met die Zimbabwiese voëlfiguur toon.9

Die voorkoms van dolomitiese gange wat water na


plekke soos Kuruman se oog, die Wonderwerkgrot en
Daniëlskuil neem, dui aan dat daar ook waterbronne vir
betreklik groot bevolkings in die Kalahari kon wees.
Ook die vraag oor hoekom so ‘n stad—en ook die Zimbabwe-bouwerke ontruim
sou word kan aan die hand van argeologiese parallelle verklaar word. Die
voorkoms van “tel’e” in die Heilige land, asook die verskillende lae van Troje, dui
hoe die een beskawing na die ander stede op dieselfde plek gebou het—na die
vorige om ‘n verskeidenheid redes verlaat is. Dit is soms deur vyande verwoes,
dit is soms deur aardbewings verwoes, brande het stede soms in puin gelê, en
dan is daar die komplekse faktore wat mooi aan die hand van die Maya-stede
verklaar kan word. Hier is imposante geboue soos piramides en tempels opgerig,
en ‘n ruk lank bewoon voor die stede doodeenvoudig verlaat is, en weer elders
herbou is. Dit is afgesien van die drie fases waardeur die Mayaryk gebloei, en
gekwyn het.
Navorsing het getoon dat die hoofoorsaak vir die verlaat van die stede
waarskynlik in die boerderymetodes gevind kon word. ‘n Stuk woud is afgebrand,
en mieliepitte asook ander gewasse se pitte is in holtes geplaas wat deur skerp

9
Die vreemde beeldjie van die bobbejaankop van die Kalaharie
bamboestokke gemaak is. Na ‘n paar seisoene is die grond geheel en al
uitgeput, en word ‘n ander stuk woud afgebrand. Die proses word herhaal tot die
landerye werklik ver van die stede is.
Soos in die geval van die Zimbabwe-ruïnes het die gewone Mayas nie in die
geboude deel van die stede gewoon nie, maar in ruwe hutte wat nie werklik
verskil het van die ander stamme nie. Dit was hierdie gewone mense wat die kos
moes voorsien, en hulle het min gemeen gehad met die adel en geestelikes wat
wonderlike beskawingspeile in die stede gehandhaaf het.
Danksy die roofbou sou ‘n stadium gewoon aanbreek waar na nuwe
landbougebiede gesoek moes word. Die “stedelike” bewoners sou doodgewoon
moes saamtrek of sonder kos sit. Met kruipende woestynvorming in die Kalahari,
en gewasse (byvoorbeeld sorgum) wat veel meer aandag as die mielies en
pampoene van die Mayas sou vereis, is dit te verstane dat die bestaandruk op ‘n
stad / stat wat nie behoorlike bespoeiingsvaardighede het nie, ontsettend groot
sou wees.
Trouens, in Zimbawe word soms ook aanspraak gemaak dat die Zimbabwe-
beskawing deur ‘n vroeëre beskawing voorafgegaan is. Terrasse en
(bespoeiings)kanale wat soms selfs deur rotstonnels loop, word as argumente
hiervoor aangevoer.
Die voorkoms van doleriet-intrusies kan ook ’n moontlike vergissing oor ’n groot
stad verklaar. Doleriet (ysterklip) in gesmelte vorm het soms deur nou skeure in
die aardoppervlak gebeur. Wanneer die sagter omringende materiaal wegge-
erodeer word, bly daar soms “ysterklipmure” agter. Om dit nog meer soos mure
te laat lyk, stol ysterklip in blokvorme, met die blokke wat al kleiner word namate
die stolling nader aan die oppervlak plaasgevind het. Hierdie “stene” sou
uiteraard ook nuttige stene vir bouwerke deur mense wees.
Groot ooreenkomste is dan ook al tussen sketse deur Farini en sulke natuurlike
rotsformasies gevind.
‘n “Pad” van steenblokke in die vlak see van die Mexikaanse Golf het onder
andere vlieëniers wat dit uit die lug kon sien gefassineer. Groot dele van die golf
was in tye toe die seevlak laer was op droë grond, en het ook primitiewe stamme
in staat gestel om gebiede te bewoon wat later weer eilande geword het.
Uiteindelik is vasgestel dat die blokke na natuurlike oorsprong is.
Sedertdien is weer aangekondig dat ‘n stad glo onder die see ontdek is, wat
onder meer piramides bevat wat gedeeltelik deur sand bedek word. Hieroor is nie
onlangs weer gehoor nie
Van die ekspedisieleiers op soek na hierdie verlore stad in die Kalahari meen die
stad kon deur ’n sandstorm begrawe gewees het. Uitgrawings elders ter wêreld
toon ook dat sand verlate beskawings vinnig kon bedek, soos ook in
Mesopotamië gebeur het. In een geval sou die soektog gedoen word deur
elektroniese toerusting wat meer as tien meter diep in die sand sou kon “sien.”
Hoewel die aanduidings nou is dat Farini kluitjies gebak het, sal die uiteindelik
ontdekking van selfs ‘n taamlike groot geboude stad / stat ernstige argeoloë nie
werklik verbaas nie.
Die Koranna: Dalk die Proto-verhaal van die Afrikaanses?
Om ‘n onderhoud met prof. Raymond Beddy oor die geskiedenis van die
Korannas te voer, is soos om oor ‘n honderd jaar ‘n onderhoud met ‘n laaste
nasaat van die eens talryke Afrikaners of Afrikaanses - te praat wat nog met
nostalgie oor die gloriedae te kan gesels.
Beddy is die skrywer van die boek Inleiding tot die geskiedenis van die Koi-
San.
Dis die ongemaklike gevoel wat ‘n mens nie kan ontsnap nie – as die Korannas
tot die vergetelheid kan behoort, wat keer dat dieselfde diegene wat Afrikaans
omarm in die toekoms te beurt val as hy nie sy belange bly omarm en koester
nie?
Wanneer die Korannas in ons literatuur ter sprake kom, is dit dikwels in
konfliksituasies, veral langs die benede-Oranjerivier. Dat die Korannas
wydverspreid in die Vrystaat gewoon het, en dat Bloemfontein sy naam volgens
die mees betroubare inligting aan ‘n Koranna-hoof, Jan Bloem, te danke het, is
minder algemeen bekend.
Die Korannaberg in die Oos-Vrystaat se naam dui aan dat dié Koi-volk tot by
Ficksburg voorgekom het.
Jan Bloem se oupa was ‘n Duitsers wat “iets vreesliks” in die Kaap aangevang,
en vir die gereg uit die destydse kolonie aan die Kaap gevlug het. Met sy bietjie
geleerdheid het sy nasate, waaronder Jan Bloem, ‘n status verwerf.
Die bekende geskiedskrywer, Theal McCall het reeds voor die Brits-egpaar aan
die fontein kom woon het, na Jan Bloem verwys en dit dui aan dat Bloemfontein
se naam aan dié Korannahoof, wat volgens die geskiedenisboeke redelik
weerskante van die gereg beweeg het, ontleen het. Hierdie geskiedenis is ‘n jaar
of wat gelede netjies in ‘n brief aan Volksblad deur prof. Pieter Labuschagne
uiteengesit. Trouens, van Jan Bloem se nasate woon steeds in Bloemfontein,
maar die bekendste nasaat is stellig dr. Neil Bloem, ‘n mediese praktisyn van
Port Elisabeth.
Die Korannas se stryd was volgens prof. Beddy meestal teen die Engelse. Hul
verhouding met die Afrikaner was dikwels goed, soos die grondgebied wat
Stellaland en Goosen sou word, deur die Koranna-hoofman, Riet Taaibos, uit
erkentlikheid vir hulp aan die Boere geskenk het. Toe die Britte die grondgebied
oorneem, het Taaibos en sy twee seuns in ‘n bloedbad omgekom.
Ook die diamantgronde in die Noord-Kaap was in werklikheid Korannagronde,
maar is hanteer asof dit Griekwagronde was omdat die Britte ‘n beter verhouding
met die Griekwas gehad het. Ook Kanoneiland was Korannabesit. Prof Beddy
glimlag afsydig toe hy die uitdruk van my rubriek sien waar ek oor die herkoms
van die naam Kanoneiland geskryf het. Hoe die hoofman besluit het om die
oprukkende Boere in eie munt terug te betaal, en ‘n kokerboom laat uithol, en
met allerlei skietgoed en skrapnel laat laai het. Na die slag, en hy die dood en
verwoesting so aanskou, het hy glo gesê: “As dit hier so lyk, dink net hoe lyk dit
daar by die Boere!”.
“Eintlik was die Korannas se stryd teen die Engelse,” sê prof. Beddy. En dan
maak die boek, Temmers van die Noordweste met sy tallose strafekspedisies
teen veral Makataan, ‘n swart hoofman, meer sin. Die ekspedisies is in die naam
van die Britse kroon uitgevoer, selfs al was daar geen Engelsman by betrokke
nie, maar is selde teen die Korannas gevoer.
In die Vrystaat het die Korannas se kerngebied na die gebied om ‘n Lutherse
sendingstasie by Wurrasoord, of te wel Bethanië, gekrimp. Hier het Goliat
Yzerbek en sy nasate die leiding geneem, en in 1910 het Timotheus Yzerbeck
die eienaarskap van Bethanië hof toe geneem, maar die saak verloor. Prof.
Beddy is ‘n afstammeling, aan moederskant, van die Yzerbeks. Die sendelinge
het juis op versoek van die Korannas die sendingstasie gestig. Met die sluiting
van die ooreenkoms tussen Adam Kok en die Britte, is spesifiek in die geskrewe
ooreenkoms melding gemaak dat Wurasoord die Korannas se grondgebied is, en
dat dit van die ooreenkoms met Kok uitgesluit is. Dié bepaling is ook in die
Sandrivierkonvensie opgeneem.
Na Bethanië het die Korannas in “diaspora” gegaan, en in Bloemfontein saam
met die Tswanas die African Lutheran Church gestig. Met die groepsgebiedewet
het die meeste Korannas in Heidedal en ander bruin woongebiede in die Vrystaat
beland.
Volgens prof. Beddy was die Koranas se grootste probleem dat hulle, anders as
die Griekwas wat heelwat wegloperslawe geassimileer het, nie ‘n goeie begrip
oor die waarde van grondbesit gehad het nie. So het dit gebeur dat hulle
mettertyd grond kwyt is, onder meer Wurrasoord waarheen hulle die Duitse
sendelinge genooi het.
Hoewel daar in die omgang na 1950 min van die taal oorgebly het, oorleef
sekere woorde steeds in die bruin gemeenskap, wat foneties klink soos Kwê
(vrou), Kwêna (man), Nghoena (wit persoon) en ‘n Briep (swart persoon).
‘n Oggend-onderhoud is hopeloos te kort om sinvol gesprek te voer, veral as ‘n
mens werklik belangstel.
Daar is nog bitter baie van die geskiedenis wat nog herontdek moet word, sê
prof. Beddy. Ouer bronne noem die Koi-tale as deel van die Hamitiese taalgroep,
maar latere bronne koppel die Koi- en San-tale aan ‘n gemeenskaplike proto-taal
– iets so oud dat al geskryf is oor die taal van Eden. DNA-toetse ondersktyf dat
dit oud moet wees.
Tog is prof. Beddy nie oortuig dat dit so in isolasie staan nie, en kyk hy na bronne
wat ‘n verband na die Berbers (Hamiete) ondersoek, veral die Toaregs. Ook is
daar nie ‘n lekker verklaring vir die effense anderse, en seegebonde leefwyse
van die Topnaars van Namibië nie. En ‘n eeue-oue rotstekening in die Brandberg
dui ‘n persoon aan wat aan sy wapentuig en voorkoms duidelik Koi is, maar lang
hare het. En al soek hy wyd, en lees hy wyd, vra ‘n mens vrugteloos na ander
fassinerende verhale in omloop – oor ‘n oer-Indonesiese verband wat skynbaar
deur rotsgrafures onderskryf word, en die misterieuse Verlore Stad van die
Kalahari. Prof. Beddy se kop staan in ander rigtings, en sy kop is propvol inligting
en verhale wat nog vertel en opgeteken moet word.
Van die Kora, die Goot Kora, die Klein Kora, die goeie gees wat soos klokslag as
hy in sy skermutselings met die slegte gees (die duiwel) omkom, weer opstaan
en so ‘n verstaanbare opening vir die sendelinge en die Christelike geloof gebied
het. Die Sandawêh kry ‘n staanplek in die geskiedenis, en ook die Koi-stamme
wat langs die Vrystaatse riviere geleef het soos die Anikwa, en die onderlinge
taalverwantskappe.
Stukkie vir stukkie word die geskiedenis hersaamgestel, en dinge val in plek.
Maar dit gaan nog ‘n ruk neem.

Duisend jaar Christendom in Amerika!


Hierdie artikel word ingevoeg om te toon hoe geskiedenis wat in ‘n stadium wel
bekend was, heeltemal verlore kon gaan.
Ensiklopedieë het al vaer oor die onderwerp
geword, en in ‘n stadium die Viking-kolonoasie
openlik bevraagteken. Eers nadat ‘n deel van ‘n
Nordiese spinwiel gevind is, is dit weer ernstig
opgeneem. Intussen is met groter erns na die
geloofwaardigheid van mondelings-oorgelewerde
sagas gekyk, en kon die geskiedenis verbasend,
name en al gerekonstrueer word.
In die jaar 2007 dit presies ‘n duisend jaar gelede dat die
eerste Christene volgens talle aanduidings die eerste keer
werklik in Noord-Amerika probeer vestig het.10
‘n Paar jaar tevore het Bjarni Herjulfsson van ‘n reis na
Ysland teruggekeer waar hy vertel het van die groot
landmassa wat hy gesien het. Onder sy aanhoorders was
die elfjarige Leif Ericson, seun van die bekende Erik die
Rooie, wat aan Groenland sy naam gegee het.
Leif is later bekeer, en wou graag die mense van Amerika,
of Vinland soos die Vikings dit genoem het, bekeer.
Onderweg het hy die Groenlandse koloniste gekersten.
Hierdie besoek het ongeveer in die jaar 1 000 NC plaasgevind.
Hierna het Leif se broer, Thorwald, ‘n tydelike nedersetting gaan vestig, maar is
deur inboorlinge om die lewe gebring. Hy is die eerste Christen, so ver bekend,
wat in Amerika begrawe is, en volgens die sagas is ‘n kruis op sy graf geplaas.
In die jaar 1007 het Thorfin Karsefeni en sy vrou, Gudrid, probeer om ‘n
permanente kolonie te stig. Gudrid was die weduwee van nog ‘n broer van Leif.
Meer as 150 immigrante het met talle lewensmiddele vertrek om die kolonie op te
rig. Hierdie kolonie het drie jaar lank staande gebly. Gudrid se seun, Snorre, is
moontlik die eerste baba van Christen-ouers wat in Amerika gebore is. 11
Die besbewaarde oorblyfsel van ‘n Noorse nedersetting is by L'Anse-aux-
Meadows in New Foundland gevind, en volgens artefakte wat opgespoor is, is dit
ook deur vroue bewoon.
10
‘n Rekonstruksie van Vikinghuise. Dit is duidelik waarom dit baie moeilik sal
wees om sowat ‘n duisend jaar later nog enige oorblyfsels te kry.

11
Die binnekant van ‘n Vikinghuis
Een van die redes waarom die kolonie handdoek ingegooi het, was juis dat daar
te veel mans en te min vroue in die kolonie was. Ook tydens vorige besoeke van
die Vikings het vroue ‘n rol gespeel dat permanente vestiging in die slag gebly
het, en het selfs tot slagtings tussen strydende Vikinggroepe gelei.
Hoewel daar aanduidings is dat talle Europeërs, soos Grieke, Romeine, die Kelte
en Iere voorheen die Nuwe Wêreld bereik het, en kort na die mislukte Noorse
vestiging, die Walliese Prins Madog, is die Noorse ontdekking en nedersetting
waarskynlik al wat werklik bewysbaar is.
Daar is trouens baie aanduidings dat Columbus, tydens ‘n besoek aan Ysland,
van Noord-Amerika verneem het. Hy sou ook in sy studies op geskrewe
oorlewerings kon afkom.
By hierdie eerste koloniste is die donder- en landbougod, Thor, se naam nog in
talle se name opgeneem. Dit is bekend dat selfs na volledige kerstening van die
Skandinawiërs, die heimlike aanbidding van Thor nog lank voortgeduur het. Tog
is dit interessant dat die eerste geslag van bekeerdes by geboorte, reeds ander
name gekry het, soos Snorre.
(Die skrywer se van, Toerien, is ook onregstreeks van Thor afgelei. Dit dui
naamlik na die dorpie van herkoms, Torestorp of Torsby in Swede wat op hul
beurt weer na Thor vernoem is).
Foto’s: Uit die rekonstruksies van buite en van binne gesien, is dit duidelik
hoekom daar na duisend jaar so min opspoorbare oorblyfsels van die
nedersettings is.

Die vervloekte walvis


‘n Saga uit die tydperk van die Vikingkolonosasie van Vinland.
Die wind wat van die see af aanstu, is koud en onplesierig. Dit krap die gemoed
van die eensame Viking wat die guur weer op ‘n strand van Vinland trotseer net
verder om.
Dis die jaar 1007, en sake verloop nie te goed vir die pas-bekeerde groepie
Viking-koloniste op die kus van die huige Labrador nie.
“Vinland, ba!” brom die Viking. “Van die land van wilde druiwe waar die trosse
omtrent soos in ‘n aangeplante wingerd hang, is hier geen teken nie. G’n wonder
Leif, wat die land Vinland genoem en ‘n paar jaar gelede sy eie nedersetting,
Leifsbeddur verlaat en na Groenland teruggekeer het, wou nie saamkom om
hierdie eerste permanente Christenkolonie te kom stig nie.
“Al is hy ‘n Christen, lyk dit aard hy na sy pa, Erik die Rooie. Nie net moes Erik uit
die ou land vlug na hy mense die josie in gemaak het nie, toe hy ‘n nuwe land
ontdek noem hy dit boonop Groenland om nedersetters te lok. Dit terwyl die hele
land omtrent deur die jaar verys is.”
Van die koloniste hier in Vinland aangeland het, speel die weer glad nie saam
om enige gewas tot oes te bring nie, en die wild is so skaars soos Viking-
handelskepe. Ook die vis wil nie byt nie. Die hongerpyne knaag.
Moedeloos gaan sit Thorin op ‘n groot klip en kyk uit oor die grou, troostelose
see.
“Met my geluk kry ek nog teenspoed by die Skraelings ook,” brom hy, verwysend
na die barbaarse Indiane met wie die Vinkings tydens vroeëre besoeke al handel
gedryf het, maar ook van tyd tot tyd in skermutselings betrokke geraak het. Selfs
Leif se broer Thorwald, is tydens ‘n poging om ‘n tydelike nedersetting in Vinland
te stig, deur die Skrealings vermoor.
“Seker die eerste Christen om in hierdie ongenaakbare land onder ‘n kruis
begrawe te word,” dink Thorin sluit sy oë om te bid, en onbedoeld rig hy sy
gebed aan Thor. Hy besef met ‘n skok wat gebeur, maar na ‘n kort tweestryd
voel hy gemakliker en tuis om weer Thor, wat nie net tot onlangs die Vikings se
dondergod was nie, maar ook die god van landbou en klimaat. Hier in Vinland
moet nou spoedig uitkoms kom.
Wanneer Thorin sy oë oopmaak, kan hy sy oë nie glo nie. Sommer hier vlak
naby die klipperige strand, swem ‘n walvis. Hy vlieg op en hardloop so vinnig as
wat sy gespierde Vikingbene hom kan dra terug na die nedersetting, en roep al
van ver af: “Thorvin, Gudrin, almal! Walvis. Daar is ‘n walvis.”
Die 150 of so koloniste en hul kinders peul by die deure van hul snoesige hutte
met grasgroen dakke uit.
“Waar?!” roep Thorfin, die koloniste se leier. Hy neem ook nou dadelik die leiding
oor.
Thorin beduie strandaf uit die rigting waarvandaan hy gehardloop kom.
Instinktief weet die manne Thorin sou hulle net kom roep het as die walvis nie te
groot vir hul harpoene en bote was om baas te raak nie.
Sommer gou gly die eerste bootjie in die water in, en die roeispane begin
bedrewe die water klief. Nog ‘n bootjie volg, en nog een. Op elkeen se boeg
staan ‘n groot Viking, harpoen gereed.
Op die strand wag die vroue opgewonde. Hulle besef hoe belangrik hierdie
vangs sal wees as dit suksesvol is. Hul kos is eenvoudig op, en nou is daar die
vooruitsig van sommer baie kos wat vir baie lank kan hou.
Nie lank daarna nie sien hulle die drie bootjies terug beur in die ontstuimige
water. Van die manne wat hande los het, beduie opgewonde na die mense op
die strand. Hulle sleep so wrintiewaar die walvis nader.
Wanneer die karkas in vlak genoeg water is. Stroom al wat leef die water in, kap
met hakke in die dier se vel en begin dit na die strand sleep.
Die walvis is nog net ten dele uit die water, as die eerste stukke vleis na die vure
aangedra word wat intussen aangesteek is. Die koloniste is baie honger, en daar
gaan geen tyd verspil word om kragte te herwin nie.
Saam met die walvisvleis kom ook waardevolle olie vir lampe en ander gebruike.
Die Vikings is ou hande met walvisbewerking, en alles verloop seepglad terwyl ‘n
bevel net af en toe gegee word om die werk eweredig verdeel te kry.
Ook nie lank nie, smul almal heerlik aan die eerste stukke walvisvleis wat van die
vure af gekom het.
Maar terwyl die mense so smul, begin ‘n gerug te loop, ‘n gerug wat die kouery
algaande na ‘n langtand-gekou laat verander.
Uiteindelik staan Gudrin op. Sy is nie net die leier se vrou nie, sy is ook die
weduwee van ‘n ander broer van die legendariese Leif, wat intussen sy oorlede
vader, Erik die Rooie, as leier van die mense van Groenland en Vinland
opgevolg het. Sy is ook die ma van Snorre, die eerste Christen wat op Vinland se
bodem gebore is.
“Thorin,” vra sy in haar harde stem, “Is dit so dat jy tot Thor gebid het net voor jy
hierdie walvis gesien het.”
“Vervlaks,” dink Thorin, “ek het dit net vir my vrou gefluister.”
Hy aarsel. Maar uiteindelik kom sy stem: “Ja, dit het per ongeluk – uit gewoonte
gebeur toe ons so swaar gekry het...”
Die Vikings brom en spoeg die walvisvleis wat nog in hul monde was uit.
“Ga, heidenskos,” laat meer as een hoor.
Gudrin staan steeds, skynbaar in gedagte.
“Nou wat maak ons nou?” vra sy.
Haar man Thorfin het langs haar kom staan terwyl die Vikings ru onder mekaar
argumenteer.
“Ek dink,” sê Thorfin, “ons bid tot God om ons en veral vir Thorin te vergewe.
Dan sleep ons alles wat ons nog nie geëet het nie terug die see in.
Daar is nog ‘n gebrom uit sekere oorde, die swaarkry van geen kos nie, is nog
lank nie vergete nie, maar dan word die eerste kind naar.
“Dit lyk my God wil nie eens hê ons moet die kos inhou wat ons klaar geëet het
nie,” sê Thorfin. Dit breek die laaste weerstand af, en die manne gryp die
oorblywende deel van die karkas en begin dit see toe sleep. Intussen word nog
meer van die koloniste naar, en die skaars verteerde vleis beland op die strand.
“Maak gou!” begin van die koloniste nou op die ander gil, wat skynbaar nie hard
genoeg aan die sleep was nie.
Uiteindelik dryf die karkas in die grou see weg. Die Vikings versamel by hul
nedersetting, en Thorfin lei die gebed.
“O Here, die groot God wat ons maar pas leer ken het, vergeef ons ons onkunde
en sonde. Amen.”
Toe die Vikings hul oë oopmaak begin die son deur die grou wolke skyn. ‘n Paar
manne wat op jag uit was kom met die vleis van ‘n elk by die nedersetting
ingestap, totaal onbewus van presies hoe tydig hierdie gebeurtenis is.
“Ons sal nie weer ‘n tekort aan vleis hê nie,” sê die ekspedisieleier. Ons het ‘n
vleiland gekry waar daar nog baie is.
Thorfin en Gudrun glimlag vir mekaar. Ook op die landerytjies lyk dit of die
gewasse nou uiteindelik begin die mas opkom.

(Hierdie nedersetting het so ongeveer vier jaar bly staan. Thorfin sterf hier, en
Gudrin, soos die gebruik van baie Christenweduwees van daardie tyd, het ‘n
pelgrimsreis na Rome onderneem waar sy ‘n paar jaar vertoef het. Die ander
koloniste het later so konstant onder Skrealing-aanvalle deurgeloop dat hulle na
Groenland teruggekeer het. Hoewel daar sprake van ander kolonisasies van die
ou wêreld, soos die Walliese prins Madok is, was hierdie die laaste bewysbare
Europese kolonisasiepoging. Die oorblyfsel van ‘n Viking-spinwiel wat by L’Anse
Aux Meadows gevind is, was die finale bewys dat die Vinlandse sagas nie op
mites geskoei was nie. Eers omtrent 500 jaar later het Europeërs hulle weer
ernstig in die Nuwe Wêreld gaan vestig.)

Paleontoloog steeds onthou


Dertig jaar gelede wag die Afrikaanse digter / skrywer Barend J. Toerien op die
J.F. Kennedy-lughawe in New York vir sy kleinneef. Hy keer later onverrigter
sake terug na sy plasie by Kerhonkson noord van New York.

Eers later verneem hy


hoekom sy kleinneef
nooit sy opwagting
gemaak het nie. Met
die landing van hierdie
vlug uit Suid-Afrika
sterf nog een van die
groot seuns wat
Namakwaland
opgelewer het. Sy
dood word dieselfde
aand nog op TV in
Suid-Afrika
aangekondig.
Aan boord was Jan
Toerien, tweede oudste kind van Harry, in lewe bankbestuurder op Nieuwoudville
en sy vrou Lita. Jan en sy broer, Rons en suster SC was as skoolkinders
speelmaats van bekendes soos Koos, Willem en Andries Louw.
Harry sterf egter jonk en Lita trek met die kinders Stellenbosch toe waar hulle
almal matriek slaag. Hierdie skuif maak dit moontlik vir Jan om sonder matriek-
wiskunde die wetenskapwêreld te betree. Destyds kon leerlinge aan Paul Roos
Gimnasium danksy Maties sekere universiteitsvakke neem. Jan neem Geologie,
en verkry sodoende toelating om Geologie te gaan studeer.
Vakansietye werk hy op vrugteplase, en een vakansie op ‘n aarbeiplaas sodat hy
tot sy dood met sy rug sukkel.
Vir sy M Sc-verhandeling word hy deur die Royal British Academy se Suider-
Afrikaanse tak (nou die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns) met ‘n medalje
vereer. Dié moet hy in die destydse Salisbury gaan ontvang. Hy nooi sy suster
SC, wat toe op Tweespruit skoolgehou het, saam op die lang treinreis, en sy nooi
‘n ander onderwyseres saam. So ontmoet Jan sy toekomstige vrou, Johanna
Meyer, ‘n Vrystaatse plaasnooi.
Jan werk aanvanklik by die museum in Pretoria, maar kort daarna word hy by die
Bernard Price Instituut by Wits aangestel waar hy onder die beroemde prof.
Raymond Dart werk, en hy ‘n lewenslange vriendskap met prof. Philip Tobias
aanknoop.
Hy behaal ‘n doktorsgraad in Paleontologie, en word dosent in Anatomie by
Maties. Hy doen ‘n tyd lank navorsing in Switserland, en in 1961 is die hele
gesin, toe reeds drie kinders sterk, vir ‘n jaar na die VSA waar Jan ‘n jaar lank
navorsing by die Syracuse – universiteit doen. Later doen hy ook in Nederland
navorsing.
Hy behaal ‘n tweede doktorsgraad – die keer in embriologie, en word daarna die
stigters-departementshoof in Anatomie van Kovsies se nuwe mediese skool. So
word die Toerien-gesin in 1971 Vrystaters.
Jan se geskiedenis as paleontoloog kom egter saam met hom Bloemfontein toe,
waar hy kort-kort versoek word om in debatte oor evolusie op te tree. Hy self is
egter ongesteurd, en hoewel hy uit sekere kringe erg gekritiseer word oor sy
onbeskaamde standpunte vir Godgedrewe evolusie, dien hy as ouderling.
Vroeër, as jongeling op Stellenbosch was hy die enigste lid van sy gesin wat nié
in oom Pietie le Roux se Boereorkes opgetree het nie. Hy was egter vaste lid van
die kerkkoor en het ook in verskeie ander kore gesing.
Trouens, hy was baie lief vir klassieke musiek en het daarop aanspraak gemaak
dat hy na slegs drie note kon sê wie die komponis was.
In 1986 bel die Bloemfonteinse munisipaliteit om te verneem of hulle ‘n straat na
hom kan vernoem. Jan sê egter dis teen sy beginsels dat iets na ‘n steeds
lewende persoon vernoem word. Terselfdertyd ken die SA Akademie vir
Wetenskap en Kuns die Havenga-prys (die Biologie-weergawe van die
Hertzogprys vir Letterkunde) aan hom toe.
‘n Paar maande later vertrek hy na New York om ‘n kongres toe gaan toespreek,
van waar hy ook na Japan sou gaan om ‘n kongres daar te gaan toespreek.
Destyds het Japan nie visums vir hierdie doel aan Suid-Afrikaners uitgereik nie,
maar weens sy unieke kennisveld word ‘n uitsondering gemaak.
Na sy dood op die ouderdom 51 ken die Mediese Navorsingsraad ‘n medalje aan
hom toe.
Hy het sy Namakwalandse wortels egter nooit afgeskud nie. Gereeld is sy gesin
Nieuwoudville toe geneem en die geskiedenis van die omgewing vertel.
Hy het egter ook die vermoë om humoristiese staaltjies te vertel.
As sy kinders ‘n groepie mense gesien het wat kort-kort van die lag uitgebars
het, kon hulle maar weet Jan is in die middel, besig om nog ‘n staaltjie uit
Namakwaland op te dis.
Selfs met sy roudiens (Jan is in die VSA veras) sê een van sy vriende vir sy ma,
Lita: “As Jan self hier was sou hy weer ‘n grappie te make gehad het.”
Die dekaan van die Mediese Skool, prof. Francois Retief, sê by hierdie diens Jan
was ‘n merkwaardige leser. Hy het graag enigiets gelees van Keynes tot Louis
Lamour. Ook Asterix-hulle, wat hy kort voor sy dood ontdek het, sou sy kinders
kon byvoeg.
Hoewel hy minder as sewe jaar ‘n Bloemfonteiner was, was die Klipkerk met sy
roudiens stampvol. ‘n Effense ongewone vir destyds was ook die groot getal nie-
blankes wat die diens kom bywoon het.
Vandag het Bloemfontein ‘n Toerien-straat, maar dit is waarskynlik na ‘n
destydse tydgenoot, prof. Daan Toerien vernoem.
Jan se werke word steeds, na dertig jaar, deur navorsers van oor die hele wêreld
in referate en navorsingstukke gebruik, soos ‘n mens deesdae deur die internet
kan vasstel.
Sy oudste seun, Herman, doen moeite om sy pa se staaltjies, veral dit wat uit
Namakwaland kom, op te teken en vir die nageslag te bewaar. Hierin word hy
goed ondersteun deur ‘n rubriek, Herrie se Kerrie, wat hy vir die Oos-Vrystaatse
koerant, Vrystaat, skryf. Van die verhaaltjies is ook in die internet-boek, Die reine
waarheid en ander liegstories, opgeteken. Enkeles hiervan is al oor radiostasies
voorgelees.
Hoewel Jan by die gewone publiek nie dieselfde bekendheid as sy kleinneefs,
Barend en Heine Toerien (destyds van onder meer die Mielieblaar-klub en Stadig
oor die klippe-faam op die radio) nie, was hy in eie reg merkwaardig. Iemand wat
nie mediese opleiding gehad het nie maar wat deur die Mediese Navorsingsraad
vereer is, en wat trouens nie Anatomie 1 verwerf het nie, maar departementshoof
in hierdie vakgebied kon word.
Argeologie en die belang vir vandag se aktualiteit
Suid-Afrika ervaar vandag gereeld aandrang dat plekname na die “oorspronklike”
plekname verander word. Dit veroorsaak gereeld groot spanning.
In die Vrystaat is ons in die bykans unieke posisie dat stamme soos die
Korannas en Griekwas die ou Koi-tale verstaan het, en ook Afrikaans magtig
was. Op hierdie manier is daar, volgens mnr. Johan Loock wat tot in 2007 lid van
die Vrystaatse pleknamekomitee was, heelwat van die oorspronklike name van
riviere en ander plekname en hul betekenisse bekend.
Net so is daar ‘n interessante stukkie geskiedenis aan die naam “Oranje” wat
tradisioneel aan die Vrystaat gekoppel is. Een van die ou presidente van die
Oranje-Vrystaatse Republiek het by geleentheid teenoor Nederland aangedui dat
die “Oranje” ter ere van die Huis van Oranje in die naam gevoeg is. Die
klaarblyklike doel was ‘n oop oor vir ‘n geldelike donasie. In werklikheid is die
“Oranje” van die Oranjerivier afkomstig, wat op sy beurt na die Burghouer van
Orangia vernoem is. Die betrokke plek maak vandag deel van Frankryk uit.
Dit is duidelik dat ‘n deeglike kennis van die verlede noodsaaklik is om latere
politiek te kan ontlont. Hoe verder terug in die geskiedenis gegaan kan word, hoe
beter raak die kanse dat die oorspronklike losgemaak kan word van
hedendaagse mededingende belange.
Die naam van Bloemfontein is ‘n goeie voorbeeld. Volgens die amptelike
webtuiste van die Mangaung-munisipaliteit is Mangaung die oudste bekende
naam wat deur swart bewoners aan die plek gekoppel is. Maar is dit werklik.
Navorsing deur prof. Pieter Labuschagne dui aan dat Bloemfontein nie na die
stigter, Brits, se vrou se blomtuin of die blomme by die fontein vernoem is nie,
maar na ‘n Koranna-kaptein, Jan Bloem.
In Suid-Afrika is dit onteenseglik so dat die huidige inwoners amper voor die voet
afstammelinge is van mense wat eers baie laat in die land se kulturele
geskiedenis hier beland het. Onder ons voete is ‘n baie ryke erfenis.
Die identifikasie van hierdie erfenis, en die behoorlike dokumentering en
bewaring daarvan is gebiedend noodsaaklik. Iets wat vandag moontlik betreklik
onbelangrik mag wees, kan in die toekoms blyk van besonder groot belang te
wees, en die broodnodige toerismebedryf te stimuleer. Dit versterk die
moontlikheid dat ook bewaringsgebiede omringend vir fauna en flora geskep kan
word, soos wat nou reeds met die byekorfhutte in die Willem Pretoriuswildtuin
gebeur.
By geleentheid ry die uwe saam met ‘n neef op die wildplaas wat hy naby
Middelburg, Mpumalanga, bestuur het. Tussen die bome gewaar ek skielik
besonder groot klipbouwerke, wat met die vinnige oogopslag van argeologiese
belang moet wees. Ek noem dit opgewonde.
Sy reaksie was verbysterend—ek moes dit nooit gesien het nie. Die boere in die
omgewing is besig om hierdie, tans nog onopgetekende bouwerke, in die riviere
te gooi omdat swart mense dit as grondslag vir grond-restitusie-eise gebruik!
Behoorlike argeologiese kennis sou kon bepaal of daar werklik ‘n verband tussen
‘n restitusie-eis en ‘n werklike aanspraak sou kon wees. Volgens
geskiedskrywers het een van die kapteins wat in die Vegkop-era met Potgieter
samesprekings gevoer het, nog in ‘n “byekorf-stat” gewoon. Dit is baie lank voor
die restitusie-spertyd van 1912.
Die argeologiese vondste op die Melville-koppies in Johannesburg verseker ewe-
eens dat minstens hierdie oop ruimtes behoue moet bly. Te dikwels beland oop
ruimtes, soos parke, in die hande van ontwikkelaars wat dan winkelkomplekse of
hoë digtheidsbewoningseenhede oprig. In baie gevalle het geld onder die tafel
volgens alle aanduidings van hande verwissel, en ‘n hofsaak oor ‘n verwante
aangeleentheid wat onder meer ’n oud-burgemeester en sy stadsbestuurder
betrek, vind tans plaas. Sulke ingeslote oop ruimtes is vir ontwikkelaars baie
aantreklik, omdat infrastruktuur soos paaie en riolering reeds in die onmiddellike
omgewing beskikbaar is. Indien ongerymdhede plaasvind, kan dit egter die paaie
en riolering in die omgewing oorlaai. E-coli-tellings landswyd dui daarop dat die
land reeds ernstige probleme ervaar om sy riolering te behartig. By Delmas het
dit reeds lewens gekos na maagkoors uitgebreek het toe ondergrondse water,
wat vir drinkwater onttrek word, hierdeur besoedel is.
Dit gaan dus nie net oor oop ruimtes vir estetiese doeleindes nie. Die bepaling
van die minimum persentasie oop ruimtes wat ‘n nedersetting moet hê om ‘n
gesonde luggehalte te verseker en die impak op onder meer aardverwarming te
beperk, verskil van die klimaatsomstandighede en bevolkingsdigtheid. ‘n
Bewaringsbewustheid wat die bewaring van argeologiese fondse insluit, sal die
druk op die opslurp van oop ruimtes beperk.
‘n Aantal jare gelede is berig oor selfoontorings wat in die omgewing van
Ventersburg opgerig is waar oorblyfsels van byekorf-hutte bloot verwyder en
vernietig is. Onkunde of argeloosheid kan onherstelbare skade aanrig. Met die
bou van ‘n moltreinstelsel vir Amsterdam het dit geblyk dat die bodem te
sanderig is vir die grawe van tonnels. Die enigste manier was om die bekisting
bo-op die grond te plaas, en dan die beton-tonnels te ondergrawe sodat dit na
die regte plek onder die grond kon sak. Dit het beteken dat die geboue op die
oppervlak, dikwels geboue van groot historiese waarde, gesloop moes word.
Elke steen van so ‘n gebou is gemerk en na die tonnels gelê is, is die geboue
herbou—elke steen op sy oorspronklike plek.

Argeologie: Wat kan ek doen?


Argeologie is die een veld waar ‘n kenner ontsettende skade kan aanrig, en ‘n
amateur besonder goeie werk kan doen. Die oorblyfsels van Troje is byvoorbeeld
deur ‘n amateur-argeloog, Schliemann, ontdek.
Tog is dit wys om as mens amateur-argeoloog wil wees, so gou as moontlik by ’n
argeologieklub aan te sluit. Sulke klubs gaan gereeld onder toesig van bedrewe
argeoloë op uitstappies. Nader die naaste museum met ’n argeologie-afdeling.
Lees op oor argeologie. Begin egter by die Suid-Afrikaanse Argeologiese
Vereniging www.archaeology.org.za met meer as duisend lede landswyd, en ‘n baie
aktiewe program. Die webwerf bevat ook baie insiggewende inligting.
Indien ’n mens, met of sonder kennis, ’n vermoedelike artefak in die veld vind, los
dit verkieslik daar. Deesdae is dit betreklik maklik met soveel selfone wat oor
digitale kameras beskik, en neem dit af, met ook ’n hoek wat die omgewing
aandui. Maak seker dat ’n mens die area weer sal kry. Maak notas. Kontak dan
’n opgeleide argeoloog. Die werktuig moet verkieslik nie verwyder word nie,
tensy daar ’n goeie kans is dat dit deur byvoorbeeld konstruksie verlore sal gaan.
Hou in gedagte dat hierdie boekie nie ten doel het om van die leser ‘n argeoloog
te probeer maak nie – daarvoor is dit te oppervlakkig en belangrike aspekte word
glad nie aangespreek nie, of daar word bloot terloops na verwys.
Wanneer die boekie uitgebrei word, sal dit ‘n hoofstuk oor Mapungubwe insluit, ‘n
baie ou ryk met sy hoofsetel in Suid-Afrika maar wat ook oor die grense van
Zimbabwe en Botswana gestrek het, en wie se inwoners onder meer eeue
gelede met China handel gedryf het. Lesers word aangemoedig om ondertussen
die volgende webwerwe te gaan lees:
http://www.southafrica.info/about/history/mapungubwe.htm

http://www.isivivane.com/kmafrica/?q=group.tourism.knowledge.mapungubwe.first.sout
hern.african.state

Foto’s: Bronne nie elders vermeld: Kennis

You might also like