P. 1
Die Aarde en Daar Buite [Graad 6 Afrikaans]

Die Aarde en Daar Buite [Graad 6 Afrikaans]

|Views: 10,183|Likes:

More info:

Published by: Primary Science Programme on Jul 14, 2009
Copyright:Attribution Non-commercial

Availability:

Read on Scribd mobile: iPhone, iPad and Android.
download as PDF, TXT or read online from Scribd
See more
See less

03/02/2013

pdf

text

original

WESTERN CAPE PRIMARY SCIENCE PROGRAMME

’N KORT LEERPROGRAM OOR DIE NATUURWETENSKAPPE-TEMA:

DIE AARDE RUIMTE
AKTIWITEIT 1 Die vorm van die Aarde en die buitenste ruim AKTIWITEIT 2 Ons Aarde se maan AKTIWITEIT 3 Maankyk AKTIWITEIT 4 Lig op die maan AKTIWITEIT 5 Reis maan toe AKTIWITEIT 6 Die Son en sy familie planete AKTIWITEIT 7 Leesstukke oor die Son, Aarde en maan

EN DIE

Graad 6

aktiwiteite

AKTIWITEIT 8 Addisionele leestake en idees vir projekte

Ons verwelkom die wye gebruik van hierdie materiaal. Gee asb. erkenning aan PSP. © PSP 2002

Ontwikkel deur die Western Cape Primary Science Programme-span
Hierdie leerprogram is daarop gerig om die volgende uitkomste in die Natuurwetenskappe te bereik:

s LU 1: Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer en om verhoudings en probleme binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing te ondersoek en op te los.

s LU 2: Konstruksie van Wetenskapkennis
Die leerder ken en is in staat om wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis te interpreteer en toe te pas.

s LU 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing
Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.

Maan

Aarde

Kursus aangebied deur Rose Thomas en Sandra Mahote Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Janet Ranson en Nicci Cairns en vertaal deur Ronél Gouws Western Cape Primary Science Programme Edith Stephens-Vleilandpark Lansdowneweg Philippi Posbus 529 Howard Place 7450 Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350 e-pos: info@psp.org.za webtuiste: www.psp.org.za

Alle prente met vergunning van NASA.

Ons dank aan die Suid-Afrikaanse Astronomiese Vereniging vir die inligting oor die planete.

Inhoud
• • •
Hierdie boekie illustreer ’n voorbeeld van ’n kort leerprogram vir graad 6. Dit ontwikkel begrippe, vaardighede, houdings en taal stapsgewys. Dit bevat aktiwiteite en take vir leerders, take vir onderwysers, steunmateriaal en voorstelle vir assessering.

2 . . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 Die vorm van die Aarde en die buitenste ruim 4 . . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 2 Ons Aarde se maan 6 . . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Maankyk 11 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Lig op die maan 15 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Reis maan toe 20 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 Die Son en sy familie planete 23 Feiteblad: Die Planete

24 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Leesstukke oor die Son, Aarde en Maan 27 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 8 Addisionele leestake en idees vir projekte 28 . . . . . . . . . . . . .Voorgestelde werkskema vir Die Aarde en die Ruimte 29 . . . . . . . . . . . . .Assesseringsblaaie 33 . . . . . . . . . . . . .Kodes vir assessering Onderwyshulpmiddele vir fotostatering 34 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 Wêreldkaart 36 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 1 Taakkaart: Ons Aarde is soos ’n bal wat in die ruimte beweeg 37 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 3 Maankykdiagram 38 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 4 Taakkaart: “Lig op die Maan” 41 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 5 Taakkaart en leesteks: “Reis maan toe” 42–44 . . . . . . . . . .Foto’s wat op die maan geneem is 46 . . . . . . . . . . . . .Die sonnestelsel 48 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 6 Taakkaart: “Meer oor die planete” 49 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Leesstukke oor die Son, Aarde en Maan 51 . . . . . . . . . . . . .Aktiwiteit 7 Taakkaart: “Die Son, Aarde en Maan” 53–56 . . . . . . . . . .Die nege planete in ons sonnestelsel Binne-omslag . . .Kopkaart oor Die Aarde en die Ruimte

Aktiwiteit

1

Sleutelbegrippe

Die vorm van die Aarde en die buitenste ruim
• • • • •

Die Aarde is rond soos ’n bal. Die Aarde se oppervlak bestaan uit land en water. Daar is meer water as land op die Aarde se oppervlak. Die atmosfeer is ’n dun luglaag wat die Aarde omring. Die buitenste ruim is anderkant die atmosfeer.

Onderwysertaak

Demonstreer die volgende aktiwiteit as inleiding. 1. Vra leerders om die korrekte vorm van die Aarde uit die dinge in die houer te kies en te verduidelik waarom hulle daardie vorm gekies het. 2. Deel velle koerantpapier en repe wit papier uit. 3. Maak gom van water en meel. 1. Maak ’n papiermodel van die Aarde: Frommel tien velle koerantpapier op in ’n balvorm. Skeur twee of drie velle wit A4-papier op in dun repe. Maak ’n gommengsel van meel en water. Smeer die gom met jul vingers op die repe wit papier. Plak die repe papier op die papierbal sodat dit die hele vorm bedek.
Smeer die gommengsel met jou vingers op die repe wit papier

Leerdertaak

GROEP

Leerde

Maak ’n stywe bal opgefrommelde koerantpapier (omtrent tien velle)

Plak die repe papier op die bal

2. Sit jul model in die son om droog te word. Die volgende dag: 1. Trek ’n lyn om die middel van jou aardbol om die ewenaar voor te stel. 2. Teken ’n kolletjie wat die posisie van die Noordpool voorstel en een wat die Suidpool voorstel. 3. Knip die vastelande op die wêreldkaart uit. (Sien bladsy 34 en 35.) 4. Plak die vastelande in die regte posisie op die model. (Gebruik ’n kaart en die ewenaar om jou te help.) 5. Kleur die land oranje in. Kleur die water blou in. 6. Maak die lug. Onthou, dit is ’n baie dun laag. Strek ’n stuk broekiekous oor die model om die dun luglaag voor te stel.

2

Leerdertaak

(vervolg)

7. Voltooi die werkblad “Ons Aarde is soos ’n bal wat in die ruimte beweeg”. Ons Aarde is soos ’n bal wat in die ruimte beweeg Teken die volgende op die diagram en skryf duidelike byskrifte by: land water lug die buitenste ruim

DIE AARDE

lug

water

Die buitenste ruim
land

Die buitenste ruim

water
lug

land

lug

water land

ertaak

water

Die buitenste ruim Die buitenste ruim

Assessering Aktiwiteit

1

Die vorm van die Aarde en die buitenste ruim
Wat ons van leerders verwag Die model behoort die volgende kenmerke te hê: ’n sferiese vorm die ewenaar en die pole in die regte posisie vastelande in ongeveer die regte posisie die land en see korrek ingekleur ’n stuk broekiekous wat die lug voorstel, oor die bal gestrek. Die diagram moet: duidelik geteken wees duidelike byskrifte hê die buitenste ruim korrek daarop aangedui hê. (Alles anderkant die atmosfeer is die buitenste ruim.)

Wat ons wil assesseer Model van die Aarde

Diagram van die Aarde

3

Aktiwiteit

2

Ons Aarde se maan

Die maan Daar bestaan talle stories oor die maan – van kinderverhale tot wetenskapfiksie-verhale vir volwassenes. Daar is baie gedigte, ballades en liedjies oor die maan. Mense assosieer die maan met romantiese dinge en ook met weerwolwe. Daar word ook gesê dat honde huil wanneer dit volmaan is!

Sleutelbegrippe

• • •

Die maan is kleiner as die Aarde. Die maan is ’n sfeer (omtrent een vyfde so groot soos die Aarde). Die maan wentel om die Aarde.

Onderwysertaak

Model van die maan

1. Vra leerders om vir huiswerk die naglug op ’n stuk papier te teken. 2. Hulle bring hul tekeninge die volgende dag klas toe om te bespreek. 3. Bespreek waarom leerders nie alles wat hulle gesien het, op een bladsy kon inpas nie. 4. Gesels oor die talle dinge in die ruimte waarna ons kyk (die Son, maan, miljoene sterre en soms satelliete wat soos bewegende sterre lyk). 5. Vra leerders om stories of gedigte oor die maan te vind en bespreek dit die volgende dag in die klas. 6. Deel velle koerantpapier en repe wit papier uit. 7. Maak gom van water en meel.

my papier was nie groot genoeg nie!

Leerdertaak

GROEP

1. Maak ’n papiermodel van die maan. 2. Volg dieselfde instruksies wat julle gevolg het toe julle die papiermodel van die Aarde gemaak het, maar gebruik net twee velle koerantpapier. (Die maan is omtrent een vyfde so groot soos die Aarde.) 3. Laat jul model oornag droog word. Die volgende dag 4. Gebruik die papiermodel van die Aarde wat julle vroeër gemaak het en die model van die maan en maak ’n bewertjie soos die draadhanger een in die hierdie diagram. wol of lyn

model van die maan

model van die Aarde

4

Leerdertaak

Verduidelik die woord “wentel” aan leerders en verduidelik hoe die maan in sy eie baan of wentelbaan rondom die Aarde beweeg. Verduidelik die woord “wentelbaan”. Die maan het sy eie wentelbaan om die Aarde. Dit beteken die bly heeltyd dieselfde afstand van die Aarde terwyl dit om die Aarde wentel. Gebruik die bewertjie om te demonstreer dat die maan rondom die Aarde wentel. (Draai die hanger se haak om te kyk hoe die maan om die Aarde wentel.)
RDE AA

MA

Die maan beweeg om die Aarde in sy eie wentelbaan

AN

wentelbaan

Leerdertaak

Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woorde in te vul. Die maan is kleiner as die Aarde. Die maan wentel om die Aarde. Die maan beweeg in sy eie wentelbaan om die Aarde.

Assessering Aktiwiteit

2

Ons Aarde se maan
Wat ons wil assesseer Model van die maan Wat ons van leerders verwag Die maan se vorm moet sferies wees. Die maan moet ongeveer een vyfde soos groot soos die Aarde wees. Maak seker dat die maan in die bewertjie rondom die Aarde kan beweeg.

5

Aktiwiteit

3

Maankyk
• • • Die maan lyk elke dag anders. Een volle siklus van die maan om die Aarde neem omtrent 29 tot 30 dae. Ons kan die maan sien omdat die sonlig op die maan se oppervlak skyn.

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

1. Lees hierdie gedig aan die leerders. Verduidelik die woord “kwyn”. Wanneer die maan kwyn, raak dit elke nag kleiner tot dit ’n paar nagte lank verdwyn. Wanneer die maan groei, word dit elke nag groter.

Maankyk Vanaand skyn ’n nuwe maan hoog in die lug – ’n Skraal bogie helder, skitterende lig. Nag na nag sal ek haar sien groei, Totdat sy vol en stralend bloei. Net een nag lank is Mamma Maan vol – ’n Groot wit bal, ’n gloeiende kol. Nag na nag sal ek haar sien kwyn, Tot sy weer net as ligbogie skyn. Pikdonker is die naglug sonder ons maan, Maar gou weer sien ek haar in haar baan: Eers as ’n blink boog nuwe, wit lig Tot sy groei tot ’n vol en helder sig.

2. Lees hierdie agtergrondinligting en besluit dan wat jy vir jou klas wil lees of verduidelik. Mense is van altyd af bewus van die maan en die manier waarop dit lyk of dit verander. Die maan lyk asof dit met verloop van tyd van vorm verander. Ons noem dit die fases van die maan, maar dit is moeilik om te verduidelik waarom of hoe dit gebeur. Verskeie kalenders (ook godsdienstige kalenders) is op die fases van die maan gebaseer. Die tyd van die volmaan word gebruik om vas te stel wanneer dit Paasfees is. (Dit is vier volmane ná Kersfees op die Sondag wat die naaste aan volmaan is.) Die verskyning van die sekelmaan word gebruik om die begin en einde van die heilige maand Ramadan in die Islam-geloof aan te dui.

6

Fases van die maan soos uit die suidelike halfrond gesien
In hierdie diagramme en foto’s sien ’n mens hoe die maan vanaf die Aarde lyk.

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7.

sekelmaan sekelmaan halfmaan bolmaan bolmaan volmaan bolmaan

8. bolmaan 9. halfmaan 10. sekelmaan 11. sekelmaan 12. nuwemaan (dit kan nie gesien word nie, want dit is in algehele duisternis)
Foto’s uit “Die Sterrestelsel” – Suid-Afrikaanse Astronomiese Sterrewag

Onderwysertaak

1. Fotokopieer die maankykdiagramme en deel dit uit. 2. Verduidelik hoe om die maankykdiagram in te vul. 3. Besluit saam met leerders watter dag julle dag 1 sal wees. (Dit kan enige dag van die maand wees, solank almal gelyk begin. Maak seker dit is ’n aand wanneer die maan sigbaar is.) 4. Laat leerders hul tekeninge elke paar dae met mekaar vergelyk.

7

Leerdertaak

INDIVIDUEEL

1. Soek die maan elke dag (gedurende die aand of dag) en kyk goed daarna. 2. Teken elke dag op jou eie diagram hoe die maan lyk. Skryf die tyd en die datum neer. 3. Wanneer dit bewolk is en jy nie die maan kan sien nie, teken jy wolke op jou diagram. 4. As jy een aand oorslaan, skryf jy jou rede neer. 5. Vergelyk jou tekeninge elke paar dae met jou klasmaats s’n. 6. Voltooi die siklus van 29 dae. 7. Skryf die volgende byskrifte met jou onderwyser se hulp op jou diagram in: • volmaan • kwartmaan • sekelmaan • nuwemaan

DIE FASES VAN DIE MAAN

MAANKYKDIAGRAM

naam

. . . . . . . . . . . . . . . . .

Groot maankykdiagram vir fotostatering vir leerders op bladsy 37.

8

8. Skryf ’n paar interessante dinge neer wat jy oor die maan opgelet het.

Maankyk
Ek het ’n paar interessante dinge oor die maan opgelet. Een ding wat ek gesien het, was toe

ek begin het, kon ek net ’n klein deeltjie van die maan sien. Elke aand het die deel wat ek kon sien, al hoe groter geraak totdat ek die hele maan kon sien. Toe het die ligte deel elke aand kleiner begin raak totdat daar glad nie ’n maan was nie. Ek het ook gesien dat die maan saans in die lug beweeg. Elke aand kom dit op ’n effens verskillende plek op. Dit lyk of die maan ’n paar nagte lank heeltemal verdwyn. Nog iets was ek opgelet het, was dat soos die maan groter raak, dit die linkerkant is wat ek kan sien. Maar na volmaan, wanneer die maan kleiner raak, is dit die regterkant wat ek kan sien.

Assessering Aktiwiteit

3

Maankyk
Wat ons van leerders verwag Die tekeninge op die maankykdiagram moet: voltooi wees ingevul wees om te wys hoe die vorm verander (vergelyk diagram) die volmaan, sekelmaan, kwartmaan en nuwemaan korrek daarop aangedui hê. Die sinne behoort sommige van die volgende in te sluit: Die maan se vorm het verander. Dit was nie elke aand in dieselfde posisie nie. Soms kan jy dit glad nie sien nie (nuwemaan). Soos wat die maan groter raak, is die een kant daarvan sigbaar. Soos wat die maan kleiner raak, is die ander kant daarvan sigbaar.

Wat ons wil assesseer Maankykdiagram

Die skryf van sinne oor die waarneming van die maan

9

DIE FASES VAN DIE MAAN
MAANKYKDIAGRAM
vm
vm

vm

vm

vm

vm

vm

vm

n

m

vm

nm
nm

vm

nm
nm

vm

10

ma vol

a

n

Aktiwiteit

4

Lig op die maan
• • • Die maan gee nie sy eie lig af nie. Ons kan die maan sien omdat die Son dit verlig (die sonlig skyn op die maan). Dit lyk asof die maan se vorm verander soos wat dit om die Aarde beweeg omdat ons net die deel wat na ons kant gedraai is waarop sonlig val, kan sien.

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

1. Lees die volgende inligting aan die leerders: Ons sien die maan wanneer sonlig daarop val Die maan wentel om die Aarde terwyl die Aarde terselfdertyd om die Son wentel. Dit neem die maan ongeveer 29 ™ dae om een keer om die Aarde te wentel. Die Son skyn op die maan soos wat die maan om die Aarde beweeg. Iemand wat op die Aarde is, sien hoe verskillende dele van die maan deur die Son “verlig” word soos wat sonlig die maanoppervlak verlig. 2. Demonstreer hoe ons die maan wat deur die Son verlig word, sien.

AAN DIE ONDERWYSER

Son Gebruik ’n helder lig vir die tor). (’n gloeilamp of truprojek op Die kind is ’n waarnemer papiermaan Aarde. Gebruik die het. wat die leerders gemaak Maak die vertrek effens apier donkerder deur koerantp oor die vensters te plak.

11

Wat die leerder moet doen: Sit ’n etiket met die woord “Aarde” op die leerder. Steek ’n potlood of stokkie in die model van die maan. Die leerder staan met haar rug na die lig en hou die maan aan die potloodhandvatsel vas. Sy hou dit met ’n gestrekte arm net bokant ooghoogte. Terwyl sy nog die maan vashou, roteer sy stadig terwyl sy heeltyd na die maan kyk. Soos wat die maan om haar beweeg, sal sy sien dat verskillende dele van die maan deur die son (gloeilamp) verlig word.

aarde

A

B

C

Vra vir haar om vir jou te sê wat sy op die maan sien: wanneer sy met haar rug na die son staan wanneer sy sywaarts na die son staan wanneer sy na die son kyk. Wat die leerder sal sien: Wanneer sy met haar rug na die son staan, sal sy ’n volmaan sien. Wanneer sy sywaarts na die son staan, sal sy ’n kwartmaan sien. Wanneer sy na die son kyk, sal sy die nuwemaan sien. (Die deel van die maan wat na haar gedraai is, is nie verlig deur die son nie. Wanneer die regte maan in hierdie posisie is, kan ons dit glad nie sien nie.) 3. Nou werk die leerders in pare en neem beurte om die maan vas te hou en te kyk hoe dit verander soos wat hulle dit in verhouding met die son beweeg.

12

Leerdertaak

Lig op die Maan
1. Hou die maan vas soos hieronder gewys word.

A

B

C

2. Hou die maan met ’n gestrekte arm vas en draai stadig om te kyk hoe die lig op die maan val. 3. Skryf jou waarnemings hieronder neer. A. Wanneer die son agter my is en die maan voor my is, is dit wat ek sien: Onderstreep die korrekte een en teken in die sirkel: Ek kan die vol-/kwart-/nuwemaan sien.

A

B. Wanneer ek sywaarts na die son staan en die maan voor my is, is dit wat ek sien: B Onderstreep die korrekte een en teken in die sirkel: Ek kan die vol-/kwart-/nuwemaan sien. C. Wanneer ek na die son kyk en die maan voor my is, is dit wat ek sien: Onderstreep die korrekte een en teken in die sirkel: C Ek kan die vol-/kwart-/nuwemaan sien.

Wat sien ek as ek sywaarts na die son staan en die maan voor my is?

IE D

ARDE A
13

Assessering Aktiwiteit

4

Lig op die maan
Wat ons wil assesseer Vrae oor lig op die maan Wat ons van leerders verwag Die antwoorde moet die volgende inligting insluit: a. Wanneer die son agter my is, kan ek die volmaan sien. b. Wanneer ek sywaarts na die son staan, kan ek die kwartmaan sien. c. Wanneer ek na die son kyk, kan ek die nuwemaan sien.

Prent: NASA

14

Aktiwiteit

5

Reis maan toe
• Mense het in 1969 vir die eerste keer maan toe gereis en daarop geland. Dit was die eerste keer in die geskiedenis wat mense op die maan geland het. Die mense, wat Amerikaners was, het spesiaal ontwerpte vuurpyle en ruimteskepe gebruik om by die maan te kom – dit was ’n tegnologiese prestasie. Dit was die eerste keer wat mense so ver gereis het. Hulle het veilig teruggekeer en foto’s en monsters (voorbeelde) van maanrots saamgebring. Dit was ook die eerste keer wat ’n mens ooit op die oppervlak van ’n ander voorwerp in die ruimte geland het.

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

1. Lees ’n gedig of liedjie oor om maan toe te reis.

Amagorha oo-Apollo Amagorha oo-Apollo Amagorha oo-Apollo Amagorha ase Amelika Wasuphuka wenyu - – - ka!

Uneil Armstrong, uMichael Colins No Buzz Aldrin Halala! Halala! Hala - – - la! Siqhayisa ngo Apollo weshum’ elinomvu!

(Uittreksel uit een van die Xhosa-liedjies wat tydens die Apollomaanlanding

gekomponeer is. Dit is ter ere van die drie geskiedkundige gebeurtenis.) ruimtevaarders en die

Prent: NASA

2. Verduidelik aan die leerders dat hulle hul eers gaan verbeel dat hulle maan toe reis. 3. Gee aan leerders die taakkaart en die leesstuk “Reis maan toe” (bladsy 16).

15

Mense kyk reeds derduisende jare lank saans na die maan in die naghemel, maar niemand het nog ooit daarheen gegaan nie.

Reis maan toe

Mense besluit om die maan te verken 1. In 1961 het president John Kennedy aangekondig dat mense van die Verenigde State van Amerika maan toe gaan reis om dit te verken. Geen mens het voorheen maan toe gereis nie. Gedurende die volgende agt jaar het hulle met verskillende vuurpyle en ruimtetuie geëksperimenteer. Hulle het verskeie reise na die maan onderneem om die toerusting te toets, maar het nie daar geland nie.

Reis na die maan 2. In 1969 was die Apollo-ruimteskip uiteindelik gereed om in die ruimte gelanseer te word. Die ruimteskip moes omtrent 400 000 km maan toe en 400 000 km terug Aarde toe reis. Apollo is in die ruimte gelanseer. Na drie dae en drie nagte was dit naby aan die maan. 3. Twee ruimtemanne het in ’n maanlandingstuig na die maanoppervlak gevlieg. Een ruimteman het in die ruimtetuig gebly en om die maan gewentel. Neil Armstrong was die eerste mens wat uit die landingstuig op die maanoppervlak getree het. Hier is die woorde wat hy gesê het toe hy sy voete op die maan geplaas het: “Een klein tree vir die mens, en reusesprong vir die mensdom.” Edwin Aldrin was die tweede mens wat sy voete op die maan geplaas het.

Op die maanoppervlak 4. Dit maan het skrikwekkend gelyk. Daar is geen lug, water, plante of diere nie. Die ruimtemanne het ruimtepakke gedra om die maan te verken. Hulle het baie foto’s geneem. Hulle het in ’n maanvoertuig gery en wetenskaplike eksperimente opgestel. Toe het hulle in die boonste deel van die landingstuig na die Apollo-ruimtetuig teruggekeer. Apollo het hulle veilig terug Aarde toe gebring. Eendag kan jy miskien ook maan toe reis 5. Miskien sal jy eendag by ’n maanstasie wees! By ’n ruimtestasie wat om die Aarde wentel, kan jy ’n maanskip haal. Mense sal voorrade in die skip laai. Hulle sal jou nuwe maanskip en landingstuig vol brandstof maak. Uiteindelik sal jy vertrek. Naby die maan sal die vuurpylmotore weer gevuur word. Jy sal in ’n wentelbaan om die maan geplaas word. Mense sal in die landingstuig klim en voorrade sal ingelaai word. Die enjins sal aangeskakel word. Daar gaan jy! Wat sal jy sê as jy jou voete op die maan plaas? Hoe sal dit wees om op die maan te lewe?

16

Aangepas uit: Amazing Rockets deur Dinah L. Moche; Western Publishing Company Inc. Wisconsin 1990

Leerdertake

Verbeel julle hoe dit sal wees om van die Aarde af weg na die maan te vlieg en die buitenste ruim te verken. 1. Gesels in jul groepe hieroor. 2. Lees dan “Reis maan toe” om meer hieroor uit te vind.

Taakkaart: Reis maan toe
Praat- en leestake vir leerders TAAK 1 1. Verbeel jou jy is die eerste mens wat na die maan reis. Bespreek: Watter planne sal jy maak om daar te kom? Hoe lank sal jy moet beplan? Hoeveel mense sal saam met jou gaan? Watter soort voertuig sal jy gebruik? Sal jy self besluit om te gaan of sal jou land jou daarheen stuur? Hoeveel sal dit kos? En wie sal betaal? Lees nou paragraaf 1 om uit te vind wat wel gebeur het.

maan

ons dryf sonder swaartekrag verseël vensters om lug binne te hou

enjin kstra e
verwyder wiele
Aarde

TAAK 2 1. Probeer jou verbeel hoeveel dae dit sal neem om by die maan uit te kom. Bespreek: Hoe ver, dink jy, sal jy moet reis om daar te kom? Hoeveel dae sal dit neem om daarheen te reis? Lees nou paragraaf 2 om uit te vind hoe ver dit is en lank die reis geduur het.

nog hoeveel langer sal my reis wees?

17

Leerdertaak

(vervolg)

TAAK 3 1. Verbeel jou jy land veilig op die maan en sal kan terugkeer Aarde toe. Bespreek: Hoe sal jy op die maan land? Hoe sal jy weer terugkom? Wat sal jy sê as jy jou voete die eerste keer op die maan sit? Lees nou paragraaf 3 om uit te vind wat gebeur het.

My vuurpyl het ’n valskerm om dit te help land.

TAAK 4 Verbeel jou jy is op die maan se oppervlak. Bespreek: Hoe lyk die maan? Wat sal julle op die maan doen? Het julle veilig na die Aarde teruggekeer? Lees nou paragraaf 4 om uit te vind hoe dit op die maan lyk.

Dit sal nie werk nie – daar is nie lug op die maan nie! My vuurpyl het veeragtige pote waarop dit kan land.

Onderwysertaak

1. Deel die stel foto’s uit wat op die maan geneem is. Die vrae en antwoorde (onderwyser se kopie) is op bladsy 42, en die leerders se kopie is op bladsy 43–44). 2. Leerders kyk na die prente en bespreek die vrae. 3. Lei ’n klasbespreking hieroor.

18

Leerdertaak

(vervolg)

TAAK 5 1. Verbeel jou jy woon eendag op die maan. Maak ’n tekening om te wys waar en hoe jy op die maan sal lewe.

op sportdag het ek 1,2 m hoog gespring.

maar hoe hoog sal jy op die maan kan spring?

hoe lank

sal my vuurpyl neem om die maan te bereik?

Skryftaak – My plek op die maan 2. Skryf hoe dit sal wees om op die maan te lewe.

Assessering Aktiwiteit

5

Reis maan toe
Wat ons van leerders verwag Beskryf mondelings in groepe wat in werklikheid gedurende die verkenning van die maan gebeur het. Maak ’n noukeurige tekening en skryf skeppende sinne waarin leerders hulle verbeel hoe dit sal wees om op die maan te woon. Wys in ’n tekening en skryfwerk bewyse van sekere feite oor die maan, byvoorbeeld: – geen atmosfeer nie – plante kan nie daar groei nie – diere kan nie daar lewe nie – geen water en geen wolke of reën nie – moet alles saam met jou neem, soos kos, klere, lug en water – moet self van rommel ontslae raak, ens.

Wat ons wil assesseer Leeswerk: Taak 1 – 5 Skryfwerk en tekening oor die lewe op die maan

19

Aktiwiteit

6

Die Son en sy familie planete
• • • • • Daar is nege verskillende planete in ons sonnestelsel. Die planete verskil in grootte en massa. Die planete is verskillende afstande van die Son. Al die planete wentel om die Son. Die planete wentel in vaste wentelbane en bly in hierdie wentelbane.

Sleutelbegrippe

Onderwysertaak

Inleiding tot ons sonnestelsel
Verduidelik dat die Aarde in een klein stukkie van die lug wat ons sonnestelsel genoem word, gevind word. Ons is naby aan een ster, wat die Son genoem word. Al die ander sterre is baie, baie ver van ons. Sê vir leerders dat ons ons sonnestelsel gaan bestudeer.

AAN DIE ONDERWYSER

te uitWanneer leerders die plane afstand van die knip en volgens hul t baie Son orden, moet hulle me n van groot getalle werk. Dit is ee elwitte van die belangrikste do leerders hierdie aktiwiteit. Ons hoop it in staat sal tydens hierdie aktiwite reteer wees om elke getal te interp groot getal te en dit dan met nog ’n tter die vergelyk om te besluit wa t hulle verste van die Son is totda regte orde elke planeet in die gerangskik het.

A.
1. Deel fotostate van planete uit (sien bladsy 53–56). 2. Verwys na die kleurkaart “Die sterrestelsel” wat verskaf is.

Neptunus

Saturnus

Jupiter Aarde
Mars

die son

Venus

Pluto

Uranus

Mercurius

Leerdertaak

IN PARE

Elke groep werk met een volle stel planete. 1. Knip die planete uit. 2. Skryf elke planeet se naam op die agterkant daarvan neer. 3. Skryf die planeet se afstand van die Son neer. 4. Gebruik die verskillende afstande van die son en rangskik die planete in die regte volgorde. Begin met die Son en plaas die planeet wat die naaste aan die Son is. 5. Eindig met die planeet wat die verste van die Son is.

Onderwysertaak

B.
Deel die Planete-feiteblad uit (sien tabel op bladsy 23) en die tekening van die sonnestelsel (sien bladsy 46–47) uit vir leerders om te voltooi.

20

Leerdertaak

INDIVIDUEEL

Die Son en sy familie planete 1. Lees hierdie paragraaf vir jou inligting: Ons weet die Aarde is ’n planeet. Daar is nog agt ander planete. Saam met die Aarde is daar nege planete. Elke planeet beweeg in sy eie wentelbaan om die Son. Elke planeet is verskillend. Die Son en sy familie planete word die sonnestelsel genoem. 2. Soek die kolom met die opskrif “Afstand van die son” op die Planetefeiteblad. Hier kan jy sien hoe ver elke planeet van die Son is. 3. Vind elke planeet op jou sonnestelselblad en skryf die korrekte byskrif daarby. Skryf ook sy afstand van die Son neer.

Pluto Venus Mars Jupiter Uranus

Mercurius Saturnus Aarde Neptunus

SON

Mercurius

Aarde se Maan Aarde Mars

Venus

Jupiter Saturnus Uranus

Neptunus

21

Onderwysertaak

Deel die volgende vrae uit en verduidelik hoe om die Planete-feiteblad te gebruik om die vrae te beantwoord.

Leerdertaak

Meer oor die planete
Gebruik die Planete-feiteblad om die volgende vrae te beantwoord.

1. Watter planeet is die kleinste?

Pluto is die kleinste planeet.
2. Watter planeet is die grootste?

Jupiter is die grootste planeet.
3. Watter planeet het twee mane?

Mars het twee mane.
4. Noem die planeet met ’n rooi kol.

Jupiter het ’n rooi kol.
5. Oor watter planeet weet ons baie min? Waarom?

Ons weet baie min oor Pluto omdat dit baie ver van die Aarde is.
6. Waarom word Mars die rooi planeet genoem?

Mars lyk rooi in die lug.
7. Wat is die helderste planeet?

Venus is die helderste planeet.
8. Watter planeet het die meeste mane?

Saturnus het die meeste mane. Dit het 18 mane.
9. Waarom is Saturnus ongewoon?

Saturnus het 18 mane en daar is groot ringe om dit.
10. Hoe ver is Saturnus van die Aarde?

Saturnus is 1 280 000 000 km van die Aarde.
11. Watter planeet is die naaste aan die Aarde? Hoe ver is dit van ons?

Venus is die naaste aan die Aarde. Dit is 40 000 000 km van ons.
12. Hoe ver is Pluto van Mercurius?

Pluto is 5 840 000 000 km van Mercurius.
Assessering Aktiwiteit

6

Die Son en sy familie planete
Wat ons wil assesseer Sterrestelsel Wat ons van leerders verwag Die planete moet: korrek geïdentifiseer wees in die korrekte orde volgens hul afstand van die Son geplaas wees die korrekte byskrifte hê (met die gebruik van die gegewe tabel). Die vrae moet korrek beantwoord wees.

Die beantwoording van die vrae oor die sonnestelsel

22

Feiteblad – Die Planete
Planeet Afstand van die Son (kilometer) Grootte van die planeet (deursnee in kilometer) Aantal mane bekend Ander kenmerke

Mercurius

60 000 000 km

5 000 km

0

Dit lyk soos ons maan.

Venus

104 000 000 km

12 000 km

0

Dit is die helderste planeet.

Aarde

150 000 000 km

13 000 km

1

Dit is die enigste planeet waarop daar, sover ons weet, lewe is.

Mars

240 000 000 km

7 000 km

2

Dit staan bekend as die rooi planeet.

Jupiter

800 000 000 km

143 000 km

16

Dit het ’n rooi kol en ’n streepagtige voorkoms.

Saturnus

1 400 000 000 km 120 000 km

18

Daar is ’n stel ringe om hierdie planeet.

Uranus

3 000 000 000 km

52 000 km

15

Dit lyk groen. Dit bestaan omtrent heeltemal uit ys.

Neptunus

4 500 000 000 km

50 000 km

8

Dit lyk blou.

Pluto

5 900 000 000 km

2 000 km

1

Ons weet baie min van hierdie planeet.

23

Aktiwiteit

7

Leesstukke oor die Son, Aarde en Maan
1. Kopieer die onderstaande leesstukke oor die Aarde, Maan en Son (bladsy 49 tot 51) en ook die tabel “’n Vergelyking tussen die Son, Maan en Aarde” (bladsy 52) vir die leerders. Lees oor die Aarde, die maan en die Son en vul dan die tabel op bladsy 26 in.

Onderwysertaak

Leerdertaak

Ons tuiste, die Aarde, is ’n planeet. Dit lyk soos ’n groot bal wat hoofsaaklik uit rots bestaan. Ons planeet bestaan uit verskillende lae rots. Eerstens is daar ’n kors aan die buitekant waar die meeste van die rots hard is. Onder die kors is die mantel, wat uit sagter rots bestaan en wat heeltyd stadig beweeg. Diep binne-in die Aarde is ’n kern wat uit die metale yster en nikkel bestaan. Aan die buitekant is die Aarde omring deur water (in die oseane) en lug. Die Aarde is ’n middelslag planeet. Die afstand om die ewenaar is omtrent 40 000. As jy daardeur sou sny en die deursnee meet, sou dit omtrent 12 762 km wees. Die Aarde beweeg gelyktydig op twee maniere. Een manier waarop die Aarde beweeg, is in ’n sirkel om die son. Ons sê die Aarde wentel in sy eie wentelbaan om die Son. Die ander manier waarop die Aarde beweeg, is dat dit heeltyd draai (roteer) terwyl dit om die Son beweeg. Die Aarde gee nie sy eie lig af nie, maar kry lig van die Son. Die Aarde ontvang ook hitte van die Son sodat die temperatuur op Aarde net reg vir lewende wesens is. Dit is nie te warm en nie te koud nie. Die Aarde lyk soos ’n pragtige blou en wit bal. Die blou wat ons kan sien, is die water wat die Aarde omring. Die wit gedeeltes is die wolke wat in die lug dryf. Naby die Noord- en Suidpool is daar groot wit gedeeltes. Dit is die poolyskappe wat uit bevrore water bestaan. Daar is ander planete in die ruimte, maar die Aarde is vir ons die belangrikste, want mense, diere en plante kan daarop lewe.

Ons planeet Aarde

24

Die maan is ons naaste hemelliggaam in die ruimte. Dit is omtrent 40 000 km van ons. Dit is, soos die Aarde, ’n bal rots, maar dit het geen water en lug nie. Die maan is so naby aan ons dat ons van die besonderhede op die maanoppervlak kan sien as ons noukeurig kyk. Daar is ligte en donker gedeeltes op die oppervlak. Die ligte dele is hoë berge en die donker dele is groot, plat, stofvlaktes. Die maan het ook ’n klomp ronde merke op sy oppervlak. Dit word kraters genoem. Dit ontstaan wanneer rotse uit die buitenste ruim die maanoppervlak tref en duike daarin laat. Die maan is nie ’n planeet nie. Dit is ’n maan omdat dit om ’n planeet wentel, en nie om die Son nie. Dit gee nie sy eie lig af nie, maar kry lig van die Son. Soos wat die maan om die Aarde wentel, kan ons verskillende dele daarvan sien wanneer die sonlig daarop val. Die maan is baie kleiner as die Aarde. Die Aarde is vyf keer groter as die maan. As jy die Aarde in vyf gelyke balle kon verdeel, sou die maan dieselfde grootte as een van die balle wees. Die maan het ’n deursnee van omtrent 3 500 km.

Die Maan

Die Son

Die Son is ’n ster, nie ’n planeet nie. Dit is ’n groot bal baie warm gas in die ruimte. Die belangrikste gas is waterstof. ’n Ster is ’n bal gas wat so warm is dat dit lig, hitte en ander straling afgee. Die Son is die ster wat die naaste aan ons is. Ons kan die Son se hitte voel en sy lig sien. Dit is so helder dat ons nie direk daarna kan kyk sonder om ons oë seer te maak nie. Die Son is so warm dat enorme ontploffings en gasfonteine hoog bo sy oppervlak uitskiet. Daar is ook donker kolle, wat sonvlekke genoem word, wat kom en gaan. Sonder die Son se lig en hitte sou die Aarde koud, donker en dood wees. Die Son is omtrent 100 keer groter as die Aarde, maar dit lyk klein, omdat dit so ver weg is. Die Son draai die hele tyd terwyl die planete daarom wentel.

25

Leerdertaakkaart

Lees meer oor die Son, Aarde en maan en vul dan die tabel in.

’n Vergelyking tussen die Son, Aarde en Maan
Vrae Hoe lyk dit? Son Aarde Maan

Die Son lyk soos ’n enorme, helder bal vuur.

Die Aarde lyk soos ’n blou en wit bal.

Die maan is ’n ronde bal en lyk liggeel of wit. Dit het ligte en donker kolle op sy oppervlak.

Waaruit bestaan dit?

Die son bestaan uit baie warm waterstofgas.

Die Aarde is ’n bal rots. Die maan bestaan Aan die buitekant is die uit rots. rots hard, maar aan die binnekant is die rots sagter en die kern diep binne-in bestaan uit yster en nikkel. Die Aarde word omring deur water en lug. Die Aarde draai en beweeg ook om die Son. Die maan beweeg om die Aarde. Die maan kry sy lig van die Son. Die maan is kleiner as die Aarde. Vyf mane kan in die Aarde pas. Sy deursnee is omtrent 3 500 km. Daar is berge en kraters en plat stofvlaktes op die maan.

Hoe beweeg dit?

Die Son draai.

Hoe kry dit lig?

Die Son stel sy eie lig vry Die Aarde kry sy lig van van die warm waterstofgas. die Son. Die Son is baie groter as die Aarde (omtrent 100 keer groter). Die Aarde is kleiner as die Son, maar groter as die maan. Sy deursnee is omtrent 12 762 km.

Hoe groot is dit?

Enigiets anders wat interessant is wat jy gelees het?

Daar is groot gasontploffings en swart vlekke op die Son.

Die Aarde het net die regte temperatuur vir lewende dinge.

26

Assessering Aktiwiteit

7

Leestukke oor die Son, Aarde en Maan
Wat ons wil assesseer Leeswerk en voltooiing van tabel waarin die Son, Aarde en maan vergelyk word Wat ons van leerders verwag Identifiseer die ooreenkomste en verskille korrek in die beantwoording van die vrae oor die Son, Aarde en maan.

Aktiwiteit

8

Leerdertaak

Addisionele leestake en idees vir projekte
’n Navorsingsprojek vir leerders
Doen navorsing in boeke oor ruimtereise en -verkenning. Jy kan enigiets oor die ruimte of ruimtereise wat jou interesseer, navors. Hier is ’n paar idees waarop jy tydens jou navorsing kan fokus: Die Apollo-maansendings. Hierdie sendings was eers verkenningsreise, daarna het mense verby die maan gereis en uiteindelik het hulle op die maan geland. Die Mariner-sendings. Hierdie sendings was ontdekkingsreise na Mars, ons naaste planeet. Die Pioneer 10- en 11-sending. Hierdie ruimtetuie het die verste weg van die Aarde verken. Hulle het ander planete en die planete in ons sonnestelsel gefotografeer. Die Viking-ruimtetuie. Hierdie ruimtetuie het ook die planete in ons sonnestelsel gefotografeer. Die pendeltuig. Die pendeltuig vlieg na aan die Aarde en neem mense en voorrade na en van die Internasionale Ruimtestasie waar eksperimente in die ruimte uitgevoer word. Die Hubble-teleskoop. Hierdie teleskoop is in ’n wentelbaan om die Aarde. Dit neem foto’s van die ruimte wat ons nie van die Aarde kan sien nie omdat ons atmosfeer dit moeilik maak. Ensovoorts. Jy kan jou projek as een van die volgende aanbied: ’n model ’n liedjie of toespraak ’n kunswerk ’n toneelstuk ’n plakkaat met tekeninge en skryfwerk Ensovoorts. Jou aanbieding moet wys wat jy tydens jou navorsing oor ruimteverkenning en ruimtereise geleer het.

27

VOORGESTELDE WERKSKEMA VIR DIE AARDE EN DIE RUIMTE

Graad 6-leerprogram
PERIODE 1 Begin met Aktiwiteit 3 aangesien die maankyk ’n hele maand in beslag sal neem Aktiwiteit 3 • Laat leerders die naglug en die maan soos wat hulle dit in die lug sien, vir huiswerk teken • Wys aan leerders hoe om die maankykdiagram in te vul ±50 min NB: Op ’n almanak kan ’n mens sien op watter dae die maan sigbaar is PERIODE 5 Aktiwiteit 2 (vervolg) • Voltooi taakkaart “Ons Aarde is soos ’n bal wat in die ruimte beweeg” ±50 min PERIODE 2 • Bespreking oor wat in die naglug sigbaar is • Leerders kopieer die maantekening op hul maankykdiagramme ±50 min PERIODE 3 Aktiwiteit 1 • Kies ’n vorm wat die meeste soos die Aarde lyk en verduidelik hul keuse • Maak ’n papiermodel van die Aarde ±50 min PERIODE 4 Aktiwiteit 2 • Plaas die vastelande op die model • Kleur die vastelande in en sit die lug by ±50 min

PERIODE 6 Aktiwiteit 3 • Gedigte en stories oor die maan • Maak ’n papiermodel van die maan ±50 min

PERIODE 7 Aktiwiteit 3 (vervolg) • Maak die bewertjie van die Aarde en maan en vergelyk die grootte daarvan om die maan se wenteling om die Aarde te verduidelik • Voltooi sinne ±50 min PERIODE 11 Aktiwiteit 4 (vervolg) • Lees gedig of liedjie oor reis na die maan • Bespreking en leeswerk oor reis na die maan ±50 min

PERIODE 8 Aktiwiteit 3 (vervolg) • Kyk na leerders se vordering met die maankykdiagram en lees die gedig (Maankyk) • Bespreking oor waarom die maan verander ±50 min

PERIODE 9 Aktiwiteit 3 (vervolg) • Help leerders om die fases van die maan te noem Aktiwiteit 4 • Bespreking oor hoe die lig op die maan val ±50 min PERIODE 13 Aktiwiteit 5 (vervolg) • Tekening en skryfwerk oor reis na die maan ±50 min

PERIODE 10 Aktiwiteit 4 • Demonstrasie en bespreking van hoe lig op die maan val • Voltooiing van sinne ±50 min

PERIODE 12 Aktiwiteit 5 • Bespreking en leeswerk oor reis na die maan vervolg ±50 min

PERIODE 14 Aktiwiteit 6 • Bespreking oor die voorkoms van verskillende planete soos gesien op die teks oor planete • Lees om uit te vind wat elke planeet se afstand van die Son is en plaas elkeen volgens sy afstand van die Son ±50 min

PERIODE 15 Aktiwiteit 6 (vervolg) • Gebruik die planete-feiteblad om byskrifte by die sterrestelseldiagram te skryf • Gebruik die planete-feiteblad om vrae te stel ±50 min

PERIODE 16 Aktiwiteit 7 • Gebruik die planete-feiteblad om vrae te beantwoord ±50 min PERIODE 17 Aktiwiteit 7 (vervolg) • Lees oor die Son, Aarde en Maan • Lees en voltooi tabel om die Son, Aarde en maan te vergelyk ±50 min Aktiwiteit 8 (addisioneel) • Boeknavorsingsprojek oor ruimteverkenning (omtrent twee weke) • Aanbieding van navorsingsprojek

Hierdie leerprogram sal ongeveer 850 minute (3™ weke) in beslag neem (NW = 4 uur per week), plus addisionele tyd om die projekte te doen en aan te bied.

28

Kodes vir optekening voorgestel deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement

Die tabel hieronder gee ses kodes vir gebruik wanneer ’n leerder se prestasie in ’n gegewe taak opgeteken word.

SIMBOOL
Het die taak probeer doen, maar is glad nie in staat nie. In staat om die taak op ’n basiese vlak te doen. In staat, maar nie konsekwent nie, benodig nog oefening. Slegs in een konteks. Voldoen aan kriteria vir hierdie vlak en kan na die volgende vlak beweeg. Hierdie leerder beskik oor die vaardighede, maar benodig verdere geleentheid om te oefen. Skep geleenthede in verskillende kontekste. Kan moontlik onafhanklik werk. Meer vaardige leerders kan hierdie leerder bystaan. Hierdie leerder kan nog nie gereed vir hierdie vlak wees nie. Stel hom/haar dus ’n taak volgens die vorige vlak, of skep geleenthede vir leerders om vroeëre kennis te verwerf en nodige vaardighede te ontwikkel. Hierdie leerder benodig meer ondersteuning. Vroeëre kennis of vaardighede word moontlik benodig. Leerder benodig onderwyser se aandag.

NN

1

2

3

4

5
Presteer konsekwent bo verwagting en kan op die volgende vlak wees. Hierdie leerder is in staat om bevoeg, konsekwent en vrymoedig in verskillende kontekste aan vereistes te voldoen. In staat om take bo verwagting te verrig.

Kommentaar

Nog nie hieraan blootgestel nie.

Implikasies vir onderwysers en leerders

Dié taak is vir ander in die groep opgestel, maar die onderwyser verwag nie van die leerder om ’n prestasie hiervoor te registreer nie. So nie het die onderwyser die leerder nog nie hieraan blootgestel nie.

Hierdie leerder kan glad nie in staat wees om hierdie taak uit te voer nie.

33

GROENLAND

NOORD-AMERIKA
New York Los Angeles

Atlantiese Oseaan

EWENAAR SUID-AMERIKA

Stille Oseaan
Buenos Aires

Suidsee

34

Noordelike Yssee

Moskou

EUROPA

ASIË

Jerusalem Mekka

Hongkong

AFRIKA

Stille Oseaan

EWENAAR Indiese Oseaan
Perth Sydney

Johannesburg Durban

Atlantiese Oseaan
Kaapstad

N

ee -S ieu

an

ANTARKTIKA

l

d

35

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 1
Ons Aarde is soos ‘n bal wat in die ruimte beweeg
Teken die volgende op die diagram en skryf duidelike byskrifte by: land water lug die buitenste ruim

36

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 3

Die fases van die maan Maankykdiagram

MAANKYKDIAGRAM
Naam . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
.................................

Skryf ’n paar interessante dinge neer wat jy oor die maan opgelet het. Maankyk Ek het ’n paar interessante dinge oor die maan opgelet. Een ding wat ek gesien het, was . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Ek het ook gesien dat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ........................................................................... Nog iets was ek opgelet het, was . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .
................................................................................. ................................................................................. .................................................................................

37

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 4
Lig op die Maan
1. Hou die maan vas soos hieronder gewys word.

A

B

C

2. Hou die maan met ‘n gestrekte arm vas en draai stadig om te kyk hoe die lig op die maan val. 3. Skryf jou waarnemings hieronder neer. A. Wanneer die son agter my is en die maan voor my is, is dit wat ek sien: Onderstreep die korrekte een en teken in die sirkel: Ek kan die vol-/kwart-/nuwemaan sien.

B. Wanneer ek sywaarts na die son staan en die maan voor my is, is dit wat ek sien: Onderstreep die korrekte een en teken in die sirkel: Ek kan die vol-/kwart-/nuwemaan sien.

C. Wanneer ek na die son kyk en die maan voor my is, is dit wat ek sien: Onderstreep die korrekte een en teken in die sirkel: Ek kan die vol-/kwart-/nuwemaan sien.

38

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 5

Leeswerk vir leerders Reis maan toe
Mense kyk reeds derduisende jare lank saans na die maan in die naghemel, maar niemand het nog ooit daarheen gegaan nie. Mense besluit om die maan te verken 1. In 1961 het president John Kennedy aangekondig dat mense van die Verenigde State van Amerika maan toe gaan reis om dit te verken. Geen mens het voorheen maan toe gereis nie. Gedurende die volgende agt jaar het hulle met verskillende vuurpyle en ruimtetuie geëksperimenteer. Hulle het verskeie reise na die maan onderneem om die toerusting te toets, maar het nie daar geland nie. Reis na die maan 2. In 1969 was die Apolloruimteskip uiteindelik gereed om in die ruimte gelanseer te word. Die ruimteskip moes omtrent 400 000 km maan toe en 400 000 km terug Aarde toe reis. Apollo 11 is in die ruimte gelanseer. Na drie dae en drie nagte was dit naby aan die maan. Mik na die maan ... Apollo 11 is gereed vir lansering 3. Twee ruimtemanne het in ’n maanlandingstuig na die maanoppervlak gevlieg. Een ruimteman het in die ruimtetuig gebly en om die maan gewentel. Neil Armstrong was die eerste mens wat uit die landingstuig op die maanoppervlak getree het. Hier is die woorde wat hy gesê het toe hy sy voete op die maan geplaas het: “Een klein tree vir die mens, en reusesprong vir die mensdom.” Edwin Aldrin was die tweede mens wat sy voete op die maan geplaas het.

39

Op die maanoppervlak 4. Dit maan het skrikwekkend gelyk. Daar is geen lug, water, plante of diere nie. Die ruimtemanne het ruimtepakke gedra om die maan te verken. Hulle het baie foto’s geneem. Hulle het in ’n maanvoertuig gery en wetenskaplike eksperimente opgestel. Toe het hulle in die boonste deel van die landingstuig na die Apollo-ruimtetuig teruggekeer. Apollo het hulle veilig terug Aarde toe gebring.

Eendag kan jy miskien ook maan toe reis 5. Miskien sal jy eendag by ’n maanstasie wees! By ’n ruimtestasie wat om die Aarde wentel, kan jy ’n maanskip haal. Mense sal voorrade in die skip laai. Hulle sal jou nuwe maanskip en landingstuig vol brandstof maak. Uiteindelik sal jy vertrek. Naby die maan sal die vuurpylmotore weer gevuur word. Jy sal in ’n wentelbaan om die maan geplaas word. Mense sal in die landingstuig klim en voorrade sal ingelaai word. Die enjins sal aangeskakel word. Daar gaan jy! Wat sal jy sê as jy jou voete op die maan plaas? Hoe sal dit wees om op die maan te lewe?
Aangepas uit: Amazing Rockets deur Dinah L. Moche; Western Publishing Company Inc. Wisconsin 1990

Bo links: Weg is hy! 16 Julie 1969 was die dag waarop Apollo 11 gelanseer is. Links: Die maanlandingstuig Bo: Neil Armstrong ... die eerste mens op die maan!
(Alle foto’s met vergunning van NASA)

40

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 5

Reis maan toe
Praat- en leestake vir leerders

Taak 1
1. Verbeel jou jy is die eerste mens wat na die maan reis. Bespreek: Watter planne sal jy maak om daar te kom? Hoe lank sal jy moet beplan? Hoeveel mense sal saam met jou gaan? Watter soort voertuig sal jy gebruik? Sal jy self besluit om te gaan of sal jou land jou daarheen stuur? Hoeveel sal dit kos? En wie sal betaal?
Prente: NASA

Lees nou paragraaf 1 om uit te vind wat wel gebeur het.

Taak 2
2. Probeer jou verbeel hoeveel dae dit sal neem om by die maan uit te kom. Bespreek: Hoe ver, dink jy, sal jy moet reis om daar te kom? Hoeveel dae sal dit neem om daarheen te reis? Lees nou paragraaf 2 om uit te vind hoe ver dit is en lank die reis geduur het.

Taak 3
3. Verbeel jou jy land veilig op die maan en sal kan terugkeer Aarde toe. Bespreek: Hoe sal jy op die maan land? Hoe sal jy weer terugkom? Wat sal jy sê as jy jou voete die eerste keer op die maan sit? Lees nou paragraaf 3 om uit te vind wat gebeur het.

Taak 4
4. Verbeel jou jy is op die maan se oppervlak. Bespreek: Hoe lyk die maan? Wat sal julle op die maan doen? Het julle veilig na die Aarde teruggekeer? Lees nou paragraaf 4 om uit te vind hoe dit op die maan lyk.

41

Onderwyerskopie: Foto’s wat op die maan geneem is
Waarom is die lug swart? Daar is geen atmosfeer op die maan nie. Jy kyk dus nie deur die atmosfeer in die ruimte in soos hier op Aarde nie. Wanneer ons vanaf die Aarde deur die atmosfeer kyk, lyk die lug blou. Wat is dit? Hierdie maanvoertuig werk met batterye (onthou, daar is geen lug op die maan om petrol te verbrand nie). Dit is ’n sambreelvormige sonpaneel om sonligenergie op te vang en dit na elektriese energie te verander om die batterye te laai. Wat is dit? Dit is ’n voetspoor van ’n ruimtevaarder. Wat is dit? Dit is die Son wat ook op die maan skyn. Wat kan jy oor hierdie omgewing sê? Dit is dor, droog en rotsagtig. Wat is dit? Dit is ’n krater op die maan se oppervlak. Dit is ’n groot duik wat gelaat is deur ’n rots wat uit die ruimte op die maan gestort het. Daar is talle kraters op die maanoppervlak. Waarom het hy ’n skaduwee? Hy staan met sy rug na die Son, dus val sy skaduwee voor hom. Waarom dra hy ’n helm? Hy dra ’n helm om hom teen die Son se skadelike strale te beskerm. Daar is geen atmosfeer om hom te beskerm nie. Hy het ook die helm nodig om hom teen enige skadelike stof of klippe uit die ruimte te beskerm. Hy het ook ’n helm nodig om asem te haal. Die lug uit die suurstoftenk op sy rug word in sy helm gepomp. Wat is dit? Dit is ’n heuwel of berg in die agtergrond. Wat dra hy op sy rug? Hy dra lug vir asemhaling in ’n suurstoftenk op sy rug. Wat is dit? Dit is ’n ruimtevaarder se voetspoor. Wat doen hy? Hy neem grondmonsters met ’n spesiale stuk gereedskap.

Wat is dit? Dit is die maanlandingstuig. Wat is dit? Dit is die maanvoertuig of -motor. Wat is hierdie merke op die oppervlak? Dit is die merke van die maanvoertuig se bande

42

Waarom dra hy ’n helm?

Wat is dit?

Wat dra hy op sy rug?

Wat is dit?

Wat doen hy?

Wat is dit?

Wat is dit?

Wat is hierdie merke op die oppervlak?

44

Taak 5
1. Verbeel jou jy woon eendag op die maan. Skryftaak Wanneer ek op die maan lewe Ek sal in ’n . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ...........................................................................
Ek sal . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

........................................................................... ........................................................................... ...........................................................................
Ek sal ook . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... Ek sal ook . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ........................................................................... ...........................................................................

45

Leerdertaak – Aktiwiteit 6 Die Son en sy familie planete
1. Lees hierdie paragraaf vir jou inligting: Ons weet die Aarde is ‘n planeet. Daar is nog agt ander planete. Saam met die Aarde is daar nege planete. Elke planeet beweeg in sy eie wentelbaan om die Son. Elke planeet is verskillend. Die Son en sy familie planete word die sonnestelsel genoem. 2. Soek die kolom met die opskrif “Afstand van die Son” op die Planetefeiteblad. Hier kan jy sien hoe ver elke planeet van die Son is. 3. Vind elke planeet op jou sonnestelselblad en skryf die korrekte byskrif daarby. Skryf ook sy afstand van die Son neer.

46

DIE SONNESTELSEL

47

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 6

Meer oor die planete
Leerdertaak (individueel) Gebruik die Planete-feiteblad op bladsy 23 om die volgende vrae te beantwoord. 1. 2. 3. 4. 5. Watter planeet is die kleinste? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Watter planeet is die grootste? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Watter planeet het twee mane? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Noem die planeet met ’n rooi kol. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Oor watter planeet weet ons baie min? Waarom? ............

...................................................... ...................................................... 6. Waarom word Mars die rooi planeet genoem? . . . . . . . . . . . . . . . . ...................................................... ...................................................... 7. 8. 9. Wat is die helderste planeet? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Watter planeet het die meeste mane? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . Waarom is Saturnus ongewoon? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . ...................................................... ...................................................... 10. Hoe ver is Saturnus van die Aarde? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 11. Watter planeet is die naaste aan die Aarde? Hoe ver is dit van ons? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 12. Hoe ver is Pluto van Mercurius? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

48

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 7
Leesstukke oor die Aarde, die maan en die Son
1. Lees oor die Aarde, die maan en die Son en vul dan die daaropvolgende tabel in.

Ons planeet Aarde

Ons tuiste, die Aarde, is ’n planeet. Dit lyk soos ’n groot bal wat hoofsaaklik uit rots bestaan. Ons planeet bestaan uit verskillende lae rots. Eerstens is daar ’n kors aan die buitekant waar die meeste van die rots hard is. Onder die kors is die mantel, wat uit sagter rots bestaan en wat heeltyd stadig beweeg. Diep binne-in die Aarde is ’n kern wat uit die metale yster en nikkel bestaan. Aan die buitekant is die Aarde omring deur water (in die oseane) en lug.

Die Aarde soos vanaf die maan gesien.

49

Die Aarde se atmosfeer is duidelik sigbaar op hierdie foto.

Die Aarde is ’n middelslag planeet. Die afstand om die ewenaar is omtrent 40 000. As jy daardeur sou sny en die deursnee meet, sou dit omtrent 12 762 km wees. Die Aarde beweeg gelyktydig op twee maniere. Een manier waarop die Aarde beweeg, is in ’n sirkel om die son. Ons sê die Aarde wentel in sy eie wentelbaan om die Son. Die ander manier waarop die Aarde beweeg, is dat dit heeltyd draai (roteer) terwyl dit om die Son beweeg. Die Aarde gee nie sy eie lig af nie, maar kry lig van die Son. Die Aarde ontvang ook hitte van die Son sodat die temperatuur op Aarde net reg vir lewende wesens is. Dit is nie te warm en nie te koud nie. Die Aarde lyk soos ’n pragtige blou en wit bal. Die blou wat ons kan sien, is die water wat die Aarde omring. Die wit gedeeltes is die wolke wat in die lug dryf. Naby die Noord- en Suidpool is daar groot wit gedeeltes. Dit is die poolyskappe wat uit bevrore water bestaan. Daar is ander planete in die ruimte, maar die Aarde is vir ons die belangrikste, want mense, diere en plante kan daarop lewe.

Die maan

Die maan is ons naaste hemelliggaam in die ruimte. Dit is omtrent 40 000 km van ons. Dit is, soos die Aarde, ’n bal rots, maar dit het geen water en lug nie. 50

Die Aarde, die Son en die maan

Die maan is so naby aan ons dat ons van die besonderhede op die maanoppervlak kan sien as ons noukeurig kyk. Daar is ligte en donker gedeeltes op die oppervlak. Die ligte dele is hoë berge en die donker dele is groot, plat, stofvlaktes. Die maan het ook ’n klomp ronde merke op sy oppervlak. Dit word kraters genoem. Dit ontstaan wanneer rotse uit die buitenste ruim die maanoppervlak tref en duike daarin laat. Die maan is nie ’n planeet nie. Dit is ’n maan omdat dit om ’n planeet wentel, en nie om die Son nie. Dit gee nie lig af nie, maar kry lig van die Son. Soos wat die maan om die Aarde wentel, kan ons verskillende dele daarvan sien wanneer die sonlig daarop val. Die maan is baie kleiner as die Aarde. Die Aarde is vyf keer groter as die maan. As jy die Aarde in vyf gelyke balle kon verdeel, sou die maan dieselfde grootte as een van die balle wees. Die maan het ’n deursnee van omtrent 3 500 km.

Die son is ’n ster, nie ’n planeet nie. Dit is ’n groot bal baie warm gas in die ruimte. Die belangrikste gas is waterstof. ’n Ster is ’n bal gas wat so warm is dat dit lig, hitte en ander straling afgee. Die Son is die ster wat die naaste aan ons is. Ons kan die Son se hitte voel en sy lig sien. Dit is so helder dat ons nie direk daarna kan kyk sonder om ons oë seer te maak nie. Die son is so warm dat enorme ontploffings en gasfonteine hoog bo sy oppervlak uitskiet. Daar is ook donker kolle, wat sonvlekke genoem word, wat kom en gaan. Sonder die Son se lig en hitte sou die Aarde koud, donker en dood wees. Die Son is omtrent 100 keer groter as die Aarde, maar dit lyk klein, omdat dit so ver weg is. Die Son draai die hele tyd terwyl die planete daarom wentel. 51

Die Son

Leerdertaakkaart – Aktiwiteit 7
Lees meer oor die Son, Aarde en maan en vul dan die tabel in.

’n Vergelyking tussen die Son, Aarde en Maan
VRAE SON AARDE MAAN

Hoe lyk dit?

Waaruit bestaan dit?

Hoe beweeg dit?

Hoe kry dit lig?

Hoe groot is dit?

Enigiets anders wat interessant is wat jy gelees het?

52

Die nege planete in ons sonnestelsel
Alle prente met vergunning van NASA

Jupiter
142 800 km 318 Aarde se massa 800 miljoen km 16 lengte van dag in Aard-ure 9,8 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 11,9 Jupiter is die grootste van die gasreuse. Die wit wolke wat ons sien, is teen ’n temperatuur van –153 ºC en bestaan uit ammoniak-yskristalle. Laer af word die wolke rooi en bruin gekleur deur organiese samestellings en chemikalieë soos swael. ’n Windspoed van meer as 400 km/h is algemeen. Daar word gedink dat die Groot Rooi Kol ’n lang lewende orkaan is wat groter as die Aarde is. Jupiter het moontlik ’n rots- of yskern omring deur vloeibare waterstof waarin helium opgelos is. Dit is die grootte van met Jupiter Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk die Aarde in vergelyking

Die vier mane van Galilei

Jupiter het 16 bekende mane, maar vier is groter as die res en kan maklik met ’n verkyker gesien word. Hulle staan bekend as die “mane van Galilei”, na aanleiding van die ontdekker Galileo. Lo, omtrent dieselfde grootte as ons maan, gooi ’n skaduwee op Jupiter in die hoofprent. Dit gee ’n idee van Jupiter se grootte.

53

Aarde
Ons Tuisplaneet Deursnee 12 750 km Afstand van die Son 150 miljoen km Rotasietydperk lengte van dag in Aard-ure 23,93 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 365,24

Uranus Mercurius
Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 4 878 km 0,06 Aarde se massa 60 miljoen km geen lengte van dag in Aard-dae 58,7 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 88 By die ewenaar dit is warm genoeg om lood te smelt. By die pole is daar kraters met ys met ’n temperatuur van tot –150 ºC. Mercurius het geen atmosfeer nie. Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 51 118 km 14,5 Aarde se massa 3 000 miljoen km 15 lengte van dag in Aard-ure 17,9

Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 84 Uranus toon ’n byna saai groen “oppervlak” van wolke in ’n koue (–197 ºC) atmosfeer van waterstof, helium en metaan. Onder die wolke is Uranus hoofsaaklik (85%) ys.

54

Venus
Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 12 104 km 0,8 Aarde se massa 104 miljoen km geen lengte van dag in Aard-dae 243 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 225 Venus is ’n warm en onvriendelike planeet. ’n Atmosfeer van koolstofdioksied wat 90 keer so dig soos die Aarde s’n is, hou die oppervlak warm genoeg om lood te smelt. Wolke van swaelsuur verskuil die oppervlak.

Saturnus
Soos Jupiter, is Saturnus is ’n gasreus wat hoofsaaklik uit waterstof en helium bestaan. Sy beroemde ring bestaan inderwaarheid uit duisende smal ringe wat uit klonte ys en rots so klein soos stofkorrels en so groot soos ’n minibus bestaan.

Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk Tyd om om die Son te

120 660 km 95 Aarde se massa 1 400 miljoen km 18 lengte van dag in Aard-ure 10,2 beweeg lengte van jaar in Aard-jare 29,5

55

Mars
Deursnee 6 787 km Massa 0,1 Aarde se massa Afstand van die Son 240 miljoen km Aantal mane 2, Phobos en Deimos Rotasietydperk lengte van dag in Aard-ure 24.62 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-dae 687 Die atmosfeer van Mars is 100 keer minder dig as die Aarde s’n en bestaan hoofsaaklik uit koolstofdioksied, met spore van waterdamp. In die winter daal die temperatuur tot –125 ºC, wat Mars sy bekende wit “yskappe” gee. In die somer kan die temperatuur by die ewenaar 20 ºC bereik. Die planeet se rooierige kleur word veroorsaak deur yster in die grond. Bakteriese lewensvorme kon moontlik eens op ’n tyd op Mars bestaan het.

Neptunus
Deursnee Massa Afstand van die Son Aantal mane Rotasietydperk 49 528 km 17 Aarde se massa 4 500 miljoen km 8 lengte van dag in Aard-ure 19,1 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 164,8 Neptunus is nog ’n “ysreus” soos Uranus en selfs kouer (–225 ºC). Sy blouerige atmosfeer van waterstof en helium toon soms donker kolle, en dit is moontlik die winderigste plek in die sonnestelsel, met stormwinde met ’n snelheid van tot 1 400 km/h.

Pluto
Deursnee 2 300 km Massa 0,0025 Aarde se massa Afstand van die Son 4 400 tot 7 400 miljoen km Aantal mane 1 Rotasietydperk lengte van dag in Aard-dae 6,4 Tyd om om die Son te beweeg lengte van jaar in Aard-jare 247,7 Pluto is die kleinste van al die planete, en gewoonlik die mees afgeleë en koudste. Teen –233 ºC is die pienkerige oppervlak bedek met ryp van metaan en stikstof. Pluto se gryserige maan Charon is net 19 400 km ver, en meer as die helfte van Pluto se deursnee.

56

You're Reading a Free Preview

Download
scribd
/*********** DO NOT ALTER ANYTHING BELOW THIS LINE ! ************/ var s_code=s.t();if(s_code)document.write(s_code)//-->